c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
NUUS • NEWS
swartland en weskus
28.7%
26.1%
27 Januarie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
27 Januarie 2016
Bergrivier
Swartland
dié
1
Uitgawe 354
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Atlete laat waai
Atletiek: Links bo laat waai Jade April van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury om die baanin die o.17's se 200m-item. Die matriekleerders het aan een laaste aflos-item deelgeneem. Regs bo spring Nicol van Schalkwyk van die Hoërskool Swartland op Malmesbury in die verspringput. Links onder nael die atlete van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg om die veld. Links is die Senior Victrix Ludorum van Piketberg, Janke van Schalkwyk, met haar trofeë. Regs spoor die rasieleiers van Porterville, Gisela Nel, Adriaan Haasbroek, Jana Janse van Rensburg en Dewaldt Janse van Rensburg die atlete aan.
• jong Swartlanders laat hul nie STUIT
Ek sien kans vir als Twee jongmense uit die Swartland gee nuwe betekenis aan die woorde deursettingsvermoë en moed met hul studies. Jody Solomons is terug by Hoërskool Porterville ná ‘n baie ernstige ongeluk verlede jaar en Jonette Malan het verlede jaar as buitemuurse matriekstudent vier onderskeidings behaal, nadat sy in 2014 ernstig siek geword het. Sien berig oor Jonette op bl 2. “Ek het vir 43 dae in die intensiewe sorg by Jody gewaak, vir hom gesing, met hom gepraat,” vertel sy ma, Heleen, van die gesin se beproewende ondervinding. “Ek dink dit is ‘n absolute wonderwerk dat Jody leef,” het Jaco Lourens, ‘n onderwyser by Hoërskool Porterville aan dié courant gesê. Die motor waarin die 17-jarige Jody onderweg was, het buite Saron, waar hulle woon, gerol. Hy het ernstige beserings aan die regterkant van sy gesig opgedoen, sy heupbeen was op twee plekke gebreek en daar was ernstige beserings aan sy verhemelte en sy kaak. "Ons moes lank op Porterville wag vir die
ambulans, terwyl hulle hom gestabiliseer het.” Daarna is hulle na die Paarl Medi-Clinic vervoer waar Jody ses weke in die intensiewesorg-eenheid en nog agt dae in ‘n gewone saal was, voordat hy na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas is vir nóg 51 dae. “Ek het vir geen oomblik gedink Jody sal dit nie oorleef nie,” het Heleen aan dié courant vertel. “Ek het geglo en gebid – en vasgeklou aan die Here. My gebed was dat God, wat Hom in my moederskoot geweef het, hom weer aanmekaar moet weef.” Sy vertel dat sy eers ná sy ontslag besef het dat daar aanvanklik min hoop vir hom was. “Maar Jody is ‘n vegter en ek het net weer eens besef geloof en gebed gaan hand aan hand. “Ons is oorval met boodskappe en besoeke.” ‘n Spesiale verrassing was toe Ike Viljoen van Malmesbury, wat in 2013 dokters verras het met sy fenomenale herstel ná 'n ongeluk, vir Jody kom bid het.” Jody het die gebruik van sy regteroog verloor en hy moes van voor af leer om sy linkerhand te gebruik. ‘n Deel van sy skedel is nog oop vir geval
Die Voëlvleidam se watervlak het die laaste week tot Maandag met 2.6% gedaal: 26.1% vergeleke met verlede week se 28.7%.
HEATWAVE PRICES!
Fair Cape open fabriek
PORK PACK BULK (Chops and stew)
van swelling en sal eers later toegemaak word. Sy ma sê dit was ‘n groot aanpassing en hy was met tye baie mismoedig, maar dit gaan baie goed. Hyself is vol moed: “Ek is heel reg, ek sien kans vir alles. Ek vergeet net vinnig, maar ek sal weer in ritme kom.” “Hy was ‘n briljante atleet en het geleef vir die 400m. Ons het egter besluit dit is te gou om al dié seisoen te dink aan deelname.” Sy ander groot liefde, rugby, is heeltemal van die baan af. “Kontaksport is te gevaarlik vir hom.” Daarmee saam het Jody ook sy loopbaan van keuse, die weermag, verruil vir toerisme. “Hy is avontuurlustig en sy geesdrif word nooit geblus nie. Ek glo hy het ‘n blink toekoms.” Jody herhaal vanjaar graad 11, aangesien hy ‘n groot deel van verlede jaar afwesig was. Sy ma het die skool lof toegeswaai vir hulle bystand en begrip: “Die hoof het hom spesiaal verwelkom by ‘n saalbyeenkoms, wat geweldig baie vir hom beteken het. Sy maats, onderwysers, almal help en ondersteun waar hulle kan.” “Ek is in die beste skool ooit,” glimlag Jody.
Wesbank 7's is hier!
35.99
CHEESE VIENNAS (DELI)
p/kg
27.99 p/kg
MIX COMBO (Russian 1kg + Cheesy 750g + French 1.5kg + Garlic Polony 500g)
65.00
per combo
HOT DEAL!
SAVING
OF R12.95 per combo
TENDERISED STEAK
55.99
Prices valid at Brito’s stores from 27 - 30 January 2016. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmore Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
p/kg
NUUS • NEWS
2
27 Januarie 2016
• 'ek gaan 'n sukses maak'
Vier A’s vir slimkop ná uitdaging
Tiere-krieket:
Die o.19-krieketspan van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag teen Charlie Hofmeyer op Ceres gespeel. Charlie Hofmeyer het die vorige naweek teen HTS Drostdy gespeel en gewen. Die manne het dus geweet dit gaan 'n harde neut wees om te kraak, maar het hulle nie laat afsit daardeur nie. Charlie Hofmeyer kolf eerste en teken 162 lopies aan, almal uit teen die tweede laaste bal van die 50 beurte. Die Tiere steek hierdie telling in die 25ste beurt verby met nog nege paaltjies staande en wen dus met nege paaltjies. Jason Coetzee en Aljoe Beziek teken albei meer as 50 lopies aan, nie uit nie.
'n Jaar ná haar klasmaats, maar Jonette Malan van Malmesbury glimlag breed nadat sy haar matriekeksamen met vier A’s geslaag het: Afrikaans, Engels, Landbou en Lewensoriëntering. Maklik was dit nie: Jonette was in graad 12 in in 2014 toe sy siek geword het. “Ons het gedink dit is griep – twee dokters op die dorp ook,” vertel haar ma, Cinria. “Maar sy het al hoe sieker geword: eers was dit net ‘n gehoes, toe het sy begin sukkel om asem te haal. Sy was altyd moeg, naar en wou nie eet nie.” Een dokter het gesê dit is tipiese TB-simptome, maar dit was ook nie die korrekte diagnose nie. Ten einde raad het hulle ‘n derde dokter in die stad geraadpleeg. Hy het haar na ‘n patoloog gestuur om bloed te trek. Hier het sy flou geval en paramedici moes help om haar te stabiliseer. Hulle is terug huis toe met ‘n brief van die dokter om haar in Karl Bremer-hospitaal op te neem as die toestand vererger. “Sy het net al sieker geword,” het haar ma aan dié courant vertel. “Sy was gedisoriënteerd, kon nie praat nie en was een oomblik vuurwarm en dan weer yskoud.” Sy is in Karl Bremer opgeneem en hier is toetse, X-strale en skanderings van haar longe gedoen. Uiteindelik het die dokters ‘n naam aan die siekte gekoppel: basilar atelektase, wat die onderpunt van die longe aantas. Dit beïnvloed die long se vermoë om suurstof op te neem. “Die dokters wou hulle nie uitspreek oor die rede vir die toestand nie. Jonette het ‘n paar dae vóór sy siek geword het, terpentyn ingeasem en ek glo dit kon die begin gewees het.” Jonette sê sy voel al te sleg om te kla: “Dit gaan baie beter, maar ek word nog van tyd tot tyd flou. Dit voel ook gedurig of iemand messe in my longe druk en my keel bly seer.”
Sterk reuke kan sy glad nie hanteer nie, tot só ‘n mate dat sy haar planne om veeartsenykunde te gaan studeer, moes laat vaar. Sy het met die aanvang van die rekordeksamen in 2014 siek geword en is nie terug skool toe nie. Verlede jaar het sy by die Onderwysdepartement geregistreer en haar eksamens by Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury afgelê: die twee tale in Februarie en die res die einde van die jaar. “Sy wou vir maande nie uit die huis gaan nie,” vertel haar ma. “Sy het geglo mense dink sy het sommer net tou opgegooi.” “Ek het gevoel ek is niks werd nie,” erken Jonette met ‘n effense glimlag. “Ek het so hard gewerk en toe het ek niks om te wys nie. “Maar nou kyk ek vorentoe. Ek het opgestaan en wil ‘n sukses van my lewe maak.” Jonette is uit 1800 aansoekers gekeur vir ‘n leerderskap by Path Care. Sy begin Maandag by hulle instituut by N1-stad en glo dit is ‘n deur na groot geleenthede.
Herstel:
Jody Solomons het sy terugkeer na die Hoërskool Porterville gemaak, ná ‘n ongeluk verlede jaar wat sy lewe in die weegskaal gelaat het. Hy het intussen herstel en het sy skoolloopbaan hervat. Lees sy verhaal op bladsy 1.
Sportspanne:
Die "Langsdiebos-mark" het Saterdag verskeie sportspanne die geleentheid gebied om hul klub ten toon te stel aan voornemende lede. Hier is Zanelle Nortjé van die Malmesbury Netbalklub.
Skryf in vir 'Relay for Life' Die Kansa-kantoor op Malmesbury is reeds besig om hul vere reg te skud vir die Relay for Life wat vanjaar op 27 en 28 op die terrein van Hoërskool Swartland plaasvind. Spanne van tien tot twaalf mense samel deur die jaar geld in en op die Relay-aand word deurnag om ’n sportveld gestap, simbolies van die lang stryd wat teen die siekte gevoer word. Spanne, besighede, kerkgroepe, families en sportspanne word
genooi om in te skryf om deel te neem. Navrae kan by Hester Smit gedoen word: 022 482 1111 of e-pos hsmit@cansa.org.za. Kontak ook Herman Aucamp (RFL voorsitter, 083 519 9575), Dolly Marais (083 809 1738) of Andries Burger (074 408 1055) om spanne in te skryf. • Op 12 Februarie gaan 'n klompie mense "toegesluit" word en die borggeld gaan na Kansa. Sien hieronder vir meer inligting.
NUUS • NEWS
3
27 Januarie 2016
Skitterend:
Die o.15A-krieketspan van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag teen Hoërskool Vredenburg se span te staan gekom. Swartland kolf eerste en behaal 317 lopies vir vyf paaltjies in die toegelate 50 beurte. Jaryd Howard het geskitter met 104*. Brady Lewis het 88 lopies van 37 balle aangeteken. Sashin Appolis het 33 lopies tot die totaal gevoeg. Vredenburg word uitgehaal vir 23 lopies na 18 beurte. Corburn Muller het vier paaltjies vir drie lopies in vier beurte laat kantel. Swartland wen met 294 lopies. Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se o.19A-krietspan het Saterdag teen die span van New Orleans kragte gemeet. Swartland het eerste gekolf en 109 lopies in 45 boulbeurte aangeteken. Die beste kolwer vir Swartland was Andru Serdyn met 30 lopies. New Orleans het met 113/5 in 25 boulbeurte geantwoord. Pieter Hamman het die beste met die bal presteer en drie paaltjies vir slegs 26 lopies geneem in 10 beurte. HSS verloor met vyf paaltjies.
• Fair cape koop intshona-fabriek
Melk nou weer verwerk Melkverwerking in die Swartland sal weer ‘n oplewing toon met die vestiging van Fair Cape Dairies se onlangse transaksie. Dié maatskappy het die Intshona melk-fabriek op Malmesbury op ‘n veiling gekoop. Dié fabriek het die afgelope twee jaar toe gestaan ná die deure gesluit het. Volgens Gert Delport, produksiebestuurder van Fair Cape, is hulle hard aan die werk om dié fabriek weer in produksie te plaas. “Daar is baie werk om te doen. Ons moet al die masjiene toets, die stoomketel en kompressor herstel en 'n nuwe vuller van wêreldgehalte vir die langlewe-melk installeer," sê Delport. Aanvanklik sal hier slegs langlewe-melk geproduseer en
verpak word, maar Delport sê daar sal teen die middel van die jaar nuwe produkte bygevoeg word. “Ons kan nog nie bekend maak wat dit is nie, maar ons is baie opgewonde daaroor,” sê hy. Die fabriek sal volgens planne teen die middel van Februarie weer in produksie wees. “Daar sal 38 nuwe werksgeleenthede geskep word. Ons sal baie van die vorige werknemers by die fabriek weer in diens neem," sê Delport. Fair Cape Dairies is die familie-onderneming van die Loubsers. Dié familie het meer as 150 jaar gelede op die plaas Welgegund, ongeveer 15km vanaf Kaapstad, begin boer. Die vyfde generasie van die dié familie woon nou op dié plaas.
Padwerke vir Yzerfontein Die Swartland Munisipaliteit het inwoners en besighede van Yzerfontein gewys op konstruksiewerk wat van Februarie tot Junie op die dorp gaan plaasvind. Die werk behels die seël van Volstruislaan, die seël van die toegangspad aangrensend aan die Shell-vulstasie en die oprig van ‘n parkeerarea oorkant die Spar.
Die munisipaliteit sê daar sal van tyd tot tyd beperkte toegang wees weens die aard van die werke. Hulle het vroegtydig verskoning gevra vir enige ongerief wat tydens hierdie werke ondervind mag word. Indien u meer inligting verlang, stuur e-pos na Johan Venter by venterj@swartland.org.za.
Die SAPD het eienaars van wettige handwapens om hulle lisensies betyds te hernu. Hulle wys daarop dat bevoegdheidsertifikate en lisensies vir handwapens net vir 'n tydperk van vyf jaar geldig is. Dit beteken dat mense wat hulle lisensies in 2011 bekom het dit nou moet hernu. Die lisensie of bevoegdheidsertifikaat moet drie maande voor die vervaldatum by die naaste polisiekantoor hernu word.
Dit is belangrik dat mense onthou om die handwapen saam te neem wanneer hulle vir die hernuwing gaan. Eeinaars van handwapens word deur die SAPD gemaan dat die verantwoordelikheid by die eienaar van die wapen lê om die hernuwing te doen. Enige navrae oor die hernuwing van lisensies kan gerig word aan Julienne Hoogbaard, by 022 482 7553.
Hernu jou wapenlisensie
Boekwurms: Die skoolgaande jeug het die afgelope Desem-
bervakansie voor ‘n leesuitdaging te staan gekom wat deur Wesbank Biblioteek aangebied is. Die uitdaging was om 15 boeke of meer deur die vakansie te lees en kortliks daaroor verslag te doen. ‘n Hele aantal leerders het ingeskryf, hoewel slegs twee aan die vereistes voldoen het om ‘n sertifikaat te ontvang. Hier is ‘n groepie wat die partytjie bygewoon het. Van links is Dané Arendse, Feronique April (sertifikaat ontvang), Le-Keitha Ringquest, Finolia April (sertifikaat ontvang) en Jade Agulhas.
courant
NUUS • NEWS
27 Januarie 2016
dié
4
Onbaatsugtige diens 'n heldedaad
Gister ontvang die uwe 'n epos van 'n anonieme skrywer. Anoniem laat klaar al my sensors oortyd werk, want dit prikkel die nuuskierigheid net daardie ekstra bietjie. Die skrywer vertel van 'n ongeluk wat Saterdag buite Malmesbury gebeur het. Volgens die skrywer het 'n Uno die pad verlaat en gerol. Die bestuurder van die voertuig was in die motor vasgekeer en kon nie self uitkom nie. Petrol het oor die voertuig geloop en 'n ontploffing was moontlik die uiteinde. 'n Vrou het op die ongeluk afgekom en dadelik te hulp gesnel. Sy het, volgens die skrywer, die bestuurder gerusgestel, gesê dat sy vir haar moet kyk en vir haar verseker dat alles goed sal uitdraai. Sy het die petrol geruik en gesien en oor die hakiesdraad van die heining geklim, oor die landery gehardloop, die venster van die passasierskant uitgetrap en die beseerde uitgetrek. Sy self was vol krap- en skraapmerke, maar het deurentyd die beseerde bygestaan. Met die ambulans se verskyning op die toneel, het sy saam met die beseerde beweeg, haar waardevolle items aan haar gegee, in haar motor geklim en gery. Net gery. Sonder om 'n groot handeklap te verwag. Sonder om aan te dring op 'n dankbetuiging. Dit is nou onbaatsugtige diens aan 'n mede-mens. Hierdie daad het moontlik die beseerde se lewe gered. Hoe kan 'n mens iemand bedank hiervoor? Op watter manier kan jy genoeg dankie sê? Hierdie vrou verwag nie 'n dankie nie. Sy het dit gedoen, haar eie seerplekke ter syde gestel, sodat sy iemand anders se lewe kon red. Ek haal my hoed vir jou af, Barmhartige Samaritaan. Welgedaan!
Hengel:
Johan van der Westhuizen van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is opgeneem in die Protea Rots- en strandhengelspan wat in die vakansie op Jeffreysbaai aan ‘n internasionale kompetisie teen Namibië deelgeneem het, wat deur die Proteas gewen is. Johan was in die individuele kompetisies oor die drie dae onderskeidelik tweede, vierde en vyfde.
Trap vir parke:
Wayne Bolton van Port Elizabeth het al 6000km te fiets afgelê om geld vir die bewaring van renosters in te samel. Hier is hy buite Malmesbury op pad na die Weskus Nasionale Park verlede Donderdag. Vir meer inligting, besoek www.oneland. co.za.
Bursary allowances - good news!
It's Good News
Dr Marc Blackwell Snr
Pride & self righteousness Of course all Christians encourage one another to go to the Bible to learn more about God, but wait — a caution is in order. The study of God can be merely an academic exercise that fosters pride and self-righteousness. WE CAN TALK THE TALK BUT NOT WALK THE WALK In a study of Job we find an example of hiding behind a false relationship or attitude toward God. “But as for me, I would seek God. And to God I would commit my cause— Who does great things, and unsearchable, marvellous things without number.” Well said, but this was not said by Job! These are the words of Eliphaz, whom God would later rebuke for his “holier- thanthou” condemnation of Job. Even righteous Job needed to find an honest and humble understanding of God. Job replied (confessed) to God, “I know that You can do everything, and that no purpose of Yours can be withheld from You. You asked, 'Who is this who hides counsel without knowledge?' Therefore I have uttered what I did not understand, things too wonderful for me, which I did not know. Listen, please, and let me speak; You said, 'I will question you, and you shall answer Me.' I have heard of You by the hearing of the ear, But now my eye sees You. Therefore I abhor myself, And repent in dust and ashes." Following Job’s humble confession, the LORD said to Eliphaz, “My wrath is aroused against you and your two friends, for you have not spoken of Me what is right, as My servant Job has. …What Eliphaz said “sounded good” - it was pretty impressive! But Eliphaz did not speak from his heart and God did not accept it, because it did not come from a true and humble walk with the Lord.
Parents, students - good news from West Coast College! Tuition & Transport/Accommodation bursaries are now available for 2016. West Coast College Deputy CEO for Innovation Ms Rhazia Hamza said the college communicated in December 2015 that it had received a provisional funding allocation from DHET for 2016, with strict instructions not to exceed the allocated amount. “With the oversubscription this year, we were compelled to review our practices and strictly apply the DHET NSFAS guidelines. “We embarked on an aggressive fundraising in an attempt to offset costs and assist deserving students. We subsequently received an additional allocation. With this allocation we are now able to allocate tuition, transport and accommodation bursaries to all deserving students,” said Ms Hamza. She said transport provisioning has been a key element to enrol and support the student population as the college not only draw from immediate communities but the surrounding communities as well. “The majority of our students come from economically strickened communities and will thus not be able to afford transport in order to attend classes which will have a severe negative impact on our enrolment targets but also on young people who wish to study.”
“We are looking at ensuring that there is continuity/progression of academic deserving students to the next levels. “As a result of additional income received and our ongoing fundraising campaign, we are positive that we will make up the shortfall and thus have redirected our funding to assist our students with transport bursaries,” said Ms Hamza. “This is confirmation that the college cares for the communities it serves, and demonstrates that we will go out of our way to accommodate the young people in our communities.” Parents and students must still note the following: - Students must apply for bursaries for 2016 upon registration (first-come first-served basis including current students). - NSFAS criteria make provision for academic success indicators and a means test, which will be strictly applied. - The Punctuality and Attendance Policy of the DHET is effective in 2016 again, which stipulates that a 100% attendance is required. So, why wait, come register now! Contact Atlantis 021 577 1727; Citrusdal 022 921 2457; Malmesbury 022 487 2851; Vredenburg 022 713 3167; Vredendal 027 213 5674.
Die Wingerdstompies boeremusiekorkes is in 2012 gestig, nadat Jaco Carstens 'n konsertina as erfstuk van sy oupagrootjie ontvang het. Jaco het by Mariaan Wiese geleer hoe om dié instrument te speel. Sy het ook vir Heinrich Raats geleer om die banjo te bemeester. Hulle het 'n driemanskap saam met SJ Meyer gevorm en na drie maande het die res van die orkeslede aangesluit. Met hulp van Tobias Key-
ser het die Wingerdstompies die afdeling vir beste opkomende orkes in die Boeremusiekgilde se nasionale kompetisie in 2013 gewen.
Wen met die Wingerdstompies
Nou kan jy ook 'n CD van hierdie jongmanne wen. SMS jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 29 Januarie om 'n CD te wen. Vraag: Wanneer is die groep gestig?
Malmesbury UWC advances science with new Sakekamer learner centre at Porterville Primary besoek kollege Die Malmesbury Sakekamer skop 2016 af met hul eerste vergadering vir die jaar op 16 Februarie. Die gasheer vir die aand is die Weskus Kollege wat hul nuwe terrein en kampus aan die lede sal wys. Errol Meyer van Standard Bank sal ‘n praatjie lewer oor besigheid en familieopvolging, trusts en belasting-implikasies. Bespreking noodsaaklik. Kontak Janene Swart by 022 487 1919 om jou plek te verseker.
The Science Learning Centre for Africa of University of the Western Cape (UWC-SLCA) has won a number of awards for its far-reaching support programmes to improve the teaching and learning of science and mathematics. In order to speed up this process it has teamed up with corporate organisations to improve the infrastructure in which these gateway subjects are taught so as to provide a creative space in which teachers’ and learners’ interaction with science and technology can be advanced. UWC-SLCA in partnership with Garden Cities Archway Foundation constructed twentynine (29) science laboratories called UWC Science Learning Centres (SLCs) at Western Cape Schools. On Tuesday 2 February 2016 the Rector of the University of the Western Cape, Prof Tyrone Pretorius and the CEO of Garden Cities Archway
Foundation, John Matthews will open three brand new UWC Science Learning Centres at schools in the Western Cape, namely 1. Porterville Primary, Porterville 2. Bernadino Heights High, Kraaifontein, and 3. Sophumelela High, Samora Machel These three schools will bring the total to thirty-two (32) SLCs constructed with a further ten planned for 2016. The construction of the science learning centres is an extension of the curriculum support provided by UWC-SLCA and serve as reward for committed science teachers, school management and learners. The achievement of learners and teachers in national and international benchmark tests paints a very bleak picture and one that highlights a national crisis. According to Prof Hartley “we have to start
with the basics in terms of supporting teachers to regain confidence to teach science with an advanced level of understanding, knowledge and teaching skills. Similarly we have to be creative in providing learners with opportunities that will draw their interest and willingness to learn. Hence developing a culture of science teaching and learning will be a good start to improve NSC and other assessments. Certainly having a confident and knowledgeable science teacher in a conducive environment provided by the UWC Science Learning Centres is a step in the right direction.” Organisations and funders that want to support this initiative by UWC-SLCA are encouraged to make contact with the Director of UWC-SLCA, Prof Shaheed Hartley at 021 959 2680.
NUUS • NEWS
5
27 Januarie 2016
Wingerdsafari:
Die Malmesbury Wingerdstudiegroep het Saterdag weer hul jaarlikse wingerdsafari aangebied. Die wenners van die dag was die span van Reinhard en Lynn Visser van Landstaal. Links is Wicus van der Merwe saam met Koos O'Kennedy reg vir die safari. Regs: Gideon James, Wiaan Engelbrecht en Ruan Kotze het 'n blaaskans geneem agterop 'n bakkie.
HDU:
Hoërskool Dirkie Uys het twee nuwe personeellede. Clarisa Hugo (links) gee Afrikaans vir gr. 8, LO-prakties, taalontwikkeling en Master Maths. Nelia Fourie gee Wiskunde gr. 9 en wiskunde geletterdheid gr. 10 - 12.
Tradisie:
Die nuwe graad 1-leerders van Hoërskool Porterville kom by die skool aan. Soos dit nou reeds tradisie is, begelei die matrieks die kleinspan by die saal in.
Nuut: Sharollene Arendse is 'n nuwe leer-
krag by Ruststasie Primêr. Sy is 'n graad 4- en graad 5-onderwyser.
Malmesbury GPF byeen Die Malmesbury Gemeenskapspolisiëringsforum hou môre-aand om 19:00 vergadering. Die vergadering word by die Malmesbury polisiestasie gehou en alle belangstellendes is welkom. Vir enige navrae kan u konstabel Henry du Rand skakel by 022 482 7500.
Tweekamp:
Anton du Toit van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag 'n derde plek verower by die Boland Tweekamp-byeenkoms by sy skool.
Darling: Laerskool Darling het op Vrydag, 22 Januarie, jaarlikse kleure atletiekbyeen-
koms gehad. Die volgende leerders was die wenners van die dag: Agter v.l.n.r: Luzaine van der Vent (Beste o/10 seunsatleet), Mozain Marthinus (Kaptein van die wenspan), Sergio Williams (Senior Victor Ludorum) en Tyrell Marthinus (Senior Victrix Ludorum). Voor v.l.n.r: Abby Arendse & Abigail McKidd (Beste o/10 dogtertsatlete), Queton van Schalkwyk (Junior Victor Ludorum) en Taryn Philander (Junior Victrix Ludorum).
Steynville:
Steynville Primêr se nuwe leerders is reg vir die groot uitdaging. Hier is Elmarié Abrahams met haar Graad R-klas. Foto: Marietha Goosen
NUUS • NEWS
6
27 Januarie 2016
Die Kyknet Buite-ekspo is terug met mening Gedurende die naweek van 12 tot 14 Februarie 2016 vind die 11de kykNET Buite Ekspo plaas by Môreson-plaas net 10 km buite Malmesbury langs die N7 op pad Kaapstad toe. Een van die borge, Trio Events, ondersteun ‘n splinternuwe organisasie, die Breyton Paulse Stigting, wat saam met die Tag Rugby Association die Saterdag kliniek en kompetisie sal aanbied. Daar word beoog om hierdie jaar 16 000 plus besoekers te lok. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoeker te bied. Uitstallers bly die hele naweek op die terrein en rig hulleself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer. Saam met die uitstallings word daar ook pretaktiwiteite aangebied vir die hele gesin. André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied gratis Amarok 4x4-ritte aan; dan is daar ook veldren- en helikopter-ritte om maar ‘n paar te noem. Nog ‘n eerste die jaar is die ‘quad’- en motorfietsvertonings wat deur die Western Cape OffRoad Klub aangebied word. Daar word ook ‘n groot Jimmy’s Steakhouse Sauces ‘celeb braai pie’-kompetisie aangebied waar die publiek kan braai saam met bekende kykNET sepie-sterre. Agrimark en Lasher bied ‘n baie unieke ‘diy’kompetisie aan en die jongspan moet seker maak om ook aan die Bulletjie Braaier-kompetisie te kom deelneem, waar kinders geleer word om ‘veilig’ vuur te maak en te braai. Die bekende Johan Badenhorst sal ook by die Ekspo wees as gas van een van die uitstallers en gedurende die loop van Vrydagmiddag sal hy praatjies aanbied met die tema ‘Op reis met Johan Badenhorst deur Afrika en Ysland’. Spesiaal vir die vroue is daar ‘n groot deli- en kunsmark aan wat beloof om baie interessant te wees. Moet ook nie die teetuin mis met van die beste koffie, tee en varsgebakte produkte nie. Mothercity Skydiving gaan gedurende die Sa-
terdag en Sondag ook vryval/valskerm-tentoonstellings hê. Heinz Winckler en Charl “Braai” Bruwer van BRAAI Ve’NOTE is vanjaar by die Buite-Ekspo met hulle uitstalling van die revolusionêre EC Braai waarop hulle lip-lek-lekker braaigeregte met Kokkedoor eregas Le Roux van Vuuren gaan maak. Jy sal ook by hulle kosstalletjie kan aanklop vir ’n heerlike maaltyd. Heinz gaan die Saterdagmiddag op die verhoog wees met sy grootste treffers, en Sondagoggend bied hy ’n spesiale “Bid vir Reën, Ons Boere en Ons Land”-sessie aan. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is talle gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien. Buiten die wyntuin is daar ook ‘n ruim Olof Bergh-kroeg en Savanna ‘cidertuin’-area. Die kykNET Buite Ekspo is nie ‘n musiekfees nie, maar Olof Bergh borg die verhoog met ‘n paar bekende kunstenaars: Heinz Winckler, Die Broers, Amore, Nadia Louw, Hugo Nieuwoudt, Henning Joubert, Demi-Lee Moore, asook Sam en Calla. Hierdie jaar borg ATKV ook die ‘ATKV Crescendo in Konsert’ by die Ekspo – weer eens iets nuut op die program. Bring gerus die kinders saam – daar sal genoeg wees vir hulle om te doen by ons pretpark, terwyl ma en pa die uitstallings geniet. Maak ook seker om nie die Sondag die Lollos-vertoning te mis nie. Daar is nog ‘n paar kampeerplekke beskikbaar vir die publiek om te kom kamp gedurende die Ekspo-naweek en vir die laatslapers is daar ook nog beperkte uitstalgeleenthede vir buitelewe produkte beskikbaar. Kontak Marius by marius@ekspo.co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap of media-navrae en vir Tersia by accounts@ekspo. co.za of 071 659 9915 vir uitstallers en kamperings navrae. Besoek hulle webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.
Trots: 'n Groep van die jong kunstenaars saam met Melonie Blanckenberg (organiseerder, links agter) en burgemeester Harold Cleophas.
Sout van die aarde Twaalf leerders van die Weskus se kunswerke is deur die Weskus Distriksmunisipaliteit gekeur vir 'n unieke kalender. Burgemeester Cleophas sê die visie was vir iets meer as infrastruktuur. “Die WKDM gaan nie net oor waterpype en paaie nie. “Hierdie is ‘n belegging in die mens en kind, in ontwikkeling.” Cleophas het hom na die kinders gewend:
“Julle maak ons trots. Onthou, hierdie kalender is nie myne of die WKDM s’n nie, dit is julle s’n.” Hy het gesê die kunswerke gaan geraam en vir ‘n ruk lank in die munisipale gebou gehang word. Later gaan hulle dit opveil en die opbrengs sal na die jong kunstenaars gaan. Elke leerder het ‘n afdruk van die werk, ‘n sertifikaat en ‘n kalender gekry. Elkeen van die deelnemers het ook ‘n beginners-kunsstel gekry.
ACVV baat by insameling
Die Rooi Granaat restaurant op Yzerfontein het onlangs sy sewende verjaardag gevier met ‘n fondsinsameling vir die nuwe ACVV-dienssentrum op die dorp. "Die Rooi Granaat het bekend geword vir sy konstante en uitstaande diens aan die gemeenskap en ons wil graag ons getroue klante bedank vir hul ondersteuning die afgelope sewe jaar. "Ons vier ons verjaardag met 'n fondsinsameling vir die nuwe ACVV-dienssentrum op Yzerfontein – ons manier om dankie te sê vir die gemeenskap se ondersteuning." Lede van die gemeenskap het ook wyn geskenk vir ‘n veiling. Die gaste het hul harte en beursies wyd oopgemaak en die top-aanbod was R25 000 vir 'n bottel 1948 Port.
Bella van Doorn, voorsitter van die ACVV, sê die nuwe huis in Parkstraat is nie ‘n hospitaal nie, “Dit is ‘n plek waar ons ‘n paar dae na iemand kan kyk, terwyl die familie ‘n blaaskans kry. Of waar ‘n pasiënt kan aansterk ná ‘n operasie.” Hiervoor het die huis vier kamers: twee op die grondvloer wat ingerig is vir rolstoele en twee gewone kamers op die tweede vloer, asook blyplek vir 'n verpleegkundige. Verder is daar kantore vir die ACVV-administrasie en ‘n kombuis wat elke dag etes aan 40 senior burgers verskaf Dan is daar nog ‘n Wit Olifant-winkeltjie waar mense veral klere kom skenk om ten bate van die organisasie te verkoop. Kontak hulle by 022 451 2668.
NUUS • NEWS
7
27 Januarie 2016
Kersfees gee glimlagte Die 16de Kersfunksie vir minderbevooregte kinders op Piketberg het 1200 kinders se harte verbly met geskenke en lekkergoed. Die funksie is soos altyd deur raadsheer Ray van Rooy en sy span helpers aangebied. Die kinders op laerskool word deur die klasonderwysers geïdentifiseer en die kleiner kinders deur Van Rooy en sy helpers. Daar was hope vermaak met die Coke-trok en kunstenaars soos Lesley ‘Magic Man’, Johnie `Magi’ en Ashely Pienaar. Daar het ook kinders gedans, gesing en die rieldans gedoen. Kersvader het by die veld opgedaag met die Outspoken Cape Town Riders en Japenese Social Crew met hulle motorfietse en voertuie onder begeleiding van provinsiale verkeer. “Ons opregte dank en waardering aan elke besigheid, persoon of instansie wat ‘n donasie of geskenk geborg het tot sukses van die dag en ook vir die seniors se funksie vroeër in Vrolik: Ray van Rooy (regs) en van die kunstenaars voor ‘n volgepakte stadion. Desember,” het Van Rooy gesê.
How to save for a new car Many people believe that saving money is a real chore, taking cash out of your salary for a future event can seem a bit pointless. However, if you change your mindset and focus on the positive attributes of saving, it is not only easy but it can be fun as well. If you attach a goal to your savings plan, it will be a lot easier to be disciplined; especially if the goal has four wheels and a gear stick. A car is the object of desire for most young people because it buys them freedom, independence and a good dose of cool. Des Fenner, Datsun General Manager says “Fortunately you don’t have to save up for the full cost of a vehicle because you will be able to get finance- provided you have a good credit record. If you have great credit you may get finance for the entire amount. Most people however will have to come up with a 10% deposit. So for a car like the Datsun GO, you will need to save around R10, 000. While it may seem like a lot of cash, if you put a plan and some thinking in place, you will be driving quicker than you can say “ GO”. So how do you save when there are so many other demands on your
money? Des Fenner has some great ideas to hold onto your cash. Des says “Before you start your savings plan, get yourself excited about it. Print out a picture of your future car and stick it on the fridge or on your desk. That way you will be reminded why you need to sit out a few weekend parties with your friends. Put a picture of your dream car in your wallet. Every time you open your wallet you will be reminded to keep spending tidy. Out with the eat outs: if you routinely grab a burger or pizza for dinner try and limit it too two times per month. This way you won’t feel too deprived and you will be able to stash some cash. Quit the cappuccinos: rather buy yourself a little froth jar and make your own, they cost around R50-that’s a bargain when you consider that just one of these foamy drinks can cost R25 in a coffee shop. Take lunch to work: No need to explain that one. List it: When you go shopping make a list and stick to it like your life or wheels depends on it.
Musikale wynproe op Darling Een van die hoogtepunte van vanjaar se Darling Music Experience is die Musikale Wynproe Donderdag 4 Februarie om 19:00 in die Hofstraatkelder, Myrtledeneplaas, Malmesbury. Renosterbosch-wyne uit die Swartland word geniet saam met opwindende jazz- en ‘crossover’-musiek deur die sensasionele Ramon Alexander en sy trio. Ramon is ’n gekwalifiseerde wynmaker wat besluit het om ’n loopbaan uit musiek te maak en hy het al met die land se voorste musici saamgewerk. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by www.darlingmusic.org of http://www. quicket.co.za/events/13522-musical-wine-tasting/#/ Moenie Ramon Alexander en sy uitmuntende trio misloop nie.
Shops are designed to make you fall prey to your impulses. If you spend R50 on an expensive premade meal that’s the cost of a dial on your dashboard. Employ some tricks to stop you lingering in malls and stores. Go grocery shopping before an important meeting or a few hours before you go out on the weekend? Buy big save big: buy the bigger sizes of nonperishable items, and buy extras when items are on sale. Be Banking Savvy: be aware of your bank balance and retail accounts to avoid overdraft or late fees. “Another benefit of paying your bills on time is that you build a good credit record, and this will assist you to qualify for finance and a better interest rate,” says Des.Avoid ATM fees from other banks- get familiar with the location of your bank’s ATMs. Cut your landline: if your landline phone has become a desk ornament, cancel it. Check prices before you check out: the cost of big ticket items differ from store to store. A few phone calls or browsing time on the internet can save you hundreds of rands. Avoid vending machines: Not only is the stuff in vending machines generally bad for your health, it’s bad for your wallet too.
NUUS • NEWS
8
27 Januarie 2016
Dagboek • Calender
GPF-vergadering 28 Januarie - Die polisieform vergader om 19:00 by die POP-sentrum op Riebeek-Wes. Navrae by Anna Wilschut, 060 924 9682. `Boot Sale' 30 Januarie - Van 09:00 tot 13:00 by Langsdiebos Mark, Malmesbury Voortrekkerterrein. Dié verkope sal elke laaste Saterdag van die maand plaasvind. Trek jou motor by die mark en verkoop, of kom snuffel en koop winskopies. Kontak persoon: Anton, 084 732 2472. Sewes-toernooi 29 & 30 Januarie - Wesbank Rugbyklub bied weer die OK Mini Mark/ Castle 7’s toernooi op die Wesbank Sportterrein op Malmesbury aan. Navrae by Eduann Howburg, 083 458 9313. Bootsale/Markdag op Moorreesburg 30 Januarie – Bootsale/ Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00-12:00. Kontak Christine LoxtonKoch by die Moorreesburg/Koringberg Toerisme-kantoor vir navrae by 022 433 1072. Malmesbury Netbal 2 Februarie - Die Malmesbury Netbalklub begin op 2 Februarie met hul oefenprogram. Dit sal elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 op Laerskool Swartland se bane plaasvind. Navrae by Zanelle, 076 721 1725. Valentynsdans 12 Februarie - Never Despair RVK hou ‘n dans in die Wesbank-gemeenskapsaal. Prys: R 70 (enkel) of R 120(paartjie). Orkes: All Sounds. Gelukkige trekkings sal plaasvind. Bring u eie piekniekmandjie. Kontak Monray by 078 619 8164 vir meer besonderhede. Lindie Strydom 12 Februarie - Die VLV Piketberg bied 'n program met Lindie Strydom van kykNet DSTV aan. Dit begin om 19:00 in die NG-kerksaal en kaartjies is R70 per persoon. Die kaartjies is te koop op Piketberg by Kristin's, Piketberg Apteek en die NG-kerkkantoor. Navrae Nicoline Brown 082 477 0665 en Dinette Lochner 083 564 5643. Mnr. en Mej. PHS 18 Februarie - Piketberg Hoërskool en Plofstof bied die vierde Mnr. en Mej. PHS aan. Kaartjies beloop R50 per persoon by Sanet Ackermann. Kontak die skool by 022 913 1134 met navrae.
Kerke • Churches
Royal Impact Temple Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Wednesdays 17:30 - 19:30, Ilingelethu Thusong Centre, Malmesbury. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996.
AGS Corpus Christi, Malmesbury 31 Januarie - Pastoor Piet Smit praat om 09:30 oor `Die Koste om Verlore te Gaan. Om 18:30 is daar ‘n vrugtefees. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 31 Januarie - Om 10:00 oggenddiens en Sondagskool; aanddiens om 18:30. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Shofar 31 Januarie - De Waal Esterhuizen preek om 09:30 by Voortrekkerstraat 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA - 2015 – St. Thomas St 09:15 Sunday Worship Service ; 08:15 Sunday school. Tuesday evening prayer meeting at the Church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi – 083 633 7017. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.
Begin jou eie groentetuin
Somermark 20 Februarie - Op die Piketberg Museumterrein in Kerkstraat, van 09:00 tot 14:00. Kinderpret, tuisgebak, handwerk, vrugte, gratis waatlemoenskywe en vermaak. Historiese Piketberg staptoere. `Boot Sale' 27 Februarie - Van 09:00 tot 13:00 by Langsdiebos Mark, Malmesbury Voortrekkerterrein. Kontak persoon: Anton, 084 732 2472. Relay for Life 27 & 28 Februarie - Die Kansa-kantoor op Malmesbury is reeds besig om hul vere reg te skud vir die Relay for Life wat op die terrein van Hoërskool Swartland plaasvind. Spanne van 10 tot 12 samel deur die jaar geld in en op die Relay-aand word deurnag om ’n sportveld gestap, simbolies van die lang stryd wat teen die siekte gevoer word. Spanne, besighede, kerkgroepe, families en sportspanne word genooi om in te skryf om deel te neem. Navrae kan by Hester Smit gedoen word: 022 482 1111 of e-pos hsmit@cansa.org.za. Kontak ook Herman Aucamp (RFL voorsitter, 083 519 9575), Dolly Marais (083 809 1738) of Andries Burger (074 408 1055) om spanne in te skryf. Gesinsdag 2016 5 Maart - Die Malmesbury Fietsryklbu nooi almal uit om 'n oggend vol pret saam met hulle te geniet. Laat inskrywings kan om 07:15 gedoen word n 07:45 begin die tydtoets. Om 08:15 is daar 'n 3km-pretrit, kinders vergesel van 'n ouer; om 09:30 is die pretrit se prysuitdeling en om 10:00 die XCO-uitdaag. Om 12:00 is daar gelukkige trekkings. Inskrywings vir die pretrit & XCO-uitdaag kan per e-pos gedoen word voor 4 Maart: info@ malmesburyfietsryklub.co.za, of kontak 084 723 8828. Pretrit kos R30 per kind en dieXCO R100pp. Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade 10 Maart - Frank Opperman tree om 19:00 by die NG Kerk Swartland Noord op in dié komedie. Dana Snyman is die skrywer en Gerrit Schoonhoven het die regie gedoen. Kaartjies is R80 by 082 326 2285 of 022 482 1407. Shiraz Country Classic 12 Maart - Dié gholfdag word op die Malmesbury Gholfklub aangebied. Kontak die gholfklub by 022 4871288; www.malmesburygolf.co.za.
Dynamic Love Fellowship 14 Februarie - Die diens is om 10:00 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak hulle Maandae tot Donderdae tussen 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Vir navrae, kontak022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.
Somtyds kan al die groot woorde wat tuin kenners gebruik nogal oorweldigend wees. Veral as jy al die moets en moenies hoor, en dan besluit ons sommer, nee wat “ek kan nie”. As jy hierdie somer graag ‘n kombuistuintjie wil hê is hierdie ‘n beginpunt vir jou: 1) Kies ‘n stukkie grond waar die honde nie by kan uitkom nie en wat in volson is. Onthou hoe meer son hoe beter. 2) Jy kan ook ‘n pot, ‘n leë emmer of selfs ‘n ou bababadjie gebruik om in te plant as jy nie genoeg tuin spasie het nie. 3) Die grond moet verkieslik gelyk wees (indien moontlik), want so kry al die plantjies ewe veel water. 4) Maak die grond skoon van onkruid en dan besoek jy jou naaste kwekery. 5) Koop saailinge (klein plantjies) van groente waarvan jul hou. Die kwekery sal in voorraad hê presies die soort groente wat nou goed groei en wat werk in jou area, so jy hoef nie eens veel daaroor te wonder nie. 6) Koop ‘n paar Marigold blomplantjies en
plant hulle sommer so oral oor in jou tuintjie. Hulle lyk vrolik en hou die goggas weg. 7) Kry ook ‘n paar pietersielie of ander kruieplantjies volgens jou smaak en wat jy sal gebruik. 8) Plant die hele klomp in jou tuin. Jy kan die groente soort by soort hou en die kruie sommer so oor en weer tussen in plant. 9) Gee genoeg en gereeld water. Aan die begin definitief een keer per dag of elke tweede dag (afhangende van hoe nat jou grond is.) 10) Kry ‘n botteltjie Seagrow en spuit die groente gereeld volgens die brosure daarmee om dit mooi te laat groei. Ja mense gaan vir jou sê sekere plante groei beter as hul by sekere ander plante geplant word, maar weet jy as jy ‘n beginner tuinier is, hou dit vir jouself maklik. Jy gaan buitendien mooi sien wat groei goed in jou tuin en dan sal jy weet vir volgende jaar. Hou net in gedagte dat as jy ‘n klein spasie het, moet jy nie plantjies koop soos pampoen wat sommer ‘n groot deel sal toe rank nie. As jy twyfel vra die kwekery, hulle sal jou ook mooi kan raad gee of kom maak ‘n draai op ons facebook blad “In en om die huis”. Ons probeer graag help waar ons kan. Nog ietsie wat ons met jul deel: Jy kan selfs tamatiesaadjies uit die tamaties haal wat jy koop en dit in die grond gooi. Ek doen dit elke jaar, en met genoeg water en sonlig, sal amper enige plantjie groei. So probeer. Dis regtig nie so moeilik en so wetenskaplik as wat almal voorgee nie. Voorspoed met jou eerste kombuis-tuintjie. http://inenomdiehuis.blogspot.co.za/2011/09/ begin-jou-eie-groentetuin.html
NUUS • NEWS
9
27 Januarie 2016
Hoe gemaak met...
...min water in jou tuin
Ja, baie van ons het gedink dit kan nie weer met ons gebeur nie, maar hier is ons nou binne in ‘n erge waterkrisis. As my somme reg is en ek kyk na die syfers in dié courant van 13 Januarie, dan het ons nog net genoeg water oor vir ± 9 weke, dit is tot middel Maart. Ons regte reënseisoen begin eers in Mei-maand en dan hoop en bid ons dat dit ‘n goeie winter sal wees, anders weet ek nie wat maak ons die volgende somer nie. Wat doen ons met ons tuine? Eerstens moet ons baie produktief met die water wat ons het werk om dit wat daar is aan die lewe te hou. Probeer altyd sover moontlik plante volgens hul waterbehoeftes groepeer en gebruik baie deklaag-materiaal soos kompos en dennebas, beperk ook onkruide. Verder kan jy ook waterretensiemiddels (waterretensiepolimeer) soos bv. Stockosorb by jou plante inwerk om water te stoor om dit later weer vry te stel wanneer die plant dit nodig het. Daar is ook nog ander produkte wat help met waterretensie in die grond, doen navraag by die kwekery vir goeie raad. Tweedens kan jy dan ook jou besproeiingstelsel (as jy een het) só programmeer dat die verskillende beddings hul water kry volgens die betrokke plante se behoeftes. Doen gereeld inspeksie om te kyk dat alles reg werk en daar nie lekkasie is nie, vermy warm en winderige tye van die dag, soggens baie vroeg en saans laat is ‘n meer geskikte tyd. Op die oomblik mag jy elk geval net na 17:00 tot 08:00 jou tuin natmaak.
Indien jy ‘n handstelsel gebruik en jy plaas ‘n spuit in ‘n blombedding sorg dat jy ‘n tydklok aan jou kraan het om die water af te skakel, (of die stoof se klokkie of ‘n alarm op jou selfoon) want ons vergeet so maklik. Derdens skree almal mos “Plant inheems”. Ja, daar is heelwat mooi inheemse plante wat goed aard in ons kontrei, maar geen plant (nie eers vetplante) kan sonder water klaarkom nie. Verder moet julle onthou dat ‘n plant kan eers met min water klaarkom nadat dit gevestig is. Geen plant kan van dag een af “waterwys” wees nie. Vierdens ‘n paar algemene wenke: Jy kan al jou grys water in jou tuin gebruik, dit is nou alle bad-, stort- en wasmasjienwater. Die seepwater is so verdun dat dit nie eintlik skade doen nie, veral grasperke floreer daarop (Pasop vir die kombuis se skottelgoedwasser- en wasbakwater). Was jou voertuig uit ‘n emmer en nie met ‘n tuinslang nie. Moet ook nie jou plaveisel met die tuinslang skoonspuit nie, gebruik ‘n besem – dit is sommer goeie oefening ook. Indien iemand vir ons nog wenke rondom waterbesparing het, gee dit aan ons deur so dat ons dit met al ons tuiniers kan deel, saam sal ons dit moet maak werk. Raadpleeg ons gerus by die kwekery indien u ‘n probleem het of as u raad soek, ons help graag. Sterkte met die hitte. Tuingroete George Retief
NUUS • NEWS
10
27 Januarie 2016
Boland 'kon nie beter vra'
Piketberg Sewes: Pi-
ketberg Rugbyklub het Vrydag- en Saterdagaand die 'Neat en Easy'Sewestoernooi aangebied vir sy klubspelers. Die toernooi is deur United (foto regs) gewen wat vir Kevin Stalls in die finaal met 19-14 geklop het. Die twee spanne het al hul wedstryde gewen.
Rolbal bly op koers pak. Ron Sheridan verloor die eerste stel 6-9, maar veg terug in die tweede stel om ‘n agterstand van 6-10 oor die laaste twee skofte uit te wis en 11-10 te wen. Gielie van Niekerk se span kon maar net nie aan die gang kom nie en verloor 3-13 en 4-20. Die vroue, met Christa Meyer as skipper, verloor 12-34. Hulle veg moedig in die tweede stel om slegs 6-14 te verloor en het in die eerste stel op die laaste skof vyf skote opgetel. Hoewel hulle nog nie ‘n stel kon wen nie, verbeter hulle spel deurgaans en speel hulle met al meer selfvertroue. Eerskomende Saterdag speel die eerste span tuis teen Wheatfield, wat na die eerste ronde gesamentlik bo-aan die punteleer met Malmesbury was. Die ander spanne het albei loslootjies.
Grootste onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Gesels met ons!
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za.
courant
dié
Die afgelope Saterdag het Malmesbury se eerste mansrolbalspan vir Vishoek op hul tuisperk gaan afstof met 11-4. In heelwat koeler omstandighede het die spelers goed gedoen om weg van die huis ook hul staal te toon. In die eerste stel wen die spanne van Terry Shimmin en Daniël Griebenauw gemaklik met 15-6 en 11-6 onderskeidelik. Roux Vermeulen se span was ongelukkig om reg teen die einde 6-8 die knie te moes buig. Min wetende dat tydens die tweede stel alles vir hulle sou verkeerd loop met die telling op 2-15 . Daniël se span loop deurgaans voor en wen 12-8, en Terry se span veg terug van 2-7 om uiteindelik 9-7 te wen. Tuis het die tweede span en die vroue die spanne van Somerset-Wes en Gordonsbaai ge-
Boland Rugby kon nie vir ‘n beter begin vir 2016 gevra het as die vennootskap met die Rugby Performance Centre en die aanstelling van Alan Zondagh as Boland se nuwe direkteur van rugby. Só het Ivan Pekeur, president van Boland Rugby-unie, gesê. “Die geriewe op Riebeek-Wes is van wêreldgehalte en die nuwe afrigters maak my opgewonde oor die seisoen wat voorlê.”.” Pekeur, Zondagh en die nuwe hoofafrigter, Brent Janse van Rensburg, het verlede week die Kavalierspan bekend gemaak. Die sentrum, wat in 2005 deur Zondagh begin is, sal nou vir die volgende drie jaar die hoofkwartier vir afrigting wees. Dit sal ook die Boland Rugby Instituut huisves, asook verskeie ontwikkelingsprogramme. Zondagh het gesê die kampus beskik oor al die geriewe om ‘n professionele en wetenskaplike diens aan Boland Rugby te lewer. Janse van Rensburg sê daar lê baie werk voor, maar hy is vol vertroue dat hulle Boland kan terugsit op ‘n wenpad.
NUUS • NEWS
11
27 Januarie 2016 Betrekkings Vacancy JOIN AVON TODAY AND START EARNING MONEY - No Experience needed OR Want to BUY. Contact - 0795395510 #2275/1
------------------------Telebemarker Pos Die pos behels die werwing van kliënte per telefoon. Applikant moet gemaklik wees met die werwing van kliënte per telefoon en gevolglik om “cold canvassing” te doen. Verder behels dit die bestuur van ons begrafnis departement en die aktiewe werwing van nuwe kliënte. - Die geskikte kandidaat moet ‘n passie hê om met mense te werk. Gemaklik wees met “Microsoft office” - Geldige bestuurslisensie en eie vervoer besit. Ons bied ‘n mark verwante salaris vir bogenoemde pos plus kommissie. Om in ag geneem te word vir die posisie dui asb. u verwagte salaris aan. Aansoeke sonder ‘n verwagte salaris sal nie in ag geneem word nie. Aansoeke kan na Achievement76@ gmail.com gemail word. As u teen einde Februarie nie van ons verneem het nie aanvaar u aansoek as onsuksesvol. Dienste #2306 Services AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens kontak ons gerus vir gratis kwota-
sie – 079 502 7074 #2215/8
------------------------BESPROEIING – Vir al u besproeiingdoeleindes kontak my gerus. Voorkom hoë waterrekeninge dié jaar. Kontak ons nou – 079 502 7074
Sterfgevalle Deaths Begrafnisdiens van MONA BROWN –
#2307
#2214/8
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/24
------------------------UITHAAL en verwydering van bye. Kontak Kobus du Plessis – 022 482 2767 / 083 722 7787
#2069/4
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/30
------------------------EIENDOM (huis/ erf/gedeelte erf) GESOEK om te koop in Abbotsdale. Skakel 0761486833 om ‘n aanbod te maak
#2304
------------------------Winkel/Kantoor – 50m2 in middedorp (Malmesbury). Kontak Fred 083 234 7319
Troosdiens : Dinsdag-, Woensdag en Donderdag-aand om 20h00 te Langstraat, Abbotsdale. Begrafnis vind plaas Saterdag 30 Januarie. Huisdiens om 09h00 te Kloofstraat 85 – Kerkdiens: 10h00 besigtiging – 11h00 Diens – Anglikaanse Kerk – Brown Familie * Bus beskikbaar vanaf Malmesbury – 8h00 vanaf 8 till late, rooi winkel en af in Alfastraat #2309
Te Huur To Let “Bachelor “ woonstel in Malmesbury vir enkel manspersoon. Beskikbaar 1 Februarie 2016 – R2 150 per maand. Skakel 082 373 0347 #2289/2
------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/21
------------------------Middedorp kantore. 80m2 of 60m2 apart, of 140m2 gesamentlik. Tuin aan agterkant. Kontak 083 991 7350 #2305
Te Koop For Sale Farmall (M) 1947 model – Amerikaans. Baie mooi toestand – R35 000 ohb. Skakel Jan Wiehman 082 695 9780 / 028 424 2796 #2303
------------------------Hake/Stokvis – R45 p/ kg; krummelvis – R40/ kg, visvingers – R32/kg Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460
#2151/17
------------------------Muller – 079 413 2520 Fridge Master Fridge only – R1350; Defy Fridge/Freezer – R1600; Kelvinator Fridge/ Freezer – R1700; Univa 4 plaat elektriese stoof – R950; 2 Enkelbed basis met matras – R750 elk; 1x wit 5-laai “chest of drawer” – R950. Malmesbury – Müller’s 079 413 2520
#2310
------------------------VARS hoender – R29 p/kg. Kontak 079 941 4198
#2308
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom.
#2006/10
-------------------------
courant
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
27 Januarie 2016
SPORT
dié
12
27 Januarie 2016
Sportuitslae Sports results Malmesbury Gholfklub Woendag Sundowner - 20 Januarie Enkel Stableford Jacobus Snyders 20; Piet Basson 19; Sakkie Klasen 19; Piet Kemp 19. Vrydag Sundowner - 22 Januarie Enkel Stableford Kwas du Toit 21; Frans Destroo 20; Marcell van Lill 19; Martell van Lill 19; Marais Erasmus 18; Neels Welman 18; George Prinsloo 17. Beterbal Stableford MGC - 23 Januarie S. Neethling & M. Neethling 77; J. de Beer & J. Esterhuizen 76.5; N. Smith & R. Shaw 75; W. Matthysen & F. Theron 75; D. van Zyl & I. van Zyl 74.5, P. Jackson & J. de Beer 73.
Gereed:
Wesbank se manne is reg vir die naweek se Sewes! Hier is 'n paar van hulle by die bekendmaking van die kompetisie verlede week.
•top-spanne in 2 afdelings
Warm aksie, weer by Wesbank 7’s Toeskouers en spelers kan hulle gereed maak vir baie warm weer by Saterdag se OK Minimark Sewestoernooi wat deur Wesbank Rugbyklub aangebied word. Die toernooi begin reeds Vrydagaand met die Swartland Uitdaag. Die program begin om 18:00 op die Wesbank Sportterrein in Alfastraat. Die eindstryd van dié afdeling word Saterdag beslis. Die OK Minimark Castle 7's-toernooi skop Saterdag om 09:00 af wanneer Wesbank en Vre-
denburg II mekaar op die A-veld pak. Daar sal heeldag uitspeelwedstryde wees, met die finaal wat omstreeks 18:30 sal begin. Wedstryde is sewe minute aan 'n kant met 'n minuut rustyd. Die finale wedstryd sal tien minute aan 'n kant wees. Toegang Vrydag is R10 (kinders R5) en voertuie ook R10. Saterdag is R15, kinders R5 en voertuie R10.
Rolbal: Die afgelope Saterdag het Mal-
mesbury se eerste mansrolbalspan vir Vishoek op hul tuisperk gaan afstof met 11-4. In heelwat koeler omstandighede het die spelers goed gedoen om weg van die huis ook hul staal te toon. Sien berig op bladsy 10.
Knortjor: Swartland Oval Karting het
Saterdag die eerste wedren byeenkoms van 2016 aangebied. Toeskouers het langs die baan uitgekamp, terwyl die jaers die bloedige hitte trotseer het om naelbyt aksie aan hulle te bied. Die spanning het hoog geloop tussen die jaers van die onderskeie klasse en elkeen het probeer om soveel as moontlik punte bymekaar te maak vir die seisoen. Die volgende byeenkoms is 6 Februarie. Die volgende wenners is aangewys: 160 Standaard - J le Roux; 160 - Mods D W Bester; 270 - J Strydom; 300 - C Gelderblom; 390 - D Bester en Mods H Hanekom.
Malmesbury Fietsryklub Bouckaert Soenen-padresies 126km: Elfriede Wolfaardt 4:04:25. 75km: Marius de Kock 2:13:44; Kobus Duminy 2:14:47; Carl Malherbe 2:26:47. Tweekamp Boland-byeenkoms 23 Januarie s.11: Albert Basson 6e; s.13: Tiaan Walters 2de; s.19: Anton du Toit 3de; Mans Ope: Bennie Fourie 1ste, Daniel Malan 4de. m.11: Cloe Lottering 1ste m.13: Jana Nel 2de, Marissa Cotter 10de; m.17: Micke Smit 1ste, Celize Versfeld 7de; m.19: Renelda Scholtz 1ste; Vroue Ope: Annereen Malan 2de; Vroue Veterane: Mariaan Malan 1ste.
Sportdagboek Sports diary
Klubvergadering Samoa Rugbyklub op Moorreesburg hou Donderdag om 18:30 vergadering in die klubhuis by Rosenhof-sportterrein. Alle spelers/lede en nuwe spelers/lede is versoek om dit by te woon. ‘n Nuwe kompetisie sal bekend gemaak word en registrasie van spelers moet in die daaropvolgende week aan Boland deurgegee word. Sou ‘n speler se naam nie op registrasielys verskyn, kan hy nie aan enige wedstryde deelneem nie. Porcupine Ridge MTB funride 30 January – Franschhoek; www.pedalpower.org.za Netbal begin oefen 2 Februarie - Die Malmesbury Netbalklub begin met hul oefenprogram. Dit sal elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 op Laerskool Swartland se bane plaasvind. Navrae by Zanelle, 076 721 1725. Boland Tweekamp 6 Februarie - Die volgende byeenkoms is die interprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn en dan die Boland kampioenskappe op 20 Februarie by Paarl Gimnasium. 99er Cycle Tour (Road) 6 February - Durbanville Race course Entries close 1 February; www.pedalpower.org.za Tydtoets Moorreesburg Alle stappers, drawwers welkom om deel te neem om van die oortollige gewig ontslae te raak. Dinsdae & Donderdae. Tyd: 17:30. Plek: Gene Louw Sportgronde (regoor ou hek, ingang na sportterrein). Navrae: Werner Ludick by 061 420 0077, 022 433 1890 (w) of 022 433 4721 (h); of Juan Wiese by 071 474 1335 of 022 433 1898 (h).
Boland Rugby:
Hier is Boland se afrigters. Agter: Randall Modiba (verdediging), Henley du Plessis (voorspelers), Southy Steenkamp (tegnies en aanval); Voor: Alan Zondagh (BRU en RPC direkteur van rugby); Ivan Pekeur (BRU-president) en Brent Janse van Rensburg (Boland hoofafrigter). Shop online at www.picknpay.co.za
R
CELEBRATE
MORE FOR LESS
29
R
109
R
139
69
Smirnoff Storm Assorted 6 x 440ml Per Pack
Boland Cellar Sixty Strawberry Lips Strawberry Southern Comfort 40 White Wine 750ml Cream Liqueur 750ml Liquer or Lime 750ml Each
R
119
R
139
17490
Hansa Pilsener Cans or Nonreturnable Bottles 24 x 330ml Per Pack
PRICES VALID 28 - 31 JANUARY 2016 1503280 _100 x 260
R
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES.
170
R
Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Bombay Sapphire London Dry Gin 750ml
J&B Scotch Whisky 750ml
Johnnie Walker Red Label Sciotch Whisky 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1503280_Vredenburg Liquor 10X8.indd 1
2016/01/26 10:18 AM