c urant
Gratis • Free
69.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
9 November 2016
Uitgawe 395
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•KOEL SEPTEMBER LAAT OPBRENGS STYG
Graan-oes lyk belowend
Die opbrengsverwagting vir vanjaar se koringoes in die Swartland is tans gemiddeld tot bo-gemiddeld. Só sê Pieter Burger, landbou-ekonoom van Kaap Agri. Sommige produsente in die omgewing van
Malmesbury kon tot dusver aan dié courant met groot opgewondenheid sê dat opbrengste in sommige kampe van tussen vier en vyf ton per hektaar gekry is. Burger sê verder die graadverspreiding is tans ook baie goed wat beide proteïeninhoud en hektoliter-massa betref. Sowat 50% van die geprojekteerde koringoes is op 7 November reeds ontvang. Die innametempo neem nou amper daagliks toe soos koring regoor die bedieningsgebied gereed raak vir stroop. Daar is ook sprake van ‘n verlengde oesseisoen. Volgens Burger het die reën wat in September geval het, die seisoen verleng. Dit het weer op sy beurt beter korrelmassa en dus ook beter opbrengs tot gevolg gehad het. Die koring wat vroeg op die Wes-Kaapse Landboudepartement se proefplaas, Langgewens buite Moorreesburg, aangeplant is, het 4.3 ton per hektaar gemiddeld gegee, sê dr. Johann Strauss van die landbou-departement op Elsenburg. Hy sê die koring wat einde Mei vanjaar geplant is, se opbrengs is wisselend en het tot dusver tussen drie en vier ton per hektaar, afhangende van die stelsel, opgeDie oes van perskes en nektariens is tans in volle swang op die lewer. Landbouers is nog plase Môreson en Ebenhaezer van Johan Vlok op Riebeek-Kasteel. Hulle voer onderskeidelik na die Midde-Ooste en Europa uit. druk besig om te oes en Vrugte word ook plaaslik onder hul eie handelsmerk, Kasteelberg sal daar na verwagting verkoop. Volgens Vlok is daar met verlede se seisoen 110 000 teen die einde van dié boksies na die buiteland uitgevoer en 40 000 lokaal. Hier is Sha- week meer akkurate en finale opbrengste hied Brown besig in die boorde. bepaal kan word, voeg
Persketyd in Vallei
David Booysen van Kaap Agri help om die vrag koring by die graan- silo's op Malmesbury af te laai. Produsente van die Swartland is druk besig om koring te oes. Vragmotors staan in rye soos daar gewag word om koring af te laai vir berging. hy by. “Ons is opgewonde oor die laat-koring. Die koel September het baie gehelp om die opbrengste te lig.” Hy sê die jaar se reënval was beter as verlede jaar, maar dat dit steeds minder as die langtermyn gemiddelde was. Bouwer Rall van Kaap Agri se graansilo's, sê hulle het reeds 25% van die verwagte oes ontvang. Volgens hom is daar nog ongeveer vier produsente wat hierdie week sal begin oes. Daar is vir die hele bedieningsgebied reeds 56% van die verwagte oes ontvang. Rall sê die opbrengste is beslis baie beter as verlede jaar. Hy voeg by dat die koring se graad ook baie beter is as die langtermyn-gemiddeld. Kanola opbrengste is ook goed met enkele uitsonderings van kampe wat onder verwagting presteer het. Meer as 75% van die kanola-oes is reeds ingesamel.
NUUS • NEWS
9 November 2016
NUUS • NEWS
2
9 November 2016
Basaar: Die Aandskemering tehuis
vir Bejaardes op Malmesbury het onlangs hul jaarlikse basaar gehou. Vanjaar was daar talle nutighede op die program, onder andere 'n kinderafdeling vir die jongspan.
Groet:
Die skoolhoof van die Hoërskool Swartland, Dirk Marais, groet aan die einde van die kwartaal dié skool. Hy het Maandag begin afskeid neem van die leerders en genoem dat hy op Malmesbury geleer het wat dit beteken as 'n gemeenskap saamstaan in tye van nood en krisis. Hier oorhandig hoofseun Charlie Gerber 'n geskenk aan hom.
Talle vakatures in wykskomitees Die eerste rondte vir die stigting van die Swartland Munisipaliteit se wykskomitees, is gefinaliseer ná die verkiesing van lede tussen 17 en 20 Oktober plaasgevind het. Slegs wyk 2 en 11 se komitees is na afloop van die verkiesings voltallig, met baie vakatures in die res van die oorblywende 10 wyke. ‘n Wykskomitee bestaan uit die wyksraadslid wat as die voorsitter optree en 10 ander persone. Volgens die reëls en prosedures vir wykskomitees, word daar bepaal dat daar binne 45 dae vanaf die eerste vergadering, of vandat ‘n vakature ontstaan het, die vakature by wyse van koöptering gevul word. Wykskomiteevergaderings in die onderskeie wyke, sal gedurende November plaasvind, waartydens komiteelede aangaande die proses om lede te koöpteer, ingelig sal word en waar moontlik, reeds nominasies vir koöptering te ontvang. Die genomineerde persone moet steeds voldoen aan die kriteria wat tydens die verkiesingsproses vereis is.
Van die vereistes is om onder meer as ‘n kieser geregistreer te wees op die kieserslys van die betrokke wyk waarvoor hy of sy genomineer is; nie ‘n lid van die raad te wees nie; nie ‘n werknemer van die munisipaliteit of die Weskus Distriksmunisipaliteit te wees nie, geen geld aan die munisipaliteit skuld nie, nie ‘n ongerehabiliteerde insolvent te wees nie, nie genomineer word indien so ‘n persoon onder kuratorskap geplaas is nie en nie genomineer word nie indien so ‘n persoon na Februarie 1997 aan ‘n misdryf skuldig bevind en gevangenisstraf opgelê is vir ‘n periode van nie minder nie as 12 maande. Die wyskomitee, met die wyksraadslid as voorsitter, besluit self oor die aanvaarding van die nominasie vir koöptering. Die wykskomiteelede sal binnekort aan die publiek bekend gestel word. Wat is ‘n wykskomitee en die funksies wat deur lede verrig word? ‘n Wykskomitee is ‘n raadgewende liggaam en dit is ‘n komitee van die gemeenskap en nie
Beste potensiaal:
Thandisizwe Eric Mnyango van die Riebeek Kelder is die afgelope Saterdagaand tydens ‘n spoggeleentheid aangewys as die wenner van die kategorie, Beste Potensiaal. Die toekenning is by die Wes-Kaapse Prestige Agri Werker 2016 se spogtoekenningseremonie aan hom oorhandig. ‘n Totaal van 1245 inskrywings van regoor die Wes-Kaap is vanjaar vir dié kompetisie ontvang. Die kompetisie word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou gekoördineer. Christo Somers, ook van Riebeek Kelder, het in 2010 as die algehele wenner van die kompetisie weggestap.
van die wyksraadslid of die Raad nie en is dus onafhanklik. ‘n Wykskomitee kan aanbevelings met betrekking tot enige sake wat die wyk raak, aan die wyksraadslid, of deur die wyksraadslid aan ‘n staande komitee van die raad maak en dien as die amptelike publieke deelnemende struktuur van die munisipaliteit. Lede moet die wyksraadslid bystaan met die identifisering van uitdagings en behoeftes van inwoners, help om inligting oor munisipale aangeleenthede in die wyk te versprei, help om die insette van inwoners te verkry oor munisipale aangeleenthede soos die begroting, geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning en diensleweringsopsies, vrae en klagtes van inwoners ontvang in verband met munisipale dienslewering en met ander forums en organisasies skakel in verband met aangeleenthede wat die wyk raak. ’n Wykskomiteelid moet op ’n gereelde basis aan die geografiese area, sektor of kategorie wat hy of sy verteenwoordig, terugvoer gee oor wykskomitee-aangeleenthede.
NUUS • NEWS
3
9 November 2016
•OPERASIONELE OPSKERPING
Militêre opleiding op Malmesbury
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beplan eersdaags ‘n opleidingskursus in die omgewing van Malmesbury. Die Cape Town Rifles (Dukes) wat ná die oefening boonop hul 161ste verjaarsdag sal vier, is een van die nasionale weermag se Infanterie Korps Reserwemag-regimente wat die opleiding as deel van hul jaarlikse operasionele opskerping doen. Die opleiding sal van 14 tot 17 November op Malmesbury gehou word, nádat volle toestemming van die Swartland Munisipaliteit verkry is. Inwoners kan gerus wees dat dit nie ‘n operasionele ontplooiing is nie, maar slegs opleiding.
Lt. Kol. Uys van der Westhuizen, die SO1 Magsvoorbereider vir die Wes-Kaap én inwoner van Malmesbury, is genader om aktiwiteite met die plaaslike inwoners en grondeienaars te köordineer. Bevelvoerder van die Cape Town Rifles, Lt. Kol. Franscois Marais voeg by dat dié opleiding ook bande met die plaaslike gemeenskappe sal smee met ‘n langtermyn verhouding as doelwit, veral omdat baie van die lede uit die omgewing kom. Lt. Kol Marais kan vir meer inligting by hul hoofkwartiere by Ford Ikapa in Goodwood by 021 597 2902 geskakel word.
Nuwe vooruitsig vir Darling
Bo: Die splinternuwe skoolgebou van Vooruitsig Primêr op Darling is Donderdag amptelik ingebruik geneem. Op die inlas is Minister Enver Surty en skoolhoof James Salmoen. Darling spog nou met ‘n splinternuwe skool wat streef na ‘n blink toekoms vir sy 1500 leerders. Vooruitsig Primêr, wat aanvanklik in 1967 vir die eerste keer sy deure aan 550 laerskoolleerders oopgemaak het, het ná 49 jaar ‘n skoolgebou gekry. Onderrig is vir jare in opslaan-klaskamers behartig. Die skool is die 21ste skool in die WesKaap wat deur die Departement van Basiese Onderwys gebou word as deel van hul ASIDI (Accelerated Schools Infrastructure Delivery Initiative)-program. Daar word beoog om so 25 nuwe skole in dié provinsie te bou. Dit vorm deel van die 510 skole wat oor die land gebou sal word, waarvan 170 reeds voltooi is. Die nasionale adjunk-minister van onderwys, Enver Surty, wat die amptelike opening bygewoon het, sê hy is baie opgewonde oor die uit-
voer van die program wat fluks vorder. Surty het tydens die opening binne die skoolsaal beklemtoon hoe beïndruk hy met die indrukwekkende skool is en voeg by dat die skool se infrastruktuur saam met sy estetiese en modern voorkoms, ‘n omgewing bied waar leerders wil leer. Volgens hom begin kinders se toekoms by laerskoolonderrig. “Almal het so lank gewag vir ‘n nuwe skool. Dit is ‘n geskenk aan julle, omdat julle dit verdien,” het Surty aan leerders gesê. Volgens hom het die regering ‘n skool belowe en hul belofte nagekom. “Nou is dit julle verantwoordelikheid om ‘n sukses van julle skoolloopbaan te maak.” Hy het egter bygevoeg dat die ouers ‘n baie belangrike rol in die sukses van hul skoolloopbaan speel en ‘n beroep op elkeen gedoen om betrokke te wees by hul kind se onderrig. “Onthou, kennis is mag, julle moet nou hard werk daarvoor.”
Nuut: Die huidige hoof en leier van die Moslem-gemeente op Malmesbury, is Sheikh M Riyaal Rinquest. Hy is oorspronklik van Kaapstad en het vir 10 jaar studeer en gegradueer aan die Al-Azhar Universiteit in Kaïro Egipte.
NUUS • NEWS
courant
9 November 2016
dié
4
Koringaar, lewensaar van die Swartland
Die koring staan geel op die lande. Die stof trek behoorlik soos dit nou van die lande gehaal word en na die silo's vervoer word waar hulle die groot eksamen moet slaag - die graad-eksamen. Die koringaar het soveel simboliek in die Swartland. Dit het soveel impak en dit is die spil waarom die Swartland draai. Op een of ander manier het ons almal 'n skakeling met koring en graan. Dit is 'n lewensaar wat voed. As daardie aar uitgehaal moet word, of daar skade aan berokken word, is dit nie net 'n ledemaat wat geraak word nie, maar 'n hele liggaam, 'n dorp, 'n gemeenskap. Hierdie gemeenskap waarin ons onsself bevind en wat ons ons huis noem, is met reg 'n spesiale een. Dit kan ons maar met trots sê. Ons het ons foute en ons kom nie altyd so goed oor die weg met mekaar nie, maar as dit nodig is, staan ons saam. Dirk Marais, skoolhoof van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, het dit ook genoem in sy toespraak aan leerders toe hy Maandagmiddag begin afskeid neem het. As daar 'n krisis in die gemeenskap is, staan ons bankvas, onwrikbaar in ons samehorigheid. Die mense van die Swartland is soos die koringare wat ons daagliks begroet. Ons groei, ons waai in die wind, ons word geoes, maar ons maak jaar na jaar weer ons verskyning. Sterker as die vorige jaar, want ons leer en ons groei.
Dis Goeie Nuus
Kansa-kamers opgeknap:
Toe Ernie Bester die behoefte om die Kansa-kamer by Aandskemering op Malmesbury op te knap raaksien en dit met nog weldoeners in die gemeenskap bespreek, was hulle hande oop en besluit om ook die Kansa-kamer by Goue Aar deel te maak van die projek. Bester vertel dat Nelia Kirsch van Pick n Pay Malmesbury, Phillip Schreve van Jack's Paints en Peter du Pisani van Deo Gloria saamgewerk en hom gehelp met die skenkings en handewerk om die twee kamers mooi te maak. Die dekor en kleurskema van albei is verander en só gekies om pasiënte se oorgangsreis so gemaklik en aangenaam moontlik te maak. By die heropening by Aandskemering het burgemeester Tijmen van Essen die lint geknip. By hom is Henlie Botha van Kansa, Ernie Bester, Nelia Kirsch en Phillip Schreve. By Goue Aar was Bester, Kirsch, Schreve en Van Essen saam met Cynthia Engelbrecht (Departement Gesondheid) en Sarie Nell.
Kunskompetisie:
Die Moorreesburg Lionsklub bied vir die afgelope 18 jaar die 'Peace Poster'-kunskompetisie suksesvol aan. Hierdie streeksgebonde kompetisie bied geleentheid vir 13-jariges om oor wêreldvrede te dink en te gesels en indien die plaaslike inskrywing wen, is die maker verseker van ‘n reis na Amerika en ook die VVO. Vanjaar se plakkate beeld ‘Celebration of Peace’ uit. Hier is Moorrreesburg se wenners vir 2016 saam met Lion-president Dries Ludick: Rochelle Naude (derde), Franzel Basson (eerste) en Marnè Bester (tweede).
Dr. Andrew Bosman
Die koms van die groot aardbewing Handelinge hoofstuk 16 is ‘n besondere hoofstuk in die voorstelling van die werking van die Heilige Gees met die apostels. In die nag het Paulus ‘n gesig gesien van ‘n Macedoniër wat hulle smeek om oor te kom soontoe. Paulus het die gesig as van die Here beskou om die evangelie aan hulle te gaan verkondig. Filipi was die eerste stad van Macedonië waar hulle gekom en ‘n paar dae deurgebring het. ‘n Slavin met ‘n waarsêende gees, het groot wins vir haar eienaars ingebring. Na ‘n paar dae het Paulus ontevrede omgedraai en die gees in die Naam van Jesus Christus beveel om uit haar te gaan. Toe haar eienaars sien dat hulle hoop op wins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en voor die regters gebring en hulle aangekla as mense wat ongeoorloofde sedes verkondig. Hulle is met stokke geslaan en in die gevangenis gesit en hulle voete in 'n blok vasgemaak. Om middernag het hulle gebid en lofliedere tot eer van God gesing. Daar het skielik ‘n groot aardbewing plaasgevind. Dit het die fondamente van die tronk geskud. Al die gevangenes se boeie het losgeraak en die tronkdeure het oopgegaan. Paulus het gekeer dat die tronkbewaarder selfmoord pleeg en hy en sy huis het tot bekering en geloof in Jesus Christus gekom.
Leiers:
Weltevrede Primêr se graad 4 tot 6 leerders was onlangs op 'n leierskamp by Tulbagh se watervalle. Die aktiwiteite wat aangebied is deur Ewen Amos, het die leerders se leierseienskappe getoets en ook aan hulself uitgewys.
Supplementary immunisation available
The Western Cape Government Health will roll out a supplementary immunisation campaign from 31 October to 18 November 2016 . The campaign will target children between the ages 0-59 months. The campaign focus is to vaccinate children against polio and administer vitamin A supplements and Mebendazole de-worming. Parents must ensure that their children receive this supplementary immunisation if they form part of the target groups as indicated below: • Oral Polio Vaccine to all children from birth to 59 months. • Vitamin A supplementation to all children aged 12 – 59 months.
• Nutritional screening in selected districts or sub-districts of all children aged 6 – 59 months. • Mebendazole de-worming to all children aged 24 – 59 months. Parents can ensure that their children are immunised during this campaign by: • Taking their children to the nearest clinic. • Signing the consent form so that the child can be immunised at their crèche, preschool, children’s’ home or day-care centre. • Taking their children to the local campaign posts that will be set up in various areas within communities.
Additional Information: • Polio is a highly infectious disease and mainly affects children under three years of age. The polio virus is excreted in stools and spreads rapidly from one person to another. • Vitamin A, de-worming and nutritional screening helps to ensure that children have healthy, well-developed and nourished bodies. Malnutrition and vitamin A deficiency increases the risk of developing measles complications as well as other health related illnesses. De-worming should also be conducted regularly to prevent worm infestation which can also lead to malnourishment.
NUUS โ ข NEWS
5
9 November 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WEEKEND SAVINGS PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in
R
PnP Topside or Silverside Beef Roast
54
R
Per kg
PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s
Albany Superior Brown Bread 700g
R
WAS R12.39
49
90
R
Per kg
10
69
Per kg
95
Fair Cape Eco-Fresh Full Cream or Low Fat Long Life Milk 6 x 1 Litre Per Pack
PnP Flavoured Ice Cream Assorted 2 Litre Each WAS R47.99
R
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
37
90
R
59
90
Plus earn
BONUS STIKEEZ
Bokomo Weet-Bix 450g
when you buy selected products
WAS R26.89
R
FREE APP F or
18
90
n tr
th ep a
y Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
R
35
90
Jacobs Krรถnung Instant Coffee Regular or Mild 200g or Regular 250g Refill Each WAS R109.99
R
85
90
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack WAS R56.99
R
43
Equates to R39.93 for 2kg
Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack WAS R229.99
R
187
90
Sunlight 2in1 Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each
90
R
199
Johnnie Walker Red Label Blended Scotch Whisky 750ml and 1 Glass Gift Set Per Set
R
38
90
WAS R114.99
R
94
Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml
Get Double Points
Ariel Auto Washing Powder 3kg Assorted or Capsules 21s Each WAS R82.99
R
59
90
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 10 - 13 NOVEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS874
MMWCHS874_WCape_38x264.indd 2
2016/11/04 12:03 PM
NUUS • NEWS
6
9 November 2016
Land Staal vier 40 jaar
Land Staal staan vir kwaliteit staalwerk
Land Staal, met sy hoofkantoor op Malmesbury, vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar. Hulle fokus op die oprig van ‘n wye verskeidenheid staalstrukture. “Alles begin in ons werkswinkel, waar ons die rou staal ontvang en noukeurig verwerk volgens die beplande strukture wat ons moet oprig. "Ons beskik ook oor ons eie oprigters met die nodige opleiding en ondervinding. “Kliënte kan verseker wees daarvan dat ons persoonlik toesig en beheer uitoefen oor elke projek wat ons aanpak,” verklaar Reinhardt.
“Ons streef altyd na kwaliteit-diens en persoonlike aandag aan elkeen van ons strukture en kliënte.” In die verlede het Land Staal groot sukses strukture buite die grense van die Swartland afgehandel. “Ons staalstrukture staan letterlik die land vol,” verduidelik Reinhardt. “Ons het al gewerk in die Langkloof, die OosKaap, en selfs in Oshakati. Hoewel ons gereeld ook in die wyer Wes-Kaap werk, glo ek nie ons sal gou weer buite die landsgrense werk nie”
NUUS • NEWS
7
9 November 2016
in die staalbedryf
Kontak Land Staal
“Indien u beplan om in die toekoms enige geboue op te rig, bied ons graag ons dienste aan om u reeds in die beplanningstadium van raad en hulp te voorsien,” nooi Reinhardt.
Land Staal nooi alle belangstellendes uit om hulle te skakel met navrae by 022 486 4740 of besoek hulle in Abattoirweg 16 op Malmesbury.
Aan die begin... Eddie Visser het in 1976 saam met sy neef, Jimmy Thomas, ‘n auto-elektriese onderneming op Malmesbury geopen. In November dieselfde jaar, het hulle ook Malmesbury Staalwerke gekoop, die voorloper van Land Staal soos Swartlanders dit vandag ken. Die twee neefs (Jimmy en Eddie) het hul besigheid gekombineer as J&E Staalwerke en J&E Auto-elektrisiëns en dit vanuit Albaniestraat bedryf. In Maart 1986, 'n dekade later, het die besigheid verdeel en onder verskillende bestuur gekom. Eddie Visser het sy eie kantore in Abattoirweg gebou en Land Staal het só die lig gesien. Eddie se seun, Reinhardt Visser, is sedert 1998 voltyds by Land Staal betrokke en het aan die begin van 2011 die leisels by sy pa oorgeneem, hoewel Eddie nog voltyds betrokke was by die onderneming. Hy het aan die einde van 2015 afgetree. Oor die 40 jaar-kerf in die bedryf, sê Reinhardt: “Land Staal het piektye beleef, maar ook deur sy moeilike tye gegaan. Met die genade van ons Hemelse Vader het ons gekom deur die tagtigerjare en die moeilike 2000’s en uit hierdie oogpunt glo ons dat ons vir ‘n baie lang tyd in die bedryf sal wees.”
NUUS • NEWS
8
9 November 2016
LSS-dankie:
Die Laerskool Swartland het by sy jaarlikse dankie sê-geleentheid weer ouers vereer vir hul besondere bydraes tot dié skool. Dié ouers wie se jongste kinders vanjaar Gr. 7 voltooi, het vir minstens twee jaar op een of meer van die skool se komitees gedien. Hulle is Johan Loubscher, Jaco Basson, Truter de Kock, Loch Nel, Hendrik Kotzé, Kallie Rautenbach (skoolhoof), Tienie Durr (namens sy vrou, Maggie) en Cobus Slabber. Hannelie van Reenen was afwesig.
Paul Steyn stap vir prostese Na ongeveer 6400km te voet en 15 maande op die pad, het Paul Steyn, stigter van die Paul Steyn Stigting, die Swartland besoek. Steyn, wat met 'n prostese stap, het op 3 Augustus 2015 vanaf die Waterfront in Kaapstad vertrek op 'n epiese stap van 7000km deur al nege provinsies van Suid Afrika. Hy voltooi sy reis op 2 Desember in Kaapstad. Die doel van die staptog is om fondse in te samel om minderbevoorregte persone wat 'n ledemaat verloor het, te help om 'n prostese te kan bekom. Die Paul Steyn Stigting kon reeds 16 mense help met kunsbene teen 'n gemiddelde koste van R70 000 per lede-
maat, ses hiervan sedert hy verlede jaar begin stap het. Hy wil ook die probleme waarmee persone met amputasies te doen kry, onder die aandag van die algemene publiek bring en terselfdertyd demonstreer watter verkil 'n kunsledemaat aan dié mense se lewenskwaliteit kan maak. Hy gee ook motiveringspraatjies met die boodskap dat mens tot enige iets in staat is as jy glo in jouself en jou skepper. Die Paul Steyn Stigting is 'n geregistreerde nie-winsgewende publieke diensorganisasie. Sy staptog kan op Facebook en ander sosiale media gevolg word. 'n Sms met die woord WALK kan gestuur word aan 38021 om 'n R10 donasie te maak.
Muntlegging:
Tantalise the taste buds at EVOO
A unique new event has been launched in South Africa called the Extra Virgin Olive Oil Expo (EVOO Expo). Taking place at The Olive Boutique in Riebeek Kasteel on Saturday 12 November, this expo – the first and only one of its kind in the country is an all day event that offers something for foodies, home cooks, chefs, hobbyists, olive oil garagistas, micro and small entrepreneurial olive growers and millers. The Extra Virgin Olive Oil Expo (EVOO Expo) - entitled “Celebrating Virginity” - is set to become an annual event which will celebrate the new seasons “boutique” extra virgin olive oils. On offer on the day will be: Olive Oil Workshops A series of technical workshops and exhibits that are ideal for olive oil enthusiasts wishing to expand their industry/technical knowledge, showcase their olive oils, and share tastes and experiences. Olive Oil Tasting Tables There will also be tasting tables and displays which will introduce selected new season “Swartland boutique” Extra Virgon Olive Oils to expo visitors. For the extra virgin olive oil lovers Olives, cured olive products, olive oils and speciality Swartland/Mediterranean food stalls will be on offer at the EVOO Expo. Something for everyone – live music, wine and beer tasting, coffees and more For more information visit www.evoo.co.za or contact The Olive Boutique on (022) 4481368, e-mail olives@olive-boutique.co.za.
Leerders van Hoërskool Dirkie Uys het 'n muntlegging gehou ten bate van Kansa en R3130 ingesamel. Verteenwoordigers van elke klas is v.l.n.r. Liezl van der Westhuyzen, Ronwan Charles, Annoushka Truter, Nicole Engelbrecht, Nicole Wenhold en Beah Oberholster.
Kuns:
Die Slimsun Swartland Solar Park het onlangs 'n kunskompetisie onder die jeug van Abbotsdale geborg. 'n Kunsuitstalling van die Abbotsdale kunsprojek -en kompetisie se kunswerke, is op 29 Oktober in die gemeenskapsaal ten toon gestel, waar die wenners in hul onderskeie ouderdomsgroepe aangewys is. Van links staan Peter van Dyk (14 tot 18 jaar), Lindzy Laubscher (9 tot 13 jaar), die eienaar van Slimsun, Anthony Corin, Abigail Knoesen (tot agt jaar) en Duane Jantjies (19 jaar en ouer).
NUUS • NEWS
9
9 November 2016
JB’s Nissan is handelaar van die Jaar na moderne brandstofbesparende, hoëverrigting turboaangejaagde enjins toeneem.” Nissan/Datsun het onlangs sy produkreeks verbreed met die bekendstelling van die Datsun Go reeks aan die intreevlak kant van die mark. Die reeks sluit nou ‘n ruim afleweringsvoertuig en ‘n sewesitplek familievoertuig in. Hulle verwag dat die nuwe Nissan Navara bakkie in 2017 gaan sorg vir baie opwinding in die hoogs kompeterende bakkiemark. “Dis uitbreidings soos hierdie wat sorg dat Nissan aan die voorpunt van die tegnologiese
vloedgolf bly en wat bydra tot ons verwagting van ‘n blink Nissan-toekoms. JB’s Nissan is voorwaar trots op hierdie erkenning en wil graag elke kliënt, diensverskaffer en personeellid bedank in hierdie verband. Hulle bedank die kliënte wat saam met hulle die stof en ongerief van die rybaanopgradering verduur het en sien baie daarna uit om ongeveer middel Desember hul splinternuwe brandstofbedien-area bekend te stel. Die nuwe toerusting gaan hulle in staat stel om nog beter, flinker en vinniger diens te lewer.
Van links staan Francois Geldenhuys (handelaarshoof), Daniel Prins (verkoopsbestuurder), Kosie Smit (partebestuurder) en Johan Strauss (werkswinkelbestuurder). JB’s Nissan op Malmesbury is onlangs aangewys as die Handelaar van die Jaar in die kategorie, groter dorpe. Dié goeie nuus is op 1 September tydens Nissan SA se jaarlikse handelaarskonferensie in Johannesburg bekend gemaak waartydens die top presterende Nissan Handelaars vir die 2015 aangewys is. JB’s Nissan was al verskeie kere in die verlede as finalis in die kompetisie genomineer. Vanjaar pronk hulle egter as algehele wenners in die kategorie. JB’s Nissan se verbintenis met Nissan SA strek terug tot by 1970. Die handelaars is opgewonde oor die produkte wat hulle verkoop en gaan daarom vir 46 jaar van krag tot krag. Wêreldwyd presteer die Nissan-handelsmerk beduidend bo die markgemiddeld. “In ‘n krimpende nuwe voertuigmark is ons handelsmerk besig om markaandeel te wen, wat aandui dat ons goeie produkte het wat in die kopersmark se smaak val,” sê Johan Theron van JB’s Nissan. Handelaars het in vier kategorieë volgens die
grootte van hul bedieningsarea meegeding. Elke handelaar is beoordeel volgens sekere kriteria, naamlik nuwe voertuig verkope, kliëntediens (verkope en na-verkope), onderdeleverkope en die handhawing van vervaardigerstandaarde. Hulle is veral opgewonde oor hul plaaslike mark. JB’s Nissan se fokus op kliëntetevredenheid en op dienslewering dwarsdeur die hele lewenssiklus van hul kliënte se voertuie, het gelei tot die sukses wat reeds behaal het. “Ons is egter gedurig nog besig om te leer en probeer voortdurend verbeter op ons dienslewering. "Ons deel graag hierdie opgewondenheid met ons huidige en voornemende kliënte en is van mening dat dit meehelp om ‘n positiewe omgewing te bewerkstellig, selfs in ‘n neerdrukkende ekonomiese klimaat.” Die voertuigsegment waarin daar tans die meeste groei is, is die klein/medium SUV en sogenaamde ‘crossover’ mark. “Ons verwagting is dat dit al duideliker in die verkoopsyfers sal reflekteer soos wat die vraag
Hello Datsun Go... Die splinternuwe buksie, die Datsun Go, is onlangs in Suid-Afrika vrygestel. Hierdie voertuig se tweede reeks het onlangs hier geland en daar word voorspel dat hy net so gewild soos sy voorganger sal wees. Hierdie voertuig is ideaal vir 'n jong en groeiende familie. Hy is ook sakpas en behoort goed in te pas by jou begroting.
Die plus-weergawe sal weer sy eie unieke sub-afdeling binne die A-segment en laer B-segment vorm. Dit bied die motoris uitstekende waarde vir geld, brandstofverbruik en onderhoud. Nie net dit nie, maar die Go+ Paneelwa sal ook hier vrygestel word, net reg vir die entrepreneur wat 'n bietjie meer spasie benodig.
10
Gewigoptel: Gesin van staal Die Phillips-gesin is 'n gesin van staal. Hoe dan anders met broers en ‘n suster wat baie vinnig opgang binne die sportwêreld van gewigoptel maak, ‘n pa as hul afrigter en ‘n ma wat nie net sekretaresse van die klub is nie, maar ook van haar eie kampioene. Willem, wat vandag as internasionale afrigter en skeidsregter optree, het in 1994 in gewigoptel begin belangstel. Hy het aanvanklik gedink dis gevaarlik, tot Andrew Jacobs wat later sy afrigter geword het, vir hom die teendeel bewys. Vandaar het hy een kampioenskap na die ander ingeryg en met goud in sy onderskeie afdelings weggestap. Willem het onder meer die groen en goud by die 1999 Statebond Spele in Griekeland verteenwoordig. Hy was ook as afrigter by die Statebond Spele in 2006 in Australië teenwoordig. Vandag rig hy sy eie kinders af. Hul oudste, Llewellyn (27), het op die ouderdom van sewe aan die sport begin deel neem soos hy by kompetisies agter sy pa aangehardloop het. Hy self het ook talle rekords laat spat, maar ‘n paar jaar gelede besluit om die gewigte neer te lê. Sy jonger broer, Anrich Phillips (24), ‘n oudleerling van Schoonspruit Sekondêr, is onlangs by die SA – gewigoptelkampioenskappe as die Kampioen van Kampioene gekroon.
Hy het met ‘n liggaamsgewig van 54.9kg, in die 56kg-afdeling deelgeneem. In die opraap-en-hurksit, het hy 93kg opgetel. Hy het in 2014 die voorreg gehad om sy land by die Statebond Spele in Skotland te gaan verteenwoordig. Die jonger sussie wat nou maar eers 16 jaar oud is, is ook besig om haar gesin trots te maak. Seralize, ‘n leerling by Schoonspruit Sekondêr, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Gewigoptel Federasie gekies om haar land by die Afrika Jeug en Junior Kampioenskappe in Kaïro te verteenwoordig. Die kampioenskappe vind vanaf 8 tot 15 Desember plaas. Sy het in 2014 by Malmesbury se gewigoptelklub aangesluit om in die voetspore van haar pa Willem en twee ouers broers te volg met die hoop om net so goed soos hulle te wees. Sy is sedertdien elke jaar gekies om by die Wes-Kaapse en Suid-Afrikaanse kampioenskappe in die 45kg-afdeling mee te ding. Om Suid-Afrika in Egipte te gaan verteenwoordig, sal al haar drome waar maak. Saam met dié drome, kom talle uitgawes. Seralize is tans opsoek na borge om die droom te verwesenlik en is oortuig om hulle trots te maak. Die kampioenskappe gaan nie net haar eie talente na vore bring nie, maar dit is volgens haar ‘n geleentheid om vir die res van die wêreld te wys watter talente Suid-Afrika alles koester.
Dagboek • Calender Alcoholics Anonymous Every Wednesday 8pm at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956
West Coast Community Foundation 9 November: Annual General Meeting @ 17:00 at the Berachah Retreat Central, 26 Smuts Street in Malmesbury. Contact: Maritzca Cleofas at 022 482 1993 or info@ wccf.org.za MADD Career Day 10 November: Interested in joining the banking field as career path: MADD Career Day will then definitely be for you. Will be at Absa, Malmesbury from 09:00 till 13:00. Youth between 18 - 35 is welcome. Hosted in cooperation with Swartland Municipality Youth Office. For enquiries contact Elizma or Senobia at 022 487 9400 Die Ontelbare 48 10-12 & 17-19 November: Kom sien die ontelbare 48 met Wessel Pretorius by die Drostdy Teater. Vir meer inligting skakel 087 943 2459 of stuur 'n epos aan: info@drostdyteater.co.za Never Despair RVK 11 November: Never Despair het hulle jaarlikse Prysuitdelingsfunksie by die Wesbank Gemeenskapsaal om 19:30. Kostes beloop R100 per persoon. Paartjie-kaartjies is R180,00. Die All Sound orkes tree op Vir navrae kontak: Monray January by 078 619 8164 Sarah Theron 11 November: Sarah Theron is te sien in Storm in 'n D-cup. Vind plaas by Die Herberg, Jacobsbaai. Vertoning begin 18:30 vir 19:00. Kostes beloop R250 per persoon wat 'n 3-gang maaltyd insluit. Kaartjies beskikbaar by Sanet 083 633 6262 Meiring Primer 11-12 November: Meiring Primer hou karnaval op hul skoolgronde te Riebeek Kasteel. Toegang vir volwassenes is R10 en R5 vir kinders. Vrydag begin die verrigtinge om 16:00 tot 24:00 en Saterdag vanaf 15:00 tot 23:00 Vir navrae kontak die skool by 022 448 1393 Darling College Golf Day 12 November: Come join in the golf day at the Darling Club. American Scramble. Maximum of 2 / min 1 beginner in a 4 ball. Staggered start at 9:30. Cost : R250 per person or R1000 per four ball. Contact : Wilna de Clerk 0826553208 / wilna@grootepost.co.za or Darling Gholf Club at 022 492 3013 CCHS Awareness Day 12 November: It is CCHS Awareness Day. Join us as we take the streets. Start at 10:00 from the St Thomas School with music, jumping castle, food stalls fun activities, lucky draws and prizes to win. R10 per person. Come show your support. For further information contact Liezel at 072 445 3650 or Christopher at 082 604 7023 Evoo Expo 12 November: Come join us for the Extra Virgin Olive Oil Trade Expo at the Olive Boutique in Riebeek Kasteel For further information : www.evoo.co.za Riebeek Valley CPF 16 November: The Riebeek Valley CPF have their Annual General Meeting at 19:00 at the POP Centre in Riebeek Wes KANSA 16 November: Kansa vrywilligers van Yzerfontein bied 'n Kansa kliniekdag aan in die ACVV huis vanaf 9:00 tot 12:00. Vingerprik @ R60, Borsondersoek @ R80 en Papsmeer vir R200 is hier beskikbaar. Bespreek betyds by Trudy - 082 814 8524 Never Despair RVK 17 November: Never Despair hou hulle Algemene Jaarvergadering om 19:30 by St Thomas Primer. Vir navrae kontak: Kaza Pieters by 076 690 6520 St Michaels Primer 18 & 19 November: Funfair/Pretpark op St Michaels Primer sportgronde. Vrydag om 15:00 tot laat en Saterdag vanaf 15:00 tot 24:00. Kaartjies vir ritte is reeds beskikbaar by opvoeders. Toegang is R10. Verskillende kompetisies gaan gehou word. Navrae : 022 485 7101 Windriders RVK 19 November: Windriders RVK hou hul jaarlikse beker-
NUUS • NEWS
9 November 2016
uitdeling en jaareindfunksie te Moorreesburg Skousaal om 17:00. Kaartjies is R70 per persoon en kan verkry word by J Fortuin - 072 896 9721 Evita se perron 19 November: Evita se perron present The Lyzyrd Kyngs at 19:00 (show starts at 20:00). R120 per person For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita. co.za Malmesbury Aglow 19 November: Malmesbury Aglow are meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Joshua Mutemeri will be speaking. Refreshments will be served. Everyone is welcome. Enquiries - please call Elaine Walker 072 590 6636
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 13 November - Sondag-oggenddiens om 09:30 en die prediker is Past Piet Smit met die titel: God werk en wie kan keer. Sondagaanddiens om 18:30 met Past Piet en die Woord getiteld: God se besorgdheid - ons aandeel Navrae: 073 447 2902. Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar 13 November: De Waal Esterhuizen preek Sondag om 9:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Volgende diens sal 13 November om 09:30 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
NUUS • NEWS
11
9 November 2016 DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@abcpartytjies. co.za #2393 GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ens. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 GELUKWENSING CONGRATS
CHRISSIE, baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is en goeie gesondheid vorentoe. Geniet die dag. Jou man en kinders #3100 -----------------------------GUESS WHO IS TURNING 3 ON 11 NOVEMBER
JOSHUA CUPIDO Happy birthday. Hope you have a great day. Lots of love. Mom & Daddy #3093 ------------------------------Happy birthday Josh. From - Ouma's, Oupa's and everyone at Spur #3094 ------------------------------KYK WIE VERJAAR 7 NOVEMBER
Baie geluk Ouma se blompot. Lekker verjaar. Baie lief vir jou. Ouma, Oupa, Pa en Boeta #3095 ------------------------------Geluk CHRISZAAN met jou geboortedag. Mag die Here jou seën. Met baie liefde - Peetma Fredeline & GuiLermo #3096 -------------------------------
Baie geluk JESCIA met jou verjaardag op 7 November. Mag God se seëninge oor jou pad kom. Baie liefde Jou werkmense #3104 ------------------------------Jescia, baie geluk met jou verjaarsdag . Mag elke dag vir jou vol sonskyn wees. Baie lief vir jou - Candice Logen #3105
JAYDENE - Geluk Ouma se poplap met jou verjaardag op 12 November. Lief vir jou. Van: Ouma's, Oupa's, Ouers en familie #3097
JANIQUE, geluk met jou kroonverjaardag op 10 November. Bly so oulik. Mag Liewe Jesus jou nog vele jare spaar. Ouma's, Oupa's, ouers en familie #3098
Raai wie is ses op 8 November. Geluk met jou verjaardag. Mag daar nog baie wees vir jou. Liefde - Ouma Hester #3101
Veels geluk NIAH SURI DAVIDS, met jou kroonverjaardag op 7 November. Ons is baie lief vir jou - Anneline, Delwayne en Delvego #3102
DELWAYNE BARON, geluk met jou verjaarsdag op 8 November. Hoop jy het jou dag geniet Anneline en Delvego #3103
Aan my vrou LOVENDA PIETERSEN. Veels geluk, alle seënwense vorentoe en mag God jou seën - Randall, Keanu en Cayleb #3106
6 November was ons huweliksherdenking. Dankie vir alles en dankie dat God ons bymekaar gevoeg het en ons anker is #3107
It was your birthday with well wishes and surprises. May God bless you abundantly. Love your sister and Brother #3108 -------------------------------Nadia ek wens jou gesondheid toe, Hoop jou dag was spesiaal. Geluk my Kind van jou ma Georgina #3109 ----------------------------Nadie, hoop jou toekoms is gesaai met die liefde van God en jy hou Sy hand tot aan die einde. Liefde Abrahams gesin #3110 -------------------------------Nakes jou niggies en neefies se noemnaam vir jou, alles van die beste hoop jy hou die blink kant bo. Geluk CUZZIE #3111 -------------------------------Hoop die vrede van die Here is met jou tot aan die einde. Van Syster gesin #3112 ------------------------------Ons bid dat jy altyd in die voetspore van God sal wandel. Geluk Nadia van Ouma Tina, Oom Johny en Olivia #3113 -------------------------------We hope that the things you set as goals you will achieve. Hope you had a blessed day. From the Ben Family #3114
MICKYLA - Nege op 12 November Baie geluk. Lekker verjaar en bly die pragtige meisiekind - Ma, broer, ouma tannie, Carl, Charmaine, Candice en Clayton #3115
RAAI WIE WORD 21. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy geseënd wees. Liefde - Mammie, susters en familie #3116
BRENDA (Poppie) Veels geluk met jou 40ste verjaarsdag op 11 November - Van jou geliefde #3121
Guess who's six months today? JAYDEN JOWAAN MIGGEL. You are our little blessing and we love you. From mom Maxie, daddy Pensie. #3120 ------------------------------Vandag is ses maande alreeds verby en nogsteeds is jy ons klein seëning .van Rona en Johan #3121 -------------------------------Hierdie liefste klein lyfie is vandag 'n volle ses maande. Grootman. Lief vir jou Antie Jaysley #3122 ------------------------------Ses maande se vreugde in ons huis. Net jou glimlag maak ons lewe vol. Van Ouma, Oupa en kinders #3123 ------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM
JOHANNES FORTUIN. 13 November 2015 - A year you were called home. Missing you so much. From your wife Lydia, Jacques, Rochelle and Levy #3117
BÊREND VAN ROOYEN (Ben). Pa se derde verjaardag op 11 November weg van ons. Mis Pa baie Juliana, Stephen, Pieter, Dinah en kleinkinders #3118
GERT CROY - Tweede verjaardag op 9 November weg van ons. Mis jou grappe, vaderskapliefde en omgee. Marie, kinders, pleegkinders, kleinkinders, agterkleinkind, familie en vriende #3119
Smith Familie sê dankie vir u ondersteuning tydens hulle verlies #3099
MARK VAN DER WESTHUIZEN - 10 November 2016 reeds twee jaar van ons geskei. Die verlange is groot. Mooi herinneringe het ons. Jou moeder, Charlotte, broers, susters en kleinkinders #3123 STERFGEVAL OBITUARY
Wyle Angeline Coetzee (Lena) - Troosdiens op Woensdag, 9 November om 19:00 by VGK Kerk. Begrafnis: Saterdag, 12 November om 10:00 by Myrtlelaan 10 en die diens om 11:00 by VGK Kerk #3124
LOUISA ARENDSE Roudiens: Woensdag, 9 November - Volle Evangelie Kerk om 19:00. Begrafnis: Saterdag, 12 November. Huisdiens om 09:00 - Slegs vir familie en Kerkdiens om 10:00 by Volle Evangelie Kerk #3126 ----------------------------TE HUUR TO LET Een-vertrek (bachelor) lugverkoelde woonstel in middedorp van Malmesbury te huur @ R2 160,00 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Monique vir aansoekvorm by 022-4821101 #3122 -----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123 ------------------------------Huis te huur MALMESBURY R16000.00 per maand. Baie netjies in baie goeie area. 4 Slp, 2 bdk, groot leef areas, swembad, 4 motorhuise en buitekamers. Krag en water uitgesluit. Streng kwalifikasie word gevolg. Beskikbaar 31 Januarie 2017. Skakel Theresa 082 552 4848 TE KOOP FOR SALE Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak,aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 -----------------------------MOTORHUISVERKOPING- Malmesbury - Dele van kombuiskaste, restauranttafels,
kinderfietse,speelgoed, glas kamerverdeler, klein wasbak en nog vele meer. Kontak083 234 6615 of 082 850 3133 #3128 ----------------------------Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis @R55/kg asook Snoek. Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871
courant
dié
12
Tel: 022 487 3221
•JOHAN GROET HAAITENK
Nog 'n Du Toit in 'n streeptrui te sien
Die Du Toit-broers van Riebeek-Kasteel draf eersdaags saam uit vir die Stormers. Johan du Toit (20), jonger broer van die bekroonde SA Rugbyspeler van die Jaar, Pieter-Steph, het op 1 November by die Stormers aangesluit. Hy was vir die afgelope drie jaar by die Sharks waar hy as flank gespeel het. Die WP het Du Toit onlangs met ‘n kontrak van drie jaar genader, wat hy aanvaar het. Du Toit het aan die courant gesê hy is baie opgewonde hieroor en kon nie die aanbod van die hand wys nie. Hy is baie bly om weer nader aan sy gesin en die plaas te wees. Hy sal weer as flank en agtsteman vir die Stormers uitdraf. Du Toit het sowat drie maande gelede ‘n kniebesering opgedoen, en behoort eers teen Maart volgende jaar sy eerste wedstryd vir die Stormers te speel. Hy is tans druk besig om te oefen, voor te berei en fiks te word vir die jaar wat voorlê.
Jaers laat die stof staan
Koegelenberg in aksie op die baan. Nicky Koegelenberg, eienaar van Pick n Pay Riebeek Vallei, is nie net ‘n bobaas besigheidsman nie, maar ‘n motorwedrenjaer van formaat. Koegelenberg, voorsitter van die Tygerberg Racewayklub, het die afgelope naweek aan die derde been van die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe (SA1) by die Tygerberg Raceway ovaal grondbaan in Kraaifontein deelgeneem. Koegelenberg het in tweede plek met sy Ford
Fiësta in die Hotrod-afdeling gekom. Sy spanmaat Hendrik Beets het in 3de plek geëindig. Dylan Nel, van Malmesbury en dus ook van die Swartland, het vanjaar ‘n eerste plek met sy Opel Corsa in die afdeling losgejaag. Hy het verlede jaar sy skoolloopbaan by Hoërskool Swartland voltooi. Nel is 4 Desember na Pretoria op pad waar hy sy trofee en nasionale kleure sal ontvang.
SPORT
NUUS • NEWS
9 November 2016
9 November 2016
Sportuitslae
Malmesbury Gholfklub Woensdag, 2 November: Enkel Stableford Koos Loots 22, Lindsay Meyer 22, Marais Erasmus 20, Gerhard Immelman 19, Edmund Petersen 19 Vrydag, 4 November: Enkel Stableford Cara Vlok 20,Eben Lingeveldt 19, Martin Lesch 19, Neels Welman 18 Saterdag, 5 November: Never Despair Gholfdag - Beterbal Stableford : M Felix & H Swarts 50, Pat Cornett & Willem Beukes 49; John Smith & Freddie Pennels 49; Dean Josephus & Williem Beukes 47; Natie Smith & Jacques Cilliers 47; Wynand van Niekerk & Andre Ackerman 47; Peter Willemse & Eben Lingeveldt jnr 47 Porterville (70) : Samespel-stableford : P Viljoen en C C van der Merwe 48; C Lochner en A Lochner 46; P Gelderblom en A von Wielligh 46; E le Roux en N Ras 45; H Venter en C Viljoen 44 Malmesbury Krieketklub Worcester United kolf eerste en teken aan 208. Beste boulers was Sergio Rooms met 3/38 en Edwin Leander 2/34. MKK gaan kolf en teken 96 aan. Beste kolwers Sergio Rooms 23 en Devon Smith 15. MKK verloor met 112 lopies. Malmesbury Tennisklub Groot Uitdaag Liga Mans: Malmesbury A verloor teen Country Club 4 wedstryde teen 2 Braam Isaacs v Gustav Lemmer 5-7/3-6;
Sports results Dmitri Marais v Cameron Slabbert 6-1/36/4-10; James Howard v Pierre Montgomery 5-7/0-6; David Isaacs k Paul Coetzee 3-6/60/10-7; Braam Isaacs & David Isaacs k Gustav Lemmer & Cameron Slabbert 6-0/6-2; Dmitri Marais & James Howard k Paul Coetzee & Pierre Montgomery 6-7/5-7 4de Liga Mans: Malmesbury B wen Paarl B 5 wedstryde teen 0 Kristoff Isaacs k Derrick Davids 7-5/6-0; Jarryd Howard k Francois van der Bank 6-1/6-0; Divan Robertson & Irwan Turner k Theunis Joubert & Tielman Joubert 6-0/6-0 Kristoff Isaacs & Jarryd Howard k Theunis Joubert & Tielman Joubert 6-0/6-0; Divan Robertson & Irwan Turner k Derrick Davids & Francois van der Bank 6-1/6-3 6de Liga Mans: Malmesbury C verloor teen Drakenstein 3 wedstryde teen 2 Kobus Swart k Fredall Plaatjies 6-1/6-0; DP Swart v J. Du Plessis 1-6/0-6; Johan Burger & Tiaan Petersen v J. Morgan & M. Frans 0-6/0-6 Kobus Swart & DP Swart k J. Morgan & M.Frans 3-6/6-0/10-6; Johan Burger & Tiaan Petersen v Fredall Plaatjies en J du Plessis 0-6/2-6 2de Liga Dames: Malmesbury A wen Durbanville 3 wedstryde teen 2 4de Liga vroue: Malmesbury B wen Strand 3 wedstryde teen 2.