Skip to main content

Die courant bergrivier 21 sept 2016 388

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

67.9%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 388

21 September 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Klei-os bou herleef by skou

Suid-Afrika se erfenis word Saterdag wyd gevier - van braaivleisvure op braaidag (by Malmesbury Skou word 'n braaikoning gekroon) tot erfenisvieringe oor gemeenskappe heen. Die Malmesbury Museum laat klei-os bou herleef met 'n klei-oskompetisie vir die jeug. Daar is drie afdelings en inskrywings is by 082 961 6181. Hier vorm Derek Kolbe 'n klei-os terwyl die bekende prof. Erik Holm vroeër 'n os (voor) vir die museum kom maak het. Sien nog oor die skou op bl 3.

•BERGRIVIERDAM SE VLAKKE LAER

Water steeds min Met die damvlakke van die Bergrivier- en Theewaterskloofdamme wat onder druk is, het die Departement van Waterwese nou 'n 20% waterbesparing vir Kaapstad en Drakenstein ingestel. Jaco Breunissen, bestuurder van die siviele ingenieursdienste by Bergrivier Munisipaliteit, sê alhoewel die waterbronne by hulle nie onder te veel druk is nie en aan die daaglikse aanvraag kan voorsien, het Bergrivier Munisipaliteit wel waterbeperkings ingestel en alle inwoners skriftelik in kennis gestel. Die opgaardam op Porterville is tans 100% vol en word slegs in somermaande gebruik. Winterverbruike is vanaf die fonteine in die berg afkomstig. 90% van Piketberg se water is van die Bergrivier afkomstig, terwyl 10% daarvan van fonteine kom. Die Bergrivier is tans 71.2 vol. Die Voëlvleidam is tans 67.9% vol, maar die waterbeperkings wat vroeër vanjaar in die Swartland ingestel is, is steeds van krag.

Verlede jaar September het die vlak op 49% gestaan. Die vlakke van damme wat egter deel uitmaak van die Wes-Kaapse waterskema, is steeds kommerwekkend laag, hoewel die Swartland gedurende Augustus vanjaar ‘n rekordsyfer van reënval geniet het. Tot 15.6mm reën het reeds vandeesmaand geval, terwyl die totale syfer vir verlede jaar September was slegs 10.2 mm was. Die Theewaterskloof (53.3%) en Bergrivier se damme is steeds baie leeg. Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland, is die inhoud van die waterbronne as ‘n gemiddeld laer as verlede jaar. Hy verduidelik omdat Kaapstad as die grootste verbruiker, van ‘n geïntegreerde waterstelsel gebruik maak, is die beperkings nog steeds geldig. Stad Kaapstad is geregtig om 92% van die Voëlvleidam se water te gebruik. Die 20% waterbeperkings bly dus in plek. Die departement van Waterwese en Sanitasie het op Vrydag 16 September ‘n 20% waterbe-

perking ingestel wat nou ook op Kaapstad en Drakenstein van toepassing is, aangesien hul voorsieningsbronne nou kommerwekkend laag is. Tensy die damvlakke teen November vanjaar wesenlik verbeter, word daar nie in hierdie stadium voorsien dat die waterbeperkings binnekort opgehef sal word nie. Inwoners van die Swartland word dus gemaan om steeds uiters versigtig om te gaan met hierdie beperkte hulpbron, luidens ‘n verklaring. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerkantoor, toon huidige waarnemings ‘n neutrale El-ñino effek aan. Die voorspellings dat ‘n swakker La-ñino gedurende lente en somer sy verskynsel sal maak, begin al hoe meer onwaarskynlik voorkom. Daar word voorspel dat lente-reënval onder gemiddeld sal wees weens omstandighede wat die Indiese Oseaan teweegbring. Wat temperature betref, word daar voorspel dat die lente en somer warmer as vorige jare sal wees.

NUUS • NEWS

21 September 2016


NUUS • NEWS

2

21 September 2016

•DÜRR, MAREE BY SAKEKAMER

Rooivleisproduk deel van ketting

Blom: Die Darling Veldblomskou

het vanjaar weer talle besoekers gelok. Dié skou, wat vanjaar vir die 99ste keer aangebied is, lok jaarliks blomkykers van oor die wêreld. Bo geniet Ja-Mee Duckit en Inge Truter 'n lekkerny, terwyl hulle die blommeprag geniet. Die plaaslike orkes, Klassik, het die voete laat jeuk.

Prut: Marius Botha

van Malmesbury en Hennie Stassen van Yzerfontein is Maandag om 20:30 op die program "Laat die potte prut" op die Via-kanaal te sien.

Van links staan die voorsitter van Malmesbury Sakekamer Theuns Duvenhage saam met een van die hoofsprekers, John Dürr, die voormalige voorsitter van RPO, en Dawie Maree, ekonoom van FNB, wat gesels het oor die Suid-Afrikaanse ekonomie in die lig van die land se afgradering en hoe dit ons ekonomie beïnvloed, asook die impak op die vooruitsigte van die rand en rentekoerse gekoppel aan die landbou en Wimpie van der Merwe van die sakekamer. Die rooivleisbedryf is een van die grootste landboubedrywighede in Suid-Afrika in terme van grondgebied wat die sektor in beslag neem. Die pluimveebedryf is tans die grootste. Só vertel John Dürr, voormalige voorsitter van die Rooivleis Produsenteorganisasie wat besoekers tydens Malmesbury Sakekamer se byeenkoms meer kom vertel het oor die rooivleisindustrie. Volgens hom kom rooivliesdiere volop in die grootste gedeelte van die land voor. Daar is tans sowat 14 miljoen beeste in die land, waarvan 5% in die Wes-Kaap voorkom, terwyl pluimvee se getalle op 24 miljoen staan. Daar kom sowat 10% pluimvee in die WesKaap alleen voor. Dürr vertel die droogte het byna 30% van die land se beeste weggevat. Volgens statistiek is daar 30 000 kommersiële produsente. Daar bestaan ook baie organisasies wat die industrie reguleer, waarvan die RPO een is. Die Rooivleisindustrieforum behou die hoof gesag. Die RPO, wat daar vir die produsente is, is egter een van die organisasies wat baie hoog geag word in die bedryf. Produsente wat aan die organisasie behoort betaal elke jaar ‘n fooi wat gehef word om hoofsaaklik navorsing, verbruikersopvoeding of die opkomende sektor te bevorder. Dürr het besoekers verduidelik vanwaar die produk op die winkelrak vandaan kom en hoekom daar ‘n spesifieke prys is waarvoor die verbruiker betaal. Dit is onwettig om diere direk by die boer te koop. ‘n Boer gaan insetkostes aan om met diere te boer. Vandaar word die produk na ‘n veliling gestuur om verkoop te word óf ‘n lewendehawe agent word gebruik om die produk te verkoop. Die produk kan ook aan ‘n voerkraal verkoop word. Hy vertel dat voerkrale byna tussen 1.6 miljoen en 1.8 miljoen beeste per jaar slag. Vandaar

word die produk na die abattoir gestuur om geslag te word. Die produk kan ook direk van die boer na die abattoir gestuur word. Die volgende kanaal wat die produk binne die waardeketting volg, is die groothandelaar of ‘n vleisverwerker. Vandaar beland dit by die kleinhandelaar, vanwaar die produk deur die verbruiker gekoop word. Hy sê egter die produk kan ook direk van ‘n abattoir by die kleinhandellaar of die verbruiker beland. Baie van die abattoirs verwerk self die huide en velle wat waarde tot die industrie toevoeg. Dit is onwettig om diere op die plaas te slag en die vleis direk van die boer te koop. Hy verduidelik dat produk wat direk van die boer na die verbruiker gaan, nie geïnspekteer of deur die boeke is nie. “Tot 60% van die land se skape volg die onwettige pad,” voeg hy by. Dürr sê vleispryse gaan nog styg, aangesien die vraag na aanbod sterk bly. Hy verduidelik verder dat grond minder word én dat beesvleis sedert 2014 uitgevoer word. Volgens hom gaan dit nie meer lank wees voordat rooivleis nie as ‘n kommoditeit beskou word nie, maar eerder onder ‘n sekere handelsmerk bemark word. Van die plaaslike produkte word reeds onder seker handelsmerke bemark. Hy verduidelik verder dat rooivleisprodukte in baie gevalle van mekaar verskil. Sommige winkels voorsien aan kliënte in die hoër inkomstegroep, teenoor ander winkels wat goedkoper vleis verkoop. “Die produk se kwaliteit is presies dieselfde, die verpakking lyk net beter,” voeg hy by. ‘n Jonger lam se vleis sal ook duurder wees as ‘n ouer skaap se vleis. Hy gee egter die versekering dat winkels nie ‘n swakker gehalte vleis sal verkoop nie, aangesien die produk deur dieselfde kanale moet gaan.


NUUS • NEWS

3

21 September 2016

Wes-Boland:

Die Wes-Boland Eisteddfod se Prestigeaand is Vrydag in die Laerskool Swartland se skoolsaal gehou om hul pryswenners te vereer. Hier is 263 medaljes, 24 trofeë en vyf skilde oorhandig aan die wenners van hul onderskeie afdelings. Hierdie wenners is gekies uit 5751 inskrywings. Instansies wat die meeste toekennings in hul onderskeie afdelings ontvang het, was die WCMA (Musiek), Hoërskool Swartland (Hoërskole), Laerskool Vredenburg (Laerskole), Longacres Privaatskool (Kleiner instansies) en Curro Langebaan (Gekombineerde skole). Die Wes-Boland Eisteddfod bedien 70 skole, instansies en privaat-inskrywings regoor die Wes-Boland streek en selfs verder. Links is Kiara Kirsten, Corli de Clercq en Ané Fourie (pryswenners in die fotografie-afdeling).

•VROUE, VURE, JEUG EN PERDE

Malmesbury skou vir oud en jonk Die jaarlikse Malmesbury Skou bied vanjaar 'n mengelmoes van vermaak, kuier, perdeprag en erfenisvure wat hoog gaan brand. Die program skop oudergewoonte môre (Donderdag) af met 'n Pick n Pay Vroue-oggend saam met die briljante Marion Holm, wat die lewe saam kom vier in haar eenvroukomedie Die Kaap is Weer Holms. Dit is Holm se laaste vertoning vir die jaar voor sy geopereer word vir 'n breinvliesgewas. Die skou se vol perdeprogram begin ook die oggend waarna dit die middag onderbreek word vir die Corba Vervoer Jeugskou, wat vanjaar 'n rekordaantal inskrywings gelok het. Ná afloop van die jeugskou word die eerste dag afgesluit met 'n Moedskep-burgeraand by Patat se Gat saam met Annexkloof wyne. Vrydagoggend word die pas 'n bietjie aangedraai met die perdeprogram wat na die meer gewilde klasse vorder. Vrydag se middagete is tradisioneel 'n groot saamkuiergeleentheid vir die besoekers. Daar is ook 'n veteraantrekkeroptog op die program waarna die perdeprogram in volle swang voortgesit word. Die aand skop skougan-

gers hul skoene uit vir Malmesbury Superspar en Nulandis se biefstukete en skoudans met die gewilde orkes Pluk. Naas die perdeprogram wat Saterdag sy hoogtepunt bereik met kampioenskapsklasse, is daar die oggend (08:30) die gebruiklike perde-pretrit en vanjaar ook 'n 38km bergfietsry-prettrap (08:00) saam met die Malmesbury Fietsryklub. Daar is groot pryse op die spel in die Henk's Vleismark/Kekkel en Kraai-braaikompetisie om braaidag te vier. Op die 4x4-baan gaan die Jeep Club die wiele laat rol en tydens middagete is daar 'n tandemvalskermvertoning op die program wanneer ‘n lid van die parlement sy verjaarsdag in die lug kom vier – indien die weer dit toelaat. Die skou bied talle kindervermaak en stalletjies en lip-lekker-middagetes uit die plaaskombuis. Plaaslike talent soos Monique Basson en Anick Basson sal optree, asook die boeremusiekmakers, Wingerdstompies. Vir meer inligting, kontak die skoukantoor by 022 482 3180 of besoek die skou se facebookblad by Malmesbury Skou.


courant Soos 'n druppende kraan

dié

4

NUUS • NEWS

21 September 2016

Jeug skitter by Agri Megaweek

Onder: Christiaan Eksteen het in die junior-afdeling 'n tweede plek behaal en Elen Dippenaar 'n eersteplek.

oor water

Dit reën nog so af en toe en die waterdruppel op die mashoof van dié publikasie wys dat dit vlak van die Voëlvleidam glad nie te sleg lyk nie. Dit is nou as jy met oogklappe daarna kyk. Eintlik is sake glad nie so rooskleurig soos dit nou wil voorkom nie. Die watervlakke is steeds 'n groot bekommernis en dit lyk nie of ons hierdie somer beter af gaan wees as verlede somer nie. Onthou daardie tye wat die grasperke vrek en geel was? Wat jy met 'n emmer in die stort net vinnig deur die water gespring het om alles skoon te kry? Moenie dat die watervlak jou nou bluf nie. Moenie op jou louere rus en dan oor 'n paar maande hard huil as jy opstaan, die kraan oopdraai en daar geen water is nie. Dit is 'n werklikheid, glo dit of nie. Talle inwoners het vergeet van die waterbeperkings, of glo dat dit nie meer geld nie. Tuinslange word gebruik om voertuie te was. Sommer helder oordag, sonder enige bekommernis vanwaar die water oor twee maande gaan vandaan kom. Dis mos "môre se bekommernis"... Môre is dalk vinniger hier as wat ons besef en dan kom spyt hopeloos te laat. Die bietjie wat ons vandag kan bespaar, kan in die toekoms 'n groot verskil maak. Met Kaapstad se damme wat nou ook onder druk is, gaan daar meer van ons water getrek word. Dan lyk dinge skielik heelwat anders. Moenie nou uit die gewoonte gaan om te spaar nie. Hou daarby. Pas dit strenger toe, want ons almal het dit nodig. Jou motor kan maar 'n bietjie vuiler wees as gewoonlik, want dis dalk net daardie laaste paar druppels wat die groot verskil gaan maak.

By die afgelope Agri Megaweek het dié leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg hul slag in die jeugskou gewys. Bo is Lian Berg, Al Otto (tweede), Pierre van Heerden, Suzanne Kotze (derde) en Frans Gerber (vierde). Voor is Ellen Dippenaar (junior eersteplek), Hannes Mostert (eerste), Pieter Fourie (vyfde), Regardt Erasmus en Isak Mostert. Donderdag word die Jeugskou van die Malmesbury Skou gehou en daar word gefluister dat dit een van die grootste in die WesKaap kan wees.

Spel:

Hierdie leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het aan die WOW-spelkompetisie se distriksrondte op Citrusdal deelgeneem. Markus Vorster (gr 1), Rikus van Dyk (gr 4), Dirk du Toit (gr 5), Christiaan Bester (gr 7) het deurgedring en op Stellenbosch aan die Wes-Kaap-rondte deelgeneem. Leerders moet ongeveer 1000 spelwoorde leer. Rikus van Dyk (voor regs) het deurgedring deur na die Nasionale Spelrondte wat op 23 Oktober 2016 by die Universiteit van Stellenbosch gehou word.

Searching for family members

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Die hele Skrif is deur God gegee

Paulus skryf aan die jong Timoteus dat almal wat godvrugtig wil lewe in Christus Jesus sal vervolg word. Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. Met ander woorde daar gaan mense wees wat daarop uit is om ander te verlei om weg te draai daarvan om Jesus Christus te volg en Sy goeie nuus te versprei. Timoteus word gemaan om te bly in die lering wat hy geleer het, en waarvan hy verseker is, omdat hy weet van wie hy dit geleer het. Timoteus het van kleins af die heilige Skrifte leer ken wat hom wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die geloof kom deur die gehoor van die Woord van God. Paulus wys daarop dat die hele Skrif deur God gegee is en nuttig is tot lering en weerlegging, tot teregwysing en tot onderwysing in die geregtigheid. Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Ons het God se Woord juis vir ‘n tyd soos hierdie om onsekerhede uit te skakel.

The Western Cape Government Health are appealing to the public to assist in finding the family members of Gerhard Griffiths. Griffiths (DOB: 14 July 1991) previously resided in Abbotsdale, Malmesbury. He has been an inpatient at Paarl Hospital since the 3rd of September 2016. Mr Oosthuizen has been unable to provide the clinical team with contact details of his relatives.

Mr Griffiths has however confirmed that he has a sister, but cannot confirm her whereabouts and name. Should you have any information which could help in tracing his family, please contact Mrs A. Fourie, Social Worker at Paarl Hospital on 021 860 2500 / 60 during office hours (08:00 – 16:00) or via email: Anna-Marie.Fourie@ westerncape.gov.za.

Veteraan-trekkerklub vier fees Op 24 September 2016 word ‘n Erfenisdag-enjindag deur die Piket Veteraan-trekkerklub gereël. Verrigtinge begin om 09:00 op die perseel van Klem Coetzee in die nywerheidsgebied aan die oostekant van die N7. Volg die rigtingwysers of luister waar dit dreun. En dreun sal dit dreun! Talle engins – van baie groot tot klein – sal uitgestal word. Die oudste, ‘n 1911 model wat nog fluks water pomp met sy oorspronklike pomp, sal tesame met ander werkendes in aksie wees. Dis die organiseerders se ideaal dat so veel as moontlik enjins imple-

mente sal aandryf. Hugo Ehlers en Frikkie Carstens se koringmeultjie, oorspronklik uit Denemarke, sal plaaslike koring maal wat te koop sal wees. Die dorp se geskiedenis kry die aandag wat dit verdien – dis Erfenisdag! ‘n Aantal gerestoureerde Case trekkers, asook ‘n foto-uitstalling van aktiwiteite van die destydse Van Niekerk en Krupp, sal besigtig kan word. Op sy dag was Van Niekerk en Krupp een van die grootste verskaffers van landboutoerusting in die Wes-Kaap. Die baie bekende Gert Burger sake-

onderneming van vroeër , sal herleef deur foto’s, toerusting en boeke wat deel was van hul boekhoudingstelsel. Oom Gert het nooit leer motor bestuur nie en selfs die Vaaljapie trekkertjie waarmee oom Gert in die dorp rond vervoer is, sal deel van die uitstalling wees. Diegene wat daarop aandring om op Erfenisdag vleis te braai, hoef nie teleurgesteld te wees nie – braaigeriewe word voorsien. Die plaaslike ACVV tak sal eet- en drinkgoed te koop verskaf, onder meer tradisionele roosterkoek en sosaties.

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!


NUUS • NEWS

21 September 2016

5


NUUS • NEWS

6

21 September 2016

PHS presteer by eisteddfod

Blokfluit Eisteddfod: By Komien van der Westhuizen is die leerders met uitstekende Blokfluit prestasies: Agter is Ciara Lintnaar (Cum Laude Trio) en Annyda Janse (Goud). Voor is Marsha Otto (Goud Duet), Suné Pickard (Goud Duet, Cum Laude Trio), Gerhard Muller (Cum Laude Duet), Morné Mitchell (Cum Laude Duet) en Dayle Julius (Cum Laude). Afwesig: Natasha Botha (Cum Laude Trio).

Bo: Blokfluit Ensemble wat vir beide item A en B Cum Laude ontvang het, is agter Hughen Esau, Willem Wiggins, Daniël Brand, Henri van der Westhuizen en voor Christine van der Merwe, Rénay Esau, Nikita Booys en Andrea Visser.

Bo: By Alison Muller is Klavier leerders: Shanda Whitfield (Silwer Solo A en Goud Solo B), Levona Roberts (Goud Solo A en Cum Laude Solo B), Madalynn Paulsen (2 Goud, Cum Laude vir Konsertprogram), Zana Vorster (Silwer Solo A en Goud Solo B) en Henco Kruger (Goud Solo A). Inlas: Johan du Toit (Goud Solo A en B). Afwesig: Jade Wilson (4 Goud vir Konsertprogram).

Links: Hierdie groep sangers behaal 4 Cum Laude-, 9 Gouden 4 Silwer toekennings: Agter is Lain-Mari van der Heever, Joy January, Nicola Coetzee, Amber Tobias, Con-Li Halvorsen, Zana Vorster, Lea de Vries, Madalynn Paulsen, Melissa Beck en voor Aimee Philander, Kayla Brand, Anicka Truter, Levona Roberts, Annetia Calitz en Deborah-Kerr Paulsen. Foto’s: Marietha Goosen


NUUS • NEWS

7

21 September 2016

Tourism unveil exciting new LSS hou veiling vir fondse heritage resources vir nuwe grondslagfase To commemorate Heritage Day on 24 September, the Swartland and Malmesbury Tourism committees are proud to launch two new exciting heritage resources – the Swartland Heritage website and a brand new Malmesbury Heritage Route leaflet. The projects were the result of a renewed effort to promote the region and its wonderful historical attractions to a new generation of visitors, as well as creating some excitement among residents to stimulate interest in our precious heritage collateral on a local level. Swartland Heritage website The Swartland Heritage website (www.swartlandheritage.com) is an exciting new digital resource that provides in-depth information on Darling, Hopefield, Malmesbury, Moorreesburg, the Riebeek Valley and other outlying regions throughout the Swartland, with a particular focus on historical sites and places of interest. This includes museums, walking routes, natural heritage sites and more. The website will be of particular interest for tourists and visitors who want to learn more about the region prior to a visit to the area; as well as local residents who want to immerse

Padstap:

themselves in the singular heritage of the region in which they now live themselves. Malmesbury Heritage Route leaflet The Malmesbury Heritage Route leaflet is a handy printed guide that provides a comprehensive overview of the town’s historical buildings against the backdrop of its illustrious history as an outpost of the Cape of Good Hope that dates back to the 1700s. It provides all the information a visitor would need to undertake an extensive walking tour of the town to view it’s most beautiful and historically significant public buildings and private residences. The Malmesbury Heritage leaflet will be available at the Tourism Office at the corner of Church and Voortrekker in Malmesbury and available for download from the Swartland Heritage website. Get in touch to learn more For more information on the Swartland Heritage website, Malmesbury Heritage Route leaflet and related projects please have a look at: Swartland Tourism (www.swartlandtourism. co.za) or Malmesbury Tourism (www.malmesburytourism.co.za).

Nikita Toerien, ‘n graad 7-leerder aan die Swartlamd Laerskool op Malmesbury het haarself as ‘n padstap-atleet laat geld. Nikita word deur Elmarie Marais van Swartland Laerskool afgerig. Nikita is 12 jaar oud, maar ding in die o.13-afdeling mee. Sy het Januarie begin stap en is die huidige Boland baan-kampioen en is ook die enigste leerder van haar skool wat die Wes-Kaap by die SA-skole-byeenkoms op die baan verteenwoordig het. Nikita het sover vanjaar al vier WP padstap-ligas gewen waarvan die laaste die WP-kampioenskappe was. By dié byeenkoms het sy haar persoonlike beste oor 3km van 19:33 tot 18:20 verbeter. Sy het ook die Boland-titel gewen en weer haar persoonlike beste tot 17:40 verbeter. By dié byeenkoms was die naaswenner se tyd 19:33. Sy het dus met ongeveer twee minute stof in haar naaste teenstaander se oë gestap. Sy het ook die seuns-wenner geklop en is algeheel eerste in die o.13-afdeling met die eerste seun kort op haar hakke. Die eerste seun is Tiano Walters ook van Swartland Laerskool. Nikita en haar suster, Amore, is ook onlangs in die WP-padstapspan opgeneem om aan die SA’s deel te neem.

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se bouwerk aan die nuwe grondslagfase vorder fluks. Met dié bouprojek beoog hulle om 'n nuwe saal, spesifiek vir die grondslagfase, te bou, asook klaskamers vir remediëring. Dié skool hou eersdaags hul jaarlikse manneaand wynveiling ten bate van dié projek. By die veiling sal Pietman Geldenhuys as gaskunstenaar optree, met Tersius Marais wat as die afslaer sal dien. Altesaam ag lotte met 'n drie-liter bottel met die individuele foto's van die Graad R-, o.7A-, o.13A- en Boland rugbyspelers, die o.13A-netbalspan en die o.13A seuns- en meisiehokkiespanne sal opgeveil word. Daar is ook vyf interessante en unieke lotte beskikbaar. 'n Beperkte aantal kaartjies is nog beskikbaar en beloop R300 per persoon of R3000 per tafel van 10. Dit sluit 'n biefstuk-ete met verversings in. Kontak Jannie Paterson by 083 461 8232, Jaco Geldenhuys by 072 234 6646, Hugo Basson by 083 284 8645 of Tobie Basson by 083 357 4496 vir meer inligting.


8

Dagboek • Calender

NUUS • NEWS

21 September 2016

Koring Bedryf Museum Erfenisdag Vieringe op 22 September om 10:00 - 15:00 met die Tema : "Human Treasures" by die Koring Bedryf Museum. Ons nooi almal hartlik uit om demonstrasies van verskillende vaardighede te kom besigtig. Kontak : Tania Le Roux 022 433 1093 NG Kerk Porterville 23 - 25 September 2016 - Daniel Konferensie met die Tema : 'n Man na God se hart. Kostes beloop R100 per persoon. Vir enige navrae : Braam by 082 923 9182 / braam. grobbelaar@moreleta. co.za Yzerfontein Galjoen Derby 24 September 2016 Navrae : Gawie Steyn 083 379 6044 St Thomas Primary School Heritage Day - Old School Jol Friday, 23 September at St Thomas School Hall. Bring your own tjop & ... and picnic basket. Braai facilities and wood will be free. From 18h30 till late Admit : R50 single Langsdiebos Mark 24 September - Erfenisdag Potjiekoskompetisie Inskrywingsvorm beskikbaar by die mark (elke Saterdag 09h00-14h00 ) of kontak Marilizé Crafford 072 0526280 Heritage Day Trial Run 24 September @ Rhebokskloof Wines Estate. Registration from 06:30 - 08:00, Start at 08:15. 10 km - R120; 5 km - R70. Goodie bags for the 1st 100 runners Contact Liezl Muller @ 084 707 0477 Kermis 24 September om 08h00 by ACVV en Huis Nerina Terrein. Pretloop R20 (5 en 13 km). Fietsry R25 (10 en 30 km). Inskrywing om 7h00. Kontak : Dassie 0828079788 Riana 0832336488 Huis Groeneweide, Darling Algemene Jaarvergadering op 24 September by Konferensie Sentrum, Darling Gholfklub om 18:30 vir 19:00. Verversings sal bedien word en kontantkroeg beskikbaar Kontak : Nadine by 022 492 2665 House of Praise Ecclesia 25 September : Pre-Launch Service om 16h00 by Liebenberg Primêre Skoolsaal. Spreker : Past Enrico Cloete. Navrae : Past Enrico by 061 896 6326 / houseofpraise96@gmail.com Swartland Pre-Primêre Skool 27 September - Opedag. Vanaf 17:00 - 18:00 Kontak : 022 4823140

Kerke • Churches

Fynbos Estate Wynproe 27 September om 19h00. R60 pp (sluit iets te ete in) Kontak : Johan Mostert 022 482 2371 ACVV Riebeek Kasteel 28 September om 10h00 - 11h00 : Dr Johny R Elyon (Pastorale- & Opvoedkundig Sielkundige Berader) Hoe om verandering te hanteer. Verlies van iemand na aan jou, werk verlies of verandering, aftrede, verhuising, egskeiding ens. Donasie word gevra om kostes te dek. Spiesgooi Afrigtingsklinieke Aangebied deur Tom Petranoff by Hoërskool Swartland op 29 September (Vlak 1 - Kliniek vir Beginners) - Een uur sessies word aangebied 14:00-15:00; 15:0016:00 en 16:00-17:00. Inskrywingsgeld R50 - Inskrywings tussen 13:00 en 14:00 Navrae : 084 517 4692/ 021 883 9042/ 082 8819119 St Francis De Sales Catholic Church 30 September - Back to the 60's Dinner Dance with Top Five Dance Band @ R100 per person. Dress in that era's attire and stand a change to win big prizes. Bring own XYZ Contact : Father Kizito 072 832 1013 or Velucia Spogter 074 033 7960 Yzerfontein Sport Recreation Club 1 October - October Fest. From 11h00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819 Tournament Moorreesburg 1 October - Tag Rugby. 10h30 briefing. 11h00 Start of tournament @ Gene Louw Sport Fields. Cost R500 per team of 10 players (max) Contact : 082 596 1890 / tagleagues@taggroup.co.za Malmesbury Auto Show 1 October - from 9h00 till 5 p.m. @ St Thomas Primary School. Gate fee R10; Club Display R150; Children R5; Passengers extra R10; Sound off Limbo R30; Show & Shine R50 Contact : Alex 073 905 6382 / Faizel 076 230 5923

AGS Corpus Christi, Malmesbury 18 September - Sondag-oggenddiens om 09:30. Prediker : Roderick Onverwacht. Sondagaand diens om 18:30 Gesinsdiens Navrae: 073 447 2902.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.

Shofar 25 September - Fanie Nel preek om 09: 30 by Voortrekker straat 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640.

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 25 September om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990.


NUUS • NEWS

9

21 September 2016

Steve doen country by Bakgat Môreson-fees

Met meer as 25 jaar in die musiekbedryf, het die superster, Steve Hofmeyr gewys hy kán sing. Tot country. Dit is meer as genoeg rede om die Bakgat Môreson Plaasfees vanaf 14 tot 16 Oktober by te woon waartydens hy die litte gaan los maak met sy country-album, If you could read my mind. Steve tree die Saterdag, 15 Oktober om 19:30 op. Vir Steve is country-musiek so natuurlik soos “braai, boerewors en Afrikaans.” Hy het al oor die jare, baie met dié musiekstyl op sy Toeka en Kris Kristofferson-albums geëksperimenteer en dit was elke keer ‘n volslae treffer. Hy is baie opgewonde om sy countryliedjies weer in die Kaap te kom sing, en dit in die platteland. If you can read my mind, bestaan uit 15 liedjies wat deur die hoogaangeskrewe vervaardiger Juan “Floors” Oosthuizen opgeneem is. Van die liedjies is bekende country-treffers, terwyl ander

liedjies weer nuwe country-baadjies gegee is. Vanjaar se Bakgat Plaasfees op Môreson buite Malmesbury, beloof vermaak vir die hele gesin. Ander kunstenaars wat ook gaan optree, is die legenadriese country-sanger Dennis East, asook Wynand en Cheree, Pieter Mohr, Die Broers, Manie Jackson, Pierre Rossouw en die groep Rocking Horse. Die kinders gaan ook ‘n fees hê met Tjiff en Tjaff wat kom kuier, poppekas, pretritte, ‘n paintball-kompetisie en vele meer. Vir die wat dit sommer ‘n behoorlike naweekkuier wil maak, kan saam kom kamp. Toegang vir kampers is R285 per persoon vir die hele naweek. Die fees begin reeds die Vrydag om 12:00 en duur tot die Sondag om 15:00. Toegang vir volwassenes per dag is R80, terwyl kinders R40 kos. Bespreek nou jou kaartjies by computicket of be; Bakgat promosies by 082 895 5093 vir meer inligting.

Slaglam-kompetisie: Erika

Hanekom van Rhenosterbosrug het verlede naweek gedurende die Swartland Skou die Kampioengroep slaglammers op die hoef asook die Kampioen-, Reserwe Kamp.- en derde plek vir enkellammers op die hoef, gewen. Die Reserwe Kampioengroep op die hoef is gewen deur Albert Kotze. Jannie Dürr van Wes-Kaap Lewendehawe Agentskap, het die veiling behartig.

Promosie

Groenrivier pronk by Top-vendortoekennings Vanjaar se Top-vendor Troutoekennings het op 30 Augustus die land se bestes van die beste in die bedryf uitgesonder. Groenrivier-onthaalsentrum buite RiebeekKasteel was een van hulle. Dié onthaalsentrum teen die hange van Kasteelberg in die agtergrond wat bekend is vir sy gerestoureerde plaasskuur, is vanjaar as die Beste Plattelandse-onthaalsentrum aangewys (Best Country Venue). Dit is die tweede jaar in ‘n ry wat hulle met die gesogde toekenning vereer word. Daar is verder twee unieke onthaalsentrums vir die trouseremonie om van te kies en keur. Groenrivier-onthaalsentrum, waarvan Magdel Brink die eienaar is, bied nie net onthaalgeriewe vir troues aan nie, maar staan gereed vir enige spesiale geleentheid. Met meer as 16 jaar se ondervinding in die bedryf en vriendelike en entoesiastiese personeel, word ‘n unieke ervaring verseker waar daar nou saam met troupaartjies gewerk word om ‘n onvergeetlike troue te hê. Gaste kan boonop eksklusiewe toegang vir die hele dag tot die hele eiendom geniet. Jou troue by Groenrivier sal ‘n fees wees om te onthou.

Promosie

Lollos: Lollos en Lettie het die afgelope Saterdag vir Malmesbury op horings geneem met hul optrede in die De Bron Teater. Aanhangers het ná die vertoning ‘n geleentheid gekry om ‘n foto saam met hul gunsteling karakters te laat neem.

Geskiedenis: Angelique Claas-

en (Steynville Sekondêr Piketberg) en Erin Cuttings (Schoonspruit Sekondêr Malmesbury) het aan die “Provincal Nkosi Albert Luthuli Young Historians‘ Award" by die Settlers Hoërskool deelgeneem. Hulle het teen 13 leerders van skole soos Settlers High, Rhenish High, Fairmont High, Rocklands High, St.Josephs Marists College, College of Science and Technology gekompeteer. Erin Cuttings het saam met nog sewe leerders deurgedring om die Wes-Kaap by die nasionale kompetisie in Pretoria van 2 tot 4 Oktober te verteenwoordig.


10

NUUS • NEWS

21 September 2016


NUUS • NEWS

11

21 September 2016 Betrekking Vacancy Opsoek na ‘n inslaap- kinderoppasser en huishulp op Moorreesburg-plaas. Die persoon moet Afrikaans-sprekend wees met vorige ervaring van kinders versorg. Moet huiswerk kan doen en ‘n onlangse kontakbare verwysing kan gee. Stuur besonderhede na 0842402933 #2825 Dienste Services ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2781 --------------------------------BOU VAN NUWE HUISE - EPM Pty Ltd. 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com - Gratis kwotasies #2781/2

moet lekker verjaar onse stoutseun

XAVIER COMBRINK 22 September 2016 To our eldest son. May God bless you with many more years. A big SEVEN. May the favour of our Lord rest upon your life always. Love Mommy and Daddy ---------------------------------To my brother Xavier. Happy Birthday. Love you a lot. From your brother, Brooklyn ---------------------------------Time is flying - Seven years old. Mamma's big boy. Mamma love you. Enjoy your day at school. From Mamma Veronica ---------------------------------

Gelukwensing Congrats

CHINIQUE HUGO Baie geluk met jou vyfde verjaardag op 21 September. Jy moet lekker verjaar. Ek is baie, baie, baie lief vir jou, my engel. Van : Pappie --------------------------------Veels geluk Chinique met jou vyfde verjaarsdag. Lekker verjaar Ouma se groot meisie. Baie lief vir jou. Van Mamma Osie en Oupa Willem # --------------------------------Veels geluk Chinique. Jy moet 'n lekker dag hê meisiekind. Van Aunt Sussie, Rishi en seuns

JESNAY SAMSON Geluk met jou vyfde verjaardag op 21 September. Dankie vir al die vreugde en liefde wat jy bring. Lekker verjaar Ouma se kleinkind. Van: Ouma Hendrina, oupa Japie, Sunell, Porsche en sussie Shanon

RAAI WIE IS EEN op 23 September. Baie geluk Mammie se noi. Liefde van Mammie, Dadda (Dudley), twee sussies, ouma Iza en Abieda --------------------------------Slamat met jou geboortedag. Allah se rykste seën en ek hoop jy geniet jou dag Laa'iqah. Liefde van Uncle Maurice (MO) --------------------------------DITTIE - Baie geluk my beste nig met jou verjaardag op 17 September. Hoop ons Hemelse Vader spaar jou nog 'n jaar. Mooi dag vir jou en ek is baie lief vir jou. Geniet jou dag - "huggs and kisses" Liza Elizabeth Swartz. Van jou niggie Fransiena & Slos en Manuel gesin

RAAI WIE WORD SEWE OP 15 SEPTEMBER 2016 Gelukkige verjaarsdag Burton. Mag jy 'n geseënde dag hê en mag die Liewe Vader vir jou nog baie jare spaar. Jy moet altyd gehoorsaam wees aan jou ouers. Van jou : Ouma, Oupa, Ma, Suster, Broer, Antie en Oom - Jy

RAAI WIE WORD 14 OP 19 September 2016!!! Baie geluk met jou verjaarsdag MORNÉ CHARLTON DOLMAG. Stel God eerste in jou lewe en Hy sal al jou toekomsplanne wat Hy vir jou uitgesit het, vervul. Ons is baie lief vir jou. Van: ouma Sheila, oupa Jannie, Monique en Myleigh

KYK WIE WORD AGT!!! Baie geluk Chandré, met jou verjaarsdag op 26 September. Mag Liewe Jesus jou nog baie jare spaar. Van : Mammie, Pa (Ivan), Diego en Mariandré. Lief jou xxx

RAAI WIE WORD DRIE ??? JOHNADENE - Geluk Mammie se Noenoes. Mag jy net so 'n woelwatertjie bly wat jy is. Baie lief vir jou. Van: Mammie, Pa, ouma Mietjie en oupa Paul

Geluk ANNELIZE met jou 24ste verjaardag op 18 September. Mag die Here jou nog baie jare spaar. Jy moet ophou stout wees. Baie lief vir jou. Van: Atta Mietjie en unde Paultjie

GURSHWIN VAN WIELLING - 21 September 2016. Baie geluk my pragtige seun met jou 18de verjaardag. Mag jy 'n geseënde nuwe lewensjaar geniet met baie voorspoed en tonne pret. Van: Mammie Chrizaan

PA HEN SWARTS Die 12de September. Hemelse Vader ons wil vir U baie dankie sê dat U nog 'n jaar by Hennie se lewe gevoeg het. Hy het deur donker dieptes gegaan. Ons as mens het hoop opgegee, maar

U het gekom met u genesende hand en hom waarlik aangeraak. Baie dankie vir almal wat hom opgedra het in gebed, maar deur sy wonde het daar genesing gekom. En ons hoop daai sterre sal altyd skyn op sy kop. Van: Tannie Fien en gesin -------------------------------PEETPA HENNIE Baie geluk met u verjaarsdag. Mag die Here u altyd gesond hou. Baie dankie vir alles wat peetpa vir my, Conray, Pee-Jay beteken

JOLENE SWARTS (Dottie) Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here altyd die sluise van die hemel oopmaak om vir julle te seën. Mag die Here se seën altyd op jou rus. Jy het deur baie storms gegaan, maar jy het altyd op God vertrou, want jy weet Jesus maak die storm stil. Jy is 'n deugsame vrou van Spreuke 31. "I salute you woma of strenght, keep on smiling". Van: Tannie Fien en familie. Baie lief vir jou ---------------------------------PEETMA DOTTIE 15 September. Baie geluk met u verjaarsdag. Ek is baie trots vir die ekstra myl wat u vir my en my kinders beteken. Van: Jo-Allen, Conray en Pee-Jay

ELZAAN SWARTS Die 20ste van die negende maand, Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here u vele jare spaar. Spreuke 3 vers 6 "Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie gelykmaak. Tannie Fien en gesin ---------------------------------Elzaan Swarts - Baie geluk met jou verjaarsdag en dat die Here nog 'n jaar by jou lewe gevoeg het. Ek waardeer alles wat jy en Elvina vir my en my kinders doen (Conray & Pee-Jay). Psalm 23 vers 6 "Net goedheid en guns sal julle volg die res van julle lewe" - Liefde : Jou peetsuster

25 September 2016 60 Jaar!!!! JO-ANN GREEN. Baie geluk Jo-Ann met jou 60ste verjaarsdag. God rykste seën met die mylpaal in jou lewe. Van: Abrahams Familie

My tiny little brat. I fell deeply in love with you my princess, even before I saw you. How happy you made me just by your presence, you have no clue. The first time you kicked, is a moment I will cherish forever. I just couldn't wait for that moment when we would be together. I just could not have asked God for a better gift than you, my baby. I feel so proud looking at you grown into such a fine young lady. I promise to be your guardian angel and always stand by your side. No matter how old you are, you will always be my dear little child. Happy Birthday. Love : Mommy, Daddy and 2 sisters ----------------------------------

Guess who's turning one year old? Azaharia...it was just one year ago God sent an angel on this earth.You are a precious gift who has filled our lives with happiness. Happy first birthday our angel. Love u lots, Amy, Mianay and Matteo

GREGORY REGINALD Baie geluk met jou mondigwording en kroonverjaardag. God rykste seëninge op jou pad vorentoe. Onthou jy is die argitek van jou lewe. Baie liefde van Ouma Regina --------------------------------DOORTJIE FRANSMAN Baie geluk met jou 70ste verjaardag op 24 September. Ons hoop jy het 'n wonderlike verjaarsdag en ons hoop jy gaan nog baie jare met ons wees. Van: Christopher, Janine, Elrisha en Conray Fransman --------------------------------PETER (RUBY) COMBRINK Baie geluk met jou verjaarsdag op 24 September. Hoop jy het 'n "marvellous" dag en hou aan so mooi sprankel soos wat jy en net jy kan. Van: Rozaan Pietersen en Janine Fransman

JOLENE & DEMASHU SEPTEMBER. Baie geluk met julle 18de huweliksherdenking op 25.09.2016. Mag God se seën altyd op julle huwelik rus. Liefde - van Moela, kinders en kleinkinders.

RAAI WIE WORD 50 OP 21.09.2016 DEMASHU SEPTEMBER (Didja). Baie geluk met die mylpaal in jou lewe. God se rykste seën op jou lewe. Lekker verjaar. Liefde - van Moela, kinders en kleinkinders.

RAAI WIE VERJAAR VANDAG? AMANDA FRANS ESAU, Vrou, mag jy al die geluk ontvang wat jou hart kan hanteer, al die glimlagte wat 'n dag kan bring en al die seëninge wat 'n leeftyd kan gee. Lekker verjaar. Liefde Guswill & Leanne

Raai wie is 60 jaar oud. op 24 September. Geluk antie Catherine met u 60ste verjaarsdag. Spreuke 31 vers 10. 'n Goeie vrou is meer werd as edelstene en sy moet geprys word. Hoop antie Catherine geniet die dag saam met die familie. Van:Theresa, Carlo en kinders ---------------------------------Mammie, geluk met Mammie se 60ste verjaarsdag. Mag die Here Mammie vele jare spaar. Lekker verjaar. Baie lief vir Mammie. Van: Charlene, Caithlin, Chreswin en Love Baie geluk met u 60ste

verjaardag. Mag jy nog vir vele jare gespaar word en baie dankie vir alles wat jy vir ons beteken. Liefde: Marthinus, Dorreen en huisgesin ----------------------------------

HILTON - Baie geluk met jou verjaardag op 24 September. Dankie vir die altyd daar wees en die absolute staatmaker wat jy vir my is. My wens vir peetpa is 'n geseënde lewensjaar met baie vreugde en hope geluk. Van: Peetkind, Kahrlin

SENITA HENDRIKS - Baie geluk met jou verjaarsdag op die 20ste September. Van: Mammie, Mamma, Sergio en al die ander in die huis.

SELESTINE HENDRIKS Baie geluk met jou verjaarsdag op die 23ste September. Mag God jou ryklik seën. Liefde: Mammie jou twee kinders en al die ander Gesoek Wanted

Dis nie die dinge wat ons koop wat ons verryk-verbly nie,maar wel "geskenkies uit die hart" deur geld nie te verkry. 'n Glimlag bly, 'n woordjie sag, 'n hoofknik stil en teer, is alles klein geskenkies uit die skatkis van die Heer.Dis die dinge wat ons nie kan koop,want dis onmoontlik om met geld of goud bedagsaamheid en liefde te bekom. Baie geluk Angelo met jou kroonverjaarsdag mag goedheid en guns jou bybly en Liewe Jesus jou rigtingwyser vir die pad vorentoe en vandag glimlag Mammie uit die Hemel spesiaal net vir jou, van Quinton, Charmaine, Damian,Caris-Brooke en Quinay ----------------------------Raai wie word 21 op die 21ste. Angelo Warren Farao baie geluk met jou kroonverjaarsdag.Al die eer en lof kom Jesus toe, want Hy het jou deurgedra vir 21jaar. Mag jy 'n wonderlike en geseënde dag hê. Ons dink spesiaal aan jou baie, baie lief vir jou. Liefde: Sussie Kana en huisgesin --------------------------------Angelo baie geluk met jou 21ste verjaarsdag alles wat mooi is vir jou op jou pad vorentoe mag God jou nog vele jare uitspaar. Baie wil ek jou nog toewens maar is te hartseer om te sê. Geniet jou dag lief vir jou van Atta Sylvia en huisgesin -----------------------------Baie geluk Angelo met jou kroonverjaarsdag ons wense vir jou is dat God jou moet bewaar en styf in Sy boesem moet hou. Baie lief vir jou. Jou Ma sou vandag baie trots op jou gewees het. Geniet jou dag van Atta Sony,Tietie,Sussie Kana,Boeta Pieter en Antie Henna

QUINAY CHARMANIQUE LEANDER - 25/09/2015 Ons harte is vandag gevul met soveel blydskap,vreugde,vrede en liefde omdat Liewe Jesus jo spesiaal vir Ma en Pa gegee het en dit is sowaar jou eerste verjaarsdag ons kyk vandag trug en dank Liewe Jesus omdat Hy jou van jou geboorte uur bewaar en beskerm dit was n moeilike tyd soveel hartseer maar God het jou deurgedra en ons weet groot dinge het Hy vir jou instoor omdat jy een van sy spesiale Engeltjies is j is nog so klein maar reeds het jy ons harte gevange geneem liefies jou baie van Pa.Ma,Damian en Caris-Brooke

AANDAG!!!! WELKOM MEUBELS : Opsoek na goeie tweede-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 7947528 #2005

Johan ---------------------------------Met herinnering dink ons op 23 September aan jou Jacques wat so skielik van ons af weggeruk is. Jy sal altyd in ons harte bly. Liefde - Steven en Meisie LUCAS NELL 24 September Pa 'n jaar is verby en dit voel nog soos gister toe ons so lekker gesels en gelag het. Ek mis Pa baie, sal Pa altyd onthou en lief hê. Baie liefde - Sarah, Heman en Johnnic ---------------------------------24 September - Dit is reeds 'n jaar wat Pa verhuis het na u ewige woning. Ons harte is nog baie seer en dit is steeds so onwerklik dat Oupa Lukas nie meer daar is nie. Pa was 'n merkwaardige mens en ons sal jou nooit vergeet nie. Baie liefde : Kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders ----------------------------------

Memorium In Memoriam

TROLLIE OWIES Gebore : 20 September 1962 Oorlede : 25 Maart 2015 Vandag is dit jou tweede verjaarsdag in die hemel. Ons berus ons in die mooi herinneringe wat jy vir ons nagelaat het. Wat God gedoen het, was welgedaan en ons bevraagteken nie Sy werk nie. RIP tot ons weer ontmoet. Van : Jou vrou, drie seuns, twee kleinkinders, ma, broer, ses susters en al die familie en diegene wat met 'n band van liefde en vriendskap verbind was #

PIETER SWARTS (BOURE) Op 24 September jou eerste verjaardag in die hemel. Dink nog elke dag met liefde en verlange aan ons jongste boetie. Sal altyd in ons harte voortleef, maar berus ons dat jy op 'n beter plek is. Van jou suster Lisa, swaer Kassie en Swarts familie ---------------------------------LEON FARAO 25 September

Liefste kind nog 'n verjaarsdag.. Jy sou Sondag 40 jaar oud gewees het, maar Jesus het anders besluit. Ek mis jou en het jou nog steeds baie lief. Sal jou altyd onthou. Baie liefde Mammie ---------------------------------My liefste Broer, sou so graag geluk wou sê op jou 40ste verjaardag, maar Liewe Jesus het jou meer nodig gehad. Nou moet ek maar die soene vir die foto los. is jou verskriklik my pandabeer. Koester ons mooi herinneringe saam. Lief jou altyd. Jou sussie Chrizaan, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan

DENISE MICHAELS 15-08-1947 : 20-09-2012 You've been out of our lives for four years now. No farewell words were spoken, no time to say goodbye, You were gone before we knew it and only God can tell us why. But those we love did'nt go away, they walk beside us every day, unseen, unheard, but always near. Still loved, still missed and very dear. James, sisters and brothers

YOLANDE DENISE ARENDSE 22 September - Today is your first birthday in heaven. Oh how we wish that you could have shared this day with us, but we know that you are in a better place now and that God now has one of His best Angels by His side. Words cannot describe how much we miss you Moms, We will always love you. From: Your children - Amy, Meliza, Remo, Limley, Ma-Sannie, Mother Elizabeth, grandchildren and inlaws. ---------------------------------Yolande, on the 22 September is your first birthday away from us. I miss all the little ways you showed you cared for. There were so many good moments we shared. You are gone, but not forgotten. I'll always love you. Monica, Humble and children ----------------------------------

JACQUES FREDERICKS 23 September 2016 Presies een jaar gelede het jy verhuis na jou hemelwoning en nog steeds voel dit soos gister. Die trane vloei nog elke dag, maar ek koester jou mooi herinneringe wat jy agtergelaat het. Ek mis jou nog steeds maar weet jy is veilig. Rus sag tot ons weer ontmoet. Jou liefde - Charmaine --------------------------------It's been a year since you left us behind. We really miss you. We wish you were still here with us but now we are safe in the arms of the Lord watching down on us. You will always remain in our hearts. Love Chandray &

Sterfgeval Obituary

STROEBEL LEON 5 APRIL 1963 - 16 SEPTEMBER 2016 Woorde het ek nie..My Groot Teddiebeer na ons paaie 30 jaar terug geskei is het ons nog steeds spesiale tye saamgehad. Dankie vir alles wat jy vir my en my seuns gedoen het. Sag rus tot ons weer ontmoet. Baie sterkte aan die naasbestaandes. Gaan jou baie mis. Liefde Karin, Dohann en Wahldo. ---------------------------------Leon, dankie vir jou vriendskap van jare. Ons onthou al die mooi daarvan. Liefde Frikkie & Elizna (Velddrif) ---------------------------------Leon, ons het "great" tye saam gehad. Ons as vriende het so baie "fun" gehad. Jy en Ian is nou bymekaar. Ons koester spesiale tye saam op St Marlo. Rus sag my vriend. Liefde Marietjie Bester ---------------------------------God het een van sy mooiste rose kom pluk vir Sy tuin. Jy sal baie gemis word, Leon. BAIE STERKTE AAN SY FAMILE. RIP Leon Heletia van Texas ---------------------------------Leon...ou Groot Teddiebeer..jy sal gemis word. 'n Hart van Goud en persoonlikheid van miljoene blink strerre! Jou kitaar en liedjies om die kampvuur is hoe ek jou sal onthou op Velddrif. "Was ek maar 'n Digter en Jaloers Bokkie" sal my altyd aan jou laat dink. Rus in vrede Leon. Jy los 'n groot leemte. Baie liefde Christelle --------------------------------Soos jy baksteentjies gelê het op stofpaaie, het jy vriendskap in baie se harte gelê wat sal onthou word. Liefde Herman,Annalie, Schalk, Minette en Sarike Burger ---------------------------------Leon, sal jou altyd onthou ou grote. Rus sag in vrede. Baie liefde die Dalhouzies ---------------------------------Ou Leeu, ons het so baie dinge saamgedoen. Ek het gesê ek sal nog 'n draai kom maak by jou, en nooit daar uitgekom nie. Maar ek weet jy sal verstaan. Dankie dat jy so 'n goeie vriend was. Mis jou al klaar. Jy verdien die rus, en sê groete vir my Pa en Ma. Tot weersiens Louis Havenga ---------------------------------Leon ons is stom..woorde is min..dankie dat ons jou kon ken en sal die lekker kuiertjie saam in Velddrif onthou. Jou Boeremusiek en die dansies om die tafel. Jy moet sag rus tot ons weer ontmoet. Liefde Nettie, Ronel & Lizelle

Te Huur To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/46

Te Koop For Sale Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak, aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke, Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768


courant

dié

12

tel 022 487 3221

SPORT

21 September 2016

Piket-Bo-Berg: Die Piket-

Bo-Berg MTB Cycling Challenge se skole-uitdaging is gewen deur Piketberg Hoërskool se A-span. Regs is Eswé Visagie van Nexus, wat albei die A- en B-span geborg het, saam met Schalk Visagie, Jac Goosen, Harry Roux en Barend Smit. Twee spanne van PHS, een van Steynville Sekondêre Skool en een van Hopefield het meegeding om die trofee.

Duiwe ding mee in klub se jaarlikse gedenkvlug Die Malmesbury Posduifklub, in samewerking met die Christelike Privaatskool Malmesbury, se jaarlikse duiweveiling word vanjaar weer op 27 September gehou. Hierdie jaarlikse veiling en wedvlug is oorspronklik ingestel as 'n fondsinsamelingsprojek vir die Christelike Privaatskool én vir die Posduifvereniging op die dorp en staan bekend as die Fritz & Berno Meintjies Gedenk-wedvlug. Dié twee seuns van Fritz en Mollie Meintjies, was lede van die Malmesbury Posduifklub.

Die veiling word om 19:00 in die Olok-saal van die Hoërskool Swartland op dié dorp gehou en die wedvlug volg Saterdag 8 Oktober. Die duiwe vlieg vanaf Hopetown terug huis toe, met pryse vir die wenners van die eerste drie plekke. Belangstellendes wat dit wil bywoon kan Johan Steenkamp by 082 823 7541 of Willie Taylor by 083 526 8959 kontak. Verlede jaar se wenduif van George Williams is vir R500 gekoop. Die eerste agt plekke wen heerlike pryse.

•SAKELUI-TOERNOOI OP HANDE

Gimnastiek: Jana du Plessis,

‘n graad 7-leerling van Laerskool Swartland op Malmesbury, het by die onlangse Wes-Kaap Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe uitgeblink. Wes-Kaap-kleure word slegs toegeken aan die top-8 gimnaste wat die kwalifiserende punt behaal. Jana is in die Wes-Kaap-span opgeneem wat van 5 tot 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek-kampioenskappe by die Western Cape Sports School te Kuilsrivier gaan deelneem. Jana se punte was soos volg: eerste in balk: 9.20 uit 10; derde in vloer - 9.15 uit 10; derde in brug - 9.15 uit 10; vierde in Spronge - 9.025 uit 10 en ‘n algehele eersteplek met ‘n puntetelling van 36.525 uit 40.

Balle begin rol Die Malmesbury Rolbalklub skop die 2016 /17 seisoen af op Saterdag 1 Oktober om 14:00. Nuwe spelers en belangstellendes is welkom om saam te kom speel of net dop te hou, en kan so teen 13:45 aanmeld. Na ‘n suksesvolle vorige seisoen is Roux Vermeulen, die klubpresident, opgewonde dat die komende seisoen nog beter sal wees in talle opsigte. Tydens die af-seisoen is daar baie werk gedoen om die perk en terrein te verbeter. Die walle is oorgedoen, die tuin is verfraai en die beddings mooi afgekamp, alles onder die wakende oë van Peter Hall, André en Stuart Halvorsen, Koos Muller en Boetie Marcus, die getroue perk-assistent.

NUUS • NEWS

21 September 2016

"As almal wat so in die verbygaan belowe en te kenne gee dat hulle beslis die nuwe seisoen gaan kom speel, nou is julle kans. Kom raak deel van ‘n gesellige groep rolbalspelers wat dit geniet om hulle sport beoefen," sê Roux Vermeulen. Die gewilde Sakemanne Toernooi word ook weer aangebied op 17, 19, 20, 24, 26 en 27 Oktober om 18:00, met die finaal op 31 Oktober. Inskrywingsfooie beloop R200.00 per span van vier lede, en kennisgewings word binnekort uitgestuur aan al verlede jaar se deelnemers en nog meer. Kontak Roux Vermeulen by 0224821228 of 0834789616, Nadene Scherman by 0828248103 of Altus Myburgh by 0224823560/0766674305.

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Modderrivier Ope 1 J Steenkamp 1224.8506; 2 G Horn 1216.6182; 3 J Steenkamp 1211.6877; 4 J Steenkamp 1136.9870; 5 G Horn 1102.2132; 6 M Hill 1097.6282; 7 Hayman Familie 1093.5667; 8 M Hill 1088.8363; 9 C Basson 1084.2470; 10 G Horn 1076.2482; Bloemhof Ope 1 G Horn 1214.4625; 2 F Meintjes & Seuns 1136.0295; 3 F Meintjes & Seuns 1092.5597; 4 G Horn 1080.6718; 5 F Meintjes & Seuns 1079.8816; 6 F Meintjes & Seuns 1079.5442; 7 F Meintjes & Seuns 1079.1016; 8 J Steenkamp 1058.3765; 9 G Horn 1049.4814; 10 G Horn 1049.3221 Moorreesburg Posduifklub Modderrivier Ope 1 Frans Jooste 1159.7251; 2 Frikkie Bester 1102.9945; 3 HMO Smit & Seun 1083.6213; 4 Van der Vyfer Hokke 1063.2919; 5 HMO Smit & Seun 1054.9625; 6 Steenekamp Lofts 1048.0292; 7 Van der Vyfer Hokke 1044.0735; 8 Steenekamp Lofts 1041.4348; 9 Frikkie Bester 1040.9209; 10 Frikkie Bester 1040.4505 Bloemhof Ope 1 Frans Jooste 1147.1760; 2 Van der Vyfer Hokke 1049.6972; 3 Frans Jooste 1046.7245; 4 Steenekamp Lofts 1035.8705; 5 Frikkie Bester 1032.1851; 6 Frikkie Bester 1031.6749; 7 Frikkie Bester 1030.0494; 8 Frikkie Bester 1028.5849; 9 HMO Smit & Seun 1001.8310; 10 Boetie & Baron Hokke 1001.5360 Riebeek Vallei Wedvlug Klub 1 Mentoor Hokke ; 2 James Hokke; 3 Mentoor Hokke; 4 Janco Lofts; 5 James Hokke; 6 Persens Hokke; 7 Janco Lofts; 8 Boltney Hokke; 9 Janco Lofts; 10 Alex Fam Malmesbury Gholfklub Woens Sundowner : 14 September 2016 Enkel Stableford : 1 Piet Basson 23; 2 Thys Esterhuizen 21; 3 Marias Erasmus 20; 4 Gerhard Bester 19; Spring Medal Gholfdag Sat 17 September 2016 Lente Enkel Houespel A Divisie : 1 Julian Theron 72; Tiaan Genade 75; 3 Thys Minnie 76; 4 D Sass 78 B Divisie : 1 Hennie Els 72; 2 Michael Julie 73; 3 Nel Fourie 74; 4 Sakkie Klasen 74 C Divisie : 1 William Matthysen 67; 2 Wynand van Niekerk 76; 3 Natie Smit 77; 4 Ernst Matthysen GEBEURE/EVENTS TOM PETRANOFF SPIESGOOI-AFRIGTINGSKLINIEKE Vlak 1 Kliniek vir Beginners (vanaf graad 1) By Hoërskool Swartland op Donderdag, 29 September 2016. Een uur sessies word aangebied vanaf 14:0015:00; 15:00-16:00 en 16:00-17:00. Inskrywingsgeld is R50 en registrasie is 29 September tussen 13:00 en 14:00. Verversings sal beskikbaar wees by die snoepie. Doel : Maak leerders aktief en entoesiasties vir spiesgooi met baie genot en identifisering van talent. Aktiwiteite sluit in : Spiesgooispele teikengooispele en vele ander vaardigheidsaktiwiteite. Navrae : 084 5174692 / 021 883 9042 / 082 881 9119


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant bergrivier 21 sept 2016 388 by DieCourant - Issuu