Die courant 304 21 Jan 2015

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus Bergrivier

dié

1

21 Januarie 2015

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Uitgawe 304

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Skool toe!

Laerskool Swartland Graad 1-leerders het gister al kennis gemaak met die nuwe skool-ervaring wat op hulle wag. Sommiges was baie gretig en ander nie so veel nie. Bo is die vier tweelinge van die Laerskool Swartland op Malmesbury. Wilhelm en Marli Pool, Luke en Mia Steyn, Mia en Megan Koch en Mia en Dané Steyger Is reg vir skool. Links onder is Heinrich Redelinghuys saam met sy pa, Heini, van die Hoërskool Porterville. Onder is sy skoolmaats Cordonay Boben, Perswill Jantjies, Esprenzo Basson, Deahogo Owies, Gert Wiese, Jamie-Lee Wiese saam met JW Liedeman.

Hoërskool Porterville

Liebenberg Primêr

• Planne vir R320m-sentrum ingedien

‘Ons bank nie grond’ Planne vir die nuwe R320 miljoen Malmesburyinkopiesentrum is reeds by die Swartland Munisipaliteit ingedien en die ontwikkelaars wil nie later nie as 1 Maart die grond breek. Die terrein vir die nuwe sentrum is aan die noord-oostekant van Malmesbury met toegang regoor dié van die Malmesbury verkeersdepartement uit Piketbergweg. Die sentrum se handelsarea sal alles op die boonste vlak wees met twee kelderparkeerareas daaronder. Volgens Mario dos Reis van Harry Viljoen Ei-

endomme, het hul reeds oordrag geneem van die grond. “Ons bank nie grond nie en moet dus so spoedig moontlik met die projek begin.” Dos Reis het die Swartland Munisipaliteit geprys vir hul doeltreffendheid en behulpsaamheid. "Ons het al met baie munisipaliteite saamgewerk, en nog nooit was een so goed soos Swartland nie. "Van die munisipale bestuurder tot die amptenare met wie ons werk is duidelik almal in beheer van hul take en doen baie goeie werk."

Die sentrumplanne maak voorsiening vir 854 parkeerplekke en die teikendatum vir die opening van die sentrum, wat ook in kontrakte met huurders geskryf is, is Augustus 2016. Dos Reis het aan dié courant gesê die sentrum sal 'n sogenaamde “Food Court” hê waar kliënte weerskante van die restaurante sal sit met binne- en buite sitplekke. Die ontwikkelaars het nog nie op 'n naam vir die 22 000m²-sentrum besluit nie. “Ons loods gewoonlik 'n kompetisie onder skole om die sentrum 'n naam te gee,” het Dos Reis gesê.

NUUS • NEWS

21 Januarie 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.