c urant
Gratis • Free
Bergrivier
Weskus se 1ste keuse
dié
1
21.5%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
25 Mei 2016
Uitgawe 371
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Mooistes: Hoërskool
Porterville het weer vanjaar sy mooistes gekroon. Fabrisca Frederiks (middel) is as Mej HSP aangewys, met Levhan Abrahams as Mnr HSP. Jolandie Burger (tweede van links) is as die eerste prinses gekroon met Danzil Frederiks (heel regs) as eerste prins. Gisela Nel (heel links) is as Mej Persoonlikheid gekroon met Ben Louwrens (middel voor) as Mnr Persoonlikheid.
• 34 MUNISIPALITEITE uit 9 lande BYEEN
BM in België oor afval Munisipale Bestuurder advokaat Hanlie Linde en Hendrik Krohn, direkteur van Tegniese Dienste van die Bergrivier Munisipaliteit is tans in België om 'n konferensie daar by te woon. Dié konferensie duur tot Vrydag in Vaalbeek. Vaalbeek is 17km vanaf Leuven. Die Bergrivier Munisipaliteit is in 'n stedeband met Gemeente Heist-op-den-Berg sedert 2014. As deel van hierdie ooreenkoms is die munisipaliteit en Heist se verteenwoordigers genooi om deel te wees van 34 munisipaliteit uit nege Thomas Peeters (Noord-Zuid Consulaat van Heist-op-den-Berg) en lande om aansoek te doen vir beHans Welters (munisipale bestuurder van Heist-o-d-B). Voor is Intjé van Kerckhoven Hoof van Noord Zuid Services, Hanlie Linde en Hen- fondsing vanaf die Federale Regering van België. drik Krohn by die konferensie.
Die nege lande is Suid-Afrika, Senekal, Benin, Bolivia, Equador, Guatemala, Marocco, Nicaragua, Peru en België. Op die konferensie word alles wat behandel en bespreek word, in Spaans, Frans en Engels vertaal, sodat almal teenwoordig kan verstaan. Die munisipaliteite van Suid-Afrika (Witzenberg, Nquthu in KwaZulu Natal en Bergrivier) moes 'n tema kies wat 'n groot impak op die gemeenskap sal maak, en dit verteenwoordig en het hulle op afvalbestuur ooreengekom. Vrydag sal die groep na Antwerpen reis om 'n internasionale konferensie oor volhoubare doelwitontwikkelings by te woon.
Kliniek skuif tydelik vir opgradering Die gemeenskap van Velddrif en omliggende gebiede - insluitend Noordhoek, Laaiplek, Dwarskersbos en Port Owen - kan uitsien na verbeterde gesondheidsdienste in die toekoms wanneer die opgradering van Velddrif Kliniek in Mei 2016 in aanvang sal neem. Om die opgradering te akkommodeer, verskuif die bestaande kliniek na ‘n tydelike perseel in Akasialaan 2, Velddrif. Die kliniek se gesondheidsdienste sal vanaf 23 -27 Mei 2016 gesluit wees en sal op Maan-
dag, 30 Mei 2016, weer by die tydelike perseel hervat word. Vir hierdie tydperk sal akute siektes en noodgesondheidsdienste by Vredenburg Hospitaal gelewer word. Die verskuiwing van dienste sal ook HealthNet pasiëntvervoerdienste beïnvloed. Die optelpunt vir pasiënte vir wie plek op die diens bespreek is, sal vanaf 23 – 27 Mei tydelik verskuif na Laaiplek SAPD-stasie op die hoek van Voortrekkerweg en Jamesonweg, Laaiplek. Die opgradering is geskeduleer om teen No-
vember 2016 voltooi te wees. Kliënte wat die kliniek besoek word gevra om geduldig te wees met die tydelike ongerief, aangesien die opgradering uiteindelik beter fasiliteite en ‘n beter ervaring van gesondheidsdienste tot gevolg sal hê. Pasiënte wat vir afsprake vanaf Maandag, 30 Mei 2016, geskeduleer is sal ingelig word van die nuwe perseel en adres en word gevra om hul vervoerreëlings hiervolgens aan te pas. Kontak die Bergrivier subdistrikskantoor by 022 913 1337 met navrae.
NUUS • NEWS
25 Mei 2016
2
NUUS • NEWS
25 Mei 2016
NUUS • NEWS 25 Mei 2016
3
4
NUUS • NEWS
25 Mei 2016
NUUS • NEWS 25 Mei 2016
5
6
NUUS • NEWS
25 Mei 2016
NUUS • NEWS 25 Mei 2016
7
NUUS • NEWS
8
Zebras trots op seges in FNB Classic Clashes
Nicol Visser van Piketberg gee die bal uit. Die eerste rugbyspan het Schoonspruit met 20-15 geklop. Regs gryp Hanri van Zyl na die bal in die eerste netbalspanne se kragmeting. Hier het Piketberg met 27-23 gewen.
25 Mei 2016
Die eerstespanne van die Hoërskool Piketberg het skoonskip gemaak in die FNB Classic Clashes teen die span van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury. John Stewe, skoolhoof van Schoonspruit, groet die rugbymanne voor die groot kragmeting.
Burdty Joubert klou vas aan die bal, terwyl hy grondtoe gebring word.
Die eerste netbalspan ontmoet Schoonspruit se skoolhoof voor die wedstryd.
Melissa Beck Spring hoog om die bal raak te vang.
NUUS • NEWS
9
25 Mei 2016
The Grey op Porterville Die klassiekegroep, The Grey, tree Saterdag om 19:00 in die NG Kerksaal op Porterville op. Kaartjies beloop R100 vir volwassenes en R50 vir skoliere. Bespreek jou plek by 084 583 4059 of koop jou kaartjies by die deur. Bring jou eie piekniekmandjie om die regte atmosfeer te skep!
VLV raak Hart en Hande:
VLV-Piketberg het die behoefte gesien aan ‘n groter mikrogolf vir Huis AJ Liebenberg, nadat die kleintjie onklaar geraak het. By die vorige vergadering het VLV-lede en gaste donasies vir die projek gegee en is die mikrogolf oorhandig aan Marie de Villiers, hoof, en Erika Gentle, huishoudelike bestuurder. Op die foto is Nicoline Brown, voorsitter, Alta Vos, Marie de Villiers, Mareza Smit, Dinette Lochner en Erika Gentle. Foto: Marietha Goosen
Netbal:
Jana Cronjé van die Hoërskool Porterville is gekies vir een van die drie O.15 Wes-Kaap-netbalspanne wat die komende Junie-vakansie van 26 tot 29 Junie in Boksburg aan die SASN “All Ages” netbaltoernooi gaan deelneem.
Staptog:
Die Piketberg Museum het die dorp gaan verken saam met spreker Dr. Pieter Bruwer, Hy het, saam met die ouer inwoners van Piketberg, baie interessante feite en staaltjies gedeel. Na afloop van die staptog, is daar heerlik saamgekuier in die Sinagoge.
Flink: Huis AJ hou die breine flink:
Lede uit die gemeenskap is verskeie dae op hulle pos om vrywillige dienste aan Huis AJLiebenberg te lewer. Op Donderdae word Rummikub gespeel. Regs is Margaret Smit, vrywilliger, speel hier saam met Dora Lucas, voor links, en hulle meet kragte teen Mariaan Viviers en Nelie Stevens, wat regs op die foto is. Links is kloksgewys van links voor is Breggie Ras, Carine Hougaard, vrywilliger, Marie de Villiers, hoof, en Bessie Visser. Foto’s: Marietha Goosen
Alex Monk 'n Graad 9-leerder by Stawelklip Primêr en woonagtig op Piket-bo-Berg, is oppad na Duitsland. Hy is een van 13 jeugdiges in Suid-Afrika wat deel uitmaak van hierdie geleentheid. Jeugdiges van Duitsland, Latvia, Vietnam, Hongarye, Kazakhstan, China, Kyrgyzstan is ook deel van die groep. Die doel van die besoek is om bande te kweek tussen jeugdiges, leier-eienskappe aan te kweek, om jeugdiges se visie te verbreed en om verantwoordelikheid vir hul omgewing aan te aanvaar. Riëtte Bryant (Kruistementvlei plaas) het Alex, wat ook lid is van die G2G jeuggroep op die plaas, met die toestemming van die ander jeugmaats, ingeskryf vir hierdie geleentheid. Die groep vertrek 7 Julie en sal tot 19 Julie 2016 in Duitsland wees. Hy is verantwoordelik vir sy eie vliegtuigkaartjie en sakgeld wat altesaam R15 000 beloop.
10
NUUS • NEWS
25 Mei 2016
NUUS • NEWS 25 Mei 2016
11
courant
dié
12
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
25 Mei 2016
SPORT
25 Mei 2016
Sportuitslae Sports results Rugby Malmesbury Rugbyklub BlouesA 25 Villagers Newton A14 BlouesB 6 Villagers Newton B 45
Riebeek United A-span Riebeek United 29-10 Dennegeur B-Span Riebeek United 20-5 Dennegeur Groot uitdaagkompetisie Swartweskus : Saldanha 33, Wesbank 18; Piketberg 31, Vredenburg 31; Darling 37, Never Despair 27; St Helenabaai 30, Mamre 20; Hopefield 27, Moorreesburg 16; AbBottsdale 29, Velddrif 10. Fietsry Malmesbury Fietsryklub Amarider 100miler: Kobus Duminy - 08:58:15
Ope:
Die Porterville Gholfklub het gasheer gespeel vir die jaarlikse Porterville Ope. Die uitslae was soos volg: P de Villiers 135, F van der Merwe 138, H O'Kennedy 141, W Olivier 141, LB Boshoff 142, K THomas 143, A Zaayman 144, K Africa 145 en T Davidowitz 145
50miler: Emile Boshoff- 3:27:00 Kobus Drotschie- 3:51:00 Manus Bester- 04:03:02 Reinhardt Visser – 04:21:07 Gert Claassen- 4:38:00
• DARLING VERRAS MET SEGE OOR SPAIRS
Kookwater-rugby opgedis Klubrugby-liefhebbers in die Swartland streek is in vir 'n fynproewersdis hierdie Saterdag wanneer van die streek se top-spanne mekaar die stryd aansê in wat beskou word as 'n maak of breek naweek in die Swartwes afdeling van die Groot Uitdaagbeker. Darling wat tans week na week kookwater rugby opdis reis na Hopefield wat self hoog vlieg na 'n goeie oorwinning oor Moorreesburg. Darling het die naweek vir groot opskudding veroorsaak toe hulle die span van Never Despair met 37 teenoor 27 geklop het. Hopefield op sy tuisveld sal alles gee om n oorwinning te behaal teenoor Darling, maar hulle weet dat dit nie maklik gaan wees met Darling wie se sterk pak voorspelers grootliks verantwoordelik is vir hul opmars na die 2de plek op die ranglys. Daar is groot twyfel of Hopefield die slaankrag voor het om Darling te troef of selfs 'n skrik op die lyf te kan jaag. Hopefield sal mededingend wees in die eerste helfte van die wedstryd maar Darling behoort te veel van n uitdaging te wees en behoort gemaklik met Hopefield klaar te speel.
Abbotsdale wat tans baie wisselvallig maar ook baie onvoorspelbaar is, speel gasheer vir Wesbank. Die span van Denna Koopman lyk vir die eerste keer in jare kwesbaar en hierdie is Abbotsdale se beste kans nog om n sege oor Wesbank te behaal. Wesbank spog egter met 'n paar nuwe jong spelers propvol talent wat week na week wys dat hulle gereed is vir hierdie vlak van rugby. Abbotsdale behoort 'n baie taai opponent te wees met sy tuisveldvoordeel maar Wesbank behoort naelskraap die kragmeting te wen. In Malmesbury speel Never Despair tuis teen Moorreesburg. Na 'n goeie begin die seisoen vir Never Despairs het hulle vorm effe begin daal met drie agtereenvolgende nederlae. Hierdie nederlae was egter teen die top drie spanne en sal die Span van Hilton Adonis hierdie naweek wil opmaak daarvoor. Ontnugtering is seker al woord wat die span van Moorreesburg se seisoen kan beskryf. Die span van Moorreesburg toon verbetering met enkelinge wat week na week te midde van chaos bly presteer.
Moorreesburg sal egter hul seisoen wil omkeer en sal met alle eer uit die wedstryd wil stap. Never Despair inteendeel sal hulle eie rug van die string nederlae wil breek met 'n oorwinning. Die wedstryd behoort ook weereens naelskraap te wees met tuisvoordeel wat n groot rol sal speel. Moorreesburg kan egter vir n groot opskudding sorg. Piketberg wat steeds sonder 'n oorwinning steier heel onder op die ranglys kan hulself regmaak vir relegasie alvorens hulle nie gou hul seisoen regruk nie. Dinge raak egter nie makliker vir die span van Mannetjies Du Plessis nie met n weg wedstryd teen St Helenabaai wat hul seisoen verder in n nagmerrie kan laat verander. Piketberg speel egter week na week baie beter en het verlede naweek gelykop met Vredenburg gespeel. Piketberg, met sy jong span behoort egter te sukkel om die oorhand te kry oor kalante wat dit reeds jare vir St Helenabaai doen. St Helenabaai met sy tuisvoordeel behoort te veel skietgoed vir Piketberg te hê en behoort die wedstryd gemaklik te wen. - Abri Adonis
Gholf MALMESBURY (72) Samespel-houespel: P. Basson en P.Basson jr. 61, J. de Beer en N. Smith 64, G. Bester en L.Buhr 66, F.Botha en N. Smit 66, Q. Welman en N. Fourie 67, L Carstens en F.De Beer 67, W. Matthysen en E. Matthysen 67 MOORREESBURG (72) Houespel : M. Carr 65, A.Kriel 68, S. Fourie 72, A. Theron 74, P. Joubert 74, J. Nieuwoudt 75 PORTERVILLE (70) Sanlam-kankerdag: Enkel-stableford: Afd. A: M. van der Merwe 39, J. Lourens 38, A. van der Merwe 34. Afd. B: D. JosePhus 40, D. Gous 39; J. Hoffman 38. Afd. C: C.C. van der Merwe 33, C. Farao 33 , W. la Cock 24. Vroue: R. van der Merwe 37, L. Vlok 38.