Skip to main content

Die courant 2 sept 2015 336

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

2 September 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 336

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

WEN: Franse Lazarus Ford Swartland aand met Skou om die nou op Helena Hettema draai Malmesbury • Splinternuwe skool op porterville geopen

‘Blink toekoms wink’

Hierdie is nie die sleutel vir die skool nie, dit is die sleutel vir ‘n blink nuwe toekoms. Met hierdie woorde het James Swarts, voorsitter van Willemsvallei Primêr op Porterville, die sleutel vir die nuwe skoolgebou aan die skoolhoof, Sederick Zinck, oorhandig. Die ou blou skoolgebou het moeg en verlate gelyk, terwyl die groep van 1100 leerders Donderdag vroegoggend met die laaste opvoedkun-

de items pad af gestap het, ‘n nuwe toekoms tegemoet. Die meeste van die meubels en toerusting is reeds vooraf per vragmotor vervoer. Die nuwe skoolgebou is reg langs die oue in Loeriestraat in Monte Berta, Porterville, maar daar eindig die ooreenkoms. Die nuwe gebou is op ‘n effense hoogte gebou, met pragtige uitsigte. Dit is ruim, lig, ‘n kinder-vriendelike gebou.

“Dit is ons skool, ons moet daarna kyk en dit na hoër hoogtes neem,” het Zinck gemaan. Hy het in ‘n saal volgepak van leerders en hul ouers gepraat. Besighede, Voorberg Korrektiewe Dienste, die skool se beheerliggaam en ‘n groot getal geestelike leiers was ook teenwoordig. Hierdie was nie die amptelike inwyding van die skool nie, net ‘n ingebruikneming waar die geestelike leiers die toon aangegee het: “Want ons het gebed nodig om ‘n sukses hier te maak”. Pastoor Carolus Pietersen het die leiding geneem en leerders bemoedig: “Dit is nie waarvandaan ek kom nie, dit is waarheen ek gaan wat belangrik is. Van vandag af gaan ek my toekoms bou.” Pastoor Pietersen en sy vrou het ‘n wisseltrofee aan die skool oorhandig wat voortaan aan die leerder wat die meeste vordering toon, toegeken sal word. ‘n Moontlike naamsverandering vir die skool is ook in die pyplyn. Die beheerraad het by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aansoek gedoen dat die skool se naam verander na Porterville Primêr. Intusssen is daar reeds begin om die ou geboue af te breek om plek te maak vir ‘n nuwe sportterrein.

NUUS • NEWS

2 September 2015


NUUS • NEWS

2

Never Despair wen Derby In ‘n klipharde derbywedstryd tussen Never Despair en Wesbank in die Goot Uitdaagkompetisie van die Boland Rugby Unie moes Wesbank Saterdag die knie buig teen ‘n begeesterde span van Never Despair. Die wedstryd tussen die swaar gewigte het voor ‘n groot skare op die Alfastraat -sportterrein plaasgevind. Soos in enige derbystryd is geen genade gevra of gegee nie. Wesbank het van die afskop verwoed aangeval, maar Never Despair het die vroeë aanslag van hul opposisie afgeweer met uitstekende verdediging deur voor- en agterspelers. Never Despair het hierna self aangeval en is beloon met ‘n strafskop wat Warwick Philander in punte omskep het, telling 3- 0. Net hiena het Stallone Scott met skitterende verdediging verhoed dat Liedeman, slot van Wesbank druk. Scott is daarna self oor die doellyn ná slim spel deur Wella Samuels om die telling op 8-0 te staan te bring. Marinus, losskakel van Wesbank, het hierna met twee strafskoppe geslaag.

Die halftydtelling was 8-6 in die guns van Never Despair. In die tweede helfte het albei spanne aangeval, maar rotsvaste-verdediging het veroorsaak dat die telbord onveranderd gebly het tot agt minute voor die einde. Toe het Johan September, kookwater-flank van Wesbank, tot groot vreugde van ondersteuners oorgeduik vir ‘n onverdoelde drie - telling 11-8 in Wesbank se guns. Met drie minute oor in die wedstryd het LeeDonovan April, woelwater-vleuel, die harte van die Wesbank-ondersteuners gebreek toe hy van net binne sy eie halfgebied deurgenael het vir ‘n drie in die hoek. Dit het die Never Despair ondersteuners rasend gehad toe Sherwin Dayson ook met die moeilike doelskop slaag om die eindtelling 15-8 in die guns van Never Despair te swaai. Die derde span van Never Despair wen 17-6. Die tweede span van Never Despair wen 6-5. Dié naweek pak Wesbank die span van Saldanha, terwyl Never Despair na Darling reis.

2 September 2015

• 12th festival held

Voorkamerfest brings art to you As wild flowers start budding in and around the West Coast town of Darling, organisers of the Voorkamerfest are busy preparing for the town’s unique annual performing arts event to take place during the first weekend of spring, 4 to 6 September. The Voorkamerfest, now 12 years old, sees 21 original performances staged in residents’ homes – whether or not they have a ‘voorkamer’ (sitting room). Being invited into residents’ homes to see a world-class show is not the only unique aspect of this festival. The entire event is designed around the element of surprise as ticket holders do not know what shows they are going to see. Even the homeowners who volunteer their sitting rooms as a venue don’t know which artist they are to host for the weekend until a few hours before the first performance. Rather than buying tickets to see specific shows, promoting a spirit of serendipity sees audiences buying a ticket for a performance route. A maximum of 26 people are accommodated on one of seven routes and are picked up by a local taxi that transports them to a series of

three different shows in three different homes before returning them to Evita se Perron which forms the festival hub. Shows range from mime to cabaret and comedy to drama, national and international adds to the diverse flavour of this one-of-a-kind experience. Five rand of every ticket of R195 and R10 of every ticket of R235 sold is donated to the Darling Trust (www.theDarlingtrust.org) which works towards education and upliftment in the local community. The festive, child-friendly atmosphere of the Voorkamerfest weekend is enhanced by outside entertainment and arts, crafts and food stalls at Evita se Perron. Tickets are R195 per person for the Friday evening route and R235 per person for all other routes. A free concert will be staged on Sunday at 16:00 when the participating artists come together for a final bow in Darling East. Bookings: http://Voorkamerfest.cramgo.net/ programmaview.aspx or contact: chanda at 082 321 7542 / bookings@voorkamerfest-darling. co.za.

Astro:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se astrobaan is besig om fluks te vorder en die pienk skynsel van die skokmat is duidelik sigbaar soos dit nou met 2000 liter gom vasgeplak word.

Raai en wen met museum Die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg het ‘n kompetisie waar mense ‘n artefak moet uitken om ‘n heerlike prys te wen. Die kompetisie, Guess the Artefact, het gister op die museum se facebook-blad begin. Mense kan die antwoord ook in ‘n houer by die museum plaas. Die artefak is deel van die erfenis wat by

die museum bewaar word en sal daar uitgestal word. Die wenner van September se kompetisie sal ‘n geskenkpak ontvang. Enige navrae oor die kompetisie en die museum kan gerig word aan die bestuurder van die museum, Tania le Roux. Skakel haar by 022 433 1093.


NUUS • NEWS

3

2 September 2015

Wenners:

Darling Cellars het die trofee vir die SA Champion Witversnit (Sauvignon Blanc/Sémillon, gehout, by die SA Jongwynskou ontvang. Hier is Riaan de Waal (hoofbestuurder), Maggie Venter (wynmaker), Pieter Niel Russouw (hoofwynmaker), Johan Ehlers (Agri Expo) en Anthony Meduna (wynmaker). Die SA Jongwynskou is die oudste wynskou in Suid-Afrika. Foto: www.youngwineshow.co.za

• basaar, wedlope en meer

Riebeekvallei vier lente met fees Die lente is hier en in die Riebeekvallei word dit gevier met ‘n hele naweek van pret en plesier in die buitelug. Die NG Kerk Riebeek-Kasteel hou hul jaarlikse Lentefees met iets vir almal - atlete, fietsryers en basaargangers. Vir die fikses is daar ‘n halfmarathon, 10kmpadwedloop of ‘n 5km-pretloop. Hope vleispryse kan gewen word in ‘n gelukkige trekking. Die bergfietswedren lok ook altyd baie belangstelling: 40km en 15km, met asemrowende uitsigte oor die Riebeekvallei. Dan is daar die heerlike plattelandse basaar, met pannekoek, vars plaasprodukte, vars vleis, tuisgebakte brood, beskuit, koeke en terte, ba-

saarpoeding, ‘n kindertafel, braaivleis, potjiekos ens. Vir navrae, skakel Hettie by 083 357 4461 epos ngkerkkasteel@telkomsa.net. • Op 19 September is die gewilde kaskarkompetisie.Mike Hillier (082 8980 607) is daar vir enige navrae, asook raad en bystand met die bou van jou spesiale kar. Kinders van alle ouderdomme kan aan die pret-byeenkoms deelneem. Die resies vind plaas teen die afdraande van die bopunt van Hoofstraat op Riebeek-Kasteel en daar is ook ‘n hindernes-wedren op die plein. Daar sal ook stalletjies wees, beman deur die kinders en die beheerrade van die skole.


NUUS • NEWS

courant

2 September 2015

dié

4

'n Nuwe begin

Kinderogies wat blink rondkyk na hul nuwe klaskamers. Nuwe skoolsaal. Nuwe leerplek. Nie net bied hierdie nuwe gebou 'n lekker atmosfeer nie, maar dit bied 'n nuwe begin. Nuwe drome. Hier kan die klein breintjies alles opslurp, inneem, leer en groei. Om skool te gaan in 'n gesonde, gelukkige omgewing, is iets wat enige kind op geregtig is. Ons fokus so maklik op ons eie regte, maar ons vergeet soveel keer die regte van klein kindertjies. Kleintjies wat nie hulself kan beskerm nie. Kinders wat met soveel hoop en respek na volwassenes kyk om hulle te beskerm, op te voed en veilig te hou. 'n Nuwe begin is iets wat ons vir onsself ook kan neem. Op 'n stadium in almal se lewens staan jy by 'n kruispad en weet jy nie eintlik watter kant toe nie. Dit voel of jy ronddobber op die oop see, sonder rigting, sonder 'n reddingsbaadjie. Jou vlerkies is wel daar, jy moet dit net raaksien. Jy moet dit net gebruik, sodat jy aan die dryf kan bly en rigting kan vind na die wal toe. Ons is so geneig om dinge vir onsself soms onnodig ingewikkeld en moeilik te maak. Om te veel oor dinge te dink, te tob en al in die rondte te dink. Soms is dit nodig om net te glo, te aanvaar en te ervaar. Net soos wat ons almal 'n nuwe begin kan ervaar, het 'n skool vol kinders nuwe hoop gekry toe hulle gehelp dra het aan hul meubels, boeke, banke en meer na 'n nuwe skool. 'n Nuwe ervaring. 'n Nuwe lewe. Dit is nie altyd buite ons bereik nie. Soms moet ons ook maar net ons hande uitsteek en vasgryp aan dié hande wat na ons uitreik.

Dis Goeie Nuus

Basaar:

Die NG Moedergemeente op Malmesbury het die naweek weer behoorlik basaar gehou. Bo is Carina Zollner, Dawn Lubbe, Andra Tinderholm, Linda Santili en Jen du Toit. Regs bo is Anna-Marie en Madelé Steyl met geverfde gesiggies. Regs is Hentie Truter en Rudolf Knoetzen druk besig om roosterkoeke te braai.

VLV Porterville kyk na herwinning Die landbou- en tuinbouportefeulje van die VLV Porterville het onlangs met die Bergrivier Munisipaliteit hande gevat om herwinning te bevorder. Adv Hanlie Linde, die munispale bestuurder, het aan die VLV vertel dat Bergrivier Munisipaliteit derde in Wes-Kaap is as dit kom by afvalbestuur. Hendrik Kröhn het oor afvalbestuur gepraat. Die projek het drie jaar gelede begin met die sluit van die stortingsterreine, wat netheid en higiëne bevorder. Swartsakke word na oorlaaistasies en dan na Malmesbury vervoer. Stortingsterreine word nou vir bourommel en tuinvullis gebruik. Die driesakstelsel het ‘n besparing van 24% oor ‘n termyn van drie jaar teweeggebring. Afval word verdeel in huishoudelike natvullis (swartsak), tuinvullis (groensak) en herwinbare vullis (deurskynende sak). Die Munisipaliteit hanteer op hierdie stadium nog nie elektroniese afval nie. ‘n Voorstel van die VLV is dat so ‘n projek geloods word waar ‘n houer by ‘n vulstasie geplaas word en dan daarvandaan na Vissershok vervoer word. Rassie Bothma het die inhoud wat in deurskynende sakke gegooi moet word bespreek en gee die volgende wenke: Druk plastiekbottels plat en draai weer die prop op om spasie te bespaar; spuitkannetjies se plakkers moet nie afgetrek word nie; papier moet skoon wees, nie bloederig of nat nie. Die volgende afval kan herwin en in deurskynende sakke geplaas word: kartondose, riffelkarton, kantoorpapier,

boeke, koerante, tydskrifte, gebreekte glas, spieëls, wynbottels en ander glashouers, aluminiumfoelie, skuifspelde, krammetjies, drukspykers, spuitblikkies, koeldrank-blikkies, metaaldeksels, plastiekhouers van skoonmaakmiddels, bierblikkies, kosblikkies, plastiek koshouers, uitgespoelde melksakkies. Die volgende word in swartsakke gegooi: waspapier, tetrapakke, deurslagpapier, plakkers, ponskonfetti, riembinders, kleefplastiek, plastiekverpakking om blikkies en toiletpapier en alle nat kombuisafval. Tuinvullis word in groensakke geplaas en elke erf mag twee sakke per week uit plaas. ‘n Samewerkingsvennootskap tussen die Munisipaliteit en VLV is gesluit waar lede behulpsaam sal wees om enige ongerymdhede onmiddellik te rapporteer en ook om die herwinningsboodskap te versprei. Alle klagtes kan aan die Munisipaliteit gerig word en adv Linde waarborg dat daaraan aandag gegee sal word. Sy versoek ook dat geen orige drank in bottels vir munisipale werkers gelaat moet word tussen die afvalsakke nie. ‘n Tien minute-aktiwiteit is deur adv Linde aangebied waarin lede hul kreatiwiteit met die drie verskillende sakke moes toon. Hulle het met hul skeppings paradeer en drie pryse isoorhandig aan Zabetha Albertyn, Netta de Villiers en Mary-Ann van Schalkwyk. Willemien Burger het oor die belangrikheid van herwinning in belang van die natuur en oor die klassifisering van plastiek in sewe groepe volgens kodes gepraat.

Dr Andrew Bosman

Beywer julle vir vrede met alle mense Die skrywer (onbekend) van die Hebreërbrief wys daarop dat in die verlede God op baie maniere met die mens gespreek het, profete en die wet, maar in die laaste tyd spreek Hy tot ons deur die Seun, Jesus die Christus. In die brief lees ons dat dit onmoontlik is om God te behaag sonder geloof. Om te glo is om vas te vertrou op dit wat ons hoop en nie op dit wat ons sien nie. Ons moet die wedloop van die geloof met volharding loop. Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou, Hy is die voleinding van ons geloof. Hy, Jesus, is die Een wat die kruis verdra het en die skande verag het, en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Ons word gemaan om ons te beywer met vrede vir alle mense, en ‘n heilige lewe waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Hokkie: Die o.11-hokkie-

seuns het aan Laerskool Swartland se tweejaarlikse sportdag deelgeneem wat deur Tyremart, JB’s Nissan en Malmesbury SuperSpar geborg is. Hulle het die finaal 2-1 gewen en is aangewys as die wenners van die o.11seunsafdeling. Daar was ses spanne wat deelgeneem het. Die o.13-seuns en -meisies hokkiespanne het ook in die finale gespeel,maar nie die knoop deur gehak nie.


NUUS • NEWS

5

2 September 2015

Moorreesburg Merinoklub is vir almal Die Moorreesburg Merinoklub vier vanjaar sy 28ste bestaansjaar. Die klub is in 1987 gestig en voorsitter Ewan van Heerden vertel dat hulle vandag nog ‘n sterk ledetal het, “vol vuur en vlam vir die bedryf”. Van Heerden sê die Merinoklub is aanvanklik net vir merino-boere gestig. Die lede was oorspronklik skaapboere in die Moorreesburgdistrik en die doel was om die nuutste inligting en skaapbedrywighede aan die lede deur te gee. “Dit was toe sulke interessante aande wat gehou was dat ander boere wat nie merino’s gehad het nie, ‘n brief aan die bestuur gestuur het waarin daar gevra is of hulle dit nie vir ander skaaprasse ook wil oopstel nie. Die klub is verander en van toe af is dit oop vir enige skaapboer wat wil deel wees van die inligtingsaande (klub). Vandag het ons so sestig lede. “Skaapboerdery is ‘n passie vir elke klublid en by ons samekomste ruil ons idees uit, leer uit mekaar se foute en gee raad wat elkeen weer in sy eie boerdery kan gaan toepas. “Dit is ‘n plek waar ouer skaapboere en die jonger generasie koppe bymekaar kan sit om positiewe skaapboerdery-bedrywighede in die afsienbare toekoms moontlik te maak.” Van Heerden beklemtoon dat ander boere en/of nie-boere, maak nie saak van waar nie, steeds baie welkom is om by die Merinoklub aan te sluit. Belangstellendes kan hom skakel by 082 603 2589 of vir Jannie Dürr by 072 8010100.

Rugby:

Hierdie seuns van Laerskool Swartland op Malmesbury het almal die Wes-Boland rugbyspan gehaal en aan die finale Bolandproewe deelgeneem. Agter is SJ Kotze, Johan Dürr, Adriaan Janse van Rensburg en Dillion Oppelelt. Voor: Romeal Swartz, Daren Brown en Reuben Tharratt.

BO: Tjokkie van Heerden was een van die stigterslede van die Merinoklub.

Links: Die huidige bestuur van die Merinoklub is Cecilia Engelbrecht, Jannie Dürr, Ewan van Heerden, Mathys Carstens en DW Giliomee (afwesig).

In verlede week se uitgawe van dié courant is daar verkeerdelik na Magdél Brink, eienaar van die Groenrivier funksiensentrum, verwys as Magdel Retief. Regs is sy met die toekenning as SA Country Wedding se wenner vir 2015.

Wen ‘n Franse aand met Helena

Een van die mees formidabele kabaret-stemme in Suid-Afrika, Helena Hettema, tree Saterdagaand op Riebeek-Kasteel op by 'n spesiale Franse aand. Sanger en liedjieskrywer, al deur SABC Geraas as die beste vroulike solokunstenaar aangewys, kom vier die lente op romantiese wyse saam met gaste. By die Kasteelberg Bistro sal Hettema gaste trakteer op werke van die legendariese Edith Piaf (wie se geboorte 100 jaar gelede vanjaar gevier word) en ander Franse kunstenaars soos die immergewilde Jacques Brel en Mireille Mathieu. Hettema se optrede Saterdagaand by die Kasteelberg Bistro word baie gepas gepaar met 'n glas sjampanje en Frans-geïnspireerde driegangmaaltyd voorberei in die Kasteelberg-kombuis. Kaartjies vir die aand, wat om 19:00 begin en die ete insluit, beloop R295. Skakel 071 009 2141 om jou plek te bespreek. *Een gelukkige leser kan twee kaartjies losslaan vir die spesiale aand. SMS voor môre (Donderdag 3 September) om 16:00 jou naam, ouderdom en dorp saam met die naam van jou gunsteling Helena Hettema vertolking na 084 8333 813.


NUUS • NEWS

6

2 September 2015

Sekuriteit en veiligheid nou op ‘n nuwe vlak Misdaad is ‘n groeiende probleem in Suid-Afrika, maar slim nuwe tegnologie kan mense weer rustig laat slaap en gaan vakansie hou. “Ons bied tegnologie wat internet-gebaseer is en rewolusionêre moontlikhede vir sekuriteit bied,” vertel Harald Becker oor Verifier, die maatskappy wat hy in die Swartland en Boland bemark. “Vir die eerste keer is daar nou op sekuriteitsgebied geslote kringtelevisiekameras (CCTV) wat lewendig/pro-aktief is en misdaad kan voorkom voordat dit gepleeg word.” Hy skets die volgende scenario: “Dit is 03:00 in die oggend. ‘n Figuur nader ‘n plaashuis/fabriek/skaapkraal/dieseltenk ens. Jou kringtelevisie, wat opgegradeer of nuut geïnstalleer is, tel die beweging op en een van die kontroleurs in ons kontrolekamer hou hom dop deur die lens van jou kamera. “Die kontroleur trek die mikrofoon nader en vra deur die kamera se luidsprekers: `Môre, wat maak jy?’ “Die ongenooide gas vries vir ‘n sekonde, draai dan om en hardloop weg, sonder dat enige eiendom beskadig of gesteel is.” Harald sê die oortreder gee altyd pad. “Indien nie, sal die kamera hom naspeur. Terselfdertyd sal die gewapende reaksie-eenheid, SAPD, plaaswag onmiddellik deur ons ingeroep word. Met hul aankoms sal ons kontroleur dan presies vir hulle kan sê waar die oortreder hom bevind.” Harald Becker bring ‘n klomp ervaring en entoesiasme na hierdie onderneming. Hy was die eienaar van ‘n suksesvolle sekuriteitsmaatskappy, Coastal Patrol, wat meer as ‘n dekade in Houtbaai, Landudno, Constantia en Bishops Court werksaam was. Met 26 jaar se ervaring in die SAPD en sekuriteitsbedryf, tree Harald in 2003 op die ouderdom van 49 jaar af. Hy en sy vrou, Natalie, koop Môreson, die ou pastorie op Riebeek-Kasteel, en omskep dit in die Môreson Herehuis – desdae ‘n bekende, historiese gastehuis. In Julie vanjaar het Verifier, een van SuidAfrika se twee top geslote kringtelevisiekameras (CCTV) maatskappye hom uitgesoek vir sy kun-

Só ken almal vir Harald Becker - pyp in die mond voor sy huis, Môreson op Riebeek-Kasteel. digheid en hom ‘n aanbod gemaak om hierdie nuwe tegnologie aan die Swartland en Boland bekend te stel. “Ons is nie installeerders nie: ons werk met alle installeerders in die Swartland en Boland,” het hy aan dié courant gesê. Harald sal kommersiële, huishoudelike en industriële kringtelevisie-sekuriteit hanteer, met die klem op die landbou. “Ek glo binne 18 maande sal 80% van plase in die Swartland en Boland ons tegnologie gebruik en dat misdaadsyfers drasties sal verminder.” Kontak Harald by Verfier Riebeek-Kasteel, 076 704 8870.


NUUS • NEWS

7

2 September 2015

Shop online at www.picknpay.co.za

1350 Coca-Cola Regular, Light, Zero, Tab, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

TM

1990

FRESH

SAVE 2.90

Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

89

54

R

R

PnP Thick Cut Vacuum-packed g Rump Steak Per kg

PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in Per kg

4995 SAVE R20

PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s Per kg

870

Selected products on this page have been styled forr photograph photography hy

79

BUY ANY 3 FOR

90

BEST BUY

179

90 Per Pack

1990

58

R

Douwe Egberts Coffee Assorted 200g (Excluding Decaf) Each

Pampers New or Active Baby Jumbo Pack or Premium Care Value Pack Disposable Nappies Assorted

Sasko Everyday Premium Brown Bread 700g

SAVE R5

SAVE R29 Flora Fat Spread Assorted 500g Tub

37

90

Jungle Oats 1kg

1890

Clover the Classic Vanilla Custard 1 Litre

Sunlight 2in1 Auto Washing Powder 2kg, Surf Superbright Auto Washing Powder 2kg or Laundry Liquid 1.5 Litre Each

1690

PnP Mayonnaise Assorted 750-790g Each

PRICE PER NAPPY Active Jumbo Pack New Baby 94s Midi 82s Maxi Plus 62s Junior 58s XL 54s Maxi 68s

Premium Care Value Pack Newborn 78s Mini 72s Midi 60s Junior 44s Maxi Value 52s

2.08 2.39 3.16 3.38 3.63 2.88 2.51 2.72 3.27 4.45 3.77

Stikeez figurines are designed for children from the age of 3 years and older and adult supervision is advised for younger children since these figurines may pose a choking hazard.

PRICES VALID 1- 6 SEPTEMBER 2015 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Stikeez™ © 2015 Zing. International patent Grani & Partners S.p.A. Excluding Liquor and Clothing stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Checking other supermarkets’ prices. Including specials. NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH

Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.

1192998_WC_38x6


NUUS • NEWS

8

2 September 2015

Hy stap homself gesond Ses jaar gelede het hy ernstige hartprobleme opgedoen en sedertdien drafstap Tom Clarkson elke dag sowat 2,3km. Hy haal ‘n papier uit en wys sy berekeninge: 4636km het hy reeds afgelê, teen ‘n spoed van 12km per uur. Wat dit so besonders maak, is dat Tom nie meer vandag se kind is nie: hy is 80 jaar oud, al lyk hy veel jonger as sy jare. dié courant het by Tom en Maureen gaan inloer en ons sit op hulle patio wat uitkyk oor die Yzerfonteinse hawe en strandgebied. Hy vertel hoe onverwags die hartprobleme begin het. Hy het nog een dag ‘n sak met 36kg sout teen die steilte na die swembad afgedra en en weer terug teen die trappe op. Die huis is op verskeie vlakke gebou, met die swembad 'n hele ent teen die steilte af. “Maar daar was niks fout nie,” vertel Tom. “Ek het net die volgende dag pyn aan die agterkant van my bene gehad.” Hy het as ‘n voorsorgmaatreël dokter toe gegaan. “Ons het ‘n dokter hier wat baie goed is as dit kom by diagnose. Sy het vinnig vasgestel dat ek ‘n hartklop mis. "Ek wou haar nie glo nie, totdat sy my self laat luister het. Sy het ‘n spesialis gekontak en dié het aanbeveel dat Tom onverwyld Kaapstad toe moet

gaan. Hier het hy die volgende dag ‘n vier-dubbele hartomleiding ondergaan. “Die beste van die vier are was 90% verstop, die ergste 96%,” vertel Tom met ‘n skewe glimlaggie. Die dokter het verduidelik dat diabete, ‘n siekte wat Tom in ‘n ligte graad aan ly, dikwels nie enige hartpyne voel nie. “Die spesialis het my ‘n keuse gegee: stap 2km per dag of jy sal weer hier (in die hospitaal) beland.” Tom het dit baie ernstig opgeneem: “Vir die eerste ruk het ek hier in die huis gestap.” Hy het 2km in die huis afgemeet en getrou elke dag die roete afgelê. Vandag stap hy van hulle huis in Lutie Katzstraat bult af tot by die hawe en weer terug. “Ek stap maar soos ek voel en tyd het. Soms vroegoggend, ander kere weer laatmiddag of vroegaand.” Tom en Maureen het ver paaie geloop voordat hulle hul op Yzerfontein kom vestig het. Tom is in Skotland gebore en sy ouers het hom op drie-jarige ouderdom Suid-Afrika toe gebring. Maureen is ‘n Ier van geboorte en die twee het mekaar by ‘n skoolkamp op Margate ontmoet. Dié skoolliefde het gegroei en verinnig wat die twee onlosmaaklik aan mekaar verbind het: hulle omgee en waardering vir mekaar is duidelik sigbaar in die manier waarop hulle van me-

kaar praat, ‘n kyk, ‘n hand-aanraking. Hulle het 37 jaar in Johannesburg gebly voordat hulle na Yzerfontein verhuis het. Tom onthou dié dag goed: “Dit was op 9 Desember 1985, vyf minute voor vier dat ons hier aangekom het. “Ons moes dit vyf jaar vroeër gedoen het,” sê Tom en vertel dat hy op 48 sy werk verloor het as gevolg van werkvermindering, ná ‘n loopbaan va 30 jaar in swaar ingenieurswese. Hier het hulle die Cashel-gastehuis op die dorp geopen: Hulle eerste gaste het hulle op 29 Augustus 1989 ontvang. Die huis kan tien gaste op ‘n keer huisves en deur die jare het hulle gaste van oral in die wêreld onder hulle dak verwelkom. Die twee is self ook entoesiastiese reisigers en ‘n mens kan jou verkyk aan foto’s van die twee voor die Taj Mahal, in Rusland, Suid-Amerika en meeste Europese lande. Die staaltjies wat hulle te vertel het, word ondersteun deur gedenkwaardighede, gesegdes en ook landkaarte waar Tom hul reise sorgvuldig ingetrek het met die afstande langsaan. Die twee beplan om ‘n bietjie af te skaal: hulle ontvang nie meer gaste nie en die huis is op die oomblik in die mark. Maar lewenslus en energie ontbreek dit nie. Tom het ook ‘n woord van raad vir mense: “Oefening is noodsaaklik, hoe jonger hoe beter.”

SPIES & Genote Christof Spies

Hendrik Spies

Willem Relihan

Hooflid, Uitvoerende Finansiële Adviseur Tel: 022 483 7006 Sel: 082 454 0669 E pos: cspies@oldmutualpfa.com

Assosiaat, Finansiële Adviseur Tel: 022 483 7006 Sel: 084 585 5103 E pos: hspies@oldmutualpfa.com

Assosiaat, Korttermynspesialis Tel: 022 483 7018 Sel: 082 467 3692 E pos: wrelihan@oldmutualpfa.com

Corlia Spies

Deon du Plessis

Elbie Fouche

Praktykbestuurder Tel: 022 483 7013 Sel: 082 809 6595 E pos: corlias@oldmutualpfa.com

Uitvoerende Verkoopsbestuurder Tel: 021 425 8230 E pos: dduplessis@oldmutual.com

Kliëntskakelbeampte Tel: 022 483 7004 E pos: cspies@privatesec.co.za

Tom en Maureen Clarkson

Old Mutual Persoonlike Finansiële Adviseurs

MISSIE Deur persoonlike beplanning vir elke individu skep ons vertroue en sekuriteit en bied ons ‘n finansiële oplossing wat deursigtig is en maklik by veranderde omstandighede aangepas kan word. Ons as span strewe daarna om met sorgvuldige beplanning en samewerking jou finansiële vryheid te verseker.

Joey August Kliëntskakelbeampte Tel: 022 483 7021 E pos: cspiespa2@oldmutualpfa.com

Marinda Immelman

Kliëntskakelbeampte Tel: 022 483 7015 E pos: cspiespa1@oldmutualpfa.com

SPIES & GENOTE wil graag ons kliënte bedank, en besef dat die grootste bate wat ons besit ons kliënte se lojale ondersteuning is. Die wedersydse vertrouensverhouding is vir ons van onskatbare waarde, en word opreg gewaardeer. Ons dra die gemeenskap se belange op die hart en daarom is ons met groot opgewondenheid deel van Malmesbury Skou se nuwe visie. Ná deursigtige ondersoek ten einde ons diens aan julle te verbeter het ons die praktyk uitgebrei en twee nuwe assosiate aangestel: Hendrik Spies, gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester en reeds vanaf Februarie 2013 met die praktyk, en Willem Relihan, vanaf Junie 2015 ons korttermynspesialis. Willem, met sy ondervinding van dertig jaar in die bedryf, sal omsien na jul korttermynversekering (besigheids-, motor- en huisinhouddekking) en kan dit herstruktureer of gratis hersien ten einde premies te bespaar. Wees verseker van ons volgehoue toewyding ten einde jou drome van finansiële onafhanklikheid te bestuur. Kontak ons gerus vir vriendelike diens en advies.

L8380 SPIES genote ad.indd 1

2015/08/26 2:03 PM


NUUS • NEWS

9

2 September 2015

Dagboek • Calender

Goodhopes klop United

Spring Dance Picnic 4 September – with St Thomas Anglican Church at 19:00 in the Westbank Civic Centre. Music by Top Five Dance Band. Dress up in your favourite rugby team attire and win fabulous prizes plus lucky draws. Admission: R80 per person. Bring own Picnic Basket and XYZ. Darling Voorkamerfest 4-6 September - Voorkamerfest 4, 5 & 6 September – Bookings are now open for the 12th Voorkamerfest in Darling, with 21 original performances staged in residents’ homes. Bookings: http://voorkamerfest. cramgo.net/programmaview.aspx or contact: Chanda: 082 321 7542/ bookings@voorkamerfest-darling.co.za. Namaqua Trail Run 4-6 September - Vanrhynsdorp - Namaqua Trail Run. 027 219 1555 Gospel Concert 5 September – Various artists will perform in the St Thomas School Hall, Malmesbury. Organised by the Voice of God Congregation. Time: 18:00. Admission: R20 adults, R10 children. Refreshments will be sold. Contact : Rev Lowellen Williams 060 341 1873 or Geraldine 071 1138 634. Riebeek Valley Mountain Bike Race 5 September: Come and enjoy the natural beauty of the Riebeek Valley . The 35 km route will take you through vineyards, olive groves and up against the slopes of the Kasteelberg. And for the not-so-adventurous; take the 15 km route. Come and enjoy the beautiful valley and experience the annual Church Bazaar with lots of fun for the whole family. Jacobus Bruwer, 082 523 9804 or www.roag.co.za Spring Festival & Half Marathon 5 September - Welcome Spring by participating in the Riebeek Valley Half Marathon, it promises to be fun for the whole family. Hettie Swanepoel 022 338 1388. Diskodans 5 September - Die Riebeeck Vallei Spesiale Skool hou 'n disko met DJ Sexy, teen R20 per persoon as fondsinsameling. Daar sal ook ietsie te ete verkoop word. Tip Trans Cederberg MTB Experience 5 September - Clainwilliam; Pre-entries close 30 August. www.roag.co.za Aurora Skou & Gymkhana 6 September - Hekke open 08:00, Gymkhana klubkampioenskappe in arena van 09:00 - 14:00. Festival of Lights 6 September - Clanwilliam Arts Project: Festival of Lights. 021 448 3436. 3 Visspesie-kompetisie 9 September - Yzerfontein 3 Visspesie-kompetisie. Navrae by Neville Smith, 079 873 6860. Swartland Landbouskou 9 - 12 September: Moorreesburg - Swartlandskou is een van die grootste landbouskoue in Wes- en Suidkaap met 'n besoekers getal van 10 000 plus. Ian Koch, 022 433 2461. Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www.computicket.com of skakel 0861 915 8000. Piket-Bo-Berg Cycle Challenge 12 September – Cycle challende over 63, 37, 27 or 10km/ Camping facilities available. Visit www.pikbobergcyclechallenge.com. Die organiseerders het pas aangekondig dat deelnemers nou aanlyn kan inskryf by: https://www.amarider.co.za/php/siteRegister.php. Fork & Cork-wynfees 12 September - Wellington en die Mutual & Federal Agri Wel-

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 6 September - Sondagoggend 09:30: pastoor Piet Smit praat oor: Die Versteekte Pryskaartjie. Nagmaal word bedien. Navrae: 073 447 2902.

PPK Bethesda Malmesbury 6 September - om 10:00 diens en Sondagskool, aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787. Shofar Malmesbury Sondag is daar geen diens nie. Die volgende dien is op 13 September in hul nuwe gebou: 1ste Vloer, Clicks-gebou, h/v Voortrekker en Hill straat. Diens begin 09:30. Navrae by 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits en die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00). Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Sangaand 26 September om 19:00. Toegang: R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297.

lington Wynroete bied hul 2de jaarlikse Fork & Cork-wynfees op Kleinevalleij Landgoed aan. Dié fees beloof om ‘n ieder en elk met die beste plaaslike kos, wyn, kuns en vermaak uit die Wamakersvallei te trakteer. Vir meer inligting en volledige program kontak tel 021 864 1378, epos info@wellington.co.za of besoek www.wellington.co.za/forkcork.

Wilfred Kriel van Goodhopes en Regan Matala (Riebeek United) in aksie in Saterdag se kragmeting.

Ramkiekie Country Market 12 September - at Mountain Ridge Wines Wolseley. Claude, 083 650 4109 or Elgin Valley MTB 13 September - Elgin/Paul Cluver Estate. Entries close 1 September. ww.pedalpower.org.za. Elkana Childcare’s Annual General Meeting 15 September - at 18:30 at Elkana Childcare Centre, Jasmyn Street, Wesbank. RSVP by 7 September with Tania,: 022 4864178/9 or admin@elkanachildcare.co.za. Verkiesings: Wat lê voor? 16 September - ‘n Indaba-ete word op 16 September op Malmesbury gehou met die titel `Die Stand van die Land’. Dr Theuns Eloff, voorsitter van die FW de Klerk Stigting sal gesels oor `Verkiesings: Wat lê voor? Dit vind in die Olok-saal by Hoërskool Swartland plaas. Vir navrae en kaartjies, kontak Siebert Coetzee by siebertcoetzee@gmail.com of 083 Agri Mega Week 16-19 September: Bredasdorp - grootste internasionale landbou-tentoonstelling in Suid-Afrika; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Pikkie Louw by 082 566 5880 / pikkie@agrimega. co.za of Reinette Basson on 021 863 0397 / reinette@ agrimega.co.za. Snack Dance 18 September - S Francis de Sales RCC presents a snack dance in the Wesbank Community Hall @ 19:00 till late. With Top Five Sounds Dance Band. Dress up in your favourite rugby team attire and win fabulous prizes plus lucky draws. R80 pp, bring own XYZ and platter. Contact Father Kizito on 083 969 9494 or Velucia on 074 033 7960. Huwelikseminaar 18-20 September - AGS Corpus Christi Malmesbury bied seminaar aan. Navrae: 022-487 2200. Darling Wildflower Show 18-20 September: Darling - Darling Wildflower Show 022 492 3361, www.darlingwildflowers.co.za Orchid Fair 18-20 September: Darling Duckitt Nurseries Orchid Fair. 022 492 2606 www.duckittnurseries.co.za Vleismark 19 September – Huis AJ Liebenberg op Piketberg hou mark met verpakte rou vleis, afvalpotjie, skaapkoppe, braaivleis, poedings, pannekoeke, roosterkoeke, handgemaakte produkte, koekversier en vele meer. Vir navrae: Erika Gentle, 022 913 1228 of erikagentle.ajl@ gmail.com. Ladies Day 19 September – Moorreesburg & Koringberg Tourism will have a Ladies Day at the Moorreesburg Golf Club. Contact Yolanda Dyason, 022 433 1848. Riebeek Valley Go-Kart Derby 19 September: Children of all ages can participate in this fun event. 'Downhill Dash' races take place from the top of Main Road in Riebeek Kasteel and an Obstacle Course on the Kasteel Square, along with market stalls (manned by the children themselves and the various school PTA’s), other children’s activities and beer & wine tent for the adults. Mike Hillier 082 898 0607. Erfenis Makietie 19 September: Laaiplek Erfenis Makietie. 022 783 2531.

House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. PPK Bethesda Porterville 6 September- Om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.

Riebeek United en Good Hopes het mekaar Saterdag in hul jaarlikse derby gepak. Dit het voor ‘n reuse-skare op Riebeek-Kasteel plaasgevind. Riebeek United (Riebeek-Kasteel)het sterk begin en die eerste paar minute spel goed beheer. Good Hopes, van Riebeek-Wes, het egter met sy skerp agterlyn onderskep en die eerste punte aangeteken. United het probeer om die agterstand uit te wis en sodoende onnodige foute begaan wat Good Hopes goed benut het. Good Hopes het deurgebreek toe Flashton Owies die lyn breek en die binnesenter weggestuur vir ‘n skitterende drie. Met die telling op 12-0 het Regan Matala van Riebeek United ‘n baie goeie individuele drie gedruk en telling 12-7 gemaak. Good Hopes het dadelik teruggeslaan en weer gaan druk. Halftyd was die telling 17-7. United het vergeefs probeer veg, maar Good Hopes was takties slimmer en het baie goed op

die teenaanval gedoen. Good Hopes het 'n verdere drie drieë gedruk. United het net ‘n strafdoel en een drie gedruk. Good Hopes se driedrukkers was Geraldo Alexander (2), Mertyn Appollis (2), Marvin Adams en Flashton Owies. Sidwell Adams het twee doelskoppe oorgesit. Vir Riebeek United het Regan Matala en Marlon Kriel drieë gedruk. Die Man van die Wedstryd is Wilfred Kriel van Good Hopes. Riebeek United het die ondersteuners van albei spanne bedank vir die ondersteuning. “Aan Good Hopes wil ons sê welgedaan, geluk met die wen en voorspoed vir die res van die toernooi. Sterkte met die uitspeelwedstryde later vanjaar. “Vir Riebeek United is dit terug na die oefenveld en probeer regmaak vir eerskomende Saterdag se wedstryd teen Dennegeur op RiebeekKasteel.” Wedstryde begin 13:30.


10

NUUS • NEWS

Pets Pleasure

2 September 2015

Troeteldiere vertroetel by Pets Pleasure

Bo links is die dames wat in die hondesalon werk; Stefanie de Wit, Richenda Petersen, Lena Diederiks en Charlene Pietersen. Middel: Richenda Petersem met haar klant, Benji. Bo regs: Charlene Pietersen besig om Highico te skeer.

Links: Vir woef en sy trawante is daar allerhande uitrustings om hom warm en snoesig te hou.


NUUS • NEWS

Pets Pleasure

2 September 2015

‘n Veeartspraktyk met ‘n verskil

Bo links is dr Heyns by die nuwe X-straalmasjien en links onder is hy en sy vrou, Leonie, in die ondersoekkamer. Bo regs is die ontvangsdame, Tracey Mowntifield. Regs is die ruim ingangsportaal met 'n verskeidenheid bedjies, klere, kos en speelgoed vir troeteldiere.

‘n Nuwe era in diereversorging het vir die Swartland aangebreek: ‘n seun van die Swartland keer terug na sy hartland as veearts en open ook ‘n een-stop-diens waar jou troeteldier van kop tot toon gepamperlang en versorg kan word. Dr NJ Heyns is ‘n plaasseun van Piketberg wat in Bellville gematrikuleer het voordat hy Onderstepoort toe is om hom as veearts te bekwaam. Met 28 jaar ondervinding het hy al met die meeste diere, groot en klein, kennis gemaak. Sy heel eerste pos was by die Witdraai-polisiekantoor, 220km van Upington af. Hier het hy hoofsaaklik na die kamele wat die polisie vir patrolliewerk gebruik het, omgesien. Ná twee jaar is hy Schweizer-Reneke toe, waar hy die volgende 26 jaar na die viervoetige inwoners van die omgewing omgesien het. Dr Heyns se spesialiteitsgebied is groot diere: dragtigheid, vrugbaarheid van bulle, kuddebestuur, inentinsgsplan en die V-plan. Hy is ook kundig op die gebied van wild: professionele pyl van diere, DNA-bepaling, verskuiwings, versekeringsaangeleenthede asook “Step on” en “Step off”-sertifikate. Kleiner diere is netso welkom by die praktyk. Hulle het pas ook ‘n X-straalmasjien aangeskaf wat die heel nuutste tegnologie bied. Wat die praktyk anders maak, is die ander been daarvan: Pets Pleasure Hondesalon. “Ons het twaalf jaar gelede met dié konsep vorendag gekom,” vertel dr Heyns se vrou, Leonie. “Ons het na ‘n veilige plek gesoek om ons diere te laat versorg en toe die plan bedink om ‘n dieresalon met die praktyd te kombineer.” Die hondesalon laat ‘n mens aan ‘n babakamer dink: alles rustig en in pastelkleure. Vier dames is hier aan die roer van sake – daar word geknip, geskeer, gekleur en naels geverf. Daar is ook ‘n hele reeks speelgoed en klere vir die troeteldiere: van praktiese, warm oorjassies tot spoggerige rokkies met vere en blinkers. Vir hul opening is daar ook ‘n spesiale aanbieding: Koop ‘n sak hondekos en ‘n bedjie in September en kry 20% afslag op die bed. Die praktyk is weeksdae van 07:30 tot 17:30 oop en Saterdae van 08:00 tot 13:00. Skakel die praktyk by 022 487 1157 of kontak dr Heyns na ure op 083 306 5883.

11


NUUS • NEWS

12

2 September 2015

Wynbedryf loods nuwe plantproduksie-program

Leerders van die Plantproduksie Leerlingskap-program tydens die bekendstellingsfunksie, saam met Kachné Ross (heellinks) en Hanno van Schalkwyk (naaslinks) van VinPro en Hein Nieuwenhuizen (heelregs) van Skills Fusion. Die Plantproduksie Leerlingskap-program, 'n eerste in die wynbedryf, het onlangs afgeskop met 'n groep van 12 leerders. Dit word deur die wynbedryf verteenwoordigende organisasie VinPro en AgriSeta befonds, en deur Skills Fusion aangebied. Dié omvattende program, wat belyn is met NKR vlak 5, word van Augustus 2015 tot Desember 2016 aangebied en bestaan uit 12 maande tegniese studie, gevolg deur 6 maande indiensopleiding op ’n wynplaas of kelder. Modules wat behandel word, sluit kommunikasie, wiskunde, ondernemingsbestuur, strategiese en plaasbeplanning, asook landbou-waardekettingbestuur, natuurlike hulpbronbestuur, plantfisiologie, plantproduksiebestuur en siekte- en plaagbestuur in. Nagenoeg 30 aansoeke is ontvang, waaruit 12 leerders gekies is. Die voornemende leerders

moes 'n minimum Graad 11 of 12 skoolvlakopvoeding hê, nie permanent in diens wees nie, en het sifting met betrekking tot geletterdheid en syfervaardigheid ondergaan. “Die bemagtiging en ontwikkeling van individue in die Suid-Afrikaanse wynbedryf word beskou as prioriteit en daarom is hierdie 'n groot opleidingsgeleentheid vir die industrie,” sê Kachné Ross, VinPro wingerdboukundige en opleidingsbeampte. Die kwalifikasie dien as grondslag vir leerders om hul kennis te verbreed op die gebied van plantproduksie en kan lei tot verdere spesialisering. Na voltooiing van die program sal leerders in staat wees om plaaswerker-posisies te beklee en met die kennis wat hulle opgedoen het, ekonomies meer aktief in boerderypraktyke wees, wat 'n direkte impak op plaaslike ekonomiese ontwikkeling sal hê.


NUUS • NEWS

13

2 September 2015

Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou

Skou groot hoogtepunt Die Swartlandskou het begin as ‘n klein samekoms van boere in die omgewing wat idees uitgeruil het oor saai-metodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Die terrein het later te klein geword en is in 1933 verskuif na die ou amptelike skougronde – oos van Rosenhof by die Piketberg-ingang met die naam Moorreesburg Skouvereniging. Daar was weinig geriewe en ‘n pawiljoen is opgerig met 'n kombuis en eetsaal. Vertoners het self stalle opgerig met sinkplate en die pluimvee-, vark-, skaap- en beesafdelings saamgeflans. Diere wat geskenk is vir die skou, was deur die mansgeslag en deur die vroue verwerk. In die buitekombuis was houtstowe waar alle kos gaargemaak en brood en roosterkoek gebak was. Hier was dit warm en is baie gewerk. Die kroeg was onder die bloekombome. Die huisvlyt-afdeling was in ‘n klein geboutjie maar die dames het destyds baie sterk teen mekaar kompeteer. Dit was ‘n hele jaar se insette.

Van verskillende soorte tuisgemaakte seep tot plaasprodukte, die ligste pasteideeg en netjieste naaldwerk, te veel om te noem. Baie dames moes hier punte verwerf het vir hul beoordelaars-sertifikate as gevolg van die hoë standaarde waaraan hierdie huisvlyt-afdeling gekoppel was. Die VLV in samewerking met die skou het hierdie gesogde afdeling aangebied. Jare gelede het Ben Mostert met 80 trekperde na die skou gekom, Koos du Toit met 30 perde en Frikkie Serdyn met twee spanne muile plus nog heelwat ander deelnemers – almal plaaslik. Vandag is daar min plaaslike deelnemers en die voedingsbron is meesal van buite. Die perdeafdeling was ‘n miernes van bedrywighede en die klasse is aangekondig met die klap van ‘n sweep. Dit was nie ongewoon om agt-muil wa-spanne en tien-muil wa-spanne op Moorreesburg Skou te sien nie. In die vroeë dertigerjare tot die laaste deel van die 50's was trekdiere volop en is op plase gebruik. Die koms van die meganisasie het die trekperd getalle afgeneem sodanig dat dit vandag uitsonderlik is om ‘n waspan van ag perde op die skou te sien.


NUUS • NEWS

14

2 September 2015

Swartland Skou 9 - 12 September

Monsanto help beskerm

Hoe meer die mens verstedelik, hoe meer hunker hy na die natuur. Daarom dat tuinmaak so gewild is onder baie stedelinge Miljoene rande word jaarliks spandeer aan nuwe plante, seisoenale blomme en groente en ook aan middels om die peste en plae wat in ons tuine voorkom, te bekamp. Stap mens deur ’n kwekery, koöperasie of doen-dit-jouself-winkel, is daar ’n oplossing vir elke pes en plaag. Een van die gewildste en mees algemene middel wat in tuine, parke, die landbou en bosbou ingespan word om onkuid te beheer, is glifosaat. Glifosaat is effektief in die beheer van grasse en kruidagtige onkruide. Glifosaat se unieke werking binne-in plante behels inhibering van een enkele ensiem wat alleenlik in plante voorkom. Glifosaat beheer dus net plante en nie mikro-organismes of diere en insekte nie, en bowenal is dit skadeloos vir mens en dier. Omdat glifosaat sistemies is, sal plante wat met glifosaat gespuit is, stadig oor ’n paar dae of weke doodgaan en geen deel van die plant behoort te oorleef nie. Wanneer glifosaat met grond in aanraking kom, word dit baie vinnig gedeaktiveer omdat hierdie chemiese verbinding deur grond-mikrobes afgebreek word, en daarby bind dit sterk aan gronddeeltjies en kan dus nie deur plantwortels opgeneem word nie. Geen produkte vir gebruik in landbou of huistuine wat chemies van aard is, met ander woorde, waar die aktiewe bestanddeel ’n chemikalie is wat onkruid, plantsiektes en skadelike insekte bekamp, mag nie verkoop word voor dit nie deur ’n streng evalueringsproses gegaan het nie. Dié middels word in Suid-Afrika gereguleer volgens

bepalings van die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947). Dié wet het baie duidelike voorskrifte waarvolgens die produkgehalte en -werking van chemiese middels op grond van navorsings- en ontwikkelingsproewe geevalueer word. Alle produkte wat ons in ons tuine gebruik om die peste en plae te beheer, moet eers deur die streng registrasieproses gaan, voordat dit verkoop kan word. Die polisiëring van produkte se gehalte, doeltreffendheid en aanbevelings geskied kragtens die wet om gebruikers te beskerm. Dit is belangrik om onder geen omstandighede ongeregistreerde middels te koop of gebruik nie. Kyk uit vir die L-nommer (hoofletter L gevolg deur vier syfers, byvoorbeeld L 1234) op die etikette van chemiese beheermiddels. Dit dui aan dat ’n landbouhulpmiddel behoorlik geregistreer is. Dit is van kardinale belang om die etiket mooi te lees en die aanwysings noukeurig na te volg. Nie net vir die beste werking van die produk wat jy gekoop het nie, maar ook sodat die veiligheid van jou en jou gesin afhang van die korrekte gebruik van enige chemiese middel. Wat glifosaat betref, of soos dit dikwels in die algemene volksmond bekend staan as Roundup, is dit belangrik om te weet dat alle gebruike wat op die etiket aangedui word veilig is vir mens en dier. Roundup is die handelsnaam van Monsanto se glifosaat en verbruikers kan gerus wees dat al die maatskappy se produkte eers deeglik in laboratoriums en in ekstensiewe veldproewe getoets word voordat aansoek gedoen word vir registrasie.


NUUS • NEWS

15

2 September 2015

Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September Hoogtepunte...

DONDERDAG 10 SEPTEMBER 2015 07.30 - 09:00 Ontbyt –Veepos Besigitiging: Motor- & Masjienerie-afdeling & Stalletjies 09.00 BEOORDELING: Pluimvee & Sierduiwe Wes-Kaap Merino- kampioenskappe 09.00 Simmentaler Wes- en Suid-Kaap Kampioenskap Wes-Kaap Santa Getrudis Kampioenskap (Limousin, Afrikaner, Sussex en Simbras Angus Wes- en Suid-Kaap Streekskampioenskappe -Rooi

Binnestalletjies open DAMES VONKELONTBYT - IN DIE WYNTUIN Kunstenaars: JAY & DOWWE DOLLA Kaartjies beskikbaar: Computicket 19:00

WYNTUIN - Optrede: CHRISTO & COBUS Toegang: R30 p/p Etes & Kontantkroeg beskikbaar: Steak-ete, Plankie-steak, Kaasborde & Burgers

VRYDAG 11 SEPTEMBER 2015 07.30 - 09:00 Ontbyt –Veepos & Kafee Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap Wes-Kaap Hackney Streekskampioenskap WP Kampioenskappe Saalperde Hereford Streekkampioenskap Angus Wes- en Suid-Kaap Streekskampioen skappe - Swart BEOORDELING: Hereford, Limousin, Afrikaner Sussex en Simbras Wes-Kaap SA Vleismerino Kampioenskappe

Etes & Kontantkroeg beskikbaar: Steak-ete, Plankie-steak, Kaasborde & Burgers SATERDAG, 12 SEPTEMBER 2015 Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap Wes-Kaap Hackney Streekskampioenskap WP-Kampioenskappe Saalperde Inter-Vleisras Kampioenskappe voor Cattle Inn

Besigtiging:

Motor- & Masjienerie-afdeling Binne- en Buite-uitstallings Pluimvee

10.00

Kindervermaak: Nedine Blom - SUPER COOL & PG Engelbrecht 12.30 – 18:00 OPTREDES – WYNTUIN: Wynand & Cheree, Viljoen Retief, Andriëtte Norman, Desmond Wells & Nic Stevens 13.00 – 14.00 Trompoppies 15:00 SA Vlaam Wa-Spanne van 8 Merries, SA Vlaam Wa-Spanne van 8 Hingste SA VLAAM WA-SPANNE- KAMPIOEN 16:00 Saalperd Kampioen 3-Gang Plesierperd 16:15 Saalperd Kampioen Enkeltuig 16:30 Hackney Groot Kampioen Siertuig 16:45 Saalperd Kampioen 5-Gang Kinderryperd 17:00 Hackney Junior Kampioen Enkeltuig 4-5 Jr 17:15 Saalperd Kampioen 3-Gang 17:30 Hackney Groot Kampioen Enkeltuig 17:45 Saalperd Kampioen 5-Gang

G

H ED E ID

®

OR RB IG GEWAA VEIL

GEWAS

011 790-8200 www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/ℓ. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Roundup®, Roundup Ready® en Roundup PowerMAX® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

uppe marketing A13090

WOENSDAG – 9 SEPTEMBER 2015 Besigtiging van Masjienerie- en Motor-afdeling . Binne en buite stalletjies word opgeslaan 08.30 - 17:00 Nasionale SA Vlaamkampioenskap Wes-Kaap Hackneyperd Streekskampioen 11:00 Slaglam Beoordeling 13:00 JEUGSKOU – Cattle Inn en Veepos Beoordeling van hanteerder: Wol en Vleisskaap, Boer- Angora- en Melkbok, Perde, Pluimvee en Vleisbeeste

(Wes-Kaap Merino Kampioenskappe) Besigtiging: Motor- & Masjienerie-afdeling, Binne- en Buite-uitstallings, Pluimvee 08.30 – 11.00 Wyntuin LANDBOU-SEMINAAR 11.00 Slagveeveiling - Veilingskrale Massavertoning deur Dirkie Uys Laerskool 12:00 -14:00 Wyntuinoptrede – Danéa & Megan Trompoppies – Citrusdal Laer op arena 14.00 Slaglam-karkasveiling 19:00 WYNTUIN ADAM & LOUIS VAN WYK Toegang: R70 p/p

Maak staat op suksesvolle onkruidbeheer ... Met die regte kombinasie en gebruik van Roundup Ready®-produkte. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van die regte produkte, soos Monsanto se Roundup PowerMAX®-produkte. Roundup PowerMAX®: • Is effektief as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte; • Waarborg gewasveiligheid; en • Is reënvas binne een uur na toediening, met vinnige opname selfs in ongunstige toestande. Vir effektiwiteit en gewasveiligheid, asook korrekte gebruik van die produk, verwys na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings.

Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer.


NUUS • NEWS

16

2 September 2015

Swartland Skou 9 - 12 September • Swartland Skou 9 - 12 September• Swartland Skou 9 - 12 September

Kontakbesonderhede President: Jacques Bester Sel: 083 660 7166 epos: Jacques@moorreesburg.net Dames Voorsitter: Charlene Fullard Sel: 082 294 9258 Epos: Charlene.xtremetrading@gmail.com

Tel/Faks: 022 433 1607 Kantoor vanaf 1 Aug. Tel/Faks: 022 433 1607 Epos: info@swartlandskou.co.za

Dames Onder Voorsitter: Ronel van Rensburg Sel: 083 233 1320 Epos: nvanrensbu@yahoo.com

Damesdag Kontak:Charlene Fullard

Skoubestuurder: Ian Koch: Tel: 022 433 2461 Faks: 022 433 2461 Sel: 083 231 5484 Epos: ian@swartlandskou.co.za

Sel: 082 415 8000 Epos: gildenhuysdirk@gmail.com

SEKRETARESSE: Dorothy Visser

Vise-president: Hannes Fullard Sel: 082 820 4958

Vermaak Kontak: Dirkie Gildenhuys

AKKOMMODASIE: Kontak gerus toerisme buro Tel: 022 433 1072 Webblad: www.tourismmoorreesburg.co.za


NUUS • NEWS

Supa Quick

2 September 2015

17

Supa Quick vier eerste verjaarsdag Malmesbury Supa Quick is nou ‘n jaar oud, maar die twee vennote, Leon Louw en Derik Swanepoel, is albei reeds 20 jaar in die bandebedryf. Die maatskappy is in 2012 op Malmesbury gestig en dit is nou ‘n jaar vandat hulle na die Supa Quick-franchise oorgeskakel het. Die onderneming bied ‘n uitgebreide reeks van dienste wat bande, remme, batterye, skokbrekers, wielsporing, uitlaatstelsels en veiligheidstoetse insluit. Ekstra dienste wat aangebied word as waardetoevoeging is motorwas en stofsuig, meganiese enjin-herstelwerk en diens van voertuie.

Die personeel van Supa Quick. Agter van links na regs: Danie, Shane, Appels, Derik (eienaar), Leon (eienaar), Jacques, Nico, en Kabous. Middel: Michelle, Christelle, Nthombi en Savier. Voor: Elano, Peter en Christopher.

“Kom geniet die gemaklike skoon ontvangsarea waar die kinders kan speel in die speelarea en u die Wêreldbeker Rugby of kanaal van u keuse kyk terwyl ons omsien na die voertuig. "Ons het ‘n nuwe verskeidenheid allooi- (mag) wiele wat nie op Malmesbury verkrygbaar was nie. “Dan wil ons net al ons getroue klante bedank vir hul ondersteuning en nooi almal uit wat nog nie by Supa Quick Malmesbury was nie, om ‘n draai te maak. "Hierdie gaan ‘n lekker partytjieweek wees met gelukkige prystrekkings. Kom geniet dit saam met ons!” nooi hulle.


18

NUUS • NEWS

Lazarus Ford

2 September 2015

Siroccon’s core business offering is Multi-Disciplinary Engineering Services along with Project Management within the built environment. What makes us unique is that we also offer a one-stop service, focusing on “Turnkey: Design- & Construct Projects”. Clients are offered an all-inclusive package, including the full spectrum of professional and construction services across project life-cycle; initiation, planning, execution/construction and close-out. We are an Emerging Micro-Enterprise (B-BBEE: Level 2), 100% South African owned with substantial black ownership.

Vision: Create Change Through Innovative Thinking Mission: To convert our Client’s dreams into reality through unequaled Professional Service

Service: Water & Waste-water Treatment Engineering Infrastructure Engineering Structural Engineering Roads and Stormwater Engineering

Airports Civil Mining Infrastructure Contract Administration and Supervision Construction Project Management Turnkey Solutions (Design and Construct)

C

M

Y

CM

Unit 19 & 12, Swemmer Park, 150 Oostewal Street, Langebaan, 7357 Unit 8, Canal Edge 4, Fountain Road, Tyger Waterfront, Bellville, 7530

Ettienne Swanepoel: +27 (0)83 441 7876 Chris Adams: +27 (0)84 886 9501

MY

CY

CMY

K

Registered Building Contractor The Voidcon suspended permanent formwork system is just about easier and quicker to install than any other suspended concrete slab system available today. This means shorter build time coupled with at least 30 percent less cement used which leads to both an environmentally friendly and a bottom-line friendly end product. Voidcon also supplies all the elements of its process and assists clients from start to end of their project - with vendors in every province, support is never far away. Voidcon steel decking system has 3 outstanding features: E2 Projects is a construction company that believes in the principals of good quality building work, which is achieved through the proper management of all the different elements that come together in the construction process. We are capable of taking on any construction challenge that is given to us. This can range from renovations to residential housing to Industrial/commercial buildings and general building and alteration work.

Permanent Decking – Provides a simple interlocking deck to support mass wet concrete and other construction loads. Composite Action – Acts as permanent shuttering and serves as tensile reinforcement, resulting in a composite action with the concrete. T-Beam System – The profile design is base on a T-Beam system that provides beams and voids for large reduction in in-situ concrete volumes.

The E2 Projects team is well backed up by the required knowledge and experience in different areas that will ensure that the challenges that might be faced will be overcome without problems. Dirco Poggenpoel: 079 477 6316; dj.poggenpoel@gmail.com

Dirco Poggenpoel: 079 477 6316; dirco@voidcon.co.za


NUUS • NEWS

Lazarus Ford

2 September 2015

Gaan verder met nuwe Lazarus Ford op Malmesbury

Djurk Venter, Colin Lazarus en Peter Lindenberg. Lazarus Ford Malmesbury het Saterdag sy deure geopen vir ‘n splinternuwe motor-ervaring vir die Swartland. Die Lazarus motormaatskappy is in 1957 gestig en word nou deur die derde en vierde geslag bestuur. Lazarus Ford Centurion is van die grootste Ford-handelaars landwyd en is vir die laaste elf jaar as die Ford Handelaar van die Jaar aangewys. Die opening van Lazarus Ford Malmesbury is die maatskappy se eerste uitbreiding buite Gauteng. Lazarus Ford Malmesbury se bestuurspan word deur die bekende renjaer, Peter Lindenberg, gelei met Frans Weyers as verkoopsbestuurder, Martin Young, werkswinkelbestuurder, en Angela Young, onderdele-bestuurder, ook in die span. Die uitleg bestaan uit van die mees moderne werkswinkels, verkoopsafdelings vir sowel nuwe as gebruikte motors en ‘n volledige onderdele-afdeling. Die verskil met Lazarus Ford, volgens hulle, is die klant se ervaring, wat sonder twyfel van die beste in die land is. Die span by Lazarus Ford is opgelei om seker te maak dat sowel die aankoop as diens van u motor ‘n wonderlike en vriendelike ervaring is. Die maatskappy wil ook terugploeg in die gemeenskap en beoog om by verskeie aktiwiteite betrokke te raak. As ‘n voorbeeld hiervan, gaan Lazarus Ford ‘n klomp voertuie met bestuurders verskaf om matriekstudente na hul matriek-afskeid te vervoer.

19


20

NUUS • NEWS

Lazarus Ford

2 September 2015

Eerste kliĂŤnt: Irma Malan het die eerste voertuig van Lazarus Ford Malmesbury gekoop. By haar is verkoopsbestuurder Frans Weyers.

Links: Die vorige eienaar van die perseel was vir etlike jare Swartland Chem.

Die oud-Springbok rugbyspeler, Schalk Burger Snr en sy vrou, Myra, saam met Peter Lindenberg.

Bo: Die nuwe gebou in al sy glorie.


NUUS • NEWS

Lazarus Ford

2 September 2015

21

Links: Annien Smith, Evan Vasconcellos en Ettiene Pienaar.

Onder: Brigadier Hennie Nieuwoudt, Frans Weyers en Gerhard Herselman (bestuurder verkope nuwe voertuie Ford SA).

Bo: Dirko Poggenpoel, Quitin Jacobs , Ettienne Swanepoel, Colin Lazarus en Christie Oosthuizen.

Links: Peter Lindenberg en Steve Fraser.

BO: Michelle Solomon, Malcolm Uria kyk die plakboek van Lazarus Ford se vordering deur. Regs: Colin Lazarus, Michelle Solomon, Malcolm Uria en Debbie Lindenberg.

Dawid Goosen, Frans Weyers, Mark Neethling

Mike Garisch en Erik Louw.


NUUS • NEWS

22

Mountain bike event at Darling The prestigious Darling ttu 2015 mountain bike race will take place on 26 September. Entries are already open. The ride starts at 09:00 at !Khwattu, R27 West Coast Road, Yzerfontein. Riders will enjoy the overwhelm-

ing natural beauty of West Coast flowers, incredible game encounters and breath-taking views while conquering the unique technical challenges of the routes. Catch glimpses of the greatest flower show on earth from your bike.

The routes have been designed so that it offers riders great trails, spectacular scenery and beautiful flowers. There are a mix of everything, tough climbs, fast downhills, a few technical paths and loads of free-flowing sections for pure riding bliss.

IMPORTANT NOTICE FORM 5

NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 [Reg. 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape /LTXRU $XWKRULW\ WKH $XWKRULW\ DQG ZLWK WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHUV DW WKH LQGLFDWHG 6RXWK $IULFDQ 3ROLFH 6HUYLFHV RI´FHV The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and IUHH RI FKDUJH EH LQVSHFWHG E\ DQ\ SHUVRQ DW WKH RI´FHV RI WKH $XWKRULW\ RU WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU OLVWHG hereunder. Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. 5HSUHVHQWDWLRQV PXVW EH ORGJHG LQ ZULWLQJ ZLWK WKH $XWKRULW\ DQG WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU LQ DFFRUGDQFH with section 39 of the Act.

VORM 5

.(11,6*(:,1* 9$1 $$162(.( 20 '5$1./,6(16,(6 ,1*(92/*( $57,.(/ 9$1 ',( :(6 .$$36( '5$1.:(7 [Reg. 10(1)]

Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geĂŻnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. VertoĂŤ moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 5

ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME 1*2.:(&$1'(/2 /207+(7+2 ,6$=,62 [Reg. 10(1)]

Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-oďŹ si ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-OďŹ si esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. Full name of applicant

Name under which business will be conducted

Address of the proposed premises

Kind of licence applied for

South African Police Services designated liquor RI´FHU RI´FH ZKHUH WKH application has been lodged

Volle naam van aansoeker

Naam waaronder die besigheid bedryf sal word

Adres van voorgenome perseel

Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is

Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Idilesi yesakhiwo

Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

L 2´VL \H*RVD HOLMRQJHQH nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

1.

Gluckauf Boerdery CC

Darling Honey Spiced Liqueur

Portion 5 of the Farm Rietfontein, No. 378, Malmesbury

MicroManufacture Off consumption

Darling

2.

Shaun Antony Mc Laughlin

Hilda’s Kitchen

Farm Klaver Valley 727, Groote Post Vineyards, Darling, Malmesbury

On-consumption

Darling

3.

Wildehurst Investments (Pty) Ltd

Bar Bar Black Sheep

Erf 2049, Cnr. Main Road and Royal Street, Riebeek Kasteel

On & Offconsumption

Riebeek West

4.

Dendospot (Pty) Ltd

Antebellum Winery

Moreson Farm, Farm No. 03561, Riebeek Kasteel, Malmesbury

MicroManufacture On & Off consumption

Riebeek West

5.

De La Plaine Trust Nicol Eric Venter

Die Bruid, Die Pixie en Die Vaalhond Theatre

1467 Kloof Street, Riebeek Kasteel

On-consumption

Riebeek West

No.

12546M/A/DieCourant

2 September 2015


NUUS • NEWS

23

2 September 2015 Betrekking Vacancy

Avon Reps needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510

#2141/2

Dankbetuigings / Special Thanks

Hiermee wil ek graag die Ambulans en die Ongevalle personeel van Swartland Hospitaal hartlik bedank vir hulle flinke diens en lojaliteit tydens hul optrede Sondagmiddag, 3 Augustus 2015. Baie dankie julle is tops! – Pearly #2170

Dienste Services DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras, bewerk van beddings asook verwydering van tuinvullis. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554.

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.

#2005/14

Regsdienste REGSDIENSTE Vir algemene regsadvies en regsadvies tov Bereddering van boedels; Beserings in motorongelukke; huisoordragte. Skakel Christo Brand van Brand Prokureurs : 083 4389 735 #2172

Sterfgevalle Deaths NICHOLAS MARAIS

#2091/6

------------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116 073 632 1174 073 048 5761 073 193 1457 #2074/7

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589 #2098/8

Gelukwensing Congrats 60ste verjaardag.

#2170

Te Koop For Sale

8 weke oue Staffies – 3 tefies. Moorreesburg. Kontak Morné Bosman 083 229 9908 #2175

------------------------Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682 #2126/7

Muller – 079 413 2520 1 Fridge/Freezer – R1850; 2 Pine Enkelbed & matras – R650 elk; 2de handse gholfstel – R500; 1 Dubbelbed basis met matras – R1200; 2 Cane bedkassies – R250 elk; Pine upstairs bed (nuut) – R1900; 1 Hout 4 laai kassie (nuut) – R1950, 1 B/ leather white double head board – R490; Nuwe pine enkel en ¾ kopstukke vanaf R650 - Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2177

------------------------Samsung 51 cm kleur TV. Puik toestand. R700 – Kontak 022 487 2201

#2176

------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422

#2072/10

------------------------HAKE “stokvis” Fillette te koop – R40 p/kg – Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460

Vermis Missing

#2151/3

Our African Grey Parrot. Her name is Scorpio. R1000 REWARD!! Please call Ria 0739683815 #2171

Sag heengegaan op 4 Augustus 2015 . Troosdiens – Woensdag om 19h00, St Thomas Anglikaanse Kerk. Begrafnis reëlings – Saterdag, 5 Sept te St Thomas Kerk. Besigtiging 10h00, Kerkdiens 11h00. Privaat verassing.

#2174

Te Huur To Let “Bachelor “ woonstel in Malmesbury. Beskikbaar 1 September 2015 – R2 150 per maand. Skakel 082 373 0347 #2169

------------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2122/5

Geluk met die mylpaal wat pa bereik het. Ons is dankbaar teenoor God wat ‘n wonderlike pa aan ons gegee het. Van Leentjie, Elisma, Heinreik en Ricardo

#2173

-------------------------

#2002/2

------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies – 083 321 9357

------------------------TOP EIENDOMME – 2 Slpk, 2 badk skakelhuis te huur. Onmiddellik beskikbaar. R4500 per maand. R9000 deposito. Met enige navrae skakel 022 487 3817/8

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/5

------------------------Kantoorspasie in middedorp, Rainierstraat. 2 x 65 m². As eenheid of apart. Kontak 083 991 7350 #2158/1

Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom.

#2006


courant

NUUS • NEWS

2 September 2015

SPORT

dié

24

tel 022 487 3221

2 September 2015

Sportuitslae Sports results Fietsry Malmesbury Fietsryklub 2015 Thys du Toit Memorial MTB Challenge 50km: Fietie Rocher 02.26.01. 26km: Steven Swart 01.51.49; Benjamin Van Rhyn 02.09.16; Johan vd Westhuizen 02.07.35. 13km: Pieter v Rhyn 02.09.17.

Derby: Lee-Donovan April van Never Despair druk die wendrie teen Wesbank.

Sien berig op bl 2.

Pieter-Steph du Toit, wat pas ‘n kontrak met die WP Rugby-unie gesluit het, is in die Springbok-groep wat binnekort in Engeland aan die Rugby Wêreldbeker gaan deelneem. • Drie o.13-leerders van Liebenberg Primêr op Malmesbury is in die Wes-Boland 7’s rugbyspan opgeneem wat die naweek aan die finale Boland 7’s proewe op Saldanha gaan deelneem. Die drie is Eldrich Davids, Dowayne Isaacs en Jayden Jacobus.

• trappers se uithouvermoë getoets

Roer die litte vir fiets-uitdaag Die Piket-Bo-Berg Bergfietsuitdaging (Cycle Challenge) vind vanjaar op 12 September plaas. Bergfietsryers en drawwers kry slegs een keer per jaar die geleentheid om die eksklusiewe paaie wat hierdie pragtige omgewing verken te geniet. Om hierdie rede is dit ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Deelnemers kan hulself voorberei om tussen vrugteboorde met pragtige bloeisels, fynbos in vol blom en verskeie asemrowende uitkykpunte te vleg waarvandaan jy tot Tafelberg en die see kan sien as die weer saamspeel. Elke stukkie van die roete het ook ‘n unieke naam met ‘n storie daaraan gekoppel wat bydra tot die uniekheid van die uitdaging. Sommige name is vanselfsprekend, ander bietjie meer tong in die kies. Tog bly die hele roete ‘n avontuur soos jy elke stukkie ontdek. Die tradisie in die omgewing is dat die persoon wat eerste ‘n spreekwoordelike ‘stukkie grond koop’ op daardie roete die voorreg het om ‘n naam vir daardie stukkie roete te benoem. Die roetes beweeg oor drie plase op die berg en dié plaasboere is opreg trots om hierdie roetes met die gemeenskap te deel. Daar is verskeie afstande wat verseker dat niemand oorgeslaan word op die dag nie. Daar is ‘n 63 km, 37 km, 27km en ‘n 10 km ‘Fun Ride’ vir die die jon-

ges en jonk van gees. Wees gewaarsku dat die 63km werklik ‘n uitdaging van uithouvermoë en spierkrag is. Gaan loer gerus na die tegniese riglyne van elke afstand op die webblad. Die geleentheid bied ook nou vir die tweede opeenvolgende jaar twee drafroetes aan wat ‘n 16 km vir meer fikse en gevorderde drawwers gepas is, en ‘n 8km pretdraf wat die res van die gesin kan geniet met ‘n pragtige hoogtepunt wat uitkyk op die hele Mouton’s Vallei-plaas. Daar is ook vanjaar ‘n gesellige kuiertent wat vir die toeskouers skaduwee en ‘n heerlike atmosfeer skep soos hulle die moeë deelnemers terugverwelkom. Daar is hope pryse op die spel vir die wenners in elke kategorie en ‘n gelukkige trekking waar almal ‘n kans staan om ‘n wenner te wees. Die prysuitdeling en gelukkige trekking vind om 14:00 plaas. Die hoofdoel van hierdie geleentheid is om fondse in te samel vir ons plaaslike Nie-Winsgewende-Organisasie; Die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging wat wonderlike ontwikkeling in die plaaslike gemeenskap doen. Hierdie vereniging is betrokke by die koördinering van gesondheidsinisiatiewe, bewusmaking van die gevare van dwelm- en alkoholmisbruik, die ondersteuning vir die skoolgaande jeug in die omgewing,

die verskaffing van opleiding en ontwikkeling van die plaasgemeenskap, die verbeteing van openbare vervoer op die berg en die bestuur van die plaaswerkersforum. ‘n Voorbeeld van só ‘n projek is die sowat R30 000 wat vroeër vanjaar bestee is aan opvoedkundige speelgoed wat kleuters help met hul basiese ontwikkeling. Hierdie projek word ondersteun deur opleiding wat verskaf word aan die ouers en toesighouers van hierdie kinders om die speelgoed volkome te benut om fyn motoriese vaardighede en ander vaardighede te ontwikkel. Registrasie begin daardie oggend om 6:00 by Mouton’s Valleiplaas en ryers kan op die webblad inskryf of op die dag van die uitdaging by die registrasiepunt. Daar is ook pragtige T-hemde te koop teen R150 op die dag wat ook ten bate van die Inwonersvereniging verkoop word. Let asb dat daar geen kitsbank-geriewe beskikbaar is nie. Besoek gerus www.piketbobergcyclechallenge.com vir meer inligting. • Drie gelukkige lesers kan hierdie week elk 'n gratis inskrywing wen. SMS jou naam, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 7 September om 15:00. Vraag: Noem een van die roetes se afstande wat aangepak kan word.

245

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Victoria Wes Jaaroud 1 J Steenkamp 1259.4369; 2 G Horn 1257.5240; 3 G Horn 1255.1947; 4 J Steenkamp 1246.9066; 5 F Meintjes & Seuns 1245.8216; 6 E Kotze 1243.2588; 7 J Steenkamp 1233.8199; 8 E Kotze 1220.3421; 9 F Meintjes & Seuns 1220.2822; 10 G Horn 1211.2840. Victoria Wes Ope 1 E Kotze 1322.0703; 2 E Kotze 1315.2902; 3 J Steenkamp 1297.7566; 4 F Meintjes & Seuns 1289.2306; 5 G Horn 1287.4447; 6 G Horn 1286.9790; 7 G Horn 1285.7580; 8 M Hill 1285.0446; 9 E Kotze 1283.8523; 10 E Kotze 1283.5628. Moorreesburg Posduifklub Victoria-Wes Jo 2 1 Frans Jooste 1379.1610; 2 Frans Jooste 1346.6898; 3 Hennie Bester & Johan 1345.9802; 4 Frans Jooste 1298.9362; 5 Frans Jooste 1289.1576; 6 Steenekamp Lofts 1267.9168; 7 HMO Smit & Seun 1266.1156; 8 KB & Seun 1263.9349; 9 Frikkie Bester 1259.8242; 10 Yt & Tuis 1258.3556. Victoria Wes Ope 2 1 Van der Vyver Hokke 1304.7435 2; Frikkie Bester 1295.9177 3; Van Der Vyver Hokke 12 1282.4566; 4 HMO Smit & Seun 1269.5101; 5 HMO Smit & Seun 1260.6877; 6 Van der Vyver Hokke 1259.1560; 7 Van der Vyver Hokke 1258.6453; 8 Steenekamp Lofts 1257.8649; 9 Yt & Tuis 1256.5968; 10 Yt & Tuis 1256.3702. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Hanover 1. Kasu & Son Bros 1343.9249; 2. A Abrahams 1337.9858; 3. Sheldon Bros 1332.0688; 4. Cross Border Lofts 1320.2634; 5. S Zimri 1310.9946; 6. Sheldon Bros 1308.2678; 7. RC Liedeman 1297.0473; 8. Kenneth Edas 1293.7579; 9. D Daniels 1293.3029; 10. Marlin and Brian 1288.3831. Hanover 215 Bird 1. RC Liedeman 1403.1265; 2. Sheldon Bros 1391.2261; 3. Stan the Man 1377.2545; 4. Leukes Family 1374.9138; 5. Kenneth Edas 1369.9583; 6. D Daniels 1366.3275; 7. Marlin and Brian 1364.3052; 8. RC Liedeman 1363.9538; 9. Marlin and Brian 1363.1179.

99

R

90

Jameson Irish Whiskey 750ml

Amarula Cream Liqueur 750ml

1500007 _100 x 260

69

R

CHEERS TO THESE

GREAT DEALS

Gholf Malmesbury Gholfklub Rola Sundowner - 26 Augustus: Enkel Stableford 1 Marcell van Lill 19; 2 Gerhard Bester 19; 3 Marais Erasmus 18; 4 Martell van Lill 17; 5 Wikus van der Merwe 17. Klipdrift Sundowner - 28 Augustus - Enkel Stableford 1 Nic Goosen 19; 2 Marcell van Lill 18; 3 George Prinsloo 18; 4 Sakkie Klasen 18. Saterdag Gholf - 29 Augustus - Enkel Stableford 1 William Matthysen 36; 2 Johann Ackerman 35; 3 Sakkie Klasen 34; 4 Werner Schreiber 34; 5 Dirk Lategan 34.

Smirnoff Storm Pine Twist Cans 6 x 440ml

94

R

205

R

Heineken Lager Beer Non-returnable Bottles or Cans 24 x 330ml Per Case

Castle Lager or Hansa Pilsener Cans 12 x 440ml Per Pack

PRICES VALID 3 - 6 SEPTEMBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

97

R

Klipdrift Export Brandy 750ml

Out of cash?

47

R

JC Le Roux La Fleurette, Le Damaine, La Chanson or Sauvignon Blanc 750ml Each Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1500007_10x8_Vredenburg Liquor_V3.indd 1

2015/08/28 11:14 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook