courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
dié
1
9 Desember 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 350
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Kersfees met Kevin
Die bekende minnesanger Kevin Leo kuier vandeesweek in die Swartland. Ná sy optrede gisteraand by Kontreispens op Malmesbury sing hy vanoggend saam met die skoolkoor by die jaarafsluitingskonsert van Laerskool Swartland. Hier kuier hy saam met drie jong Kersfeesmaats, Lyla Geldenhuys (5), Charl Bezuidenhout (3) en Leandrie Koch (5) van Kammaland speelskool op Malmesbury. Intussen is die strate van dorpe in die Swartland opgevrolik met Kersliggies.
• Lemme draai vir opleiding
Lugambulans verlig nagnood Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, saam met die 'SA Red Cross Air Mercy Service" is besig met 'n projek waar nuwe nagvisie-stelsels in die lugambulanse gebou word. Die eerste fase hiervan het Maandag op Malmesbury vanaf die Swartland Hospitaal se perseel afgeskop. Voorheen was slegs die dagdiens beskikbaar, maar dit sal nou versterk en ondersteun word deur die nagvisie-toestelle wat reddingswerk in die donker sal vergemaklik. Dié stelsel is oorspronklik ontwerp om in die militêre omgewing gebruik te word. Nagvlugte is gevaarliker as dagvlugte weens die tekort aan visuele aanwysings wat die loods en bemanning toelaat om hulself te posisioneer.
Met die nagvlugte oor residensiële gebiede is daar baie onbekende obstruksies, soos hyskrane, maste, uitsaaitorings en meer wat dit gevaarliker maak. Die opleiding het amptelik Maandag afgeskop en sal duur tot 12 Desember. "Ons doen 'n beroep op die gemeenskap om asseblief verdraagsaam te wees met die toename in geraas van die helikopters. "Ons besef dit kan 'n steurnis wees, maar die opleiding is van kardinale belang vir die veiligheid van die loodse, bemanning en pasiënte aan boord," sê Vanessa Horn van AMC. Die helikopter sal Donderdag oor Piketberg en Vrydag weer oor Malmesbury met opleiding besig wees en sal hierna beskikbaar wees vir nag-operasies en redding.
Waterperke waarskynlik werklikheid
Maatreëls om water te bespaar sal waarskynlik vanoggend tydens ‘n spesiale raadsvergadering van die Swartland Munisipaliteit aangekondig word. In ‘n verslag van die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, wys hy daarop dat damme tans vinnig leegloop. ‘n Paar munisipaliteite (soos Drakenstein en Stellenbosch) het reeds beperkings afgekondig en die Stad Kaapstad sal na verwagting eersdaags volg. “Hoewel die aanduiding van die Departement Waterwese en Sanitasie nie dui op die onmiddellike implementering van water besparingsmaatreëls vir die Voëlvlei-skema nie, vereis die droogtetoestand dat daar pro-aktief opgetree moet word.” Die siviele department doen aan die hand dat Vlak 1-maatreëls ingestel word, ten einde ‘n 10%-besparing te probeer bewerkstellig. Dit beteken: • die gebruik van drinkwater om tuine, sportvelde, parke en enige ander gras-beplante areas op enige dag tussen 08:00 en 17:00 nat te maak of te besproei, word verbied; • die gebruik van drinkbare water om enige harde of geplavleide oppervlakte af te spuit, word verbied; • tuinslange wat nie aan ‘n selfsluit-meganisme gekoppel is nie, mag nie onbeman gelaat word as tuine, parke, sportvelde of ander areas natgemaak word nie; • tuinslange wat vir die was van voertuie, bote en karavane gebruik word, moet aan 'n outomatiese selfsluit-meganisme gekoppel wees; • toevoer na alle outomatiese spoelurinale moet toegedraai word in alle geboue gedurende tye wanneer die publiek of personeel sodanige geboue normaalweg verlaat. Indien die raad die voorstel aanvaar, sal ‘n openbare kennisgewing in die media geplaas word, asook op die webtuiste en Facebook-blad van die munisipaliteit. Dit sal ook by biblioteke en betaalpunte van die munisipaliteit vertoon word.
NUUS • NEWS
9 Desember 2015
2
Yzerfontein vier somer
Besoekers aan en inwoners van Yzerfontein kan vanjaar weer na ‘n bedrywige vakansieprogram uitsien. Dit het reeds Donderdag begin en duur tot Saterdag 9 Januarie. Hierdie naweek is daar elke dag van 10:00 tot 15:00 die "I Am Yzerfontein"-mark-by-die-see – op die hoofstrand se parkeerterrein. Ander hoogtepunte sluit die tennis dubbelspel-toernooi op 21 Desember en 6 Januarie, die Snoek Classic (19 Desember) en ‘n gholfdag op 29 Desember in. Maandag 21 Desember word daar Kersliedere gesing op die 16-Myl-strand en die Dinsdag is die Yzer-uitdaag: Hardloop/fietsry/stap op die 16-Myl-strand. Op 2 Januarie word ‘n gesinsdag op die hoofstrand gehou en op 7 Januarie om 08:00 begin ‘n gesinstap by die Sport- & Ontspanningsklub. Laaste op die program is ‘n feestelikheid by !Khwa ttu wat op 9 Desember om 09:00 begin. Vir meer inligting, kontak Yzerfontein Toerisme by 022 451 2985, Ami by 078 452 8132 of www.yzerfonteintourism.co.za.
NUUS • NEWS
9 Desember 2015
• 12de jeugkamp gehou
‘Om te verander, lê in my hand’
Sondeza: Johnny Philander, Keagan Rezant, Ilse Looch, Dianne Fritz, burgemeester Tijmen van Essen, Boeta Josephus (onderburgemeester WKDM), minister Albert Fritz en Karen Barry (Absa). Wanneer die hele wêreld stil is, word selfs een stem invloedryk. ‘n Mens kon ‘n speld hoor val toe Johnny Philander Vrydagaand by die opening van die AfriSondeza-kamp op Ganzekraal hierdie woorde spreek. “Dit is die woorde wat ‘n gemeenskap verander het, ‘n nasie geskud en die wêreld beïnvloed het.” Dit was die woorde van ‘n 17-jarige meisie, Malala Yousafzai, wat verlede jaar die Nobelprys vir Vrede ontvang het – die jongste persoon ooit. Malala is nog maar net 18 jaar oud. Philander het gesê daar is drie dinge wat ons deel, maak nie saak of ons in Afrika, Europa, Asië of Amerika woon nie. Die eerste is dat natuurlike hulpbronne verminder: ons moet vandag meer doen met minder. Die tweede feit is dat onregverdigheid toeneem: die armes word armer en die rykes word ryker. Die laaste feit is dat elke gemeenskap hul eie oplossing tussen hulle kan vind. "Geen gemeenskap kan verwag dat iemand van buite hulle kernprobleme gaan oplos nie. Iemand in ‘n spesifieke gemeenskap het die mag en wilskrag om die situasie te verander," sê Philander. “So, vanaand praat ek nie met individue van verskillende dorpe of stede nie. Ek praat met probleemoplossers, aktiviste en skeppers van ‘n nuwe gemeenskap, waar dit ook mag wees. “Die mag om ons families, skole, gemeenskappe en die wêreld te verander, te trans-formeer, lê in my hand. Nie in ons hande nie, maar in my, elkeen se hand. “Malala Yousufzai het haar en haar gesin se omstandighede verander deur op te staan en iets te doen – nou is dit julle tyd om dieselfde te doen!” Albert Fritz, die Wes-Kaapse Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, se boodskap het
perfek by Philander aangesluit: ”Ek verstaan dat elkeen van julle vanuit gemeenskappe kom met ernstige uitdagings, maar julle het dit nie gebruik as ‘n verskoning vir middelmatigheid nie, maar as ‘n inspirasie vir uitnemendheid. “As julle regering, sal ons by julle staan en julle voorsien van geleenthede om julle lewens in ‘n positiewe rigting te stuur. “As julle, soos baie jongmense, gaan wag vir pasellas en voorregte, dan, soos ons op die Kaapse Vlakte sê, is dit ‘n geval van, ‘Jy maak jou laat!’ – dit gaan nie gebeur nie. Hy het ‘n paar van die geleenthede wat die Wes-Kaapse regering bied, genoem. Die eerste is jeugkafees waar jongmense gehelp word met die uitdagings van grootword en om hul lewenspad te vind. Tweedens is die program om vaardighede oor te dra, gerig op jongmense wat hul eie besighede wil begin. “Ek het onlangs die vierde Jeug Vaardigheid Oordragprogram gehou waar 40 jongmense van die Kaapse Wynland sertifikate ontvang het.” Die program bied werkwinkels waar jongmense entrepreneurs-vaardighede aanbied en die volgende reeks werkwinkels vir die Kaapse Metropool sal vroeg in 2016 begin. Dit is die 12de Afri-Sondeza-jeugkamp wat aangebied word deur die Swartland Munisipaliteit in samewerking met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Weskus Distriksmunisipaliteit en Absa. Sestig leerders van Suid-Afrika woon die leierskapkamp by, met gasleerders van Namibië, Duitsland, Malmesbury in Engeland en die eerste keer ook uit Israel. Keagan Rezant van Schoonspruit Sekondêr is verlede jaar as beste leier aangewys. Hy was Vrydagaand ‘n gas en het aan die jongklomp vertel watter verskil die kamp in sy lewe gemaak het. Hy het jongmense aangemoedig om te dink oor hul doelwitte, passie en waardes.
Toets jou motor gratis Die Swartland Munisipaliteit gaan weer vanjaar gratis padwaardigheidstoetse doen. Voertuie sal tot Vrydag 11 Desember by die voertuig-toetsstasies op Malmesbury en Moorreesburg nagegaan word.
Mense word aangemoedig om hul voertuie na een van die toetsstasies te neem, waar die ondersoeker ‘n lys van defekte sal gee – en dit gratis. Daar is dan genoeg tyd om die voertuig te herstel voordat daar met vakansie vertrek word.
NUUS • NEWS
3
9 Desember 2015
Donovan Kohl, JR Redelinghuis en Francois du Toit, deel van die lugambulansbemanning, by die helikopter wat toegerus is met nagvisie-toestelle. Sien berig op bladsy 1.
• vyfde vir owerheid
WKDM spog met nog ‘n skoon oudit ‘n Skoon oudit is nie regtig wat saak maak nie, wat belangrik is, is skoon administrasie en goeie dienslewering. Met dié woorde het ‘n trotse burgemeester Harold Cleophas verlede week aangekondig dat die Weskus Distriksmunisipaliteit sy vyfde skoon oudit ontvang het. “Ek kan vandag met alle trots en dank aan almal sê dat WKDM daarin slaag om korrupsievry en dienslewering-gerig te wees. Die aanslag van die ouditeur-generaal was strawwer as die vorige jare en ek glo dit sal nog strawwer word.” Hy het ook die munisipale bestuurder, Henry Prins, en sy span, asook die interne en eksterne ouditkomitees bedank vir hul professionaliteit en oorsigrol. “Dankie vir die ruimte wat u as raad ons gee om ons werk te doen," het Prins geantwoord. Die burgemeester het ook die laaste raadsvergadering van 2015 gebruik om Kerswense uit te deel. “Vir baie van ons was die afgelope jaar
besaai met geluk en vreugde, maar vir sommige was daar ook oomblikke van pyn en hartseer. Aan almal van julle of familie wat die afgelope jaar met ernstige kwale gediagnoseer of ons ontvang het – aan alle slagoffers van geweld teen vroue en kinders wil ek graag 1 Petrus 5 vers 7 voorhou: Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle." Die burgemeester het ook verwys na die brandseisoen en mense vermaan om versigtig te wees. “In besonder wil ek die personeel bedank wat verlede naweek by die brand op die R27 betrokke was. Ons salueer ons brandweerpersoneel. “My versoek aan elkeen is om in die komende feesseisoen moeite te doen om ten minste ‘n glimlag op een persoon se gesig te sit. “My gebed vir almal van u is dat u biddend sal bly ongeag jou geloofsoortuiging en dat almal goeie gesondheid sal ervaar. Reis veilig, rus uit en kom veilig terug.”
courant
dié
4
NUUS • NEWS
9 Desember 2015
Groot geoes op Moorreesburg
Oplossings is nie altyd so ver weg nie
In alle fasette van die lewe word ons telkemale uitgedaag. Ons het soms die idee dat ons van 'n klein ou hopie grond, 'n groot berg moet maak. Dat ons die oplossing daar doer in die verte moet gaan soek. Intussen is die oplossing soveel keer soveel nader as wat ons besef. Ons moet net leer om 'n bietjie verder te kyk. Bietjie logika te gebruik. Dit is nodig om dalk eers die oplossing by jouself te probeer vind. Om bietjie insig te gebruik en met 'n nuwe oplossing op te kom. Soos daar voor 'n groepie jeug gesê is; "die oplossing is hier in my hand". Dit is 'n riem onder die hart om te sien hoe die provinsiale regering daadwerklik na oplossings soek om beter diens te lewer, om beter nooddienste aan die publiek te kan verskaf. Dit is broodnodig. Menselewens is op die spel en dit is belangrik dat ons dit moet oppas en bewaar. As dit dan nou nodig is dat daar 'n nagvisie-lig op dit geskyn word, dan is dit so. Dan sal ons maar die bietjie ekstra geraas aanvaar, want net môre is dit dalk een van ons wat self daardie lig nodig het. 'n Ongeluk gebeur vinnig en nou met die toenemende verkeer op die paaie, is die kans vir een nog groter. Wees maar geduldig. Let op jou volgafstand. Sit maar die sitplekgordel aan. Bly by die reëls. Dan sal ons volgende jaar na ander oplossings vir ander probleme kan soek.
Oesdag: Honderde mense het Sater-
dag die jaarlikse Oesdag op Moorreesburg bygewoon. Bo links is 'n span van Wupperthal aan die oes en bo is oupa Koos Joubert sn sy kleinseun, Jandré. Regs onder is Ampie Kruger besig om bier te tap vir 'n lang ry dorstige mense. Sy nuwe bier, Hooikraal Tradisionele Weiss en Samoa Lager, is by die dag bekend gestel.
Dag vir gestremdes: Die
jongspan en personeel van Jo Dolphin Sorgsentrum op Malmesbury het verlede Donderdag blommetjies uit gedeel as deel van die Internasionale Dag vir Gestremdes. dié courant het ook 'n bossie ontvang.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Hy verander tye en geleenthede In die eerste paar hoofstukke van die boek van Daniël, is Daniël en sy drie vriende telkens in lewensgevaar. Hulle onwrikbare geloof in God red hulle en oortuig die koning elke keer van wie hulle God werklik is. In hoofstuk twee droom koning Nebukadnesar ‘n besondere droom wat hom ontstel. Hy wil graag uitvind wat die droom beteken maar openbaar nie die droom aan sy slim en wyse manne en towenaars en Chaldeërs nie. Hulle moet aan hom vertel wat hy gedroom het dan sal hy die uitleg van die droom glo! Die groep wyse mane en towenaars probeer die koning oortuig dat daar geen mens op aarde is wat so iets kan doen nie. Die koning besluit om hulle almal om die lewe te bring. Dit sou Daniël en sy drie vriende insluit. Met die koms van die amptenaar van die koning vra Daniël vir ‘n paar dae uitstel om tot God te bid aangaande die droom van die koning. Die droom word in ‘n naggesig aan Daniël geopenbaar. Daniël gee die eer aan die Here wat in beheer is, Hy verander tye en geleenthede, Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge, die lig woon by Hom.
Snorre, kole en fondse: Vriende,
ondersteuners en ouers van die Christelike Privaatskool op Malmesbury het met 'n potjiekoskompetisie fondse vir Kansa ingesamel. Regs is JP Truter, Vlok Blanckenberg, Reinardt Visser, Jean du Plessis, Carl Malherbe, Johan Smuts, Jaco Louw, Flippie Brandt, Leon Nortje en Frans Maritz. Voor is Heinrich Schreuder , Jaco Geldenhuys, Christo Smuts en Nollie Stoffberg.
NUUS • NEWS
5
9 Desember 2015
Wakende oog: Hierdie ses fietsryers sal verkeer op Yzerfontein dophou in die vakansietyd.
Ysterspan vir Yzerfontein So reg uit ‘n Hollywood-reeks kan die inwoners en besoekers aan Yzerfontein hierdie vakansietyd uitsien na ‘n span blitsige verkeerslui om hulle veilig te hou. Die ses fietsryers is verlede week aan die ander rolspelers, soos die SAPD, buurtwag en inwonersvereniging bekend gestel, en op ‘n rit deur hulle nuwe werksveld geneem. Roman Steyn, hoof van Swartland se verkeer en wetstoepassing, meen een van die grootste voordele van die fietsblitse is hul sigbaarheid. “Ons weet Yzerfontein kry deur die jaar minder aandag, bloot omdat dit minder besig as ander knelpunte in die Swartland is. “Met vakansietye is daar ‘n toename van voertuie op Yzerfontein en ons moet ook meer aandag gee aan dié behoeftes.” Steyn het verduidelik dat hulle van buite-maatskappye gebruik maak om snelstrikke te beheer. ‘n Persentasie van die geld wat hulle in, kom terug na die munisipaliteit vir gebruik in gemeen-
Wenners:
skapsprogramme. “Hierdie fietse is ‘n produk van dié vennootskap." Die burgemeester van Swartland, Tijmen van Essen het die groep gevra om hulle werk na die beste van hul vermoë te doen: “Aanvaar julle verantwoordelikheid, julle kan nie omgekoop word nie, hanteer konflik soos nodig, wees ernstig, maar vriendelik." Harold Cleophas, burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, het ook sy stuiwer in die armbeurs gegooi: “Daar is altyd ‘n klein groepie wat oorboord gaan en dit is jammer dat só ‘n projek nodig is. “As almal kan saamwerk, sal ons ‘n baie gesonder gemeenskap hê.” Philip Humphries, direkteur beskermingsdienste, het die span gevra om probleme te probeer verminder. Hy het ook aangekondig dat daar op 19 Desember ‘n bewusmakingsprogram sal wees om besoekers te verwelkom en pamflette uit te deel.”
Die wenners van dubbelkaartjies na Sondag se Klassieke Kersfees-konsert by die Liquifruit Amphiteater in die Paarl, is Marie Dreyer, Betsie Kühn en Ina Hanekom. Baie geluk!
NUUS • NEWS
6
Fun for kids at !Khwa ttu This holiday season !Khwa ttu offers daily fun-filled kids’ activities. Visit !Khwa ttu to join our holiday programme, where learning is made fun and becomes adventurous. At !Khwa ttu there are several activities suitable for children of all ages to allow a full experience of the San culture. Your children will enjoy non-stop fun as they interact with San tour guides and other kids, while participating in a variety of kid-centric activities including arts & crafts, cycling, games, nature and much more! For children 6 – 12: Every day starting at 9 am, bring your
mountain bike or use one of ours and we will take you on an amazing bike ride to explore the best game paths on the reserve. The San guide will show you where to collect materials so that you can make your own traditional bow and arrow. Learn how to shoot and track animals. This adventure lasts 1.5 hours, and is fit for boys and girls between 6 and 12 years. Every tour costs R75 and it includes cold drinks and refreshments. The same tour is repeated in the afternoon. For children under six: We also offer daily supervised activities for children under 6 years under
9 Desember 2015 Promotion
the big old belhambra tree next to the restaurant where Donika will sing and teach traditional San songs, dances and children’s games, show how to identify the most basic animal and bird tracks and offer pictures to colour in. This is for free, lasts for an hour at a time and is repeated throughout the day. We promise this to be a whole lot of fun for children of all ages while parents can enjoy our restaurant and a relaxing getaway, breathing invigorating West Coast air in a tranquil setting. For reservations please contact us on 022 492 2998 or bookings@khwattu.org or visit our website www.khwattu.org
Stranddienste op Yzerfontein Classic: Op die Malmesbury Gholfbaan is die balle gemoker in vanjaar se Classictoernooi. Links is van die vroue-deelnemers: Meg Neethling, Marthele Neethling, Dalene Potgieter en Else van Zyl. Sien uitslae agter.
Daar gaan vanjaar weer stranddienste op Yzerfontein gehou word. Dit begin op Maandag 14 Desember tot Sondag 27 Desember. Daar is elke oggend om 10:00 ‘n poppekas, behalwe op Woensdag 16, Sondag 20 en Vrydag 25 Desember, wanneer daar kerkdienste gehou word. Saterdag 26 Desember is daar Boeresport vir die hele gesin. Sondag 27 Desember om 10:00 word die program met ‘n kerkdiens afgesluit. • In verlede week se uitgawe van die courant is daar verkeerdelik na Ami Smuts verwys as voorsitter van “I Love Yzerfontein”. Sy is inderdaad voorsitter van Yzerfontein Festival and Events.
NUUS • NEWS
7
9 Desember 2015
Rangers herleef en kuier weer ná 24 jaar Die oud-Rangers rugby- en netbalklub op Malmesbury beplan ‘n gesinsdag vir Saterdag 19 Desember in die vorm van ‘n bring en braai op die C-veld van die Wesbank-sportterrein. Rangers is in 1948 gestig en het sy laaste wedstryd in 1991 tuis teen Somerset gewen. Die klub het nooit ontbind nie en wil nou weer sosiaal aktief raak. Alle oud-bestuurslede, -spelers en -ondersteuners, asook die breë gemeenskap is welkom om saam te kuier. Spesiale sprekers word genooi om die jeug te kom toespreek rondom hul rol in die gemeenskap asook hul betrokkenheid by plaaslike sportkodes. Elke piekniekganger sal self verantwoordelik wees vir braaitoerusting, gazebo's, sambrele en strandstoele. Daar sal hope pret vir oud en jonk wees, soos springkastele en speletjies vir die kin-
ders, asook bondelsport, dominoes, veerpyltjies en kaartspeletjies vir die oueres. Daar sal ‘n afgebakende piekniegebied onder die bome wees, hier kan oud en jonk kuier en staaltjies oor verlede aanhoor. Toegang is R10 per persoon en per voertuig. Kuiertyd is van 09:00 tot 17:00. Daar sal streng toegangsbeheer wees, met die munisipale verkeer en SAPD wat ook patrolliediens sal verrig. Ná die dag se verrigtinge sal daar ‘n Old School-diskodans by Club Twilight (Platteklip) wees teen R10 toegang. Almal wat die dans gaan bywoon, is gevra om sy oud-Rangers rugby- of netbaluitrusting aan te trek. Die kleurskema vir die dans is lig- en donker(navy) blou. Alle geld wat ingesamel word, sal vir die Rangers-reünie vroeg in die nuwe jaar gebruik word. Die leuse bly:“Sky and Navy Forever”.
)UHH�OLJKWEXOEV
Mohlaleng_2675_E
XS�WEZI�]SY�IRIVK]�EX�LSQI :H�DOO�QHHG�WR�XVH�OHVV�HOHFWULFLW\�HII¼FLHQWO\�DQG�VR�(VNRP�LV�FRPLQJ�WR�\RXU�KRPH�WR�VZRS�\RXU�LQHI¼FLHQW� OLJKWEXOEV�DQG�QRQ�ZRUNLQJ�&)/V�DWWDFKHG�WR�WKH�OLJKWLQJ�¼[WXUH�IRU�QHZ�HQHUJ\�VDYLQJ�OLJKWEXOEV�®�)25�)5((. LoSO�SYX�JSV�)WOSQ�WXEJJ�[IEVMRK�FMFW�WE]MRK��±*6))�)RIVK]�)J½GMIRX�0MKLXMRK�)\LERKI²�� 3RP]�EPPS[�TISTPI�[MXL�)WOSQ�-(W�MRXS�]SYV�LSYWI� 6IQIQFIV�¯�'*0W�GEVV]�E�WQEPP�EQSYRX�SJ�QIVGYV]��&I�GEVIJYP�RSX�XS�FVIEO�XLIQ�ERH�SRP]� HMWTSWI�SJ�]SYV�WTIRX�'*0W�EX�TEVXMGMTEXMRK�VIXEMPIVW�� &DOO������������RU�YLVLW�ZZZ�HVNRP�FR�]D�LGP�IRU�PRUH�LQIRUPDWLRQ� &VSYKLX�XS�]SY�F]
Eskom Holdings SOC Ltd Reg No 2002/015527/30
8
NUUS • NEWS
9 Desember 2015
Bokomoweg:
Op Malmesbury is daar 'n ou reus wat die verkeer, voete en besigheid laat vloei soos bloed in die are van 'n Swartlander. Dié aar is die bedrywige Bokomoweg. Hierdie straat met sy talle besighede, nywerhede en meer, is een van die oudste en bekendste strate van die dorp en is ook die een waarmee daar kennisgemaak word met die afdraai vanaf die N7. Destyds was die perdekarre en waens 'n algemene gesig in dié straat. Vandag het hy nog steeds dieselfde kronkels, maar word dit nou aangedurf met geoutomatiseerde viervoetiges. Hier kan jy van wegneemetes, voertuie, petrol, hardeware en motorbande koop. En jy kan dit doen, uitgevat in 'n uitrusting geskik vir 'n koning! Bokomoweg is besig om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan met die bou van die N7 en moet die ou heer nou aanpas by die nuwe generasie en word hy opgekap en reggemaak vir die toekoms. Besighede wat jy in die bedrywige straat kan vind, is die volgende:
NUUS • NEWS
9
9 Desember 2015
lewensaar van Malmesbury
Bo: Swartland Vissery is ‘n bekende handelaar in dié straat en is verlede jaar opgeknap.
• Buildit: By hierdie hardeware kan jy alles vind wat jou hart begeer om van jou huis 'n tuiste te maak. Hierdie vriendelike gesigte help jou as iets reggemaak moet word en gee die regte inligting om die regte ding te doen. • Johny Quintal het Swartland Vissery vanaf September 1978. Hy het 15 personeellede in sy diens. Carol is die een wat met die langste diens spog en is alreeds die afgelope 43 jaar in diens van Swartland Vissery. "Ons gebruik net vars vis uit die see en dit lyk soos die wit sneeu van die Alpe en smaak soos spookasem wat smelt in jou mond, spot Johnny. • JB’s Nissan sien reeds vir 46 jaar om na die totale voertuigbehoeftes van Nissan-eienaars in die Swartland en omgewing. Daar is ‘n wye verskeidenheid demonstrasiemodelle beskikbaar en die verkoopspersoneel onder Daniël Prins se leiding, nooi elkeen wat wil kom ervaar wat agter die ‘Innovation that excites’ veldtog sit, om ‘n gratis toetsrit te kom geniet. Die volledige nuwe UD-vragmotorreeks is beskikbaar van verkoopsbestuurder Andries Steyn.
• Kia Malmesbury is 'n nuutjie in dié straat, maar staan nie vir die gevestigde sakelui terug nie. Kia Malmesbury het Malmesbury met 'n "bang" getref en maak daagliks vooruitgang. Hier is diens, vriendelikheid en samesyn van die belangrikste faktore wat klante-tevredenheid bepaal. Raak deel van die Kia-familie en ry weg met een van hul blink nuwe modelle. • Tyremart is nog 'n sakeperseel wat besoek moet word as diens op jou lys is. Hier kry jy altyd die beste raad en hulp. Hulle sal jou die beste bande gee om die lang pad mee aan te durf, sonder dat jy enige bekommernis hoef te hê. Met Lappies Labuschagne aan die stuur van sake, is hierdie die plek om te wees. • Suit Hire is jou eenstop-winkel vir die beste uitrustings om spoggerig te lyk. Met hul wye reeks van manspakke, sal jy hier altyd iets vind wat jou lyf, bou en smaak sal pas. So ook jou sak! Vir 'n spoggerige geleentheid, is hierdie die mense wat jou sal help om net so spoggerig te wees!
NUUS • NEWS
10 Grootste onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Dagboek • Calender
9 Desember 2015
Gesels met ons!
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za.
dié
courant Carols by Candlelight 11 Desember - Darling Museum at 17:30 at the museum. Entrance R5 (includes candles and carol sheets). Enquiries: Cathy, 022 492 2009. Paragliding 11-19 Desember - Porterville Western Cape Open Paragliding. 022 931 3732 Swartbergsvlei Veterane Oesdag 12 Desember - Die program begin om 10:00. Swartbergsvlei is op die Weskuspad (R27), tussen Langebaan en Yzerfontein, slegs 12km van Yzerfontein se kruising. Middagete is beskikbaar. Smul aan braaivleis, gebakte brood en slaaie. Animal Care Golf Day 12 December - Velddrif Animal Care Golf Day. 022 783 0535 Langebaan Markdag 12 & 23 Desember – Langebaan Stadsaal, 09:00 tot 13:00. lifm@mailbox.co.za Cherry Fair 12 & 13 December - Klondyke Cherry Farm, Ceres. Cherry picking for all ages. a variety of stalls and picnic under the trees. Trading hours: 08:30 to 16:30 daily. For more email to info@klondyke.co.za. Summer Skate Championships 13 December - Langebaan, gates open at 09:00. Skateboarder entry R30; u.14 division 12:30; Best Trick Competition 15:30. Enquiries: 074 450 4294 Malmesbury Krieketklub 16 Desember – Gesinsdag met ses-aan-‘n-kant-krieket. Toegang is R10 (kinders R5). Dit begin om 09:00 op die Dieprivier-terrein met ‘n braai en biertuin beskikbaar. Boat Expo 16-20 December - Boat yard, Club Mykonos, 10:00 to 22:00. Free entrance. Activities: jet ski rides, rubberduck rides, sup rides, yacht trips, jeterator, fishing competition, yacht racing and jumping castles at the boat yard. Paternoster Christmas Table Fair 16 December - Where: Gelukkie Venue & Accommodation, Paternoster. 022 752 2001 or 071 881 2831; www. gelukkie.co.za Kersmark 16-24 Deember – Saldanha, Marcus Konferensiesaal by die Protea Hotel; ten bate van Animal Lighthouse. Maandag tot Donderdag, 10:00 tot 18:00, Vrydag 10:00 tot 19:00, Saterdag en Sondag 10:00 tot 15:00. Kaartmasjien beskikbaar. West Coast Craft Market 16 & 20 December - Merchant Walk, Melkbos, Duynefonten; 10:00 to 17:00. Estelle, 084 500 3200, wccraftmarket@gmail.com, www.facebookcom/westcoastcraftmarket. Mykanos Festival 18 December @ 14:00; 19 December @ 11:00. Club Mykonos Resort, Festival Green, Langebaan. R100 pp per day (child u.14 R50pp per day), R300pp per day for VIP pass. Contact: Club Mykonos at 022 707
7000, or email info@clubmykonos.co.za. Port Owen Mark 19 Desember - Port Owen Yacht Club; Aandmark. Laaste geskenk-idees. Stalletjies beskikbaar: kontak Yvonne, 079 570 8394. Yzerfontein Annual Snoek Classic 19 & 20 December - Celebrating 10 years; 1st prize for heaviest Cape snoek: 16 foot ski boat. For more info: Theunis, 083 306 5510 or visit www.yzerboatclub.co.za to download entry form and competition rules. Vredenburg Kersmark 20 Desember - Vredenburg; 060 711 2625, vbgardenmarket@webmail.co.za. Draf & stap 26 Desember – Strandfontein: Doringbaai Fryer's Cove Challenge: Pret draf & stap . 083 627 7759 Boxing day Cricket Tournament 26 December - Riebeek Valley: Boxing Day Cricket Tournament. A valley tradition when the two villages compete on the cricket field the day after Christmas. A fun event for old and young and spectators most welcome! David Wickham, 083 898 9663 2016 Langebaan Downwind Dash 16 January – The Downwind Dash is a challenge in Langebaan, over a week end during the window period 16 January to 31 January. Reputed to be the biggest kite and windsurfer event in Africa. Over 300 entries are expected, including a large contingent of international participants. Check website for the notice of race – www/langebaandash.co.za. Mavos 7 Januarie - Malmesbury Onderrigsentrum se Vlak 4-uitslae is op 7 Januarie by die kantoor, beskikbaar. Alle nuwe inskrywings sal geskied by die volgende skole vir mense wat wil leer lees en skryf tot en met Vlak 4; Kalbaskraal (Ou skooltjie), Schoonspruit Sekondêr, Riebeek-Kasteel (Suiderkruis), Riebeek-Wes (POP-sentrum), Riverlands Primêr, Chatsworth Primêr, Abbotsdale (Bambino’s Crèche) en Anne Pienaar Gedenk. Relay for Life Die Kansa-kantoor op Malmesbury is reeds besig om hul vere reg te skud vir die Relay for Life wat op 27 en 28 Februarie 2016 op die terrein van Hoërskool Swartland plaasvind. Spanne van 10 tot 12 samel deur die jaar geld in en op die Relay-aand word deurnag om ’n sportveld gestap, simbolies van die lang stryd wat teen die siekte gevoer word. Spanne, besighede, kerkgroepe, families en sportspanne word genooi om nou reeds in te skryf om aan volgende jaar se Relay for Life deel te neem. Navrae kan by Hester Smit gedoen word: 022 482 1111 of e-pos hsmit@cansa.org.za. Kontak ook Herman Au¬camp (RFL voorsitter, 083 519 9575), Dolly Marais (083 809 1738) of Andries Burger (074 408 1055) om spanne in te skryf. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za gestuur word vir plasing.
Kerke • Churches
Royal Impact Temple 13 December - Super Sundays at the Ilingelethu Thusong Centre, Malmesbury: healing, deliverance, prophetic, miracles. From 09:30 - 11:30. Contact: 022 487 1224/ 060 395 1996. AGS Corpus Christi, Malmesbury 13 Desember - Om 09:30 praat pastoor Piet Smit oor `Vriendskap Met Jesus'. Geen Sondagaanddienste tydens vakansie. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 13 Desember - om 10:00 diens en aanddiens om 18:30. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Shofar 13 Desember - Om 09:30 by Voortrekkerstraat 48, Malmesbury. Kontak hulle by 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA - 2015 – St. Thomas St 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. Tuesday evening prayer meeting at the Church. Hall to rent tel. nr 071 604 5387; Any further Inquiries contact Mrs Ingrid Wells at Tel 0720217863 or 0727858111 House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail. com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se dienste sal op 17 Januarie om 10:00 te Mount Royal se konferensiefasiliteit hervat.
Hulle kantore sal gesluit wees vanaf 15 Desember en weer heropen op 4 Januarie. Kontak hulle Maandae tot Donderdae tussen 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci. org.za. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail. com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.
NUUS • NEWS 9 Desember 2015
Betrekkings Vacancy Betroubare huishulp vir besige plaashuishouding, 5dag-week, geen drinkers of rokers. Koskookvaardighede, verwysings NOODSAAKLIK. Eie vervoer 6km vanaf Moorreesburg of behuising op buurplaas. Salaris onderhandelbaar. 0834358651. #2216/7
Dankbetuiging Special Thanks
dié jaar. Kontak ons nou – 079 502 7074
kinders, kleinkinders en skoonseun
#2214/5
------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/7
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589 #2098/20
Die familie van ouma RAKKIE JURIES sê dankie vir elke sms, handdruk en bydrae tydens haar heengaan. Ook aan Pastoor Charles Davids, Ds Mervin Adams, Br Blom, Dr Buys, St Thomas Skool, die VGK en Swartland Hulpdienste. Word opreg waardeer!!!!!
11
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528.
#2278
Te Huur To Let Bachelor woonstel in Malmesbury– Beskikbaar 1 Januarie 2016. Gemeublieerd / Nie-gemeubileerd. Koopkrag. Water ingesluit – Kontak 076 366 2375 #2277
------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/17
------------------------Stoor te huur in Malmesbury - 700m² stoor met kantoor, instap kluis en kamer
met badkamer vir sekuriteit te huur. Sluit ‘n 1000m² ‘yard’ in. Kontak Radie Brandt 082 564 5470 #2250/4
Te Koop For Sale Muller – 079 413 2520 1x6 sitplek sitkamerstel - R1500; 3 Enkelbed matrasse – R450 elk; Enkelbed basis en matras – R950; 2x Boardman 2 sitplek rusbank – R550 elk; 3 Hout bedkassies – R250 elk; Pine Upstairs bed met matras – R950. Silver-grys bar fridge – R1250 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520
Stokvis Fillette – R45 p/kg; Krummelvis – R40/kg, Visvingers – R32/kg . Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/16
------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422
#2072/24
-------------------------
#2280
-------------------------
#2005/26
Gelukwensing Congrats MARIA ONVERWACHT 12 Desember
#2279
Dienste Services AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens kontak ons gerus vir gratis kwotasie – 079 502 7074 #2215/5
------------------------BESPROEIING – Vir al u besproeiingdoeleindes kontak my gerus. Voorkom hoë waterrekeninge
Geluk met Mamma se 50ste verjaarsdag. Mag daar nog vele mooi jare wees. Dus ‘n besonderse mylpaal. Baie liefde!!! Van
VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH MALMESBURY CDC, SWARTLAND SUB-DISTRICT
OPERATIONAL MANAGER NURSING GRADE 1 (PRIMARY HEALTH CARE) Remuneration: R433 029 (PN-B3) per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing date: 24 December 2015
125763 COURANT ayandambanga.co.za
courant
tel 022 487 3221
9 Desember 2015
9 Desember 2015
Glasmanne kampioen van die setperk PG Glass het uiteindelik die meeste vaardighede bemeester om hulle opponente te troef in die finale aand se spel in die baie suksesvolle Sakemanne rolbaltoernooi. Die aand is deur KIA Malmesbury geborg. In hulle opmars na die titel het PG Glass die aand onoorwonne afgesluit, en ook afgereken met Malmesbury Trekkers en Stropers, wat die derde plek behaal het. BGR was tweede, en het die aand twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Hul gelykop-uitslag was teen Schoemans, wat ‘n baie interessante reeks beleef het. Hulle het drie aande deelgeneem, waarvan hulle een wedstryd verloor, drie gelykop gespeel en vyf gewen het. Dit het aan hulle die vyfde plek besorg, met die span van Malmesbury Paneelkloppers vierde. Almal wat deelgeneem het, is dit eens dat die toernooi ‘n groot sukses was, met die musiek in
NUUS • NEWS
SPORT
dié
12
die agtergrond wat gesorg het vir ‘n ontspanne atmosfeer. 'n Totaal van 48 spanne het oor ses aande deelgeneem, en 14 spanne die finaal. Die rolbalklub bedank alle besighede bedank vir hul deelname, en vertrou dat hulle volgende jaar sal terugkeer vir ‘n nog groter toernooi. Talle deelnemers het aangedui dat Die span van PG Glass Malmesbury kraai vanjaar koning in die Malhulle rolbal as sport mesbury Rolbalklub se sakemanne-toernooi. wil begin beoefen, en hulle kan gerus vir sen (083 261 7573) of Altus Myburgh (076 667 Roux Vermeulen (083 478 9616), André Halvor- 4305) kontak.
Sportuitslae Sports results Atletiek Boland Tweekamp Uitslae van byeenkoms op 5 Desember by Curro Langebaan: s.11: Tiaan Walters, 3de plek, Albert Basson 8e plek uit 24 deelnemers. m.13: Nikita Toerien, 14de plek. m.15: Amore Toerien, 10de plek. m.19: Renelda Scoltz, 1ste plek Vroue Ope: Heleen Malan 1ste plek, Annereen Malan, 2de plek. Vroue Veterane: Mariaan Malan, 2de plek. • Die volgende tweekamp-byeenkoms is op 23 Januarie op Malmesbury waartydens die Bolandspan vir die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn gekies sal word. Vooraf inskrywings is 'n vereiste. Gholf Malmesbury Gholfklub Kaap-Agri Super Sundowner Woensdag 02 Desember - Enkel Stableford 1. Frans Destroo 23; 2. Freek Stander 21; 3. Piet Basson 20; 4. Eric February 20; 5. Charl du Plessis 20; 6.Koos Loots 19. Swartland Ladies Classic Donderdag 03 December - Beterbal Stableford 1. Meg Neethling & Marthele Neethling 46; 2. Elsa Albertyn & Helena 45; 3. Michelle de Goede & R. Snyman 44; 4. Tracy Phillips-Bryant & Marge Herrons 43; 5. Yvette Wishart & Cathy Leach 42. Swartland Corporate Classic - Vrydag 04 Desember Vierball Stableford Samespel - 2 tellings 1. H. Burger, T. Wilson, O. Basson, A. Vlok 96; 2. P. Basson, L. Buhr, K. Loubser, F. Geldenhuys 90; 3. P. Kemp, R. vd Mescht, A. Neethling, S. Neethling 89; 4. G. Bester, K. O’Kennedy, R Orchard, D. Rust 89; 5. D. van Wyk, H. van Wyk, N. Kotze, K. du Toit 89; 6. C. Gemmel, L. Fouche, A. Visagie, M. Loots 91.
Atletiek:
Die Laerskool Swartland op Malmesbury het Donderdag en Vrydag hul jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms gehou. Bo nael die Graad R-kannetjies in hul eerste byeenkoms. Sien nog foto's op ons Facebook-blad.
• MEESTE NOG VIR SEWESTOERNOOI
Inskrywings breek rekord ‘n Rekordgetal rugbyklubs het reeds ingeskryf vir die jaarlikse Ok Mini Mark/ Castle 7’s toernooi wat op 29 Januarie op die Wesbank Sportterrein plaavind. Spanne van sover as die Overberg en die Atlantiese kus gaan die eerste keer deelneem vir die totale prysgeld van R28 000. Die afgelope vier jaar se kampioenspanne het reeds ingeskryf: Maties, Kuilsrivier, Hamlets, Belhar, asook St Georges. Hulle behoort sterk teenstand te kry van
Wesbank en Darling, asook Young Peoples van die Paarl, wat moontlik ‘n buiteperd kan wees. Die naweek skop af met die Swartland Uitdaag-kompetisie wat reeds op Vrydagaand 29 Januarie op die Wesbank-sportgronde op Malmesbury plaasvind. Hier sal die plaaslike eersteliga-, gemeenskapskild- en streeksuitdaag-spanne meeding. Volgens die organiseerders verwag hulle ‘n groot opkoms van rugbygeesdriftiges plaaslik en saam met besoekende klubs.
Die volgende spanne het reeds ingeskryf vir die toernooi: Kuilsrivier, Hands & Hearts (Kraaifontein), Hamlets (Mamre), Strand, Tulbagh, Ceres, St Helenabaai, Wesbank, Young Peoples, Vredenburg, St Georges, Hillcrest, Bredasdorp, W/ Wheels, Rocklands, Maties, Van Der Stel, Elsiesrivier, Northerns, Belhar, Darling, Black Leaves, Botrivier en UWK. Indien u meer inligting verlang, kontak Eduann Howburg van die Wesbank RVK by 083 458 9313.
2015 Swartland Classic - Saturday 05 Desember Vierbal Stableford Samespel - 2 tellings 1 . H. Els, B. Els, J. Jansen van Rensburg, P. Jansen van Rensburg 102; 2. G. Carstens, H. Spies, K. Loots, R. van Wyk 95; 3. F. Destroo, S. Destroo, H. Odendaal, C. van der Westhuizen 95; 4. D. van Zyl, I. van Zyl, M. Neethling, S. Neethling 93; 5. K. Julies, D. Visser, C. Petersen, D. Coetzee 92; 6. T. Esterhuizen, J. Esterhuizen, F. de Beer, R. Shaw 92; 7. N. Smith, J. de Beer, J. van Wyk, P. Jackson 92; 8. M. Stockdale, J. Hansler, L. Hansler, F. Fernandez 92. Swartland Junior Classic Sondag 06 Desember - Enkel Stableford 1. Auden Julies 47; 2. Lawrence Steyn 36; 3. McNeil Adonis 36; 4. Rynard Visser 35; 5. Amore Steyn 32.
1270
Shop online at www.picknpay.co.za
Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml
150
R
Coca-Cola Regular 2 Litre
Per Case
GREAT PRICES ON ALL YOUR
FAVOURITES
49
PRICES VALID 10 - 13 DECEMBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
49
R
J.C. le Roux Assorted 750ml Each
89 R129
R
Olof Bergh Brandy 750ml
Southern Comfort 750ml and 2 x Mixers 200ml FREE
179
R
Hunter’s Extreme Bold or Guarana Cans 4 x 440ml Per Pack
Johnnie Walker Red Label Blended Scotch Whisky 750ml 2-Glass Gift Set Per Set
Best Customer Loyalty Programme three years in a row
2013 2014 2015
1502512 _100 x 260
R
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1502512_10x8_Vredenburg_Liquor.indd 1
2015/12/03 3:25 PM