Skip to main content

Die courant 21 okt 2015 343

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

21 Oktober 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 343

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Vrugte van die Vallei

In die Riebeekvallei word daar nou op die vrugteplase geskarrel om dié gesonde lekkernye gepluk, gepak en geklas te kry. Bo is Ntomdovuyo Kwinana, Hannah Jantjies en Deon van Zyl. Regs bring Katriena Lukas 'n houer vrugte van die boord af.

• wyntoerisme sorg vir R6 miljard

‘Balans is belangrik’ Verantwoordelike drankhandel en die noodsaaklikheid vir gedragsverandering as dit kom by drankverbruik, was die kern van wat Alan Winde, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, se toespraak gister op Malmesbury. Hy het die hoofrede by die Wes-Kaapse Drank-owerheid se konferensie vir rolspelers gelewer. “Dit gaan oor balans,” het hy gesê. "Aan die een kant is daar die ekonomiese insette van drankhandel, maar dit moet gebalanseer word met die sosio-ekonomiese kwessies wat daaruit kan volg. “Drank is een van die sleutelkomponente van ons ekonomie. In die wynbedryf alleen word daar 300 000 werksgeleenthede geskep. “Ons verdien R6 miljard uit wyntoerisme,” het hy verder gegaan. “Ons voer 1,5 miljoen bottels wyn per dag

uit: 60% in grootmaat en die res gebottel. “Ek sou wou hê dat ons dit opstoot na twee miljoen en die verhouding omruil. Meer gebottelde wyn beteken meer werksgeleenthede.” Winde het beklemtoon dat 'n groot hoeveelheid kleinbesighede by die bedryf baat: “Sjebeens, drankwinkels, restaurante, verpakking, opberging en etikettering is maar ‘n paar hiervan.” Hy het verduidelik dat dit die regering se plig is om te verseker dat die bedryf homself reguleer. “Dit is belangrik, want baie mishandeling en misdaad spruit voort uit misbruik.” Hy sê in die streek is tot soveel as 70% van misdaad hiermee verbind. Dit kos die Wes-Kaap jaarliks R61 biljoen aan alkohol-verwante ongelukke.” Dit sluit motoriste en voetgangers in. “Dit is ‘n ernstige kwessie as ons in gedagte hou dat sowat 300 mense elke maand op Wes-

Kaapse paaie sterf in alkoholverwante voorvalle. “Dit is hoekom dit so belangrik is om verantwoordelike drankhandelaars te hê. Alle rolspelers moet ook daaraan werk om die gedrag van die verbruikers te verander.” Hy het verwys na premier Helen Zille se program in dié verband en genoem dat hulle op die oomblik op knelpunte in die metropool let. Skole in probleemgebiede word ook besoek en leerders in programme oor verantwoordelike drankgebruik betrek. Winde sê hy glo mense kan geld uit die drankbedryf genereer op ‘n positiewe wyse en sonder negatiewe gevolge. Hy het rolspelers genooi om die Departement en/of drankowerhede te kontak met idees. Winde het ook die Swartland-forum bedank vir die uitstekende werk wat hulle doen. Hy het in die besonder vir Morris Uberstein, wat nou uittree as voorsitter, geloof vir sy bydrae.

NUUS • NEWS

21 Oktober 2015


NUUS • NEWS

2

21 Oktober 2015

Olywe: Die room van die Suid-Afrikaanse ekstrasui-

wer olyfolie-oes is onthul by die Absa Top 5-olyfolietoekennings. Porterville Andante, De Boerin, Kransfontein en Mulderbosch het erkenning ontvang as die voorste produsente, nadat hulle indrukwekkende opposisie van olyfoliename vir die gesogte Top 5-posisies uitgestof het. Die Absa Top 5-toekennings is toegeken aan: Andanteekstrasuiwer olyfolie (medium) en Andante Intensoekstrasuiwer olyfolie (intens) deur Porterville Olywe, De Boerin-ekstrasuiwer olyfolie (medium), Kransfontein Coratina-olyfolie (intens) en Mulderbosch-ekstrasuiwer olyfolie (intens). Links is Willie Duminy van Porterville Andante met sy toekennings. Foto: Andrew Gorman

Betalings:

Phillip Humphreys, direkteur: beskermingsdienste van die Swartland Munisipaliteit, het die gemeenskap ingelig dat hulle nou met hul krediet- of debietkaarte betalings by die verkeerskantore op Malmesbury kan maak. Hier help Donna Fester (regs) vir Nico Edas om 'n transaksie met sy debietkaart te betaal.

Koringboere:

Koot Claassen, voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging (naaslinks), saam met Pieter Dreyer (Skaapstudiegroep) Dickie Hewett (Koringstudiegroep, Noko Masipa en Henry Josephs van die Landbank (die aand se borg).

Wesgro: Bartholomeus Klip was

verlede week gasheer vir ‘n netwerk-sessie met die Wes-Kaap se bemarkingsagentskap, Wesgro, om die Swartland en Riebeekvallei as bestemmings te bevorder op die WesKaap se bemarkingsplatforms. By die sessie was Anchen Lüdick (Swartland toerismebeampte), Jolene Janse van Rensburg (bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete), Alta Saayman (nasionale verkoops- en bemarkingsbestuurder by Riebeek Kelder) en Suzanne Smit (toerismebeampte Riebeekvallei).

Besoek ons Facebook-blad vir meer foto’s en inligting!


NUUS • NEWS

3

21 Oktober 2015

Bok-ouers:

Pieter en Anneline du Toit, ouers van die Springbok-rugbyspeler Pieter-Steph du Toit, het hul seun se wedstryd in die kwarteind van die Wêreldbeker-toernooi op Twikenham, Engeland, bygewoon. Die Bokke het die Walliese-drake met 23-19 geklop en kom Saterdag teen die span van Nieu-Seeland te staan.

• studiegroepe vergader

‘Saad van sukses word hier gesaai’ Dit is winter in ons harte, maar ons weet daar is boere, verskaffers, finansiers wat sal help om ons volgende jaar weer op die pad te sit. Só het Koot Claassen, voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging, verlede week boere bemoedig by die jaarvergadering van die Koring- en Skaapstudiegroepe. Teen die agtergrond van weersomstandighede wat vanjaar nie gunstig is vir die landbou in die Wes-Kaap nie, het boere tog hul positiwiteit behou. Claassen het die algemene gevoel saamgevat: “Dit gaan swak nou, maar ons weet dit gaan weer reën, ons gaan weer goeie oeste hê.” Hy het boere gevra om positief te bly: “As individu, by die huis en in die straat. En neem deel aan organisasies soos dié. “Moenie sê of dink ons gaan dit nie maak nie. Dit is twak: Ons sal gehelp word.” Hy het ook verwys na grondhervorming en gesê verwarrende feite maak dit moeilik. “Wees versigtig, moenie in die stofwolk inhardloop nie. Staan terug en bly positief. Wees rustig, die stof sal gaan lê.” Claassen het dit beklemtoon dat mense besef dat hulle nie sonder ‘n gesonde landbou ‘n gesonde land kan hê nie. “Ons sal moet herposisioneer, dit is waar. Die landbou gaan anders lyk oor ‘n paar jaar, maar u sal steeds moet sorg vir voedsel en vesel in die

Drankraad:

RSA. Oorlewing hang van u af. Die saad van sukses word hier gesaai.” Claassen het gesê hulle wil Graan SA vra om vryskelding van die heffing per ton graan om boere tegemoet te kom. Dickie Hewett, uittredende voorsitter van die Koringstudiegroep, sê dit was ‘n baie intense landboujaar. “Ons het entoesiasties weggespring, maar nou is ons versigtig optimisties.” Pieter Dreyer, uittredende voorsitter van die Skaapstudiegroep, het in sy jaarverslag ook verwys na die belangrikheid van byvoeding in droë seisoene. “Baie diere lyk ook nou beter as in nat jare, want boere doen moeite met voeding.” Dr Faffa Malan, ‘n bekende in landbou- en veeartsenykringe, het interessant gesels oor biosekuriteit en sommer die landbouers se kennis getoets oor siektes by diere en enstowwe. Hy het boere gewaarsku om te dink voor hulle behandel. “Pasop vir oorbehandeling.” Hy het uitgebrei oor die beskerming van die natuur en sy natuurlike kringloop. “Ons boer al intensiewer en ons versteur die omgewing in die proses.” Dr Malan het die belangrikheid van diereseleksie beklemtoon. “Jou plaas is jou koninkryk – oppas wat jy daar inbring. “Biosekuriteit beskerm lewe.”

Minister Alan Winde (middel) saam met Adriaan Truter, Henfré Brand, Morris Uberstein, John Smith (almal van Swartland Drankforum), adv Thys Gilliomee (WesKaapse Drank-owerheid) en Taki Amira (raadslid van LLT en SALGA).


NUUS • NEWS

courant

21 Oktober 2015

dié

4

Leef verantwoordelik en maak 'n verskil

Ons leef in 'n wêreld waar dinge permanent aan die verander is. Nuwe ontwikkelings, tegnologie en meer verander daagliks en dit sukkel om by te bly met al hierdie veranderinge. Een ding wat 'n sekerheid is, is dat ons op die landbou aangewese is vir ons voortbestaan. Vir ons voedsel en vesel. Sonder dit, sal ons nie kan bestaan nie. Nie kan leef nie. Om te leef, om asem te haal, is 'n voorreg. Iets om te koester, want dit word jou vinnig ontneem. Vinnig verander jou lewe met die verlies van 'n geliefde familielid, vriend of eggenoot. Dalk het dit tyd geword dat ons bietjie meer aandag aan mekaar moet gee. Nie net by die voordeur inbars, groet en weer voortgaan met allerhande huistake nie. Dalk moet ons begin om bietjie meer belang te stel in ons medemens, want ons maak tog so vinnig ons eie gevolgtrekking. Soveel keer gebeur dit dat ons daarna lelik op ons neuse kyk as ons besef dat ons 'n gruwelike fout gemaak het. Ons word daagliks beïnvloed deur die mense in ons lewe, maar net so het ons weer 'n invloed op hulle lewens en juis hierom moet ons verantwoordelik leef. Dis makliker om soms die ander wang te draai, as om te stry en te baklei. Ja, staan op jou punte, maar weet ook wanneer om iets te laat gaan. Hierin lê die geheim van geluk. Soms moet ons net omdraai en aanhou loop. Leef en laat leef...

Hoofleiers:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Donderdag hul nuwe hoofleiers aangewys. Hulle is Charles Gerber (hoofseun), Anton du Toit (onderhoofseun), Althea Eksteen (hoofmeisie) en Rése Neethling (onderhoofmeisie).

Afslaer:

Jannie Dürr van Malmesbury het die heel eerste Wes-Kaap streekskompetisie in die Toyota Nasionale Afslaerskompetisie by Agr-Expo Livestock op Sandringham buite Stellenbosch gewen. Hy vertel dat die afslaersgogga hom so twee jaar gelede gebyt het en hy tree gereeld by veilings op. Hy geniet dit op die oomblik as tydverdryf en sal graag meer betrokke wil raak, veral by veilingshuise. Die fokus van die kompetisie is om die veeveilingsbedryf te bevorder. Dürr, wenner in die oop kategorie, sal volgende jaar by die Nampo-kongres aan die nasionale kompetisie deelneem. Die junior wenner was Hertie Lerm van die Lazarus-wildplaas buite Albertinia.

Derde beste speller in SA:

Rikus van Dyk, ‘n graad 3-leerder van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg, het nadat hy ‘n tweede plek in die provinsiale rondte behaal het, aan die WOW-spelkompetisie se nasionale rondte deelgeneem, wat by die Universiteit van Stellenbosch gehou is. Rikus het meegeding teen die ander agt provinsies van regoor die land. Die kompetisie was baie sterk, aangesien dit die beste spellers in elke provinsie was wat teen mekaar meegeding het. Rikus het sy staal gewys en 'n derde plek nasionaal behaal. Om hiervoor voor te berei, moes Rikus meer as 1200 woorde leer. Hier is hy saam met Christo Davids van "7de Laan" wat die seremoniemeester was. Fotograaf: Renata van Dyk

Wen kaartjies na BZN

Moenie vergeet om vir die laaste rondte kaartjies in te skryf nie. SMS BZN, jou naam, tuisdorp en gunsteling BZN-liedjie na 084 8333 813 voor 27 Oktober 12:00 om in aanmerking hiervoor te kom.

It's Good News

Dr Mark Blackwell Snr

Are you willing to show your love?

Did you know that your love of God and your love of others is the cornerstone of expressing the reality of a Christian’s faith? Jesus said, “‘You shall love the LORD your God with all your heart, with all your soul, and with all your mind.’ This is the first and great commandment . And the second is like it: ‘You shall love your neighbour as yourself.’ On these two commandments hang all the Law and the Prophets.” He told His disciples, “A new commandment I give to you, that you love one another; as I have loved you, that you also love one another. By this shall all men know that you are My disciples, if you have love for one another.” Often (sorry to say) we are afraid to show our love! Before enduring the cross where He personified biblical love, Christ taught, “You have heard that it was said, ‘You shall love your neighbour and hate your enemy.’ But I say unto you, love your enemies, bless those who curse you, do good to those who hate you, and pray for those who spitefully use you and persecute you, that you may be sons of your Father in heaven; for He makes His sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the unjust.” God the Father demonstrated His love towards us through the Person and work of His Son when we “were by nature children of wrath,” “children of disobedience” and “enemies in our mind”. In this is love, not that we loved God, but that He loved us and sent His Son to be the propitiation for our sins. Beloved if God so loved us, we also ought to love one another…. We love Him because He first loved us.”

Fairtrade:

Die vroue van die plase rondom Malmesbury wat by die Fairtrade-groep inskakel, het ‘n heerlike vroue-oggend gedeel. Fairtrade is 'n organisasie waarby vier plaaslike plase, Rooidraai, Rheeboksfontein en Saamstaan ingeskakel is. Hier werk hulle saam om die plaasgemeenskappe te bemagtig en op te bou.


NUUS • NEWS

5

21 Oktober 2015

'Juffrou Petro verower nou engeltjies se harte' Saans het Hannes Knoetzen (regs) by sy vrou, Petro, gesit en Psalm 23 gelees. Soms twee keer. “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig”. Met hierdie woorde het Juffrou Petro Knoetzen, soos so baie oud-leerders van die Laerskool Swartland haar geken het, aan die slaap geraak. Sy word beskryf as ‘n raakvatter, ‘n vrou wat altyd ‘n glimlag op haar gesig gehad het, blou oë wat ophelder, iemand wat onvoorwaardelike liefde gegee het, drukkies aan soveel Graad 1’tjies uitgedeel het. Haar klaskamer was altyd gevul met kinderlaggies, met liefde en opgewondenheid oor die nuwe dag, oor die lewe. Haar hart het altyd plek gehad vir nog en haar liefde en omgee het geen einde geken nie. Knoetzen is op 14 September 1949 op Oudtshoorn gebore. In 1970 het sy haar as onderwyseres bekwaam aan die opleidingskollege op haar tuisdorp. Sy het skoolgehou by instansies soos die Hoër Huishoudskool Maria van Riebeeck op RiebeekWes, Laerskool Philadelphia en was vanaf 1985 tot 2009 'n leerkrag by die Laerskool Swartland op Malmesbury. Sy was ook departementshoof en het die kinderstemme van die Laerskool Swartland se Junior Koor afgerig. Op 12 Desember 1970 is sy met die liefde van haar lewe, Hannes, getroud en het drie kinders in die wêreld gebring. Petro het die positiewe van die lewe gesien en geweet daar sal altyd weer goeie tye wees. Sy het juis gereeld gesê: “Ook dit sal verbygaan”. Sy het geglo in harde werk en om voluit te leef. Dit is sigbaar in al die prestasies wat sy behaal het met alles wat sy aangepak het. Ook in die Laerskool Swartland se Junior Koor, was haar passie en toegewydheid duidelik sigbaar. “Ek moes nog so baie by ma leer – het alreeds soveel geleer. Die een ding wat bo alles uitstaan vir my is die liefde tussen Ma en Pa. Ons almal wat trou maak so maklik die belofte van 'tot die dood ons skei'. Maar Ma en Pa, julle het daardie belofte geleef! Tot met ma se laaste asem was Pa by ma. Dankie Ma en Pa vir die voorbeeld wat julle huwelik vir ons was. Dankie dat ons in ‘n huis kon grootword waar daar nooit ‘n tekort aan liefde was nie, ‘n huis vol baie lag en net mooi herhinneringe. Dankie dat Ma so 'n ongelooflike ouma was,” het haar dogter, Fran-

Shop online at www.picknpay.co.za

LOW

VREDENBURG, LANGEBAAN, WELLINGTON, MALMESBURY

PRICE

Oukraal Wors Per kg

za Louw, haar gegroet. Op sosiale media is haar lof besing. “’n Vrou duisend.” Oud-kollega Fransie Paterson skryf: “Wat ‘n voorreg om by hierdie ongelooflike vrou so baie dinge te kon leer. Sy is voorwaar by die engele.” "My kinders en hoeveel ander is deur haar onderrig, as dit nie as klas-juffrou was nie, dan as sang-juffrou of enige kultuur-afrigting. Juffrou Petro, jy gaan baie engeltjies se harte verower net soos jy ons Swartland-kinders se harte verower het. " Nie net was sy geliefd nie, maar was sy ook in gemeenskapsbesit. Selfs by 'n landbou-vergadering is daar medelye betoon met "ek dink almal hier behalwe die voorsitter (wat onlangs na die Swartland verhuis het) en die gasspreker het by haar klas gehad". 'n Familie-vriend het die volgende bekende woorde aan haar naasbestaandes oorgedra: Mis my - maar laat my gaan "Hier aan die einde van my lewenspad het die son vir my finaal gesak. Maar moenie huil en treur oor my O nee, wees bly: My siel is vry! Mis my ‘n rukkie – maar nie vir lank met kop omhoog en geen hartseer klank. Onthou hoe het ons liefde ons lewenspad gebaan. Mis my – maar laat my gaan. Hierdie pad moet ons elkeen stap en alleen moet ons elk die tog aanpak. Dit alles is deel van God’s Meesterplan Op pad na waar die ewige die tydelike vervang. So wanneer jul eensaam en hartseer voel laat vriende se liefde en troos jul oorspoel. In goed doen aan ander kan g’n droefheid bly staan Mis my – maar laat my gaan."

PnP Bulk Lamb Pack Consists of: Roast, Chops, Stew Cuts and Riblets

69

R

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

FRESH

16

90

PnP Fresh Milk Asstorted 2 Litre Each

PnP Diced Bacon 200g

1690

36 4990 2790 1690 90

Humpty Dumpty Large Eggs 30s

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

Saterdag bied die AGS Corpus Christi ‘n gesinsdag by die Langsdiebosmark op Malmesbury aan met boeresport, potjiekos, roosterkoeke ens. Kaartjies vir aktiwiteite is by die kerk te koop of op die dag. Die mark vind elke Saterdag van 0900 tot 12:00 op die Voortrekkerterrein plaas. Besoek hulle vir gesinsvermaak en vars produkte. Kerke, skole en diensorganisasies kan ook reël om spesiale verkope daar te hou. Belangstellendes kan met Marilize by 072 052 6280 skakel. Kerke, skole en diensorganisasies kan ook reël om spesiale verkope daar te hou. Kontak Marilize by 072 052 6280.

2180

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Nola Mayonnaise Assorted 730/780g Each

PnP White Sugar 2.5kg

EXCLUSIVE TO SMART SHOPPERS

69 3990

WIN 1 OF 6 TRIPS FOR 2

90

Jacobs Krönung Coffee Regular or Mild (Excluding Decaf) 200g Each

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Asstorted 9s Per Pack

Shopping around for specials? Brand Match does it for you.

TO THE 2016 RIO CARNIVAL SEE IN STORE FOR DETAILS

And gives you a money-back coupon for your next shop. Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.

1500335_390x131

Die Wes-Kaapse Minister van Veiligheid, Dan Plato, gaan Vrydagaand ‘n staptog deur Chatsworth onderneem. Volgens die voorsitter van die Malmesbury Gemeenskapspolisiëringsforum, sal hy van 18:00 tot 21:00 saam met die plaaslike buurtwag stap. Dit volg nadat daar die afgelope ruk al meer kommer ontstaan oor die toename in misdaad op Chatsworth: veral dwelmhandel en jeugmisdaad is ‘n kopseer. Vroeër vanjaar was daar ‘n optog teen dwelmhandel en twee weke gelede het die buurtwag ‘n spesiale jeugdag gereël om met jongmense te gesels.

36

75

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 10s Per kg

AGS hou gesinsdag Minister te voet op Chatsworth

48

R

PRICES VALID 22 - 25 OCTOBER 2015 AT PICK N PAY VREDENBURG, LANGEBAAN, WELLINGTON AND MALMESBURY ONLY Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. 1501335_39x4_(131)_V2.indd 1

2015/10/20 11:42 AM


NUUS • NEWS

6

21 Oktober 2015

Tuinwerk vir Tutu-viering Vee:

Heilie Walters en Heike Voight van Malmesbury het by Sandringham aan die Agri WesKaap Streekjeugskou deelgeneem. Helpende hande: Hier sit die kerkjeug saam met lede van die Tutu-stigting op die trappe. Agter is personeel van Kansa en links staan Liaan Pieterse, Nico Edas en Cornwek Julies van die St Tjomas Anglikaanse Kerk se altaardiens-gilde. Vrolike glimlagte, vlytige hande het onlangs aandag getrek by Kansa se kantore in Hugenotestraat op Malmesbury. Dit was alles deel van die Anglikaanse Kerk se viering van biskop Desmond Tutu se 84-jarige verjaardag. Lidmate van die St Thomas-gemeente op Malmesbury en die gemeenskap het 84 minute van hul tyd gegee in gemeenskapsdiens.

Die altaardiens-gilde het by Kansa gehelp, die jeugbrigade het die kerk skoongemaak en die junior lidmate en dansers het Goue Aar Tehuis vir Bejaardes besoek. Die vroue het van vroeg reeds toebroodjies bedien, die moedersunie het siek lidmate besoek en wyk 3 het 84 brode uitgedeel. Die oggend is begin met nagmaal, bedien deur vader Craig Abrahams.

Toekennings: Dié twee Maties van

Malmesbury spog elk met die Universiteit van Stellenbosch se “rektorstoekenning”. Maresa Langeveld het 'n eerste plek in die Agri-Wetenskap-fakulteit behaal en haar voorgraadse studie in B.Sc Agric Veekunde met 80% geslaag. Sy studeer tans M.Sc Agric Diereproduksie-fisiologie met skape as haar fokusdiere. Lize Spies het haar voorgraadse studies in BA Geesteswetenskap 'n derde plek in die Lettere en Sosialewetenskap-fakulteit behaal met 'n gemiddeld van 84%. Sy voltooi November haar nagraadsediploma in vertaling.

Dans:

Jade Cerff en Jayden Jacobus van Malmesbury het onlangs in die Nelson Mandela-saal op Uitenhage ‘n eerste plek verower in Latyns-Amerikaanse danse by ‘n World Trial-danskompetisie.

Skrywer:

Malmesbury Biblioteek het onlangs die skrywer Rudie van Rensburg genooi vir 'n gesellige kuier om sy skryfwerk. Hier is van die personeel saam die skrywer en sy vrou,Lize: Spasie Baron, Huibrecht Labuschagne, Talita Viola, Martie Roodtman, Elize Mostert, Denise Benjamin, Lize en Rudie, Michelle Arendse en Allmarie Oosthuizen.

Atletiek: Die Top 10 atletiekspan van Laerskool Riebeek-Kasteel het die afgelope na-

week die Bredasdorp Top 10-byeenkoms vir Laerskole kleiner as 500 leerders gewen. Altesaam elf skole het in hierdie afdeling deelgeneem. Skole sluit in: Bredasdorp, Swellendam, Ashton, Stilbaai, Bonnievale, Rûens Kollege, St. Helenabaai en Gansbaai. Groot (groter as 500) en klein skole het teen mekaar meegeding, maar wenpunte is apart opgetel. William de Bruin het silwer medaljes gewen in die 100m (11,75s), 200m (25,65s) en die 80mH (12,37s). Adriaan Vlok het silwer gewen in die diskus (31,72s) en Dalene Koegelenberg het die 1200m gewen met ‘n tyd van 4:09:90 gewen. Hier is (agter): Adriaan Vlok en Braydon Appollis. Middel: Corne Oliphant, Maretha Brink, Rone Schwartz, Grete Dippenaar en William de Bruin. Voor: Michelle van Schalkwyk, Dalene Koegelenberg en Danelle Steyn.


NUUS • NEWS

7

21 Oktober 2015

TV-reeks: 'n Paar episodes van

'n nuwe biografiese TV-reeks vir Netflix oor die Britse koningshuis is onlangs in die Swartland verfilm. Die eerste seisoen van die reeks, The Crown, met 'n totale begroting van $200 miljoen sal uit dertien episodes bestaan en die episodes wat hier verfilm is, handel oor die jare toe die jong prinses Elizabeth (gespeel deur Claire Foy, onlangs te sien as Anne Boleyn in Wolf Hall) en haar ouers Suider-Afrika besoek het en haar mondigwording in Suid-Afrika gevier het. Die rol van die jong Phillip Mountbatten word vertolk deur Matt Smith. Hierdie ou Austin-motors is verlede week tydens die verfilming op Bartholomeus Klip gebruik.

Fondse: Die Desert Wolf-motorfietsklub van Moorreesburg het vroeër vanjaar ‘n fonds-

insameling vir behoeftige instansies op dié dorp gehou. Hier is Randall Petersen, Ian Koch (Swartland Skou-bestuurder), Michael Williams, Tyrone de Wet, Franci de Koker (NG Kerk), Almine du Plessis (Huis van Heerde), Lysander Prins (Huis van Heerde). Voor is Godfrey Meyer, Sidney Babu, Ruan van Heerden (ACVV) en Nigel Naidoo.

Sunsep:

Die Universiteit van Stellenbosch se sentrum van pedagogie het in die vakansie toelatingsklasse in Engels en Afrikaans by onder meer Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury aangebied. Hier is die studente fluks aan die werk.


NUUS • NEWS

8

21 Oktober 2015

Piketberg Hoërskool Hoërskool Dirkie Uys

Lahndrick Hendricks, Melcolm van der Merwe en Alexander Willemse en hul metgeselle het dié skool se matriekafskeid terdeë geniet.

VW: Janine Carstens saam met metgesel Timothee Luyt het die karakter “Herbie” laat herleef vir hul vervoer na die matriekafskeid.

Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se matriekafskeid het vanjaar gespog met die tema "1950's diner". Bo links is Shané Schwartz en Christo Schoeman. Regs is Wilanie Fourie en metgesel. Onder is die vrolik-gespikkelde groepie kelners. Foto's: Ghida Visser

Trekker: Elzaan Lambrechts en haar metgesel is raakgesien in hul rooi trekker.

Lentetee by ACVV Riebeek-Kasteel gehou El’maco Visagie (regs) en Marike Koch (links) van Piketberg Hoërskool is finaliste in die eerste Mnr en Mej SA-skolekompetisie.

PHS-matrieks in eerste Mnr en Mej SA-skole El’maco Visagie en Marike Koch van Piketberg Hoërskool, neem binnekort aan die eerste Mnr en Mej SA Skole-kompetisie deel. Elke deelnemende skool het ‘n Mnr en ‘n Mej gekies tydens hul eie gala-aand. Daarna het Japie Jonkers van Schools Beauty With a Purpose die finaliste gekies uit verskeie skole. Marike Koch en El’maco Visagie is gekies om te gaan deelneem teen skole van die Paarl, Kaap, Worcester, Gauteng, Oudtshoorn, Bredasdorp en nog ander. Daar is ‘n SMS-lyn oopgemaak waar die publiek kan stem vir hul gunsteling finalis. Dit behels die volgende: SMS MHS27 (Marike se kode) of MHS7 (El’maco se kode) na 42936. Dit is R2 per SMS en jy kan stem soveel jy wil (gratis SMS’e tel nie). Hierdie stemme gee die publiek kans om ‘n

Samsung S6 te wen. Marike was al twee keer ‘n weeklikse gunsteling, wat beteken die mense taamlik baie stem. Die deelnemer wat die meeste stemme ontvang het teen die tyd van die gala-aand, wen die publieke keuse-prys. Die kompetisie vind op 11 Desember op Grabouw plaas. Die finaliste kom ‘n week voor dit reeds bymekaar om span te bou. Hulle sal betrokke te raak by die gemeenskap en natuurlik voorberei vir die kompetisie. Kaartjies is te koop by Computicket teen R200 BBP (wyn en versnaperinge vooraf ingesluiten R100 (nie BBP). As jy jou kaartjienommer na 42936 instuur, staan jy ‘n kans om ‘n Chevrolet Spark Lite te wen.

Vanjaar se Nasionale Senior Sertifikaateksamen begin eersdaags. Die grootste deel van die rooster begin op Maandag 26 Oktober en duur tot Vrydag 27 November, maar daar is ook twee vraestelle die voorafgaande week. Maandag 19 Oktober is dit Rekenaartoepassingstegnologie Prakties Br 1 (3 ure); en Dinsdag 20 Oktober Informasie Tegnologie Prakties Vr 1 (3 ure). So lyk die eerste week, Maandag 26 tot Vrydag 30 Oktober, se rooster.: Maandag 26 Oktober 09:00: Engels Huistaal

& Engels Eerste Addisionele Taal Vr 1 (2ure).; Maandag 14:00: Gasvryheidstudies (3 ure). Dinsdag 27 Okt 09:00: Rekeningkunde (3 ure). Woensdag 28 Okt 09:00: Afrikaans Huistaal Vr 1 (2 ure). Donderdag 29 Okt 09:00:Geografie (Teorie) vr (3ure). Donderdag 14:00: Geografie (Kaartwerk) vr 2 (2.5 ure). Vrydag 30Okt 09:00: Wiskunde Vr 1 (3ure); Wiskunde Geletterdheid Vr 1 (3 ure). Vrydag 14:00: Duits (Tweede AddisioneleTaal) Vr 1 (2 ure).

Só lyk matriek-rooster

Die ACVV Riebeek-Kasteeel hou ‘n lentetee op Saterdag 31 Oktober in die ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9 op Riebeek-Kasteel. Die spesiale gas is Beau de Klerk wat op 3 Julie 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet ‘n tog van Kaapstad na Pretoria aangepak het. Hy vertel ‘n inspirerende verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Op 11 November 2014 beland De Klerk se skoonma, sy vrou, Heidri, en hul veertien maande-oue baba in ‘n baie ernstige motorongeluk. Sy skoonma en dogtertjie word na vier dae

Gimnaste:

ontslaan, maar Heidri se milt het gebars, haar lewer, pankreas en dunderm losgeruk, haar kolon seergekry en haar ribbes het deur haar long gesteek. Op pad hospitaal toe verloor sy tweederdes bloed. By die hospitaal het hulle slegs vier eenhede bloed, wat nie haar bloedtipe is nie. Dit is alles deel van die verhaal waaarna die ACVV mans en vroue kan gaan luister by hierdie inspirerende oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Kaartjies kos R100 (sluit ligte versnaperinge in). Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 of 084 291 5088.

Reach Ritmiese gimnaste (Piketberg) het gedurende die Oktober skolevakansie aan die SA Kampioenskappe deelgeneem in Johannesburg waar hulle die Wes-Kaap verteenwoordig het. Hul uitslae is soos volg in algehele plek: Agter: Jané Eksteen 8ste (L7 o.15) en Christine v/d Merwe 4de (L7 o.15). Middel: Mílah Baard 1ste Goud (L7 o.15 (Tou Goud, Lint Goud, VD Brons & Bal Brons), Jade Wilson 4de (L6 o.11 (Hoepel Goud, VD Silwer & Knuppels Brons)), Shanda Whitfield 8ste (L7 o.15) en Nicole Steyn 7de (L7 o.13 (Bal Silwer). Voor: Elné Burger 15de, Renate Coetzee 19de, Pamela Booys 8ste, Su-Mari Hanekom 23ste (L5 o.11). Albei groepe het ook deelgeneem. Voor: Junior groep: SA Kampioene vir 2015. Drie van die gimnaste, Elné Burger, Pamela Booys en Su-Mari Hanekom is nou reeds sedert 2012 deel van die junior groep en dit is hul derde jaar agtereenvolgend as SA Kampioene. Middel & Agter: Senior groep: SA Kampioene vir 2015 Regs: Mílah Baard Mílah neem ritmiese gimnastiek by Reach Ritmiese Gimnastiekklub sedert 2012. Sy het aan SA›s begin deelneem in 2013 en is vanjaar drie jaar agtereenvolgend in haar vlak en ouderdomsgroep as SA Kampioen aangewys.


NUUS • NEWS

9

21 Oktober 2015

Vlugvoetig en vinnig Amore Toerien van Laerskool Swartland het onlangs ‘n silwer medalje by die SA Padstap (Race Walking) kampioenskappe op Youngsfield verower. Hierdie 12-jarige meisie word die laaste twee jaar deur Elmarie Marais van Laerskool Swartland afgerig en sy het ‘n rits prestasies agter haar naam. Amore begin die eerste keer aan stap deelneem by haar skool se kleuresport in November 2014 en wen redelik gemaklik. Dieselfde tyd begin sy ook aan tweekamp deelneem. Ná die interprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn, die eerste naweek van Februarie, word sy vir die Boland C-tweekampspan gekies. As gevolg van dié byeenkoms mis sy die Swartland atletiekkampioenskappe en word die volgende naweek individueel ingeskryf by die Wes-Boland kampioenskappe. By hierdie byeenkoms wen sy weer eens en breek die Wes-Boland staprekord. Hierdie is slegs haar tweede stap-byeenkoms ooit.

Tweekamp: Die burge-

meester, raadsheer Tijmen van Essen (naasregs) by Saterdag se Boland Tweekamp-byeenkoms op Malmesbury. Hy het die pryse van die vorige byeenkoms oorhandig aan (van links): Renelda Scholtz (Malmesbury, Senior Victrix Ludorum), Coenie van Vuuren (Paul Roos, Meesterstrofee), Laela Masson (Bridgehouse, Junior Victreix Ludorum), en Bennie Fourie (Malmesbury/ Maties, Senior Victor Ludorum). ‘n Totaal van 170 atlete van o.9 tot meesters (62 jaar) het aan die eerste Boland-byeenkoms van die nuwe seisoen deelgeneem. Die volgende Boland- byeenkoms is op 31 Oktober op Bonnievale en dan op 7 November in Langebaan. Swartland-uitslae is in telbord op bl 16. Volledige uitslae en verdere besonderhede is op Boland Tweekamp se webwerf beskikbaar, www.bolandtweekamp.org.za.

Twee weke later word sy vir die Boland- span gekies en neem by die WesKaapkampioenskappe deel waar sy ‘n vyfde plek behaal. Sy kwalifiseer gemaklik om by SA-byeenkoms deel te neem, maar daar word slegs drie atlete in die span opgeneem. Die eerste drie by die byeenkoms is dan ook die eerste drie by die SA-byeenkoms. Amore het meer as 900 punte op die ASA-tabel behaal by elke byeenkoms waar sy deelgeneem het. Op 5 September neem sy aan die WP Padstap Grand Prix deel en wen gemaklik. Aangesien daar nie 'n o.13item by die Boland-byeenkoms was nie, word sy nie vir die span gekies nie. Al vier atlete wat ná haar by die Grand Prix-byeenkoms geëindig het,word in die WP-span opgeneem. Pieter Vorster van WP skryf haar as 'n individuele Boland inskrywing vir die SA’s in en sy eindig tweede. Bo is Amore Toerien met haar silwer medalje wat sy gewen het.

Basaar:

Die NG Noord-gemeente op Malmesbury het saamgespan het hard gewerk aan vanjaar se basaar. Daar is saamgekuier en heerlik saamgesmul aan die eetgenot.

Reünie: Oud-studente van so ver as Bloemfontein enok die hele Wes-Kaap het onlangs

op Malmesbury saamgetrek vir Schoonspruit se reünie. Dit het die Vrydagaand met 'n braaivleis by Schoonspruit Hostel begin, waar studente tot in die vroeë oggendure gesels het oor jare gelede. Die Saterdagoggend het almal na die plaaslike Spur gegaan waar hulle ontbyt gehad het. Spur het die groep verras met 'n gratis sap by ontbyt. Die hoogtepunt was die aand met 'n maskerbal in die Malmesbury stadsaal. Meer as 80 oud-studente, die meeste nog, het dié spoggeleentheid bygewoon. Die komitee wat hierdie funksie gereël het (foto bo), het almal bedank wat van heinde en ver gekom het, asook alle borge wat betrokke was,

Kersfunksie vir kinders gehou

Desember is die 16de jaar wat die funksie was van onskatbare waarde in 'n pop, lekkers, aartappelskyfies en sap vir die kinders . bekende Kersfunksies op Piketberg- die sukses daarvan. "Vir die ouer mense soek ons boe"Ek glo en vertrou ons as organiplaasvind - die seniors se funksie is op op 12 Desember en die kinders op 19 seerders kan staatmaak op u om hier- ke, seep, waslappe, room, tee of pardie mense in ons gemeenskap se mo- fuum." Desember. Vir meer besonderhede of navrae Organiseerder en raadslid vir Berg- raal te lig en om hulle deel te maak van rivier Munisipaliteit, Ray van Rooy vra, die Kersfeesvieringe," het raadsheer kan u raadsheer Van Rooy by 022 913 6054 of 083 657 9615 skakel. vir ‘n bydrae in enige vorm om ‘n suk- Van Rooy aan dié courant gesê Sy e-pos is vanrooyr@bergmun.org. "Enige bydrae sal waardeer word al ses van die funksies te maak. "Ons klem val op die minderbevoor- is dit ‘n karretjie, sokker- of rugbybal, za. regtes. Die funksie vir die bejaardes behels ‘n ete, geskenk en vermaak vir 400 seniors en gestremdes van Piketberg, Goedverwacht en Wittewater. "Baie van hierdie mense word verwaarloos deur BO EN BEHALWE JOU VOLLE POLISWAARDE, BIED AVBOB JOU: die gemeenskappe maar ons probeer • ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing* hulle wys dat daar • GRATIS vervoer van die oorledene in nog mense is wat Suid Afrika* omgee." Dit beteken jy kan jou geld - die volle poliswaarde Die funksie van spandeer op spesiale ekstras sodat jy jou geliefdes die kinders behels ‘n met waardigheid kan afsien. geskenk, partytjieHierdie GRATIS begrafnisvoordele* is bo en behalwe jou poliswaarde en spesiale bonusse pak, 'n Kersopvoewat verklaar is. ring en vermaak vir 1200 kinders tussen twee en dertien jaar Skakel gerus met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met *Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste. oud van Piketberg AVBOB se een-stop begrafnisversekering en begrafnisoplossing. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. en omliggende plaAVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer. VFD 20656. Vredenburg-tak Piketberg-tak se. www.AVBOB.co.za Nico Smith Ben Sass "Die bydrae van Prosesstraat 24, Vredenburg Kerkstraat 49, Piketberg besighede en indiviLID VAN DIE NASIONALE BEGRAFNIS DIREKTEURE ASSOSIASIE ’N LID VAN DIE VERENIGING VIR SPAAR & BELEGGING IN SA Tel: (022) 713 3020 Tel: (022) 913 1315 due by vorige Kers-

HOU JOU

AVB-150729-4-DC/395

GELD


10

NUUS • NEWS

21 Oktober 2015

Wyne van die Swartland bereik hoë hoogtes

Ormonde: Theo Basson (besturende direkteur), Hennie Huskisson (keldermeester), Elizabe Ferreira (Veritas), Adré Rheeder (wingerdboukun- Het Vlock Casteel: Alecia Hamman en Johan Vlock van Het Org de Rac: Wynmaker Jurgen Siebrits (tweede van Vlock Casteel. regs) met hul trofee. dige) en Charles Hopkins (Veritas). Die wyne van die Swartland, asook die wingerde belgoue medalje gewen: Anura, Babylon’s Peak, Pinotage (4), MCC (3), Chardonnay (3), Kaapse van die omgewing, het talle toekennings by die Badsberg, Beyerskloof, Boschkloof, Darling Cel- Versnit (3), Ander Rooi Versnitte (3), Bordeauxlars, Cederberg Private Cellar, Boschendal, Die- versnit (2), Chenin Blanc (1), Semillon (1), Merlot afgelope Veritas-toekennings ingeryg. Kanonkop en Ormonde het die vierde posisie mersdal, Durbanville Hills, Eagle’s Nest Wines, (1), Pinot Noir (1), Museum-rooiwyn (1) en Mugedeel in die medalje-ranglys met twee dubbel- Het Vlock Casteel, Lanzerac, Le Bonheur, Longavi seum-edellaatoes (1). Shiraz was die toppresteerder wat goudme(Chili), Neethlingshof, Org de Rac, Peter Falke Wigoud en twee goud elk. daljes betref met 14 toekennings, gevolg deur Die Beste Presteerder volgens Inskrywing-titel nes, Saronsberg, Simonsig, Tokara en Villiera. Chenin Blanc (13), Ander Rooi Versnitte (11), het aan Kanonkop gegaan in die kategorie vir 10 Chardonnay (10), Sauvignon Blanc (10), Cabernet Medalje-oorsig of minder wyne, terwyl KWV die titel in die klas ‘n Totaal van 1763 medalje-aanspraakmakers Sauvignon (10), Bordeaux-versnit (9), Pinotage vir meer as 10 wyne opgeraap het. Vyf baanbrekers van die wynbedryf – Cassie is beoordeel deur ‘n gesaghebbende paneel inter- (8), Ander Wit Kultivars (6), Merlot (5), Pinot Noir du Plessis, Jos le Roux, Bill Gallagher, Michael nasionale en plaaslike beoordelaars. Sauvignon (4), Wit Versnitte (4), MCC (4), Edellaatoes (3), Green en Jan Scannell – het die Lewende Legen- Blanc, Shiraz en Cabernet Sauvignon was die top Malbec (2), Natuurlik soet, Blanc de Noir, Rosé Darling Cellars: Pieter-Niel Rossouw (wynma- des-ererol ontvang ter erkenning van hul waar- drie kategorieë, met 229, 167 en 132 inskrywings (2), Kaapse Versnit (2), Museum-witwyn (2), Muker) en Maggie Venter (wynmaker) met hul devolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse wyn- en onderskeidelik. ‘n Totaal van 32 brandewyne is in seum-rooiwyn (2), Museum-edellaatoes (2), Setrofee. drie kategorieë ingeskryf: Standaard, Potketel en millon (1), Viognier (1), Strooiwyn (1), MCC Rosé brandewynbedryf. (1), Wit en rooi (hoofsaaklik wit (1), Cabernet Die glansryke Veritas 25ste gala-ete, gehou by Oesjaar. Babylons Peak: Stephan Basson spog met Altesaam 57 dubbelgoud-, 157 goud-, 473 sil- Franc (1) and Museum-MCC (1). die KIKS, is geborg deur Agri-Expo en die glansBabylons Peak se medalje. Internasionale proeërs sjefs Bertus Basson en David Higgs het ‘n onge- wer- en 662 bronsmedaljes is vanjaar toegeken. Vir die 2015 kompetisie, het agt internasionaOnder die wyne het Sauvignon Blanc die looflike kulinêre finesse gevoeg by die heerlike ete wat deur Warwick Thomas, uitvoerende sjef hoogste aantal dubbelgoudmedaljes behaal (9), le beoordelaars wat verskeie lande verteenwoorgevolg deur Cabernet Sauvignon en Shiraz (5 elk), dig by die proepaneel aangesluit. van die KIKS, voorberei is. Die agt was: Lynne KWV het vyf dubbelgoudmedaljes gewen vir Sherriff van die VK, MW die volgende wyne: Abraham Perold Tributum en Kaapse Wynmeester 2013, The Mentors Chardonnay 2012, The Menen een van die wêreld tors Orchestra 2011, The Mentors Sauvignon se mees gesaghebbende Blanc Darling 2013 en The Mentors Sémillon Darwynkenners; Debra Meiling 2014. burg MW van Hongkong, Ormonde Vineyards se 2013 Chip off the Old medestigter van die Block Shiraz en 2013 Shiraz het dubbelgoud verCathay Pacific Hong Kong ower. International Wine & Spirit ‘n Totaal van 22 produsente het elk 1 dubCompetition; Cees van Casteren MW, voorsitter van die Hollandse vereniging vir enoloë, wynskrywer, opvoeder, en konsultant; Rebecca Leung, een van Hongkong se invloedrykste wynskrywers, ‘n onafhanklike opvoeder en konsultant; Tersina Shieh, ‘n voormalige bemarker, wynmaker en ywerige bevorderaar van wynkultuur in Hongkong en China; Mark Pygott, ‘n wynopvoeder, konsultant en skrywer asook Masters of Wine-kandidaat. Denis Lahouratate is keldermeester by die Franse House of Bisquitkonjak en Dave Hughes is een van Suid-Afrika se voorste wyn- en spirituskenners met meer as veertig jaar se breedvoerige internasionale ervaring.


NUUS • NEWS

11

21 Oktober 2015

Promosie

Kaap Agri Akademie vereer beste studente Trots: 'n Groep van studente en gaste. Voor is Brentley Hanse, Selma Marsh, Samantha Baron, Paulina Josef en Jacqueline Adonis. Agter: Lawren Engelbrecht, Dorothy Lesch, Minnie Sambaba, Petrus Baron, Justin Adonis en Thomas Langford.

'Landbou is ‘n edel beroep' Vandag is ‘n dag om student se prestasies te vier. Só het Mogale Sebopetsa hoofdirekteur landbou-ondersteuning en ontwikkeling van die Wes-Kaapse Departement van Landbou verlede week op Porterville gesê. Hy het die hoofrede by die sewende sertifikaatseremonie van die Kaap Agri Ontwikkelingsprogram gelewer. Sebopetsa het verwys na die uitdagings in die landbou en drie uitgesonder: grondhervorming, klimaatsverandering en vaardigheidsopleiding. Hy het landbouers aangemoedig om betrokke te raak by die grondhervormingsproses en gesê die proses loop glad in die Wes-Kaap. "As dit kom by klimaatverandering moet ons maniere soek om te verander of aan te pas," het hy gesê en bygevoeg dat die Departement se navorsers gereed staan om boere te ondersteun met raad en daad. Laastens het hy die belangrikheid van opleiding beklemtoon en landbouers genooi om die Departement te nader vir hulp. "Moet nooit twyfel oor ons gewilligheid om u te ondersteun nie. Ons sal nie relevant wees as julle nie daar buite boer nie." Negentien studente het die ses maande kursus, wat deur BathoPele aangebied is, voltooi. Die program lei studente op in sake- en landboupraktyke. Landbouers wat studente op hulle plase akkommodeer vir lesings, is ook geloof vir hul bydrae. Ernest Beck van BathoPele het die studente gelukgewens maar ook gewaarsku: “Onthou, om

‘n plaas te hê of op een groot te word, beteken nie jy weet hoe om dit te bestuur nie. Hy sê die doel met die program is om opkomende boere toe te rus met die nodige vaardighede vir die suksesvolle bestuur van landboubesighede en –praktyke. “'n Sertifikaat teen die muur beteken nie sukses nie. "Jy moet uitblink in wat jy doen. En onthou, die beste bemesting is jou voetsole.” Beck het dit ook beklemtoon dat kinders geleer moet word om entrepreneurs te wees. "Suid-Afrika sit met 'n klomp werksoekers en wat ons eintlik nodig het, is werkskeppers." Preline Swart, wat die toekenning as Beste Presteerder ontvang het, sê dit is ‘n droom wat waar geword het. “Boer is ‘n groot verantwoordelikheid en taak – ons sal doen wat ons kan om produkte vir ons land op die tafel te sit." Sy en haar man, Ralph, is van Elim, waar hy ‘n kommersiële boer is. “Ons moedig kleinboere of opkomende boere om in die landbou betrokke te raak. Hierdie is die edelste beroep in die wêreld.” Twee meriete- en spesiale toekennings is ook by die geleentheid gemaak. Die meriete-toekenning vir vordering en persoonlike groei het aan BR Hanse gegaan, terwyl Vulindela Williams May die prys vir leierskap ontvang het. 'n Spesiale toekenning vir prestasie en bydrae is aan Samantha Smiles toegeken.

BO: Die trotse studente saam met die organiseerders. LInks: Die drie top-wenners. Van links is Preline Swart (beste student), Vulindela Williams May (meriete-toekenning vir leierskap) en BR Hanse (vordering en persoonlike groei).

Regs: Lawren Engelbrecht (middel) boer op Goedverwacht buite Piketberg. By hom is Sean Walsh (hoofbestuurder van Kaap Agri, links) en Magalo Sebopetso.

Links: Ernest Beck kry 'n skouerruiker. Onder middel: Adriaan Conradie en SueEllen Davey van die Departement Landbou, saam met Joe du Toit van KaapAgri. Onder regs: Nog 'n paar van die studente en familie.

Gesellig: Ernest Beck van BathoPele (middel) en Magalo Sebopetso (naasregs) geniet 'n koppie koffie voor die seremonie begin. By hulle is Stephanus Richter, Louis Coetzee en Leonard Adonis.

Links: Die organiseerders het die studente se gades, ouers, familie en vriende geloof vir hul ondersteuning. Heelwat gesinslede het ook die seremonie bygewoon. Onder: Vulindlela Williams en Nangamso May, saam met Brontley en BR Hanse.


NUUS • NEWS

12

Wesbank in eindstryd

21 Oktober 2015

Edwill Solomons vier Wesbank se oorwinning.

Rekords verpletter op jag-kompetisie

Kobus du Plessis en Mareta de Villiers met hul groeperings van onderskeidelik 6.2mm (30-06) en 6.61mm (7x64) is nuwe rekords.

Bo: Johan Louw probeer 'n speler ontduik. Onder: Sidwell Diedericks trap vas.

Bo: Johan September beur vorentoe. Onder: Ronnie Apollis maak dit moeilik vir die verdediging.

Wes-Bolandjag het onlangs weer hul baie suksesvolle 3-Skoot Groeperingskiet op Moorreesburg se geakkrediteerde skietbaan gehou. Die doel was dat lede weer ‘n slag gegun word om met al hul jagkalibers te kan skiet en hul gewere weer lekker op skoot te kry. ‘n Totaal van 36 skuts het deelgeneem en van die geleentheid gebruik gemaak op hierdie baie aangename en windstil dag. Lede kon met meer as een kaliber kom deelneem, maar slegs een kaliber per persoon het

getel vir kompetisie doeleindes. Die bestuur het al die wenners gelukgewens, asook die twee skuts met 6mm-groeperings. Ook ander lede met groeperings van onder die 25mm en veral die vroue wat stof in die manne se oë geskop het. Vir meer inligting besoek gerus die webwerf http://www.wesbolandjag.co.za of Faceboek groep http://www.facebook.com/group. php?gid=33258690686 Sien ook uitslae in die telbord, bl 16.

Grys en vol pret Die Dienssentrum vir Ouer Persone beplan ‘n pretdag op 27 November vir almal bó 60 op Malmesbury. Ander klubs vir ouer persone kan ook kom deelneem. Dit sal van 09:00 tot 12:00 op die Diepriviersportterrein plaasvind. Verskeie speletjies, waarvan Dress Walk, Duck Walk en Ring-the-Stick net ‘n paar is, sal gespeel word. Daar sal ook speletjies wees vir diegene in ‘n rolstoel. Daar sal nie toegangsgeld vir deelnemers gevra word nie, maar toeskouers betaal R5.

Daar sal ook eetgoed en koeldrank te koop wees. Belangstellendes moet voor of op Vrydag 23 Oktober die dienssentrum kontak. U kan hulle gedurende kantoor-ure by tel 022 482 2245 skakel. ‘n Inskrywingsvorm moet ingevul word om aan te dui aan watter item elkeen wil deelneem, waarna ‘n nommer aan elke deelnemer uitgereik sal word. Deelnemers moet gerieflike klere en skoene aantrek, asook ‘n hoed saambring.


NUUS • NEWS

13

21 Oktober 2015

Promosie

Kinders is die belangrikste

Nuwe tuiste vir Vision

Elkana: Die direkteure van die raad is Veronica Mehl (uitvoerende direkteur), Tania Botha (voorsitter)en dr Anita Jacobs. Agter staan Eileen Basson en Attie Slabbert.

Natalie Appollis, Maria Jooste, Jaline Coetzee, Hannes Kriel en Nicolaas Terblanche. Voor is Willie Mouton, Mariska Adams en Sias Isaacs. Regs is eienaar Janneman Terblanche en bestuurder Maria Jooste.

Elkana Sorgsentrum in Wesbank het die afgelope boekjaar tydelike veilige sorg aan 31 kinders, 14 meisies en 17 seuns, voorsien. Rochè Afrikaner, maatskaplike werker, het by die jaarvergadering gesê drie kinders is met hul biologiese gesinne herenig, tien is in pleegsorg geplaas, vyf is in ander, meer langtermyn sorgsentrums geplaas en twee is in sentrums met veilige sorgprogramme en ander intervensies geplaas. "Ons hooffokus is om die kind se veiligheid te verseker en in hul basiese behoeftes (slaapplek, kos, ablusiegeriewe, skool) te voorsien. "Daarna word assessering gedoen om te bepaaal watter terapie/intervensie nodig is om te help dat die kinders weer ‘n goeie selfbeeld te bekom," het sy verduidelik Die voorsitter van die raad, Tania Botha, het in haar voorsittersrede gesê Elkana gaan voort om op hulle kernprojekte te fokus: Tydelike veilige versorging (residensieel) en Naskoolsorg. “Ons het hierdie projekte geïdentifiseer na ‘n deeglike behoefte-analise en konsultasie met verskeie rolspelers." Oor veilige sorg skryf Afrikaner in haar verslag: "Kinders wat hier toegelaat word, is fisies, emosioneel en psigologies getraumatiseer.

"Die kinders toon uitdagende gedrag as gevolg van die omstandighede waarin hulle is of die impak van sosiale gebreke," het sy gesê. Naskoolsorg vind elke weeksdag plaas. "Die meeste van hierdie kinders is alleen by die huis na skool en daarom kwesbaar vir risiko-faktore soos dwelms, bendes, skoolverlating en meer. Hulle word met huiswerk en studies gehelp en het ook die geleentheid om ander stimulerende aktiwiteite deel te neem. Daar is ook besluit om die getal leerders in nasorg te verhoog van 100 na 120 kinders. Botha sê na deeglike evaluasie is besluit om die Inval (Drop In) en Vaardigheidsontwikkelingsentrum te staak. Daar is gevind dat die aanvanklike behoefte vir hierdie programme bevredig is en daarom is daar besluit om bronne vir ander belangriker behoeftes te gebruik. “Beperkte hulpbronne gepaard met ‘n verhoging in die getal kinders wat hulp nodig het, sal altyd ‘n uitdaging bly," sê die uitvoerende direkteur, Veronica (Ronni) Mehl. "Maar ons sal voortgaan om vindingryke maniere te soek om die gemeenskap te dien en die diens wat ons bied, te verbeter," het sy die gemeenskap verseker.

Personeel:

Die sekuriteitsmaatskappy, Vision, op Malmesbury, het 'n nuwe tuiste in Schoonspruitweg 8B gevind. Hulle het verhuis vanaf die perseel in Hugenotestraat, aangesien daar 'n groot behoefte aan ekstra ruimte was. "Die hoofkantoor het van Riebeek-Kasteel

hierheen geskuif en ons is genoodsaak om 'n groter perseel te vind," sê Maria Jooste, bestuurder. By Vision kan jy allerhande metodes van beveiliging vind. Van gewapende reaksie, alarm-installering, monitering tot selfs hulp met jou vuurwapenlisensie. Kontak hulle by 022 482 2223.


NUUS • NEWS

14

21 Oktober 2015

Dagboek • Calender

Riebeekvallei Museum Jaarvergadering 21 Oktober - Joyce Kotzé, bekroonde skrywer van Runaway Horses, 'n verhaal oor die Anglo Boere-oorlog, is die spreker by die jaarvergadering om 19:00 by die museum. DA Piekniekdans 23 Oktober - Wesbank-gemeenskapsaal, Malmesbury, van 19:00 tot laat. Met Mario Arnold One-Man Band. Bring XYZ. Toegang R50pp. Kontak Maude Goliath (082 643 1344), of Adam Leander (kantoor, 022 486 5198). Personeelkonsert 22 Oktober - Hoërskool Dirkie Uys se personeel hou konsert om 19:00 in die skoolsaal. Beperkte kaartjies, R10 elk. Mej Mini DBV 23 Oktober - Darling-gemeenskapsaal om 19:00. Toegang R20 (kinders R10).

Inspirerende Lentetee 31 Oktober – ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9, Riebeek-Kasteel. R100 (sluit ligte versnaperinge in). Die spesiale gas is Beau de Klerk wat in 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet van Kaapstad na Pretoria gestap het. Hy vertel ‘n verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Die ACVV mans en vroue kan uitsien na 'n inspirerende oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 / 084 291 5088.

Vissermansgolfdag 31 October - Velddrif. 022 783 0535. Music Festival at Camphill Village 31 October - Camphill Village West Coast host their second annual music festival from 13:00 until 19:00. The line-up includes Beatenberg, Just Jinjer, Ottoman Slap, Bootleggers and Swallowers of Time. Tickets R200 at www.webtickets. co.za . Free entrance for children under 4 years and R100 for children under 13. For more information, contact Janine on 021 571 8600 or visit www.camphill.org.za.

Run, Cycle, Walk 24 October - Piketberg High has a fun event, registration starting at 06:00. Cycle 60km @ 07:00, 30km @ 07:15, 15km/5km @ 07:30. Run/walk 5/10km @ 08:00. Entry: Cycle 60km R100, 30km R50, 15/5km R20. No helmet, no ride. Run/walk 10/5km R20 (children R10). Enquiries: Phillip Pieters, 022 942 1810 or 076 079 3170; goedehoop@agrizone.co.za.

Citrusdal Kersmark 6 & 7 November - NG-kerksaal Citrusdal: Vrydag 10:00 20:00 en Saterdag 09:00 - 13:00.

Hengelkompetisie 24 Oktober - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Roll with Dan 25 October – Lourensford Wine Estate, cycling in support of Daniel Wagner; 30km starrts at 08:00, 16km at 08:30. This not a race, there will be no timing. On line entries: www.amarider.co.za. Never Despair Dankseggingsdiens 25 Oktober - In die Volle Evangelie Kerk, Wesbank. Diens begin 10:00. Agri Cape Week 28-31 Oktober - Wyn-, Vrugte & Varsprodukte Ekspo; Kleinplasie, Worcester. Navrae: Anne-Marie le Roux by 021 863 0397/ annemarie@agrimega.co.za. Aandskemering-basaar 30 Oktober - Basaar begin om 09:00 met vleis, gebakte brood, terte, groente, konfyt, beskuit, koeke, kleinkoekies, handwerk. Kerrie en rys R35: bestellings kan by 022 482 1466 geplaas en op 30 Oktober van 11:30 afgehaal word. Poeding is R10 per bakkie en pannekoek R5 elk. Visfabriek-rugbytoernooi 30-31 Oktober - Velddrif. 022 783 1821.

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 25 Oktober - Sondagoggend 09:30 preek pastoor Piet Smit oor `Die Eerste Liefde' en die aand om 18:30 oor `Lojaliteit'. Navrae: 073 447 2902.

Malmesbury2Sea 7 November – Ry fiets van Malmesbury tot Yzerfontein en slaap die aand in die karavaanpark. Beperkte slaapplek beskikbaar. Die roete is sowat 80km oor distrikspaaie en private grond en die klub het toestemming om twee enkelroetes te kombineer. Besoek www.malmesburyfietsryklub.co.za. Aan Oewer Straatmark 7 November – Velddrif: Aan Oewer Straatmark. Navrae: 022 783 0048. Aurora Market 7 November - Aurora Market. 022 783 1821. Cape Town Military Tattoo 2015 11-14 November - Castle of Good Hope. Tel 021 787 1162; email: defencereserveswc@gmial.com. Portugese fees 14 November - Yzerfontein Portugese fees. Kontak Eddie Pereira. 082 320 3513. Swartland Chenin Blanc Celebration 15 November: Cape Town -Join the Santam Swartland Wine & Olive Route for a scrumptious summer picnic at Welgemeend in Cape Town. Sample and celebrate Chenin Blanc wines from the Swartland region. Tutored wine and olive tastings. Relax in the beautiful gardens of Welgemeend, whilst listing to the soothing sounds of roaming unplugged musicians. Jolene J van Rensburg, 022 487 1133. Oase Kersmark 21 November - 5 Desember - H/v Kerk- en Walnutstrate, Rouxville, Kuilsrivier. Maandag tot Vrydag 10:00 - 20:00, Saterdae 09:00 - 17:00. Navrae: 021 906 1987 of 071 897 3987. Cook- Off 27 November - Riebeek Valley . Cook- Off . 022 448 1110 info@kasteelberg.com.

PPK Bethesda Porterville 25 Oktober - Om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787.

PPK Bethesda Malmesbury 25 Oktober - om 10:00 diens en Sondagskool en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914.

Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent: 071 604 5387. Other enquiries: Rev John Beck, tel 022 482 3623.

Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za.

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.

Shofar 25 Oktober: Fred May lei die diens om 09:30 op die 1ste vloer, Clicks-gebou, h/v Voortrekker- en Hillstraat, Malmesbury. Kontak hulle by 079 214 4578. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.

aangebied. Die toernooi is geborg deur die Wes-Kaapse Departement van Sport. Agt spanne het aan dié toernooi deelgeneem. Bo is paaltjiewagter Stephan Bredell en bouler Nicholas Coetzee. Heelregs is Thomas Howard in Swartland se wedstryd teen Wesbank Sekondêr.

Market Day 31 Oktober - Animal Lighthouse hou 'n markdag van 09:00 tot 15:00 by die Plaasmol-padstal, op die R45, km buite Hopefield. Kontak Ronel, 078 347 8745.

Langsdiebos Mark Elke Saterdag van 0900 tot 12:00 op die Voortrekkerterrein, Malmesbury. Besoek hulle vir gesinsvermaak en vars produkte soos gebak, groente, heuning en kaas. Saterdag bied die AGS Corpus Christi ‘n gesinsdag daar aan met boeresport, potjiekos, roosterkoeke ens. Kaartjies vir aktiwiteite by die kerk of op die dag. Kerke, skole en diensorganisasies kan ook reël om spesiale verkope daar te hou. Belangstellendes kan met Marilize by 072 052 6280 skakel.

Rivers of Life Christian Fellowship 24 October - A Woman's Conference will take place from 10:00 at their tent campaign on the corner of Valk- and Alfa St, Wesbank. The guest speaker is Rita Manshon from Aglow International. All ladies are welcome. Enquiries: pastor Carmen Motemeri, 071 987 2625.

Krieket: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het in die vakansie ‘n kriekettoernooi

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se volgende diens sal op 8 November om 10:00 by Mount Royal se konferensiefasiliteit wees. Vir meer inligting, kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae van 08:00 – 14:00). Navrae by telefoon 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).

Burgemeester op gholfbaan: Die burgemeestersgholf-

dag is Donderdag op Moorreesburg se gholfbaan aangebied. Sewentien spanne het ingeskryf. Fondse wat hier ingesamel is, sal vir die verligting van armoede aangewend word. Links wys burgemeester Tijmen van Essen sy slag met die gholfstok.


NUUS • NEWS

15

21 Oktober 2015 Betrekking Vacancy Betroubare huishulp vir besige plaashuishouding, 5dagweek, geen drinkers of rokers. Koskookvaardighede,verwysings NOODSAAKLIK. Eie vervoer 6km vanaf Moorreesburg of behuising by buurplaas. Salaris onderhandelbaar. 0834358651. #2216

------------------------EARNINGS OPPORTUNITY. Avon representatives needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510

#2209/1

------------------------Inslaap huishulp – Betroubaar, koskookvaardighede, lojaal, netjies, vriendelik en hardwerkend (Durbanville area) – Whatsapp Mev Van Vuuren 072 881 9153 #2229

------------------------KASSIERE en Kombuis Personeel benodig – Pligsgetrou, hardwerkend en stiptelik. Moet skofte en naweke werk. CV met kontakbare verwysings ‘n vereiste. Diensaanvaarding onmiddellik. Woonagtig in Malmesbury. Handig CV in by Mini Mark kafee, Rainierstraat, Malmesbury

#2234

Dienste Services AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens kontak ons gerus vir gratis kwotasie – 079 502 7074 #2215/2

------------------------BESPROEIING – Vir al u besproeiing- doeleindes kontak my gerus. Voorkom die hoë waterrekeninge dié jaar. Kontak ons nou – 079 502 7074 #2214/2

------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/3

------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Sout- en soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte,

grootkoeke. Geleentheids- koeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www.melieta’skitchen.co.za. #2058/12

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/14

Gelukwensing Congrats KAYLENE

baar vanaf 1 November 2015 (Malmesbury) –R2700,00 pm Kontak 082 801 6992 #2224

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 45m². Beskikbaar vanaf 1 Desember 2015. Kontak 083 601 6480 #2218/1

------------------------Kantoor-/winkel spasie te huur. Middedorp. Rainierstraat. 083 991 7350 #2223

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2123/11

Baie geluk met jou kroon-verjaarsdag. Geniet die spesiale dag. Ons bly baie lief vir jou. Van : Pa, Mammie, Chanté en jou 2 blompotte – Ashanti en Tiara #2235

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/21

Regsdienste Legal Services Vir algemene regsadvies en regsadvies tov: Bereddering van boedels; Beserings in motorongelukke; huisoordragte. Skakel Christo Brand van Brand Prokureurs: 0834389735 of 0604438812 #2172/1

Te Huur To Let “Bachelor “ woonstel in Malmesbury vir enkel manspersoon. Beskikbaar 1 November 2015 – R2 150 per maand. Skakel 082 373 0347 #2231 ------------------------Enkelwoonstel vir een persoon beskik-

------------------------TITUS EIENDOMME – Wesbank – R2800 p/m vanaf 1 November 2015. Ruim 1 slaapkamer woonstel met badkamer, kombuis en sitkamer. Groot onder dak braai-area. Staanplek vir motor. Verkieslik enkelpersoon. Kontak 022 486 5219 / 082 780 1380

#2232

------------------------Winkel/Kantoor – 52m² - Sentraal Malmesbury geleë – Vanaf 1 November 2015 @ R4 200,00 per maand. Kontak 083 234 7319

#2230

Te Koop For Sale Muller – 079 413 2520 6 Pine kombuis stoele – R250 elk ; 1 Dubbelbed basis en matras – R750; 1 Baba camping cot – R350; 2 Enkelbed matrasse – R450 elk ; 1x5 sitplek sit-kamer stel – R1500 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2236

-------------------------

SKOOLKLERE (Laerskool Swartland) – Somersrok 18 (XL) – R70,00 ; Baadjie (M) – R70,00 – LO top (L) – R30,00, Baadjie (M) – R40,00 – Kontak: 083 395 5327 #2233

------------------------HAKE “stokvis” Fillette te koop, asook Visvingers (R32/kg) en krummelvis (R45 p/ kg). Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460

#2151/10

-------------------------

Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/17

Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/6


courant

tel 022 487 3221

• pak span van villagers

21 Oktober 2015

21 Oktober 2015

Sportuitslae Sports results Fietsry Malmesbury Fietsryklub PPA One Tonner 170km Elfriede Wolfraadt: 5:35:50.

Wesbank in finaal Wesbank is deur na die finaal van Boland Rugby se Grootuitdaag-kompetisie. Dié bulspan van Malmesbury sal hierdie Saterdag in die finaal teen Villagers Worcester te staan kom in die laaste ligawedstryd van die seisoen. Die wedstryd sal om 13:30 begin, maar die plek was met saktyd nog nie bekend nie. Hou dié courant se facebook dop vir verwikkelinge hieroor. Wesbank het die afgelope Saterdag op Worcester daarin geslaag om Roses United van Wellington in die semifinale op Esselenpark-stadion met 24 – 22 te klop. Die Swartlanders het in die eerste helfte die spel oorheers met sy agterspelers en Theo Marinus het met ‘n drie, twee strafdoele en ‘n doelskop geslaag om Wesbank rustyd met 16 – 6 te laat voorloop. Met die aanbreek van die tweede helfte het Roses skielik vorendag gekom met harde voorspelerspel en twee drieë aangeteken. Wesbank se afrigters het toe die nodige verskuiwings aangebring wat die span met nuwe ywer laat speel het. Roses het binne die laaste minute ‘n strafskop gekry wat die telling om die telling op 22 – 16 te staan bring. Wesbank se spelers het toe met nuwe vuur in die laaste tien minute gespeel en ná aanhoudende druk gaan Anzo Stubbs oor vir ‘n pragdrië in die hoekie - 22-21. Wesbank se spelers het aanhoudende druk toe op Roses toegepas en ‘n strafskop binne tref -afstand in die laaste minuut van die wedstryd bewerkstellig. Die hordes ondersteuners wat Worcester toe gereis het om hul span te ondersteun, het behoorlik asem opgehou. Met Thoedore Marinus (stelskopper) van die veld af is die belangrike skop deur Edwill Bampie Solomons behartig. Sy skop was tussen die pale deur en Wesbank stap met 24 teen 22 as oorwinnaars van die veld af. Wesbank hou vanaand om 19:00 sy jaarvergaering by Wesbank Sekondêr. • Ander wedstryde wat Saterdag se finaal voorafgaan, is Ocean United teen Young Turbos (Eersteliga.09:00); Majestics teen Pumas (Gemeenskapskild, 10:30) en Langebaan teen McGregor (Streekuitdaag, 12:00).

NUUS • NEWS

SPORT

dié

16

Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - Enkel Stableford Jannie Kemp 24; Tony Goosen 20; Frans Destroo 19; Wicus vd Merwe 19; William Matthysen 19. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford Jacobus Snyders 21; Sakkie Klasen 21; Frans Destroo 21; Curtis Schacht 20; Gerhard Immelman 20. Saterdag 17 Oktober - Vierbal Stableford Samespel Wayne van Tonder, Izele van Tonder, Thinus Theron, Andre Theron 128; Deon Jamneck, Gerrus Jamneck, William Matthysen, Flip Theron 118; Buhrain Herman, Hercules Viljoen, Andre Ackerman, Wynand van Niekerk 117; Hennie Els, Brendon Els, Jacob Goosen, Tony Goosen 112. Krieketklub Malmesbury Krieketklub Malmesbury se eerste span klop Bredasdorp. Furlo Theron behaal 100*. Tweekamp Boland-byeenkoms, Malmesbury M/11 – Chloe Lottering, 1e uit 16 deelnemers. M/13 – Jana Nel, Marissa Cotter, Nikita Toerien onderskeidelik 3e, 11 en 15e uit 19 deelnemers. M/15 – Amore Toerien, 5e plek. M/17 – Micke Smit, Celize Versveld onderkeidelik 1e en 4e plek. M/19 – Renelda Scholtz, 1e plek. Vroue Ope – Heleen Malan en Annereen Malan onderskeidelik 2e plek en 3e plek. Vroue Veterane – Mariaan Malan 1e plek. S/11 – Kailen Kotze en Albert Basson onderskeidelik 4e plek en 7e plek uit 23 deelnemers. S/17 – Braam Esterhuizen, 6e plek. Mans Ope – Bennie Fourie en Daniel Malan onderskeidelik 1e plek en 2e plek.

Tennis: Die

Malmesbury-tennisklub het Saterdag op hul tuisveld teen die span van Vlottenburg te staan gekom. Die B-span het met 4-1 verloor en die vroue het met 5-0 die onderspit gedelf.

Skiet Wes-Bolandjag se Drie-skoot Groeperingskiet: 17 Oktober JA du Plessis, M (kategorie), 30-06 (kaliber), 6.2 (groep); Mareta de Villiers, V, 7x64, 6.61; Anton de Klerk, M, 243, 10.38; CR Pretorius, M, 308, 15.45; FP Theron, M, 308, 17.31; Anton de Klerk, M, 30-06, 18.45; CJ van Rensburg (Snr), M, 30-06, 18.8;7; Henco Smit, M, 308, 21.39; Tos Smit, M, 30-06, 21.76 ; Talita Lambrechts, V, 308, 21.8; James Preyser, M 308, 22.42; SJ van der Westhuizen, M, 6.5x39, 23.5; Jonathan Vermaak, M, 764, 25.92; Niel Lambrechts, M, 308, 26.03; SJ van der Westhuizen, M, 308, 26.24; Johan van Zyl, M, 308, 26.46; Jonathan Vermaak, M, 308, 27.2; Lorraine Lambrechts, V, 223, 27.65; J van Rensburg, M, 223, 27.73; Tos Smit, M, 243, 27.73; Johan van Zyl, M, 243, 29.53; Ben Dixon, M, 270, 30.31; AB de Villiers, M, 243, 30.34; Christo Crafford, M, 308, 31.93; Nico van Rensburg, M, 30-06, 32.43; Talita Lambrechts, V, 223, 33.49; Charles Malherbe, M, 22250 34.37; Andre Scott, M, 30-06, 34.72; R Pretorius, M, 6.5x57, 35.43; CR Pretorius, M, 6.5x39, 36.91; Christo Crafford, M, 7x64, 37.05; Ben Nieuwoudt, M, 308, 38.25; Niel Lambrechts, M, 223, 38.8; Tos Smit, M, 222 39.69; Wihan Kitshoff, M, 308,41.2; Henco Smit (4skote), M, 7x64, 41.9; FP Theron, M, 22250, 43.26; Willie Kitshoff, M, 308 , 46.05; CJ van Rensburg (Snr), M, 243, 46.6; Charles Malherbe, M, 243, 46.97; Wihan Kitshoff, M, 243, 47.3; Lorraine Lambrechts, V, 308, 49.51; Andre Scott, M, 243, 57; Mareta de Villiers, V, 222, 57.4;Ab de Villiers, M, 308, 59.26; HC van der Westhuizen, M, 338, 59.4; MAJ Visser, M, 308, 60.18; Jonathan Vermaak, M, 222, 60.81; Jeffrey Benjamin, M, 30-06, 66.84; CJ van Rensburg (Jnr), J, 243, 67.59; Japie Louw, M, 222, 70.22; Johannes Louw, M,308, 70.86; Alicia van der Merwe, M, 22250, 82.13; John Carter, M, 7.62, 85.03; John Carter, M, 303, 88.35; Mareta de Villiers, V, 308, 88.56; Henry Bredenkamp, M, 375, 94.5; Nico van Rensburg, M 243, 127.26; Arnold Louw, M, 30-06, 132.32; CR Pretorius, M, 8x60, 133.66.

Rugbydrome versplinter

Regs: Merten Appollis van Good Hopes met die bal in Saterdag se Streekuitdaag-stryd. Riebeek-Wes moes die knie buig met 17-8 teen Langebaan.

Wedvlugduiwe Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Bloemfontein 2 – 17 October 2015 1 E.Liedeman; 2 Kenneth Edas; 3 D. Daniels; 4 Stan the Man; 5 Kenneth Edas; 6 Marlin and Brian; 7 Leukes Family; 8 Kenneth Edas; 9 Stan the Man; 10 Kasu & Sons.

Links: Koringberg het met 44-27 teen Majestics van Citrusdal verloor. Dit was in die halfeindstryd van die Gemeenskapskild.

R

Olof Bergh Brandy 750ml

89

Klipdrift Export Brandy 750ml

R

97

Bell’s Extra Special Whisky 750ml

R

159

R

Three Ships Whisky 750ml

119

CHEERS TO THESE

R

90

Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml Per Pack

94

R

Flying Fish Flavoured Beer Assorted 12 x 330ml Per Pack

PRICES VALID 22 - 25 OCTOBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

R

29

Two Oceans Wine Assorted 750ml Each

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

1501334 _100 x 260

GREAT DEALS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant 21 okt 2015 343 by DieCourant - Issuu