Skip to main content

Die courant 23 sept 2015 339

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

dié

1

23 September 2015

Uitgawe 339

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Rol:

Die Toyota Handelaar-veldren wat die naweek op en buite Malmesbury gehou is, het vir groot opwinding gesorg. Giniel de Villiers het sy Toyota gerol op SS10 en sommige toeskouers vinnig laat spaander. Foto: Gordon Robertson

• 'meer ketting-groepe kom'

De Bron raak groter

Die De Bron-inkopiesentrum op Malmesbury gaan vanaf Oktober begin skaaf aan sy splinternuwe voorkoms. Die sentrum sal opgegradeer en gemoderniseer word en ekstra winkelruimtes en parkering sal bygevoeg word, aldus sentrum-eienaar André Mouton. Die aanbouings wat sal aansluit by die bestaande sentrum, is 'n dubbelvlak en sal onderdak inkopiegerief verskaf. "Die meeste van die nuwe spasies is reeds aan winkels toegeken, met baie nuwe nasionale huurders wat voortaan ook vanuit die sentrum handel sal dryf," sê Mouton. Die nuwe planne maak voorsiening vir 'n dialise-kliniek.

Bo: 'n Grafiese voorstelling van die nuwe gesig van die De Bron-sentrum op Malmesbury. Links: Die oprit na die parkering op die tweede vlak sal aan die linkerkant van die bestaande sentrum gebou word. "Onderhewig daaraan dat ons finale plangoedkeuring verkry, beplan ons om gedurende Oktober met van die werk te begin. Om ontwrigting vir die huidige huurders en kliënte tot die minimum te beperk, sal die projek in fases gedoen word, met meeste van die werk wat eers vroeg in die nuwe jaar sal begin.

"Finale voltooiing word verwag teen ongeveer Augustus volgende jaar," sê hy. "Ons sien uit na die suksesvolle afhandeling van die projek en glo dat die opgegradeerde en groter De Bron-sentrum baie byval by die gemeenskap van Malmesbury sal vind," sê Mouton.

Vlieënde Hollander spring by Malmesbury Skou

bl 3 & 8

NUUS • NEWS

23 September 2015


NUUS • NEWS

2

23 September 2015

• “kies die moeilike pad”

Skedonkies vir Kansa

Skedonkies: Die Nuts and Bolts Rally het vanoggend by die Malmesbury skouterrein weggespring op die eerste skof van die vierdaagse veldren. Die motors wat deelneem, moet dertig jaar en ouers wees.

Mighty Men:

Die gewilde Mighty Men Christen-konferensie vind die naweek by Môreson buite Malmesbury plaas. Dit begin Vrydag om 12:00 en Saterdag se program om 10:00 met 'n filmvertoning en persoonlike getuienisse die middag. Jacques Malan se Right of Passage-seremonie begin om 18:00 en later is Zane Meas van die Fatherhood Foundation daar. Sondag om 10:00 is daar sangers en om 13:00 sluit prof. Gerhard Kotze die konferensie. Besoek die webblad: www. westerncapemmc.co.za. Kaartjies is R160 by Computicket.

Wen boeke: Staan ‘n kans om

vier boeke, geborg deur PNA Malmesbury, van Angus Buchan te wen. Hulle bied 'n wye reeks Christelike en ander boeke. SMS ANGUS, jou naam en die antwoord op die onderstaande vraag en tuisdorp na 084 8333 813 teen 1 Oktober om hiervoor in aanmerking te kom. Vraag: Noem een van die sprekers by die konferensie.

Die Nuts and Bolts Rally vind vanjaar weer plaas van 23 tot 26 September. Die Rally samel geld in vir Love Your Nuts, ’n testikulêre kanker bewustheidsveldtog. Torsten Kohler is aan die hoof van die Love Your Nuts-veldtog wat onder die sambreel van PLWC (People Living with Cancer) val. Janie du Plessis is die CEO van PLWC. Testikulêre kanker word meestal gediagnoseer tussen die ouderdom van 15 en 39 jaar. Love Your Nuts (love-your-nuts.com) voorsien inligting oor die spesifieke tipe kanker en ook hoe om ’n selfondersoek te doen. Die eerste Nuts and Bolts Rally is verlede jaar gehou waartydens die skedonkies 1450km ver gery het om altesaam R21 000 in te vorder vir kanker. “Om te lewe met kanker is nie maklik nie en daarom was ons rit ook geensins maklik nie”

sê Pieter Andersen, organiseerder van die N&B Rally. Die skedonkies het weggetrek uit die Paarl en het deur die Tankwa-Karoo tot by Verneukpan getoer. Van daar is hulle deur Loeriesfontein tot by Doringbaai en toe see-langs terug tot op Kwa Tthu (naby Yzerfontein). Die grootste deel van die roete het uit grondpaaie bestaan en bande en uitlaatstelsels is tot die uiterste beproef. Vanjaar het 37 spanne ingeskryf. "Ons begin op Malmesbury, dan gaan ons Strandfontein toe en daarna maak ons ‘n draai op Garies en Loeriesfontein. Ons laaste aand gaan ons by Kromrivier in die Tankwa spandeer. Ons hoop om sommer baie geld die jaar in te samel." Gaan loer gerus op Facebook: Nuts & Bolts Rally SA of gaan na www.love-your-nuts.com en gee jou donasie aan kanker.

Vier jou erfenis Donderdag is Nasionale Erfenisdag en op Goedverwacht is daar groot planne aan die broei. Die inwoners gaan vanjaar gebruik om mense wat ‘n besondere bydrae tot die gemeenskap gelewer het, te vereer. Hulle gaan ook met ‘n Tuin van Herinnering vir Goedverwacht begin. Die program begin om 09:30 met ‘n kranslegging-seremonie by die slawe-begraafplaas. Die basuine- en junior-koor sal optree. Die res van die program vind op die toerisme-terrein plaas. Die gemeenskap gaan vanjaar vier mense vereer: al vier is ouer as 90 jaar. Daar sal ook ‘n oorsig wees oor die geskiedenis van Goedverwacht en die Ekoklub gaan ‘n praatjie oor die gebruike van kruie lewer. Die kinders gaan kultuurspeletjies speel en gesinne is genooi om piekniekmandjies te pak en nasionale braaidag op die toerisme-terrein te vier. • Die Jan Dackaert-museum en Porterville Museum bied ‘n potjiekoskompetisie by die Porterville-dam aan. Die dam is nie oop vir dagbesoekers nie, maar die stadsraad het toestemming gegee vir dié eenmalige funksie. Skakel Chriszelda Filander by 022 931 3528.

Eeu:

Ouma Liet Petersen van Darling het op 15 September ‘n volle 100 jaar oud geword. Hier is raadslid Felicia Humphreys besig om ouma Liet geluk te wens met ‘n kaartjie en pragtige blomme van Duckitt Kwekery.


NUUS • NEWS

3

23 September 2015

Blomme:

Die Darling Veldblomskou het die naweek talle geure in die lug laat hang met al die verskillende blomme wat ten toon gestel is.

Toe die Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen (naasregs) en Johan Viljoen (links), uitgewer van dié courant, gisteroggend finale reëlings gaan tref by Mother City Skydiving oor Van Essen se beoogde sprong Saterdag by die Malmesbury Skou, het nie een geweet wat die Dinsdag gaan oplewer nie. Saam met Van Essen en Viljoen is Mother City Skydiving se Mike Rumble en Frederik Potgieter.

•van Essen spring by skou

Vlieënde Hollander Die Malmesbury Skou, wat môre afskop, beloof vanjaar volop aksie en pret vir die hele gesin. Met heelparty hoogtepunte, waaronder optredes deur Emo Adams, koekedoor Mareli Visser, spog perdeklasse, 'n braaikompetisie met groot pryse, 4x4-aksie, kindervermaak en 'n koekkompetisie, is die Swartland burgemeester se valskermsprong ook een wat aandag trek. As die weer saamspeel sal Tijmen van Essen Saterdagmiddag teen etenstyd 'n tandemsprong doen saam met 'n instrukteur van Mother City Skydiving en 'n paar ander springers. Van Essen het gister 'n oefensprong gehad en dit beskryf as een van die heel grootste ondervindings van sy lewe. "Dit was 'n bietjie koud daarbo en my ore het bietjie toegeslaan, maar dit is eenvoudig ongelooflik," het hy aan dié courant gesê.

Hy het bygevoeg dat die Swartland soveel geleenthede bied en veral besoekers en toeriste kan voortaan 'n groterwordende rol speel in die streek se ekonomie. Mother City Skydiving het reeds honderde spronge met toeriste uit heelparty dele van die wêreld gedoen. Vir buitelandse besoekers is die spronge hier van die goedkoopste in die wêreld, sê Mike Rumble van Mother City Skydiving. *"Om op die ingewing van die oomblik die lug te klief en, soos Tijmen, die eerste keer uit 'n vliegtuig te spring, is 'n mengelmoes van onbeskryflikhede, verpak in 'n paar sekondes," het Johan Viljoen, uitgewer van dié courant, gesê. "Wat 'n voorreg om hierdie ondervinding in die Swartland te kan meemaak en aanbied." Sien die volledige skouprogram op bl 8.


courant

dié

4

Hou vol wat jy begin

Om vol te hou met iets wat jy nuut aangepak het, is nie juis altyd haalbaar nie. Soms word ons as gevolg van omstandighede opgesweep om beter mense te wees, om meer gelowig te wees. In die Swartland en Bergrivier word daar op die oomblik gebedsgroepe gehou vir reën in die streek, want dit is droog. Baie droog. Soveel van ons kyk nou na Bo vir hulp. Ons klop dan so hard aan die deur en roep kliphard ons versoeke uit. Vir hoe lank? Vir hoe lank bly ons op die reguit pad? Vir hoe lank streef ons daarna om beter mense te wees? Hoeveel goed beloof ons in ons gebede, om dit net te vergeet die oomblik wat dinge weer beter gaan? Gaan jy ooit weer terug en sê dankie? Dié naweek sal manne opruk na die Mighty Men-konferensie. Hierdie konferensie gaan steeds voort, al was daar soveel aanslae daarop. Vandag bid ons saam, môre stap ons by mekaar verby in die winkel, sonder om te groet. Dan vergeet ons die samesyn, die gemeenskaplike doel wat ons almal pas op ons knieë gedwing het. Wanneer gaan ons by die draaipunt kom, wanneer ons ten goede verander en so bly? Wanneer ons beloftes en gebare nie net mooiweerspraatjies is nie, maar werklik 'n instelling en nuwe leefwyse? Sal dit nie dan werklik met ons begin beter gaan nie?

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Good Soldiers are “faithful” Paul encouraged Timothy, “You therefore must endure hardship as a good soldier of Jesus Christ. No one engaged in warfare entangles himself with the affairs of this life, that he may please him who enlisted him as a soldier.” 1 Endure means “to undergo hardship—be afflicted, suffer trouble.” 2 “Engaged in warfare,” speaks of active and sincere duty. 3 Entangle is to interweave, be involved in.” Paul suggests going beyond guarding against a defeat - for example to a temptation; it includes guarding against distractions and deterrents that undermine the Christian keeping Christ’s commandments; and gaining His “Well done, good and faithful servant” as an ambassador of Christ - one who shares the Good News with others. Writer, Steven Crane wrote a novel about a young soldier who struggled with fear and ran from battle. In his flight the soldier came upon a group of wounded soldiers whose blood covered bandages appeared to him like a Red Badge of Courage. He longed for a wound—“a red badge of courage”— to mask his cowardice and lack of engagement in the conflict. He learned that it takes far more than “looking the part” to be a real soldier. Like others, he had entered the war dreaming of glory, fame and honour. He got a good dose of the truth that peace can only be achieved on the road to duty. The Christian who desires to share the truth of God’s love (seen in Christ’s death, resurrection and return) must do so as would a good soldier. Christians who show forth Christ through what he or she says and does must also be living examples of God’s love as a good soldier! Good soldiers do what they can to live lives that bring glory to their God and to the eternal good of others! Good soldiers remain faithful to stand and serve for truth, to finish well, to keep the faith.

NUUS • NEWS

23 September 2015

Eloff - SA se glas is nog halfvol

Dit is nog baie beter in Suid-Afrika as om van die koue in Engeland of Kanada dood te gaan of deur die vlieë in Australië opgevreet te word! Só het dr. Theuns Eloff, Swartlanders verlede week bemoedig. Dr. Eloff, voorsitter van die FW de Klerkstigting, was die spreker by die Afrikaner Bond Afdeling Swartland se jaarlikse Indaba-ete. Mense het van so ver as De Doorns en Vanrhynsdorp gekom om te kom luister na dr Eloff se praatjie: “Die Stand van die Land: Dr. Theuns Eloff (regs) saam 21 jaar van demokrasie en op pad na 2016 se met Charl Pauw, Siebert Coetzee (voorsitter: AB, Afdeling Swartverkiesings…” Dr. Eloff het die gesprek ingelei deur agter- land) en Rienzi Duvenage (bestuur). grondinligting te gee in die vorm van belangrien moontlike antwoorde gegee, ke gebeurtenisse wat bygedra het tot die skepping van die “Goeie planne word nie geïmplementeer nie (bv die Nahuidige situasie in die land en toe die land punte gegee vir sionale Ontwikkelingsplan),” het hy gesê en bespiegel oor prestasie in die vorm van drie balansstaat-items: Polities, die vraag of die erfenis van apartheid te groot is. ekonomies en sosio-ekonomies en kultureel. “Daar is ongetwyfeld ‘n onderskatting van die komplek“Politiese bates is die mees suksesvolle politieke oor- siteit van die uitdagings.” gang in die geskiedenis; politieke stabiliteit, die demokrasie Dr. Eloff het ook gesels oor kwessies waaraan mense groei, die Grondwet, sterk burgerlike samelewingsorganisa- niks kan doen nie en dit wat hulle wel kan doen. sies en die parlement wat nog steeds ‘n oorsigrol speel.” “Ons kan nie die ANC se interne spanning en probleme Laste is onder meer die toestand van die ANC as politie- oplos nie: die pad na 2016 en daarna is onseker. Ons kan nie ke party, as alliansie-vennoot en meerderheidsparty. die ekonomie op ons eie laat groei en werk skep nie. Ons Na 21 jaar gee dr. Eloff vyf uit tien vir die land se politiek kan nie die staatsdiens eiehandig hervorm nie. (8/10 voor 2009). “Maar: ons kan ook nie aan die Suid-Afrikaanse samele"Bates op ekonomiese gebied sluit in goeie fiskale en wing of ons plaaslike gemeenskap onttrek nie monetêre beleid, ten spyte van populistiese druk, asook “Wat kan ons doen: Ons kan hier bly, omdat ons ‘n roegoeie ekonomiese groei tot 2009. Toe was daar ‘n afswaai, ping het. Ons kan besluit oor eie bydraes en doen. Ons kan maar dit is steeds beter as sommige ontwikkelde lande. ons eie taal- en kultuurgemeenskappe bou. Ons kan na bui“Laste is onder meer armoede, werkloosheid en onge- te goeie interpersoonlike verhoudinge uitbou. lykheid. Die gaping tussen ryk en arm is heeltemal te groot, "Ons kan werk skep deur eie besighede te begin wat niks arbeidswetgewing is rigied, baie min van die beplande in- met die staat te doen het nie. Ons kan ons Christelike plig frastruktuurprojekte kom na vyf jaar van die grond af en teenoor alle Suid-Afrikaners nakom en diensbaar wees. Ons groeiende staatsuitgawes. kan pa/ma-trioties wees en terwyl ons só werk, kan ons “Daarom: vyf uit tien vir ekonomie.” (baie) bid…” Dr. Eloff beskou sosio-ekonomiese en kulturele as die Dr Eloff het afgesluit met ‘n bietjie perspektief en hoop: slegste en ‘n baie kritiese een, Hy gee dit net vier uit tien. “Die situasie is baie kompleks, maar dit is nie so sleg as wat Aan die bate-kant sê hy die meeste beleide is goed, maar gevrees is nie. aan die laste-kant is daar die mees sigbare, Eskom. “Ons het ‘n gedeelde visie, saamgevat in die Grondwet “Verder is die toestand van plaaslike owerhede en ba- en die NOP... ons verskil net hoe om daarby uit te kom. Dit siese dienste, basiese onderwys, gesondheidsdienste, vei- maak SA lewensvatbaar... “Ons op plaaslike vlak, op die grond, maak SA lewensligheid en sekuriteit. Dan ook grondhervorming, misdaad vatbaar. en korrupsie. “Behou perspektief: Die glas is halfvol…” “Wat het en is besig om verkeerd te gaan?” het hy gevra

Verkiesingspraatjies:

Konsert:

Boetietjie die Rooi Krullebol se Lewe, was die tema vir CPM se jaarlikse konsert. Elke klas het ‘n dekade van Boetietjie se lewe met ‘n dans uitgebeeld.

Note vir HSS Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se koor tree Donderdagaand in die Barnyard-teater in Durbanville op. Hul optrede is deel van die semi-finaal van Die Burger Klassieke Kolligkompetisie. Indien hulle na die finaal deurdring, sal die koor weer Vrydagaand om 19:00 daar optree.


NUUS • NEWS

5

23 September 2015

Shop online at www.picknpay.co.za

LOW

PRICE 16

90

PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

FRESH

PnP NO NAME™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg

19

35

95

PnP Streaky Bacon 200g

75

PnP White Sugar 2.5kg

21

80

36

95 Humpy Dumpty

Large Eggs 30s

15

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

90

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

25

80

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

WIN 1 OF 6 TRIPS FOR 2

49

90

9

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s

45 Sasko

EverydayWhite Bread 700g

49

90

EXCLUSIVE TO SMART SHOPPERS

TO THE 2016 RIO CARNIVAL

PRICES VALID 24 - 27 SEPTEMBER 2015 AT PICK N PAY MALMESBURY ONLY Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

SEE IN STORE FOR DETAILS T&C’s apply. E&OE. Visit www.picknpay.co.za for details.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015 1500833_390x260

1500833_390x260 Malmesbury.indd 1

2015/09/22 12:18 PM


NUUS • NEWS

6

23 September 2015

Swartlandse wyne skitter by Michelangelo-toekennings

Wim Smit van Hofstraat Kelder op Malmesbury spog met die trofee vir garagiste.

Pieter Terblanché, Morné le Roux en Susan Pietersen van Swartland Wynkelder op Malmesbury.

Uitslae ‘n Totaal van 1665 inskrywings van 364 produsente is vanjaar in 48 klasse van die Michelangelo-wyntoekennings beoordeel. Dit sluit likeurs, brandewyn en grappa in. Plaaslike kelders het goed gevaar: Trofeë: • Hofstraat Kelder Renosterbos Cabernet Sauvignon 2013. Platinum: • Ormonde Vineyards met Ondine Chenin Blanc 2013. • Tulbagh Winery - Klein Tulbagh Shiraz 2013. Gran d'Ors/Dubbelgoud: • Het Vlock Casteel met Het Vlock Casteel Cabernet Sauvignon 2013. • Namaqua Wines (met wynmaker Klaas Coetzee van Malmesbury) - Spencer Bay Winemakers Reserve The Blend 2011; Namaqua Noble Late Harvest Semillon 2010. • Swartland Winery - Swartland Rooi Muskadel. Goud: • Cloof Wine - Cloof The Very Sexy Shiraz 2012; Cloof Syrah 2013. • Groote Post Vineyards - Groote Post Riesling 2015. • Hofstraat Kelder - Hofstraat Renosterbos Shiraz 2013; Hofstraat Renosterbos Cabernet Sauvignon 2014. • Namaqua Wines - Namaqua Spencer Bay Winemakers Reserve Pinot Noir 2013; Namaqua Spencer Bay Winemakers Reserve Pinotage 2012; Namaqua Spencer Bay Winemakers Reserve Pinotage 2013;Namaqua Spencer Bay Winemakers Reserve Shiraz 2012; Cape West Chardonnay 2015. • Pulpit Rock Winery - Pulpit Rock Reserve Louisa 2012. • Swartland Winery - Swartland Winemakers Collection Chenin Blanc 2015; Swartland Bush Vine Chenin Blanc 2014; Swartland Winemakers Collection Chardonnay 2015. Silwer: • Annexkloof Wines - Annexkloof Tulu .2014

Regs: Johan en Lila Vlok van Het Vlock Casteel in die Riebeekvallei met dubbelgoud-toekenning vir hulCabernet Sauvignon 2013. • Cloof Wine - Cloof Shiraz 2012. • Darling Cellars - Darling Cellars Reserve Chocoholic Pinotage 2014. • Doran Vineyards - Doran Vineyards Pinotage 2013; The Romy D 2012. • Groote Post Vineyards - Groote Post Sauvignon Blanc 2015. • Hofstraat Kelder - Hofstraat Renosterbos Nebbiolo 2014. • Namaqua Wines - Spencer Bay Winemakers Reserve The Blend 2012; Spencer Bay Winemakers Reserve Pinotage 2011; Namaqua Cellar Door Pinotage 2013; Namaqua Cape West Sauvignon Blanc 2015. • Ormonde Vineyards - Ondine Sauvignon Blanc 2013; Ormonde Shiraz 2013; Ormonde Sauvignon Blanc 2014. • Pulpit Rock Winery - Pulpit Rock Reserve Pinotage 2013. • Swartland Winery - Swartland Winemakers Collection Sauvignon Blanc 2015.


NUUS • NEWS

23 September 2015

7


8

NUUS • NEWS

23 September 2015


NUUS • NEWS

9

23 September 2015

Spogslaggoed by Swartlandskou nommerpas vir Braai Primavleis van primaboere.... By die Swart-

land Skou op Moorreesburg het Erika Hanekom (links) van die Rhenosterbosrug Dormerstoet die Kampioen-groep geslagte lammers ingeskryf. Saam met Erika, wie deur John Dürr van die RPO as die matriarg van Dormerberdery in die land beskryf is, staan Deon Kotze. Die kampioenslaglam (SA Vleismerino) is ingeskryf deur nog 'n doyen van skaapboerdery in die streek, Jimmy van der Spuy (links) van Adderley Boerdery. Saam met hom is Merine Myburgh en Tommy Moolman van Tomis Abattoir wat al die lammers geslag het. Tommy het ook die kampioenlam gekoop teen 'n prys van R2650. Die kampioenlam op die hoef sowel as die kampioengroep op die hoef is ingeskryf deur Nelius van Santen van Skoongesig Boerdery.

Bou saam... John Dürr van die RPO en Wes-Kaap Lewende Hawe Agentskap het by die slaglamveiling en prysuitdeling die belangrikheid van die landbousektor uitgelig. Hy het daarop gewys dat die landbou presies dit is ... om die land te bou en dat die toekoms van hierdie land in die hande is van die landbou wat die voedsel vir die mense van hierdie land moet produseer.


NUUS • NEWS

10

Dagboek • Calender

23 September 2015

Sondeza Afri-Jeugkamp

Jeugwerkers

Die Sondeza Afri-Jeugkamp vind van 4 tot 13 Desember 2015 by Ganzekraal plaas. Die Jeugkamp is ’n inisiatief van die Swartland Munisipaliteit en word deur die Wes-Kaap Provinsiale Regering en ABSA ondersteun. Die Jeugwerkers sal vir die duur van die kamp met toesighouding oor die jeug behulpsaam wees. Alle Jeugwerkers wat die opleiding ondergaan het en vir die volle duur van die kamp aanwesig is, sal ’n toelaag van R1000.00 ontvang. Gratis verblyf en etes sal verskaf word. As dit jou passie is om met hoërskoolleerders te werk en jy opgewonde raak oor ’n geleentheid om by hul leierskapsontwikkeling betrokke te wees, besoek gerus die Swartland Munisipaliteit se webwerf by www.swartland.org.za vir meer besonderhede. Hierdie is ’n ideale geleentheid vir finalejaarstudente in Onderwys en Maatskaplike Werk om aan jeugontwikkeling blootgestel te word. Sluitingsdatum vir aansoeke: 2 Oktober 2015

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

124857DIECOURANT

Tydtoets Moorreesburg Alle stappers, drawwers welkom om deel te neem om van die oortollige gewig ontslae te raak. Dinsdae & Donderdae. Tyd: 17:30. Plek: Gene Louw Sportgronde (regoor ou hek, ingang na sportterrein). Navrae: Werner Ludick by 061 420 0077, 022 433 1890 (w) of 022 433 4721 (h); of Juan Wiese by 071 474 1335 of 022 433 1898 (h). Erfenisdag 24 September: Goedverwacht Erfenisdag. Tema: viering van erelede in die gemeenskap. Begin om 09:00 by die Slawe begraafplaas en daarna tot 11:00 op die toerismeburo se terrein. 022 912 4410 of 073 957 3549. Potjiekoskompetisie 24 September - op Erfenisdag : Jan Dackaert-museum en Porterville Museum bied dit by Porterville-dam aan. Inskrywings R20 by museum, voor/op 21 September. Hout asook resepte van ouds word verskaf. Skakel Chriszelda Filander by 022 931 3528. Abbotsdale Aandmark 25 September – van 18:00 in die Abbotsdale-gemeenskapsaal. Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti’s en kerriekos te kies en te keur. Navrae by Roland, 073 155 7256. LangsdiebosMark 26 September - Van 09:00 tot 14:00 op die Voortrekkerterrein, Malmesbury. Daar is nou ook vars groente, heuning en kaas te koop. Sanger Ershkine Coutts sorg vir die vermaak. Mitchell’s Pass Half Marathon 26 September – Halfmarathon and 10am Run, Ceres. Contact Lionel Hill, 023 312 2143 or 082 739 3545l www.ceresathleticclub.co.za. Sangaand 26 September - Getsemane Bediening hou ‘n sangaand om 19:00. Toegang: R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Yzerfontein Ope Galjoen Derby 26 September – Yzerfontein. Kontak Gawie Steyn, 083 379 6044. Inskrywings op webwerf www.yzeranglingclub.co.za. Makietie Pretstap 26 September - Laaiplek, 5km-pretstap. Registrasie: 07:15 by Laaiplek Hotel. Wegspring 08:00. Troeteldiere aan leiband welkom. Weskus Erfenis Makietie 26 September - Laaiplek Hotel-terrein. Navrae: 082 849 9251. Tulbagh Horse & Wildflower Show 30 September – 3 October - Tulbagh. Enquiries: 082 648 6934. Groeneweide Wielepret 3 Oktober - Wielepret se datum verskuif van 3 Oktober 2015 na 27 Februarie 2016, weens omstandighede buite die organiseerders se beheer. Skakel Samaryn / Yda: 022 492 2665 e-pos: sgsamaryn709@gmail.com. Oktoberfees 3 Oktober - Yzerfontein Oktoberfees. Kontak Doeks Basson 084 721 2307. The Celebration 3 October - The House of Praise presents The Celebration; Schoonspruit School Hall, Malmesbury; 18:00. Price: R30pp. Contact 061 896 6326, 073 664 2044 or email houseofpraise96@gmail.com. Sang en dinee 3 Oktober - Pinkster Kerk van Genesing hou 'n sangaand en 3-gang ete om 18:30 by St Thomas Primêr. Kaartjies is R120 per persoon (R60 vir kinders onder sewe). Skakel pastoor Moos Jaanse by 078 671 8014. Plaasbasaar 3 Oktober - 10:30 by Langebaan NG-kerksaal. Kom eet ‘n pannekoek, kry iets vir middagete of vars vleis en wors. Hope vars gebak, basaarpoeding, kerrie en rys en vars groente. Daar is die immergewilde boeketafel met enige leestof,van resepteboeke tot tydskrifte teen sakpakpryse. Navrae by Engela, 076 696 3570. Arno en Vriende 3 October: Clanwilliam by Bushmans Cave. 027 482 2918.

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 27 September - Sondagoggend 09:30 praat pastoor Piet Smit oor die okkulte en die aand om18:30 is Johan Smit die prediker. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 27 September - om 10:00 diens en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787.

Shofar Malmesbury 27 September - Diens om 09:30 - 1 ste vloer, Clicks-gebou, hoek van Voortrekker- en Hillstraat. Navrae: 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent: 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits en die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00). PPK Bethesda Porterville 27 September- Om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande).

Debutant Ball 9 October - St Michaels Church presents the ball at 19:00, Malmesbury Town Hall. Costs: R100. Band: Top Five. Dress Code: Formal. Tickets: all ward leaders or Ewerd Syster, 083 604 2011. Paarl Skool 4x4 9-10 October: Porterville - Paarl Skool 4x4 by Waterval & Laatson. 082 924 0307. Schoonspruit Reünie 9-11 Oktober - Schoonspruit Malmesbury. Vrydagaand: bring & braai (karaoke/dans ingesluit); Saterdagaand: maskerbal, 3-gang maaltyd, live band; Sondagoggend: sluit af met dankdiens. Kontak: Magaret Tippens , 079 739 9635 of Ester Mquire, 083 422 0862. Reünie oop vir almal wat by Schoonspuit skoolgegaan het. Geen beperkte jare. Tiger Classic Gholfdag 10 Oktober - Moorreesburg Gholfklub, 4 Bal Samestel Stableford; R1800 per span, sluit in natgat, broodtafel en aandete. Navrae by Yolanda , 022 433 1848 of e-pos moorreesburggolfclub@ telkomsa.net. Swartland Country Market 10 October - Swartland Country Market at Kirstenbosch Stone Cottages. Meet the winemakers and friendly people of the Swartland. Taste the wines and olives of the region. Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133. Bass Classic 10 October - Clanwilliam Bass Classic. 082 804 3536 Skrywersaand 14 Oktober - skrywer Rudie van Rensburg besoek Malmesbury Biblioteek op Woensdag 14 Oktober om 19:00. Hy gaan gesels oor sy boeke en na die tyd is daar ‘n gesellige kuiertjie saam met hom. Besprekings is noodsaaklik en belangstellendes kan die biblioteek kontak by 022 487 9439. Voet van Afrika-marathon 16-18 Oktober - Mega Sport Classic Voet van Afrika Marathon Sportnaweek; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller by 028 424 2890 of esther@agrimega.co.za. Darling Gymkhana 17 October - Darling Club, 87the Darling Gymkhana. Entries are opening soon. Nataniël sing vir Badisa 17 Oktober - Die bekende sanger en kunstenaar Nataniël en pianis Charl du Plessis tree op ten bate van Badisa Riebeek-Wes. Die konsert begin om 19:00 in die NGK-saal op Riebeek-Kasteel. Kaartjies is R200 per persoon (geen kinders onder 15 toegelaat). CD’s, boeke en produkte van die Kaalkop-reeks sal te koop wees. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Riebeekvallei Museum Jaarvergadering 21 Oktober - Joyce Kotzé, bekroonde skrywer van Runaway Horses, 'n verhaal oor die Anglo Boere-oorlog, is die spreker by die jaarvergadering om 19:00 by die museum. DA Piekniekdans 23 Oktober - Wesbank-gemeenskapsaal, Malmesbury, van 19:00 tot laat. Met Mario Arnold One-Man Band. Bring XYZ. Toegang R50pp. Kontak Maude Goliath (082 643 1344), ofAdam Leander (kantoor, 022 486 5198). Hengelkompetisie 24 Oktober - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Visfabriek-toernooi 30-31 October - Velddrif. 022 783 1821 Inspirerende Lentetee 31 Oktober – ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9, Riebeek-Kasteel. R100 (sluit ligte versnaperinge in). Die spesiale gas is Beau de Klerk wat in 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet van Kaapstad na Pretoria gestap het. Hy vertel ‘n verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Die ACVV mans en vroue uit na hierdie inspirerende oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 / 084 291 5088.

Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Sangaand 26 September om 19:00. Toegang: R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.


NUUS • NEWS

11

23 September 2015 Betrekking Vacancy

Avon Reps needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510 #2141/5

Memorium Memoriam FARAO LEON –

Mammie (Lana), Pappie (Cettie), Ma Milla, Pa Red, Chris-Juan en Sherwin #2196 ------------------------KEENAN JOUBERT

Dienste Services

DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras, bewerk van beddings asook verwydering van tuinvullis. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. #2002/3 ------------------------Fridge Repairs at low cost. Also we build 2x2 freezer rooms and repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/1 ------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Sout- en soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www. melieta’skitchen.co.za. #2058/10 ------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589 #2098/10

Gelukwensing Congrats RAAI WIE IS 21?

Op 27 September. ‘n Geseende dag word jou toegewens.!!! Van : Mamma, Pappa & Rozanne #2204

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/17 -------------------------

Liefste kind – Hoe vinnig het die tyd gevlieg. 15 Jaar gelede was jy hier nou is jy by Jesus. Jesus druk hom styf teen U vas. Ek sal jou nooit vergeet – Mis jou Leon. Van : Mammie, uncle Herman & Johnnic #2199 ------------------------FARAO LEON LUCAS

Gebore : 21 September 2010 – 26 April 2013 Jy was deel van ons lewe, maar God skenk jou die ewige lewe. Jy was die lig in ons, en baie se lewe, nou is jy omring met die Goddellike lig. Die gemis is nog soos 2 jaar terug. Jy sou 5jr geword het, maar ons berus ons met jou mooi herinneringe. Van : Oupa Croy, Ouma Anna, Annime & Angie #2197

Te Huur To Let 25 September is jou verjaardag. Jy is vir altyd my “guardian angel”. Ons mis jou verskriklik. Wens elke dag dat jy my seuns kon ken – jule sou mekaar geniet. Lief jou vir altyd. Jou sussie – Chrizaan, Tristan en Keagan #2200 ------------------------KEENAN JOUBERT

21 September sal dit jou 5de verjaarsdag gewees het, maar God het jou op 26 April 2013 geroep om verjaarsdag saam met God en die engeltjies te vier. Die gemis is nog groter en jy het groot leemte gelaat. Ons sal jou nooit vergeet en jy sal verewig in ons harte voortleef. Met baie liefde van :

1 x slaapkamer huis vanaf 1/10 Veilige verblyf en parkering. Naby Laerskool Swartland R 3 900 per maand Skakel: 084 443 7332 #2198 ------------------------“BACHELOR” Tuin woonstel te Huur - Malmesbury. Ruim. Ingeboude kaste Onderdak parkering. Alarm. R3500 p/m. Krag uitgesluit. Kontak 082 325 9330 #2203 ------------------------ROSE EIENDOMME 3 Slpk ruim huis vanaf Nov vir R8000,00. 2 Slpk skakelhuis in Dalsig vanaf Desember vir R3 800,00; 3 Slpk huis vanaf Oktober vir R5 500

(2 maandelikse basis) 4 Slpk huis vanaf November vir R8500,00 (3 maandelikse basis). Kontak: roselj@telkomsa. net of 082 603 5245 #2201 ------------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400km2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/8 ------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/8

Te Koop For Sale

TWISP LIQUID – Spesiale Prys teen R100-00 per liquid. Kontak 084 511 5682 #2202 ------------------------Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682 #2126/10 ------------------------Elektriese “tip up”garagedeur motor met alle toebehore – R850,00 . Kontak 073 146 9078 #2195 ------------------------Muller – 079 413 2520 1x Elektriese Wolf grassnyer – R750; 2x klein hoek staandertjies – R350 elk; 1 Imbuia spieëltafel – R1550; 1 x Defy yskas/vrieskas (silwer) – R1750; Defy 4 plaat stoof – R650; 1 x Kelvinator Twin Tub wasmasjien – R1250; Fridge Master yskas/vrieskas – R1650 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2205 ------------------------HAKE “stokvis” Fillette te koop – R40 p/kg asook Visvingers (R32/kg) en krummelvis (R25/pak). Kontak 022 487 3265 /

084 250 2460 #2151/6 ------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/13 -------------------------

Voertuie Vehicles

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/3


courant

NUUS • NEWS

23 September 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

23 September 2015

Sportuitslae Sports results

Atletiek Piket Bo Berg Fun Run (Results ordered by Finish Time) 16km Open Men: 1. Thomas Struis; 2. Philip Potsane; 3. Nielsen Pamacheiche. 8km Open Men: 1. ChnstopherBooise; 2, Paul Klaasen; 3. Jason Koordom. 16km Open Women: 1. Dorette Du Plessis; 2. Susan Du Toit; 3. Zahn Munch. 8km Open Women: 1. Xanthe Lardnerburke; 2. Farron Jolly; 3. Tarryn Ferguson.

Ren:

Geniel de Villiers het Donderdag op Malmesbury gekuier in aanloop tot die Toyota Handelaarsveldren. Regs is hy saam met Robert Orchard en Koos O'Kennedy van Malmesbury Toyota.

Fietsry Malmesbury Fietsryklub Pennypinchers Lions Karoo to Coast 100km MTB Challenge: Marius de Kock 04:25:52; Elishia Drotschie 04:59:15; Annemarie de Kock 04:59:15; Annemarie Hanekom 05:11:58; Eddie Wiggins 6:23:00; Nadine Marais 6:31:00; Johann Notnagel 7:08:03; Kobus Marais 7:26:00. Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - Enkel Stableford: Ernest Thompson 21; Lindsay Meyer 18; Koos Loubser 17; Damien Brennan 17; Andre Uys 17. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford: Adriaan Vlok 23; Nic Goosen 20; Mogamat vd Merwe 20; Freek Stander 19; Marcell van Lill 18. Saterdag - Beterbal Stableford: 1 Ronnie Shaw & Pierre Jackson 46; 2 Wynand van Niekerk & Andre Ackerman 45; 3 Len Kruger & Lindsay Meyer 44; 4 JB van der Walt & Janco Maritz 43; 5 Koos Loots & Reinier van Wyk 41; 6 Jacobus Snyders & Riaan Snyders 40. Klubrugby Bloues A wen Dennegeur 27-19 (5 pte); B-span wen 29-5 (5pte). Tennis Malmesbury Tennisklub Vroue A verloor teen Brackenfell: 3 wedstryde teen 2. Kim Titus k Tania Diedericks 6-2/ 6-2; Antoinette Snyman v Renette van Dyk 1-6 / 2-6; Rese Neethling & Altea Eksteen v Nicloa du Pisani & Sunelle Diedericks 1-6/1-6; Kim Titus & Antoinette Snyman k Nicola du Pisani & Sunelle Diedericks 6-3/6-4; Rese Neethling & Altea Eksteen v Tania Diedericks & Renette van Dyk 3-6/3-6. Vroue B verloor teen Brackenfell: 3 wedstryde teen 2. Sigrum Sixt v Teana Engelbrecht 3-6/0-6; Andrea Gouws k Mare Hoving 6-0/6-3; Jessie Liebenberg & Nicolette Brand v Mariana Wentzel & Charlotte Geldenhuys 6-7/4-6; Sigrum Sixt & Andrea Gouws k Mariana Wentzel & Charlotte Geldenhuys 6-1/6-0; Jessie Liebenberg & Nicolette Brand v Teana Engelbrecht & Mare Hoving 1-6/4-6. Mans C verloor teen Rekreasie: 3 wedstryde teen 2 Martin Nel k Pieter Joubert 6-7/6-1/10-6; Alec Viljoen k Gerhard Pieterse 7-6/5-7/10-8; Johann Moller & Johan Burger v Alec Gentle & Mario Foster 1-6/4-6; Martin Nel & Alec Viljoen v Alec Gentle & Mario Foster 3-6/6-4/5-10; Johann Moller & Johan Burger v Pieter Joubert & Gerhard Pieterse 1-6/4-6.

Rugby: Theodore Marinus val oor vir ‘n drie in Wesbank se wedstryd teen Hopefield. Foto: David Howburgh

Wesbank amper daar Wesbank Rugbyklub moet Saterdag net vier punte in sy laaste wedstryd teen Vredenburg aanteken om die Swartwes-ligatitel vir 2015 in te palm. Wesbank het reeds vir die kwarteindronde van die Top 8-kompetisie gekwalifiseer. As hy Saterdag wen, sal hy waarskylik teen Ceres te staan kom. Indien hy tweede eindig, sal hy moontlik teen Roses van Wellington speel. Wesbank het Saterdag in sy laaste tuiswedstryd teen Hopefield op Malmesbury met 55 -34 gewen. Die wedstryd het pragdrieë opgelewer deur albei spanne se agterlyne. Die besoekers van Hopefield het nooit tou opgegooi nie en aanhoudend aangeval. Wesbank se ervaring het

gehelp, maar die span het weer eens baie punte weggegooi as gevolg van sy stelskoppers. Dit kan probleme vir die span gee, as in ag geneem word dat die uitspele reeds op 10 Oktober begin. Die span reis Saterdag na Vredenburg vir sy laaste wedstryd en benodig dus net ‘n wen. Toeskouers word gevra om saam te gaan die naweek en Vredenburg rooi en wit te verf. Busse vetrek reeds om 10:00 vanaf OK Mini Mark. • Kompetisie: Staan 'n kans om een van vier enkelkaartjies na Emo Adams se vertoning 14 November op Malmesbury in samewerking met WRK. SMS EMO, jou naam, tuisdorp en die finale telling van die naweek se wedstryd na 084 8333 813 voor 25 November om 16:30.

Mans B wen Maties B: 3 wedstryde teen 2 / 7 stelle teen 5. Mans A verloor teen Durbanville: 5 wedstryde teen 1/11stelle teen 4.

Tennis: Kim Titus

van Malmesbury in aksie Saterdag teen Brackenfell. Sy het haar wedstryd teen Tania Diedericks met 6-2, 6-2 gewen.

Kampioene: Schoonspruit se o.16 sewes-rugbyspan is Weskus se

kampioene. Hier is die span: (agter) Curt-Lee Klaasen, Maxwell Mentoor, Nathan Solomons, Zandre Molligan, Jadian Strydom, Bernard Lesch (afrigter), Lucian Berendse, Curtley Felix en Gino Solomons. Voor is Dillon Collins, Ralthon du Toit, Manrico Fortuin en Zandre Maarman. Die span neem Vrydag aan die provinsiale uitdunne in Kaapstad deel.

Hunter’s Dry or Gold 6 x 330ml Per Pack

49

R

Jack Daniel’s Tennessee Whiskey 750ml

199

R

Olof Bergh Brandy 750ml

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Bloemfontein Ope 1: 1 F Meintjes & Seuns 1525.6013; 2 F Meintjes & Seuns 1522.3911; 3 F Meintjes & Seuns 1522.3009; 4 J Steenkamp 1519.8870; 5 E Kotze 1497.9116; 6 G Horn 1492.8356; 7 E Kotze 1490.7842; 8 F Meintjes & Seuns 1490.2817; 9 G Horn 1483.5258; 10 E Kotze 1482.2264. Bloemfontein Ope 2: F Meintjes & Seuns 1604.7648; J Steenkamp 1603.4421; G Horn 1565.1832; F Meintjes & Seuns 1561.6855; F Meintjes & Seuns 1561.5905; F Meintjes & Seuns 1516.1901; G Horn 1513.1011; F Meintjes & Seuns 1510.1726; J Steenkamp 1505.5858; F Meintjes & Seuns 1504.6432. Moorreesburg Posduifklub Modderrivier Ope 1 Fed: 1. Frikkie Bester 1351.8654; 2. HMO Smit & Seun1277.5028; 3. Frikkie Bester 1269.3671. Moorreesburg Modderrivier Ope 2: 1. HMO Smit & Seun 299.9138; 2. HMO Smit & Seun 1297.0599; 3. Van der VyverHokke 1283.5634. Moorreesburg Hanover Jo 2 Fed - Combine: 1. HMO Smit & Seun 1420.9790; 2. Frikkie Bester 1416.5187; 3. Frikkie Bester 1363.9825. Moorreesburg Hanover Ope 2 Fed: 1. Frikkie Bester 1399.2060; 2. HMO Smit &S eun 1392.4758; 3.Frikkie Bester 1370.4082. Bloemfontein Ope 1 Fed Vd Vyver Hokke 1570.5833; VdVyver Hokke; 1558.8845 Yt & Tuis 1546.9754; Yt & Tuis1525.9744; Frikkie Bester 1525.2236; Frans Jooste 1519.9736 ; Steenekamp Lofts 1510.8142; 8. Yt & Tuis 1506.2982; Frans Jooste 1504.8411; Yt & Tuis 1494.5045. Bloemfontein Ope 2 Yt & Tuis 1642.0919; Frans Jooste 1592.7904; Frans Jooste 1573.7320; Steenekamp 1555.1244; ;Frikkie Bester 1536.6004; HMO Smit & Seun 1535.2563;Vd VyverHokke 1529.1386; Vd Vyver Hokke 1521.9244; 9. Frikkie Bester 1500.5205; Steenekamp Lofts 1500.2506. Omega Racing Pigeon Club - Malmesbury Bloemfontein 1 - 4 September: Stan the Man 1388.692; Leukes Family 1327.409; RC Liedeman 1306.321. Springfontein 5 September: Sheldon Bros 1536.700; Leukes Family 1427.277; Kenneth Edas 1410.940. Victoria West 19 September: RC Liedeman 1695.245; E. Liedeman 1682.492; E. Liedeman 1682.295; Cross Border Lofts 1672.127; Kenneth Edas 1666.814; Kasu Sons Bros 1647.871; Stan the Man 1641.888; E. Liedeman 1640.617; RC Liedeman 1636.969; Cross Border Lofts 1629.820.

Amarula Cream Liqueur 750ml

88 9990

R

JC le Roux La Fleurette, Le Domaine, La Chanson or Sauvignon Blanc 750ml Each

R

47

CHEERS TO THESE

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

149

1490

R

Castle Lager or Hansa Pilsener 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Pack

PRICES VALID 24 - 27 SEPTEMBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

1500371 _100 x 260

GREAT DEALS

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1500371_Vredenburg 10x8.indd 1

2015/09/21 11:17 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant 23 sept 2015 339 by DieCourant - Issuu