Die courant berg 26 okt 2016 393

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

71.5%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

26 Oktober 2016

Uitgawe 393

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Tel: 022 487 3221

• LEWERING OP VAN 1200KL NA 1950KL PER DAG

R8.5mil vir meer water op Porterville

Bo: Die pyplyding wat aangepas is om meer water aan Porterville te voorsien. Te midde van streng waterbeperkings in die Wes-Kaap, asook landwyd, het die Bergrivier Munisipaliteit vindingryke metodes gevind om die lewering van water aan Porterville op te skerp. Dié munisipaliteit se uitdaging hier was die lewering van water uit die Winterhoekberge wat baie beperk was. Dit het weer op sy beurt toekomstige ontwikkelings op Porterville gestrem. Ná baie beplanning, het die munisipaliteit die probleem opgelos deur die lewering van die

waterbron te verhoog vanaf 1200 kiloliter per dag, na 1950 kiloliter per dag. "Ons kon dit doen deur die verdeling van die bron baie meer akkuraat te doen, deur die konstruksie van die verdeelkas, asook die bekamping van waterverliese deur die konstruksie van die pyplyn vanuit die berg tot by die verdeelkas en ook 'n pyplyn om die dam tot by Rood se sluis in die dorp," sê munisipale bestuurder, advokaat Hanlie Linde. Die koste van die projek was R8,5 miljoen en is oor twee finansiële jare afgehandel.

Die projek is reeds in totaliteit suksesvol afgehandel. "Ons bedank graag die publiek vir hul waardevolle insette en samewerking," sê Linde. "Bergrivier Munisipaliteit herinner graag die publiek van Bergrivier dat ons steeds voortgesette waterbeperkings in plek het. "Dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Kom ons spaar water, terwyl ons nog water het om te bespaar! "Enige navrae kan aan direkteur Hendrik Krohn by 022 913 6000 gerig word," aldus Linde.

VRL:

Piketberg Hoërskool het onlangs hul nuwe leiers vir 2017 aangewys. Agter: Bosmann Rossouw, Willem Wiggins, Nicki van der Westhuizen, Chris Lausberg,Henri van der Westhuizen, Hennie van Zyl, Chris Rheeder en Illanri van Rossum. Middel: Mia Smit, Zana Vorster, Anine de Jager, Wian Coetzee, Dewald van Deventer, Anke Schreuder, Anné Rheeder, Janke van Schalkwyk en Mivuyo Xakeka. Voor: Anika Smit, Jac Goosen (onderhoofseun), Harry Roux (hoofseun), Glenda Dietrich (hoofmeisie), Janet Stander (onderhoofmeisie) en PG Bruwer.

NUUS • NEWS

26 Oktober 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant berg 26 okt 2016 393 by DieCourant - Issuu