Skip to main content

Die courant bergrivier 12 okt 2016 391

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

71.7%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

12 Oktober 2016

Uitgawe 391

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

Skoolklok lui vir matrieks

Matrikulante regoor Suid-Afrika groet Vrydag vir oulaas die skoolbanke waaraan hulle oor die afgelope 12 jaar so gewoond geraak het. Die eindeksamen begin op 20 Oktober en die laaste vakke word op 28 November geskryf. Hierdie groep leerders van die Piketberg Hoërskool is baie opgewonde om die nuwe fase van hul lewe aan te pak. Bo is Louwrens Laing, Ané Nelson, Aerin Kotze, Schalk Mouton, Melanie Visser, Hugh Benson en Matthew Luyt.

•STREEKWENNER IN LANDBOU-KOMPETISIE

Koordom vat alle uitdagings vas

•Maggie Mouton Piket-Bo-Berg se Streekswenner van die gewilde Landbouwerker van die Jaar-kompetisie is verlede week te midde van groot opgewondenheid aangewys by die Stawelklip-saal op die berg. Die 2016-wenner is Hendrik Koordom (40), assistent-produksiebestuurder van Achtervleiboerdery. Volgens sy werkgewer, Deidre Eigelaar, boervrou van Achtervlei-plaas en aktiewe lid van die plaaslike Inwonersvereniging, is Hendrik destyds as jong werksoekende in diens geneem

toe hy by sy meisie op hulle plaas kom kuier het. Danksy deeglike mentorskap en opleiding in die hoë standaarde van die sagtevrugtebedryf, destyds onderneem deur hul produksiebestuurder Jacobus (Jackie) Diederiks wat vandag reeds afgetree is, is Hendrik vandag self ’n kenner op sy gebied. Hy is tans verantwoordelik vir 30 ha boorde in verskeie fases van produksie waar hy ook die Sotho-spanne bestuur en oplei. Danksy NQF-kursusse by die bekende Koue Bokkeveld- en Kaap-Agri-opleidingsentrums (lg. in Porterville gebaseer) het Hendrik hom nog verder bekwaam en die geleenthede wat

gebied is, met genot aangevat. Hy is ’n weldoener in sy distrik en nou betrokke by Piket-Bo-berg se jeugkomitee, sy kerk en die baie aktiewe Inwonersvereniging. Koordom het beïndruk met sy vurige motiveringsgerigte toespraak waarin hy medewerkers aangemoedig het om ’n duisend maal te probeer om te kom waar hulle wil wees in die lewe, sodat hulle, nes Thomas Edison met sy duisend pogings om ’n gloeilamp te skep, uiteindelik sukses kan behaal. “Ekself het ’n 100 maal probeer om te wen, en geweier om op te gee,” het hy onder luide toejuiging laat val.

NUUS • NEWS

12 Oktober 2016


NUUS • NEWS

2

12 Oktober 2016

Streek se wyne maak hul merk by Veritas 2016 Die land se gesogte Veritas toekennings, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging, het onlangs hul 26ste toekenningseremonie aangebied. Die kompetisie, wat boonop die oudste wynkompetisie in die land is, het in 1991 ‘n totaal van 96 inskrywings ontvang, terwyl daar vanjaar ‘n ongelooflike 1670 inskrywings beoordeel is. Altesaam 1289 medaljes is uitgedeel, waarvan 38 dubbelgoud, 167 goud, 484 silwer en 628 brons is. Lammershoek Terravinum Reserwe 2015 Witwyn het ‘n brons onder die kategorie: versnitte-geen hout, ontvang Darling Kelder se Lime Kilns 2015 het silwer onder die kategorie houtverouderde versnitte losgeslaan, terwyl Babylon’s Peak se Viognier/ Roussanna 2016 met ‘n brons weggestap het. Pulpit Rock se Reserve Chardonnay 2014 het silwer onder die kategorie Chardonnay houtverouderd

ontvang, asook Goedverwacht se Great Expectations Chardonnay 2016 Babylon’s Peak Dry Land Bush Vine Chenin Blanc 2016 het onder die kategorie geen hout, brons ontvang. Darling Kelder se Reserve Arum Fields Chenin Blanc 2016, asook hul Truly Irressistible Chenin Blanc 2016 stap met brons weg. Onder die Colombar geen hout-kategorie het Goedverwacht se Great Expectations Colombar 2016 silwer ontvang. Goedverwacht Great Expectations Sauvignon Blanc 2016 het verder dubbelgoud in die kategorie Sauvignon Blanc geen hout losgeslaan. Swartland Wynkelder se Swartland Winemakers Collection 2016 het weer met ‘n brons onder die kategorie uitgeblink. Onder Viognier Houtverouderd, is Kasteelberg Viognier 2014 met ‘n goud beloon. Darling Cellars se Cinful Darling Cinsault is met goud beloon.

Gesogte lotte by LSS onder die hamer Op die Laerskool Swartland op Malmesbury se manne-aand op 20 Oktober met Pietman Geldenhuys (Peter Mitchell, die Skot) kom heelparty eksklusiewe lotte onder die hamer. Vanjaar se manne-aand en veling word gehou om geld in te samel vir die bouprojek van die nuwe grondslagfase-saalkompleks, Naas gesogte wyne van top landgoedere en bekendes in die wynwêreld, is daar ook heelparty ander lotte vir die nie-wynversamelaar.

Die skool spog vanjaar met 'n groot Cravenweek-oes en die onoorwonne o.13-rugbyspan van 2016 is "een van die heel bestes in my meer as 30 jaar by die skool" vertel afrigter en adjunkhoof, Jannie Paterson. Met slegs 'n week oor voor dié manne-aand is daar slegs 'n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Skakel Jannie Paterson by 083 461 8232 om jou kaartjies te bespreek.

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!

•SIEN AFTREDE AS BITTERSOET

Willemse roep nou WKDM vaarwel Karel Willemse groet die Weskus Distriksmunisipaliteit ná agt jaar as openbare skakelbeampte. Vir Kallie, soos wat hy aan almal bekend staan, is sy aftrede bittersoet. Hy gaan sy kollegas mis, maar sien geweldig uit om nou sy stokperdjies en drome te gaan uitleef. Willemse kom aanvanklik van die Overberg waar hy op die dorpie Napier grootgeword het. Hy het aan die Hoërskool Emil Weder op Genadendal gematrikuleer. Om eendag ‘n brandweerman te raak, was nooit binne die raamwerk nie. In daardie dae was onderwys maar die beroep om te volg, vertel hy. Willemse het sy onderwys loopbaan by Laerskool Dagbreek op Robertson in 1974 afgeskop. Hy was egter daarna vir 19 jaar lank by die Athlone Skool vir Blindes in Bellville-Suid. Een van sy drome was egter om ‘n joernalis te word. Hy het die onderwys verlaat en joernalistiek aan die Stellenbosch Universiteit gaan studeer. “Baie van my kollegas het altyd na my verwys as die pensioenaris, maar dit was baie lekker tussen die studente en die ouderdomsgaping het nie ‘n groot rol gespeel nie,” voeg hy by. Voor hy die pos by die WKDM aanvaar het, was hy hoofsaaklik sportverslaggewer by Die Burger waar hy vir die koerant in die George-kantoor gewerk het. “Maar jy weet hoe dit gegaan het by so ‘n koerant. Jy moes van alles doen en omdat ek uit ‘n skool agtergrond gekom het, was opvoeding ook hoog op die lys. So ook die sake rakende die plaaslike munisipaliteite.” Dít is waar die belangstelling in plaaslike owerhede begin het. Hy het die geleentheid by die WKDM gekry en dit gesien as ‘n manier hoe hy ‘n bydrae kon maak tot die gemeenskap. Die posbeskrywing het sy eie uitdagings teweeg gebring, maar was ‘n fees in vergelyking met ander munisipaliteite. Hy beskryf dit as ‘n rustige munisipaliteit waar hy elke oggende met ‘n geruste hart werk toe gaan. Volgens hom is kommunikasie oor die algemeen ‘n aspek wat dikwels aan die agterste speen moet suig. “Ek dink om die verskillende departemente te oortuig om nie in silo’s te werk nie, maar as een munisipaliteit, was een van die grootste uitdagings. Of ek heeltemal daarin geslaag het weet ek nie.” Hy voeg by dat baie van die departemente later die rol van die openbare skakelbeampte besef het en van sy dienste begin gebruik

maak het. “Dit het ook gehelp om die beeld van die munisipaliteit onder die breë gemeenskap in die Weskus te herstel.” Willemse het gedurende sy tyd by die WKDM die uiterste van weersomstandighede beleef. Hy voeg by die huidige droogte was nie mooi om te aanskou nie. “Ek het ook die vloede van 2008 as ek korrek, is gesien. Dit was erg om te sien wat water kan doen.” Hy moes ook sien hoe ‘n slang en ‘n skilpad voor die vlamme vlug. “Toe ek die skilpad se dop sien was dit swart geskroei. Ek het hom baie jammer gekry, maar kon niks vir hom doen nie.” Ná 42 as werknemer, het hy geleer om nooit laat te wees vir werk of vir ‘n afspraak nie, en deel graag die wysheid met die jonger geslag. “As jy laat is, maak jy die ander persoon ook laat en dit maak na my mening nie ‘n goeie indruk nie. Onthou, jy is ten alle tye ‘n ambassadeur van die munisipaliteit so jy tree diensooreenkomstig op.” Stil sit, gaan hy beslis nie. Daar is heelwat ongedane skryfwerk, ‘n jeugroman wat al vir maande op sy rekenaar lê en wag, om langs die see te gaan sit en nuwe stories uit te dink en te skryf. Hy gaan ook nou baie meer tyd hê om foto’s te neem. Een van my kortverhale is pas in Verneukkind, ‘n voorgeskrewe boek vir gr. 11’s, opgeneem. Rooi Rose het nou onlangs ook ‘n ander kortverhaal van hom aanvaar. Een van sy drome is om van sy skryfwerk op die planke te sien of sommer net vir mense om te lees. Heelwat van die verhale kom nogal uit die Weskus. “Dit is nogal ‘n lekker gevoel om te weet een van jou werke het dit gemaak.”

Talle grootstes by Agri-Expo Agri-Expo Livestock, wat van 13 tot 15 Oktober 2016 op Sandringham, Stellenbosch plaasvind, word landwyd as die goue standaard van die veebedryf beskou en weerspiëel ‘n unieke beeld van die Suid-Afrikaanse veebedryf. Met ongeveer 250 beeste van 16 verskillende rasse, maak dit Agri-Expo Livestock die grootste suiwel- en vleisbees interras-skou in die land. Hierdie beeste is van hoogstaande gehalte en gaan oor drie dae in die Biomin Skou-arena teen mekaar meeding vir die gesogte titels van FNB Suiwelkoningin en BKB Vleisbeeskoning of -koningin. Die ekspo geniet ook die ondersteuning van meer as twintig telersgenootskappe. Agri-Expo, organiseerders van die geleentheid, ploeg 185 jaar se waardevolle ervaring terug in elke aktiwiteit wat aangebied word, so besoekers kan ‘n propvol program, met iets vir oud of jonk, produsent of verbruiker, te wagte wees. Opwindende programme vir produsente Percheron perde van die bekende Elsenburg-stoet word vir die eerste keer by Agri-Expo Livestock opgeveil. Elsenburg beskik oor die oudste kudde in die land, met ‘n geskiedenis wat tot meer as 100 jaar terug dateer. Die uiters bekwame afslaers van BKB gaan onder andere ‘n hings, wie se voorgeslag uit Frankryk afkomstig is, opveil. Percherons word ook algemeen na verwys as “gentle giants” as gevolg van die geaardheid en grootte van hierdie pragdiere. Die publiek is welkom om hierdie belewenis met ons mee te maak op Vrydag, 14 Oktober om 14:00. Potensiële kopers en belangstellendes kan Bennie Aucamp kontak op 0836415161 of BennieA@elsenburg.com. Kom kyk gerus hoe ontluikende afslaers teen mekaar meeding in die Toyota SA Nasionale Jong

Afslaerskompetisie, aangebied deur Veeplaas/ Stockfarm, wat op Saterdag, 15 Oktober plaasvind. Deelnemers ding mee in drie kategorieë, naamlik juniors (vir leerders 19 jaar en jonger), jong afslaers (vir persone 25 jaar en jonger) en die aspirant-kategorie (afslaers wat reeds opleiding ontvang het, maar nog nie as volwaardige afslaers werk nie). Navrae kan gerig word aan Tiaan Herbst, by epos tiaan@veeplaas.co.za of selfoon 060 370 1429. Die gewilde melkbok- en vleisbeesinligtingsdae word weer hierdie jaar aangebied en vind plaas in die Landbank Konferensiesentrum. Sprekers van die vleisbeesinligtingsdag is John Durr van RPO, Jan van Zyl, Nasionale Vleisbeesboer van die Jaar vir 2014, Dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek, Heinrich Bruwer, Noordwes se Jongboer van die Jaar vir 2013 en Dr Jasper Coetzee, veebestuurkonsultant, wie se deelname deur Landbouweekblad geborg is. Sprekers van die Melkbokinligtingsdag is Jan Wiese, eienaar van Karoo Bokmelkprodukte, Leon Kruger, die LNR se melkbokspesialis, Schalk Greyling, tegniese adviseur van SA Stamboek, Donald Mouton, president van die SA Melkbok Telersgenootskap en Walter Curlewis, SA Kampioen Melkbokteler. Gratis deelname aan beide programme is moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse Departement Landbou en belangstellendes kan vooraf registreer by Razelle Segers. Epos Razelle@agriexpo.co.za of skakel 021-9754440. Kaartjies is by die hekke beskikbaar teen R50 vir volwassenes ouer as 18, R30 vir kinders tussen 13-18 jaar en kinders onder die ouderdom van 13 kry gratis toegang. Hekke is daagliks oop van 09:00 tot 18:00. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch afrit 39.


NUUS • NEWS

3

12 Oktober 2016

•RED VIERVOETIGE VRIEND SE LEWE

Woef en kie kan bloed skenk Dit is belangrik om bloed te gaan skenk, want jy kan ‘n lewe red. Dit is egter net so belangrik vir troeteldiere, want selfs húlle kan jou beste vriend ‘n tweede kans gee. Samson, ‘n Duitse Herdershond (6) van Malmesbury se lewe is onlangs só gered, nádat hy ‘n nood bloedoortapping by Bergzicht Dierehospitaal op Malmesbury moes ontvang. Só vertel Justine Spilsbury van Malmesbury wie se hond vanjaar met maagkanker gediagnoseer is. Sy eienaars moes die hartverskeurende nuus ontvang dat hy op sy sterfbed is. Die Spilsbury’s, wat nuwe inwoners van Malmesbury is, vertel Samson se witbloedtelling was in Augustus met ‘n besoek aan Bergzicht, baie laag. “Sy liggaam het feitlik geen witbloedselle geproduseer nie. Daar het basies geen bloed deur sy are gevloei nie en hy moes dringend ‘n bloedoortapping ontvang.” Skenkers, naamlik Zac (4), Mieko (5) en Zinzi (3) is binne ‘n halfuur gevind om bloed te skenk. Dit is nie die eerste keer wat Emile Smit en Michealle de Lange hul drie boerboele stuur om bloed te skenk nie, vertel De Lange. Volgens die Spilsbury’s, was dit ‘n baie traumatiese ervaring. De Lange wat vir jare by Bergzicht gewerk het, het gereeld gou huis toe gehardloop om ‘n hond te gaan haal om bloed te skenk. Volgens haar sal sy nie skroom om uit te help nie, aangesien dit ‘n ander hond se lewe kan red. Sy raai mense aan om hul troeteldiere te oorweeg as skenkers. “Dit skep 'n warm gevoel in jou binnekant om te weet jou hond kon die lewe van 'n ander red.” Daar was vanjaar reeds sewe bloedoortapping-gevalle. Dr. Andries Groenewaldt, veearts by Bergzicht Dierehospitaal vertel bloedoortappings is

meer algemeen by honde as katte, waar die proses effens anders is. Plaasdiere soos beeste het ook soms bloedoortappings nodig. Hulle het 'n lys van kliënte wat bereid is om te help en hulle honde in te bring vir noodgevalle. Honde moet egter voldoen aan die volgende om as 'n skenker te dien: 25kg of meer weeg; alle inentings, ontwurming en vlooibehandeling moet op datum wees; 'n goeie gesondheid hê; nie binne twee maande bloed geskenk het nie en ook nie te oud of baie jonk wees nie. DIe veearts moet meestal vir die skenker hond 'n ligte sedasie gee voor hy/sy kan skenk. 'n Groot hond kan tot een sakkie van 450 ml skenk. Hy vertel dat honde en katte wel verskillende bloedgroepe het, maar baie meer ingewikkeld is as by mense. "'n Bloedoortapping is gewoonlik 'n noodgeval waar elke minuut saak maak en geen veearts het tyd om dan bloed weg te stuur vir tipering nie." Die eerste bloedoortapping in die meeste katte en honde kan sonder enige komplikasies plaasvind, ten spyte van bloedgroepe. Die vorming van teenliggame teen die 'nuwe' bloed kompliseer wel 'n opvolg-bloedoortapping in die selfde pasiënt. Na die eerste oortapping bou 'n dier se liggaam immuniteit op teen die bloed van die skenker, wat beteken dat dieselfde hond nie weer gebruik kan word nie. Meeste gevalle waar diere-bloedoortappings benodig is as gevolg van bosluiskoors, sekere gifstowwe en kankers wat begin bloei. Erge trauma kan ook 'n moontlikheid wees.

Nuwe maatreëls geld vir waterbeperkings Die volgende Vlak 2 (20%)-waterbeperkingsmaatreëls geld vanaf 5 Oktober 2016 in die Swartland munisipale gebied en behels ‘n verslapping van die maatreëls wat vroeër vanjaar geïmplementeer is: Die gebruik van drinkwater om tuine, sportvelde, parke en enige ander grasbeplante areas nat te maak of te besproei, word tussen 08:00 en 17:00 daagliks verbied; Die gebruik van drinkbare water om enige harde of geplaveide oppervlaktes af te spuit, word verbied; Tuinslange wat nie oor ‘n selfsluitmeganisme beskik nie, mag nie onbeman gelaat word wanneer tuine, parke, sportvelde of ander areas natgemaak word nie; Tuinslange wat vir die was van voertuie (ingesluit ontspanningsvoertuie en watervaartuie) moet oor ‘n outomatiese selfsluitmeganisme beskik; Alle outomatiese spoelurinale moet afgedraai word in alle geboue gedurende tye wanneer die publiek en/of personeel sodanige geboue normaalweg verlaat; Die beperkings hierbo geld nie (1) waar spesiale vrystelling skriftelik deur die munisipaliteit verleen word nie; of (2) waar ander bronne van nie-drinkbare water gebruik word en ‘n kennisgewing waarop die bron aangedui word, aangebring is op ‘n plek waar dit duidelik sigbaar is. KWOTAS AS RIGLYN VIR VERBRUIKERS Verbruikers word steeds aangemoedig om ‘n 20% besparing in hul waterverbruik te bewerkstellig, en vir hierdie doel sal ‘n kwota, gebaseer op die gemiddelde verbruik vanaf November 2014

tot April 2015, op individuele diensterekeninge (vir sowel huishoudings as besighede) aangebring word om verbruikers te help om sodanige besparing te bewerkstellig, met dien verstande dat huishoudings met ‘n hoë kwota tot maksimum 50 kiloliter per maand beperk sal word. Die kwota sal dus die maksimumperk vir waterverbruik aandui wat ‘n verbruiker moet probeer nastreef om ‘n algehele besparing van 20% te bewerkstellig. Let asb daarop dat kwotas slegs ‘n riglyn vir verbruikers is om waterbestuur (en gevolglik waterbesparings) te probeer bewerkstellig. Dit is dus nie vir verbruikers nodig om aansoek te doen om vrystelling daarvan nie. VERHOOGDE WATERTARIEWE Die verhoogde watertariewe wat geïmplementeer is om waterbesparings aan te moedig en om watermisbruik te ontmoedig, bly van krag. BOETES Benewens ‘n hoë diensterekening vir watermisbruik, loop verkwisters die risiko om deur die Munisipaliteit se wetstoepassers beboet te word vir die oortreding van enige van die beperkende maatreëls hierin. ‘n Boete van R300,00 per oortreding sal geld. OOPSTEL VAN SWEMBADDENS Weens die verslapping van die waterbeperkings, sal die munisipale swembaddens, uitgesluit die Moorreesburg swembad waar herstelwerk tans onderneem word, vir die publiek oopgestel word met ingang vanaf 1 November 2016.

Hoewel Samson nou op permanente medikasie is, het sy gesondheid handomkeer herstel. “Hy hardloop weer rond en speel. Ons is ewig dankbaar teenoor Bergzicht Dierehospitaal en die skenkers.”


NUUS • NEWS

courant

12 Oktober 2016

dié

4

Bly soos 'n druppende kraan maan oor water Water en die damvlakke was die afgelope paar maande hoog op die nuuslys. Dit het aandag geniet, want dit is iets wat vir ons almal belangrik is. Sonder dit kan ons tog nie klaarkom nie. Ons het saam gehelp om te spaar, ons het saam probeer om die krane toe te hou en so water te bespaar. Ons het onsself so goed van ons taak gekwyt, dat ons meer as die verpligte 20% gespaar het. Ons het alles in ons mag gedoen om binne die beperkinge te bly. Dit terwyl daar steeds talle is wat net aanhou mors het. Wat helder oordag met 'n tuinslang hul voertuie gewas het, sonder om 'n oog te knip. Die vlak van die Voëlvleidam is steeds laag. Die gemiddelde hoeveelheid water die afgelope jaar, is ver onder die gemiddeld van die afgelope vier jaar. Die somer lê en wag vir ons. Die reënlose, warm dae is om die draai. Daar was 'n tyd vroeër vanjaar toe die damvlak teen ongeveer 2% per week gedaal het. Die Swartland Munisipaliteit het nou die vlak 2-waterbeperkings verslap. Nou is 'n tuinslang nie meer iets uit die bose nie en mag jy weer jou tuin natlei. Jy mag weer jou voertuie hiermee was. Dit is opvallend hoe vinnig die krane weer oopgedraai word. Hoe die water in die pad afloop soos swembaddens volgemaak word. Onthou net, die somer wag. Dan is daardie water wat ons nou so lekker gebruik, dalk net dit wat die verskil tussen 'n bietjie water en 'n leë kraan kan maak.

Gratis inentings vir hondsdolheid Hondsdolheid is ‘n gevaarlike en noodlottige siekte van honde, katte, alle warmbloedige diere en mense wat hoofsaaklik oorgedra word wanneer ‘n besmette dier jou byt. Wanneer ‘n mens of dier simptome begin wys, is daar geen behandeling nie en lei dit tot die dood. Die inent van troeteldiere is die mees effektiewe manier om jouself en jou troeteldier te beskerm teen blootstelling aan dié dodelike virus. Suid-Afrika is ‘n verklaarde hondsdolheid gebied en alle honde en katte moet geënt word sodra hulle die ouderdom van drie maande (12 weke) bereik. Honde en katte gaan gratis tydens ‘n hondsdolheidveld-

tog deur die personeel van die Staatsveearts se kantoor van die Departement van Landbou geënt word op: Donderdag, 20 Oktober 2016 Plek: Moorreesburg Stadsaal Tyd: 9:30 – 12:00 Plek: Rosenhof Gemeenskapsaal Tyd: 12:30 – 15:30 Vir mens en dier se veiligheid moet honde aan ‘n halsband en leiband wees en katte in ‘n mandjie of lemoensakkie. Vir meer inligting, skakel Michael Chapman by 084 969 0236.

Reünie: Die matriekklas van 1966 van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs hul 50 jaarreünie by dié skool gevier.

Tuinboudag:

Janette Mentoor en haar span tuiniers op Moorreesburg is in hulle derde bestaansjaar en gee elke eerste en laaste Donderdag van 'n maand vir honger magies kos. Sy spreek die kinders toe en motiveer hulle om gehoorsaam te wees, gereeld skool by te woon en meer. Sondag het sy die kinders uitgenooi en tuinboudag saam met hulle gevier, om hulle bewus te maak hoe tuinbou 'n verandering in hul lewens kan bring.

Dis Goeie Nuus Dr Andrew Bosman

Wie is ons? As iemand gevra word of hy of sy vir so en so ken, dan antwoord hulle baie keer die persoon doen dit of dat. Hy of sy word geken aan hulle werk, en word so beskrywe. Baie mense verloor hulle werk of raak voltyds betrokke by hulle stokperdjie en verlaat die werk wat hulle gedoen het. Hoe beskrywe jy hulle dan? Ons is nie wat ons doen nie, ons is wat ons glo. Ons identiteit is meer as dit waarmee ons werk of besig is. Psalm 116 is ‘n danklied van ‘n verloste, iemand wat vry gekom het van een of ander juk . Die lied begin met ek het lief, want die Here hoor my smekinge. Die Psalmis was bang, benoud, bekommerd, maar het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here red my siel. En skryf dat die Here ‘n ontfermer is, en vir my gehelp het, Hy het my siel tot bedaring gebring in my. Gelukkig is die persoon wat geniet waarmee hy of sy besig is, want dan kom ons ware talente na vore wat ons van God ontvang het om ander mee te dien.

Kaptein Majiedt neem leisers oor Kaptein Fanie Majiedt (52) is op 1 Oktober as die nuwe polisiehoof en bevelvoerder van die polisiekantoor op Riebeek-Wes aangestel. Majiedt is al vir die afgelope 32 jaar deel van die Suid-Afrikaanse polisiediens. Hy het in die verlede as bevelvoerder op Darling waargeneem en groet vir eers Malmesbury waar hy vanjaar gestasioneer was.

Vir hom is samewerking en kommunikasie tussen Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel en Hermon baie belangrik, sodat daar ‘n veilige hawe vir die vallei en sy inwoners geskep kan word. “Niemand is bo die gereg verhewe nie en oortreders sal voor die hof gebring word,” voeg hy by as missie vir sy toekoms op Riebeek-Wes. Hy sien baie uit na dié uitdaging.


NUUS • NEWS

5

12 Oktober 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

WEEKEND SAVINGS PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s

R

53

90

Per kg

County Fair Riverside Fresh Whole Chicken

R

34

WAS R13.79

R

9

90

90

16

90

R

39

90

Huggies Gold Disposable Nappies for Boys or Girls Jumbo Pack Assorted Per Pack

R

R

11

45

167

64

90

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

90

59

90

37

WAS R49.99

90

PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES

Simba Potato Chips Assorted 125g Each

Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml SAVE R20

R

R

8

90

94

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 10s

R

35

90

PRICES VALID 13 - 16 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS465

14

90

PnP Flavoured Ice Cream Assorted 2 Litre Each

R

Frisco Instant Coffee Assorted 750g (Excluding Decaf) Each

R

5kg

PnP Super Maize Meal 5kg

R

R

no nameTM Parboiled Rice 2kg

R

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Per kg

no nameTM Shredded Tuna in Salt Water 170g

Sasko Premium Slices White Bread 700g

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Accounts OPEN16 OCTOBER 2016


NUUS • NEWS

6

12 Oktober 2016

Stap saam teen borskanker Kansa en Die Nessie op Darling bied op 19 Oktober ‘n pretstap ter bewusmaking van borskanker aan. Deelnemers spring om 09:00 by Die Nessie weg tot by Die Fokus-gebou om te luister na ‘n borskanker-inligtingspraatjie. Vroue sal hier

ook geleer word om hul eie armbandjies te ontwerp. Deelnemers stap daarna weer tot by die sportgronde waar hulle Zumbalesse sal ontvang. Verversings sal deur die oggend uitgedeel word. Donansies is welkom, maar toegang is gratis. Onthou om pienk aan te trek.

Bly gesond met Kansa Inwoners is welkom om op 26 Oktober ‘n gesondheidsdag, aangebied deur Kansa op Darling by te woon waartydens borsondersoeke, bloedrukmetings en voetmasserings vir vroue binne die VGK Kerk beskikbaar sal wees. Mans is ook welkom om PSA vingerprikke vir prostaatabnoramiliteite te laat doen. Die Kansa-kantoor op Malmesbury gaan op

26 September ‘n tydelike kliniek vanaf 08:00 open. Afsprake kan vir borsondersoeke (R80), vingerprikke vir mans(R60) en papsmere (R200) by 022 482 111 gemaak word wat deur ‘n kliniese suster behartig sal word. Materiaal vir Pink Trees for Pauline is ook teen R25 per meter by die kantoor beskikbaar.

Met meer as 25 jaar in die musiekbedryf, het die superster, Steve Hofmeyr gewys hy kán sing. Tot country. Dit is meer as genoeg rede om die Bakgat Môreson Plaasfees vanaf 14 tot 16 Oktober by te woon waartydens hy die litte gaan losmaak met sy country-album, If you could read my mind. Steve tree die Saterdag, 15 Oktober om 19:30 op. Vir Steve is country-musiek so natuurlik soos “braai, boerewors en afrikaans.” Hy het al oor die jare, baie met dié musiekstyl op sy Toeka en Kris Kristofferson-albums ge-eksperimenteer en dit was elke keer ‘n volslae treffer. Hy is baie opgewonde om sy country-liedjies

weer in die Kaap te kom sing en dit in die platteland. If you can read my mind, bestaan uit 15 liedjies wat deur die hoogaangeskrewe vervaardiger Juan “Floors” Oosthuizen opgeneem is. Van die liedjies is bekende country-treffers, terwyl ander liedjies weer nuwe country-baadjies gegee is. Vanjaar se Bakgat Plaasfees op Môreson buite Malmesbury, beloof vermaak vir die hele gesin. Ander kunstenaars wat ook gaan optree, is die legenadriese country-sanger Dennis East, asook Wynand en Cheree, Pieter Mohr, Die Broers, Manie Jackson, Pierre Rossouw en die groep Rocking Horse. Die kinders gaan ook ‘n fees hê met Tjiff en Tjaff wat kom kuier, poppekas, pretritte, ‘n paintball-kompetisie en vele meer. Vir die wat dit sommer ‘n behoorlike naweek-kuier wil maak, kan saam kom kamp. Toegang vir kampeerders is R285 per persoon vir die hele naweek. Die fees begin reeds die Vrydag om 12:00 en duur tot die Sondag om 15:00. Toegang vir volwassenes per dag is R80, terwyl kinders R40 kos. Bespreek nou jou kaartjies by Computicket of by Bakgat Promosies by 082 895 5093 vir meer inligting.

Bakgat by Môreson


NUUS • NEWS

7

12 Oktober 2016

Dagboek • Calender

Kansa op Darling 26 Oktober: Inwoners is welkom om ‘n gesondheidsdag, aangebied deur Kansa op Darling by te woon waartydens borsondersoeke, bloedrukmetings en voetmasserings vir vroue binne die VGK Kerk beskikbaar sal wees. Mans is ook welkom om PSA vingerprikke vir prostaatabnoramiliteite te laat doen. Die Kansa-kantoor op Malmesbury gaan op 26 Oktober ‘n tydelike kliniek vanaf 08:00 open. Materiaal vir Pink Trees for Pauline is ook teen R25 per meter by die kantoor beskikbaar Moorreesburg RVK 29 Oktober: Moorreesburg RVK hou hul jaarlikse afskeid en bekeruitdeling om 16:00 - 23:45 by die Rosenhof Gemeenskapsaal. Kostes beloop R75 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede

Swartland Indaba-ete 12 Oktober: Professor André Duvenage, politieke wetenskaplike van NWU, gaan 'n strategiese ontleding van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing en die pad vorentoe doen. Geleentheid vir vrae sal gegun word. Plek: Olok-saal, Malmesbury om 19:00. Kostes: R120 per persoon. Kontak Siebert Coetzee by 083 286 9209 of stuur 'n epos na siebertcoetzee@gmail.com. VLV Malmesbury 12 Oktober: Kom byeen om 09:00 vir 09:30 by die Malmesbury Gholfklub. Besoekers is welkom, R30 besoekersfooi Navrae kontak Mia by 072 229 7432 Hoërskool Swartland 13 Oktober: Prysuitdeling om 19:00 in Malmesbury Stadsaal. ACVV Riebeek-Kasteel 14 Oktober: ACVV Riebeek Kasteel bied aan Donkey Derby & Dans by Laerskool Riebeek-Kasteel Sportgronde om 18:30. Kostes beloop R75 pp. Kontantkroeg, kosstalletjies en hope pret word gewaarborg. Navrae: Gloudine 084 291 5088 of Dalene by 022 4481424 AGS Corpus Christi 15 Oktober: Bergklim ontbyt by Kasteelberg by die laer grot op die plaas Kloovenberg. Vertrek om 07:00 vanaf AGS Corpus Christi, Baroccastraat 19, Malmesbury Vir enige navrae kontak Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Aglow 15 October: Malmesbury Aglow is having a meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00.

Lavina Surtie will be the speaker. Everyone is welcome. Refreshments will be served. Enquiries - Elaine Walker at 072 590 6636 Robertson Wine Valley 14 to 16 October: Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children under 18 - free entrance. Tickets at the gate. Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Kansa en Die Nessie 19 Oktober: Kansa en die Nessie bied op Darling ‘n pretstap ter bewusmaking van borskanker aan. Deelnemers spring om 09:00 by Die Nessie weg tot by Die Fokus-gebou om te luister na ‘n borskanker-inligtingspraatjie. Vroue sal hier ook geleer word om hul eie armbandjies te ontwerp. Deelnemers stap daarna weer tot by die sportgronde waar hulle Zumbalesse sal ontvang. Verversings sal deur die oggend uitgedeel word. Donansies is welkom, maar toegang is gratis. Onthou om pienk aan te trek. Malmesbury Rugbyklub Bloues 22 Oktober: Malmesbury Rugbyklub hou hulle jaarlikse bekeruitdeling om 16:30 by die Malmesbury Gevangenes. Kostes beloop R50 per enkel en R80 vir dubbelkaartjie. Kleredrag is semi-formeel. Partytjie vanaf 18:30 tot 02:00. Kaartjies is beskikbaar vanaf 10 Oktober by spelers en bestuurslede. Evita se perron 22 October: Evita se perron present The Magic of Charles Tertiens at 19:00 (show starts at 20:15) Duration of 1 hour. R120 per person / R100 students For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita. co.za

Groote Post Country Run 30 October: 4 km fun run (Ommie Dam); 13.5 km (Atlantic View); 18 km (Bobejaanberg Challenge). Join us for a Family friendly day in the country side and indulge in the ever popular Groote Post Country Market afterwards Bookings : info@evokeevents.co.za

Kerke • Churches

hoef te leen nie. Luister in die klas met gekonsentreerde aandag en vra dadelik vrae as jy iets nie verstaan nie. Moenie net hoor nie. Werk saam en probeer jou bes om die onderwysers se vrae te beantwoord. Steek jou hand op en vat ‘n kans! Gebruik jou geheue. Leerwerk moet ingeprent word sodat dit weer teruggeroep kan word. Hersien en herhaal gereeld, dan word werk vasgelê. Werk gereeld en effektief. Organiseer jou tyd. Daar moet genoeg tyd vir werk en ontspanning wees. Doen altyd jou eie huiswerk. ‘n Beproefde studiemetode Verkry ‘n oorsig deur die werk deur te lees. Stel aan jouself vrae oor die werk en skryf hoofpunte neer. Lees nou met groot aandag en konsentrasie. Soek antwoorde op jou vrae en skryf dit neer. Skryf die belangrikste kernfeite onder die hoofpunte neer.

Porterville Lionsklub 5 November: Potjiekoskompetisie by Porterville Dam. R150 per pot (span van 2 lede). Ingangsfooi beloop R30 vir toeskouers. Inligting en inskrywings by alle Lions lede. Evita se perron 5 November: Evita se perron present Mike McCully and the Harmonix at 19:00 (show starts at 20:00) Duration of 2 hours and 40 min. R100 per person For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita.co.za Darling College Golf Day 12 November: Cost : R250 per person or R1000 per four ball. Contact : Wilna de Clerk 0826553208 / wilna@grootepost.co.za CCHS Awareness Day 12 November: Join us as we take the streets for CCHS Awareness. Start at 10:00 from the St Thomas School. R10 per person. Come show your support. For further information contact Liezel at 072 445 3650.

AGS Corpus Christi, Malmesbury 16 Oktober - Sondag-oggenddiens om 09:30. Prediker: Past Piet Smit met die titel : Die onvernietigbare Woord. Sondagaand diens om 18:30, is 'n Gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande).

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.

Shofar 16 Oktober: De Waal Esterhuizen preek Sondag om 9:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640.

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

Slaan stres in eksamen vir 'n ses Benadering tot suksesvolle studie Voorbereiding vir die eindeksamen begin op die eerste skooldag van die jaar Ontwikkel die gesindheid dat werk ‘n plesier is. Skep tuis ‘n studie-atmosfeer: geen gekuiery in die week, stilte en erns op gesette tye van die dag (radio af, weg van geselskap, ens.) Wees gemotiveerd, werk vir ‘n doel. Deursettingsvermoë, selfdissipline, pligsbesef en die wil om suksesvol te wees, is noodsaaklik. Moenie jou werk kort-kort onderbreek nie. Stel ‘n studierooster op en bly daarby. Leer bv. vir 45 minute en rus vir 15 minute. Bestee meer tyd aan die vakke waarin jy swakker vaar. Werk en studeer elke werksdag. Wenke vir suksesvolle studie Ontwikkel ‘n ware belangstelling in jou werk. Sorg dat jy sukses behaal – dit werk aansteeklik. Konsentreer elke oomblik in die klas, én tuis, wanneer jy werk. Stel gedurig vrae aan jouself oor die werk. Sorg dat jy alles by jou het wat jy nodig het vir die dag, skryfbehoeftes, ens. sodat jy nie by ander

Laerskool Swartland 31 Oktober: Begrotingsvergadering om 19:00 by Laerskool Swartland in die Skoolsaal.

Leer nou eers die hoofpunte en sê dit vir jouself. Leer nou elke hoofpunt met sy kernfeite en sê dit vir jouself op. Sodra jy dit kan opsê, skryf die feite neer en kontroleer of dit reg is. Kontroleer nou of jy die antwoorde op die vrae ken. Hersien die hele stuk werk weer om ‘n geheelbeeld te kry.

Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 23 Oktober om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990.


NUUS • NEWS

8

12 Oktober 2016

Verdeau-landgoed: Bekostigbare leefstyl in styl Infrastruktuur van Fase 1 op Wellington bykans voltooi

Die Verdeau-landgoed is besig om sy eerste groot mylpaal met die voltooiing van die infrastruktuur van Fase 1 te bereik. Nadat die ontwikkelaars besluit het om die eerste 170 eenhede so gou as moontlik te voltooi, het hierdie gesogte eenhede soos soetkoek begin verkoop. Groot opgewondenheid heers noudat die dubbelverdieping eenhede bykans voltooi is. Bouwerk aan die 30 dorpshuise en losstaande huise het ook alreeds begin en die landskappering is besig om gestalte te kry. Die winterreën het die watervlakke van die dam mooi laat styg en binnekort sal hierdie baken langs een van Wellington se hoof-toegansroetes ‘n algehele gedaanteverwisseling ondergaan soos wat die Landgoed sy skoene begin volstaan. Volgens Willie en Susan Wucherfennig, die twee residensiële eiendomsagente by Verdeau, is dit nie ‘n verrassing dat die eenhede so gesog is nie. “Dit is geen geheim dat behuising in die Wes-Kaap ‘n groot probleem is nie. "Dit is besig om toenemend al hoe meer onbekostigbaar te word,” sê hulle.

Verdeau vul hierdie leemte in die mark deurdat dit nie alleen ‘n toeganklike ligging het nie, maar boonop al die ander voordele van die nuutste leefstyl-landgoedere bied – alles teen uiters bekostigbare pryse en met kwaliteit en estetiese voordele as bonus. Volgens een van die ontwikkelaars, Danie Wiese, gaan Verdeau definitief groot waarde tot die dorp toevoeg. “Hierdie is ‘n baie ambisieuse projek en gaan, esteties gesproke, ‘n drastiese impak op hierdie ingang tot die dorp hê. "Boonop gaan dit ‘n merkbare positiewe invloed op die dorp se ekonomie hê,” sê hy. Een van die ander ontwikkelaars, Stephan Spies, beaam hierdie voordele. “Ons kombineer ‘n plattelandse leefstyl, veilige omgewing en moderne ontwerp met bekostigbaarheid,” sê hy. Dit maak Verdeau ‘n voorloper-voorbeeld van die nuwe bekostigbare leefstyl-konsep in Suid-Afrika. Daar is groot moeite gedoen om twee skouhuise te bou en in te rig sodat voornemende kopers ‘n voorsmakie van die moontlikhede binne hierdie eenhede kan kry. Hier kan besoekers ‘n eerstehandse ervaring


NUUS • NEWS

12 Oktober 2016

9

Skouhuis

VRL: Die nuwe VRL van Hoërskool Dirkie Uys vir 2017 is: voor v.l.n.r. Maulisha Markus,

Gizelle Kitshoff, Marina Hanekom. 2e ry: Angela Mzibuko, Marieke Reitz, Marike Bester, Janneke Slabber. 3e ry: Annoushka Truter, Bella du Toit, Lisa Coetzee, Anika Bester, Danika Odendaal, Carla Bester. Agter Louwrens Smit, Christiaan Hanekom, Henrico van Schalkwyk, Marnus Kitshoff, Nicol Hanekom, TJ Liebenberg en Dirk Bester.

‘n Stukkie paradys

Indien jy jouself kan sien woon in dié landgoed, is daar verskillende eenhede om van te kies. Besoek www.verdeau.co.za vir volledige planne en inligting.

van die kwaliteit, styl en vakmanskap waaraan Verdeau gekenmerk word, kry. Alle afwerkings, ontwerpe, keuses van materiale en uitleg getuig van uitnemende styl en kwaliteit. Daar is slegs ‘n beperkte aantal eenhede en erwe in Fase 1 van die ontwikkeling oor. Belangstellendes en voornemende kopers sal

dus moet spring om hierdie laaste paar eenhede nog teen 2016-pryse te bekom en prysverhogings te vermy. Besoek of skakel Willie en Susan Wucherfennig, die residensiële verkoopsagente by susan@ verdeau.co.za, willie@verdeau.co.za of 081 5111 250.

Krieket: Die Malmesbury Krieketklub het verlede week hul seisoen in hul eerste wedstryd teen Stellenbosch en Distrikte afgeskop. Hulle pak dié seisoen in splinternuwe kleredrag, geborg deur Bloemhof Electrical, aan. Enige belangstellendes wat by die klub wil aansluit, kan Gregory Claassen (onder-voorsitter) by 060 319 0376 kontak. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 tot 19:00.

Spel:

Die volgende leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het aan die WOW spelkompetisie deelgeneem en presteer. Die Graad 10-leerders is: Franco Rheeder (eerste plek, goud), Karel Botha (derde plek, brons). Karel Botha het daarna by die Provinsiale rondte vierde geëindig en dring dus deur na die Nasionale kompetisie. Voor van links na regs: Graad 9-leerders: Annaliese Smal (eerste plek, goud), René Joubert (derde plek, brons), Brady Lewis (tweede plek, silwer).


NUUS • NEWS

10

12 Oktober 2016

Pienk vir borskanker Dit is slegs in uiters uitsonderlike omstandighede wat enige publikasie aan sy mashoof torring. Hierdie week spog dié courant met 'n pienk mashoof en dit alles vir die bewusmaking van borskanker in die maand wat spesifiek daaraan gewy is. Kansa-takke regoor die land is nou besig met 'n aggressiewe bewusmaking rondom hierdié kanker, wat vroue en mans in sy greep kan kry. Verminderde Risiko Die oorhoofse doel van KANSA se veldtog is om die gesondheid en welsyn van vroue te verbeter. Om dit te doen, moedig KANSA vroue aan om ingeligte besluite te maak oor hoe hulle hul risiko

van kanker kan verminder. KANSA se veldtog is daarop gemik om kennis en inligting beskikbaar te stel vir vroue – inligting wat mense in staat stel om keuses te maak oor hoe om ‘n gesonde leefwyse te beoefen. KANSA moedig ook siftingstoetse en vroeë opsporing aan. Gedurende Oktober sal KANSA inligting beskikbaar stel deur die media, praatjies oor gesondheid en ‘n gesonde leefwyse, projekte om fondse in te samel, gebeure rondom kanker en kankeroorwinnaars, soos die borskanker stap-veldtogte. Siftingstoetse by KANSA SorgKlinieke en Mobiele Gesondheideenhede sal ook aangebied word.

Padstap:

Nikita Toerien, 'n leerder van die Laerskool Swartland op Malmesbury, het Saterdag 'n bronsmedalje gewen by die Suid-Afrikaanse padstapkampioenskappe in Youngsfield. Hier ontvang sy haar medalje van die SA Olimpiese atleet, Marc Mundell.

Rugby:

Hierdie rugbyspelers van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is opgeneem in die Wes-Boland O.15 en O.17-spanne: Charlton Andrew, Herschell Persens. Agter is Wynand Mostert, Hanno Mostert en Matthew Andrews.


NUUS • NEWS

12 Oktober 2016 Betrekkings Vacancies ALGEMENE WERKER Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die pos behels die assistering van ‘n lugversorgings- en verkoelings-tegnikus * Ondervinding in verkoeling sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@ hcsolutions.co.za #2514 Dienste Services ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 Gelukwensing Congrats KYK WIE WORD 10 OP 9 OKTOBER 2016

Oupa Baba EVANGELO. Geluk jy is 'n juweeltjie in ons lewe. Van: Oupa, Ouma, Amie, Zaan, Quewin, Evangeline & Celestine #2893 ---------------------------------RAAI WIE WORD SEWE

Geluk Pa se blom met jou verjaarsdag op 15 Oktober. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Bly die voorbeeldige dogtertjie wat jy is. Met baie liefde van Pa en Mammie #2894 --------------------------------Geluk ons prinsessie met jou sewende verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n lekker dag het. Liefde: Coetzee, Cyster en Basson familie #2895 ---------------------------------RAAI WIE WORD TWEE

11 Oktober - Happy Birthday grootman. Love: Mammie, Daddy, Charlotte en Gailyn #2896 ---------------------------------RAAI WIE WORD 18 VANDAG

JAYDIN FORTUIN Baie geluk my kind met jou verjaarsdag. God se rykste seëninge op jou pad vorentoe. Ons is baie trots op jou, en bly die omgee-kind wat jy is. Lief vir jou. Van: Mammie, Lu-Hein en Haig #2897 --------------------------------Geluk JADIN met jou 18de verjaarsdag op 12 Oktober 2016. Stel God eerste in jou lewe en al die ander dinge sal bygevoeg word. Geniet dit!!! Liefde: Mamma en Pa #2898 ---------------------------------Geluk Jadin. Alles wat mooi is vorentoe. Bly die persoon wat jy is. Liefde: Nanna, Ryan, Riley en Zoë #2899

STEFANUS (FANIE) SYSTER Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag op 16 Oktober 2016. Ons wense is dat Liewe Jesus u nog vele jare bewaar en die goedheid en guns van ons Hemelse Vader u altyd blybly. Mag die Here jou seën en 'n gelukkige dag gee soos u dit wil hê. Liefde van jou vrou Anna, Pietie, Mervin, René, Patricia, Raydon en Marcelino #2900 ---------------------------------Op 16 Oktober word jy 60. Groot voorreg. Wat 'n wonderlike genade deur ons Hemelse Vader. God se rykste seën oorblywende broer. Baie lief vir jou. Van jou susters, Miekie, Rachel en Syster familie #2901

KYK WIE WORD 12 Baie geluk met jou 12de verjaarsdag. Behou daardie glimlag en jou vriendelikheid. Van jou Ouma, Oupa, Atta Siena, Uncle en twee neefs #2902

PAITYN ABRAHAMS 12 Oktober 2016 Veels geluk met jou sesde verjaarsdag. Mag jy altyd so 'n lieflike dogtertjie bly. Ons eie blompot. Baie liefde van Crystal (Tietie), Ma Betta, Liesie en Torien familie #2903 ---------------------------------RAAI WIE WORD 21 JENÉVE MAARMAN

Geseënde 21 ste verjaardag op 13 Oktober. Ons is baie lief vir jou. Liefde: Ouma Annie, Tannie Zelda, jou broers en suster #2904 ----------------------------------

LORDEN EMELIO DAVIDS Baie geluk met jou eerste verjaarsdag kleinboet. "PORDY". Baie lief vir jou! Van: Boeta Cornel Junior en ousus Loroné. #2905 ---------------------------------Aan ons kleinseun Lorden wat sy eerste verjaarsdag op 10 Oktober gevier het, baie geluk grootman - jy is die sonskyn in ons lewe. Liefde: Pa en Ma #2906 --------------------------------Lordy, baie geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën word jou toegebid. Nanna, Chandrey & Johain. #2907 ---------------------------------Lorden, baie geluk met die herdenking van jou geboortedag. Jou peetouers - Edwin & Aldean #2908 ---------------------------------Kyk wie was een jaar oud. Nefie, Lordy-Pordy - Baie

11 geluk. Sien jou Saterdag by jou BARNEY partytjie. Jou nefies: Ashton & Leigh-Haygon en niggies Abigail & Ellienah #2909 ---------------------------------Loren en Mellnecia Davids - baie geluk met jul seun se verjaarsdag. Sien jul Saterdag. Fullard & West Familie #2910 ---------------------------------KYK WIE WORD VIER 15 Oktober 2012

Baie geluk met jou geboortedag. God se rykste seëninge vir jou. Ons is baie lief vir jou BRUNAY. Van: Mamma en Pappa #2911 --------------------------------Raai wie word vier op 15 Oktober. Baie geluk met jou verjaarsdag ons prinses. Ons is baie lief vir jou en jy moet jou dag geniet. Van: twee oumas, oupa en vier boetas #2912 ----------------------------------

FRANIQUE LAREY Ons Poplappie is sewe op 16 Oktober 2016. Baie geluk ons kind. Jy moet mooi leer en ons is baie lief vir jou. Moet nooit vergeet ons stories op die bed.. net die langes, want anders is dit te vinnig fluit, fluit my storie is uit. Liefde: Ma Enna, Pa Ouboet en die Larey gesin #2913 ----------------------------------

Baie geluk Ouma SOEKIE met Ma se 90ste verjaardag wat op 9 Oktober was. Mag God u seën. Liefde van: Rodney, Gerda, Sus, Reagan en Junior Rodney #2914 ----------------------------------

RAAI WIE IS 65 OP 13 Oktober God se rykste seën met jou verjaarsdag. Dankie vir al jou liefde en geduld. Lekker verjaar. Baie lief vir jou - los die xyz. Van: Tietie #2915 ----------------------------------

JENIEVA ARENDSE Baie geluk met jou 28ste verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar en alle seënwense vorentoe. Jy moet lekker verjaar en geniet die dag. Liefde: Rallie, Ryan en Tiesa #2916 ---------------------------------Baie geluk met jou verjaarsdag. Ek wens vir jou alles van die beste toe. Baie liefde: Hannelie, Yulin en Grayton #2917

10 October 2016 One year today & forever to go. God has blessed you to share space and time with a man that He spesifically designed just for you. Happy anniversary. Love: Nicole #2918 ---------------------------------KYK WIE HET 60 GEWORD??

twee seuns #2925 --------------------------------Dit voel nog so onwerklik en seer die verlange en hunkering om weer daardie glimlag te ervaar lê diep. Ons verlang net om Mammie weer hier tussen ons familie te hê, maar weet wat God gedoen het is welgedaan tot ons weer ontmoet Mammie. Van: Charmaine, Sylvie, Angelo, Quinton, boeta Pieter, Tietie die breë Farao familie, kleinkinders en peetkinders #2926

Sterfgeval Obituary

MARIA SWARTZ Gebore 28 Januarie 1951 - Verhuis na haar Vadershuis 8 Oktober 2016. Troosdiens Woensdag aand 7h30 by AGS Wesbank. Besigting en trooswoord Saterdag-oggend by Arend straat 119 om 8:00 tot 8:30. Besigtiging en Gedenkdiens om 9h00 by AGS Wesbank. #2932

-----------------------------

Collin Fortuin, Baie geluk met die groot 60! Wens jou 'n geseënde nuwe lewensjaar toe. Van: John en Derrick #2919

Geluk met die 80 ste verjaardag op 16 Oktober. Mag God Oupa nog baie jare by ons hou!!! Liefde van: kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2920 Memorium In Memoriam ASHWIN ZASS

Today, 11 October 2016 you are celebrating your second birthday in heaven. Missing you a lot. From your mother, sister and Zass family #2921

SARIE FAROA 15-5-1954 tot 11-102013 Aan 'n liefdevolle suster en tannie wat ons so skielik verlaat het. Ons mis jou nog elke dag, die verlange na drie jaar is nog groot maar ons berus ons daarin dat die Hemelse Vader jou meer nodig gehad het. Van jou suster, swaer en Hendricks familie #2922 ---------------------------------Aan 'n geestelike suster. Na drie jaar mis ek jou leiding en wysheid, selfs die geselsies en koppie tee, maar met blydskap weet ek Liewe Jesus het jou na hoër hoogtes geroep jou geestelike suster Stiena Geduld #2923 ---------------------------------Aan 'n suster en tannie in die Hemel met soveel herinneringe dink ons terug aan jou as 'n steunpilaar. Hoe graag wou ons jou nog 'n drukkie gee maar God het jou aardse woning kom verruil met 'n Hemelse woning. Na drie jaar mis ons jou nog steeds soms met n traan of met n glimlag van jou suster Kana en Matjiet familie #2924 ---------------------------------Aan 'n Ouma en Ma wat haar aardse huis verlaat het. Die verlange lê nog vlak en die trane vloei nog elke dag. Dankie vir Mammie se raad en leiding mis jou verskriklik van jou dogter Petro en

ANNA EFRAIMS Op 10 Oktober was u reeds een jaar van ons geskei. Alles het so vinnig gebeur, maar ons berus ons by dit want die Here het u geroep. Die gemis is nog baie groot. Daar waar is u is, daar is geen pyn en lyding. Rus in vrede. Van: Johannes, kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2927 ---------------------------------JACOBUS APRIL

Pappa op 11 Oktober is dit twee jaar dat God jou lewenswoning bevestig het. Die gemis is groot, maar in ons harte sal jy altyd gevestig wees. Ons mis jou mr Big. Van: Heinrich, Marilyn en seuns #2928 ---------------------------------Koos op 11 Oktober 2016 het die Hemelse Vader ons reeds twee jaar van u geskei, maar jy sal altyd voortleef in die pragtige herinneringe. Met al ons liefde - Makie, Gotties en kinders #2929 ---------------------------------Pa Koos op 11 Oktober 2014 het God jou een van sy engele gemaak, en ons weet dat jy veilig is en ons berus by God die Vader se besluit. Liefde: Lee-Donovan, Pan en susters #2930 --------------------------------Koos, reeds is twee jaar verby op 11 Oktober 2016. Jy sal altyd in ons harte, gedagtes en lewens bly. Ons mis jou oneindig baie. Jou susters, broers, Peetsuster (Bawa) & April familie #2931

DINA LATEGAN 1 Augustus 1927 – 7 Oktober 2016

Met hartseer neem ons afskeid! Ons dink met liefde en dankbaarheid terug aan soveel jare se saamwees. Troosdiens op Woensdag , 12 Oktober om 19:00 by Anglikaanse kerk (Wesbank) en Begrafnisdiens is op Saterdag 15 Oktober. Besigtiging te Hanekomstr 1 om 8:00 en kerkdiens om 9:00 by Anglikaanse Kerk. Lategan Familie #2933

Te Huur

To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/48 Te Koop For Sale CHATSWORTH - 4 aangrensende erwe, elk 500 vkm - oorkant nuwe sportkompleks, R95 000 elk. Kontak 083 238 3595 #2892 -----------------------------Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak, aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 --------------------------------Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis vir R55/kg; Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871


courant

Tel: 022 487 3221

•'DIRT ROAD CHALLENGE'

Trap en draf dat die stof staan

Daar is vele stalletjies om die honger te stil, en die dors te les, en natuurlik geen gebeurtenis is volmaak sonder lekker musiek in die agtergrond nie! Gelukkige trekkings begin om 11h00 vir die jongspan en 12h00 vir volwassenes. Almal sal verseker soos ‘n wenner voel op die dag, aangesien almal wat ‘n roete voltooi ‘n pragtige medalje ontvang, en boonop ‘n sakkie 1kg Stephan & Seun baba aartappels ontvang! So, stof die drafskoene af en olie die fietskettings, en kom neem deel aan die genotvolle dag saam met vriende en familie. Aanlyn inskrywing is beskikbaar by: www.piketberghs.co.za. Inskrywings op die dag is ook beskikbaar. Registrasie begin om 06h00 die Saterdagoggend. Sien uit daarna om almal te verwelkom by hierdie gemeenskaps projek.

12 Oktober 2016

12 Oktober 2016

Die Wesbank Rugbyklub van Malmesbury het Saterdag op Wellington in die gietende reën in die Groot Uitdaagbeker se Top-8-uitspele teen die span van Hawston vasgeval. Foto: Francio Abrahams

Dis weer tyd vir die jaarlikse Stephan & Seun “Dirt Road Challenge” op Saterdag, 22 Oktober by die ikoniese Org de Rac net buite Piketberg. Hierdie fondsinsamelingsprojek is ten bate van Hoërskool Piketberg. Die dag beloof om oud en jonk te vermaak op meer as een manier. Kom neem deel aan die verkeie roetes wat bestaan uit uitdagende distrikspaaie wat alle fiksheidsvlakke akkomodeer. Daar is onderskeidelik 60km, 35km, 15km en 5km. Dan is daar ook stap/draf roetes van 10km, 5km en 2,5km. Ons verwelkom ook alle mamma’s met stootwaentjies om die vars lug saam met die hele gesin te geniet. Onthou, veiligheid is altyd baie belangrik - geen ryer sal toegelaat word om deel te neem sonder ‘n valhelm nie.

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12

Gholf: Saterdag

het die gholfkenners hul staal gewys in vanjaar se "Spar Tiger Gholf Classic" wat op Moorreesburg gehou is. Sien uitslae in die uitslae-kas. Foto's: Ghida Visser

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Strydenburg JO 1 G Horn 1073.981; 2 Hayman Familie 1046.975; 3 C Basson 1042.158; 4 J Steenkamp 1023.354; 5 Vrededal Hokke 1020.537; 6 G Horn 1009.884; 7 J Steenkamp 999.589; 8 F Meintjes & Seuns 978.849; 9 F Meintjes & Seuns 977.359; 10 F Meintjes & Seuns 975.561; Strydenburg Ope 1 J Steenkamp 1049.239; 2 Vrededal Hokke 1040.372; 3 Hayman Familie 1019.949; 4 Vrededal Hokke 1009.682; 5 G Horn 997.803; 6 Vrededal Hokke 986.813; 7 Vrededal Hokke 985.239; 8 F Meintjes & Seuns 980.712; 9 F Meintjes & Seuns 974.704; 10 C Basson 974.334; Moorreesburg Posduifklub Strydenburg JO 1 HMO Smit & Seun 1041.7381; 2 Yt en Tuis 958.8823; 3 Frikkie Bester 916.5449; 4 Yt en Tuis 904.9479; 5 Yt en Tuis 898.0350; 6 Frans Jooste 895.1741; 7 KB & Seun 868.4377; 8 HMO Smit & Seun 848.9035; 9 Frikkie Bester 836.6064; 10 Van der Vyfer Hokke 822.4279 Strydenburg Ope 1 Frikkie Bester 998.5302; 2 HMO Smit & Seun 997.2968; 3 Hennie Bester en Johan 987.2336; 4 KB & Seun 958.1150; 5 Hennie Bester en Johan 950.6597; 6 Steenekamp Lofts 946.0931; 7 HMO Smit & Seun 934.8009; 8 KB & Seun 875.1803; 9 HMO Smit & Seun 872.5371; 10 Boetie Baron Hokke 871.3038 Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - 05 Oktober : Enkel Stableford Sakkie Klasen 22; Frans Destroo 21; Herman Treurnicht 21; Robert Orchard 21; Johan Kotze 20 Vrydag Sundowner- 7 Oktober : Enkel Stableford Peter Willemse 19; Nic Goosen 18; Tiaan van Lill 18; Eben Lingeveldt snr 17; Freek Stander 17 Windhoek Lager International Pairs Qualifier Peter Willemse & Eben Lingeveldt jnr 49; Ronnie Shaw & Johan van der Merwe 48; Reinier van Wyk & Joniel Coetzee 47; Gerrus Jamneck & Pieter Tepper 46; Andre Ackerman & Wynand van der Merwe 46 Gholf : PORTERVILLE (70) Houespel B Hauptfleish 70, W van der Westhuizen 72. P Viljoen 74, G Bester 75, G Valentine 77, B Gildenhuys 77 MOORREESBURG (72) Vierbal-samespel J Joubert, A Kriel, M de Bruyn & Pr Grobbelaar 96; D Sass, C Boois, H Martiens & A Marcus 94; C Smit, J Smit, K Spangenberg & J Weil 92 Rugby Hawston 29(16) vs Wesbank 27(11) GEBEURE/EVENTS 2016 Sakemanne Rolbal Toernooi Malmesbury Rolbal Klub - Maandag 17 & 24 Oktober ; Woensdag 19 & 26 Oktober; Donderdag 20 & 27 Oktober 18H00-21H00. Finaal - Maandag 31 Oktober. R200.00 per span van 4 lede. 3 Wedstryde van 6 skofte elk. Enige sportdrag met plathak tekkies. Kontantkroeg en verversings deurlopend beskikbaar. Besighede/skole/kerke/sportklubs welkom. Skryf in per e-pos : drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com - Kontak besonderhede : Roux Vermeulen 0224821228 / 0834789616


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant bergrivier 12 okt 2016 391 by DieCourant - Issuu