Skip to main content

Die courant 7 oktober 2015 341

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

7 Oktober 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 341

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Lê in met die knippers

Die Swartland en Bergrivier is bedrywig op alle gebiede van die landbou. Op die hakke van skeertyd loop die skape sonder hul woljasse rond en op die landerye word die koring platgesny.

• ‘ONS GAAN BAIE LEER’

Boere bly positief Ons weet nie hoe die jaar gaan uitdraai nie, maar ons gaan beslis baie leer. Só sê Gert Claassen, landbouer van die Swartland. Hy was een van die blok-beoordelaars by verlede week se Koringproewedag. Sowat 70 landbouers het die dag op Grasrug van Michiel Smuts saamgetrek. In die omgewing van Piketberg en Eendekuil krap die boere kop oor die oes. Nogtans staan die landbougemeenskap nog nie hoed in die hand nie en bly hulle positief. Die gevoel is ondersteun deur ds. Jakobus Snyders van die Malmesbury NGK Moedergemeente, wat die dag geopen het. Hy het Paulus aangehaal oor God se onvoorwaardelike liefde vir die mens. “Dieselfde is nie altyd waar van ons nie: Dalk is hierdie droogte een te veel vir ons liefde. “Ek sou graag wou sê alles gaan uitwerk: Daar

gaan genoeg reën val, die oes gaan goed wees. Maar wat ek weet, is dat die Here krag sal gee. Kom ons loof Hom vir wie Hy is – aan Sy liefde is daar geen einde nie.” Die groep het hierna deur die distrik gery en landerye op De Grendel, Houmoed, Papkuilsfontein, Bakenfontein en Nuwerus en meer besigtig. Die menings het gewissel van teleurgesteld tot versigtig optimisties. Soos een dit gestel het: “Dit lyk verbasend goed vir so ‘n droë jaar.” Die ligter oomblikke het ook nie agterweë gebly nie. Op een plaas het die boer gewys hoe bolwurm en luis op die blare baljaar. “Ja,” het een laat hoor, “my werkers wou gister spuit, maar ek het gesê as die goggas hulle pla, moet hulle dit maar doodslaan!” Dit is reeds hierdie bestuurskeuses waarvoor

boere nou te staan kom. Louis Coetzee het in sy bespreking van die studiegroepdata gesê dit is die insetkoste wat die seisoen se bestuur moeilik maak. “Dit is in jare soos vanjaar wat elke aksie tel.” Hy het 2015 as ‘n unieke jaar beskryf. In die Malmesbury-omgewing was Junie ideaal: Daar was genoeg ryp en die plante het goed gestoel. Die reën was min en hier het hy dit vergelyk met twee histories-droë jare: 1978 en 1937. “Tog was die reën in Junie en Julie vanjaar meer gunstig en die temperature was ook laer. “Ek hoop en bid ons haal ‘n oes af.” Coetzee meen boere het oor die algemeen bietjie konserwatief bestee, “al het ons agter potensiaal aan bestee”. Hy sê wat ook in boere se guns getel het, was dat bemesting en chemikalieë se pryse effe gedaal het.

NUUS • NEWS

7 Oktober 2015


NUUS • NEWS

2

7 Oktober 2015

• SAAMSTAAN LOOP VER PAD

Buurtwag stap voor Saamstaan op Malmesbury is ‘n gemeenskap wat ‘n ver pad geloop het om hulle naam gestand te doen. Vandag kan die gemeenskap terugkyk op leiers en inwoners wat alles ingesit het om sosiale kwessies aan te spreek en ‘n beter toekoms vir oud en jonk te skep. "Dit was nie aldag maklik nie: ver van polisie- en ander hulp, moes hulle leer om self huis en haard te beskerm,“ het Cynthia Slingers van die Gemeenskapspolisiëringsforum, gesê. Sy het gesels oor die vraghouer wat nou in Alfastraat staangemaak is as kontakpunt vir die buurtwag. “Misdaad is besig om drasties af te neem in dié gebied,” het konstabel Henry du Rand van die Malmesbury SAPD aan dié courant bevestig. “Veral huishoudelike misdaad is aansienlik minder.” Pastoor Moos Jaanse voeg by: “Ons as Saamstaan is bevoorreg. In die verlede kon ons baie aande nie lekker slaap nie. Nou het ons tyd gekom en ons is

meer as dankbaar vir hierdie kontakpunt." Konstabel du Rand het verduidelik dat dit nie ‘n satelliet-polisiestasie is nie. “Dit word deur reserviste en opgeleide vrywilligers uit die gemeenskap beman met die ondersteuning van die SAPD..” “Hierdie kontakpunt is ‘n duidelike bewys van wat gedoen kan word as mense saamstaan,” het Slingers gesê. Die projek is 'n inisiatief van die GPF wat moontlik gemaak is deur die ondersteuning van rolspelers en vennote soos Swartland Munisipaliteit, SANRAL, SAPD en MSS. Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Tijmen van Essen, sê die kontakpunt is deel van sy droom vir Swartland. Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om hul klagtes aan te meld en veral om te sien na die kinders se veiligheid. “Hou julle net aan om die regte dinge te doen en dan sal ons baie regkry. "Hierdie is die begin van ‘n beter toekoms."

Nuwe hoop: Die onderburgemeester, rdl Maude Goliath, het die lint vir die kontakpunt geknip. Links staan Cynhia Slingers, voorsitter van die GPF, by.

Athony Corin van SlimSun Links) en burgemeester Tijmen van Essen by die streekwenners. Agter: Terje Groenewoud (3de plek, gr 6-7), Nikesha Esau (1ste plek, gr 6-7), Lelitha Tyhalidiza (3de, gr 4-5), Leichen Adams (2de plek, gr 4-5) en Algurnan Olivier (2de plek, gr 6-7). Voor: Marcelli Botha (3de, gr 1-3), Donavan Adonis (1ste, gr 4-5), Thomas Orchard (1ste, gr 1-3) en Teneal Joubert (2de, gr 1-3).

Kunswerke hang nou in minister se kantoor

Swartlandse skole het uitstekend gevaar in die nasionale kunskompetisie van die Departement Energie. Kunswerke moes die positiewe impak van bekostigbare energie uitbeeld. Vier van die nege nasionale pryse het aan plaaslike skole gegaan en is tydens ‘n gala-funksie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum oorhandig. Swartland het twee eerste plekke, asook ‘n tweede en derde plek behaal. Boonop is daar ook ‘n boetie en sussie onder die wenners. Thomas Orchard was eerste in die afdeling Graad 1 tot 3 en wen daarmee R100 000 vir Laerskool Swartland. Sy kunswerk gaan nou in die kantoor van die Minister van Energie. me Tina Joemat-Pettersson, in Pretoria hang. Die ander eerste plek gaan aan Leichen Adams van Darling Primêr. Sy was in die afdeling vir Graad 4 tot 5. Thomas se sussie, Jean-Mari Orchard, het ‘n tweede plek behaal en Luzandro Klaase van Riverlands Primêr ‘n derde plek. Die SlimSun Swartland Solarpark buite Darling het gehelp met die organisasie van die Departement van Energie se projek, “Re-Energising Africa”. Leerders van graad 1 tot 7 kon deelneem aan die nasionale kunskompetisie vir laerskole. Dit vorm deel van die SA internasionale Hernubare Energiekonferensie 2015 wat middel-Oktober in Kaapstad plaasvind.

Vyftien plaaslike laerskole het aan die aanvanklike streekkompetisie deelgeneem, met amper 850 inskrywings. Onlangs is ‘n plaaslike prysuitdeling in samewerking met Swartland Munisipaliteit aangebied. Anthony Corin van SlimSun het by dié geleentheid gesê die doel is om kinders aan te moedig om te kyk na ‘n “hernubare wêreld”. Nege kinders het in drie kategorieë pryse gewen: graad 1-3; graad 4-5 en graad 6-7. Agttien van die inskrywings is na die nasionale kompetisie gestuur. Die wenners vir graad 1 tot 3 was: Thomas Orchard (1ste, Swartland Laer), Teneal Joubert (2de, Swartland) en Marcelli Botha (3de, Koranrug). Graad 4 tot 5: Donavan Adonis (1ste, Welgemeend), Leichen Adams (2de, Darling Primêr) en Lelitha Tyhalidiza (3de, Liebenberg). Graad 6 tot 7: Nikosha Esau (Vooruitsig), Algurnan Olivier (2de, Anne Pienaar) en Terje Groenewoud (3de, Darling College). Corin het ook drie kontantpryse van R5000 elk aan skole oorhandig wat na sy mening “die etiek en DNA van die kompetisie met geesdrif vasgevang het”. Die skoolhoofde, Kaza Pieters (Goedehoop), Pam Esau (Welgemeend) en George Martin (Koranrug) het die tjeks in ontvangs geneem.


NUUS • NEWS

3

7 Oktober 2015

1ste burger op die see:

Die Nasionale Seereddinginstituut (NSRI) se stasie 34 op Yzerfontein het Saterdag 'n opedag gehou. Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het ook besoek afgelê en die stasie se nuwe gebou, wat onlangs geopen is, besigtig. Van Essen het ook 'n diepseevaart op die stasie se reddingsvaartuig, Rotary Onward, meegemaak. Van Essen (wuiwend van die boot) het die span (almal verbonde aan die stasie is vrywilligers onder aanvoering van bevelvoerder Willem Lubbe) namens die Swartland bedank vir die entoesiasme en professionele manier waarop hulle die noodsaaklike werk verrig.

• INWONER GEE RAAD OP 100

‘Moenie kla, lééf net’

Kla help nie, druk deur en werk met wat jy kry. Dit is die lewensfilosofie van oom Johan Nel, wat op 2 Oktober honderd jaar oud geword het. Hy bly by sy jongste seun, Kobus, en skoondogter, Liz, op Hooikraal, Moorreesburg. Hier het dié courant by hom gaan kuier. Oom Johan het sy eie woonstel langs hulle huis en eet net saans saam met die gesin. Ons stap die voorkamer in en word vrolik gegroet deur ‘n aantreklike man wat sit en televisie kyk. Op die oog af sal ‘n mens hom nie ‘n dag ouer as 75 skat nie. Op die tafeltjie langs hom lê ‘n bundel kortverhale van Eugene Marais, Dana Snyman se nuwe boek, Uit die binneland, en Deon Meyer se Icarus. Die vonkel in sy oog laat jou vinnig besef hier is ‘n skerp intellek, gekenter deur 'n eeu van leef. “Ek vererg my sommer as jongmense van tagtig jaar, kla. Dit maak my siek,” en hy gee so ‘n droë laggie. Van siekte het hy nie eintlik kennis nie. “My knie gee ‘n bietjie probleme,” maar hy laat hom nie daardeur afsit nie. Hy het ‘n kierie en ‘n rystoel vir langer ritte. “Tot onlangs moes ons die lere wegsteek, want hy het kort-kort op die dak geklim om iets reg te maak,” lag Liz. Oom Johan skud net sy kop en knipoog onderlangs. Liz vertel dat hy nog sy eie banksake behartig en hy beduie entoesiasties na die stapeltjie biblioteekboeke wat hy nog gereeld gaan uitneem. Oom Johan is op Coalbrook, duskant Vereeniging, gebore. Later is hy Koppies toe en hier het hy in 1932 as 17-jarige sy ambag as skrynwerker begin. Almal getuig van die mooi, netjiese houtwerk wat deur sy hande gegaan het. Hy vertel ook van die 3-slaapkamerhuis wat hy later jare self in Kraaifontein gebou het. As jy na oom Johan luister, hoor jy ‘n mens wat altyd die beste van ‘n saak maak. Tog het hy ook die anderkant van die lewe geken. “Dit was natuurlik nie altyd maklik nie. Ek is deur die depressie en die oorlog – vuurhoutjies was bitter skaars en tandepasta was ‘n poeier wat

jy jou tande mee moes skoonmaak,” onthou hy. Oom Johan se vrou het hom in die negentigerjare ontval. Die afgelope 18 jaar bly hy by Kobus en Liz – eers op Lutzville en nou op Moorreesburg. Hy het vier kinders: die oudste seun, Louis, woon op Bela-Bela. Sy dogter Ria in Pretoria en Hannetjie in Kuilsrivier. Hy is ook baie erg oor sy tien kleinkinders en elf agterkleinkinders. “Ek wou so graag ‘n oupa hê, maar dit was my nie beskore nie. Nou is dit my plig om oupa te speel. Ek geniet hulle, hulle hou my aan die gang.” Die meeste van die familie was die naweek hier vir sy verjaardag. “Ek het dit baie geniet. Hulle het die lieflikste kaartjies vir my gegee.” Foto: Oom Johan Nel kry 'n drukkie by sy skoondogter, Liz.


NUUS • NEWS

courant

7 Oktober 2015

Wen kaartjies na BZN in Paarl

dié

4

As goeie nuus 'n uitdaging word... Die een belangrike ding, sê kenners, om suksesvol te wees en suksesvol te BLY, is om nooit te gemaklik te raak met die plek of posisie waarin jy jouself bevind nie. Verder is elkeen se idee van sukses ook nie dieselfde nie. Vir party is dit net geld, ander het persoonlike mylpale en ander wil werklik net 'n verskil maak. dié courant het 'n beleid van goeie nuus en dit maak hierdie publikasie uniek. Maar dit bring ook dikwels gróót uitdagings wanneer daar baie belangrike sake of nuus op ons ore of tafels land, wat nie sulke goeie nuus is nie. Vandeesweek is weer 'n sprekende voorbeeld met die dood van twee groot geeste, Gummy van der Westhuizen en Petro Knoetzen, wat diep spore getrap het. Hierdie mense se nalatenskap verdien om gedokumenteer te word. Verder is die droogte in ons streek baie erg en baie sleg. Dit is belangrik dat ons lesers dit weet om te help water spaar. Dit is ons plig en doel om die gemeenskap te bou, te dien, in te lig en op te voed. Selfs al moet ons soms moeilike onderwerpe aanpak, sal ons dit doen om ons gemeenskap te dien. En dit sal ons op die positiefste manier moontlik doen, want dit is ons plig om te help bou aan ons tuiste en om dit te beskerm en te bewaar vir die toekoms en eer te gee waar dit toekom.

Toerisme:

Weskus Toerisme het Maandag ‘n konferensie oor verantwoordelike toerisme by die Piekenierskloof Mountain Resort aangebied waar verskeie Weskus-inwoners wat reeds aktief met ekotoerisme besig is en besprekingsgroepe gesels het oor die sosiale, ekonomiese en omgewingsfaktore van verantwoordelike ekotoerisme. Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, Alan Winde (links), in gesprek met Heidi van der Watt van Responsible Tourism South Africa en Edge Tourism Solutions. By die geleentheid is die Weskus se nuwe embleem ook amptelik bekendgestel. In die ontwerp is helder kleure gekies om die verskeidenheid in unieke ervarings wat die hele Weskus-streek aan inwoners en besoekers bied, te omvang.

Onderwys:

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Is your joy full?

Passage: I John 1:4 “And these things we write to you that your joy may be full.” Christians who maintains a “strong fellowship with God” do so by reading, studying and applying Scripture; fellowship includes prayer; fellowship with God includes confession of our sin; and through being honestly or truly involved in a Bible-believing local church! Fellowship includes caring for others - especially those with special needs! In such cases of a consistently practiced fellowship the joy of the Holy Spirit will become increasingly evident. Christians can fall into the trap of assessing the reality of their fellowship with God on their own feelings or for some on successful circumstances. How much confidence would Old Testament believers like Joseph and New Testament believers like Paul have if they followed the line of thinking? A truly faithful believer will want to be careful to focus on how the Bible reveals God’s attitude to us and what He has promised. We must not allow things of the world to distracted us from what is truly important— “the kingdom of God and His righteousness.” We all can fall prey to discontentment that fosters the greed to get more instead of the grace to give more. We can languish in discouragement when our selfeffort fails to measure up to what we know that we should be and what we should do. Growing disillusioned some Christians seem to be yielding to selfservice and worldly-minded. They can be defeated by giving in to temptation that leads to a downward spiral of catering to their flesh, or living as a hypocrite. I. John is written to believers in an effort to protect them against error and to enable them to know the joy that comes with being rooted and steadfast in the faith. Any Christian can become dulled to the things of God, and thereby open himself or herself up to complacency, carelessness or carnality that leads to sin. If left unchecked and unconfessed, sin will quench “that calm delight and gladness” that the Bible calls joy. God-given joy involves the intellect, emotion and will. When a person places faith in the Lord Jesus Christ, God’s Spirit indwells him or her. A Spirit-controlled mind studies and values God’s truth and personal joy and settled assurance results or is the outcome.

Ralph Cuttings het by die National Teacher Awards van die Weskus Onderwysdistrik op Saldanha die derde plek in die kategorie Excellence in Primary School Teaching behaal. Cuttings het sy onderwysloopbaan by Schoonspruit Hoërskool begin en is die afgelope 25 jaar aan St Thomas Primêr verbonde, Op die oomblik hy verskeie posisies: departementshoof, Swartland Skole voorsitterm atletiekoraniseerde van Swartland Sone en Wes-Bolnd Sone, Boland Laerskole verteenwoordiger, ondervoorsitter van die Schoonspruit Beheerliggaan en afrigter van atletiek, krieket, tennis, rugby en sokker.

Vir Anny Schilder en Jan Keizer, hoofsangers van die legendariese groep BZN, is hul opkomende Suid-Afrikaanse toer ’n “viering van die lewe”. Anny is verlede jaar met borskanker gediagnoseer en hulle moes noodgedwonge hul SuidAfrikaanse konserte kanselleer. “Alles verander wanneer ’n mens sulke nuus kry,” vertel Anny. Dit is dan wanneer ’n mens se wil inskop om te lewe. “Ek het daardie dag besluit ek gaan nie toelaat dat dié siekte my onderkry nie. Ek wil voluit lewe, gesond word en weer begin optree.” Die behandeling was suksesvol en Anny, Jan en die res van die BZN-span het dadelik begin beplan aan ’n wêreldtoer. BZN het in die tagtigerjare op die Suid-Afrikaanse trefferparade geboer met liedjies soos “Yeppa”, “Tonight”, “Wheels on Fire”, “Le Legionnaire”, en “Waltzing Maria”. Met hulle optrede op 31 Oktober by die LiquiFruit-amfiteater gaan hulle al die liedjies sing wat destyds van hulle ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het. Jan en Anny word tydens hul SA toer vergesel deur die BZN-orkes en twee bekende Suid-Afrikaanse sangers en televisie-aanbieders, Nádine en Gerrie Pretorius, sal saamtoer as gaskunstenaars. Kaartjies is reeds beskikbaar by Computicket. In samewerking met Culitvaria, gee dié courant oor die volgende drie weke een dubbelkaartjie per week weg na die optrede in die Paarl. Sms BZN, jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 teen Maandag 12 Oktober om 15:00. Vraag: Noem een van BZN se bekendste liedjies.

Saam op safari met sakekamer Dit is weer Safari-tyd en Malmesbury Sakekamer vergader op Dinsdag 13 Oktober vir hierdie belowende aand. Almal kom hierdie jaar op die parkeerarea by die Munisipale swembad bymekaar waarna hulle met busse vertrek vir ‘n onvergeetlike aand. Die aand bly ‘n groot verrassing. Die tyd is 18:00 vir 18:30 en busse sal stiptelik om 18:30 vertrek. Daar is slegs 100 sitplekke beskikbaar so bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Moenie die aand misloop nie en bring gerus vriende en kollegas saam. Kaartjies beloop R100 per persoon vir lede en R140 per persoon vir nie-lede en sluit ‘n ligte ete in. RSVP asseblief stiptelik teen Vrydag 9 Oktober om 15:45

by Toinette Niemann by Bester en Vennote, tel 022 482 1060. Hulle doen weer eens ‘n beroep op alle lede om die afsny datum van 9 Oktober te eerbiedig ter wille van die persoon(e) wat die kos maak. Die reëling is ongelukkig dat, as ‘n bespreking gedoen word die betrokke persoon of instansie verantwoordelik sal wees vir die koste van hul bespreking. Moenie vergeet van die jaareind gala dineedans op 13 November nie. Dit beloof om ‘n onvergeetlike aand saam met Desmond Wells te wees!. Vir besprekings skakel Toinette Niemann, by Bester & Vennote. tel 022 482 1060.


NUUS • NEWS 7 Oktober 2015

5


NUUS • NEWS

6

7 Oktober 2015

Koringstudiegroep

Dagboek • Calender Debutant Ball 9 October - St Michaels Church presents the ball at 19:00, Malmesbury Town Hall. Costs: R100. Band: Top Five. Dress Code: Formal. Tickets: all ward leaders or Ewerd Syster, 083 604 2011. Paarl Skool 4x4 9-10 October: Porterville - Paarl Skool 4x4 by Waterval & Laatson. 082 924 0307. Schoonspruit Reünie 9-11 Oktober - Schoonspruit Malmesbury. Vrydagaand: bring & braai (karaoke/dans ingesluit); Saterdagaand: maskerbal, 3-gang maaltyd, live band Sondagoggend: sluit af met dankdiens. Kontak: Magaret Tippens , 079 739 9635 of Ester Mquire, 083 422 0862. Reünie oop vir almal wat by Schoonspruit skoolgegaan het. Geen beperkte jare.

toegelaat). CD’s, boeke en produkte van die Kaalkop-reeks sal te koop wees. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Dog Walk & Fun Day 18 October – Topiary Wine Estate, Wemmershoek Rd (between Paarl and Franschhoek), from 09:00 to 14:00. Different routes, treasure hunt, competitions & prizes. Riebeekvallei Museum Jaarvergadering 21 Oktober - Joyce Kotzé, bekroonde skrywer van Runaway Horses, 'n verhaal oor die Anglo Boere-oorlog, is die spreker by die jaarvergadering om 19:00 by die museum. DA Piekniekdans 23 Oktober - Wesbank-gemeenskapsaal, Malmesbury, van 19:00 tot laat. Met Mario Arnold One-Man Band. Bring XYZ. Toegang R50pp. Kontak Maude Goliath (082 643 1344), of Adam Leander (kantoor, 022 486 5198).

Land Rover Rally 9-11 October - Kab'Bati River Resort. Contact info@kambati. co.za or 072 357 1131.

Hengelkompetisie 24 Oktober - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044.

Tiger Classic Gholfdag 10 Oktober - Moorreesburg Gholfklub, 4 Bal Samestel Stableford; R1800 per span, sluit in natgat, broodtafel en aandete. Navrae by Yolanda , 022 433 1848 of e-pos moorreesburggolfclub@telkomsa.net.

Visfabriek-toernooi 30-31 Oktober - Velddrif. 022 783 1821.

Swartland Country Market 10 October - Swartland Country Market at Kirstenbosch Stone Cottages, 10:00 to 16:00. Taste the wines and olives of the region. Entrance is free, but a wine glass and tasting vouchers can be purchased @ R40 per person at the gate. Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133 or email swartlandinfo@ westc.co.za. The Darling Music Experience 11 October – James Grace, guitar performs at 11:30 at !Khwa ttu. All proceeds from ticket sales to Darling Music for All. Tickets: R90 (pensioners & students R50). Lunch (optional) R195. Bookings: Peter, 022 492 2009. Bandana Day 12 October – We Love Bandana Day is organised by the Sunflower Fund in support of patients diagnosed with leukaemia and other life-threatening blood disorders. Buy your bandana at Pick n Pay or The Round Table. Enquiries: toll-free at 0800 12 10 82 or www.sunflowerfund.org.za. West Coast Fossil Park 13 October Evening Talk: The Dodo – Mike Bruton 17 October Shark Workshop with Two Oceans 23 October Morning Talk: The Coelecanth – Kerry Sink Contact Wendy/ Nadia or Hildegard for more information, 022 766 1606 or e-mail Wendy: edu@fossilpark.org.za. Skrywersaand 14 Oktober - skrywer Rudie van Rensburg besoek Malmesbury Biblioteek om 19:00. Hy gaan gesels oor sy boeke en na die tyd is daar ‘n gesellige kuiertjie saam met hom. Besprekings is noodsaaklik en belangstellendes kan die biblioteek kontak by 022 487 9439. Prysuuitdeling 15 Oktober - Hoërskool Swartland se jaarlikse prysuitdeling om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Voet van Afrika-marathon 16-18 Oktober - Mega Sport Classic Voet van Afrika Marathon Sportnaweek; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller by 028 424 2890 of esther@agrimega.co.za. Malmesbury Aglow 17 October – The next Malmesbury Aglow meeting is on Saturday October 17th, starting at 15:00 (3pm). At the Rivers of Life Christian Fellowhip, Darling Rd (opposite Prima Bande). The speaker is Rita Manshon. Everyone is welcome. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. Boat Surveys 17 October – Boat surveys for club members will take place at Yzerfontein Boat Angling Club from 09.00 to 12:00 at the Fish Market in Yzerfontein. All members who would like to have their boats surveyed must please e-mail their previous certificate of fitness and buoyancy certificate to the safety officer at: kobus@melkbosmarine.co.za. Darling Gymkhana 17 October - Darling Club, 87the Darling Gymkhana. Entries are opening soon. Nataniël sing vir Badisa 17 Oktober - Die bekende sanger en kunstenaar Nataniël en pianis Charl du Plessis tree op ten bate van Badisa RiebeekWes. Die konsert begin om 19:00 in die NGK-saal op RiebeekKasteel. Kaartjies is R200 per persoon (geen kinders onder 15

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 11 Oktober - Sondagoggend 09:30 preek pastoor Johan Botha. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902.

Inspirerende Lentetee 31 Oktober – ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9, Riebeek-Kasteel. R100 (sluit ligte versnaperinge in). Die spesiale gas is Beau de Klerk wat in 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet van Kaapstad na Pretoria gestap het. Hy vertel ‘n verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Die ACVV mans en vroue uit na die inspirerende oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 / 084 291 5088. Agri Cape Week 28-31 Oktober - Wyn-, Vrugte & Varsprodukte Ekspo; Kleinplasie, Worcester. Navrae: Anne-Marie le Roux by 021 863 0397/ annemarie@agrimega.co.za; Lize Kotzé by reinette@ agrimega.co.za. Vissermansgolfdag 31 October - Velddrif. 022 783 0535.

Omgeefees 30 Okt - 1 November - Clanwilliam. 027 482 1231. Citrusdal Kersmark 6 & 7 November - NG-kerksaal Citrusdal: Vrydag 10:00 20:00 en Saterdag 09:00 - 13:00. Malmesbury2Sea 7 November – Ry fiets van Malmesbury tot Yzerfontein en slaap die aand in die karavaanpark. Daar is beperkte slaapplek beskikbaar. Die roete is ongeveer 80km oor distrikspaaie loop, private grond en die klub het spesiale toestemming om twee enkelroetes te kombineer. Besoek www.malmesburyfietsryklub.co.za. Aan Oewer Straatmark 7 November – Velddrif: Aan Oewer Straatmark. Navrae: 022 783 0048. Aurora Market 7 November - Aurora Market. 022 783 1821. Cape Town Military Tattoo 2015 11-14 November - Castle of Good Hope. Tel 021 787 1162; email: defencereserveswc@gmial.com. Portugese fees 14 November - Yzerfontein Portugese fees. Kontak Eddie Pereira. 082 320 3513. Swartland Chenin Blanc Celebration 15 November: Cape Town -Join the Santam Swartland Wine & Olive Route for a scrumptious summer picnic at Welgemeend in Cape Town. Sample and celebrate Chenin Blanc wines from the Swartland region. Tutored wine and olive tastings. Relax in the beautiful gardens of Welgemeend, whilst listing to the soothing sounds of roaming unplugged musicians. Jolene J van Rensburg, 022 487 1133.

Navrae: 083 722 7787.

PPK Bethesda Malmesbury 11 Oktober - om 10:00 diens en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent: 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623.

Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439.

Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits en die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).

House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.

PPK Bethesda Porterville 11 Oktober - Om 10:00 in die sysaal van die NGK.

Interessant:

Die manne staan nader om Paul Truter se oes van naderby te beskou.

Music Festival at Camphill Village 31 October - Camphill Village West Coast host their second annual music festival. The event will start at 13:00 and run until 19:00. The line-up includes popular artists: Beatenberg, Just Jinjer, Ottoman Slap, Bootleggers and Swallowers of Time. The Festival is a fundraising event to further support the Camphill Village community. Tickets R200 at www. webtickets.co.za . Free entrance for children under 4 years and R100 for children under 13. For more information, contact Janine on 021 571 8600 or visit www.camphill.org.za.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za.

Kyk hier:

Die koringare word van naderby bekyk gedurende verlede week se besigtigingstoer van die Swartland landerye.

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.

Peste: Bolwurm en

luise is plek-plek duidelik sigbaar op die gewasse.


NUUS • NEWS

7

7 Oktober 2015

wys blokwenners van Malmesbury aan Die Malmesbury Koringstudiegroep het verlede week hul jaarlikse proewedag gehou. By die geleentheid is daar ook pryse uitgedeel. Johan Smuts het die trofee ontvang vir Hoogste Koring Opbrengs (4.8 ton/ha) in die Mees Ekonomiese Opbrengs (MEO) Kamp-kompetisie. Tweede was Gert Claassen en derde Hennie Eksteen. Johan Smuts wen ook Hoogste Bruto Marge(2014) met R9325/ha. Weer is Gert Claassen tweede en Hennie Eksteen derde.

Hennie Eksteen wen die prys vir Hoogste 4-jaar gemiddelde Bruto Marge met R6274/ha. Hier is Janneman Louw tweede en Dirk Lesch derde. Gert Claassen, een van die beoordelaars by die blokkompetisie, het verduidelik watter moeilike taak hulle gehad het, veral omdat die weer wisselvallig was. Die eerste plek hier gaan aan Truter de Kock. Tweede was Fanie Walters, gevolg deur Dickie Hewett. Gesamentlik in die vierde plek was Paul Truter en Dieter Steyn.

Koud: Plek-plek was dit ysig koud, maar dit het nie die entoesiasme gedemp nie.

Noukeurig: Elke aar en spriet is van naderby beskou en bespreek. Die verskillende kultivars se voor- en nadele is vergelyk, veral in 'n droë seisoen soos dié een waarmee die Swartland te kampe het.


NUUS • NEWS

8

7 Oktober 2015

Wenners...

Beste:

Johan Smuts (links) was die wenner van die Hoogste Koring Opbrengs. By hom staan Dickie Hewett, voorsitter van die Koringstudiegroep se Proewedag.

Hennie Eksteen ontvang die trofee vir die Hoogste 4-jaar gemiddelde Bruto Marge van Dickie Hewett.


NUUS • NEWS

9

7 Oktober 2015

Wenners... Links: Cobus Wiersma (hoofborg, O-BASF), Dickie Hewett (voorsitter Koringstudiegroep) en Louis Coetzee (studiegroep).

Links: Janneman Louw was tweede in die Hoogste 4 jaar gemiddelde Bruto Marge. Links onder: Dickie Hewett het die voorsitterstrofee vir die beste bystand aan die voorsitter aan Neels Welman oorhandig. Onder: Truter de Kock (links) was die wenner van die blokkompetisie. By hom is Gert Claassen, een van die beoordelaars.


NUUS • NEWS

10

7 Oktober 2015

Wolskape:

By die Swartland Skou op Mooreesburg het 102 deelnemers aan die Wes-Kaap streek-jeugskou deelgeneem. Hulle het geskou met angorabokke, boerbokke, melkbokke, vleisskape, wolskape, vleisbeeste, pluimvee, perde en kulinĂŞre kuns. Jong deelnemers van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het aan die Junior Wolskaap-afdeling deelgeneem. Die uitslae was: vyfde plasing - Christiaan Eksteen; vierde plasing - Helize Dippenaar; derde plasing - Pierre van Heerden; Reserwe Junior Wolskaap Kampioen - Pieter Fourie en Junior Wolskaap Kampioen - Hannes Mostert.

Skou: Riebeeck Vallei Spesiale Skool se landbou-leerders het die Swartlandskou op Moorreesburg bygewoon.


NUUS • NEWS

11

7 Oktober 2015

Bierfees:

Die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub se tweede Beerfest Saterdag meer as 2000 besoekers gelok. Hulle het feestelik gekuier met ‘n verskeidenheid stalletjies, asook bierdrink- en bierpenskompetisies. Hier tap Hester Dreyer ‘n koue bier vir een van die feesgangers. Onder die gaste by die geleentheid was Andries Blake en Martin Halvorsen.

Kontak ons by 022 487 3221 met enige nuuswenke of inligting.

IMPORTANT NOTICE FORM 5

NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008

Steve: Die bekende sanger Steve Hofmeyr het Donderdag op

die plaas MĂ´reson buite Malmesbury opgetree. Op die vooraand van die vakansie het 'n groep onderwysers van Laerskool Swartland saam met Hofmeyr gekuier. Agter is AdĂŠle Rall, Azelda Walters, Annemarie Hanekom, Tamsin Alberts, Elske Raal en Dalene Slabbert. Voor is Fransie Paterson, Leona Dreyer, Johannie DĂśman en Anet Lambrechts.

Landlope: Dalene

Koegelenberg (links) en Ileen van Schalkwyk (regs) van Laerskool Riebeek-Kasteel het die naweek aan die nasionale landloopbyeenkoms in OosLonden deelgeneem. Dalene, die tweede Wes-Kaap atleet oor die lyn, het algeheel 16de geĂŤindig in die o.12-afdeling vir meisies. Dit het die o.12 Wes-Kaap span in staat gestel om 5de algeheel te eindig. Ileen het 33ste geĂŤindig in die o.10-afdeling. Die Wes-Kaap o.10 meisies het silwer +verower in die spankompetisie. By hulle staan skoolhoof en afrigter, Iain Erasmus.

[Reg. 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape /LTXRU $XWKRULW\ WKH $XWKRULW\ DQG ZLWK WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHUV DW WKH LQGLFDWHG 6RXWK $IULFDQ 3ROLFH 6HUYLFHV RI´FHV The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and IUHH RI FKDUJH EH LQVSHFWHG E\ DQ\ SHUVRQ DW WKH RI´FHV RI WKH $XWKRULW\ RU WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU OLVWHG hereunder. Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. 5HSUHVHQWDWLRQV PXVW EH ORGJHG LQ ZULWLQJ ZLWK WKH $XWKRULW\ DQG WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU LQ DFFRUGDQFH with section 39 of the Act.

VORM 5

KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 [Reg. 10(1)]

Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geĂŻnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. VertoĂŤ moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 5

ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO 2008 ISAZISO [Reg. 10(1)]

Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-oďŹ si ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-OďŹ si esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo.

Kampioen:

Moorreesburg Gholfklub se klubkampioenskappe is Saterdag en Sondag oor 36 putjies gespeel. Die uiteindelike wenner was Tiaan Genade (links) met ‘n telling van 154 houe oor die twee dae. Tiaan het daarin geslaag om Ben Smit op die tweede uitspeelputjie te klop, nadat hulle gelykop geĂŤindig het. Die B-afdeling se wenner was Herman Swanepoel (middel) en die C-afdeling is deur Edwin Dyason (regs) gewen. Edwin was ook die algehele netto-wenner.

Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. No.

Weskus-pad herseel

Die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke het bekend gemaak dat 40 kilometer van die R227 (Weskus-pad) tussen Yzerfontein en Langebaan herseel gaan word. Die projek gaan R84 miljoen beloop en behoort teen middel aanstaande voltooi te word. Motorryers is gewaarsku om versigtig te bestuur tydens die padwerke. Stop-ry tekens sal bedags gebruik word en saans sal verkeersligte die verkeer beheer. Net afstande van drie kilometer sal op 'n gegewe tyd gesluit word.

1.

Full name of applicant

Name under which business will be conducted

Address of the proposed premises

Kind of licence applied for

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged

Volle naam van aansoeker

Naam waaronder die besigheid bedryf sal word

Adres van voorgenome perseel

Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is

Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Idilesi yesakhiwo

Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

i-OďŹ si yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

Shoprite Checkers (Pty) Ltd

Checkers Liquorshop Malmesbury

Erf 2552, Checkers Centre, Shop 2, C/o Hill, Piet Retief and Plein Street, Malmesbury

Off-consumption

Malmesbury

1500785M/A/DieCourant


NUUS • NEWS

12

Streek se matrieks groet met styl en swier Hoërskool Swartland

7 Oktober 2015

Wesbank Sekondêr

Feestelik: Addellaid April, Jody Geduld, Thaswill Skippers, Janine September en Carly Carolus sit hul beste voetjie voor by Wesbank se Matriek-afskeid. Foto's: David Howburg

Lana de Jongh daag "te ponie" by die stadsaal op.

Uitgevat: Craig Visser, Lint-Lee Adams en Kurt Adams.

Bo: Benjamin Neethling en metgesel het spoggerig in blou gelyk. Links bo: Vanjaar se tema, "Walk of Fame" is uitgebeeld. Links: 'n Groep matriekleerders geniet 'n ligte oomblik voor die groot geleentheid.

Fraai: Pragtig lyk hierdie dametjies by Wesbank se Matriekafskeid wat by Allesverloren in die Riebeekvallei gehou is. Van links is Caroline Tshoto, Shamon Linnert, Sanette Schreders, Irene Afrikaner, Chaddonay Jansen en Valmerie Adams.


NUUS • NEWS

13

7 Oktober 2015

Balle begin oor setperk rol Die afgelope Saterdag het die rolbal-seisoen afgeskop op Malmesbury se perk. In heerlike weer het 14 klublede, vier besoekers wat aangedui het hulle wil die sport begin beoefen, asook vyf spelers van Darling Rolbalklub die houte afgestof en die gras beproef om hulle visiere ingestel te kry vir die seisoen. Soos gebruiklik is daar altyd iemand wat die seisoen amptelik begin deur die eerste bal af te lewer, en vanjaar was dit Marie Brand se voorreg as die klub se oudste speler. Na afloop van

die spel is daar gesellig verkeer, en almal was betyds voor hulle TV-stelle om die Springbokke te ondersteun. Die ledetal is tans 20, met heelwat persone wat reeds aansoekvorms vir lidmaatskap aangevra het. Volgens Roux Vermeulen, klubpresident, lyk dit belowend dat die klub hierdie seisoen ‘n deurbraak sal maak om die ledetal ‘n goeie hupstoot te gee. Dit sal aan die klub die geleentheid bied om

ook die vroue aan ligabepalings te kan bloot-stel. Daardeur kan hulle meer kompeterend deelneem. Alle nuwe lede het die geleentheid om deur die kliub se afrigter, Ron Sheridan (083 425 1930), afgerig en touwys gemaak te word. Spel is Dinsdae en Donderdae 18:00 (die perk beskik oor spreiligte), en Saterdae 14:00. Om die spelers onmiddelik gefokus te kry op die seisoen, skop die Pare-kompetisie op Dinsdag 13 Oktober af, en vroue asook nuwe lede sal geakkommodeer word. Die baie gewilde Sakemanne-toernooi herleef weer vanjaar. Die datums is Maandag 9 November, Woensdag 11 en Donderdag 12 Novem-

ber, van 18:00 tot 21:00. Indien die belangstelling dit regverdig, sal die daaropvolgende week, 16, 18 en 19 November, ook benut word. Inligtingsvorms met alle besonderhede sal by besighede afgegee word, maar daar kan ook per e-pos navraag gedoen en ingeskryf word by drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@ gmail.com, of kontak André Halvorsen by 083 261 7573 of Altus Myburgh by 076 667 4305. ‘n Span bestaan uit vier persone, mag geen geregistreerde rolbalspelers bevat nie, koste is R160 per span, end it is altyd groot pret. Kom daag jou sakevennote uit op die sportveld en bou nuwe vriendskappe.

Regstelling In verlede week se voorblad berig “Almal moet help”, is daar verkeerdelik na Uys van der Westhuijzen as Uys van der Hoven verwys. Van der Westhuijzen het deel van die landbou-afvaardiging gemaak wat op Malmesbury met ander rolspelers oor misdaadbekamping vergader het.

Parade

: Lede van die SACCMVA (South African Cape Corps Military Veterans Association) het onlangs op Porterville bymekaar gekom op parade nadat hulle ‘n ses-weke opknappingskursus voltooi het. Die doel van die parade was om hul sertifikate te ontvang. Daar word nou met die Departement Verdediging onderhandel om militêre veterane in die reserwemag op te neem.


14

NUUS • NEWS

7 Oktober 2015


NUUS • NEWS

15

7 Oktober 2015 Betrekking Vacancy Avon Reps needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510

#2141/7

Dienste Services AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens, kontak ons gerus vir 'n gratis kwotasie – 079 502 7074 #2215/1

----------------------------BESPROEIING – Vir al u besproeiing-doeleindes, kontak my gerus. Voorkom die hoë waterrekeninge dié jaar. Kontak ons nou – 079 502 7074

uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589 #2098/12

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/19 In Memorium In Memoriam

#2214/1

----------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857

#2167/2

----------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Sout- en soet-platters, muffinen skon-platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en -kosse vir enige geleentheid. Besoek www.melieta’skitchen.co.za.

#2058/11

----------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike

JOSEPH (POY) LENG Dit is jou 2de verjaarsdag in die Hemel en die verlange is groot. Dit voel nog steeds onwerklik, maar ons berus ons by God se werke. Liefde : Carol, kinders, skoondogters en kleinkinders #2217 Te Huur To Let Twee vertrek woonstel te huur (Malmesbury)– geleë in die middedorp. Onmiddellik beskikbaar @ R2800,00 per maand. Kontak mev Dawson vir aansoekvorm by 022 482 1101 #2221

Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 45m² . Beskikbaar vanaf 1 Desember 2015. Kontak 083 601 6480 #2218 ----------------------------Fabrieksperseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vk/m. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/10

----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/10 Te Koop For Sale TWISP LIQUID – Clearance Sale 084 511 5682 #2202/3 ----------------------------Apple I 6 – still in Box – R8000,00 not negotiable. Double Bed Headboard – Beige material buttoned, good condition – R500,00. Contact 083 564 7755 (Malmesbury) #2219 ----------------------------Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682 #2126/12 -----------------------------

Muller – 079 413 2520 - 5 sitplek sitkamer stel – R1650; KIC yskas – R1550, Hout Lessenaar met 3 laaie – R800; Imbuia spieëltafel – R1550; Dubbel-basis met matras – R950 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2220

----------------------------HAKE “stokvis” Fillette te koop – R40 p/kg asook visvingers (R32/ kg) en krummelvis (R45 p/kg). Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/8 ----------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422

#2072/15


courant

NUUS • NEWS

7 Oktober 2015

SPORT

dié

16

tel 022 487 3221

7 Oktober 2015

Sportuitslae Sports results Klubrugby Abbotsdale A-span klop Velddrif 40-38; B-span klop Velddrif 34-23; C-span klop Velddrif 12-6. Moorreesburg klop Darling 37-11.

Oorwinning: Lillies

(Abbotsdale) het Saterdag hul rugbyseisoen op ‘n hoë noot afgesluit. Al drie die spanne het hul wedstryde teen Velddrif gewen. Die A-span wen 40-38, die tweede span 31-23 en die derde span 12-6. Bo storm Renfred Adams van Abbotsdale deur die verdediging. Foto: David Howburgh

• RUGBY-SEISOEN NADER EINDE

Top-8 ding mee om beker Die Boland Top 8-rugbywedstryde vind op Saterdag 10 Oktober plaas en vir Malmesbury se rugbyliefhebbers gaan dit ‘n rooiletterdag wees: Twee van die vier wedstryde vind op die Wesbank-sportterrein plaas. Om 14:00 draf Saldanha teen Roses uit en om 16:00 is dit die plaaslike span, Wesbank, wat teen Ceres te staan kom. Die ander twee wedstryde vind op Caledon

die vertoning, sms EMO, jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 12 Oktober 12:00. Vraag: Wie is die sanger by die fondsinsameling van Wesbank Rugbyklub? • Verlede Saterdag het Samoa sy tuisvoordeel op Moorreesburg in punte omgesit en Darling met 37-11 geklop. Rustyd het hulle 8-3 voorgeloop.

plaas: Hammies speel om 14:00 teen Hawston en om 16:00 pak Villagers en Caledon mekaar. Toegangsgeld is R20 per persoon en R10 vir motors. • Wen met Emo en Wesbank RVK: Emo Adams tree eersdaags op Malmesbury op as deel van 'n fondsinsameling van die Wesbank Rugbyklub. Om in aanmerking te kom vir 'n enkelkaartjie na

Maties:

Koos Loubser van Malmesbury is deur die Universiteit Stellenbosch aangewys as Maties se Rugbyspeler van die Jaar. Loubser is 'n oud-HSS'er en het ook vir dié skool se eerste rugbyspan uitgedraf.

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Hopetown Jaaroud: 1 G Horn 1176.6287; 2 G Horn 1122.8726; 3 F Meintjes & Seuns 1120.7357; 4 F Meintjes & Seuns 1120.1362; 5 G Horn 1090.1309; 6 G Horn 1086.0867; 7 J Steenkamp 1085.2274; 8 G Williams 1074.3194; 9 F Meintjes & Seuns 1066.5462; 10 G Horn 1062.3533. Hopetown Ope: 1 J Steenkamp 1078.4322; 2 G Williams 1074.8708; 3 J Steenkamp 1072.9355; 4 F Meintjes & Seuns 1047.0147; 5 G Horn 1046.3560; 6 G Williams 1046.0241; 7 G Williams 1030.0230; 8 G Horn 1019.4055; J Steenkamp 1017.6366; 10 F Meintjes & Seuns 1005.9620. Moorreesburg Posduifklub Hopetown Jo 2 1 HMO Smit & Seun 1078.2268; 2 Steenekamp Lofts 1058.3630; 3 HMO Smit & Seun 1028.8249; 4 Frans Jooste 1017.4624; 5 KB & Seun 1009.9149; 6 Frans Jooste 1006.5562; Van der Vyver Hokke 993.3609; 7 Boetie & Baron Hokke 899.1416; 8 Frikkie Bester 871.8510; 9 Frikkie Bester 870.5832; 10 Frikkie Bester 853.5508; 11 Yt & Tuis 729.8881; 12 Frikkie Bester 725.1237; 13 Yt & Tuis 723.2916; 14 Frikkie Bester 684.0799. Hopetown Ope 2 1Frikkie Bester 1059.0812; 2Frikkie Bester 1039.3382; 3 Van der Vyver Hokke 1009.9522; 4 HMO Smit & Seun 903.4273; 5 HMO Smit & Seun 903.4063; 6 Van der Vyver Hokke 781.2007; 7 Van der Vyver Hokke 779.0563; 8 Van der Vyver Hokke 761.8077; 9 Frans Jooste 759.4940; 10 Steenekamp Lofts 755.7590; 11 HMO Smit & Seun 752.3434; 12 Frikkie Bester 744.6744; 13 Yt & Tuis 740.8096; 14 HMO Smit & Seun 739.1038; 15 Frans Jooste 731.1821. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Victoria West 4 – 3 October 1 Marlin and Brian 1223.125; 2 Kenneth Edas 1218.178; 3 Kenneth Edas 1203.042; 4 Kenneth Edas 1202.077; 5 Kenneth Benjamin 1191.977; 6 Sheldon Bros 1191.713; 7 D. Daniels 1185.361; 8 Leukes Family 1173.656; 9 Marlin and Brian 1170.558; 10 Kenneth Edas 1167.802.

PW na WP:

PW Koegelenberg (regs), leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, sal volgende jaar met 'n streeptrui spog wanneer hy op 18 Januarie by die WP rugbyakademie aansluit.

Two Oceans Wine Assorted 750ml Each

R

29

Olof Bergh Brandy 750ml

R

89

VAT 69 Whisky 750ml

R

99

Klipdrift Limited Edition Brandy 750ml

R

97

Three Ships 5-Year-Old Whisky 750ml

119

R

CHEERS TO THESE

84

R

Carling Black Label Non-returnable Bottles 12 x 340ml Per Pack

54

R

Smirnoff Spin Non-returnable Bottles 6 x 330ml

PRICES VALID 8 - 11 OCTOBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

1500917 _100 x 260

GREAT DEALS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook