courant
dié Gratis • Free
swartland en weskus Uitgawe 278
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
hugenotestraat 24, malmesbury
2 Julie 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Skapie mêêê...
‘n Skaap, ‘n eindstreep en ‘n wenner ... Hierdie groep van vyf île-deFrance-lammers wat op ‘n plaas buite Malmesbury gebore is, is deur hul ma verwerp en het hul pad gevind tot Doran Vineyard in die Voor-Paardeberg. Hulle neem nou gereeld deel aan skaap-resies oor 80m om fondse in te samel vir die DBV. Basson Potgieter, breier van die ren-skape en plaasbestuurder, was in sy noppies met veral die laaste resies waar Sid die skaap van agter die kompetisie verbygehardloop het om te wen. Sy makkers se name is Rambo, Lucky (links), Séan en Alice. Foto: Nico Degenaar
•oud-rockie is die nuwe eienaar
St. Jan-losie verkoop Ná maande se bespiegeling en onderhandeling is die toekoms van die Vrymesselaarslosie op Malmesbury nou bekend. Die St Jan-losie beslaan ongeveer 320 vierkante meter en is een van die min geboue in die oorspronklike Victoriaanse styl wat nog op die dorp te sien is, hoewel die klassieke invloede reeds hier sigbaar is. Die nuwe eienaar, Johann Treurnicht, is ‘n boorling van die Swartland en het op Mal mesbury skool gegaan. Sy pa, ds. Nic Treurnicht, was predikant op Riebeek-Kasteel en Malmesbury. Treurnicht is ‘n regsgeleerde en was 25 jaar verbonde aan Sanlam. Hy en sy gesin woon in Durbanville. Treurnicht sê hy het nie ‘n spesifieke doel gehad met die aankoop van die gebou nie. “Ek voel dit is eintlik die staat se plig om na die instandhouding van ons ou geboue te kyk. “Maar dit gaan nie gebeur nie en daarom moet ons maar probeer om sover moontlik die geboue instand te hou.” Hy het bygevoeg dat dit
altyd belangrik is dat dit op ‘n ekonomies haalbare wyse gedoen moet word. “Die losie is ‘n pragtige gebou en ek sal graag die sigwaarde wil verhoog. ‘n Mens moet mooi dink: dit is die soort van plek wat ons kan inrig om ‘n stukkie van Malmesbury en selfs die groter Swartland te kan uitbeeld.” Hy wou nie die bedrag bekend maak nie, maar gesê hy het vir ‘n markverwante bedrag gekoop. Op die oomblik is daar twee prosesse aan die gang. In die eerste plek is die Vrymesselaars besig om meubelment en ander waardevolle artikels te verwyder. Daar is ooreengekom dat dit moet gebeur sonder om skade aan die gebou aan te rig of die atmosfeer te versteur. Terselfdertyd het Treurnicht steierwerk opgesit om herstelwerk aan die gebou te doen. “Ons wil verdere skade verhoed. Die dak moet herstel word en die gewel tussen die twee geboue het ook aandag nodig.” Treurnicht sê die Vrymesselaars was ge-
durende die onderhandelinge duidelik daaroor dat die bewaring van die gebou baie belangrik is vir hulle. “Hulle gesindheid is dat hulle ‘n lang verbintenis met die dorp het en graag ‘n goeie verhouding wil behou.” Die Vrymesselaars het hul laaste vergadering in Mei vanjaar in die losie gehou. Die losie, St Jan, is op 16 Augustus 1866 gestig en is in die gebou van BJ Croeser gehuisves. Ná Croeser se dood is die gebou bekom en is toe vergroot en verander na behoefte. Op 26 Julie 1871 is die nuwe tempel in gebruik geneem en 22 nuwe lede is ook by die geleentheid ingehuldig. In 1905 het die tornado wat vele geboue op Malmesbury verwoes het, ook dié gebou ernstig beskadig, maar dit is in 1907 weer in gebruik geneem. Die Swartlandse lede het met die tyd al minder geword en later het lede uit die Kaap en Strand moes ry vir vergaderings. Die losie smelt nou saam met die drie bestaandes in die Paarl. Waardevolle meubels en artikels is verlede naweek reeds daarheen geneem.
2 Julie 2014
NUUS • NEWS
2
2 Julie 2014
• Baie fyn beplanning nodig
Jo Dolphin-planne nou gefinaliseer Toerisme:
Die Malmesbury Toerisme-vereniging het sy bestuursvergadering op Dassenheuwel van Kobus en Lida Lesch gehou en ingeloer by die Dassenheuwel Farmstay. Bo is Hannes Steyn (sekretaris), Ilze Groenewald (beampte), Emile du Preez (Telkom), Jolene Janse van Rensburg (Swartland Wyn- en Olyfroete), Corné Bosman (Menasse Manor), Lorenne Olivier (ondervoorsitter), Lida Lesch, Susan Botha (museum) en Johan Viljoen (voorsitter).
Damme vol met nog reën wat die naweek wink
Die twee groot opgaardamme in ons opvangsgebied, Voëlvlei en Misverstand, is ietwat hoër as verlede jaar dié tyd. Die Voëlvleidam, in die Voëlvleirivier, is op die oomblik 89,5% vol, teenoor verlede jaar se 85,6%. Dit het ook effens gestyg van verlede week se 86,2%. Die Misverstanddam is 118,6% vol, effens laer as verlede week se 122,8%. Dit is egter nog steeds hoër as verlede jaar, toe die dam 114,5% vol was. Misverstanddam is in die Bergrivier. Rashid Khan, Wes-Kaapse hoofdirekteur van die departement van waterwese, het verlede week gewaarsku dat oorstromings moontlik is, aangesien groot opgaardamme reeds vroeg in die winter-reënseisoen gevaarlik vol is. Hy sê die streek het in Junie reeds bogemiddelde reënval gehad. Die gesamentlike vlak van al Kaapstad se opgaardamme staan op 95% en dit beteken dat
Jo Dophin, die dagsorgsentrum vir gestremde persone op Malmesbury, se nuwe perseel wink steeds, terwyl die planne vir die nuwe gebou nou weer eens oorweeg word. Hoewel die perseel, geleë tussen Koch- en Betaniestraat en aangrensend tot St Johnsstraat, in totaal groot genoeg sal wees, is dit juis die praktiese oorwegings en die langtermyn beplanning wat veroorsaak dat die planne nou reeds vir die derde keer aangepas moet word. “Ons gaan binne die volgende twee weke Kaapse persele vir gestremde persone besoek met dié doel om sekere praktiese vrae en onsekerhede uit die weg te ruim,” verduidelik Anita Adams, die dagsorghoof van die sentrum. “Jacques Swarts, ons boutekenaar en vriend van ons vereniging, besef hoe belangrik dit is dat sekere kwessies ingedagte gehou word, soos die feit dat selfs wanneer die leerders die badkamer besoek, hulle ook onder toesig moet
wees. Daarom moet die ligging van die badka mer, klaskamer en speelplekke ook daarvolgens ontwerp word. Hoewel ons eers gedink het ons grond is lieflik groot, begin die besef nou tuis kom dat ons uiters fyn moet beplan as ons wel later ‘n werkswinkel en oornaggeriewe vir ons lede wil bewerkstellig!” Jo Dolphin huisves tans 21 leerders in ‘n gehuurde huis in Wesbank, Malmesbury. * Die vereniging se pogings om ‘n eie perseel te bekom, het ongeveer 20 maande gelede ‘n reuse-hupstoot gekry toe die Swartland Munisipaliteit toestemming gegee het dat die spesifieke perseel aan hulle toegeken word teen 10% van die markwaarde, vanweë die reuse-behoef te wat Jo Dophin aanspreek met dagsorg vir gestremdes. Die erf se oorspronklike prys is toe sodanig verminder dat dit betaal kon word deur die bemiddeling van die Lions van Malmesbury. Die eerste sooispit is ook reeds hier gehou.
minder as 6%-kapasiteit oor is om vloedwater te absorbeer. In die Bergrivier-opvangsgebied is die Berg rivier- en die Misverstanddam, asook die BoSteenbrasdam in die Steenbrasrivier al meer as 100% vol. Die Theewaterskloofdam, die grootste dam in die provinsie, is ook reeds 98,5% vol, vergeleke met 79,2% in Junie verlede jaar. “Aangesien die grond reeds deurnat en die watertafel hoog is, sal verdere reën in die damme se opvangsgebiede beteken dat die damme nie die vermoë sal hê om die bykomende water ook te hou nie,” het Khan gesê. Die departement van waterwese en die verskillende munisipaliteite se rampbestuurspanne is deurgaans in kontak met mekaar. Intussen voorspel die weerburo reën vir die naweek. Na verwagting sal dit Vrydag begin reën en tot Sondag aanhou.
Einde van ‘n era:
Die Vrymesselaars het Saterdag die meeste van hulle meublement uit die St Jans-losie op Malmesbury na die Paarl geskuif. Die Vrymesselaars het die gebou in 1883 betrek. Die tak sal voortaan in die Paarl gehuisves word. Die gebou, wat in Prospectstraat langs die Malmesbury Museum geleë is, is deur Johann Treurnicht gekoop. Hy is nou besig met herstelwerk aan die gebou, en het aan die courant gesê hy besluit nog waarvoor hy dit uiteindelik gaan gebruik.
NUUS • NEWS
3
2 Julie 2014
• toekoms van perseel onseker
Ou middelbare skool gesloop
LINKS en BO: Die ou Middelbare Skool van Riebeek-Wes word nou afgetakel nadat die departement van vervoer en openbare werke ‘n tender-proses hieroor gevolg het. Hoewel die gemeenskap graag die herstel en behoud van die skool sou wou sien, het die gebou weens onbruik verval. Die breë mure en trotse bouwerk sal binne drie maande afgetakel wees. Riebeek-Wes se middelbare skool, wat reeds vir jare leegstaan en mettertyd blootgestel is aan verval en vandalisme, word nou afgetakel. Dit bring ‘n einde aan ‘n jarelange openbare proses van vertoë en ontsteltenis oor dié gebou, wat eens dié opvoedkundige gebou van die dorp was. Die departement van vervoer en openbare werke is steeds in die proses om te besluit oor die toekoms van die grond, wat sentraal in die dorp geleë is. Nexus, ‘n Britse musiekontwikkelingsaka demie, het twee jaar gelede ‘n aanbod gedoen
Partytjie:
om die gebou te koop en wou die gebou inrig as ‘n musiekskool, maar die departement het ‘n aansienlik hoër bedrag geëis as wat Nexus bereid was om te betaal. Die departement het ‘n formele tenderproses gevolg en die aftakelings proses sal oor drie maande strek. die courant het oor die laaste jare gereeld berig oor die lot van die skool, asook die vertoë wat lede uit die gemeenskap gereeld gerig het om die bewaring van dié gebou te probeer bewerkstellig. die courant is nou op soek na inligting oor die geskiedenis van die gebou.
Miceala Willemse (middel) , ‘n Kansa-pasiënt van Liebenberg Primêr op Malmesbury, is verlede week met ‘n verjaarsdagpartytjie by haar skool bederf. By haar is haar ma en broer, Amanda en Aiden Willemse om te deel in die vreugde.
MENINGS • NUUS
courant
2 Julie 2014
Kelk: Hierdie aronskelk
die
4
staan op die walle van ‘n dam op Piket-bo-Berg. Nie deel van die plate wat gereeld gesien word nie. Net hy, op sy eie. Die Aronskelk is ‘n bolplant met ‘n kenmerkende bloeiskede en kom wydverspreid deur Suid-Afrika in valleie en langs waterstrome voor. Die algemene kleur is wit en geel, maar verskeie ander kleure is reeds gekweek. Die groot groen blare het dikwels wit kolle of vlekke. Die blomme word ook as snyblomme verbou. Die blomseisoen is meestal gedurende die lente en vroeë somer.
As ‘n murasie kon praat
Die trotse bouwerk van vakmanne wat trots was op hul werk, was nog duidelik sigbaar toe die courant se kameras die naweek die terrein van die eertydse Middelbare Skool op Riebeek-Wes besoek het. Met baie dik mure, gebou met handverwerkte klip en duidelik met sorg en trots gebou in die jare toe deeglikheid nog ononderhandelbaar was, moes die oorspronklike gebou later lepellê met baksteenmure wat êrens langs die pad sorgsaam aangebou is, maar die owerhede van die 21ste eeu kon op geen manier reg laat geskied aan dié trotse gebou wat vroeër jare bekend was vir sy opvoeding en sy voorbeeld om leerders op die ‘smalle weg’ te lei nie. Toe die verwoesting en verval wat oor baie jare plaasgevind het, voor die kamera ontvou, het ‘n gevoel van wrewel tóg posgevat. Waarom kon een hele gemeenskap nie daarin slaag om ‘n opvoedkundige instansie betyds te red nie? Oud-leerders en oud-leerkragte wat eens trots was op die skool het probeer red en ‘n oorsese maatskappy se aanbod om die plek te red is van die hand gewys ... Is dit die tekens van die tyd of presies wát moet ‘n mens daarin lees as die betrokke nasionale/plaaslike owerhede wat in beheer van so ‘n baken in ‘n plattelandse dorp staan, nie eens ‘n vinger kon (wou?) lig om betyds in te gryp nie?
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Die volk het hulle baie geëer
Die apostels het na die uitstorting van die Heilige Gees die evangelie onverskrokke uitgedra. Die mense het hulle hooggeag maar was versigtig om by die gemeente aan te sluit. Dit was na die dood van Annanias en sy vrou Saffira. Maar die volk het hulle baie geëer. Die party van die Sadduseërs, gelei deur die hoë priester, was met nydigheid vervul, en het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die gevangenis gesit. ‘n Engel van die Here is gestuur om die gevangenis oop te maak en hulle uit te lei. Die dissipels het die opdrag gekry om na die tempel te gaan en die woord van die lewe te verkondig. Toe die hoë priester die volgende dag na die gevangenis stuur om die apostels voor die Joodse Raad te bring, het hulle die gevangenis gesluit gevind, maar geen apostels binne nie! Terwyl hulle verleë was hieroor, het iemand vertel dat die apostels in die tempel staan en leer. Hulle is voor die Raad gebring en gekonfronteer daarmee om nie meer in die Naam van Jesus die evangelie uit te dra nie. Petrus het egter opgestaan en gesê dat hulle meer gehoorsaam aan God moet wees as aan mense.
• só leer ons meer van die siekte
Choc-leiers woeker al 24 jaar vir kanker Attie Laubscher, stigterslid en aanvoerder van die Bergri vier Rubberbootvaart wat van 30 Julie tot 2 Augustus dieselfde roete as die Bergrivier kanovaart vaar en daarmee saam geld vir CHOC (vir kinderkanker) insamel, kyk ná 23 jaar terug en beantwoord ons vrae só: * Waarom doen julle die marathon steeds jaar ná jaar dit stel tog baie eise aan julle? Een deelnemer se 18 maande-oue kleinkind is kort na geboorte met breinkanker gediagnoseer en is kort daarna oorlede. Dit was ‘n erg emosionele geleentheid toe daardie deelnemer die jaar daarna by die aanvang van die projek ‘n krans in die rivier gelê het ter nagedagtenis aan die kind. Nog ‘n lid het sy ma verloor in 1990 (toe die projek in aanvang geneem het) en so het het talle ander deelnemers oor die jare die een of ander familielid of vriend aan kanker afgestaan - maar só het elkeen meer begrip vir die siekte opgedoen. Die mense op Bergrivier-roete het baie begrip en empatie vir ons saak - en ondersteun ons gedurigdeur. * Watter deel van die jaarlikse wedvaart is vir jou die moeilikste/ opwindendste? Die eerste twee dae is die moeilikste omdat die rivier dikwels met tientalle boomstompe en takke versper is. Dan moet ons die rubberbote - wat elkeen ongeveer 200 kilogram weeg - oor daardie versperrings dra! Anders as met ‘n kano wat onderdeur die bome kan vaar, moet ons die bote daaroor dra en dus is spanwerk ‘n baie groot faktor om die moraal hoog te hou. Die laaste twee dae waar ons in die Misverstanddam inkom, asook die gedeelte onder
Wen met Wicus ‘Popster’ is die 6de CD wat Wicus op die rak het benewens sy twee DVD’s. Dit is die eerste splinternuwe cd in drie jaar ná die vrystelling van sy grootste treffer-CD, ‘Al My Hiets’, in 2011. Die CD bevat 13 snitte waarvan Wicus almal geskryf het of waar hy medeskrywers gebruik het, behalwe die duet met Danie Niehaus, Cat Stevens (Yusuf Islam) se treffer ‘Father and Son’. Die titelsnit is as ‘n goedige ge spot geskryf uit die oogpunt van ‘n
die keerwal by die Misverstanddam, is baie makliker. Daar is vier laagwaterbrûe en geen hindernisse soos boomstompe nie. Die opwindendste gedeelte is wanneer ons onderdeur die Moraviabrug buite Piketberg ons weg moet vind, asook die gedeelte vanaf die plaas Kersefontein, waar die rivier oop is en die deelnemers die geleentheid gebruik om die spoed van hul bote te toets om te sien wie die vinnigste is. Die feit dat ons oor die afgelope 23 jaar by drie tradisionele plaasskole reg langs die rivier aandoen en waar bykans 600 leerders ons inwag en met hul skoollied toesing - dit gee bevrediging. Die deelnemers se interaksie met die leerders en uitdeel van vrugte en opvoedkundige materiaal soos penne en liniale, maak hul Kersfees vroeër. ‘n Baie interessante en unieke deel deel van die projek is dat sedert 1990 elke dienende burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, ongeag politieke party waarvoor hy/sy staan, ons nog by die Markstraatbrug in die Paarl afgesit het. * Watter effek het dié marathon op jou lewe? Ek doen die organisering die afgelope 24 jaar omdat die projek in 1989 my aanvanklike inisiatief was en om daardie rede wil ek daarmee voortgaan. My stryd om veiling-items in die hande te kry, is tans die moeilikste taak. Soos gesê, waardeer ek die gemeenskappe langs die rivier waar ons aandoen, se ondersteuning geweldig baie. Alle donateurs wat wil bydra met veiling-items soos wyn, geskenkbewyse (onthou ook die items wat vir dames belangrik is!) kan my gerus kontak - dit sal my baie ondersteun!
opkomende sanger wat vandag die mark betree en hoe hy begeer wat ander kunstenaars tans het, al het hy nog nie eens begin nie. Wicus tree Vrydag op by die Boer Teater. Twee gelukkige lesers staan ‘n kans om een van twee CD’s te wen. SMS die kompetisievraag se antwoord, saam met jou naam, van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 14 Julie. Kompetisievraag: Hoeveel snitte is op Wicus se nuwe “POPSTER” CD?
s c 1 8 3 4 0 _ b o l a n d _ ma l m. p d f
NUUS • NEWS 2 Julie 2014
Pa ge
1
2 0 1 4 / 0 7 / 0 1 ,
2 : 4 9
PM
5
NUUS • NEWS
6
Wynveiling met Andries in geld vir Riebeek-kerk Die sanger Andries Vermeulen, hier saam met Maretha Louw, Rynette Pieters, Jean Pieters, en Jaco Louw verlede week tydens die jaarlikse wynveiling, wat R210 000 ingesamel het vir die NG gemeente RiebeekWes.
JD de Villiers, Jan de Villiers, Hennie de Villiers, Etienne Duvenhage, Henry Odendal, Nico Bester, Hannes Fullard, Ben Mostert en Derick Becker in ligte luim.
Hannie Joubert, Michelle Joubert, Kruschenke Brits, Elsje Mari Joubert, Juanita Malan en Ursél Wagener kuier saam.
2 Julie 2014
Malherbe - ‘Goue balans is altyd die wagwoord’ Sy ensiklopediese kennis van die natuur wat hy liefhet en ken soos die palm van sy hand, sy natuurkennis wat hy gereeld en gemaklik deel, inisieerder van kus-opruimings- en bewaringsprojekte, aktiewe bewaar der van die natuur, onselfsugtige, toegewyde opvoeding oor die natuur en sy skatte, sy ywer om jaarliks inheemse bome te versamel vir Weskusmunisipaliteite, ‘n ywer wat hom dikwels alleen laat werk (tans sonder ‘n assistent) oor ‘n werk-afstand van ongeveer 1 200 km per maand - dis net enkele aspekte wat Charles Malherbe, omgewingsbeampte van die Weskusdistriksmunisipaliteit, (WKDM) onlangs ‘n toekenning laat ontvang het van Wessa (Wildlife and Environment Society of SA). Wanneer Charles oor sy werk praat, sien mens waar sy passie lê: “Omgewingsbestuur vir ‘n distriksmunisipaliteit is ‘n diverse taak, want dit bestaan uit die drie bene van volhoubaarheid, naamlik ekonomiese, sosiale en omgewingsvolhoubaarheid. Dis belangrik dat daar aan al drie aspekte ewe veel gewig toegeken word! Ek is daarvoor verantwoordelik dat by elke ontwikkelingsprojek ‘n goue balans bestaan tussen ekonomiese, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid – die 50/50-beginsel is my motto!” “Ons moét die omgewing volhoubaar be stuur en die goue balans as wenresep behou, anders gaan ons ons bronne verloor! Ons kan nooit 10% aan die omgewing afstaan en 90% aan ontwikkeling nie.” Sy omgewingstake sluit onder meer in: Kusbestuur onder die Geïntegreerde Kusbestuurs wet, bewusmaking en voorligting, die besker ming en behoud van kritiese en sensitiewe biodiversiteitsgebiede en korridors, erfenisareas, ontwikkelings wat nie voldoen aan omgewingswetgewing nie (wat sonder toestem ming bebou of besoedel word en soms tot hofsake lei), die monitering van rivierwater (om lekkende rioolstelsels wat natuurbronne besoedel op te spoor), besoedeling, die ondersoek en rapporteer van klagtes in terme vanomgewings wetgewing, voertuie op strande en wetgewing hieroor, advies en voorligting oor probleemdierbeheer, die bestuur van projekte en kontrakteurs om indringerplante te beheer (die opstel van besigheidsplanne en befondsing, die bestuur en implementering daarvan, dit sluit werkskepping en mense-bestuur in), die behoud van elke streek se natuurlike plantegroei, samewer king met omgewingsdepartemente en stadsbeplanners van elk van die vyf munisipaliteite, bestudering van nuwe ontwikkelingsaansoeke en die lewer van kommentare, die ondersoek van omgewingsklagtes en -navrae – en sommige dae moet hy kies tussen vyf vergaderings waar
“
hy veronderstel is om op een dag te wees. Elk van die vyf munisipaliteite binne die WKDM beskik oor ‘n kuslyn, sodat kusbestuur en Vleilande baie van sy tyd eis. Die kuslyn strek van Bokbaai in die suide tot by die soutpanne noord van die Olifantsrivier. Oor klimaatsverande ring sê Charles: “Gebaseer op tendense, sien ek die weerpatrone is aan die verander – en wetenskaplike navor sing en statistiek lieg nie! Laer, maar meer intense reënval en meer vloede, korter winters, hoër tempe rature en meer veldbrande in die somer ... Dis belangrik dat ons ons oë oopmaak en voorberei sodat dié verande rings ons nie oorval nie. Eén verkeerde besluit het ‘n rimpel-effek wat die toekoms van ons omgewing kan benadeel! Die WKDM is besig om ‘n Kli maatsveranderings raamwerk op te stel, veral oor hernieubare energie, soos windkrag. “Ons woon in só ‘n mooi omgewing! Ek wens elke persoon wil homself gedurig vra: ‘Wat het ek vir die omgewing gedoen? Wat het ek teruggesit om die omgewing ‘n beter plek te maak?’ “Ons almal het in die verlede foute gemaak - ons kan nie nóg foute bekostig nie! Ons het ‘n ongelooflike verskeidenheid en diversiteit aan die Weskus - die fynbosbioom sluit dié grootste verskeidenheid in: die strandveld (kusfynbos), vleilande, die sandveld met sy unieke karakter en plantegroei wat onder druk is weens die aartappel-industrie, die granietkoppe en renosterbos van die Swartland, die Knersvlakte se vygies, Nieuwoudtville se bolplantparadys Dink vooruit - wat gaan op die langtermyn gebeur as ons nóu sekere besluite neem? Verder sal water altyd ‘n groot brandpunt bly - die WKDM is reeds besig met die ontsouting van seewater om hierdie aspek aan te spreek. “Ons het ongeveer 2% van die oorspronklike renosterveld oor – hoe gaan ons verdere uitwissing voorkom? Ek glo ons moet wandelroetes maak sodat mense die oorblyfsels van die renosterveld kan geniet en waardeer.” Sy suksesse? “Dat ‘n omgewingsbeamptepos by die WKDM gevestig is vir omgewingsverwante funksies binne die munisipale sektor en dat mense begin verstaan omgewingsbestuur speel ‘n kardinale rol binne volhoubare ontwikkeling. Dat die Bergrivier skoongemaak word van indringerplante en die waterhiasinte onder beheer gebring word deur die EPWP-program, om te sien hoe werklose persone deur die EWPprogram werk en opleiding ontvang om ‘n beter lewe te skep. En dat ‘n mens met vandag se kennis soms uit die boks uit moet kan dink om uitvoering aan sekere projekte en programme te kan gee - ter wille van die toekoms!”
Dink vooruit - wat gaan die rimpel-effek op die langtermyn wees as ons nou sekere besluite neem?
”
1 1 8 5 8 2 9 B_ 3 9 X6 _ 3
-
1
2 0 1 4 - 0 6 - 2 7 T1 1 : 2 7 : 5 9 + 0 2 : 0 0
NUUS • NEWS 2 Julie 2014
7
Price Cuts
6S
DAY Y ONL
Selected products on this page have been styled for photography
49 49
RR
Bulk Beef Mince
Rugby: Keanu Pietersen van Lieben-
berg Primêr op Malmesbury is opgeneem in die o.13 Boland rugbyspan en neem tans in Durban deel aan die Cravenweekbyeenkoms.
Bulk Beef Mince Per kg
Per kg
BUY 5 FOR
20
R
PnP Avocado Loose Sell
72
R
34
90
Bulk Lamb Braai Chops Per kg
If it’s not fresh enough for you, it’s not good enough for us.
10
R
BUY 4 FOR
PnP Panini
PnP Washed Potatoes 7kg
9
20
Utrecht:
Kristoff Isaacs, leerkrag van Chatsworth Primêr is deur die Rapport Onderwysfonds gekeur om saam met agt ander kandidate vir `n twee wekelange Wiskunde Opleiding na die Universiteit van Utrecht in Nederland te gaan. Chatsworth Primêr het ook in 2014 `n monetêre toekenning van die WKOD ontvang omdat meer leerders in Gr. 3 & Gr. 6 die WKOD se Sistemiese Wiskunde toetse in 2013 geslaag het. Isaacs was vanaf 2013 verantwoordelik vir Wiskunde in Gr. 6 en het weer eens sy slag in hierdie vakgebied bewys. Isaacs is deur sowel die skool as die Rapport Onderwysfonds geëndoseer en benoem vir hierdie groot buitelandse ondervinding.
Uitreik in die koue
Die ACVV Riebeek-Kasteel is ‘n gesinsorgorgani sasie wat grootliks aangewese is op donasies en befondsingsgeleenthede. Jolandie Hill, maatskaplike werker by dié kantoor, sê die volgende: “Die winterkoue is hier en ons almal beleef dit, maar veral vir minderbevoorregte persone en gesinne wat nie oor genoegsame lewensmiddele beskik nie, is die winter ‘n harde realiteit. Gelukkig is daar omgee-mense, soos die landbouverenigings van Riebeek en Hermon, wat die inisiatief geneem het om ‘n donasie te skenk waarmee ACVV Riebeek-Kasteel in minderbe voorregte gesinne en individue se primêre behoeftes kan voorsien. Namens elke persoon wat baat gaan vind by hierdie donasie, wil die ACVV Riebeek-Kasteel hul opregte dank uitspreek vir die gebaar. Die omgee van die landbousektor word opreg waardeer. Organisasies soos julle maak dit vir ons moontlik om werklik ‘n verskil te maak in mense se lewens.”
Blue Ribbon Toaster White Bread 700g
26 24
90
32
90
I&J Out‘O The Oven Assorted 400g Each
16
90
Allsome Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Light Meat Solid Tuna in Vegetable Oil or Salt Water 170g Each
Sea Harvest Fish Fingers 800g
90
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
11
90
BUY ANY 4 FOR
9
R
PnP Flavoured Soup 45g - 85g
BUY ANY 2 FOR
BUY ANY 5 FOR
40
R
Purity 3rd Foods Assorted 200ml Jar
42
90
26
R
Ariel Auto Washing Powder 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s Each
Handy Andy All Purpose Cream Assorted 500/750ml
Get 10% EXTRA airtime, every time,
when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.
*SIM card 49c Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).
PRICES VALID 1 - 6 JULY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY
Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express, Franschhoek Daily, Kenridge and Monte Vista stores. smart shopper points will still apply in Express, Franschhoek Daily, Kenridge and Monte Vista stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1185829_390 X 194_WC
Thank you for voting us the coolest supermarket.
NUUS • NEWS
8
2 Julie 2014
Bergrivier Munisipaliteit reik uit met bederfpakkies
Snoek en Patat-fees kook
BO en LINKS: Goedverwacht se jaarlikse Snoek- en Patatfees het nie net snoek en patats verkoop nie, maar ook heerlike natuurlike produkte soos die heuning en suurvye (bo) en ander tuisgemaakte produkte (onder).
BO: Alida Lintnaar, Evert Manuel (burgermeester van Bergrivier Munisipaliteit), Hanlie Linde (munisipale bstuurder), Jackie Ferguson en agter Dave Ferguson (voorsitter van Piketberg Toerisme) tydens die ‘welkom-veldtog’ in Piketberg verlede week. Die Bergrivier Munisipaliteit het verlede week ‘n heel eerste “Welcome Campaign” net buite hul dorp geloods. Die N7 verby Piketberg dra elke Juniemaand druk verkeer na en van Namibië, daarom het Piketberg Toerisme vanjaar dié geleentheid aangegryp om geskenkpakkies aan reisigers te oorhandig om hulle te motiveer om Piketberg ‘n volgende keer weer te besoek. Om ‘n suksesvolle verwelkomingsveldtog te kon aanbied, moes elke sakkie die uniekheid van Piketberg bevat, berig die Piketberg Toe rismebeampte, Georgia Abrahams. “Om dié doel
te bereik, het ons ‘n Winkelshoeksappie, potjie konfyt van Fruitlips (Piket-Bo-Berg), laventel-olie van Org de Rac, ‘n Piketberg Museum-boekmerk, akkommodasie-afslag van verskeie gastehuise, ‘n Piketberg Toerisme-plakker, ‘n plaaslike koerantjie (Die Piketberger), Midas Piketbergnotaboekie, ‘n Snoek & Patatfeesplakker, asook ‘n kaart van Piketberg hierby ingesluit.” Die plaaslike verkeersafdeling het gehelp met die veilige stop en aftrek van voertuie en rei sigers was aangenaam verras toe hulle instede van verkeersboetes, elkeen ‘n geskenkpakkie ontvang het.
Promosie
Stalletjiehouers het bont gestaan om van die disse eie aan Goedverwacht voor te sit.
Links: Allerhande lekkernye was te koop aangebied om die honger te stil.
Nuwe bedeling:
Tip Trans, soos Swartlanders dit van 2008 af ken, het gister hul nuwe operasionele kantoor vir verkope en bestuur in Klipheuwel geopen, met die naam Tip Trans Cape. Die administratiewe kantoor bly wel in die oorspronklike kantoor op Moorreesburg, sê Rudi Laubscher, algemene bestuurder. Bo verkeer die stigter van Tip Trans, Fanie Visser, in goeie luim saam met sy seun, Pieter Visser.
LINKS EN ONDER: Hierdie groep van Atlantis, met die naam VMR (vision music records), het die feesgangers vermaak met musiek uit die boonste rakke.
9
LANDBOU • AGRICULTURE 2 Julie 2014
Weilande wat lekker smaak
Sakkie du Toit van Muggievlak buite Koringberg se merino-skape (poenskop) het die naweek nuuskierig na die kamera geloer.
Swartlandse water is skaars, sê geoloog “Melkboere het altyd baie water nodig, daarom is die aanwys en gehalte van ondergrondse water altyd ‘n belangrike onderwerp vir ons,” het Nina Slabber, voorsitter van die Suiwelstudiegroep van die Malmesbury Landbouvereniging gesê ná die jaarvergadering verlede week hier gehou is. “Boere wat nuwe grond wil koop, stel beslis ook belang om te weet of daar ondergrondse water beskikbaar sal wees.” ‘n Hidrogeoloog, Dylan Blake van Umvoto Africa, het verlede week die Suiwelstudiegroep toegespreek oor waar en hoe ondergrondse water in die Swartland aangetref kan word. Hy het inleidend ‘n geologiese oorsig van die Swartland gegee en daarna gekonsentreer op die tipe akwifers (waterdraende gesteentes) wat in die Malmesbury Groep-gesteentes aangetref word. “Indien jy wil boor vir water, teiken die volgende tipe akwifers: 1. Verskuiwings (breuke) 2. kontakte tussen graniet en die Malmesburyskalies en 3. waar daar diep sand voorkom soos bv. by Atlantis of ou rivierbeddings. Waar enige van hierdie drie akwifers mekaar oorvleuel, is jou kans nog beter, bv. diep sand wat bo-oor ‘n verskuiwing lê”. Volgens Blake sal die Malmesbury Groepgesteentes oorwegend water met ‘n hoë soutinhoud oplewer, omdat die Malmesbury Groepgesteentes in ‘n mariene-omgewing afgeset is. “Varser water word hoofsaaklik gevind in groot strukturele verskuiwings (breuke) soos die Colenso- en Worcester-verskuiwings, want weens hul regionale strekking word vars water tot die verskuiwing gevoeg vanuit die berge wat hoofsaaklik bestaan uit Tafelberg-sandsteen. Diep sand is ook ‘n goeie akwifer vir vars water.” Blake het ook verwys na die verskillende eksplorasie metodes, tipes boormasjiene en die belangrikheid van goeie toesig tydens die boorproses. Hy
Geoloog Dylan Blake het verduidelik hoe pomptoetse gedoen word om die kapasiteit van ‘n nuwe boorgat te bepaal om sodoende nie die boorgat of die bure se boorgate leeg te trek nie. “Water is skaars in die Swartland, daarom is dié kennis baie belangrik,” het Blake gesê. Die maatskappy vir wie hy werk, is aktief in die Wes- en Suid-Kaap, maar doen ook projekte regoor die land. Die rol van besoedeling is ook aangeraak: “In die Oos-Kaap het die gebruik van ingevoerde bemesting wat swaarmetale bevat, ‘n hele pynappelbedryf gekelder. In Phillipi veroorsaak bemesting deur besproeiing dat swaarmetale konsentreer in die sandakwifer. Die Kaapse Vlakte is sodanig besoedel dat water wat vroeër jare as drinkwater gebruik kon word, nou vir altyd verlore is.”
LANDBOU • AGRICULTURE
10
2 Julie 2014
Vroue: VLV - Anna Lesch, Magda Potgieter, Antoinette Versfeld, Mia Louw (VLV-voorsitter), Lizette Lewis (Pick n Pay - borg), Nelia Kirsch (Pick n Pay - borg), Jeanette Orchard en Landi Visser van Figure.
Granaat: Van antieke vrug tot modegier Die granaat is ‘n apteek op sy eie, dit word gelys as een van die wêreld se vyf supervrugte en word reeds langer as 7 000 jaar vir sy medisinale voordele gebruik. Dit is een van die oudste bekende vrugtesoorte – dit word reeds herhaaldelik in die Bybel genoem - maar in Europa is die granaat aanvanklik meer prominent as ‘n simbool gebruik eerder as ‘n vrug, soos weerspieël in kuns, godsdiens en in literatuur. In die ou dae het feitlik elke Suid-Afrikaanse agterplaas ‘n granaatboom gehad, is die vrugte soms vir die varke gegooi, is dit as ‘n onbelang rike vrug geag, maar deesdae is granate weer skielik ‘n mode-item - en baie duur! So het Antoinette Versfeld van Darling onlangs tydens ‘n lesing aan die VLV op Malmesbury verduidelik. “Dis baie moeilik om granate in Suid-Afrika te vestig, want dit kom hoofsaaklik uit die noordelike halfrond,“ sê Antoinette. Granate het oorspronklik uit Iran en die Midde-Ooste gekom; van die 2,5 miljoen ton wêreldwyd, kom net 50 000 ton granate uit die suidelike halfrond en dit sluit die kompeterende lande Peru & Chile in. ‘Die eerste kommersiële granate is in 2000 in SA geplant en op ‘n stadium was daar 1 200 ha in SA. Maar nou staan ons op 800 -1 000 ha.” Anders as enige ander plante behoort die granaat aan sy eie botaniese familie, Punicaceae, met net een prominente spesie: Granaat: Genus Punica. Daar is geen nabye plantfamilies nie. Antoinette, wat pas baie werk ingesit het om die granaat as ‘n handelsmerk te vestig, glo die geslagte voor ons was baie bewus van die gesondheidswaarde van die granaat: “Vandaar dat hierdie bome op elke plaas en feitlik in elke agterplaas te kry was. Van die probleme wat die landbouers, wat die eerstes was om granate kommersieel te plant, aanvanklik ondervind het, was dat daar geen verwysingsraamwerk vir die bemarking van granate bestaan het nie. Verder het daar geen sertifisering van kunsmisstowwe of vir spuitmiddels vir gewasbeskerming bestaan nie. Oorspronklik is plantmateriaal van enige kwekery ingevoer en nie net van geregestreerde kwekerye nie, wat meegebring het dat siekte
saam met die plantmateriaal (Botritis) uit bv Indië hierheen ingevoer is, met dié gevolg dat uit die eerste 26 boere 19 alreeds hulle plantasies uitgetrek het. Met meer as 1 000 kultivars wêreldwyd, het dit baie tyd geneem om vas te stel watter kultivars beskikbaar is in Suid-Afrika, en watter die beste aangepas is vir die huidige omstandighede. Volgens Antoinette bied die Wonderful die grootste verskeidenheid vrugte, is dit die gewildste en hou dit ook die langste op die rak. Acco het die voordeel dat dit eerste ryp raak, maar dit het ‘n lae suur-inhoud en hou ook nie baie lank nie. Herskowitch het weer ‘n baie hoë suurgehalte – en juis hierom is Israel besig om ontslae te raak daarvan. Die Kessari/ Bakwa het ‘n hoë suiker- en lae suur-inhoud en is heerlik, maar omdat dit bladhoudend is, dra dit dwarsdeur die jaar bloeisels. “Mens is veronderstel om bloeisels uit te dun, maar hoe meer jy uitdun, hoe meer bot die boom,” verduidelik Antoinette. Algemene riglyne wat Antoinette aangebied het, het betrekking op bloeisels: As ‘n boom begin bot, kan ‘n mens nie die geslag van die botsel sien nie: “Hou dit baie goed dop, want die manlike bloeisel val self af, maar ‘n hermafrodiet bevrug dit self. Siektes en plae sluit die vals Codlingmoth, sonbrand en windskade in.” Van die interessantste rate en kure wat granate bied, behels dat granaat-ysies en granaatolie-kap sules help vir menopouse; die skil het baie tanniensuur en is goed vir maagsiektes soos bv lintwurm en die bas en die sap van verkreukelde rooi granaatbloeisels word gebruik as kleursel - veral gewild op leer. Granate se simboliek strek wyd, maar sy be kendste simboliese eienskappe is volgens oorle wering vrugbaarheid en oorvloed, koninklikheid, dapperheid en die geloof dat as jy ‘n granaat eet, jy onsigbaar is, of as jy onder ‘n granaatbos slaap, dit sal waarborg dat jy altyd veilig sal slaap. Moderne Turkse bruide sal egter verskoon word as hulle die tradisie van die gooi van ‘n granaat op die vloer uit hul trou-ritueel sal wil verban: Volgens tradisie bepaal die getal pitte wat met die gooi-slag uit die granaat val, hoeveel kinders die bruid uiteindelik sal hê.
LANDBOU • AGRICULTURE
11
2 Julie 2014
Landboudagboek 8 - 9 Augustus
Bolandse Landbou-Veterane Expo Op Malmesbury gehou Kontak 073 391 8495 Faks 086 556 6223
16 Augustus
Aurora Skou En Gimkanaklub Kontak 022 952 1600 Faks 022 952 1600 E-Pos: auroraskou@gmail.com
21 - 23 Augustus
uteniqua Skou (George) Kontak 044 873 4165
21 - 23 Augustus
Porterville Skou Kontak 022 931 2460 Faks 022 931 2460 E-Pos: info@portervilleskou.co.za
3 - 6 September
Swartland Skou (Moorreesburg) Kontak 022 433 1607 Faks 022 433 1607 E-Pos: info@swartlandskou.co.za
17 - 20 September
Agri Mega Week Kontak 028 424 2890 Faks 028 425 3788 E-Pos: orton@agrimega.co.Za
25 - 27 September
Malmesbury Skou Kontak 022 482 3180 Faks 086 513 6646 E-Pos: benleck@lantic.net
Our nutrition unlocks your animals’ genetic potential
Since 1942, Meadow Feeds has developed the pedigree required to consistently supply high quality feed to our customers. Our passion is to be the leading supplier of innovative, high performance feed solutions. Our purpose is to employ the latest technology and to scientifically unlock the genetic potential of modern farm animals. This process includes research and development in partnership with the world’s leading feed companies. Our raw materials are comprehensively analysed
PEOPLE
Ondervoorsitter: Die nuwe ondervoorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging is Koot Claassen.
before acceptance to ensure quality standards are always met. Then, using the benchmark in formulation software, we balance the animal’s diet at a nutrient level. During the manufacturing process, precise control systems ensure that the right ingredients are accurately blended. Our logistics team delivers the feed, ensuring the bio-security and traceability chain is maintained throughout. Registered scientists then provide on-farm feed solutions, ensuring that the optimum feed is fed correctly. As a
PEDIGREE
PASSION
PURPOSE
meadowfeeds.co.za
member of the Animal Feed Manufacturers Association, internationally accredited quality assurance systems ensure that our products fulfil our promise to deliver “Safe Feed for Safe Food”.
PROCESS
PROMISE
NUUS • NEWS
12
2 Julie 2014
Boland vir PHS-spelers
Promosie
Erich Kankowski, Christie van der Merwe en Benna van die Westhuizen van Hoërskool Piketberg is in die Bolandspanne opgeneem vir die Cravenweek wat in die Junie-vakansie plaasvind. Gysbert Dippenaar, ook van Piketberg, is in die Akademiespan opgeneem.
Truie: Laerskool Swartland het nuwe O/13A rugbytruie ontvang wat geborg is deur Tyremart – Nico Pieterse en EFT/Teufelberger – Ernest en Charlie Thompson. Op die foto staan hulle soos volg: Charlie Thompson, Ernest Thompson, Willbur Jasson (Kaptein), Kallie Rautenbach (Skoolhoof) en Nico Pieterse.
Promosie
Christie van der Merwe
Erich Kankowski
Benna van der Westhuizen
Kekkel en Kraai:
Die wenner van die fiets wat Kekkel en Kraai in ‘n kompetisie uitgeloot het, is gister bekendgemaak. Hier oorhandig Maria van Rhyn die fiets aan die wenner, Christoff Carstens. Carstens sê hy het net een keer deelgeneem in dié kompetisie.
Gimnastiek: Die akrogimnastiekklub van Malmesbury het die vorige naweek op Moorreesburg teen ander klubs gekompeteer. Hier is Sophia Puchert, Carla van Zyl, Jana du Plessis, Rumadre Lawrence, Sanri Cloete, Paula-mari Gerber.
Nomineer jou gunsteling sportlegende nou
Die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur nooi die publiek uit om sportlegendes in die Wes-Kaap te nomineer. Die doel hiervan is om eer te betoon aan sportlegendes, helde en ikone wat bygedra het tot die ontwikkeling, transformasie en groei van sport in Suid-Afrika. Kriteria vir nominasies sluit die volgende in: Mense wat ‘n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van sport, ‘n lewe van bydraes tot sy spesifieke sport gelewer het, ‘n bydrae voor 1992 gelewer het; en genomineerdes moet verkieslik rondom 50 jaar oud wees. Hoewel genomineerdes verkieslik naby aftrede of reeds afgetree moet wees, sal uitstaande nominasies, waar die kwalifikasie vir homself praat, steeds oorweeg word. Motiveringsbriewe oor elke genomineerde
sportheld moet verwys na die bogenoemde aspekte wat van toepassing is, en ook verwys na die datum en plek waar die held begin het, wat die prestasies was en op watter wyse die persoon bygedra het tot die ontwikkeling van die sport in sy gemeenskap. Aspekte wat die motiveringsbrief versterk, is of daar enige tasbare bewyse is van die bydraes tot die ontwikkeling wat die persoon gedoen het vir die sport? Nominasies sal geëvalueer word deur die komitee wat deur die departement aangestel is. Stuur jou nominasie so gou moontlik na Bennett.Bailey@westerncape.gov.za of Lindeka. rwali@westerncape.gov.za Bennett Bailey kan ook gekontak word vir meer inligting by 021 483 9631, of Agnetha Jeftha by 021 483 9652.
NUUS • NEWS
13
2 Julie 2014
swartland kalender/diary
Promosie
Die o.13A-rugbyspan van Chatworth Primêr het hul sportdrag van JB’s Nissan ontvang.
Kerkdiens op Malmesbury 6 Julie - AGS Corpus Christi se oggend diens om 09:30 deur die prediker: Roderick Onverwacht Geen aanddienste tydens vakansie. Navrae: 073 447 2902. Kerkdienste op Riebeek-Wes 2 Julie - Die AGS-gemeente hou hul biduur om 19:30. 6 Julie - Die AGS-gemeente hou hul nagmaaldiens om 10:00 met die Tema: ‘Die Here dek n tafel in die woestyn.’ Skakel 0761585471 vir navrae. Methodist Church of SA St. Thomas st Malmesbury 6 Julie - 9:15 Sunday Worship Service All are welcome 8:30 Sunday school (except during School holidays) Mid week Activities 7 pm Tuesday Prayer meeting at the Church in St Thomas Str. 7 pm Wednesday Bible Study - Westbank Tel 022 4866087 7:30 pm Wednesday Bible Study Malmesbury Tel 0828905433 Any further Inquiries contact Rev John Beck at Tel 0224823623 PPK Kerkdienste Malmesbury 6 Julie - Die oggenddiens om 10:00 en aanddiens om 18:30, op die h/v Dr Euvrardstr en St Thomasstr en almal is welkom. Navrae by 022 48 22766. Services for Methodist Church of SA in Malmesbury 6 Julie - Sunday Worship Service at 9:15 - All are welcome/ 8:30 Sunday school (except during School holidays). Midweek activities include Tuesday Prayer meeting at the Church in St Thomas St (19:00); Wednesday Bible Study - Westbank at 19:00 (022 4866087); Wednesday Bible Study at 19:30- Malmesbury (0828905433). Inquiries contact Rev John Beck at Tel 0224823623. Goedverwacht youth week: 7-11 July: Program for the week: 07-Jul: HIV/ STI / TB & SAP Piketberg 08-Jul: Correctional Service (Porterville) & SAP Piketberg 09-Jul: Career day by institutions – CPUT, UWC, Northlink College, Dermatech, Prestige Academy, UNISA, University of Stellenbosch, etc. Exhibitions by companies: PPC Cement, SASOL - Sasolburg 10-Jul: Sports Day & SAP Piketberg 11-Jul: Saldanha Navy Contacts: Gerhard & Shawné Esau (0812700155 / 0813623065)
Skoolreünie van Schoonspruit Sekondêr. 11 tot 13 Julie - Al ons klasmaats van Schoonspruit SS Skool van 1989 word uitgenooi na hul reünie @ R100 per dag per bywoning. Navrae : Zenobia – 082 781 1646 of Zelda - 076 389 7574. Snoei-Só op Moorreesburg 12 Julie - Gratis snoei-demonstrasie by die Moorreesburg Kwekery om 10:00 - geen bespreking is nodig nie. Navrae by 022 4333232. Snoei-Só op Malmesbury 19 Julie - Gratis snoei-demonstrasie by die Malmesbury Kwekery om 10:00 - geen bespreking is nodig nie. Navrae by 022 4822612. PPC Marathon op Riebeek-Wes 26 Julie - Die PPC Marathon vind plaas, die aansoeke sluit 21 Julie. Navrae kan gerig word aan Ilse Vlok by 079 523 5145 of epos haar by helderberg565@telkomsa.net.U kan ook die PPC facebook-blad besoek vir die jongste nuus en foto’s. Choc-konsert by Allesverloren 30 Julie - CHOC se Bergrivier rubberbootvaart skop af en vier sy eerste aandkonsert by Allesverloren se funksielokaal @ R120 pp en sluit ‘n warm ete in. Bespreek kaartjies by Bertus Bester (073 017 4402) of Attie (083 427 2488). Talente-aand op Malmesbury 27 Julie - Die AGS Corpus Christi hou om 18:00 hul talente-aand en almal is welkom. almal het ‘n talent almal en welkom om op te tree. ontak 073 447 2902 vir meer inligting. Women of Substance 8 en 9 Augustus - Destined to Reign is die tema vir die jaarlikse vroue-konferensie wat die Malmesbury -gemeente aanbied in die Fountains Hotel, St George’s Mall in Kaapstad. Watsap 0836485561 of mail wosnetwork@keepthedream193.com vir besprekings.
Die o.13A-sokkerspan van Chatworth Primêr het hul sportdrag van JB’s Nissan ontvang.
HSS Wintertoernooi bied 26 wedstryde oor 2 dae Dit is weer tyd vir Hoërskool Swartland se jaarlikse rugbytoernooi, wanneer 24 spanne oor twee dae in die Julievakansie kompeteer teen skole van regoor die provinsie. Vier skole uit Brittanje sal ook hul staal wys in wedstryde wat beslis sal word in wedstryde van o.15, o.16 en o.18-spelers. Op Donderdag 17 Julie word die eerste wedstryde vanaf 8:30 beslis. Die wedstryde sal tot ongeveer 19:00 duur. Saterdag 19 Julie se program word op dieselfde tye beslis, maar die wedstryde op die C-veld sal Saterdag vroeër ophou. Dié wintertoernooi het oor die laaste vyf jaar ‘n instelling geraak op die bodem van Hoërskool Swartland en lok vanjaar weer die skole van Augsburg op Clanwilliam, Bellville Hoër,
Brackenfell Hoër, Charlie Hofmeyer (Ceres), Cradock Hoër, Durbanville, Despatch, Piketberg, Stellenberg, Tygerberg, Swellendam Hoër en Volkskool en Vredenburg. Die Britse spanne in aksie is die Manchester Grammar School, Royal Grammar School High Wycombe, Pates Grammar School en die Campbell College. WP skeidsregters sal vir elk van die wedstryde ingespan word. Die meeste van die spelers sal in die skoolkoshuise in die dorp oornag, terwyl die Vrydag vir besigtigingstoere ingespan sal word. Besoekers en belangstellendes is ook welkom om dié toernooi by te woon, waar nie net die sport nie, maar ook die Swartlandse gasvryheid iedereen sal laat tuis voel.
Hokkie: Marlene Kellerman van Laerskool Swartland is verkies vir Psi Boland Indoor Hokkie-span. Sy is O.12 en is verkies tot die O.12 Boland Foxes (A-span). Hulle sal 4-6 Julie in Kaapstad deelneem aan die Psi Junior Nasionale-kampioenskappe.
AA-byeenkomste Dinsdae om 18:30 vergader die AA by die Suiderkruis-sentrum in Esterhof, Riebeek- Kasteel. Skakel Daniel by 082 871 6992 vir navrae. Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdagoggend om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Kontak past. David Davids by 076 686 6002 of 022 486 5656 vir nog inligting. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word.
Abbotsdale: Die Abbotsdale behuisingsprojek, geleë teenaan die N7 suid van Mal mesbury, nader nou vinnig voltooiing. Die simboliese sleuteloorhandiging aan die eerste nuwe huis-eienaars het reeds in April plaasgevind, waarna die elektrisiteit en water nog aangelê sou word. Die meeste van hierdie huise is nou reeds dakhoogte.
14
SMALLS • DIENSTE
2 Julie 2014
15
SMALLS • DIENSTE 2 Julie 2014 Algemeen General
AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, ornamente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook manskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oor kant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915. ---------------------------GETROUDE, professionele paartjie soek huis te huur in Malmesbury omgewing. Minimum 2 slaapkamers met omheinde erf vir vriendelike skaaphond. Dringend asb!! Kontak Martelle Mostert by 082 566 4561. ---------------------------SAAMRYGELEENTHEID gesoek - Maandag tot Vrydag vanaf Malmesbury na Riebeek-Wes. (08h00 tot 17h00). Kontak 072 557 8308.
Dienste Services
ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. ---------------------------DIEREVERSORGING - Ek is ter enige tyd beskikbaar gedurende naweke, skool vakansies of rondom krisistye om na u diere om te sien soos benodig. Kontak 084 317 8671. (Moorreesburg area). ---------------------------JUST 4 FUN BALLOONS- (Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak Anemie by 082 565 3722. ---------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za ----------------------------
NEW FREEZE-Verkoelingspesialis. Herstel yskaste. Diens en installeer oor lugversorgers. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Verkoop ook 2de handse yskaste. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 573 1589/faks: 086 503 5827. Epos: mynhardv@vodamail. co.za-------------------------------UITHAAL VAN HEUNING asook verwydering van bye. Kontak Kobus du Plessis-083 722 7787/022 482 2767. ----------------------------Vir u alles in een dienste van:Bereddering van boedels;Eise beserings / skade / motorongelukke; huisoordragte. Skakel: 0834389735 / 0766954006”
Te Koop For Sale SPLINTERNUWE Dstv dekodeerder in boks, onoopgemaak met skottel @ R500.00. Malmesbury. Kontak 071 133 8817. ---------------------------TWEEDEHANDSE klere in netjiese toestand. Alle nommers en iets vir almal asook verskeidenheid babaklere. Kontak 072 245 1850. ---------------------------VARS uitgedrukte suurlemoensap te koop in Malmesbury omgewing @ R20.00 vir 2 liters en R50.00 vir 5 liters. Kontak 082 832 2458.
Eiendom te Koop Property for Sale 2 SLAAPKAMER HUIS - Angelierstraat 6, Darling @ R170 000.00. Om te besigtig kontak eienaar by 076 596 9213. ---------------------------3 SLAAPKAMER HUIS - Binne-braaikamer, sitkamer, eetkamer, studeerkamer met eie ingang, badkamer en aansluit aan hoofslaapkamer asook buite-braaikamer. Alles @ R900 000.00. Kontak 083 937 0971. Maandae - Donderdae tussen 7h00 - 16h00 kan jy die landlyn skakel by: 022 482 2778
Te Huur To Let RUIM 3 slaapkamer huis te huur in Malmesbury @ R6100.00 pm. Beskikbaar vanaf 01/09/2014. Kontak 082 578 6384.
Perseel te Huur Premises to Let BESIGHEIDSPERSEEL te huur in Malmesbury. Sentraal geleë vir ligte besigheid @ R6100 per maand. Kontak 083 628 9718. ---------------------------TOP EIENDOMME - Industriële eiendomme asook store te huur met ‘n keuse van groottes, goeie ligging en ook netjies. Kontak Hilda van Zyl - 022 487 3817/8. ----------------------------
STOOR TE HUUR ( x2) - 180 vkm @ R3200.00 + btw, stoor te huur - 300 vkm @ R7500.00 + btw. Baie sentraal geleë en nie in die industriële area. Onmiddellik beskikbaar. Kontak 083 283 7897.
Diere Animals GREAT DANES beskikbaar: 1 Mantel Reun @ R5000.00, 1 Marlequin reun @ R4000.00, 2 x Marlequin tewe @ R4000.00, 1 Merle reun @ R3500.00. Gebore op 23 Mei 2014. Kontak Petro 083 283 2018.
Betrekking Vacancy Benodig installeerder
van motorhuisdeure en diefwering. Kode 8 lisensie ‘n vereiste. Vorige ondervinding sal in u guns tel. Tel: 022 482 3092. ----------------------------SPEEDY MALMESBURY-Exhaust Fitter gesoek: Ondervinding met goeie verwysings en lang diensjare. Skakel 082 370 9521.
Kontak Theresa om hier te adverteer by 022 487 3221
courant
2 Julie 2014
die
SPORT
tel 022 487 3221
2 Julie 2014
Sportuitslae - Sports results
BO: Ashley Haigh-Smit en Damian van As tref ‘n waterbad. LINKS: Darren en Llewellyn van Greunen.
• Nat paaie gee ekstra skop aan ren
Ashley, Damian wen tuis Bykans perfekte weersomstandighede het die 19 tydrenspanne ontvang by Malmesbury Toyota op Saterdag vir die vierde ronde van die 2014 WP tydrenkampioenskap. Die tydren het egter die spanne deeglik beproef met heelwat staande water en in besonder, een baie uitdagende rivierkruising digby die einde van die Middelpos-trajek wat as die tweede en vyfde trajekte benut is. Algeheel het Ashley Haigh-Smith and Damian van As op tuisfront gewen in hul AHS Racing S5 Ford Fiesta R2 1.6 met die pa en seun-kombinasie van John en Weston Peiser effe teleurgesteld in die tweede plek. Die Speed Pro Cycling Com-
ponents S5 Subaru Impreza GT 2.0 Turbo het drie van die vyf trajekte gewen en na sekere oorwinnaars gelyk totdat die motor skielik in die finale trajek krag verloor het en hul noodgedwonge ‘n tweede plek moes aanvaar. Shaun Jones en Mark Avice du Buisson was derde algeheel in hul Avice Pest Control S4 E36 BMW 328i nadat hulle ook tyd verloor het met waterverwante probleme. Uiteindelik het 11 van die aanvanklike 19 spanne die eindpunt op Nuwedam gehaal. André Cleenwerck en Justin Gay word ook deur water vertraag, maar wen steeds hul klas en eindig vierde algeheel in die Mobile Cooling VW Polo 1.6 20v. Trevor Hodges en Yusuf
Ganief was vyfde in hul Claremont S3 VW Golf MkIII GTI en in die sesde plek was dit die S2 klaswenners Tiaan Rabe en Nico Esterhuyse in hul Time2Travel VW Golf Chico 1.6. Die klaswenners was: S2 Tiaan Rabe en Nico Esterhuyse Time 2 Travel VW Golf Chico 1.6 S3 André Cleenwerck Jen ustin Gay Mobile Cooling VW polo 1.6 20 S4 Shaun Jones en Mark Avice du Buisson Avice Pest Control BMW E36 328i S5 Ashley Haigh-Smith en Damian van As AHS Racing Ford Fiesta R2 1.6 - Patrick Vermaak
Skryf nou in vir PPC Cement Riebeeck Bergmarathon Die gewilde PPC Riebeeck Bergmarathon vind vanjaar die 29ste keer plaas en wel op Saterdag 26 Julie. Inskrywings sluit reeds 21 Julie en geen laatinskrywings sal aanvaar word nie. Die marathon word deur PPC Cement en die Swartland Atletiekklub gereël en dien as ‘n kwa lifiseerder vir die Comrades marathon.
Buiten die standaard 42,2km marathon is daar ook ‘n halfmarathon (21,1km), ‘n 10kmstap en ‘n 5km-pretstap. Al die wedlope begin en eindig by PPC Cement. Die marathon begin om 07:30, gevolg deur die halfmarathon om 08:00. Stappers kan ook die 21,1km aandurf.
Die 10km-deelnemers spring om 08:45 weg en die pretloop om 08:45. Navrae kan gerig word aan Ilse Vlok by 079 523 5145 of epos haar by helderberg565@telkomsa.net. Lesers kan ook die PPC facebook-blad besoek vir die jongste nuus en foto’s.
Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner 25 Junie 2014 Enkel Stableford 1.Marcelle Prinsloo 20; 2. Marcell van Lill 19; 3. Donato Stelluto 17 Friday Sundowner Enkel Stableford 1. Ziegmund Lategan 24; 2. Marcelle Prinsloo 21; 3. Adriaan Vlok 21; 4. A. de Leeuw 20 Houespel Vlag & Enkel Stableford 1. F Slabber no. 18; 2. W. Beukes no. 18; 3. W. Schreiber no. 18; 4. W. van Niekerk no. 18; 5 J. De Beer no. 18; 6 A. Ackerman no. 18; 7 J. Ackerman no. 18 Enkel Stableford A. Ackerman 38; W. Beukes 37; W. Schreiber 37; J. Ackerman 36; W. van Niekerk 36; J. de Beer 35; F. Slabber 35; T. Myburgh 33 Moorreesburg Gholfklub Maandelikse Houespel A-Afdeling: M Carr 65; A Marcus 66; D Sass 73 B-Afdeling: S Fourie 73; J Durr 74; M Wiese 75 C-Afdeling: A Kriel 74; N Bester 75; R Liebenberg 80 Wedvlugduiwe Malmesbury Wedvlugklub Leeu Gamka Jaaroud uitslag 1 M Hill 1371.9518; 2 C Basson 1360.4059; 3 C Basson 1357.4539; 4 F Meintjes & Seuns 1357.2588; 5 Wc Bester 1357.0771; 6 F Meintjes & Seuns 1357.0622; 7 F Meintjes & Seuns 1356.8656; 8 Wc Bester 1356.7844; 9 Wc Bester 1356.4917; 10 F Meintjes & Seuns 1355.8836 Leeu Gamka Ope Uitslag 1 J Steenkamp 1458.9830; 2 F Meintjes & Seuns 1448.7782; 3 G Horn 1447.9617; 4 G Horn 1447.6258; 5 G Horn 1447.1783; 6 F Meintjes & Seuns 1444.4222; 7 E Kotze 1442.1827;8 F Meintjes & Seuns 1440.6459; 9 J Steenkamp 1435.0689; 10 J Steenkamp 1434.6294 Moorreesburg Wedvlugklub Leeu Gamka Jaaroud 1 1. Frans Jooste 1395.1320; 2. Yt & Tuis 1386.6068; 3. Yt & Tuis 1386.0926; 4. Frans Jooste 1380.0000; 5. Hmo Smit En Seun 1308.0494; 6. Frans Jooste 1304.7185; 7. Frans Jooste 1302.1750; 8. Steenekamp Lofts 1228.5563; 9. Frans Jooste 1219.6374; 10. Yt & Tuis 1219.2406; 11. Steenekamp Lofts 1212.4193; 12. Frans Jooste 1198.6887; 13. K Huister En Seun 1192.5364; 14. Hmo Smit En Seun 1191.3588; 15. Hmo Smit En Seun 1190.9045 Leeu Gamka Ope 1 1. Steenekamp Lofts 1407.4919; 2. K Huister En Seun 1402.8576; 3. K Huister En Seun 1398.1338; 4. Steenekamp Lofts 1390.5707; 5. Boeties Loft 1384.1956; 6. Frans Jooste 1361.9122; 7. Yt & Tuis 1354.4466; 8. Hmo Smit En Seun 1343.8890; 9. Frans Jooste 1333.5572; 10. Frans Jooste 1321.4965; 11. Boeties Loft 1320.3522; 12. Yt & Tuis 1315.0809; 13. Boeties Loft 1309.9584; 14. Yt & Tuis 1309.1845; 15. Steenekamp Lofts 1308.6981 Atletiek 2014 Boland Halfmarathon-kampioenskappe Vroue Meesters 3. Wanda Carstens 2:01.26 Meesters Mans 2. Louwtjie Swarts 1:50:38
uitslae geborg deur