Skip to main content

Die courant 5 aug 2015 332

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

5 Augustus 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 332

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Talle atlete hol in 30ste Berg

Lamtyd op Nuweland: Sussies Aníse en Hanné Louw van die plaas Nu-

weland buite Malmesbury vertroetel twee nuwe aankomelinge op die plaas. Dit is lamtyd in die Swartland en alhoewel die ooie vanjaar later lam as in die verlede, is die jongelinge gesond en sonder kwellinge. Foto: Franza Louw

Meer as 2000 deelnemers het Saterdag aan die PPC Riebeek Bergmarathon se wedlope deelgeneem. Phumlani Nxusani was eerste oor die eindstreep van die marathon in ‘n tyd van 02:31:18. Kort op sy hakke was Justin Fritz en Ben Matiso. Lee-Shay Willemse was die eerste vrou tuis in ‘n tyd van 03:24:14. Die halfmarathon is deur Mthandazo Qhina (mans) en Candice Hall (vroue) gewen, met Siviwe Nkombi en Mariette Strauss die wenners van die 10km. Die wedloop word deur PPC Sement en die Swartland Atletiekklub gereël. Onder die 10km-atlete was oud-Springbok rugbyspeler Morné du Plessis, wat die 30ste oor die wenstreep gedraf het met die 30ste bestaansjaar van dié gewilde wedloop. “Ons is in ons skik met vanjaar se opkoms en wil graag al die deelnemers gelukwens,” het Bernard Venter, PPC Riebeek se hoofbestuurder, gesê. “Dit is wonderlik dat soveel mense die 30 jaar van PPC se betrokkenheid in die Riebeekgemeenskap saam met ons kom vier het – en ons sien uit daarna om almal volgende jaar terug te verwelkom.” Julie Welkom was die Swartland Atletieklub se eerste atleet oor die wenstreep in die marathon. Hy is gevolg deur Derick Zoutman, Christiaan Adonis, Leon Williams, Hennie Vlok en Jan Nehro. Sien foto's op bl 12 en 13.

• DEPARTEMENT lei skolierpatrollies op

Skoolverkeer bekyk

Skolierpatrollies in die Swartland het 'n hupstoot gekry met die Departement van Vervoer en Openbare Werke se projek om leerders hierin op te lei. Skolierpatrollies is ‘n belangrike deel van padveiligheid en is noodsaaklik vir die veiligheid van ons skoliere, het Philip Humphreys, Direkteur Beskermingsdienste van die Swartland Munisipaliteit aan dié courant gesê. Hy het sy stem by die Departement van Vervoer en Openbare Werke gevoeg: die Departement het gesê skolierpatrollies is ‘n kardinale deel van padveiligheid-opleiding en ‘n kritiese verbetering van leerder-veiligheid. Skolierpatrollies reguleer verkeer, laat voertuie stadiger ry en fasiliteer veilige padkruisings. Dit maak ook jong voetgangers bewus van die belangrikheid van padveiligheid. Humphreys het die Departement geloof vir

die opleiding wat hulle aan skolierpatrollies in die Weskus gee. Hulle sal 12- en 13-jarige leerders by 27 primêre skole tot Septembermaand oplei om leerders by te staan om besige strate van en na skole te kruis. “Gevaarlike verkeersopeenhopings kom dikwels by en om skole voor, met baie ouers wat hul kinders af- of oplaai. Dit skep gevaarlike punte waar kinders raakgery kan word, vandaar die rol van die skolierpatrollie om die kinders veilig oor die straat te help. “Skolierpatrollies is ‘n oproep vir onbaatsugtige diens aan mede-leerders en die gemeenskap en lede van só 'n patrollie moet die volgende eienskappe uitstraal: verantwoordelikheid, stiptelikheid, toewyding en ‘n verbintenis tot spanwerk met karaktertrekke soos betroubaarheid,” het Humphreys beklemtoon. Ses van die skole wat opleiding ontvang, is in

die Swartland en twee in die Bergrivier. Die afgelope week het leerders van St Michaels Primêr op Abbotsdale en Laurie Hugo op Moorreesburg opleiding ontvang. Die Departement sal ook, in samewerking met die betrokke munisipaliteite, gereelde behoeftebepalings by die skole doen om gebreke in die pad-infrastruktuur te identifiseer en aan te spreek. ‘n Gebrek aan voldoende padtekens sal vinnig reggestel word. • ‘n Skolierpatrollie bestaan uit vier leerders wat stoptekens gebruik om verkeer by ‘n voetoorgang te beheer. Die patrollie-kaptein gebruik ‘n fluitjie om die kruising oop te maak en te sluit. Spanlede dra helder veiligheidsbaadjie oor hulle skooluniforms, asook pette wat deur die Departement se afdeling vir Padveiligheidsbeheer geskenk is. Een of twee onderwysers hou toesig oor die patrollie en gereelde vergaderings word gehou om enige probleme te bespreek.

NUUS • NEWS

5 Augustus 2015


NUUS • NEWS

2

• Claassen nuwe vise-president van agri wes-kaap

5 Augustus 2015

‘Die toekoms kom van die plaas af’ “Daar is beslis baie uitdagings op die toekomspad vir landbou, maar gelukkig dien ek landbou reeds vir 36 jaar op verskillende terreine en glo ek dat ek baie waarde kan toevoeg tot landbou in die Wes-Kaap." Só het Koot Claassen, die nuwe vise-president van Agri Wes-Kaap, aan dié courant gesê. Claassen, wat ook onlangs as voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging verkies is, sê dit is vir hom ‘n groot eer en voorreg om aan landbou in die Wes-Kaap “my beste te gee ter bevordering van ‘n volhoubare landbousektor met al sy verskillende vertakkings. "In Mpumalanga, waar ek die president was vir ‘n klompie jare, het 'n mens baie ondervinding opgedoen om ‘n goeie gevoel te kon ontwikkel wat nodig is om landbou te laat groei. “Uitdagings is daar vele as ‘n mens maar net dink aan die regering se grondherverdeling program (sekerlik op die oomblik die mees sensitiefste), arbeids-aangeleenthede en plaasveiligheid, wat ook nou ernstige afmetings landswyd begin aanneem. “Die nuwe onteieningswet wat vroeg volgen-

de jaar geïmplementeer sal word, maatskaplike ontwikkeling op die platteland en vele ander is sake wat landbou die hekkie sal moet oorkom, tesame met die regering, anders is voedselsekerheid nie volhoubaar nie!” Gevra wat hy as prioriteite vir Agri Wes-Kaap beskou, sê hy dit is ‘n vereiste dat landbouers (opkomend en kommersieel) moet saamstaan en uit een mond praat wanneer landbousake ter sprake is. “Aanvaarbare planne sal op die tafel geplaas moet word, sodat die werklike landbouers kan voortgaan met hul besigheid om genoeg voedsel en vesel aan die land en sy mense te voorsien sonder ‘n gesonde landbou is 'n land gedoem." Claassen is verlede Donderdag op Agri WesKaap se jaarkongres verkies. Cornie Swart is herkies as president. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het hulle geluk gewens: “Die Wes-Kaapse landbousektor is geseën met toegewyde produsente wat werklik oor die wil en die hart beskik om die landbousektor nog ver die toekoms in te neem.” Die tema by vanjaar se kongres, Die toekoms

Nuwe boothuis ingewy

Die nuwe boothuis vir Yzerfontein NSRI 34 is verlede week ingewy. Die bemanning het sewe jaar gewag vir ‘n boothuis en die voormalige stasiebevelvoerder, Rudi Rogers, is geloof vir sy deursettingsvermoë deur die jare. Die bouer, Karl Kunert, het ook erkenning gekry vir sy uitstekende vakmanskap. Die bemanning het die dag gevier met hulle bure van Stasie 4 Mykonos, Rotariërs, lede van die gemeenskap en ‘n donateurs wat die projek mildelik ondersteun het. Die hoofbestuurder van die NSRI, dr Cleeve Robertson, het gesê die gebou is nie bloot ‘n boothuis nie, maar 'n tuiste. Die huidige bevelvoerder, Willem Lubbe, het die gaste verwelkom. ‘n Gedenkplaat is ook onthul om die Rotariërs te bedank vir die meer as ‘n miljoen rand wat hulle vir die stasie ingesamel het. Die NSRI Yzerfontein het allerlei uitdagings: die

deining in die hawe is baie erg en die vlak riwwe rondom Dassen-eiland is bedrieglik. Verder eis die koue water van die Weskus vinniger lewens as elders in die land. Yzerfontein is ook die plek waar walvisse hul kalfies grootmaak. As die snoek loop, is Yzerfontein die tuishawe vir tussen 800 en 1000 kommersiële vissermanne. Sowat 90% van dié vissermanne is voorheen-benadeeldes.

kom van die plaas af, het gekyk na die lewensnoodsaaklike rol wat landbou in die toekoms van die land, van Afrika en in die res van die wêreld gaan speel. Dit was ook die eerste provinsiale kongres wat Omri van Zyl, Agri SA se nuwe uitvoerende direkteur, bygewoon het. Hy het die landbou se rol in die ekonomie met ‘n rugby-skrum vergelyk en sê as die landbou val, vou die hele ekonomie. Hy het die landbou se toekomstige rol in internasionale voedselsekerheid onderstreep en sê daar is geen ander plek waarheen die wêreld vir kos kan kyk as na Afrika nie. Hy sê ook as mense eet, is dit te danke aan landbou en dat dié boodskap uitgebasuin moet word. Dr Roelof Botha, die gerekende landbouekonoom, het ook opgetree en gesê belegging in die SADC-lande kan baie meer voordelig wees as beleggings in die BRICS-groepering. Hy het die groei in uitvoere na Afrika ook as “absoluut wonderlik” beskryf en gesê daar is redes om matig

Cornie Swart (president van AWK) en Koot Claassen (nuwe vise-president). optimisties te wees oor handel met Afrika. Die provinsiale Minister van Landbou, Alan Winde, het daarop gewys dat agri-verwerking in die Wes-Kaap die afgelope vyf jaar met 1.8% en werkskepping met 7.7% gegroei het. Hy het egter gewaarsku dat landbouers water meer doeltreffend sal moet begin gebruik as hulle werksgeleenthede in die sektor wil skep.

Nuwe Drankwet nou oop vir bespreking Kommentaar oor die voorgestelde nuwe Drankwet kan nog tot 13 Augustus ingedien word. Die Departement van Handel en Nywerheid het die tyd vir kommentaar verleng. Kommentaar moet skriftelik aan die Direkteur-generaal van Handel en Nywereid gerig word by Privaatsak X84, Pretoria 0001. U kan ook 'n e-pos stuur aan NRamphele@ thedti.gov.za, vir aandag me Nkoe Ramphele. Die Drankwet stel die volgende voor: • dat die beskikbaarheid van alkohol verminder word deur regulering van dae/ure van verkope, in ooreenstemming met die nasionale

drankstandaarde; • dat die nasionale minimum wettige ouderdom wat iemand alkohol kan koop, verhoog word van 18 na 21 jaar; • dat ondernemings wat alkohol verkoop, minstens 500m van skole, kerke, ontspanningsplekke, woonbuurte en openbare instellings moet wees; • dat daar beperkings geplaas word op advertensies en bemarking van alkoholiese produkte; • dat die vervaardiger, verspreider en handel oor ook verantwoordelik gehou kan word sou iemand onder die invloed van alkohol in 'n motorongeluk betrokke wees.


NUUS • NEWS

3

5 Augustus 2015

Slaglamveiling: Erika Hanekom (naasregs van Rhenosterbosrug

Dormer-stoet), was die wenner van die kampioen-slaglam by die Malmesbury Landbouvereniging se kudde-evalueringsdag. By haar staan (van links) Tommy Moolman (Tomi's Abattoir - tweede in die slaglam-kompetisie), Du Toit Dürr en John Dürr, albei van Wes-Kaap Lewende Hawe.

• Laat groot nalatenskap

‘Lompie was altyd ‘n ambassadeur’ Lompie Kotze was ‘n legende. Só beskryf ‘n jarelange vriend en oudskoolhoof van Swartland, Gary Jordaan, dié geliefde inwoner van Malmesbury wat diep spore in die grond van Malmesbury gelaat het. “Hy was ‘n ambassadeur vir Malmesbury, ons sal hom mis. “Lompie was lojaal, lief vir mense, sy dorp en sy skool (Hoërskool Swartland). As skoolhoof het ek groot waardering vir sy bydrae met oudleerders en die reël van onder meer reünies. “Hy was ‘n intense Malmesbury-mens. Jy kon hom enigiets oor die dorp en sy mense vra – hy het die dorp deur en deur geken. “Verder was hy ‘n gesinsmens, lief vir sy familie. Ek glo hy was ‘n uiterste steunpilaar vir sy kinders en vir Leonie (sy vrou) was hy die spilpunt waarom haar lewe gedraai het.” Jordaan onthou ook sy liefde vir diere. Hy het ‘n hond en ‘n kat gehad: “Die kat het altyd op sy skoot gesit en is skoon verlore sonder hom. “Hy was ‘n sagte mens, maar ook ‘n goeie sakeman,” vertel hy en voeg by dat Kotze in staat was om moeilike, harde besluite te maak en deur te voer. Laastens onthou Jordaan hom as ‘n Godvresende man: “Hy het God bo alles gestel. Ons kan gerus wees oor waar hy hom bevind."

“Hy was ‘n goeie vriend, ons almal mis hom. Malmesbury is armer sonder hom.” Kotze is op 30 November 1941 gebore en het matriek aan die Hoërskool Swartland voltooi. Hy was jare lank werksaam by die Swartland Hospitaal as sekretaris, die jongste nog wat aangestel is. Later is hy na Paarl Hospitaal verplaas. Hy was lank ‘n kerkraadslid by die Swartland Moedergemeente en het vir 35 jaar lank kategese klasse gegee. Kotze het ‘n geruime tyd op die Malmesbury Stadsraad gedien en was ook op die bestuur van die Goue Aar Ouetehuis. Rugby en krieket was sy groot sport-liefdes. Hy het 15 jaar vir die Bloues en die Malmesbury krieketklub gespeel. Hy was ook afrigter van die Hoërskool Swartland se derde rugbyspan. Hy het die laaste 10 jaar die Time Freightagentskap op Malmesbury bestuur, waar Wilfred Croeser hom bygestaan het. Die agentskap word steeds deur familie bestuur, met Croeser as assistent. • Kotze is op Sondag 12 Julie oorlede, nadat hy 10 maande gelede met leukemie gediagnoseer is. Hy laat sy suster, Elma Immelman, syvrou Leonie, sy twee kinders, Minette en Dirk, asook kleinseun Christiaan Kotze agter.

Wenners: Bo links is die wenners van die Dohne Merino-afdeling. Llewellyn Louw is as die wenner aangewys. Wilhelm van Niekerk (middel) het hom verteenwoordig. Janus le Roux (links) was tweede en Johan Smuts derde. Bo regs is die wenners van die vleismerinoafdeling. Frederik le Roux (middel) was eerste, gevolg deur Pieter Dreyer (links) en Dries de Villiers. Links is die wenners van die merino-afdeling. Eerste was Janneman Louw (middel), tweede Abraham Cloete van Elandsberg-plase (regs) en derde Junior Herholdt.

Gous praat by sakekamer Dr Gustav Gous, bekende motiveringspreker, is die gas by vanjaar se vrouemaand-vergadering van die Malmesbury Sakekamer. Gous het ook al as motiveringspreker vir die Springbok-rugbyspan gedien.

Die vergadering word op 18 Augustus om 19:00 in die Laerskool Swartland-skoolsaal aangebied. Kostes beloop R100 vir lede en R140 vir nielede. Kontak 022 482 1062 om te bespreek.


courant

dié

4

Veiligheid eerste

As kind het ons by die skool gereeld besoek ontvang van figure soos Toktokkie en Daantjie Kat wat die leerders meer geleer het van gesondheid en veiligheid. Daar is ook altyd baie klem gelê op die skolierpatrollie en daardie balkie is met groot trots gedra. Die funksie van hierdie liggaam in die skool is ook altyd met groot respek en erns hanteer. Dit is immers bemoeid met die veiligheid van ons kinders. Soggens is dit 'n ellelange tou wat by die skole ophoop as kinders afgelaai moet word. Almal is haastig. Almal is gejaagd en Boetie of Sussie is net so haastig om by hulle maatjies op die speelgrond aan te sluit. Tas op die rug, pluk oop die deur en laat spaander oor die pad. Sonder om soms links en regs te kyk. 'n Ongeluk gebeur in 'n oogwink. Vinnig verander jou hele lewe soos jy dit ken. Ja, die verkeer by skole soggens is 'n nagmerrie en 'n probleem en juis daarom het ons ekstra hulp nodig, sodat ons kinders veilig by die klaskamers kan kom. En ja, daar is owerhede en liggame wat moet bydra tot ons kinders se veiligheid, maar dit is ook ons as ouers se plig om ons kinders voor skool al van padveiligheid te leer. Kyk eerder te veel kere of daar aankomende verkeer is, as wat hulle blindelings voor 'n motor instap. Dit bring 'n mate van berusting om te weet dat die Onderwysdepartement nou daadwerklik pogings aanwend om ons leerders veilig te hou met hul hernude opleiding van die ou en bekende skolierpatrollie. Vat hande, help mekaar en hou ons kinders veilig. Hulle is ons trots.

NUUS • NEWS

5 Augustus 2015

Hier kry afval 'n blink nuwe toekoms met kompos

Hier word die lewenssiklus voltooi, is Dolfie Walter se filosofiese beskrywing van sy komposaanleg buite Malmesbury. “Afval is een van die groot probleme van die moderne lewe,” het hy aan dié courant vertel. “Hier het ons die oplossing, die uitdaging is net om dit ekonomies te bedryf. Die DNS-komposaanleg op sy plaas Rustfontein het begin as ‘n stokperdjie wat nou in ‘n ekstra inkomste verander het. Hy is ‘n graanboer wat saam met sy broers in besigheid is. Die kompos het aanvanklik uit sy liefde vir tuinmaak gespruit. Hy het reeds as kind daarmee geëksperimenteer en later op die plaas vir eie gebruik hiermee aangehou. Mense het gesien dat hy kompos gebruik en gevra of hy nie aan hulle ook wil verskaf nie. In 2006 is die aanleg gelisensieer by die Departement van Dolfie Walters op die kompos-aanleg buite Malmesbury. Omgewingsake. Hy het begin om reg te kry. “Die ideaal is ’n koolstof- Dit duur ses tot agt weke voordat ‘n afvalprodukte van die plaas te gebruik en gou besef dat wynkelders en stikstof-verhouding van 25:1 tot 30:1. hoop heeltemal gekomposteer is. “Jy weet die kompos is klaar as dit abattoirs ‘n groot behoefte het aan Voordelige organismes, wat vir kom‘n afsetpunt vir hulle afval. Deesdae postering verantwoordelik is, gebruik fyn is en jy nie meer stukkies grondword afvalprodukte soos druiwedop- koolstof vir energie en stikstof om stof kan sien nie. Die kompos sal ook pe en –stingels, asook afvalwater van proteïene vir selverdeling te vorm, lekker ruik – so ’n soet, aardse arowat help om kompos af te breek. ma,” sê hy. kelders by sy aanleg afgelaai. “Kompos wat sleg ruik – soos Abattoirs het ook vinnig aan sy “As daar te veel koolstof in die asyn of die dood – word deur kom klop: bloedwater, waarskynlik deur anaafval, en pensmis is produkte ërobiese organismes waarvoor hulle ‘n stortingsoorheers. Dié kompos terrein soek. Voorheen moes moet liefs nie gebruik hierdie produkte na Vissersword nie. Kompos wat hok vervoer word, wat baie soos ammoniak ruik, het verder is. Walters bied dus waarskynlik nog nie klaar vir hulle ‘n ekonomiese altergekomposteer nie.” Walnatief. “Ons het ook nou begin met ‘n mengsel is, sal die hoop sukkel om ters laat gereeld monsters neem van proeflopie met afvalprodukte van hitte te genereer en die kompos- sy eindprodukte om seker te maak dit teringsproses sal tot stilstand kom. is van ’n goeie gehalte. Country Fair,” vertel hy. Hy beskou vlieë en voëls as twee Hulle ontvang reeds Quantum Wanneer ’n produk met ’n té hoë Foods se hoender-mortaliteite en koolstofinhoud in die grond inge- van sy grootste kopsere. Vlieë is veral daar is ‘n moontlikheid dat die broei- werk word, is daar ’n kans dat dit in die parstyd lastig, maar word redestikstof van die grond sal onttrek lik beheer met ‘n kontakmiddel. hokke sal bykom. Voëls is veral Ibisse, wat agter die “Ons het ‘n ooreenkoms met die om vir dié stikstoftekort te vergoed. abattoirs dat hulle geen besmette of “As daar te veel stikstof in die meng- bloed aan kom, en seevoëls - meestal siek diere hier sal stort nie. Ons lisen- sel is, sal stikstof uit die hoop vry- in die winter. Veral die seevoëls gee in sievoorwaardes is baie streng hieroor gestel word in die vorm van ammoni- die droër maande pad. Hierdie is die een aspek van sy en hier is gereeld inspekteurs wat umgas en die kompos sal sleg ruik. Dit kan ook die hoop se temperatuur op- aanleg wat hy nog wil verbeter. kom inloer.” Walters verduidelik dat DNS die jaag tot temperature waarteen voor- Walters se perseel beslaan 5 ha, waarboustene van lewende organismes delige organismes vernietig word. van 2,5 ha gebruik word om kompos is en bestaan uit ’n samevoeging van Walters het hom al vasgeloop met op te maak. Hy maak sowat 1000m³ kompos bloed en hoendermis wat albei ’n hoë verskillende elemente. per hektaar per kompos-siklus. Kom“DNS bestaan uit verskillende stikstofinhoud het. “Jy kon daai hope draai tot jy pos word regdeur die jaar gemaak. materiaal, soos beesmis, hoendermis, druiwedoppe en -stin- blou word in jou gesig, maar dit wou Hy voorsien dat kompos al hoe gewilgels, koring- en kanolastrooi.” nie die temperatuur laat daal nie. der gaan word soos mense meer omHy het deur die jare intensief navor- Dus, wanneer jy iets soos bloed of gewingsbewus word. Hy het nog nooit sy kompos geadsing op die internet gedoen en ook hoendermis gebruik, moet jy seker met kundiges gesels. Hy is duidelik maak jy het ’n goeie bron van kool- verteer nie, maar kan op die oomblik trots op sy huidige produk: “Ons het stof om die impak van die bronne nie voorbly om in die vraag te voorsien ‘n mooi fyn kompos van ‘n baie hoë se hoë stikstofinhoud te balanseer. nie. Die meeste van sy kompos gaan “Aan die begin sukkel ’n mens na die aartappelboere in die Sandveld. gehalte.” Hy vertel die goue reël om hoëge- maar om die verhoudings reg Hy lewer ook bakkievragte kompos halte-kompos te produseer, is om die te kry, maar met ondervinding op Malmesbury, terwyl daar mense is verhouding van koolstof tot stikstof word dit makliker,” sê Walters. wat self op die plaas kom laai.

'Kompos gaan al hoe gewilder word soos mense meer omgewingsbewus word.'

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Leer ons … dat ons ‘n wyse hart mag bekom Psalm 90 begin as ‘n gebed van Moses, die man van God. Moses was ‘n man wat reeds as kind nie in sy ouerhuis grootgemaak kon word nie. Die farao van Egipte het bedreig gevoel oor die Israeliete wat toeneem in getal, en het ‘n plan gemaak om die getalle van die Israeliete te beperk. Die meisietjies kon lewe, maar die seuntjies moes doodgemaak word. Die vroedvroue het God meer gevrees as die farao en die seuntjies laat lewe. Die farao het toe ‘n ander plan gemaak, dat die seuntjies in die Nylrivier gegooi moet word. In hierdie tyd is Moses gebore. Sy moeder het hom drie maande lank weggesteek en toe sy later nie meer kon nie, het sy hom in ‘n mandjie, verseël met pik in die rivier geplaas. Die Here het ‘n plan met elkeen van ons se lewens. Hy het toegelaat dat die farao se dogter vir Moses in die rivier kry en as haar seun aanneem. In plaas van dat Moses doodgemaak word, word hy in die farao se paleis grootgemaak. Op ouderdom veertig wil hy sy volk help, en moet vlug. In Midian noem hy sy eerste kind Gerson, ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land. Moses se nalatenskap is nie alleen dat die wet deur hom gegee is nie, maar dat hy bid: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom”.

Darling showcases its wild flowers with annual show

Studente: Die Sabino Canyon Spur op Malmesbury het hul besigheidsvernuf met toe-

komstige sakelui in die gasvryheidsbedryf gedeel toe hulle studente van die plaaslike Weskus Kollege praktiese onderrig gegee het. Die doel van die projek was om die jeug van Malmesbury te versterk en toe te rus met kennis en vaardighede. Dit is ook deel van die inisiatief van die Malmesbury Sakekamer om die jeug te bemagtig en gerat te kry vir die besigheidswêreld wat op hulle wag. Volgens eienaar Theo Kleinhans is dit ook belangrik dat die studente sekerheid in hul toekoms het en dat hulle toegerus is met die nodige kennis en vaardighede om van hul loopbaan 'n sukses te maak.

The 98th Darling Wildflower Show will take place from 18 to 20 September. Darling is known as the flower of the West Coast, and the abundance of flora and natural flowers is undoubtedly its biggest asset. The Darling Wildflower Show takes place annually over the third weekend in September at the Darling Club. Since the early shows, the wildflower show has grown from a hall with floral arrangements to include natural displays. This reflects the geographical diversity of the veld surrounding Darling. All flowers and plants on show grow wild in the Darling district and are picked under strict supervision of the Darling Wildflower Society. The displays include the botanical and common names of all flowers exhibited as well as interesting information on conservation.

The detail can vary substantially, being that the Darling Flora is all about the extravagant diversity and fragrance. Most of the rain occurs between April and September (150 – 300mm). The show therefore represents a concentration of plants which flower in spring, although many of the plants also flower throughout the year. The Darling district represents a diverse flora of about 1200 species. Approximately 80 (6,5%) are endemic, whilst the rest also occur in other areas. One should keep in mind that during springtime there are a myriad of pollinators at work, such as wasps, flies, mice and sunbirds; the conservation of our local flora ensures healthy biodiversity of the whole area. For more information contact 084 916 1111 or visit darlingwfs@telkomsa.net.


NUUS • NEWS

5

5 Augustus 2015

Dagboek • Calender

Nuwe vulstasie in Bokomoweg oorweeg

AJV Moorreesburg/Koringberg Toerismeburo 5 Augustus - U sal bederf word met stoepstories deur boere, inwoners asook 'n plaaslike digter by die algemene jaarvergadering van Moorreesburg/ Koringberg Toerismeburo. Sop en brood, sjerrie en wyn sal voorsien word. Dit begin om 18:00 by die Koringbedryf Museum. Kaartjies is R40 per persoon. RSVP voor of op 27 Julie na moorreesburg@westc. co.za of kontak Renata van Dyk of Hermien Taljaard by 022 433 1072.

022 492 3361; www.facebook.com/stories@darling Interskole 22 Augustus - Swartland teen Hugenote op Malmesbury. Interskole 22 Augustus - Piketberg teen Porterville

Bergklim en ontbyt by laer grot 22 Augustus - Die AGS Corpus Christi gaan bergklim en by die laer grot op Kasteelberg ontbyt eet. Die groep vertrek die oggend om 07:00 van die kerk se terrein in Baroccastr 19, Malmesbury. Navrae: Piet Smit by 073 447 2902

Vroue-oggend 8 Augustus – Org de Rac: saam met Le-Lue Roode van Bokradio, Delanie Jooste en ontbyt deur Kochelmanders berei. Kaartjies is R150pp. Bespreek by Cindy, 022 913 2397 of wine@orgderac.co.za.

Derby 22Augustus - Steynville Sekondêr teen Roodezandt (weg).

Oggendtee 8 Augustus - ACVV Riebeek-Kasteel hou ‘n oggendtee om 10:00 met Lizette Janse van Rensburg wat getuienis lewer deur sang. Kaartjies R100 sluit tee/koffie en ligte verversings in. Kontak Gloudine (022 4481715/084 2915088).

Pret by Groenewiede 22 Augustus – veiling, ete en vertoning begin om 19:00 by die Darling Gholfklub. Navrae: Nadine le Roux, 022 451 2202.

Yzerfontein Geelstert Uitdaag 8-10 Augustus - Die Yzerfontein Boot en Hengelklub bied vanjaar se Geelstert-kompetisie aan. Pryse ter waarde van R75 000 is op die spel. Besoek www.yzerboatclub.co.za vir meer inligting.

Jongwynskou 22 Augustus: Vredendal – Namakwa Weskus Jongwynskou. 027 201 3415 Groeneweide 27 Augustus – Veiling, ete en vertoning ten bate van Groenweide. Begin om 19:00 by Darling Golfklub. Kontak Nadine le Roux, 022 451 2202.

Interskole 14 Augustus - Hoërskool Dirkie Uys teen Jan van Riebeeck - tuis op Moorreesburg.

Malmesbury Aglow 15 August - The next Malmesbury Aglow meeting is on Saturday 15 August at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Rd (opposite Prima Bande). Starting at 15:00 (3pm). The speaker is president Carmen Mutemeri. Everyone welcome. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. ACVV Vrouedag 15 Augustus - In die NG-kerksaal op Piketberg. Karen Smit van Women's Achievement Network for Disability, is die spreker. Skakel 022 913 1525 of acvvpiketberg@telkomsa. net. A CHOIRed Taste/ beKOOR 15 Augustus - Mega koorskouspel, 19:00; Grandwest Arena, Goodwood, Cape Town. Navrae: Eunice Joubert on 021 863 0397 / eunicek@ agrimega.co.za. Derby 14 Augustus - 20ste derby, Wesbank Sekondêr teen Proteus. Tuis op Malmesbury.

Skou 27-29 Augustus: Porterville Landbouskou. 022 931 2460.

Swartland Gospel Konsert 28 Augustus - konsert begin om 19:00 in de Bronteater, Malmesbury. Kaartjies is R50 (R30 vir pensioentrekkers en kinders o.19). Beskikbaar by Cornelle (022 482 2411), Sonette (022 482 1407) of Johan (072 613 0855).

Namaqua Mountain Bike Challenge 29 August: Vredendal - Namaqua Mountain Bike Challenge. 082 896 4661

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.

PPK Bethesda Malmesbury 09 Augustus - Pastoor Jan Bezuidenhout preek om 10:00. Aanddiens 18:30. Geen Sondagskool. Navrae: 083 722 7787.

Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297.

Dynamic Love Fellowship 09 Augustus - Diens om 17:30 om 17:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00). House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.

Daar is op die oomblik ‘n groot gas-tekort in die Wes-Kaap. Dit het ‘n baie groot uitwerking op die nasionale skoolvoedingsprogram van die Wes-Kaap Onderwysdepartement wat by 102 skole elke dag sowat 27 000 van ontbyt en ‘n warm ete voorsien. Prinsipale en personeel doen hul bes om gas in die hande te kry. ‘n Hoogtepunt was toe St Michaels Primêr op Abbotsdale verlede week in swartpotte, op ‘n oop vuur, kos gekook het vir hulle 639 leerders. Hier is René Thomas, Uita Hanekom, Donita Matthews en Gloria Syster besig om kos te kook vir hul leerders.

Clanwilliam Wild Flower Show 27 August - 5 September: Clanwilliam Wild Flower Show. 027 482 2024

AGS Corpus Christi, Malmesbury 09 Augustus- Sondagoggend 09:30 spesiale prediker (Vrouedag). Aanddiens 18:00 - pastoor Piet Smit' Titel: Geen Groter Liefde. Navrae: 073 447 2902.

Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623.

Slim planne:

Hopefield Fynbos Show 27-30 August: Hopefield Fynbos Show. 022 783 0856 / 022 723 1720, langriet@sandveld.net

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za gestuur word. ge-e-pos word vir plasing.

Shofar Malmesbury 09 Augustus - De Waal Esterhuizen preek om 09:30 in die Hoërskool Swartland-skoolsaal. Kontak die kantoor by 022 482 4640.

Beste:

Agri Wes-Kaap se Landelike Veiligheidskomitee wys elke jaar tydens sy kongres die beste veediefstaleenheid in die provinsie aan. Die toekenning is vanjaar aan die VDE op Malmesbury oorhandig. Hier is Theunis Smit, bestuurslid van die RPO in die Wes-Kaap, die eenheid se bevelvoerder, kapt Theuns Carelse, en Hein Vollgraaff van BKB met die wisseltrofee.

Cape Floral Kingdom Ekspo 27-30 Augustus - Wêreld se grootste Fynbos Ekspo; 09:00-17:00, Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Eunice Joubert by 082 808 1114 / eunicek@ agrimega.co.za of Chris van Rhyn on 021 863 0397 / marketing@capefloralkingdom.co.za

Stories@Darling 21-23 August: Darling Stories@Darling.

Kerke • Churches

die portefeuljekomitees se vergaderings. Volgens die aanbeveling in die agenda, word daar voorgestel dat die aansoek goedgekeur word, onderhewig aan sekere voorwaardes. Hieronder is 'n aansoek vir 'n slopingspermit, veiligheid van padgebruikers gedurende konstruksie en die indien van die nodige bouplanne. Beswaarmakers sal ook op hulle reg tot appél gewys word, sou die versoek goedgekeur word. Die beplanningsafdeling van die munisipaliteit sê in 'n verslag aan die komitees, dat hy nie bewus is van enige fisiese redes wat die aansoek negatief kan beïnvloed nie. "Dit is duidelik vanuit 'n stadbeplanningsoogpunt dat die voorgestelde vergunningsgebruik (vir die winkel) versoenbaar is met die ruimtelike beplanning van Malmesbury en dat die aansoek as sinvol en wenslik beskou word."

Pret by Groeneweide 22 Augustus – veiling, ete en vertoning begin om 19:00 by die Darling Gholfklub. Navrae: Nadine le Roux, 022 451 2202.

Abbotsdale Mark 7 Augustus - van 18:00 in die Abbotsdale-gemeenskapsaal. Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti’s en kerriekos te kies en te keur. Navrae by Roland, 073 155 7256.

LangsdieBos Mark 15 Augustus – nuwe weeklikse mark begin op die Voortrekker-terrein op Malmesbury. Die mark word as NPO bedryf om plaaslike entrepreneurs van die Malmesbury-kontrein die geleentheid te bied om hulle dienste en produkte te bemark. Belangstellendes kan ‘n e-pos stuur na langsdiebosmark@gmail. com.

'n Aansoek deur verteenwoordigers van Kaap Agri Bpk is by die Swartland Munisipaliteit ingedien vir 'n diensstasie met 'n geriefswinkel in Bokomoweg, Malmesbury. Kaap Agri se voorstel sluit in die sloop van sekere geboue (graanstore) op erf 7371 om voorsiening te maak vir voldoende ruimte vir 'n diensstasie en 'n geriefswinkel. Die perseel is op die hoek van Spoorwegstraat en Bokomoweg geleë. Die diensstasie is 'n primêre reg, ingevolge die huidige sonering van die betrokke perseel en Kaap Agri hoef dus nie grondgebruiksaansoek daarvoor in te dien nie. Net 'n bouplan is nodig vir die vulstasie se oprigting. Aansoek moet wel gedoen word vir vergunningsgebruik vir die winkel. Die saak sal vandag ter tafel gelê word tydens

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. PPK Bethesda Porterville 09 Augustus- Br Gert Rossouw preek om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.

Skou kroon mooistes

Die Malmesbury Skoukoningin word vanjaar op Woensdag 12 Augustus by die Presidentsaand gekroon. Die eerste rondtes word Maandag om 18:30 by Janno’s gehou. Vir meer inligting en inskrywingsvorms e-pos

na malmesburyskoukoningin@gmail.com. • Die skou self vind van 24 tot 27 September plaas. Dit is ‘n jaarlikse hoogtepunt op die kalender. Vanjaar sal groot name in die musiekbedryf die voete op die dansvloer laat skoffel. Navrae by Carina Marais, 022 482 3180.

WOW:

Dié leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het deelgeneem aan die WOW-streekkompetisie. Pieter Hanekom (graad 2 tweede plek), Daniël Beukes (graad 6 tweede plek), Wilné Steyn (graad 2 derde plek, Christian Cupido (graad 1 tweede plek en Elize du Plessis (graad 1 derde plek) het deurgedring na die volgende rondte wat 21 Augustus by die Laerskool Olifantsvallei op Citrusdal gehou word.

Lewer nou insae oor N7 Die Basiese Assesseringsverslag vir die voorgestelde opgradering van die N7 van die Darlingpad-wisselaar tot en met die Hopefield-wisselaar is nou ter insae. Die Omgewingsimpak-proses het reeds in 2013 begin. Dit is egter vertraag om eers klarigheid te kry oor die gevolge van die beoogde ontwikkeling van ‘n nuwe provinsiale pad sal hê op die beoogde opgradering van die Hopefield-

interseksie. Kopieë van die verslag is by die Malmesburybiblioteek beskikbaar, asook by die kantore van die konsultante, CCA, en op hulle webblad (www.ccaenvironmental.co.za). Kommentaar kan tot 1 September gelewer word. Navrae kan gerig word aan Ena de Villiers (ena @ccaenvironmental.co.za) of skakel 021 461 1118/9.


6

Vroue kuier Korrespondent Derrick by Org de Rac Young gegroet Augustus is Vrouemaand en Saterdag kan die vroue gaan saamkuier by Org de Rac buite Piketberg. Die bekende Hugo Nieuwoudt gaan ‘n draai maak en ‘n paar liedjies sing en daar is ook ‘n inspirerende praatjie deur sy vrou Sunette, wat pas as Mev Kaapstad gekroon is. Die bekende Le-Lue Roode van Bokradio tree op as seremoniemeester. Le-Lue sal self ook sing en dan is nog ‘n praatjie deur Delanie Jooste. Vroue sal ook ‘n lekker ontbyt geniet, voorberei deur Kochelmanders. Elke vrou kry ‘n geskenkpakkie en daar is ook ‘n prys vir die beste hoed. Kaartjies is R150pp. Bespreek by Cindy, 022 913 2397 of wine@orgderac.co.za.

‘n Jarelangse en getroue korrespondent van dié courant is onlangs oorlede: Derrick Young was ‘n stil man en só het hy ook gegaan. Elke Maandagoggend het hy soos klokslag by ons kantore opgedaag met sy stories en foto’s van Chatsworth, waar hy gewoon het. Hy het wyd gekyk en altyd interessante brokkies bymekaar gemaak. Oor ‘n koppie koffie het hy sy insigte gedeel en moontlike opvolgstories bespreek. Só met die tyd saam het hy die sluier gelig oor sy persoonlike lewe: familie in Kaapstad, baie goeie vriende hier plaaslik en die Skiereiland deur. Een van die interessante fasette

was sy passie vir fotografie: hy was onder meer fotograaf vir Groote Schuur waar hy veral operasies op film vasgelê het. Derrick was ‘n sagte man, altyd gereed met ‘n glimlag – ‘n geduldige, wyse man wat die swaar in die lewe geken het. Die pyn in sy oë het sy eie storie vertel van verwerping, ‘n senuweeineenstorting, teleurstelling in mense. Maar bowenal het hy ‘n intieme verhouding met sy Skepper geniet en hy het met groot piëteit daaroor getuig. Een van sy vrae wat Maandae klokslag gevra is: "Goeie naweek gehet?" Derrick, rus sag, ons sal jou mis.

NUUS • NEWS

5 Augustus 2015

Teacher Bet inspireer talle

Langsdiebos is ‘n gesinsmark Heerlike smulhappies, vars gebak, interessante handwerk, vermaak vir oud en jonk – dit is die resep vir die ruwe Langsdiebos-mark op Malmesbury. Dit begin op Saterdag 15 Augustus en sal daarna elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 op die Voortrekker-terrein agter die Hoërskool Swartland se sportvelde gehou word.

“Ons wil vir die Malmesbury-gemeenskap ‘n gesellige gesinsgeleentheid skep waar die kreatiewes van ons kontrei hul produkte, talente en vaardighede kan bemark,” sê Marilizé Crafford, voorsitter van die NPO wat al die organisasiewerk doen. “Die mark sal ook kreatiwiteit bevorder deur die aanbieding van werkwinkels, werkskepping

in die plaaslike gemeenskap verhoog en ‘n platform skep vir plaaslike uitvoerende kunstenaars. Belangstellendes moet so gou moontlik aansoekvorms invul, wat beskikbaar is op die Facebookgroep "Langsdiebos Mark". Vir meer inligting kan u ‘n e-pos stuur na langsdiebos@gmail.com of kontak Marilizé by 072 052 6280.

'n Bekende en geliefde inwoner van Malmesbury is die naweek ter ruste gelê. ‘n Minsame vrou met ‘n pittige humorsin en ‘n groot liefde vir kinders – dit was Teacher Bet, Elizabeth Wilhelmina Rinkwest, wat onlangs op die ouderdom van 90 jaar oorlede is. Sy was in haar murg en bloed deel van Malmesbury. Haar ouma was een van die Van der Westhuizens wat vroeër jare die grond besit het waarop die NG Moederkerk staan en haar pa, Robert Sedeman, was die dorp se eerste elektrisiën. Hy het by die dorpsraad begin werk toe daar nog saans straatlampe 'brand gemaak' is. Teacher Bet is in Moorreesstraat gebore en het hier en in die Kaap skool gegaan. Later het sy op Malmesbury en Abbotsdale skoolgehou. Op Abbotsdale het sy ook haar man, Arnold Rinkwest, ontmoet. Hy het onder meer die bekende Boland Skoenmakery en Sunglow Bazaar begin en vir meer as 42 jaar bedryf. Hy is op 16 Desember 2002 op die ouderdom van 75 jaar oorlede. Die egpaar het sewe kinders, 13 kleinkinders en twee agterkleinkinders gehad. Tannie Bet, een van 13 kinders, het nog een oorlewende suster, Sarah Rinkwest, wat in Malmesbury-Wes woon. Almal behalwe die een kleinkind, wat in Pretoria werk, was by haar begrafnis. Haar een seun, Wilfred, werk by die Italiaanse konsulaat en het al die pad van Italië af gekom vir die geleentheid. Daar was selfs 'n groot krans wat deur die personeel van die konsulaat gestuur is. Tannie Bet het bietjie meer as twee jaar gelede nog in die huis in Jasmynstraat gewoon, waar die gesin in 1961 ingetrek het in die tyd van die Groepsgebiedewet. Die laaste jaar het sy by haar seun, die bekende oudheidkundige en historikus, Trevor Rinkwest, gebly. ‘n Ontredderde Trevor het aan dié courant gesê hy sal nou weer sy lewe “moet gaan bedink. Sy was só deel van my daaglikse lewe: vandat ek soggens vir haar waswater kamer toe geneem het tot saans wat ek haar moes help om reg te maak vir die nag.” Bedags het sy oral saam met hom rondgery. Trevor sê hy sal haar altyd onthou vir haar liefde vir kinders en haar diep geloof. Tannie Bet is in die Hermanus-hospitaal oorlede. Sy was saam met Trevor en ander familie vir 'n paar dae op die kusdorpie toe sy siek geword het. Sy is in die ou Malmesbury-begraafplaas ter ruste gelê

Koringberg hou imbizo

Die Moorreesburg Polisie gaan op 18 Augustus ‘n gemeenskapsvergadering op Koringberg hou. Dit sal om 19:00 in die Koringberg Munisipale-kantoor plaasvind. Die imbizo sal na probleme kyk en oplossings probeer vind.


NUUS • NEWS

7

5 Augustus 2015

Veiling:

By die onlangse Geelbek Elite Veiling het die ram van Eric Naudé die hoogste prys van R36 000 behaal. Links is JJ van der Watt (BKB), Naudé, Pierre Rust Snr (koper van Britstown).


NUUS • NEWS

8

5 Augustus 2015

Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September

Vir die vroue... Dames kom bederf julself by ons jaarlikse Damesoggend die 10de September 2015. Heerlike kos verskaf deur Pauline Schreuder Catering & Malita Joubert Catering. Van jou beste vermaak deur die bekende Jay du Plessis & natuurlike Dowwe Dolla. Dit is 'n oggend om NIE te mis nie. Geskenksakke geborg deur Swartland Stone Ground

Flour and Rusks & "lucky draws" gaan getrek word deur die loop van die oggend. Bespreek vroegtydig jou kaartjies by Computicket. Wyne geborg deur wonderlike kelders in ons omgewing Darling Cellars & Riebeek Cellars. Kontak ons gerus vir meer inligting by dames@swartlandskou.co.za. Moet dit nie misloop nie


NUUS • NEWS

9

5 Augustus 2015

Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September Kontakbesonderhede

Skou groot hoogtepunt Die Swartlandskou het begin as ‘n klein samekoms van boere in die omgewing wat idees uitgeruil het oor saai-metodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Die terrein het later te klein geword en is in 1933 verskuif na die ou amptelike skougronde – oos van Rosenhof by die Piketberg-ingang met die naam Moorreesburg Skouvereniging. Daar was weinig geriewe en ‘n pawiljoen is opgerig met 'n kombuis en eetsaal. Vertoners het self stalle opgerig met sinkplate en die pluimvee-, vark-, skaap- en beesafdelings saamgeflans. Diere wat geskenk is vir die skou, was deur die mans geslag en deur die vroue verwerk. In die buitekombuis was houtstowe waar alle kos gaargemaak en brood en roosterkoek gebak was. Hier was dit warm en is baie gewerk. Die kroeg was onder die bloekombome. Die huisvlyt-afdeling was in ‘n klein geboutjie maar die dames het destyds baie sterk teen mekaar kompeteer. Dit was ‘n hele jaar se insette.

Van verskillende soorte tuisgemaakte seep tot plaasprodukte, die ligste pasteideeg en netjieste naaldwerk, te veel om te noem. Baie dames moes hier punte verwerf het vir hul beoordelaars-sertifikate as gevolg van die hoë standaarde waaraan hierdie huisvlyt-afdeling gekoppel was. Die VLV in samewerking met die skou het hierdie gesogde afdeling aangebied. Jare gelede het Ben Mostert met 80 trekperde na die skou gekom, Koos du Toit met 30 perde en Frikkie Serdyn met twee spanne muile plus nog heelwat ander deelnemers – almal plaaslik. Vandag is daar min plaaslike deelnemers en die voedingsbron is meesal van buite. Die perdeafdeling was ‘n miernes van bedrywighede en die klasse is aangekondig met die klap van ‘n sweep. Dit was nie ongewoon om ag wa-spanne en tien waspanne muile op Moorreesburg Skou te sien nie. In die vroeë dertigerjare tot die laaste deel van die 50's was trekdiere volop en is op plase gebruik. Die koms van die meganisasie het die trekperd getalle afgeneem sodanig dat dit vandag uitsonderlik is om ‘n waspan van ag perde op die skou te sien.

President: Jacques Bester Sel: 083 660 7166 epos: Jacques@moorreesburg.net Dames Voorsitter: Charlene Fullard Sel: 082 294 9258 Epos: Charlene.xtremetrading@gmail.com

Tel/Faks: 022 433 1607 Kantoor vanaf 1 Aug. Tel/Faks: 022 433 1607 Epos: info@swartlandskou.co.za

Dames Onder Voorsitter: Ronel van Rensburg Sel: 083 233 1320 Epos: nvanrensbu@yahoo.com

Damesdag Kontak:Charlene Fullard

Skoubestuurder: Ian Koch: Tel: 022 433 2461 Faks: 022 433 2461 Sel: 083 231 5484 Epos: ian@swartlandskou.co.za

Sel: 082 415 8000 Epos: gildenhuysdirk@gmail.com

SEKRETARESSE: Dorothy Visser

Visie President: Hannes Fullard Sel: 082 820 4958

Vermaak Kontak: Dirkie Gildenhuys

AKKOMMODASIE: Kontak gerus toerisme buro Tel: 022 433 1072 Webblad: www.tourismmoorreesburg.co.za


NUUS • NEWS

10

5 Augustus 2015

Swartland Skou 9 - 12 September Hoogtepunte... WOENSDAG – 9 SEPTEMBER 2015

Besigtiging van Masjienerie- en Motor-afdeling . Binne en buite stalletjies word opgeslaan 08.30 - 17:00 Nasionale SA Vlaamkampioenskap Wes-Kaap Hackneyperd Streekskampioen 11:00 Slaglam Beoordeling 13:00 JEUGSKOU – Cattle Inn en Veepos Beoordeling van hanteerder: Wol en Vleisskaap, Boer- Angora- en Melkbok, Perde, Pluimvee en Vleisbeeste

DONDERDAG 10 SEPTEMBER 2015 07.30 - 09:00 Ontbyt –Veepos Besigitiging: Motor- & Masjienerie-afdeling & Stalletjies 09.00 BEOORDELING: Pluimvee & Sierduiwe Wes-Kaap Merinokampioenskappe 09.00 Simmentaler Wes- en Suid-Kaap Kampioenskap Wes-Kaap Santa Getrudis Kampioenskap (Limousin, Afrikaner, Sussex en Simbras Angus Wes- en Suid-Kaap Streekskampioenskappe -Rooi Binnestalletjies open DAMES VONKELONTBYT IN DIE WYNTUIN Kunstenaars: JAY & DOWWE DOLLA Kaartjies beskikbaar: Computicket 19:00

WYNTUIN - Optrede: CHRISTO & COBUS

Toegang: R30 p/p Etes & Kontantkroeg beskikbaar: Steak-ete, Plankie-steak, Kaasborde & Burgers

VRYDAG 11 SEPTEMBER 2015

07.30 - 09:00 Ontbyt –Veepos & Kafee Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap Wes-Kaap Hackney Streekskampioenskap WP Kampioenskappe Saalperde Hereford Streekkampioenskap Angus Wes- en Suid-Kaap Streekskampioenskappe - Swart BEOORDELING: Hereford, Limousin, Afrikaner Sussex en Simbras Wes-Kaap SA Vleismerino Kampioenskappe (Wes-Kaap Merino Kampioenskappe) Besigtiging: Motor- & Masjienerie-afdeling, Binne- en Buite-uitstallings, Pluimvee 08.30 – 11.00 Wyntuin LANDBOU-SEMINAAR 11.00 Slagveeveiling - Veilingskrale Massavertoning deur Dirkie Uys Laerskool 12:00 -14:00 Wyntuinoptrede – Danéa & Megan Trompoppies – Citrusdal Laer op arena in etens uur. 14.00 Slaglam-karkasveiling 19:00 WYNTUIN ADAM & LOUIS VAN WYK Toegang: R70 p/p Etes & Kontantkroeg beskikbaar: Steak-ete, Plankie-steak, Kaasborde & Burgers

Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte


NUUS • NEWS

11

5 Augustus 2015

Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September

Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte • Hoogtepunte

SATERDAG, 12 SEPTEMBER 2015 Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap Wes-Kaap Hackney Streekskampioenskap WP-Kampioenskappe Saalperde Inter-Vleisras Kampioenskappe voor Cattle Inn Besigtiging: Motor- & Masjienerie-afdeling Binne- en Buite-uitstallings Pluimvee 10.00

Kindervermaak: Nedine Blom - SUPER COOL & PG Engelbrecht 12.30 – 18:00 OPTREDES – WYNTUIN: Wynand & Cheree, Viljoen Retief, Andriëtte Norman, Desmond Wells & Nic Stevens

13.00 – 14.00 Trompoppies (uit) 15:00 SA Vlaam Wa-Spanne van 8 Merries, SA Vlaam Wa-Spanne van 8 Hingste SA VLAAM WA-SPANNEKAMPIOEN 16:00 Saalperd Kampioen 3-Gang Plesierperd 16:15 Saalperd Kampioen Enkeltuig 16:30 Hackney Groot Kampioen Siertuig 16:45 Saalperd Kampioen 5-Gang Kinderryperd 17:00 Hackney Junior Kampioen Enkeltuig 4-5 Jr 17:15 Saalperd Kampioen 3-Gang 17:30 Hackney Groot Kampioen Enkeltuig 17:45 Saalperd Kampioen 5-Gang

Die Dames-oggend is altyd baie gewild en die tent stampvol.


NUUS • NEWS

12

5 Augustus 2015

Duisende drawwers durf

Jaco Cotter en Hennie Vlok draf 'n bult uit, saam met 'n kranige WP-atleet.

Meer as 2000 atlete het Saterdag in die Riebeekvallei deelgeneem aan die 30ste PPC Bergmarathon.

Anita Spreeth, Janinne Weideman, Marietjie Nieuwoudt en Sarie Erasmus.

Piet Smit en Andries Zeeman

Jane Sass, MornĂŠ du Plessis en Shelley Hobson.

John William, Juan Wiese en Erik Truter voor die wegspring.

Basil Nieuwoudt en Jaline Coetzee

Die groep van PPC het self ook besluit om die lang pad aan te durf.

Leon Williams en Christiaan Adonis met hul medaljes.

Marijke West en Mareza Smit saam met Darryl Castle (PPC).


NUUS • NEWS

13

5 Augustus 2015

30ste PPC Bergmarathon aan

Kelly de Kock, Andrea Meyer en Unathi Booi van PPC is reg vir aksie. REGS: Julie Welkom en Teresa Swart van die Swartland Atletiekklub met hul pryse.

ZoĂŤ McDonald en Isabel Lousberg van Piketberg het aan die 5km deelgeneem.

Lise Bocke en Nico Rossouw

Jan Nehro het onder luide toejuiging die eindstreep saam met sy gids oorgesteek.


NUUS • NEWS

14

5 Augustus 2015

Koringberg:

Koringberg en Broodkraal het Saterdag weer op die rugbyveld kragte gemeet. Koringberg wen 92-3, met 55-3 op die tellingbord teen die einde van die eerste helfte.In die tweede helfte druk Broodkraal Koringberg in ‘n hoek deur van die veld te loop en die wedstryd kort te knip met 12 minute speeltyd oor. Só keer hulle Koringberg om sy tweede hondertal teen hulle aan te teken. Drieë is gedruk deur: Robin Jagers (2), Elzin Alexander (3), Eugene Markus, Alfriedo Mentoor (2), Zirk Kapiro, Jandre de Wee (2), Edwayne van Wyk, Christopher Pasens, Reagan Roman. Winston-Lee van Wyk het met nege doelskoppe geslaag en Marlon Willemse met twee.Winston-Lee van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys.

Sy-stappie: Lucien Barends, die o.16-rugbyspan van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury se losskakel gee 'n sy-stappie om 'n teenstander van Klein Nederburg Sekondêr te flous. Dié span het met 20-10 gewen, terwyl die eerste rugbyspan ook suksesvol was met 12-7.


NUUS • NEWS

15

5 Augustus 2015 Betrekking Vacancy

Avon Reps needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510 #2141

Dienste Services DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras, bewerk van beddings asook verwydering van tuinvullis. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554.

#2002

------------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761, 073 193 1457 #2074/6

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/6

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528.

#2005/12

------------------------OPSOEK na huis om te koop in Malmesbury. Indien u ‘n huis privaat wil verkoop kontak 084 794 7528 (Geen agente)

#2150

Te Huur To Let Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2122/4

-------------------------

Om hier te adverteer kontak ons gerus by 022 487 3221

Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2123/4

Te Koop For Sale Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682 #2126/4

------------------------6 Sitplek Imbuia eetkamer stel voor jare 50 R4800; Imbuia muurhorlosie – R850; Koffietafeltjie – R450; Koffietafel – R650; 92 cm Base en matras (bed) – R950; 92 cm Pine dubbel Bunk bed – R1600, Electrolux stofsuier – R300 MALMESBURY. Kontak 079 413 2520 #2152

------------------------Opvoubare Masseerbed van swart leer, maklik vervoerbaar – Kontak 084 403 1914

#2153

------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422

#2072/9

-------------------------

STOKVIS Fillette te koop – R40 p/kg – Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151

-------------------------


courant

tel 022 487 3221

Wesbank en Darling het Saterdag in ‘n harde wedstryd teen mekaar te staan gekom. Die wedstryd het teen ‘n vinnige tempo begin en ná 20 minute het Wesbank reeds met 20-3 voorgeloop, met twee drieë binne die bestek van tien minute. Swak verdediging aan die kant van Darling het sake vir hulle moeilik gemaak. Te veel balle van Darling was doelloos weggeskop wat Wesbank se buite-agterspelers in staat gestel het om teenaanvalle te loods. Darling het nooit tou opgegooi nie en die regtervleuel, Kabouw, druk twee skitterdrieë. Wesbank wen 39-25. Saterdag reis Wesbank na St Helenabaai en die busse vertrek tussen 11:00 en 11:30. • Riebeek United Rugbyklub se A-span het Saterdag op Voorberg se tuisveld met 13-8 gewen. United het ‘n harde stryd gewen as gevolg van goeie duikslae. Voorberg het met talle aanslae gekom, maar United se manne het rotsvas gestaan. Losvoorspelers Jerome Booysen, Reinhardt Lameyer en Andries Gys het uitgeblink. United speel Saterdag tuis teen Porterville. Wedstryde begin om 13:30. • Dit was so hittete of Piketberg het vir een van die naweek se grootste opskuddings gesorg in sy kragmeting teen Moorreesburg. Die tuisspan het in sy net-net die besoekers met 33 (21) teen 31 (18) geklop. Die wendoel is in die doodsnikke aangeteken. Piketberg het van die afskop af hulle stem dik gemaak en was spoedig met 10 0 voor. Ruan van Rooy, Binwill Alexander en André Pekeur, het almal onder die pale gaan druk. Heinrich Pieters het die maklike doelskoppe oorgeklits. Piketberg verdien ‘n pluimpie vir hulle ondernemende spel. Die voorspelers het met kort aangeë meters veld gewen. Strafskop ná strafskop teen Piketberg het gelei tot Christopher Adams se wendrie en Pieters se doelskop het die eindtelling op 33-31 gebring. • Die Dorings van Malmesbury het teen Dennegeur van Franschhoek te staan gekom op die Alfa-sportterrein. Dorings wen 15-10, die tweede span verloor 10-29. Saterdag is dit die jaarlikse derby teen die Bloues op die Dieprivier-sportterrein op Malmesbury.

5 Augustus 2015

• fietsroete vir almal

Sportuitslae Sports results

Ryers durf nuwe paaie aan

Die Malmesbury Fietsryklub se nuwe bergfietsroete word binnekort geopen en lede is baie opgewonde oor die resultaat van die afgelope weke se beplanning en harde werk. Die groot dag is Saterdag 15 Augustus op die plaas Rheeboksfontein. Fietsryers is genooi om hul fietse te bring en die eerste fase van 35km te beproef. Dit is net die eerste van nog uitbreidings wat sal volg. Die roete is ontwikkel om iets te bied vir elke fietsryer op enige fiksheidsvlak, met verskillende tegniese vermoëns en voorkeure. Die klub sê die roete en enkelbane (single tracks) bied baie opsies en is ook uitdagend. Die roete begin deur die wingerde net buite Malmesbury en vleg dan deur koringlande na re-

Gholf Malmesbury Gholfklub Klipdrift Sundowner - Vrydag 31 Julie

Enkel Stableford Gawie Lambrechts 22; Giel van Zyl 20; L Dantu 18; Johann Durr 17; Koos Loubser 17; André Uys 17. Saterdag 01 Augustus Jubel Beker - Beterbal Stableford NG Moedergemeente teen NG Swartland Noord vir die Jubel-beker. Moedergemeente wen 16-14. Martell l & Marcelle van Lill 44; Lood Fouche & Bouwer van der Merwe 43; Jacobus Snyders & Reinier van Wyk 42; Erik Jansen van Rensburg & Daniel Prins 42; Natie Smith & Fritz de Beer 42.

nosterbos-areas waar ‘n opwindende enkelbaan vir ryers wag. Hiervandaan gaan die roete terug deur wingerde na nog ‘n enkelbaan. Ryers moet dan nog bietjie krag in die bene hou vir die laaste klimme voor die eindpunt. Daar is ook ‘n korter roete van ongeveer 18km vir die wat nie die laaste klimme wil aanpak nie. Registrasie en die verkoop van permitte is tussen 07:30 en 08:15. Die pretrit begin om 08:30 en 12:00 is dit tyd vir ‘n bring en braai (braai-geriewe en hout sal voorsien word). Die koste is R40 per persoon, wat ‘n boereworsrol en koeldrank insluit (klublede gratis). Vir meer inligting kontak die klub op Facebook, Twitter of e-pos (info@malmesburyfietsryklub.co.za).

Klubrugby Bloues A 5 vs PortervilleA 6 ; Bloues B 12 vs Porterville B 13. Koringberg wen Broodkraal 92-3; B-span wen 20-0. Porseleinberg United A wen Red Roses 13-10; die B-span wen 8-5. Riebeek United A wen Voorberg 13- 8; B-span verloor 17-10; C-span gelykop met 0-0. Samoa wen Piketberg 33-31. Wesbank wen Darling 39-25; Wesbank B verloor 5-8; Wesbank C wen 15-5. Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka Jaaroud uitslag 1 F Meintjes & Seuns 1361.8958; 2 F Meintjes & Seuns 1354.7072; 3 F Meintjes & Seuns 1340.7471; 4 J Steenkamp 1325.8039; 5 G Horn 1312.1962; 6 G Horn 1311.4610; 7 F Meintjes & Seuns 1307.3477; 8 J Steenkamp 1299.8654; 9 J Steenkamp 1275.9643; 10 M Hill 1275.8872. Leeu Gamka Ope uitslag 1 E Kotze 1283.8932; 2 M Hill 1282.7763; 3 M Hill 1281.1126; 4 G Horn 1262.3906; 5 F Meintjes & Seuns 1261.9965; 6 J Steenkamp 1256.4552; 7 F Meintjes & Seuns 1256.1582; 8 E Kotze 1245.9309; 9 J Steenkamp 1244.6034; 10 F Meintjes & Seuns 1243.6509.

Sege: Die

Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Beaufort West 3 - 1 Augustus 1 Cross Border Lofts 1382.290 2 Kenneth Edas 1358.562 3 Zaid Allie 1357.000 4 A Abrahams 1348.214 5 Leukes Family 1343.463 6 Leukes Family 1342.597 7 Sheldon Bros 1340.831 8 S Zimri 1332.184 9 Leukes Family 1329.896 10 Marlon and Brian 1329.780.

vreugde was groot toe Porseleinberg United se A-span Saterdag met 13-10 teen Red Roses geseëvier het. Porseleinberg B wen 8-5. Die wedstryd is op Hermon gespeel.

23

R

4th Street Sweet Red, Rosé or White Wine 750ml Each

REFRESHINGLY

PRICES

Fietsry Malmesbury Fietsryklub Die Burger Bergfietsuitdaging 75km (slegs per uitnodiging): Johann Rabie 03:18:22; Glenn Norrie 05:24:18. 60km: Charl du Plessis 03:24:46; Kobus Duminy 04:00:55; Marius de Kock 04:03:59; Annemarie de Kock 04:35:36. 50km: Reinardt Visser 03:08:00; Nadine Scherman 03:18:02; Kobus Marais 03:22:00; Theo Zandberg 03:47:03.

Oefen: Lede van die Malmesbury Fietsryklub het die nuwe roetes uitgetoets voor volgende Saterdag se opening.

R

GOOD

5 Augustus 2015

154

R

88

Olof Berg Brandy 750ml

Bell’s Blended Scotch Whisky 750ml

BEST BUY 90

84

R

215

Windhoek Draught 24 x 440ml Non-returnable Bottles or Cans Per Case

Hunter’s Dry or Gold Cans 6 x 440ml

Stravinsky Vodka 750ml

5950

PRICES VALID 6 - 9 AUGUST 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PLUS Free Gift Worth R20

Out of cash?

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Richelieu Brandy 750ml

R

107

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.

119 4722 _100 x 260

Rugby sorg vir groot aksie

NUUS • NEWS

SPORT

dié

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook