Skip to main content

Die courant swartberg 18 jan 2017 403

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

18 Januarie 2017

47.7%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 403

18 Januarie 2017

Swemmers trap water

Die leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het gister in die swembad lafenis gesoek teen die bloedige son in vanjaar se interkleure-swemgala. Chelsey Gräbe gly hier deur die water op pad na die eindstreep.

•KLASKAMERS BAIE VOL - KRINGBESTUURDER

Skool-getalle styg Die skoolinskrywings van voornemende graad 1 en graad 8-leerders in die streek het vanjaar seepglad verloop. Volgens Johannes Mouton, die onderwysdepartement se kringbestuurder in die Swartland, is die skole baie vol, maar sê dat alle leerders wat reeds verlede jaar by ‘n skool ingeskryf het, vanjaar geakkommodeer is. “Leerders wat verlede jaar, soos deur die onderwysdepartement vereis word, ingeskryf is, het almal plek in ‘n skool gekry,” voeg hy by. Volgens die Weskus se onderwysdistrikskantoor, was daar teen verlede week Donderdag slegs een graad 1-leerder en drie graad 8-leerders wat nie in ‘n skool in die Swartland geplaas kon word nie. “Dit sluit aansoeke van leerders in wat óf onlangs getrek het óf weens maatskaplike redes eers vanjaar ingeskryf het. "Ons as streek is vanjaar baie gelukkig dat elke inskrywing wat verlede jaar ontvang is, plek

in die skool gekry het waarvoor aansoek gedoen is,” sê Mouton. Tommy Loriston van die distrikskantoor, het Maandag aan die courant gesê, daar word steeds nuwe skoolinskrywings ontvang. Volgens Loriston is die ouers wie se kinders nog nie geplaas is nie, verwittig van moontlike alternatiewe vir hul kinders en skakel die betrokke kringbestuurder voortdurend met die onderskeie skoolhoofde. Dit sluit ook nie leerders in wat tans by ‘n skool geplaas is, maar wat uit hul eie keuse na ‘n ander skool wou gaan, in nie. Kallie Rautenbach, hoof van die Laerskool Swartland op Malmesbury, het bevestig dat hoewel skoolinskrywings afgehandel is, graad 1-klaskamers uit hul nate bars. “Ons het vanjaar gesukkel om almal te akkommodeer en klaskamers is by hulle volle kapasiteit." Skoolhoof Janine Adonis van Liebenberg Pri-

mêr op Malmesbury sê elke graad 1-leerder wat by dié skool ingeskryf het, is geakkommodeer. Sy voeg by dat klaskamers stampvol is en dat daar nie plek vir ‘n muis is nie. Hoewel alle nuwe inskrywings van OJ Erasmus Primêr op Kalbaskraal sonder haakplekke verloop het, het dit behoorlike beplanning geverg om ook die leerders van ander grade te akkommodeer. Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het ook bevestig dat hulle gesukkel het om al die leerders te huisves. Die moontlikheid om addisionele poste waar nodig, te ondersoek, word oorweeg mits die spesifieke skool se infrastruktuur dit toelaat, voeg Loriston by. Volgens departementele voorskrifte moet alle skole hul nuwe inskrywings asook die indeling van leerders per klas en per vak teen die tiende skooldag rapporteer en sal die finale syfers dan vasgelê word

NUUS • NEWS


2

18 Januarie 2017

NUUS • NEWS

•RYPWORDING VROEG, STEEDS LATER AS 2016

Groter wyndruif-oes vanjaar verwag

‘n Groter oes word vanjaar vir die Swartland se wyndruifindustrie verwag. Volgens die wynbedryfinligtingsliggaam (Sawis), het oesskatting wat November verlede jaar gedoen is, ‘n beter oes vir die streek teenoor verlede jaar se swak oes voorspel. Die meeste kelders in die omgewing het reeds hul eerste druiwe vir hul vonkelwyne ontvang.

Die mees onlangse oesskattings sal komende Donderdag bekend gemaak word. Hanno van Schalkwyk, wingerdkundige konsultant van VinPro, die organisasie wat Suid-Afrikaanse wynboere verteenwoordig , (Swartland en die Paarl), sê rypwording is vanjaar weer vroeg, alhoewel later as verlede jaar. “Dit is steeds baie droog, maar wingerde lyk beter as laasjaar en oeste lyk bietjie beter as 2016 se klein oes.” Hy voeg by wingerde en druiwe lyk gesond. “Baie goeie wyn word verwag,” sê Van Schalkwyk. Volgens Claude Uren, wingerdboukundige by Leeuwenkuil, word daar vanjaar ‘n swaarder oes verwag. Die begindatum vir parstyd is min of meer dieselfde as verlede jaar. Hoewel sommige kelders reeds begin pars het, berei Leeuwenkuil hul voor vir die vierde week in Januarie wanneer die eerste druiwe vir vonkelwyne ontvang sal word.

Die wingerd is geiler vanjaar en lyk dit beter en gesonder as in 2016 as gevolg van ‘n beter winter. “Die stokke lyk vanjaar beter as verlede jaar dieselfde tyd as gevolg van beter winterreënval in 2016 teenoor 2015.” Die weerstoestande vir 2017 se oes, word egter steeds as te droog bestempel. “Optimaal sou ‘n droëland bosstok-wingerd 400mm plus reën per jaar benodig gedurende die reënseisoen. "Ons is egter nog glad nie daar nie. Indien ons voor en gedurende parstyd reën kry, sou dit baie help. "Nie ten opsigte van gewig nie, maar eerder om die stokke te help met fisiologiese prosesse wat mag bydra tot kwaliteit,” voeg hy by. Produksiekostes styg steeds, terwyl druiwepryse nie styg nie. “Dus is daar ‘n geweldige knyptang effek. Ek dink dit verg baie van ‘n druiweboer om tans optimisties oor die bedryf te wees en ons almal wag vir die bedryf om wéér ééndag te draai.” Vir Riebeek Wynkelder, het parstyd vanjaar weer vroeg afgeskop. Volgens wynmaker, Alecia Boshoff het die kelder Dinsdag met die wit muskadel vir hul Montino Light en die Chardonnay/Pinot noir vir

hul Pieter Cruythoff Brut-vonkelwyn begin. Boshoff verduidelik die droogte en minder beskikbaarheid van besproeiingswater definitief tot ‘n vroeër parstyd bygedra het. Die kwaliteit van die druiwe lyk egter sover baie goed en daar is minder sonbrandskade as verlede jaar aangerig. “Die wingerde lyk ook nog gesond, maar as die hitte van die afgelope twee weke gaan voortduur, gaan ons mooi moet beplan om die druiwe betyds te pars.” Die verwagte oesskatting sal eers nader aan die einde van Januarie bepaal kan word. “Dit gaan alles afhang van die trosgewigte. Ons sien egter uit na ‘n voorspoedige parstyd," sê Boshoff. Sheree Nothnagel, wynmaker by Wildehurst op Koringberg, sê ook die wingerd lyk beter as verlede jaar met meer trosse wat te sien is. Witroes en donsskimmel het wel voorgekom weens die droogte. Darling Wynkelder het Maandag reeds hul eerste vragte vir hul vonkelwyn ontvang. Hulle stem saam dat die druiwe van 'n hoër gehalte is weens die warmer weer wat eers later in die jaar voorgekom het. Volgens die kelder was die konstante koel winde wat gewaai het 'n pluspunt. Korrels is ook kleiner vanjaar.

Erasmus kraai koning in krieket Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Die internasionale krieketskeidsregter, Marais Erasmus van Malmesbury, is onlangs as die internasionale krieketraad se skeidsregter van 2016 aangewys. Hy is ook die eerste Suid-Afrikaner wat die David Shepard-toekenning ontvang. Erasmus het ‘n tydjie afgeknyp om vanuit ‘n winderige Wellington, Nieu-Seeland, waar hy tans as skeidsregter by die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Bangladesj optree, met dié courant te gesels oor dié gesogte toekenning in sy besit. Hy beskryf dit as ‘n "bitter groot eer". Volgens hom was dit geensins een van sy oogmerke nie en het hy dit glad nie verwag nie, maar Erasmus het wel geweet hy het ‘n goeie jaar agter die rug. “Ek was uit die aard van ons gereelde evaluasies bewus dat ek ‘n goeie jaar gehad het, maar my mikpunt is eerder om in elke wedstryd waar ek as skeidsregter optree, so goed moontlik te doen,” voeg hy by. Internasionale wedstrydskeidsregters en toetskapteins stem vir die genomineerde kandidate vir dié toekenning. Erasmus sê ‘n skeidsregter moet oor verskillende eienskappe beskik om ‘n goeie skeidsregter te wees, waarvan die bestuur van spelers seker die belangrikste is. Goeie mensekennis is volgens hom dus heel bo-aan sy lys van eienskappe. “Konsentreer ook op die klein dingetjies, berei goed voor en hoop jy het ‘n bietjie geluk aan

jou kant,” voeg hy by. Erasmus vertel van die stresvolle omgewing waarin internasionale krieket homself bevind en bieg dinge kan soms warm raak op die veld. “Dis wanneer ‘n skeidsregter getoets word as hy die spelers in daardie situasies moet beheer. Boonop moet jy nog jou eie emosies en stres beheer.” Hy sê verder ‘n bietjie dikvelligheid sal ook help om al die kritici te verwerk. 2017 is ‘n besige jaar vir Erasmus. Daar lê drie reekse in Indië en een in Sri Lanka voor met die belangrikste een, die 'Champions Trophy' wat in Junie vanjaar in Engeland gespeel word. “Die wêreld se top-agt spanne sal dan in aksie te sien wees in eendagwedstryde wat in Londen, Cardiff en Birmingham plaasvind," sê Erasmus.


NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

•KENNERS AAN'T GONS

Franselize skryf 'n taal-storm los

Franselize Rossouw, matriek-leerling van Hoërskool Swartland se skryfwerk het Afrikaanse beoordelaars en digters aan die gons. Twee van haar gedigte is namens haar vir die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se ope-afdeling ingeskryf. Franselize van Hopefield en vanjaar se koshuis-hoofmeisie trap reeds diep spore in die taal-bedryf met haar slag met Afrikaans. Van haar skryfwerk is al jare lank op papier én binne die digitale kuberruim. Franselize vertel van haar tannie Barbara Geldenhuys wat vir haar 'n groot inspirasie is. “Sy was nog altyd lief daarvoor om gedigte te skryf en vir kompetisies in te stuur.” Geldenhuys het haar susterskind se talent raakgesien en Franselize aangemoedig om haar gedigte vir ‘n kompetisie in te skryf. Nadat beoordeelaars haar talente raakgesien het, was daar geen keer aan Franselize nie en inskrywings van gedigte- en skryfkompetisies in Afrikaans het gevolg. Sy skryf ‘n hele gedig in minder as ‘n halfuur, vertel sy en beskryf dit as ‘n baie natuurlike proses. Haar opstelle het van ‘n vroeë ouderdom goeie punte gekry. Franselize bieg en sê sy was nie altyd so lief vir die taal nie. “Ek wou altyd Engels praat toe ek klein was, seker omdat ek uit ‘n Afrikaanse omgewing kom.” Hoe meer sy begin skryf het, hoe meer het sy van die taal begin hou. Haar ma, Fransie Rossouw en eienaar van die plaasmol-padstal buite Hopefield, sê sy het geen idee van waar haar dogter se talent met woorde vandaan kom nie. Sy kan wel sê dat hulle as gesin suiwer Afrikaans praat. “Ons gebruik nog die woord “fnuik”, eerder as “kroek”, voeg die trotse ma by. Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied vanjaar sy 13de gedigtekompetisie aan. Die kompetisie is tweeledig, ʼn afdeling vir graad 7–12 leerlinge en ʼn ope-afdeling vir alle ouderdomme. Sy het die eerste keer vir die kompetisie in 2014 ingeskryf, waarna haar gedigte in hul digbundel gepubliseer is. Franselize was die algehele wenner in die Senior Gedigte-kategorie (skole-afdeling) in 2015. Haar inskrywing van daardie jaar, Afrikaanse Stêr is ook gepubliseer in die Bloemlesing en twee van haar gedigte is gekies om in die boek, Wonder van Afrikaans 2 te verskyn. Die gedigte wat sy verlede jaar ingeskryf het, is weer in die digbundel gepubliseer. Vanjaar is haar gedigte sommer namens haar ingeskryf. Sy het vandeesweek gehoor dat twee van haar gedigte vir die ope-afdeling ingeskryf is en die top-10 gehaal het. Franselize is uitgenooi na die glansgeleent-

heid wat Maart in Pretoria plaasvind,waartydens die wenner aangekondig sal word. Sy is in Oktober verlede jaar as die wenner vir haar spreuke, “Klein klippies rondskop” (om jou met onbenullighede besig te hou) in die Varsgebak VivA Afrikaans-kompetisie (VivA, die virtuele instituut vir Afrikaans) aangewys. Sy is Desember ook as die Varsgebak-kompetisie se algehele naaswenner van die jaar gekroon. Haar eerste kortverhaal is boonop op die webwerf Kliekclick gepubliseer en daar word tans aan ‘n tweede een gewerk. Annemarie Barnard, stigter en direkteur van Shama Education and Training Services het Franselize se talent raakgesien en haar verlede jaar met ‘n joernalistieke beurs toegeken. Hoewel sy vanjaar druk besig is met haar laaste skooljaar, is sy tans met die jaarkursus in joernalistiek besig, wat Junie vanjaar voltooi sal wees. Fraselize oorweeg wel ‘n loopbaan in joernalistiek. Sy dink ook daaraan om oorsee te gaan, die taal Afrikaans groter te maak en die kultuur daar te vestig. “Jy hoor altyd van buitelanders wat sê hoe mooi die taal is. Franselize is vol verrrassings. Nie net is sy ‘n foendi wanneer dit kom by Afrikaanse woorde nie, maar is verlede jaar na Frankryk om aan die Face of the Globe-kompetisie teen deelnemers van reg oor die wêreld mee te ding. Haar stalletjie in ‘n entrepreneurskompetisie, het ‘n eerste plek behaal en sy het al ‘n mode-kompetisie gewen vir ‘n rok wat van herwinbare materiaal gemaak is. Sy het nog baie hoop vir die taal in die land. Franselize sal egter wil sien dat die liefde vir Afrikaans van ‘n baie jong ouderdom by kinders gekweek moet word, vir die voortbestaan daarvan.

3


courant

dié

4

18 Januarie 2017

Afrikaans...van kombuistaal tot 'n sterk fors

Afrikaans is die meeste van ons se moedertaal. Jy hoor dit nog voor jy jou eerste lewenslig aanskou. Jy word groot daarmee, gee uiting aan jou emosies daarmee, is lief daarmee, is hartseer daarmee en raak soms lekker vies ook daarmee. Afrikaans het 'n manier om 'n situasie te verwoord wat ander tale nie kan doen nie. Ons fop, flous, fnuik en allerhande ander "f-klanke" ook nog. Dit is dubbelsinnig, rol so lekker oor die tong en vat 'n situasie vas. Met die koms van SMS-taal het dit vir die uwe telkemale gevoel asof daar 'n nuwe woordeboek geskryf moet word, want ek verstaan net mooi niks wat in hierdie boodskappe staan nie. Dit voel soos die dae op universiteit wat ek hiërogliewe in my antieke geskiedenis-klas probeer ontsyfer het. Dit is verblydend om te sien dat daar nog jongmense is wat ons taal en sy toekoms ernstig opneem. Wat nog die ou skool-Afrikaans gebruik en dit nie vermeng met allerhande ander tale en woorde en 'n splinternuwe taal skep nie. As ons droom, doen ons dit in Afrikaans, as ons dagdroom, dan doen ons dit in Afrikaans. Ons leef Afrikaans. Die taal het so ver gekom, dit bind ons almal saam oor grense heen. Laat ons liefde vir ons moedertaal altyd eerste kom.

It’s Good News

NUUS • NEWS dr. Marc Blackwell Snr

Word of Grace From Psalm 31 In Thee, O LORD, I place my trust. Be Thou, dear Father, near. Matthew 6:1-8 “But you, when you pray, go into your room, and when you have shut your door, pray to your Father who is in the secret place; and your Father who sees in secret will reward you openly. And when you pray, do not use vain repetitions as the heathen do. For they think that they will be heard for their many words. Therefore do not be like them. For your Father knows the things you have need of before you ask Him.” Jesus Himself set the supreme example. Matthew writes, And when (Jesus) had sent the multitudes away, He went up on the mountain by Himself to pray. Now when evening came, He was alone there.” Matthew 14:23 We must ask ourselves some hard questions, the answers to which require calm reflection and honesty. What do my acts of practical righteousness and my prayer life say about my intimacy with God? Our joy in the Lord reflects our intimacy with Him as we seek to meet the needs of others in His name, as we intercede in prayer before the throne of grace. Our personal spiritual walk with God is inseparable from our consistent devotion to His Word and dependency upon His Spirit. Lord, your marvellous kindness has always appeared when I felt most adrift.

Ete: Die senior inwoners van Abbotsdale het gedurende die feesseisoen 'n Kersmaal saam VLV by Bloemendal: Malmesbury se VLV het as deel van hul jaarlikse afslui-

ting besoek afgelê by Bloemendal Primêr net buite Malmesbury om geskenkpakkies uit te deel aan elke kind in die skool. Van boekies met sepies, tot pakkies wat deel uitmaak van die VLV Kaapland se Eva-projek, asook lekker eetgoed en speelgoed vir die kinders. Bo is Aliyaah Maarman (voor), Mariska Cupido, Monique Herman, Ivona Gertse (skoolhoof van Bloemendal Primêr) en Mia Louw (voorsitter van Malmesbury VLV).

Brand geblus:

Nuut: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury spog met twee nuwe

onderwysers by hul Engelse departement. Annelize Swart en Arinda Janse van Rensburg is die nuwe toevoegings tot dié skool se personeel.

'n Helikopter het in die Desember-vakansie onverpoosd teen die brand agter die Moutonshoekberge geveg. Die lekkende vlamme is onder beheer gebring. Dirk JJ Coetzee het die oomblikke op sy kamera vasgevang.

geniet. Hulle is deur konstabel Henry du Randt toegespreek. Die ete is moontlik gemaak deur raadslid Valery McQuire en die St Michaels Anglikaanse Kerkjeug en ander rolspelers. Foto: Michelle McQuire


NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

5


6

NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

De Stalle nuwe tuiste vir sakelui

De Stalle van Irma de Jager huisves verskeie ondernemings en bied ook selfsorg-verblyf aan besoekers. Inwoners van die Swartland kan nou uitsien na De Stalle-besigheidsperseel op Moorreesburg waar De Stalle Selfsorgeenhede, Salon Trendsetters, Ottilia's Wine Bar & Deli én 'n kitswassery aangetref sal word. Die perseel, wat sentraal geleë is, is die ideale verblyf vir enige individue wat die omgewing vir besigheid besoek. By De Stalle Selfsorgeenhede, kan tot etes voorsien word en wasgoed kan by die kitswassery gewas word. De Stalle is ook naby twee onthaalgeriewe geleë wat baie gewild onder trou-paartjies is. Met De Stalle wat troupakette aanbied, is die akkommodasie en geriewe dus gepas vir enige bruid wat vir haar groot dag wil voorberei met 'n professionele haarsalon van slegs ‘n paar tree weg. Gaste en familie sal hierdie akkom-

modasie as ideaal beskou, waar daar lekker saamgekuier kan word. By die restaurant, Ottilia's Wine Bar & Deli, word smullekker disse en boonop 'n gesellige atmosfeer aangetref. De Stalle bied troupakette aan, verblyf en geriewe vir toeriste en sommer enige een wat wil wegbreek van die stad se gewoel. Die kamers is gerieflik, met hoë gehalte beddens en luukse linne, volledige DSTV, veilige parkering en skoonmaakdienste. Die perseel is ook geskik vir enige klein funksies, hetsy dit werksfunksies of verjaarsdae is. Innes Linder, eienaar van Ottilia’s Wine Bar & Deli het eerste in die besigheidsperseel ingetrek en op 1 November sy deure oopgemaak. Salon Trendsetters wat van perseel verskuif het, het op 15 November in-

getrek. Die De Stalle-selfsorgeenhede is reeds oop en die kitswassery het is sedert 16 Januarie aan die was. Die paaie in en om die omgewing van Moorreesburg is binne die afgelope twee jaar opgeknap. Die N7-snelweg is ook tans besig met opgradering wat 'n besoek aan die dorp net nog meer toeganklik maak. Moorreesburg, wat sentraal in die Swartland geleë is, het tot nou toe oor geen selfsorgeenhede beskik nie, behalwe vir 'n paar pragtige gastehuise en die hotel. Vir die eienaar Irma de Jager, het dit dus sin gemaak om die verblyf met sy kamers in selfsorg-eenhede te omskep. Sy hoop dat dié plattelandse dorp 'n toeriste attraksie sal word wat die hele Swartland sal kan bedien. Die perseel was vir die afgelope 30


NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

op Moorreesburg tot 50 jaar vir baie inwoners 'n tuiste. Die gebou is egter oor die jare verwaarloos. De Jager het al vir jare gedroom om dit weer mooi te maak en nuwe lewe te gee. Sy het in 2014 met die eienaar begin onderhandel en in Mei 2016 is die koopkontrak deurgehak. Die gebou en perseel het meer uitdagings ingehou as wat aanvanklik gedink is. Met die hersoneringsproses, het haar paaie met die stads- en streeksbeplanning by Swartland Munisipaliteit gekruis. Die uitdagings is met behulp van die kennis en raad van Planscape (sonering) en Anton De Klerk (bou- en perseelplanne), aangepak. Die sonering is Maart 2016 goedgekeur. Die planne is ingedien en die finale goedkeuring was drie maande later in Junie ontvang. "Dit was ‘n uitdaging op sy eie aangesien die perseel riool- en kragprobleme gehad het wat herstel moes word voor die konstruksie werk kon plaasvind," voeg sy by. Konstruksie het in Augustus 2016 begin. Met 'n baie goeie span kontrakteurs wat elkeen professioneel op hulle gebied is, het die gebreek en gebou begin. Die riool en -kragprobleme is opgelos, die agt kamers is oorgedoen en die huis is in 'n praktiese besigheidsperseel omskep. Dit was 'n projek wat sy nou op haar eie sou kon aanpak nie en is sy dankbaar vir al die hulp en ondersteuning, asook samewerking wat sy van al die betrokke partye gekry het. Die okkupasie sertifikaat op 21 Desember 2016 ontvang.

7

Dagboek • Calender

‘n Spesiale dank gaan aan Faai De Jager en kinders, Louis, Bruwer en Dirk vir al hul kennis, ondersteuning en hulp. De Stalle-akkommodasie en besigheidskompleks is geleë in Langstraat 69 op Moorreesburg.

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Malmesbury Gemeenskapsonderwys Sentrum bied die volgende aan: Vlak 1: Vir mense wat graag wil leer en skryf. Vlak 2: Gelykstaande aan Graad 5. Vlak 3: Gelykstaande aan Graad 7. Vlak 4: Gelykstaande aan Graad 9, en gee toegang tot matriek (oorbruggingskursus). Registrasies by Mavos-kantoor vanaf 9 Januarie 2017 tussen: 09:00 en 15:00. (Bring afskrif van ID). Kontak 022 486 4541 met enige navrae. Wesbank Rugbyklub Algemene Jaarvergadering 18 Januarie: Die Wesbank Rugbyklub hou hul Algemene Jaarvergadering om 19:30 by die Wesbank Sekondêre Skoolsaal. Alle spelers en voornemende spelers word versoek om by te woon. Kontak André Adams by 083 797 2858 met navrae. Langsdiebos Mark 21 Januarie: Kom geniet heerlike mark vanaf 09:00 tot 13:00 met Langsdiebos Mark. Vir enige navrae kontak Marilizé Crafford by 072 052 6280 Die Dorings Rugbyklub 22 Januarie - U word hartlik uitgenooi na die Dorings Rugbyklub se algemene jaarvergadering by die Babbel en Krabbel Bewaarskool, Alfastraat om 15:00. Alle voormalige asook belangstellende spelers is welkom. Vir enige navrae kontak voorsitter, mnr Klaas Maarman by 076 208 9370 of sekr, Julie September by 073 072 8624 OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark/Castle Rugby 7's. R28 000 se pryse te wen. Never Despair 5 Februarie: Die Never Despair-rugbyklub besoek die Volle Evangeliekerk op Malmesbury waar

Dr Andrew Mesanie 'n diens aan die klub sal voorhou. Die diens begin om 10:00. Kontak Kaza Pieters by 076 690 6520 met navrae. VLV Piketberg 9 Februarie: Die VLV Piketberg se eerste vergadering van die jaar word op 9 Februarie om 09:00 vir 09:30 in die biblioteeksaal gehou. Die vergadering se tema is " Valentyn". Die spreker is Elzannne Richter van " All about Travel". Kontak Alida Walters vir meer inligting Piketberg Toerisme 11 Februarie: Kom geniet 'n lekker somermark by museumgronde vanaf 9:00 tot 14:00. Heerlike kontrei vrugte, water-aktiwiteite, tuisgebak, gratis waatlemoen skywe, handwerk stalletjies, gratis vermaak, historiese Piketberg staptoere en veel meer. AWF 17 Februarie: Die AWF hou 'n Valentyns piekniekdans by die Wesbank Gemeenskapsaal om 20:00. Die toegang is R50,00. 'n Goeie disko groep sal die aand ophelder. Eie piekniek-mandjie met eie xyz. Vir enige navrae kontak Wilma Myburgh by 063 350 5473 Malmesbury Sakekamer 21 Februarie: Die Malmesbury Sakekamer hou hulle eerste Ledevergadering om 18:30 vir 19:00 in die Malmesbury Stadsaal. Die spreker is Dawie Roodt (Efficient Group). Koste beloop R100 per persoon vir lede en R140 vir nie-lede. Vir enige navrae kontak Heléne Nel by 076 921 1163 of by info@sakekamer.co.za Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival. For further information: www.riebeekvalleyolivefestival.co.za Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 22 Januarie: Sondagoggenddiens om 09:30 met die prediker Past. Japie de Bruyn. Sondagaanddiens om 18:30 met die prediker Past Piet Smit Navrae: 073 447 2902 AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017.

Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend diens om 9:30 en Sondagaand diens om 17:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 22 Januarie om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.


8

NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

Matrieks van Dirkie Uys skitter in eksamen Die matrikulante van 2016 aan die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het die jaar met 'n 100%-slaagsyfer afgesluit. Altesaam 64 van die kandidate kan verdere hoër onderwys ontvang. Die A-kandidate is soos volg: Colene Brink 88,1%, Marlette Smit 86.1%, Stehan Visser 85,4%, Marige Carstens 83,9% en Gerrit Bester 81%. • In verlede week se uitgawe van dié courant het 'n tegniese fout ingesluip en is die verkeerde name by die foto's gevoeg. dié courant vra om verskoning vir enige ongerief.

Brink, Colleen

Smit, Marlette

Motorklub:

Visser, Stehan

Carsten, Marige

Bester, Gerrit

Die motorklub, Groep 1718 Samou Society, het oor die Kersseisoen 'n fondsinsamelingsprojek geloods en skooluniforms aan van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg se leerders geskenk. Volgens die voorsitter van die groep, Abri Adonis, beoog die groep om nog vele gemeenskapsprojekte aan te pak in 2017.


NUUS • NEWS

9

18 Januarie 2017

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Bestuurder: Regs- en Kredietbeheer Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V1/17 • Salarisskaal: R321 816 – R417 708 p.j. (T14)

Hoofklerk: Regsinvorderings Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V2/17 • Salarisskaal: R143 712 – R186 540 p.j. (T8)

Eerste Klerk: Registrasie en Lisensiëring

Dreun:

Die lede van die Swartland Oval Karting-klub het Saterdag weer die stof uit die aarde laat opstyg toe hulle in hul byeenkomste om die ovaalbaan gedreun het.

Balle rol reg vir Malmesbury Die afgelope Saterdag het die rolbal-liga afgeskop en Malmesbury se spanne vaar reeds baie goed. Die eerste span onder aanvoering van Roux Vermeulen, neem deel in die tweede liga van die WPvlag-kompetisie, en het weg teen ‘n span van Glen gaan speel. Glen is bekend vir hulle puik en vinnige bane, wat altyd ‘n uitdaging vir Malmesbury is, aangesien hulle baan nie so vinnig speel nie. Hulle wen 11, 5-3, 5, wat ‘n goeie begin is met ‘n weg-wedstryd. Die span van Terry Shimmin, Dave Walker, Pieter Willemse en Fred van Dongen wen hulle stelle 13-8 en 12-7. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Martin Louw en Matie van Heerden wen die eerste stel 12-10 en speel gelykop 9-9 in die tweede om ook hulle wedstryd te wen. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Kobus Marais en Stuart Halvorsen wen die eerste stel 10-5, maar buig die knie in die tweede met 6-14, om 16-19 te verloor. Dit was Stuart se eerste vlag-wedstryd en Kobus se eerste keer in die 1ste span. Tuis het die tweede span, wat in die vyfde liga meeding, met Gert Adams as kaptein,vir Rondebosch 9-2 geklop. Dit is slegs die tweede wen vir hierdie span sedert die klub vanaf verlede jaar genoeg spelers het om ‘n tweede span in die veld te stoot. Gert Adams, Gielie van Niekerk, André Halvorsen en Carel Symington wen naelskraap 19-18. Hulle verloor die eerste stel 8-9, nadat hulle 2-9 agter was, maar wen die tweede stel 11-9 nadat hulle drie skote op die laaste skof optel. Conrad Dippenaar, Koos Muller, Louis Herman en Jack van der Westhuizen wen 21-7. Nadat hulle die eerste stel 10-11 verloor, pluk hulle ‘n haas uit die hoed en wen die tweede stel 11-6. Dit was ook Carel, Jack en Louis se debuut as Vlag spelers. Die damesspan van Christa Meyer, Nadene Scherman, Wilma Ravens en Marie Brand

speel ook tuis in die Muter kompetisie teen Pinelands en verloor 20-23. Die eerste stel verloor hulle 8-15, maar wen die 2de stel gemaklik 12-8. Eerskomende Saterdag speel die 1ste span tuis teen Bellville, die tweedes reis na Sunningdale, en die dames het ‘n loslootjie. Die klub se ledetal is tans 33, met CJ Symington as 11 jarige die jongste lid, 70 jaar jonger as die oudste lid. Belangstellende lede kan vir Roux Vermeulen kontak by 0224821228/0834789616, of Altus Myburgh op 0224823560/0766674305.

Malmesbury Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V3/17 • Salarisskaal: R127 668 – R165 672 p.j. (T7)

Wetstoepassings-/Verkeersbeampte (Dorpsbestuurder) Yzerfontein Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V4/17 • Salarisskaal: R215 040 – R279 132 p.j. (T11)

Senior Voorman: Strate en Stormwater Moorreesburg Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V5/17 • Salarisskaal: R182 172 – R236 436 p.j. (T10)

Messelaar Darling Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V6/17 • Salarisskaal: R161 784 – R210 000 p.j. (T9)

Proseskontroleur: Klas III Darling Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V7/17 • Salarisskaal: R127 668 – R165 672 p.j. (T7) Sluitingsdatum: 27 Januarie 2017 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

129530


10

NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

Gala:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se leerders het gister in die skroeiende hitte lafenis in die swembad te koue water gevind met die skool se interkleure-swemgala.

Waak teen brande Die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging (GCBBV) het die afgelope vuur seisoen wat reeds in November 2016 begin het saam met die Weskus Brandweer Dienste bystand verleen aan verskeie grondeienaars wat slagoffers was van verwoestende veldbrande. Van die brande het ontstaan by wonings van plaaswerkers, foutiewe infrastruktuur en toerusting asook die brand van stortingsterreine. Van die brande het groot skade aangerig aan oeste en infrastruktuur terwyl duisende hektare Fynbos ook reeds gebrand het. Die GCBBV wil grondeienaars vra om hul personeel aan te moedig om meer bedag te wees vir die ontstaan van weghol veldbrande. Verder is dit onwettig om stortingsterreine te brand en om beheerde brande uit te voer gedurende die warm somermaande. Grondeienaars word verder versoek om gehoor te gee aan die Brandgevaar Indeks en moet

hulle, hulle werksaamhede daarvolgens aanpas. ʼn Baie belangrike aspek wat ons almal dikwels nalaat is om nie toegangspaaie voldoende oop te hou nie – indien die toegangspaaie oorgroei is kan noodvoertuie nie die brande bestry nie en kan dit veroorsaak dat geboue en huise afbrand. Verder word grondeienaars versoek om hulle brandbestrydingstoerusting ten alle tye operasioneel te hou. Indien ‘n brand ontstaan moet die plaaslike noodnommers dadelik geskakel word en die Brandweer ingelig word. BRANDWEER NOODNOMMERS: WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT: 022 433 8700 KAAPSE WYNLAND DISTRIKSMUNISIPALITEIT: 021 887 4446 NAMAKWA DISTRIKSMUNISIPALITEIT: 027 341 8132


NUUS • NEWS TE HUUR TO LET SAKEPERSEEL te huur. Baie sentraal in Voortrekkerstraat oorkant Spar. 110m² Onmiddellik beskikbaar. Kontak 083 357 4446 #3328 -------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

NELLIE HOWBURGH - Aan 'n wonderlike moeder - Geluk met u 70ste verjaardag en mag daar nog vele wees - U kinders en kleinkinders #3358 -----------------------------

HENRY CAROLUS - Baie geluk met jou 50ste verjaardag. Hoop jy geniet die dag. Jou vrou - Josline #3359 ----Daddie baie geluk met u verjaarsdag. Hoop Pa geniet die dag. Kinders Miché, Ho-Hein, Anell en Micha #3360 -----------------------------

JOSLIN & HENRY CAROLUS - 28 jaar huweliksherdenking. Dankie Here dat ons oë op U gevestig is. Hennie, ek is lief vir jou - Joslin #3361 -----------------------------

RAAI WIE IS 50 op 22 Januarie - Baie geluk met die mylpaal. Alle seëninge vorentoe Marochelle, Mikayla, Steven en Davids gesin #3362 -----------------------------

RAAI WIE WORD 6 - 23 Januarie 2017. Baie geluk seun. Hoop jy word bederf. Baie lief vir jou - Ma, Pa en Boeta #3363 ---------------------------------

JOSEPH KAROLUS Baie geluk met jou verjaarsdag my man. Mag jy 'n lekker dag het vandag. Van: jou vroulief en kinders #3364 -----------------------------

Geluk Ousus met jou 40ste verjaarsdag. God se rykste seëninge op jou spesiale dag Tiesa, Vernon, Emile, Herschelle en Lee-Anco #3365 -----------------------------

QEEDAH ARENDSE - 2 op 9 Januarie. Baie slamat met jou verjaardag. Mag Allah jou nog vele jare spaar. Lief jou - Mami en Daddy #3366 ----Mag Allah jou nog vele jare deurdra ons eie Noenoe Lief vir jou. Van: Antie Mariehet, Cairah & Mel-Amber #3367 -----------------------------

CAIRAH ARENDSE - 3 op 18 Januarie. Ons Poen-Poen is uitgespaar en ons is dankbaar. Lief jou - Mami, Daddy & Mel-Amber #3368 ----Baie geluk ons Dorakind. Genade het jou gedra. Van Antie Martha #3369 ----Ons sê dankie Here u beskerming hand oor jou lewe. Geniet die dag ten volle - Arendse & Petersen familie #3370 -----------------------------

ASHLYN CUPIDO - Baie geluk met jou 19de verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën. Geniet jou dag. Liefde - Mammie, Tammy & Guns #3371 -----------------------------

JOEDEN DAMONSE 13 Januarie. Hemelse Vader, dankie vir ses jaar. Hy is waarlik 'n wonderwerk. Van: Ouma Fien, kinders, niggies en nefies #3372 -----------------------------

11

18 Januarie 2017 DOPPIES EN MORNE COETZEE - 13 Januarie. Baie geluk met julle verjaarsdae. Met goedheid en guns sal die Here julle seën - Tannie Fien (buurvrou) #3373 -----------------------------

CRAIG-JUNIOR, NAYRON VAN DER WESTHUIZEN - Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. God se rykste seën - Jou ma, ouma, oupa en liefste ouma grootjie Charlotte #3374 -----------------------------

LIAM ARENDSE - Baie geluk met jou tiende verjaarsdag. God se rykste seën. Van: Mamma en boeta Anzlin #3375 -----------------------------

WILMARIE - Baie geluk met jou sewende verjaardag op 20 Januarie. Ma is baie lief vir jou - Mammie, Oupa en Poenie #3376 -----------------------------

SAKKIE BASSON -- Daddy 'n voorreg om op 18 Januarie geluk te sê met 83 jaar. God se rykste seën. Liefde - Florencia & Steven #3377 -----Oupa Sakkie, baie geluk. Mag daar nog vele wees met goeie gesondheid Edwin, Aldean en kinders #3378 ----Mag u nog vele jare omvou word deur die genade van die Here. Liefde - Loren, Mellnecia & kinders #3379 ----Oupa, baie geluk met verjaarsdag. Liefde Charmaine en kinders #3380 -----------------------------

EUGENE JUNIOR MARKUS - Veels geluk met jou verjaardag op 18 Januarie. Mag jy jou dag geniet en geseënde jaar - Ouma en Oupa Riebeek wes #3381 -----------------------------

KEISHA MARKUS. Baie geluk met jou verjaarsdag 14de Januarie.Mag jy 'n geseënde jaar hê- Ouma en Oupa van RiebeekWes #3382 ---------------------------

JUWANO ERASMUS - Baie geluk met jou 19de verjaardag op 17 Januarie. Bly by die voete van die Here - Antie Yvonne en huisgesin #3383 -----------------------------

DEBBIE - Geluk met jou verjaardag op 19 Januarie. Mag dit 'n mooi en gelukkige dag wees - Liefde : Jou ma, Norton en Kayla #3384 -----------------------------

JAYLA op 21 Januarie 2017 is jy agt jaar oud. Jy is my blom , sonskyn en engelkind. Dank God vir jou - Liefde - Mammie #3385 ----Lekker verjaar Jayla Klompie liefde - Van al jou Noel Familie #3386 -----------------------------

ZANDRE MAARMAN - Op 22 Januarie - 17 - Geluk ons liefste seun. Mag God jou ryklik seën - Ma, Pa, Graham, Nicole, Xavier en Barbie #3387 -----Baie geluk met u verjaarsdag op 22 Januarie. 'n Geseënde lewensjaar. Liefde Ouma, Oupa Jan, Nico en Kawer #3388 -----------------------------

KYK WIE WORD VYF - Mag jy 'n geseënde dag hê. Mammie en Pa is baie lief vir jou - Bramwill & Keanan Joubert #3389 -----Baie geluk Ouma se blompot. Jy is ons sonstraal. Ouma is baie lief vir jou - Ouma Kana en Majiet familie in Retreat #3390 ------

Baie geluk Ouma se engel. Jy is my blompot vol liefde. Trots op jou Ouma San, Keanan, Brain & uncle Kevin #3391 -----Baie geluk Antie se kind. Jy moet lekker verjaar. Baie lief vir jou- Van Tannie Janine, Mishka, Niesie en uncle Jonathan #3392 ---------------------------------

May your troubles be less, your blessings be more, and nothing but happiness. Happy birthday - Mom, Dad, Luchiano & Tiahana #3393 ------Happy birthday to you hope you enjoy your day with your family and friends. God bless - Michile, Amanda and baby Lucian #3394 -----------------------------

Happy Birthday to my brother JEROME. Read Psalm 23 and keep God's hand. From your sister, Deon & Luchiano #3395 ----Happy Birthday my son Jerome. God bless. From your Mom #3396 --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM MARTHA LINKS - 16 Januarie. Mammie se tweede verjaardag in die hemel. Die gemis is groot - Jou man Jan, Thelma, Shanaaz & Trishaan #3397 ---------------------------------

KALONA NOEL - 21 Januarie 2017 is dit twee jaar. Die verlange is nog groot, en die hartseer sit nog vars. Jy was 'n juweel - Kinders, kleinkinders en agter kleinkinders #3398 -----------------------------

BEATRICE CRONJE Begrafnis Saterdag 21 Januarie 2017 om 14:00 te Aandskemering Outehuis Malmesbury. --------------------------------EVA LOUW - 20 Januarie, Mamma se eerste verjaarsdag weg van ons. Mis Ma verskriklik. Van: Kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #3399 -----------------------------

DEBBIE PIETERSEN- 15 Januarie was dit een jaar van ons geskei. Gemis is groot. Word in ons harte gekoester - Tietie en kleinkinders #3400 ---------------------------------

Hiermee wil die breë familie van wyle ELIZABETH ARENDSE elkeen bedank vir hulle bystand, boodskappe en handdrukke. Dit word opreg waardeer. ---------------------------------

JOHN FORTUIN - Op 16 Januarie sou jou 53ste verjaarsdag gewees het. Ons mis jou nog steeds Jou vrou, Lena en Familie #3401 ---------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

WHITE CECELIA MAUD Gebore: 06.10.1944 Oorlede: 10.01.2017 Troosdiens, Woensdag 18 Januarie om 19:00 by Anglikaanse Kerk. Begrafnis - Saterdag, 21 Januarie 2017 om 08h30 vir besigtiging en 09h00 diens by die Anglikaanse Kerk (Malmesbury) #3402

LUWELLEN ANTONY BEUKES - Oorlede : 16 Januarie 2017 BEGRAFNISDIENS: Saterdag, 21 Januarie om 8:30 tot 9:00 by Disastraat 12 en om 10:00 by Ou Apostoliese Kerk, Malmesbury #3403 -------Skielik heengegaan. Sal jou altyd onthou soos jy was - Liefdevol en saggeaard - Jou Ma Burna en oom Piet #3404 ------Wellen, sal jou altyd onthou vir jou glimlag en vriendelikheid. Van: Helena (Myre), Lienkie, Wina en Jay-Vandre #3405 ---------------------------------

BEATRICE CRONJE Ons neem afskeid. Mamma was die hart van ons huis. Koester die herinneringe. Rus sag by Pappa. Liefde Shawn, Hannelie, Corrie & Leon ----Tannie Beatrice tannie het vir my soveel beteken in my lewe. Rus sag in Jesus se arms. Baie Liefde Karin ----Beatrice my vriendin jare bure gewees. Gaan jou mis. Jy is nou veilig in Jesus se arms. Baie liefde Manda Smit


courant

NUUS • NEWS

18 Januarie 2017

dié

12

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

18 Januarie 2017

Sportuitslae Sports results GHOLF

Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner : 11 Januarie : Enkel Stableford- Nic Goosen 20; Freek Stander 20; Lindsay Meyer 18; Gerhard Bester 18, Appie van der Merwe 18; Gey Kriek 18 Vrydag, 13 Januarie : Enkel Stableford- George

Rugby:

Never Despairrugbyklub op Malmesbury het Vrydag hul jaarlikse sewestoernooi op Malmesbury gehou. Daar was volop aksie met hardlooprugby wat goeie vooruitsigte vir die komende rugbyseisoen beklemtoon. Die spelers het mekaar ook behoorlik vasgevat. Die wenners van die dag was die Black Roses met Lee-Donovan April as die speler van die toernooi. Links bring Ashline Erentze vir Verdien Daniels grond toe in 'n duikslag. Foto's: David Howburgh

Prinsloo 22; Jacobus Snyders 21; Roy Wynton 20; Neels Welman 18 Saterdag, 14 Januarie : Enkel-stablefordSakkie Klasen 44; Andre Ackerman 44; Josef de Beer 40; Hercules Viljoen 39; Roscoe Liedeman 39; Kobus Smit 39; Nic Goosen 39 Malmesbury (72)

Afrigting: Die Hoërskool Swartland

op Malmesbury het Saterdag vir die 21ste jaar 'n suksesvolle atletiekafrigtingskliniek aangebied. Vanjaar het kenners soos Hezekiel Sepeng, 'n Olimpiese 800m-atleet, hand bygesit met die afrigting.

•WESBANK RVK MAAK REG VIR KRAGMETINGS

10de Sewes om die draai

Die Wesbank Rugbyklub op Malmesbury bied vanjaar vir die tiende keer hul suksesvolle OK Minimark Castle sewes-toernooi hier aan. ‘n Makro-getal van 36 klubs sal weer vanjaar aan die toernooi deelneem vanaf Vrydag 27 tot Saterdag 28 Januarie op die Wesbank Sportgronde. Dit sal die 10de jaar wees wat hierdie toernooi plaasvind en daar gaan ook ‘n OK Minimark "dreamteam" saamgestel word uit al die deelnemende klubs vir deelname aan ‘n toernooi saam met die WP-akademie, SA-akademie en Duitsland se nasionale sewespan. Dié toernooi word by Hamiltons in Kaapstad gehou. By die media-bekendstelling gisteraand van die Wesbank Sewestoernooi wat volgende naweek gespeel word, is die spanne en hul kapteine bekendgestel.

Enkel-stableford : S Klasen 44, A Ackerman 44, J de Beer 40, H Viljoen 39, R Liedeman 39, K Smit 39, N Goosen 38 Moorreesburg (72) Enkel-syferplus : E van Niekerk +7, M Wiese +6, B Smit +1, M Carr gelyk, A Smit gelyk, J Nieuwoudt-1, J Joubert-2 Darling (72) Enkel-stableford : A Kirsten 40, J Engelbrecht 39, L Husselman 37, J Duckitt 37, J Koeg 36, G Duckitt 35, L Matthysen 35 Porterville (70) Houespel : A Stuurman 64, M van der Merwe 65, P Otto 66, K Ockhuis 67, R van der Merwe 68

KRIEKET Maties 145/6 (Justin Dill 58*, Tyler Smith 29; Devon Smith 3/17). Malmesbury 108 (BranBy gisteraand se mediabekendstelling was Hennie Lategan, Edwaan Howburg, JAR Malan, Ian Adams, Denver Erasmus en Percy Williams.

don Clover 3/21). Maties wen met 37 lopies.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swartberg 18 jan 2017 403 by DieCourant - Issuu