c urant
Gratis • Free
68.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
16 November 2016
Uitgawe 396
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Supermaan:
Met Maandag se supermaan het die see 'n lewe van sy eie op Yzerfontein aangeneem en deinings van tot drie meter op die strand laat uitwoed. Dié stormagtige en skuimende foto is naby Antlantic Drive in die Pearl Bayomgewing geneem. Op Malmesbury het die supermaan ook groot belangstelling gelok met menige fotograwe wat probeer het om die hoek en lig net reg vas te vang. Hier hang die maan bo die Dieprivierbrug.
•SÓ BEÏNVLOED DIÉ MAAN ONS - WEERPROFEET
‘Selfs boorgate styg’ Mense onderskat dikwels die krag van die maan. Só gesels prof. Peet Pienaar, bekend vir sy langtermyn-weervoorspellings oor die weer. dié courant het met hom gesels na aanleiding van vandeesweek se uitsonderlike supermaan. Die afgelope volmaan van 14 November is, volgens die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag (SAAO), die naaste wat ‘n volmaan sedert 26 Januarie 1948 aan die aarde beweeg het. Die volgende keer wat ‘n volmaan nóg nader aan die Aarde sal beweeg, is op 25 November 2034. Pienaar sê: “Daar is gevind dat wanneer die volmaan die naaste aan die aarde is en in dié geval die supermaan, dit reën, deinings baie hoog is en die wind sterker waai.” Hy het onlangs ‘n ligte reënbui vir tussen 14 en 16 November vir die winterreënvalstreek voorspel. Dit bui het wel die Swartland vrygespring, maar het effense lafenis vir die suidelike voorstede gebring. Volgens hom sal boere oplet dat boorgate se vlakke lig en fonteine met ‘n volmaan sterker vloei. Hy sê ‘n volmaan gaan ook gewoonlik gepaard met oorstromings en aardbewings. Volgens hom het die supermaan beslis ook ‘n invloed gehad op die afgelope aardbewings in Italië en Nieu-Seeland, wat hom glad nie verbaas het nie. Pienaar sê hy het ‘n gevoel dat die suidooster binnekort gaan draai in ‘n noordweste wind, wat reën binne die volgende week of twee na die Wes-Kaap sal bring.
(Daar word volgens die Suid-Afrikaanse weerkantoor wel reën vir 22 November voorspel.) Gail Linnow van die Suid-Afrikaanse weerdiens sê November is ook bekend as ‘n winderige maand in die Wes-Kaap. Sy voeg by dat weerstelsels baie meer intens saam met die volmaan of nuwemaan is. Pienaar verklap ‘n toets om te bepaal of daar reën of wind kom. “Plaas ‘n glas water langs jou bed. Indien daar die volgende dag klein borrels is, gaan die wind moontlik sterk waai. As daar groter borrels is, beteken dit moontlik reën is op pad.” Hy sê verder dat jy vroegoggend nat kolle op die plaas of selfs in jou tuin sal sien. “Dit is die volmaan wat vog van onder die grond uit trek. Die ou mense het altyd gesê jy moet saai wanneer dit volmaan is en hulle was reg. "Die invloed wat die maan op die mens het, is net so groot," sê Pienaar. “Die maan het ‘n sterk invloed op die mens se emosies. Wanneer dit volmaan is, ontstaan ‘n laer druk. Jy sal baie hoor van mense wat onrustig slaap tydens volmaan. Dit is omdat hul bloed sterker vloei weens die laer druk wat die volmaan veroorsaak. Ouer mense se knieë en skouers sal ook nou baie pyn. Dit is as gevolg van die druk wat suurstof uit die kraakbeen suig en baie pyn veroorsaak.” Die Nasionale Seereddingsinstituut se stasie 34 op Yzerfontein het by navraag aan dié courant bevestig dat deinings van twee meter en hoër,
sterk winde en rowwe seetoestande die super-maan voorafgegaan het. Geen bote is Sondag op die see toegelaat nie en ontstuimige seetoestande is Maandag aangetref. Pienaar se voorspelling vir die winterreënvalstreek, sluit bewolkte toestande vir 1 Desember met reën en hoë deinings tussen 14 en 16 Desember in. Hy voorspel ook soos volg vir 2017: - Ligte reën, hoë deinings, ontstuimige seetoestande en ‘n sterk suidoostewind word vir 10 Januarie 2017 verwag. - Op 4 Februarie kom ‘n sterk suidooster en die 11de baie buie. Op 12 Maart kan dit bewolk wees, asook winderig op die 28ste. In April kom ligte reën vir die 10de, met bewolkte weer op die 11de en ligte reën vir die 26ste. - Op 25 Mei begin die reëntyd in die Wes-Kaap. Op 9 en 24 Junie, voorspel hy ‘n kouefront, reën, sneeu en wind. Op 9 Julie kan reën, sneeu en wind verwag word met reën en sneeu op die 23ste. - Sien uit na reën en sneeu op 7 Augustus en reën op die 15de. Koue en reën word vir die 21ste voorspel. Daar is reën en wind vir 13 September op die spyskaart met bewolkte, winderige en reëntoestande vir 13 Oktober. Op 4 November kan dit bewolk wees met reën wat op 3 Desember 2017 verwag word. • Só het die term: "met die maan gepla", nou splinternuwe betekenis gekry.
NUUS • NEWS
16 November 2016
NUUS • NEWS
2
16 November 2016
•MENTOOR SLAAN NUWE BLAADJIE OM
Besemman vee voor eie deur
‘n Interessante waentjie vol rietbesems, versier met ‘n waaier, ‘n Vrystaatse nommerplaat, ’n karspeëltjie en iets wat lyk soos ‘n ‘hoola hoop’ wat dien as ‘n voorruit, is deesdae ‘n bekende gesig op die hoek van Fordstraat en Voortrekkerweg op Malmesbury. Dié waentjie is daagliks getrou op sy pos, danksy die entrepreneur daaragter, Jan Mentoor (54). Mentoor sê hy is ‘n pensioentrekker, maar wil nie nou al stil sit nie, vertel hy. “Dit is dan wanneer al die jare se stampe en stote na vore kom.” Hy vryf oor sy tatoeëermerk op sy neus en vertel hoe hy in 1984 besluit het om van Moorreesburg na Malmesbury te verhuis. “Ek was nog nooit weer terug nie.” Hy het besluit om sy hart vir die Here te gee en die uitdagings agter te laat. Mentoor het on-
Jan Mentoor neem groot trots in sy handewerk. geag sy pa se pleidooie op 14-jarige ouderdom by bendes betrokke geraak. Tronke was vir hom niks vreemd nie. Mentoor wys na een van die letsels op sy skouer en vertel van hoe ‘n polisieman hom nog destyds met ‘n piksteel pak gegee het. Hy het die groot stap geneem om daardie lewe agter te laat kort nadat sy pa oorlede is. “Ek het besef ek sal nie sommer daarmee kan weg kom nie. Al my vriende was by bendes betrokke.” Hy het op Malmesbury werk gekry en daarna op drie verskillende plase in die omgewing gewerk en gewoon. Sy vrou Katriena, kom van Upington. Dit was volgens hom nie so maklik om haar ouers met al sy “chappies” op sy lyf te oortuig dat hy bekeer is en sy lewe omgedraai het nie. “Haar ma was veral moeilik.” Hulle het vandag vier kinders wat reeds uit die skool is. Mentoor stoot elke dag sy waentjie vol rietbesems vanaf Wesbank. Volgens hom is sy rietbesems besonders, omdat dit hou. “Tuiniers is baie lief vir my besems, want dit
draai nie in die rondte nie en val uit mekaar nie.” Hy gebruik veld-riet wat die beste vir besems is. Dit word saamgepers en met ‘n draad vasgemaak en geknoop. Daarna word die stok, wat hy sommer afsaag van bloekombome en afskuur en skerpmaak, binne die riete ingestamp. ‘n Spyker word ingekap om die besem net nog stewiger te maak. Daar is baie wat rietbesems maak, vertel hy. Dit skeel hom min, want hy weet sy besems is van goeie gehalte. Hy maak elke twee weke besems soos voorraad minder word. Hy kan laer af in die dorp staan waar daar meer voete is, maar dan moet hy ‘n permit hê. “Ek verkies dit ook om alleen te wees.” Sy besems word teen R40 ‘n besem verkoop. Soms kry hy draad wat rondlê, maar moet dit meestal aankoop, wat nogal duur is, vertel hy. “Mense kom so ver as Lutzville om my besems te koop en betaal soms meer as wat ek vra." Hy bank daagliks sy dag se inkomste. Mentoor sê hy is baie dankbaar vir die lekker lewe wat hy nou het. Hy is veral dankbaar om met sy hande te kan werk.
NUUS • NEWS
3
16 November 2016
• ONTVANG PRYS EERSDAAG IN MIAMI, VSA
Mullineaux ‘wêreld se beste wynmaker’
Die redakteurs van die Amerikaanse tydskrif, Wine Enthusiast, het 17 jaar gelede besluit om erkenning aan individue en ondernemings wat tot die sukses van die totale wynindustrie bydra, te gee. Sedertdien is die jaarlikse toekenningsprogram, die Wine Star Awards ‘n gesogte instelling in die wynbedryf. Kenmerke wat onder meer ‘n rol speel om as ‘n wenner gekroon te word, is energie, moed, deurslaggewende visie en besigheidsvernuf. Plaaslike wynmaker, Andrea Mullineaux het onlangs op die gebied ver bo die res van die genomineerdes uitgestyg, toe sy as dié tydskrif se Wynmaker van die Jaar gekroon is. Dit is die eerste keer dat ‘n Suid-Afrikaner met die toekenning wegstap. Sy is ook die derde vrouewynmaker wat die toekenning ontvang. Mullineaux het Maandag aan dié courant gesê sy is “super” opgewonde oor die toekenning. “Dit is baie goeie nuus vir die hele Mullineaux & Leeu Family Wines en hul wynhandelsmerk.” Sy sê egter dit is veral opwindende nuus, omdat Suid-Afrika se wyne en veral die Swartland as wynstreek die internasionale aandag kry wat hulle verdien. Die internasionale status van die toekenning beteken op sigself baie vir haar. Mullineaux verduidelik egter dat dit nie ‘n gewone wynkompetisie soos die Platters of die Veritas is waarvoor jy moet inskryf nie. Sy het glad nie die toekenning verwag nie en dit uit en uit na haar suksesse as wynmaker gewen. Die proebestuurder en seniorredakteur by die tydskrif, Lauren Buzzeo het haar vir die toekenning genomineer. Mullineaux is volgens die tydskrif genomineer, omdat sy omgee vir die wyne wat sy maak, die aandag wat sy daaraan wei en haar meestervolle vernuf om ‘n groot sukses van hul handelsmerk te maak. Sy het aan die courant gesê dit is belangrik om aandag op alle vlakke in
die industrie aan detail te gee. “Daar is baie klein dinge wat jy as wynmaker nie moet miskyk nie,” verduidelik sy. Mullineux is mede-eienaar en wynmaker van Mullineux & Leeu Family Wines met die handelsmerk Mullineux, gebaseer in die Swartland by Roundstone plaas in Riebeeksrivier. Sy en haar man Chris, het Mullineaux Family Wines in 2007 begin. ‘n Nuwe vennoot, Analjit Singh het in 2013 aanboord gekom, asook ‘n nuwe projek wat in Franschhoek by die Leeu Landsgoed gebaseer is. Hul nuwe Franschhoek gebaseerde handelsmerk sal voorlopig vroeg volgende jaar bekend gemaak word. Sy vertel dat dit addisioneel tot die Swartland se handelsmerk is.Mullineaux het in 2011 ‘n Kalifornië-gebaseerde handelsmerk, Fog Monster Wines begin en is ook lid van die eksklusiewe Kaapse Wynmakersgulde. Die wenners van 2016 sal hul toekenning gedurende Januarie volgende jaar in Miami ontvang.
NUUS • NEWS
courant
16 November 2016
dié
4
Die super-maan wink vir almal
'n Super-geleentheid het Maandagnag plaasgevind. So super dat die meeste van ons met die maan gepla was - op een of ander manier. Dit is indrukwekkend en selfs ongelooflik om na dié ster te kyk en te weet daar is al menslike spore hier getrap. Ons weet eintlik nog so min van die ruimte en die posisie waar ons onsself bevind. Ons is tog so klein hier op ons eie planeet waar ons eintlik maar soveel onreg aanvang. Verskille sal daar altyd tussen ons wees, maar dit is merkwaardig om te besef dat dieselfde maan oor ons almal skyn. Ons kyk op in die hemelruim na dieselfde maan en son, al is ons kilometers van mekaar verwyder. Dan besef jy weer hoe klein die wêreld eintlik is en hoe kwesbaar ons as mens is. Die getye is rof en deurmekaar, die weerpatrone word beïnvloed, die kraakbene in die knieë word sommer ook met die maan gepla. Vreemd en eienaardig hoe dinge saamwerk en 'n uitwerking op mekaar het. Ons wys vinger na mekaar, maar ons staan saam onder een maan en son. Een hemelruim. Dalk het dit tyd geword dat ons voor ons eie deur vee, soos Jan Mentoor gemaak het toe hy sy lewe verander het. 'n Besemkenner soos min, daar op die straathoek. So min weet ons eintlik van mekaar, tot ons die moeite doen om uit te vind wat in 'n ander se lewe aangaan. Ons wil ons tog so belangrik hou, maar ons is maar net stof wat soos niet voor die son verdwyn as ons tyd kom.
Evoo:
Die eerste Evoo-olyffees is die naweek in die Riebeekvallei gehou. Fynproewers kon smul aan die heerlike olywe wat die vallei bied en ook kursusse oor die kuns agter olywe bywoon.
Kersfees kom: Die geskenkwinkel Ambianté
in die De Bron-sentrum op Malmesbury, is weer prentjiemooi getooi in klassieke en stylvolle Kersversierings. Dié uitstalling is jaarliks 'n lus vir die oog en lok talle belangstellendes en nuuskieriges wat nie anders kan, as om met iets moois vir die huis of iemand spesiaal by die deur uit te stap nie.
•SUSSIE VIND NUWE TUISTE
It’s Good NewsQuest for gold “We have heard of many people who trusted God too little, but have you ever heard of anyone who trusted Him too much?” [J. Hudson Taylor, 19th Century Missionary] In Luke 11: Jesus “…was praying in a certain place … one of His disciples said to Him, ‘Lord, teach us to pray …So He said to them,”When you pray, say: Our Father in heaven, Hallowed be Your name.” Jesus gave us a model prayer that begins by reminding Christians of our relationship to God and to each other— “Our Father in heaven....” Followers of Christ should be praying people just like their Savior! If you are entrusting the welfare of your eternal souls to the safekeeping of Christ by placing your faith in Him … then you are a “child of God” and share a very personal relationship with the Living God and His family. Through faith we are ‘born again’ to new life by the regenerating work of the Holy Spirit. Paul wrote these encouraging truths: “For as many as are led by the Spirit of God, these are sons of God. For you did not receive the spirit of bondage again to fear, but you received the Spirit of adoption by whom we cry out, ‘Abba, Father.’ The Spirit Himself bears witness with our spirit that we are children of God, and if children, then heirs — heirs of God and joint heirs with Christ, if indeed we suffer with Him, that we may also be glorified together. For I consider that the sufferings of this present time are not worthy to be compared with the glory which shall be revealed in us.” The New Testament teaches us that: that to “Hallow” or respect His Name: Father … we are to love all our brothers … then we love one another, edify one another, have compassion on one another, be truthful to one another and serve one another. Remembering that God is our Father, then we should love one another as the family that we are!
Kat neem wesies aan
Sussie, ‘n ma-kat en haar enigste pikswart babakatjie is op 3 November by Malmesbury Dierehospitaal aangebring met die hoop om ‘n goeie huis vir dié babakat te vind. Vier dae later daag ‘n inwoner van Malmesbury met ‘n werpsel van vier by dieselfde dierehospitaal op. Ook met die hoop dat hulle die weeskatjies sal kan help. Die ma-kat is dood en is hulle na raming slegs ‘n week of twee oud gewees toe hulle daar aangekom het. Personeel by die dierehospitaal het nie geskroom om te help en die katjies in te neem nie. Hulle doen dit gereeld en graag. Aanvanklik sou die werpsel voeding met die hulp van ‘n bottel of spuit moes kry. Dit verg baie tyd en aandag, terwyl daar ander kliënte se troeteldiere is, wat ook aandag kort. Werpsels wat wees gelaat is, is al voorheen by wyfiekatte gesit wat ook by die veearts beland het. Daar is altyd die hoop dat die ma kat die weeskatte sal aanneem. Dit is egter nie altyd so suksesvol nie. MDH neem gereeld rondloper of verwaarloosde troeteldiere in en die verskynsel is vir die personeel niks vreemd nie, vertel Anel Marais, een van die personeel. Soos oudergewoonte, word die weeskatte by Sussie en haar baba neerge-
sit.
En daar neem sy hulle dadelik aan tot elkeen se verbasing. Volgens Marais, het dit nog nie gebeur nie. “Sussie het die katjies onmiddelik begin lek en aan haar laat drink. Sy raak tot besitlik.” Die personeel bly in verwondering oor hoe groot die eienaar, dr. John Liebenberg
en sy vrou Paula se hart is, wat altyd sal tyd en spasie maak vir troeteldiere wat liefde en aandag soek. Inwoners weet al waar om te gaan kyk, veral wanneer daar babakatjies gesoek word. Wel daar sal binnekort pragtige en vetgevoerde katjies wees wat beskikbaar sal wees.
NUUS • NEWS
5
16 November 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
GREAT PRICES FOR THE BEST ONE YET no name Fresh Chicken Breasts Bone in 3s
PnP Bulk Country Classic Boerewors
R
59
29
90
Per kg
Per kg
Clover Ultra Pasteurised Full Cream or Low Fat Milk 2 Litre Each
Flora Fat Spread Assorted 500g Tub
WAS R119.99
R
74
Per kg
PnP Fresh Whole Chicken
TM
R
PnP Bulk Tenderised Steak
R
39
Sasko Premium Slices White Bread 700g
WAS R11.99
90
R
Per kg
10
95
ething fshy Som
SAVE R10
R
22
90
BUY ANY 2 FOR
R
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
49
no nameTM Shredded Tuna in Salt Water 170g Each
Sea Harvest Oven Crisp Assorted 400g Each
R
R
9
90
32
90
STIKEEZ ARE RECYCLABLE
Visit www.picknpay.co.za for more details
Plus earn
BONUS STIKEEZ
when you buy selected products
SAVE R6.99
SAVE R9.09
Bokomo Weet-Bix 450g
House of Coffees Hug-in-a-Mug Hot Chocolate or Cappuccino Assorted 10s Each
R
FREE APP
19
90
R
39
90
SAVE R4.09
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
R
35
90
Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg
R
18
90
Equates to R39.93 for 2kg
SAVE R12.09
SAVE R23.09
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Ariel Auto Washing Powder Assorted 3kg or Capsules 21s Each
R
44
90
R
PnP Dishwash Liquid Assorted 750ml Each
59
R
16
90 R
WAS R254
R
214
WAS R349.99
Windhoek Draught Cans or Non-returnable Bottles 24 x 440ml Per Case
309
Johnnie Walker Black Label Blended Scotch Whisky 750ml 2 Glass Pack Per Pack
90
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Accounts NOW OPEN
PRICES VALID 17 - 20 NOVEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS875
MMWCHS875_WCape_38x264.indd 2
2016/11/11 12:16 PM
NUUS • NEWS
6
16 November 2016
Malmesbury Sakekamer Diensverskaffers 2016:
Klein besighede: In die afdeling vir klein besighede het Derma Health die kroon
gedra. Bo is Andre Strydom (@Wealth - finalis), Willa Strydom (Derma Health - wenner), Annika Bothma, Anthony de Kock (PG Glass - finalis) en Linda Cotter (Swartland Apteek - tweede). Die Herehuis Restaurant het die derde plek behaal.
Gemeenskapswerker: Hannie Steyn is Vrydagaand gedurende Malmesbury
Sakekamer se Galadinee, vereer vir haar toegewyde bydrae as verpleegster tot die gemeenskap. Steyn, wat nie die geleentheid kon bywoon nie, sê sy het nie eens geweet van die toekenning nie en voel oorweldig van dankbaarheid. “Om te verpleeg is maar my passie. Ek geniet my werk.” voeg sy by. Baie inwoners kan vandag getuig dat Steyn ‘n ware verpleër is wat omgee vir haar medemens en wíl versorg. Sy het vir 30 jaar as verpleër by Swartland Hospitaal gewerk en is vir die afgelope vier jaar die vriendelike suster wat pasiënte by Drs. Neethling, Beukes & Nel se spreekkamers bystaan. Inwoners sal haar ook by die Tuinstraat Gesondheidsentrum as primêre gesondheidsuster sien waar sy regstaan vir enigiemand. Die bestuur van die Malmesbury Sakekamer bedank die volgende ondersteuners: ABSA Agri Farms Western Cape Agrimark Malmesbury Basson & Louw Ineglyf Basson, MS Bester & Vennote BGR De Jager Boshoff Build It Malmesbury Chris Mullineux Complete Dental Conradie Besproeiing dié courant Die Herehuis Druiwetros Drankwinkel Echosat Eerste Nasionale Bank Engen/Wimpy ERC Holdings Halvorsen, Andre Henk's Vleismark JB'S Nissan Land Staal Lize Signs Malmesbury Kwekery Malmesbury Superspar Malnoplate Ocean Food Processors PG Glass Pick 'n Pay Malmesbury Pioneer Foods Prima Groep Promech Nico Loubser Raiël Rola Volkswagen RSA Makelaars Sabino Canyon Spur Spies-praktyk Old Mutual Supa Quick Swartland Finansiële Dienste Swartland Munisipaliteit Swartland Wynkelder Tyremart UNIREC
Staatswerker:
Die groep, The Banned, het die musiek verskaf en behoorlik die voete laat skoffel.
Julian Hoogbaard, senior administrasieklerk by Malmesbury Polisiestasie, is onlangs as die staatsdepartementele werker van die jaar aangewys. Hoogbaard, wat vir meeste bekend is as die plaaslike vuurwapenbeampte, voel baie geëerd. Sy het dit nie vir een oomblik verwag nie. Hoogbaard het, kort nadat sy haar toekenning ontvang het, besef dat dit ‘n besonderse voorreg is, omdat sy en haar rol wat sy in die gemeenskap verrig bo al die ander staatsdepartemente raakgesien is. Hoogbaard is in 2004 as die SAK aangestel. Sy het voorheen vir 12 jaar by Darling Romery as finansiële beampte gewerk waar sy die waarde van kliëntediens geleer het. Dít het sy saam na die staat geneem. Hoogbaard geniet wat sy doen. “Ek kan elke dag met mense werk, en dit is lekker, want elkeen is verskillend.”
NUUS • NEWS
7
16 November 2016
RSAM, Spies-praktyk en Derma Health kraai koning
Groot Besighede:
In die afdeling vir groot besighede het RSA Agri Makelaars met die louere weggestap. Bo is Delvean van Schoor (Malmesbury Superspar - derde), Marené Kemp (Swartland Wynkelder - tweede), Morné le Roux (Swartland Wynkelder - tweede), Philip Faure (RSA Agri Makelaars - wenner), Ericka Visser (RSA Agri Makelaars - wenner), Wessel Badenhorst (Pick n Pay Malmesbury - finalis), Wilhelm Makkink (Pick n Pay Malmesbury - finalis) en André Botes (Agrimark - finalis).
Medium Besighede: In dié afdeling het die Spies Praktyk Old Mutual die voor-
tou geneem. Bo is Chris Janse van Rensburg (Jack's Paint and Hardware - derde), Hendrik Spies (Spies Praktyk Old Mutual - wenner), Jaline Wheeler (Vision Security - finalis) en Janneman Terblanche (Vision Security - finalis). Carel Viljoen Loodgieters het die tweede plek behaal met SupaQuick wat ook as finalis genomineer is.
PERSOONLIKE FINANSIËLE ADVIES
SPIES & GENOTE MALMESBURY SAKEKAMER MEDIUM BESIGHEID VAN DIE JAAR WENNER 2016 Baie dankie aan al ons kliënte vir jul getroue ondersteuning, asook vir my span vir hul harde werk. Wees verseker van ons volgehoue toewyding ten einde jou drome van finansiële onafhanklikheid te bestuur.
Kontak Hendrik Spies vir die hersiening van u finansiële portefeuljes. Tel 022 483 7003, Sel 084 585 5103, E-pos hspies@oldmutualpfa.co.za
ombds 11.2016 L9932
UITTREDINGSANNUÏTEITE
I
BELEGGINGS
I
AANDELE
I
BOEDELBEPLANNING
I
TESTAMENTE
Old Mutual is ’n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer
L9932 PFA Spies & Genote TEAM ad 190x130mm afr.indd 1
2016/11/15 5:22 PM
8
NUUS • NEWS
16 November 2016
My Chefs vier eerste jaar
My Chefs, het die afgelope Sondag hul eerste bestaansjaar gevier. Stella Loubser en Rory Lawson, het die deure van hul restaurant op 13 November 2015 aan die publiek van Malmesbury oopgemaak. En hulle is nog nie een dag spyt nie. Die paartjie sien geweldig baie uit na wat die toekoms vir dié eetplek met ‘n kinkel in hou. Hul vennootskap is steeds die ideale kombinasie wat kliënte van dag een af met hul talente, smullekker disse en atmosfeer beïndruk. My Chefs, in Piet Retiefstraat, is vanaf Woensdae tot Sondae van 09:00 tot 22:00 op. Bel hulle by 082 904 1213
NUUS • NEWS
9
16 November 2016
Wesbank: Die Wesbank Rugbyklub van Malmesbury het hul ster-spelers van die afge-
lope seisoen vereer. Die tweede span van dié klub was ook vanjaar die liga-kampioene en staan onder die bestuur en afrigting van Sherman Farao, Rico Franse, Nicol Maarman en Hewitt van der Westhuizen. Foto's: David Howburg
Sewes: Die sewespan is vir hul prestasies vereer. Lyle Lategan is as die beste sewespeler aangewys met Enzo Stubbs tweede en Dillin Strydom derde.
Tops: Melvin Lasarus is aangewys as die speler van die jaar en Johannes Retief as sportman van die jaar.
Rolbal:
Die span van AgriFarms het vanjaar in die sakemanne rolbaltoernooi op Malmesbury geseëvier. Hier is Rudolf Knoetzen, Jacques Smit, Liam Hartley en Bouwer van der Merwe met hul trofee.
Never Despair: Dié rugbyklub van
Speler: Danny Pieters van Never Despair is as die speler van die jaar gekroon.
Malmesbury het by hul jaarlikse prysuitdeling hul top-spelers van die jaar aangewys. Witton Cupido s aangewys as die sportman van die jaar.
Krieket: Die Malmesbury Krieketklub se tweedespan het Saterdag op hul tuisveld teen die span van Bergrivier van Wellington te staan gekom. Malmesbury het dié wedstryd met 95 lopies gewen. Andru Serdyn is hier voor die paaltjies en kolf saam Bentley Pieters van Malmesbury. Sien nog uitslae regs.
Niemand kan ooit my man se plek inneem nie Maak nie saak hoeveel hulle verdien het nie: as ʼn geliefde sterf, is die verlies altyd erg Scheme voor, wat ondersteuning vir die familie en met die begrafnis aan die naaste familie verskaf en aan die oorledene se afhanklikes – ongeag wie die ongeluk veroorsaak het.
• Vooraf bepaalde voordele • Maandelikse betalings • Erkenning van behoefte, nie van verlies nie #EverybodyHurtstheSame
RABS OTM Afrikaans.indd 1
20/10/2016 12:58
NUUS • NEWS
10
Dagboek • Calender
16 November 2016
Darling Cellars: Dié
kelder het Donderdag hul jaarlikse gholfdag gehou. Die wenners van die dag is Ilse van Zyl, Chris Kotze, Tersia Botha, Jannie Hanekom. Heel regs is Bill Furniss van Shave and Gibson wat die trofee geborg en oorhandig het.
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 8pm at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Riebeek Valley CPF 16 November: The Riebeek Valley CPF have their Annual General Meeting at 19:00 at the POP Centre in Riebeek Wes KANSA 16 November: Kansa vrywilligers van Yzerfontein bied 'n Kansa kliniekdag aan in die ACVV huis vanaf 9:00 tot 12:00. Vingerprik @ R60, Borsondersoek @ R80 en Papsmeer vir R200 is hier beskikbaar. Bespreek betyds by Trudy - 082 814 8524 Never Despair RVK 17 November: Never Despair hou hulle Algemene Jaarvergadering om 19:30 by St Thomas Primer. Vir navrae kontak: Kaza Pieters by 076 690 6520 St Michaels Primer 18 & 19 November: Funfair/Pretpark op St Michaels Primer sportgronde. Vrydag om 15:00 tot laat en Saterdag vanaf 15:00 tot 24:00. Kaartjies vir ritte is reeds beskikbaar by opvoeders. Toegang is R10. Verskillende kompetisies gaan gehou word. Navrae : 022 485 7101 Windriders RVK 19 November: Windriders RVK hou hul jaarlikse bekeruitdeling en jaareindfunksie te Moorreesburg Skousaal om 17:00. Kaartjies is R70 per persoon en kan verkry word by J Fortuin - 072 896 9721 Evita se perron 19 November: Evita se perron present The Lyzyrd Kyngs at 19:00 (show starts at 20:00). R120 per person For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita. co.za Malmesbury Aglow 19 November: Malmesbury Aglow are meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Joshua Mutemeri will be speaking. Refreshments will be served. Everyone is welcome. Enquiries - please call Elaine Walker 072 590 6636 MOORREESBURG •19 Novermber - NG Kerk Getuie na Buite Gholfdag •25 November - Lions Steak-aand en ACVV Kersverkoping •26 November Bootsale/Markdag •27 November 19:00 - NG Kerk Kerssang Diens Dorings RVK 20 November: Die Dorings RVK hou'n Algemene Klub vergadering om 15:00. Alle belangstellende rugbyspelers is welkom. Vir enige navrae kontak vir Julie September by 073 072 8624 NG Kerk Aurora 20 November: Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor om 19h00 by die NG Aurora Rendezvous Werfmark 25 November: Kom geniet die Werfmark vanaf 9 vm tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed Groeneweide Home 26 November: Groeneweide Home presents a Magical advent concert at the NG Church, Darling. Starts at 19:00 till 21:00. Adults: R90 for concert only, R135 for concert, finger supper and wine. Pensioners: R50 for concert only and R95 for concert, finger supper and wine. Children under 12 is concert free, but for the concert, finger supper and cooldrink it is R30. For tickets contact Corine Rossouw at 083 925 8219 or Rika Mitchell at 074 101 1278 Malmesbury Fietsryklub 26 November: Die Malmesbury Fietsryklub bied hul Malmesbury2Sea aan. Inskrywings sluit 9 November. Stuur e-pos na info@malmesburyfietsryklub.co.za indien u navrae het Valley Christian Fellowship 27 November: Valley Christian Fellowship presents a special service with the theme - Not by might, but by My spirit at 17:00 at St Thomas School Wall For further info contact Cedric van der Westhuizen at 072 540 6785 Ware Geloof Beweging 27 November: Die Ware Geloof Beweging bied aan 'n Praise & Worship Afternoon by Vooruitsig Primêr Skoolsaal om 15:00. Kostes beloop R20 per persoon en verversings sal te koop aangebied word.
Vir enige navrae kontak 072 876 4031 Yzerfontein Festival & Events 30 November: The Yzerfontein Festival & Events presents an Entrepeneurs Evening at Strandkombuis for R150 per person. Book your ticket with any of the Festival committee members. Malmesbury Toyota Prestige Corporate Classic 2 Desember: R2400 per 4-bal. An Etios 1.5 Xs HB to be won for a hole in one on the 13th hole. Enter now and join in a fun Swartland day. Contact 022 487 1288 or clubmanager@cornergate. com Malmesbury Tourism 2 December: The Christmas Market at the Malmesbury Town Hall & Parking Area from 15:00 - 22:00. Stall applications now available. Contact : Felicia Hefke at 022 487 1133 / swartlandtourism@westc.co.za Usapho Funwalk 3 December: International Day for persons with disabilities. Usapho would like you to join the team by walking 2-4 km route. Entry is R10 per person. Starts at 7:30 at the Wesbank Sportgrounds. Please indicate if you would like space for an exhibition/fundraising table @ R100. Contact Denise Amerika 081 243 9017 (whatsapp) or send a email to deniseamerika@gmail.com Oesdag 2016 3 Desember: Kom geniet oes demonstrasies, uitstallings van ou trekkers en 'n biertuin by die Koringbedryfmuseum om 10:00. Daar word ook potjie met 'n twist en 'n pretloop aangebied deur die Sakekamer en springkasteel vir die kinders. Kostes beloop R10 vir volwassenes en R5 vir kinders en Senior burgers. Kontak vir Tania Le Roux by 022 433 1093 vir meer inligting
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 20 November - Sondag-oggenddiens om 09:30 met die Gospel sanger, Billy Paulson. Sondagaanddiens om 18:30 is Gesinsdiens Navrae: 073 447 2902. Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar 13 November: De Waal Esterhuizen preek Sondag om 9:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Volgende diens sal 20 November om 09:30 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
NUUS • NEWS
11
16 November 2016 DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393 GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 GELUKWENSINGS CONGRATS
Baie geluk met jou verjaarsdag op 10.11.16. Ons hoop jy het ‘n pragtige daggie ADELLYLE en alles wat mooi is – Liefde Ma Adellaide #3132 ------------------------------Baie geluk met jou tweede verjaarsdag. Mag jy nog vele jare gespaar word. Baie lief vir jou – Mamma en Ouma Gieta #3133 ------------------------------Baie geluk Adellyle met jou verjaarsdag – Novan, Leeo, Gino en Zoe en April familie #3134 ------------------------------Lekker verjaar van Klaas en Ob #3135
Happy birthday my Angel on 11 November - Mommy and Daddy loves you may God protect you always. From Skontya family #3136 -------------------------------
ABSALON SKIPPERS (Boetie) Baie geluk my kind. Ons sê dankie vir nog ‘n jaar – dis genade. Lekker dag. Van Mammie, Hendriena Skippers en jou kleinsus Kayla #3137
CHAREEZ LUKAS Sewe op 3 November. Jy het so gou grootgeword. Baie geluk met jou verjaardag. Van: Mammie, Pappa, Rowan, tannie Desnay, uncle Chris, ouma Clara, oumagrootjie, Marius en Jacqueline #3138
RAYMOND - Baie geluk met oupa RAYMOND se verjaarsdag. Mag daar baie geseënde jare
wees. Ek is baie lief vir Oupa. Van: Kahrlin #3139 ------------------------------My man dit is ‘n voorreg om jou in my lewe te hê. Geluk met jou geboortedag. Ek kyk op na jou. Liefde jou vrou Saphry #3140
RAAI WIE WORD 4? LOHAN BASSON (13 November). Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan jou dag geniet - Mammie, Ouma, Lucian en Basson familie #3141
MARIA SOFATH – Baie geluk met Ma se verjaardag op 10 November. Mag Ma ‘n geseënde nuwe jaar hê. Baie liefde u dogter, skoonseun, kleinkinders en agter-kleinkinders #3142
JOHNNIC NELL Geluk my kind met jou geboortedag. Geseënde nuwe lewensjaar. Baie lief vir jou – Mammie en oupa Herman #3143 ------------------------------Geluk met jou verjaardag. Vreugde, geluk, seëninge en vet pret wens ons jou toe. Liefde – Tannie, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #3144
CHRISTOPHER FARAO Baie geluk my babatjie met jou verjaardag. Wens vir jou seën en baie geluk toe. Baie liefde – Mammie en uncle Herman #3144 -----------------------------Veels geluk Boeta. Dankie vir die pa figuur wat Boeta is. Liefde – Tristan en Keagan #3145 ------------------------------Veels geluk my oom, alles wat mooi is vorentoe. “May God bless en keep you”. Lekker verjaar - Johnnic
KEANO KLAASE – Sewe op 12 November. Ek hoop en bid dat jy ‘n geseënde dag sal hê. Atta is baie lief vir jou. Mavis en huisgesin #3147
JOHAN SEPTEMBER. 32 op 12 November. Alle voorspoed en ek hoop dat jy ‘n gelukkige dag sal hê. Mavis en huisgesin #3148
Baie geluk DYLAN met jou tweede verjaarsdag . Mag God jou nog vele jare uitspaar. Hoop jy gaan ‘n lieflike dag hê. Baie liefde – Mammie en Pa #3149
RAAI WIE WORD 70??? Baie geluk Mamma. Ons is baie lief vir jou – van al jou kinders #3157 -----------------------------Op 16 November word sy 70. Baie geluk aan ‘n ma, ouma, skoonma en oumagrootjie - van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders #3158
17 November – Ons wil MAGDALENA FORTUIN hartlik gelukwens met haar verjaarsdag. Ons is baie lief vir haar September familie #3159
JANINE FIKSTER. Geluk met jou verjaarsdag op 16 November. God se rykste seën vergesel jou vandag en altyd Geniet die spesiale dag - jou medewerkers by Plating #3150
Agt op 18 November DAYLIN SKIPPERS baie geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele jare wees. Van Tannies, ooms, Marne, Lezandra, Marqurite en Nicolin #3151 ------------------------------Baie geluk ouma en oupa se grootseun. Ons is baie lief vir jou Daylin - wees altyd soet. Ouma Sendra en Oupa Bona #3152 ------------------------------DAYLIN SKIPPERS – Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Bly hou daai glimlaggie wat jy het. Lekker verjaar. Ouma Tessa en kinders -----------------------------Baie geluk met jou verjaardag Daylin. Mag jy ‘n geseënde en wonderlike verjaardag geniet. Van: Tannie Linda #3154 -----------------------------Baie geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Baie lief vir jou, Boeta - Jaydin, Cay’lo, Gursh-nay & Kaylin
HENDRIENA SKIPPERS – Baie geluk met u verjaardag. Dis genade wat u deurgedra het. Geniet jou dag. Van: Buurvrou Mariehet en Cairah #3156
Happy Birthday ZACHARY ONVERWACHT on 22 November. May God bless you many more years to come. Love Mommy, Daddy & Shane #3160
BRANWILL MAIET - Raai wie word 9 op 21 November -Baie geluk op jou geboortedag en mag die Here jou baie jare uitspaar. Lief vir jou - Mammie, Pa, Keanen Joubert en Keisha #3161
GLENDA PIETERSEN - Baie geluk met jou verjaarsdag op 15 November. Mag jy 'n mooi dag he en geniet dit. Van: Nathan, Rolene, Tesnick, Ma en Slikkie #3162
Baie geluk Kallie met jou geboortedag. Mag God jou nog vele jare spaar. Mag jy 'n wonderlike dag hê. Jou vrou Bella, Isador en Carlton #3163 -------------------------------Happy Birthday Oupa! May it be a blessed day. Wish you all the joy, love and peace in the world. Love - Kelly, Genevieve and Ian #3164
Ek is Een op 19 November. SCHYLER SMITH. Geluk met jou verjaarsdag. Dank aan ons Hemelse Vader wat jou deurgedra het. Mommy, Daddy, Dezario, Desmonique en Oupa Willem #3165 MEMORIUM IN MEMORIAM
MAGGY PERSENS - Jy word gemis deur man Petrus, Brandon, Rachel, Mietjie en Abigail met vriende. Sal jou altyd onthou – Liefde: Persens gesin #3166
ANNA EFRAIMSSkoonma se tweede verjaarsdag op 15 November. Mis u moederliefde. Verlange is groot. Mooi herinneringe het ons – Hannes, Maria, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders #3167
JAN NERO - Liefdevolle Pa, Man en Oupa. Donderdag is dit Pa se eerste jaar weg van ons. Die gemis is groot. Van vrou, kinders en kleinkinders #3168
KIRSTY MARY-ANN TITUS - Reeds jou 20ste verjaardag in die hemel. Jare het gevlieg, maar mooi herinneringe sal ons altyd bybly. Altyd lief vir jou. Pa, Mammie, Garth, Kim, André, Zeynab, Kieran en Luke #3169
MARIA ENGELBREGHT Geboortedatum: 1933:11:24. Spreuke 5:19. Liefde van Gerty en Grant (seun) en familie #3170 STERFGEVAL OBITUARY
Begrafnisreëlings van wyle PIETER LUCAS, URNA MAY, LEIGH BASSON (Soute) - SATERDAG 19 November 2016. Besigtiging om 08:30 by die Ou Apostoliese Kerk waarna die Kerkdiens om 10:00 aanvang sal neem. #3171
FELIDA (Fiela) STUURMAN Gebore -25:08:1944 Afgesterf - 14:11:2016 Roudiens: Woensdag om 19:30 by AGS Kerk en begrafnis is Saterdag, 19 November- AGS Wesbank om 9:00 -------------------------------Sag heengegaan op die ouderdom van 72 jaar. Mamma, Ouma gaan gemis word deur jou kinders, kleinkinders en agter kleinkinders.Rus sag. #3173 -------------------------------Ons as G &H Verwerking, werk kollegas wil vir die familie sterkte toewens met die heengaan van julle Ma en Ouma #3174
DAVID TENN Roudiens: Woendag, 16 November te St Thomas Kerk om 19:00. #3131 TE HUUR TO LET “Kantoor / winkelspasie in Trafalgarsentrum langs NG Moederkerk. Kontak Mev Melanie Dawson by 022-4821101
#3129 Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/53 ------------------------------TE KOOP FOR SALE MOTORHUISVERKOPING IN MALMESBURY OP 19 November om 9:00. Dele van kombuiskaste, restauranttafels, kinderfietse, speelgoed, glas kamerverdeler, trelly door, kosyn en deur, klein wasbak en nog vele meer. Kontak 083 234 6615 of 082 850 3133 #3130 -------------------------------Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak,aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 -----------------------------Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis @R55/kg asook Snoek. Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871
courant
dié
12
Tel: 022 487 3221
•GROEN BAADJIE OP DIE SPEL
Spelers ding mee in Meesters Elke gholfspeler droom daarvan om ‘n Groen Meesters Baadjie te kan aantrek. Danksy die RSAM Malmesbury Meesters is dit eersdaags weer vir Malmesbury se gholfspelers moontlik om as Meesters Kampioen gekroon te word. Die RSAM Malmesbury Meesters word vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar op 19 November aangebied en het hom vinnig gevestig as een van die hoogtepunte op die gholfkalender van die Malmesbury Gholfklub. Vir spelers om te kan kwalifiseer om vir die RSAM Malmesbury Meesters titel mee te kan ding, moes hulle in die voorafgaande 12 maande ‘n amptelike kompetisie van die klub gewen het. Die uiteindelike wenner kan homself dan met reg beskou as die “wenner van die wenners!” Die wenner van die Meesterstitel, sal nie net ‘n wisseltrofee ontvang nie, maar ook die nuwe eienaar van die groen RSAM Meesters Baadjie wees. Spelers wat nie kon kwalifiseer om deel van die RSAM Malmesbury Meesters te wees nie, kan steeds kom deel in die heerlike atmosfeer van die dag. Saam met die Meesters Kompetisie is daar ook ‘’n kompetisie vir die “Wenner van die Dag”. Enige persoon kan deelneem aan hierdie kompe-
tisie en sal die wenner outomaties kwalifiseer om in volgende jaar se RSAM Malmesbury Meesters te kan speel. ‘n Geskenkbewys vir kruideniersware ter waarde van R90 000 by Malmesbury Superspar, is vanjaar op die spel. Hierdie kruideniersware kan oor ‘n 12-maande periode opgeneem word en sal gewen word deur die eerste volmaakte gelukhou (hole-in-one) op die 15e putjie. Inskrywingsgeld is R250 per speler. Dit sluit ook aandete en ‘n broodtafel gedurende die dag in. Die dag is egter vinnig besig om uit te verkoop. Laatslapers moet nou vinnig spring om hul plek op die baan te verseker. ‘n Gelukkige trekking vir R2000 se vleis by Kekkel en Kraai, sal gedurende die aand plaasvind. Die pryse sal bestaan uit geskenkbewyse, gekoop by verskillende besighede van Malmesbury. Op hierdie wyse word daar verseker dat die meeste van die borge (wat grotendeels verskillende versekeraars en ander rolspelers betrokke in die versekeringsbedryf is) se geld in Malmesbury gespandeer sal word. Kontak 022 487 1289 vir inskrywings.
Sakelui rol-rol saam
Die afgelope Sakemanne Rolbaltoernooi van die Malmesbury Rolbalklub het ten einde geloop, met Agri Farms se span wat met die louere wegstap. Du Plessis en Mostert blaas in hulle nekke in die tweede plek, met Schoemans Ouditeure wat ‘n welverdiende derde plek behaal. Altesaam 81 spanne het oor 6 aande deelgeneem. Tussen die deelnemers was daar diegene wat die spel baie ernstig opgeneem het en omtrent gekoukus het oor strategie en die uitvoering daarvan. In die finale aand het die twee top-spanne van die ses aande mekaar die stryd aangesê. Hierdie spanne was Standard Bank, Bergzicht Veeartse, JB’s Datsun, HCS Verkoeling, Malmesbury Paneelkloppers, Rola Volkswagen (Mastercars) twee spanne, BGR, Care Bears, PG Glass (die verdedigende kampioene), Schoemans Ouditeure en Du Plessis en Mostert, met die gelukkige verloorders Hoërskool Swartland en Agri Farms wat die getalle vol gemaak het. Roux Vermeulen, die klub-president, wil graag al die besighede bedank wat deelgeneem het. "Volgende jaar maak ons beslis weer so en wie weet, dalk is ‘n paar van julle deelnemers nou so gebyt deur die gogga dat julle wil aansluit," sê Vermeulen.
Kishou:
Die Malmesbury Tennisklub het Saterdag tuis teen die span van Rekreasie kragte gemeet. James Howard van die klub hou sy oog sekuur op die bal in sy wedstryd. Sien uitslae regs.
SPORT
NUUS • NEWS
16 November 2016
16 November 2016
Sportuitslae
Malmesbury Gholfklub Woensdag, 9 November: Enkel Stableford Lindsay Meyer 22, Brian de Beer 21, Appie van der Merwe 20, Piet Basson 19, Lothar Buhr 19, Guillaume Olivier 19 Vrydag, 11 November: Enkel Stableford Johan Smith 23, Andre Uys 23, Piet Basson 21, Gerhard Bester 20 Saterdag, 12 November: NG Noord Gholfdag- Beterbal Stableford : Martin & Linda French 47; Vann Laubscher & Deon Aucamp 47, P Pretorius & J van der Westhuizen 46; George Prinsloo & Philip Faure 45; Jacobus Snyders & Reinier van Wyk 45; Frans Destroo & Gerhard Immelman 45; T Heydenrych & R Viljoen 45; Trudie Brandt & Marijke Marais 45; Francois du Bois & A Nel 44; Wayne & Izelle van Tonder 44; Brian de Beer & Freek Stander 44 Moorreesburg (70) : Enkel-Stableford- M Wiese 39, J Niewoudt 35, S Fourie 35, F Linder 34, H April 34, T Genade 34 Porterville (70) : Houespel- R van der Merwe 63, D Gous 69, P Viljoen 71, D Farao 71, S Michaux 71 Malmesbury Krieketklub 1ste span: Paarl KK kolf eerste en teken 152 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Fernando Arendse met 2/27 en Devon Smith met 2/31. MKK gaan kolf en kon net 99 lopies aanteken. Beste kolwers was Riaan Vercuil met 24 en Sergio Rooms met 21. MKK verloor met 53 lopies. Tweede span het teen Bergrivier KK gespeel en hulle uitslae is soos volg: MKK kolf eerste en teken 282. Beste kolwers was Andru Serdyn met 82, Bently Pieters met 50, William Bruintjies met 43. Bergrivier word toe uitgeboul vir 187 en beste boulers vir MKK was Keanu Goliath met 4/49 en Gerswin Harrings met 2/52. MKK wen met 95 lopies. Piketberg Krieket Piketberg 1 het teen Clanwilliam met 4 paaltjies verloor
Sports results en is hulle onoorwone status kwyt. Piketberg 2 het hulle wedstryd teen Paarl KK verloor met 8 paaltjies. Wedstryd Opsomming : Piketberg 1 teen Clanwilliam. Beste Kolwers: D. Fortuin 50 lopies, L. Fredericks 32 lopies, L.Ockhuis 28 lopies. Beste Boulers: G. Brink 2/22, L. Ochkhuis 2/38, G. George 1/25 Piketberg 2 teen Paarl KK Beste Kolwers: E. Amerika 75 lopies, W. Solomo 25 Lopies Beste Boulers: W. Kayster 2/28, C. Adams 1/34 Malmesbury Tennisklub Malmesbury Mans A wen Rekreasie A: 9 stelle teen 8 Braam Isaacs k Nelius Lubbe 6-2/3-6/10-6; Dmitri Marais k Archie Rudman 3-6/6-1/10-4; James Howard v Istvan Jordaan 3-6/6-3/9-11; David Isaacs k Pierre Fourie 6-2/62; Braam Isaacs & David Isaacs v Nelius Lubbe & Istvan Jordaan 3-6/6-2/7-10; Dmitri Marais & James Howard v Archie Rudman & Pierre Fourie 7-5/3-6/8-10 Malmesbury Mans B wen Rekreasie: 3 wedstryde teen 2 Kristoff Isaacs k Herman van Heerden 6-7/6-2/10-3; Jarryd Howard v Johny Coetzer 3-6/3-6; Irvan Turner & Sarel Steyn k Anton Potgieter & Brian de Vries 6-4/7-5; Kristoff Isaacs & Jarryd Howard k Anton Potgieter & Brian de Vries 6-4/6-1 Irvan Turner & Sarel Steyn v Herman van Heerden & Johny Coetzer 2-6/2-6 Malmesbury Mans C wen Paarl Hugenote B 4 wedstryde teen 1 Kobus Swart k Sheniel Solomons 6-2/6-3; D P Swart v Shane Jacobs 2-6/2-6; Martin Nel & Johan Burger k Ryno Cedras & Nagan Smith 7-5/7-5; Kobus Swart & D.P.Swart k Ryno Cedras & Nagan Smith 6-4/6-2; Martin Nel & Johan Burger k Sheniel Solomons & Shane Jacobs 6-4/6-2 4de Liga Dames Finaal : Malmesbury B verloor teen Brackenfell: 4 wedstryde teen 1.