Die courant 301 10 des 2014

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland

dié

1

10 Desember 2014

Uitgawe 301

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

• Sondeza-kamp op ganzekraal

Die lewe is jou keuse

Geskenke op wiele Pakkie-pretrit:

Elishia Drotchie van die Malmesbury Fietsryklub met ‘n armvol speelgoed vir die beplande Pakkie-Pretrit. Elko, (10) gaan saamtrap, terwyl boetie Kian (4) gaan hand bysit met die geskenkies. Elishia het die pretrit beplan met die oog daarop om geskenkies vir plaaskinders bymekaar te maak en uit te deel. Die groot trap vind môremiddag plaas. Almal wat wil saamtrap, moet 17:30 by die `tronk'-pad wees. Hulle beplan om so 15 km ver te trap. 'n Bakkie sal saamry met die geskenke. Enigeen wat wil bydra, kan geskenkies by een van die fietswinkels op die dorp aflaai. Skakel Elishia by 084 422 1361.

Gooi 71 Weskus-leerders bymekaar, saam met sewe Namibiërs, 10 Britte en twee Duitsers en siedaar: ‘n betowerende en inspirerende kamp, waar energie bruis, lewenslange bande gesmee word en jong lewens gevorm en versterk word vir die toekoms. Sondeza, die Afri-Jeug Leierskap Inisiatief van die Swartland Munisipaliteit, het Vrydag by Ganzekraal begin. Dit is die 11de kamp wat gehou word. Die toon van die aand was jeugdig en vol vreugde: vandaar ook Mendl Lategan, wat sy motiveringspraatjie speel-speel aan die hand van ‘n paar kulkunsies gedoen het. Hy begin deur homself te beskryf as die wêreld se enigste ballon-beeldhouer wat énige dier kan skep. Hy nooi die gehoor om voorstelle te maak en sy uitdaging kom vinnig: ‘n rooi koedoe, ‘n vriendelik een. Sonder om ‘n oog te knip, begin hy ‘n rooi poedel vorm, terwyl hy vertel: “Daar was eendag ‘n koedoe wat na ‘n kostuumbal genooi is. Hy het besluit om as ‘n poedel te gaan en gaan huur toe dié uitrusting.” Onder ‘n gelag en handeklap, verduidelik hy: “Ons is almal eenders, nes die balonne in die sak, tog ook anders, net soos hulle verskillende kleure. “Hoe ons ons talente ontwikkel, is in ons hande. Pak die stryd aan, speel die lewe.” Sy volgende toertjie was aan die hand van die bekende klimtol (yo-yo). Eers het hy die mense na hulle asems laat snak met sy toertjies en toe: “Kyk mooi as ek begin, lê die klimtol stil in my hand, nes by geboorte. As ek klaar is, gebeur dieselfde, nes met die dood. Wat tussen-in gebeur is in jou hande: daag jouself uit en begin groei.” Laaste op sy program was die Rubic-kubus. Terwyl hy in sekondes die vierkant voltooi, vertel hy dat die lewe oor besluite gaan. “Somtyds kan jy nie sien wat die gevolge gaan wees nie, somtyds neem ander die besluite vir jou en somtyds grawe mense ‘n gat vir jou.” Hy gebruik algoritmes om die vierkant se stappe te memoriseer: “Alles gebeur in ‘n sekere volgorde." Mendl het die jeug aangemoedig om hulle talente en vaardighede te ontdek en te ontwikkel. “Toegepaste kennis is mag." Sien nog oor Sondeza op bladsy 6.

NUUS • NEWS

10 Desember 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.