Die courant swartberg 16 nov 2016 396

Page 1

c urant

Gratis • Free

68.7%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

16 November 2016

Uitgawe 396

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Supermaan:

Met Maandag se supermaan het die see 'n lewe van sy eie op Yzerfontein aangeneem en deinings van tot drie meter op die strand laat uitwoed. Dié stormagtige en skuimende foto is naby Antlantic Drive in die Pearl Bayomgewing geneem. Op Malmesbury het die supermaan ook groot belangstelling gelok met menige fotograwe wat probeer het om die hoek en lig net reg vas te vang. Hier hang die maan bo die Dieprivierbrug.

•SÓ BEÏNVLOED DIÉ MAAN ONS - WEERPROFEET

‘Selfs boorgate styg’ Mense onderskat dikwels die krag van die maan. Só gesels prof. Peet Pienaar, bekend vir sy langtermyn-weervoorspellings oor die weer. dié courant het met hom gesels na aanleiding van vandeesweek se uitsonderlike supermaan. Die afgelope volmaan van 14 November is, volgens die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag (SAAO), die naaste wat ‘n volmaan sedert 26 Januarie 1948 aan die aarde beweeg het. Die volgende keer wat ‘n volmaan nóg nader aan die Aarde sal beweeg, is op 25 November 2034. Pienaar sê: “Daar is gevind dat wanneer die volmaan die naaste aan die aarde is en in dié geval die supermaan, dit reën, deinings baie hoog is en die wind sterker waai.” Hy het onlangs ‘n ligte reënbui vir tussen 14 en 16 November vir die winterreënvalstreek voorspel. Dit bui het wel die Swartland vrygespring, maar het effense lafenis vir die suidelike voorstede gebring. Volgens hom sal boere oplet dat boorgate se vlakke lig en fonteine met ‘n volmaan sterker vloei. Hy sê ‘n volmaan gaan ook gewoonlik gepaard met oorstromings en aardbewings. Volgens hom het die supermaan beslis ook ‘n invloed gehad op die afgelope aardbewings in Italië en Nieu-Seeland, wat hom glad nie verbaas het nie. Pienaar sê hy het ‘n gevoel dat die suidooster binnekort gaan draai in ‘n noordweste wind, wat reën binne die volgende week of twee na die Wes-Kaap sal bring.

(Daar word volgens die Suid-Afrikaanse weerkantoor wel reën vir 22 November voorspel.) Gail Linnow van die Suid-Afrikaanse weerdiens sê November is ook bekend as ‘n winderige maand in die Wes-Kaap. Sy voeg by dat weerstelsels baie meer intens saam met die volmaan of nuwemaan is. Pienaar verklap ‘n toets om te bepaal of daar reën of wind kom. “Plaas ‘n glas water langs jou bed. Indien daar die volgende dag klein borrels is, gaan die wind moontlik sterk waai. As daar groter borrels is, beteken dit moontlik reën is op pad.” Hy sê verder dat jy vroegoggend nat kolle op die plaas of selfs in jou tuin sal sien. “Dit is die volmaan wat vog van onder die grond uit trek. Die ou mense het altyd gesê jy moet saai wanneer dit volmaan is en hulle was reg. "Die invloed wat die maan op die mens het, is net so groot," sê Pienaar. “Die maan het ‘n sterk invloed op die mens se emosies. Wanneer dit volmaan is, ontstaan ‘n laer druk. Jy sal baie hoor van mense wat onrustig slaap tydens volmaan. Dit is omdat hul bloed sterker vloei weens die laer druk wat die volmaan veroorsaak. Ouer mense se knieë en skouers sal ook nou baie pyn. Dit is as gevolg van die druk wat suurstof uit die kraakbeen suig en baie pyn veroorsaak.” Die Nasionale Seereddingsinstituut se stasie 34 op Yzerfontein het by navraag aan dié courant bevestig dat deinings van twee meter en hoër,

sterk winde en rowwe seetoestande die super-maan voorafgegaan het. Geen bote is Sondag op die see toegelaat nie en ontstuimige seetoestande is Maandag aangetref. Pienaar se voorspelling vir die winterreënvalstreek, sluit bewolkte toestande vir 1 Desember met reën en hoë deinings tussen 14 en 16 Desember in. Hy voorspel ook soos volg vir 2017: - Ligte reën, hoë deinings, ontstuimige seetoestande en ‘n sterk suidoostewind word vir 10 Januarie 2017 verwag. - Op 4 Februarie kom ‘n sterk suidooster en die 11de baie buie. Op 12 Maart kan dit bewolk wees, asook winderig op die 28ste. In April kom ligte reën vir die 10de, met bewolkte weer op die 11de en ligte reën vir die 26ste. - Op 25 Mei begin die reëntyd in die Wes-Kaap. Op 9 en 24 Junie, voorspel hy ‘n kouefront, reën, sneeu en wind. Op 9 Julie kan reën, sneeu en wind verwag word met reën en sneeu op die 23ste. - Sien uit na reën en sneeu op 7 Augustus en reën op die 15de. Koue en reën word vir die 21ste voorspel. Daar is reën en wind vir 13 September op die spyskaart met bewolkte, winderige en reëntoestande vir 13 Oktober. Op 4 November kan dit bewolk wees met reën wat op 3 Desember 2017 verwag word. • Só het die term: "met die maan gepla", nou splinternuwe betekenis gekry.

NUUS • NEWS

16 November 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant swartberg 16 nov 2016 396 by DieCourant - Issuu