c urant
Gratis • Free
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
71.5%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
26 Oktober 2016
Uitgawe 393
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Tel: 022 487 3221
Griesel se foto's by interklub
Onder die inskrywings van die Swartland Fotografieklub vir die Wes-Kaap interklubkompetisie Vrydagaand by Sanlam in Bellville, is twee van Neill Griesel. Hierdie foto genaamd Pas de trois het hy op perspex afgeneem om die spieëlbeeld te kry. Griesel, 'n boorling van die destydse Noord-Rhodesië (nou Zambië), het op Phalaborwa grootgeword. Hy het in Engeland opleiding ontvang as perdry-instrukteur en hom 35 jaar gelede by die High Flyer Thoroughbredstoet van die Eckert-egpaar, Gernot en Beryl (bekendes in perdewedrenkringe), oorkant Camphill Village aangesluit. Griesel is twee weke gelede in 'n rooftog op dié kleinhoewe oorlede. Sy lewensmaat, Peter Henochsberg, het aan dié courant vertel dat Griesel 'n uitgebreide kennis van perde gehad het en 'n natuurliefhebber was. "Hy was baie saggeaard en totaal skadeloos. In sy fotografie was hy 'n perfeksionis wat eers baie goed beplan het voor hy enige foto neem. Hy het veral van 'Table Top'-fotografie en landskappe gehou." Henochsberg is ook 'n lid van die Swartland Fotografieklub en het ook reeds verskeie suksesse behaal in fotografie-salonne. Hy het Maandag gehoor die foto (inlas) wat hy van Griesel geneem het, is in die portretafdeling vir 'n salon aanvaar.
• R5.5 MILJOEN VAN RSEP-FONDSE GEBRUIK
SM knap parke op Twee parke op Malmesbury word nou opgegradeer teen 'n koste van R5.5 miljoen. Die Alfastraat-park in Saamstaan en Holomisa-park in Illinge Lethu in Malmesbury-Wes geniet nou aandag as deel van die RSEP (Regional Socia-Economic Project) se inisiatief. Dit behels die opgradering van die openbare geriewe in geïdentifiseerde areas om sosiale en ekonomiese opheffing te bewerkstellig. Die opgradering het reeds in Julie vanjaar aanvang geneem en as alles volgens plan verloop, behoort hulle teen Maart aanstaande jaar die projek te voltooi.
JK Basson van Darling weer SA se meestersuiwelboer
Die omvang van die werke is in oorleg met die Uitvoerende Raad van Belanghebbendes (gemeenskap-verteenwoordigers) bepaal, en behels die aanbring van speelruimtes, ‘n ontspanningsarea en ‘n veeldoelige sintetiese veld. Die Wes-Kaapse regering het in 2015 aangekondig dat Swartland Munisipaliteit een van slegs vyf munisipaliteite is om 'n bedrag van R20 miljoen te ontvang vir ontwikkeling en sosiale projekte. Onderliggend aan die RSEP-program is die bemagtiging van gemeenskappe deurdat hulle inkoop in die proses en eienaarskap van hulle
Malmesbury Sakekamer-finaliste bekend
gebiede aanvaar. Die R20 miljoen wat aan die munisipaliteit benoem is, sal oor 'n tydperk van vier jaar uitbetaal word. • Intussen het die Swartland Munisipaliteit nog 'n trofee by die lys van toekennings gevoeg. Dié munisipaliteit is Vrydagaand aangewys as die naaswenner in die Wes-Kaap in die Groenste Munisipaliteit-kompetisie. Swartland het in 2007 koning gekraai toe hulle aangewys is as die nasionale wenner van die Skoonste Munisipaliteit-kompetisie.
Jo-Dolphin nou tuis in hul nuwe veilige hawe
NUUS • NEWS
26 Oktober 2016