c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
22%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
2 Maart 2016
Bergrivier
swartland en weskus Swartland
dié
1
Uitgawe 359
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Kansa stap teen kanker Die naweek se Relay for Life op Malmesbury was ‘n groot sukses: 81 spanne en 95 oorwinnaars het deelgeneem. Kansa het R286 883.70 ingesamel van Oktober tot en met die Relay. Hulle bedank al die borge, besighede, spanne wat ingeskryf het en die oorwinnaars wat die dag bygewoon het.
• lisensie vir 91-bed hospitaal op malmesbury
Netcare mag bou
ten einde te verseker dat die nuwe hospitaal Een van die bekendste hospitaalgroepe in so ontwikkel sal word om die gemeenskap in Suid-Afrika soek tans ‘n perseel op Malen om Malmesbury so goed moontlik te dien. mesbury om ‘n nuwe 91-bed privaat hospi“Netcare belê in groei en bou voortdurend taal te bou. aan die verbetering van ons vermoëns en kaJacques du Plessis, besturende direkpasiteit om te help bou aan nasionale gesondteur van Netcare Hospitale, het bevestig heidsorg waarbinne ons werk. dat dié groep se lisensie vir ‘n hospitaal Ons is verbind tot kwaliteit pasiëntesorg hier onlangs goedgekeur is. Die bestaande op die mees doeltreffende wyse om deurloSwartland Staatshospitaal op Malmesbury huisves 85 beddens, terwyl die Radie Kotze- Só lyk die Ceres Netcare-hospitaal. Foto: Witzenberg Herald pend die beste uitkoms vir ons pasiënte te verseker,” het Du Plessis bygevoeg. Hospitaal op Piketberg 31 beddens en die in isolasie), 12 pediatrie-beddens, twee groot teOnder Netcare se 56 bestaande hospitale Lapa Munnik-Hospitaal op Porterville 10 beddens aters, ‘n noodfasiliteit met vier prosedurekamers landwyd, is Blaauwberg (142 beddens), Ceres (28 huisves. Die Medi-Clinic-groep se privaat hospitaal en drie geboortekamers huisves. beddens), Christiaan Barnard Gedenkhospitaal, in die Paarl het 134 beddens en die Life West Co“Dié projek is nog in ‘n baie vroeë stadium Kuilsrivier, N1 Stad en die Universiteit van Kaapast Private Hospitaal op Vredenburg 60 beddens. Die nuwe beplande Malmesbury privaat hospi- van beplanning, waaronder die identifikasie van stad (UK) se Private Akademiese Hospitaal in die taal sal 60 algemene beddens, twee intensiewe geskikte persele waar die hospitaal gebou kan Wes-Kaap. Naas sy private hospitale, lewer die Netcaresorg (waarvan een in isolasie) beddens vir volwas- word,” het Du Plessis gesê. Hy het bygevoeg dat die groep ook as deel van groep ook mediese dienste deur die Medicrosssenes (waarvan een in isolasie), drie hoë-sorgbeddens vir volwassenes, ‘n 12-bed kraamsaal, twee die proses verskeie aspekte rakende die nuwe groep, Prime Cure, Netcare 911 en National Renal neonatale intensiewe sorg-beddens (waarvan een hospitaal met die plaaslike medici sal bespreek Care.
Bergrivier is tops in SA
Stories nou bewaar
R3.5miljoen vir krieket
NUUS • NEWS
2 Maart 2016
NUUS • NEWS
2
2 Maart 2016
• Mondelinge Geskiedenis
Stories nou bewaar Stories
: Minister Anroux Marais (naaslinks) en burgemeester Evert Manuel, saam met Gawie Richter en Lorraine Botha (LPR). Richter is die outeur van Die Geskiedenis van die Koringbedryf , Vanaf Tafelvallei tot die Rooi-Karoo.
Bou en breek:
Die De Bron-sentrum op Malmesbury is besig om ‘n gedaanteverwisseling te ondergaan. Van die ou struktuur is al tot op die grond afgebreek om plek te maak vir die nuwe voorkoms.
Promosie
Nuwe baadjie vir vanjaar se HSS-opedag Hoërskool Swartland slaan in 2016 ’n splinternuwe blaadjie om met hul opedag-aanbieding. Dit is 'n totale nuwe konsep en baie meer opwindend vir ouer en kind. Daar is baie druk op skoolhoofde om akademiese tyd maksimaal te benut en daar is besluit om die oggendfunksie uit te skakel en slegs ’n opwindende aandfunksie aan te bied. Koshuisleerders en hulle ouers kan gerus vanaf 16:00 by die onderskeie koshuise ’n draai gaan maak. Vanaf 17:00 vind die registrasie vir voornemende Rockies by die skool plaas en 18:00 begin die bekendstellingsprogram in die saal. In die saal gaan uitstallings wees om aspekte van die skool uit te beeld.
Ná die kort bekendstellingsprogram in die saal, gaan die graad 7- en ander voornemende nuwe leerders, as reisigers, op ‘n “treinrit” deur die skool. Twee VRL-lede tree as treindrywers op vir groepies van ongeveer 20 reisigers. Tien stasies word besoek en by elke stasie word iets opwindends gedoen. Daar is byvoorbeeld ’n rugbystasie, wetenskapstasie, gimnasiumstasie, drama-stasie en vele meer. Tydens die treinrit bly die ouers in die saal vir algemene inligting en uitstekende optredes deur ons leerders. Die gesamentlike afsluiting sal weer in die saal plaasvind waar geskenkies deur die leerders gewen kan word. Nadat die koor die skoollied gesing het, gaan hulle gesellig saam verkeer.
Kleintyd op Goedverwacht, die invloed van verskuiwings ingevolge die Groepsgebiedewet, ‘n vlermuis-boerdery en die geskiedenis van die koringbedryf: dit is maar ‘n paar van die tonekrul-lekkerte van stories wat nou in die Bergrivier bymekaar gemaak en gebêre word. Die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, het Maandag op Piketberg besoek afgelê vir die opening van die Mondelinge Geskiedenisprojek. Sy het vertel hoe die storievertelling van mondelinge geskiedenis ná skakeling met verskillende belanghebbendes in die veld, ‘n visie en nou amptelik ‘n werklikheid geword het. “Daar kan tog nie ‘n beter manier wees om al ons dienste saam te bind as deur ons stories te vertel, na die stories van ander te luister en in wese ons mondelinge geskiedenis, ons lewensstories met mekaar te deel nie. “Ek is oortuig dat die Mondelinge Geskiedenis deur die storievertelling-inisiatief sal bydra tot maatskaplike insluiting en ‘n viering van ons diversiteit. “In hierdie tyd waar ons wêreld meer genesing nodig het, meer sosiale insluiting en waar ons eerder ons diversiteit moet vier, kan die deel van stories ‘n belangrike bydrae maak om ons gemeenskappe positief te verander. “Ek moedig elke persoon, ongeag van ouder-
dom, geslag, godsdiens, kulturele agtergrond of politieke affiliasie, aan om hul stories te deel: of dit nou jou lewensverhaal of ‘n tydperk in jou lewe, professionele, persoonlike of sosiale verhaal is. Enige storie wat gebaseer is op ware gebeure en die impak wat dit op jou gehad het wat jy voel belangrik genoeg is om met ander te deel, moet vertel word. “Die sportgemeenskap is ook betrokke by hierdie inisiatief, want ek glo sport het die potensiaal om lewens ten goede te verander en mense te verenig.” Sy het afgesluit en gesê die visie van hierdie inisiatief is om die verskillende komponente binne die Departement van Kultuursake en Sport te integreer deur die vaslegging en dokumentering van die stories van gemeenskappe in die WesKaap. Sy sê dit sal verseker dat persoonlike geskiedenisse en ervarings in gemeenskappe en in die regering lewendig gehou word sodat toekomstige geslagte hul erfenis kan vier. “Omdat ons ons stories in biblioteke gaan deel, gaan hierdie inisiatief biblioteke en museums bevorder as sosiale vergaderplekke waar gemeenskappe hul stories kan dokumenteer.” Belangstellendes kan met die biblioteke en museums binne die Bergrivier Munisipaliteit skakel.
NUUS • NEWS
3
2 Maart 2016
• Swartland in vierde plek
Bergrivier Munisipaliteit derde beste in SA Ek wil u verseker dat in Bergrivier duld ons geen korrupsie nie: u is in goeie hande hier. Só het burgemeester Evert Manuel Maandag op Piketberg gespog nadat dié munisipaliteit aangewys is as die derde beste in die land, naas Swellendam en Hessequa. Swartland is vierde op die lys van die Good Governance Index, wat in samewerking met Good Governance Africa (GGA) opgestel is. Nege van die top-tien munisipaliteite is in die Wes-Kaap.. Burgemeester Manuel sê die GGA kyk na administrasie, ekonomiese ontwikkeling en veral dienslewering by plaaslike owerhede. Hy het die munisipale bestuurder, adv Hanlie Linde, en haar bestuur geloof vir hul harde werk. “Ek wil ook die raad bedank vir hul oorsigrol. Hier speel ons op die been – ons duld nie nonsens nie.
“My raadslede sit nie, hulle dien.” DIE GGA-indeks is ‘n ranglys van die 234 plaaslike en nie-metropolitaanse munisipaliteite. Die prestasie word onder meer aan kraanwater, elektrisiteit, sanitasie, vullisverwydering, behuising, gesondheidsgeriewe, polisiebeskerming en die getal leerders wat hul skoolloopbaan voltooi, gemeet. In die 20 beste munisipaliteite, 15 in die Wes-Kaap, het feitlik alle inwoners (98,8%) toegang tot kraanwater. Sowat 91,8% het elektrisiteit in hul huise, vullisverwydering (79,8%) en ordentlike sanitasie. Die GGA het die indeks gebaseer op inligting uit die 2011-sensus, data van Statistieke Suid-Afrika, Gaffney’s Local Government Yearbook (2013-2015), verslae van die ouditeur-generaal, die uitgebreide openbare werke-program en die nasionale tesourie.
101: Mev Baba Steyn het verlede week haar 101ste verjaardag in die Aandskemering-tehuis op Malmesbury gevier. Hier is sy saam met twee van haar skoondogters, Merle Peckham en Grace Burger. Mev Steyn geniet nog goeie gesondheid.
Voorsaaidag vir boere op Moorreesburg ‘n Voorsaaidag vir alle graanboere en belangstellendes word op Woensdag 16 Maart op Moorreesburg aangebied deur Skog (Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep). Skog is ‘n vennootskap tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Kaap Agri, Overberg Agri en die Proteïennavorsingstigting. Die fokus van die dag is op risikobestuur. Giel Hugo, ‘n weerkundige, is die hoofspreker en sy praatjie handel oor “Faktore wat die weer tans beïnvloed”. Daar sal ook bespreek word hoe raaigras vanjaar beheer moet word, gegewe swak of geen voorsaai-beheer verlede jaar.
‘n Lesing oor “Die wat, hoe en waar van Swamdoders” sal ook aangebied word, waarna die wenner van die Swartland Kanola-kompetisie, André Brink, meer vertel oor hoe hy dit gedoen het. Die dag vind plaas in die Jan Bassonsentrum in Sentraalstraat en registrasie is gratis, wat verversings en’n middagete insluit. Kontantkroegfasiliteite is beskikbaar. Registrasie begin om 08:00 vir 08:55 en die verrigtinge duur tot middagete. Vir meer besonderhede, kontak Gert Conradie, Skog-bestuurder, by 074 603 7240 of e-pos na gertc@elsenburg.com.
courant
NUUS • NEWS
2 Maart 2016
SM beplan nuwe begraafplaas
dié
4
Dankbaar vir goeie medici
Ons aanvaar so baie as vanselfsprekend. As ons 'n kuggie het, gaan ons dokter toe. Hulle moet ons mos "reg maak". Al ooit stilgestaan en gekyk wat ons hier plaaslik het? Ons sit met van die beste paramedici en dokters, mense met empatie, omgee, ervaring, kundigheid waarvoor ons net dankbaar kan wees. In die vroeë oggendure word hulle uitgeroep en kom inderhaas. Hulle is toegerus met die beste en hulle kennis is legio. Hulle stel familielede en omstanders gerus, help die pasiënt en stap weer aan. Sonder om 'n dankie te verwag of voor te vra. Die uwe het onlangs self redelik nou gewerk met medici en is al vol plakkers geplak om die ou "tiekertjie" te toets. Plakker op plakker word geplak en weer afgetrek en in die drom gegooi. 'n Hele hopie het al in my handsak 'n tuiste gevind. Elke keer, met elke besoek, net nog plakkers. Nog tegnologie. Nog toetse. Nog dinge wat afgetrek word en in die drom beland. Laggend sê die kenner: "Jong, jy hou hulle so, maar in ander lande deel die pasiënte dit onder mekaar. Of hulle hou dit net so op en bad maar rondom die plakker, sodat dit weer in die opvolg-besoek gebruik kan word." Dan kyk jy twee keer na daardie plakker wat so mooi en duidelik die binnekant van jou borskas kan raaksien. Ons gesondheid is belangrik. Daarom is dit 'n riem onder die hart dat ons kundigheid op ons eie dorpe het. Hospitale wat toegerus is om ons mense te help, al gaan dit soms moeilik. Met 'n nuwe een wat moontlik eersdaags sy eerste baksteen sal lê, is dit net 'n bevestiging dat ons dankbaar moet wees vir die gesondheidsorg wat ons het, want 'n kundige paramedici of dokter is net 'n oproep weg. Ons stamp sommer so aan die skouer in die winkel en kla oor die een of ander skeet. Dan kan ons net sê: dankie.
Melktert: Bobaas-bakster Naomi Basson het Saterdag
nasionale melktertdag gevier. Sy het oor die afgelope 29 jaar sowat 53 000 melkterte aan Kontreispens op Malmesbury gelewer.
Swartland Munisipaliteit is besig met die aanvoorwerk vir ‘n beoogde nuwe begraafplaas vir Riebeek-Kasteel. Die grond is op ‘n gedeelte van plaas 645, aangrensend en reg noord van die Riebeek-Kasteel afvalwaterwerke. Dit sal voorsiening maak vir 7150 grafte. Hierdie is die begin van die openbare deelname proses, soos voorgeskryf in wetgewing. Mense wat wil registreer om inligting te ontvang, moet voor 6 Maart hulle inligting na EnviroAfrica stuur: Posbus 5367, Heidelberg 7135; e-pos admin@enviroafrica.co.za; faks 086 512 0154; tel 021 851 1616.
Leer by museum van leer Een van die enigste Leermeesters in Afrika, Frik van Jaarsveld, is Dinsdag om 19:00 by die Malmesbury Museum om te gesels oor leer. Hy sal meer vertel oor die agtergrond, faktore wat leer benadeel, ouvrou-stories oor leerbehandeling, vervaardiging in die 17e en 18e eeu, asook die voorbereiding, beskerming en restourasie van leer-artefakte. Van Jaarsveld moes as weeshuiskind van kleintyd af self alles in leer regmaak, vandaar sy belangstelling. Hy het in 1983, ná ‘n loopbaan in die SA Vloot, as kommandeur uitgetree. Hy het toe die SA Leer Akademie gestig en het die enigste handleiding oor leerwerk in SA geskryf. Hy is die enigste Moderator in Afrika. Hy is ook die ontwerper van ʼn reeks
plaaslik-vervaardigde gereedskap vir leer-handwerk. Hy het reeds meer as 400 studente in leerwerk-vaardigheid opgelei en het studente vanuit Brasilië, België, VSA, Engeland, Namibië, Zimbabwe, Tanzanië, Lesotho en Suid Afrika opgelei. Van Jaarsveld het pas van Vanrhynsdorp na Koringberg verhuis. Hy was ook die beplanner en leier van drie Internasionale ekspedisie staptogte ten bate van Natuurbewaring. Sy boek, Wyse Leefwyse, het die Gesondheid-staptogprojekte in Suid-Afrika geloods. Die museum-aand kos R60 per persoon en sluit ‘n glasie wyn en ligte verversings in. Bespreek by: 022-482 2332 of 082 961 6181.
Goggas wat pla
verskaffers, van die goggas weghou: “Snake Repel hou slange van jou huis en erf af, maar blykbaar ook skerpioene. Spuit dit rondom alle ingange en vensterrame. Go Gecko hou die geitjies weg; No Insect Indoors RTU is die produk teen spinnekoppe, gebruik ook rondom alle ingange. “Gewone blomswael kan ook uitgestooi word om slange weg te hou. “Vir die miere is daar baie produkte op die mark, hulle moet maar kom vra, ons help met graagte.”
Skielik het ons heelwat meer goggas wat ons pla. George Retief van Malmesbury Kwekery sê: “Die arme ‘peste’ het ook water nodig en die veld is droog en die rivier het amper nie eens meer poele water oor nie. Nou trek hulle maar dorp toe en kom in ons tuine en huise soek na ‘n ou lafenissie “Daar is ‘n produk of twee op die mark wat, volgens my
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Om vir ander ruimte te maak
Paulus word deur die Jode in Jerusalem gevang, in die tempel. Hy was oppad na Jerusalem deur verskeie persone wat profetiese gawes het gewaarsku om nie na Jerusalem te gaan nie want daar wag verdrukking op hom. Hy het aan hulle gesê om nie sy hart week te maak nie, hy is selfs bereid om vir die evangelie van Christus te sterf. Paulus gaan steeds na die tempel dat as dit moontlik is ook van die Jode daar te oortuig dat Jesus die Messias of Gesalfde van God is. Hulle was bly toe hulle hoor dat daar duisende Jode was wat gelowig geword het. Ander Jode van Asië het egter hiervan gehoor en die skare oproerig gemaak en Paulus valslik beskuldig dat hy teen die wet is. Hy was bereid om vir hulle ruimte te maak, hy het later selfs die hele keiserlike lyfwag na die Here gelei.
Nuut: Personeel en leerders is opgewonde oor die drie
nuwe opvoeders wat vanjaar by Laerskool Riebeek Kasteel begin het. Johan Kotze, Waroeska Marx en Adri Walters is die nuwe toevoegings.
Presteer:
Altesaam 23 atlete van die Laerskool Riebeek-Kasteel het aan die Weskus-atletiekbyeenkoms op Vredenburg deelgeneem. Agt van hulle (links) het na die Boland Kampioenskappe deurgedring. Agter: Damian van Wyk, Adriaan Vlok en Roné Schwartz. Middel: Lleyton Muller, Kadie-Mae Balie en Callan Pietersen. Voor: Jeerahno Jagers en Evan Coetzee.
NUUS • NEWS
5
2 Maart 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
EVERYDAY Brug oor Dieprivier opgegradeer
Die Swarrtland Munisipaliteit het begin met die openbare deelnameproses vir die voorgestelde opgradering van die Bokomo- en Voortrekkerstraat-interseksie, asook die opgradering van die Dieprivierbrug op Malmesbury. Die onderskeie siviele-, vervoer- en struktuele ingenieurs is nou besig met die ontwerp van die brug oor die Dieprivier en die gepaardgaande verkeersirkel. Die brug en pad oor die rivier sal met 4,87 meter verbreed word. Bokomoweg en Voortrekkerstraat sal ook breër gemaak word. Mense wat wil registreer om inligting te ontvang, moet voor 15 Maart hulle inligting na Nicolaas Hanekom stuur by Posbus 450707, Claremont 7735; faks 088 021 671 1660; tel 021 671 1660/9976 of e-pos na admin@ecoimpact.co.za.
Wen met Frank Opperman
ESSENTIALS
FOR LESS
nd g ne a r k -bo Pack Pe T k l ed u B PnP ak Mix Ste b u l C
THIS EASTER 14
Pr Product has been styled for be photography
95
PnP Hot Cross Buns 6s
BUY 2 FOR Rama Spread for Bread 40% Fat Spread 1kg Tub
SAVE R19
52
BUY ANY 2 FOR Clover Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre
Wen dubbelkaartjies na Frank Opperman se optrede op Malmesbury by die NG Noord Gemeente (10 Maart)! SMS FRANK gevolg deur jou naam en van, tuisdorp en antwoord op hierdie vraag na 084 8333 813 voor 7 Maart om hiervoor in aanmerking te kom! VRAAG: Wat is die leraar se naam wat Frank Opperman in die stuk vertolk? Kaartjies beloop R80 per persoon en is beskikbaar by 082 326 2285 of 022 482 1407.
FRESH
Albany Superior Brown Bread 700g
90
SAVE R15
115
R
Ellis Brown Creamer 1kg
32
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
41
90
10
50
Humpty Dumpty Large Eggs 30s
Kellogg’s All-Bran Flakes 750g
37
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
35
90
37
Nescafé Classic 200g Dawn Jar
PnP Fresh Whole Chicken Per kg
90
64
35
Bubbly 90 Cadbury Chocolate Slab Assorted 87g Each
50
1290
Equates to R39.90 for a 2kg
Omo Auto Washing Powder 3kg or Ultra Concentrated Liquid 900ml Each
59
90
90
PRICE PER NAPPY
E SAV 90 7 17
by e Ba ctiv mbo or Apies Ju ack w Ne ap rP pers ble N d Pe PamisposaAssorte D ack P
Mini 94s Midi 76s Maxi 66s Maxi+ 62s Junior 52s XL 44s
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
18
90
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
1350
1.90 2.34 2.70 2.87 3.43 4.05
Ts and Cs apply. Visit www.picknpay.co.za
ALL EASTER EGGS ON BRAND MATCH EITHER WE’RE CHEAPER OR YOU GET A COUPON.
PRICES VALID 1 - 6 MARCH 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH
1502819_390x194
Lesers:
Die leerders van die Kleinskooltjie van Hoërskool Porterville het met groot entoesiasme aan die 'Wêrelddag vir Hardop Lees' deelgeneem. Die dag is daarop gemik om kinders, tieners en volwassenes aan te moedig om die mag van woorde te vier. Miljoene mense in meer as 100 lande neem aan dié dag deel.
E V A S R 69
NUUS • NEWS
6
Minister Winde kyk na droogteboere
Klipvlei innoveer met Chenin-blok Die plaas Klipvlei is die wenner van die 2016 VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie in die Swartland/Paarl-streek. “Die tema vanjaar was Chenin Blanc-blokke wat vir die vars en vrugtige bottelwynsegment voorberei is. Hierdie is ’n uitdagende kategorie, aangesien albei goeie produksie en kwaliteit behaal moet word om volhoubaar te wees,” vertel Hanno van Schalkwyk, VinPro-wingerdboukundige vir dié streek. Die standaard van al die inskrywings was baie hoog en die Geldenhuys-broers van Klipvlei was ʼn kortkop voor die naaswenners J. de Villiers van Cedar-plaas en Van der Byl Brink van Panoramawingerdboerdery. “Die deelnemers het deur innovasie, geskoei op wetenskaplike beginsels, gedemonstreer dat
2 Maart 2016
Chenin Blanc suksesvol vir dié doelwit verbou kan word,” sê Van Schalkwyk. Daar is byvoorbeeld gebruik gemaak van verskillende prieelstelsels soos die Smart-Dyson-, vryloot- en heiningstelsels na gelang van omstandighede. Korttermynpraktyke soos snoei, suier en die top van lote is ook aangepas na gelang van die uiteindelike wyndoelwit. Wetenskaplike beginsels is nie nagelaat nie, en besproeiing en bemesting word volgens ontledings gedoen en aanpassings gemaak volgens goeie oordeel om winsgewendheid te verhoog. Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, te vier en met die bedryf te deel.
Minister Winde in gesprek met een van die opkomende boere, Andries van der Poll, van die plaas Klipdrift buite Gouda. Van der Poll het ‘n gemengde boerdery en hoewel die droogte hom knel, gee hy nie moed op nie. Die Wes-Kaapse regering het R11 miljoen bewillig om te verseker dat opkomende boere deur die huidige droogtetyd kop bo water kan hou. Hulle sal binnekort ook befondsing beskikbaar stel vir voer en die herstel van suipings. Die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Aangeleenthede, minister Winde het onlangs die opkomende boere van die streek besoek en die Departement se droogtehulp met hulle bespreek en verduidelik. Dié befondsing is verskillend van die droogtehulp wat van die nasionale tesourie gevra is. ‘n Bedrag van R88 miljoen is bewillig. Intussen dui ‘n nuwe verslag van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid aan dat Suid-Afrika se armste verbruikers hierdie kwartaal amper 30% meer gaan betaal vir ‘n mandjie met basiese voedsel as wat verlede jaar in dieselfde tyd die geval was. Minister Winde sê hierdie kosmandjie sluit
mieliemeel, bruinbrood, rys, aartappels en koringmeel in. “Hierdie berekening toon die uitwerking van die droogte op voedselpryse en veral hoe die armste 50% van die bevolking geraak. Minister Winde sê die goedere in die stapelvoedselmandjie maak 24% uit van die gemiddelde huishouding se uitgawe op voedsel. “Vleis vorm 25% van ‘n huishouding se jaarlikse kos-uitgawes. “Navorsers wys daarop dat beesvleis se pryse normaalweg in Januarie daal. Hulle sê ook daar is ‘n toename in slagsyfers. “Dit beteken dat ons ‘n toename in inflasie hier kan verwag as boere begin om hul kuddes in die medium- en langtermyn op te bou.” Minister Winde sê daar is verskeie aanbevelings in die verslag: Hieronder is ‘n beroep op die sentrale regering oor ‘n besluit om witmielies van Amerika of Meksiko in te voer.
Gerick Vercuiel (voorsitter Piket), Radie Heyns (voorsitter museumraad), Paul Lambrechts (voorsitter: Swartland), Radi van Zyl (ShopriteCheckers Development Trust) Japie Louw (Swartland).
Oesdag in R120 000 vir Koringbedryfmuseum Verlede jaar se oesdag op 5 Desember op Moorreesburg was ’n groot sukses. Op ’n vergadering by die Museum het die organiseerders onlangs die geleentheid in oënskou geneem en tot die slotsom gekom dat die konsep die regte een was, en dat met enkele aanpassings aan die organisasie dit net so voortgesit kan word. Die projek het nagenoer R120 000 vir die Koringbedryfmuseum ingebring, wat aangewend gaan word vir die oprig van ’n tradisionele perdemeul. Overberg-Agri het die saaiery geborg, terwyl
die Shoprite-Checkers Development Trust die oesdag self geborg het. Lede van die landbouveterane-verenigings Swartland en Piket het met hul bewaarde oesmasjinerie die oespraktyk van destyds herskep, en méér as 700 mense het dit gade geslaan. Op die vergadering is besluit dat die volgende oesdag in Desember 2017 gehou gaan word as deel van die Koringbedryfmuseum se 40ste verjaardagvieringe in Februarie die volgende jaar. Die Moorreesburgse Sakekamer sal voortaan ’n permanente lid van die organisasie van die oesdag uitmaak.
Bid saam vir reën Die VGK Riebeek-Wes beplan ‘n biddag vir reën. Die leraar van die gemeente, ds. Francis Samson, sê die diens begin om 19:00 ten einde werksmense tegemoet te kom. “Ons het uitnodigings aan ander kerke ook gerig. Almal is welkom.” Enige navrae kan aan die kerkkantoor by 022 461 2412 gerig word. Hierdie biddag sluit aan by die pleidooi wat
Swartland se burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, Saterdagaand by Kanse se Ralay for Life op Malmesbury gedoen het: “Met hierdie groot droogte (met min water in die damme) wat ons tans beleef en siektes soos kanker kan ons net een ding doen en dis te vra vir die Here se genade. "Maar ook om as gemeenskap ‘n biddag vir reën te hou.”
Om in ons landbou-fokus te adverteer, kontak ons bemarkingspan by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za
NUUS • NEWS
7
2 Maart 2016
Hulp: Hier sit Eric
en Michelle Klein by leerders van die junior spesiale klas by die Riebeeck Vallei Spesiale Skool. Die Kleins is van België en hulle ondersteun die OLSO-klassies met donasies. Michelle het ook die pragtige muurskildery geverf.
Cocktails & Mocktails:
Op Moorreesburg is daar uitgetof vir Donderdag se fondsinsameling by La Dolce Vita ten bate van Kansa. Gaste het die tema, “J & B Met” uitgebeeld. Morne Bruwer, nuwe leraar op die dorp, is aangewys as die bes-geklede man en Charmaine van Wyk het die prys as die bes-geklede vrou ingepalm. Hierdie inisiatief het R12 000 geïn. Foto: Ghida Visser
Presteer: Hoër-
skool Dirkie Uys se atlete het tot dusver ‘n baie goeie seisoen. Nie alleen wen hulle die vierhoekige Interskoleatletiekbyeenkoms op Porterville nie, 23 atlete word ook in die Wes-Bolandspan ingesluit. Hier is 17 van hulle.
Statistiek: Die Weskusspan van Statistiek SA is tans hard aan die werk ter voorberei-
ding vir die 2016 Gemeenskapsopname. Die opleiding vir hierdie projek het verlede Maandag by Dunn’s Castle, net buite Piketberg, begin. Sowat 90 kontrak-veldwerkers word vir twee weke lank opgelei. Daarna sal hulle ses weke besig wees met hierdie opname. Dit is ‘n opvolg op die sensus wat in 2011 plaasgevind het, maar slegs sowat 10% van die wonings word besoek. Die Weskusspan van Statistiek SA is; (Agter) Natalie Adams, Leta de Beer, Dudley Rodgers, Mark Dirks, Yolanda Jordaan, Helouise Philander en Louise Cloete. In die middel is Legrechia Esterhuizen, Auriëtte Phillips, Elizma Claasen, Denzil De Wee, Linda Beukes, Sonja Wend, Judith Andrew en Raeesah Ibrahim. Voor is Armand Swarts en Tracy Adonis. Foto: Marietha Goosen
Promosie
Suiwer jou gryswater met Aqua Solutions en spaar Die gemiddelde gesin van vier gebruik sowat 940 liter water per dag en amper 90% hiervan verlaat die huis as afvalwater. Nog meer, ongeveer 60% van huishoudelike water wat as afvalwater wegloop, is gryswater wat perfek is om hergebruik te word vir tuine, die was van motors en opritte, asook vir toilette. Gryswater word elke dag in huishoudings gegenereer. Die basiese bronne is storte, baddens, wasbakke en wasmasjiene. Die gryswater kan met behulp van ‘n Aqua Solution-stelsel herwin word vir nie-drinkbare gebruik. Die hergebruik van gryswater spaar geld op die langtermyn en verminder die nodigheid om duur, munisipale drinkwater aan te koop vir ander gebruike as om te drink. Dit is goeie nuus in die lig van die huidige waterbeperkings en moontlike verhoging in waterpryse. Die eenvoudigste gryswaterselsel gebruik swaartekrag om water na ‘n ondergrondse (of bogrondse) opvangput te voer, waar dit deur ‘n makrofilter gaan om hare, dons en vesels te verwyder. Die water word dan onmiddellik met ‘n pomp of drupbesproeiing na die tuin geneem. Met hierdie stelsel moet die gryswater binne 24 uur gebruik word. As dit langer gestoor word, verander dit in swartwater, ontwikkel ‘n slegte reuk en word dit vuil. Hierdie eenvoudige stelsels is goedkoop, koste-doeltreffend en relatief onderhoudsvry. ‘n Meer gesofistikeerde stelsel waar gryswater gestoor kan word, is ook ontwerp. Vir hierdie stelsel moet die gryswater behandel word – die behandeling bestaan normaalweg uit ‘n kombinasie van anaërobiese-, aërobiese- en ontsmettings-stadiums.
Nicci Lameyer van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het Saterdag aan die Bolandatletiekbyeenkoms deelgeneem. Sy het 'n vyfde plek in die 800m en 'n sesde plek in die 400m behaal.
NUUS • NEWS
8
Kansa Relay for Life op Malmesbury in beeld Kansa Malmesbury is in hul noppies met die naweek se Relay for Life: 81 spanne en 95 oorwinnaars het aan die deurnag-staptog. ‘n Bedrag van R286 883.70 is van Oktober tot en met die Relay ingesamel. “Dit is weer eens met ‘n trane in my oë en pyn in my hart dat ek sien dat daar baie leë plekke is van ons dorpsgenote en vriende wat verlede jaar nog deelgeneem het en in die afgelope jaar hulle stryd teen kanker verloor het," het die burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, by die opening gesê. "Baie van ons het dit persoonlik reeds ervaar. Daar is min van ons gesonde mense wat rêrig besef wat ‘n persoon wat met kanker gediagnoseer word, deur maak. “Baie van julle se lewe het daardie dag drasties verander. Dit het seker gevoel dat die mure om julle toevou. Dat van julle nie meer wou leef nie. “En julle het seker ook die gevoel gekry dat daar geen doel meer is om te lewe nie. Depressie is maar ‘n nare ding, maar neem een tree op ‘n slag vorentoe . “Moet jou ook nie eenkant hou nie, dan sal dit net erger word. “Maar soos die oorwinnaars weet – daar is beslis ‘n doel vir jou lewe en kan dit wat jy voel met baie oorwinnaars deel in soortgelyke omstandighede. “Daar is huisgesinne, families, geliefdes en vriende wat ook geraak word en wat ook daardie gevoel meemaak en deurgaan. Vir daardie huisgesin, familie, geliefdes en vriende is dit belangrik dat jy jou lewensreis so positief moontlik moet voortsit.” Die burgemeester het ook die belangrikheid van vrywilligers beklemtoon. “Raak betrokke by jou gemeenskap as Kansavrywilliger. Raak betrokke en verlig die las van die wat kanker het en hulle huisgesin.
“Relay for Life bring mense en gemeenskappe oor alle grense saam om die stryd teen kanker te voer. “Kanker ken nie ‘n taal, kleur van jou vel of geloof wat jy aanhang nie. Dit is waarvoor ons hier is.” Hester Smith Van Kansa het die Relay For Life-komitee en -subkomitees, Swartland gemeenskap, borge en besighede wat donasies gegee het, bedank. “Dit is regtig verblydend om te sien hoe almal hande vat en saamstaan in die stryd teen kanker. Dankie aan die spanne wat deelgeneem het, sprekers en sangers wat opgetree het. Sonder julle hulp sou hierdie projek nie so ‘n groot sukses wees nie. “Al is daar soms dinge wat ons skei, oorbrug kanker alle grense, almal is kwesbaar en staan saam in die stryd teen die siekte. “Baie dankie aan die Marais Supporting Team van Dolly Marais en familie wat vir die agtste jaar weggestap het met die trofee vir die meeste fondse ingesamel met R65 500. “In die tweede plek was die A-Team van Lorna Adonis wat ‘n week voor Relay oorlede is met R18 576.45. "Derde was die Care Bears van Jo-Ann Asia met R15 014.30. Vierde was H.O.T.T.T (Helping Others through tough Times van Cheryl Coetzee (kanker-oorwinnaar) met R13 925.00 en vyfde Cure Crusaders van Abigail Warnick met R12 380. “Geld wat tydens die projek ingesamel is, stel Kansa in staat om aan pasiënte en hul gesinne die nodige ondersteuning te bied wat hul kanker-ervaring makliker maak en gemeenskappe bewus te maak van kanker. “Dit is ‘n groot uitdaging om in die huidige ekonomiese toestande ons dienste steeds gratis aan te bied en ons is dus dankbaar vir wat ons uit die gemeenskap ontvang.”
2 Maart 2016
NUUS • NEWS
9
2 Maart 2016
Nuut: Laerskool Dirkie Uys op
Moorreesburg spog met drie nuwe personeellede. Hulle is Petra Erasmus (graad 4), Du Toit Maree (sportorganiseerder) en Clarize Le Roux (graad 3).
Die burgemeester van die Weskus Distrikmunisipaliteit, rld Harold Cleophas, saam met ‘n groep van die jongmense wat die werkwinkel bygewoon het.
Darling jeug praat oor drome en uitdagings
Netbal: Die
Malmesbury Netbalklub het Maandag op dié dorp op die baan kragte tussen besighede gemeet. Regs vang Andrew Smuts die bal, met Dirk van Niekerk wat naderstaan om te verdedig.
Ry jou motorfiets vir liefdadigheid Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind van 1 tot 3 April op die Moorreesburg skouterrein plaas. Dit gaan soos gewoonlik ‘n heerlike gesinsnaweek vir motorfietsryers en hul aanhangers wees. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit, maar daar is hope ander pret en plesier. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, ‘n springkasteel en allerlei stalletjies. Die Vrydagaand word daar musiek uit die tagtigerjare gemaak wat die voete
sal laat jeuk. Vooraf-inskrywings is R120 en dit sluit reeds op 7 Maart. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar kry gratis toegang. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@agrizone.co.za of faks na 086 651 5332.
Ons is goeie jongmense, ons het net ‘n bietjie hulp nodig. Só het een van die jongmense by die onlangse werkwinkel vir werklose jeug op Darling, Dwayne Johnson, aan dié courant gesê. Die 18-jarige Johnson was een van sowat 80 jeugdiges wat die geleentheid bygewoon het. Hy sê die jeug het baie drome: “Baie van ons wil graag verder studeer, ander soek werk.” Die werkwinkel is die breinkind van die WesKaapse Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Albert Fritz. Hiermee wil hy ‘n hand na jongmense uitreik en luister na hulle drome, uitdagings en behoeftes. Die burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit en inwoner van Darling, rdl Harold Cleophas was ook by die geleentheid: “Die jeug lê my baie na aan die hart. "Baie word gesê oor die jeug, maar niemand gee die jongmense die geleentheid of ‘n platform om oor hulself te praat nie. “Ons is geneig om aan die jongmense te sê hulle is die toekoms van ons land en ons dorp, maar niemand bied die nodige leiding aan hulle om hul potensiaal ten volle te bereik nie. "Verlede jaar het ek in samewerking met die plaaslike polisieforum ons jeuggroep op Darling
begin en weekliks kom sowat 25 skoolgaande en nie-skoolgaande jongmense bymekaar. "Ons nooi graag alle jongmense om Donderdagaande om 19:00 by die Fokus-gebou te kom kuier," het hy 'n hand uitgesteek. Burgemeester Cleophas het duidelik 'n sagte plekkie vir die jeug: "In ons gemeenskap is pragtige jongmense met potensiaal wat wag om ontwikkel te word. "Dit is onlangs by een die byeenkomste weer eens bewys toe die groep jongmense die geleentheid gehad het om te sê wat hulle drome vir die toekoms is. Hierdie jongmense het visie; elkeen is uniek." Aan die jongmense het hy gesê: "Onthou die lewe bestaan uit keuses. "Die keuses wat jy vandag maak, gaan jou rigting vir die toekoms bepaal. Neem dus die regte besluite." Lede van minister Fritz se departement was byderhand om die jongmense te lei in hul gesprekvoering. Die inligting wat van die jeug bekom is, sal in 'n verslag aan die Minister voorgelê word en daar sal tegelegenertyd aan die gemeenskap terugvoering gegee word.
NUUS • NEWS
10
Rugbygees tree uit
‘n Groot gees in plaaslike rugby, Jannie Engelbrecht, het pas sy uittrede as afrigter aangekondig. Sedert 2000 was hy afrigter en ook ‘n speler by Moorreesburg-klub. Engelbrecht beskik oor 14 jaar se ondervinding as voorspeler- en agterspeler-afrigter. Hy het ‘n vlak 1-afrigtingsertifikaat wat hom bevoeg maak om op Boland- en WP-vlak af te rig. Hy was ook in die 2011-seisoen betrokke toe Moorreesburg na die super-liga bevorder is. In 2014 is Engelbrecht as hoofafrigter by Windriders aangestel. Windriders het ook die Top 8-uitspele gehaal en hul A- en B-spanne was die klubkampioene vir die 2014 seisoen. Die daaropvolgende seisoen het hulle na eerste liga opgeskuif, ná ses jaar in die sonekompetisie. In 2015 word Engelbrecht ook by Moorreesburg as voorspeler- en hoofafrigter aangestel. “Hiermee wil ek ons Hemelse Vader bedank, asook my familie, die bestuur en spelers van bogenoemde klubs en almal wat `n rol gespeel het in my rugbyloopbaan.”
Rolbal val vas Malmesbury se eerste mansrolbalspan het Saterdag net-net hul rieme styfgeloop teen Sunningdale deur 61-62 te verloor, maar die punteleer vertel die hartseer telling van 5-10. Dit laat hulle nou met 2,5 punte voor Sunningdale, met die finale ligabepaling Saterdag tuis teen Meadowridge. Terry Shimmin se span wen hul eerste stel gemaklik met 14-9 nadat hulle 2-5 agter was. In die tweede stel gee hulle vier skote af tydens die laaste skof om 4-11 te verloor nadat hulle 4-3 voor was, en verloor dus die wedstryd
met 18-20. Louis Swart-hulle wen 15-9 in die eerste stel, maar gee drie skote af op die laaste skof. In die tweede stel veg hulle goed terug van ‘n 0-10 agterstand om uiteindelik 7-14 te verloor, en die wedstryd 22-23. Roux Vermeulen se span wen 21-19, nadat die eerste stel met 6-11 verloor is en die tweede stel 15-8 in hul guns eindig. Nou lê ‘n senutergende week voor om voor te berei en te fokus om bo-aan die punteleer te eindig. Die tweede span het teen Somerste-Wes gaan speel, en behaal gemengde welslae. Ron Sheridan se span wen albei stelle. Die eerste met 9-7, en die tweede 14-5. In die tweede stel het hulle vyf skote op die eerste skof afgestaan. Conrad Dippenaar se span verloor 7-14 en 10-16. Die eindtelling eindig op 40-42 en die punte telling 4-7. Hierdie span het eerskomende Saterdag ‘n loslootjie, terwyl die vroue hulle laaste wedstryd weg gaan speel teen Stellenbosch-Van der Stel.
Dagboek • Calender
Malmesbury Netbal 2 & 4 Maart - Vanaand om 18:00 is die laaste wedstryde in die sake-toernooi en Vrydagaand is die bekeruitdeling in die vorm van 'n piekniekdans by Swartland Laerskool. Kaartjies R80 elk by Christine, 083 333 8645. Wêreldbiddag vir vroue 4 Maart - Die jaarlikse Wêreldbiddag vir Vroue vind om 19:30 by St. Thomas, Wesbank, plaas. Almal is welkom. Choreografie-konsert 4 Maart - Die dansstudente en -afrigters van Schoonspruit Sekondêr nooi ouers, vriende belangstellendes om te kom kyk wat hulle kan doen. Begin om 19:00. Kuier onder die Sterre 4 Maart - NGK Piketberg Fontein Fees van 17:00 tot 21:00, met Chris Else en DJ Saxie. Bring die gesin en stap en kuier saam. Pretstap oor 2km en 5km, wegspring om 18:00. Inskrywings van 17:00 op grasperk; kinders R5, volwassenes R10. Gourmet burgers, kaasborde en ander eetgoed te koop. Wokkel & Pokkel is 'n poppekas met Spiderman en Elsa van Frozen. Navrae: Liza by 082 511 8227. Shavethons 5 Maart - Shavethon vir Kansa by De Bron-sentrum, Malmesbury, 11 & 12 Maart by Laerskool Swartland se kermis en 17 Maart by CPM. Astro-hokkiebaan open 5 Maart – Die amptelike opening van Hoërskool Swartland se astro-hokkiebaan om 09:00 by die baan op Malmesbury. Jumble Sale 5 Maart – Annexkloof Padstal vanaf 09:00. Raak ontslae van goedere wat jou huis volstaan. Bring eie tafel. Skakel 082 952 9901 vir navrae. Gesinsdag 2016 5 Maart - Die Malmesbury Fietsryklub bied 'n pretdag aan. Laat inskrywings kan om 07:15 gedoen word en om 07:45 begin die tydtoets. Om 08:15 is daar 'n 3km-pretrit, kinders vergesel van 'n ouer; om 09:30 is die pretrit se prysuitdeling en om 10:00 die XCO-uitdaag. Om 12:00 is daar gelukkige trekkings. Inskrywings vir pretrit & XCO-uitdaag kan per e-pos gedoen word voor 4 Maart: info@malmesburyfietsryklub.co.za, of kontak 084 723 8828. Pretrit kos R30 per kind en die XCO R100pp. Speelkasteel Pretloop 5 Maart - Ondersteun die jaarlikse ACVV Speelkasteel Pretloop en braai-ete fondsinsameling. Braai-etes is R55 per bord, worsrolletjies R12 elk en basaarpoeding R10 elk. Deelname aan die pretloop, wat wegspring by ACVV Speelkasteel, Sir Lowry Colestraat, Malmesbury, is gratis. Wegspring is om 10:00; afhaal van etes vanaf 10:45. Kaartjieverkope en navrae kan gerig word aan Suzanne van der Merwe by 022 482 3742. Malmesbury Langsdiebos Mark 5 Maart – Elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 op die voortrekkerterrein Malmesbury. Namibiese biltong en droëwors nou ook te koop. Bestel jou kouevleis hier - skakel Anet, 078 922 0582. Short Street Market 5 March - First Saturday of the month in Riebeek Kasteel; 10:00 to 15:00. Leermeester by Malmesbury Museum 8 Maart - Frik van Jaarveld gesels om 19:00 oor die agtergrond, faktore wat leer benadeel, ouvrou-stories oor leer behandeling, vervaardiging in die 17e en 18e eeu, asook die
Kerke • Churches
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple 6 March - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre, Malmesbury. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996.
Dynamic Love Fellowship 13 Maart - Om 10:00 by Mount Royal. Kontak hulle Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 6 Maart - Pastoor Piet Smit praat om 09:30 oor die nagmaal. Nagmaal word ook bedien. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr Sondagoggenddiens 06 Maart 2016 09:30 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Shofar 6 Maart - André de Villiers op preek om 09:30 by die kerk in Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578.
2 Maart 2016
voorbereiding, beskerming en restourasie van leer-artefakte. Die aand kos R60 pp en sluit 'n glasie wyn en ligte verversings in. Bespreek by: 022-482 2332 of 082 961 6181. Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade 10 Maart - Frank Opperman tree om 19:00 by die NG Kerk Swartland Noord op in dié komedie. Kaartjies is R80 by 082 326 2285 of 022 482 1407. Pampoendag & MTB 12 Maart: Vyeboom Christelike Privaatskool. Fun for the whole family. MTB 65km, 35km, 10km. Email vcp@breede. co.za for forms. Enquiries: Marina, 082 733 2620. Skogdag 16 Maart – Begin om 08:00 in die Jan Basson-sentrum op Moorreesburg gehou. Die tema is risikobestuur. Navrae kan gerig word aan Gert Conradie by 022 433 2370, 074 603 7240 of e-pos: gertc@elsenburg.com. Manne-aand met Nico Nel 17 Maart - Moorreesburg Rugbyklub bied aand aan, Moorreesburg-skousaal; 18:30 vir 19:00. Koste: R250 pp. Bespreek: Frikkie Barnard (074 889 3762), Jonny Weil (083 321 1924) of Christoffel Janse van Rensburg (073 755 6800). Bergklim en oorslaap 18 Maart - Die AGS Corpus Christi Malmesbury. Vertrek Vrydag om 17:15 van die AGS Corpus Christi Malmesbury (Baroccastr. 19) en kom Saterdag terug. Navrae: pastoor Piet Smit by 073 447 2902. Riebeek Valley Tourism 30 March – Special general meeting at 19:00 at the Royal Hotel. Riebeek Valley Tourism doesn’t have the required number of members for its committee right now. The meeting is to select new members and confirm positions on the committee. Ry motorfiets vir liefdadigheid 1-3 April - Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind op die Moorreesburg skouterrein plaas. Dit is ‘n heerlike gesinsnaweek vir motorfietsryers en hul aanhangers wees. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, ‘n springkasteel en allerlei stalletjies. Die Vrydagaand word daar musiek uit die tagtigerjare gemaak wat die voete sal laat jeuk. Vooraf-inskrywings is R120 en dit sluit reeds op 7 Maart. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar kry gratis toegang. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@agrizone.co.za of faks na 086 651 5332. Wyn-, Kos- en Kultuurskou 2 April - Die Swartland Independent Producers (SIP) se skou is op Malmesbury plaas by die skouterrein van 10:00 tot 17:00. Toegang sluit ‘n wynglas, een wynproe-kaartjie vir elke produsent in. Geen kaartjies aan mense onder 18 jaar nie. Kaartjies is R250pp by quicket.co.za. Emo Admas 13 April - Emo en die 'Take Note'-band tree om 19:00 by Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg op. Kaartjies is R100 - R120pp by Susan Myburg (079 591 6944) of Du Toit Maree (022 433 1082). Moorreesburg Golf Club 16 April - Opening Day, 4BBB. R300 includes halfway, great prizes & sterak braai. Contact Yolanda for entries: moorreesburggolfclub@telkomsa.net or 022 433 1848.
Christ Embassy Malmesbury Cell group meeting every Thursday at 18:00 at 422 4th Avenue, Chatsworth. Contact Gloria, 081 796 9263. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past Ken Pattison, 083 498 2990. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. PPK Bethesda Malmesbury 6 Maart - Om 10:00 oggenddiens en Sondagskool; aanddiens om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Vir navrae, kontak022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
NUUS • NEWS
11
2 Maart 2016
Betrekkings Vacancies JOIN AVON TODAY AND START EARNING MONEY - No Experience needed OR Want to BUY. Contact - 0795395510 #2275/7
Gelukwensings Congrats RAAI WIE IS 21!!!
Werkswinkels/stoor te huur te Malmesbury, 420m² met 4m deur, direkte straat toegang en 3 ph krag. Kontak Derek Kolbe @ 0836310255. #2325
Te Koop For Sale Great danes te koop – Kontak : Petro Swart by 083 283 2018
#2329
Op 4 Maart 2016 - Liefie – baie geluk met jou mondigwording – Jy is die beste wat met ons kon gebeur!! Geniet jou verjaardag – Liefde : Wilmon & Charnelle #2330
--------------------------------RAAI WIE IS 21!!!
--------------------------------Muller – 079 413 2520 Box Freezer (210 liter) – R1600; 8-stuk eetkamerstel – R1900; Imbuia spieëlkas – R1950; Pine lessenaar – 2 laaie – R450; 4x toonbank hoogte bar stoele – R250 elk; Imbuia vertoonkas – R1300; Enkelbed spons matras – R550; 1 Spieëlkas met stoeltjie – R850 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520
#2332
Baie geluk met jou mondigwording – Ons is baie lief vir jou!!!!! Van : Pa, Ma en familie #2324
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/35
Sterfgevalle Deaths ADAM WILLEM VAN NEEL
Gebore: 25-07- 1950 Oorlede: 28-02-2016 Roudiens – Woensdag, 2 Maart 2016 om 19h00 (sewe-uur) by VGK Malmesbury Begrafnis : Saterdag, 5 Maart 2016 om 10h00 te Marjolienstraat 36 – gevolg deur kerkdiens by VGK om 11h00 #2328
Te Huur To Let Groot 4 Slaapkamer woonhuis (Trafalgarhuis) in Malmesbury te huur @ R6 000,00 per maand. Beskikbaar 1 April 2016. Kontak Monique vir aansoekvorm by 022 – 4821101 #2331
--------------------------------Kantoorspasie ±47 m2 – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw083 234 6614
#2327
--------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.
#2123/25
--------------------------------Twee ruim kantoor/ winkel spasies op besige roete in middedorp. Onmiddellik beskikbaar – 083 991 7350
#2326
---------------------------------
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom.
#2006/14
--------------------------------Diere Animals Goeie huis gesoek vir Pekingese/Jack Russel-kruising reune. 8 Maande oud. Liefdevol en lewendig. Kontak 082 218 0408.
Raak ontslae van jou wit olifant en adverteer dit hier! Kontak 022 487 3221 met navrae!
courant
tel 022 487 3221
die naweek 136 nie uit nie vir Wes-Boland teen Sentraal 1 aangeteken. Wes Boland het die wedstryd gewen.
Boland Rugby-unie se wedstrydprogram vir die Grootuitdaag-kompetisie vir 2016 is pas bekend gemaak. Die eerste rondte begin op Saterdag 12 Maart. In die Swart/Weskus speel Never Despair teen Mamre; Piketberg teen Saldanha; Moorreesburg teen Vredenburg; Darling teen Abbotsdale; St Helenabaai teen Hopefield en Velddrif teen Wesbank. In die Streek-uitdaag Sentraal begin wedstryde ook op 12 Maart. Malmesbury speel teen Saron; Die Dorings teen Voorberg; Dennegeur teen Good Hopes; Riebeek United teen Villagers en Porterville teen Blues. In die Swart/Weskus-afdeling pak Red Stars vir Langebaan; Zebras vir Coronations; Young Eagles vir Young Hearts; Paternoster vir Goedverwacht en Universals vir Villagers. In die Witzenberg-afdeling speel Porseleinberg teen Young Westlyans. In die Eerste-liga se Sentraal-afdeling speel Paardeberg teen Y/Lillies; en Riverstones teen West Coast. In die Swart/Weskus-afdeling is dit Kasteelberg teen Red Corners, Riebeekvallei teen Port United, Saamstaan teen Happy Stars, Rising Stars teen Flying Eagles. • Die Boland Rugby-unie het `n nuwe hoof van klubrugby in die persoon van Kobus Vergotine aangestel. Hy was voorheen die sekretaris van
Sportuitslae Sports results Malmesbury Golfklub Woensdag Sundowner - Enkel Stableford Frans Destroo 20; Jacobus Snyders 18; Marais Erasmus 18; Gerhard Bester 18; Stephan Venter 17. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford Marais Erasmus 21; Werner Schreiber 20; Piet Basson 19; Phillip Faure 19; Jacques Viviers 19; George Prinsloo 18; Koos Loubser 18. Saterdag Gholf - Beterbal Stableford Du Toit van Zyl & Jacobus Snyders 46; Nico Jackson & Hein Stephan 43; Rosco Liedeman & Ian Adams 40; Piet Kemp & Jan Potgieter 40.
die Bolandse Skeidsregtersvereniging. Saam hiermee het daar heelwat veranderinge aan die struktuur gekom: Sowat 60 van spanne gaan aan `n nuutgeskepte Eerste Liga deelneem. Dié liga word bygevoeg tot die bestaande reeks om die Grootuitdaagbeker, die Streekuitdaagbeker en die Gemeenskapskild. Van die sterker plaasspanne ding reeds in laasgenoemde kompetisiemee. Die oorgrens-reeks waarin klubs van die Westelike Provinsie en die Boland in die Gemeenskapsuitdaging meegeding het, is vanjaar van die baan. Met die Goue Bekerreeks (voorheen die Gemeenskapsbeker) wat vanjaar aan die einde van die seisoen beslis word, moet die Bolandse liga te vroeg afskop en is daar nie ruimte vir nog `n reeks nie. • Intussen heers daar groot opgewondenheid onder rugby-aanhangers op Piketberg. Boland Rugby-unie het bekend gemaak dat die Kavaliers en WP mekaar op Saterdag 9 Julie daar pak in ‘n Curriebeker-wedstryd. Die o.13 en o.16 Coca Cola Jeugweek vind van 4 tot 8 Julie in die Paarl plaas. Die o.18 Coca Cola-week en die Akademieweek is van 11 tot 16 Julie in Durban.
Malmesbury Tennisklub Malmesbury A wen Rekreasie (Somerset-Wes) 6 – 1; Malmesbury B wen Franschhoek A, 7-1. Kristoff Isaacs & Dirk Lategan k Cameron Malcolm & Ecki Jacobs 6-4, 6-0; Marais Liebenberg & Irwan Turner k Ross Hutchinson & Barry Fletcher 6-0, 6-0; Annette de Wet & Zandra Prinsloo k Winnie Stubbs & Karen du Plessis 6-2, 6-3; Lize-Marie Lategan & Zigrum Sixt v Nicky Gordon & Jayne Cully 2-6, 4-6; Kristoff Isaacs & Annette de Wet k Cameron Malcolm & Winnie Stubbs 6-2, 6-1; Dirk Lategan & LizeMarie Lategan k Ecki Jacobs & Karen du Plessis 1-6, 6-3, 10-8; Marais Liebenberg & Zigrum Sixt k Ross Hutchinson & Nicky Gordon 6-2, 2-6, 10-5; Irwan Turner & Zandra Prinsloo k Barry Fletcher & Jayne Cully 6-0, 6-1. Malmesbury C wen Kuilsrivier 4 -2 Darryl Blom & Marlene Hanekom v Papi Tsotoko & Ananda Kitshoff 2-6, 1-6; Alwyn Burger & Jessie Liebenberg k Fritz Heinen & Rolien van Schalkwyk 6-2, 6-2; Sarel Steyn & Alec Viljoen k Yinghuna Hunu & David Miller 6-0, 6-2; Marlene Hanekom & Jessie Liebenberg v Ananda Kitshoff & Rolien van Schalkwyk 4-6, 3-6; Darryl Blom & Alwyn Burger k Yinghuna Hunu & David Miller 6-4, 6-0; Sarel Steyn & Alec Viljoen k Papi Tsotoko & Fritz Heinen 6-3, 6-4.
Sportdagboek Sports diary
Malmesbury Netbalproewe 8 & 10 Maart – Die klub se proewe begin om 18:00 op die bane van Laerskool Swartland, Malmesbury. Almal is welkom. Navrae by Zanelle, 076 721 1725. Swartland Halfmarathon 5 Maart – Moorreesburg, sirkelroete: 10km padwedloop 07:15; 5km-pretloop 07:30. Boland Liga-wedloop 5 Maart – Moorreesburg; Aanlyn-inskrywings nou oop tot 29 Februarie. Kontak Hanlie Rossouw, 022 433 3346; 081 579 0222 of jhsp@telkomsa.net.
Astrobaan geopen
• nuwe veld vir piketberg
R3.577 miljoen vir nuwe krieketveld Die Piketberg-krieketveld, wat ook as die Tollie Adams Ovaal bekend staan, gaan een van die dae met ‘n splinternuwe baadjie spog. Die opgradering van die krieketveld is ‘n hele tydjie gelede deur die Piketberg-krieketgemeenskap by ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)-vergadering gelys en dit is toe op die GOP as ‘n behoefte geregistreer. In Junie 2014 het die Bergrivier Munisipaliteit by MIG (Municipal Infrastructure Grant) aansoek om befondsing gedoen en is die projek deur hulle goedgekeur. Gedurende April 2015 is amptelik afgeskop met die projek en dit behoort teen
2 Maart 2016
2 Maart 2016
Boland se bepalings nou bekend
100-tal: Andru Serdyn van Hoërskool Swartland het
NUUS • NEWS
SPORT
dié
12
Malmesbury Knortjorre 12 Maart; 19 Maart; 16 April; 30 April - Suidpunt Kampioenskappe in Bredasdorp aangebied deur Bredasdorp Motorklub; 7 Mei. Moorreesburg Golf Club 16 April - Opening Day, 4BBB. R300 includes halfway, great prizes & steak braai. Contact Yolanda for entries: moorreesburggolfclub@telkomsa.net or 022 433 1848.
Die nuwe astro-hokkiebaan van die Hoërskool Swartland op Malmesbury word Saterdag met ‘n luisterryke program ingewy. Dit begin om 08:00 met ‘n gratis hokkie afrigtingskliniek, gevolg deur die program-aankondiging en bekendstelling om 10:30. Om 10:35 word die eregaste verwelkom en om 10:45 lewer die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, die openingsrede. Om 11:00 knip sy die lint en net daarna speel die o.19 seuns teen 'n span van Charlie Hofmeyr van Ceres. Die o.19 meisies speel om 12:30 ook teen Charlie Hofmeyr en om 13:00 volg ‘n gemengde 'Old Boys & Girls'-wedstryd.
die middel van Julie vanjaar voltooi te wees. Die koste van die projek, die verbeterings aan die klubgebou en kleedkamers uitgesluit, beloop sowat R3,577 miljoen. MIG het R2,760 miljoen bygedra en Bergrivier Munisipaliteit meer as R816 000. Die huidige werke wat gedoen word, is die vergroting van die veld, plant van nuwe bome, nuwe omheining, nuwe oefennette, nuwe kolfblaaie, asook die vergroting en gelykmaak van die speeloppervlakte. Die raadgewende ingenieur en projekbestuurder is Lyners Raadgewende Ingenieurs.
12990
R
119
R
179
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Smirnoff Ice Double Black with Guarana or Green Coffee 6 x 250ml Cans
R
56
R
PRICES VALID 3 - 6 MARCH 2016 1504221_100 x 260
Three Ships 5-Year Old Premium Select Whisky 750ml
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Castle Lite 12 x 340ml Non-returnable Bottles
Captain Morgan Spiced Gold Rum 750ml
92
21 90
Tassenberg Wine 750ml
Lovoka Caramel or Chocolate Vodka 750ml Each
8890
Overmeer Grand Cru, Late Harvest, Stein or Sweet Rosé 5 Litre Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1504221_10X8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/03/01 9:32 AM