courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Bergrivier
dié
1
22 Julie 2015
Uitgawe 330
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Roeiers laat spat Berg: Ansuné Basson van Malmesbury was een van die vele deelnemers aan vanjaar se Bergrivier Kano-marathon, wat weens die lae watervlak en waterhiasinte hoër op in die rivier, by Hermon weggespring het. Ansuné was Saterdag die 6de vrou oor die eindpunt by Velddrif. Vir nog roeifoto’s besoek gerus dié courant se facebook-blad.
• tans 'fantasties groen en vee spekvet'
Streek vra nóg reën Die reën is yl en die watertafel laag, maar landbouers is vol moed dat daar ‘n goeie oes gaan wees. “Ons is so drie, vier weke agter,” het Melvin van der Westhuizen van die Moorreesburg Landbouvereniging gister aan dié courant gesê. “As ons nie binnekort nog reën kry nie, kan ons in ‘n risiko-toestand gaan. Maar ons is dankbaar vir wat ons reeds gekry het.” Hy vertel dat hy in Junie 75mm reënval gemeet het, wat gemiddeld vir dié maand is. "Vir Julie was sy reënval-syfer tot dusver ongeveer 47mm. “Ons het nog so 20mm nodig, 100mm tot aan die einde van die seisoen.” Hy verduidelik dat hulle met min ondergrondse vog begin het en op die oomblik absorbeer die plante alle neerslae. “Ons het laas in Augustus verlede jaar goeie reën gehad en toe ‘n bitter droë somer, wat die watertafel baie laag maak. As ons ‘n kort jaar het, kan dit nag wees in die somermaande. Sou die reënjaar langer aanhou tot in Oktober, sal dit goed wees.” Tog is hy positief: “Die landerye lyk goed, die Medics kort net lengte.” Michiel Smuts van Malmesbury sluit hom hierby aan: “Die laaste reën het ons heelwat gelig, al het dit ‘n bietjie laat gekom.” Hy sê daar is nog geen afloop nie, omdat daar nie reserwe-vog is nie. “Ons het nou aanmekaar bietjies reën nodig tot einde September, maar vir nou lyk dit goed.” Smuts sê die koring is mooi, “maar dit is nog
laag. Ons is ongeveer drie weke agter skedule en hoop vir ‘n lang seisoen.” “Die landbouers hier suig maar aan die agterspeen,” was Francois Eksteen van Piketberg se Graan-landbouvereniging, se mening. Hy sê om Piketberg is daar stukke waar min reën geval het. “Die Rooi Karoo is taai.” “Die oes lyk goed en as die reënseisoen gaan rek, kan ons beter verwag. Hy het verduidelik oor die brakkolle wat plek-plek in die landerye te sien is: “Dit is plekke waar soute nie behoorlik uitgewas het nie.” Dit is deur die min reën veroorsaak. Eksteen vertel dat die diere baie en laat gevoer is. Dit beteken dat die vee op die oomblik goed lyk en sal meer reën meer voer beteken. “Ons damme is leeg en dit kan kostes opjaag as boere krag moet gebruik om water uit boorgate te gebruik. Só het Gus Pickard van Piket-BoBerg aan dié courant gesê. “Op die oomblik is die omgewing fantasties groen en die vee spekvet, want die bietjie reën het ook ‘n klein bietjie kos vir hulle beteken.” Pickard verduidelik dat die koue baie goed is vir die vrugte, veral die appels en pere. “Maar ons het nog water nodig, veral vir die perskes. “Ons glo die reën sal nog kom. Boere bly hoop!” Intussen is daar nog geen waterbeperkings in die vooruitsig nie. Die Departement van Waterwese kondig hierdie waterbeperkings aan en was daar by navraag nog nie sprake daarvan in die Swartland munisipale-gebied nie. Binne Cederberg Munisipaliteit is daar wel
waterbeperkings aangekondig, aangesien die Clanwilliam-dam tans baie leeg is. At Botha van die Swartland Munisipaliteit het gesê dat vanjaar se winter van die vreemdste reën-patrone opdis wat hy nog die afgelope paar jaar ondervind het. “Die reën is heeltyd dreigend met donker wolke reg rondom ons en al wat ‘n weervoorspeller is, gee dag en tyd waarop dit gaan stortreën. "Kom daardie dag, weg is die reën en die koue front bring net koue.” “Een van die moeilikste besluite om te neem, is om voorbrand te maak by Waterwese om waterbeperkings vir die Swartland te oorweeg en in te stel indien nodig.” Hy het dié week as die keerdatum gegee om dié gesprek te begin. Intussen het dit Vrydagnag gereën en die voorspelling tot die einde van Augustus dui op sporadiese reën. Ligte buie word vir 28, 30 en 31 Julie voorspel en dan weer op 9, 10 en 12 Augustus (donderbuie). Na ‘n paar sonskyndae is daar weer moontlike buie op 17, 19 en 28 Augustus. Voëlvleidam, een van die twee groot damme wat water aan die Swartland verskaf staan nou op 40,4%, teenoor verlede jaar se 89,6%. Die Clanwilliamdam het 32,4% water, heelwat laer as 2014 se 95,2% - dit het reeds tot waterbeperkings in dié omgewing gely. Terwyl die Misverstanddam nou 100,2% vol is, is dit ook 15% laer as die vlak op die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
NUUS • NEWS
22 Julie 2015
NUUS • NEWS
2
22 Julie 2015
Planne met 'De Hoop'ontwikkeling nou bespreek
‘n Werkwinkel gaan op Dinsdag 28 Julie gehou word oor die beplande nuwe uitbreiding en ontwikkeling aan die westekant van Malmesbury. Die uitbreiding is agter Saamstaan en Ilinge Lethu (Darlingweg) tot by die spoorlyn. Die organiseerders van die uurlange werkwinkel wil namens die Anstucy Trust uitvind wat die gemeenskap se behoeftes is. Die werkwinkel vind van 16:00 tot 17:00 by die Malmesbury Biblioteek plaas. Navrae kan gerig word aan Candy Goliath (073 310 4100) of Anelia Coetzee (022 482 4653).
Konstruksie: Ian Kemp, Sanral se raadgewer op die N7-projek is, het aan dié courant
bevestig dat konstruksiewerk aan die N7 by Malmesbury volgens plan verloop. Op die oomblik word daar aan die nuwe suidelike verbypad gewerk. Hy het ‘n beroep op veral voetgangers gedoen om versigtig te wees in dié omgewing. Kemp het ook die Swartland se verkeersafdeling bedank vir hulle sigbaarheid en hulp in die omgewing van die werke. Hy het bygevoeg dat hulle streng spoedbeheer op die pad sal toepas. Intussen het die kontrakteurs aangekondig dat CV's by die Wesbank Gemeenskapsaal ingehandig (08:00 - 17:00) kan word, vir aandag Lilian Leukes (078 833 4664).
•gemeenskap 'moet ook help'
‘Sport bring hoop’
Voorspoed: Ashwin Willemse, oud-Springbok en deesdae Supersport-kommentator en analis (derde van regs), het Donderdag spelers bemoedig voor die eindwedstryd van die Voorberggevangenis se uitdaag-toernooi. Saam met hom was onder andere Ivan Pekeur, president van Boland Rugby (naasregs). Ons kan nie in isolasie werk nie, het Freddie Engelbrecht, van Korrektiewe Dienste in die WesKaap, by die BC Wilson Uitdaag-rugbytoernooi op Porterville gesê. “Die gemeenskap moet help. Die oortreders kom uit die gemeenskap en moet weer terug soontoe,” het hy aan die gemeenskap gesê. Dan ‘n woord aan die oortreders: “Onthou, daar is goed in elkeen van ons, ons moet dit net ontdek. “Julle het verkeerde dinge geleer, maar dit kan reggestel word. Gebruik sport daarvoor en moenie terugkom hierheen nie.” Area-kommissaris BC Wilson, het ook sy stem hierby gevoeg en beklemtoon hoe belangrik
selfwaarde is. “Misdaad is regtig besig om ons land seer te maak en ons kan dit omkeer.” Hy het verder gesê dit gaan nie net oor wen nie, maar vriendskap, die bou van brûe en die versterking van rehabilitasie deur sport. ‘n Korrektiewe beampte van Drakenstein, Martin Roodtman, het met die oortreders gepraat oor sy eie besonderse sportprestasie: Hy is pas vir die vyfde keer as wêreldkampioen in karate gekroon. “Dit kos werk om te presteer. Julle het ‘n fout gemaak, maar net jy kan, met die krag van Bo, dit omkeer. “Wees positief en geniet julle sport.”
NUUS • NEWS
3
22 Julie 2015
• Die gras is mooi groen, maar dit moet groente wees
‘Verskillende tale, een volk’
Koud: Dis koud in die Swartland en nie net die menslike inwoners bibber en beef van die
koue nie. Donderdag is menigte voertuie onder 'n yslagie gevind, handskoene is aangetrek om beskutting teen die koue te bied. Sommige skape het ook opgestaan met die verkeerde voet uit die kraal toe die koue hulle nie oorgesien het nie en sommer 'n yslagie op hul rug gevorm het. Hierdie foto van Erika Hanekom is op haar blaas, Rhenosterbosrug, geneem.
Ploegdag en skoue om die draai Mandela-dag:
Minister Senzeni Zokwana (naaslinks bo), het self ingespring en gehelp om die skool te verf. Inlas: Hy het ook bome en groente geplant. Links: Die Minister (naasregs), saam met Orton King (groep uitvoerende direkteur van Agri Mega), raadsheer Jacob (Boeta) Josephus (onderburgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit) en raadslid Harold Cleophas (burgemeester van Weskus).
‘n Mens kan nie help om diep geraak te word deur die omstandighede wat ons vandag hier gesien het nie. Só het die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, Maandag op Wittewater buite Piketberg gesê op die Madibadag-viering by die Carl Schreve Primêre Skool. Zokwana was in Januarie op Wittewater as deel van ‘n SAKP-afvaardiging (SA Kommunistiese Party) wat skoolskoene landwyd versprei het. Dié dorpie en sy mense het hom só aangegryp, dat hy beloof het om terug te kom. Raadslid Harold Cleophas, burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, het hom hiervoor geloof as 'n “ leier wat omgee”. Die Minister was Maandag reeds van vroeg woelig op Wittewater. Hy het groentetuine by huise help plant, asook bome en groente by die skool. Die doel was om leerders, en die gemeenskap, aan te moedig om landbou te bestudeer. Hy het selfs in skaflike Afrikaans inwoners aangemoedig: “Ons is hier om mense te leer. Hier is reeds tuine, maar ek wil hê elke huis moet een hê. Die gras is mooi groen, maar dit moet groente wees.” Hy het opgemerk dat van die inwoners skape, bokke, pluimvee en selfs donkies aanhou: “Almal kan dit doen”. Hy het die gemeenskap uitgedaag om ernstig te raak oor voedselproduksie. “Geen grond moet ongebruik wees nie. "Dan kan ons mense gesond eet en sal daar
minder mense by die klinieke wees." Die Minister het ook twee historiese huise besoek wat besig is om in ruïnes te verval. Hy het gesê hy kan nie weggaan en net daarvan vergeet nie: gesprekke sal met rolspelers en moontlike verskaffers gevoer word om hand by te sit. “Ons moet saamwerk. Ons praat verskillende tale, maar ons is een volk.” Later het Minister Zokwna 67 voedselpakke en komberse aan geïdentifiseerde gesinne oorhandig. Die Santos Sokkerklub, bekend as die “People’s Team, was daar as vennoot van die departement en het ‘n sportkliniek vir die skool se sokkerspelers aangebied. Dit alles het ingepas by die departement se boodskap vir Mandela-dag: voedselsekuriteit, onderwys en geletterdheid, skuiling en infrastruktuur, diens en vrywillige werk. • Orton King, groep uitvoerende direkteur van Agri Mega, het ‘n groot skenking van implemente en produkte aan die gemeenskap gemaak as deel van sy visie om armoede te bekamp. “Ek wil graag sien dat daar nie net klein huistuintjies is nie, maar ‘n volhoubare gemeenskapstuin wat kommersieel bedryf kan word en ‘n inkomste genereer.” Hy voorsien dat die tuin in samewerking met ‘n gemeenskapsinstelling en Agri Mega se kundigheid suksesvol sal wees. “Wat ons hier sien, breek jou hart, hier is baie werk om te doen.”
Die Swartland Veterane Trekkerklub hou Saterdag sy jaarlikse ploegdag. Dit vind op die Môreson-plaas op die N7 buite Malmesbury plaas. Die program begin om 09:30. Soos gewoonlik sal die reuk van diesel- en paraffiendampe in die lug hang. Die Swartland se leemgrond val in blinksooie om en die manne gebruik weer woorde soos “rysterborde, knel skare, voorploeg, volvoor en misvoor”. By die tent kan die liggaam gevoed word met tradisionele lekkernye soos koeksisters, kerriekos en afval. Ná ete sal die vroue en kinders ook ‘n kans kry om hul staal te wys op die land. Dan, ná die dag se wedywering, sal die pryse uitgedeel word. Daar sal gekgeskeer word met elkeen, want die pryse sluit onder meer die vuilste trekker, sukkelaar van die dag, oudste ploeër
vam die dag, jongste, mooiste ensovoorts in. Die aand is daar ‘n outydse sokkie met rubbersaagsels op die vloer. Vir enige navrae, kontak Johan Hugo, 082 357 3413. • Porterville se landbouskou is van 27 tot 29 Augustus. Navrae: Jean Kotze (082 623 3155, Aletta Hendricks (084 533 3003) of e-pos na: info@portervilleskou.co.za. • Die Swartland Landbouskou op Moorreesburg is vanjaar van 9 tot 12 September. Vir navrae, skakel Ian Koch by 022 433 2461. Die gewilde Swartland Skou Damesdag vind op 10 September plaas. Kaartjies beloop R300 per persoon en is beskikbaar by Computicket. • Die Malmesbury Landbouskou vind van 24 tot 27 September plaas. Navrae by Carina Marais, 022 482 3180.
NUUS • NEWS
courant
22 Julie 2015
dié
4
Orrelfonds:
Die St Michaels het onlangs ‘n Terug Skooltoe-dans gehou om geld in te samel vir 'n nuwe orrel vir die kerk op Abbotsdale. Hier is van die vrolike "leerders". Mense wat wil bydrae tot die orrelfonds kan Ed Syster (083 604 2011) of Graham Carelse (072 441 5967) kontak.
Gee van jou 67 minute
Met Mandela-dag agter die rug, is daar skielik 'n groter besef en bewuswording van die behoefte wat ons gemeenskapslede ondervind. Mense het gegee. Onvoorwaardelik. Hierdie dag van goedheid, is nie net daar om jou besigheid of beeld te bevorder nie, dit is daar om jou siel 'n hupstoot te gee. Om jouself 'n rede te gee om te glimlag van kinderlike geluk. Ons moet leer om saam te werk vir 'n groter doel. Een baksteen op sy eie kan nie 'n verskil maak nie, maar saam kan dit 'n sterk muur vorm wat baie sekuriteit kan bied. Daar is soveel instansies wat almal op hul eie probeer goeddoen, en ook baie suksesvol, maar hoeveel beter en groter sal die impak nie wees as ons as 'n gemeenskap kan saamstaan en saam werk vir ons mense nie? Dit het tyd geword dat ons mekaar ondersteun, dat ons mekaar toelaat om ook 'n bietjie van die son se strale te kry, om ook gelukkig te wees, al is dit met net 'n koppie warm sop in die hand. Dit het tyd geword dat ons na mekaar omsien, want wat is die lewe sonder omgee? Sonder empatie of simpatie? Wat is die punt van ons bestaan dan as ons nie iets goeds vir iemand anders kan doen nie? Dit het die lewe en sterfte van 'n groot legende geneem om ons bewus te maak van die goedheid wat daar in elkeen van ons skuil. Soms moet ons net 'n bietjie soek en grawe om op hierdie "omgee-skat" af te kom, sodat ons een van die vele bakstene in 'n groot, sterk muur kan wees.
Vrydag was dit koud en nat op Moorreesburg. Raadslid Yolandé S Cox-Chetty van die Swartland Munisipaliteit en Billy Hansen het besluit om die kinders van Rosenhof bymekaar te kry vir ‘n Mandela-dag viering. Sowat 200 kinders het in Leeubekkiestraat gekuier. Sowat 30 kinders van Sibanyapark was ook deel van die byeenkoms. Die kinders is toe touwysgemaak om 'n groentetuin by die huis te begin. Elke kind het ook drie plantjies van verskillende groente gekry om tuis te plant en te versorg. Billy Hanson, welbekend in die dorp vir sy groentetuin, het die kinders gewys en geleer. Daarna is die kinders op 'n smaaklike bakkie potjiekos onthaal. “Hulle honger magies is gevul en die koue daarmee verdryf,” het raadslid Cox-Chetty aan dié courant gesê. Dit is moontlik gemaak deur haar en haar man, Cedric Bruintjies. Donasies is ook van plaaslike besighede op die dorp ontvang, terwyl vele hand bygesit het.
It's Good News
Dr Marc Blackwell Snr
Genuine Christianity isn’t Easy!
Ephesians 6:10-13 “Finally, my brethren, be strong in the Lord and in the power of His might. Put on the whole armor of God, that you may be able to stand against the wiles of the devil. For we do not wrestle against flesh and blood, but against principalities, against powers, against the rulers of the darkness of this age, against spiritual hosts of wickedness in the heavenly places. Therefore take up the whole armor of God, that you may be able to withstand in the evil day, and having done all, to stand.” Biblical Christianity isn’t easy! Paul warned Timothy, “But you have carefully followed my doctrine, manner of life, purpose, faith, longsuffering, love, perseverance, persecutions, afflictions, which happened to me at Antioch, at Iconium, at Lystra - what persecutions I endured. And out of them all the Lord delivered me. Yes, and all who desire to live godly in Christ Jesus will suffer persecution. But evil men and impostors will grow worse and worse, deceiving and being deceived.” Being a Christian is a free gift of God provided by grace alone through faith alone in the death and resurrection of His Son. And yet, biblical Christianity brings with it a “price tag” that takes various forms for all who confess Jesus as Lord. For most, the price does not remotely approach what it cost Paul to be faithful to his calling, but there is a price to be paid none-the-less. Paul stands as an example of God’s power enabling faithfulness in the face of intense battles. Paul had already reminded the believers at Corinth, “For the weapons of our warfare are not carnal but mighty in God for pulling down strongholds, casting down arguments and every high thing that exalts itself against the knowledge of God, bringing every thought into captivity to the obedience of Christ”.
Omgeedag:
We care For Piketberg,Piketberg Krieketklub, Tedkor, Boland Superspar en munisipale werkers op Piketberg het met 'n skoonmaakprojek en hareprojek hul deel bygedra tot Mandela-dag vieringe. Daar is eers papiere in wyk 4 opgetel waarna almal op Watsonia Sportgronde bymekaargekom vir 'n sportprogram en daarna is die seuns se hare gesny en meisies se hare gewas, gedroog en gevleg. Vrywilligers uit die gemeenskap het gehelp om kinders se hare mooi te maak vir die nuwe skoolkwartaal. Die kinders het daarna almal sop,brood en lekkernye gekry vir hul bydrae tot Mandela-dag.
Ete:
Mandela-dag: ‘n Groepie vriendinne van Anemoonstraat, Wesbank het besluit om Mandeladag sommer in hul buurt te vier. Hulle het drie potte sop gekook en dit saam met brood aan kinders voorgesit. Hier is Charlotte Scheepers (links) en Jolene Africa besig om kos uit te deel. Die ander vroue wat gehelp het, is Anna la Meyer, Dina Andrews en Nicole Basson. Tessa Fester het die klere geskenk wat ook uitgedeel is.
NUUS • NEWS
5
22 Julie 2015
Reik uit met Madiba-dag
BIRTHDAY PARTY Selected products on this page have been styled for photography
Dierehulp: 'n
Groep PPC De Hoek-werkers het in samewerking met Piketberg Animal Welfare (PAWS) 'n skenking van honde en katte kos gemaak en dit gaan uitdeel vir die diere in die Trajekte kamp ter viering van die 67 minute vir Mandela.
49
R
PnP Bulk Lean Beef Mince Per kg
PnP Bulk Stewing Beef Per kg C Grade
39
90
Heerlik: Op
Darling het die Yzerfontein-buurtwag senior inwoners met lekkernye bederf.
X-LARGE
35
FRESH
75
County Fair Fresh Chicken Braai Pack 5s or 16s Per kg
Humpty Dumpty Extra Large Eggs 30s
3790
PnP Rindless Shoulder Bacon 200g
16
8 F O S D E R D N U H H WIT E R O T S N I S L A I C E SP R 14 BUY 2 FOR 95
Support: West
Coast College staff along with Councillor Aubrey Sedeman, distributed warm clothes and soup to the youth at Die Kraaltjie in Kalbaskraal.
Coca-Cola Regular 2 Litre
Uitdaag: Op
Malmesbury het besighede mekaar uitgedaag om uit te reik en te gee. Sop, snoeppakkies en allerhande warm eetgoed is uitgedeel.
24
R
95
Blue Ribbon White Toaster Bread 700g
BUY ANY 2 FOR
PnP Full Cream or Low Fat Fresh Milk 1 Litre Sachet
28
90
Koek: Ronel-
PnP NO NAME™ Corn Flakes 1kg
le van Rensburg en lede van die Moorreesburg Lions-klub met van die ongeveer 1000 kolwyntjies wat hulle gebak het.
PnP Medium 1st Grade Potatoes 7kg Bag
2590
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
2490 Selati White Sugar 2.5kg
Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s
23
90
48
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
18
80
1194375_390x131
Out of cash? Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.
Double the size. Now checking 2 000 items. Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.
PRICES VALID 23 - 26 JULY 2015 AT PICK N PAY VREDENBURG, LANGEBAAN, WELLINGTON AND MALMESBURY ONLY
Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. 1194375_Vredenburg 39x4.indd 1
2015/07/21 1:42 PM
NUUS • NEWS
6
Volunteering in Africa
From left to right: Marit, Thora, Joergen and Max. In about a month’s time the Swartland will have to bid farewell to four German students who volunteered here for the past year. The four - Marit, Thora, Max and Joergen became well-known faces in the Swartland. Especially Marit von Graeve, who worked at dié courant for a spell and proofed herself a very capable journalist. This article is her impression of the four’s stay in Africa. There are volunteer programmes all over the world and an uncountable number of young men and women goes abroad every year to experience another culture whilst helping in a social organization. One of these programmes are the German initiative ‘weltwaerts’ (going into the world) which was founded by the German state in 2008. Since then more than 20 000 volunteers have been sent to Africa, South America, Asia or Eastern Europe - an incredible number of nearly 3500 per year. Most of them want to do something different and practical instead of studying further im-
mediately and they go abroad to use this chance for a gap year and learn about other people and themselves. The German province Saxony-Anhalt and Swartland Municipality have established a strong relationship by exchanging volunteers and organising programmes like the Sondeza Camp together. The exchange between countries and cultures is important to all the involved and the volunteers are thankful for the strong network. This year there are two girls and two boys from different parts of Germany in the Western Cape: Marit, 19 years, works for the Food Bank Malmesbury, a soup kitchen at the IlingeLethu Thusong Service Centre. Thora, 19 years, is involved in the St Thomas School and Elkana Childcare in Wesbank. The two stay with a guest family in Malmesbury. The two boys, Max and Joergen, are living and working at !Khwa ttu, the farm for the San people near Yzerfontein. There they help with the mountain bike trail, in the
garden, the restaurant or anywhere else when needed. Marit enjoyed every second of her stay: “I am so glad that I chose this year and this country as a gap year. I have already learnt so much and it still becomes more every day! And in addition I feel that my work has an impact on the community and makes a change.” In contrast to such enthusiasm, there are also some problems: No volunteer may replace a native worker, which means they are more or less only additional helpers. This sometimes results in boredom and frustration. Thora says: “That is something you have to deal with and learn from. And if you show some initiative, you can always find a solution. My new work at St Thomas Primary has given my routine a new input.” Marit on the other hand does not have such problems, there are even too many things to do. But the advantage of one limited year is one’s knowledge about the end: You can throw all your passion and energy onto the social projects. “That’s what we’re here for,” she says. Another difficulty is the language: As Germans, they understand Afrikaans a bit, but after some time decided to arrange classes with an Afrikaans teacher. One may not underestimate the impact of the language when you want to get involved in another community. Max says: “We already see ourselves as a part of the country. On the one hand it feels like having just arrived, on the other hand we already know so much more about South Africa than in the beginning.” It seems to be natural that in eleven months, one adapts to another way of living and to the other culture. In their free time they do sports, learn Afrikaans, keep in contact with their German families and friends, but also meet new people from Malmesbury, stay in Cape Town over the weekend or spend their holidays at the Garden Route. “We only have this one year, so we have to make use of it! All in all this is a great country, the people are so incredibly open and friendly. Only the contrast between rich and poor was very shocking in the beginning. But at least we can make small changes here”, Marit says. “The time has passed so quickly… we will enjoy the rest of our time, try to see as much of the country as possible and enjoy our freedom until August. But we can already say that all the work to come here was definitely worth it!”
22 Julie 2015
Showville besoek Piketberg Almal droom om ‘n ster te wees en beroemd te word. Elke dorp het ‘n ster en Showville is die program wat hierdie sterre ontdek en hulle drome waar maak. Showville is ‘n talentkompetsisie wat uiteindelik op TV uitgesaai word. Hulle besoek elke week ‘n ander dorp. Vier finaliste word uitgesoek en dan stem die dorpenaars oor wie met die R10 000 wegloop. Volgende week, van Maandag tot Woensdag, is Showville op Piketberg. Die reeks word twee bekende kunstenaars aangebied:Rob van Vuuren en Bontle Modiselle. They will be spending time with each town’s short listed four finalists, mentoring and coaching them, in preparation for the big show-off talent evening. Die oudisies word in die Allan Boesaksaal gehou en op die eerste dag is alle kunstenaars welkom. Aan die einde van die dag sal vier finaliste gekies word. Hierdie vier sal op dag twee voorberei word vir die groot talent-aand. Die finaliste sal aan die einde van elke dag verfilm word. Dag drie is die groot dag. Die program begin om 17:30 in die Allan Boesak-saal, waar die wenner gekies sal word. Die reeds word van 7 November af elke Saterdagaand om 20:00 op SABC2 uitgesaai. Vir meer inligting besoek www.Showville.co.za.
NUUS • NEWS
7
22 Julie 2015
Toernooi: Die Hoërskool Swartland op
Malmesbury het gedurende die laaste week van die Julie-vakansie weer hul jaarlikse winter-toernooi aangebied. Hier het verskeie rugby-, netbal- en hokkiespanne van regoor Suid-Afrika en oorsee mekaar die stryd aangesê. Bo is Kern Papier van Schoonspruit Sekondêr in aksie. Regs bo: Charlie Gerber van die Hoërskool Swartland se eerste rugbyspan beur vorentoe in 'n losgemaal.
Bespreek nou vir Gospelkonsert op Malmesbury Die Swartland Gospel-konsert vind op Vrydag 28 Augustus om 19:00 in die De Bron-teater op Malmesbury plaas. Vanjaar se kunstenaars is Abe Bruintjies, Anja Botha, Donè Botha, Elroy Josias, Groovie Girls Sanggroep, Michael Gilman, Monique Basson, New Voices Sanggroep, Pauline Hardcastle en Relevant (Francois en Wilana Henn). Friedrich Claasen is die agtergrond-spreker. Kaartjies teen R50 (R30 vir pensioentrekkers en kinders o.19) is beskikbaar by Cornelle (022 482 2411), Sonette (022 482 1407) of Johan (072 613 0855).
NUUS • NEWS
8
Dagboek • Calender
22 Julie 2015
Piketberg spog met Toegang: Morné van Heerden by die gang wat nou toegang tussen die winkel en stoor bied.
Lyndanse 22 Julie: NGK-sentrum, De Bron op Malmesbury; Woensdae van 18:00 tot 20:00. R150 per maand. Navrae: 083 737 5440.
PPC Riebeek Berg Marathon 1 August - 42.2km marathon, 21.1km halfmarathon, 10km run/ walk or a 5km fun run/walk. Riaan van Zyl, 022 482 2909.
Tip of Africa Perde Uithourit 24-25 Julie - Internasionale Perde Uithourit (160km, 120km, 80km, 60km, 40km - beginners); 07:0016:00; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller by 028 424 2890 / esther@agrimega.co.za.
10-Rand-50 Opskop 1 Augustus – Opskop in die Malmesbury Stadsaal. DJ en Willie van Schoor "Live". R50 per persoon. Tafelbesprekings. Bring eie verversings. Gratis speelarea met toesig vir kinders. Navrae: 082 224 1142 of ecgroenewald@gmail.com.
Moorreesburg Bootsale/Markdag 25 Julie – Bootsale/Markdag by die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Hermien of Renata by Moorreesburg/Koringberg Toerismekantoor, 022 433 1072. Snoei-demonstrasie 25 Julie - Gratis snoei-demonstrasie om 10:00 by Malmesbury Kwekery. Navrae by 022 433 3232. Swartland Veterane Ploegdag 25 Julie – Die Swartland Veterane Trekkerklub hou hul jaarlikse ploegdag by die Môreson-plaas op die N7 buite Malmesbury. Kontak Johan Hugo by 082 357 3413. Donkie Derby 25 Julie - Die Malmesbury VLV hou sy gewilde Donkie Derby om 18:30 in Malmesbury stadsaal. Kaartjies is R75 pp. Neem kontant vir kosstalletjies en kroeg. Navrae en kaartjies by Jeanette Orchard (071 643 5805) of Eek (022 482 3967). Xmas in July 25-26 July: Darling - Xmas in July @ Evita se Perron. 022 492 3930; www.evita.co.za. Hengelkompetisie 27 Julie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Kudde-Evalueringsdag 31 Julie - 35ste Kudde-Evalueringsdag by Malmesbury skouterrein. Aflaai en registrasie begin 09:00; opening om 12:00; arbeiderskursus 12:30 slaglamveiling 13:30. Navrae: 082 872 9100. Classic Kasteelberg 31 Julie - Acclaimed pianist Kathleen Tagg will be performing at Kasteelberg Bistro in Riebeek Kasteel, complemented by a classic 3-course meal and fine wines. R295 per person includes the R120 entry fee. Bookings: 022 448 1110. Flower Ministry 31 July-2 August – The Darling Presbyterian Church’s annual Flower Ministry from 10:00 to 17:00. Theme: The Guiding Hand of God: flower displays with a message. Light refreshments on sale in the hall. Entrance free. Enquiries: Rev Rodney Brits (022 492 2060) or Rev Ian Bernhardi (084 441 309. Talk on Nguni cattle 31 July – Michael Duckitt will talk about this unique cattle breed. At the Darling Museum, 18:30 for 19:00. Soup and sherry; tickets R80 (Friends R70). Bookings: Dianne, 022 492 3361. Winter Dance in the Barn 31 July - Join Darling College for a picnic & dance from 19:00 until late. Take your own picnic basket. Don't take alcohol, cash bar available. Cost: R120 pp or R1000 table of 10. Book: pienaarjanine@ gmail.com.
PPK Bethesda Malmesbury 26 Julie - Pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18:30. Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 26 Julie - Br Gert Rossouw preek om 10:00 in die sysaal van die NGK. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie 074 153 0519 email: info@vpci.org.za. Shofar Malmesbury 26 Julie - Die Zimbabwiese boer, Henry Jackson, wat sy plaas opgegee het en die krag van God in dit gevind het, is om 09:30 die spreker by die Malmesbury Shofar-gemeente se diens in die Hoërskool Swartland-skoolsaal. Kontak die kantoor by 022 482 4640. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se volgende diens is op 9 Augustus om 17:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit wees. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).
Links: Jo-Anne Smit by die nuwe Jonsson Zone in die winkel.
AJV Moorreesburg/Koringberg Toerismeburo 5 Augustus - U sal bederf word met stoepstories deur boere, inwoners asook 'n plaaslike digter by die algemene jaarvergadering van Moorreesburg/ Koringberg Toerismeburo. Sop en brood, sjerrie en wyn sal voorsien word. Dit begin om 18:00 by die Koringbedryf Museum. Kaartjies is R40 per persoon. RSVP voor of op 27 Julie na moorreesburg@ westc.co.za of kontak Renata van Dyk of Hermien Taljaard by 022 433 1072. Abbotsdale Mark 7 Augustus - van 18:00 in die Abbotsdale-gemeenskapsaal. Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti’s en kerriekos te kies en te keur. Navrae by Roland, 073 155 7256. Vroue-oggend 8 Augustus – Org de Rac: saam met Le-Lue Roode van Bokradio, Delanie Jooste en ontbyt deur Kochelmanders berei. Kaartjies is R150pp. Bespreek by Cindy, 022 913 2397 of wine@orgderac.co.za. Oggendtee 8 Augustus - ACVV Riebeek-Kasteel hou ‘n oggendtee om 10:00 met Lizette Janse van Rensburg wat getuienis lewer deur sang. Kaartjies R100 sluit tee/koffie en ligte verversings in. Kontak Gloudine (022 4481715/084 2915088). Geelstert-kompetisie 8-9 Augustus - Yzerfontein, as die weer dit toelaat. Navrae: Neville Smith, 079 873 6860. Interskole 14 Augustus - Hoërskool Dirkie Uys teen Jan van Riebeeck - tuis op Moorreesburg. ACVV Vrouedag 15 Augustus - In die NG-kerksaal op Piketberg. Karen Smit van Women's Achievement Network for Disability, is die spreker. Skakel 022 913 1525 of acvvpiketberg@telkomsa. net. A CHOIRed Taste/ beKOOR 15 Augustus - Mega koorskouspel, 19:00; Grandwest Arena, Goodwood, Cape Town. Navrae: Eunice Joubert on 021 863 0397 / eunicek@agrimega.co.za. Derby 15 Augustus - 20ste derby, Wesbank Sekondêr teen Proteus. Tuis op Malmesbury. Stories@Darling 21-23 August: Darling Stories@Darling. 022 492 3361; www.facebook.com/stories@ darling Derby 22Augustus - Steynville Sekondêr teen Roodezandt (weg).
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 26Julie - Pastoor Piet Smit preek om 09:30; Titel: Die een ding wat SA nodig het. Sondagaand 18:00: gesinsdiens: Defrost talente-aand. Navrae: 073 447 2902.
Links bo: Lionel Pieterson van Bergrivier Boerdery betaal vir sy inkopies by die nuwe betaalpunt in die stoor. Hy word bedien deur Feidre Benjamin (verkoopsklerk) en Alicea Kayster (handelsklerk).
House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.
Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00; home cells Wednesday 19:00. Church at 28 Arend Street, Wesbank. Service in English. Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other: Rev John Beck, 022 482 3623.
Onderdele:
Shawn Cupido, onderdeleklerk, by die onderdele-afdeling wat ook vergroot en vernuwe is.
Vriendelik:
Francois en Nolie Eksteen koop graag by die Agrimark omdat die diens so uitstekend is. Hier word hulle deur Monica Mpeli gehelp.
NUUS • NEWS
9
22 Julie 2015
droom was om landbouskool toe te gaan. Dit het nie so gewerk nie en hy het sy skoolloopbaan by Steynville Sekondêr voltooi. Hy het as winkelklerk begin werk en was ook handelsklerk by die ou WPK. Hy het hom opgewerk tot assistant-bestuurder in Kraaifontein en toe ses maande in die Paarl gewerk voordat hy teruggekom het Piketberg toe. Hy put ook baie krag uit sy vrou, Marelda, en hulle drie kinders, Celeste, Shameema en Cyril Junior se ondersteuning.
splinternuwe Agrimark
Vriendelik:
Links is die bestuurder, Cyril du Toit, en regs is die personeel op die trappe voor die Agrimark. "Ons koop hier want die mense is vriendelik, die diens goed en alles is netjies. Jy sal nie by enige ander plek in die Kaap beter diens kry nie." Met hierdie woorde het Francois Eksteen sy stempel van uitnemendheid op KaapAgri se Agrimark Piketberg geplaas. dié courant het ‘n draai by die onderneming gemaak om na die aanbouings en nuwe voorkoms te kyk, toe ons in Francois en sy vrou, Nolie, vasgeloop het. Hulle het bestuurder Cyril du Toit se woorde onderstreep: “Hier kom klante eerste en diens is die wagwoord". Van ‘n mens by die deur instap, voel jy welkom en tuis. Dit is ook gou duidelik dat hier deeglik en noukeurig bestuur word: die winkelvloer, drankwinkel, betaalpunte, stoor, houtstoor en tuine getuig daarvan. Agrimark Piketberg spog met ‘n opgradering wat dit werklik landbouers, en baie ander mense, se inkopieplek van keuse maak. Die bouwerk is binne ses maande afgehandel – ‘n taak wat beplanning, deursettingsvermoë en harde werk gekos het. Die bouaannemer was
Jean du Plessis. In die winkel is daar ‘n nuutjie met die Jonsson Zone waar jy jou kan verlustig in dié klerereeks wat op die buitelewe gerig is. Die Cat & Hitch klerereekse is ou bekendes, maar dit is nou uitgebrei, so gaan loer gerus in. In die winkel is drie nuwe kantore ingerig, die onderdele-afdeling is opgegradeer en daar is ook nou toegang na die stoor. “Ons het ses algemene werkers in die stoor en hulle het ‘n roetine wat nie net belangrik is nie, maar ‘n wenresep. Elke oggend maak hulle die stoor oop en maak dan skoon sodat alles reg is as die eerste klante aankom.” Daar is twee nuwe betaalpunte in die stoor. Du Toit verduidelik dat die stelsel glad en gemaklik verloop. Waar inkopies voorheen uit die stoor na voertuie gedra moes word, kan voertuie nou in die stoor ry, aankope oplaai en aan die anderkant uitry. Agrimark spog ook met sy eie drankwinkel of Liquor Mark. “Baie mense het vir my gesê dit sal nie werk nie, ons is te ver van die sakekern, maar
dit is reeds dit wat ons suksesvol maak. Dit is stil, rustig en veilig hier.” En na drie jaar kan hulle maar spog. Buite wys hy trots na die tuine. “Ons het in 2008 met die tuine begin en dit vorder goed. Die ingange is belangrik, dit is die eerste wat klante sien. Daar is elektroniese besproeiing en ons sny die gras een keer per week. Die vrugtebome word deur die personeel onderhou en hulle het dan ook die gebruik van die vrugte,” verduidelik hy en voeg by dat die nartjieboom sy persoonlike gunsteling is. “Hier moet nog heelwat werk gedoen word, soos by die houtstoor,” beduie hy. “Maar ons vorder,” en hy wys na die groot stukke plavleisel wat aangebring is. Du Toit glo een van die geheime van sy sukses is dat hy die dorp en omgewing ken. Hy het op die plaas Goedemoed grootgeword en sy
10
NUUS • NEWS
22 Julie 2015
NUUS • NEWS
11
22 Julie 2015 Betrekking Vacancy
Be your own Boss ! – Reps needed for AVON, Northern Suburbs, Swartland and Winelands. No Experience Needed – Full training available. Contact Johan 074 061 3593 / Etoschia 079 539 5510 #2088/6
-----------------------Opgeleide skoonheidsterapeut met ervaring gesoek vir gevestigde senior posisie in Riebeek Kasteel vanaf 1 September. Basies + goeie kommissie struktuur. Stuur CV na info@calamataspa. co.za #2135
-----------------------Wil u graag ‘n eenman deli bedryf in Malmesbury? Stuur CV en motivering aan annas@leapsd.co.za voor 24 Julie 2015 #2129/1
Dienste Services Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761, 073 193 1457 #2074/5
-----------------------Need Cash? We buy any broken/unwanted gold/silver jewellery. We travel to you. All areas 072 096 7068 #2139
------------------------
NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/5
Gesoek Wanted Honda sleutel verloor in Voortrekkerweg, Malmesbury. Beloning word aangebied. Skakel 083 242 7677 #2138
-----------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/11
Te Huur To Let 3 Slaapkamer met ingeboude kaste, 2 badkamers, eetkamer, sitkamer met kaggel. Spens, kombuis, toegeboude stoep met braai, dubbel motorhuis, toesluit motorafdak, eenkamer woonstel met en suite. Alle vensters diefwering. Groot erf met muur om. h/v Lang- & Arcadiastraat. Huurgeld R9 750 p/m – Beskikbaar 1 Augustus 2015. Kontak 083 270 2352 #2136
-----------------------“Bachelor” woonstel in Moorreesburg – semi gemeubeleerd. Privaat ingang. Goeie buurt. Onmiddellik beskikbaar – R1800,00 per maand. Skakel Riaan 060 625 8414 #2117/2
-----------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/2
-----------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer
besonderhede of om te besigtig. #2123/2
-----------------------ROSE EIENDOMME 2 Slaapkamer woonstel op 3de vloer met onderdak parkering by Pau-Rita te huur – R3800 p/m. Geen diere en klein kinders. Luzanne Rose – 082 603 5245 of stuur e-pos na roselj@telkomsa.net #2137
Te Koop For Sale 1 x Dubbelbed & Cloudnine matras B-leather kop en voet – R1900, 1 x Ovaal koffietafeltjie – R550, 1 x Defy Mikrogolf – R450, 1 x Sitkamer stoel beige –R350 – Malmesbury. Skakel Muller 079 413 2520
#2140
-----------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422
#2072/7
------------------------
courant
NUUS • NEWS
22 Julie 2015
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
22 Julie 2015
Sportuitslae Sports results Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner Enkel Stableford - 15 Julie George Prinsloo 20; Frans Destroo 20; Hein Stephan 19; Freek Stander 18; Hendrik Spies 18. Saterdag 18 Julie Beterbal Stableford Bertram Stoffels & Ronan Jacobs 48; Shaun Conrad & Desmon November 45; Paul Hardcastle & Henning Pretorius 44; Piet Basson & Kobus Loubser 43; Natie Smith & Josef de Beer 43; Adriaan Louw & Johann Ackerman 43. Klubrugby Abbotsdale A wen St Helenbaai 16-15; b_span verloor 16-25 en C-span verloor 10-12. Bloues 1 verloor 14-21 10 teen Good Hopes; Bloues 2 verloor 0-10. Never Despair A wen Velddrif 24-22; B-span speel gelyk met 21-21 en die C-span ookok gelyk met 10-10. Riebeek United A verloor 16-43 teen Saron; B-span 3-22; C-span 6-15. Wesbank A wen Piketberg 85-2; Wesbank B wen Piketberg 62-23; Wesbank C wen Piketberg 22- 6.
Abbotsdale: Die
rugbyspan van Abbotsdale het Saterdag die span van St Helenabaai in 'n naelskraapstryd met 16-15 geklop. Regs is Lauhan Arendse van Abbotsdale op pad doelpale toe, voor hy gestuit is. Foto: David Howburgh
• spoedvrate in drieë-hemel
Wesbank klop Piketberg
slaag Wesbank met nog ses drieë deur van hul spoedvrate. Piketberg kon nieteenstaande vele probeerslae geen verdere punt aanteken nie. Die wedstryd eindig na ‘n eensydige tweede helfte met die telling op 85-12. Wesbank se tweede span klop Piketberg 6717 en sy derde span seëvier ook met ‘n telling van 22-10. Saterdag reis Wesbank na Moorreesburg vir sy wedstryd teen Samoa en die busse sal om 12:00 vertrek. Die span neem dieselfde aand om 20:00 in die Wesbank-gemeenskapsaal afskeid van een van sy spelers, Dashton Wellman, wat in Augustus na Skotland vertrek waar hy vir ses maande klubrugby gaan speel. Dashton word deur die klub en al sy ondersteuners sterkte en voorspoed toegewens. • Moses Jacobs het weer eens ‘n paar borge vir die klub nader getrek. Nic Mitchell het pette vir die eerste span geborg en Johan Bester van Bester Ingenieurswerke, vir die tweede span. Die derde span het toksakke van Robert Rabe ontvang.
Aansteeklik:
Gert Coetzee (links agter) se roeiery het die kano-gogga behoorlik laat byt op Piketberg en selfs tot op Vredenburg. Hier is van die entoesiaste. Agter: Burger Visser, Phillip Strumpher,Johann Kotzé en Gert Coetzee. Voor is Taxi Kotzé en Izak Coetzee. Onder is Gert en Izak nadat hulle vanjaar se "Berg'' voltooi het.
Moorreesburg Posduifklub Victoria Wes Ope 1 G Williams 1236.1554; 2 J Steenkamp 1218.1819; 3 M Hill 1213.7475; 4 E Kotze 1181.7410; 5 G Horn 1104.5304; 6 M Hill 1089.6770; 7 M Hill 1085.5273; 8 G Horn 1068.3360; 9 G Horn 1065.4565; 10 G Horn 1057.1459. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Beaufort West 2 1 RC Liedeman 1307.305; 2 Leukes Family 1296.516; 3 Kenneth Edas 1281.166; 4 Sheldon Bros 1278.753; 5 Marlon and Brian 1273.610; 6 Sheldon Bros 1271.276; 7 Leukes Family 1266.700; 8 Leukes Family 1263.975; 9 Kenneth Edas 1263.898; 10 Kenneth Edas 1258.383.
R
REFRESHINGLY
GOOD PRICES
97
Klipdrift Export Brandy 750ml
BEST BUY
54
R
R
89
Olof Bergh Brandy 750ml
R
Viceroy Brandy 750ml
88
R
Per Pack
Savanna Premium Cider Cans or Non-returnable Bottles Assorted 6 x 330ml
PRICES VALID 23 - 26 JULY 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
R
119
50
Three Ships 5-Year-Old Premium Select Whisky 750ml
124
Drostdy-Hof Claret Select 5 Litre
35
Nederburg 56 Hundred Chenin Blanc or Sauvignon Blanc 750ml
Out of cash?
Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App.
1194215_100 x 260
Wesbank Rugbyklub het Saterdag die span van Piketberg met 85-12 op die Wesbank Sportgronde op Malmesbury geklop. Piketberg het twee weke gelede in hul eerste rondte wedstryd teenstand teen Wesbank gebied, maar kon Saterdag nie teen die sterk span van Wesbank die mas opkom nie. Wesbank het die telbord binne tien minute na die afskop geopen met ‘n drie naby die doelpale. Die doelskop was oor met die telling op 7-0. Binne die volgende 20 minute slaag Wesbank met ‘n verdere drie drieë, waarna Piketberg hul verdediging onkant betrap en self oorgaan vir hul eerste drie. Die telling op daardie stadium was 26-5 in Wesbank se guns. Wesbank druk voor halftyd sy vyfde drie en die spanne gaan drink water met die telling reeds op 33-5. Tien minute ná rustyd breek Piketberg weer deur Wesbank se verdediging en gaan druk onder die pale. Die doelskop is suksesvol en die telling skuif op na 33-12. Daarna het dit eenvoudig drieë gereën en
Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Victoria Wes Jaaroud uitslag 1 J Steenkamp 1184.2576; 2 G Horn 1168.2760; 3 M Hill 1152.2702; 4 G Horn 1150.1471; 5 E Kotze 1147.0763; 6 G Horn 1133.1584; 7 G Horn 1132.9780; 8 G Horn 1125.3179; 9 J Steenkamp 1115.7948; 10 G Horn 1110.3476. Victoria Wes Ope 1 G Williams 1236.1554; 2 J Steenkamp 1218.1819; 3 J Steenkamp 1217.9733; 4 M Hill 1213.7475; 5 J Steenkamp 1210.5621; 6 J Steenkamp 1209.8414; 7 M Hill 1195.0220; 8 J Steenkamp 1181.8470; 9 E Kotze 1181.7410; 10 G Horn 1175.3196.
Terms and conditions apply.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1194215_10x8_Vredenburg.indd 1
2015/07/13 2:59 PM