c urant
Gratis • Free
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
65%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
23 November 2016
Uitgawe 397
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
'Oorlog' in die Swartland
Die skote het geklap tussen die ruigtes van die klipkoppie wat oor Malmesbury waak in die Suid-Afrikaanse Weermag se reserwemag-opleidingsessie wat hier gehou is. Die soldate was in verskeie 'skermutselings' betrokke waar hulle nuwe laser-opleidingstegnologie gebruik het.
•MILJOENE KILOMETERS ONDER SY WIELE
Stilsit nie ‘n opsie As drywer van beroep wat sowat 3 miljoen km agter die stuur van ‘n vragmotor op die land se paaie afgelê het, is daar nie sommer iets wat Gert de Waal nie van vragmotors weet nie. De Waal (69) wat ‘n paar jaar gelede op Koringberg kom aftree het, het as ‘n jong kind al ‘n liefde vir vragmotors gehad. “In daardie dae was loopbaankeuses maar beperk tot die bank, die spoorweë of die poskantoor. Toe kies ek die spoorweë." De Waal het in 1966 as vragmotorassistent op sy geboortedorp Graafwater begin. Twee jaar later word hy toegelaat om self te bestuur tot hy 46 jaar later die leisels moes oorgee. De Waal het vir verskeie vervoermaatskappye gewerk. Daarmee saam, het hy vragmotors van verskillende modelle en groottes bestuur. “Vandag se vragmotors verskil van die oorspronklike trokke waarmee ek begin het. Ons het nog ratte gewissel dat die rook trek en alles was stram. Alles is deesdae outomaties. Jy moet nou net sorg dat jy in die pad bly.” De Waal vertel hoe hy veral met Amerikaanse vragmotors gery het. ‘n Foto van hom saam met sy eerste soort vragmotor tot sy laaste Mercedes wat hy by Corba Transport op Wellington bestuur het, pronk in sy en sy vrou, Ina, se huis. De Waal het sowat drie jaar voor hy uitgetree het, die vragmotorbestuurders bestuur. Hulle het ook van sy kennis gebruik gemaak om te bepaal of ‘n persoon wat om werk aansoek doen, regtig ‘n vragmotor kan bestuur, of ‘n kans vat net om die werk te kry. “Ek kon sommer vinnig agterkom as iemand nog nooit ‘n vragmotor bestuur het nie.” De Waal en sy vrou is reeds 43 jaar getroud.
Gert de Waal by sy model-vragmotors in sy huis op Koringberg. Regs is hy voor een van sy eerste vragmotors wat hy bestuur het. Hy kan met trots sê hy het sy figuur oor die jare maatskappye het al soveel as vyf vragmotors van verskillende modelle, wat pronk in die uitas vragmotorbestuurder behou. “Jy moet jouself oppas. Ek hou ook van Coke voerende hoof se kantoor. Hy maak alles met die soos al die vragmotorbestuurders, maar drink nie hand. Van die vragmotors kan tip en die deure kan tot oopmaak. ‘n hele 2 liter op een slag uit nie.” De Waal maak nie sommer speelgoed vragVolgens hom het hy ook baie beweeg. “Die geheim is om uit te klim en rond te stap as jy stop. motors nie . “Dit is modelle, wat baie fyn werk behels en Baie drywers bly in hul vragmotors om te rus.” Stil sit, was steeds nie ‘n opsie toe hy in 2014 maklik kan breek. Ek sal so nou en dan vir ‘n aftree nie. De Waal het al in die verlede begin kliënt se kind ‘n vragmotor maak wat wel nie kan speel met die idée om skaalmodelle te maak. breek nie.” Dit neem sowat drie weke vir hom om ‘n beNou is hy reeds twee jaar besig om skaalmodel vragmotors, wat bestaan uit hout en metaal, op stelling te voltooi, afhangende van wat verwag word. Hy maak tot vragmotor met ‘n drie-as wa. bestelling te maak. Die stokperdjie het begin posvat en byna in ‘n Die maatskappye se name vertoon ook op die voltydse werk ontaard nadat vervoermaatskap- vragmotor. Sy skaalmodelle is toegerus met alles wat ‘n regte vragmotor sou hê. Sy trots lê in die pye van sy skaalmodelle te hore gekom het. Volgens De Waal, is dit meestal vervoer- eindproduk, wanneer die model soos die ware maatskappye wat vragmotors bestel. Sommige Jakob lyk.
NUUS • NEWS
23 November 2016
NUUS • NEWS
2
Skryf nou in vir Vinpro se 2017-blokkompetisie Wyndruifprodusente in die Swartland en Paarl kan nou inskryf vir Vinpro en Winetech se jaarlikse blokkompetisie. Vanjaar se tema is Premium Pinotage. ’n Blok wat reeds die kompetisie gewen het, mag nie weer ingeskryf word nie. Die reëls sluit onder meer die volgende in: ’n Blok moet reeds ten minste drie oeste gelewer het; ‘n profielgat (1m x 1m x 1m) moet tussen twee stokke, een dag voor die beoordeling ge-
grawe word; ’n duidelike kaart tot by die plaas en blok moet voorsien word. Inskrywingsvorms kan by Hanno van Schalkwyk verkry word. Stuur ‘n e-pos na hanno@vinpro.co.za vir inskrywingsvroms. Die sluitingsdatum is op 6 Desember, wat min tyd laat vir inskrywings. Die beoordelingsdatum vind op 12 Januarie 2017 plaas. Kontak Van Schalkwyk by 083 4555 192 vir enige navrae.
Optog vestig aandag op 16 dae van aktivisme Die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme begin amptelik Vrydag. Op Malmesbury sal daar Saterdagoggend ‘n optog in die strate van dié dorp gehou word, onder leiding van MSO, om die aandag op dié tydperk te vestig. Die optog begin by die Malmesbury Polisie-
kantoor en eindig by OK Minimark in Malmesbury-Wes. Die jeugbrigade sal die Kersseisoen inlei met hul harmonieuse klanke, terwyl pamflette met belangrike inligting oor geweld teen vroue en kinders uitgedeel sal word. Die deelnemende jeug, sal ook elk ‘n geskenkpakkie ontvang.
23 November 2016
•HEINING ONDERSOEK
Nuwe kurator kyk nou na oudhede Die Malmesbury Museum spog nou met sy 105de bestaansjaar en ook 'n splinternuwe kurator in Sorinda van Zyl. Die hoekstene van die Joodse sinagoge wat vandag deur Malmesbury se museum gehuisves word, is op Vrydag 11 November, 105 jaar gelede deur die Joodse pioniers Abraham Katz en B. Olswang neergelê. Die sinagoge is in 1974 gesluit en oorgekoop deur dr. Leon Goldman, wat die gebou aan die munisipaliteit geskenk het, op voorwaarde dat dit vir kulturele aktiwiteite aangewend moet word en geen godsdienstige seremonies nie. Tagtig jaar nádat die hoekstene gelê is, maak Malmesbury se museum sy deure oop. Die museum het saam met die gebou se bestaansjaarvieringe, onlangs ook ‘n nuwe kurator bygekry. Sorinda van Zyl, wat sedert 2010 op Malmesbury woon, het vandeesmaand die leisels by Christine van Zyl oorgeneem. Sy was lus vir ‘n verandering. Toe sy die beskikbare vakature sien, het sy dadelik vir die pos aansoek gedoen en dit gekry. Sorinda was al gedurende haar skooljare baie lief vir die vak, geskiedenis. Nadat sy haar skoolloopbaan op Worcester voltooi het, het sy bemarkingsbestuur gaan studeer. Sy het ses jaar gelede besluit om Malmesbury toe te verhuis, aangesien haar oupa, ouma en haar ouers op die dorp bly. Sorinda het vir vier jaar as ‘n gevallebestuurder by ‘n psigiatriese hospitaal in die Paarl gewerk, voor sy as kurator
Sorinda van Zyl by die museum begin werk het. Sy was nog nie een dag verveeld nie en geniet dit geweldig baie. Veral om die dorp se geskiedenis beter te leer ken. Volgens haar is daar baie geskiedenis wat min mense weet en selfs sy nooit voorheen van Malmesbury geweet het nie. Sorinda sien uit om inwoners en toeriste na die museum te lok en hulle meer te vertel van die dorp, sy mense, sy geboue en hul verlede.
Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!
Kansa se Kersfees: Die ver-
teenwoordigende raad van leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het vanjaar elk ‘n geskenk van Kersvader bestel vir kankerlyers in die Kaapse Metropool. Hulle het die kersgeskenke vir die kinders wat kanker het, verlede week by die Kansa-kantoor op Malmesbury afgelaai. Van links staan Imke Erasmus, Julie Jantjies (Kansa), Jacobus Slabber, Anke Claassen, Dirk van Niekerk en Letitia van Rensburg van Kansa.
NUUS • NEWS
23 November 2016
3
Skof van die jaar: Die Gemeenskap Polisiëringsforum het ‘n “Award A Cop”-toek- VVA: Vriende van Aandskemering het onlangs ‘n stylvolle High Tea vir inwoners, familie enningsgeleentheid gehou waar die D-skof en CPU (Crime Prevention Unit) sertifikate ontvang het vir hul uitstekende dienslewering. Dié skof is ook as die “Skof van die Jaar” aangewys.
•BEGIN 1 JANUARIE 2017
Schoonraad neem leisels by HSS Die Hoërskool Swartland se nuwe hoof wat op 1 Januarie diens aanvaar, het in 1982 aan die Hoërskool Kempton Park gematrikuleer. Justus Schoonraad, die afgelope ag jaar die adjunkhoof van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem in die Vrystaat, het aan Tuks studeer en BSc. met Geografie en Wiskundige Statistiek verwerf. Hy het ook sy honneursgraad in Geografie voltooi asook ‘n HOD gevolg deur ‘n BEd-graad in onderwysbestuur. Schoonraad se vrou, Erna, is ook ‘n onderwyser by die Bethlehem Comprehensive Secondary School. Sy is ook ‘n oud-Tukkie en het aan die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal gematrikuleer. Hulle het twee volwasse kinders, Nerine en Tiaan. *Hoërskool Witteberg is die afgelope jare as beste skool in hul afdeling in die Oos-Vrystaatse Thabo Mofutsanyana-onderwysdistrik aangewys en die skoolhoof, Coenie Venter, is vanjaar as die beste skoolhoof in die land aangewys. Regs: Justus Schoonraad en sy vrou Erna en twee kinders, Nerine en Tiaan.
en vriende by Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury aangebied. Die High Tea is voorafgegaan deur 'n musikale vertoning deur onder meer Anna-Maré van Staden en Caroli Strydom van Meerkat Ensemble (voor).
NUUS • NEWS
courant
dié
4
Die nuusneus van 'n snuffelhond
Jy is gebore met 'n nuusneus, of jy is nie. As jy wel hiermee geseën (?) is, wil jy altyd meer weet. Meer uitvind. Agter die kap van die spreekwoordelike byl kom. Die byl, oooo die byl. Ja, die byl van nuus wat 'n vlymskerp kant het. Die skerpkant van diegene wat altyd probeer om alles te beheer, toe te smeer, toe te hou. Dit werk nie. Wees verseker daarvan. Selfs met die beleid wat dié courant en al sy susterspublikasies aangeneem het, is daar steeds pogings om selfs goeie nuus weg te hou van die publieke oog. Hoekom? Is dit dan nie positief vir almal om hierin te deel nie? Hoekom iets wegsteek? Die oomblik as dit gebeur, kry die nuusneus sommer 'n paar skottel-ore ook by en wil ons net so graag die waarheid uitvind. Dan sal daar gekrap word waar daar nie altyd gekrap moet word nie. Nuus, veral goeie nuus, is die gemeenskap se reg. Hulle het die reg om te weet. Ja, daar is baie keer sensitiewe aspekte rondom verskeie aanstellings, ontwikkelings en meer, maar selfs dan is daar maniere om dit te hanteer. Soveel keer word dinge uit die nuus gehou, deur die koerantmanne/vroue self. Ons is ook mense en besef ook die gevare wat daar soms met sekere nuusgebeure saamgaan. Ons jag nie die nuus net om dit in die oopte te hê nie, maar ons gaan ook nie aan die slaap gevang word nie. In dié rooi kantoor, kan jy maar verseker wees dat jou nuus met respek hanteer word. Dat dit oordink word en met die nodige waardigheid gepubliseer word.
Plaasvroue bederf
23 November 2016
Vrouewerkers van die plase Saamstaan, Rooidraai, Constantia en Rheeboksfontein is Vrydagoggend behoorlik bederf. Sowat 175 vroue het in die Swartland NG Noord-gemeente se kerksaal byeengekom waartydens pryse gewen is, ‘n vertoning gelewer, ‘n ete geniet en lekker gekuier is. Van links staan die organiseerders van die dag, Willa Rust, Zelda Rust, Mia Boyder, Johanna le Roux, Mia du Toit, Hestia van Rensburg en Mariska van Rensburg. Regs is Edwina Witbooi, Janine Frans en Magda Spiers van Fairtrade.
Handelaar van die Jaar: JB's Nissan
op Malmesbury is onlangs aangewys as die Handelaar van die Jaar in die Wes-Kaap. Hier ontvang handelaarshoof Francois Geldenhuys die trofee van Mej Suid-Afrika, Ntando Kunene by 'n spoggeleentheid.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Voordat die seun van die mens kom
Die koms van die Here Jesus Christus na hierdie wêreld word hierdie tyd van die jaar gevier. Of dit die werklike periode van tyd was waarin die Here na hierdie aarde gekom het, is nie nou die onderwerp nie maar Sy koms was voorspel, en Hy het in die volheid van die tyd gekom. Terwyl Jesus op aarde was het Hy aan sy dissipels gesê dat hulle die goeie boodskap van die koninkryk van die hemele het naby gekom, moet gaan verkondig. Die twaalf dissipels het mag van die Here Jesus ontvang oor onreine geeste, om hulle uit te dryf, en om elke siekte en elke kwaal te genees. Hulle moes na verskillende dorpe gaan en die siekes gesond maak en die mense groet. As die huis dit waardig was moes hulle hulle vrede daarop laat kom, maar as dit nie so was nie moes hulle die stof van hulle voete afskud teen daardie plek. Hulle het ook gehoor dat dit met hulle moeilik sal gaan en hulle sal vervolg word, maar hulle moet volhard, en dan hulle na ‘n ander stad gaan, want hulle sal nie klaar kry met die stede van Israel voordat Jesus weer kom nie. Die kom van Jesus, sy wandel, lyde, dood, opstanding, hemelvaart en weerkoms is ‘n geheel, ons vier Sy koms, maar ook Sy wederkoms, is ons gereed om Hom te ontmoet?
Piketberg Civils help met Tops en Tags:
Met die toestemming en ondersteuning van Jacques Adams van Piketberg Civils, word tientalle kilogramme weekliks toegevoeg tot die Tops en Tags-projek. Op die foto, saam met duisende gekleurde plastiek bottelproppies, is die dames van Piketberg Civils: Davilene Weavers, Mishané Monk, Jo-Ann Fredericks, Dalene Ockhuys, Lecia Fortuin, Anneline Diedericks en Bettie Fortuin. Piketberg Civils se terrein is net na die Total Winkelshoek kompleks op die Meintjieskraalpad. Op dié terrein word alle herwinbare materiaal wat in deurskynende sakke uitgesit word, verder sorteer en versprei. Dankie aan elke inwoner van Piketberg wat getrou herwin. As jy nog nie 'n persoon is wat herwin nie, begin vandag! Kom ons help Piketberg Civils om herwinmateriaal skoon en droog te maak, dit vergemaklik almal se taak. Huishoudelike herwinbare materiaal is enige papier, plastiek, glas en blikkies. Besighede kan saamwerk deur papier, verpakkingsmateriaal en bokse te herwin en natuurlik melkhouers, teeboksies en koffieblikke. Foto: Marietha Goosen Promosie
Ekspo:
Met die kykNET Buite-ekspo om die draai, woeker organiseerder Marius Opperman nou behoorlik om alles in plek te kry. Hier ontvang hy sy borg-voertuig van Robert Orchard, handelaarshoof van Malmesbury Toyota.
NUUS • NEWS
5
23 November 2016
Wen!
AB de Villiers, die Protea-krieketspan se eendag-formaat kaptein, vertel sy krieketverhale in sy outobiografie. Hy word hierin deur Virat Kohli, die Indiese toetskrieketkaptein, as die beste kolwer van sy generasie beskryf. dié courant, in samewerking met Malmesbury PNA, gee hierdie week hierdie eksemplaar weg aan een gelukkige leser. Om hiervoor in aanmerking te kom, moet jy die slagwoord AB, jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag sms na 084 8333 813 voor Maandag 15:00.
Vraag: Wie beskryf AB de Villiers as die beste kolwer van sy generasie in die outobiografie?
Beukes groet onderwys
Die direkteur van die Weskus Onderwysdistrik, waaronder die Swartland-streek val, gee na 16 jaar die leisels oor. Jannie Beukes wat Januarie 2001 as direkteur aangestel is, verruil einde Oktober vanjaar eers die onderwys vir aftrede. Hy gaan vir nou bietjie rus, maar hoop om egter steeds op ‘n informele basis by die onderwys betrokke te bly. Beukes is verlede Woensdag gedurende nasionale onderwys herdenkingsdag-vieringe by
Jannie Beukes (middel) het onlangs sy onderwysloopbaan vaarwel geroep. Liebenberg Primêr gegroet. Volgens hom droom hy steeds vir die beloofde wonderlike SuidAfrika, wat steeds ontwyk. “Ek het dieselfde droom vir die onderwys waar elke kind ‘n kans sal kry om suksesvol te wees.” Dit is op die stadium nog onduidelik wie Beukes se opvolger gaan wees. Die proses vir die aanstelling van die nuwe direkteur is tans onderweg.
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WE APOLOGISE FOR THE PA-RUM-PUM-PUM-PUM PRINTING ERROR IN OUR CHRISTMAS CATALOGUE 22 NOVEMBER – 04 DECEMBER.
R
159
R
95
19
PnP Alcohol-free Fruit Pudding 100g PnP Alcohol-free Fruit Pudding 450g PnP Alcohol-free Fruit Cake 800g PnP Alcohol-free Pudding 900g
PnP Alcohol Free Fruit Cake 300g
PnP Brandy Balls 6s
PnP Luxury Iced Brandy Christmas Cake 1kg
95
R
29
95
PnP Panettone 500g
R
R
24
79
95
PnP Brandy Christmas Pudding 100g
R
49
95
PnP Cherry and Almond Fruit Cake 300g
PnP Rum and Butter Stollen 600g
R
129
95
PnP Iced Brandy Christmas Cake 300g PnP Brandy Christmas Cake 800g PnP Brandy Christmas Pudding 450g PnP Brandy Luxury Christmas Pudding 900g
PnP Brandy Christmas Pudding 900g R39.95 R89.95 R79.95 R159.95
MORE FESTIVE Excluding Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800112288. Cellphone rates apply.
R
119
95
PnP Alcohol Free Iced Fruit Cake 300g
for our Look out & cakes s d PnP pu
R
39
95
95
R24.95 R69.95 R79.95 R119.95
NUUS • NEWS
6
23 November 2016 Promosie
Jaareind:
TipTrans se werknemers is onlangs op 'n heerlike jaarafsluiting op Langebaan getrakteer. Die onderneming vier ook volgende jaar hul 50ste verjaarsdag. Foto: Ghida Visser
VRL:
Piketberg HoĂŤrskool se verteenwordigende raad van laerskoolleerders is agter: Adriaan Brand, Pierre du Toit, Juan Nelson. Middel: Jana Truter, Michelle Potgieter, Joanie du Toit, JC van der Westhuizen, Benco Grobler. Voor: Helouise van Sittert, Kacey Wessels, Timothy Daniels, Ruben Vosloo.
NUUS • NEWS
7
23 November 2016
Dux-leerder:
Piketberg Hoërskool se dux-leerder van 2016 is Ané Nelson. Sy het ook talle ander akademiese toekennings ontvang. Sy gaan volgende jaar medies studeer aan die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg-kampus. Foto: Alta Nelson
VLV Porterville:
Onder die leiding en entoesiasme van die voorsitter, die saamroeper vir landbou & tuinbou en die saamroeper vir openbare sake van die Porterville VLV-tak, is daar besluit om die plaaslike polisiekantoor se tuin op te knap. Met die hulp van Dawie, wat die onkruid verwyder het, het die vroue die bestaande plante en struike herverdeel, uitgedun en die tuin herrangskik om ‘n mooier oog te maak. Bo is Nicolene van der Merwe (openbare sake), Hilde Visagie (lid), Lariska Verster (landbou & tuinbou) en Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter).
No price increase for 2017 early postbox renewals
The SA Post Office has announced that customers who renew their postboxes and private bags before the end of 2016 can do that at a 0% increase. The year’s rental for a postbox will remain at R380 and R1500 for a private bag. Postboxes and private bags can be renewed at any post office as well as on line at www.virtualpostoffice.co.za. From 1 January 2017, the yearly rental for a postbox will be R410. Renting a private bag for a year will cost R1640. Postbox payment is due by 31 January 2017. “Postboxes are readily available and safe, allowing customers to access their mail at their convenience,” says
Andrew Nongogo, head of Operations at the SA Post Office. Nongogo pointed out that a postbox can be paid at any post office outlet countrywide. Customers need not pay at the outlet where they rent their postbox. “Postboxes offer excellent security for mail items and are particularly useful to companies and individuals who receive important or sensitive items in the mail,” said Nongogo. Customers are reminded to pay their rental through a notification left in their postboxes, as well as an sms which is sent to all renters who has given the SA Post Office their cell phone numbers.
Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!
88
NUUS • NEWS
23 November 2016
KFC Piketberg maak deure oop
Die personeel van die splinternuwe en spoggerige KFC op Piketberg sien uit om kliënte binnekort te verwelkom. Regs voor is Liesel Nthane, die restaurant se algemene bestuurder met die eienaar Gerhard Jovner agter haar. Clive Faroa, die restaurant se operasionele bestuurder, is heel voor. Onder: PC Bell, die areabestuurder vir Piketberg.
Inwoners en motoriste kan binnekort uitsien na die opening van ‘n splinternuwe KFC met ‘n geriefsoprit (drive thru) op Piketberg. Die nuwe wegneemete-konsessie, wat deel vorm van Winkelshoek op Piketberg, maak eersdaags sy deure oop. KFC wat gewild is vir sy smaaklike kruie speserykombinasie , staan bekend as een van die beste kitskos ondernemings wêreldwyd. Die onderneming beloof waarde vir jou geld, puik diens en ‘n maaltyd wat almal se smaakkliere sal bevredig. KFC Piketberg is familie-georiënteerd en smaaklike maaltye word met elke besoek gewaarborg. Kliënte kan uitsien na lekker promosies en kit smaaltye wat jou sak pas. Besigheidsure is: Sondag tot Donderdag vanaf 06:30 tot 21:00 en Vrydag tot Saterdag vanaf 06:30 tot 22:00. Ontbyt word daagliks vanaf 06:30 tot 10:30 bedien.
NUUS • NEWS
99
23 November 2016
PPC Awards Excellence Long Service Awards: 35 years
Photos: Willray Uys
Manus van Rhyn received the Business Support award. Left Steven Strauss (Engineering Manager).
GM Award: Lushca Hendricks (above) received the GM Award.
Jan de Klerk and Annelie (35 year sevice)
Raymond Small and his wife Christine (35 year sevice)
Richard Masiko (35 year sevice)
Zeleni Mtintsilana and his wife Nokuthula (35 year sevice)
Right: Rodney Campher (Despatch Manager) hands the Customer Service Excellence award to Michiel van Rooy (left). Right: Adele Stone (QAM), hands the Rising Talent award to Raylin Ranck (left).
25 years Innovation: Louis van Niekerk received the award from Vincent Diergaardt (Mining Manager).
Production Excellence: Michael Daniels (Production Manager) handed the award to Adonis Maarman (left). Safety: Left - Gregory Daries received the award from Annetjie Minnaar (Risk Manager). Below: The theme were Superheroes and Gustav West (second from right) received the award for his portrayl of the Incredible Hulk.
Daniel Rhodes with his wife Sandra (25 year sevice)
Johan Claassen handed the award to Jan Vorster (25 year sevice)
Piet Noeth with his wife Hanlie (25 year sevice)
Ravian van Wyk with his wife Chrizelda (25 year sevice)
NUUS • NEWS
10
23 November 2016
PnP Riebeek-Wes kraai koning in eerste jaar Pick n Pay Riebeek-Wes skop hul eerste verjaarsdag op ‘n hoë noot af, nádat hulle die beste groei in hul verkope én aankope teenoor verlede jaar in die hele Wes-Kaap getoon het. Dit is op 25 November reeds ‘n jaar later nadat Pick n Pay Riebeek-Wes sy spoggerige
Promosie
nuwe en groter winkel se deure vir die vallei en voornemende kliënte oopgemaak het. Die personeel is baie opgewonde oor die afgelope jaar en kan nie meer beklemtoon hoe goed dit gegaan het nie. Hulle sien baie uit na die toekoms. Die eerste uitgrawings vir die Pick n Pay wat op die perseel van die voormalige Brink Broers Slaghuis en Standard Bank geleë is, het in November 2014 afgeskop. Die ruim en moderne winkel sluit onder meer ‘n bakkery, ‘n deli, ‘n slaghuis, ‘n sushi-afdeling, warm kos-afdeling en ‘n koffiewinkel in. Die Pick n Pay het vanjaar vir die eerste keer in die Jaggernautkompetisie uitgeblink. Die kompetisie duur jaarliks vanaf Augustus tot November. Pick n Pay RiebeekWes het outomaties teen hul ewekniëe in die res van die land vir die prys meegeding waartydens die groeipersentasie in verkope en aankope gedurende dié tydperk teenoor die vorige jaar se groei in verkope en aankope gemeet word.
NUUS • NEWS
11
23 November 2016
Promosie
Kaap Agri: Nuwe vulstasie open deure op Malmesbury
Kaap Agri spog met ‘n splinternuwe vulstasie in Bokomoweg op Malmesbury wat vanaf Donderdag oop is vir besigheid. Malmesbury is sedert 1912 die tuiste van Kaap Agri. Volgens die maatskappy het hulle ‘n verbintenis teenoor die dorp om in die plaaslike ekonomie te belê. Die vulstasie het gestalte aanneem nádat ‘n bestaande eiendom in Bokomoweg geïdentifiseer is wat die potensiaal vir ‘n vulstasie-aanbieding getoon het. Daar is besluit om met hierdie ontwikkelling voort te gaan en konstruksie het op 4 Mei vanjaar gevolg. Altesaam 33 nuwe werksgeleenthede is met die ontwikkeling geskep. Die ontwikkelling sluit ‘n vier-eiland vulstasie in wat alle brandstofprodukte aan beide kante van die eiland sal kan hanteer. Daar is ook ‘n volledige Expressmark Geriefswinkel met uitgebreide voorraadreekse om aan meer as die gewone 24-uur aanbieding te voldoen. Kliënte kan ook uitsien na ‘n sneldiens wegneemete- en koffiewinkel, Fego-to-go, uit
die bekende Famous Brands stal. Kaap Agri is trots om te kan sê dat die vulstasie met hul waardetoevoegings, altyd 24 uur vir hul kliënte beskikbaar is. Hul fasiliteite is uiters skoon en higiënies met flink en vriendelike diens. “By ons kan die kliënt ‘n 24-uur inkopieervaring van uitstaande gehalte beleef, eie aan Kaap Agri se “mens -mense” kultuur,’ sê Jannie Coetzee, senior bestuurder bedryf: brandstof en geriefsmark. Die maatskappy se huidige vulstasie in Tuinstraat word tans herontwikkel om dit meer toeganklik vir kliënte te maak. Daar sal ook voorsiening vir vragmotors gemaak deur genoegsame draaispasie te voorsien, tesame met die installering van hoë-spoed dieselpompe. “Ons bedank ons lojale kliënte wat ons reeds vir baie jare ondersteun en dit vir ons moontlik maak om ‘n integrale deel van die plaaslike gemeenskap te vorm,’ voeg Coetzee by.
12
NUUS • NEWS
23 November 2016
Promosie
Motoriste in Bokomoweg op Malmesbury het die afgelope paar maande die gedaanteverwisseling gesien wat die ou stoor op die hoek van Bokomoweg en Spoorwegstraat ondergaan het. Dit huisves nou die splinternuwe rybaan en Expressmark van Kaap Agri.
NUUS • NEWS
23 November 2016 Promosie
Die staalkonstruksie, tesame met die baksteen-bouwerk het baie aandag gelok.
13
Dagboek • Calender
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 8pm at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 MOORREESBURG ••25 November - Lions Steak-aand en ACVV Kersverkoping •26 November Bootsale/Markdag •27 November 19:00 - NG Kerk Kerssang Diens Rendezvous Werfmark 25 November: Kom geniet die Werfmark vanaf 9 vm tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed Groeneweide Home 26 November: Groeneweide Home presents a Magical advent concert at the NG Church, Darling. Starts at 19:00 till 21:00. Adults: R90 for concert only, R135 for concert, finger supper and wine. Pensioners: R50 for concert only and R95 for concert, finger supper and wine. Children under 12 is concert free, but for the concert, finger supper and cooldrink it is R30. For tickets contact Corine Rossouw at 083 925 8219 or Rika Mitchell at 074 101 1278 Malmesbury Fietsryklub 26 November: Die Malmesbury Fietsryklub bied hul Malmesbury2Sea aan. Inskrywings sluit 9 November. Stuur e-pos na info@malmesburyfietsryklub.co.za indien u navrae het Yzerfontein Tourism Crayfishseason offically re-opened in Yzerfontein. 26-27 November; 10-11; 16-18; 24-27 and 31 December and 1-2; 7-8; 14-15 January 2017 as well as 15-17 April. Apply for your permit at a local Post Office Valley Christian Fellowship 27 November: Valley Christian Fellowship presents a special service with the theme - Not by might, but by My spirit at 17:00 at St Thomas School Wall For further info contact Cedric van der Westhuizen at 072 540 6785 Ware Geloof Beweging 27 November: Die Ware Geloof Beweging bied aan 'n Praise & Worship Afternoon by Vooruitsig Primêr Skoolsaal om 15:00. Kostes beloop R20 per persoon en verversings sal te koop aangebied word. Vir enige navrae kontak 072 876 4031 Yzerfontein Festival & Events 30 November: The Yzerfontein Festival & Events presents an Entrepeneurs Evening at Strandkombuis for R150 per person. Book your ticket with any of the Festival committee members. Malmesbury Toyota Prestige Corporate Classic 2 Desember: R2400 per 4-bal. An Etios 1.5 Xs HB to be won for a hole in one on the 13th hole. Enter now and join in a fun Swartland day. Contact 022 487 1288 or clubmanager@cornergate. com Malmesbury Tourism 2 December: The Christmas Market at the Malmesbury Town Hall & Parking Area from 15:00 - 22:00. Stall applications now available. Contact : Felicia Hefke at 022 487 1133 / swartlandtourism@westc.co.za Usapho Funwalk 3 December: International Day for persons with disabilities. Usapho would like you to join the team by walking 2-4 km route. Entry is R10 per person. Starts at 7:30 at the Wesbank Sportgrounds. Please indicate if you would like space for an exhibition/fundraising table @ R100. Contact Denise Amerika 081 243 9017 (whatsapp) or send a email to deniseamerika@gmail.com Oesdag 2016 3 Desember: Kom geniet oes demonstrasies, uitstallings van ou trekkers en 'n biertuin by die Koringbedryfmuseum om 10:00. Daar word ook potjie met 'n twist en 'n pretloop aangebied deur die Sakekamer en springkasteel vir die kinders. Kostes beloop R10 vir volwassenes en R5 vir kinders en Senior burgers. Kontak vir Tania Le Roux by 022 433 1093 vir meer inligting I love Yzer 16 Desember: I love Yzer bied met trots aan Refentse
by die NG Kerksaal in Yzerfontein. Vertoning begin om 19:00. Kostes beloop R125 vir volwassenes en kinders R65. Kaartjies beskikbaar by die I Love Yzer winkel (by die Shell in Yzerfontein) of besoek www.quicket.co.za VI-A-Side Tournament 16 December: Come and enjoy VI-A-Side Tournament at the Dieprivier Sportgrounds, Free entry and the action starts at 9:00 strictly. R800 per entry fee per team Contact Gregory Claassen at 060 319 0376 for info. Goedverwacht 16-17 Desember: Kom geniet saam met die Goedverwacht gemeenskap "Jazz in the Valley" Vir verdere navrae kontak Sheena Julius by 078 316 3988 Evita se perron 17 Desember: Evita se perron bied aan Voël innie hand: Pierre van Pletzen in sy eerste solo-vertoning om 19:00 (vertoning begin om 20:00 - Duur vir 1 en 'n kwart uur). Kostes is R100 per persoon Vir besprekings kontak 022 492 3930 of bookings@ evita.co.za OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark / Castle Rugby 7's. R28000 se pryse te wen Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar) Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@diecourant.co.za gestuur word vir plasing.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 27 November - Sondag-oggenddiens om 09:30 Toneel Opvoering en Geen aanddiens Navrae: 073 447 2902. Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar 27 November: Kinderdiens - Sondag om 9:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Volgende diens sal 27 November om 09:30 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
14
NUUS • NEWS
23 November 2016
NUUS • NEWS
23 November 2016 BETREKKINGS VACANCIES BAKKERY Hardwerkende, positiewe en pligsgetroue dame word benodig om deel te word van ons produksie span. Faks CV na 086 649 9510 Malmesbury. Aansoeke sluit : 30 November 2016 ( vir aanstelling Januarie 2017) #3178 ----HAARKAPSTER Dringend gesoek. Kontak mev Philander by 083 477 7714 (Malmesbury) #3177 -------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038of elsa@abcpartytjies.co.za #2393 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 --------------------------------TE HUUR TO LET Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/54 ------------------------------TE KOOP FOR SALE Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak,aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 ----Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis @R55/kg asook Snoek. Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871 ----Urgently selling a wendy house - 3m x 9m at R8000. Call 078 295 2432 (Malmesbury) #3176 --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATS
10 Jaar huweliksherdenking. Dankie vir genade en mag die Here julle verewig gebind hou. Liefde – Alberlene, Wesley, Antonio en Petersen familie #3181
MEL-AMBER ARENDSE – Baie geluk met jou 10de verjaarsdag. Mag jou dag baie geseën wees. Lief vir jou. Mammie Mariehet, Cairah en Antie Martha #3182 ---Baie geluk Dimpels. Mag jy vir ewig ons poen-poen kind bly. Liefde - Ouma Kaamilah, tannie Danelle, uncle Shamiegh, Aakidah en Arendse familie #3183 ---------------------------------
MARTHA ARENDSE – Baie geluk met Atta se verjaardag. Ons steunpilaar en rots. Lief vir Atta. Van: Mariehet, peetkinders Cairah en Arendse familie #3184 ---------------------------------
SHANNON-LEE DAMONSE, 22 November: Geluk met jou kroonverjaarsdag. Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe. Ouma Fien en gesin #3186 ----Geluk met jou verjaarsdag. Wees altyd die pragtige dogter. Baie lief vir jou. Pa Josef, Nana, Loren, Jackie en Louden #3187 ----Baie geluk met jou kroonverjaardag. Alles wat mooi is. Baie lief vir jou. Ken die Here altyd. Landie en gesin #3188 --------------------------------Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën en nog vele jare spaar .Jou kollegas: Michelle,Mandy,Lauren en Sophie #3189 ---------------------------------
hou in die holte van Sy hand. Tannie Fien en familie #3191 ---------------------------------
ANTHONY BENNET Geluk met jou verjaardag op 22 November. Mag daar nog vele jare wees. Van: Lee-Morzay en Liezel #3192 ---------------------------------
BRANWILL MAJIET Veels geluk Tannie se kind met jou neënde verjaardag. Die Here seën jou op jou geboortedag. Tannie Janine Petersen en kinders #3193 ----Oumagrootjie se kind raak nou mooi groot. Mag jy 'n geseënde daggie hê. Liefde Oumagrootjie Kana en die Majiet familie in Retreat #3194 ---Geluk Ouma se kleinkind met jou negende verjaardag. Liefde Ouma Sandra #3195 ---------------------------------
AVA ADAMS, baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan jou dag geniet. Liefde: Ma, Pa, Ouma, Oupa, Tannies, Oom en Mensie #3196 ---------------------------------
JANICE DE KLERK, geluk Mammie se blompot. Mammie hoop jy verjaar lekker. Lief vir jou. Jou mamma Janine #3197 ----Jy moet lekker verjaar. Ons dink aan jou en baie liefde vir jou. Van: jou Tannie, Keanan Joubert, Keisha en Branwill Majiet #3198 ---------------------------------
CHARLENE & ABRAHAM PIETERSEN
WAYLEN - Een Jaar op 27 November, Baie geluk my kind. Lief vir jou Mammie, Atta Anna en die familie #3200 ---------------------------------
27 November is jy 'n volle jaar ouer. Ons wens jou alle geluk, voorspoed en gesondheid to - Maxie en Jayden #3202 ---------------------------------
CAROLINE SMITH, 25 November 2016. Mammie baie geluk met Ma se geboortedag. God se rykste seën. Dankie vir al die liefde - Jenine, Landie, Lyna en Mercia #3203 -----Baie geluk met Mammie se 66 ste verjaarsdag. Hoop mammie geniet die dag - Vince, Jenine en kinders #3204 ---------------------------------
VINTEAU JOSH VAN REENEN - 25-11-2016. Baie geluk my kind met jou eerste verjaarsdag. God se rykste seën op jou pad. Baie liefde Ma, Pa, Anja en Anneke #3205 ----Baie geluk Vinteau Josh van Reenen met jou 1ste verjaarsdag.Ons is baie lief vi jou. Liefde ouma Sussie en ouma Kelly #3206 -------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM
PETER SHELDON -
DESHAAN, Baie geluk op jou sewende verjaardag. Lief vir jou. Mammie en Mamma #3179 --------------------------------
DAVID VAN WYK – Geluk met jou verjaardag. God se rykste seën. Baie liefde - Jou moeder, Charlotte #3180 ---------------------------------
Lize, Marlene, Riesa, Curwin, Eton en Luhan #3201 ---------------------------------
SHAUN LEANDER –Geluk met jou verjaardag op 20 November. Mag die Here jou altyd seën met krag, genade en sterkte. Liefde – Tannie Fien en gesin #3190 ---------------------------------
FERNANDO-JOHN ARENDSE - 25 November. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou altyd
CHAHIMA JESNAY SWARTS - Veels geluk met jou eerste verjaarsdag ons dierbare dogtertjie op 25 November - Van : Ma & Pa #3199 ---------------------------------
ABRAHAM ADONIS (Oom Apie) 68 Jaar - 23 November) - Baie geluk Pappa met u verjaarsdag Dankie dat Pappa altyd daar is vir ons. Geseënde jaar. Liefde
27 November: One year in heaven. The gates of memories will never close, we think about those with silent tears. Carol, Vivian, Sergeo, Necy, Xavinee & Seiji #3207 -----Silent tears still flow. You’re thought of and so sadly missed. R.I.P Reuben, Dina, Children & grandchildren #3208 ----When someone you love become a memory, that memory becomes a treasure . R.I.P - Carlo, Raquel, children & Chante #3209 ----Gone too soon but not forgotten. R.I.P, Charlie, Kay , children, grandchildren #3210 ---------------------------------
HISKIA MOSES - 21 November was ‘n jaar weg van ons. Mis jou geselskap. Sal jou nooit vergeet. Altyd in ons harte. Cupido & Damonse gesin #3211 ---------------------------------
LLEWELLYN CUPIDO (Wellen) – 23 November, eerste verjaarsdag weg van ons. Mis jou baie. Koester mooi herinneringe van jou – Marius, Landi en kinders #3212 ----Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Jy was ons steunpilaar en ons sal altyd die mooi herinneringe onthou – Jou verlangende vrou en kinders #3213 ---------------------------------
GARY MORRIS – 27 November is 10 jaar wat jy skielik weggeneem is van ons. Goeie herinneringe sal ons altyd bybly. Vrou, kinders, kleinkinders en familie #3214 --------------------------------FARIEDA KASU (Tietie). Dankie vir die Hoë Almagtige Allah (God)
wat ons geliefde suster vir 77 jaar geleen het. Dankie vir elke handdruk en oproep - Van : Kasu Familie #3215
JOSEPHINE – Jou tweede verjaardag weg van ons. Die verlange is nog steeds daar. Mis jou my vroulief. Van Quinton en kinders #3216 ----Liefste sussie - ons mis jou baie. Jy moet lekker verjaar by Liewe Jesus. Jou sus Zelda, Mamma en al jou pragtige kinders #3217 ----My dearly beloved friend – 22 November is your second birthday in heaven. You always in my heart. Miss you – Yvonne #3218 --------------------------------
PIETER SMITH, vandag sou jy 71 word. Hoe graag sou ek vandag jou 'n drukkie wou gee.Koester jou mooi herinneringe. Liefde jou vrou Caroline #3219 ----23 November is dit Derra se verjaarsdag. Mis derra elke dag. Lekker verjaar. Liefde Jenine,Vincent en kinders #3220 ---------------------------------
EDUARD BEUKES - Ons as Beukes familie wil dankie sê vir al die boodskappies, drukkies, whatsapps, oproepe,
liefde en ondersteuning met die heengaan van ons geliefde op Woensdag, 16 November 2016 #3221 STERFGEVALLE OBITUARY
15
HENRY SMITH 24.07.1963 - 16.11.2016 Troosdiens op Woensdag, 23.11.2016 om 19h00 - St Thomas Anglikaanse Kerk Begrafnisdiens op Saterdag, 26.11.2016 - St Thomas Anglikaanse Kerk. Besigtiging: 07h30, Diens: 08h30 #3222 ---------------------------------
Gedurende die jare sestig en vroeë jare sewentigs was Verpleegsuster Rachel Adonis alom bekend as die dorp se distriksverpleegster en vroedvrou. 'n Baie groot getal babatjies het die lewe betree onder haar bekwame diens. Menige moeder betuig steeds hulle waardering en saam met die gemeenskap sê ons baie dankie vir die onbaatsugtige diens gelewer. Suster RACHEL LEWIS (Neé Adonis) sterf op Vrydag 18 November 2016 na 'n kort siekbed in die Kuilsrivier Netcare Hospitaal. Die begrafnisdiens vind plaas op Malmesbury, Sondag 27 November 2016 vanuit die Sewende-dag Adventiste Kerk. Besigtiging is vanaf 10:00 vm en die begrafnis diens om 11:00 vm. Teraardebestelling vind plaas in die ou Dorpsbegraafplaas #3175 ---------------------------------
CHRYSTAL JENNIFER ADAMS 23.08.1947 - 19.11.2016 Troosdiens op Woensdag, 23 November om 19:00 by Calvynse Protestante Kerk. Begrafnisdiens op Saterdag, 26 November om 10:00 by Clavynse Protestante Kerk. Besigtiging by die kerk vanaf 09:30 #3223
courant
dié
16
BERGRIVIER SPORT
Tel: 022 487 3221
23 November 2016
Tjorre knor om ovaalbaan
Die Malmesbury Go-kart-klub, oftewel Swartland Oval Karting, het Saterdag weer 'n ren op Malmesbury gehou. Entoesiaste van so ver as George het na Malmesbury gereis om hier deel te neem.
Fietsry:
Die volgende leerders van Steynville Sekonder het goed in fietsry presteer. Leresha Samuels, Leandre Esterhuys, Eduardo Engelbrecht, voor, en agter Gurswin Daniëls, Diaan Kasper, Matthew Toontjies, Joshua Toontjies en Johane Erasmus, het aan die Gemeenskapswedren oor 56 km deelgeneem. Die afstand van 56 km het gestrek vanaf Steynville Sekondêr tot in Eendekuil en terug na Steynville Sekondêr.
NUUS • NEWS
23 November 2016
•TREK GROEN BAADJIE AAN
Basson as Meester gekroon
Die derde Malmesbury Meesters is Saterdag op Malmesbury se gholfbaan gespeel en Piet Basson dra vanjaar dié kroon. Basson het 99 ander spelers uitgestof vir dié gesogde titel. Basson en die 10-jarige Auden Julies het altwee op 46 geëindig. Na die uittel-metode ingespan is, is Basson as die wenner aangewys. Volgens hom was sy drie onder baansyfer, 69 van Saterdag, die beste rondte van sy gholfloopbaan. Sarah Theron het by die prysuitdeling die 110 gaste met haar stem vermaak. "Een van ons mikpunte met die dag is om so min as moontlik druk vir borgskappe op plaaslike ondernemings te plaas. RSAM se verskaffers van buite die Malmesbury-gemeenskap, word dus genader om borgskappe. Daardie fondse word dan gebruik om as pryse geskenkbewyse by plaaslike besighede, wat meestal ook ons kliënte is, te koop. Dit beteken dat die geld op Malmesbury gespandeer sal word," sê Philip Faure, organiseerder.
Sportuitslae Sports results Malmesbury Gholfklub Woensdag, 16 November: Enkel Stableford : Frans Destroo 22, Danie Rust 22, Jean Pieters 19, Lothar Buhr 19, Brian de Beer 19 Vrydag, 18 November: Enkel Stableford : Sakkie Klasen 20, Charl du Plessis 19, Marais Erasmus 18, Jacobus Snyders 17 Saterdag, 19 November: 2016 RSAM Swartland Meesters- Enkel Stableford : Piet Basson 46, Auden Julies 46, Willem Beukes 45, Donato Stelluto 43, Freek Stander 43, Doppies Coetzee 42, Hubert Greybe 42, Kittie Henderson 41, Werner Schreiber 41, Johan Steyn 41, Lothar Buhr 40, Billy Howburg 40, Pearl Steyn 40, Adriaan Louw 40, William Matthysen 40 Moorreesburg (72) : Vierbal-American-sramble : J Durr, G Olivier, K du Toit en J Badenhorst 52; S Fourie, J Nieuwoudt, C Nieuwoudt en M Carr 51; H Hanekom, E Bester, J Laubscher en S Laubscher 51; H Martiens, D Sass, A Marcus en C Boois 51, J Well, K Spangenberg, P Smit en C Smit 51 Darling (72) : Enkel Stableford: B Kirsten 39, J Engelbrecht 37, L Husselman 37, G Steyn 37, C Kirsten 36, H Basson 34, C Middleton 33 Malmesbury Krieketklub MKK2 het Saterdag teen Vredenburg/Saldanha te staan gekom op Moorreesburg. MKK kolf eerste en teken 263 aan. Beste kolwers vir MKK was Andru Serdyn met 59, Krisnan Oosthuizen met 74 en William Bruintjies met 64. MKK boul Vredenburg/Saldanha uit vir 116 en wen die wedstryd met 147 lopies. Beste boulers vir MKK was kaptein Alvin Marang met 5 vir 13 in 10 boul beurte en Johan Leander met 2 vir 17 in 6 boulbeurte. MKK1 het Sondag teen Paarl-Oos te staan gekom. MKK kolf eerste en teken 76 aan. L Koopman 14, D Smith 18 en Philander vd Westhuizen met 15. Paarl Oos wen wedstryd met 7 paaltjies. Paarl-Oos wen wedstryd met 7 paaltjies. Komende naweek se geskeduleerde wedstryde sal soos volg wees: 1. MKK2 vs Darling2 op Darling. 2. MKK1 vs Piketberg1 op Moorreesburg Malmesbury Fietsry Wines to Whales-3 Dae Team DHL Express-Guillaume Orchard/Manus Bester 14h29 Nissan Trail Seeker 40 km: Karen van der Merwe 3h12 Langebaan Country Estate Cycle Challenge 80km: Elfreda Wolfaardt 2h23(3de)
Voet in die hoek:
Elna Dürr van Malmesbury en die sanger Kevin Leo het die naweek as die wenners uit die Pioneerwedren ten bate van die blindes getree. Dürr het as die navigator vir Leo opgetree in dié unieke wedren wat jaarliks gehou word.