courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
4 November 2015
Uitgawe 345
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Fotografie:
Die Malmesbury Museum se foto-uitstalling met die tema "Swartland Landskap" word vanaand geopen met 'n geselligheid waar fotograwe sal gesels oor aspekte van dié kunsvorm. Kaartjies vir vanaand beloop R70 en sluit ligte verversings in. Die uitstalling duur vanaf môre tot 13 November. Die foto bo van die eensame strooibaal is Sondag buite Riebeek-Wes geneem.
• WACS skep werk, WIFI by Yzerfontein
Datastoor @ R340m Die Swartland Munisipaliteit se burgemeesterskomitee het die verhuring van ‘n stuk grond by Yzerfontein vir ‘n tydperk van 20 jaar goedgekeur vir die oprig van 'n datastoorsentrum. Umfiki Investment Corporation (Pty) Ltd sal die sentrum oprig en die belegging aan Infrastruktuur en Kommunikasietegnologie (ICT) beloop R340,3 miljoen. Die WACS (West Africa Cable System) is vier jaar gelede by Yzerfontein aan land gebring en die datasentrum, wat volgens aanduidings teen die einde van 2016 voltooi sal wees, sal gebruikers van dié kabel bedien. Die grond, ‘n gedeelte (± 2,7203 ha) van Gedeelte 32 van die Plaas 560 Yzerfontein, is naby die ou vullisterrein geleë. Die stadsraad het vroeër vanjaar tenders aangevra met ontwikkelingsvoorstelle vir die ontwikkeling van die grond. Weens die gesogte ligging van die grond en ten einde optimum voordeel vir die streek te bewerkstellig, is daar
besluit om die grond eerder vir langtermyn-verhuring (en nie vervreemding nie) aan te bied. Die ontwikkelingsvoorstelle moes komplementerend tot die bestaande WACS-kabelinfrastruktuur in die omgewing wees. WACS (West Africa Cable System) is ‘n ondersese kommunikasiestelsel wat Suid-Afrika met Engeland verbind. Die kabel is 14 530km
lank en strek van Yzerfontein al langs die Weskus van Afrika tot by Londen. Daar is slegs een tender, dié van Umfiki, ontvang is. Hiervolgens sal huurgeld van R360 000 (BTW uitgesluit) vir die eerste jaar betaal word. Die Munisipaliteit sal ook 1% van die jaarlikse omset van die maatskappy ontvang tot die mate wat dit die jaarlikse huurgeld oorskry. Nog voordele is die skep van werksgeleenthede (5000 tydelike persoonsdae) tydens konstruksie, asook 27 permanente werksgeleenthede ná konstruksie. Indirekte voordele vir die Munisipaliteit sluit in rakspasie by die sentrum, geraam op R180 000 per jaar, asook gratis toegang tot WIFI in ‘n 25km-radius van die perseel in. Die rehabilitasie van die stortingsterrein, (na raming sowat R5,77 miljoen) sal ook deur Umfiki betaal word.
Sakekamer wys Wesbank RVK Swart Mamba Malmesbury se vereer sy blink met finaliste aan uitblinkers Angus
NUUS • NEWS
4 November 2015
2
Nuwe vereistes vir jou motorlisensie Philip Humphreys, direkteur bekermingsdienste van Swartland Munisipaliteit, het die publiek daarop gewys dat dit voortaan nodig is om bevestiging van persoonlike- en adresbesonderhede te verskaf met enige motorvoertuig- of bestuurderslisensie-transaksie. “Van 1 November sal dit vir elke persoon of liggaam van persone (bv. ’n besigheid of organisasie) ’n vereiste wees om hul volledige naam, identiteits- of besigheidsnommer, en
residensiële en posadres te bevestig “Deur te versuim om aan hierdie vereistes te voldoen, sal die motorvoertuig se lisensieskyf of operateurskaart nie deur die registrasie-owerheid uitgereik word nie.” Vir ’n lys van aanvaarbare dokumente wat as bewys dien, gaan na die Wes-Kaapse Regering se webtuiste by www.westerncape.gov. za/tpw
Promosie
NUUS • NEWS
4 November 2015
Nuwe restaurant vir Swartlander
Die uitbundigheid van die jeug, getemper met respek vir die fyner nuanses van lewe – dit is die indruk as ‘n mens Stella Loubser en Rory Lawson besoek by hulle nuwe restaurant, My Chefs, in Piet Retiefstraat, Malmesbury. Die restaurant open op Vrydag 13 November – “Dit sal nou my gelukkige datum word,” lag Stella. Die gebou het ‘n lang kos-geskiedenis, dit was glo die eerste bakkery op die dorp. Die naam, My Chefs, het ‘n speelse intiemheid wat ‘n mens voel dit is spesiaal op jou gemik, maar dui ook op professionele kennis en erns. Die vennootskap is die ideale kombinasie: Aan die eenkant die Swartland-kind wat terug kom na haar hartland, aan die anderkant twee gesogte kulinêre kunstenaars wat tuis is met name soos Reuben Riffel, Richard Carstens en Bruce Robertson. Albei het saam met bekende chefs gewerk, onder meer by ‘n Michelin-restaurant in Engeland en ‘n boetiek-hotel in Edinburgh. Rory en Stella het mekaar as studente by die Institute of Culinary Arts op Stellenbosch ontmoet. Rory erken skamerig dat daar huweliksklokkies iewers in die agtergrond lui, maar vir eers wil hulle My Chefs as ‘n huishoudelike naam vestig. Die afgelope vyf jaar was hulle in Johannesburg, waar hulle onder meer die `My Chefs’-konsep verfyn het. Hulle het ‘n restaurant en koffiewinkel gehad, voordat hulle uiteindelik ‘n tydlank by Montecasino gewerk het. “Ons het goeie ondervinding opgedoen en ons gaan dit nou alles terugploeg in My Chefs,” vertel Rory. Hy gaan die kombuis beman, terwyl Stella na die vloer sal omsien. “Maar sy gaan ook na die fyngebak kyk, want dit is haar spesialiteit.” Die restaurant het ‘n wonderlike balans tussen modern en geskiedenis. In die voorste vertrek is ‘n handgemaakte koffiemasjien, La MarzoccoLinea, uit Florence ingevoer en om die draai gebruik hulle stukkies porselein uit die tuin vir mosaïek-vensterbanke. Daar is ook voorbeelde van ou ruite en deure waarvan 14 lae verf afgeskuur is. Die restaurant sal van Woensdae tot Sondae oop wees van 09:00 tot 22:00: Middag- en aandete sal bedien word, met ‘n spesiale ontbyt-buffet soggens. Maandae en Dinsdae is hulle toe. Die spyskaart is nog nie gefinaliseer nie. “Ons gaan klein begin en dit uitbrei soos ons klante be-
Stella Loubser en Rory Lawson ter leer ken.” Die porsie-groottes kom in klein (tappas-formaat), medium en groot. Die twee is entoesiasties oor vars en plaaslike produkte. “Julle sal dit in ons spyskaart sien,” vertel hulle. “Gaste moet ook daarop let dat ons nog nie ‘n dranklisensie het nie. Hulle is welkom om hul eie alkoholiese drankies saam te bring – ons het glase, ys en koeldrank.” Die restaurant het 110 sitplekke, ‘n goeie klompie buite onder die bome. Dié sitplekke kyk uit oor die agtertuin en speelparkie vir kinders. Hulle het ‘n verskeidenheid vrugtebome en is besig om gras aan te lê en groente te plant. “Ons Vermouth-tuin is reeds mooi aan die gang.” Veral vir Stella is hierdie restaurant ‘n hartsbesluit. “’n Mens praat maklik en toe ek jonger was, het ek altyd gesê ek sal nooit terugkom Malmesbury toe nie. Maar mens word ouer en jy soek jou mense om jou. Dit is goed om terug te wees.” Haar familie voel duidelik dieselfde, want almal sit hand by met die vooraf-werk. So het haar oupa, Pieter Loubser Snr (Oupa Dag-en-Nag) nou die dag daar verbygery en gesien hoe Stella met ‘n maatstok voor die gebou op en af skarrel. Hy het daar, in die middel van Piet Retiefstraat stilgehou en gevra wat die probleem is. Toe hy hoor sy soek die beste plek vir die naambord, het hy net daar uitgeklim en haar eers gehelp. Hierdie is 'n kuierplek wat jy nie kan of wil verbyry nie.
NUUS • NEWS
3
4 November 2015
• derde in kompetisie
SM spog in groen Swartland Munisipaliteit het gisteraand derde plek verower by die Groenste Munisipaliteit Kompetisie. Hulle het ‘n trofee, sertifikaat en R50 000 gewen. Hessekwa Munisipaliteit was die wenner met 79.8%, gevolg deur Mosselbaai met 77.6% en dan Swartland Munisipaliteit met 64.5%. Die kompetisie vereis dat munisipaliteite aktief betrokke raak in die bevordering van die Groen Ekonomie se oogmerke. Dit kyk onder meer na inisiatiewe soos sonenergie, vergroenings-programme en pogings om groenhuisgasse te verminder. Die oorhoofse riglyne moedig volhoubare ontwikkelings aan wat terselfdertyd werkgeleenthede skep. Die fokus is ook op die verbetering van geïntegreerde, volhoubare ontwikkeling-strategieë binne munisipaliteite en help om dienslewering te verbeter. Die beste presteerder onder die distriksmu-
nisipaliteite was Eden (92,2%), met Overberg tweede en dan die Kaapse Wynland. • Intussen dreig waterbeperkings in die Swartland. Met die Wes-Kaap Provinsie se watervoorraad onder groot druk, word daar voorsien dat Swartland Munisipaliteit binnekort die instelling van waterbeperkings in sy area sal moet oorweeg. ‘n Opdrag in hierdie verband word tans afgewag vanaf die Departement van Water en Sanitasie. Waterbeperkings is onlangs deur die Bergrivier Munisipaliteit op Porterville ingestel. Hiervolgens word die natmaak van tuine tussen 10:00 en 17:00 verbied. ‘n Boete van R100 per oortredings sal betaalbaar wees as oortreders betrap word. Intussen het die Munisipaliteit ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om spaarsaam met water te wees.
Myn belê in die toekoms Bridgetown Dolomietmyn het nog nooit so gewemel van entoesiastiese jongmense soos onlangs met die besoek van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg nie. Die skool het op uitnodiging van bestuur hul top 20 graad 9-leerders vir ‘n opvoedkundige uitstappiena die myn geneem. Die Bridgetown Dolomietmyn is reeds sedert 1949 in bedryf en behalwe vir die kortby 50 werksgeleenthede, verskaf die myn dolomitiese landboukalk asook klip en sand aan die Swartland en omliggende gebiede. Die landboukalk word veral deur die koringboere, sitrus- asook wingerdboere gebruik om die suurgehalte van die grond te stabiliseer. Die klip en sand word vir padbouwerke, geboue, parkeerterreine en selfs tuine gebruik. Die leerders is ingelig oor die veiligheidsaspekte by die myn en toegerus met ‘n harde hoed en ‘n vrolike groen reflektor-baadjie om hul veiligheid te verseker. Hul is vergesel van Anthea Sheldon, die veiligheidsbeampte en haar
assistant, Sherron Modika. Anthea en Sherron is uitstekende voorbeelde van bekwame vroue wat loopbane in die mynwese ontwikkel het. Sherron is ook die eerste vrou op die Bridgetown- personeel wat ‘n bedrewe laaigraaf-operateur is. Die gretige leerders het die oopmyn-steengroef besoek en die hele ontginningsproses is aan hulle verduidelik. Hulle kon met hul eie oë sien hoe die rumateriaal wat uit die steengroef kom deur die verskillende aanlegte gebreek en verfyn word tot die verskillende produkte wat die myn bied. Daar is verskeie beroepsopsies in die mynwese – van masjinerie-operateurs, werktuigkundiges wat die masjiene en aanlegte in stand moet hou tot administratiewe personeel wat die groot mynmasjien se ratte moet laat draai. SPH Kundalila bied uitstekende opleidingsgeleenthede vir sy permanente personeel – van rekenaargeletterdheid tot masjienoperateurstatus is vir elke werknemer ‘n droom wat waar kan word.
Swartland FM eersdaags weer op die lug Die Stem wat Diep in die Harte praat – as alles volgens plan verloop, sal hierdie leuse eersdaags weer ‘n werklikheid wees. Richard Langeveld, stasiebestuurder van die gemeenskapsradiostasie, Swartland FM 97.3, sê hulle behoort binne die volgende twee weke weer op die lug te wees. Die radiostasie, wat as nie-winsgewende organisasie bedryf word, het ‘n paar maande gelede stil gewraak, nadat ‘n hewige donderstorm die transformator beskadig het. Langeveld het aan dié courant gesê dat ‘n kundige Malmesbury die week sal besoek om die skade te bepaal. “Dan sal ons ‘n plan van ak-
sie kan opstel, maar ek is vol vertroue dat ons eersdaags weer op die lug sal wees.” Intussen het die stasie met ‘n promosieveldtog begin om te help om die verwagte koste te delg. Hieronder is ‘n reeks produkte met die stasie se naam en leuse wat by Stax in die De Bronsentrum te koop is: ‘n handige waterbottel vir natuurliefhebbers, koffiebekers en T-hemde sal luisteraars se harte laat vinniger klop. Boonop kan die items goeie Kersgeskenke maak vir maatskappye en privaat.” “Nou is die tyd om op die wa te spring en ons te ondersteun.” Besoek hom vir skenkings, borgskappe, aankope ens.
Besigheidsforum: Die Wesbank Besigheidsforum het gisteraand saam met Pick
n Pay Malmesbury 'n praatjie, gelei deur Suzanne Ackerman, dogter van Raymond Ackerman, in die Malmesbury Stadsaal aangebied. Hier is Sammy Jasson, Dr. Christo van der Rheede, John Smith, Wilmorie Jasson, Wessel Badenhorst (PnP Malmesbury), Colin Daniels, Suzanne Ackerman, Geoffrey Coetzee, Nelia Kirsch (PnP Malmesbury), Wilhelm Makkink (PnP Malmesbury) en Cecil Errens.
courant
dié
4
NUUS • NEWS
4 November 2015
Riebeekvallei en PPC fokus aandag op vroue en gesondheid
Wifi, kabels en tegnologie
Kabels van duisende kilometer wat kontinente met mekaar verbind. Die druk van 'n knoppie en 'n skerm flikker en jy is verbind met 'n geliefde aan die anderkant van die aarde. Wat 'n wonderlike ding is tegnologie nie. Soms kan dit 'n lekker gat in jou sak maak as jy aan die kus met vakansie gaan, maar steeds verbind met wêreld wil wees. Vakansiegangers sal nou soveel makliker op die strand van Yzerfontein kan ontspan en steeds op die web kan rondkrap met die gratis internettoegang wat nou met die nuwe WACS-kabel se installasie beskikbaar is. Internet kan wonderlik wees. Al die inligting onder jou vingerpunte. Skooltake van kinders wat soveel makliker nagevors kan word. Bankdienste wat veiliger en in die gerief van jou eie huis gedoen kan word. Maar daar is ook 'n anderkant van die munt. Soos my pa altyd gesê het: te veel van 'n goeie ding is nie so goed nie. Kinders kan so vinnig sosiaal afgestomp word as hulle in die kuberruim hul ure spandeer. Hulle kan maklik verstrengel en verstrik raak in die web van inligting, kommunikasie en dinge wat nie gepas is vir hul ouderdom nie. Dit is hier waar dit nodig is vir ouers om 'n ogie te hou en oop en vrye kommunikasie met hul kinders te hê, sodat hulle met jou kan gesels indiend daar iets is wat vir hulle "vreemd" is. Ons moet ons kinders altyd beskerm, maar ons moet onsself ook beskerm teen te veel ure met 'n tablet in die hand, of 'n telefoon wat permanent teen die oor vasgeplak is. Skakel af, sit jou telefoon in jou sak, vergeet daarvan en konsentreer bietjie op jouself en jou geliefdes. Dis soveel lekkerder om met mekaar van aangesig tot aangesig te gesels as met 'n koue boodskappie wat in die kuberruim nog rondhang.
Bloeddruk: Christina Mentoor se bloeddruk word deur Erika Miggel geneem. Organiseerders: Sonja Calveira, Hester Smit, Sandra Neethling, Rubine Adonis, Bernadine Lindeveldt en Sue-Ann Thomas.
It's Good News
Have you heard of “agape” love? Dr Marc Blackwell Snr
Did you know that Biblical love is known by the godly actions that it prompts? Of course, we all know that, like God’s love, “Agape” Love is not fundamentally an emotion. It is first and foremost a choice! Like many things in life, biblical love, or agape’, has its counterfeits that try to duplicate the real thing for the selfish purpose of deceiving people and gaining desired ends. To guard against self-serving motives, we must choose to obey the command to love without fanfare, or a craving for recognition. We must do so in spite of perceived or real weaknesses and offenses on the part of others ...including family, because this pleases God and imitates His love for us. Before enduring the cross where He personified biblical love, Christ taught, “You have heard that it was said, ‘You shall love your neighbor and hate your enemy.’ But I say unto you, love your enemies, bless those who curse you, do good to those who hate you, and pray for those who spitefully use you and persecute you, that you may be sons of your Father in heaven; for He makes His sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the unjust.” Agape is unmerited; it cannot be earned. Agape is unconditional; it has no prerequisites of any kind. Agape is unreserved; it has no areas that it does not address. Agape is unselfish; it often involves sacrificial investment for the benefit of the person loved. Agape is unending; it never ceases and will perfume all eternity in the presence of God Who is love!
Wie loop die gevaar om servikale kanker te ontwikkel? • Persone wat van ‘n vroeë ouderdom seksueel aktief is. • Indien jy of jou liefdesmaat baie bedmaats het, of gehad het. • Indien jy ‘n seksueel oordraagbare siekte het, of gehad het.
Hoofoorsake van servikale kanker • Die menslike papilloom virus. • Aktiewe sekslewe tydens puberteit.
Liezl Appollis staan by van die gaste. Van links is Miena Claassen, Johanna Wilson, Sarah Solomon, Sanna Lodewyk en Eva Diedericks.
Sebeda Baron het vir klein Navit (10 maande) saamgebring.
Die organiseerders in hul pienk hempies: Voor is Sue-ann van Jaarsveld. Agter haar is Alicia Prins en Sonja Appollis. Heelagter is Catherine Pinto, Renè Appollis, Jessica September, Fiola Baartman en Tania Appollis.
Die PPC Vroue het die dag beplan. Hier is Liezl Appollis (sekretaresse) en Suann van Jaarsveld (voorsitter).
Die Riebeekvallei Gemeenskapsbetrokkenheidforum en PPC fokus hul aandag op vroue-gesondheid. Hulle het verlede week Vrouekankermaand (Oktober) afgesluit met ‘n spesiale dag vir vroue van die vallei. Hulle het dit met behulp van die plaaslike Kansa-kantoor aangebied. Die vroue het Bingo-gespeel ten bate van Kansa, terwyl hulle hul beurt vir toetse afgewag het. Borskanker en servikale kanker is die twee groot vrese van vroue. Vrydag is daar onder meer borsondersoeke gedoen. As borskanker vroeg genoeg opgespoor word, kan dit egter jou lewe red. Dokters glo dat ʼn eenvoudige selfondersoek een keer per maand tweede natuur by vroue moet wees. Só leer jy jou borste ken en sal jy agterkom wanneer daar skielik ʼn verandering aan die vorm of grootte van jou borste is. Behalwe knoppies, is daar baie ander tekens waarvoor jy op die uitkyk moet wees. Hier is vyf veranderinge wat jou bors kan ondergaan: - Seer, rooi en jeukerige tepels kan ʼn teken wees van inflammatoriese borskanker. Hierdie tipe kanker blokkeer die bloedvate, wat die verandering in kleur veroorsaak. - Let op na gedurige rugpyn. Jy kan soms borskanker identifiseer as jy gedurig pyn in jou rug of skouers het. Terwyl hierdie pyn maklik met seer spiere verwar kan word, moet gevaarligte flikker as dit nie weggaan nie. - ʼn Verandering in die vorm of grootte van jou tepel. Een van die mees algemene plekke waar ʼn gewas ontwikkel, is onder die tepel. - ʼn Verandering in die grootte van jou bors. Die meeste normale vroue se een bors is effe groter as die ander een, maar ʼn skielike groot verandering in simmetrie is dikwels ʼn teken van borskanker. - Pyn, knoppies of swelling in die armholtes. ʼn Algemene plek waar kanker eerste opgemerk word, is in die limfkliere onder die arms. Enige pyn in die armholte moet versigtig ondersoek word. ʼn Knoppie onder jou arm wat nie beweeg nie en hard voel as jy daaraan raak, is ʼn teken van borskanker. Tog kan verkoues en griep ook geswelde limfkliere veroorsaak. Wat is servikale kanker? Servikale kanker is een van die twee mees algemene tipes kanker by vroue en word deur miljoene vroue dwarsoor die wêreld gevrees. Servikale kanker is kanker van die selle van die serviks of die mond van die baarmoeder of uterus. Dit kan genees word indien dit in ‘n vroeë stadium opgespoor en behandel word. Indien dit nie vroeg gediagnoseer word nie, het dit fisies en psigies ‘n vernietigende effek op ‘n vrou. Simptome van servikale kanker is baie vaag en nie-spesifiek, veral vroeg in die verloop van die kanker. Later kan vroue bloeding, blaas- en rektum klagtes en pyn beleef. Vir navrae kontak Kansa by 022 482 1111.
NUUS • NEWS
5
4 November 2015
Promotion
Successful owners of Oude Wellington Restaurant introduce their new little lamb Take a leisurely drive out of Cape Town, and visit the quaint and picturesque town of RiebeekKasteel. Nestled between the Cape Wine lands and the Swartland, where you’ll find a collection of eclectic surprises and hidden gems. Bar Bar Black Sheep is one such gem. Recently bought over by Oude Wellington Restaurants owners, John & Susanna Tecklenburg. Bar Bar Black Sheep has been open for business since March this year. Although locals may already be familiar with this restaurant, the Tecklenburgs have a big surprise up their sleeve... Renowned for their brilliant meals and outstanding service at Oude Wellington in Wellington, Bar Bar Black Sheep will not only be undergoing a major facelift, but will also be establishing an environmentally friendly structure, set to work around obstacles such as load-shedding, and also incorporating an environmentally stable interior in terms of their decor, when they move to their new premises next month. The new restaurant will be located opposite the famous Royal Hotel and will be opening their doors to patrons on the 4th of Decemberl. An official opening launch will be hosted on Thursday the 10th – by invitation only. The seating area at the new premises will be far larger than at the old venue, seating approximately 150 guests, of which 50-60 can enjoy the alfresco setting, sure to make your dining experience a beautiful outside affair. The atmosphere at the old BBBS was rather funky and hip, and this is intended to take quite a dramatic reformation to create a more eclectic and sophisticated character, aimed at the slightly more serious diner. ODW is all too well known for their tremen-
dous selection of wines and simply magnificent pairings available. The Tecklenburgs intend to bring this professional added touch to their new acquisition, where local wines, such as Wildehurst and other wines from the Swartland region will be on offer, to perfectly compliment their menu. Some of the mouth watering dishes to look forward to will include nose to tail cooking, lamb and mutton – strictly from the Swartland, steak and wood fire dishes, to mention but a few. Vegetarians can also look forward to a far greater selection of dishes, using only fresh and locally sourced ingredients. Owner and Head Chef, John is known for many things... Amongst these would include his masterpiece dishes, which he only prepares to perfection and each plate needs to meet his strict criteria before leaving the kitchen. Amusingly, John has also earned the reputation of the “Viking Chef” – which until you meet him (be this a pleasant or unpleasant opportunity, we’re not sure) will be blatantly evident! John is not easily distracted from his kingdom in the kitchen, but when he is, he is known to have a rather brass, loud and outspoken nature. “Leave him to cook – where he’s most charming” says Susanna, wife, co owner and now acting Head chef at the ODW, since John has taken the reins (spatulas) in Riebeek. The new BBBS will offer patrons a choice of two dining styles. The first being more laid back and aimed at the younger guest, who enjoys a more social environment, and an easy meal. The second will be more sophisticated with a touch of classic style. The latter is aimed at the more mature diner, who prefers to enjoy a leisurely meal, a touch of sophistication and perhaps a few courses and wine to compliment the experi-
Lentetee:
Gloudine Kellerman (links) en haar dogter, Zandré (regs), saam met Saterdag se spreker, Beau de Klerk, en sy vrou, Heidri. De Klerk het by die ACVVRiebeek-Kasteel se elegante lentetee opgetree.
Vuurwerke fyn dopgehou Die Swartland Munisipaliteit het ’n beroep op almal gedoen om versigtig en oordeelkundig te wees tydens deelname aan vuurwerkvertonings of die gebruik van winkel-vuurwerke. Die week is weer die jaarlikse Guy Fawkes-vieringe en die Munisipaliteit het mense aangeraai om diere binnenshuis te hou, aangesien baie skrik en weghardloop. Gebiede is ook aangewys waar vuurwerke afgeskiet mag word. Hierdie areas sal goed deur wetstoepassingsbeamptes gemonitor word. Wetstoepassers sal ’n zero-toleransie-benadering volg teenoor mense wat vuurwerk onwettig gebruik. Die volgende areas is aangewys: Malmesbury: Wesbank-sportterrein en Illinge Lethu sokkervelde; Moorreesburg : Gene Louw-sportterrein;
Darling: Gabriel Pharoah-sportterrein; Yzerfontein: 300m afgebakende area op die hoofstrand; Koringberg: Oop area langs die taxi-staanplek; Munisipale sportterreine op Riebeek- Kasteel en -Wes, Abbotsdale, Kalbaskraal, Riverlands en Chatsworth. Vuurwerke mag op die volgende datums en tye in die aangewese areas afgevuur word: 5 November 10:00–24:00; 31 Desember 10:00–02:00; 1 Januarie 10:00–24:00; 2 Januarie 10:00–22:00. Dit is onwettig vir kinders onder die ouderdom van 16 jaar om vuurwerk te koop en af te vuur sonder volwasse toesig. Moenie jou eie vuurwerk maak nie. Skakel 022- 487 9411 of 022 487 9400 om enige insident of die onwettige verkope van vuurwerke aan te meld.
ence. Each area will have their own menu. Another signature mark of the famous chef is that the BBBS will offer guests the charm of a black board menu – which allows Chef John to change the dishes according to the fresh produce available. Amongst the various options of dishes, affordable “small plates” will also be on offer, allowing you to indulge in a variety of foods, and enjoy pairing them to the wines on offer. Ask for advice on this offering, should you wish to plan an interesting group dinner, family gathering or function. If you are thinking of taking a day trip out to Riebeek Valley, there are plenty of interesting attractions to enjoy. Art shops, local food & wines, olives and of course the heart of the Shiraz valley awaits your visit. Local Guesthouses are encouraged to send their guests to the Bar Bar Black Sheep – as the Tecklenburgs make it their business to give diners a memorable experience. Don’t forget to book your year-end function at this picturesque location. Be sure to visit both the Oude Wellington Restaurant in Wellington, as well as Bar Bar Black Sheep in Riebeek-Kasteel, to indulge in what the Tecklenburgs have proven to be quite an exquisite dining experience! Contact The Tecklenburg on 0828368924 or reservations@bbbs.co.za Rene Reece, The Freelance Journalist & Writer, 083 7499 461
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za met jou nuuswenke!
NUUS • NEWS
6
4 November 2015
Black Mamba Nelene is 'giftige' kompetisie
Black Mamba Leah was die Groot Kampioen Rooi Angus Vroulike Dier. Hier is Johann Engelbrecht van Wes-Kaap Agri (heelregs) by Danwill Daniels en Jaco Smit.
Black Mamba Nelene is as die BKB Vleisbeeskoningin aangewys. Sy het ook verskeie ander kategorieë gewen. By haar is hanteerder Danwill Daniels, Jaco Smit en ein Volgraaff van BKB Die Black Mamba angus-stoet van Jaco Smit buite Moorreesburg het vanjaar weer geskitter by die Agri Expo Livestock by Sandringham. Sy Black Mamba Nelene is as die BKB Vleisbeeskoningin aangewys. Sy het ook verskeie ander kategorieë op die skou gewen. Black Mamba Leah was die Groot Kampioen Rooi Angus Vroulike Dier. Smit is een van die jongste en kleinste angustelers in Suid-Afrika en het ‘n besondere passie vir dié beesras. Die beoordelaars was beïndruk deur die uitstaande kwaliteit en deelname van verskillende rasse in die afdeling vir suiwel- en vleisbeeskampioenskappe. Martin Seyfferdt, ‘n internasionaal-bekende interras-beoordelaar, sê dit is ongewoon om elf interrasse saam te sien. Hy was aangenaam verras met die uitstaande kwaliteit van die rasse wat aan die kampioenskappe deelgeneem het. • Puttergill Goldwyn Sweetie van Puttergill Holsteins in die Oos-Kaap het die tweede agtereenvolgende jaar die titel as Absa Suiwelkoningin verower.
NUUS • NEWS 4 November 2015
Evan Mathews is die trots van die Swartland. Verlede jaar het hy die toekenning as beste student in die Kaap Agri Boerderyprogram ontvang en so pas het AgriSETA hom as hul beste vaardigheidsontwikkelingleerder aangewys. Wes-Kaap Agri het Mathews as kandidaat vir AgriSETA se uitmuntendheidstoekenning genomineer. Daar was verskeie inskrywings in hierdie kategorie, maar slegs vier het die kortlys gehaal. In Junie het AgriSETA se beoordelaars sy plaas besoek, waar hulle ook onderhoude met sy mentors en die opleidingsfasiliteerder gevoer het. Mathews boer onder die Trippel M Maatskappy: ‘n "M” elk vir Mathews, Middelpos en Mars, Elfrieda Mars, sy vennoot. Sy is ‘n organiese boer op Saron. Die twee het saam ook Red Rump Foundation – ‘n maatskappy wat vleilande skoonmaak. Op die oomblik is hulle in die Eendekuil-omgewing besig. Mathews se meeste energie gaan egter in Middelpos. Die plaas van 266 hektaar is tussen Moorreesburg en Saron geleë. Vandat hy in Maart uiteindelik ‘n 30 jaarhuurkontrak met die staat geteken het, het dinge vinnig gebeur: Hy kon nou die infrastruktuur op die plaas verbeter, nuwe lyndrade span en kampe vir die diere uitlê. Daar is nog baie werk: “Die ou woonhuis is baie vervalle, maar ek gaan dit herstel.” Hy het ook reeds die vier werkershuise verbeter en vergroot. In dit alles word hy bygestaan deur Dirk van der Merwe, wat deur die Departement Landelike Ontwikkeling as mentor aangestel is. Die gemaklike manier waarop hulle met mekaar omgaan vertel egter ‘n dieper storie: Hierdie is nie net ‘n betaalde vennootskap nie, maar een wat op wedersydse respek en vriendskap gebou is. Daar staan 200ha onder koring, maar dit is maar net ‘n deel van wat op die plaas aangaan. Shoprite het hom ook onlangs besoek om die moontlikheid van ‘n groenteprojek te bespreek. Hulle stel veral in kool en broccoli belang. “Dit sal alles van die weer afhang, het hy verduidelik. Geen permanente besluite kan nou geneem word voordat die plantseisoen nader kom nie. Hoewel hy ‘n goeie oes op die land het, is hy deeglik bewus van die droogte wat oor die Swartland hang.
7
Mathews ryg landbou-toekennings in
Jeffrey Helm van Wagonload saam met Mathews.
Bo: Evan Mathews het 'n passie en liefde vir die landbou en leef sy droom tussen die are op sy koringlande uit. Links: Hier is Mathews (links) en sy mentor, Dirk van der Merwe, in die koringland. Nie dat die vooruitsig van droogte hom afskrik nie. “Droogte moet bestuur word,” verduidelik hy en vertel hoe hulle swart wattel uitkap vir die skaap. “Hulle het spekvet op die indringerplante geword.” Die skaaptrop, Dohne merino's het tot sowat 300 ooie en lammers aangegroei. Mathews het ook varke en konyne op die plaas. Veral die konyne kan vorentoe ‘n groot projek word. “Ek het nou ‘n mark vir wildswors, maar daar is baie uitbreidingsmoontlikhede,” vertel hy, want konynvleis is cholesterolvry. “Dit smaak soos hoender en is baie gewild in
Angola ook.” Vir hom is boerdery ook meer as sweet en harde werk: Sondae ry hy deur sy lande en dan salf en seën hy alles, vertel Matthews. Kyk ‘n mens oor die koringlande wat geil en goud in die aar staan, kan jy sien hierdie boer se geloof is nie net praatjies nie. Boerdery loop dik deur Mathews se are: “My pa het met duiwe en skou asters geboer.” Die trots is duidelik hoorbaar in sy stem. Die jong Evan het die duiwemis gebruik om kropslaai te plant. “My eerste skooldag het ek drie yslike kropslaaie vir my nuwe juffrou saamgevat.”
Hy het dit as ‘n geskenk bedoel, maar sy het aangedring om te betaal en het hom twintig sent in die hand gestop. “Dit was ‘n klomp geld in 1961 en ek het ‘n yslike loesing gekry. Die volgende dag is Ma saam skool toe om te hoor wat regtig gebeur het.” Alles is opgeklaar en hy het vir jare die hele personeel van kropslaai voorsien. “Ek dink hulle was later siek vir slaai, maar vir my was dit my eerste stappe in die landbou.” Bolwurm het hom laat koers kies biblioteek toe om meer te leer oor siektes. Teen standerd 5 het hy sy eie biblioteek besit. “My droom was om ‘n veearts te word,” maar in daardie jare was dit nie toegelaat nie. “Toe word ek ‘n gesondheidsinspekteur.” Na ses jaar is hy Saron toe as hoof van die landbouers, 120 kleinboere. Mathews is die afgelope 20 jaar by landboubestuur betrokke op ‘n vrywillige grondslag. In dié tyd het hy talle kursusse bygewoon en nou meen hy is dit tyd om ‘n slag al dié kennis vir himself ook te gebruik. “Wat julle hier sien, is nie net ‘n boer nie – hy is ‘n bouer van mense, van verhoudinge,” het Jeffrey Helm van Wagonload vertel. Wagonload is die diensverskaffer wat hom bystaan met nuwe besigheidsplanne se opstel en implementering. Mathews glo ‘n boer moet visie hê. “Maar dit help nie as jy te veel visie en te min passie het nie…”
NUUS • NEWS
8
4 November 2015
Diensverskaffer van die Jaar Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou • Stem nou
Stemme nou ingewag vir beste dienslewering Die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie se finaliste is pas bekend gemaak en die stemming het reeds begin. Die sluitingsdatum vir stemme is Vrydag, so jy sal moet gou spring as jy jou gunsteling wil sien met die beker! Besoek www.sakekamer.co.za om jou stem te laat tel!
Vanjaar se gala-dinee vind op 13 November in die Malmesbury Stadsaal plaas, met gaskunstenaar Desmond Wells wat die voete sal laat jeuk. Kaartjies beloop R200 per persoon en is beskikbaar by Bester en Vennote. Kontak Toinette Nieman by 022 482 1060 met navrae.
NUUS • NEWS
9
4 November 2015
Finaliste • Finaliste • Finaliste • Finaliste
Stem nou! Die sluitingsdatum vir stemme is Vrydag, so jy sal moet gou spring as jy jou gunsteling wil sien met die beker!
Groot besighede
Medium besighede Klein besighede
Agrimark Malmesbury Build It Malmesbury Malmesbury Superspar Pick n Pay Malmesbury RSA Agri Makelaars
Geard Apteek Henks Vleismark (Kekkel en Kraai) HR Ingenieurswerke Land van Kabouters SupaQuick Malmesbury
Derma Health Die Herehuis Kontreispens PG Glass Swartland Apteek
NUUS • NEWS
10
Dagboek • Calender
Fotografie by Malmesbury Museum 4 November – 'n Uitstalling met die tema: Swartland Landskap open om 19:00. Chris Murphy is die gasheer en gesels oor fotografie in Suid-Afrika vandag. Kaartjies @ R70 elk - sluit 'n eg-Italiaanse langtafel in. Kontak Christine, 022 482 2332, 09:00-13:00 of malmesburymuseum@gmail.com. Abbotsdale-aandmark 6 November - Van 18:00 in die Abbotsdale-gemeenskapsaal. Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti's en kerriekos te koop. Navrae by Roland, 073 355 7258. “Movember” by Langsdie Bos-mark 7 November: Touspring-uitdaging. Bring jou eie tou. Uitdunne begin om 09:00. Om 11:30 word pryse uitgedeel. 14 November: Daar sal 09:00 ‘n lyndansvertoning wees en van 10:00 dans almal saam. Koste om deel te neem is R25. 21 November: Aerobics vir Almal aangebied deur Herbalife 24FitClub. Vir oud en jonk, fiks en onfiks, van 09:00-10:00. 28 November: Snol vir snorre: Wegspring by markterrein om 08:00 en hardloop/stap die Driehoekpad; 11:30 word die snor-pryse uitgedeel. Inskrywings vir al die aktiwiteite is R5 per persoon per aktiwiteit en die fondse sal gaan aan die Nasionale “Movember”-veldtog. Registreer op https://za.movember.com om individueel deel te neem of op http://moteam.co/langsdiebos-mark om deel te wees van die Langsdiebos Mark-span. Navrae: Marilizé Crafford (072 052 6280) of stuur ‘n e-pos aan langsdiebosmark@gmail.com. Oesmark op Moorreesburg 7 November – ‘n Heerlike, nuwe mark van 09:00 tot 14:00 by Olienhoutstaat 10 op Moorreesburg. Hulle beplan ook ;n aandKersmark vir 28 November, van 17:00 tpt 21:00. Produkte wat hulle graag meer van sal wil hê: Soet gebak, vars tuisverboude groente en vrugte, tuisgebakte brode en banting-produkte. Volgende jaar begin hulle op die eerste Saterdag van Februarie, en dan elke eerste Saterdag daarna. Malmesbury2Sea 7 November – Ry fiets van Malmesbury tot Yzerfontein en slaap die aand in die karavaanpark. Beperkte slaapplek beskikbaar. Die roete is sowat 80km oor distrikspaaie en private grond en die klub het toestemming om twee enkelroetes te kombineer. Besoek www.malmesburyfietsryklub.co.za. Short Street Market 7 November - Riebeek Kasteel. Yvette: 083 441 2083.
Kerke • Churches
AGS Corpus Christi, Malmesbury 8 November - Sondagoggend 09:30 is daar 'n doopdiens. Pastoor Piet Smit praat oor `Wenners' en die aand om 18:30 oor `God se leiding'. Navrae: 073 447 2902.
PPK Bethesda Malmesbury 8 November- om 10:00 diens en Sondagskool en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent: 071 604 5387. Other enquiries: Rev John Beck, tel 022 482 3623. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at
4 November 2015
Cape Town Military Tattoo 2015 11-14 November - Castle of Good Hope. Tel 021 787 1162; email: defencereserveswc@gmial.com. Mandjiedans 13 November - By Hopefield-sportklub met Nic Stevens as kunstenaar. Kaartjies R80, kontantkroeg beskikaar. Kontak skool by 022 723 0040 of Suria Basson by 083 442 6865.
Wesbank vereer spelers vir harde werk
Plesier, kultuur en etiket op Porterville 14 November - Nataniël en Amoré Bekker (RSG) besoek Porterville om hulle kennis en wysheid rondom etiket te kom deel om 11:00 in die NGK Porterville se saal. 'n Glasie sjampanje en kolwyntjies sal tydens pouse beskikbaar wees. Kaartjies wissel van R200, R150 tot R120 en is beskikbaar by Hoërskool Porterville se ontvangs. Kontak Elna by 022 931 2174 vir besprekings. Weskus Boerejol 14 November – Yzerfontein Sport- & Ontspanningsklub bied Boerekos, Boeremusiek en Boerejol van 10:00 tot laat. Toegang gratis. Braaipakke beskikbaar @ R50 per persoon. Emo Adams in konsert 14 November - Wesbank RVK bied aan Emo Adams met plaaslike talent om 19:30 in die Wesbank-gemeenskapsaal. Kaartjies R200 (dubbel), R120 (enkel). Kontak Brian September (072 334 7845) of Natalie Larey (081 270 4255). Kaartjies ook by Malmesbury Superspar beskikbaar.
Emgee Fredericks is aangewys as Wesbank Rugbyklub se Sportman van die Jaar. By hom is Albie Coetzee, mede-eienaar van die Malmesbury Superspar.
Die ander finaliste in die Sportman van die Jaar-afdeling was Johan September (tweede van links) en Marno Will Genia. By hulle is Jacques Malan van OK Minimark.
Portugese fees 14 November - Yzerfontein Portugese fees. Kontak Eddie Pereira. 082 320 3513. Swartland Chenin Blanc Celebration 15 November: Cape Town -Join the Santam Swartland Wine & Olive Route for a summer picnic at Welgemeend in Cape Town. Sample and celebrate Chenin Blanc wines from the Swartland region. Tutored wine and olive tastings. Jolene J van Rensburg, 022 487 1133. Never Despair Jaarendfunksie 20 November - In die Wesbank Gemeenskapsaal. Die kaartjies is R80. Kaartjies Is by Monray January beskikbaar.
Speler van die Jaar: Johan September, Vincent Fredericks (wenner) en Emgee Fredericks saam met Albie Coetzee.
`Akte op die Vlakte' 21 November - Darling Music Experience bied die Afrikaanse weergawe van ZGilbert & Sullivan se Trial by Jury aan. Om 19:00 in die NG Kerk, Darling. Koste: R90 pp (R50 pensioentrekkers en studente). Bespreek by Peter: 022 492 2009. 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. Shofar 8 November: Sondag het hulle 'n Engelse diens om 08:30 by Voortrekkerstr 48. De Waal Esterhuizen preek. Kontak hulle by 079 214 4578. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd. Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship 8 November - Om 10:00 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak hulle Maandae tot Donderdae tussen 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Mees Lojale Speler: Marno Will Genia, Johan September en Lyle Sivea Lategan is in dié kategorie genomineer. Johan September is as die wenner aangewys. Hier is hulle saam met Jacques Malan van OK Minimark.
NUUS • NEWS
4 November 2015vrieskaste, breekBetrekking Vacancy Betroubare huishulp vir besige plaashuishouding, 5dagweek, geen drinkers of rokers. Koskookvaardighede,verwysings NOODSAAKLIK. Eie vervoer 6km vanaf Moorreesburg of behuising by buurplaas. Salaris onderhandelbaar. 0834358651.
goed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/23 Memorium Memoriam JOHNY HOWBURG
#2216/2
------------------------EARNINGS OPPORTUNITY. Avon representatives needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510 #2209/3
Dienste Services Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/4
------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485 Sout- en soet platters, muffin en skon-platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheids- koeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www.melieta’skitchen.co.za. #2058/13
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/16
Gelukwensing Congrats CHRISTINE PAPIER – 7 Nov
#2245
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste,
#2230/2
------------------------Woonstel te huur, Malmesbury – Bachelor – Water ingesluit – Koopkrag. Beskikbaar 1 Desember @ R2000,00 p/m Kontak 083 234 7319 #2247
Oorlede 4/11/2013 Vandag is jy reeds 2 jaar skielik weggeneem van ons deur die Hemelse Vader, maar mooi herinneringe is nog steeds daagliks met ons. Ons weet jy is veilig in Jesus se hande – tot God ons weer bymekaar bring. Van jou verlangende vrou, kinders, kleinkinders, skoonseun en skoondogters #2246
Te Huur To Let Bachelor woonstel in Malmesbury– Beskikbaar 1 Desember 2015. Gemeubileerd / Nie-gemeubileerd. Water en elektrisiteit ingesluit – Kontak 076 366 2375 #2249
------------------------Enkelwoonstel vir een persoon beskikbaar vanaf 1 November 2015 (Malmesbury) – R2700,00 per maand. Kontak 082 801 6992 #2224/1
------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 45m² . Beskikbaar vanaf 1 Desember 2015. Kontak 083 601 6480 #2218/4
------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/13
Happy 60th Birthday to a wonderful wife, mom and grandma. Thanks for all your love and support. God’s richest blessings upon your life. From your husband TOBIAS, children, grandchildren and Gerdna
------------------------Winkel/Kantoor – 52m² - Sentraal Malmesbury geleë – Vanaf 1 November 2015 @ R4 200,00 per maand. Kontak 083 234 7319
Te Koop For Sale
te koop vir R9000,00. Skakel Nina by 083 383 0282 #2244
------------------------Muller – 079 413 2520 1xDefy Boks Freezer (±300 l) – R1800 ; 1xDefy Boks Freezer (210 liter) – R1250, 2x Enkelbed spons matrasse – R200 elk; 1x Enkelbed Rest Assured matras – R500; 1x Bedkassie – R350; 2x Tikster stoele – R250 elk; 1 Pine Upstairs Enkelbed – R1600 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520
#2248
Imbuia en Brasiliaanse Geelhout eetkamerstel – Tafel met 8 stoele en buffet –
------------------------Stokvis Fillette R45 p/kg; Krummelvis – R40/kg, Visvingers – R32/kg . Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460
#2151/12
------------------------Skoon plaasmis te
koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/19
-------------------------
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/8
-------------------------
11
courant
dié
12
tel 022 487 3221
SPORT
4 November 2015
Abbotsdale se spelers skitter
Luhan Arendse is die trotse ontvanger van die Alain Mahoneytrofee,
Atletiek:
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag gasheer gespeel vir vanjaar se top 10-atletiekbyeenkoms. Skole van die Swartland en omliggende streke het hier hul atletiekvernuf kom wys. Foto's: Ghida Visser
Club Mykonos het Saterdag die 2015 SA Visfabrieke Rugbytoernooi gewen. Hulle het Elandsbaai A met 22-0 verslaan in die eindwedstryd op Velddrif. Die Plaat-trofee word deur Cerebos en Sea Pride gedeel, nadat hulle kragmeting 12-12 geëindig het. I & J wen die "bowl-eindstreid" nadat hulle Gansbaaie met 15-13 klop.
Sakelui kan vanaf Maandag mekaar die stryd op die rolbalbaan aansê in die Malmesbury Rolbalklub se jaarlikse Sakemanne-toernooi. Wedstryde vind op 9, 11, 12, 16, 18 en 19 November plaas vanaf 18:00 tot 21:00. Inskrywings beloop R160 per span van vier lede. Skryf per e-pos in by drrvermeulen@ exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com. Kontak 022 482 1228 of 022 482 3560 met navrae.
Join the challenge at !Khwa ttu
Aldrin Soudien is die Sprtman van die Jaar. Foto's: David Howburg
The first Darling Corporate MTB Challenge will be held at !Khwa ttu San Educational & Cultural Centre on the West Coast Road (R27), Yzerfontein on Saturday 7 November. The aim of the event is for Swartland and West Coast businesses to come and show their colours. It’s a fun ride and the idea is for businesses to use this opportunity to network, promote your company in a dynamic and alternative way, whilst having fun with your team at the same time. There will be prizes for the team that shows the best team spirit. Teams can consist of one or more riders en the routes are 10km or 30km. The closing date for entries is 30 October. Entries are limited to 150, so book as soon as possible to avoid disappointment. For more information contact eldre@iloveyzer.co.za.
Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - 28 Oktober Enkel Stableford Nic Goosen 21; Andre Uys 21; Gerhard Spangenberg 19; Hein Stephan 19; Jacobus Snyders 18. Vrydag Sunwner - 30 Oktober Enkel Stableford Jean Pieters 21; Ewald Liedeman 19; Freek Stander 19; Nic Goosen 18; Marcelle Prinsloo 18. Beterbal Stableford - 31 Oktober Sakkie Klasen & Eric Februarie 45; Josef de Beer & Thys Esterhuizen 45; Paul Hardcastle & Henning Pretorius 44; Wynand van Niekerk & Andre Ackerman 44; Marcelle Prinsloo & Martell van Lill snr 43. Tennis Malmesbury Tennisklub Groot Uitdaag: Malmesbury A-Mans klop Country Club 5- 1. Braam Isaacs k P. Montgomery 6-1, 6-3; Dmitri Marais k D. Slabbert 6-1, 6-2; David Isaacs k G. Painter 6-3, 6-1; Kristoff Isaacs v P. Whitfield 6-7, 2-6; Braam Isaacs & David Isaacs k P. Montgomery & D. Slabbert 6-0, 6-3; Dmitri Marais & Kristoff Isaacs k G. Painter & P. Whitfield - wedstryd prys gegee. Malmesbury B-Mans verloor teen Bottelary A 4 -1. Malmesbury C-Mans wen Brackenfell 4-1. Sarel Steyn k Marius Ehlers 6-3, 6-2; Alec Viljoen k Abrie Joubert 6-2, 3-6, 10-8; Martin Nel & Johan Burger k Paul Kamfer & Petrie Strauss 6-3, 6-1; Sarel Steyn & Alec Viljoen k Paul Kamfer & Petrie Strauss 6-0, 6-1; Martin Nel & Johan Burger v Marius Ehlers & Abrie Joubert 3-6, 2-6. Malmesbury A-Vroue verloor teen Strand met 4 -1. Malmesbury B-Vroue wen vir Country Club met 3 wedstryde teen 2. Andrea Gouws k Linkie Montgomery 2-6 - wedstryd prys gegee; Gabbi Rose k Rose Humphreys 6-0, 6-1; Jessie Liebenberg & Eloise Gouws v Rene Nanny & Penny Neethling 1-6, 0-6; Andrea Gouws & Gabbi Rose k Rene Nanny & Penny Neethling 6-2, 6-3; Jessie Liebenberg & Eloise Gouws v Linkie Montgomery & Rose Humphreys 0-6, 1-6. Tweekamp Boland 31 Oktober - Bonnievale Malmesbury-uitslae: S/11 – Tiaan Walters 3e plek uit 20 deelnemers; Mans Ope – Daniel Malan 3e plek; M/11 – Chloe Lottering 1e plek uit15 deelnemers; M/15 – Karlea Walters 5e plek uit 10 deelnemers; M/17 – Celize Walters – 2e plek; Vroue Ope – Heleen Malan 1e plek, Annereen Malan 2e plek; Vroue Veterane –Mariaan Malan 2e plek. Die volgende byeenkoms is op 7 November by Hugenote skool op Wellington.
Club Mykonos Rol-rol oor kraai koning die setperk Salmondré van Schalkwyk is Peler van die Jaar, By hom is voorsitter, Jackie Fry.
NUUS • NEWS
Sportuitslae Sports results2015 4 November
Fb page: https://www.facebook.com/DarlingCorporateMTBChallenge.