Die courant swartberg 18 jan 2017 403

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

18 Januarie 2017

47.7%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 403

18 Januarie 2017

Swemmers trap water

Die leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het gister in die swembad lafenis gesoek teen die bloedige son in vanjaar se interkleure-swemgala. Chelsey Gräbe gly hier deur die water op pad na die eindstreep.

•KLASKAMERS BAIE VOL - KRINGBESTUURDER

Skool-getalle styg Die skoolinskrywings van voornemende graad 1 en graad 8-leerders in die streek het vanjaar seepglad verloop. Volgens Johannes Mouton, die onderwysdepartement se kringbestuurder in die Swartland, is die skole baie vol, maar sê dat alle leerders wat reeds verlede jaar by ‘n skool ingeskryf het, vanjaar geakkommodeer is. “Leerders wat verlede jaar, soos deur die onderwysdepartement vereis word, ingeskryf is, het almal plek in ‘n skool gekry,” voeg hy by. Volgens die Weskus se onderwysdistrikskantoor, was daar teen verlede week Donderdag slegs een graad 1-leerder en drie graad 8-leerders wat nie in ‘n skool in die Swartland geplaas kon word nie. “Dit sluit aansoeke van leerders in wat óf onlangs getrek het óf weens maatskaplike redes eers vanjaar ingeskryf het. "Ons as streek is vanjaar baie gelukkig dat elke inskrywing wat verlede jaar ontvang is, plek

in die skool gekry het waarvoor aansoek gedoen is,” sê Mouton. Tommy Loriston van die distrikskantoor, het Maandag aan die courant gesê, daar word steeds nuwe skoolinskrywings ontvang. Volgens Loriston is die ouers wie se kinders nog nie geplaas is nie, verwittig van moontlike alternatiewe vir hul kinders en skakel die betrokke kringbestuurder voortdurend met die onderskeie skoolhoofde. Dit sluit ook nie leerders in wat tans by ‘n skool geplaas is, maar wat uit hul eie keuse na ‘n ander skool wou gaan, in nie. Kallie Rautenbach, hoof van die Laerskool Swartland op Malmesbury, het bevestig dat hoewel skoolinskrywings afgehandel is, graad 1-klaskamers uit hul nate bars. “Ons het vanjaar gesukkel om almal te akkommodeer en klaskamers is by hulle volle kapasiteit." Skoolhoof Janine Adonis van Liebenberg Pri-

mêr op Malmesbury sê elke graad 1-leerder wat by dié skool ingeskryf het, is geakkommodeer. Sy voeg by dat klaskamers stampvol is en dat daar nie plek vir ‘n muis is nie. Hoewel alle nuwe inskrywings van OJ Erasmus Primêr op Kalbaskraal sonder haakplekke verloop het, het dit behoorlike beplanning geverg om ook die leerders van ander grade te akkommodeer. Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het ook bevestig dat hulle gesukkel het om al die leerders te huisves. Die moontlikheid om addisionele poste waar nodig, te ondersoek, word oorweeg mits die spesifieke skool se infrastruktuur dit toelaat, voeg Loriston by. Volgens departementele voorskrifte moet alle skole hul nuwe inskrywings asook die indeling van leerders per klas en per vak teen die tiende skooldag rapporteer en sal die finale syfers dan vasgelê word

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.