Skip to main content

Die courant swartberg 5 okt 2016 390

Page 1

c urant

Gratis • Free

71.1%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

5 Oktober 2016

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Uitgawe 390

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

Fietsryers se staal getoets

Fietsryers met murg in hul pype het dié naweek buite Darling aan die Darling ttu-uithouwedren op !Kwa ttu deelgeneem. Hier het die deelnemers in skofte vir 24 uur deur die park gery. Daar was selfs 'n deelnemer wat op eie stoom dié uitdaging voltooi het. Bo is Albert van Zyl, Chris van Zyl en Wian Smit met Yzerfontein se see-uitsig in die agtergrond.

•REËN NODIG VIR GOEIE KORRELMASSA

Graan soek nóg vog “Hier staan mooi koring vanjaar reg oor die Swartland.” Só sê Pieter Burger, landbou-ekonoom by Kaap Agri met ‘n blik op vanjaar se groeiseisoen in die streek. Volgens hom is die huidige verwagting dat koringopbrengste inlyn met die langertermyn opbrengs sal wees. Hy sê vanjaar se seisoen het belowend afgeskop met goeie reënval in April-maand by die meeste lokaliteite. “Gewasse wat einde April en begin Mei geplant is, het goed ontkiem en mooi opgekom.” Droë en warm toestande tydens Mei-maand het volgens hom egter stremming op ontkieming en groei geplaas en veroorsaak dat van die graan wat in daardie toestande geplant is, eers ontkiem nádat verligting met reën rondom 10 Junie ontvang is. “Vandaar was toestande tot op hede gunstig

en net Augustus se reënval was ondergemiddeld.” Die totale reënval vir vanjaar se groeiseisoen (April-September) in Malmesbury, is 307 mm. Die vyf-jaar gemiddeld is 379 mm. ‘n Totaal van 405 mm reën het in die omgewing van Porterville vir vanjaar se groeiseisoen geval, met ‘n vyf-jaar gemiddeld van 392 mm. Burger verduidelik dat die koring tans oor die algemeen in die korrelvul stadium sal wees wat die finale stadium van opbrengsvaslegging is. “Vog (water) is steeds uiters belangrik om ‘n goeie korrelmassa (vetheid) te verseker wat ‘n groot bydrae tot die finale graanopbrengs teweegbring.” Indien die reën seisoen te vroeg afsluit, mag dit maer pitte en laer opbrengs tot gevolg hê, voeg hy by.

Produsente in die omgewing van Gouda mag moontlik binne twee of drie weke begin oes met die res van die area wat stelselmatig daarna sal begin volg. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se laaste verslag (27 September 2016), is 4% meer koring in 2016 as in 2015 in die Wes-Kaap (Swartland en Suidkaap) aangeplant. Dieselfde tendens word ook vir die Swartland ervaar. Totale reënval vir groeiseisoen (April-September): Ligging: 2014 2015 Malmesbury: 425 225 Porterville: 427 210 Eendekuil: 297 156

2016 307 405 254

5jr-gem 379 392 266

NUUS • NEWS

5 Oktober 2016


NUUS • NEWS

2

•WEN GESOGTE PRYS VIR VRYWILLIGE WERK

5 Oktober 2016

Dolly se hart klop vuurwarm vir Kansa Dolly Marais, een van Kansa se vyfster vrywillige versorgers, is onlangs met die gesogde Mariëtte Loots-toekenning vereer. Dié toekenning gee erkenning aan die beste vrywillige werkers wat hul alles gee vir kankerpasiënte, oorwinnaars en sommer vir die familie ook. Marais wat sedert 2012 voltyds by Kansa (Weskus Hantam-streek) betrokke is, is een van vier ander vrywillige werkers wat dié toekenning tydens Kansa se algemene jaarvergadering ontvang het. Sy het nooit die toekenning verwag nie. “Ek is gevra om die vergadering by te woon, maar niemand het my iets gesê van ‘n toekenning ontvang nie.” Kanker is egter nie iets vreemd vir haar nie. Marais, wat een van 12 kinders is, se pa, twee broers en ‘n suster is met kanker gediagnoseer wat die stryd verloor het. Een van haar susters is ‘n oorwinnaar. Liebenberg Primêr is in 2008 deur Kansa genader om aan die jaarlikse Shavathon deel te

neem. Sy het dadelik ingestem. “Toe besluit ek as familie van kankerlyers om betrokke te raak. In 2009 kry sy haar familie om deel te neem aan hul eerste Relay for Life waartydens hulle die tweede meeste geld vir Kansa ingesamel het. Vandaar was daar net geen keer aan haar nie. Die Marais-ondersteuningsgroep het sedert 2010 tot 2016 elke jaar die meeste geld ingesamel, waarvan vanjaar ongeveer R70500 was. In die sewe jaar het hulle al oor die R250 000 ingesamel. Volgens haar is mense positief teenoor Kansa en maak hul harte en beursies oop vir die organisasie. Sy het ná haar suster se dood in 2011 besluit om die onderwys te los en haar gewig voltyds by Kansa in te gooi. Marais sê dit is swaar om geliefdes te verloor, maar dit het haar as persoon sterker gemaak. Sy het intussen vir opleiding gegaan en verlede jaar as vrywillige werker begin. Marais

Dis weer tyd vir die jaarlikse Stephan & Seun “Dirt Road Challenge” op Saterdag, 22 Oktober by die ikoniese Org de Rac net buite Piketberg. Hierdie fondsinsamelingsprojek is ten bate van Hoërskool Piketberg. Die dag beloof om oud en jonk te vermaak op meer as een manier. Kom neem deel aan die verkeie roetes wat bestaan uit uitdagende distrikspaaie wat alle fiksheidsvlakke akkommodeer. Daar is onderskeidelik 60km, 35km, 15km en 5km. Dan is daar ook stap/draf roetes van 10km, 5km en 2,5km. Ons verwelkom ook alle mamma’s met stootwaentjies om die vars lug saam met die hele gesin te geniet. Onthou, veiligheid is altyd baie belangrik geen ryer sal toegelaat word om deel te neem sonder ‘n valhelm nie.

Daar is vele stalletjies om die honger te stil, en die dors te les, en natuurlik geen gebeurtenis is volmaak sonder lekker musiek in die agtergrond nie. Gelukkige trekkings begin om 11h00 vir die jongspan en 12h00 vir volwassenes. Almal sal verseker soos ‘n wenner voel op die dag, aangesien almal wat ‘n roete voltooi ‘n pragtige medalje ontvang, en boonop ‘n sakkie 1kg Stephan & Seun baba-aartappels ontvang! So, stof die drafskoene af en olie die fietskettings, en kom neem deel aan die genotvolle dag saam met vriende en familie. Aanlyn inskrywing is beskikbaar by: www. piketberghs.co.za. Inskrywings op die dag is ook beskikbaar. Registrasie begin om 06h00 die Saterdagoggend. Sien uit daarna om almal te verwelkom by hierdie gemeenskapsprojek.

Piketberg: Trap en draf dat die stof so staan

besoek byna elke dag inwoners wat kanker het, oorwinnaars of selfs familielede wat net so baie ondersteuning nodig het. Sy en twee vriendinne het al op sommige dae tot 15 mense besoek. Of dit nou is om net bietjie te kuier óf om iemand by Kansa te gaan registreer, bly dit vir haar lekker. “Dit is vervullend. Jou ondersteuning word opreg waardeer en dit is genoeg vergoeding,” sê sy. Marais is tans besig om die streek se jaarlikse kinderpartytjie vir 39 kankerlyertjies te organiseer. Sy wil seker maak dit sal ‘n dag wees wat hulle nooit sal vergeet nie en het al baie lekker skenkings en borge vir die dag ontvang. Marais het gedurende afgelope paar jaar ‘n noue band met die mense in haar lewe gevorm. “Hulle is soos familie.” Wanneer inwoners ongelukkig die stryd verloor en kort na mekaar sterf, vat dit nogal aan ‘n mens, voeg sy by. “Dan pak ek my tas en gaan kuier by my broer of suster vir ‘n paar dae” Sy keer egter altyd terug, gereed om die volgende persoon te gaan besoek.

Dolly Marais met haar toekenning.

Debutante:

Liebenberg Primêr op Malmesbury het 'n astronomiese R106 836.80 ingesamel by hul onlangse debutantebal. Hier is Lornay Klaasen (wenner), Kaylin Solomons (eerste prinses) en Leigh Wessels (tweede prinses). Foto: David Howburg

Wroem:

Die tweede "Auto Show" is die naweek op die gronde van St Thomas Primêr op Malmesbury gehou. Hier is die vuurwarm waens van motorliefhebbers uitgestal en bewonder. Foto: David Howburg

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!

Promosie

Efficient Group gee raad: Hoekom korttermynversekering?

Vir baie mense is korttermynversekering iets wat hulle nie noodwendig voor wil betaal nie, maar verplig voel om te doen. Elke maand word 'n bedrag aan 'n versekeraar betaal en vir wat? Dikwels eis die polishouer nie vir maande of selfs jare nie. 'n Mens wonder of hierdie geld dalk beter elders belê kan word. Kyk liewer so daarna. As jy nié die nodige versekering het nie en iets gebeur met jou hetsy 'n motorongeluk of 'n huisinbraak - sal jy uit jou sak moet betaal om die skade te ver-

goed. Dink net watter effek dít sal hê op jou finansies, veral as jy duisende rande moet opdok. Sommige mense verkies om die maandelikse premie eerder in hul eie spaarrekening te betaal en te hou vir die dag wanneer iets dalk gebeur. Daar is egter twee probleme met hierdie benadering. Eerstens word hierdie spaargeld baie vinnig gebruik wanneer 'n mens geld nodig het vir onverwagte uitgawes. Tweedens sal jy 'n paar dekades moet spaar

om byvoorbeeld jou huisinhoud te vervang indien jou huis afbrand. Die doel van korttermynversekering is om jou in dieselfde finansiële posisie te plaas as wat jy was vóór die verlies. As verteenwoordigers van Effcient Advise, lewer ons professionele, bevoegde en onafhanklike advies. Ons glo aan absolute eerlikheid wat gepaardgaan met toegewyde diens, ondersteuning en gereelde verslagdoening. Ons onderneem om die beste beskikbare

produkte en dienste te lewer wat voldoen aan die omvangryke en ontwikkelende behoeftes van hulle persoonlike- en besigheidskliënte. Ongeag of jy spesifieke finansiële behoeftes het wat doelgerigte finansiële advies en beplanning verg, kwaliteit beleggingsbestuur vereis wat jou welvaart vermeerder en beskerm, of enige korttermyn- en mediesebehoeftes het, sal Efficient Advise jou help om jou finansiële doelwitte te verwesenlik. Hersien vandag jou korttermynverskering en maak dit ‘n integrale deel van jou welstand!


NUUS • NEWS

3

5 Oktober 2016

Matriekafskeid: Die matrikulante van Wesbank Sekondêr en Hoërskool

Swartland op Malmesbury het Donderdag hul skoolloopbane vaarwel geroep en hul matriekafskeide in styl gevier. Regs: Amanda Nyadenga van die Hoërskool Swartland is deur die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, ingebring en tot by die deur van die saal vergesel.

•'N VEILIGHEIDSRISIKO

Geen alternatief vir verkeer by brug Die ondersoek na ‘n moontlikheid vir motoriste om toegang vanuit Darlingweg na die N7-snelweg te verkry vir verkeersverligting, gaan weens veiligheidsrisiko’s nie realiseer nie. Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland, is die toegang wat moontlik verligting onder motoriste in Darling- en Bokomoweg tydens die bou van die nuwe brug sou bring, strydig met norme en standaarde. Volgens hom het die situasie nog nie verander nie. Die spoedhobbels is weerskante van die brug aangebring om die veiligheid van die konstruksiewerkers, asook die veiligheid van die motoriste te verseker met die aanbring van die stutte onder die brug. Volgens Scholtz, is die stutte belangrik aangesien hulle die nuwe brug bo-oor die bestaande ou brug bou, en omdat daar nie sekerheid is wat die sterkte van die bestaande ou brug is nie.

Verligting volgens die terreiningenieur, Ian Kemp sal eers oor drie weke verkry word wanneer die stutte onder die bestaande ou brug verwyder kan word. “Sodra die nuwe aansluiting vanuit die suide gereed is om vanuit die suidekant by Darlingweg aan te sluit, sal daar ‘n drierigtingstop aan die westekant van die brug aangebring word. "Die situasie sal daarna evalueer word om te bepaal of die aanbring van die spoedwalle weer nodig is,” voeg hy by. Die gewilde Rocking the Daisies-musiekfees vind die komende naweek op die Cloof Wynlandgoed buite Darling plaas. Roman Steyn, hoof van Swartland Verkeersdepartement sê feesgangers wat die musiekfees gaan bywoon, kan moontlike verkeerskopings weens die versperrings onder die brug in Bokomo –en Darlingweg, vryspring.

Laaste kans vir nominasies

Die nominasies vir die Malmesbury Sakekamer se "Diensverskaffer van die Jaar"-kompetisie sluit op 12 Oktober. Die kaartjies vir die gala-dinee op 11 November in die Malmesbury Stadsaal sal eersdaags te koop wees en beloop R200 per persoon. The Banned-orkes sal die voete laat skoffel. Die laaste lede-vergadering van die jaar vind Dinsdag-aand by die Swartland Voortrekkers se saal plaas op Malmesbury. Old Mutual (Spies-praktyk) is die borg van die aand. Die sprekers Johann van Zyl, 'n portefeuljebestuurder van Old Mutual Wealth Private Client Securities, sal gesels oor die aandelemark, terwyl Carl Muller, 'n regsadviseur by Old Mutual Persoonlike Finansiële Advies, sal meer inligting oor vennoot- en sakeversekering sal gee. Besprekings moet teen Vrydag by Helene Nel by 076 921 1163 gemaak word.


NUUS • NEWS

courant

5 Oktober 2016

dié

4

Stuifmeel, stof en die koringlande

Om siek te wees is eenvoudig net nie lekker nie. Dit laat jou jammer voel vir jouself en laat jou sommer verlang na mense wat jy nie ken nie. Terselfdetyd wil jy ook eintlik net met rus en vrede gelaat word om alleen met jou kiem-vriende vergadering te hou. In die winter is dit amper nog makliker, maar in die somer het dit 'n lewe van sy eie. Jy kry warm, ja van die son, maar dan skop daardie ekstra hittetjie nog in, ou vriend koors. Jou kop wil ontplof, jou neus voel of hy teen die spoed van witlig sy eie versneller-pedaal trap en hy loop jou vooruit. Jou lyf pyn op plekke waar jy nie eens geweet het nog plekke is waar spiere moontlik kan wees nie. Iemand het die son te helder gestel. Die Sahara-woestyn in jou keel, tesame met die kaktusse wat daarin groei, is onwelkome gaste en hulle moet uit en weg. Dit als terwyl jy probeer onthou watter pille jy nou eintlik wanneer weer moet drink. Jy strompel van die bed na die badkamer na die kombuis om voor 'n leë yskas te kom staan en te besef jy was redelik lanklaas by die winkel, maar om ander klere aan te trek sodat jy nie soos 'n hawelose lyk en ruik nie, is beslis nie 'n opsie vir jou en jou kiem-brigade nie. Wat dan? Dan geniet jy die geel koring- en kanolalande van die Swartland en haal net 'n bietjie sagter asem.

Oktoberfest: Die jaarlikse Oktoberfest is vanjaar ook hier gevier by die Yzerfontein Sportklub. Hier is bie-

re van regoor die wêreld aan geteug en in regte Duitse tradisie dié lekkerny gevier. Links is Christopher Stemmet, Emile Beselaar, Neil Brown en Coenie Ellis. Regs is Beundra Shaw, Jurne Brown en Patricia Franke.

Dagboek • Calender

Jo-Dolphin Algemene Jaarvergadering 6 Oktober: Jo Dolphin hou om 18:00 by die Nuwe Sentrum te Albaniestraat hul algemene jaarvergadering. Kontak : Marie by 022 486 4186 Malmesbury Fietsry Klub 6 Oktober: Fietsry klub kom 17:45 bymekaar by die SAP alle beginners welkom wat wil fietsry Swartland Country Market 8 October: Market at Stone Cottages Kirstenbosch from 10:00 to 16:00. Contact Malmesbury Tourism for information on 022 487 1133. Indie Ale @ Market 8 October: A mid-month market held every second Saturday from 11:00 to 16:00 at Kleine Liefde Farm on the R44 between Saron & Porterville Enquiries : www.indieale.co.za ACVV Riebeek-Kasteel Damesoggend 8 Oktober: Damesoggend by die ACVV-saal vanaf 09:45 vir 10:00. Die spreker van die dag is Retha Conradie. Kostes beloop R100 pp. Navrae: Gloudine 084 291 5088 of Dalene by 022 4481424 Weskus Ou Motorklub 8 Oktober: Trotse eienaars stel hul motors ten toon vanaf 09:00 tot 16:00. Ingangsfooi beloop R50 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12. Kontak : Alfie by 082 966 7166

Dis Goeie Nuus Dr Andrew Bosman

Wie is ons? As iemand gevra word of hy of sy vir so en so ken, dan antwoord hulle baie keer die persoon doen dit of dat. Hy of sy word geken aan hulle werk, en word so beskrywe. Baie mense verloor hulle werk of raak voltyds betrokke by hulle stokperdjie en verlaat die werk wat hulle gedoen het. Hoe beskrywe jy hulle dan? Ons is nie wat ons doen nie, ons is wat ons glo. Ons identiteit is meer as dit waarmee ons werk of besig is. Psalm 116 is ‘n danklied van ‘n verloste, iemand wat vry gekom het van een of ander juk . Die lied begin met ek het lief, want die Here hoor my smekinge. Die Psalmis was bang, benoud, bekommerd, maar het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here red my siel. En skryf dat die Here ‘n ontfermer is, en vir my gehelp het, Hy het my siel tot bedaring gebring in my. Gelukkig is die persoon wat geniet waarmee hy of sy besig is, want dan kom ons ware talente na vore wat ons van God ontvang het om ander mee te dien.

Jo-Dolphin Opedag 10 Oktober: Opedag van Jo-Dolphin vanaf 10:00 tot 14:00. Almal is baie welkom, veral die gestremde gemeenskap van die Swartland om ons nuwe fasiliteit te besigtig

-saal, Malmesbury om 19:00. Kostes: R120 per persoon. Kontak Siebert Coetzee by 083 286 9209 of stuur 'n epos na siebertcoetzee@gmail.com. Hoërskool Swartland 13 Oktober: Prysuitdeling om 19:00 in Malmesbury Stadsaal AGS Corpus Christi 15 Oktober: Bergklim ontbyt by Kasteelberg by die laer grot op die plaas Kloovenberg. Vertrek om 07:00 vanaf AGS Corpus Christi, Baroccastraat 19, Malmesbury Vir enige navrae kontak Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Aglow 15 October: Malmesbury Aglow is having a meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Lavina Surtie will be the speaker. Everyone is welcome. Refreshments will be served. Enquiries - Elaine Walker at 072 590 6636 Robertson Wine Valley 14 to 16 October: Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children under 18 - free entrance. Tickets at the gate. Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com ACVV Riebeek Kasteel 14 Oktober: Donkey Derby by Laerskool Riebeek-Kasteel om 18:30. Kostes beloop R75 pp. Navrae: Gloudine 084 291 5088 of Dalene by 022 4481424

Swartland Indaba-ete 12 Oktober: Professor André Duvenage, politieke wetenskaplike van NWU, gaan 'n strategiese ontleding van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing en die pad vorentoe doen. Geleentheid vir vrae sal gegun word. Plek: Olok-

Malmesbury Rugbyklub Bloues 22 Oktober: Malmesbury Rugbyklub hou hulle jaarlikse bekeruitdeling om 16:30 by die Malmesbury Gevangenes. Kostes beloop R50 per enkel en R80 vir dubbelkaartjie. Kleredrag is semi-formeel. Partytjie vanaf 18:30 tot 02:00. Kaartjies is beskikbaar vanaf 10 Oktober by spelers en bestuurslede.

AGS Corpus Christi, Malmesbury 9 Oktober - Sondag-oggenddiens om 09:30. Prediker: Past Piet Smit met die titel : Moet ek my laat doop? Nagmaal word bedien. Geen aanddiens Navrae: 073 447 2902.

Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017.

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.

Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm

Kerke • Churches

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday

Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande).


NUUS • NEWS

5

5 Oktober 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

Rugby:

Hierdie rugbyspelers van Riebeek-Wes Primêr is opgeneem in die Boland se Ontwikkelingspan vir seuns 15 jaar. Hulle gaan gedurende die skoolvakansie in Johannesburg deelneem aan die Iqhawe Week en meeding met Westelike Provinsie en die ander nasionale spanne.

WEEKEND SAVINGS

Skrywers:

Previn Maarman (eerste plek) en Lloyd April (tweede plek) van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het uitgeblink in 'n opstel-kompetisie wat aangebied is deur die plaaslike Koringbedryfmuseum. Foto: Ghida Visser

PnP Bulk Uncooked Beef Mince

PnP Bulk Farmstyle Boerewors

R

R

49

66

Per kg

Per kg

Equates to R3.25 Each

Equates to R6.90 Each

2 4 % OFF PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s

R

49

Blossom Lite Medium Fat Spread 1kg Tub WAS R27.95

90

R

Per kg

23

BUY 3 FOR

90

SAVE R10.77

SAVE R7.44

Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g

R

20

SAVE R12.30 Kellogg’s Corn Flakes 750g Value Pack

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

R

R

28

50

64

90

– – – – –

R2.50 R2.11 R2.20 R2.30 R2.50

26% OFF Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

R

109

90

BUY ANY 6 FOR

R

19

50

PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES Hunter’s Dry, Gold, Export or Hard Lemon Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case

PRICE PER NAPPY

Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+ 48s Size 5 44s

70

SAVE R40

R

199

25% OFF Twinsaver 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack WAS R54.99

R

42

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH

PRICES VALID 6 - 9 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS464


NUUS • NEWS

6

5 Oktober 2016

Wyne skitter helder by Michelangelo-toekennings Die Swartland se wyne het vanjaar weer eens bevestig dat hulle vir geen ander wyne ter wêreld terug hoef te staan nie. Plaaslike wyne vanuit die streek het op 26 September geskitter by vanjaar se gesogte Michelangelo Internasionale Wyn- en Spiritualieë-toekenningsgeleentheid. ’n Totaal van 1 665 inskrywings van 364 produsente is ontvang.

Swartland Wynkelder

Die Swartland Wynkelder se Bush Vine Shiraz 2013 het vanjaar goud by die gesogte Michelangelo Internasionale Wyntoekennings ontvang. Die Bush Vine Shiraz 2013 se druiwe is alles wyn van oorsprong, naamlik die Swartland bosstok en gemiddeld 20 jaar en ouer. Die 2010 Cape Vintage, wat onder die Grand’ Or Medals met ‘n toekenning vereer is, se druiwe is alles bosstok wyn van oorsprong, naamlik Swartland en bestaan uit Touriga Nacional, Tinta Barocca en ‘n klein hoeveelheid Pinotage. Die druiwe was teen tussen 27 en 29 Balling geoes. Gis was bygevoeg en die fermentasie was gestop deur die fortifikasie van die gistende sap met wyn spiritus en verouderde Potketel-spiritus, sodat die ressuiker om en by 90-100gram per liter is en die alkohol op 17.5vol% staan. Die wyn is toe verouder in ou Franse eikehout-vate vir vyf jaar. Hul Swartland Idelia Cape Blend, asook Swartland Winemakers Collection Blanc de Noir het ook silwer ontvang.

Babylons Peak

Die 2014 Pinotage wat Goud ontvang het, se oorsprong is droëland bosstok wat teen die skuinstes van die granietkoppies geplant is. As gevolg van die unieke terroir, word die wingerd stadig oor 'n lang periode ryp. Die resultate wys in die donker rooi kleur met ryp pruim en mocha op die neus en 'n smaak van donker vrugte, gevolg deur speserye op die verhemelte. Die Viognier Roussanne 2016 wat ook Goud losgeslaan het, is geplant op goed gedreineerde

grond, wat slegs additionele bespreoing ontvang indien dit nodig is.

Het Vlock Casteel

Het Vlock Casteel se Merlot 2014 is met Dubbel Goud by vanjaar se Michelangelo Internasionale Wyn-toekennings vereer. Die Merlot het ‘n intense dinker rooi kleur met ‘n donker sjokolade en subtiele vanilla geur op die neus en ‘n sagte fluweel tannine smaak wat in jou mond sal talm. Hul Cabernet Sauvignon 2014 is met Goud toegeken. Die wyn het ‘n misterieuse donker rooi kleur, swartbessie en subtiele eukaliptus geure op die neus en ryp rooibessie en sagte tannine vir ‘n nasmaak.

Lutzville Vineyards

Lutzville Vineyards het Goud en Silwer by vanjaar se gesogte Michelangelo Internasionale Wyntoekennings losgeslaan. Hul Vintales Road Trip Pinotage 2015, Lutzville Pinotage 2015 en Francois le Vaillant Nobel late Harvest het met Goud weggestap, terwyl Francois le Vaillant Pinotage 2014 en Francois le Vaillant Cabernet Sauvignon 2014 Silwer ontvang het. Lutzville se koel klimaat, gekombineer met hul diverse terroir, gee die wynkelder die perfekte fondasie om vrugtevolle en elegante wyne te produseer. Met toegang oor die 100 verskillende wingerde binne die Lutzvillevallei, is die beste druiwe gepluk om kwaliteit en volhoubaarheid te verseker.

Linton Park

The Bridge Premium Chardonnay van Linton Park Wynlandgoed het vanjaar met dubbelgoud weggestap. Die Bridge of Hope wynreeks, het sy bestaan te danke aan besigeidsvrou en entrepreneur Rosemary Mosia wat tydens haar meestersgraad in besigheidsleierskap, ‘n navorsingsprojek oor die wynindustrie gedoen het waar die begeerte om haar eie wynhandelsmerk te begin, lewe gekry het. In 2014, het sy ‘n vennootskap met Linton Park Wyne begin en haar eie onderneming gestig. Die handelsmerk streef daarna om gemeenskappe met ‘n gemeenskaplike verantwoordelikheid om werkloosheid onder die jeug op te hef en te bevorder. Wyne vanuit die streek wat met dubbelgoud tydens die gesogte toekenningsgeleentheid vereer is, is Cloof Wynlandgoed se Cloof Duckitt Cabernet Sauvignon/Merlot/Cabernet Franc en hul Cloof Crucible Shiraz; Het Vlock Casteel se Merlot 2014 en Swartland Wynkelder se Swartland Cape Vintage. Annexkloof se Annexkloof Tulu 2015 en Xenna Pinotage 2015 het elk met ‘n goue medalje weggestap. Só ook Babylon’s Peak se Viognier Roussanna 2016 en Pinotage 2014. Darling Kelder se Chocoholic Pinotage 2015 en hul Sir Charles Henry Darling 2012 het ook goud ingepalm. Het Vlock Casteel se Cabernet Sauvignon 2014 het ‘n goue medalje losgeslaan, asook Hofstraat kelder se Renosterbos Cape Vintage 2010. Nóg wynkelders wat met goud weggestap het, is Org de Rac Landgoed se Org de Rac Shiraz 2014 en hul Org de Rac Shiraz Reserve 2014; Ormonde Vinyeards se Ormonde Theodore Eksteen 2013 en hul Ormonde Shiraz 2014; Pulpit Rock Wynkelder se Pulpit Rock Reserve Petit Verdot 2012 en Swartland Wynkelder se Bush Vine Shiraz 2013.


NUUS • NEWS

5 Oktober 2016

7


NUUS • NEWS

8

5 Oktober 2016

Malmesbury Koringstudiegroep wys beste blokke aan

Truter, Lesch, Hamman kraai vanjaar koning met hul koring

Die Malmesbury Koringstudiegroep het verlede week hul jaarlikse proewedag aangebied. Sowat 110 boere en besoekers het die dag op Grasrug van Michiel Smuts bygewoon, waartydens die studiegroep se jaarlikse prysuitdeling plaasgevind het. Volgens een van die beoordelaars, Hardus van Vuuren van Wenkem, was dit ‘n baie moeilike taak om die verskeie kampe wat ingeskryf is, te beoordeel. Hy sê egter dat dit baie lekker was om die kampe te besoek, aangesien die koring vanjaar baie mooi lyk. Van Vuuren sê daar is onder meer gekyk na die algemene gesondheid van die koring, algemene onkruidbeheer, biomassa (t/ha), biomassa van stikstof/kg/ha, data, massa per vierkante meter, asook die algemene fisiese indruk van die verskeie kampe wat ingeskryf is. Al die studiegroeplede het deelgeneem aan die Maksimum Ekonomiese Opbrengs (MEO)-kompetisie deur ‘n kamp in te skryf wat hulle dink die beste sal presteer oor ‘n vyf- jaar tydperk. “Ons was nou in jaar vyf van die siklus en vir 2016 kies almal weer ‘n nuwe kamp,” sê Pieter Burger, landbou-ekonoom van Kaap Agri wat die koringstudiegroep se data met besoekers gedeel het. "Volgens die kampe wat gekies is, word twee trofees toegeken, naamlik die Yara Wisseltrofee vir die beste bruto marge per ton in 2015, wat slegs die ontleding vir die gekose MEO kamp

van die lede insluit en nie hul koring as ‘n geheel nie. "Dit verwys na die winsgewendste ton koring geproduseer in 2015, voeg Burger by. Vanjaar se wenner van die Yara Wisseltrofee vir die beste bruto marge per ton in 2015, is Charl Hamman (Populierbos) met ‘n opbrengs van 3.20 ton/ha en ‘n bruto marge van R8698/ ha en R2718/ton. Truter de Kock (R2510/ton) is tweede en Fanie Walters (R2363/ton) is derde. Die tweede trofee wat in die MEO-kamp-kompetisie toegeken is, is die Nitrophoska Wisseltrofee vir die beste vyf jaar bruto marge (R/ha). Weer eens is dit slegs die ontleding vir die gekose MEO-kamp van die lede en nie sy boerdery as geheel nie, voeg Burger by. Dié trofee is vanjaar aan Dirk Lesch van Elim oorhandig met ‘n bruto marge van R6540/ha. Hennie Eksteen (R 6432/ha) is tweede met Truter de Kock (R 5168/ha) in die derde plek. Paul Truter van Papkuilsfontein is as die wenner van die WKG-wisseltrofee in die koringblokkompetisie aangekondig. Volgens Van Vuuren het die fisiese indruk wat die beoordelaars by elke kamp gekry het, ‘n groot rol hier gespeel. Janneman Louw het tweede gekom met Eben Schellink in die derde plek. Burger is ook aangewys as die persoon wie se hulp die meeste bygedra het tot ‘n suksesvolle proewedag.


NUUS • NEWS

9

5 Oktober 2016

Paul Truter (links) van Papkuilsfontein het vanjaar met die WKG-wisseltrofee weggestap. AndrĂŠ Rawe van Moov Fuel (regs) het sy prys aan hom oorhandig. Heelbo staan die eerste plek wenners: Charl Hamman, Dirk Lesch en Paul Truter. Dirk Lesch van Elim het die Nitrophoska Wisseltrofee vir die beste vyf-jaar bruto marge gewen. Dickie Hewett (regs) het sy trofee aan hom oorhandig. Hewett bedank ook vir Pieter Burger, landbou-ekonoom by Kaap Agri vir al sy hulp en bydrae tot 'n suksesvolle koringstudie-proewedag.

Bo: Charl Hamman (links) van Populierbos het vanjaar die Yara Wisseltrofee gewen vir die beste bruto marge per ton in 2015. Marais Liebenberg van Yara het sy trofee aan hom oorhandig.


NUUS • NEWS

10

5 Oktober 2016

Links: Neels Welman (regs) van Wes-Kaap Graanprodusente Beperk oorhandig die WKG Wisseltrofee aan Paul Truter.

Regs: Dickie Hewett oorhandig die Nitrophoska Wisseltrofee aan Dirk Lesch vir die beste vyf-jaar bruto marge.

Bo: Charl Hamman (links) ontvang die Yara Wisseltrofee vir die beste bruto marge per ton in 2015 by Dickie Hewett.

Hou diĂŠ courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!


NUUS • NEWS

5 Oktober 2016 Dienste Services

ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 Gelukwensing Congrats

ERIN ABRAHAMS 9 Oktober 2016 Gelukkige 21ste verjaarsdag. Mag die sleutel van onafhanklikheid die deur na jou drome oopsluit en mag lewensvreugde jou op die pad begroet. Wens jou alles van die beste toe, 'n mylpaal in jou lewe wat deur God moontlik gemaak is. Van: Abrahams & Green Familie #2867 --------------------------------Baie geluk met jou mondigwording op 9 Oktober. Mag jou paaie altyd met rose besaai word. Ps 23 v 6. Bly maar daardie nederige meisie en jy sal altyd uitstyg na hoë hoogtes. Baie lief vir jou. Van: Tannie Fien en familie #2872 ---------------------------------

BLADEN LE FLEUR 3 jaar oud op 9 Oktober. Baie geluk Ma se seuntjie. Jy is so 'n woelwater in ons lewe en vul dit elke dag met liefde. Lekker verjaar. Van: Jou Darra, Mammie, twee oumas, Oupa, Al-Kirsten, Kirsty en almal in die huis #2868

DEVANDRÉ IS EEN op 9 Oktober 2016. Dankie vir liefde en soentjies. Baie geluk Mammie en Pa is lief vir jou. Annoeska en Sebastiaan #2869 ---------------------------------KYK WIE WORD EEN Baie geluk Devandré met jou spesiale dag. Ouma, Rico en Jonty is baie lief vir jou #2870

Geluk XYLAH JADE, onse engelblom met jou eerste verjaarsdag op 4 Oktober 2016. Ons is oneindig lief vir jou. Van: Mammie, Daddy en Eldrin #2873 --------------------------------RAAI WIE WORD SEWE?

Geluk Ma se blom met jou verjaarsdag op 8 Oktober. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Bly die voorbeeldige dogtertjie wat jy is. Met baie liefde van Mammie en Reeve #2874 ---------------------------------

Lekker verjaar Raivier en hou so aan met jou mooi skoolwerk. Ouma is baie trots op jou. Liefde: Ouma Roetie #2875 --------------------------------LESLIE EN FLORENCE CHARLES

Veels geluk Ma en Pa met jul 51 ste huweliksherdenking. Mag God julle voorspoedige en gesonde jare saam gee. Liefde: Charlene, Janice en Familie #2876

RAAI WIE VERJAAR VANDAG Baie geluk CLAYTON met jou geboortedag. Mag al jou wense waar word. Al God se seëninge oor jou. Ons is baie lief vir jou. Van: Ouma Iza. Fagmieda, Abieda, Mujaid, Zaytoon, Thakiyah & Laa'iqah #2877

Baie geluk CAMY met jou 16de verjaarsdag. Van: Mammie, Mesie, Nicole, Andrea en E-MJ #2879 --------------------------------Baie geluk met Mammie en Hannelie se verjaarsdag op die 8ste Oktober. Van: Niesa, Miesie, Nicole, Camy, Andrea en E-MJ #2880 ---------------------------------8 Oktober 2016 VIVIAN ARENDSE Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou vele jare spaar. Goeie gesondheid en vrede en vreugde. Ps 23 vers 2. Liefde: Tannie Fien en familie #2881 ---------------------------------MAGGIE HENDRICKS

Geluk met Ouma se 90ste verjaardag op 9 Oktober. Met baie liefde van Dappit. Dina, Tiesa, Magdaleen en kleinkinders #2882 ----------------------------------

7 Oktober 2016 KYK WIE WORD 1 LIMORH FOSTER Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar en jy moet lekker verjaar en geniet jou dag. Van: Ma Florita, Pa Boekies, ouma Slikkie, Antie, Rolen, Glenda, Tesnick, Dosa, Nashwill Boeta #2884

11

My engelkind, môre is jy ses jaar oud. Geluk my dogtertjie. Pa is baie lief vir jou. Jy moet 'n lekker dag het. Lief jou - Pa John Geluk ons prinsessie met jou sesde verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n lekker dag het. Liefde: Oupa Bertus, Elize, Lizolda & A-Jay #2885 ---------------------------------RAAI WIE WORD EEN OP 8 OKTOBER 2016

Baie geluk LOGEN met jou eerste verjaardag. Mag God jou nog vele jare spaar my blompot. Mammie is baie lief vir jou, my skatjie. Jy moet lekker verjaar. Van: Mammie, Daddy, Ouma, Tannie Meagan, uncle Arno & Keano #2886 ---------------------------------KYK WIE WORD 16 op 5 Oktober

ASWILL, baie geluk met jou verjaarsdag en mag God jou seën vir die lieflike seun wat jy is. Baie lief vir jou. Van: Huisgesin & Priscilla #

LOUISE ARENDSE Ek wil net vir my suster Louise, geluk sê met haar verjaardag. Jy moet lekker verjaar en ons is baie lief vir jou. Van: al die Hesselman familie van Malmesbury #2891 Memorium In Memoriam

HISKIA MOSES 6 Oktober 2016 Hoe graag wil ons jou 'n drukkie gee, maar God het dit anders beskik. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Jy is in die huis van vele wonings, waar geen pyn en lyding is nie. Die trane vloei nog vrylik met 'n glimlag. Van jou tweede ma - Tannie Fien en familie #2887 ---------------------------------Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Hoe graag wil ons jou 'n drukkie gegee het, maar God het jou nodig. Hy het jou geroep en jy is syne. My hart is vandag so seer, want ek vier my verjaardag alleen. Sal jou nooit vergeet nie. Van jou verlangende suster, vriendin - Lanie en familie #2888

ESTIN WITBOOI Twee jaar het

verbygegaan. Ons het jou so skielik verloor. Dit voel soos gister en die seer raak net nie beter nie, maar al die herinneringe sal ons lewendig hou. Ons weet jy is vandag in 'n beter plek. Sal jou nooit ooit vergeet nie. Baie liefde: Pa, Ma, susters, broer en twee kinders #2889 Sterfgeval Obituary CHRISTINA NOVEMBER (Antie Pollie)

Troosdiens op Woensdag, 5 Oktober om 19:00 by die Anglikaanse Kerk (Malmesbury) en begrafnisdiens is op Saterdag, 8 Oktober by Anglikaanse Kerk. Besigtiging om 07:30 en die diens neem 'n aanvang om 08:00 #2883 Te Huur To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/48 ---------------------------------Storage facilities (Malmesbury), all sizes from 20m² - 3000m². Small workshops. Office Suite to let – 290m² or portion available as serviced offices. Call Julian – office – 021 712 3782 – E-mail : accountant@qonfirst. co.za #2389 Te Koop For Sale Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak, aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 --------------------------------Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!


courant

tel 022 487 3221

hul jaarlikse veiling en fondsinsameling ten bate van CPM gehou. Vanjaar se gedenkwedvlug vind dié naweek plaas. Verlede jaar se wenduif was dié van George Williams. Bo oorhandig Frits en Molly Meintjies sy trofee.

Hulle word op 'n perd se rug groot. Hoe dan ook anders as jy 'n agterkleinkind is van een van ons land en die Swartland se grootste swartperdpioniers, Pieter (Dag en Nag) Loubser. Vir klein Mia Loubser (2) was dit Saterdag haar eerste deelname aan 'n skou en nadat sy vroegoggend al op 'n perd se rug was op die jaarlikse Tulbagh-skou, was sy trots saam met pa Pieter op die wa, nadat hy die prys vir die wenpaar ontvang het in die Friesperd-dubbeltuigkampioenskap. Andriëtte Jacobs (7) van Porterville het haar eerste deelname op dieselfde skou gevier in 'n leiriemklas vir ruiters 8 jaar en onder. Sumarie Genade was die touleier.

•SPANNE NA BOLAND

Aksie verwag in uitspele

Karate: Ses karateka van die Swartland Dojo het die afge-

lope Saterdag aan die Afrika Goju Ryu Kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Amy Mulder het Goud Kata en Silwer Kumite ingepalm. Layla de Lang het Brons Kata en Silwer Kumite ontvang. Sergio Arendse het Brons Kata ontvang, saam met Rorke Mulder en Siska Pitout. Jandre Kamfer wat in die Elite-proewe in kata deelgeneem het, het ongelukkig uitgeval.

Volop aksie is hierdie naweek op die rugbyspyskaart wanneer die spanne na Boland Stadion reis om kragte te meet om die Groot Uitdaag-beker. Die top 8-spanne sal mekaar die stryd aansê om 'n plek in die halfeindronde van dié rugbyliga. Daar is nie baie wat dié spanne skei nie met veral Saldanha wat hierdie jaar groot opslae gemaak het met 'n onoorwonne reeks in die Swartwes-afdeling. Die Swartwes-kampioen sal die dag afskop met 'n wedstryd teen Caledon om 11:30 op die A-veld. Caledon het ook hierdie jaar gewys dat hy met die groot honde kan saam gesels deur vriend en vyand te verras met sy hardloop-rugby. Nog 'n

5 Oktober 2016

5 Oktober 2016

Galop:

Wenduif: Die Malmesbury Posduifklub het Dinsdagaand

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12

wedsryd wat groot belangstelling sal lok, is die wedstryd tussen Hawston en Wesbank om 14:30 op die A-veld. In ander wedstryde speel Robertson teen Hillcrest om 12:00 op die A-veld en in die hoofwedstryd van die dag speel Worcester Villagers teen Roses United om 16:00 op die A-veld. Die wenner van dié wedstryd tussen Saldanha en Caledon sal die wenner van Worcester en Roses aandurf op 15 Oktober te Boland Stadion en die wenner tussen Hawston en Wesbank sal die wenner tussen Robertson en Hillcrest aandurf. Die finaal word op 22 Oktober beslis ook op Boland Stadion beslis. -Abri Adonis

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Bloemfontein JO 1 G Horn 1112.3634; 2 F Meintjes & Seuns 1092.3662; 3 Hayman Familie 1015.4809; 4 Hayman Familie 993.6787; 5 G Horn 979.8513; 6 F Meintjes & Seuns 970.4258; 7 F Meintjes & Seuns 969.4003; 8 G Horn 966.3620; 9 G Horn 959.2182; 10 F Meintjes & Seuns 957.7604; Bloemfontein Ope 1 F Meintjes & Seuns 1028.9138; 2 F Meintjes & Seuns 1010.2964; 3 G Horn 1008.0118; 4 F Meintjes & Seuns 1004.5471; 5 F Meintjes & Seuns 992.7627; 6 G Horn 989.4362; 7 G Horn 983.4897; 8 G Horn 981.5921; 9 J Steenkamp 975.5938; 10 G Horn 974.4808; Moorreesburg Posduifklub Bloemfontein JO 1 HMO Smit & Seun 1103.5877; 2 Boetie en Baron Hokke 992.0442; 3 Van der Vyfer Hokke 979.0111; 4 Frikkie Bester 968.7653; 5 Van der Vyfer Hokke 946.7071; 6 Steenekamp Lofts 944.8262; 7 Steenekamp Lofts 944.1744; 8 Frans Jooste 937.0864; 9 HMO Smit & Seun 936.3014; 10 Frans Jooste 937.0864 Bloemfontein Ope 1 Frikkie Bester 1084.7907; 2 Frikkie Bester 1043.0817; 3 HMO Smit & Seun 1010.6093; 4 Frans Jooste 976.6882; 5 Frikkie Bester 959.3026; 6 Van der Vyfer Hokke 952.6231; 7 Frans Jooste 946.7756; 8 Boetie Baron Hokke 936.3360; 9 HMO Smit & Seun 936.9516; 10 Van der Vyfer Hokke 935.9920 Riebeek Vallei Wedvlug Klub Victoria-Wes 1 Alex Fam; 2 Janco Lofts; 3 Truter Hokke; 4 Janco Lofts 5 Persens Hokke; 6 Mentoor Hokke; 7 Janco Lofts; 8 Janco Lofts; 9 Janco Lofts; 10 Alex Fam Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - 28 September : Enkel Stableford William Matthysen 21; Lothar Buhr 20; Sakkie Klasen 19; Johan Kotze 18 Vrydag Sundowner- 30 September : Enkel Stableford Eben Lingeveldt jnr 21; Peter Willemse 20; Marais Erasmus 20; Danie Malan 20; Pine Pienaar 19 Saterdag, 1 Oktober : Beterbal Houespel Lindsay Meyer & Gerhard Spangenberg 64; Michael Julie & Peter February 65; William Matthysen & Gerhard Spangenberg 65; Wynand van Niekerk & Gerhard Potgieter 66; Ewan Liedeman & Algy Jacobs 66 Fietsry Darling TTU 24h: Manus Bester, Shane Ketel, Brent Ketel en Emile Boshoff-2de algeheel. Fruiteays AQuelle Apple Blossom MTB:Jeanette Orchard 1h55:22-1ste vrou. GEBEURE/EVENTS 2016 Sakemanne Rolbal Toernooi Malmesbury Rolbal Klub - Skryf in vir enige van die 6 dae of vir meer as een van die dae : Maandag 17 & 24 Oktober ; Woensdag 19 & 26 Oktober; Donderdag 20 & 27 Oktober 18H00-21H00. Finaal - Maandag 31 Oktober R200.00 per span van 4 lede 3 Wedstryde van 6 skofte elk Enige sportdrag met plathak tekkies. Kontantkroeg en verversings deurlopend beskikbaar. Besighede/skole/kerke/sportklubs welkom. Skryf in per e-pos : drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com Kontak besonderhede : Roux Vermeulen 0224821228 / 0834789616 Altus Myburgh 0224823560 / 0766674305 André Halvorsen 0832617573 Rolbal balle beskikbaar


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swartberg 5 okt 2016 390 by DieCourant - Issuu