Skip to main content

Die courant bergrivier 24 aug 2016 384

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

60.3%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

24 Augustus 2016

Uitgawe 384

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Interskole-stryd Die Zebras van Piketberg Hoërskool en Porterville Hoërskool se Bulle het mekaar Saterdag opgeweeg in die twee skole se jaarlikse interskole-kragmetings. Op die netbalbaan het die span van Porterville koning gekraai en Piketberg met 28-20 verslaan. Op die rugbyveld het Piketberg weer die kroon gespan het Porterville met 22-19 geklop. Sien nog foto's op bladsy 8 en 9.

• KULTIVARS SKITTER BY TALLE SKOUE

Streek se wyne tops Plaaslike wynkelders in die Swartland het weer eens beïndruk tydens vanjaar se Swartland Jongwynskou. Die agt lede wat aan die 2016 Jongwynskou deelgeneem het, spog met 7 goue, 24 silwer en 51 brons medaljes. ‘n Verdere 21 klaswenners is aangewys vanuit die goue en silwer toekennings. Hulle staan as toonbeeld in hul onderskeie kategorieë. Die Swartland Jongwynskou, aangebied deur die Swartland en Santam Wyn- en Olyfroete, vorm deel van die plaaslike aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou, waarvan die uitslae op Saterdag, 20 Augustus 2016 tydens ‘n funksie by KIKS vrygestel is. Vanjaar se uitslae is tydens ‘n prysuitdeling by Delsma Onthaalsentrum buite Hermon gevier. Volgens Zakkie Bester beteken die Jongwynskou vir ‘n wynmaker meer as net bemarking. Hy sê die jongwynskou is tegnies van aard wat wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen dié van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets.

“Die uitslag dien as ‘n goeie riglyn, veral wanneer nuwe snitte en kultivars uitgetoets word en die versekering gee of ons op die regte pad is of met die regte kultivars speel.” In die Swartland-streek kom wyne met silwer- en goue toekennings in aanmerking vir klaswenner-toekennings en die streek se onderskeie trofeë. Babylon’s Peak het omtrent onder die plaaslike trofee-wenners gepronk. Die Babylon’s Peak gehoute Carignan het die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar Trofee, die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn Trofee, asook die ABSA Groot Kampioen Trofee ingepalm. Dié kelder het ook die Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir ‘n gehoute Pinotage ingeryg. Hulle is ook as die klaswenner in klas 76: Enige ander rooi enkel kultivar, tydens die Nasionale Jongwynskou gekroon. Darling Cellars se gehoute Chenin Blanc het op sy beurt die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee, asook die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee gewen.

Die gehoute Chenin Blanc het ook twee goude medaljes by die afgelope naweek se nasionale jongwynskou verower, terwyl hul gehoute Pinotage ook een goud losgeslaan het.. Die Gert Kotzé Kampioen Shiraz Trofee vir ‘n gehoute Shiraz het vanjaar aan Riebeek Kelder gegaan. Hulle het ook die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee vir ‘n Cape Ruby en die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar Trofee vir ‘n ongehoute Viognier huis toe geneem. Volgens Zakkie Bester, voorsitter van die Swartland-wynskouvereniging, is die resultate van die 2016 oesjaar ‘n aanduiding van die Swartland wynmakers se deursettingsvermoë ten spyte van talle uitdagings. “Die 2016 oesjaar was besonder uitdagend as gevolg van uiterste klimaat-toestande, spesifiek met betrekking tot die min reën en warm dae en nagte. "Die wynmakers van die Swartland het egter bewys dat hulle onder enige omstandighede goeie wyn kan produseer, en dat hierdie kuns in ‘n groot mate afhang van hoe toegewyd jy is en hoe goed jy jou wingerde ken.”

NUUS • NEWS

24 Augustus 2016


NUUS • NEWS

2 Kontak ons by 022 487 3221 of besoek ons Facebook-blad vir al die sportfoto's van die afgelope naweek!

24 Augustus 2016

• VLAKKE STEEDS LAAG

Waterbeperkings geld steeds Ten spyte van die goeie reënval, is die vlak van die Voëlvleidam en die ander damme wat deel uitmaak van die groter Wes-Kaapse waterskema, steeds kommerwekkend laag. Tensy die damvlakke teen November vanjaar wesenlik verbeter, word daar nie in hierdie stadium voorsien dat die waterbeperkings van die Swartland Munisipaliteit binnekort opgehef sal word nie. Inwoners van die Swartland word dus gemaan om steeds uiters versigtig om te gaan met hierdie beperkte hulpbron.

Die volgende maatreëls bly geld totdat daar amptelik tot die teendeel kennis gegee word: • Die natmaak/besproeiing (met drinkwater afkomstig vanuit die munisipaliteit se hoof drinkwatergeleiding) van tuine, blombeddings, sportvelde, parke, grasperke en ander oop ruimtes word verbied; • Die volmaak van swembaddens word verbied; • Die gebruik van tuinslange, bv. om harde of geplaveide areas af te spuit of om voertuie (ingesluit ontspanningsvoertuie en water-

vaartuie)te was, word verbied; • Alle outomatiese spoelurinale moet afgedra word in alle geboue gedurende tye wanneer die publiek en/of personeel sodanige geboue normaalweg verlaag. Die beperkings hierbo geld nie (1) waar spesiale vrystelling skriftelik deur die Munisipaliteit verleen word nie; of (2) waar ander bronne van nie-drinkbare water gebruik word en ‘n kennisgewing waarop die bron aangedui word, opgerig is op ‘n plek waar dit duidelik sigbaar is.

Die uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het sy

uitvoerende burgemeesterskomitee soos volg bepaal:

SM se Van Essen wys sy uitvoerende burgemeesterskomitee aan

AVBOB POLICYHOLDERS DIE COURANT & WESKUS GAZETTE AVB-CMP-02

GET A FREE

BASIC FUNERAL TO THE VALUE OF

R9 600*

PLUS • FREE transportation of the deceased within the borders of South Africa*. • A R1 000 cash upfront payment for initial expenses*. • PLUS a 15% addition to the sum assured on the main life which, if needed, may be converted into a six-month RETRENCHMENT BENEFIT*. These enhanced FREE benefits* are over and above your full policy value.

FOR MORE INFORMATION CONTACT YOUR NEAREST AVBOB BRANCH: Piketberg: Ben Sass - (022) 913 1315, 49 Church Street, Piketberg Vredenburg: Nico Smith - (022) 713 3020, 24 Proses Street, Vredenburg

For enquiries or for 24-hour funeral service assistance dial 0861 28262 1 (0861 AVBOB 1) *Terms and conditions apply. AVBOB is an authorised Financial Services Provider. *Funeral benefits only apply if AVBOB Funeral Service conducts the funeral. AVBOB is a level 2 B-BBEE contributor. FSP 20656. www.AVBOB.co.za


NUUS • NEWS

3

24 Augustus 2016

Koor: Die junior- en seniorkoor van die Laerskool Swartland op Malmesbury het saam met Henri Scott en Adam Barnard (voorheen van Romanz) die verhoog gedeel in die Halleluja SA-projek.

• 47.6 MM IN AUGUSTUS

Nog reën nodig al is dam 60% vol Daar is die afgelope week omtrent gejuig oor Wayde van Niekerk se rekord-wen in die Olimpiese Spele se 400m-item. Dieselfde kan gesê word oor die afgelope goeie reënvalsyfers en plaaslike damme wat oor die 50% en 60% vol is. Die eindstreep vir gewenste damvlakke is egter nog ver van voldoende af. Water moet steeds spaarsamig gebruik word. Die Voëlvleidam is vandeesweek 60.3%vol, waar dit verlede jaar dieselfde tyd 49.5% vol was. Volgens ‘n grafiek van die Suid-Afrikaanse weerdiens, lyk damvlakke min of meer dieselfde teenoor die vorige jaar, wat kommerwekkende lae vlakke aan die begin van die jaar tot gevolg gehad het.

Plaaslike watervlakke van onder meer Wemmershoek, Steenbras, Voëlvlei, Theewaterskloof en Bergrivier was elk in 2014 laas oor die 100% vol gewees. Volgens die reënvalsyfer op die Langgewensproefplaas buite Malmesbury, het dit Augustus vanjaar reeds 47.6 mm gereën. Verlede jaar het dit slegs 25.4 mm in Augustus gereën. Augustus 2013 toon ‘n reënvalsyfer van 115.6 mm, wat gevolg is deur 75 mm in 2014. Dus het die reënvalsyfer oor die afgelope drie jaar geweldig verminder. ‘n Gemiddelde reënvalsyfer vir Augustus in die streek is ongeveer 61.9 mm. Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens sal die res van die week na verwagting mooi en sonnige weer inhou.


NUUS • NEWS

24 Augustus 2016

courant Die Swartland is

dié

4

Padwerke:

Dié groepie manne is druk besig om Moorreesburg in en om die dorp op te knap. Hulle is tans besig met die rehabilitasie van die R311 tussen Moorreesburg en Hopefield, asook die twee aansluitings vanaf Moorreesburg na die N7. Die projek van R175 miljoen behoort teen Maart 2017 voltooi te wees. Hier is Hesham Abrahams, Clive Thomson, Willem Olivier, Marvin Josias, Keenen Harris, Stiaan Marx, Rudolf van Heerden en Regardt Pretorius. Agter is Ashley Petersen, Lucky Chamane, Gerhard Burger, Wynand Louw, TJ van der Westhuizen en Craig Delport. Foto: Ghida Visser

vol kampioene

Vat jy die pad deur die Swartland, word jy begroet deur groen koringland, golwende kanolalande en skapies wat vir jou kyk met 'n bibber in die oog. Die Swartland is nou prentjiemooi met sy wingerde wat begin bot. Nie net is hierdie streek iets besonders in sy landskap nie, maar het hy ook besonderse mense. Hy het sommer baie kampioene! In die wynbedryf is die wyn-kampioene onlangs by die Jongwynskou bekroon. Baie ander wynkelders het ook elders op ander kompetisies puik gevaar. Terug in die klaskamer spog ons met eisteddfod-wenners in talle afdelings. Die kore het gesorg vir groot opwinding toe hulle Maandagaand presteer het. Op die sportveld loop al wat 'n Rockie-ondersteuner is, nou breebors na hul puik oorwinning oor Hugenote se Blackies. Net net op die veld nie, maar ook van die veld het hulle hul goed van hul taak gekwyt en was die dag 'n reuse sukses. Wesbank Sekondêr het ook Malmesbury se naam hooggehou toe hulle die pad na Atlantis aangedurf het. Piketberg en Porterville se hoër skole het ook hul staal gewys in hul jaarlikse kragmeting. In die streek is daar soveel kampioene waarvan ons nie altyd eens weet nie. Ons loop by iemand verby, staan in die winkel agter mekaar, sonder om te weet van al die suksesse wat hy/sy al behaal het. Kampioen-mense in 'n kampioen-streek!

It’s Good News

Dr Marc Blackwell

Four rules for telling the truth “Let no corrupting talk come out of your mouths, but only such as is good for building up, as fits the occasion, that it may give grace to those who hear.” May I encourage you to communicate using “grace words?” Grace words? What are Grace Words? Those words that build up another person ... “give grace” by sharing joy, peace, love and hope. Here are 4 good “rules” Speak the truth in love. Ephesians 4:15 but speaking the truth in love, we are to grow up in all aspects into Him who is the head, even Christ. Keep Current! Ephesians 4:26-27 teaches us to focus our anger on solving the problems of our lives. Yes, you can ... “BE ANGRY, AND yet DO NOT SIN; do not let the sun go down on your anger, and do not give the devil an opportunity.” When we use anger to motivate us to deal with today’s problems today, we keep our problems current and they don’t have time to build-up. When we “put things off” to later the devil gets a foothold. Do not make excuses (do not sin) by (harbouring anger). Let your problems motivate you to communicate as soon as possible. Attack the problem, not the person, remembering that words that tear down, rip apart or hinder! So we should use Grace words that encourage others and build them up. Act but don’t react or respond to the person or to the situation or to someone’s harsh words, but rather use self control to act according to sound principles based-on the Truth of the Bible. Ephesians 4:31-32 Let all bitterness and wrath and anger and clamor and slander be put away from you, along with all malice. 32Be kind to one another, tenderhearted, forgiving each other, just as God in Christ also has forgiven you. “ “If you abide in My word, you are My disciples indeed. And you shall know the truth, and the truth shall make you free.”

Swartland Wynkelder skitter helder met Goue-toekennings Die Swartland Wynkelder skitter danksy ’n gesogte toekenningsgeleentheid nádat 14 van hul wyne goue medaljes ingepalm het. Die Goue Wyntoekennings, wat gesogte wynetikette onder ‘n R100 bevorder, is onder meer van stapel gestuur ná ‘n behoefte raakgesien is om die verbruiker te help met ‘n ingeligte besluit oor watter wyn om te koop. Met die groot verskeidenheid wyn op die rak, is daar min riglyne om die verbruiker met sy besluit te help, veral met die wyne wat teen ‘n lae prys verkoop word. Die Goue Wyntoekennings is ‘n kompetisie wat uitstekende wyn onder ‘n R100 beloon. Die wyne word boonop deur die verbruiker beoordeel gedurende ‘n blinde wynproe-sessie. Die resultate word ná die beoordeling met die prys in verhouding gebring om vas te stel of die wyne waarde vir die geld wat die verbruiker daarvoor betaal, bied. Met 14 goue medaljes, gee Swartland Wynkelder inderdaad waarde vir jou geld.

Die resultate is op 15 Augustus bekend gemaak. Die volgende wyne het goud losgeslaan: Swartland Wynmakersversameling Chenin Blanc 2016, Swartland Wynmakersversameling Chardonnay 2016, Swartland Wynmakersversameling Sauvignon Blanc 2016, Swartland Wynmakersversameling Blanc de Noir 2016, Swartland Wynmakersversameling Pinotage 2015, Swartland Wynmakersversameling Merlot 2015, Swartland Wynmakersversameling Bukettraube 2016, Swartland Wynmakersversameling Tinta Barocca 2015, Swartland Wynkelder Reserve Pinotage 2015, Swartland Bush Vine Chenin Blanc 2015, Swartland Contours Versameling Sauvignon Blanc 2016, Swartland Wynkelder Cape Vintage 2010, Swartland Wynkelder Cape Ruby (NV), Swartland Wynkelder Rooi Muscadel (NV) Nóg plaaslike wynkelders vanuit die Swartland, het goud ontvang. Ses wyne van Riebeek-Kelder is ook met goud beloon, terwyl Annexkloof se Xenna Chenin Blanc ook goud verower het.

Graan SA suksesvol met koringtarief Die hof het Donderdag in die guns van Graan SA beslis nádat ‘n dringende hofbevel verkry is wat die regering dwing om die nuwe koringtarief te publiseer. Die nuwe invoertarief van R1 591.40 per ton het reeds op 24 Mei vanjaar ingeskop. Die regering het egter gesloer met die publisering daarvan. Die hof het luidens ‘n verklaring deur Graans SA, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens opdrag gegee om die nuwe tarief nie later as Woensdag 24 Augustus in die regeringskoerant bekend te maak nie. Jannie de Villiers, die uitvoerende hoof van Graan SA het dit as ‘n hartseer dag bestempel om die regering met behulp van die hof te bestuur, maar meen dit het gelukkig

vir hulle gewerk. Dit het die betrokke staatsdepartemente 60 werksdae geneem sonder ‘n verbintenis met betrekking tot wanneer die tarief gepubliseer sal word. Verhandeling binne die Suid-Afrikaanse koringmark het byna tot stilstand geruk weens dié onduidelikhede en vertragings. Graan SA meen hulle het versekering in die bedryf nodig. Die organisasie sê verder dit is jammer dat die verbruiker nie voordeel uit die vertragings kon put aangesien die goedkoper internasionale pryse van koring tot die vermindering van broodpryse gelei het nie.

Vrouedag:

Gedurende die week van Vrouedag het die Moorreesburg SAPD, GPF, verkeer en wetstoepassing, kerkleiers, ACVV, Kwazizabantu Sending en die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) deel van bewusmakingsveldtog gevorm om inligting aan omliggende plaasgemeenskappe en op Moorreesburg deur te gee. Inligting oor alkohol, dwelmmisbruik, kinderverlating, verskillende vorms van gesinsgeweld en rolspel was deurgegee. Die fokus was om vroue te bemagtig oor die verskillende dienste wat gelewer word en die aanmelding van enige mishandeling.


NUUS • NEWS

5

24 Augustus 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

PnP Uncooked Lean Beef Mince Per kg

54

R

54

R

PnP Uncooked Stewing Beef Bone in Per kg

BUY ANY 2 FOR

30

R

PnP Pies Assorted (Excluding Burger Pies)

10

75

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg

Blue Ribbon Toaster White Bread 700g

WAS 47.99 NOW R38

38

90

WAS 44.99 NOW 34.90

Rama Spread for Bread 40% Fat Spread 1kg Tub

SMART SHOPPERS GET

R50 OFF

YOUR NEXT SHOP IF YOU SPEND R500 OR MORE.* *Exclusive to Smart Shoppers. Swipe your card to receive your voucher on your till slip. Offer valid from 23 - 28 August 2016. Terms & Conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE

PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet

BUY ANY 2 FOR

Danone NutriDay Low Fat Fruit Yoghurt Assorted 1kg

16

90

BUY ANY 2 FOR

Fair Cape Eco-Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

BUY ANY 2 FOR

59

90

44

R

25

+

+

PnP Tomatoes Bulk Pack 2kg, Washed Potatoes 2kg, Carrots 1kg, Avocado 2s and Queen Pineapple

100

R

BUY ANY 4 FOR

Cadbury Chocolate Slabs Assorted 80g

BUY ANY 3 FOR

+

BUY ALL FOR

R

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

+

33

R

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

18

90

Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g

12

R

Bokomo Weet-Bix 900g

WAS 44.89 NOW 34.90

VALUE PACK PRICE PER NAPPY

Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+48s Size 5 44s

37

90

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 10s

– R2.63 – R2.22 – R2.31 – R2.41 – R2.63

Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

WAS 126.90 NOW 115.90

SAVE R87

Equates to 32.70 each

BUY 3 FOR

98

R

Skip Intelligent Auto Washing Powder 2 kg

Richelieu Brandy 750ml

WAS 135.95 NOW R115

Heineken Lager Slimline Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 25 - 28 AUGUST 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. MMWWCHS114

WAS R249 NOW R209


NUUS • NEWS

6

Dagboek • Calender

Malmesbury SAPS 25 Augustus - Gemeenskap Polisiering-vergadering om 19h00 by St Thomas Skoolsaal. 30 Augustus - Gemeenskapsvergadering om 19:00 by St Thomas Skoolsaal - Gaan oor die stygende misdaadsyfer in die Wesbank omgewing. Malmesbury Volwasse Onderrig (MAVOS) Graad 12-inskrywings vind plaas tussen 9:00 en 15:00 by die MAVOS-kantoor by Schoonspruit Sekondêre op Malmesbury.Vereiste is afskrif van ID dokument. Sluitingsdatum : 31 Augustus 2016 Kontaknommer 022-4864541 vir enige navrae. Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus: Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert om 16:00. Navrae: Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@telkomsa.net Aurora Skou 3 September 2016 met verskeie kunstenaars en aktiwiteite. Navrae : Carika Fourie 073 443 2010 / Rae Smit 083 356 8626 of auroraskou@gmail.com Windmeul Kelder Waterblommetjie Fees 2016 op 3 September om 08:00 - 16:00 Navrae : 021 869 8100/ liza@windmeul.com Darling Kollege - Lentedans

3 September vanaf 7nm te NG Kerksaal, Darling. Musiek deur DJ Pro Entertainment en Willie Nel. Kontant kroeg en versnapperinge beskikbaar. R60 pp toegan.

Kontak : Jacqui by 022 492 3429

24 Augustus 2016

audience with Pieter-Dirk Eish! 24 September@ 14:00 Adapt or Fly and @ 19:00 An evening with Evita 25 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus Valley Christian Fellowship 11 September at 6:00 pm @ St Thomas School Hall, Malmesbury. Special service with the theme : For Better or worse Enquiries : Cedric v/d Westhuizen 072 540 6785 Village Market in Riebeek West 3 & 17 September 2016 Algemene Jaarvergadering - Elkana 20 September om 18h00 vir 18h30 by Elkana Sentrum, Jasmynstraat Navrae : 022 486 4178 Yzerfontein Galjoen Derby

24 September 2016

Navrae : Gawie Steyn 083 379 6044 St Thomas Primary School Heritage Day - Old School Jol Friday, 23 September at St Thomas School Hall. Bring your own tjop & ... and picnic basket. Braai facilities and wood will be free. From 18h30 till late Admit : R50 single Swartland Country Market 8 October at Stone Cottages Kirstenbosch from 10 am - 4pm Contact : Malmesbury Tourism 022 487 1133 Darling College Golf Day 12 November: Contact : Wilna de Clerk 0826553208 / wilna@grootepost.co.za

Evita se Perron (Darling) 2 September @ 19:00 Evening with Evita Bezuidenhout 3 September @ 14:00 An audience with Pieter-Dirk Eish! and @ 19:00 PDU Unpowdered : The Echo of a Noise 4 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus 10 September @ 12:00 PDU Unpowdered : The Echo of a Noise 11 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus 17 September @ 14:00 Adapt or Fly 18 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus 21 September @14:00 Evita's Spring in the Swartland 22 September @ 14:00 Evita's Spring in the Swartland 23 September @ 14:00 Evita's Spring in the Swartland and @ 19:00 - An

Malmesbury Toyota Prestige Corporate Classic 2 Des - R2400 per 4-bal. An Etios 1.5 Xs HB to be won for a hole in one on the 13th hole. Enter now and join in a fun Swartland day. Contact 022 487 1288 or clubmanager@cornergate.com

AGS Corpus Christi, Malmesbury 28 Augustus - Sondag-oggenddiens om 09:30. Prediker Past. Piet Smit en Sondagaanddiens om 18:00 met die prediker Robert Moreland Navrae: 073 447 2902.

Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

Kerke • Churches

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm

Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar) Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste-kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@diecourant.co.za gestuur word vir plasing.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812 Shofar De Waal Esterhuizen preek op 28 Augustus om 9:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 4 September om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.


NUUS • NEWS

24 Augustus 2016

7


NUUS • NEWS

8

Piketberg wys hul staal op rugbyveld

24 Augustus 2016

Die spanne van Piketberg Hoërskool en Hoërskool Porterville het Saterdag meegeding in die skole se jaarlikse interskole. Piketberg se o.19A-rugbyspan het met 22-19 geseevier. Links is Ané Nelson (hoofdogter), skoolhoof Marius Scholtz en Louwrens Laing (hoofseun). Bo bring die rasieleiers van Piketberg die gees na die dag. Regs oorhandig Porterville-skoolhoof, Willem Engelbrecht, die wenskild aan Piketberg se kaptein, Ferdie Jonker.

Nathan Williams van Piketberg gee die bal sekuur uit, terwyl Wilhelm van der Merwe hom ondersteun.

Bo: Thana Stephan (kaptein), Hanri van Zylvan Piketberg met hul gelukbringer, Li-Zay ElanPuttick vir die dag voor die eerste netbalspan se kragmeting.

Austin Hanse van Piketberg pak die pad na die doelpale aan met Seth Luyt (links) en Matthew Luyt (regs) wat hom ondersteun.

Die spanne neem die veld voor die afskop. Regs: Piketberg se rasieleiers het die skare opgesweep en hulle ekstra hard vir hul spanne laat juig.

Nicki van der Westhuizen van Piketberg word gestuit net na die bal sy hand verlaat.

Regs: Marelize Myburgh van Piketberg strek om ‘n bal vas te vat.


NUUS • NEWS

9

24 Augustus 2016

Porterville kraai koning op netbalbaan

Lene NortjĂŠ (sjampanjenooi) en Armand Fourie (rasieleier) het die gees aangevuur. Regs: Riandri Oosthuizen, Lee Chabalala, Anja Ontong, Ayecha Philander (Bul), Shaan-D Ockhuis.

Bo: Donny van Zyl voer 'n duikslag uit. Porterville se gelukbringertjie het haar goed van haar taak gekwyt en gehelp dat Porterville die netbal-beker wen.

Regs: Jana Janse van Rensburg van Porterville soek ondersteuning.

Heellinks: Janco Kersop beur voort met die bal in sy hand, terwyl Hein-Paul Cruywagen langs ondersteuning bied. Links en bo: Dewaldt Janse van Rensburg het goed aangeval en verdedig.


NUUS • NEWS

10

24 Augustus 2016

Babylons Peak beïndruk by Swartland Jongwynskou Links: Die span van Riebeek Kelder het die Gert Kotzé Kampioen Shiraz Trofee vir ‘n gehoute Shiraz, die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee vir ‘n Cape Ruby en die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar Trofee vir ‘n ongehoute Viognier tydens die Swartland Jongwynskou gewen. Van links staan Eric Mnyango, Tharien Hansen, Alecia Boshoff, Wouter Loubser en Thembile Ntloko met Themba Msitho, Eric Saayman en Ricardo Fortuin heel voor.

Bo: Kobus Basson (regs) en sy seun Stephan, eienaars van Babylon’s Peak Privaat Kelder staan met die trofeë wat hulle tydens vanjaar se Swartland Jongwynskou ingepalm het, naamlik die Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir ‘n gehoute Pinotage, die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar Trofee, die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn Trofee en die ABSA Groot Kampioen Trofee.

Darling Kelder het die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee en die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee ingepalm tydens die Swartland Jongwynskou. Van links staan Bertrum Titus, Henry van Rheenen, Anthony Meduna (wynmaker), Riaan de Waal en Carel Hugo(wynmaker) met Maggie Venter (wynmaker) en Pieter- Niel Rossouw (hoofwynmaker) voor.

Plaaslike wynkelders het weer eens beïndruk tydens vanjaar se Swartland Jongwynskou. Die agt lede wat aan die 2016 Jongwynskou deelgeneem het, spog met sewe goue, 24 silwer en 51 brons medaljes. ‘n Verdere 21 klaswenners is aangewys vanuit die goue en silwer toekennings, en staan as toonbeeld in hul onderskeie kategorieë. Volgens Zakkie Bester, voorsitter van die wynskouvereniging, beteken die Jongwynskou vir ‘n wynmaker meer as net bemarking. Hy sê die jongwynskou is tegnies van aard wat wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen dié van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets. “Die uitslag dien as ‘n goeie riglyn, veral wanneer nuwe snitte en kultivars probeer word en gee versekering of ons op die regte pad is of met die regte kultivars speel.” In die Swartland-streek kom wyne met silwer- en goue toekennings in aanmerking vir klaswenner-toekennings en die streek se onderskeie trofeë. Die Babylon’s Peak se gehoute Carignan het

die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar Trofee, die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn Trofee, asook die ABSA Groot Kampioen Trofee ingepalm. Die kelder het ook die Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir ‘n gehoute Pinotage ingeryg. Hulle is ook as die klaswenner in klas 76: Enige ander rooi enkel kultivar, tydens die Nasionale Jongwynskou gekroon. Darling Cellars se gehoute Chenin Blanc het op sy beurt die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee, asook die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee gewen. Die gehoute Chenin Blanc het ook twee goue medaljes by die afgelope naweek se nasionale jongwynskou verower, terwyl hul gehoute Pinotage ook een goud losgeslaan het. Die Gert Kotzé Kampioen Shiraz Trofee vir ‘n gehoute Shiraz het vanjaar aan Riebeek Kelder gegaan. Hulle het ook die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee vir ‘n Cape Ruby en die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar Trofee vir ‘n ongehoute Viognier huis toe geneem.


NUUS • NEWS

Riebeek Wynkelder vier 75 jaar

24 Augustus 2016

Riebeek Wynkelder vier 75 jaar

Hoogtepunte

Visie en missie

Verskeidenheid

Die grootste hoogtepunt vir die kelder het natuurlik in 2011 sy opwagting gemaak toe Riebeek Kelder die SA Kampioen wyne met ‘n Pinotage en Viognier die lig laat sien het. Die Viognier is ook met die Generaal Smuts trofee vir die Algehele Kampioen Jongwyn van 2011 tydens daardie jaar se Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou bekroon. ‘n Verdere hoogtepunt was die afgelope paar jaar se uitbreiding aan hul kelder-fasaliteite, asook die vestiging van ‘n verskeidenhied nuwe druifkultivars, naamlik Viognier, Grenache Blanc, Marsanne, Mourvedre, Grenache Noir... Dit is almal soorte wat die kelder in staat stel om wyne te maak wat tipies is van die suidelike Rhône-streke in Frankryk.

Die wynkelder is visie is om hulself as SuidAfrika se top leefstyl-wynhandelsmerk te vestig en ‘n volhoubare voetspoor in internasionale markte te groei en bevorder. Hul missie is om kwaliteit-druiwe op ‘n optimale en innoverende wyse te prosesseer ten einde ‘n topgehalte wyn-ervaring te bied wat hul kliënte se verwagtinge oortref, binne ‘n veilige werksomgewing waar produktiewe werknemers verder kan ontwikkel vir die lang-termyn voordeel van alle belanghebbendes.

Riebeek Kelder bied verskeidenheid reeks aan verbruiker. Die Riebeek Kelder-wynreeks bestaan uit ‘n Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Viognier, Pinotage Rosé, Shiraz Cinsaut, Shiraz, Pinotage, Cabernet Sauvignon, Merlot, Cabernet Sauvignon Merlot en die Cape Ruby Port. Hul wynreeks stop egter nie net daar nie. ‘n Groot gunsteling is die Montino-wynreeks. Hulle spog verder met die Kasteelberg, Short Street, Patnership, The Royal en Hutton Ridgewynreekse. Moet ook nie vergeet van die Pieter Cruythoff se Sparkling Brut.

16310

CONGRATULATIONS RIEBEEK CELLARS ON THEIR 75TH ANNIVERSARY It’s through our strong understanding of business and industry that we have been able to partner with Riebeek Cellars. At Nedbank Business Banking we provide you with a business manager, who is supported by a team of specialists, offering you tailored banking solutions and a streamlined service to help you take your business to the next level. For more information on how we can assist you with business needs contact business manager Riaan Janse van Rensburg at riaanja@nedbank.co.za. Nedbank Ltd Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

11


NUUS • NEWS

12 Riebeek Wynkelder vier 75 jaar

Zakkie Bester, bestuurder van Riebeek Kelder, asook die voorsitter van die Swartland-wynskouvereniging saam met sy vrou Sandra

24 Augustus 2016

Annelene du Toit (links) saam met haar man Pieter du Toit, eie- Hersia en Pieter de jager naar van Kloovenburg Wyn- en het ook die geleentheid olyfplaas. bygewoon.

Henk Bruwer (bo), eienaar van die plaas De Hoop en produsent, het tydens die kelder se 75ste bestaansjaarvieringe stories saam met Zakkie Bester en Niel du Toit met die gehoor gedeel. Hier stel hy 'n heildronk in. Op die foto heellinks staan Hermien Bruwer saam met Alta Saayman van Riebeek Kelder en Anina Brasington. Op die foto in die middel staan Ian Carnegie en sy vrou Sophie, eienaar van Carnegie House Privaatskool op Riebeek-Kasteel. Links is Hennie Hanekom en sy vrou Marianna van Winkelshoek.

1941: Riebeek Wynboere Koöperatiewe Maatskappy sien die lig

Riebeek-Kelder vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar. Die wynkelder is op 12 Augustus 1941, met die Tweede Wêreld-oorlog in die agtergrond deur nege plaaslike wingerdboere vanuit die vallei gestig. Die wynkelder het aanvanklik bekend gestaan as die Riebeek Wynboere Koöperatiewe Maatskappy Beperk met Jakob Stephanus, Naudé Bruwer en later PJ Venter aan die stuur. Die eerste algemene jaarvergadering het op 9 Desember 1942 plaasgevind. Die stoor is in Oktober 1943 na ongeveer 2500 leêrs wyn uitgebrei. Koningin Elizabeth word gedurende die 1950’s as monarg van Engeland gekroon en in die Swartland gaan Riebeek Wynboere ‘n lening van £5000 aan om twee enorme staaltenke van 600 leêr elk aan te koop om produksie te bevorder. In die tydperk word elke vrag druiwe nog met vurke afgelaai. In die 60’s maak Riebeek Wynboere sy merk, nadat dit die eerste koöperatiewe wynkelder in Suid-Afrika word om koelgisting toe te pas met behulp van ‘n splinternuwe snelgister.

Die kelder het baie vining begin uitbrei. In Oktober 1960 word 10 gistenke, ses stoortenke, vier wynpompe en ‘n vervoerwurm aangeskaf. Nie lank daarna nie, rig die kelder ‘n bykomende gebou met ‘n afdak, ‘n nuwe weegskaal, ‘n bestuurderswoning en werkskwartiere op. Die wynboere het in die 1970’s behoorlik fees gevier. In 1975 vier Riebeek Wynboere die Fees van die Vaatjie, waartydens Neil du Toit die rol van die wynvaatjie gewen het. Dit is ook in die volgende jaar wat hul wyne ‘n groot aantal medaljes by die Stellenbosch Jongwynskou opraap. Toekennings het vandaar elke jaar begin instroom. Erf 645 word in Januarie 1972 teen R55000 aangeskaf en die kelder open depots in Bainskloof en Bloemfontein as afsetpunte vir binnelandse bemarking en verspreiding. Met Neil en Sias du Toit agter die stuur, wen Riebeek Wynboere ‘n ongelooflike 18 toekennings by die Stellenbosch Jongwynskou. Tussen 1980 en 1984 pars die kelder 20 000 ton. In 1983 word die 200-stoor opgerig. Dit is in 1987 wat die nuwe kantoorkompleks sy deure open. ‘n Jaar later, ondergaan die kelder ‘n naams-

verandering en staan vanaf 1988 as die Riebeek Wynkelder Koöperasie Beperk bekend. Met die afskaffing van Apartheid in 1994, kry Riebeek Kelder die geleentheid om hul wyne saam met KWV Internasionaal oorsee na Europa te vervoer. Die kleder begin ook hul eie grootmaatwyn bemark en ontvang reeds in die 90’s ‘n rits pryse by die Stellenbosch Jongwynskou. Dit is ook in die tydperk wat die nuwe 1 liter Cape Table-verpakking bekend gestel word. Eric Saayman wat vandag die senior wynmaker by die kelder is, is toe as wynmaker aangestel. Dit is ook gedurende die tyd wat die stasiegronde aangekoop is wat dit moontlik gemaak het om ‘n skaalkamer, ‘n raadsaal en ‘n vatekelder op te rig. ‘n Reeks innoverende Italiaanse sak-presse is toe ook geïnstalleer om grootmaatwyn-bereiding te bevorder. Met die intrapslag van Zakkie Bester as uitvoerende hoof in die 2000’s, is die Riebeek Valley Wine Partners bemagtigingsplaas gestig. Die kampong is in die dekade in ‘n botteleringstoor omskep, die Riebeek retail Brand (Pty) Ltd word gestig en die Montino-reeks word by

die wynportefeulje gevoeg. Alecia Boshoff word ook as die eerste vrouewynmaker aangestel. Nóg uitbreidings vind plaas, onder andere die koelstoor wat in ‘n stabilisasiestoor omskep word, die konstruksie van ‘n 22 ton-weegbrug. En die kelder maak hul eerste wynwinkel in die middel van die dorp oop. Riebeek Wynkelder spog vandag met ‘n string hoogtepunte op hul kerfstok. Van dit is sekerlik die gesogte Generaal Smuts Trofee wat in 2010 by die Nasionakle Jongwynskou vir hul gehoute Viognier verower is. Hulle het ook die toekenning vir die Kampioen Pinotage ontvang. Nie lank hierna nie, word die Short Street en Kasteelberg-wynreeks tot die wynportefeulje gevoeg. Vandag spog hulle met ‘n totaal van nege wynreekse. Daar is intussen ‘n groter stoor opgerig en splinternuwe rooiwyngistenke geïnstalleer en die kelder word ‘n privaat maatskappy. Riebeek Wynkelder gaan elke jaar vandat hul in 1941 gestig is, van krag tot krag.


NUUS • NEWS

Riebeek Wynkelder vier 75 jaar

24 Augustus 2016

Riebeek Kelder sorg vir liters wyn

Henk Bruwer vertel stories en staaltjies saam met die uitvoerende hoof van die kelder, Zakkie Bester na hul jarelange betrokkenheid by die kelder. Foto's: Jorina Maas

Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete het die geleentheid saam met haar man Donovan bygewoon.

Des Brasington en sy vrou Anina wat in die kelder se wynwinkel op Riebeek-Kasteel werk.

Pietman vermaak die gehoor saam met Schalk Maas van Riebeek Kelder.

Riebeek Wynkelder, wat vandag sy 75ste bestaansjaar danksy nege plaaslike wingerdboere vanuit die 1940’s vier, is al ‘n bekende gesig op Riebeek-Kasteel. Die kelder pars jaarliks sowat 17500 ton druiwe. Die hoeveelheid druiwe sorg vir sowat 10 miljoen liter wyn per jaar. Vanjaar is daar egter sowat 15 000 ton gepars weens die baie droë toestande, vertel uitvoerende hoof Zakkie Bester. Die Mediterreense klimaat van droë en warm somers en nat winters speel ‘n groot rol in die kwaliteit van die wynkelder se produk. Volgens Bester het die Kasteelberg ook ‘n groot invloed op die mikro klimaat van die omgewing. Die meeste van hul wingerde lê aan die hange en voetheuwels van die Kasteelberg met ‘n verskeidenheid grondtipes wat dit moontlik maak om verskillende style wyn te berei. Die wynkelder roem daarop dat hulle toegang tot die beste Chenin Blanc-wingerde in die Swartland het. Baie daarvan is ouer wingerde en nog bosstok, vertel Bester.

Kelder kry nuwe etiket Riebeek Kelder het in 2014 besluit om ‘n meer moderne en vars blaadjie om te slaan in die vorm van ‘n splinternuwe etiket. Die doel van die nuwe etiket was om te verseker dat die verbruiker weet die produk kom vanuit die Swartland. Die mense moet dit onmiddellik verbind met Riebeek-Vallei. Vir uitvoerende hoof Zakkie Bester is sukses in ‘n moderne omgewing beslis te danke aan innovasie. Daar moet voortdurend verander word, die verbruiker moet geïntereseerd bly en dit is vir die kelder belangrik om produsente op die plase volhoubaar te hou en boonop ‘n goeie bestaan te maak. Die etiket wat sedert die begin van 2014 op die bottels pronk, beeld die erfeniswaarde uit wat die historiese landskap van die Riebeek-Vallei en dié van die Swartland erken. Die vorige etiket was volgens die kelder styf en statig. Die nuwe etiket is modern en vriendelik met ‘n identiteit. Die nuwe ontwerp is gebaseer op die style van die verskillende wyne. Daar is kleurkodes gebruik om die verskillende wynstyle uit te beeld. Die verandering was ‘n reuse-sukses onder verbruiker.

13


NUUS • NEWS

14

24 Augustus 2016

Onoorwonne:

Die o.13A-rugbyspan van die Laerskool Swartland het hul jaar onoorwonne afgesluit toe hulle Donderdag met die besoekende span van Hugenote Laerskool afgereken het.

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH RADIE KOTZE HOSPITAL, PIKETBERG

ADMINISTRATION CLERK: SUPPORT (WARDS) Remuneration: R142 461 per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 16 September 2016

128356 COURANT ayandambanga.co.za


NUUS • NEWS

24 Augustus 2016 Betrekkings Vacancies

SWEMBAD winkel benodig Winkelassistent, tegnikus. Bestuurslisensie, Iddokument en CV met verwysings moet geepos word na tony@ swemco.co.za #2705

Dankbetuiging Special Thanks

Graag wil ons as familie van wyle Peggy Ray Goliath ons opregte dank uitspreek aan elkeen wat ons bygestaan het d.m.v gebede, oproepe ens. tydens haar afsterwe. Ons dank gaan ook uit aan die verskillende organisasies waarop Peggy gedien het, dankie dat sy vir die afgelope jare tot diens van die breë Swartlandgemeenskap kon wees. Mag haar "Legacy" wat sy agterlaat gelaat het ons so inspireer dat ons 'n ware verskil in iemand se lewe wil en kan maak. Die Here seën u. #2722

Dienste Services

BOUPLANNE opgetrek vir goedkeuring. Victoriastraat 983, Chatsworth Skakel : 078 373 3487 of epos: archtdesign580@ gmail.com #2716

Gelukwensing Congrats

CHLOE-AVA MCKAYBaie geluk onse prinsessie met jou tweede verjaarsdag. Jy is sowaar 'n sprankel in ons lewe, oneindig baie lief vir jou en mag daar nog sommer vele verjaarsdae wees. Mag jy 'n geseënde daggie hê...Van Mammie en Dattie. #2699

CHRISLEIGH, ons klein woelwater jy is al sowaar twee jaar oud. Jy vul ons lewe met lag met jou sonnige geaardheid! Lief vir jou baie. Daddy, Mommy, Ethan, Chrissade en Cee-Jay #2718 ---------------------------Chrisleigh, baie geluk

met jou verjaardag. Baie lief vir Mamma se kind wat net so 'n wil van haar eie het. Geniet jou verjaardag! Liefde : Mamma, oupa Herman en Johnnic #2719 -----------------------------Chrisleigh, 'n volle twee op 27 Augustus. Ons liefie-kind en rabbadoe. Lekker verjaar. Liefde Tannie, uncle Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #2720 -----------------------------RAAI WIE WORD 21 OP 29 Augustus 2016

Geluk met jou 21ste verjaarsdag. Jes 43:1 "Ek het jou by die naam geroep, jy is myne" Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe. Baie liefde : Ma, Pa en Familie #2721

Raai wie word 25? Guswill Cleophas Ons vriendskap is gemaak van goud, en dit sal nooit roes, dit sal kosbaar bly totdat die wêreld draai tot stof. Gelukkige verjaardag en mag elke wens waar word! Van:Leanne Julies en Amanda Esua #2700

Raai wie is 19 op 29 Augustus. Baie geluk Shandre met jou verjaardag. God rykste seëninge op jou lewenspad. Baie Lief vir jou van Mamie en Boeta #2701

KYK WIE WORD AGT op 25 Augustus 2016. Baie geluk mamma se liefie kind LEVINE. Ons wens jou alles wat mooi is vir jou pad vorentoe. Liefde: Vahine. Lorenzo, oumas en familie #2702

ELSELINE THOMANDE BOOISEN. Geluk met jou 27ste verjaarsdag. God's rykste seën

15 rus op jou lewe. Ek kan nie my lewe sien sonder jou daarin. Ek's lief vir jou. Van: Jou man, Zeta, Mamma en Joven #2704

KYK WIE WORD 12 op 25 Augustus. Geluk met jou verjaarsdag ons prinses. So gou grootgeword. 'n Wonderwerk van Bo en ons dank die Hemelse Vader vir die twaalf jaar wat Hy jou uitgespaar het. Jy moet lekker verjaar. Van: Mammie, Pa en al die ander familie #2706

WILLMORE COMBRINK 40 years old on the 25th of August 2016. What a blessing!! Congratulations!!! May God shower you with His love and mercy so that your life will always be blessed. Thanks for being the best husband and dad. Happy birthday. We love you. Your wife, Shahieda and sons Willmore jnr and Warnall #2710 -----------------------------KYK WIE WORD 40. Baie geluk my oudste. Tyd vlieg vinnig. Baie lief vir jou. Jou ma, broer Rosswin, Corinne en kinders #2711

Guess who turns one on 28 August 2016. It’s difficult to make a birthday wish, for a one year old who can’t read or write. But this wish is special because it is full of love, warmth and a lot of hugs for a little bundle of joy. Wishing you a very happy first birthday, Taylor! With lots of love from Mommy & Daddy #2723 -----------------------------Kyk wie word een op 28 Augustus 2016. Taylor, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou ryklik seën, vandag en die hele jaar vorentoe.

Met baie liefde Oupa Willem, Ouma Valerie en Boeta Wes. #2724

26 AUGUSTUS 2016 Baie geluk TREVONIA met jou 15de verjaarsdag. Jy moet jou dag geniet Mammie se blompot, my bestie, jy is als vir my. Daddy sou self vir jou 'n drukkie wou gee, want jy was ook sy vriendin, maar God het anders besluit. Ken God in al jou weë - Hy sal jou paaie gelykmaak. Geniet dit en dankie vir die respek wat jy het. Van: Mammie, Boeta, Risia, Melgrain, Ashwin en Alviro #2725 ----------------------------Trevonia, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag dit 'n mooi dag wees. Hou jou oë gevestig op die Here en Hy sal jou deurdra tot aan die einde, Van: Tietie en gesin en die Dreyer gesin #2725 ----------------------------Aan ons baba-sussie, ons blompot. Op 26 Augustus vier jy jou 15de verjaardag. Nou raak jy groot en mooi, maar bly die baby wat jy was. Ons is almal baie lief vir jou, Nanna Julie, Risia en Melgrain #2726

NOVENE 22 Augustus Blom, vandag is jy drie jaar oud. Mag jy 'n wonderlike lewensjaar hê. Tannie is baie lief vir jou. Jy bring altyd vreugde in ons almal se lewe. Baie geluk Tannie se liefling. Van:Tannie, Uncle, Ju-Hein en Juan #2728 -----------------------------Novene, baie geluk ouma se blom. Geniet jou dag my kind. Ouma is baie lief vir jou. Van: Ouma Jennifer #2729

Baie geluk MARICCA en KEAGAN met julle verjaarsdag op 24 Augustus. Geseënde nuwe lewensjaar vir

ma en seun. Baie liefde jou vriendinne... Rene, Tonya, Whitney en Janine

Gesoek Wanted

AANDAG!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweede-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005/53

Memorium In Memoriam

Die 26ste Augustus word jy 22 jaar oud. Chevon dus jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou verskriklik, die verlange maak ons bedruk. Geluk met jou verjaarsdag, ons weet jy's op 'n beter plek. Jou : Mammie, Daddy, ouma, oupa, jou susters en broers #2707 -----------------------------CHEVON THERON Eerste verjaardag weg van ons. Hoe graag wou ons jou gelukwens met jou verjaardag, maar ons tye is in die hand van die Here. Van : Oupa, Ouma, Mandy, Tanisha en Albert Simons #2703

DELMARIE MYBURGH Die 26ste vier jy jou eerste verjaardag in die hemel. Sal jou nooit vergeet my niggie. Van Nana (Veronica) #2712 -----------------------------Die 26ste vier mammie, mammie se verjaarsdag. Ons is baie lief vir mammie, maar weet u is veilig by Jesus. Van u verlangende twee seuns - Austin en Astin #2713

TREVOR - Dit is nou al drie jaar, maar die verlange is nog groot. Dit sal nou presies 23 jaar wees wat God ons bymekaar gebring het en drie jaar sou ons amptelik aan mekaar

behoort het, maar God het 'n doel met ons gehad. Ons mis jou nog baie, praat nog altyd van daddy. Sal jou nooit vergeet, maar ons weet jy is veilig by God. Ons mis jou maar laat jou gaan. Van: Mammie (Alvona en Trevonia) -----------------------------POLLA : 22 Augustus Vandag is Pa vyf jaar weg van ons. Die gemis en verlange is nog elke dag daar. Pa is in 'n beter woning en ons berus ons daarby. Van: jou skoondogter Jennifer, kleinkinders en agter kleinkinders #2730

23- 08-2016 ANELISA SWARTS Jy sal 28jaar oud geword het. Ek weet hoe baie jy altyd uitgesien het na jou verjaarsdag, maar God het vandag vir jou iets beter in plek. Ek wens ek kon jou net nog 'n drukkie gee en daai mooi glimlag op jou gesig weer sien. Ek mis jou nog elke dag, maar ons gun jou die rus Van:Linell #2731

Sterfgeval Obituary

JAMES WIGGINS Begrafnisdiens: Maandagoggend 10uur - diens by APK Kerk Wellington en teraardebestelling Dinsdag 11uur by Stikland Begrafplaas. -----------------------------Met groot hartseer neem ons afskeid van n wonderlike Man, Pa en Oupa. Baie dankie vir al die mooi herinneringe wat agterbly. Die positiewe lewensuitkyk was 'n inspirasie vir ons almal. Die gemis is groot. Baie liefde Ina, Marietjie, Deon, Dane & Stefan. #2708 -----------------------------Oom James...gaan oom so mis. My tweede pa in my lewe. Ek sê dankie vir alles wat oom vir my gedoen het in my lewe. Al oom se liefde. Dankie dat ek die voorreg gehad het om my twee seuns vir oom te wys. Rus sag tot ons weer ontmoet. Baie liefde Karin, Dohann en Wahldo Neethling

#2709 -----------------------------Ons innige simpatie met die heengaan van James Wiggins. Sterkte aan Ina, Marietjie, Deon, Bennie en al die naasbestaandes. Baie liefde Hendri, Marlene Carstens en huisgesin Malmesbury, Annelie Hoogendijk en huisgesin Vredenburg #2714 -----------------------------RIP Oom James. My hart is stukkend en bloei vir Tannie Ina, Marietjie en Deon en hul familie. Wens so ek kon almal 'n drukkie gee. Baie sterkte en God se liefde. Liefde en vertroosting van Heletia en familie van Texas #2717 -----------------------------Ons diepste meegevoel met heengaan van James. Sterkte aan famillie. Personeel MBC Estates. #2733

Te Huur To Let

Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/42

Te Koop For Sale

Huis te Koop. Kontak 083 379 4014 / 022 482 3336 #2715


courant

tel 022 487 3221

24 Augustus 2016

24 Augustus 2016

Wenners:

Die gholfspan wat Wesbank Sekondêr in hul stryd teen Proteus van Atlantis verteenwoordig het, het skoonskip gemaak. Regs is Freddy Moses, Donovan Visser, Hennie Klasen, Peter Willemse en Craig Pietersen. Foto: David Howburg

• WESBANK EN ABBOTSDALE IN STRYD GEWIKKEL

Buurdorpe pak mekaar • Abri Adonis

Hierdie Saterdag pak Wesbank die span van Abbotsdale op Malmesbury in wat beskou word as die wedstryd van die naweek. Beide spanne is nog steeds in die wedloop om die uitspeelwedstryde en dus sal altwee spanne met mening wil wind uit mekaar se seile slaan. Wesbank het die afgelope naweek groot karakter getoon teen Centurion van Pretoria in die Gold Cup nederlaag. Hulle het egter baie positief terugkeer na hulle tuisdorp en wil seker maak van 'n oorwinning. Wesbank sal ook die eerste ronde se skok nederlaag teen Lillies in hul agterkop hê en sal dus nie die besoekers onderskat nie. Na 'n sukkelende begin lyk Abbotsdale weer soos die span van ouds en speel deesdae weer kookwater rugby. Wesbank sal egter n berg te hoog wees hierdie naweek en Wesbank behoort die taai stryd met minder as 10 punte te wen. Never Despair reis Saterdag na Moorreesburg wat steeds opsoek is na hul eerste oorwinning in die tweede ronde. Beide spanne beleef tans n nagmerrie van n seisoen en is in n stryd betrokke vir oorlewing in die Groot Uitdaag-beker. Die wedstryd sal dus beskou word as 'n maak of breek stryd. Never Despair het Saterdag hard terug geveg maar het steeds op sy tuisveld vasgeval teen Darling. Die span het egter baie verbetering getoon en behoort die stryd vol selfvertroue aan te durf. Moorreesburg inteendeel sal weet n nederlaag sal sy doppie finaal klink en het Saterdag teen Hopefield gewys daar dat daar nog baie is om voor te veg. Moorreesburg sal sy tuisveld voordeel tot sy beskikking het en Never Despair behoort hierdie naweek sy nagmerrie seisoen voort te sit met 'n nederlaag van meer as 10 punte.

NUUS • NEWS

SPORT

dié

16

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Hanover JO 1 – 6 Augustus 1 Vrededal Hokke 1274.7055; 2 M Hill 1269.3937; 3 Vrededal Hokke 1256.1972; 4 C Basson1255.1794; 5 G Horn1245.9489; 6 C Basson 1237.6695; 7 G Horn 1234.5115; 8 G Horn 1234.3417; 9 Hayman Familie 1232.9225; 10 C Basson 1231.9409; Hanover Ope 1 1 C Basson 1264.8112; 2 J Steenkamp 1252.8348; 3 G Williams 1252.5984; 4 G Wiliams 1230.3218; 5 G Horn 1227.2960; 6 G Horn 1227.1283; 7 Vrededal Hokke 1226.7049; 8 Hayman Familie 1225.6340; 9 C Basson 1225.2198; 10 G Williams 1224.6148; Britstown JO 1 G Horn 1313.7356; 2 G Horn1313.5270; 3 G Horn 1295.8337; 4 C Basson1292.1618; 5 Hayman Familie 1290.2355; 6 Hayman Familie 1289.5807; 7 C Basson 1286.3371; 8 J Steenkamp 1282.9321; 9 F Meintjes & Seuns 1280.4777; 10 J Steenkamp 1278.9628; Britstown Ope 1 M Hill 1382.6012; 2 J Steenkamp 1382.0687; 3 J Steenkamp 1382.0687; 4 J Steenkamp 1381.9532; 5 C Basson 1381.6930;6 J Steenkamp 1368.6839; 7 J Steenkamp 1368.6272; 8 F Meintjes & Seuns 1358.5813; 9 C Basson 1352.3409; 10 Vrededal Hokke 1340.2849 Moorreesburg Posduifklub Britstown JO 1 Frans Jooste 1358.2162; 2 Boetie & Baron Hokke 1356.2339; 3 Boetie & Baron Hokke 1333.2633; 4 Steenekamp Lofts 1331.1864; 5 Boetie & Baron Hokke 1329.4139; 6 HMO Smit & Seun 1328.7532; 7 Frikkie Bester 1322.5163; 8 Frans Jooste 1304.6421; 9 Doornkloof 1297.9076; 10 Frans Jooste 1270.0314 Britstown Ope 2 1 Boetie & Baron Hokke 1385.2992; 2 HMO Smit & Seun 1354.6958; 3 HMO Smit & Seun 1354.5256; 4 Steenekamp Lofts 1346.3267; 5 HMO Smit & Seun 1344.6118; 6 Boetie & Baron Hokke 1343.8709; 7 Doornkloof 1339.4471; 8 Frans Jooste 1336.1455; 9 Frikkie Bester 1333.3070; 10 Frikkie Bester 1313.9766 Riebeek Vallei Wedvlug Klub Britstown 2 1 Alex Fam; 2 Mentoor Hokke; 3 Alex Fam; 4 Janco Lofts; 5 Persens Hokke; 6 Truter Hokke; 7 Janco Lofts; 8 Alex Fam; 9 Adams Hokke; 10 Persens Hokke MALMESBURY Gholfklub Woensdag, 17 Augustus - Enkel Stableford Lothar Buhr 20; William Matthysen 19, Piet Basson 18; Jacobus Snyders 17 Vrydag, 19 Augustus - Enkel Stableford Sakkie Klasen 21; Nic Goosen 19; Jacobus Snyders 19; Billy Howburg 19; Piet Basson 18; George Prinsloo 17 20 Augustus - Beterbal Stableford Waldo Spies & D van Zyl 45; Nic Goosen en Cara Vlok 42; Johann Acherman & Marius Apolles 40; B van der Berg & J van der Westhuizen 40; Steyn Neethling & Marthele Neethling 40 MALMESBURY (72) Samespel-stableford : W Spies en D van Zyl 45; N Goosen en C Vlok 42; J Ackerman en M Appollus 40; B van den Berg en J van der Westhuizen 40; S Neethling en M Neethling 40 Rugby GROOT UITDAAGKOMPETISIE Swartweskus Vredenburg 64, Piketberg 21; Darling 33 Never Despair 33; Moorreesburg 41, Hopefield 41

Samoa:

Ruan van Rooy van Samoa-rugbyklub van Moorreesburg beur vorentoe, terwyl hy in 'n greep vasgepen is. Agter staan Carlo Mentoor nader om hand by te sit. Foto: Ghida Visser Darling se trein is weer volstoom op dreef, nadat dit in die middel van die seisoen lelik ontspoor het. Die Swart Mamba is weer goed op pad met 'n paar briljante oorwinnings. Saterdag kom besoek Hopefield, wat twee agtereenvolgende gelykop uitslae agter die rug het. Hopefield kon egter albei wedstryde wen as hulle hul kanse beter benut het. Darling sal egter Hopefield se kanse om oorlewing in die Groot UItdaag-beker 'n lelike knou gee die naweek en behoort op sy tuisveld gemaklik met meer as 10

punte te wen. Mamre reis Saterdag na Velddrif in 'n wedstryd wat baie belangstelling sal toon. Beide spanne sal die wedstryd wil wen om seker te maak dat hule nie by die relegasie-stryd betrek word nie. 'n Oorwinning sal dus die wenspan se status in die Groot Uitdaag-beker verseker. Velddrif wie se wedstryd Saterdag afgestel was sal wil voortbou op sy goeie tweede ronde en sal Mamre wie Saterdag deur St Helena op sy tuisveld geklop was gemaklik klop met meer as 10 punte.

SKOLE RUGBY Huguenote 24, HS Swartland 33 SWARTLAND – Drieë: Wihan Burger (slot), Breyton Henkeman (vleuel), Anton du Toit (senter). Doelskoppe: Du Toit (3). Strafdoele: Du Toit (4) HUGENOTE – Drieë: Kayden Kiewit, Cohen Kiewit (stutte) Doelskop: Renaldo Fransman (losskakel). Strafdoele: Fransman (4)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant bergrivier 24 aug 2016 384 by DieCourant - Issuu