c urant
Gratis • Free
69.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
9 November 2016
Uitgawe 395
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•KOEL SEPTEMBER LAAT OPBRENGS STYG
Graan-oes lyk belowend
Die opbrengsverwagting vir vanjaar se koringoes in die Swartland is tans gemiddeld tot bo-gemiddeld. Só sê Pieter Burger, landbou-ekonoom van Kaap Agri. Sommige produsente in die omgewing van
Malmesbury kon tot dusver aan dié courant met groot opgewondenheid sê dat opbrengste in sommige kampe van tussen vier en vyf ton per hektaar gekry is. Burger sê verder die graadverspreiding is tans ook baie goed wat beide proteïeninhoud en hektoliter-massa betref. Sowat 50% van die geprojekteerde koringoes is op 7 November reeds ontvang. Die innametempo neem nou amper daagliks toe soos koring regoor die bedieningsgebied gereed raak vir stroop. Daar is ook sprake van ‘n verlengde oesseisoen. Volgens Burger het die reën wat in September geval het, die seisoen verleng. Dit het weer op sy beurt beter korrelmassa en dus ook beter opbrengs tot gevolg gehad het. Die koring wat vroeg op die Wes-Kaapse Landboudepartement se proefplaas, Langgewens buite Moorreesburg, aangeplant is, het 4.3 ton per hektaar gemiddeld gegee, sê dr. Johann Strauss van die landbou-departement op Elsenburg. Hy sê die koring wat einde Mei vanjaar geplant is, se opbrengs is wisselend en het tot dusver tussen drie en vier ton per hektaar, afhangende van die stelsel, opgeDie oes van perskes en nektariens is tans in volle swang op die lewer. Landbouers is nog plase Môreson en Ebenhaezer van Johan Vlok op Riebeek-Kasteel. Hulle voer onderskeidelik na die Midde-Ooste en Europa uit. druk besig om te oes en Vrugte word ook plaaslik onder hul eie handelsmerk, Kasteelberg sal daar na verwagting verkoop. Volgens Vlok is daar met verlede se seisoen 110 000 teen die einde van dié boksies na die buiteland uitgevoer en 40 000 lokaal. Hier is Sha- week meer akkurate en finale opbrengste hied Brown besig in die boorde. bepaal kan word, voeg
Persketyd in Vallei
David Booysen van Kaap Agri help om die vrag koring by die graan- silo's op Malmesbury af te laai. Produsente van die Swartland is druk besig om koring te oes. Vragmotors staan in rye soos daar gewag word om koring af te laai vir berging. hy by. “Ons is opgewonde oor die laat-koring. Die koel September het baie gehelp om die opbrengste te lig.” Hy sê die jaar se reënval was beter as verlede jaar, maar dat dit steeds minder as die langtermyn gemiddelde was. Bouwer Rall van Kaap Agri se graansilo's, sê hulle het reeds 25% van die verwagte oes ontvang. Volgens hom is daar nog ongeveer vier produsente wat hierdie week sal begin oes. Daar is vir die hele bedieningsgebied reeds 56% van die verwagte oes ontvang. Rall sê die opbrengste is beslis baie beter as verlede jaar. Hy voeg by dat die koring se graad ook baie beter is as die langtermyn-gemiddeld. Kanola opbrengste is ook goed met enkele uitsonderings van kampe wat onder verwagting presteer het. Meer as 75% van die kanola-oes is reeds ingesamel.
NUUS • NEWS
9 November 2016