c urant
Gratis • Free
Bergrivier
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
71.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
12 Oktober 2016
Uitgawe 391
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
tel: 022 487 3221
Skoolklok lui vir matrieks
Matrikulante regoor Suid-Afrika groet Vrydag vir oulaas die skoolbanke waaraan hulle oor die afgelope 12 jaar so gewoond geraak het. Die eindeksamen begin op 20 Oktober en die laaste vakke word op 28 November geskryf. Hierdie groep leerders van die Piketberg Hoërskool is baie opgewonde om die nuwe fase van hul lewe aan te pak. Bo is Louwrens Laing, Ané Nelson, Aerin Kotze, Schalk Mouton, Melanie Visser, Hugh Benson en Matthew Luyt.
•STREEKWENNER IN LANDBOU-KOMPETISIE
Koordom vat alle uitdagings vas
•Maggie Mouton Piket-Bo-Berg se Streekswenner van die gewilde Landbouwerker van die Jaar-kompetisie is verlede week te midde van groot opgewondenheid aangewys by die Stawelklip-saal op die berg. Die 2016-wenner is Hendrik Koordom (40), assistent-produksiebestuurder van Achtervleiboerdery. Volgens sy werkgewer, Deidre Eigelaar, boervrou van Achtervlei-plaas en aktiewe lid van die plaaslike Inwonersvereniging, is Hendrik destyds as jong werksoekende in diens geneem
toe hy by sy meisie op hulle plaas kom kuier het. Danksy deeglike mentorskap en opleiding in die hoë standaarde van die sagtevrugtebedryf, destyds onderneem deur hul produksiebestuurder Jacobus (Jackie) Diederiks wat vandag reeds afgetree is, is Hendrik vandag self ’n kenner op sy gebied. Hy is tans verantwoordelik vir 30 ha boorde in verskeie fases van produksie waar hy ook die Sotho-spanne bestuur en oplei. Danksy NQF-kursusse by die bekende Koue Bokkeveld- en Kaap-Agri-opleidingsentrums (lg. in Porterville gebaseer) het Hendrik hom nog verder bekwaam en die geleenthede wat
gebied is, met genot aangevat. Hy is ’n weldoener in sy distrik en nou betrokke by Piket-Bo-berg se jeugkomitee, sy kerk en die baie aktiewe Inwonersvereniging. Koordom het beïndruk met sy vurige motiveringsgerigte toespraak waarin hy medewerkers aangemoedig het om ’n duisend maal te probeer om te kom waar hulle wil wees in die lewe, sodat hulle, nes Thomas Edison met sy duisend pogings om ’n gloeilamp te skep, uiteindelik sukses kan behaal. “Ekself het ’n 100 maal probeer om te wen, en geweier om op te gee,” het hy onder luide toejuiging laat val.
NUUS • NEWS
12 Oktober 2016