co urant
Gratis • Free
swartland en w eskus Uitgawe 268
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
hugenotestraat 24, malmesbury
23 April 2014
tel: 022 487 3221
Pieter-Dirk Uys (regs) met die ontvangs van sy eredoktorsgraad van die Universiteit van KwaZuluNatal by prof. Cheryl Pot- gieter, adjunk-visekanselier: gedragswetenskappe. Uys is vereer as ‘n ‘‘vreeslose kritikus teenoor ongeregtigheid in Suid-Afrika en ‘n meedoënlose aktivis vir ‘n oop, verdraagsame en demokratiese samelewing oor vier dekades’’.
• ‘WEES SELFSUGTIG OM VRYGEWIG TE WEES’
Pieter-Dirk word dr.
Jou stem is geheim en heilig. Gebruik dit op 7 Mei. Doen jou huiswerk. Kyk al die politieke artieste deur en besluit vir wie jy wil stem, het Pieter-Dirk Uys in sy aanvaardingstoespraak gesê met die ontvangs van sy eredoktorsgraad by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Die UKZN het goedgunstiglik ‘n afskrif van die toespraak aan die courant verskaf. Luidens ‘n mediaverklaring van die UKZN word Uys as satiriese skrywer, kunstenaar en aktivis vereer met ‘n eredoktorsgraad vir sy sukses in die bevordering van ‘n meer verdraagsame en meer bewuste samelewing in Suid-Afrika. Uys het reeds sedert 1994 ‘n sterk verbintenis met die UKZN aangesien die Pieter-Dirk Uys argiefversameling daar gehuisves word as ‘n waardevolle bron vir navorsers. ‘’As skrywer, akteur en aktivis was Uys ‘n vreeslose kritikus teenoor ongeregtigheid in Suid-Afrika en ‘n meedoënlose aktivis vir ‘n oop, verdraagsame en demokratiese samelewing oor vier dekades. Met humor as wapen het hy voortdurend die absurditeite en onreg van apartheid ontbloot, en post-1994 aan die voorpunt gebly
met sy MIV/vigs-aktivisme deur groter bewustheid van die siekte te bevorder en die stigma wat daaraan kleef. ‘’Ook vir sy buitegewone vermoë om kreatiwiteit te kombineer met sosiale aktivisme; vir sy lewendige verbintenis tot verdraagsaamheid en die demokrasie; en sy ewigdurende optimisme en hoop vir sy land en sy mense is die UKZN dankbaar om sy hoogste eer, die Graad Doktor in Literatuur honoris causa aan Uys toe te ken.’’ Uys, ‘n inwoner van Darling, het luidens sy geskrewe toespraak gesê Suid-Afrikaners moet onthou hulle stem nie vir Madiba nie, ook nie vir die gemeenskap, provinsie, party of land nie. ‘’Jy stem vir jouself. Jou droom. Jou toekoms. Wees selfsugtig sodat jy vrygewig kan wees.’’ Hy het gesê apartheid sal nooit onder dieselfde naam terugkeer nie, maar dat die ondernemingsgees van slegte politiek nie onderskat moet word nie. Dit sal terugkeer deur geld te maak vir ‘n poliltieke elite. ‘’Ons Titanic het die ysberg van korrupsie getref.’’ Uys het verwys na die eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994. ‘’Nelson Mandela
het my bevry van my tronk van vooroordeel en vrees. Dit was nie meer polities-korrek om rassisties in Suid-Afrika te wees nie. Ek was nie meer net ‘n wit Afrikaner nie. Ek was nou ‘n burger in ‘n demokrasie. Uiteindelik.’’ Uys het gesê as mense in die 1980’s ‘n verbode foto van Nelson Mandela die land ingesmokkel het, is jy tronk toe. ‘’Hulle sou die Playboy hou, maar jy is reguit tronk toe.’’ Uys is ook deur die courant om reaksie op sy eredoktorsgraad genader, maar het nie reageer nie. Uys het ten slotte vertel ‘n DNS is in 2011 vir ‘n televisieprogram op hom uitgevoer. Daarin is bevind dat sy voorgeslagte oorspronklik van die Kongo kom. ‘’Ek is dus duidelik swart. Vir 49 jaar het my identiteitsdokument my verseker ek is wit. Toe doen ek navorsing in my pa se agtergrond en het bevind dat ons ‘n groot-groot-groot-grootmoeder gehad het wat in 1791 op die pad tussen Kaapstad en die Paarl gewerk het. ‘’Dit beteken ek is ook bruin. Ek is ‘n ware Suid-Afrikaner.’’