die courant 8 Februarie 2012

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 159

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

8 Februarie 2012

Koue lafenis

hugenotestraat 11, malmesbur y

Van Niekerks saam 192 jaar Ontmoet raadsheer Klasie Rust Fokus val op Bokomoweg Voet in die hoek met Toyota Innova

Die hitte het die Swartland behoorlik getref en niemand is oorgesien nie. Terwyl som-

miges lafenis onder ‘n lugverkoeler of waaier gesoek het, het die jonges onder ons aan heerlike roomys gesmul en in die swembad baljaar. Bo is Gerhard Bester (Kammaland), Corli Claasen (Morsjorsies) en Nossi Jantjies (Swartland Pre-Primêr).

Larey na Duitsland vir jeug Groot rugby-stryd op Malmesbury

Swartland kry R200m se sonplaas

‘n Eerste vir die Swartland is die nuwe kommersiële Solar-plaas wat binnekort gebou gaan word op die plaas Eenboom tussen Darling en Malmesbury. Die SlimSun Swartland Solar Park, met ‘n kapitale waarde van R200 miljoen, se doel is om as onafhanklike kragprodusent Eskom se kragopwekking aan te vul en om Suid-Afrika se koolstof-voetspoor te beperk. Die eienaars van die boutiek wynlandgoed Franki’s Vineyards, Franco Afrique Technologies (FAT), is een van die eerste 28 suksesvolle bieërs in Suid-Afrika aan wie dié tender toegestaan is, nadat 400 ontwikkelaars vanoor die wêreld tenders ingehandig het vir die bou van sonplase. Hierdie projek is geloods nadat die departement van Energiesake vir jare lank hieroor navorsing gedoen en belangstellendes genooi het om as bieërs aan hierdie proses deel te neem. Die aankondiging dat die SlimSun Swartland Solar Park op Eenboom opgerig

gaan word, is tydens die COP Die voorstelling van ‘n tipiese sonplaas in Europa. 17-beraad in Durban gedoen. Sewe en twintig ander aanlegte van dié aard sal ook later in die res van Suid-Afrika gebou word en sluit al die ander provinsies in. Die SlimSun Swartland Solar Park sal groen energie tydrowende saak! opwek, genoeg om ‘n dorp so groot soos “Omdat dit deel van die nuwe Darling van krag te voorsien. nasionale strategie vorm dat die Anthony Corin van Franki’s Vineyards sê sonplaas-krag direk in Eskom se dat bouwerk vroeg in Julie sal begin, na- distribusienetwerk geplaas gaan dat die voorbereidingstyd aan papierwerk, word, is die formele voorbereikontrakte en formele voorbereidings baie dings uiters belangrik. van hulle tyd in beslag geneem het. “Sodra die bouwerk begin, “Veertien verskillende kontrakte met sal daar heelwat werkgeleentbanke, die departemente, Eskom, die te- hede beskikbaar raak; dit sluit sourie, die regering ... dit is maar ‘n redelik ongeskoolde, halfgeskoolde en

hoogstegnologiese werkgeleenthede in,” het hy aan die courant gesê. Oor die befondsing van dié aanleg, sê Corin dat daar drie vennote is: Eenboom, die Greentech-fonds en ‘n Swartland gemeenskapstrust. “Die Swartland sal tweeledig baat by hierdie nuwe aanleg; eerstens met nuwe werkgeleenthede en indirek wanneer geld weer teruggeploeg gaan word in die gemeenskap met onder meer projekte vir opleiding en geld vir bejaardes,” het hy bygevoeg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 8 Februarie 2012 by DieCourant - Issuu