c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
?%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
9 Maart 2016
Bergrivier
swartland en weskus Swartland
dié
1
Uitgawe 360
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Marais open Astro
Ná jare se harde werk, fyn beplanning, naelbyt-onderhandelinge en fondsinsamelings is die Hoërskool Swartland op Malmesbury se astro-hokkieveld Saterdag geopen. Dié veld, wat sowat R6 miljoen sal kos om te vervang, is die eerste van sy soort in die hele Weskus-streek. Regs: Die Wes-Kaap se minister van Sport en Kultuursake, Anroux Marais (middel), het die veld geopen met 'n die knip van die lint waarna sy simbolies die eerste doel geskiet het. By Marais is die Swartland Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, en skoolhoof Dirk Marais. Sien berig en foto's op bladsye 7-9. Hooffoto: Bertie Brits
•dept wil volhoubare bestuur toepas
Waterbronne bekyk Die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) is besig met ‘n landwye opname oor water gebruik. “Ons het akkurate en betroubare inligting nodig om waterbronne volhoubaar te bestuur,” het Ashia Petersen, die waarnemende hoofbestuurder van die Berg/Olifants-opvangsgebied gister op Moorreesburg gesê. Sy sê die proses raak landbou- en munisipale rolspelers. “Dit is ‘n vennootskap en het verantwoordelike water gebruik ten doel. Almal sal hierby baat.” Die Departement beoog om groter gelykheid te bewerkstellig in die toegang tot die ekonomiese voordeel van watergebruik. Die projek sal allereers die omvang van bestaande wettige watergebruik bepaal. “Met die huidige water-uitdagings wat die land in die gesig staar, is dit belangrik om wa-
tergebruikers te bepaal en te verifieer dat water gebruik word volgens die lisensie-voorwaardes. Daar sal ook dan bepaal word hoeveel bykomende water beskikbaar is vir nuwe gebruikers. Die projek sal oor 'n jaar strek en in dié tyd sal die Departement munisipaliteite, plase en ander nywerhede besoek. Die volume van water wat deur die bestaande gebruikers geregistreer is, sal nagegaan word, asook die wettigheid onder vorige wetgewing. Verifikasie sal ook help om die onwettige gebruik van water uit te skakel en moontlik nuwe waterbronne vir nuwe wateraansoekers beskikbaar stel. "Die bestuur van waterbronne sal verbeter sodra die proses voltooi is." Sy het verduidelik dat die Berg/Olifants waterbestuursarea die gevolg is van die samesmelting van die voormalige Berg-bestuursarea en die Olifants/Doorn-area. Die nuwe bestuursarea word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die
suidweste, die Oranje-bestuursarea in die noorde en ooste en die Breede/Gouritz-area in die suide. Die grootste gedeelte val in die Westelike Provinsie, met die noord-oostelike stukkie wat in die Noord-Kaap val. Volgens die Wet op Water (1998) word die land in nege bestuursareas verdeel. Hulle is verantwoordelik vir die bestuur van waterbronne op grondvlak (in die opvangsgebiede). Landbouers sal voor die einde van Mei 'n brief ontvang waarin hul huidige watergebruik, volgens die Departement se inligting, aangedui word. Hierna volg 'n proses waar watergebruik (besproeiing, damme, boorgate) nagegaan sal word. Die aanvanklike inligting wat gebruik gaan word, dateer uit die laat negentigerjare. Daar sal 'n proses van gesprekvoering met die Departement wees, waarna 'n finale brief sal volg. Die Departement kan geskakel word by 021 941 6100.
NUUS • NEWS
9 Maart 2016
NUUS • NEWS
courant
9 Maart 2016
dié
2
Balans is 'n fyn kuns om te bemeester
Balans, balans, balans. Ja, die soort wat jou regop hou, want wat sal nou gebeur as jy dalk sommer net so omval? Dan is ander weer van balans af soos hulle dalk giggel. Balans in jou alledaagse lewe is belangrik, sodat jou bestaan nie van koers af gaan nie. Opvoeding, opleiding, werk, kinders, gesin, sport, vrye tyd, ontspan... Alles vorm deel van ons en wie ons is, maar as dit na die eenkant oorhel, is daar fout. Dan is daar 'n tekort by 'n ander afdeling en sal ons ietwat ongebalanseerd wees. So ook in ons kinders se lewens. Akademie is belangrik. Sport is belangrik. Jou kind se ontwikkeling van sy eie persoonlikheid is belangrik. Alles wat 'n kind 'n kind maak is belangrik. Daarom is dit belangrik dat ons as ouers dit moet dophou en bestuur. Hulle kan nie heeldag agter die boeke sit nie, want dan skort iets. Hulle kan nie heeldag op 'n sportveld deurbring nie, want dan word iets anders weer afgeskeep. Baie jong hokkiespelers sal nou graag die nuwe Astro-hokkieveld wil uittoets en sal ure hier spandeer... Sorg net dat die huiswerk op datum is!
It's Good News
Dr Mark Blackwell Snr
Have you read a good book lately? There was a time when many people referred to the Bible as “the Good Book.” Have you ever wondered or questioned what value the Bible could have for you? Do you think your friends believe that the Old and New Testament really makes a difference in their lives? Could a simple understanding of the Bible still have a positive impact on your children or your grandchildren since we are living in the 21st Century ….with its own rather “unique” way of thinking? Thanks to my parents and a Bible preaching and teaching church, my childhood was filled with the exciting accounts of Holy Scripture! As a teenager my readings from the Bible kept my imagination filled with the inner hope of a God who truly cared for me. Reading the Bible daily convinced me that God wanted to communicate with me. God’s Word convinced me that God did not want me to be defeated by sin! The hopefulness of this message has been truly invaluable -throughout my life! The Old Testament is the first instalment of God sharing His own personal self-revelation - an amazing “get to know me better” book. The only true God introduces Himself as personally active - rather than distant or unconcerned! Through the Bible’s retelling of key life stories I could better understand God, myself (and others, as well.) I learned about the seriousness of being stubborn and making unnecessary errors of judgment. Happily, I also could learn the value of making good decisions in life. The Old Testament approaches this “get to know me better” message about God by using special biographical stories of His love for people like Adam & Eve, Job, Abraham, Moses, Joshua and Kings like David too. God also explains his “ever-present” involvement in the nations of the world - such as stories of Canaan, Babylon, Persia, Assyria and Greece unfolding all around Israel. By focusing our thoughts around the families, tribes, and nations that God shares with us we can be encouraged to follow in the 'pathway' of HOPE in Christ Jesus the Lord. Have you read “the Good Book” today?
Swem:
By Hoërskool Dirkie Uys se kleure-swemgala was (v.l.n.r.) Annoushka Truter die Junior Victrix Ludorum, Marike Bester die Senior Victrix Ludorum, Hardus Dippenaar die Senior Victor Ludorum en Déan van Dyk die Junior Victor Ludorum.
Manne hou Daniël-konferensie Die NG-gemeente Swartland-Noord op Malmesbury bied die naweek van 8 tot10 April ´n interkerklike Daniëlmannekonferensie aan by die kerk in Bergzichtstraat. Die program word in samewerking met die NG-gemeente Moreletapark van Pretoria aangebied. Die sprekers is Braam Grobbelaar van Moreletapark en Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA. Die tema van die naweek is ‘Man by ´n kruispad’. Die program begin Vrydagaand 8 April om 18:00 en hou aan tot 22:00. Die Saterdag is die program van 08:00 en eindig om 16:00. Vrydagaand en Saterdagmiddag sal etes voorsien word.
Die program sluit die Sondagoggend met Braam Grobbelaar wat die oggenddiens by die Noord-gemeente lei. “Ons beskou die konferensie nie net as ‘n Malmesbury-saak nie,” het ds Jan Steyn gesê. “Ons wil dit graag aanbied ter wille van die hele Swartland- en Weskus-streek. “Ons gaan met mekaar praat oor vergifnis, oor ons land wat by hierdie kruispad gekom het, oor ons verhouding met ons gesinne en hoe om as God se verteenwoordigers te leef en voor te loop in ons gemeentes en gemeenskappe. “Ons gaan verhoudings bou en saam groei. Jy gaan uitvind jy staan nie alleen in terme van baie dinge waar jy miskien
hierdie ervaring gehad het nie. Miskien is jy moedeloos oor jou hantering van jou gesin of huwelik of is jou besigheid of boerdery iets wat maar swaar op jou hart lê. Dan is hierdie naweek vir jou.” Inskrywingsvorms is beskikbaar by NG Noord se kerkkantoor of skakel 022 482 1407 vir ‘n inskrywingsvorm en program. Jy kan ook die inskrywingsvorm en program aflaai en meer inligting kry op die kerk se webblad by www.ngswartlandnoord.co.za. Volg net die link na Daniël-konferensie. Inskrywingsgeld vir die naweek beloop R150. Jy kan die kerkkantoor by bogenoemde nommer of vir Jan Steyn by 082 872 4314 of Koot Claassen by 082 524 9001 skakel vir meer inligting.
Chadrick se goue stem
Chadrick Fortuin van Piketberg - die jongman met die goue stem, soos die mense hom noem. Maar dit was ampertjies of hy het sangdrome vaarwel toegeroep. Hy het op sewe jaar begin sing. Aan die begin was hy baie vals en kon nooit noot hou nie: "Die klawerbord- of kitaarspelers het altyd gesukkel om my te laat hou," lag hy vandag. Hy vertel van die dag dat hy saam met sy ma en hulle ler na 'n saamtrek op Oudtshoorn is. "Die Sondagoggend het ek ‘n lied gaan sing en dit was baie vals, maar ek het bly glo ek kan sing. "Toe stuur die Here een van die leierbroers, Broer Fred Bezuidenhoudt van Ravensmead na my toe. Hy het my gevra of ek glo dat ek mooi kan sing en ek het gesê 'ja'. "Hy het dieselfde vraag aan my ma gevra en sy het ook 'ja' geantwoord. Hy het my die hande opgelê en op pad terug huistoe in die bakkie het daar 'n lied van Bella Adonis gespeel, As jy net glo." Hier het alles vir hom verander: Chadrick het begin saamsing hy het nooit weer vals of van die noot af gesing nie. In 2013 het hy sy eie gospel-konsert gehou saam met Piketberg se grootste orkes, Shekinah Gospel.
Vir twee jaar het die skaam jongman gewag voordat hy verlede jaar, op 18 Julie, weer op die verhoog geklim het. Dit was in die AME-kerk en ’ n groot sukses. Op die oomblik sing en bedien hy in die kerk waar hy groot geword het, die Edom Pinksterkerk. "My begeerte is om 'n CD te maak ek het al n paar kwotasies aangevra by musiekateljees. Ek kan dit nie nou bekostig nie, maar ek weet met die hulp van die Here is enigiets moontlik. "Ek glo iemand sal my hand neem en my help om my droom te bewaarheid." Laastens het Chadrick 'n boodskap vir jongmense: "Jou talent is vir jou gegee, glo daarin en die wêreld sal vir jou plek maak."
HSS kies nuwe lede vir beheerliggaam Die Hoërskool Swartland op Malmesbury moet drie nuwe lede tot die beheerliggaam verkies. Dié verkiesing is by ‘n vorige geleentheid uitgestel, weens die afwesigheid van ‘n
kworum. Vanaand om 18:00 word daar weer in die Oloksaal vergader om dié drie vakatures te vul. Kontak die skool by 022 482 1696 met enige navrae.
Wenners na "Ds Tienie Benade"
Die wenners van die dubbelkaartjies na Frank Opperman se vertoning as "Ds Tienie Benade" in die NG Noord Gemeente op Malmesbury is: Gloudina Yslie van Porterville, Dottie Boltney van Moorreesburg, Jaco Buitendag van Malmesbury en Colleen Neethling van Malmesbury. Baie geluk!
NUUS • NEWS
3
9 Maart 2016
Musiek verposing: Dit is weer tyd vir die Kalmoesfontein-musiekfees. Die jaarlikse Paardeberg
Musiekaan op die pragplaas van Adi en Cornelia Badenhorst op Woensdag 16 Maart. Die hekke open om 18:00 en die konsert begin om 19:00. Adi se legendariese is te koop, asook kos van Southern Smoke; koeldrank sal ook beskikbaar wees. Geniet ‘n rustige aand saam met familie en vriende terwyl talentvolle, plaaslike musikante jou vermaak. Kaartjies is R80 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 14 by Cora du Toit, 022 48 72142 of cpmkantoor@telkomsa.net Vir padaanwysings, kyk op www.aabadenhorst.com. Die musikante is (agter): Hanneline Mostert, Sunette Botha, Sunet de Jongh, Carolie Strydom (viool), Carina Zöllner, Karin Steyl, Bianca Turner (fluit) en Frans Treurnicht (kitaar). Voor: Dorothy de Klerk (fluit) en Anna-Marí van Staden (klawerbord).
•'almal moet kan lees'
Sooi gespit vir nuwe Abbotsdale-bibioteek Biblioteke speel ‘n belangrike rol in opvoeding en selfontwikkeling. Só het raadsheer Tijmen van Essen, die burgemeester van Swartland, by die sooispit-seremonie van die Abbotsdale biblioteek gesê. Dit is die negende biblioteek in die Swartland en die deure behoort teen Januarie 2017 oopgestel te word. “Hoewel biblioteke nie ‘n funksie van plaaslike owerhede is nie, kan ons as die munisipale stadvaders nie wegkyk as daar ‘n behoefte is nie. “Biblioteke is ons toekoms.” Die burgemeester het afgesluit deur te sê dat hulle die gemeenskap wil betrek om eienaarskap van die gebou te aanvaar. Hiervoor gaan hulle ‘n kinderkunskompetisie hou waar die beste inskrywings in ‘n mosaïek vir die ingangsportaal vasgevang sal word. Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het die projek voorgehou as voorbeeld dat Swartland fondse goed en reg kan bestee. “Ons is altyd gereeld vir fiskale meevallertjies: Ons het planne wat gereed is vir implimentering. “U kan verseker wees dat ons omsigtig en oordeelkundig met ons finansies omgaan.” Die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, was byderhand vir die sooispit-geleentheid. Sy het Carl Rowan aangehaal, “ Die biblioteek is die tempel van leer en leer het meer mense vry gemaak as al die oorloë in geskiedenis. Die Minister het gesê dit is om hierdie rede dat biblioteekdienste ‘n belangrike deel van die Departement van Kultuursake en Sport se uitreik om biblioteke in te skakel en deel te maak van onderwys. “Daar is 361 biblioteke wat op die oomblik by
Sooispit: Hier is Ilse Loock (Swartland Munisipaliteit), Pieter Hugo (provinsiale biblioteekdienste), Aubrey Sedeman (wyksraadslid), onderburgemeester Maude Goliath, Minister Anroux Marais en burgemeester Tijmen van Essen. die provinsiale biblioteekdiens geaffilieer is en dié getal bly groei.” Sy het die gemeenskap aangemoedig om hul persoonlike stories bymekaar te maak om met andere te deel as deel van die Departement se Storievertel-projek. “Hierdie inisiatief is onlangs op Piketberg begin en sal binnekort ook op Abbotsdale wees. “Ek het net die mees gesofistikeerde drome en verwagtinge vir hierdie biblioteek en ek is seker die gemeenskap deel my sentiment. “Ek glo dit gaan ‘n vergadersentrum word waar maatskaplike insluiting voorop gestel gaan word. “Onthou, biblioteke stoor die energie wat die verbeelding laat vlam vat. "Hulle maak vir ons vensters na die wêreld oop en inspireer ons om te verken, te presteer en by te dra tot die verbetering van ons lewensgehalte. Biblioteke verander lewens ten goede.”
NUUS • NEWS
4
9 Maart 2016
Atlete sweet in Swartland-wedloop
Marathon:
Atlete het Saterdag op Moorreesburg saamgekom om deel te neem aan die jaarlikse Swartland halfmarathon. Die atlete van die Swartland Atletiekklub het hul staal gewys en goed in die onderskeie afdelings presteer. Foto’s: Ghida Visser
Kraak kubermisdaad
Kubermisdaad is besig om ‘n al groter gevaar te word, ook op die platteland. Kom ons kyk gou na enkele statistieke rakende kubermisdaad. Kubermisdaad is groter as die gekombineerde swartmark van marijuana, kokaïne én heroïne. As dit ‘n land was, sou kubermisdaad die 27ste grootste land in terme van sy BBP gewees het. Daar word bereken dat Suid-Afrika se verliese weens kubermisdaad in 2014 ±R5,8 miljard was. Kubermisdaad is lankal nie meer slegs beperk tot die ingaan op jou bankrekening en die steel van geld nie. Kubermisdaad is die ongemagtigde toegang tot, intervensie van en vervalsing van data. Ondernemings ly nie net groot verliese as gevolg hiervan nie, maar kan die skade wat dit hul beeld kan doen, ondernemings se deure sluit. Enigeen is ‘n teiken van hierdie misdadigers, dit maak nie saak hoe groot of hoe klein jou onderneming is nie. Die eksponensiële groei in die gebruik van mobiele kommunikasies toestelle, het bygedra daartoe dat dit nou nog makliker is vir die skurke om hul werk te doen. Alhoewel data een van ondernemings se belangrikste bates is, word die verlies daarvan nie gedek deur ‘n standaard korttermynverseke-
ringspolis nie. Net so dek die standaard-polisse ook nie rekenaarstelsels se sg. “downtime” én die verliese wat daarmee gepaardgaan nie. Daar moet bykomende dekking hiervoor uitgeneem word. U word dus aanbeveel om by u korttermynversekering adviseur seker te maak of u polis wel dekking het teen kubermisdaad.
Waterbeperkings en swembaddens Die huidige waterbeperkings kan veroorsaak dat swembaddens se watervlakke sodanig kan daal dat die wande van die swembaddens kan kraak. Skade aan eiendom as gevolg van droogte toestande is normaalweg nie gedek nie, aangesien “droogte” nie as ‘n sogenaamde “versekerbare gevaar” beskou word nie. Swembad-eienaars word dus aanbeveel om van tyd tot tyd water aan te koop, ten einde te verhoed dat hul swembaddens se watervlakke te laag daal. (Opgestel deur Philip Faure, besturende direkteur van RSA Agri Makelaars)
Sakekamer vergader Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag 15 Maart by die Hoërskool Swartland op Malmesbury se OLOK-saal. Die jaarlikse bespreking van die RSA Begroting soos deur die Minister van Finansies word bespreek. Die spreker vir die aand is Chris de Ja-
ger van De Jager en Boshoff. Swartland Munisipaliteit sal ook oor die huidige stand van die waterkrisis in die area gesels en meer lig werp op die heffingsmaatreëls op waterverbruik. Kaartjies beloop R100 per persoon vir lede en R140 per persoon vir nie-lede en sluit ‘n ligte ete in.
NUUS • NEWS
5
9 Maart 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
EVERYDAY
Selected products on this page have been styled for photography
SAV E R 58
ESSENTIALS
PnP Bu Bon lk Stew e in ing Per Beef kg
FOR LESS THIS EASTER
48
R
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 1.5kg
34
R
FRESH
PnP Fresh Chicken Thighs, Wings or Drumsticks Per kg
44
R
PnP Frozen Baby Hake Per kg
BUY ANY 2 FOR
38
90
Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each
49
90
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
15
90
53
90
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
1kg
Jacobs Krönung Regular or Mild Coffee 200g (Excluding Decaf) Each
BUY 2 FOR
77
90
46
Kellogg’s All-Bran Flakes 1kg
90
9
90
E V A S R 26
tre 2 Li
BUY ANY 3 FOR Simba Potato Chips Assorted 125g
Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 10s
35
90
Omo Auto Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Each
PRICES VALID 10 - 13 MARCH 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Liquor not for sale on Sundays. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
26
42
170
R
Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case
Jack Daniel’s Tennessee Whiskey 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
R
90
SAVE R29
205
R
ular Reg a l o a-C Coc
1503255_38 X 264
PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g
Get Double Points
ALL EASTER EGGS ON BRAND MATCH Ts and Cs apply. Visit www.picknpay.co.za
EITHER WE’RE CHEAPER OR YOU GET A COUPON.
Checking other supermarkets’ prices.
Best Customer 2013 Including specials. Loyalty Programme 2014 Terms and conditions apply, three years in a row 2015 see picknpay.co.za/brandmatch for more.
6
NUUS • NEWS
9 Maart 2016
Skeer en kleur: Hierdie “Plofstof”-lede van die Hoërskool Piketberg het onlangs
geld geïn met die spuit en skeer van hare vir Kansa in ‘n Shavathon by die Boland Super Spar. Hier is Liana Prins, Ané Nelson, Matthew Luyt, Aerin Kotzé, Werner Taljaard, Melanie Basson, Louwrens Laing, Letjé Burger, Carla O’Connel, Celeste du Toit, Natasha Botha en Soné Coetzer.
Sinethemba:
Talita Edas (middel) het onlangs afgetree ná 14 jaar diens by Sinethemba op Malmesbury. Sy het aanvanklik die tuisversorgingsdiens se administrasie gedoen en die afgelope drie jaar was sy 'n projekbestuurder. Hier sit sy omring deur gesondheidswerkers en ander personeel (links).
NUUS • NEWS
7
9 Maart 2016
Swartland Astro is bate om op trots te wees - Van Essen Ná die opening Saterdag op Malmesbury van die Hoërskool Swartland se nuutgeboude Astro-hokkieveld, het die skool se twee eerste hokkiespanne teen Charlie Hofmeyr van Ceres meegeding waarna gekombineerde spanne van huidige en oud-leerlinge kragte gemeet het. Die eerste seunshokkiespan was (agter) Tiaan Steyn (afrigter), Gerrit Calitz, John Turner, Thomas Howard, Wayne Phillips (mede-afrigter), Fabian de Wet en Marcus Engelbrecht. In die middel is Tienie Bester, Stefan Hamman, Nicol van Schalkwyk, Willy-John Kriel, Pierre Rossouw, Beyers Strydom en JD Bester Voor sit Gary-John Walsh, Regardt van Staden en Jacques van Zyl. Regs: Regs is munisipale bestuurder en een van die meesterbreins agter die Astro-hokkieveld, Joggie Scholtz, saam met Reinhardt Visser (Landstaal, borg) en burgemeester Tijmen van Essen.
Scholtz, Van Staden praat oor Astro se uitdagings Die nuwe Astro-hokkieveld van die Hoërskool Swartland is Saterdag met swier én pret ingewy. Die Wes-Kaapse Minister van Sport en Kultuursake, Anroux Marais, het die opening behartig. “Die idee van hierdie hokkieveld het reeds in 2011 ontstaan en is ’n volmaakte voorbeeld van die Wes-Kaapse regering se slagspreuk: Beter Tesame,” het sy gesê. "Die Wes-Kaapse regering streef daarna om geleenthede vir jeugontwikkeling te verbeter, welstand te verhoog en maatskaplike euwels aan te spreek. Ek is vas oortuig dat hierdie fasiliteit die volgende geslag Suid-Afrikaanse hokkiesterre gaan slyp." Marais het gesê die fasiliteit behoort "nie aan die Wes-Kaapse Regering of die munisipaliteit nie, maar aan die gemeenskap van Swartland.” George Sabbagha, voormalige hokkie-afrigter by die skool, was een van die mense wat die droom van ‘n Astro jare lank gekoester het. Twee ander meesterbreins agter die projek was Joggie Scholtz en Gert van Staden. Scholtz het aan dié courant vertel dat hy en Van Staden dieselfde visie as Sabbagha gehad het - om ‘n Astro-fasiliteit te skep vir die groter Swartland, asook die Weskus. “Die rasionaal van die skep van fasiliteite vir die platteland is om die wegstuur van top-leerders na plekke soos Paarl, Stellenbosch en Kaapstad te verhoed of ten minste te beperk. As ouers hulle kinders na gemelde dorpe se skole stuur, lei dit tot die verlies van ekonomiese inkomste. “Ek en Gert het met die inisiatief begin nadat Louise Coetzee en George ongeveer R15 000 ingesamel het. Ons het besef dat ons innoverend sal moet wees om ook eksterne ondersteuning te kry. “Daar is by hokkieproewe teen Swartland se hokkiespelers gediskrimineer omdat hulle as grasbaanspelers geëtiketteer is. Ouers het dan oorweeg om talentvolle kinders weg te stuur. “Die basis van vertrek was SASKOK se besluit in November 2011 ingevolge waarvan die boublokke vir die indeling van streke die regsgebiede van die distriksmunisipaliteite was. In die Weskus was daar geen Astro-fasiliteit nie en was deel van die soeke na eksterne fondse ‘n pro-aktiewe benadering om met ons fasiliteit die hoofsentrum in die Swartland te vestig. “Ek het onderneem om, in my hoedanigheid as destydse voorsitter van die skool se beheerliggaam, fondse te soek. Waar ek ookal gegaan het, het ek telkens my belange verklaar en ook gemeld in watter hoedanigheid ek optree. “Die ander sporte wat vanuit ‘n munisipale
oogpunt in die Swartland gehuisves kan word ingevolge die SASKOK besluit, is: Netbal en atletiek op Moorreesburg; Rugby, swem en hokkie op Malmesbury en Tennis op sowel Malmesbury as Moorreesburg. “Die werksverdeling tussen my en Gert was dat ek sal poog om die fondse te soek vir die ‘harde’ (siviele) werke, terwyl Gert onderneem het om planne te maak vir die mat, oftewel die profiel, die skok-onderveld en die nette. “Ons het werklik baie struikelblokke gehad om te oorkom. “ Hy vertel van BTW wat afgetrek moes word van die oorbetaling: “Oorregulering van die invoer van die tweedehandse mat het gemaak dat ons innoverende, maar wettige maniere moes kry om die mat in SA te kry, aangesien HSS se reputasie op die spel was. "Ons kan met vrymoedigheid noem dat die struikelblokke die hoogtepunte oorskry het. Ongelukkig is ‘n hoofstuk hiervan in bloed geskryf en was daar selfs 'n paar rondes in die hof. “Langs die pad was daar ook teleurstellings en mense wat ondersteuning beloof het en nooit gerealiseer het nie. "Daar was selfs diegene wat oënskynlik die projek probeer kaap het. “Die grootste voordeel - wat waarskynlik as die hoogtepunt beskou kan word, - is die feit dat ons (ek en Gert) onderskat was en bykans geen kans op sukses gegee is nie. "Hierdie onderskatting was ons grootste bate.” Van Staden het aan dié courant vertel dat hy in 2010 by die projek betrokke geraak het. “Ek het in Februarie 2010 as voorsitter van die Astro-hokkiekomitee die beheerliggaam van die skool gaan sien met 'n versoek dat ons fondse kon insamel en so 'n projek kon begin. "Die besluit was positief, maar met 'n voorwaarde: Dat geen fondse van borge van die skool en of potensiële borge van die skool op die dorp genader mag word nie. “Dit het die hele oefening 'n bietjie moeiliker gemaak. Struikelblokke was legio. “Finansies is seker in só 'n projek die eerste en grootste, maar vir my persoonlik was negatiwiteit die grootste en moeilikste om te oorkom. "Ek kan altyd nog 'n plan uitdink om 'n probleem op te los, maar negatiwiteit dreineer 'n mens. “Elke fase van voltooiing was natuurlik 'n hoogtepunt, maar persoonlik is die entoesiasme van die kinders elke keer as hulle op die baan gaan - en natuurlik die dankbaarheid wat hulle sonder pretensie uitspreek, die hoogtepunt.”
Die eerste meisiespan met afrigter Jesika Steyn (middel agter) is agter Rése Neethling, Inalize du Plooy, Anri Joubert, Elouise Coetzee, Carla Symington, Anel Basson, Carla Steyn, en Reinette Snyman. Voor sit Lize Roux, Nazreen Skippers, Rene Dippenaar en Lené Esterhuizen,
'Veld vergelyk met die beste ter wêreld' Die nuwe Astro-hokkieveld is 'n besondere bate om op trots twee wees. Só gesels die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen. "Nie net is dit die eerste Astro van die hele
Weskus nie, maar dit is 'n veld van wêreldgehalte wat met die bestes vergelyk. "Nou het ons 'n fasiliteit om hokkiespelers op te lei en is dit nie meer nodig dat ons hulle verloor na ander skole nie," het hy bygevoeg.
Drie van die grootste ondersteuners en dryfvere agter die Swartland Astro-hokkieveld, Pieter Strydom, Gert van Staden en Joggie Scholtz het 'n glasie geklink op die voltooiing van die baan.
Jan Stols van Artificial Grass het die mat gelê.
NUUS • NEWS
8
Kinders se dankbaarheid is hoogtepunt - Van Staden
Die opening van die Swartland Astro-hokkieveld het Saterdag begin met 'n gratis hokkieafrigtingskliniek vir spelers van heelparty skole. Die afrigter van Hoërskool Swartland se eerste meisiehokkiespan, Jessika Steyn, maak hier van die jong spelers touwys.
9 Maart 2016
Bo: Tientalle jong hokkiespelers het die Saterdag die kliniek bygewoon. Die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, het gesê sy weet heelparty sterre van die toekoms gaan op die Swartland Astro-veld geslyp word.
Links: Die munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit, Joggie Scholtz, gesels met die hoofdirekteur van Sport en Ontspanning, advokaat Lyndon Bouah.
Bo: Inalise du Plooy (regs) van die Hoërskool Swartland se eerste meisiehokkiespan kompeteer om besit teen een van die Charlie Hofmeyr-opponente.
Die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, in gesprek met Louwtjie Smith wat die opening van dié fasiliteit namens Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg bygewoon het. Onder: 'n Groep leerlinge van die Hoërskool Swartland het hul spanne kom ondersteun. Hulle het ook die skoollied gesing by die verrigtinge.
NUUS • NEWS
9
9 Maart 2016
'Ons moes innoverende maniere vind' - Scholtz
Vir oud-onderwyser en hokkie-afrigter George Sabbagha (naaslinks) was Saterdag ‘n heugelike dag toe een van sy drome bewaarheid is met die Astro-hokkieveld. Saam met hom is Miencke Steyn, Andre de Jager (oud-lid van die skool se beheerliggaam) en Anika Groenewald.
McDonalds Malmesbury is die hoofborg van Hoërskool Swartland se eerste seuns-hokkiespan. Ferdi Rich, Luther Bakkes en Luka Bakkes het hul span kom ondersteun by die eerste amptelike wedstryd.
Kringbestuurder Johannes Mouton saam met die hoof van Laerskool Swartland, Kallie Rautenbach, en burgemeester Tijmen van Essen. Bo: Tiaan Steyn (oud-leerder en afrigter van die eerste seunshokkiespan) regs het vir die "Old Boys" gespeel saam met Abri Brits (heel agter), Hanru du Plessis (links agter) en Wynand Hofmeyr (links voor).
Bo: Van die eregaste Saterdag-oggend tydens die opening van die Swartland Astrohokkieveld. Onder: Minister Anroux Marais word voor die Huis van Imhoff deur die leerlingleiers verwelkom.
FC Truter en doelwagter Tienie Bester sak saam op die bal toe, tydens die wedstryd tussen die Hoërskool Swartland se "Old Boys" en die gekombineerde skoolspan.
Minister Anroux Marais het die eerste doel geskiet.
NUUS • NEWS
10
9 Maart 2016
Dagboek • Calender
Wyn-, Kos- en Kultuurskou 2 April - Die Swartland Independent Producers (SIP) se skou vind op Malmesbury plaas by die skouterrein van 10:00 tot 17:00. Toegang sluit ‘n wynglas, een wynproe-kaartjie vir elke produsent in. Geen kaartjies aan mense onder 18 jaar nie. Kaartjies is R250pp by quicket.co.za. Daniël-konferensie 8-10 April - Interkerklike Daniël-mannekonferensie by NGgemeente Swartland-Noord, Bergzichtstraat. Die sprekers is Braam Grobbelaar van Moreletapark en Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA. Die tema is ‘Man by ´n kruispad’. Die program begin Vrydagaand 8 April om 18:00 en hou aan tot 22:00. Die Saterdag is die program van 08:00 en eindig om 16:00. Sondagoggend lei Grobbelaar die erediens. Inskrywingsvorms is beskikbaar by NG Noord se kerkkantoor (022 482 1407). Inskrywingsvorms, programme en inligting op die kerk se webblad by www.ngswartlandnoord.co.za. Koste vir die naweek is R150. Skakel die kerkkantoor, Jan Steyn by 082 872 4314 of Koot Claassen by 082 524 9001 vir meer inligting.
Bid vir reën 9 Maart - Die VGK Riebeek-Wes hou ‘n biddag vir reën. om 19:00 ten einde werksmense tegemoet te kom. Enige navrae kan aan die kerkkantoor by 022 461 2412 gerig word. Jeugberaad 10 Maart - Swartland Munisipaliteit, saam met rolspelers van Darling, nooi die jeug van Darling uit na hul jeugberaad. Werklose jeug word aangemoedig om dit by te woon. Dit is van 10:00 - 15:00 in die Darling -gemeenskapsaal. Woordfees 4-13 Maart - Dean-John Smith is by die Woordfees op Stellenbosch met Gangsters en Die Ding is Bros. Shavethons 11 & 12 Maart - Shavethon vir Kansa by Laerskool Swartland se kermis en op 17 Maart by CPM. Stap met Pote 12 Maart - Stap met jou hond om 08:30 vanaf en terug tot by Langsdiebos Mark. Inskrywings (by die mark) : R10 per tweebeendeelnemer. Die honde se tande sal na die stap gratis deur dr. NJ Heyns ondersoek word en daar is pryse te wen vir die vierbeendeelnemers Skogdag 16 Maart – Begin om 08:00 in die Jan Basson-sentrum op Moorreesburg gehou. Navrae: Gert Conradie by 022 433 2370, 074 603 7240 of e-pos: gertc@elsenburg.com. PHS CareerClub Inligtingsaand 17 MaartOuers van gr 7 tot 12 leerders word uitgenooi na 'n inligtingsaand rakende die PHS CareerClub om 18:00 in die skoolsaal. Opvoedkundige Sielkundige Amanda v/d Vyver van CareerPrep - onder wie PHS se CareerClub gaan funksioneer - sal ouers toespreek en alle vrae beantwoord. Manne-aand met Nico Nel 17 Maart - Moorreesburg Rugbyklub bied aand aan,
Moorreesburg-skousaal; 18:30 vir 19:00. Koste: R250 pp. Bespreek: Frikkie Barnard (074 889 3762), Jonny Weil (083 321 1924) of Christoffel Janse vRensburg (073 755 6800). Sterrekyk 18 Maart - Gaan kyk sterre by die Porterville Gholfklub om 19:30; R50 pp. Ligte verversings beskikbaar. Beperkte plek. Bespreek by Porterville Toerisme, 022 931 3732 of info@ portervilleTourism.co.za. Bergklim en oorslaap 18 Maart - Die AGS Corpus Christi Malmesbury. Vertrek Vrydag om 17:15 van die AGS Corpus Christi Malmesbury (Baroccastr. 19) en kom Saterdag terug. Navrae: pastoor Piet Smit by 073 447 2902. Malmesbury Aglow 19 March - Malmesbury Aglow meet at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Rd (opposite Prima Bande); Starting at 15:00. A dynamic speaker and praise and wor ship. All welcome. Enquiries: Ealine Walker, 072 590 6636. Riebeek Valley Tourism 30 March – Special general meeting at 19:00 at the Royal Hotel. Riebeek Valley Tourism doesn’t have the required number of members for its committee. The meeting is to select new members and confirm positions. Ry motorfiets vir liefdadigheid 1-3 April - Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind op die Moorreesburg-skouterrein plaas. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, en allerlei stalletjies. Vooraf-inskrywings is R120 en dit sluit reeds op 7 Maart. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar is gratis. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@ agrizone.co.za of faks na 086 651 5332.
Kerke • Churches Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple 13 March - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. Dynamic Love Fellowship 13 Maart - Om 10:00 by Mount Royal. Kontak hulle Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 13 Maart - Pastoor Ron Kineaar preek om 09:30 en om 18:30 praat pastoor Piet Smit oor 'Oordeel voor die groot Wittroon'. Navrae: 073 447 2902. Shofar 13 Maart - De Waal Esterhuizen preek om 09:30 , Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae, 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519.
NUUS • NEWS 9 Maart 2016
11
Betrekkings Vacancies JOIN AVON TODAY AND START EARNING MONEY - No Experience needed OR Want to BUY. Contact - 0795395510
Memorium Memoriam BRIAN VAN BOOM
#2275/7
--------------------------------KASSIER, BLOKMAN & ALGEMENE WERKER POSTE beskikbaar in Wesbank. Kontak 082 414 2690
#2334
Gelukwensings Congrats SUPERMAN IS 21 09-03-1995
Mag God saam met jou stap vandag, mag Hy jou lei in elke tree wat jy gee. Mag Hy jou waarsku teen elke verkeerde besluit wat jy neem. Mag Hy jou dra waar jy nie kan loop nie en mag Hy jou omvou met Sy Liefde en genade. Van Ma Elzetna, jou sussies, tante Chalesté, ouma en oupa #2332
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/35
--------------------------------GESOEK – Geleentheid vanaf Malmesbury na Durbanville- Middedorp. Net Maandae. Sal help met brandstof. Kontak 083 273 1955
#2336
Raak ontslae van jou wit olifant en adverteer dit hier! Kontak 022 487 3221 met navrae!
Môre is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons – Hoe graag wil ons vir jou ‘n drukkie gee. Ons mis jou nog elke dag. Van jou verlangende vrou, Sharon – Kinders: Andre, Glenys, André, Janine, Leachim, Chantal, Bianca – Kleinkinders : Kyle, Andrew, Kady, André, Leacim, Keisha en Familie #2333
Te Huur To Let HUIS TE HUUR : RAINIERSTRAAT 40, MALMESBURY – Drie slaapkamer huis naby Hoërskool beskikbaar vanaf 1 April 2016. Huis met sitkamer, eetkamer, badkamer, 2 aparte toilette, kombuis, braaikamer, waskamer en ‘n enkel motorhuis. Sluit ook ‘n ruim omheinde erf met ‘n buite stoorkamer in. Lang termyn huurders kan Sybrand kontak, 084 583 1858 of Gwendoline, 023 3170620(w) of 023 3170753(h) na 19:00 #2335
--------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.
#2123/25
---------------------------------
Twee ruim kantoor/ winkel spasies op besige roete in middedorp. Onmiddellik beskikbaar – 083 991 7350 #2326/1
Te Koop For Sale Baba Beweging & Klank monitor. Uitstekende toestand met aanwysings – R500. Kontak 083 395 5327
#2337
--------------------------------Muller – 079 413 2520 Elektriese Pineware braaier – R250; Defy 4-plaat elektriese stoof – R1600; Defy Box freezer (200l)
– R1700; Antieke Oak spieëlkas – R1950; 4 Bar stoele – R250 elk; 1 Imbuia half-maan tafeltjie – R950 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2337
---------------------------------
courant
NUUS • NEWS
9 Maart 2016
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
9 Maart 2016
• kraai koning in juniors
Sportuitslae Sports results
Gholfgogga byt Auden
As die gholfgogga jou byt, dan los hy 'n behoorlike merk. Hierdie gogga het die elfjarige Auden Julies van Malmesbury, leerder van die Laerskool Swartland, sowat tien maande gelede gebyt. Hy het eers sy pa, Kelvin, se gholfsak gedra en toe besluit dat hy self die stokke wil swaai. Op elf jaar wen hy die Malmesbury Junior-kampioenskap gemaklik. Hy het nog skaars sy eerste titel in die vertoonkas gepak toe die tweede een aan die deur klop. Auden maak geskiedenis deur die jongste speler te word Auden Julies van Malmesbury om Malmesbury Gholfklub se C-afdeling klubkampioenis nes sy pa Kelvin, ‘n groot skappe met ‘n telling van 51 individuele punte. Volgens Auden werk hy baie hard aan sy spel, want hy gholf-liefhebber. Foto: David Howburgh wil graag vanjaar die Boland o.12-span haal.
Malmesbury Golfklub Heelwat lede het aan die twee Cape Town Cycle Tour (Ou Argus) naweke deelgeneem. Verskeie ryers het sowel die 55km MTBuitdaging as die 109km-resies voltooi (Name met sterretjies gemerk). Saterdag 27 Februarie - 30km MTB: Byron van Niekerk 01:50:00; Christo Fuhri 02:17:48. Sondag 28 Februarie - 55km MTB: *Jaco Geldenhuys 02:39:05; *Marius de Kock 03:00:35; *Byron van Niekerk 03:01:00; Thomas Orchard 03:31:25; *Annemarie de Kock 03:51:12; *Guillaums Orchard 05:12:31; *JJ Basson 05:30:00. Sondag 6 Maart - 109km Cape Town Cycle Tour: Johann Rabie (Team Telkom) 02:39:00; *Jaco Geldenhuys 02:59:02; Elfriede Wolfaardt 03:16; *Marius de Kock 03:07:07; Francois du Toit 03:11:00; *Byron v Niekerk 03:14:00; Kobus Duminy 03:24:39; Friedrich Claassen 03:25:01; Johann Loubser 03:25:00; Carl Malherbe 03:25:00; Herman Wolfaardt 03:37:30; Karin Human Duminy 03:41:49; Shane Ketel 03:46:00; Lodiaan Fouche 03:47:00; Hildegarde Geldenhuys 03:48:00; Johann du Plessis 03:54:00; Annemarie de Kock 04:11:00; Pieter & Anri Malherbe Tandem 04:25:00; *JJ Basson 04:28:00; At Lubbe 04:32:00; Christ Fuhri 04:50:00; Nadene Marasi 04:52:00; Guillaume Orchard 04:57:00; Kobus Marais 05:00:00; Wimpie vd Merwe 03:51:55; Fietie Rocher 03:23:40; Manus Bester 03:48:00; Gerhard van Dyk 03:55:00; Johann Nothnagel 05:06:56. Elfriede Wolfaardt het ook aan die Tour de Good Hope deelgeneem (ses dag-resies); 4de vrou algeheel - 488km, 16:36:10.
Hy neem gereeld deel aan die Boland Junior Ope-toernooie waar hy op Citrusdal en Worcester die beste nettotellings behaal het. Volgens sy afrigter, Doppies Coetzee, kan die gemeenskap van Malmesbury oor die volgende dekade hul eie Tiger Woods in aksie sien. “My droom is om eendag beroepsgholf te speel en ek werk hard daaraan om elke dag te strewe na beter tellings,” het Auden aan dié courant vertel. Auden haal Gary Player aan, ’Practice makes perfect’, en voeg by, “Ek glo dat ek eendag my drome sal bewaarheid.Die dag as dit gebeur sal ek vir die gemeenskap van Malmesbury dankie sê vir hul ondersteuning en bydrae wat gehelp het met my sukses in die gholfwêreld.”
Malmesbury Golfklub Woensdag Sundowner - Enkel Stableford: Sakkie Klasen 22; Brian de Beer 20; George Prinsloo 19; Ewald Liedeman 19; Jaco Basson 18. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford: Charl du Plessis 20; Appie vd Merwe 20; George Prinsloo 19; Tian van Lill 19. Saterdag Gholf - Enkel Stableford: K. Smit 38; C. du Plessis 38; F. Destroo 37; W. van Niekerk 37; W. Schreiber 37; G. Spangenberg 36; A. Louw 36.
Coronations:
Malmesbury Tennisklub Malmesbury A wen Strand 6 wedstryde teen 1 Dmitri Marais k Jean Olivier 5-7, 7-5, 10-2; Gabbi Rose v Lauren Bacon 0-6, 2-6; Braam Isaacs & David Isaacs k Pietie van Niekerk & Floris ten Haar 6-1, 6-2; Kim Titus & Antoinette Snyman k Anandie Strauss & Anneri Louw 7-5, 6-3; Dmitri Marais & Kim Titus k Jean Olivier & Lauren Bacon 6-2, 7-5; Braam Isaacs & Antoinette Snyman k Floris ten Haar & Anandie Strauss 6-2, 6-2; David Isaacs & Gabbi Rose k Pietie van Niekerk & Anneri Louw 6-3, 6-2. Malmesbury B wen Vlottenburg 5 westyde teen 3 Kristoff Isaacs & Dirk Lategan v Ian Nel & Wynand du Toit 1-6, 6-7; Marais Liebenberg & Irwan Turner k Dirk Kotze & Bernard Coetzee 6-3, 6-0; Lynette Miller & Zandra Prinsloo k Thelma Corbett & Karin Jones 6-3, 6-3; Ziggrum Sixt & Elizma White k Charlee Scholtz & Liezel Matthee 6-3, 6-3; Kristoff Isaacs & Lynette Miller v Ian Nel & Thelma Corbette 1-6, 2-6.
Bloues:
Die Coronations Rugbyklub van Kalbaskraal Die span van die Bloues Rugbyklub van Malmesbury het het geseëvier in hul vriendskaplike wedstryd teen die span van Ab- Saterdag in 'n vriendskaplike wedstryd teen die span van Samoa van botsdale. Foto: David Howburgh Moorreesburg 6-24 verloor. Die amptelike liga begin Saterdag.
Rolbalklub eindig bo-aan punteleer Malmesbury se eerste mansrolbalspan eindig met groot gemak bo-aan die punteleer, ná hulle Meadowridge goed afgestof het voor ‘n groterige skare ondersteuners deur met 13-2 te wen. Enige van vier spanne kon nog bo geeindig het, maar hierdie keer het die geluksgodin saam gespeel en die manne het die balle reg laat rol. Die prestasie van die span het tot gevolg dat Malmesbury na die tweede liga van die WP-Vlag skuif. Daniël Griebenauw se span het almal laat asem ophou toe hulle die eerste stel 6-15 verloor, maar wys hulle staal deur die tweede stel op ‘n spreekwoordelike drafstap met 22-4 te wen. Roux Vermeulen se span speel deurgaans
bestendig en wen beide stelle 11-7 en 10-6 onderskeidelik. Terry Shimmin laat almal weer na asem snak toe hy op die laaste skof van die tweede stel die witbal verplaas deur te hard te speel en die situasie te verander van een skoot af na vier skote af. Uiteindelik staan hulle vyf skote af en verloor die stel 7-11, maar danksy die eerste stel se 1611 uitslag wen hulle hul wedstryd naelskraap met een skoot. Nou wag die eindstryd op 2 April op ‘n sentrale perk teen óf Somerset-Wes óf Glen. Volgens die klubkaptein, Roux Vermeulen, is hy baie in sy skik dat die klub so goed vertoon het, gegewe die feit dat daar baie nuwe spelers
is wat nog nie baie ervaring het nie en genoodsaak het dat daar in talle wedstryde spelers met min ervaring in sekere posisies moes speel. Saterdag was byvoorbeeld die eerste keer in die seisoen dat die keurders hulle vol sterkte span kon kies, aangesien al die top-spelers beskikbaar was. Die vroue het op Stellenbosch hulle laaste wedstryd van die seisoen gespeel en 14-27 verloor. Hulle het egter die eerste stel 10-7 gewen en het deurgaans deur die liga verbeter en met meer selfvertroue begin gespeel. Die mans se tweede span speel eerskomende Saterdag tuis teen Parow in hulle voorlaaste wedstryd.
Sportdagboek Sports diary
Malmesbury Netbalproewe 10 Maart – Die klub se proewe om 18:00 op die bane van Laerskool Swartland. Navrae by Zanelle, 076 721 1725. Skolesportdag 10 & 1 Maart Hoërskool Swartland speel gasheer vir Hoërskool Durbanville. Hokkie en Netbal vind Donderdag van 14:45 plaas. Saterdag is daar rugby (08:30) en hokkie (07:30.
79
90
R
8990
205
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Castle Lager Cans or Non-returnable Bottles 24 x 340ml
1504311_100 x 260
7990
170
R
PRICES VALID 10 - 13 MARCH 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Savanna Dry 6 x 500ml
Olof Bergh Brandy 750ml
Jack Daniel’s Tennessee Whiskey 750ml
Count Pushkin Premium Vodka 750ml
R
49
Bernini Blush or Classic Sparkling Grape 6 x 275ml Per Pack
7990
Mainsty Premium Cane Spirit 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1504311_10X8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/03/03 2:29 PM