courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
NUUS • NEWS
27 Mei 2015
Swartland
dié
1
27 Mei 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 322
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
'Sê jou sê' oor beoogde padreëls Phillip Humphreys, hoof van Beskermingsdienste van die Swartland Munisipaliteit, het motoriste gewys op nuwe voorgestelde verkeersregulasies wat pas van die Departement van Vervoer ontvang is. “Dit is fundamentele veranderings wat voorgestel word en ek wil graag hê dat die publiek ingelig word. Hulle moet hulself daarvoor voorberei en self kommentaar lewer aan die Departement van Vervoer.” Hier is kortliks wat voorgestel word: • Verlaag die snelheidsperk van 60 na 40km/h in stedelike gebiede; • Verlaag die snelheidsperk na 80km/h op alle nie-snelweë buite stedelike gebiede; • Verlaag die snelheidsperk op snelweë deur woonbuurte van 120 na 100km/h. • Die aflê van verpligte praktiese en teoretiese toetse met hernuwing van rybewyse. Dit beteken dat ‘n persoon elke vyf jaar as jou bestuurslisensie verval, weer getoets moet word. • Verbied die vervoer van skoolkinders agterop bakkies. • Geen swaarvoertuie van meer as nege ton op stedelike paaie tussen 06:00 en 09:00 en tussen 17:00 en 20:00. • Verbied die vervoer van passasiers teen betaling in vragmotors. • Nie meer as vyf werkers mag agterop ‘n bakkie vervoer word nie. Vir verdere navrae kontak die Verkeersdepartement 022 487 9400.
Carl Johannessen en pasiënt Tato geniet 'n tydjie in die son.
• TATO RITS NOU ROND met nuwe 'bene'
Woef kry spogwiele geneem met wonde aan sy een been en 'n agterlyf wat – behalwe vir die stertjie - nie wou beweeg nie. Die veearts sê Tato se pelvis is gebreek en dit gaan ‘n hele paar weke neem vir herstel. Hy sal oor ses weke weer geëvalueer word, maar intussen is dit onseker watter kant toe dit sal gaan. “Daar is egter hoop vir hom, want hy het sterk reflekse.” Carl Johannessen, die assistent by die hospitaal, het Tato se dilemma erg ter harte geneem: “Dit was net te verskriklik om hom so te sien en
BRAAI COMBO 1.8kg Chicken, 2kg Albertinia Braaiwors
toe besluit ek om ‘n plan te maak”. Carl, ‘n diereliefhebber met vier hondekinders van sy eie, het die oplossing vinnig gekry. “Ek het by KaapAgri ‘n hondjie gesien wat op wieletjies loop en besluit dit kan vir Tato ook werk.” Hy het op eie inisiatief ‘n spoggerige karretjie vir Tato gebou wat met ‘n tuig om sy voorlyfie vasmaak en sy agterlyf op twee wieletjies trek. Tussen Carl se omgee en Tato se wilskrag, snuffel die worsie nou oral rond en lyk heel gelukkig en tevrede met sy meganiese agterlyf.
POLONY COMBO
100.00
p/combo
750g French Polony, 750g Cheesy Polony, 750g Russian Loaf
40.00
p/combo
PASTA COMBO
Boneless Pork Texan Steak
49
.99 p/kg
2x Assorted Pasta, 200g Diced Bacon
30.00
p/combo
Baby Hake
29.99 p/kg
Prices valid at Brito’s stores from Wednesday 27 May 2015 until Saturday 30 May 2015. While Stocks Last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
Katte mag nege kanse op lewe hê, maar op Malmesbury is daar ‘n brak wat deesdae in hondehemel woon. Tato die worshond waai sy stert en looprol van mens tot mens vir aandag: tipiese hondegedrag, tot jy besef hy loop op wieletjies en is eintlik verlam in sy agterlyf. Dié driejarige reuntjie woon saam met sy eienaar, Jennifer Theys, op Atlantis. ‘n Paar weke gelede het die ongeluk hom getref toe hy voor ‘n motor beland het. Hy is by die Malmesbury Dierehospitaal op-
NUUS • NEWS
2
27 Mei 2015
• SM KYK NA dié BAKEN
Klipkoppie ‘moet beskerm word’
Regs: Susanna Tities (middel) van die Malmesbury Food Bank met die medalje wat sy by die Goue Spele gewen het. Sy het ‘n derde prys gekry in die 50mwedloop: die deelnemers stap die eerste 25m, dan trek hulle reuse-sokkies, skoene en ‘n baadjie aan en hardloop die laaste 25m daarmee. By haar is Marit von Graeve (ondervoorsitter) en Nozuko Nqokoto (voorsitter van die Food Bank). Die span het agt deelnemers gehad en nog twee het ook medaljes ontvang: Kwazi John Hlongwane was eerste in die 25m-stap vir mense met loop-gestremdhede en Norah Dyasi was tweede in die gooi van ‘n rugbybal. Bo is die span van Kalbaskraal tydens die opening.
Die Swartland Munisipaliteit en Cape Nature is bekommerd oor inwoners wat die bekende en gewilde Klipkoppie buite Malmesbury vir allerlei doeleindes gebruik. “Daar is nie behoorlike polisiëring nie en ons is bekommerd oor potensiële erosie en beskadiging van plante,” het Madelaine Terblanche, Direkteur Korporatiewe Dienste, aan dié courant gesê. “Die publiek moet bewus wees dat Klipkoppie bewaringstatus geniet, hoewel dit nog nie as bewaringsgebied afgekondig is nie. Die terrein, indien dit onder die Wet op Beskermde Gebiede as bewaringsgebied geregistreer sou word, sal kwalifiseer vir die hoogste status, omdat dit as ‘n Kritieke Biodiversiteitsgebied beskou word. Dit is weens die renosterbos en ander skaars plantspesies wat daar groei.
“Op hierdie stadium is ons, in samewerking met Cape Nature nog nie in die posisie om dit as bewaringsgebied te laat verklaar nie, aangesien die implikasies van die Weskus Geïntegreerde Vervoerplan nog nie duidelik is nie. “Dié plan wat nou opgestel word, mag teweeg bring dat die R302 oor ‘n gedeelte van Klipkoppie verleng word. Dit hou implikasies in vir die gedeelte wat uiteindelik as bewaringsgebied sal kwalifiseer. “Ons poog tans om te druk dat die toekomstige padroete buite-om die Klipkoppie sal geskied,” verduidelik Terblanche. “Ons gaan binnekort borde aanbring om die publiek op die bewaringstatus te wys, maar wil mense maan om by die bestaande roetes op Klipkoppie te hou wanneer hulle dit wel gebruik, om erosie en ander skade te verhoed.”
Goue Oues trek saam op Moorreesburg vir Spele Die jaarlikse Golden Oldie-spele het Donderdag op Moorreesburg begin. Nagenoeg 500 senior burgers van die suidelike B-munisipaliteite (Saldanhabaai, Swartland en Bergrivier), het aan die spele deelgeneem. Die Wes-Kaapse Minister vir Kulturele Sake en Sport, Anroux Marais, het die spele bygewoon. Tydens haar besoek het sy en die onderburgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, raadsheer JJ (Boeta) Josephus, ‘n vrugteruiker aan Katriena Williams van die VIP-
klub op St Helenabaai oorhandig. Me Williams (91) was die oudste deelnemer op die dag. Raadslede Riaan Mouton en Marius Koen het ook aan die verrigtinge deelgeneem. Die tweede ronde uitdunne word op 11 Junie op Vredendal gehou en die Weskus-spele is op 21 Julie, ook op Vredendal. Volgens die Departement van Sport sal die Oos-Kaap vanjaar gasheer speel vir die nasionale spele.
Jo Dolphin:
Johnny Philander (links agter) het verlede week 'n motiveringspraatjie by Jo Dolphin se jaarvergadering gehou. By hom is die bestuur wat nou ywerig geld insamel om die vereniging se nuwe sentrum te bou. Agter is Reggie van der Westhuizen, Jacques Swarts, Elsabe Sheldon, Mariheleen Basson en Heidi Myburgh. Voor sit Maude Goliath, pastoor Cecil Errens (voorsitter), Jaco van der Merwe en Cathy Solomon. Mense wat betrokke wil raak, kan hulle kontak by jo-dolphinmabury@telkomsa.net of 022 486 4186. dié courant sal op gereelde grondslag verslag doen oor die fondsinsameling.
NUUS • NEWS
3
27 Mei 2015
• Rooivleis-abattoirs byeen
Bedryf ‘moet kyk na waterbestuur’ Bestuur:
Laurie Terblanche (agter, derde van links ) van Tomis Abattoir by Hermon is verlede week op die nuwe uitvoerende bestuur van die Rooivleis Abattoir-vereniging verkies. Saam met hom agter staan Hennie Venter, Rupert Gerber, Dave Muller, Patrick Friend en Dirk Groenewald. Voor is Albert Gründlingh, Estelle van Reenen (voorsitter) Kabols le Riche (ondervoorsitter) en dr Gerhard Neethling (hoofbestuurder). Doeltreffende bestuur van waterbronne en af- diefstalle in die land. Hy het gesê dit is ‘n kommerwekkende provalwater sal drasties moet verbeter, anders staar Suid-Afrika beurt-water in die gesig binne bleem wat die bedryf en die land duur te staan kom. Dringende oplossings moet gevind word in die volgende vier tot vyf jaar. Dit is die mening van prof. Kobus van der samewerking met die lewende hawe-bedryf en veiligheidsdienste. Walt van die Noordwes Universiteit. Die minister het ook die kommer van verbruiHy het Donderdag by die 2015 Rooivleis Abattoir Vereniging (RVAV) se konferensie op Somerset-Wes gepraat oor bedreigings vir omgewing, energie en watervoorsiening plaaslik en internasionaal. Hy het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse abattoir-bedryf gedoen om uit ‘n omgewings-perspektief te dink. “Wanneer dit kom by die bedryf se hoë-volume-behoefte aan water en elektrisiteit het die abattoir-bedryf ‘n groot verantwoordelikheid. Afvalprodukte behoort gesien te word as 'n energiebron, in plaas van om dit weg te spoel met liters water.” Prof. van der Walt sê water is ‘n skaars hulpbron en gesien teen die agtergrond van klimaatsverandering en die ondoeltreffende bestuur van water, moet daar dringend aandag aan gegee word. Volgens hom is veertig persent van afvalwater in Suid-Afrika reeds in ‘n kritieke toestand en word dit vermors omdat dit in John Dürr, voorsitter van die die see beland. RPO, van Malmesbury (regs) was by die RVAV Prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit landbou by die Universiteit se kongres op Somerset-Wes. Hier is hy van Stellenbosch, het aandag gegee aan saam met Neels Nell en Michelle de Lange. die uitdaging om produktiwiteit in landkers oor die veiligheid van rooivleis op winkelbouproduksie te verbeter. Hy het ook gepraat oor die entrepreneurs- rakke aangeraak en gesê daar word gekyk na die kwessies oor misleidende etikette wat nie altyd omgewing en ander kwessies in die bedryf. Prof Karaan sê dit is tyd dat alle rolspelers die oorsprong van die vleis aandui nie asook mekaar moet vertrou en die doeltreffende plan- kwaliteitbeheer. Hy sê ongeag verskeie uitdagings, lyk die ne wat reeds op die tafel is, suksesvol moet toepas. “Ons het die planne, ons moet nou vasstel toekoms van die rooivleis-bedryf rooskleurig en hoe om dit toe te pas tot voordeel van volhouba- heelwat lande leer by Suid-Afrika, veral as dit kom by veeartseny- en vleisveiligheid-standaarre groei vir almal in die landbou.” Hierdie sentiment is vroeër die dag ook deur de. Die RVAV het ook by dié geleentheid ‘n nuwe die nasionale Minister van Landbou Bosbou en Visserye, Senzini Zokwana, uitgespreek. Hy het uitvoerende bestuur gekies. Me Estelle van Reeafgevaardigdes verseker dat die regering ernstig nen is herkies as voorsitter, met Kabols le Riche werk aan oplossings om die impak van die hui- as ondervoorsitter. Die ander lede is: Hennie dige kragkrisis op produktiwiteit in landbou en Venter, Rupert Gerber, Laurie Terblanche, Anton Appleton, Dave Muller, Patrick Friend en rooivleis-abattoirs teen te werk. Zokwana het sy kommer uitgespreek oor die Dirk Groenewald. Dr Gerhard Neethling sal as negatiewe uitwerking van toenemende vee- hoofbestuurder dien.
Kongres:
Minister:
Die nuwe Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais (regs), was Vrydagmiddag op Chatsworth om die bestaande sportgeriewe te besigtig. Sy het bevestig dat die sokkerveld aandag nodig het en haar Departement gevra om die sportfasiliteit-behoeftes van die Chatsworth-gemeenskap prioriteit te maak. By haar is Henry Paulse (links) van die Departement se sportbevorderingseenheid en Ashley Lewin van Chatsworth wat die aangeleentheid onder Marais se aandag gebring het.
NUUS • NEWS
courant
27 Mei 2015
Centenary:
dié
4
The Malmesbury Methodist Church celebrated its 100th anniversary on Saturday. The Centenary dinner included musical items performed by The Groovy Girls, Johan Smit, Christopher and Ricky Koopman and Fr Craig Abrahams. The church history was told by Joy Hayward and MC Heinrich Robertson.
Stadig oor die klippe...
Verkeersreëls is sekerlik een van daardie dinge wat jou soms teen die mure kan uitdryf, maar dit is daar, deel van ons grondwet en ons moet dit gehoorsaam. As jy een van die wetsdienaars met hul boekies sien loop, kry jy sommer 'n beklemming op jou hart en wonder jy of als in orde is met jou voertuig en of jy jou lisensie by jou het. Nou kan ons moontlik nog veranderde verkeersreëls moet gewoond raak. Kyk, dit is belangrik om wetsgehoorsaam te wees en om by verkeersreëls te bly. Ongelukke gebeur maklik en daar is jaarliks groot lewensverlies as gevolg hiervan, maar is dit die 60km per uur spoedgrens wat dit veroorsaak, of menslike nalatigheid en agterlosigheid? Om nou skielik die spoedgrense binne 'n dorp tot 40km per uur te verlaag, gaan volgens hierdie padgebruiker, slegs bydra tot sommige se padwoede. Jou tyd op die pad sal aansienlik meer wees, aangesien jy nie meer teen 100km per uur mag rondrits nie, maar teen 80km per uur. En hoekom as jy slegs teen hierdie spoed mag reis, is motors dan daartoe in staat om soveel vinniger te ry? Maak eintlik nie heeltemal vir my sin nie. Op die uwe se 18de verjaarsdag, het ek my lisensie gekry. Vir 13 jaar bestuur die uwe sonder om groot foute te maak, maar nou is daar 'n moontlikheid dat die toets weer afgelê moet word met elke hernuwing daarvan. Wat dan gemaak as jy nie slaag nie? Verkeer en als wat saam met dit gaan, is op sy beste 'n frustrerende situasie en dit lyk of daar nog meer gefrustreerde motoriste eersdaag op die land se paaie sal wees.
The large cake was cut by ministers who ministered here in past years. From left to right are Rev Trevor Bosman, Rev John Stewe, Rev Lynette Petersen, Rev Vincent Harry and Rev John Beck (the current minister).
Beheerliggaam:
VLV:
Die Malmesbury Vroue Landbouvereniging het pakkies by Goedehoop Primêr, tussen Darling en Hopefield oorhandig. Elke graad 1-leerder het ‘n leesboekie en ‘n waslappie met ‘n sepie gekry. "Die gedagte is om jong lesers te leer om met skoon hande aan ‘n boek te vat, sodat boeke langer hou en nog aan baie mense genot kan verskaf." Hier is (agter) Steffi Brink en Hannalize Louw saam met Kim van der Westhuizen (Graad 1-onderwyser) en (voor) Angela Papier en Nazeem Baadjies.
It's Good News
Dr Marc Blackwell Snr
Having it all together Galatians 5:22-23 “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, self-control. Against such there is no law. Having "peace" is something like having it "all together! " Many people think that "getting it all together" is dependent upon life's circumstances. Some imagine that peace is just finding a “tranquil state" Peace from God produces a unique harmony through the Holy Spirit. The Holy Spirit enables those who are eternally secure and confident in the grace of Christ to place the good of others ahead of their own needs or desires. With peace we find the grace or spiritual strength to put our lives and lifestyles "together". Paul, the Apostle reminded the Colossian Church that they could find Peace by "...putting on tender mercies, kindness, humility, meekness, longsuffering”; bearing the peace of God helps us “get it all together" and acts like a referee that calms and overrules inward passions like anger and bitterness. God's peace operating in us restrains revenge and discourages us from sowing discord. The peace of and from the Lord helps us focus on the needs of other rather than ourselves. The peace of the Lord prompts us to be peacemakers and instruments of righteousness. In these times of uncertainty, we who are at peace with God can rest in peace now and in eternity... we know that the return of Christ is certain and the Prince of Peace is our Savior and the Lord of our lives!
Die nuutverkose beheerliggaam van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is (voor) Moena Swart, Ralph Cuttings (ondervoorsitter), Andre Claassen (hoof), Charles Davids (voorsitter) en Carmen Bocks. Agter is Jason Cicero (tesourier), Monray Humpreys, Niel Niemand, Jeffrey Arendse en Ashley Arendse. Cormac Fortuin is afwesig.
Wen met Country
Twee gelukkige lesers kan gaan skouers skuur met die musikante wat by Sondag se “Bakgat Country Opskop” by Grand West optree. Dozi, Lance James, Clive Bruce, Ricus Nel, Manie Jackson, Chereé, Leonard Lang en vele meer sal om 15:00 in die arena te sien wees. SMS jou naam, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Donderdag 12:00 om in aanmerking hiervoor te kom. VRAAG: Noem een van die kunstenaars wat by die “Opskop” sal optree.
Wees altyd 'pro-aktief' by OTM Die banke en die SAPD het mense opnuut gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle OTM-masjiene gebruik. Die afgelope weke was daar weer sprake van drie mans wat by masjiene op Malmesbury aktief is. Hier is 'n paar wenke vir OTMgebruikers: • Moenie 'n OTM op 'n afgeleë of weggesteekte plek gebruik nie. Kies ‘n OTM weg van ‘n gebou se hoek, verkieslik in die middel van ‘n gebou wat goed belig is. Probeer om nie 'n OTM te gebruik as u alleen is nie, en ook nie laat in die nag nie. • Hou die omgewing heeltyd dop terwyl u u transaksie afhandel. • Wees bewus van verdagte mense wat naby die OTM rondhang voordat u dit gebruik. Maak seker dat niemand u volg as u die OTM verlaat nie. • Wees bewus van mense in geparkeerde motors. Sou iemand u volg, ry onmiddellik na die polisiestasie of ‘n goed beligte en besige omgewing. • Moenie ‘n OTM gebruik wat vreemd voorkom of opsies bied waar-
mee u nie vertroud of gemaklik is nie. • Let op vir vreemde toestelle wat op of naby dié masjien geplaas word. Dié toestelle mag dalk elektroniese toerusting wees wat gebruik word om bankkaarte te skandeer of geheime nommers te lees. • Moenie mense toelaat om oor u skouer te kyk as u u geheime nommer intik nie. • Moet nooit u geheime nommer neerskryf of dit vir iemand anders gee nie, al werk die persoon vir 'n bank. • Verander u geheime nommer indien u vermoed dat iemand dit in die hande gekry het. • Moenie haastig wees wanneer u die OTM gebruik nie en moenie toelaat dat iemand u aandag aftrek, u intimideer of aanjaag nie. • Moenie toelaat dat enigiemand u by die OTM help nie. • Moenie u kaartjie by die OTM invoer indien die kaartgleuf toe is nie. Indien u 'n OTM kry waarvan die kaartgleuf versper is, of indien u sukkel om u kaart in te voer, moenie u
kaart inforseer nie. Verlaat die gebied dadelik. • Maak seker dat u die instruksies op die OTM se skerm goed lees. Wag vir die instruksie dat u u kaart in die kaartgleuf moet invoer. • Indien u om enige rede nie met die transaksie kan voortgaan nie, druk die knoppie om die transaksie te kanselleer en gaan na die naaste tak van u bank vir hulp. • Indien u kaart ingesluk word, verlore raak of gesteel is, moet u dadelik die vrybelnommer skakel. Die persoon het nie u geheime nommer nodig om die kaart te kanselleer nie. • Moet nooit iemand anders by die OTM toelaat om namens u te bel nie. • Staan naby aan die OTM terwyl u daar besig is. Indien u 'n hand vry het, hou dit oor die kaartgleuf sodat u u kaart kan vat sodra dit uitkom, dit verminder die kans dat iemand dit kan gryp of omruil. • Wanneer u die transaksie voltooi het, maak seker dat u u kaart en geld vat en sit dit op 'n veilige plek.
NUUS • NEWS
5
27 Mei 2015
Smuts-gedenkdiens:
Die geboortedag van Jan Smuts is Sondag op Riebeek-Wes, by sy geboortehuis by PPC herdenk. Regs: Deon van den Berg, Kolonel Ivan Bester, William Samuels, Lt-kol Herold Gertse (bevelvoerder regiment Westelike Provinsie), Liam Samuels, Cornia Venter en Bernard Venter.
Forum:
Die Swartland Drankforum het Donderdag op Malmesbury vergader. Voor is Mongikazi Gana en Leticia Howburg van die Weskus Distriksmunisipaliteit se gesondheidsafdeling, wat gesels het oor gesondheidsregulasies in die drankbedryf. By hulle is (agter) Adriaan Truter, Henfré Brand, lt-kol Leon Stegmann en adj-off Pierre Burger.
Leer met entrepreneurs Die AHi (Afrikaanse Handels Instituut), Malmesbury Sakekamer en Swartland Munisipaliteit bied vandeesweek ‘n entrepreneurskursus op Malmesbury aan. Die vyfdag-kursus word in twee fases aangebied: van 26 tot 28 Mei en weer van 17en 18 Ju-
nie in die Wesbank biblioteek. Rico Kruger, wat die kursus aanbied, sê dit is ‘n baie diverse groep en is reeds vol bespreek. “Ons het die konsep `Op Malmesbury vir Malmesbury’ aangeneem”. Dit gaan ook einde Junie op Riebeek-Wes aangebied word.
Gee bietjie hoop die winter Dit is weer die tyd van die jaar wat almal ekstra kos en klere nodig het, maar dit nie self kan bekostig nie. Die Malmesbury ACVV neem deel aan die landwye veldtog om ‘n verskil te maak in die lewens van ander. Hulle versoek die publiek om ook deel van hierdie projek te word deur goeie kwaliteit baadjies, komberse, serpe, toiletware en niebederfbare kos in te samel en af te laai by die
ACVV Dienssentrum, Piet Retiefstraat 21 op Malmesbury. Projek Winterhoop is al ‘n ou bekende en word jaarliks vanaf 1 tot 20 Junie gehou. Veral organisasies en besighede word aangemoedig om hieraan deel te neem en alles wat ingesamel word, sal aan werklik behoeftiges uitgedeel word. Vir enige verdere navrae, kontak Riana Smit by 022 482 2245.
NUUS • NEWS
6
Re-defining tough The eighth-generation Toyota Hilux was officially unveiled in Bangkok recently, marking the start of sales of the all-new model in Thailand. One of the world's best-known and bestloved nameplates, Hilux first hit dealerships in 1968, selling over 16 million in more than 180 countries. This year they will celebrate a million units sold in South Africa alone. Completely re-designed from the inside out the all-new Hilux ushers in a radically luxurious interior wrapped in a sophisticated, chiseled new body, offering exceptional on-road performance and new technologies while remaining true to its core values of uncompromising offroad ability and, of course, legendary toughness. But what does "tough" really mean? That's the question Toyota asked themselves when faced with the mammoth task of creating the eighth-generation Hilux. They realised that toughness doesn't just
come from the vehicle; it comes from the people inside. Whether you're battling your way up a muddy track or negotiating the rigours of the urban jungle, reducing the stress of driving is just as important as withstanding the elements. That's why the new Hilux, while improving on the model's characteristic ruggedness and performance, redefines toughness by being more occupant-focused and easier to drive than ever before. To truly understand what our customers expect from us and the challenges they face on a daily basis, their development teams travelled the globe from Caracas to Kommetjie, getting direct feedback from customers and driving on a wide variety of different roads to get a feel for different usage conditions. To gain inspiration for the eighth-generation Hilux, the development team drove in conditions ranging from rough, muddy forests to deserts with temperatures exceeding 50°C and flooded roads in the rainy season. The development process also reflected invaluable feedback received directly from Hilux drivers. This led the development team to conclude that the new Hilux should not only be tougher but should also reduce stress as much as possible. Above and beyond conventional ideas of toughness, the eighth-generation Hilux boasts ride comfort that makes long, tough drives less gruelling, a quiet cabin that allows communica-
27 Mei 2015
tion in any conditions, and enhanced cruising range thanks to improved fuel efficiency. To summarise, as with the current generation, Toyota's QDR (Quality, Durability and Reliability) still forms the backbone of the new Hilux. Fit-for-purpose is a term that aptly describes the newcomer - whether your application is leisure, workhorse, farming or general purpose, there's a Hilux for you. While all new, the eighth-generation Hilux will build on the current model's success story in terms of resale value and sheer desirability. As explained by Hiroki Nakajima, the executive chief engineer behind the Hilux (and also a managing officer of Toyota Motor Corporation): "Our entire development concept was centered on 'redefining toughness'. “We aimed to make the new Hilux 'tougher' based on a much broader interpretation of that word. “The message we want to deliver to our customers is embodied in our slogan for the vehicle: 'A New Era for Pickup. Every Inch a Hilux.'" Main features Newly developed frame and suspension: • To achieve both greater capability and unprecedented driving stability, an all-new rigid frame with enlarged side sections and cross members that are larger and thicker have been created. • Enhanced off-road performance and comfort thanks to the upgraded leaf spring suspension and shock absorbers. • Suspension tuning was also optimised.
NUUS • NEWS
7
27 Mei 2015 Johan Viljoen
Geen grom of moer, Mokka smaak tops! sit voet in die hoek
As daar nou een ding is wat 'n heerlike, fris herfsoggend kan bederf en jou so effe moe_ig kan maak, is dit as daar moer of grom saam met die laaste sluk sawwelyf in jou mond beland. Het Jan Spies gesê: Die tweede beste ding in die oggend is die eerste koppie sawwelyf. Die beste ding is die tweede koppie sawwelyf. Daardie Cremora-advertensie: Klassiek. "Romerig. Ryk en lekker. Koffiekapita(a)l. Proe pure pla(a)s." Op Riebeek-Kasteel vra die uwe vir Thomas Jamneck van Beans about Coffee of hulle dan nog nie die reuk van geroosterde koffie kon blik nie. "As jy dit kan doen, sal jy baie geld maak." Vir die uwe as laerskoolseun in die Kaaimansgatvallei buite Villiersdorp, was die geur van tuisgeroosterde koffiebone in oom kaalvoetPetrus en Tannie Dalina Smal se gister-kombuis 'n belewenis wat jou soos 'n magneet van die werf na binne gelok het. Met die sneeu op die bergtoppe en die windjie wat minora-lemmetjie-skerp deur jou kon sny, was koffie soos manna van daarbo. Oumense het gesê koffie gee kinders vlooie in die maag. Seker maar hul manier om te keer dat kinders te veel van dié kaffeïn inkry. Ma was slim. Sy het melk gekook op die stoof in daardie regop kastrolletjie met die kloppertjie onderin. Dié het begin klop as die eerste borrels borrel. Melk is 'n bogger. Hy kook sommer oor. Dan is die handklitser en ou metaal-pintbeker nadergetrek en geklits dat die skuim so staan. Liefderyk afgeskep en versigtig bo-op die melkkoffie laat sak. Ook nog 'n paar korrels kitskoffie fyngevryf bo-oor die beker hartskoffie gestrooi. Dit was haar bederf. Só het sy die liefde vir melkkoffie en skuim in hierdie are agtergelaat. Vandag nog die beste kiekstaart vir die dag. Die melk moet kook. Water is opsioneel. (Oumense moet dit drink). Liefde in daardie koppie. Verbeel my mens kan sommer proe as daardie drankie berei is uit
die hand van 'n grommerige moe_ige maker. Deesdae is fênsie en grênd Cappuccino met skuim of room (laasgenoemde is darem eens te erg) die inding. Skinkers by kôffiesjops en mark-karavane moet hul kuns ken om daardie skuim só te skink dat dit mooi blaartjie- of hartjievorms maak. Feit is. 'n Moerlose moerkoffie met baie kookmelk (verkieslik die langlewe-soort vir die uwe), die regte hoeveelheid skuim en donker (krioelende) bruin suiker, haal sommer by voorbaat die grom uit enige moeilike dag. Ns. Onthou net, alles moet vuurwarm kookwarm wees. Melk wat nie gekook het nie, is soos om in 'n wedstryd gelykop te speel of jou sussie te soen. Dit is leeg. Koffie raak 'n mode-ding - style, soorte en geure. Onder hulle is die Espresso ('n klein skeutjie sterk doepa), Caffe Latte (Espresso met heelwat melk en min skuim), Cappuccino (Espresso met minder melk en meer skuim) en Flat White (Espresso met net melk en geen skuim) van die belangrikstes. Dan natuurlik ook Americano (Espresso met kookwater). Dit is amper die nuwe naam vir daardie swart koffie wat oupa kokend in die piering gegooi het en dan (vir sommige met 'n irriterende klank) as't ware daaruit geslurp het. Geure en mengels - van oggendmengsels, huismengsels (soos restaurante hul eie samestelling noem), Arabica, Robusta, Mocha Java, Jamaica, noem maar op.
Ons kies toe Mocha. Maar jy spel dit Mokka en dit het vier wiele. Opel se Mokka is inderdaad vernoem na dié arabica-koffie. Beskryf as gesofistikeerd en spesiaal ge(ver)bou. Ryk in karakter en vol energie. Net soos daardie bone: klein (kompak sou ek liewer sê), maar vol, propvol selfvertroue en 'n ferm houding. Opel brei sy reeks voertuie in Suid-Afrika nou vinnig uit en ná die koms etlike maande gelede van die opwindende Adam, is hierdie ook die eerste sportnuts wat hulle pas hier vrygestel het. 'n Kompakte sportnuts wat , net soos 'n goeie koffie, lank nog in jou wese bly dwaal. Dit is natuurlik as jy hom nie aanskaf en elke aand agter jou motorhuisdeur intrek nie. Die Mokka ry al 'n paar jaar op oorsese paaie en daar het hy sy óf sy háár merk gemaak. Aansienlik op die oog. Niks uitspattig of laf nie, maar sterk lyne en neus wat die selfvertroue bevestig. Goed afgewerk met swart plastiekbuffers, silwer plastiekskermstroke en dakrelings. Perdeberg Motors se Mokka het ons Saterdagoggend douvoordag Ceres toe geneem. Mokka is half in 'n klas van sy eie. So tussen die mediumgrootte sportnutse en die kleintjies. Luuks (kan eerlikwaar nie aan iets dink wat hierdie Cosmo-model met sy 6-spoed handrat kortkom nie) en jy sit sportnuts-styl gemaklik hoog. Leerbekleedsel, elektries hoogteverstelbare en verhitte sitplekke voor met ekstra opsie om sitplek self langer te trek na voor.
'n Stuurwiel met kontroles vir die spoedbeheer- en Opel se Intellilink info- en klank/bluetoothtelefoonstelsel gekoppel aan die 7-duim skerm gee 'n goeie gevoel in jou hand en bykans perfekte sensitiwiteit op die pad. Naas die standaard-toerusting op die Enjoy-intreevlakmodelle wat misligte voor en agter, dagligte, spoedsensitiewe kragstuur, ses luidsprekers vir die klankstelsel met aux- en USB-poorte, ekstra afslaan-armleuning vir bestuurder, elektroniese klimaatbeheer, ritrekenaar, elektriese en verhitte syspieëls, elektriese vensters, 17-duim allooivellings en volgrootte spaarwiel insluit, spog die Cosmo-modelle met heelparty standaard-ekstras. Onder hulle tel die outomatiese ruitveërs, outomatiese hoofligte, invou-syspieëls, verhitte voorsitplekke, 18-duim allooivellings, leerbekleedsel, verhitte leerstuurwiel en 230V kragpunt om selfone en skootrekenaars te herlaai. Afslaan bekerhouer vir agterste passasiers vou uit die afslaansitplek wat 60:40 verdeel om die bagasieruim van 356 liter tot 1371 liter te vergroot. Die trukamera kombineer goed met voor en agter parkeerhulp-sensors. Die enjin het 'n outomatiese afskakelmeganisme vir die stopslag en beter ekonomie en minder gasse. Daar is ook stabiliteitsbeheer met heuwel-wegtrekhulp en afsonderlike banddruk van al vier bande word aangetoon. Daardie 1.4 Turbo-onder die enjinkap. Toe ons effe laat was en bietjie moes aanstoot, toe was Mokka nie skaam nie. Gegee wat ons vra. Later ook deur Bainskloof. Nie net houding nie, maar Mokka dóén ook - sit in die draaie. Soos 'n ryk koffie-aroma in jou neus. Die 1.4-liter turbo-petrolenjin lewer 103kW van 4900-6000 toere en 200Nm van 1850-4900 toere. Die angetone verbruiksyfer is 6,3 liter per 100km. Die prys van die Cosmo 1.4 Turbo met 6-spoedhandrat is R325 500. Dit sluit 'n 5-jaar of 120 000km waarborg en 5 jaar of 90 000km diensplan in. Diensintervalle is elke 15 000km. Doen jouself die guns. Gaan loer gerus in by Perdeberg Motors en (proe) toetsbestuur hierdie Mokka. Ryk en Lekker. Glo my, net soos Jan Spies sê. Jy sal nie spyt wees nie. Koffie-cheers tot die wiele weer rol.
UITSTEKENDE PRYSE BY JB’s NISSAN 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015
Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan
Navara Kingcab 4X4 XE 100 km Qashqai 1.2T Acenta CVT Tech 500 km X-Trail 1.6 Dci XE 1 000 km Qashqai 1.2 Visia + Alloys 1 500 km Juke 1.2 Acenta+ 3 000 km Qashqai 1.2T Acenta Design 8 500 km Sentra 1.6 Acenta CVT 2 000 km NP300 2.5D + Fleet 5 000 km Hardbody 2.5TDi LWB 7 000 km
R339 R329 R329 R269 R249 R279 R219 R189 R179
950 950 950 950 950 950 950 950 950
2015 Nissan NP200 1.5 DCi Base + A/C Safty Pack 12 000 km R169 2015 Nissan NP200 1.6 16V met lugsakke 5 000 km R139 2015 Nissan NP200 1.6 8V Stealth 1 000 km R139 2015 Nissan NP200 1.6 8V Base + A/C 2 500 km R129 2015 Nissan Micra 1.2 Visia+ 3 000 km R119 2014 Nissan Navara 2.5DCi 4X4 Dc Le At 17 000 km R409 2014 Nissan X-Trail 2.5 4X4 MT SE 2 500 km R299 2014 Nissan NV200 7-Seater 7 500 km R229 2014 Nissan Almera 1.5 Acenta 15 000 km R139
950 950 950 950 950 950 950 950 950
Valid Value voertuie wat Select gemerk is, het ’n kilometerlesing van minder as 100 000km, is minder as 3 jaar oud en het ’n volle diensrekord • 101-punt-gehalteversekering
• 20-dag-omruilbeleid
• Opsionele voertuigwaarborg
• Polisiedatabasis-diefstalvrywaring
• Opsionele padbystand
• Gratis veiligheidskontrolering
finance@jbnissan.co.za • Andries 083 283 9916 • Sienie 082 874 2786 • Johan 072 570 4750 • Tertius 074 650 4754 • Henk 082 554 2326
JB’s Nissan Bokomoweg 54, Malmesbury Tel 022 482 1124 www.jbnissan.co.za
NUUS • NEWS
8
27 Mei 2015
Take to the track with Pirelli Pirelli has taken to the track with a race-ready 18-inch GP2 tyre fitted to the Series development car, driven for two demonstration laps by former grand prix ace Martin Brundle. The new tyre was based on supersoft compound rubber, in a similar size to the 18-inch tyre that already made an appearance 10 months ago on a Lotus Formula One car, at the official test following last year’s British Grand Prix. The new GP2 18-inch tyre was designed as a showcase for Pirelli’s technology, highlighting the Italian firm’s capability to rapidly react to whichever future regulations may be requested, and demonstrating the proactive approach that Pirelli has taken to the top levels of motorsport ever since being appointed as exclusive supplier to Formula One in 2011.
Brundle, whose last used Pirelli tyres as a driver with Brabham-Yamaha in 1991, said: “This is a very good, positive initiative and it was really interesting to drive the Formula One circuit in a GP2 car with these tyres. “It actually felt completely normal: by the second lap I was able to push the car a bit; I had my foot flat to the floor occasionally! Initially, I was expecting the car to feel a lot stiffer with these tyres, but that wasn’t the case at all. There are a few things to get used to – for example it’s harder to see exactly where the apex is – but as a driver your job is to adapt.” Pirelli has tested the new 18-inch GP2 tyre for three sessions during this year, recording lap times that are equivalent to the current 13-inch tyre without compromising degradation.
Pirelli’s motorsport director Paul Hembery, unveiling the new tyres to media together with Brundle at the Monaco Grand Prix, commented: “These tyres are competitive and ready to race, so we wanted to show them to people now to make the point that we are ready to adapt ourselves to whichever regulations may be adopted in future, in a timely and proactive fashion. “Most of the championships we supply – nearly 300 of them, all over the world – actually use 18-inch tyres so this wouldn’t be such a big jump for us. “It’s true that you don’t see so many road cars running on 13-inch tyres these days, so this could be a very interesting direction for the future. We’re glad that Martin enjoyed sampling them on the most spectacular circuit.”
German car magazine AutoBild's big annual readership survey in 2015, to which almost 33 000 readers responded, saw Continental turn in the most successful overall performance in the tyre category. When it came to quality, more than twothirds (69 percent) of the votes went to the premium tyre brand from Hanover - securing it first place. In terms of value for money, Continental
also came out on top, attracting 33% of votes. In the sportiness category, Continental finished just behind the leaders in third place with 48 percent. "Needless to say, we're very happy about the strong appeal that our premium tyre brand Continental has among AutoBild readers," said Continental press spokesman in Germany, Alexander Bahlmann, commenting on the survey.
Continental is one of the world's top three tyre manufacturers, and is among the market leaders in South Africa too. Locally, it is the only tyre company that supplies all seven vehicle manufacturers, comprising Mercedes-Benz, BMW, Ford, Toyota, Volkswagen, Nissan and Renault. Continental currently employs approximately 200 000 people in 53 countries.
Continental builds its following
Slimkop:
Rikus van Dyk ‘n graad 3-leerder van Laerskool Dirkie Uys, het uitgeblink by die onlangse WOW Spelfees Kringkompetisie, waar verskeie skole meegeding het. Die graad 3’s moes 200 woorde leer om te klank, waarvan 30% onvoorbereide woorde was. Rikus het ‘n eerste plek behaal en kom met ‘n goue medalje huis toe.
Krieket: Derick Bester van die Laer-
skool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Boland o.12B-krieketspan ingesluit.
NUUS • NEWS
9
27 Mei 2015
Hoe gemaak met… Soos wat die koeler dae aanbreek en dit ook so af en toe reën, begin die winter-onkruid sommer vinnig kop uitsteek. Hoe vroeër daar opgetree word, hoe makliker kan die probleem beheer word. Onkruid in jou grasperke: Die een onkruid wat oordadig hier in die Wes-Kaap in die wintermaande sy kop uitsteek, is wintergras (Poa Annua). Dit kan nogal veral in die meer skaduryke, klam areas ‘n welige pes word. Probeer om ‘n selektiewe onkruiddoder soos Lawntyl of Kerb te gebruik om die uitbraak te stuit. Altwee die produkte kan voorkomend gebruik word, asook na opkoms. Dit beteken indien jy vroegtydig spuit, maak dit die saadjie dood sodra dit ontkiem. Na-opkoms bespuiting vat nogal ‘n paar weke voordat die onkruid vrek. Dan is daar ook ‘n verskeidenheid van ander
breëblaar-onkruid wat kan uitkom, maar gelukkig is daar ook ‘n hele paar middels wat selektief is om dit mee te beheer, soos M.C.P.A, Hormoban, Turfweeder of Super Lawnweeder en Lawntyl. Onthou om slegs die middels te gebruik indien die onkruid reeds groei, want die middels word deur die chlorofil in die blaar opgeneem en so in die plant ingevoer. Dit help nie jy spuit as daar geen onkruid is nie - want dan gaan niks werk nie. Onkruid in jou tuin: 2.1 Onkruid wat op oop areas begin groei, kan met ‘n algehele (nie selektiewe) onkruiddoder soos bv Glyphogan (Glifosaat) bespuit word, maar onthou, DIT MAAK ALLES DOOD! Dit wil sê jy moet niks raakspuit wat jy nie dood wil hê nie. 2.2 Onkruid tussen jou plantjies en struike moet maar liefs met die hand uitgetrek word, daar is nie ‘n kortpad met onkruiddoder nie.
onkruid in my gras 2.3 Geplaveide areas soos opritte en paadjies kan ook met “Glyphogan” gespuit word, pasop net dat dit nie oorwaai na enige plante of grasperk langsaan nie. Gebruik altyd ‘n goeie benatter/kleefmiddel, asook ‘n PH-buffer sodat die produkte beter kan funksioneer. Spuit op die warmste deel van die dag, wanneer die wind verkieslik nie waai nie. Die belangrikste is om jou spuittoerusting baie deeglik skoon te maak sodra jy klaar is. Moet geen giwwe in spuitkanne bêre nie en gebruik ‘n sterk ammoniak-oplossing soos bv Scrubs Ammoniak om kanne mee uit te spoel en ook deur die pyp en spuitkop (nozzle) te spuit. Algemeen: Lees altyd instruksies en wees versigtig!!! Nou is dan ook die laaste kans om blombolle te plant wat in die lente gaan blom.
Die lelies is eersdaags beskikbaar. Volgende keer (24 Junie) gesels ons weer oor snoeiwenke, want Juliemaand is snoeityd. Ons gaan weer op 18 Julie op Moorreesburg en op 25 Julie op Malmesbury ‘n gratis snoeidemonstrasie aanbied. Ons gee volgende keer meer inligting daaroor. Tuingroete George Retief
NUUS • NEWS
10
Dagboek • Calender
SwartlandArtHSS 27 Mei – Kom geniet die kroning van Hoërskool se Mnr en Mej Swartland om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Kaartjies is R60 by die deur.
ACVV Malmesbury Mini-basaar 29 Mei - 09:30 tot 13h00, NG Moeder-gemeente Malmesbury se saal. Etekaartjies @ R50 en poeding @ R10. Kontak Elsa Willemse 022 4822245 of acvvmalmesbury@telkomsa.net Tekkie Tax-dag 30 Mei -Kansa ondersteun van vanjaar af dié dag. Koop jou R10-plakker by hulle kantoor in Hugenotestraat, Malmesbury. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www.wolwefontein.co.za Jeug Sangaand 30 Mei - Getsemane Mission Church Abbotsdale hou sangaand. Navrae by Nikkie Maarman, 074 277 1439. Sopdans 30 Mei - Swartland Voortrekkers hou 'n dans in Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 19:30. Musiek deur Christo en Morné. Kaartjies R100 pp (kinders welkom: hoërskool R80, ander gratis). Sluit aandete in van gebakte brood & konfyt, wintersop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Kaartjies is beperk: bespreek by Lize Signs, Hugenootstraat. GPF Riebeekvallei 4 Junie - Gemeenskapspolisiëringsforum vergader om 19:00 in die Suiderkruis POP-sentrum Riebeek- Kasteel. Piekniekdans 6 Junie - Babbel en Krabbel Bewaarskool vier hule 10de bestaansjaar met 'n dans in die Wesbankgemeenskapsaal, van 20:00 tot laat. R80 per persoon. Bring eie eet- en drinkgoed: pak u mandjie en kom geniet die aand. Die tema is "Cowboy". Kontak Ryan by 022 486 4006 of 074 311 7106. Swartbergsvlei 6 June - Darling: Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. Loopbaanvoorligting: Swartland Jeugkantoor 8 Junie - Ilinge Lethu Thusong-sentrum, 10:0016:00. Werklose jeug (18 -35). 9 Junie - RiebeekKasteel Suiderkruis POP Sentrum, 10:00-13:00. 10 Junie - Wesbank-gemeenskapsaal, 10:-0016:00; Wesbank & Saamstaan. Tel: 022 487 9400 (x.2924) of e-pos vanschalkwykZ@swartland. org.za.
Tenkmonsterproe 11 Junie - Vredendal: Weskus Wynroete Tenkmonsterproe. 027 201 3415. Piekniekdans 12 Junie - Vrolike Vinkies Kleuterskool hou 'n dans op in die Wesbank-gemeenskapsaal van 19:00 - 24:00. Prys is R70 per persoon. Die orkes is Bacarasj. Die kleurskema is swart en pienk. Bring eie kos en drank. Kaartjies by Vrolike Vinkies . Outride 13 June - Darling Swartbergsvlei Outride 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. NG Kerk Darling & Yzerfontein winterbasaar 19 Junie - Darling-kerksaal van 17:00 af en om 18:00 sal die potjiekos bedien word (diakens sal die etekaartjies verkoop). Daar sal gebak wees, pannekoek, stokworsies en `n koeldrank- en lekkergoedtafel. As jy betrokke wil raak, kontak: koektafel (Cecile Russouw), stokworsies (Nora van Zyl) pannekoek (Hennie Pienaar), potjiekos (André Kirsten), vleistafel (Paul Basson), lekkergoedtafel (Marné Pienaar) of die kerkkantoor, 022 492 2513 of 022 454 2616. Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Fietstrap vir Kansa 27 Junie – ‘n Groep tieners onder leiding van Gielie Vermeulen gaan sowat 45km fiets trap om geld in te samel vir Kansa. Skakel Gielie by 076 545 3675. Hengelkompetisie 27 Junie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Winter Potjiekos 27 Junie - Yzerfontein: kompetisie. Kontak Karin, 022 461 2819. Mega PetEX 1-4 Julie - Nasionale Huis- en Plaas Troeteldier Ekspo; 09:00-17:00; Mega Park, Bredasdorp. Pikkie Louw by 082 566 5880 / pikkie@agrimega.co.za Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www. computicket.com of skakel 0861 915 8000. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 31 Mei - Sondagoggenddiens 09:15; Prediker: pastoor Piet Smit praat oor: Jesus Verander Druk In Geluk. Aanddiens 18:30; prediker: Magrieta Van Rooyen. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 31 Mei - Oggenddiens om 10:00, Sondagskool om 08:30, aanddiens om 18:30. Vroueselgroep vergader Dinsdae om 10:00, gemeente-selgroep is Woensdae om 19:30 en Bybelstudie Donderdae 19:30. Navrae: 083 722 7787. PPK Porterville 31 Mei - Pastoor Kobus du Plessis lei die diens om 10:00. Navrae: 083 722 7787.
1439. Jeug sangaand 30 Mei, navrae by Nikkie Maarman. Vir ander navrae, skakel pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297.
River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00; home cells Wednesday 19:00. Church at 28 Arend Street, Wesbank. Service in English, everyone welcome. Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.
Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 7 Junie om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae, 08:00 – 14:00).
House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990.
Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277
Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.
27 Mei 2015
NUUS • NEWS 27 Mei 2015 Dienste Services
AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas.
11
Sterfgeval Death
#2001/9
------------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761, 073 193 1457 #2074/1
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel:022 433 3831, Sel. 071 953 1292 / 082 573 1589 #2003/9
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
LEON CARLSE 2/12/1940-24/5/2015 100+ days to prepare for this but still we’re heartbroken! We lost our dad and husband, but we know you are in a better place. We will cherish all the sweet memories and we want the world to know that you were the best husband and dad. Love you forever and ever. From - wife, children and grandchildren. Funeral Service Saturday 30 May 2015 – 10:00 at 23 Nemesia Avenue, Malmesbury. At the United Reformed Church at 11:00 – Private Cremation
Gelukwensing Congrats
#2086
-------------------------
#2084
#2005/9
------------------------BETROUBARE inslaap-huishulp met verwysing gesoek. Moet na kinders kan kyk, kook en stryk. Verkieslik nie roker. Skakel 072 368 1565 #2085
Te Koop For Sale
Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. Gratis aflewering in Malmesbury, RiebeekWes & RiebeekKasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/3
Betrekking Vacancy
BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/9
Opsoek Looking For
LANDBOUSTUDENT op soek na vakansiewerk Jun/Jul vakansie. Beskik oor bestuurderslisensie. Kontak 083 455 1046 #2080/1
Memorium Memoriam (MUM) EVELINE ALBERTYN.
Gebore 27 Mei – Oorlede 22 Junie - Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Sag het jy heengegaan, maar God het van beter geweet. Ons berus ons daarby. Van Robyn, Rolene, Ronay, Curtlin-Lee en Hofdal Gemeente #2083
– Happy 40th Anniversary to our parents. May the years ahead be sweeter that the years before. Love from Eckard, Clinton, Nikkie, Meah & Danté
CLIFFORD & LIZZIE VAN DER MERWE
courant
NUUS • NEWS
27 Mei 2015
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
27 Mei 2015
• Bevestig topposisie op punteleer
Wesbank wen groot derby
Wesbank Rugbyklub het Saterdag sy voorste plek in die Swartland Weskus-liga van Boland bevestig, toe hy Never Despair met 30-23 getroef het. Die derby het kookwater-rugby opgelewer en was ook die vyfde agtereenvolgende oorwinning in die derby-reeks vir Wesbank. Wesbank het die eerste punte op die telbord gesit met ‘n skepskop. Hierna is die span ‘n paar keer gestraf en Never Despair slaag met Johan Louw van Wesbank met die bal in Saterdag se derby-stryd teen twee strafskoppe. Kort voor rustyd slaag Wesbank Never Despair. Kaptein Emee Fredericks en Sydwell Diedericks kom met ‘n drie, maar hulle kan nie vernader om hand by te sit.
doel nie. ‘n Straf- en ‘n skepskop deur Never Despair, asook ‘n skepskop van Wesbank, bring die rustydtelling op 13-12 in Never Despair se guns te staan. In die tweede helfte slaag Wesbank met twee drieë en ‘n doelskop. Never Despair klits nog ‘n strafskop oor en die eindtelling staan op 3023. Wesbank se tweede span wen 15-6, maar die derde span byt in die stof met 6-11. Die vierde span wen oortuigend met 48-7. Saterdag speel Wesbank weg teen Saldanha.
Boland speel op Malmesbury
Wenners: Saam Staan United van
Malmesbury se rugbyspan het Saterdag 40-0 teen Kasteelberg gewen. Die netbalspan het ook geseëvier, met 42-8.
Rugbyliefhebbers kan uitsien na kookwaterrugby wanneer die Boland Kavaliers hul Curriebekerseisoen op 13 Junie op Malmesbury afskop. Hul pak dan die Griffons van Noord Vrystaat op die Dieprivier Sportterrein. Die wedstryd vind op Saterdag 13 Junie plaas. * Boland het gister aangekondig dat Dewey Swartbooi die leisels sal neem as nuwe hoofafrigter.
Sportuitslae Sports results Gholf Malmesbury Woensdag Sundowner - 20 Mei Enkel Stableford Frans Destroo 20, Charl du Plessis 19, J Vorster 19, Jannie Kemp 18, Piet Kemp 17. Vrydag Sundowner - 22 Mei Enkel Stableford André Uys 21, Werner Schreiber 21, Ronnie Schwartz 21, Janlo Ligthart 19, Marcell van Lill 18, Erik Jansen van Rensburg 18. Saterdag 23 Mei Safire Spirit Cup Klubkaptein Du Toit van Zyl se span wen die vrouekaptein, Melichia Basson, se span met 59–45. Rugby Bloues t Riebeek United Bloues 1 wen 27-8 Bloues 2 verloor 3-12. Abbotsdale t Vredenburg Abbotsdale verloor 21-26. Moorreesburg t St Helena Moorreesburg verloor 15-37. Darling t Velddrif Darling wen 21-20 Piketberg t Mamre Piketberg wen 19-18. Saldanha t Hopefield Saldanha wen 41-5.
Amarider:
‘n Groot groep fietsryers van Malmesbury het Saterdag aan die Amarider 100/50 Miler deelgeneem. Elishia Drotschie (bo links) het die 100 Miler gedoen (160km) en was vierde algeheel in die vroue-afdeling en tweede in haar ouderdomsgroep met ‘n tyd van 07:08:17. “Ek het net weer besef hoe ver dit is om met ‘n fiets te ry en moes hard met myself praat om deur te druk en die laaste klimme te doen!” het sy aan dié courant gesê. Die totale klim was oor die 2300m met Paardeberg, Porseleinberg en Riebeeksrivierberg as die groot uitdagings van die dag. Onder links: Annemarie de Kock het die 50 Miler (80km) in 'n tyd van 04:03:41 afgelê en was onder die top 10 vroue en tweede in haar ouderdomsgroep. Sy het haar tyd van verlede jaar met meer as ‘n uur verbeter.