Die courant 22 julie 2015 330

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

dié

1

22 Julie 2015

Uitgawe 330

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Roeiers laat spat Berg: Ansuné Basson van Malmesbury was een van die vele deelnemers aan vanjaar se Bergrivier Kano-marathon, wat weens die lae watervlak en waterhiasinte hoër op in die rivier, by Hermon weggespring het. Ansuné was Saterdag die 6de vrou oor die eindpunt by Velddrif. Vir nog roeifoto’s besoek gerus dié courant se facebook-blad.

• tans 'fantasties groen en vee spekvet'

Streek vra nóg reën Die reën is yl en die watertafel laag, maar landbouers is vol moed dat daar ‘n goeie oes gaan wees. “Ons is so drie, vier weke agter,” het Melvin van der Westhuizen van die Moorreesburg Landbouvereniging gister aan dié courant gesê. “As ons nie binnekort nog reën kry nie, kan ons in ‘n risiko-toestand gaan. Maar ons is dankbaar vir wat ons reeds gekry het.” Hy vertel dat hy in Junie 75mm reënval gemeet het, wat gemiddeld vir dié maand is. "Vir Julie was sy reënval-syfer tot dusver ongeveer 47mm. “Ons het nog so 20mm nodig, 100mm tot aan die einde van die seisoen.” Hy verduidelik dat hulle met min ondergrondse vog begin het en op die oomblik absorbeer die plante alle neerslae. “Ons het laas in Augustus verlede jaar goeie reën gehad en toe ‘n bitter droë somer, wat die watertafel baie laag maak. As ons ‘n kort jaar het, kan dit nag wees in die somermaande. Sou die reënjaar langer aanhou tot in Oktober, sal dit goed wees.” Tog is hy positief: “Die landerye lyk goed, die Medics kort net lengte.” Michiel Smuts van Malmesbury sluit hom hierby aan: “Die laaste reën het ons heelwat gelig, al het dit ‘n bietjie laat gekom.” Hy sê daar is nog geen afloop nie, omdat daar nie reserwe-vog is nie. “Ons het nou aanmekaar bietjies reën nodig tot einde September, maar vir nou lyk dit goed.” Smuts sê die koring is mooi, “maar dit is nog

laag. Ons is ongeveer drie weke agter skedule en hoop vir ‘n lang seisoen.” “Die landbouers hier suig maar aan die agterspeen,” was Francois Eksteen van Piketberg se Graan-landbouvereniging, se mening. Hy sê om Piketberg is daar stukke waar min reën geval het. “Die Rooi Karoo is taai.” “Die oes lyk goed en as die reënseisoen gaan rek, kan ons beter verwag. Hy het verduidelik oor die brakkolle wat plek-plek in die landerye te sien is: “Dit is plekke waar soute nie behoorlik uitgewas het nie.” Dit is deur die min reën veroorsaak. Eksteen vertel dat die diere baie en laat gevoer is. Dit beteken dat die vee op die oomblik goed lyk en sal meer reën meer voer beteken. “Ons damme is leeg en dit kan kostes opjaag as boere krag moet gebruik om water uit boorgate te gebruik. Só het Gus Pickard van Piket-BoBerg aan dié courant gesê. “Op die oomblik is die omgewing fantasties groen en die vee spekvet, want die bietjie reën het ook ‘n klein bietjie kos vir hulle beteken.” Pickard verduidelik dat die koue baie goed is vir die vrugte, veral die appels en pere. “Maar ons het nog water nodig, veral vir die perskes. “Ons glo die reën sal nog kom. Boere bly hoop!” Intussen is daar nog geen waterbeperkings in die vooruitsig nie. Die Departement van Waterwese kondig hierdie waterbeperkings aan en was daar by navraag nog nie sprake daarvan in die Swartland munisipale-gebied nie. Binne Cederberg Munisipaliteit is daar wel

waterbeperkings aangekondig, aangesien die Clanwilliam-dam tans baie leeg is. At Botha van die Swartland Munisipaliteit het gesê dat vanjaar se winter van die vreemdste reën-patrone opdis wat hy nog die afgelope paar jaar ondervind het. “Die reën is heeltyd dreigend met donker wolke reg rondom ons en al wat ‘n weervoorspeller is, gee dag en tyd waarop dit gaan stortreën. "Kom daardie dag, weg is die reën en die koue front bring net koue.” “Een van die moeilikste besluite om te neem, is om voorbrand te maak by Waterwese om waterbeperkings vir die Swartland te oorweeg en in te stel indien nodig.” Hy het dié week as die keerdatum gegee om dié gesprek te begin. Intussen het dit Vrydagnag gereën en die voorspelling tot die einde van Augustus dui op sporadiese reën. Ligte buie word vir 28, 30 en 31 Julie voorspel en dan weer op 9, 10 en 12 Augustus (donderbuie). Na ‘n paar sonskyndae is daar weer moontlike buie op 17, 19 en 28 Augustus. Voëlvleidam, een van die twee groot damme wat water aan die Swartland verskaf staan nou op 40,4%, teenoor verlede jaar se 89,6%. Die Clanwilliamdam het 32,4% water, heelwat laer as 2014 se 95,2% - dit het reeds tot waterbeperkings in dié omgewing gely. Terwyl die Misverstanddam nou 100,2% vol is, is dit ook 15% laer as die vlak op die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

NUUS • NEWS

22 Julie 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.