Die courant 298 19 nov 2014

Page 1

courant swartland en weskus Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

19 November 2014

Uitgawe 298

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Uithou: Jacques Augustyn op Koringberg Zena, Karin van der Merwe (links) en Wilna Augustyn gee 'n voorsmakie van die unieke uithourit.

mens, perd en masjien daag mekaar uit

Wedloop met kinkel Uithouvermoë is uithouvermoë: of dit nou perdry, fietsry of draf is. Dit is hoekom die Swartland Uithouritklub besluit het om dié drie sportdissiplines in 'n unieke byeenkoms te verenig op Saterdag 24 Januarie 2015 by Môreson naby Malmesbury. Hulle wil perde-uithouritte kombineer met ruiters, drawwers en fietsryers wat as spanne deelneem - al drie die deelnemers moet hulle onderskeie afstande suksesvol voltooi om in aanmerking te kom vir pryse. Jacques Augustyn, een van die organiseerders, is die voorsitter van die Swartland Uithouritklub en ook Hoof Ritmeester van ERASA (Endurance Ride Association of South Africa). "Só ‘n byeenkoms is so ver ons weet, nog nie in Suid-Afrika gedoen nie en die gedagte is dat dit n dag van pret en ontspanning sal wees en

dat die verskillende dissiplines van mekaar se sporte moet leer." Die spanne sal saam wegspring op Môreson en weer daar eindig. Die res van die wedren volg hulle drie verskillende roetes: die perde oor 60km, die fietsryers oor 40km en die drawwers oor 15km. Die roetes gaan oor verskeie plase en nêrens word daar enige hoofroetes, soos die N7 of die Klipheuwelpad, gekruis nie. "Deelnemers kan as ‘n span inskryf, anders sal ons die Vrydagaand lootjies trek en spanne kies." ‘n Veearts sal Vrydag die perde ondersoek en die Saterdag ook halfpad deur die wedren, om seker te maak dat hulle fiks en gesond is. Augustyn het aan dié courant gesê die hoofdoel is om voete by dié perdesport te kry. "Dit is

nie ‘n toeskouer-vriendelike sport nie, maar op dié manier gee ons mense iets om na te kyk." Verskeie uitkykpunte sal geïdentifiseer word vir toeskouers wat die skouspel wil gadeslaan. Die meeste deelnemers sal reeds die Vrydagaand uitkamp op Môreson, want die volgende oggend gaan daar douvoordag weggespring word. Etes kan ook vooraf bespreek word vir Vrydagaand. Die Swartland Uithouklub het sy ontstaan in 1993 oor ’n glas koeldrank op Piketberg gehad. Een van die stigterslede was die bekende ruiter, Corny de Villiers. Die klub het op die oomblik 48 lede. Inskrywings open op 1 Januarie en belangstellendes kan op die webblad www.xrc.co.za inskryf. Navrae kan ook aan Augustyn gerig word by 083 753 4487.

SAPD het beste motorhawe in SA

Fondse vir Aandskemering

Energielyne van die aarde bekyk

NUUS • NEWS

19 November 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 298 19 nov 2014 by DieCourant - Issuu