Die courant swartberg 5 okt 2016 390

Page 1

c urant

Gratis • Free

71.1%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

5 Oktober 2016

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Uitgawe 390

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

Fietsryers se staal getoets

Fietsryers met murg in hul pype het dié naweek buite Darling aan die Darling ttu-uithouwedren op !Kwa ttu deelgeneem. Hier het die deelnemers in skofte vir 24 uur deur die park gery. Daar was selfs 'n deelnemer wat op eie stoom dié uitdaging voltooi het. Bo is Albert van Zyl, Chris van Zyl en Wian Smit met Yzerfontein se see-uitsig in die agtergrond.

•REËN NODIG VIR GOEIE KORRELMASSA

Graan soek nóg vog “Hier staan mooi koring vanjaar reg oor die Swartland.” Só sê Pieter Burger, landbou-ekonoom by Kaap Agri met ‘n blik op vanjaar se groeiseisoen in die streek. Volgens hom is die huidige verwagting dat koringopbrengste inlyn met die langertermyn opbrengs sal wees. Hy sê vanjaar se seisoen het belowend afgeskop met goeie reënval in April-maand by die meeste lokaliteite. “Gewasse wat einde April en begin Mei geplant is, het goed ontkiem en mooi opgekom.” Droë en warm toestande tydens Mei-maand het volgens hom egter stremming op ontkieming en groei geplaas en veroorsaak dat van die graan wat in daardie toestande geplant is, eers ontkiem nádat verligting met reën rondom 10 Junie ontvang is. “Vandaar was toestande tot op hede gunstig

en net Augustus se reënval was ondergemiddeld.” Die totale reënval vir vanjaar se groeiseisoen (April-September) in Malmesbury, is 307 mm. Die vyf-jaar gemiddeld is 379 mm. ‘n Totaal van 405 mm reën het in die omgewing van Porterville vir vanjaar se groeiseisoen geval, met ‘n vyf-jaar gemiddeld van 392 mm. Burger verduidelik dat die koring tans oor die algemeen in die korrelvul stadium sal wees wat die finale stadium van opbrengsvaslegging is. “Vog (water) is steeds uiters belangrik om ‘n goeie korrelmassa (vetheid) te verseker wat ‘n groot bydrae tot die finale graanopbrengs teweegbring.” Indien die reën seisoen te vroeg afsluit, mag dit maer pitte en laer opbrengs tot gevolg hê, voeg hy by.

Produsente in die omgewing van Gouda mag moontlik binne twee of drie weke begin oes met die res van die area wat stelselmatig daarna sal begin volg. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se laaste verslag (27 September 2016), is 4% meer koring in 2016 as in 2015 in die Wes-Kaap (Swartland en Suidkaap) aangeplant. Dieselfde tendens word ook vir die Swartland ervaar. Totale reënval vir groeiseisoen (April-September): Ligging: 2014 2015 Malmesbury: 425 225 Porterville: 427 210 Eendekuil: 297 156

2016 307 405 254

5jr-gem 379 392 266

NUUS • NEWS

5 Oktober 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.