c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
swartland en weskus Swartland
dié
1
19.9%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
30 Maart 2016
Uitgawe 363
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• BUCHAN BRING 'HOOP VIR 'N NASIE'
‘Bring jou sambreel’ Bring jou sambreel, want ná die sonskyn, sal die reën kom. Glo my en vertrou net. Só sê Angus Buchan, bekende boer, evangelis en prediker in sy gesprek met dié courant voor sy kuier op Malmesbury die komende naweek. Buchan tree Saterdag hier op as deel van sy "Hope for a Nation"-konferensie. "Ek is baie opgewonde om die streek te besoek. Ek glo hier gaan wonderlike dinge gebeur," sê hy opgewek. "Ek gaan kom, ek gaan die jonger geslag se vrae oor ons land en ons toekoms antwoord. Ek sal vir hulle die waarheid gee waarna hulle soek," sê hy. Met sy positiewe, opgeruimde stem sê hy met 'n onderdrukte lag: "Ek is positief oor hierdie land en sy toekoms. Ek glo daar is vir ons almal hier 'n tuiste, 'n toekoms. "Ek en jy is altwee Afrikane. Ons is hier, in hierdie land, op hierdie kontinent se grond gebore en ons maak ons daaglikse bestaan hier. Ons hoort hier. Dis ons tuiste. "As ek nie in hierdie land geglo het nie, was ek al lankal nie meer hier nie. "Ja, daar is korrupsie, ja, daar is soveel dinge wat verkeerd loop, maar daar is ook net soveel positiewe dinge in hierdie land. Waar anders kan jy 'n ordentlike braai hou? Nie in die ander lande nie. Daar BBQ hulle net," sê hy spottend. "Die jong geslag het soveel vrae. Moet ek bly? Moet ek gaan? Wat hou hierdie land vir my en my gesin in. Dit is belangrik dat hierdie vrae beantwoord word," sê hy. Buchan het regoor die land mans wat hy mentor. "Hulle is soos my seuns en ek help en ondersteun hulle daar waar ek moontlik kan." Een van hierdie "seuns" het hom op die Swartlandse spoor geplaas en het hy besluit dat dit tyd is dat hy sy werk hierheen bring. "Ek gaan pynlik eerlik en reguit wees en met die inwoners praat soos 'n pa met sy kinders praat." Buchan glo dat Bybelonderrig in skole belangrik is. "Ons almal maak saam aan ons kinders groot. Dit wat hulle op skool sien en leer, pas direk aan by dit wat hulle in die huis leer. Dit is ons plig as ouers, onderwysers, ooms, tannies en grootouers om die kinders van vandag reg op te voed. Om hulle volgens die regte waardes groot te maak," sê hy. "Ja, dit is belangrik dat ons ander gelowe moet respekteer, want ons is nie almal dieselfde nie en ons glo nie in dieselfde god nie, maar ek is so besig
Paasvrede:
Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Tijmen van Essen, en raadslid Marlene van Zyl het verlede week by 'n padblokkade op die R27-Weskuspad gehelp om water, Paaseiers en pamflette oor padveiligheid aan motoriste uit te deel.
Angus Buchan is Saterdag om 19:00 by die Hoërskool Swartland se rugbyveld te sien. om oor my lewende God te praat, dat ek nie eens tyd het om iets te sê oor enige ander geloof nie. "Preek van liefde. Maak jou kinders groot volgens hierdie beginsels. Leer jou kinders om ver-
draagsaam te wees vir ander gelowe, maar wees ook uitgesproke oor jou Christenskap. Leef dit. Wys dit. Doen dit. Dit is 'n direkte opdrag van God. Wie is ons om dit te verontagsaam?" Buchan is besig om 'n toer na die universiteitskampusse van die land te reël om hier sy werk voort te sit. "Ek gaan nie politiek praat nie. Ek is nie 'n politikus nie. Ek wil hulle net vertel wat God vir hulle wil sê." Die huidige watertekort op Malmesbury is nie vir hom 'n nuutjie nie. "Ek ken dit. My damme is ook leeg. Ons sukkel net so met die reën, maar ons glo. Ons bid en vertrou. "Daar waar ons tesame is vir 'n groter doel as onsself, ons eie behoeftes eenkant toe skuif en fokus op die groter prentjie, daar waar ons saam bid, daar sal ons gebede verhoor word. "Die spreekwoord lui: 'n Boer maak 'n plan. Wel, my planne werk nooit. Ons moet ophou om ons eie planne te maak. Ons moet dit oorgee en vertrou op Hom vir wie ons raad en hulp vra," sê Buchan.
NUUS • NEWS
30 Maart 2016
NUUS • NEWS
2
30 Maart 2016
Padblokkade:
Die burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, by verlede week se padblokkade. By hom is (van links) hoofinspekteur Neale Africa, verkeershoof Roman Steyn en hoofinspekteur Marius Humphreys.
Wees veilig op pad Ons wou hê ons motoriste moet ‘n veilige Paasfees hê en dan wil ons natuurlik padveiligheid oor die algemeen bevorder, het Roman Steyn, hoof van verkeer van die Swartland Munisipaliteit, oor verlede week se padblokkade op die Weskuspad naby Ganzekraal gesê. Die blokkade het vier ure geduur en in dié tyd is 35 sake met boetes van R30 600 aangeteken. Hier onder was 15 ongelisensieerde bestuur-
ders (R15 000); 12 ongelisensieerde voertuie (R6000) en ook twee geskrapte voertuie. Twee defektiewe agterligte (R600), ‘n defektiewe flikkerlig (R300), een oorlaaide voertuig (R500) en 'n onpadwaardige voertuig (R500) het ook op boetes uitgeloop. Dan, laaste maar nie die minste, is 20 krewe sonder permit gevind – dit het ‘n boete van R2500 beteken.
Regstelling: In verlede week se uitgawe van dié courant is Manny da Fontas,
eienaar van Ocean Processors, se naam per ongeluk uitgelaat in die onderskrif van die Laerskool Swartland se toerspan na Marlow gedurende die vakansie. Ocean Processors is ook 'n trotse borg van die o.13A-rugbyspan.
Kontak ons by 022 487 3221 om in die koerant van keuse te adverteer! Laat ons jou besigheid vlerke gee!
NUUS • NEWS
3
30 Maart 2016
• PAD VORENTOE
Geluk lê in ‘twee nuwe voete’
Vir ‘n week lank sal ek nie sit of lê nie, ek sal net loop en staan. Sharon Potgieter van Malmesbury se oë blink van opgewondenheid om eersdaags weer op die been te wees. Sharon het met dié courant gesels oor haar besluit om albei haar bene te laat afsit ná ‘n ernstige vliegongeluk en die lang pad na herstel. “Ek weet dit was die regte besluit,” sê sy met ‘n breë glimlag en ‘n mens kan haar net bewonder vir haar kalmte en aanvaarding van ‘n onmoontlike situasie. Dan merk jy hoe haar hande, amper onwillekeurig, oor die twee stompies vryf. Dan verkrummel haar gesig en die trane loop. Jy besef dat hierdie dapper vrou ‘n emosionele nagmerrie deurleef het, en die einde is nog nie in sig nie. Jou bewondering styg nog ‘n paar kerwe. Sharon (53) se lewe het op 16 Desember 2014 onherroeplik verander. Sy en haar man, Hans, was net ses weke getroud toe die viersitplek Rockwell Commander waarmee hulle van Stilbaai na Mosselbaai gevlieg het, enjinprobleme opgedoen het. Hulle het op ‘n plaas nie ver van Mosselbaai nie ‘n noodlanding gedoen. Sharon het ‘n rugmurgbesering opgedoen en het gedeeltelike gevoel in haar onderbene verloor. Na ‘n spinale fusie is sy as L1-onvoltooid geklassifiseer, wat beteken dat beweging en gedeeltelike gevoel tot in die helfte van haar onderbene herstel is. Sy het vir drie maande in ‘n staatshospitaal beland vir rehabilitasie. Hier het sy stutte gekry wat agter haar bene gekom en aan ‘n sool vasgemaak is. “Dit was lomp en ek het geen balans gehad nie. Ek kon met krukke of 'n loopraam loop, maar daar moes altyd iemand naby wees om te help.’ Sharon het later by ‘n privaat prostetikus stutte gekry wat voor aan haar bene gekom het en haar baie meer mobiel gemaak het. Toe tref die ongeluk haar: “Ek het ‘n bloedblaas aan my voet gekry en teen die tyd dat ek na ‘n privaat dokter toe is, het dit al in ‘n seer ontwikkel.” Sy het ses maande op haar rug beland en in dié tyd het haar bene gedraai en haar voete skeef getrek. “Die dokters het vir my gesê geen medisyne of fisioterapie sal hiervoor help nie, die enigste genade is ‘n operasie om die ligamente te sny.” Só eenvoudig is dit ook nie: Hulle sou eers een been opereer en ses maande later die tweede een. Boonop was daar ook net ‘n 50% kans op sukses. “Dit was ‘n groot terugslag. Ek het my eie navor-
Sharon Potgieter met een van haar nuwe voete op haar skoot. Albei haar bene is 15cm onder die knie geamputeer. sing op die internet gaan doen en baie gedink oor die pad vorentoe.” Toe die groot besluit: “Ek het een dag vir my skoonsuster gesê ek glo ek sal die antwoord vir my situasie kry. Dié aand het ek gaan slaap en toe ek die volgende oggend opstaan, het ek geweet ek moet my voete laat afsit.” Haar man was só geskok dat hy ‘n week lank nie met haar daaroor kon praat nie. “Maar my brein het vir my gesê kunsbene is my enigste hoop.” Sy moes nie net haar man oortuig nie – die dokter én die narkotiseur het aanvanklik geweier om die operasie te doen. Uiteindelik het sy haar sin gekry en ná al die terugslae en gewag kon sy op 16 Maart haar nuwe voete kry. “Nog was dit nie einde nie. Toe ons in die motor klim, het ek besef my knieë sit te hoog,” vertel sy. Met die prostese is sy nou amper ses voet – ‘n redelike verskil van haar 1,62m. “Nou wag ek al weer vir die nuwe voete.” ‘n Mens kom vinnig agter die huis se mure be-
Man by ‘n kruispad is die tema vir die Daniël Mannekonferensie wat volgende naweek, van 8 tot 10 April by die NG-gemeente Swartland Noord op Malmesbury aangebied word. Dit begin Vrydag 8 April om 18:00 met inskrywings en ‘n ligte ete. Die opening volg om 18:30 en dan is daar lofprysing. Om 19:10 volg die eerste sessie, SA by ‘n kruispad, deur Jannie de Villiers. Daarna is daar gebedstyd en bene rek tot 20:00. Die tweede sessie, 'Lê af die verlede en gee oor aan die nuwe geslag', volg van 20:00 tot 20:40, gelei deur Braam Grobbelaar. Tot 20:55 is daar gebedstyd waar manne vir mekaar en persoonlike lewe bid. Die aand sluit af met ‘n DVD oor die Daniël-konferensie. Saterdag begin met opening en lofprysing om 08:00. Sessie 3, ‘Leiers by Kruispad’ met Jannie de Villiers begin om 08:30. Hierna bid die manne
en bespreek die sessie. Jannie de Villiers bied om 09:30 die vierde sessie aan: ‘Sweet by die kruispad. Teetyd volg en dan is daar lofprysing tot 11:00. ‘n Getuienis-DVD van Tienie Bekker volg hierna en om 11:20 is dit tyd vir die sesde sessie: ‘Breek af die mure en word God se verteenwoordiger’. Om 12:10 word Manie Botha se getuienis-DVD gespeel en dan is daar gebedstyd. Persoonlike getuienis en terugrapportering volg om 12:30. Middagete volg om 13:00 en daarna is dit tyd vir lofprysing en vrae. Om 14:15 is daar getuienistyd en daarna gebed soos versoek. Braam Grobbelaar lei dit laaste sessie en afsluiting, van 14:15 tot 16:00. Sondagoggend se erediens om 09:30 sal deur Braam Grobbelaar gelei word. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of skakel 022 48 21407 vir inskrywingsvorm en program.
Manne saam by Daniël-konferensie
klem dié ekstroverte, lewendige vrou. Toe ons haar kontak vir ‘n onderhoud is haar reaksie: “Kom maar enige tyd, ek is maar altyd hier.” Vryheid van beweging is haar groot droom. “’n Mens kan maar net so ver gaan in ‘n rolstoel, en Malmesbury is beslis nie rolstoel-vriendelik nie.” Sharon vertel van kopsere met mense wat sonder om te dink gestremde parkeerplekke beset, winkelgange wat te nou is, trappe en ingange wat moeilik betreebaar is en die tekort aan toiletgeriewe vir mense in rolstoele. “Dan bly ek maar tuis.” Dit is te verstane dat die prostese vir haar vryheid sal beteken: “Ek sal weer kan bestuur en plekke kan besoek.” Tog is sy baie realisties oor die toekoms: “Die rolstoel sal seker maar altyd deel van my lewe bly. ‘n Mens moet onthou enigiets kan gebeur, ‘n been kan breek, en dan het jy die rolstoel nodig.” Dit alles verdof egter in die lig van haar nuwe voete. Sommer die eerste dag by die prostetikus het sy almal verstom. Malcolm Freedman sê dit is die eerste keer in al sy jare dat ‘n pasiënt sommer met die eerste passing opstaan en dertig treë loop! Sharon skuld nog R70 000 vir die prostese en het die Wings Foundation gestig om te help met haar mediese onkoste. Kontak haar by sharonpotgieter72@gmail.com.
NUUS • NEWS
courant
Toernooi:
dié
4
Die impak van 'n siel
Die uwe het Woensdag die geleentheid gehad om met die passievolle Angus Buchan te kan gesels. 'n Man wat so maklik inspireer deur net homself te wees. Dis min wat 'n mens te doen kry met 'n siel wat soveel verskil in jou eie gemoed kan maak. En dit duisende kilometers verder en aan die anderkant van 'n telefoon. "Please, call me oom Angus." Hoe doen 'n mens dit? Hierdie man verdien soveel respek. Hy dwing soveel respek af. Sonder moeite. Sonder om te probeer. Sy praatjie op Malmesbury word opgevolg deur die Daniël-konferensie. Hier het die uwe ook te doen gekry met 'n man wat respek afdwing, sonder om te probeer. Deur net te wees en gemaklik te wees in sy eie vel. 'n Geestelike bewustheid heers op dié dorp. 'n Hernuwing. 'n Nuwe energie. Waar pas jy in? Is jy ook reg om jou kant skoon te maak en skoon te hou? Is jy ook bereid om ten goede te verander? "Oom Angus" het genoem dat ons altyd so graag planne maak, maar dat dit nooit werklik werk nie. Dalk is dit tyd dat ons weer met die geloof van 'n kind begin glo en ophou om alles altyd te bevraagteken. Moeilik, veral vir die denkers, maar dalk die probeer werd.
Its Good News
30 Maart 2016
Die Laerskool Riebeek-Kasteel het die afgelope vakansie weer gasheer gespeel vir die Riebeekvallei Sporttoernooi. Dié toernooi het in 1998 ontstaan en groei jaarliks. Altesaam 26 rugby- en 20 netbalspanne met meer as 850 leerders kompeteer hier teen mekaar. Spanne van so ver as Natal reis hierheen vir dié toernooi. Vanjaar was Malmesbury Superspar die trotse borg van die toernooi.
dr. Marc Blackwell Snr.
Heel bo: Die PPCspan is uitgevat in hul truie en reg vir die kragmetings.
What is the spirit of God saying to us?
Bo: Die gasheerskool, Laerskool Riebeek-Kasteel se o.11-rugbyspan het 'n blaaskans geneem na 'n wedstryd.
The Bible teaches that “hearing” from God is a result of studying the Old and New Testaments. The Word of God was written to be offered to mankind as the only sufficient basis for developing our view of God. The Bible is, then, meant to be the foundational reality in our thinking. The Bible encompasses all that we need to hear and believe about the Father, Son and Holy Spirit. The Bible tells us of the greatest miracle of miracles … that Christ came to earth to bring us salvation by His personal sacrifice for our sins. Everyone today seems to want a miracle of some sort. The salvation of your soul is the one - primary miracle you need to experience. When a spiritually dead person is raised to life in Christ, this salvation - this new bornagain experience, according to Psalms , is cause for the angels of heaven to rejoice. The Holy Spirit works this genuine miracle by giving “new birth” to those who turn to Christ for forgiveness of rejecting Him. We come to fully recognise the degree of our human need only when we listen to the Word of God. The Bible’s true Truth is used by the Holy Spirit in men’s thoughts to convince or convict mankind that they remain unredeemed as long as they do not face-up to the reality and seriousness of their sin. The Holy Spirit works in mankind’s heart through the Good News of the love and life of Christ! The Spirit of the living God then regenerates those who truly believe and He makes us new in Christ. We know that salvation is of the Lord, as Jonah declared from the belly of the fish. All of this is spiritual work that no man can do, any more than man can bring about his own natural birth.
Links: Die bekende netbalafrigter, Burta de Kock, het die spelers touwys gemaak. Ander bekendes wat al in die verlede hul kundigheid gedeel het, is Morné du Plessis, Mannetjies Roux, Alan Zondagh en Dawie Snyman.
LSS toer na Marlow
Die o.13A-rugbyspan van die Laerskool Swartland op Malmesbury het die afgelope vakansie na Cradock getoer vir die jaarlikse Marlow-rugbytoernooi waar 26 spanne kragte gemeet het. Die span het drie wedstryde gespeel en teen die span van Brackenfell 39-0 gewen en teen George Suid gelykop gespeel met 10 elk. Teen die span van Sunridge het Swartland 19-3 gewen. LSS is een van drie spanne wat die toernooi as onoorwonne afgesluit het.
NUUS • NEWS
5
30 Maart 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
BUY 2 FOR
26
R
WITH OUR LOW PRICES FRESH
58
R
PnP Bulk Beef Mince Per kg
62
R
53
90
PnP Bulk Kameelhout Boerewors Per kg
FRESH
PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s Per kg
BUY ANY 7 FOR
9
35
R
20
39
90
27
50
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
39
R
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g
I&J Fish Fingers 600g
R
Parmalat Fruit or Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 1kg
39
95
20
PnP Green Kiwi Fruit Loose
R
15 R
BUY ANY 3 FOR
BUY ANY 2 FOR
20
R
Cadbury Chocolate Slab Assorted 80g (Excluding Bubbly)
16
R
PRICE PER NAPPY
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
117
90
1.79 2.04 2.36 2.68 2.68
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
17 90
Nestlé Bar One, KitKat, Aero, Tex or Smarties Assorted (Excluding Giant)
750
Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g
Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g
38
189
36
90
PnP Super Maize Meal 5kg
R
349
Hennessy VS Cognac Gift Box 750ml Each
219
R
43
90
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
PRICES VALID 31 MARCH - 3 APRIL 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. 1503550_38 X 264
PnP Coleslaw Mix 300g
Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml Each
90
Organics Shampoo or Conditioner Assorted 1 Litre Each
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
BUY 2 FOR
BUY 4 FOR
BUY ANY 2 FOR
SAVE R10
Sasko Premium Slices Brown Bread 700g
Coca-Cola Regular 2 Litre
43
90
Skip Intelligent Auto Washing Powder 2kg Each
Heineken Lager Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Checking other supermarkets’ prices.
Including specials. Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
6
Hoe gemaak met...
Herfs en droogte in my tuin?
Ja, dis nou amptelik herfs, die 21/22 Maart was die nag en dag ewe lank. Die droogte is nog lank nie verby nie, maar tuiniere kan 'n bietjie asemhaal ná die naweek se reën. Planne maak is nog steeds aan die orde van die dag en ons tuiniers se inisiatiewe om hul plante lewendig te hou het nie einde nie. Gelukkig is ons dae nou al korter en nagte is al baie koeler en dit begin ook bietjie dou snags. Nou wat doen ons normaalweg in ons tuine? Blombolle: Dit begin nou tyd word om jou grond voor te berei vir die winter-blombolle, sodra die grond koel genoeg is en die water beskikbaar is, kan jy begin plant; dit is nou die seisoen vir anemone, ranonkels, freesias, sparaxis, Hollandse irisse, lachenalias, daglelies en cyrtanthus. Dit is nou ook tyd om knoffel en waterblommetjies te plant. Jou grondvoorbereiding vir blombolle is belangrik, genoeg kompos, beenmeel ensovoorts sodat die plante ordentlik kan groei en mooi kan blom. Sodra hulle begin uitloop, kan jy begin om jou bolle te voed met Hadeco-blombolvoedsel en doen dit een keer per maand. Jy kan ook baie mooi blombolle in houers/potte kweek, onthou altyd dat ‘n mooi digte groep van een soort bol gee ‘n mooier vertoning as ‘n mengelmoes van klein bietjies van verskillende soorte. Tuinblomme: Jy kan ook nou al begin beplan om jou winterblomsaad se beddings reg te kry vir die, bokbaaivygies, Namakwalandse madeliefies ens. ‘n Rankplekkie vir pronkertjies (sweet peas) en dan is daar ook nog verskeie pakke met saadmengsels vir groot areas wat jy sal wil inkleur. Saailinge: Daar sal weer ‘n groot verkeidenheid wintersaailinge in die ses-pak bakkies beskikbaar wees. Sodra dit koud en nat genoeg is kan jy maar plant aan jou gesiggies (pansy’s), violas, primulas, callendulas (gousblom), nemesias ens. Loer maar gerus van tyd tot tyd by jou kwekery in om te sien wat beskikbaar is. Peste en plae: Kyk maar voortdurend uit vir peste en plae, rooispinnekop is nog bedrywig, witvlieg, asook Australiese wolluis. Sodra dit koeler en klammer raak, sal die slakke ook weer hulle verskyning maak. Wees gereed om hulle betyds te beheer en monitor gereeld. Doen gerus navraag by jou kwekery indien jy nie die peste ken nie en ook nie weet wat om te doen nie. Lekker tuinmaak tot volgende keer, sterkte met die water aanry. George Retief
Dagboek • Calender
Alcoholics Anonymous Meeting 30 March - 20:00, Methodist Church Hall, St Thomas Street, Malmesbury. Topic: Is your drinking becoming a problem? Riebeek Valley Tourism 30 March – Special general meeting at 19:00 at the Royal Hotel to elect new members and confirm positions.
NUUS • NEWS
30 Maart 2016
participate R100. Contact Herman on 083 448 2148 or Dave on 082 738 7348.
Netbal-afrigtingskliniek 5-7 April – Hoërskool Piketberg hou netbal-afrigtingsklinieke, 14:00 tot 18:00: Dinsdag 5 April is vir o.10A, o.11, o.12A & B, o.13A & B; die Woensdag en Donderdag is vir o.14A & B, o.19A & B.
Abbotsdale Aandmark 1 April – Mark begin om 18:00 in die Abbotsdalegemeenskapsaal. Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti’s en kerriekos te kies en te keur. Navrae by Roland, 073 155 7256.
Nostalgie by Laerskool Swartland 7 April - Swartland Laer se junior en senior koor in konsert met Emile Minnie en Hanmari Pretorius; 19:00 in die skoolsaal. Kaartjies teen R60 per persoon beskikbaar by Laerskool Swartland se toelatingskantoor.
Koraalvrou-netwerk 1-3 April - AME-kerk, Chatsworth, 18:00. Driedaagse orofetiese konferensie. Hoe desepraat is jy as vrou vir Jesus? Navrae: sus Unite, o73 193 6992 of sus Lize, 072 188 5685.
Emo Adams 13 April - Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg bied aan Emo Adams en sy orkes, Take Note. Begin om 19:00 en kaartjies is R100 elk. Kontak: Laerskool (022 433 1082) of Susan Myburgh (079 591 8944).
Oesfees 2 April – Die VGK Malmesbury hou Saterdag oesfees by die VGK-kerksaal in Wesbank. Dit begin om 10:00. Geniet die dag saam met hulle.
Daniël-konferensie 8-10 April - Interkerklike Daniël-mannekonferensie by NG-gemeente Swartland-Noord, Bergzichtstraat. Die sprekers is Braam Grobbelaar van Moreletapark en Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA. Die tema is ‘Man by ´n kruispad’. Inskrywingsvorms is beskikbaar by NG Noord se kerkkantoor (022 482 1407) of op die kerk se webblad by www.ngswartlandnoord.co.za. Koste is R150. Navrae: Kerkkantoor, Jan Steyn by 082 872 4314 of Koot Claassen by 082 524 9001
Malmesbury Langsdiebos Mark 2 April - Mark is oop van 09:00-13:00 op die Voortrekkerterrein. Wyn-, Kos- en Kultuurskou 2 April - Die Swartland Independent Producers (SIP) se skou vind op Malmesbury plaas by die skouterrein van 10:00 tot 17:00. Toegang sluit ‘n wynglas, een wynproe-kaartjie vir elke produsent in. Kaartjies is R250pp by quicket.co.za. West Coast April Fool Fly In 2-3 April – Model aircraft flying at Langebaan. Entrance fees R30 per vehicle for spectators, to
Kerke • Churches
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple 3 April - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za. Shofar 3 April - De Waal Esterhuizen preek om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in
CRC-bekendstelling 20 April – Kom kyk self waaroor alles gaan: die Christian Revival Church (CRC) is op Malmesbury. Van 19:00 tot 20:00 is daar ‘n bekendstelling in die stadsaal en daarna ‘n sosiale kuier. Vir navrae: pastoor William Jacobs (076 174 2977) en Stephan Borman (082 599 8476). English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship 10 April - Om 10:00 by Mount Royal. Kontak hulle Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 3 April - Roderick Onverwacht preek om 09:30. Geen Sondagaanddiens. Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae, 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past Ken Pattison, 083 498 2990. PPK Bethesda Malmesbury 3 April - Om 10:00 oggenddiens en aanddiens om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
NUUS • NEWS 30 Maart 2016 Dankbetuigings Special Thanks
Baie dankie vir omstanders se bystand en hulp tydens my ongeluk – Heila Hagen
Dienste Services
#2356
Heila Hagen – Tupperware agent. Kontak 082 685 3341, vir enige navraag
#2357
--------------------------------UITHAAL en verwydering van bye asook heuning te koop. Kontak Kobus du Plessis – 022 482 2767 / 083 722 7787
Gelukwensing Congrats
7 Die gemis is baie groot. Pappa sal altyd in ons harte en gedagtes wees. God het die wond geslaan en net Hy alleen kan dit genees. Met al ons liefde – Maria (vrou), Kinders – Alexis, Graham, Amy, Tatum; Kleinkinders – Thakeerah, Grachan, Caryss en skoonseun Carlton
DAVIDS GERALD – 23/3/2016
---------------------------------
So skielik heengegaan. Ons mis Daddy alreeds baie. Troosdiens : 30/3/2016, Volle Evangelie Kerk, Freziastraat om 19:00. Begrafnis : Saterdag, 2/04/2016 Gethsemane Missions, Abbotsdale om 09h00. Laat agter sy vrou Elsa, 2 seuns, 1 Dogter, 8 Kleinkinders, 1 Agter-kleinkind en 2 Broers
#2361
#2069/4
LEONA NELL
In memory of our loving father, husband and grandfather. Missing you as you celebrate your second birthday with the angels in heaven. From Gillian, Ashley, Jay-Lee, AJ Burnett, Jeanette, Herschalle, Maureecia and Maurice
#2362
Op 5 April 2016 is jy ‘n volle 12 jaar oud. Baie geluk met jou verjaardag. Ons gebed is God se seën en guns op jou lewe – Liefde – Mamma, oupa Herman, Nicky en die res van die Familie
Gesoek Wanted
#2005/38
Te Huur To Let
#2355
Fabrieksperseel te huur – 300vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016
#2359
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
Memorium Memoriam
--------------------------------HENRICO VAN DER POLL
#2354
--------------------------------GERALD DAVIDS – Jy was my rots Daddy – my mentor. Ek gaan ons whats-apps mis, en jou inloer by my werk. Ek sal alles onthou wat Daddy my geleer het. Ek is baie lief vir Daddy – u sal altyd in my hart leef – Rus sag! Liefde – Bernadette
#2340/1
Gebore 28-10-1979 Oorlede 19-03-2014 Op 19 Maart 2016 was jy 2 jaar weg van ons – so skielik, so gou en so stil – geen afskeidswoorde is ge-uiter. Ons gesin se ketting is gebreek – maar soos God ons een vir een roep, sal die skakel ons weer aan mekaar haak. Van Ma, Pa, Michelle en Kevin
Sterfgevalle Deaths
#2358
--------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.
#2123/27
--------------------------------WENDY-HUIS in Malmesbury – Kontak 072 241 6637
Te Koop For Sale
#2360
Filette (hake) – R45 en R55/kg; Visvingers - R35/kg; Viskoekies - R45/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460
#2151/24
---------------------------------
Aan ‘n dierbare man, vader, oupa, oupa-grootjie en skoonpa – 31 Maart is die 2 jaar vanaf ons geskei – met die wete dat u veilig in die hemel is en nog steeds vir ons lief is en omgee. Mis jou baie – Van jou vrou, dogters, seun, kleinkinders, agter-kleinkinders, skoonseun en skoondogter
#2353
--------------------------------JOHAN ONVERWACHT
Met bedroefde harte neem ons afskeid van ‘n geliefde seun, man en broer LLEWELLYN CUPIDO op 19 Maart 2016 Troosdiens vind plaas op Woensdag, 30 Maart om 19h00 te Sewende Dag Adventiste Kerk. Begrafnisreëling – Saterdag, 2 April 2016 om 8h00- Gousblomstraat 66 vir besigtiging en diens om 9h00 by St Thomas Anglikaanse KerkMalmesbury
#2352
---------------------------------
VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL
30 Maart 2016. Pappa vandag is dit jou Eerste verjaarsdag weg van ons.
TRADESMAN AID REMUNERATION: R78 156 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate experience to carry out maintenance tasks • Experience in the handling of workshop tools. Inherent requirements of the job: Valid (Code B/EB) driver’s licence • Physically able to do hard manual labour • Willingness to do overtime and standby duties. Competencies (knowledge/skills): Ability to read and write written instructions • Good communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape. Duties (key results areas/outputs): General repairs and collection/delivery of equipment/items • Assistance with mechanical, electrical and plumbing duties • General maintenance and installation • Assistance with carpentry duties • General cleaning duties • General administration and support to supervisor. Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Enquiries: Mr CA Vermaak, tel. 022 487 9226 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS C JULIUS, TO THE MANAGER: MEDICAL SERVICES, SWARTLAND HOSPITAL, PRIVATE BAG X2, MALMESBURY 7299.
INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.
Closing Date: 22 April 2016 126887 Courant ayandambanga.co.za
courant
tel 022 487 3221
30 Maart 2016
30 Maart 2016
Piketberg Krieketklub deel bekers uit
Sportuitslae Sports results
Atletiek Twee Oseane Ultramarthon
Die Piketberg Krieketklub se bekeruitdeling vind op Vrydag 15 April plaas. James Fortuin, die hoofbestuurder van Boland Krieket, is die spreker. Dit funksie word in die gemeenskapsaal gehou en DJ Saxy sal die dansvoete kielie. Beperkte kaartjies is al beskikbaar by die volgende bestuurslede: David (Menno) Fortuin, David Somers, Michael Booyse, Ernie Dietrich, Russel Owies of Carlo Adams. Spring vinnig om teleurstelling te voorkom.
Groot derby kom
NUUS • NEWS
SPORT
dié
8
Funduro: Die Koringberg Funduro vind op Saterdag 9 April plaas.
Die registrasie begin om 08:00, instruksies om 09:30, met die rit stiptelik om 10:00. Koste: R80 per ryer, R100 per passasier. Navrae: Pieter Rugbyliefhebbers kan hulself gereed maak vir ‘n derbyfees Saterdag in by 083 284 4293 of e-pos ngkoringberg@gmail.com. Maak seker branddie Riebeekvallei. Riebeek-Wes (Goodhopes) lê besoek af by Riebeekstofhouers is gemerk. Onthou: Geen helm, geen rit. Kasteel (Riebeek United). Wedstryde begin om 13:30 en alle ondersteuners is genooi om dié sportfees by te woon.
SA-atletiek:
Shaun Albertus, ‘n atleet van RiebeekKasteel, het aan die SA Skole-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Shaun het sy skoolloopbaan by Meiring Primêr begin en is nou 'n leerder van Drostdy op Worcester. Shaun is as o.15-atleet in die Wes-Kaapspan opgeneem. Hy het aan die 100m en 200m deelgeneem.
Die volgende atlete van die Swartland Atletiekklub het die 56km met sukses afgelê: Julie Welkom 04:10:52; Nienyana Zwane 04:23:33; Derick Zoutman 04:37:23; Hercu Hofmeyr 05:21:14; Sakkie du Toit 05:25:16; Aletia van Antwerpen 05:25:38; Nerina Bester 05:37:45; Andre van Rooyen 05:39:00; Hannes Pieters 05:48:22; Hennie Carstens 05:56:15; Wilfred Turner 06:19:53; Nazeem Afrika 06:30:17; Wanda Carstens 06:49:46. Die volgende atlete van Swartland het die 21,1km voltooi: Piet Smit 01:34:43; Lise Mocke-Carstens 01:55:54; Rejuan Pienaar 02:10:02; Jean van Rooyen 02:13:56; Richard Butcher 02:32:03; Frikkie Carstens 02:41:20; Danélle van Rooyen 02:41:20; Michelle Ziervogel 02:49:01.
Tweekamp
Elf atlete van Malmesbury het op 26 Maart aan die SA Tweekampkampioenskape in Bloemfontein deelgeneem: Mariaan Malan – Vroue veteraan, 6de plek uit 17; Daniel Malan – Mans Ope, 12de plek uit 19; Micke Smit – Meisies o.17, 8ste plek uit 44; Bennie Fourie – Mans Ope, 2de plek uit 19; Heleen Malan – Vroue Ope, 5de plek uit 16; Annereen Malan, Vroue Ope, 8ste uit 16; Renelda Scholtz, M o.19, 6de plek uit 24; Jana Nel, Meisies 13, 34ste plek uit 60; Chloe Lottering, Meisies 11, 6de plek uit 66; Tiaan Walters, Seuns o.11, 15de plek uit 67; Albert Basson, Seun o.11, 19de plek uit 67. Boland het uitstekend gevaar en het die vierde plek uit 16 provinsies behaal. Die SA Kampioenskappe in 2017 sal deur Boland aangebied word.
Tennis:
St Thomas Primêr op Malmesbury bied nou ook tennis aan. Die eerste tenniswedstryd was teen Curro Langebaan op Club Mykanos gespeel. Hier is die afrigter, Ralph Cuttings, saam met Christiano September, Waylin Loubser, Tyreec Liedeman en Calvin Cupido.
2950
R
32
2950
Klipdrift & Cola 6 x 275ml Non-returnable Bottles
CELEBRATE
MORE FOR LESS
59
R
Drostdy Hof Adelpracht 750ml
R
Graça White or Rose 750ml Each
95
R
119
Two Oceans Wine Assorted 750ml Each
R
134
1504632_100 x 260
PRICES VALID 31 MARCH - 3 APRIL 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, STELLENBOSCH SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES.
Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Olof Bergh Brandy 750ml
Richelieu International Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Scottish Leader Whisky 750ml
c urant
Gratis • Free
swartland en weskus Bergrivier
Weskus se 1ste keuse
dié
1
19.9%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
30 Maart 2016
Uitgawe 363
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• BUCHAN BRING 'HOOP VIR 'N NASIE'
‘Bring jou sambreel’
Bring jou sambreel, want ná die sonskyn, sal die reën kom. Glo my en vertrou net. Só sê Angus Buchan, bekende boer, evangelis en prediker in sy gesprek met dié courant voor sy kuier op Malmesbury die komende naweek. Buchan tree Saterdag hier op as deel van sy "Hope for a Nation"-konferensie. "Ek is baie opgewonde om die streek te besoek. Ek glo hier gaan wonderlike dinge gebeur," sê hy opgewek. "Ek gaan kom, ek gaan die jonger geslag se vrae oor ons land en ons toekoms antwoord. Ek sal vir hulle die waarheid gee waarna hulle soek," sê hy. Met sy positiewe, opgeruimde stem sê hy met 'n onderdrukte lag: "Ek is positief oor hierdie land en sy toekoms. Ek glo daar is vir ons almal hier 'n tuiste, 'n toekoms. "Ek en jy is altwee Afrikane. Ons is hier, in hierdie land, op hierdie kontinent se grond gebore en ons maak ons daaglikse bestaan hier. Ons hoort hier. Dis ons tuiste. "As ek nie in hierdie land geglo het nie, was ek al lankal nie meer hier nie. "Ja, daar is korrupsie, ja, daar is soveel dinge wat verkeerd loop, maar daar is net soveel positiewe dinge ook in hierdie land. Waar anders kan jy 'n ordentlike braai hou? Nie in die ander lande nie. Daar BBQ hulle net," sê hy spottend. "Die jong geslag het soveel vrae. Moet ek bly? Moet ek gaan? Wat hou hierdie land vir my en my gesin in. Dit is belangrik dat hierdie vrae beantwoord word," sê hy. Buchan het regoor die land mans wat hy mentor. "Hulle is soos my seuns en ek help en ondersteun hulle daar waar ek moontlik kan." Een van hierdie "seuns" het hom op die Swartlandse spoor geplaas en het hy besluit dat dit tyd
is dat hy sy werk hierheen bring. "Ek gaan pynlik eerlik en reguit wees en met die inwoners praat soos 'n pa met sy kinders praat." Buchan glo dat Bybelonderrig in skole belangrik is. "Ons almal maak saam aan ons kinders groot. Dit wat hulle op skool sien en leer, pas direk aan by dit wat hulle in die huis leer. Dit is ons plig as ouers, onderwysers, ooms, tannies en grootouers om die kinders van vandag reg op te voed. Om hulle volgens die regte waardes groot te maak," sê hy. "Ja, dit is belangrik dat ons ander gelowe moet respekteer, want ons is nie almal dieselfde nie en ons glo nie in dieselfde god nie, maar ek is so besig om oor my lewende God te praat, dat ek nie eens tyd het om iets te sê oor enige ander geloof nie. "Preek van liefde. Maak jou kinders groot volgens hierdie beginsels. Leer jou kinders om verdraagsaam te wees vir ander gelowe, maar wees ook uitgesproke oor jou Christenskap. Leef dit. Wys dit. Doen dit. Dit is 'n direkte opdrag van God. Wie is ons om dit te verontagsaam?" Buchan is besig om 'n toer na die universiteitskampusse van die land te reël om hier sy werk voort te sit. "Ek gaan nie politiek praat nie. Ek is nie 'n politikus nie. Ek wil hulle net vertel wat God vir hulle wil sê." Die huidige watertekort op Malmesbury is nie vir hom 'n nuutjie nie. "Ek ken dit. My damme is ook leeg. Ons sukkel net so met die reën, maar ons glo. Ons bid en vertrou. "Daar waar ons tesame is vir 'n groter doel as onsself, ons eie behoeftes eenkant toe skuif en fokus op die groter prentjie, daar waar ons saam bid, daar sal ons gebede verhoor word. "Die spreekwoord lui: 'n Boer maak 'n plan. Wel, my planne werk nooit. Ons moet ophou om ons eie planne te maak. Ons moet dit oorgee en vertrou op Hom vir wie ons raad en hulp vra," sê Buchan.
Angus Buchan is Saterdag om 19:00 by die Hoërskool Swartland se rugbyveld te sien.
Bergrivier wil leen om te bou Die Bergrivier Munisipaliteit se stadsraad het besluit om ‘n eksterne lening van R1613 miljoen op te neem by Absa Bank vir gedeeltelike finansiering van sy 2015/16-kapitaalbegroting. Twee miljoen rand van die lening sal vir die herseël en konstruksie van paaie in die munisipale area gebruik word. Ander projekte wat by dié lening sal baat, is die konstruksie van paaie HOP (R300 000), installasie van 'n mini-substasie in die nywerheidsgebied (R320 000), plavlei van sypaadjies (R300 000) en die Hoofweg 529-interseksie (R480 000). ‘n Bedrag van R650 000 gaan vir kantore, R500 000 vir die vergroting van die herwinningsgebou en R100 000 vir die vestiging van ‘n komposteringsfasiliteit. Die res van die fondse is vir die aanlê rioollyne in Monte Bertha en Laaiplek, die opgradering van stormwatermeesterplan en die vervanging van ‘n voertuig. Die volledige inligting oor die lening is by die munisipale kantore, satellietkantore, biblioteke en webtuiste beskikbaar. Lede van die publiek is genooi om skriftelike kommentaar of vertoë oor die lening aan die raad voor te lê. Dit moet die munisipale bestuurder nie later as 18 April bereik nie. Navrae kan gerig word aan die direkteur: finansiële dienste, JA van Niekerk, by 022 913 6000. Kennis is ook gegee van ‘n spesiale raadsvergadering wat op Donderdg 21 April gehou sal word om ‘n resolusie oor die lening te oorweeg.
NUUS • NEWS
30 Maart 2016
courant
dié
8
BERGRIVIER SPORT
tel 022 487 3221
Funduro: Die Koringberg Funduro vind op Saterdag 9 April plaas. Die registrasie begin om 08:00, instruksies om 09:30, met die rit stiptelik om 10:00. Koste: R80 per ryer, R100 per passasier. Navrae: Pieter by 083 284 4293 of e-pos ngkoringberg@gmail.com. Maak seker brandstofhouers is gemerk. Onthou: Geen helm, geen rit.
SA-atletiek:
Tennis:
St Thomas Primêr op Malmesbury bied nou ook tennis aan. Die eerste tenniswedstryd was teen Curro Langebaan op Club Mykanos gespeel. Hier is die afrigter, Ralph Cuttings, saam met Christiano September, Waylin Loubser, Tyreec Liedeman en Calvin Cupido.
Sportuitslae Sports results
Atletiek Twee Oseane Ultramarthon
Die Piketberg Krieketklub se bekeruitdeling vind op Vrydag 15 April plaas. James Fortuin, die hoofbestuurder van Boland Krieket, is die spreker. Dit funksie word in die gemeenskapsaal gehou en DJ Saxy sal die dansvoete kielie. Beperkte kaartjies is al beskikbaar by die volgende bestuurslede: David (Menno) Fortuin, David Somers, Michael Booyse, Ernie Dietrich, Russel Owies of Carlo Adams. Spring vinnig om teleurstelling te voorkom.
Rugbyliefhebbers kan hulself gereed maak vir ‘n derbyfees Saterdag in die Riebeekvallei. Riebeek-Wes (Goodhopes) lê besoek af by RiebeekKasteel (Riebeek United). Wedstryde begin om 13:30 en alle ondersteuners is genooi om dié sportfees by te woon.
30 Maart 2016
30 Maart 2016
Piketberg Krieketklub deel bekers uit
Groot derby kom
NUUS • NEWS
Shaun Albertus, ‘n atleet van RiebeekKasteel, het aan die SA Skole-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Shaun het sy skoolloopbaan by Meiring Primêr begin en is nou 'n leerder van Drostdy op Worcester. Shaun is as o.15-atleet in die Wes-Kaapspan opgeneem. Hy het aan die 100m en 200m deelgeneem.
Die volgende atlete van die Swartland Atletiekklub het die 56km met sukses afgelê: Julie Welkom 04:10:52; Nienyana Zwane 04:23:33; Derick Zoutman 04:37:23; Hercu Hofmeyr 05:21:14; Sakkie du Toit 05:25:16; Aletia van Antwerpen 05:25:38; Nerina Bester 05:37:45; Andre van Rooyen 05:39:00; Hannes Pieters 05:48:22; Hennie Carstens 05:56:15; Wilfred Turner 06:19:53; Nazeem Afrika 06:30:17; Wanda Carstens 06:49:46. Die volgende atlete van Swartland het die 21,1km voltooi: Piet Smit 01:34:43; Lise Mocke-Carstens 01:55:54; Rejuan Pienaar 02:10:02; Jean van Rooyen 02:13:56; Richard Butcher 02:32:03; Frikkie Carstens 02:41:20; Danélle van Rooyen 02:41:20; Michelle Ziervogel 02:49:01.