Die courant 299 (26 november 2014)

Page 1

courant

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

swartland en weskus Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

26 November 2014

Uitgawe 299

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

• KOUE WATERS STUIT HUL NIE

gebly om ‘n riometer vir Suid-Afrika te ontwerp, waarmee die ionosfeer afgeneem word. Later is hy terug Antartika toe vir ‘n paar maande om dit te gaan installeer. Sanae was die ou Noorweegse basis op Antartika. Op 1 Desember 1959 het Suid-Afrika saam met elf ander lande die Antarktiese Verdrag geteken en later dié jaar het die eerste SA Nasionale Antarktiese Ekspedisie (Sanae), daarheen vertrek. Elke ekspedisie bestaan onder meer uit ‘n dokter, twee dieselwerktuigkundiges, ‘n elektriese ingenieur, ‘n meganiese ingenieur, ‘n elektroniese ingenieur, ‘n senior weerkundige en twee fisici. Geestelik en emosioneel stel die ekspedisie hoë eise: Die winter is tien maande lank en dan is dit donker, met net twee tot drie ure per dag se skemerlig. Maart is normaal, maar in die somer is dit heeltyd lig.

Johan en Morgan O'Kennedy is op pad na Antarktika.

D

Neefs na Antarktika

aar is dromers en doeners in die lewe. Die O’Kennedy-neefs van die Weskus het hulle drome in doen omskep. Avontuur is in hul bloed en op die oomblik spel dit Antartika. Oor ‘n week vertrek die twee Suidpool toe om vir 15 maande op die Sanae-basis te werk. dié courant het by hulle gaan inloer om oor die ekspedisie te gesels. Morgan, wat van Porterville af kom, en Johan het by dié se ouers op Malmesbury voorberei vir die tog. Die opgewondenheid is duidelik, maar die praat is maar min. Gelukkig kuier die pa’s saam en met die hulp van ds Johan en sy broer, Tommy, kon ons darem die slimheid agter die skigtigheid agterkom. Johan (26) het geologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ná ‘n honneurs het hy eksplorasiewerk by ‘n Zambiese myn gedoen.

Hy het altyd in die natuur belang gestel en was ‘n Voortrekker op skool en universiteit. Vir hom is Antarktika die laaste bastion, ‘n stukkie ongerepte natuur wat nog behoue gebly het. Natuurlik was dit vir hom ‘n groot aansporing om saam met sy neef die avontuur aan te pak. Dit is Morgan (30) se derde ekspedisie en hy is vanjaar ook die leier van die oorwinteringspan. Hy het elektroniese ingenieurswese op Stellenbosch studeer en in 2008 was hy die eerste keer lid van dié span. Morgan is ‘n kenner van selfoon-tegnoglogie en hy het twee jaar in Oos- en Wes-Afrika, asook Saoedi-Arabië gewerk. Hy het ‘n groot belangstelling in sterrekunde en het dan ook gaan data insamel vir Potcefstroom Universiteit se ruimtefisika-program. Met sy terugkeer in 2009 het hy by hulle aan-

“Ek glo hulle maak seker van die mense wat op die ekspedisie gaan, maar dié twee se koppe is sterk,” sê Tommy. Morgan vertel dat ‘n mens se Godsbesef versterk word deur hierdie onherbergsame wêreld waar geen mens dit sonder tegnologie sal kan oorleef nie. Daar is ook min dierelewe: aan die kus is daar nog Keiserpikkewyne en robbe te sien, maar dieper, waar die basis is, is daar net stormvoëls te sien. Die laaste woord behoort aan Johan, met ‘n aanhaling deur Andrew Denton: “If Antarctica were music it would be Mozart. Art, and it would be Michelangelo. "Literature, and it would be Shakespeare. "And yet it is something even greater; the only place on earth that is still as it should be. May we never tame it.”

Nuwe hoop vir Jo Dolphin

Nuwe kampioen vir Meesters

Eeu van geluk gevier

NUUS • NEWS

26 November 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.