Skip to main content

Die courant 8 julie 2015 328

Page 1

courant

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

swartland en weskus

8 Julie 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 328

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

GW Burger (middel) van Malmesbury is 'n jongman wat met sy kop in die wolke loop. Hierdie graad 11-leerder van Hoërskool Swartland en 'n ywerige vlieënier, is gekies om in die "Wings2Fly"program van SA Airlink te vlieg. Hy het Sondag vanaf Kaapstad na Upington en terug gevlieg as deel hiervan. Hier is hy saam met kaptein Riaan van Zyl (regs) en die eerste offisier, Deon Vermaak, in die kajuit van 'n embraer 135JR op 'n kruishoogte van 36 000 voet en 'n spoed van .72 mach, ongeveer 882km per uur, net voor die daling na Upington begin.

Hóóg bo die wolke • 2000 liter gom; Skoklaag ook onder weg

Astrobaan in pylvak Die sintetiese hokkieleenthede bied as wat baan op Malmesbury elders beskikbaar is." is nou in die finale Die skoklaag word vanstadium van voltooiaf China ingevoer en ing. sal na raming oor ‘n Die ingevoerde maand in Suid-Afrika mat vir Hoërskool land. Swartland se as"Die skool het betrobaan, het reeds sluit om ‘n lening aan geruime tyd gelede te gaan as oorbrugaangekom, en die ging vir die tekort om skoklaag, wat onder die projek te voltooi, die mat gelê word, is aangesien die wisselonderweg. valligheid van die rand/ Projekleier en lid dollar die projek op die van die skool se be- 'n Lugfoto van Jan Mostert wys die ligging van die astrobaan langs Huis van Imhoff. lange duur baie duurheerliggaam, dr. Gert der kan maak. van Staden, het met dié courant gesels. deur ouers, onderwysers en hokkie-afrigters van "Daar word egter nog hard gewerk aan die "Die skool het besluit om 'n lening aan te die Hoërskool Swartland, asook die Westelike blokke-projek en fondsinsamelings om die efgaan vir die sowat R500 000 wat nog benodig Provinsie se Sportfederasie en die goedgunstige fek wat die R500 000 op skoolfonds kan hê, te word om die projek te voltooi. bestuur van die fondse deur die Swartland Mu- versag," sê Van Staden. "Die siviele werke is so te sê voltooi, waar- nisipaliteit, beloof om 'n groot aanwins vir die "Elke rand gaan ‘n verskil maak, aangesien na die lê van die skoklaag en die sintetiese gras skool en die gemeenskap te wees. die sukses van hierdie projek gebou is op spansal volg. Hierdie projek, wat moontlik gemaak is "Dit sal aan plaaslike kinders dieselfde ge- werk."

NUUS • NEWS

8 Julie 2015


NUUS • NEWS

2

8 Julie 2015

N7:

Konstruksiewerk aan die N7 buite Malmesbury vorder vinnig. Van die bome wat op die konstruksie-terrein was, is reeds verwyder. Daar word nou beplan en gebou aan 'n ompad om die verkeer vanaf die bestaande pad te herlei na die nuwe tydelike bane.

Kuier saam vir CHOC Bergrivier-projek Vanjaar vier die Bergrivier Rubberboot-projek ‘n kwarteeu van fondsinsameling. Op 22 Julie spring 21 deelnemers in die Paarl weg en die aand kan ondersteuners gesellig saam met die roeiers kuier by Allesverloren, Riebeek-Wes.

Dit begin om 18:30 en die kunstenaars wat optree, is Alan Hughes (seremoniemeester), Ghapi en Steyn Fourie. Kaartjies beloop R130 elk en sluit ‘n ete in. Bespreek by Bertus: 022 461 2253 of 073 017 4402.

z

WATERBOERDERYBELEGGINGSGELEENT HEID SAAM MET DE BEERS ZIMELE IN MUSINA, LIMPOPO PROVINSIE OMVANG EN BESKRYWING

LEWERBAARHEDE

Belangstellende partye wat voldoende gekwalifiseerd is, word genooi om ’n uitdrukking van belangstelling in te dien vir die bou en bedryf van ’n Waterboerdery by die Spirulinaaanleg geleë in Musina in die Limpopo Provinsie.

Die projek het ten doel om die skep vanbehoorlike werksgeleenthede te vergroot. Die hoofaanduiders van sukses sal ’n volhoubare ekonomiese onderneming wees wat werksgeleenthede skep vir die plaaslike gemeenskappe.

Die waterboerdery vorm deel van die De Beers Venetia Myn Maatskaplike en Arbeidsplan se onderneming en het ten doel om werksgeleenthede te skep en sodoende maatskaplike en ekonomiese welsyn in die Musina Plaaslike Munisipaliteit te bevorder. ’n Uitvoerbaarheidstudie van die klimatiese omstandighede en waterbeskikbaarheid by diebestaande Spirulina-aanleg is uitgevoer, met positiewe resultate. Voorleggings moet die bemarking en verkoop van produkte insluit en oorweging kan geskenk word aan die herontwerp van die huidige Spirulina-aanleg insluit om te pas by die behoeftes van ’n waterboerdery. VEREISTES 1. Eienaarskap: Suid-Afrikaans bemagtigde entiteit in ooreenstemming met die DHNkodes en spesifiek onderworpe aan die volgende eienaarskapteikens: a. Voorheen benadeelde persone – 25% + 1aandeel b. Betrokkenheid deur swart vroue

E+I 20756

2. Daar sal van die gekose Waterboerderybelegger verwag word om ’n vennootskap te vestig met ’n Trust bestaande uit De Beers Zimele verteenwoordigers. 3. Indiensnemingsvoorkeur sal gegee word aan inwoners van die Musina en Vhembe Distriksmunisipaliteite.

VERSOEKE OM VERDERE INLIGTING Stuur aan:bonani.nyabane@debeersgroup.com. SLUITINGSDATUM EN VEREISTES Elke voorlegging moet bestaan uit twee hardekopieë gemerk vir die aandag van Annette Botha en moet getiteld wees: “Uitdrukking van belangstelling: Voorlegging vir ’n Waterboerdery gebaseer by die fasiliteite van die Musina Spirulina-aanleg” Die tender moet nie later nie ingehandig word as 14:00 op 17 Julie 2015 en sal gedeponeer word in die Tenderbus links van die Maatskappy se Administrasiekantoor se hoofingang of ingedien word deur ’n koerier aan hierdie adres: Annette Botha De Beers Consolidated Mines (Edms.) Bpk. VENETIA MYN 1 National Pad Posbus 668 Musina 0900 Alle botte wat na die sluitingstyd en -datum ingedien word, sal gediskwalifiseer word.

SPH Kundalila oorhandig gholfhemde aan die junior gholfspelers van die Piketberg Sportontwikkeling Stigting. Agter links is Jacoreen Davids, Aletta Pieters, Carmen Fortuin en Moswin Moore van die stigting en agter regs Celia de Beer en Shawn Engelbrecht van SPH. Voor is van die kinders: Sonique Dirks, Conwill Lord, Corné Dietrich, Ethan Lord, Levenzo Booise, Cameron Somers, Sashin Dirks, Aden Lord, Lyron Links, Ronin Somers en McKyle Booise (kaptein).

• Groot planne vir sportdag

Stigting aan't woeker

Die Piketberg Sportontwikkeling Stigting is besig met planne vir die Nelson Mandela-sportdag wat op 18 Julie op dié dorp beplan word. Pret vir oud en jonk is op die program. Hierdie stigting het in 2011 die lig gesien as inisiatief van Moswin Moore van Piketberg. Sy ideaal was om die jongmense van die Bergrivieromgewing die geleentheid te gee om hul vrye tyd nuttig en opbouend te gebruik, veral tydens skoolvakansies. Met die hulp van borge en ‘n goedgesinde gemeenskap het hierdie nie-winsgewende organisasie al berge versit. Leerders van groot tot klein is betrokke by verskeie sportsoorte, kuns en kultuur en nog meer. Op Jeugdag, 16 Junie, het 150 jongmense

deelgeneem aan verskeie sportsoorte en het die gemeenskap ook ‘n bydrae gelewer met inligting-tafels, soos dié van die polisie, brandweer en gemeenskapsontwikkeling. Op 26 Junie het die spannetjie die Snoek & Patatfees op Goedverwacht gees gegee met hul dansgroepe, rappers en dansers wat die feesgangers tog te jolig vermaak het! Maandag het SPH Kundalila gholfhemde aan die junior gholfspelers van hierdie stigting oorhandig – party gholfertjies nie eers so lank soos ‘n gholfstok nie! SPH Kundalila, wat landwyd bekend is vir hul grondverskuiwing- en mynaktiwiteite, wil hierdie jong spelers aanmoedig om vol te hou en hul talent te ontwikkel.


NUUS • NEWS

3

8 Julie 2015

• Bergrivier spog binnekort met eie junior stadsraad

Munisipaliteit kyk na jeug Die Bergrivier Munisipaliteit gaan binnekort ‘n junior stadsraad hê as deel van die munisipaliteit se Jeug Ontwikkelingstrategie. Die strategie het onder meer ten doel om bewustheid en deelname onder die jeug te bevorder en die junior stadsraad word as die antwoord hiervoor beskou. Daar sal vandeesmaand met die plaaslike hoërskole onderhandel word vir die stigting van dié raad. In Augustus sal ‘n werkskomitee gestig word met rolspelers om die verskillende funksies binne die raad te bepaal. Gedurende Oktober sal die verkiesing plaasvind en in Desember sal daar ‘n strategiese sessie met die nuwe jeugraad gehou word om programme en agenda-items vir die raadsvergaderings te bepaal. Die eerste jeugraadsvergadering sal in Februarie 2016 gehou word. Dié raad sal ‘n vrywillige burgerlike jeugstruktuur wees, wat die belange en strewe van die algemene jeug sal verteenwoordig. Dit is nie ‘n politieke struktuur nie en deelname deur skole is vrywillig. Die projek sal ook ‘n poging wees om jongmense te inspireer om die funksionering van die plaaslike regering te verstaan deur betrokke te raak in burgerlike sake en gemeenskapsprojekte.

Die junior raad sal die belange van die jeug bevorder deur onder meer jeugorganisasies te mobiliseer, om te verseker dat hulle deelneem aan die bou en versekering van demokrasie in die Bergrivier. Dit gee hulle die geleentheid om kommentaar te lewer oor munisipale sake wat die jeug raak, asook om verhoudinge met rolspelers in die jeug-ontwikkeling te verseker. Daar sal ‘n opname gemaak en rekord gehou word van die sosiale toestande en algemene welvaart van jongmense. Die raad sal saam met rolspelers in die jeugsektor en wykskomitees werk. Die eerste jeugraadsvergadering sal in Februarie 2016 plaasvind Advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier Munisipaliteit, het aan dié courant gesê dat die Jeug Ontwikkelingstrategie haar na aan die hart lê. Sy verduidelik dat die term 'jeug' in Suid-Afrika verwys na die 14-35 ouderdomsgroep, maar in Bergrivier sal die fokus veral op leerders in sekondêre skole val en is die strategiese fokus op 15 tot 24 jaar. Bykomend is skoolverlaters tot die ouderdom van 24. ‘n Totaal van 41.80% van die Bergrivier se bevolking val in die ouderdomsgroep van 15 tot

34 jaar. Bykans 11 000 jeugdiges is tussen 15 en 24 jaar oud. “Die strategiese doel van ons Jeug Ontwikkelingstategie is die ontwikkeling, opheffing en verbetering van die jeug se sosiale omstandighede en algemene welsyn; die beskikbaarheid, toeganklikheid en toestand van sport-, kultuuren ontspanningsgeriewe; onderwysinstellings, feeste en byeenkomste wat op die jeug gemik is.” Die strategie rus op vier bene: Inligting- en Kommunikasietegnologie (ICT), Omgewingsaksie, Bewustheid en Deelname (junior raad) en Onderwys en Vaardigheidsontwikkeling. Die gebrek aan toeganklike Inligting- en Kommuniaksie-tegnologie sal aangespreek word deur sentrums waar die jeug gratis toegang tot internet sal hê. “Die gebrek aan toegang tot inligting en kommunikasietegnologie in veral die landelike gebiede, vergroot die digitale verdeeldheid. Dit beperk toegang tot staatsinligting, dienste en geleenthede vir vaardigheidsopleiding. “Inligting en kommunikasie-tegnologie word erken as ‘n sleutel tot die ekonomiese- en sosiale ontwikkeling van die Wes-Kaap.” Die ligging van die sentrums sal vandeesmaand bepaal word. Onderhandeling sal

Afsprake by kliniek hersien en verander

SO WERK DIT: Hannalie van der Westhuizen (regs), primêre gesondheidsorgbestuurder in die Swartland Sub-distrik, verduidelik die nuwe afspraakstelsel by Malmesbury GDS. Malmesbury Gemeenskapsdagsentrum (GDS) begin Maandag 3 Augustus met ‘n nuwe afspraakstelsel om gesondheidsdienste by die kliniek te verbeter. Die GDS sal voortaan slegs op uurlikse afsprake werk vir die volgende dienste: chroniese behandeling (TB, HIV/Vigs, diabetes, hoë bloeddruk, ensovoorts), doktersafsprake, gesinsbeplanning, voorgeboortesorg, wondsorg, Immunisasies (kindergesondheid), tandheelkundige dienste en mondgesondheid, uitreik- en ondersteuningsdienste: arbeidsterapie, fisioterapie, spraakterapie, sonars, oudiologie (gehoortoetse), dieetkundige dienste en geestesgesondheidsdienste. Afsprake word uurliks geskeduleer en pasiënte sal met hul aankoms in wagkamer een toegelaat word. Dertig (30 minute) voor hul afspraak sal pasiënte in die tweede wagkamer toegelaat word om korrekte verplegingslyn (chronies, immunisasies, wondsorg, ens) verwys te word. Die afspraakstelsel geld egter nie vir pasiënte met nie-chroniese siektes (soos verkoue of griep) nie en hierdie pasiënte sal deurlopend deur die dag toegelaat word. Personeel van Malmesbury GDS het verder

diensroosterdiagramme in die kliniek aangebring, wat pasiënte inlig watter personeel aan diens is in die onderskeie verplegingslyne. Hierdie diensroosters sal binnekort aangevul word met foto’s van die personeel, sodat pasiënte kan sien wie die verpleegpersoneellid aan diens is. Persone wat nie hul afsprake nakom nie, of laat is vir hul afsprake, sal ‘n nuwe afspraakdatum en –tyd ontvang. Indien pasiënte nie hul afsprake kan maak nie, kan hul voortydig die Malmesbury GDS kontak by 022 486 8000 om die afspraak te kanselleer en ‘n nuwe aspraakdatum en –tyd te maak. Die afspraakstelsel en verplegingslyne is verlede week tydens ‘n gemeenskapsvergadering by Malmesbury GDS bekendgestel. Gemeenskapslede het die geleentheid gehad om saam met verpleegpersoneel deur die kliniek te beweeg, terwyl die stappe in die afspraakstelsel prakties aan hul verduidelik is. Die nuwe afspraakstelsel het ten doel om pasiëntvloei in die kliniek meer vaartbelyn te maak, die bestaande ruimte in die kliniek beter te benut, asook om kommunikasie met kliënte te verbeter.

in Augustus gedoen word en teen November sal die sentrums open. Omgewingsaksie is nog ‘n been van die strategie. Hier is die Flow-program (Fostering Local Well-Being) reeds op Piketberg van stapel gestuur en sal dit nou na ander dorpe in die Bergrivier uitgebrei word. Dit is ‘n jeugprojek wat sosiale-, ekonomiese- en omgewingskwessies aanspreek. Deel hiervan is om die plaaslike jeug as 'Flow'-ambassadeurs aan te stel. Die vaardighede wat hulle aanleer, sluit die maak van video’s, storie-vertel en 'blogs', bou van skaalmodelle, leierskap-, sake- en persoonlike ontwikkeling, beplanning en gemeenskapontwikkeling, asook plaaslike ekonomiese ontwikkelingsmoontlikhede in. Die laaste been is Onderwys en Vaardigheidsontwikkeling. Hier word daar gekyk na ‘n loopbaan-bewustheidsdag waar opleidingsinstellings en plaaslike, nasionale en multi-nasionale maatskappye hul dienste aan die jeug kan bemark. ‘n Program vir die Loopbaan-bewustheidsdag is reeds vasgestel en dit sal in Julie plaasvind.


NUUS • NEWS

courant

8 Julie 2015

dié

4

Leef jou droom

As ons klein is, droom ons altyd van 'n lewe as 'n 'grootmens'. Die werk wat ons eendag gaan doen, die huis waarin ons gaan bly, die 2.5 kinders wat ons gaan hê (dis nou seker net die meisies wat sulke dinge droom). Ons droom van mylpale wat ons gaan bereik. Ons droom en ons droom groot. Soms, net soms, word daardie drome verwesenlik. Gewoonlik met baie harde werk en sommer 'n groot skoot geluk saam met dit! Ons droom, terwyl ander droom van net iets warm. Net 'n dak oor hul kop, 'n droë plek om die dag af te sluit. Sommige kinders droom net van 'n warm truitjie uit iemand anders se hand. Soggens staan ons voor ons kas, hande in die hare, want wat trek ek tog nou weer vandag aan... Ten minste het jy nog opsies... Ten minste het jy nog iets warm en droog om die koue weg te dryf. Ek dink nie ons kan onsself ooit indink hoe dit moet wees om buite te slaap nie. Om so blootgestel te wees aan die elemente nie. Om nie 'n heenkome te hê nie. Om rond te drentel en te swerf, sonder 'n pad waarop ons kan wandel. Ons kyk so maklik neer op die hopie wat onder die bos lê en slaap onder 'n ou nat kombers. Ons raak so maklik opgetrek met iemand wat by 'n verkeerslig met 'n bordjie staan, maar het jy al gedink dat dit met jou ook kan gebeur? Hulle het ook eens drome gehad. Hulle het ook nie hul lewe so voorgestel en beplan nie. Soms gee die lewe jou 'n taai klap en moet jy die beste maak van 'n slegte saak. Wees dankbaar vir wat jy het, want net dalk is jy volgende week die een onder die bos. • Die ACVV en dié courant se "Projek Winterhoop" is steeds in volle vaart besig om warm komberse en klere in te samel en items kan by Hugenotestraat 24, Malmesbury, afgegee word.

Trots: Hierdie inwoners van

Huis van Heerde op Moorreesburg is nie min trots op die Jeugontwikkelingskursus wat hulle op Langebaanweg bygewoon het nie. By hulle is Lee Andrews (hoof, jeugprojekte), Vicky Andrews en Sheryldene Blanckenberg (kinderversorger).

Wenners:

Swartland Munisipaliteit het onlangs‘n kompetisie gehou waar mense aangemoedig was om aan ‘n opname deel te neem ten einde te bepaal hoe groot die belangstelling/ behoefte is vir die implimentering van debieten kredietkaartfasiliteite by betaalpunte. Drie persone kon elk ‘n Blackberry 8520 selfoon wen in ‘n gelukkige trekking. Hier is burgemeester Tijmen van Essen en onderburgemeester Maude Goliath by twee van die wenners: Ntuli Zolile van Darling (naaslinks) en Eugene Koekemoer van Moorreesburg (heelregs). Irma Kirsten van Yzerfontein was afwesig, maar die burgemeester sal haar selfoon persoonlik aflewer.

Derby:

Die VLV is hard aan die werk ter voorbereiding vir die Donkie Derby op 25 Julie om 18:30 in die Malmesbury stadsaal. Hier is (van links) Hanri Hewett, Helena Visser, Willa Rust, Lillebeth Slabber, Sorietha van der Westhuizen, Jeanette Orchard, Jean-Marie Claassen en Miwette Basson gewapen met gom-gewere, figuursae, materiaal, rosette en trofees. Kaartjies is R75 per persoon. Neem kontant vir kosstalletjies en kroeg. Navrae en kaartjies by Jeanette Orchard (071 643 5805) of Eek (022 482 3967).

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

How faithful are we

Galatians 5:22-23 “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, long-suffering, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, self-control. Against such there is no law.” A faithful person will fulfil his or her responsibilities in ways that win the trust of those in authority as well as the confidence of those whom he or she leads. Christ taught His disciples that true faithfulness is constant at all times and in all circumstances. “He who is faithful in what is least is faithful also in much; and he who is unjust in what is least is unjust also in much. Therefore if you have not been faithful in the unrighteous mammon, who will commit to your trust the true riches? And if you have not been faithful in what is another man's, who will give you what is your own?” Paul called himself “a servant or “steward” - saying, “Moreover it is required in stewards that one be found faithful.” When it comes to our responsibilities to God and to men, Christians ought to have a reputation for rock-solid faithfulness. Solomon wisely wrote, “A good name is rather to be chosen than great riches, loving favour than silver and gold.” The many Bible heroes of faith, help us understand that a faithful, trustworthy person has a good name because he or she possesses good character - making good choices and right actions! When someone in your circle of friends and family think of a faithful or dependable person, would you be on their short list? Lamentations 3:22-23 “Through the LORD'S mercies we are not consumed, Because His compassions fail not. They are new every morning; Great is Your faithfulness.”

Groet: Huis van Heerde

het onlangs van heelparty personeellede afskeid geneem. Voor sit ds Lysander Prins (voorsitter van die beheerraad) by Kobus Smit (links) wat bedank het as bestuurder. Agter is Kobus se vrou, Annelise, Dalien Warnich, Kobus Lochner, Elmien du Plessis (ondervoorsitter), Odille Allies en Stephanus Papier (beheerraad).


NUUS • NEWS

5

8 Julie 2015

BIRTHDAY35PARTY 75

PnP Bulk Tenderised Steak

23

90

County Fair Fresh Chicken Braaipack 5s or 10s Per kg

BEST BUY

59

R

Per kg

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

FRESH

PnP White Sugar 2.5kg

While Stocks Last

SAVE 4.60

21

80

35

R

F O S D 46 E R D N E U R H O T H S T I N I W S L A I C E P S 19 PnP NO NAME™ Frozen Chicken Braaipack 1.8kg

PnP Bulk Oukraal Wors Per kg

R

BUY ANY 2 FOR

Equates to 9.50 Each

Smart Shoppers earn R

2

BUY ANY 2 FOR

SAVE R22

72

R

SAVE R30

69

90 SAVE 10.50

32

90

Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g (Excluding Decaf) Each

Kellogg’s All-Bran Flakes 750g

SAVE 7.90

R

Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub

14

90

All Gold Super Fine Apricot Jam 900g

Smart Shoppers earn R

BUY ANY 2 FOR

4

89

R

Wellington VO Brandy 750ml

Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt or Yo-Jelly Assorted 6 x100g

42

SAVE R39

200

R

90

Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

Heineken Lager Cans or Non-returnable Bottles or Cans 24 x 330ml Per case

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 7 - 12 JULY 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

70

R

Skip Intelligent Washing Powder 2kg Flexi Bag or Liquid Detergent 900ml

Out of cash? Checking other supermarkets’ prices. Including specials. Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.

All Smart Shopper rand values are earned in points 1192544_38x8_E


NUUS • NEWS

6

Bestuur:

8 Julie 2015

Hier is Christo van der Rheede (heelregs), is die nuut-aangestelde adjunk uitvoerende-direkteur van Agri SA. Hy was voorheen die skoolhoof van Wesbank Sekondêr op Malmesbury. By hom is (van links) die uitredende uitvoerende direkteur van Agri SA, Hans van der Merwe. saam met Johannes Möller, Agri SA voorsitter, Omri van Zyl, Agri SA se nuwe uitvoerende-direkteur, en Thabi Nkosi Agri SA se senior ekonoom.

Van der Rheede nou by Agri SA

Padblokkade:

Die Milnerton-groep, waaronder nege polisiestasies val, se lede het ‘n padblokkade gehou by die weegbrug buite Moorreesburg. Hulle het altesaam 1200 bewusmakingspamflette uitgedeel. Die motoriste is versoek om veilig en verantwoordelik te bestuur. Altesaam 658 voertuie is geinspekteer, 27 boetes uitgereik met ‘n totale waarde van R22 000. Hier is die groep-bevelvoerder, brigadier Jordaan en lede wat deel was van die inisiatief.

’n Boorling van Goedverwacht wat ook ‘n Malmesbury-draai gemaak het, is nou een van die nuwe aanstellings by AgriSA. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die sake-organisasie AHi, sal van 1 Augustus af saam met Johan Pienaar as adjunk- uitvoerende direkteur waarneem. Omri van Zyl is die nuwe uitvoerende direkteur van AgriSA in die pleke van Hans van der Merwe, wat ná 13 jaar as uitvoerende hoof aftree. Die organisasie het ook ’n nuwe senior ekonoom, Thabi Nkosi, wat voorheen aan die kantoor van die ouditeur-generaal verbonde was. Johannes Möller, voorsitter van AgriSA, sê dat die organisasie hom die afgelope twee jaar herposisioneer het om die landboubedryf se nuwe uitdagings, onder meer in die beleidsomgewing, te kan hanteer. “Ons wil hê die sektor moet groei en ’n bydrae lewer. Daarom is daar besluit om die kapasiteit op uitvoerende bestuursvlak te verhoog met die

fokus op kommersiële kwessies wat volhoubaarheid en winsgewendheid bevorder en ook fokus op ontwikkelings- en maatskaplike kwessies wat deel is van die transformasiedebat plaas.” Van der Rheede sal verantwoordelik wees vir die transformasie-aspekte binne die landbou en Pienaar sal die kommersiële en ekonomiese bedrywighede binne die organisasie bestuur. “Ek sal die AHi geweldig mis asook die wêreld van geleenthede wat ontsluit is vir kleinsakelui. Hierdie aanstelling bied 'n ongelooflike geleentheid om landelike ontwikkeling in al sy fasette en tot voordeel van al ons mense te ontsluit,” het hy op Facebook gesê. Die organisasie het ook ’n nuwe senior ekonoom, Thabi Nkosi, wat voorheen aan die kantoor van die ouditeur-generaal verbonde was. Van der Rheede het sy skoolloopbaan by die Goedverwacht Morawiese Laerskool voltooi en in 1981 aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury gematrikuleer. Hy was later ook ‘n paar jaar skoolhoof by Wesbank Sekondêr.

PHS: Amber Cooper en Pamela Booys van

die Hoërskool Piketberg is opgeneem in die o.11 Boland-netbalspan. Foto: Marietha Goosen


NUUS • NEWS 8 Julie 2015 Johan Viljoen

7

Kuiper, wolhaar, pinnochio en die GWM H6 Leerbekleedsel, sesspoed-handratkas, trukamera en parkeerhulp agter, leerbedekte stuurwiel en rathefboom, ABS-remme, twee lugsakke voor, Bluetooth-, MP3- en telefoonversoenbare klankstelsel wat van die stuurwiel beheer kan word en ook CD's en DVD's speel saam met die aux- en USB-sokke. Elektriese vensters en kantspieëls, dagryligte, hoogteverstelbare bestuurdersitplek, ligte wat tydelik aanbly nadat jy die H6 in die aand gesluit het. Daar is ABS-remme, getinte ruite, banddrukmonitor, outomatiese lugversorging, en ruitveërs en hoofligte wat outomaties aanskakel, armleunings vir bestuurder en voorste passasier en ekstra bekerhouers vir agterste passasiers waar die beenspasie besonder baie is, danksy die verlenging van hierdie model se bak. Die agterste sitplekke vou plat en in die kattebak is daar

sit voet in die hoek In die laaste jare van sy speeldae het een van die Kaap se gewilde wilgerlatswaaiers sy krieket in die Paarl vir die Boland gespeel op die ou Boland Bank Park. Adrian Kuiper het in een toets en 25 eendagwedstryde vir Suid-Afrika diens gedoen. As middelorde-kolwer was Kuiper, wat later vanjaar 56 word, bekend as 'n groot slaner. Die telbord in die Paarl het menige maal ná een van dié (nou) Elgin-boer se grotes geflikker met “Kap hom Kuiper!!!” Dit was altyd ná een van die reuse-sesse wat van “Kuips” se kolf gelanseer is. So het hy by geleentheid in Bloemfontein teen die rebeltoer uit Engeland 117 lopies gemoker van 67 balle en sy honderdtal van 58 balle bereik. Hy het later vertel dat alles net perfek gewerk het. “Alles het net seepglad verloop. Hulle het net gevlieg van my kolf af. Watter hou ek ook al gespeel het.” Daar word vertel dat Kuiper die grootste ses in die geskiedenis van Nuweland geslaan het, toe die bal op 'n trein onderweg na Simonstad beland het. As iemand 'n wolhaarstorie vertel, sê hulle jou neus groei. Soos Pinnochio. (Ander begin natuurlik hakkel en ander se neusvleuels begin onwillekeurig beweeg en ander begin bloos). Ons kuier die afgelope naweek met GWM se H6 (2-liter diesel-model) sportnutsvoertuig in die Karoo. 'n Plek waarvoor mens die wêreld se ontsag het. Moeilik om te beskryf waarom, maar dit is skoon en eg en ook hard, ja. Maar die Karoo én sy mense het 'n spesiale

bekoring. Hier het die tyd ook plek-plek die pas makeer en is daar die wonderlikste stories. Vertel die vrou van werksmense wat nie al die geleenthede gehad het nie en ook nie kan lees en skryf nie. Tog het almal deesdae selfone en wil hul arbeider ook maar een aanskaf. Toe sy vra watter tipe selfoon sy van die dorp moet saambring, kom die onskuldige antwoord: "Koop maar asseblief 'n pinnochio". Toe Great Wall Motors in die Ooste besluit het om hierdie GWM-sportnuts die H6 te noem,

was dit redelik raak. Om die waarheid te sê jy kan hom sommer 'n Groot Ses noem. H6. Het die looks. Die ruimte, die “Bells & Whistles”, soos hulle sê, die brandstofverbruik, die gerief... en die prys. Daar is werklik te veel om hier oor te skryf, maar kom ons som 'n klompie op. Hierdie is nou vir jou 'n ryding waarmee GWM wys dat hulle ernstig is om waarde vir geld te bied. Gerieflik en ruimte.

'n ekstra 12V-sok. En hier is die een waaroor jy dalk twee keer gaan dink of dit Pinnochio se neus is. GWM H6 2,0 TCI Lux met sy vyfjaar- of 100 000 km-waarborg jaag jou tans R239 900 uit die sak. En dit is geen wolhaarstorie nie. *Kuips het klompie jare gelede bevestig die “ses op die Simonstad-trein” is inderdaad een van daardie pinnochio-stories. Cheers, tot die wiele weer rol. Kap hom GMW.


NUUS • NEWS

8

8 Julie 2015

Dagboek • Calender

Back to School Dance 10 July - St Michaels & All Angels Church Abbotsdale have a dance in the Malmesbury town hall. School fees – R60. Tickets available from Organ Fund Committee. Contact Ed Syster at 083 604 2011 for more details. Bridge Gatherings 17 July - Piketberg: Bergrivier Cano Marathon Bridge Gatherings. Piketberg Tourism, 022 913 2063 www.piketbergtourism.co.za. Malmesbury Aglow 18 July - the next meeting of Malmesbury Aglow is on July 18th. At their new venue on Darling Rd, opposite Prima Bande. Starting at 15:00. The speaker is Levina Surtie. Everyone is welcome, Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. Darling Xmas in July 18-19 July - Xmas in July @ Evita se Perron. 022 492 3930 www.evita.co.za. Bergrivier Winterkarnaval 19 Julie: Velddrif - Bergrivier Winterkarnaval. 022 783 1821

basket, they'll provide the music - a guest DJ from Cape Town. Don't take alcohol, cash bar available. Cost: R120 pp or R1000 table of 10. Book: pienaarjanine@gmail.com

PPC Riebeek Berg Marathon

1 August - PPC Riebeeck Bergmarathon: 42.2km marathon, 21.1km half-marathon, 10km run/ walk or a 5km fun run/walk. Riaan van Zyl, 022 482 2909

Landbouskou

1 Augustus: Lutzville Landbouskou 083 613 9439

Post Natuurreservaat

1 Augustus: Langebaan - Post Natuurreservaat open. 022 772 2144

Vroue-oggend

8 Augustus – Org de Rac: saam met Le-Lue Roode van Bokradio, Delanie Jooste `Tipping the scale in your favour with flavour’ en ‘n lekker ontbyt deur Kochelmanders berei. Elke vrou kry ‘n geskenkpakkie en daar is ook ‘n prys vir die beste hoed. Kaartjies is R150pp. Bespreek by Cindy, 022 913 2397 of wine@ orgderac.co.za.

Tip of Africa Perde Uithourit 24-25 Julie - Internasionale Perde Uithourit (160km, 120km, 80km, 60km, 40km - beginners); 07:00-16:00; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller by 028 424 2890 / esther@agrimega.co.za.

8-9 Augustus - Yzerfontein Geelstert-kompetisie, as die weer dit toelaat. Navrae by Neville Smith, 079 873 6860.

Swartland Veterane Ploegdag 25 Julie – Die Swartland Veterane Trekkerklub hou hul jaarlikse ploegdag by die Môreson-plaas op die N7 buite Malmesbury. Kontak Johan Hugo by 082 357 3413.

15 Augustus - In die NG-kerksaal op Piketberg. Karen Smit van Women's Achievement Network for Disability, is die spreker. Skakel 022 913 1525 of acvvpiketberg@telkomsa.net.

Donkie Derby 25 Julie - Die Malmesbury VLV hou sy gewilde Donkie Derby op Saterdag 25 Julie om 18:30 in die Malmesbury stadsaal. Dames, met hoede op, en here, met ‘n das, is welkom om te gaan wed op hul gunsteling-donkie. Kaartjies is R75 per persoon. Neem kontant vir kosstalletjies en kroeg. Navrae en kaartjies by Jeanette Orchard (071 643 5805) of Eek (022 482 3967). Xmas in July 25-26 July: Darling - Xmas in July @ Evita se Perron. 022 492 3930; www.evita.co.za Hengelkompetisie 27 Julie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Winter Dance in the Barn 31 July - Join Darling College for a picnic & dance from 19:00 until late. Take your own picnic

Geelstert-kompetisie

ACVV Vrouedag

A CHOIRed Taste/ beKOOR

15 Augustus - Mega koorskouspel, 19:00; Grandwest Arena, Goodwood, Cape Town. Navrae: Eunice Joubert on 021 863 0397 / eunicek@agrimega.co.za.

Derby

15 Augustus - 20ste derby, Wesbank Sekondêr teen Proteus

Stories@Darling

21-23 August: Darling Stories@Darling. 022 492 3361; www.facebook.com/stories@ darling

Jongwynskou

22 Augustus: Vredendal – Namakwa Weskus Jongwynskou. 027 201 3415

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 12 Julie - Sondagoggenddiens 09:30; geen aanddiens tydens skoolvakansie. Navrae: 073 447 2902.

diens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.

PPK Bethesda Malmesbury 12 Julie - pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18:30. Navrae: 083 722 7787.

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.

PPK Bethesda Porterville 12 Julie - Br Gert Rossouw preek om 10:00 in die sysaal van die NGK.

Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie 074 153 0519 email: info@vpci.org.za. Shofar Malmesbury 12 Julie - 09:30 preek De Waal in Hoërskool Swartland se skoolsaal. Kontak die kantoor by 022 482 4640. Dynamic Love Fellowship 12 Julie - Diens om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00). House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; week-

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00; home cells Wednesday 19:00. Church at 28 Arend Street, Wesbank. Service in English. Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:15 Sunday School; Tuesdayevening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other: Rev John Beck at 022 482 3623.

Wenners:

Clayton Jacobs van Never Despair met die bal in Saterdag se rugbykragmeting teen Velddrif. Never Despair wen met 33 teen 15. Foto: David Howburg


NUUS • NEWS

9

8 Julie 2015

Vegters:

Sangers:

Bloemendal Primêrskoolkoor is by die SA Skoolkoor Eisteddfod in Johannesburg aangewys as die beste skoolkoor in die land. Die hoof, Ivonne Gertse, is nie min trots op dié leerders en hulle afrigter, Sharon Williams, nie. Die groep het met hul tuiskoms, lekkerpakkies vanaf Malmesbury Pick n Pay ontvang.

“Warriors for Christ” in samewerking met Moorreesburg Gemeenskapspolisiëringsforum en SA Polisie het onlangs 'n skopboks-toernooi vir jeugdiges aangebied.Die geleentheid was deel van jeugmaandvieringe. Hier is die deelnemers wat medaljes ontvangs het saam met die organiseerders. Sersant Nicolette Visagie het met die jongmense gepraat oor die gevare van dwelms en die jongmense aangemoedig om deel te word van die skopbokstgroep, Warriors for Christ, wat deur (links) Moenaam May en sy vrou begin is. Hulle het ‘n passie vir jongmense en moedig Moorreesburg se jeug aan om by die groep aan te sluit. Die groep het al SA-kampioene opgelewer. Heelwat gemeenskapslede en ook raadslede het die toernooi bygewoon.

Netbal: Suzaan Basset is opgeneem in

die o.15-Boland-netbalspan en Hanri van Zyl is opgeneem in die o.16-Boland-netbalspan. Hulle is leerders van die Hoërskool Piketberg. Foto: Marietha Goosen

Camera, action when Showville comes to Darling Every town has a story. Every town has a star. Showville is a new TV talent contest based on the concept of going into small towns and finding wonderful, quirky, interesting talent. It’s the antidote to the big shows of Idols and X-Factor. Showville is shooting the second episode in Darling, kicking off with talent auditions on Friday 17 July Darling at the town hall and in Piketberg on 30 July (venue to be confirmed). They want singers and dancers auditioning, but desperately want some performing acts to audition which are more unusual in flavour too - contortionists, magicians, belly-dancing gymnasts! If you know anyone fabulous in Darling

(or a radius of maximum 50km outside Darling) who would fit this bill please get them to come to the audition. They’re not in it to mock talent, the show is feel-good - based on finding four fabulous acts through an audition process whom professional coaches will mentor over a day or two. The coaches are Rob van Vuuren and Bontle Modiselle who both have excellent stage and dance experience. The story is about watching the finalists polishing their acts for the grand finale - a phenomenal stage show where the whole town comes to vote. The winner in each town walks away with R10 000! This story-line goes hand-in-hand

with featuring the gorgeous towns we are visiting. The organisers want singers and dancers auditioning, but are also looking for more unusual iacts, like contortionists, magicians, belly-dancing gymnasts! Only people age 16 and over may audition. Acts can be from one person to three people maximum. Auditions start at 14:00 on the audition day. Auditions close at 17:30. Registration for auditions close at 17:00. All those who audition must be available to attend the finalist selection at 6pm on the same day. Four finalists will be chosen from the audi-

tioned acts. Finalists must be available for the next two days to attend coaching sessions and other filming sessions. Finalists must allow the crew to visit them at their homes and, if they work, possibly at their places of work. If there are too many people who arrive for the auditions, senior members of the production team will do screening auditions. The results of all the auditions will be final and no debate will be entered into. Visit the website: www.showville.co.za for more info. The show will be screening on SABC2 from 7 November 2015.


NUUS • NEWS

10

8 Julie 2015

Knortjorre:

Die Malmesbury Knortjorklub het onlangs sy prysuitdeling gehou. De Wet Britz is as Bestuurder van die Jaar aangewys en Tiaan Britz is Sportman van die Jaar. DW Bester het die prys vir die mooiste kar gekry. Toekennings is ook gemaak vir die beste jaers in die 160cc-, 270cc-, 300cc -, 390 standard cc- en 390 cc Mods-klasse.

Bestuur:

Die bestuur van die Malmesbury Knortjorklub is ook verkies.

Nuut: Kalbaskraal Rugbyklub se B-span spog met nuwe truie.

Kalbaskraal A het die naweek met 51-21 teen Goedverwacht gewen en die B-span met 12-10.


NUUS • NEWS

11

8 Julie 2015 Betrekking Vacancy

Be your own Boss! – Reps needed for AVON, Northern Suburbs, Swartland and Winelands. No Experience Needed – Full training available. Contact Johan 074 061 3593 / Etoschia 079 539 5510

Gelukwensing Congrats

‘n Dankbare terugblik!! Kyk wie is 50 op 13 Julie 2015 JUNE ADONIS

Memorium Memoriam MULLER MARSHALL 24/03/1999 – 30/06/2008

#2088/4

Dienste Services

Beskikbaar om kinders op te pas in die dag en aande. Kontak Heila Hagen – 082 685 3341

#2115

-----------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857

#2024/7

-----------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761, 073 193 1457

Op die vleuels van gebed het jy die mylpaal bereik. Baie geluk. Van Mammie, Mansure, Elrico, Zelreze & Joy (Jeremia 29 v11) #2127

-----------------------RAAI WIE IS 70!!!! MEV SOFIA EDGE 3 Julie 1945 – 2015

#2098/3

#2124

Te Huur To Let

“Bachelor” woonstel in Moorreesburg – semi gemeubeleerd. Privaat ingang. Goeie buurt. Onmiddellik beskikbaar – R1800,00 per maand. Skakel Riaan 060 625 8414 #2117

#2074/4

-----------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589

7 Jaar van ons af weg. Jou ster skitter. Mis jou en jou leemte sal nooit gevul word nie. Liefde Muller familie

Wens vir u geseende en voorspoedige lewensjare toe – Baie liefde #2120

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/10

-----------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2122

-----------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123

-----------------------TITUS EIENDOMME – Wesbank – 3 Slaapkamer huis @ R5000 – Onmiddellik beskikbaar. R2 200 p/m – Gemeubileerde

eenslaapkamer woonstel. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 780 1380 of 022 486 5219 #2125

Te Koop For Sale

Bull Terriers onmiddellik beskikbaar. Reeds ontwurm en ingeënt. R3 000,00 elk. Skakel 082 488 6186 of 022 482 2153

#2121

-----------------------Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682

#2126

-----------------------Elektriese braaipan – R120. Elektriese 2 plaat stoof – R150. 2 Bend wood kombuis stoele – R250 elk. 1x2 laai staal liasseerkabinet R250. Dubbel bed “base” met matras R950. 1 Bird Nest Imbuia tafel – R1200. Imbuia raam met groot spieël – R950. 2x2 sitplek Craft Everest banke – R2500 elk. Groot Imbuia muurhorlosie – R900. Skakel Muller 079 413 2520 (Malmesbury). Kontak my indien u enige wit olifante het om te verkoop

#2119

-----------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10

of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/6

-----------------------Ysbesigheid te koop (Malmesbury) – Bestaan 10 jaar – bestaande kliënte basis – R80 000,00 / nka, Skakel 073 422 4271 #2112/1

------------------------

Kontak ons gerus om hier te adverteer by 022 487 3221 of kom loer gerus in by Hugenotestraat 24, Malmesbury


courant

NUUS • NEWS

8 Julie 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

8 Julie 2015

Krieketspelers skitter vir Porterville

Sportuitslae Sports results Fietsry Malmesbury Fietsryklub Momentum Weekend Argus Knysna Cycle Race Saturday 80km MTB Challenge Johann Rabie came 2nd in 2:52:54. Sunday 109km Road race Johann Rabie 02:43:57 (5th); Kobus Duminy 03:39:07; Shane Ketel 4:19:50. Gholf Malmesbury Gholfklub Enkel Stableford - Vrydag Sundowner Edmund Petersen 20 (punte) 7 (vchrs); Freek Stander 19 5; Jacob Goosen 18 4; Steven Adams 18 3. Enkel Stableford - Saterdag 4 Julie R vd Merwe 41; Johann Ackerman 9; Dick Ross 37; Alex Katzeff 37; André Schillig 37; Andriaan Louw 37; Natie Smith 37; André Uys 36.

Bo: Jandré Williams Porterville Krieketklub se mees belowende speler.

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka Jaaroud uitslag 1. F Meintjes & Seuns 1373.7792; 2. E Kotze 1349.3027; 3. F Meintjes & Seuns 1343.4390; 4. M Hill 1329.8590; 5. E Kotze 1325.8333; 6. F Meintjes & Seuns 1323.8836; 7. F Meintjes & Seuns 1323.1356; 8. G Horn 1312.3802; 9. J Steenkamp 1306.9378; 10. J Steenkamp 1306.7555.

Onder: Milla Boumeester is as die Bouler van die Jaar aangewys. Hy het 10 paaltjies geneem. Kurker Pedro is as Kolwer van die Jaar aangewys, met 226 lopies aangeteken. Hy het ook toekennings vir T20 Speler van die Jaar en Speler van die Jaar ontvang.

Geplant:

Giovani Toontjies van die Moorreesburg Rugbyklub (Samoa) staan geplant in Saterdag se kragmeting teen Saldanha. Met rustyd het die telling op 15-6 in die guns van Saldanha gestaan, maar toe die eindfluit blaas was die telling 30-11 vir Saldanha.

Leeu Gamka Ope uitslag 1. E Kotze 1401.0206; 2. F Meintjes & Seuns 1398.1791; 3. F Meintjes & Seuns 1378.3271; 4. G Horn 1364.4011; 5. E Kotze 1363.4305; 6. M Hill 1363.2818; 7. M Hill 1358.8401; 8. J Steenkamp 1351.2376; 9. J Steenkamp 1350.6531; 10. E Kotze 1345.6233.

• Groot feestelikheid in uitdaag verwag

Moorreesburg Posduifklub Leeu Gamka Jo 2 1. Yt & Tuis 1398.3313; 2. Frans Jooste 1388.4003; 3. Frans Jooste 1387.6792; 4. Frans Jooste 1387.1646; 5. HMO Smit En Seun 1380.9331; 6. Yt & Tuis 1379.8494; 7. Boetie & Baron Hokke 1370.7541; 8. Frans Jooste 1369.2906; 9. Yt & Tuis 1348.3873; 10. Yt & Tuis 1347.9983.

Maak reg vir Trans Agulhas Die 28ste Trans Agulhas rubberboot-uitdaging is gesond en die tafel is gedek vir ‘n skouspel hierdie jaar soos min. Merk gerus die vaart van 28 Desember tot 1 Januarie nou reeds op die kalender Hierdie uitdaging wat beskou word as die moeilikste rubberboot uitdaging ter wêreld op die oop see. Dit het sy oorsprong op 26 Desember 1988

gehad en sedertdien het dit nog elke jaarliks plaasgevind. Die wegspring is by Plettenbergbaai op Maandag 28 Desember en die eerste bestemming is Santosstrand by Mosselbaai. Dinsdagoggend 29 Desember vertrek die bote weer na Stilbaai en daarvandaan op Woensdag 30 Desember na Struisbaai. Op Donderdag 31 Desember is dit die voor-

laaste been na Gansbaai. Vrydag 1 Januarie breek die finale dag aan van Gansbaai na die Strand – in totaal dan meer as 700km oor vyf tawwe dae! ‘n Splinternuwe komitee is tydens die jaarvergadering van Club Agulhas op Saterdag 6 Junie gekies. Nuwe koppe, nuwe planne en daar is 'n rits nuwe idees in die pyplyn vir vanjaar se Trans Agulhas.

Met die afskop van die 2015 Bergrivier Kanomarathon wat slegs ses dae weg is, is die organiseerders gereed om groot veranderinge aan dié kanoe-uitdaag se roete aan te bring, weens die

lae watervlak van die rivier. Volgens die organiseerders sal hulle die begin van die eerste skof moontlik skuif na die Hermon-brug en so 45km van die roete vanaf die

Paarl uitsny. Hierdie veranderinge sal slegs geld indien daar nie betekenisvolle reënval oor die volgende paar dae aangeteken word nie.

Leeu Gamka Ope 2 1. Frans Jooste 1343.6164; 2. Frans Jooste 1326.3698; 3. Frans Jooste 1324.3036; 4. Hennie Bester & Johan Oerf 1318.9335; 5. Steenekamp Lofts 1315.8666; 6. Van der Vyver Hokke 1301.1057; 7. Yt & Tuis 1288.5127; 8. Doornkloof 1286.9625; 9. Van der Vyver Hokke 1272.0391; 10. Yt & Tuis 1263.7655. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Beaufort West 1 1. Kenneth Edas 1380.935; 2. Leukes Family 1369.986; 3. A Abrahams 1351.298; 4. Leukes Family 1339.552;5. Leukes Family 1339.473; 6. Stan the Man 1337.993; 7. D Daniels 1336.552; 8. RC Liedeman 1334.784; 9. E Liedeman 1332.091; 10. Cross Border Lofts 1328.446.

Reën bepaal Berg-wegspring se skuif

R

GOOD PRICES

R

89

97

R

54

Savanna Premium Cider Assorted Cans or Nonreturnable Bottles 6 x 330ml Per Pack

Klipdrift Export Brandy 750ml

BUY 3 FOR

Wellington VO Brandy 750ml

R

88

Olof Bergh Brandy 750ml

PRICES VALID 9 - 12 JULY 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

R

45

Four Cousins Assorted Wines 1.5 Litre Each

R

99

Van Loveren River Red Wine 750ml

Out of cash?

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

R

199

Heineken Lager Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.

1194152_100 x 260

REFRESHINGLY


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant 8 julie 2015 328 by DieCourant - Issuu