courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Swartland
dié
1
25 Februarie 2015
Uitgawe 309
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Swem, Jannie swem!
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se swemmers het die water laat plons en spat in dié skool se jaarlikse swemgala. Links gly Hardus Dippenaar, die senior victor ludorum, deur die water. Die Swartland is ook eersdaags die gasheer vir SA Swemkampioenskappe wat op Malmesbury aangebied sal word. Hierdie byeenkoms kan ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp beteken. Foto: Wilinda Hanekom
• Nuwe veldtog om misdaad te bekamp
Polisie maak ‘n plan
Maak ‘n verskil, fokus op die jeug en sosiale opbou en help in die stryd teen misdaad. Dit is die kern van die polisie se vindingryke nuwe veldtog om sosiale en kriminele probleme in die gemeenskap aan te spreek. Die gedagte is om ‘n positiewe invloed in die gemeenskap te skep, gesonde ontspanning te voorsien en mentors op alle vlakke te stel. Die plan is deur die polisiestasies in die Paarl-groepering ontwikkel en brigadier Aneeqah Jordaan, was hier om haar steun te verleen. “Ek wil u uitdaag om in die gemeenskap betrokke te raak,” het kolonel Niels Nilsson, stasiebevelvoerder van die Malmesbury SAPD, mense aangemoedig. Hy het gepraat by ‘n vergadering in die Wesbank biblioteek: naby aan die brandpunt van die probleem. Ongeveer 50 gemeenskapslede was teenwoordig – die meeste jongmense wat die afgelope tyd by die SAPD aansoek gedoen het om aan te sluit. Ook ander rolspelers, veral van die buurtwagte en die polisieforum, het kom luister. Die groot getal aansoeke wys daar is belangstelling by mense om by die gereg betrokke te raak, het hy aan dié courant gesê. “Ons gaan kyk na kuns en kultuur, sport en ontspanning, veiligheid, openbare opvoeding en ook polisie professionalisme,” het kol Nilsson
die gemeenskap uitreikingsprogram uitgerol. Onder die kultuurprojekte wat in die vooruitsig gestel word, is talentkompetisies en –konserte, wat reeds verlede jaar met groot sukses begin is. ‘n Maklike projek is die verf en versiering van buitebande wat die omgewing kan verfraai. Straatspeletjies, soos sokker en krieket, is hoog op die lys by sport. “Dit word reeds gespeel, maar ons moet dit net organiseer.” Hulle gaan ook kyk drilpeletons, wat baie gewild is onder jeuggroepe. “Dan is daar vreugdevure (bonfires): wie van ons het nie al gesellig en vrolik om ‘n vuur gekuier nie? As ons op strategiese plekke in die gemeenskap vure maak, kan dit ‘n positiewe omgewing skep en só mense weglok van ongure aktiwiteite.” Nog ‘n projek is skool-debatte, waar veral onderwerpe rondom misdaad en ontwikkeling onder die loep sal kom. “Ek sal ook wil sien dat daar ‘n ondersteuningsgroep vir ma’s wat te kampe het met dwelm- en drankmisbruik, gestig word. Dit is ons moeders wat die meeste ly onder misbruik. “Julle kan ook betrokke raak by vaderskapforums, anti-verkragtingsgroepe en ondersteuning van slagoffers,” het hy aangemoedig.
Buurtwagte is nog 'n moontlikheid. Hulle sal ook aandag gee aan polisie professionalisme: die verhoudinge tussen veiligheidsmagte, maar ook interne verhoudinge en beloning van lede sal aandag kry. Kol Nilsson het gesê hulle sal sakelui nader om die verskillende projekte te steun en te borg. “Ook om te kyk na veiligheidsmaatreëls, soos kring-televisiekameras.” Brig Jordaan het haar ondersteuning aan die veldtog gegee. Sy het vrywilligers, veral werklose mense, aangemoedig om betrokke te raak. “Dit lyk goed op julle CV’s en kan selfs tot ‘n permanente werk lei.” Die ambulansdiens, die SAPD se Men for Change en buurtwag het hulle stemme hierby gevoeg en gesê hulle verwelkom vrywilligers. Nie een lid van die gehoor het die vergadering verlaat sonder om hulle name by een van die projekte in te gee nie. Belangrike rolspelers van ander staatsdepartemente en munisipale regering was afwesig. “Ek is teleurgesteld,” het kol Nilsson aan dié courant gesê. “Ons moet ophou praat en begin doen. Dit is belangrik dat ons oorhoofs beplan en saamwerk: ons het nie die tyd of die luukse om programme te dupliseer en hulpbronne te verdeel nie.”
NUUS • NEWS
25 Februarie 2015