courant
gratis
tel 022 487 3221
Uitgawe 144
die
swartland en weskus
5 Oktober 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
KaapAgri pas strukture aan
Malmesbury Skou ân reuse-sukses
Die pas afgelope Malmesbury Skou het belangstellendes van oral na dié dorp gelok. Bo is die deelnemers aan die eerste rodeo wat in die Wes-Kaap gehou is. Onder is die mooistes van die mooies wat aan die Mej. Malmesbury Skou deelgeneem het.
Malmesbury Skoukoningin-finaliste Perdeberg-groep koop belang in JBâs Nissan
Malmesbury Skou in beeld
SA-toutrekbyeenkoms kom na Swartland
Die ontbondeling van die Kaap Agri-groep se aandele is tans op aandeelhouers se lippe. Sean Walsh, nuwe besturende direkteur van Kaap Agri, sĂȘ hieroor die volgende: âGeen bates word vervreem nie - Aandeelhouers behou dieselfde waarde, net in twee aandele.â Volgens James Matthee, finansiĂ«le direkteur van Kaap Agri, is ontbondeling een manier om die waarde van aandele te verhoog. âDie Kaap Agri-groep bestaan uit twee bene â die bedryfsaktiwiteite met sy handelstakke, graansiloâs, werkwinkels en besproeiing (ongeveer 134 bedryfspunte altesaam en met ân omset van R4 miljard), en ân 32% ekonomiese belang in Pioneer Voedsel wat omtrent R3,3 miljard werd is. âDit is egter ân feit dat die aandele in so ân âpiramiede-struktuurâ altyd teen ân laer waarde as die somtotaal van die waarde van die onderliggende bates verhandel. In Kaap Agri se geval verhandel sy waarde teen 15% tot 20% laer as net die waarde van die Pioneer-aandele alleen. ân Kaap Agri-aandeel verteenwoordig dus ân Pioneer-aandeel teen 15% afslag, en ân Bedryfsaandeel âvernietâ. âOntbondeling beteken dat die bedryfs- en die beleggingsbene geskei word sodat aandeelhouers hulle aandele in die bedryf en belegging afsonderlik hou en kan verhandel. In Kaap Agri se geval sal aandeelhouers aandele in Kaap Agri (wat dan net die bedryfsaktiwiteite sal huisves) en Agri Voedsel (wat die Pioneer-belegging sal huisves), afsonderlik hou en kan verhandel,â het Matthee gesĂȘ. âAandeelhouers moet egter daarop let dat dit nie die Pioneer-aandele is wat direk ontbondel word nie. Die Pioneer-aandele sal steeds deur die maatskappy, Agri Voedsel, gehou word, en die aandeelhouers sal hulle aandele in Agri Voedsel hou. Alle Pioneer-dividende (nĂĄ kostes) sal egter na die aandeelhouers deurvloei, en Kaap Agri (Bedryf) sal ook sy eie dividende verklaar op sterkte van die bedryfsresultate. âDie verwagting is dat die twee afsonderlike aandele teen beter pryse sal verhandel as in die huidige struktuur,â het Matthee Maandag gesĂȘ. âHierdie stap is ook iets nuuts vir ons,â het Walsh hieroor aan die courant gesĂȘ. âOns doen nie sĂł iets elke dag nie!â Onder die aandeelhouers is diĂ© van die voormalige WPK en Boland Agri-koöperasies, asook groter beleggingsmaatskappye wat aandele by aandeelhouers gekoop het. âSodra die mense verstaan hoĂ© die proses werk, is hulle 100% positief daaroor en begin hulle deel in die optimisme oor die moontlikheid van ân opwaartse waardeontsluiting.â Volgens Matthee is die beoogde ontbondeling nog onderhewig aan ân paar opskortende voorwaardes voordat dit ân feit is. Aandeelhouers sal mettertyd formeel ingelig word oor die besonderhede en implementering daarvan.