c urant
Gratis • Free
Bergrivier
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
57.3%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
17 Augustus 2016
Uitgawe 383
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Manuel weer burgemeester:
By die Bergrivier Munisipaliteit se inhuldiging van hul nuwe raad is Evert Manuel weer tot burgemeester verkies. Hy word bygestaan deur Sandra Crafford as onderburgemeester. Riaan de Vries is tot die speaker van die raad verkies. By hulle is munisipale bestuurder, advokaat Hanlie Linde. Manuel het ook gister sy verjaarsdag gevier.
• OPEDAG VIR JEUGONTWIKKELING GEHOU
Bergrivier kyk na jeug Bergrivier Munisipaliteit het op Vrydag, 22 Julie, by die Steynville Primêre Skool die tweede ope dag vir jeugontwikkeling en loopbaan voorligting gehou. Dit is gerig op grade 11 en 12 leerders van omliggende skole asook werklose jeug. Daar was 30 uitstallings wat ingesluit het van tersiêre onderwys geleenthede tot loopbaan geleenthede in die SA Lugmag, PPC, Afstand Onderrig-fasiliteite, en finansiële instellings wat advies bied ten opsigte van loopbaankeuses, tersïere studies en finansïele ondersteuning aan kwalifiserende leerders en studente. LoTYDE – Leaders of Tomorrow Youth Development EXPO, is deur die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier ontwikkel om leerders die geleentheid te bied om loopbaan-geleenthede te ondersoek en uiteindelik toepaslike beroepskeuses te kan maak. Die Raad van Bergrivier ondersteun LoTYDE as ‘n jaarlikse geleentheid vir Jeugontwikkeling en voorligting en sal poog om daarop te bou vir die toekoms. Die volgende leerders word hartlik gelukgewens met die spogpryse van 7” en 10” tabletrekenaars wat hulle gewen het: Chrisophai Booise, Joleen Zass, Andre Fransman, Jadian
Burgemeester Evert Manuel, Kaywill du Toit en LP Lorraine Botha. Adams, Enrique Abrahams, Kaywill du Toit, Staande Komitee vir Onderwys. Bergrivier bedank almal wat bygedra het tot Madrè Sofat en Jaunde Teart. LoTYDE 2016 is baie suksesvol gereël en administreer die sukses van die program. 'n Spesiale woord van dank word ook gerig onder leiding van Terry-Anne Wessels van die burgemeester se kantoor met Evert Manual wat aan Die Weskus Distrik-Onderwys Department as program direkteur en LPP Me Lorraine Botha, vir hul ondersteuning. Ons sien daarna uit gasspreker, in haar kapasiteit as Lid van die om weer met almal saam te werk in 2017 tot
NUUS • NEWS
17 Augustus 2016
NUUS • NEWS
2
17 Augustus 2016
Riebeek Kelder vier 75 jaar Die Riebeek Kelder het Vrydagaand, op die presiese stigtingsdatum van 12 Augustus, hul 75ste bestaansjaar by dié kelder gevier. Links: By die geleentheid was Jorina en Schalk Maas, Pietman en Arné Geldenhuys en Bossie en Alecia Boshoff. Regs: Voorsitter Henk Bruwer, hoofbestuurder Zakkie Bester en 'n oud-hoofbestuurder Niel du Toit het stories en staaltjies oor die kelder se 75 jaar vertel
Links: Huidige hoofbestuurder Zakkie Bester (heelregs) saam met drie van sy voorgangers Niel du Toit, Sias du Toit en Gerrit du Plessis.
Kontak ons met jou nuuswenk by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@ diecourant.co.za!
• PIKETBERG VIER OORSPRONG
Kunskompetisie vir erfenis by museum Piketberg vier vanjaar Erfenisdag in die vorm van kuns nadat Piketberg Museum hul heel eerste kunskompetisie geloods het. Erfenisdag wat op die 24ste September gevier word, val vanjaar op ‘n Saterdag. Die museum het daarom besluit om van die geleentheid gebruik te maak deur ‘n kunskompetisie aan te bied wat die land se erfenis uitbeeld. Dié kunswerke en die opening van die kompetisie sal dus op die dag by die museum ten toon gestel word. Marié Ellis van die museum sê hulle is baie opgewonde oor die kompetisie en hoop dit word ‘n jaarlikse instelling. Die tema is twee dimensinele kunswerke, wat fotografie uitsluit. Sowat 60 inskrywings is reeds ontvang nadat
al die skole en kunsklasse in die omgewing uitgenooi is om hul kunswerke in te stuur. Ellis het die plaaslike bekende kunstenaar op die dorp, Sandra Hanekom genader om die beoordeling te behartig. Elke ouderdomsgroep het ‘n eerste, tweede en derde plek wat elk ‘n groot kontantprys sal losslaan nadat talle plaaslike borge ingestem het om deel van die kompetisie te wees. Die museum wil ook deur middel van dié kompetisie meer plaaslike voete na die museum lok. Die ouderdomsgroepe wat kan inskryf, val tussen vier en agt, 9 en 14, 15 en 18 en volwassenes. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 9 September. Bel die museum by 022 913 2177 vir meer inligting en om jou kunswerk in te skryf.
NUUS • NEWS
3
17 Augustus 2016
Ingehuldig: By die eerste raadsvergadering van die nuwe raad van die Swartland Munisipaliteit is Michael Rangasamy as die speaker verkies. Raadsheer Tijmen van Essen is weer tot burgemeester verkies met raadsheer Maude Goliath weer as onderburgemeester.
• TAAI JAAR IN LANDBOU
Meer kanola, gars voortaan aangeplant Die mees onlangste ekonomiese vooruitskattings vir die Wes-Kaap, asook die res van die land se landbousektor, is die afgelope Vrydag deur die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) bekend gemaak. Díe vooruitskattings kom na wat beskou word as ‘n taai jaar vir die landbou weens die erge droogte wat reg oor die land ervaar is. Alan Winde, die plaaslike minister van ekonomiese geleenthede het met die verwelkoming by die 13de BFAP-geleentheid by die Nelson’s Wynlandgoed gesê dat die sektor deur vennootskappe en samewerking ‘n toekoms het. Hy het ook benadruk dat hy baie opgewonde oor die toekoms is waarin die landbousektor homself bevind. BFAP bied jaarliks ‘n insig tot die tendense binne die produksie, verbruikers, markte, voedselpryse en werksgeleenthede van Suid-Afrika se landbousektor. Die navorsing deur dié buro bied medium, asook langtermyn vooruitskattings vir verskeie industrieë binne die sektor. Die direkteur van BFAP, prof. Ferdie Meyer het onder meer by die geleentheid gesê die produksie in die kanolabedryf het sedert 2011 jaarliks met ‘n gemiddeld van 6% gestyg. Hy het verder gesê kanola is besig om meer in die win-
tergraanproduksiegebiede soos in die Overberg aangeplant te word danksy meer wisselboustelsels waar die gewas met gars-, kuilvoer- en koringgewasse roteer word. Dié wisselboustelsels is doeltreffend vir die opbrengste van ander gewasse. In 2014 is daar bykans 95 000 ha kanola aangeplant. Die BFAP span voorspel dat daar teen 2025 meer as 270 000 ha in die winterstreke aangeplant sal word. Wisselbou sal volgens voorspellings die groei van aanplantings in die Suid-Kaap demp, terwyl toekomstige groei van hierdie gewas in die Swartland sal plaasvind. Daar is verder genoem dat die koringbedryf vir die toekoms stabiel lyk en dat invoere gaan toeneem. Volgens BFAP se vooruitskattings wil dit voorkom of gars met sowat 10 000 ha oor die volgende 10 jaar in veral die Swartland gaan uitbrei danksy goeie opbrengste. Gars se opbrengste het volgens navorsing in die Overberg sedert 2009 amper dié van koring geëwenaar. Gegewe die gunstige opbrengste danksy nuwe variëteite, sal die opbrengs wat bruto wins betref, vir die uitbreidings verantwoordelik wees.
Help met troeteldiere en verhuising
Piketberg Animal Welfare versoek eiendomsagente, huiseienaars en – huurders asook regslui (spesifiek die wat uitsettingsbevele uitreik) om toe te sien dat troeteldiere nie agtergelaat word wanneer eiendomtransaksies
plaasvind en inwoners die dorp verlaat nie. PAW raak eers bewus van die probleem lank na die mense verhuis het. In Sakkie die kat se geval is hy versorg by die adres waar hy agtergelaat is tot-
dat hy hervestig kon word op ‘n plaas buite Eendekuil. Probeer om die dier (meestal katte) binne te hou die dag voor die verhuising of kontak Piketberg Animal Welfare by 079 294 1535 vir hulp.
Nomineer nou vir beste diensverskaffer Die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie wag nou nominasies in.
Indien jy uitsonderlike diens by 'n onderneming ontvang het, gee die nodige erkenning en nomineer dié
besigheid vir die gesogte titel. Besoek www.sakekamer.co.za en laat jou stem tel!
Kontak ons met jou nuuswenk by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@ diecourant. co.za!
NUUS • NEWS
17 Augustus 2016
courant Goeie sportmangees is
dié
4
Vrouedag:
Die Malmesbury Sakekamer het saam met borge Absa-bank en Rola Volkswagen Malmesbury Donderdag by Allesverloren vrou-wees in styl gevier. Links is Debora Theart, Susan Truter, Madelaine Bester, Hersia de Jager en Hendi de Jager. Voor is Yvette Bester, Cheryl Rottcher en Enid Truter. Links onder: Helene Nel, Mia du Toit, Johanna le Roux en Amanda van der Westhuizen. Regs onder: Dr Stella Potgieter (spreker), Oddette Boshoff (ondervoorsitter Malmesbury Sakekamer), Geline Derbyshire (Malmesbury Sakekamer) en Lynette Rudolph (spreker).
altyd die wenner
Met interskole-koors wat nou 'n brandende hoogtepunt bereik het, is dit belangrik om altyd die doel voor oë te hou. Dit is maklik om opgesweep te word in die vurige stryd tot oorwinning, maar dit is nie altyd die eindpunt van die hoogtepunt is nie. Die reis tot daardie oomblik is die pad van maak of breek. Al die ure se swoeg en sweet wat vooraf ingesit is, beteken niks as daar na die tyd vinger gewys word en jy gebrandmerk word as 'n swak sportman nie. Ja dit is normaal om emosioneel te wees. Dit is ook reg so. Moedig aan. Die heeltyd. Skree so hard soos jy kan, maar met die nodige respek. Opbouende kritiek, eerder as afbrekende opmerkings, is nodig van die kantlyn af, want hier word 'n wedstryd ook gewen of verloor. Almal op die dag is ewe belangrik. Of jy nou vir die jongste span speel en of jy nou vir die glorieryke eerste 15-tal uitdraf. Jy trek immers jou skool se wapen oor jou kop en hy kom lê op jou bors. Die dag en die oomblik is groter as jy. Om goeie gees te behou, is nie altyd maklik nie. Veral as jy verloor. Maar styg uit bo dit. As jy aan die verloorkant is, wens jou teenstaanders geluk. Gee hulle 'n klop op die skouer en die erkenning wat hulle toekom. Hulle het net so hard soos jy gewerk om hierdie dag suksesvol te maak. Volgende jaar draai die wiel en is jy aan die ontvangkant van die gelukwensings. Laat goeie sportmangees seëvier. Geniet elke oomblik van elke wedstryd. Op of langs die baan. Moedig mekaar aan, want die samesyn is deel van die groot lekkerte.
Wen boeke met PNA en dié courant dié courant, in samewerking met Malmesbury PNA, gee hierdie week vyf boeke weg! Die leesstof, is die werke van Steve McVey (The Secret of Grace), Georgia Shaffer (12 Smart Choices for Finding the Right Guy), Jay Payleitner (10 Conversations kids need to have with their Dad), Bill Farrel (7 Simple Skills for Every Man) en Sara Horn (My so-called Life as a Submissive Wife).
Sms jou naam en van en tuisdorp, tesame met die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Maandag 15:00 om in aanmerking te kom vir een van die boeke.
Vraag: Noem een van die skrywers wie se boeke weggegee word?
Tyd tot Swartland Skou raak min Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
As julle julle tot die Here bekeer Die Israeliete, al twaalf stamme, word deur koning Jehiskia uitgenooi om die pasga in Jerusalem by te woon. Hy het briewe uitgestuur deur die hele Israel en Juda want hulle het nie meer die pasga gehou soos voorgeskrewe was nie. Dit was reg in die oë van die koning en sy volk. In die brief het gestaan dat die Israeliete hulle moes bekeer tot die Here die God van Abraham, Isak en Israel en dat die Here Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die hand van die koning van Assirië. Hulle moet nie soos hulle voorvaders en broers wees wat ontrou teenoor die Here gehandel het nie. Koning Jehiskia noem aan die volk dat as hulle hulle tot die Here bekeer, Hy hulle broers en kinders genadig en barmhartig sal wees sodat hulle weer na hulle land kan terugkeer. Hulle God is ‘n vergewende God wat nie Sy aangesig van hulle sal wegdraai nie. ‘n Groot menigte het na Jerusalem gekom en die afgodsaltare afgebreek en die pasga tot eer van die Here gehou. Hulle het hulle harte daarop gerig om die Here te soek en Hy het Jehiskia verhoor en die volk genees.
Swartlandskou Moorreesburg wat vanaf 7 tot 10 September by die plaaslike skougronde plaasvind, is die grootste landbouskou in die Wes-Kaap en spog met ‘n motor, masjinerie en landbounywerheid-uitstalling van hoogstaande gehalte. Verskeie kampioenskappe vind plaas met nóg ‘n groter verskeidenheid van binne- en buite uitstallers. Daar is hope vermaak vir oud en jonk en natuurlik heerlike smulgeregte by Kafee, Wyntuin, Veepos, Cattle Inn en Swartland Deli/Koffiekroeg. Woensdag – 7 september 2016: Vanjaar se skou skop reeds Woensdag 7 September met ‘n groot ontbyt by Veepos af, terwyl die Motor/Masjinerie en Landbounywerheid-afdelings reg staan vir besigtiging vir die volle duur van die skou. Dié ontbyt is elke dag beskikbaar. Vanaf 08.30 tot 17.30 vind die Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperd Streekkampioenskappe plaas. Om 11.00 vind die Slaglam-beoordeling plaas en 13:00 begin die Swartland-streek Jeugskou-kampioenskappe – Cattle Inn en Veepos: Beoordeling van hanteerder van wol- en vleisskaap, boer-, angora- en melkbok, pluimvee en vleisbeeste. Donderdag – 8 September 2016: Om 08:30 skop die jaarlikse Damesdag in die Wyntuin af met gaskunstenaars Leandi du Randt, Irene-Louise van Wyk, Adam Tas, DIYDeon. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Beoordeling sluit die volgende in: Simmentaler Wes- en Suid-Kaap-kampioenskap, Wes-Kaap Santa Getrudis-kampioenskap, Pluimvee & Sierduiwe,Wes-Kaap SA Vleismerino en Wes-Kaap merino-kampioenskappe, Angus Wes- en Suid-Kaap-streekskampioenskappe, Nasionale SA Vlaam- en
Wes-Kaap Hackneyperd-streekkampioenskap, WP Saalperdstreekkampioenskappe Om 19:00 tree Desmond Wels & Band en Ivan van der Merwe op teen R30 per persoon. Braaigeregte, hamburger en skyfies en kontantkroeg is beskikbaar. Vrydag 9 September: Beoordeling sluit die volgende in: Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperd Streekkampioenskap . WP Saalperd Streekkampioenskappe, Hereford Streekkampioenskap, Simmentaler Wes- en Suid-Kaap Kampioenskappe, Wes-Kaapse Santa Gertrudis Kampioenskap, beoordeling van Limousine, Angus Wes- en Suid-Kaap Streekskampioenskappe (Rooi en Swart),Wes Kaap SA Vleismerino en Wes Kaap merino-kampioenskappe Saterdag 10 September: Vanaf 08:30 vind die Intervleisras-kampioenskap plaas. Beoordeling op die dag sluit die volgende items is: Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperd-streekkampioenskap en WP Saalperd-streekkampioenskappe. Om 10:30 is daar vermaak vir die klein span met ‘n opterde deur Tjiff en Tjaff en Kulkunstenaar PG Engelbrecht. Verdere optredes vanaf 12:00 sluit Wicus le Roux, Kurt Darren, Demi Lee, Joe Foster, Monique en Arno Jordaan in. Entoesiaste kan vanaf 15:00 nader staan waar ruiters hul staal gaan wys met hul perde: Dit sluit onder meer SA Vlaam wa-spanne van agt in, Saalperd kampioen enkeltuig, Hackney groot kampioen siertuig en vele meer. Moet dit nie misloop nie. Die volledige program kan by die skoukantoor gevind word
Kontak ons met jou nuuswenk by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@ diecourant. co.za! Raak ook deel van ons sosialemedia en besoek ons Facebookblad.
NUUS • NEWS
5
17 Augustus 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
38
90
County Fair Fresh Chicken Party Braaipack Per kg
54
R
PnP Uncooked Lean Beef Mince Per kg
WAS 119.49 NOW R98 PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg
SAVE BUY ANY 2 FOR
BUY ANY 4 FOR
12
90
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g Olof Bergh Brandy 750ml
WAS 109.95 NOW R90
17
90
All Gold Tomato Sauce 700ml
WAS 31.99 NOW 24.90 Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre
BUY ANY 2 FOR
25
R
42
49
R
10kg
62
R
PnP Oukraal Wors Per kg
90
Parmalat Low Fat or Fabulite Fat Free Yoghurt Assorted 1kg
Nescafé Classic 200g Dawn Jar
7790
PnP Super Maize Meal 10kg
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre
Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
170
R
VALUE PACK PRICE PER NAPPY
Get Double Points
Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+ 48s Size 5 44s
WAS 54.99 NOW 39.90 Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Dinu Rose Collection 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
WAS 64.99 NOW 40.90 Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
– – – – –
R2.63 R2.22 R2.31 R2.41 R2.63
115
90
Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
PRICES VALID 17 - 21 AUGUST 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Accounts NOW OPEN
Super Animals cards are available for online shopping. Super Animals cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores. www.picknpay.co.za/superanimals MMWCHS113
6
NUUS • NEWS
17 Augustus 2016
Dagboek • Calender
Malmesbury Skou beloof eg-Swartlandse gasvryheid 22 - 24 September 2016
Malmesbury Volwasse Onderrig (MAVOS) Graad 12 inskrywings vind plaas tussen 9:00 en 15:00 by die MAVOS-kantoor by Schoonspruit Sekondêre op Malmesbury.Vereiste is afskrif van ID dokument. Sluitingsdatum : 31 Augustus 2016 Kontaknommer 022-4864541 vir enige navrae. Boland Rugbyunie - Streekvergadering 18 Augustus - SWARTLAND by Bloues Klubhuis, Malmesbury Malmesbury Aglow 20 August - Starting at 3pm at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Refreshments will be served. Everyone is welcome Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636 Langsdiebos Mark 20 Augustus - Verjaardagvieringe. Gelukkige trekkings op die uur. Vanaf 09h00 - 14h00 Navrae : Marilize Crafford 072 052 6280 RV Garden Club Revival 22 August @ Riebeek Valley Hotel in the morning. Prof Gavin Maneveldt will be the speaker. Enquiries : Tessa on tessalopezsa@gmail.com Moorreesburg Sakekamer 23 Augustus - Ledevergadering by MKB Jan Bassonsaal, Moorreesburg om 18:30. Toegang vir Nie-lede is R50 en Lede is gratis. Navrae : Babsie Horn by 082 326 3693 of e-pos by babsieh@overbergagri.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus: Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert om 16:00. Navrae: Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@telkomsa.net Aurora Skou 3 September 2016 met verskeie kunstenaars en aktiwiteite. Navrae : Carika Fourie 073 443 2010 / Rae Smit 083 356 8626 of auroraskou@gmail.com Evita se Perron (Darling) 2 September @ 19:00 Evening with Evita Bezuidenhout 3 September @ 14:00 An audience with Pieter-Dirk Eish! and @ 19:00 PDU Unpowdered : The Echo of a Noise 4 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus
Kerke • Churches
AGS Corpus Christi, Malmesbury 21 Augustus - Sondag oggenddiens om 09:30. Prediker Past. Piet Smit met die titel : Van Pronkpert tot ..... Sondagaanddiens om 18:00 is Gesinsdiens - Vat 3 Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083
10 September @ 12:00 PDU Unpowdered : The Echo of a Noise 11 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus 17 September @ 14:00 Adapt or Fly 18 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus 21 September @14:00 Evita's Spring in the Swartland 22 September @ 14:00 Evita's Spring in the Swartland 23 September @ 14:00 Evita's Spring in the Swartland and @ 19:00 - An audience with Pieter-Dirk Eish! 24 September@ 14:00 Adapt or Fly and @ 19:00 An evening with Evita 25 September @ 14:00 Tannie Evita praat kaktus Valley Christian Fellowship 11 September at 6:00 pm @ St Thomas School Hall, Malmesbury. Special service with the theme : For Better or worse Enquiries : Cedric v/d Westhuizen 072 540 6785 Village Market in Riebeek West 3 & 17 September 2016 Yzerfontein Galjoen Derby
24 September 2016
Navrae : Gawie Steyn 083 379 6044 Swartland Country Market 8 October at Stone Cottages Kirstenbosch from 10 am - 4pm Contact : Malmesbury Tourism 022 487 1133 Darling College Golf Day 12 November: Contact : Wilna de Clerk 0826553208 / wilna@grootepost.co.za Malmesbury Toyota Prestige Corporate Classic 2 Des - R2400 per 4-bal. An Etios 1.5 Xs HB to be won for a hole in one on the 13th hole. Enter now and join in a fun Swartland day. Contact 022 487 1288 or clubmanager@cornergate.com Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar) Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste-kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00.
633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812 Shofar Creation Ministries bedien Sondag om 9:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Kom word toegerus as christen om te staan in 'n wereld waar evolusie as die norm aanvaar word. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za.
NUUS • NEWS
7
17 Augustus 2016
Malmesbury Skou beloof eg-Swartlandse gasvryheid 22 - 24 September 2016
Dis weer skoutyd op Malmesbury en oral word daar nou hard gewerk aan al die voorbereidings wat getref moet word. Vanjaar sal hierdie inskrywing op die kalender weer baie aandag geniet. Donderdag vind die gewilde damesoggend met Marion Holm plaas. Daar is nog enkele sitplekke beskikbaar, so spring gou om teleurstelling te voorkom. Vrydag is dit tyd vir die enkeltuig merries om hul slag te wys, saam met die siertuigmerries en vele ander kampioenklasse. Saterdag vind die ou gewilde skoolkar-beoorde-
ling plaas en die span van 8 - grootkampioen. Na middagete word die beste skouperd aangewys asook die beste ruiter. Vanjaar is daar ook 'n knetter-lekker braaikompetisie vir diegene wat hul staal wil wys. Die "Mystery Box Braai Challenge" is beslis iets om na uit te sien. Inskrywingsfooi beloop R500 en slegs twee deelnemers word per span toegelaat. Die afsnydatum hiervoor is 20 September. Vir meer inligting hieroor, kontak Kwas du Toit by 083 601 6480. Vir meer inligting, kontak die kantoor by 022 482 3180.
NUUS • NEWS
8
17 Augustus 2016
Piketberg gasheer vir groot interskole teen Porterville
o.13A-netbal:
Voor: Ilanri van Rossum, Nikitha Booys (k), Simoné van Deventer en Carma Rossouw. Agter: Carli Bassett, Jomé Schreuder, me Adri van Heerden (afrigter), Nicole Steyn, Caylen Turner en Mia Smit
o.19A-netbal:
Voor: Anke Schreuder en Hanri van Zyl. Middel: Ané Theron, Suzaan Bassett, Thana Stephan (k), Melissa Beck (o/k) en Marelise Myburgh. Agter: Mev Iza Schreuder (afrigter), Anine de Jager, Elske Pieters en Janke van Schalkwyk
GO ZEBRAS
!
BuLLE
BAAS
o.19A-rugbyspan:
Voor: Craig Wilschut, PG Bruwer (k) en Eldeano Smith. 2de ry: Pieter Bruwer, Marco Conradie, PJ Rautenbach en Jayden van der Westhuizen. 3de ry: Jason January, Damian Markus (o/k), Shane Philander, Ethan Pienaar, Ulynn Visagie en Juan Nelson. 4de ry: Mnr Wian Koch (afrigter), Ruwhan Hanse, Janco Joubert, Myron Strauss, Nico Blanckenberg en JC van der Westhuizen.
www.stephanenseun.co.za
o.19A-rugbyspan:
Voor: Nathan Williams, Burdty Joubert, Austin Hanse, Ferdie Jonker (k), Nicol Visser en Chris Rheeder. Middel: Wilhelm van der Merwe, Joshando Klaaste, Seth Luyt, Joubert van der Merwe, Van Wyk Saayman, Nicki van der Westhuizen, Ruan Erasmus en Louwrens Laing. Agter: Mnr Jacques Schreuder (afrigter), Briettonne Turner, Monroe van Rooy, Kobus Brand, Jacques Mouton, Jac Goosen, Wian Coetzee, mnr Kissie Binneman (afrigter), Matthew Luyt en Alex Ratilainen.
NUUS • NEWS
9
17 Augustus 2016
Netbal: Die
wintersportspanne van Porterville se Bulle en Piketberg se Zebras sê mekaar Saterdag die stryd op die rugbyen netbalvelde van Piketberg aan. Links is die o.13Anetbalspan van Porterville slaggereed vir hul tweestryd. Die o.19A-netbalspan van Porterville (regs) is ook oorgehaal vir 'n naelbytstryd. Die eerste netbalspan speel om
Die eerste rugbyspanne van die Hoërskool Porterville het alles in die stryd gewerp om vanjaar as die oorwinnaars van die veld te stap in hul kragmeting teen Piketberg Saterdag. Die manne en kannetjies is reg vir groot rugby-aksie. Heel bo is die Bulle se eerste rugbyspan en bo is die o.13Arugbyspan. Die eerste rugbyspan se wedstryd begin om 14:30.
NUUS • NEWS
10
17 Augustus 2016
Hoërskool Swartland reg vir Interskole 2016 20 Augustus
Vasvra en debat: Agter: Clayton Feris, Hennie Theron, Johan Frank, Thomas Ho-
ward, Franco Rheeder. Voor: Reinette Snyman, Lené Esterhuizen, Altea Eksteen, Ana Coetzee, Liza Eksteen
Skaak: Agter: Ethan Stevens, Cowan Quickfall, Luke Joshua, Wouter Bester Voor: Albert Bester, Jude Johnson, Max Gordon-Turner, Duane Muller
Gholf: Van links na regs: Janlo Ligthart, Danté van Wyk, Daniel du Toit, Leon Kotzé, Tian van Lill, Marcell van Lill
NUUS • NEWS
17 Augustus 2016
11
NUUS • NEWS
12
17 Augustus 2016
Hoërskool Swartland reg vir Interskole 2016
o.19A-rugbyspan:
Pieter Hamman, Cee-Jay Adonis, Ryle Daniels, Keagan Johannes, Coellin Julius, Dewald Vrey, Janlo Ligthart, Breyton Henkeman. Voor is Fabian November, Wihan Burger, Anton du Toit, Charles Gerber, Jan-Ernst Terblanche, Antonio Muller, Niel Burger.
O.19A-seunshokkie:
Agter: JD Bester, Pierre Rossouw, Fabian de Wet, Thomas Howard, Tienie Bester, Beyers Strydom. Voor: GaryJohn Walsh, Stéfan Hamman, Regert van Staden, Jacques van Zyl, WillyJohn Kriel
O.19A-meisiehokkie:
Lizé Roux, Lené Esterhuizen, Anel Basson, Selma Willemse, Ana Coetzee, René Dippenaar, Reinette Snyman. Voor: Elouise Coetzee, Inalise du Plooy, Anri Joubert, Carla Symington, Nelmarie Willemse
NUUS • NEWS
13
17 Augustus 2016
Hoërskool Swartland reg vir Interskole 2016 Program Rosettemeisie en dirigente:
Micaela Kok, Rése Neethling (rosette-meisie), Micheala Timotheus, Velton van Rhyn, Vuvu Nkqayi, Willy-John Kriel en Lebogang Masinga.
Eerstespankapteins:
Bo is Regert van Staden (seunshokkie), Anri Joubert (dogtershokkie), Vuvu Nkqayi (netbal), Charles Gerber (rugby).
14
NUUS • NEWS
17 Augustus 2016
NUUS • NEWS
17 Augustus 2016 Betrekking Vacancies
AVON EARNINGS OPPORTUNITY. No Experience needed. Contact 076 122 9972 for appointment #2345/11 ------------------------------
Dankbetuiging Special Thanks
Met die tragiese heengaan van ons skoonseun, Clinton Stock, en hospitalisering van ons dogter, Hannelie, wil ons graag ‘n opregte dankie rig aan al ons familie, vriende, hospitaalpersoneel van Stellenbosch medikliniek, sowel as alle ander belangstellendes. Elke woord van bemoediging, oproepe, boodskappe, geskenke, briewe en besoeke word opreg waardeer en vorm deel van ons vertroosting en Hannelie se pad na herstel. Nogmaals baie dankie. Paul en Elmien Rossouw #2677 -----------------------------Ek, Richard Jooste wil hiermee, namens Distriks Raadslid, BASIL STANLEY, van wyk 4, Chatsworth, Riverlands, Bloemendal, Goedehoop, Riverlands Natuurreservaat, sy innige dankbaarheid uitspreek vir die kiesers wat oorweldigend vir hom gestem het op stemdag 2016. Weereens dankie, en dankie vir die vertroue wat u hulle weereens in hom en die DA party geplaas het. Jooste #2687
19 Augustus - SONJA MEINTJIES. Aan 'n lieflike niggie en sommer suster. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën en nog vele jare spaar. Baie lief vir jou. Van jy weet wie. #2671
RAAI WIE WORD 1!!!! op 17 Augustus 2016. Caleb Warries, Baie geluk Mammie se engel met jou 1ste verjaarsdag. Baie lief vir jou. Van: Mammie, Pappie, suster en broers #2672
EZEKIEL FARANZO MIRANDA 13 Augustus 2016 Baie geluk op jou geboortedag my Knosie. Baie lief vir jou. Van: Ma, Pa en jou broers #2673
Raai wie is sweet 16 op 21 Augustus 2016. Baie geluk SHANIA LANGEVELDT met jou verjaarsdag. God rykste seëninge op jou lewenspad. Baie lief vir jou van Mammie, uncle Andre, Racheal en Prenishia #2678
Dienste Services
ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 -----------------------------UITHAAL en verwydering van bye. Kontak Kobus du Plessis – 022 482 2767 / 083 722 7787 #2069/5
Gelukwensing Congrats
LEMARR DE WAAL Op 19 Augustus 4 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag my engelkind. Mag God jou seën en nog baie jare spaar. Lief vir jou. Van jou peetma, Navolee #2670
Raai wie word 8 jr!!! Geluk met jou verjaardag op die 18de Augustus 2016. Jy moert lekker verjaar en 'n geseende dag hê, JAYDIN STRYDOM. Ouma se oogappel. Ouma is baie lief vir jou. Mag die seen van die Here op jou rus, my kleinkind. Baie liefde : Ouma Tessa en oupa Michael #2679 -----------------------------JAYDIN Strydom, veels geluk met jou verjaardag, Mag jy 'n mooi dag he, Pa is baie lief vir jou. Mag die Here jou vele jare uitspaar, pa se grootseun. Van : Gurshwin (Makou), Gursh-nay en Cay'lo. #2680 -----------------------------Jaydin Strydom jy moet lekker verjaar.
15 Alles wat mooi is vir jou vorentoe. Ons is baie lief vir jou. Van : Jurie, Tess-Lee en Machay #2681
KYK WIE WORD 17 op 17 Augustus. Baie geluk AUSTIN met jou verjaardag. God's rykste seën. Hoop jy gaan 'n geseënde dag hê. Van jou ma, Theresa, Ben, susters, broer en Van Reenen Familie #2681 -----------------------------Geluk met jou kroonverjaardag op 17 Augustus. Austin mag jy 'n goue dag hê en mag God nog 17 jaar by jou jare voeg, Van jou peetma Abigail & peetpa,Gerhard en Daniels familie #2682
GUESS WHO IS 65!!!! Jeanetta (Nettie) van der Speck Baie geluk mammie met u verjaarsdag. U is 'n wonderlike mens. Ons is baie lief vir u. U is nie net 'n ma nie, maar selfs ons vriendin. Lekker verjaar. Van: kinders, kleinkinders, 3skoonseuns, 1 skoondogter en agterkleinkinders #2683
KYK WIE HET 21 geword op Maandag, 15 Augustus 2016. Baie geluk Zhane (Pagad) met jou mondigwording. God's rykste seëninge op jou pad vorentoe. Ek is baie trots op jou, en bly die kind wat jy is. Liefde: Ma, Zirkea & Zayd #2686
KYK WIE WORD 10 op Woensdag, 17 Augustus 2016. Baie geluk ROZARIO met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is op jou pad vorentoe. Liefde : Mammie (Deidre) #2688 -----------------------------Baie geluk Rozario met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is op jou lewenspad. Jy moet lekker verjaar. Van : Landy, Zirkea en Zayd (Zeb's) #2689
Baie geluk ETON met jou verjaardag op 21 Augustus. Jy moet lekker verjaar, en ek is baie lief vir jou. Van : jou mammie, Marlene #2690
Geluk LUHAN met jou verjaardag op 21 Augustus. Lekker verjaar en ek is baie lief vir jou. Van: jou mammie, Marlene #2691
JOSEPH HENDRICKS (BOY) Baie geluk met jou verjaarsdag wat op die 7de Augustus was. Jy het mos lekker verjaar, dus hoekom jou foto so laat geplaas is. Sterkte vorentoe. Van: Ronny,Sonia en almal in die huis #2692
JORDAN, Geluk met jou 9de verjaardag op 18 Augustus. Mag God jou nog vele jare spaar en mag jy 'n geseënde daggie hê my engel... baie lief vir jou...Jou ma, Rene #2697 -----------------------------Jordan, baie geluk met jou verjaardag. Dankie vir die vreugde wat jy vir ons gee in die lewe. Geniet 'n lekker daggie. Met al ons liefde van ouma Lottie, en tannies, Poenie, Lenique en Lorika #2698
Gesoek Wanted
AANDAG!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 /084 794 7528 #2005/52
Memorium In Memoriam
RODWIN HENDRIKS Maandag was jy 5 maande weg van ons. Daar is nog so baie vrae, maar jy is in 'n beter plek. Ek en die kinders mis
jou nog baie, en dis jou eerste verjaardag weg van ons en dit is hartverskeurend. Ek sal altyd lief wees vir jou boklam. Gone to soon. Van jou geliefde Anthea, Roanich en Sanchia #2673 -----------------------------RODWIN HENDRIKS Gebore 15/08/1991 Vandag het ek wakker geword met “ dit is nie regverdig “ wolk oor my kop. Ek het geweet jou verjaarsdag is om die draai en ek het my voorberei daarop, maar dit maak dit nie makliker nie, seker omdat ek jou graf moes voorberei vir jou verjaarsdag in plaas van die huis. God het ander planne gehad met jou lewe en miskien eendag sal ek verstaan, maar tot dan gaan ek nog baie dae van “ dit is nie regverdig “ het. Toe ek besef dat jy nie gaan terugkom nie het ek n keuse gehad om in my trane te verdrink of om God te vertrou, en seun mammie het by God bly staan omdat Hy groter is as ons en dat ek moet aanvaar dat ons die lewe moet ingaan sonder jou. Geluk met jou verjaarsdag my kind, Mammie #2685 -----------------------------Gebore 15/08/1991 Oorlede 15/03/2016 Rodwin vandag is jy nie net 5 maande van ons af weg nie maar jy vier ook jou 25ste verjaarsdag. Al waaraan ek vandag kan dink is die baie kere wat mammie vir ons twee briefies in elk se kamers geplak het as ons so min by die huis was. Dit voel nogsteeds asof jy net weer iewers rondloop, en vandag Boet glo ek dat tyd nie die pyn en seer beter maak nie maar dat dit net erger word want dus dae soos hierdie dat ek besef dat jy nooit weer gaan terugkom nie, maar ek troos my daarin dat jy op n beter plek is. Liefde Sussie en jou seuntjie… #2684 -----------------------------Is jou eerste verjaarsdag weg van ons. Mis jou baie. Jy was 'n goeie mens. Ek wens ek kan jou 'n drukkie gee. Van: Carol, Nico, Stephen, Randall en Lienkie #2674 -----------------------------Bless earthday Rodwin. Miss u deeply. From : Lanie & Ferran #2675
BARBARA PIETERSEN Gebore 19/08/1975 – Oorlede 28/06/2016 Ek sou alles wou gee om jou net n drukkie kon gegee het op jou verjaarsdag my vriendin maar God
het anders besluit. Baie geluk met jou verjaarsdag ek weet jys op n beter plek. Jou vriendin Ria. #2693
DIANA LIEDEMAN 19/08/1946 - 22/12/2009 Your memory is our treasure, with which we will never part. God has you in His keeping, we have you in our hearts. Happy birthday in heaven. Love : Lategan Family #2694
DINAH MYBURGH 16 de Augustus is mammie se 2de verjaardag in die hemel. Die gemis nog groot, maar ons gun mammie die ewige rus. Desmaurine, Mervin en kinders #2695 -----------------------------DINAH MYBURGH 16/8/1952 06/04/2015 You left us beautiful memories. Your love is still our guide, and though we cannot see you, you are always at our side. Our family chain is broken, and nothing seems the same, but as God calls us one by one, the chain will link again. Your 2nd birthday in heaven and we missed you still. Love : Lategan family #2696
Te Huur To Let
Kantoorspasie te
huur in Malmesbury - 200 m². Kontak 0788018137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/41 -----------------------------Een-vertrek woonstel (bachelor) in Malmesbury te huur @ R2150,00 per maand. Beskikbaar 1 September 2016. Kontak Monique vir aansoekvorm by 022482 1101 #2676
courant
tel 022 487 3221
17 Augustus 2016
17 Augustus 2016
Interskole:
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag teen die span van Jan van Riebeeck kragte gemeet in die jaarlikse interskole. Bo soek Sydney Crow ondersteuning, terwyl Jaclyn Engelbrecht toekyk. Regs bo probeer Jaydon Markus ‘n teenstaander grond toe bring. Die vasvra het met 68-12 gewen, die gholf met 46-44, die netbal met 40-28 en die seunshokkie met 5-0. Die skaakspanne het gelykop gespeel, asook die meisiehokkie met 0-0. Die eerste rugbyspan het naelskraap met 17-19 die onderspit gedelf. Foto's: Ghida Visser
• CLOSE VICTORY FOR CAVALIERS
First win for Boland
THE Boland Cavaliers secured their first win of the 2016 Currie Cup Premier Division after beating Eastern Province 28-10 at the Nelson Mandela Bay Stadium in Port Elizabeth on Friday. There wasn’t much that separated the two teams after the first 40 minutes, with the visitors taking a narrow 7-3 lead at the break. The speedster Sergio Torrens scored the only try of the first half. A man-of-the-match performance by veteran loose-forward Zandré Jordaan sparked a one-sided performance in the second half, as the Cavaliers scored another three tries in claiming a welldeserved four-try bonus point victory. Fullback Nico Scheepers was in sublime form once-again as he converted all four tries for Boland.
NUUS • NEWS
SPORT
dié
16
Derby: Wesbank rugbyklub het Saterdag die span van Never Despair ore aangesit in ‘n groot derby-kragmeting. Wesbank het geseëvier met 25-13.
Sportuitslae
Sports results
Malmesbury Posduifklub Beaufort Wes JO 1 G Horn1068.5158; 2 C Basson1066.7354; 3 G Horn 1059.4777; 4 G Horn 1054.2152; 5 C Basson 1040.6727; 6 Hayman Familie 1039.3682; 7 M Hill 1037.8417; 8 Hayman Familie 1033.2247; 9 Hayman Familie 1024.3507; 10 M Hill 1021.7271; Beaufort Wes Ope 1 C Basson 1092.6271; 2 C Basson 1092.5751; 3 M Hill 1060.2659; 4 G Horn 1056.7912; 5 J Steenkamp 1055.9635; 6 J Steenkamp 1041.9506; 7 J Steenkamp 1041.7138; 8 J Steenkamp1039.1171; 9 Vrededal Hokke 1029.7289; 10 F Meintjes & Seuns 1026.3494; Moorreesburg Posduifklub Beaufort Wes JO 2 1 HMO Smit en Seun 1049.5882; 2 HMO Smit en Seun 1027.0210; 3 HMO Smit en Seun 1011.2943; 4 Van der Vyfer Hokke 1007.2366; 5 Steenekamp Lofts 986.2260; 6 Doornkloof 970.3886; 7 Steenekamp Lofts 959.3153; 8 Boetie & Baron Hokke 948.3077; 9 HMO Smit en Seun 945.0212; 10 HMO Smit en Seun 929.1057 Beaufort Wes Ope 2 1 Frikkie Bester 977.8157; 2 Doornkloof 973.5935; 3 Yt en Tuis 968.7018; 4 Frans Jooste 959.3777; 5 Frikkie Bester 948.0075; 6 Boetie & Baron Hokke 947.4256; 7 KB & Seun 942.6495; 8 Steenekamp Lofts 941.6310; 9 Doornkloof 939.6961; 10 Doornkloof 934.1658 Riebeek Vallei Wedvlug Klub Britstown ORPC Duiwe Uitslag : Beaufort Wes 1 Marlon & Brian 1751.607; 2 Mr Zimri 1749.727; 3 Sheldon Bros 1732.145; 4 BG Lofts 1723.532; 5 Kasu & Sons 1688.841; 6 K Edas 1659.515; 7 J Morris 1646.267; 8 D Daniels & Son 1642.999; 9 Stan The Man 1641.915; 10 K Edas 1636.43 GHOLF Malmesbury Gholfklub Dinsdag 9 Augustus Enkel Stableford Lothar Buhr 40; Piet Basson 34, Ewald Liedeman 33; Hercules Viljoen 32, Shawn van Niekerk 32 Woensdag Sundowner Enkel Stableford: Frans Destroo 21; Lindsay Meyer 21; Appie van der Merwe 18; Pie Basson 17; Saterdag : 13 Augustus Enkel Stableford: Danoto Stelluto 39; Thys Esterhuizen 35, Hecules Viljoen 32; Wynand van Niekerk 32; Andre Ackerman 32