courant swartland en weskus Swartland
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
5 November 2014
Uitgawe 296
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
• SENTRUM IN 2016 VOLTOOI EN GEOPEN
Die nuwe R320 miljoen Malmesbury Mall kan van Januarie 2015 begin verrys op die grond waar die perde wei. Die terrein val met 23 meter en leen hom dus tot twee keldervlakke vir parkering.
Malmesbury Mall van R320m kom Planne vir 'n nuwe Malmesbury Mall aan die noord-oostekant van Malmesbury is reeds ver gevorder en die eienaars, Harry Viljoen Eiendomme, wil in Januarie 2015 met grondverskuiwing vir die nuwe sentrum van 20 000m² begin. Die beplande datum vir die opening van die R320 miljoen-Malmesbury Mall, wat op drie vlakke gebou sal word, is 26 Junie 2016. 'n Woordvoerder van Harry Viljoen Properties, Mario dos Reis, het gister aan dié courant bevestig dat daar reeds raadstoestemming is vir 'n volle Woolworths (2800m²) en 'n "Blue Line"Checkers (dié groep se top-winkel) van 3500m². SowelOcean Basket as Mug & Bean het ook reeds tot die sentrum verbind. Die planne vir die nuwe sentrum as deel van die groter Klipfontein-ontwikkeling oos van Piketbergweg sluit parkering vir bykans 800 voertuie in, onder meer op die twee kelderparkeervlakke. Vandaar sal glashysbakke lei tot die restaurantarea voor Checkers. Harry Viljoen Eiendomme, wat dit van die
Weskus-ontwikkelaar en eienaar van die Laguna Mall, Riccardo Scarpellini, bekom het in 'n "vertroulike transaksie", het onlangs die Maskam Mall op Vredendal voltooi en vroeër sentrums op Caledon, Hermanus, Robertson en Bredasdorp gebou. Hulle is ook gemoeid met planne vir 'n Namaqua-sentrum op Springbok en bedryf die sentrums self. Die Malmesbury Mall kan ook Panarottis en winkels van Pep Home, Mr Price Home, Edgars, Pick n Pay Clothing, asook takke van handelsbanke huisves. Die ingang vir die nuwe sentrum is teen die bult tussen die verkeersafdeling en die nuwe sirkel wat onlangs voltooi is. Die Klipfontein-ontwikkelaar, Ian Phillips, het gister bevestig dat hulle binne drie weke wil begin met die werk aan die Fonteine aftree-oord net oos van die nuwe Malmesbury Mall se terrein. Volgens Dos Reis kan die Malmesbury Mall ook 'n derde ankerhuurder huisves as onderhandelinge in dié verband slaag. Hy het gesê die sentrum sal 750 permanente
werksgeleenthede skep. "Ons ondervinding is dat al het só 'n sentrum 'n invloed op die sentrale sakekern van 'n dorp, dit met tyd weer herstel, soos met die Spar op Robertson. "Ons het vyf jaar gelede besluit om na die platteland te beweeg omdat daar groei is en omdat daar nog baie dorpe is waar die geld uit die dorp geneem word om in die groter sentrums te spandeer. Met so 'n sentrum buite die dorpskern skep ons 'n "destination" en help ons dat geld wat voorheen uit die dorp gevloei het, binne die dorp spandeer word," het Dos Reis gesê. Hy het bygevoeg dat dit 'n baie mooi perseel is en dat daar wel woonbuurte baie naby is. *Hierdie sentrum is nie die groot streeksentrumontwikkeling wat op en langs die Malmesbury Skouterrein beplan word nie. Die streeksentrum wag glo op finale goedkeuring van hul Lupo-aansoek en sover vasgestel kon word, is potensiële eienaars, waaronder Ou Mutual, tans besig om na 'n moontlik aanbod hier te kyk.
Fokus val op landbou
Oupa en Ouma op die ysterperde
Riebeek United eindig derde in liga
NUUS • NEWS
5 November 2014