c urant
Gratis • Free
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
18.5%
20 April 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 366
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Planttyd... dat stof so staan
Die stofwolke hang oor landerye in Swartland waar saaityd aangebreek het. Op Kersefontein buite Malmesbury plant Johan Smuts kanola. "Dié gewas kan hou in die droë grond. Ons plant en glo die reën sal kom," het Smuts gister aan dié courant gesê.
•sakekamers moet help werk skep - AHI op MRB
‘Lei mense nou op’
'n Hart en passie vir entrepreneurs is die enigste manier vir volhoubare ontwikkeling. Só het dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut) in die WesKaap, by die Moorreesburg Sakekamer gesê. "Ons land sit in 'n dilemma: 25,5% mense is werkloos. Ons jeug (18 tot 35 jaar) vorm 60% hiervan. "Wie se werk is dit om werk te skep? Die regering? Absoluut nee," het hy gesê en bygevoeg dat dit nie volhoubaar is nie. "Dit is krities belangrik dat u as sakelui die verantwoordelikheid neem as werkskeppers. Vir my is dit die kernrol van die sakekamer." Hy het vier punte genoem waar sakekamers 'n verskil kan maak: Begin by jou bestaande besigheid en skep geleentheid vir netwerk; Skep nuwe geleenthede; Bou 'n sterk verhouding met plaaslike regering - hulle moet die spreekbuis van die sakekamer wees; Beveg rompslomp met hand en tand. Dr. Cilliers het vertel van 'n bedrag van R20 miljoen vir drie jaar wat België aan die AHI skenk
Reis na skone Wellington
om werkloosheid te beveg. "Wat gaan ons doen? Ons gaan sakekamers bemagtig om inklusief van almal op hulp dorpe te wees; Ons gaan kyk na dienste vir lede soos opleiding, netwerk, hoëvlak samesprekings met die regering en rompslomp en ons sal fokus areas identifiseer waar ons arm mense, vroue en die jeug kan bemagtig. "Laastens sal ons vennootskappe vorm waar ons kan hande vat met munisipaliteite. Maar dan moet ons vertroue bou." Dr. Cilliers het beklemtoon dat sakekamers se lidmaatskap by die AHI kan verseker dat die organisasie 'n rol het om te speel in die land. "Ons kan 'n baie sterk spreekbuis wees wat mense tot op die laagste vlak kan help. Onthou, ons is net 'n telefoonoproep ver," het hy genooi. Die ander spreker by die geleentheid, Radi van Zyl van die Shoprite/Checkers Ontwikkelingstrust, het dr. Cilliers se siening ge-eggo: "Opleiding is die kruks van alles. Vat iemand, lei hom op." Hy sê die probleem van werkloosheid moet
Malmesbury Superspar skitter
nie onderskat word nie: "Ons sal moet inspring en iets doen. Maak seker dat jy deel is van enige verandering." Hy het die belangrikheid van 'n sakekamer in ons huidige ekonomiese klimaat beklemtoon: "Dit is belangrik vir sakelui om aan ander mense se idees blootgestel te word. Elke besigheidsmens is tot 'n mate geïsoleer," het hy gesê en bygevoeg dat die sakekamer hier van onskatbare waarde is. "Ons moet dink hoe ons hier op Moorreesburg omstandighede kan verander. Begin klein en die groot goed sal self kom." Van Zyl sê die trust gaan die behoefte vir opleiding op die dorp aanspreek: "Gee my twee maande dan kan julle met my kom gesels oor julle behoeftes." Die voorsitter, Nicolaas Hanekom, het beklemtoon dat 'n stabiele gemeenskap nodig is om werkloosheid teen te werk. "Ons wil almal by die kamer betrek om dit moontlik te maak." Sien ook foto op bl 10.
Begroting na Bergrivier gebring
NUUS • NEWS
20 April 2016
NUUS • NEWS
2
Waak teen dié slenter
•beplan en onthou die swaar tye
Die SAPD waarku mense teen ‘n bedrogspul waar mense ‘n SMS ontvang dat ‘n polisiesaak teen hulle aanhangig gemaak is. Sodra iemand reageer op die nommers wat deur die bedrieërs verskaf word, word hulle afgepers. Die eerste bedrogspul is in Januarie by die polisie in Gauteng aangemeld. Hierna was daar voorvalle in die Wes-Kaap en verskeie ander provinsies. In die eerste gevalle is slagoffers gevra om ene konstabel Baloyi by 060 800 8148 te skakel. Ander name en nommers is ook al gebruik. Wanneer iemand reageer, word hy ingelig dat daar ‘n lasbrief vir inhegtenisname vir ‘n verkeersboete uitgereik is. Hulle moet dan ‘n bedrag geld in ‘n FNB- (62017066201) of Absa-rekening (4054021171) betaal. Die publiek is gewaarsku om nie aan die eise te voldoen, maar hul naaste polisiekantoor te skakel.
Wat moet georganiseerde landbou nog doen om boere betrokke te kry? Dit was die vraag wat Cornie Swart, president van Agri wes-Kaap, verlede week by 'n half-leë saal gestel het. Hy het op Malmesbury by die landboustreekkongres gepraat: "Kollektief kan praat, op jou eie is daar 195 wette wat die landbouer raak. "Moet ons eers 'n krisis beleef voor ons saam staan? Swart het na landboubedrywighede die afgelope paar maande gekyk en hoogte- en laagtepunte beklemtoon. Hy het boere gemaan om vooruit te dink en te beplan. "El Nino is nog nie klaar met ons nie. Dit verswak wel, maar gaan nog twee tot drie maande met ons wees. Dit kan ook deur 'n El Nina opgevolg word. "Eintlik is dit 'n waarskuwing dat ons moet regmaak vir groot water. "Dit is gewoonlik die tendens - as die reën laat kom, is dit baie." Hy het boere aangemoedig om positief te bly en hul medemenslikheid te behou: "Onthou, dit wat jy begeer, is dit wat jou beheer. "Moet nooit vergeet jy staan nie alleen nie ons het mekaar en die Skepper van die heelal is ook aan ons kant." Hierna het Carl Opperman, hoofbestuurder van Agri Wes-Kaap, oor die werksaamhede van die organisasie gepraat. Hy het onder meer gekyk na die Wes-Kaap grondoudit en transformasie. Opperman het die huidige droogte as een van die ergstes in die geskiedenis beskryf: "dit
20 April 2016
Landbouers moet saamstaan is die eerste keer dat suidelike Afrika gelyktydig droogte het." Die hitte hiermee saam het groot skade aan meerjarige plante aangerig. Hy het almal, die gemeenskap, kerke en ander organisasies wat hand uitgesteek het na die landbou, bedank vir hul sorgsaamheid. Dit is 'n riem onder die hart. AJ Louw, Cornie Swart en Carl Opperman. "Ons het baie geleer uit die like vloedsituasies. "Gelukkig het ons van die droogte, maar top-rampspanne in die land om ons by te staan." ongelukkig is geheues kort. As die reën kom, Hy het 'n beroep op landbouers gedoen om vergeet ons so maklik van die planne wat ons aan die grondoudit deel te neem. nou maak en ook die swaarkry. "As ons nie syfers op die tafel het nie, kan "Dit is belangrik dat ons voerbanke moet opons niks betwis nie. Dit is belangrik dat ons al die bou, bestuur en uitbou. "Ons is op onsself aangewese, ons kan nie data kry, wat ons nou het, is nie genoeg vir wat staatmaak op geld van die staat nie. Ons moet ons nodig het nie." Die kongres het ook die probleem met rondons eie droogteplan hê." Hy het gewaarsku: "Hierdie is nie die laaste loperhonde in die Malmesbury SAPD-gebied droogte wat ons gaan beleef nie. Ons moet kop- bespreek. Dit is hoofsaaklik honde wat uit die woongebiede kom en groot skade onder skaappe bymekaar sit." Opperman het sy stem by Swart gevoeg en kuddes veroorsaak, veral in lamtyd. Die munisigemaan dat mense bedag moet wees op moont- paliteit is gevra om tot die gesprek toe te tree.
Van die jeug, vir die jeug, deur die jeug op MRB ‘n Jeugberaad word eersdaags op Moorreesburg gehou en veral werklose jeug is aangemoedig om dit by te woon. Die Swartland Munisipaliteit, in samewerking met verskeie rolspelers van Moorreesburg,
hou die beraad op Dinsdag 26 April, van 09:00 tot 15:00 in die Rosenhof-gemeenskapsaal. Daar gaan interaksie-gesprekke wees, vermaaklikheid en ook verskeie uitstallers met geleenthede vir die jeug.
Boshoff nou by LSS By die Laerskool Swartland se tussenverkiesing om die vakature op die beheerliggaam te vul, is Oddette Boshoff verkies in die plek van LizeMarie Lategan wat verhuis het. Die lede is Gey Kriek (waarnemende voorsitter), Philip Faure, Margaretha Muller-Steyn, Oddette Boshoff, Dr. Wim Beukes, skoolhoof Kallie Rautenbach, Dirk Malan, Joubert Uys en Garetha Hamman.
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@ diecourant.co.za met jou nuuswenke! Besoek ons webtuiste by www.diecourant. co.za of raak lid van ons Facebook-blad. Altyd aan die voorpunt van goeie nuus!
NUUS • NEWS
3
20 April 2016
Finansies:
Burgemeester Evert Manuel (links) en Minister Ivan Meyer by Maandagaand se byeenkoms. In die agtergrond is raadslid Riaan de Vries.
• begroting na die mense
Wyke kloof diep met vrae oor geld
maak oor adv Linde se versoek vir ‘n kollege. Paaie, strate en verkeer het vraetyd oorheers: Grondstrate op Aurora, Dassieklippas buite Porterville, swaarvoertuie op Dwarskersbos en die pad tussen Aurora en Redelinghuys wat reeds jare wag om gegruis te word. Klagtes oor grondstrate en die gebrek aan sypaadjies het ook die vraesessie oorheers. Die Minister het onderneem om besonderhede van die paaie na te gaan. Raadslid Riaan de Vries het vertel van die Munisipaliteit se projek op Eendekuil, Piketberg en Velddrif waar strate geplavei word. “Ons doen dit self, ons skep werk en ons doen dit beter.” Dr Meyer het oor padveiligheid gepraat en verwys na nuwe verwikkelinge wat spoedvrate en ander oortreders sal vasvat. “Ons sal die munisipaliteite se wetstoepassingseenhede versterk om al die werk te kan doen.” Landbou is ook ‘n teer puntjie: ‘n nasionale landbouplan, behuisingsubisides vir landbouwerkers en agri-dorpies het onder die loep gekom. Dr Meyer sê daar bestaan nie ‘n nasionale plan nie en dit bekommer hom want energie, water en voedselsekuriteit is die drie goed wat ons voortbestaan bepaal. “Die Wes-Kaap het nou in sy aanvullende begroting nog geld vir landbou beskikbaar gestel, want ons besef hoe belangrik dit is.” Hy sê daar sal weer gekyk moet word na die subsidies en hy glo agri-dorpies is die toekoms vir die landbou. Gesondheid was op heelparty lysies, en dit is ook een van die Minister se prioriteite. Daar is onder meer verwys na ‘n kliniek in ‘n ou huis op Velddrif waar TB-pasiënte en pasgebore babas saam behandel word. Op dié dorp is ook ‘n polisiekantoor in nog ‘n ou huis, waar verdagtes en klaers langs mekaar moet sit en wag terwyl ‘n lendelam toonbank kort-kort omslaan. Dr. Meyer sê daar is klinieke in die pyplyn vir Redelinghuys en Velddrif, maar dit kan nog ‘n paar jaar neem. Intussen moet daar gekyk word na die bestuur van die klinieke. Die polisiekwessie sal hy na sy kollega, Dan Plato, verwys. Die kwessie van toelaes (Allpay) het die volgende kommentaar uitgelok: "Toelaes is soos 'n elektriese kombersie: Dit maak lekker warm. Ons in die Wes-Kaap wil nie mense warm toemaak nie - ons wil vir hulle 'n trampolien gee om op te spring, uit hulle omstandighede uit, en met die opkom kan hulle 'n paar geleenthede gryp!"
OKLB 113334/08/A
Bergrivier doen ‘n ding net anders, soos Maandagaand weer eens bewys het. Die Wes-Kaapse Minister van Finansies, dr. Ivan Meyer, het Piketberg besoek om die Wes-Kaapse begroting aan die mense te verduidelik – en hulle het ‘n hele feestelikheid van die geleentheid gemaak. Die funksie is by Steynville Primêr aangebied, sodat die skool kon spog met hul splinternuwe saal. Buite het die jeugbrigade gaste met opgewekte marsmusiek ingewag en binne is die saal versier met reuse protea-rangskikkings van Piket-Bo-Berg af. ‘n Sang- en dansgroep van Velddrif het die fokus op jeugontwikkeling geplaas. Dan was daar ‘n asemrowende item deur Judith Muna, die wenner van die Showville-talentkompetisie. Die kersie op die koek was twee liedere deur die gevierde Bergrivier-koor. Die hooffokus van die aand was finansies en die begroting en dr. Meyer was goed voorbereid, met ‘n span amptenare om hom by te staan. Bergrivier se wyke kon indringende vrae vra en deurdagte antwoorde is gegee. Dr Meyer het ‘n oorsig oor die 2016/17- begroting gegee en gesê die provinsiale ekonomie sal na verwagting met 1.0% in 2016 en 1.8% in 2017. Die sektore wat die vinnigste groei, is konstruksie (3.5%), finansies (3.3), vervoer (2.4) en dan ook landbou (1.4). Sosio-ekonomiese kwessies het baie kommentaar en vrae uitgelok. Onderwys en opleiding was bo-aan heelwat lysies. Kwessies soos 40% van graad 1-leerders wat nie in matriek eindig nie en die behoefte aan vaardigheidsopleiding vir kinders wat nie akademies presteer nie, is aangeraak. Saam hiermee kom werkloosheid, wat hoogty vier onder die jeug. Die munisipale bestuurder, adv Hanlie Linde, het verwys na hulle vergeefse pogings om ‘n FET-kollege in Bergrivier te kry. Die Minister het beklemtoon dat onderwys sy grootste sosio-ekonomiese prioriteit is. Hy sê daar word gekyk na intervensies om kinders langer op skool te hou en ook onderwysers op te lei vir nuwe uitdagings. Vaardigheidsopleiding geniet baie aandag van die Wes-Kaapse regering en R160 miljoen is vir die volgende drie jaar begroot vir gefokusde opleiding. Verskeie amptenare het ook hulle koppe laat sak en notas ge-
GROOT JALAPEÑO GEUR. KLEIN PRYS. ENKEL KLEIN ETE
R19.90 Ook in BBQ en Boerie beskikbaar.
Aanbod geld vir beperkte tyd. Terwyl voorraad hou. Aanbevole prys. Coca-Cola is ‘n handelsmerk van die Coca-Cola© maatskappy 2016.
NUUS • NEWS
courant
20 April 2016
Dis Goeie Nuus
dié
4
Dr. Andrew Bosman
Nuwe uitgawe met nóg Goeie Nuus Daar is altyd ruimte vir introspeksie en verbetering. Wanneer jy by daardie punt verby is, is dit waarskynlik tyd om in die pad te val. Hier by dié courant is dit ook glad nie anders nie. Agter die skerms gaan dit soms rof. Rowwer as rof om by soveel moontlik van die geleenthede te wees, om die beste goeie nuus te berig op die beste manier, om ons gemeenskap te dien so goed ons moontlik kan. En dít, presies dít, sal die beleid bly. Deurlopende versoeke val nie op dowe ore nie en vandag is so 'n dag wanneer ons weer probeer gehoor gee. Bietjie vlerke sprei, bietjie vir bietjie. 'n Spesiale nuwe uitgawe van dié courant verskyn vandag op Wellington, een van die Swartland se buurdorpe met 'n uitgebreide gemeenskap vol opwinding en diep gewortel in geskiedenis, kultuur en sport. Wat 'n voorreg om nou by geleentheid ook die Wagenmakersvallei met ons unieke beleid van Goeie Nuus te bedien. Om net die goeie oor te vertel, is nie 'n wegskram van die slegte of 'n sit-die-deksel-op-beleid nie. Dit is veel eerder 'n keuse. 'n Keuse om te help bou aan ONS gemeenskap. Om te fokus en te hardloop met die goeie en só die liggie van hoop en positiwiteit brandend te help hou. 'n Opwindende nuwe tyd wat aanbreek, maar 'n lekker tyd, want goeie nuus is lekker om oor te vertel. Wat 'n voorreg om deel hiervan te kan wees.
Die Here sal oordeel
Saul word as die eerste koning van Israel gesalf. Die volk wou graag ‘n koning hê, soos al die volke rondom hulle. Saul voer nie sy opdragte reg uit nie en word deur die Here verwerp as koning. Dawid seun van Isai word intussen deur Samuel gesalf as koning. Hy verslaan Goliat, die baasvegter van die Filistyne. Saul raak jaloers op Dawid omdat die vroue sing Saul het sy duisende verslaan maar Dawid sy tienduisende. Terselfdertyd raak Saul bang vir Dawid, want die Here is met Dawid, in alles wat Dawid aanpak is hy voorspoedig. Saul merk dat sy seun Jonatan bereid sal wees om onder Dawid as koning van Israel te dien, Saul sou vir Jonatan koning wou sien. Hy gaan uit sy pad om Dawid te probeer doodmaak. Dawid spaar Saul se lewe meer as een keer en Saul is baie skaam daaroor, en het aan Dawid gesê: “ Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen, terwyl ek aan jou kwaad gedoen het”. Dawid beroep hom op die Here om tussen hom en koning Saul te oordeel, maar sê hy aan Saul dat sy hand nie teen die koning, die gesalfde van die Here sal wees nie. Mag ons ook soos Dawid ons krag in die Here soek.
Seniorspele:
Die senior inwoners van die streek het Donderdag hul slag op die sportveld gewys en aan verskeie items deelgeneem.
Van Bakkies, harrirgs, seeleeu en Kia Rio Op die kaai sit ‘n man. Nie op sy bek geval nie en baie entertaining. In die water is ‘n paar seeleeus. Die man noem homself Professor Jo. Verbygangers hang aan sy lippe soos die stukke vis wat die robbe uit sy mond gryp. Hy speel vir die gehoor, kritiseer die politici en spot met die president. Sy naam vir die een seeleeu sal nie die menseregtekommissie se regmerkie kry nie, maar hy skroom nie. Hy is vlymskerp en sê sy sê. Ons ry uit Houtbaai weg en my dogter vra oor die president en wie die eienaar is van ons land. Ek sê dit is ons almal se land. Natuurlik wil sy weet hoekom die president dan die sê het asof dit sy land is. Toe volg ‘n les in demokrasie, meerderheid en die realiteit van politiek.
Onse land en onse mense. As ek uit Juanita du Plessie se Kaalvoetkind mag aanhaal. "Hiers ek gebore hier wil ek sterwe. Met die blou lug Afrikaasem in my." Onse mense en onse taal. Blatante eerlikheid en opregtheid. Sê dit soos dit is.... Moenie seermaak nie, maar leef en los die plastiek vir die nagemaak-aanhangers. Twintig plus jaar gelede die voorreg gehad om heelparty keer saam met 'n kollega van Wellington, Jo-Ann Floris, teen die voet van Bainskloof te kuier, koek en tee by die gewilde Bakkies (Smit) se Padstal met groen grasperk en eendedam en natuurskoon. Die plek is vandag nie meer nie, maar dié tipe onopgesmukte eerlike egtheid gaan soek jy vandag ver. Bakkies het jou persoonlik verwelkom, bestelling (heerlike skons) agter op 'n sigaretkarton-kant geskryf en dit was heerlik keer op keer. Dit is die valsloosheid wat werk. Soos om ons taal te besig soos dit is met elkeen se uniek stempel daaragter en leenwoorde as dit beter werk.
Laat my dink aan die Namakwalander wat bitter ontsteld was omdat daar gespot word met die streek se taal en uitspraak. "Ons doen dit mos reg. Hoekom henner dit dan vir hulle so." Op die viswaters en kaaie lê valsloosheid naak rond. As die water troewel is en jy kan nie met die skei-re gaan harrirg-vis trek nie, dan is dit nét so. Dis reënseisoen en net miskien hoef ons een van die dae nie meer by die rissieworg te gaan waterg haal nie. Houtbaai se kaai en vis by Mariners Wharf is 'n moet. Daarheen gery met Kia Malmesbury se nuwe Rio 1.4. 'n Motor met kraakvars lyne, style en 'n ruim kajuit toegerus met al die belangrikste elemente. Gemak is die username en vas op die pad die wagwoord. Voeg nog 'n paar by soos ergonomie en ekonomie. Gepraat van al die omies. Op die Weskus word 'n omie 'n onkel. Die Ingelse invloed darem. Maar kom ons kyk na 'n paar van Rio se eienskappe. Daar is lugreëlaar, bluetooth-telefoonversoenbare stelsel met kontroles op die stuur, afstandbeheerde sentrale sluiting, elektriese vensters voor en agter, elektriese kantspieëls en beligting vir die spieëls in beide sonskerms. Die ritrekenaar toon die brandstofverbruik en raai die bestuurder (soms lekker ingedagte) vrien-
delik aan om na 'n voorgestelde rat oor te skakel waar van toepassing. Die MP3/iPod-versoenbare 6-luidspreker radio-klankstelsel het 'n voorlaai-CD-speler asook 'n USB- en Aux-sok en kontroles op die teleskopies verstelbare kantelstuurwiel. Daar is ook hoogteverstelbare hoofligte en outomatiese ligte. Rio is toegerus met ABS remme, elektroniese remkragverspreiding, lugsakke vir bestuurder en voorste passasier. Onder die enjinkap met die Gamma 1.4 (1396cc) petrolenjin skuil potensiaal van 79kW @ 6300 toere en 135 Nm @ 4200 toere. Die bagasieruim vergroot met die platslaan van die agtersitplekke van 288 liter na 923 liter. Rio se brandstofbesparende enjin gepaar met in dié geval 'n 6-spoed handrat (opsioneel bygevoeg) laat die naald besonder stadig sak vir die 43-liter brandstoftenk. Ekonomies. Saam met Rio kom 'n 5 jaar of 150 000km waarborg en 'n 4 jaar of 60 000km diensplan. En dié model se prys: R228 000. Die 17"-allooiwiele is opsioneel @ R5000. Gaan loer gerus in by Kia Malmesbury. Toetsbestuur en koop. Ry Weskus-toe vir 'n paar harrirgs. Paar dit met een van die kraakvars 2016 Chenin Blancs uit die streek pas gebottel. Wel, cheers tot die wiele weer rol.
NUUS • NEWS
5
20 April 2016
Selected products on this page have been styled for photography.
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
39
95
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
WITH OUR LOW PRICES 14
95
Sasko More Slices White Bread 700g
42
90
Nescafé Cappuccino or Café Menu Assorted 8/10s Per Pack
29
90
PnP NO NAMETM Large Eggs 24s
28
Kellogg’s Corn Flakes 750g Value Pack
7
50
90
16
90
38
195
90
90
Sunlight or Surf Auto Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
13
90
Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g
BUY ANY 3 FOR
Lucky Star Pilchards in Hot Chilli or Tomato Sauce 400g Each
18
90
Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml Each
16
R
Protex Soap Assorted 175g
R
249 3890
69
Nestlé Country Fresh Ice Cream Assorted 1.8/2 Litre
Cadbury Lunch Bar, Tempo, P.S. or Crunchie Assorted (Excluding Man Size)
89
R
Russian Bear Vodka 750ml
SAVE R40
199
R
Hunter’s Dry or Gold Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
75
R
PRICES VALID 21 - 24 APRIL 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
109
R
SAVE R50
Granular Dry Chlorine 10kg L146
17
90
BUY ANY 2 FOR
FRESH
R
12
Coca-Cola Regular 2 Litre
SAVE R19
Nola Mayonnaise Assorted 730-780g Each
2.97 3.37 3.91 4.45 4.45
10kg
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre r
90
BUY ANY 2 FOR
PRICE PER NAPPY
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
21
38
80
90
PnP Bulk T-bone and Club Steak Mixed Pack Per kg
Klipdrift Export Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Checking other supermarkets’ prices.
Including specials. Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
1503753_38 X 262
9
20
Sasko Low GI Dumpy Seeded Brown Bread 800g
SAVE R5
NUUS • NEWS
6
20 April 2016
Dagboek • Calender
Angs- en Depressie Ondersteuningsgroep 20 April - Die bekende psigiater, dr S.T. Potgieter, praat oor jou "bucket list" by die ondersteuningsgroep se byeenkoms om 19:15 in die Martha-saal op Wellington. Hy sal ook sy buwe boek, Sirkel van die Noodlot, bekendstel.'n Groep mense van Malmesbury besoek hulle die aand. Bywoning is gratis. Navrae kan gerig word aan Petro Greeff, 021 873 4688 of 072 709 8000. Storievertel 20 April - Storievertel-aand met die Kaleidskoop-dramagroep om 18:30 by die Jan Danckaert museum op Porterville. Ter viering van Internasionale Dag van Museum en Terreine. Bespreek voor of op 18 April by 022 931 3732. Beperkte sitplek beskikbaar. Ligte verversings ingesluit. Bingo-aand 20 April – Bingo-aand begin om 19:00 by Aandskemering. Kaartjies is te koop @ R100 en sluit ‘n ligte ete, asook vyf bingo-speelkaartjies in. Nog kaartjies kan gedurende die aand daar gekoop word. Talle pryse om te wen. Navrae: Marieta Jooste by 082 825 6993. Alcoholics Anonymous Meeting 20 April - is your drinking becoming a problem? Visit the AA on Wednesdays at 20:00, Methodist Church Hall, St Thomas Street I Malmesbury. CRC-bekendstelling 20 April – Kom kyk self waaroor alles gaan: die Christian Revival Church (CRC) is op Malmesbury. Van 19:00 tot 20:00 is daar ‘n bekendstelling in die stadsaal en daarna ‘n sosiale kuier. Vir navrae: pastoor William Jacobs (076 174 2977) en Stephan Borman (082 599 8476). Internasionale Kos Aand
22 April – Darling Kollege bied die aand in die NGkerksaal aan, van 18:00 tot 21:00. Koop kos van regoor die wêreld. New MTB & Trail Run 23 April – Patrysberg grand opening; Fun family day with friends on the farm. Join them at Patrysberg farm, on the St Helena Bay road 14km from Vredenburg. Starts at 08:00. R70 for MTB and R30 trail running/walking. Contact Contact Gert 082 940 5002; Email patrysbergmtb@ gmail.com. Langsdiebos Mark
23 April – 09:00 – 13:00; Agter Hoërskool Swartland se sportterrein.Malmesbury. Navrae oor die mark kan gerig word aan Marilizé Crafford, 072 052 6280.
Abbotsdale Community Forum 24 April - This forum will launch at 15:00 in the community hall. Everybody in the community of Abbotsdale welcome, as well as all community forums. Herzil Sedeman, 078 695 0297.
Kerke • Churches
Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury 24 April - Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple 24 April - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury.
Wat is die Cleavers?
Blues Bbroers 26 April: By die Bôrdienghuis-teater; Begin om 20:00; toegang is R120. Besprekings@breytenbachsentrum. co.z of 073 435 1022; www.breytenbachsentrum. co.za; h/v Burger- en Malherbestraat, Wellington. "Boot sale" 30 April – Kattebakverkoping @ Langsdiebos Mark, Malmesbury; 09:00 – 13:00. Kontak Hester Hall (083 292 6482) om jou staanplek te bespreek. Tien jaar bestaansdiens 30 April - Gethsemane Missions Abbotsdale vier sy 10-jarige bestaan om 15:00 in die kerksaal in Skoolstraat. Navrae: Herzil Sedeman, 078 695 0297. National Alpaca Day 30 April - Quenti Alpaca & Mill; Mill and barn tours (free) between 10:00 and 16:00. Visit the studio and coffeeshop. Klein Limietrivier Farm, Palmietvlei Road, Wellington. Enquiriesat 083 250 3127 or 021 873 6242. Visit www. quentiLPcas.co.za or www. capealpacaproducts.co.za. Interkerklike Hemelvaartdiens 5 Mei - NGK Moorreesburg, om 18:30.Lofoffr word geneem. Navrae by die kerkkantoor, 022 433 1105 (weeksdae 07:30 - 12:30). Jongduifskou Malmesbury 7 Mei- Dié skou is van 09:30 tot 15:00 in die Malmesbury stadsaal. Toegang is gratis. Navrae: Cassie Carstens (082 670 2228) of Marlene Carstens (082 952 9506). Langsdiebos Mark 7 Mei – 09:00 tot 13:00. Hekelkuier, 11:00-13:00 – Kuier saam, leer by mekaar en spog met jou nuutste projekte. Navrae: Marilizé Crafford, 072 052 6280. UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum. org.za. The Grey hou konsert 28 Mei – The Grey bestaan uit drie talentvolle Maties wat om 20:00 in die Porterville NG Kerksaal optree. Ellani de Jager en Donné de Kock speel viool, met Eric Gerber op klavier. Kaartjies sal teen R100 volwassenes en R50 kinders vooraf en by die deur te koop wees. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op Maandae na susan@diecourant.co.za gestuur word vir plasing. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. Shofar 24 April - De Waal Esterhuizen preek om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship 24 April - Om 10:00 by Mount Royal. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 24 April - Past. Piet Smit preek om 09:30 en om 18:30 is Robert Moreland aan die woord. Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
Swartland het uitstekend gevaar in die jaarlikse Cleaver-toekennings, met drie provinsiale pryse. Die beste slagterye, nasionaal en provinsiaal, is onlangs in Johannesburg aangewys. Malmesbury Superspar het eerste gekom in die afdeling vir Vleismarkte en daarmee platinum gewen. Pick n Pay, Malmesbury het goud verdien in dieselfde afdeling. Die ander plaaslike pryswenner was Tomis Country Butchery wat Platinum ontvang het vir ‘n slagtery met tot drie betaalpunte. Die Cleaver-toekennings het in 2005 ontstaan om te voldoen aan verbruikers se behoeftes en die standaard van slagterye te verhoog. In die afgelope elf jaar het standaarde baie verbeter en terugvoer van verbruikers toon dat die meerderheid die Cleaver-toekennings as ‘n teken van goedkeuring – veral omdat slagterye nie hulself kan inskryf nie, maar deur hul klante genomineer moet word. Nominasies het aan die einde van verlede jaar geopen sodat verbruikers oral in die land hul beste slagtery kon nomineer en ook daarvoor stem. ‘n Rekord getal nominasies van meer as 35 000 is ontvang – ‘n fenomenale groei van die 3500 in 2005. Die toekennings is ‘n inisiatief van die SA Rooivleisbedrysforum en gee erkenning aan slagterye wat aan verbruikers se verwagting ten opsigte van higiëne in die winkel voldoen, asook die lewering van kwaliteit-versekerde en gemerkte SA Rooivleis. Daar word ook gekyk na die vlak van vaardigheid en kennis om raad te gee oor voorbereiding van vleis en waarde vir geld. Slagterye is in drie kategorieë beoordeel: Slagterye met vier of meer betaalpunte; Slagterye met drie en minder betaalpunte; en Vleismarkte. Die wenners in elke kategorie ontvang platinum-toekennings en die naaswenners goud. Die Cleaver-toekennings se wenners het gou tot die besef gekom dat dié gesogte toekennings veel verder gaan as vleis - dit is erkenning van kwaliteit in alles wat hulle doen.
NUUS • NEWS
7
20 April 2016
Malmesbury Superspar spog met ‘n super-slaghuis by Cleaver-toekennings
Platinum:
Albie Coetzee, mede-eienaar van Malmesbury Superspar (middelagter) en Elsabé Hurst, die slaghuisbestuurder (heellinks) saam met die triomferende span. “Ons is baie dankbaar vir die toekenning, dit is ‘n groot eer,” sê ‘n trotse Albie Coetzee, mede-eienaar van Malmesbury Superspar, oor die Cleaver Platinum-toekenning wat hulle vleismark gewen het as Wes-Kaap se provinsiale wenner van dié gesogte kompetisie vir 2015. Dit is vanjaar die vyfde keer wat hierdie spogtoekenning 'n tuiste hier vind. Coetzee sê mededinging in dié bedryf is sterk en hulle is onder geweldige druk om in die huidige ekonomie nog steeds die beste kwaliteit produkte teen die beste prys en waarde vir geld aan hul klante te bied en doen dus gereeld hul eie bloktoetse en kwaliteitbeheer om laasgenoemde te bevestig. “Ek wil ook ons klante bedank vir hulle ongelooflike ondersteuning. Hulle motiveer ons
om net die beste te lewer. “Dan my personeel: Die slaghuis, almal in die winkel, deel my visie en passie. "Dit kan in ons werksetiek gesien word." Spesiale dank aan Elsabé Hurst, die slaghuisbestuurder, en haar span mense vir hul toewyding en harde werk. "Die toekenning beteken baie vir ons almal. Erkenning is baie belangrik, veral vir ons personeel. "Dit is ook belangrik om al ons verskaffers wat oor die jare saam met ons kom, te bedank. Hulle het ‘n groot aandeel in ons prestasie en ook die toekenning." Ten slotte: “Die fokus is altyd ons klante. "Ek glo, doen die klein dingetjies reg voor jou en die groot goed gebeur vanself. "En die belangrikste: Bly nederig...”
NUUS••FOCUS NEWS FOKUS
8
20 April 2016
Op reis na die skone Wellington 4de Op ‘n Stasiefees is ‘n móét Die vierde Op ‘n Stasiefees word van 5 tot 7 Mei by Wellington Wyne gehou. Wellington Wyne is vanjaar 110 jaar oud en terselfdertyd vier die dorp se bekende Krisantevereniging ‘n eeu van uitsonderlike blomme en toegewyde kwekers. Die feestelikheid begin op Donderdag 5 Mei met ‘n gholfdag. Die afslaan is om 16:00. Die Vrydagaand om 19:00 is daar ‘n Vroue Vrolikheid - Manne Marakas. Die groot feesdag is die Saterdag en dit begin om 08:30 met ‘n sterkman-kompetisie. Daar is pret en plesier vir oud en jonk: Harley Davidsons, ou waens, sangers, stalletjies, ‘n wyntuin, uitstallings, treinritte, ‘n pretpark en nog vele meer. Kry jou stamboom en ontmoet Susan Coetzer en Jurgens Schoeman. Vir meer inligting skakel Herbert by 082 374 3416 of besoek www.op-n-stasiefees.co.za.
Die kunswerke verfraai die tuin van die Breytenbach-sentrum.
Opwindende fase wag vir die Bôrdienghuis Die Breytenbach-sentrum op Wellington se teaterkafee, die Bôrdienghuis-teater, betree ’n nuwe en opwindende fase. Christine Falck, ’n bekende kunste-praktisyn, is die nuwe teaterbestuurder van die Bôrdienghuis-teater, wat sy naam te danke het aan ’n Breyten Breytenbach-gedig. Die teater sal daarop fokus om verskillende kunsvorme in te sluit, om sodoende tot uiteenlopende gehore te spreek. Kunsfilms in die buitelug, ’n somer-konsertreeks met musieksterre, oop mikrofoongeleenthede vir jong kunstenaars, boekbekendstellings en –gesprekke, skerpskerts en komedie, filosofie-kafees, blues-aande en wynen-kos funksies is maar enkele van die dinge waarna uitgesien kan word. Die Bôrdienghuis-teater wil besoekers ook ’n heerlike kos-en-wyn ervaring bied. Daarom kry die teater ’n pizza-oond en kan gaste uitsien na uitgesoekte pizza’s, bredies en slaaie wat bedien
sal word voor vertonings. Die teater spog verder met die beste wyne van Wellington en sal wyne aanhou wat nie maklik elders te vind is nie. Een van die April-vertonings waarna uitgesien kan word, is vanaand se oop vertoning - bring jou instrument en jou stem en die verhoog is joune. Volgende Dinsdag, 26 April, tree die gewilde Blues Broers op. Besprekings kan gedoen word by besprekings@ breytenbachsentrum.co of 073 435 1022. Loer op hulle webblad, www.breytenbachsentrum.co.za, of besoek hulle op die hoek van Burger- en Malherbestraat, Wellington. Alle vertonings begin 20:00, maar die deure is vanaf 19:00 oop en almal word uitgenooi om voor die tyd solank te kom eet en kuier. Behalwe vir die oop mikrofoon en die kunsfilms wat gratis aangebied word, is die ander konserte R120 per persoon. Besprekings by Christine Falck: teater@breytenbachsentrum.co.za of 082 335 3105.
Tekkies aangetrek vir SAD se 29ste halfmarathon Op Maandag 2 Mei is dit weer tyd vir die gewilde Safari Halfmarathon op Wellington. Vanjaar is dit die 29ste wedloop wat aangebied word. Die wedloop begin by Hugenote Hoërskool en duidende deelnemers word verwag vir die utdagende wedloop of stap. Mense wat ‘n rustige staptog of korter wedloop verkies, kan aan ‘n 10km draf/stap of ‘n 5km pretloop deelneem, in plaas van die volle 21km-roete. Na afloop van die wedlope is daar musiek vir mense wat kans sien om te dans of sommer net die atmosfeer wil geniet. Kos- en drankstalletjies sal oral beskikbaar wees. Die organisasie wat vanjaar sal baat by die byeenkoms, is die Alta du Toit Nasorgsentrum in Bellville, ‘n veilige hawe vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Hulle doel is om veilige huisvesting en werk vir 220 klante te verskaf. Alle atlete wat aan die halfmarathon wil deelneem, moet registreer. Die afhaal van nommers en registrasie vind by die skool plaas en by geselekteerde Sports-
mans Warehouses (Rondebosch, Tygervallei, Canal Walk en Somerset-Wes) tussen 10:00 en 17:00 op Vrydag 29 en Saterdag 30 April. Geen afhaal van nommers of registrasie sal op die dag van die wedloop toegelaat word nie. Die eerste 10 000 atlete om te registreer, sal ‘n pretpak ontvang (dit sluit deelnemers aan die 5km uit). Die halfmarathon se inskrywingsgeld is R136.80 vir gelisensieerde atlete (ongelisensieerd R172.80). Hulle spring om 07:10 weg in Willem Basson Bouelevard. Die 21.1km-stap kos dieselfde. Die wegspring is ook om 07:10 in Blouvleiweg. Die 10km draf stap begin om 09:30 in Generaal Hertzog Boulevard. Die koste is R96.90 (ongelisensieerd R132.90). Die 5km pretdraf kos R28.50 en deelnemers spring om 09:00 in Generaal Hertzog Boulevard weg. Vir meer inligting, besoek www.safarihalfmarathon.co.za.
NUUS • NEWS WELLINGTON
9
20 April 2016
Kantoor bemark vallei vól hart en siel Halfpad tussen die stadsliggies van Kaapstad en die majestueuse berge van die Wes-Kaap, lê Wellington, weggesteek in ‘n vallei vol verrassings en verskeidenheid, vól hart en siel. Die moderne toerismekantoor is in Hoofstraat 104, reg langs die NG Moederkerk. Hier sal vriendelike toerismebeamptes jou ontvang en meer vertel van die dorp en al sy besienswaardighede. Die Bergrivier vloei langs die westelike grens met twee kleiner stroompies, die Spruit en Kromme. Aan die oostekant waak die indrukwekkende Hawekwaberge. Die Bainskloof, wat deur die beroemde Skot, Andrew Geddes Bain, gebou is, bied toegang na die noorde. Hierdie pas is gebou voor die Du Toitskloofpas. Meer Franse het hulself hier gevestig as enige ander plek in die Kaap en die vallei was aanvanklik bekend as Val du Charron – vallei
Toerisme: Suné Samuels en Jacky Harzenberg is die twee vriendelike toerismebeamptes wat bruis van entoesiasme oor hul dorp en omgewing.
Trots:
Jacques Mars is ‘n toegewyde terreinwerker by die NG Moedergemeente, een van die historiese bakens op Wellington, met ds Andrew Murray wat geslagte lank al op sy klipstoel sit en ‘n wakende ogie oor die vallei hou. Mars werk reeds elf jaar by die gemeente en hy geniet dit baie. Hy onderbreek sy tee om eers ‘n geselsie met dié courant aan te knoop. Hy vertel dat die grafte om die kerk gereeld onder vandale en grafskenders deurloop. “Mense respekteer niks meer nie,” filosofeer hy, maar dit maak hom nie mismoedig of moedeloos nie: “Ons gaan maar aan en keer waar ons kan.”
van die wamakers - die laaste buitepos vir reisigers, pioniers, setlaars en avonturiers wat die pad binneland toe wou aanpak. Daar was twee pogings om die dorp ‘n naam te gee, maar dit was eers toe Sir George Napier voorgestel het dat dit na Engeland se grootste soldaat vernoem word, dat Wellington in 1840 na die hertog vernoem is wat Napoleon by Waterloo verslaan het. "Ons verwelkom besoekers met die wete dat hulle weggaan as deel van ons steeds groeiende familie," sê die vriendelike toerisme beamptes. Die kantoor is Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 17:00 oop. Saterdag en openbare vakansiedae is hulle van 10:00 tot 13:00 oop en Sondae van 10:00 tot 13:00. Skakel hulle by 021 864 1378 of e-pos na wellingtoninfo@dlta.co.za. Die Agri Wellington-wynroete kan bereik word by wine@wellington.co.za.
NUUS • NEWS
10
20 April 2016
Promosie
Paaseiers: Malmesbury Pick n Pay het die Paasvreugde gedeel met leerders
van die Sonskynklas van die Laerskool Swartland en leerders van St Thomas Primêr. Dit is vanjaar die vierde jaar wat die personeel van dié kettingwinkel die lekkernye wegsteek en saam met die leerders hard daarna soek. Malmesbury Pick n Pay is weldoeners in die breë gemeenskap en het ook hul gewig agter die Goedgedacht Trust ingegooi.
Kampioene: Hier staan van links na regs Cather-
ine Syfers (hoogspring) Tashneem Marthinus (100m) en Curtley Dawson (spiesgooi) wat nasionale atletiek kampioene is. Hul is van Riebeeckvallei Spesiale Skool en hul het in Bloemfontein aan die SA Nasionale LSEN-atletiekkampioenskappe deelgeneem.
Moorreesburg Sakekamer: Die sakeka-
mer van dié dorp het Donderdag hul ledevergadering gehou. Hier is die voorsitter, Nicolaas Hanekom (links) saam met raadslid Marlene van Zyl en die twee sprekers, Radi van Zyl en dr. Willie Cilliers.
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT Weskus Distriksmunisipaliteit strewe na dinamiese en effektiewe dienslewering aan die gemeenskap van die Distriksmunisipaliteit. As ‘n Gelyke Indiensneming-werkgwer, beskik ons tans oor die onderstaande vakatures vir toepaslike gekwalifiseerde en ervare persone. Departement: Administrasie en Gemeenskapsdienste Afdeling: Munisipale Omgewingsgesondheidsdienste BESTUURDER: LUGGEHALTE (1 POS) ●Sentrum: Vredenburg ●Salaris: R303 548 - R394 007 per jaar (TASK Gradering 14) ●Verw: MHS29 Vereistes: ●Nasionale Diploma in Publieke Gesondheid of gelykwaardig ●Kwalifikasie en /of ervaring in luggehaltebestuur en besoedelingsbeheer word hoog aanbeveel ●Kode EB-rybewys ●Vermoë om in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer ●’n Kwalifikasie in Omgewingsvoldoening en -Handhawing vir aanwysing as Omgewingsbestuurinspekteur ingevolge NEMA ●Bestuursvaardighede ●Tegniese vaardighede ●Interpersoonlike vaardighede ●Begripsvaardighede ●Rekeningkundige vaardighede ●Rekenaargeletterdheid ●5 jaar ervaring in ’n bestuurspos. Pligte: ●Bestuur, kontroleer, koördineer en verseker die implementering van ’n doeltreffende luggehaltebeheerdiens soos beoog deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehalte, 2004 deur die toepassing van die toepaslike sleutelprestasieareas. SLUITINGSDATUM: 13 MEI 2016 OM 14H00 Benewens die salaris vermeld vir die permanente posisie en onderhewig aan sekere voorwaardes, bied die Distriksmunisipaliteit aan werknemers mededingende byvoordele, soos ‘n behuisingsubsidie, ‘n 13de tjek, meubelvervoer, lidmaatskap aan ‘n pensioen-/aftree- en mediese hulpfonds. Voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by Me. P.S. Boer by 022-433 8400 of op die webtuiste by www. westcoastdm.co.za/vacancies.html. Voltooide aansoekvorms, vergesel van omvattende CVs en gewaarmerkte afskrifte van diplomas / sertifikate / registrasies en rybewyse, moet gerig word aan Weskus Distriksmunisipaliteit, Menslike Hulpbronne: Werwing en Keuring, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Let Wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CVs sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer.Indien geen terugvoering binne 60 dae na die sluitingsdatum vanaf hierdie kantoor ontvang is nie, kan aanvaar word dat ’n aansoek onsuksesvol was. www.ursonline.co.za
URS 19144
NUUS • NEWS 20 April 2016
11
courant
tel 022 487 3221
20 April 2016
13 April 2016
Cyclist racing in Darling Brew Extreme Entries are rolling in quickly for what has become one of the most anticipated events on the Cape West Coast and on the Western Cape mountain biking calendar. The Darling Brew Extreme (DBX) is taking place on Saturday 28 May for the third year running, and so far the response has been exceptionally positive - as it has been every year since the launch of the event - with entries exceeding expectations. This year’s event sees a few developments taking place – amongst these are the introduction of some cash prizes, the involvement of several pro-riders, and excitingly, the venue for both the start and finish of the event has been moved to the newly opened, custom-built Darling Brew Tasteroom & Brewery, situated at 48 Caledon Street in Darling. The routes As per previous years DBX 2016 offers three different routes. These are the 68km Bone Crusher which departs at 7am and costs R275 per entry; the 45km Long Claw which departs at 8am and cost R250 per entry; and the 25km Slow Beer route which departs at 9am and costs R150 per entry. “Every year the exact routes differ slightly depending on the rotation of the crops currently under cultivation on the farmlands through which DBX traverses,” explains Wood. “The routes also follow the natural paths made the resident wildlife and lucky cyclists may be fortunate enough to have a close encounter with one of the areas indigenous fauna.” For more information on Darling Brew Extreme 2016 or to book visit http://www. darlingbrew.co.za/mtb/mtb2016.html.
NUUS • NEWS
SPORT
dié
12
Sportuitslae Sports results Hokkie Malmesbury Hokkieklub Milnerton 3-2 Malmesbury Mandalay 0-5 Malmesbury
Gholf Malmesbury Gholfklub
Skiet:
Die Swartland Jag en Veldskietklub het Saterdag buite Riebeek-Kasteel die visier aangelê. Bo is Sean Steyn besig om te korrel voor hy die sneller trek.
Woensdag Sundowne - 13 April Enkel Stableford Appie van der Merwe 22; Jacobus Snyders 21; Wikus van der Merwe 21; Llewelyn Lloyd 20; William Matthysen 20. Vrydag Sundowner - 15 April Enkel Stableford Frans Destroo 20; Appie van der Merwe 20; George Prinsloo 19; Lieb Liebenberg 19. NG Swartland Gholfdag - 16 April Beterbal Stableford Ewan Liedeman & Ian Adams 50; Michael Julies & Franklin Beukes 49; Dick Ross & Heinrich Pieters 46; Marthele Neethling & Steyn Neethling 45; Len Kruger & Kobus Myburgh 45; Jaques Smit & Lieb Liebenberg 44; Andre Schillig & Lawrence Barlow 44; Lindsay Meyer & William Matthysen 44 ; Billy Howberg & Edmund Petersen 44.
Sportdagboek Sports diary
HouwHoek MTB Tour 30 April - 1 May: Hermanus; http://www. mtb-adventures.co.za/mtb-events/houw-hoektour/#overview.
Laduma:
Saterdag het die sokkersterre van die Swartland hul slag gewys in die jaarlikse Buildit Sokkerdag. Hier ding 12 o.13-spanne mee om deur te dring na die eindstryd. Die spanne van Chatsworth Primêr en Kalbaskraal het die finaal gehaal. Nadat speeltyd verstreke was met die telling gelykop met 3 elk en moes ekstra tyd gespeel word. Chatsworth het gewen met 4 doele teenoor 3. Die dag word nasionaal deur meer as 300 Buildittakke angebied.
Gravel Travel 7 May: Wellington; http://www.graveltravel.co.za Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www.pedalpower.org.za/ events/pedal-power-association-77/ AmariderBikehub 100miler/50miler 21 May: Malmesbury; www.dirtopia.co.za Darling Brew Extreme 28 May: Darling; http://www.darlingbrew.co.za/mtb/ mtb.html Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www.pedalpower. org.za. Gravel & Grape MTB stage race 6-8 May: Breederkloof Valley; gravelandgrape.com
Netbal: Die o.16A en o.19A-netbalspanne van
die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het gedurende die vakansie 'n suksesvolle toer na George gehad. Die o.16's het skoonskip gemaak en die trofee in hul afdeling gewen met oorwinnings teen Outeniqua, PW Botha, Fourways, Collegiate en gelykop gespeel teen Girls High. Die o.19's het afgereken met PW Botha, Fourways, Bredasdorp, Grens en Girls High o.17A.
2950 CELEBRATE
Carling Black Label 24 x 340ml Non-returnable Bottles or 24 x 330ml Cans Per Case
MORE FOR LESS
179
R
59 9250
Red Square Ice Assorted 6 x 275ml Non-returnale Bottles Per pack
R
Drostdy Hof Adelpracht 750ml
R
145
R
79
Sour Monkey Apple or Berry Spirit Cooler 750ml Each
R
179
1504876_100 x 260
PRICES VALID 21 - 24 APRIL 2016
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, STELLENBOSCH SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Olof Bergh Brandy 750ml
Captain Morgan Black Label Dark Rum 750ml
Johnie Walker Red LabelScotch Whisky 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1504876_Vredenburg_Liquor_10x8.indd 1
2016/04/15 9:12 AM
courant
dié
20 April 2016
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
13
Wellington
NUUS • NEWS Spesiale Uitgawe
20 April 2016
Uitgawe 366
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Almé reg vir opleiding by NASA
Almé Engelbrecht, ‘n graad 11-leerder aan die Hugenote Hoërskool op Wellington, se kop is tussen die sterre. Sy is een van net 50 leerders van regoor die wêreld wat gekies is om ‘n NASA-opleidingsprogram by hul "Space School" in Amerika by te woon. Sy vertrek 15 Julie en keer weer 1 Augustus terug. "Ek is baie opgewonde. Dit sal seker insink as ek op die vliegtuig sit," sê Almé. Links is sy saam met haar ouers, Roeline en Vaatjie op toer deur Parys.
• opvoedkunde in DR. le Cordeur se visier
Taal bruis in sy are Een van Wellington se goue seuns waarop die dorp met reg trots is, is Michael le Cordeur, deesdae ‘n doktor in Kurrikulumstudie. Vandag loop hy met vaste tred in die voetspore van die dorp se opvoedkundiges. Hy is hoof van die Departement Kurrikulumstudie aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy Afrikaansonderwys doseer op voor- en nagraadse vlak en verskeie Meesters- en doktorale studente suksesvol begelei het. Dr. le Cordeur is ‘n gerespekteerde akadamiese outeur en sy jongste boek vir studente, ‘n Gids vir Beginnernavorsers, het pas by Van Schaik verskyn. Tans werk hy aan sy groot droom: ‘n omvattende navorsingsboek - Die Bydrae van die Bruinmense tot Afrikaans. Veertig skrywers, akademici, kerkleiers en gemeenskapsleiers is mederskywers aan hierdie boek waarvan hy optree as die uitgewende redakteur. Le Cordeur is die medeskrywer (saam met Marlene le Roux) van Die Klopse van Wellington, 100 jaar se onvertelde stories wat gelei het tot twee feesproduksies in 2014. Sy handboek vir universiteitstudente, Afrikaanse Metodiek deur ‘n nuwe bril, het in 2014 by Oxford Univarsity Press verskyn en hy het in 2015 ‘n hoofstuk gelewer in Naspers se eeufeesboek oor Die Bydrae van Bruinmense tot die Afrikaanse Media. Hoofstukke in twee verdere boeke: Mnr. Mandela se bydrae tot die Afrikaansonderwys ,onder leiding van prof Crain Soudien van die UK, en Kaapse Afrikaans in die Onderwys, saam met proff Frank Hendricks en Charlyn Dyers van die UWK, verskyn eersdaags.
Dr. Michael le Cordeur (nog 'n foto op bl 6). Sy navorsing en publikasies handel oor leerders se lees- en skryfvermoë; taalbeleide; moedertaalonderrig en taalidentiteit. Hy is ‘n produk van Pauw Gedenk Laerskool en Bergrivier Hoërskool en lid van die klas van 1976 wat matriek onder uiters moeilike omstandighede moes voltooi. Die voormalige taalonderwyser aan Bergrivier Hoërskool, was ook adjunkhoof van Weltevrede Sekondêr, skoolhoof van Kylemore Hoërskool, en kringbestuurder van onderwys op Stellenbosch. Hy behaal ‘n doktorsgraad (PhD) in Opvoedkunde (2004) asook ‘n meestersgraad (M.Ed) in Afrikaanse Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy verwerf ook grade aan die
Universiteit van Wes-Kaapland (Hons-BA, HOD), UNISA (B.ED) en ’n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch. Hy het onder meer al lesings gelewer aan die universiteite van New York, Hong Kong, Parys, Brussels, Den Haag, Istanboel, Berlyn, Kopenhagen en Warschau. Dr le Cordeur het die Wes-Kaapse Taalkomitee vir twee termyne gelei en is mede-opsteller van die Wes-Kaapse Taalbeleid. Hy is ‘n vorige voorsitter van die Breytenbach-sentrum en ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum. Hy is ‘n direksielid van die ATKV, die SBA en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en is onlangs verkies tot die uitvoerende komitee van die US se Konvokasie. Dr le Cordeur was maar net 16 toe sy leierskapsvaardighede raakgesien is en hy Suid-Afrika by die Wêreld Jamboree vir Padvinders verteenwoordig het in Noorweë. Le Cordeur was ‘n kranige rugbyspeler vir Roslins en krieketspeler vir Sussex en Bergrivier. Later is hy 18 jaar die voorsitter van Sussex en Boland USSASA Hoërskole en sekretaris van Wellington Rugby-unie. Dr le Cordeur het al die Premierstoekenning (1997) en die Kanseliersmedalje vir buitengewone prestasie op die gebiede van navorsing, onderrig en gemeenskapsinteraksie ontvang. Hy kweek ook krisante, ‘n kuns wat hy by sy vader, Michael Snr, geleer het. Sy blomme staan tans in blom en hy maak gereed om aan die skou se eeufees deel te neem op 7 Mei. Hy sê hy het sy liefde vir die taal by sy ma, Sylvia, geëerf.
dié courant nou op Wellington op versoek Landbou, sake, kultuur, skole en sport het deur die jare noue bande gesmee tussen die gemeenskappe van die Swartland en die aanliggende Wamakersvallei. Die Riebeekvallei met Hermon en omgewing word as Swartland beskou, terwyl dele daarvan lank reeds in die Drakenstein Munisipaliteit ingesny is. Ook is Hugenote vir talle inwoners van dié vallei hul hoërskool. Ná herhaalde versoeke van Wellingtoners bring dié courant vandag 'n spesiale Wellington-uitgawe met Wellington-nuus, waarvan 'n deel ook in die Swartland en Weskus gedra word. dié courant het nege jaar gelede die eerste keer in die Swartland verskyn en sedertdien, met die ondersteuning van die gemeenskap, gegroei tot die grootste onafhanklike gemeenskapskoerant wat weekliks in die Wes-Kaap versprei word. En dít met Goeie Nuus. Hierdie spesiale Wellington-uitgawe volg op 'n spesiale Bergrivier-uitgawe wat twee jaar gelede op Piketberg en Porterville uitgegee is en sedertdien gereeld daar versprei word. WEN: dié courant se span is met ope arms op Wellington ontvang en daarvoor is ons die gemeenskap groot dank verskuldig. As dankie-sê, kan twee gelukkige lesers elkeen R500 kontant losslaan. Gaan "Like" dié courant se facebook-blad en stuur 'n "inbox"-boodskap met u naam, telefoonnommer en ouderdom om in aanmerking te kom vir een van die twee pryse. Vir algemene en sportnuus kan julle ons joernalis, Susan Botha, skakel by 022 487 3221 of e-pos na susan@diecourant.co.za. Die advertensies word deur Marietjie Nel behartig. Skakel haar ook by 022 487 3221 of per epos by marietjie@diecourant.co.za.
NUUS FOKUS• •NEWS FOCUS
614
20 April 2016
Toetsveldtog vir Afrika Perdesiekte gaan voort
Gesin:
Dr. Michael Le Cordeur is getroud met Sonia (regs), ‘n Afrikaansonderwyseres aan die Hoërskool Bergrivier. Die egpaar het twee kinders: Mischke (wat die Hons.B.Comm in Bemarking verwerf het en tans by Protea-hotels in Seepunt se hoofkantoor werk) en ‘n seun, Estéve (tans ‘n Hons-student).
Elvis Blue by Hugenote Die Hugenote Hoërskool en ‘n paar skoolkore snoer talent saam om vanaand en moreaand ‘n opwindende konsert met die gewilde Elvis Blue en sy orkesWellington aan te bied. Die konsert begin om 19:00 in die NG Moederkerk op die dorp. Elvis Blue het die afgelope paar jaar ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword en noukan Wellingtonners hom op hul dorp sien optree. Die gasheerkoor is die Hugenote Hoërskoolkoor onder leiding van Johann Enslin. Ander kore op die program is die kore van Hugenote Laer, Noord-Eind en Hugo Rust. Kaartjies is R90 per persoon by Hugenote Hoër.
Minister Winde saam met Lodewikus Hanekom en dr. Gary Buhrmann, hoof staatsveearts: Boland, Wes-Kaapse Departement van Landbou. Veeartse in die Wes-Kaap het vinnig gewerk om die provinsie se multimiljoen rand perde uitvoerbedryf te beskerm teen die verspreiding van Afrika Perdesiekte (APS). Alan Winde, Minister van Ekonomiese Geleenthede het verlede week die Paarlse plaas waar ‘n perd dood is van die siekte, Schoongezicht, besoek. Die eienaar van die plaas, Lodewikus Hanekom, het nog nege perde, die meeste Arabiere. Hy gebruik twee vir uithouritte. Nie een van die ander diere het positief vir APD getoets nie. “Nadat APS bevestig is, het veeartse onmiddellik met ‘n veldtog begin om diere te toets. Tot dusver is 70 perde in die omliggende gebied getoets en ons sal voortgaan totdat ons seker is daar is geen ander geaffekteerde perde in die area nie. Tot dusver het al die perde negatief getoets,” het Winde gesê. “Beperkings op beweging sal in plek bly vir minstens 40 dae na die laaste bevestigde geval, sou daar meer wees. As daar meer gevalle is, sal die beperkingstyd verleng word. “Ons beef die bedryf word hierdeur geraak en daar is ‘n impak op die bedryf en dat skoue moontlik gekanselleer sal moet word. "Die maatreëls is nodig om ons perde uitvoerbedryf te beskerm, wat sowat R250 miljoen per jaar beloop.” Minister Winde het ‘n beroep op perde-eienaars gedoen om die nodige maatreëls te tref om hul perde te beveilig. “APS word deur die by van midges…. versprei en ons moedig boere aan om hul perde op stal te hou van twee ure voor sononder tot twee ure na sonsopkom om die risko dat die draer van die
siekte kontak met die perde het, te verminder. “Verder versoek ons boere om ‘n geregistreerde insekweerder te gebruik gedurende die draers se voedingstye. Op die oomblik word inenting teen Afrika Perdesiekte nie binne die APS waarnemingsone toegelaar sonder spesiale toestemming van ‘n staatsveearts nie,” het die Minister gesê. Die inperkingsone is soos volg: Die oostelike grens volg die grens van die APS waarnemingsone van Gordonsbaai langs die Limietberge tot by die bergreeks by Gouda, Hervandaan strek die grens weswaarts langs die R46 deur Hermon, Riebeel-Kasteel na Malmesbury. Die westelike grens van die sone volg die N7 tot waar dit by die N2 aansluit. Die N2 dien as die suidelike grens tot by die oostelike grens by Gordonsbaai. Paaie wat die grense van die sone opmaak, is nie by die beweginsbeheer ingesluit nieen vervoer van perde op hierdie paaie word toegelaat. Minister Winde sê die Wes-Kaap het maatreëls in plek in die provinsie se status as ‘n Afrika Perdesiekte-vrye sone, te beskerm. Dié maatreëls sluit in dat alle perde wat die provinsie APS beheerde gebied binnekom, 14 dae in ‘n stop-kwartyn fasiliteit deurbring. Enige eienaar binne die beheerde sone wat simptome by perde opmerk, soos onverklaarde koors, swelling van die kop en nek ne moeilike asemhaling, behoort die geval aan ‘n staatsveaarts aan te meld. Besoek www.elsenburg.com vir die kontakbesonderhede van die betrokke staatsveearts. Permitaansoeke kan aan dr. Camilla Weyer by equineresearchcentre@gmail.com gerig word.
Gouda vertel sy stories Die Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, het Maandag amptelik die Mondelinge Geskiedenisprojek op Gouda in die Drakenstein Munisipaliteit geopen. Die Departement het in Desember met die inisiatief begin en die doel is om unieke stories van gemeenskappe in die Wes-Kaap op te neem en te bewaar. Die projek gee gemeenskapslede en sportle-
Swem: Emma
Crous van die Hugenote Hoërskool op Wellington het aan die SA Level 1 Swemkampioenskap deelgeneem by die UWK-swembad waar 37 klubs meegeding het. Sy het ‘n silwer medalje in die 100m vryslag verower en vier goue medaljes vir onderskeidelik die 200m vryslag en die 50m, 100m asook 200m rugslag.
gendes geleentheid om hul persoonlike stories met mekaar te deel. Minister Marais het ‘n beroep op alle burgers gedoen om hul stories by deelnemende bibioteke te deel. “Deur ons storie te deel, bevorder ons sosiale insluiting. Ons verseker ook dat persoonlike geskiedenis en ondervings bewaar bly binne gemeenskap en die regering, sodat toekomstige geslagte hulle erfenis kan vier.”
NUUS • NEWS WELLINGTON
157
20 April 2016
Dagboek • Calender
Open Mic 20 April – By die Bôrdienhuis-teater, Breytenbach-sentrum. Deure open om 16:00. Gratis. Besprekings is nodig. Bring jou instrument en jou stem en die verhoog is joune. Besprekings@breytenbachsentrum.co.za of 073 435 1022; www.breytenbachsentrum.co.za; h/v Burger- en Malherbestraat, Wellington.
Wellington. Enquiries at 083 250 3127 or 021 873 6242. Visit www.quentialpacas.co.za or www. capealpacaproducts.co.za.
Angs- en Depressie Ondersteuning 20 April - Die bekende psiagiater dr. S.T. Potgieter praat oor jou "Bucket list" by die ondersteuningsgroep se byeenkoms om 19:15 in die Martha-saal op Wellington. Hy sal ook sy nuwe boek, Sirkel van die Noodlot, bekend stel. 'n Groep mense van Malmesbury besoek ook die groep vanaand. Bywoning is gratis. Navrae kan gerig word aan Petro Greeff, 021 873 4688 of 072 709 8000.
Tien jaar bestaansdiens 30 April - Gethsemane Missions Abbotsdale vier sy 10-jarige bestaan om 15:00 in die kerksaal in Skoolstraat. Navrae: Herzil Sedeman, 078 695 0297.
Korefees 21 Apri - Die Frank Pietersen-Musieksentrum hou 'n korefees in die Paarl Toringkerk. Dit begin om 19:00 en kaartjies kos R30 elk. Kore van die Paarl en omliggende streke sal aan 'n massakoor deelneem. Navrae by 021 872 2123/4 gedurende kantoorure.
Gravel Travel MTB 15 May: Kleinevalleij, Wellington. Distances: 50km; 25km http://www.graveltravel.co.za
Suider-Paarl Basaar 22 April – Die NGK Suider-Paarl hou basaar van 11:00 tot laat. Blues Broers 26 April: Die gewilde Blues Broers tree by die Bôrdienghuis-teater op. Begintyd is 20:00 en toegang beloop R120 per persoon. Besprekings@breytenbachsentrum.co.z of 073 435 1022; www.breytenbachsentrum. co.za; h/v Burger- en Malherbestraat, Wellington. National Alpaca Day 30 April - At Quenti Alpaca & Mill. Mill and barn tours (free) between 10:00 and 16:00. Visit the studio and coffeeshop. Klein Limietrivier Farm, Palmietvlei Road,
Bergrivier Reünie 30 April - Bergrivier Sekondêr se 1995-matrieks beplan 'n funksie. Skakel Fran by 082 551 2801 met navrae.
Jongduifskou Malmesbury 7 Mei- Dié skou is van 09:30 tot 15:00 in die Malmesbury stadsaal. Toegang is gratis. Navrae: Cassie Carstens (082 670 2228) of Marlene Carstens (082 952 9506),
Exhibition UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za. Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun. co.za/wellington.
Uitstalling:
Hierdie reisende uitsalling van die oorspronge van isihweshwe is ontwikkel deur Iziko Museums en kan op die oomblik by die Wellington Museum gesien word. Dit is gegrond op die uitstalling The Ishweshwe story: material women, ontwerp der die Iziko Geskiedenisdepartement en moontlik gemaak deur die skenking van 'n groot versameling materiaal en verwante artefakte, asook prentjies, deur dr. Juliette Leeb-duToit. Regs staan Shandré Marais by een van haar gunsteling-poppe.
Museum propvol stories van mense en vallei Die pragtige Wellington museum is 'n baken in die hoofstraat van hierdie Bolandse dorp. Die Kaapse Wynlandse is nie net propvol wonderlike wynlandgoedere nie, maar daar is ook 'n klomp geskiedenis en stories wat mense sal boei en vermaak. Die Wellington Museum is 'n plek waar besoekers fantastiese voorbeelde van geskiedenis en stories oor die omgewing kan beleef. Daar is 'n groot getal aartefakte in die museum wat strek van 'n verskeidenheid van Afrika-kulture, items uit die Steentydperk, tradisionele items van Sotho en Tswana kulture, musiekinstrumente en juweliersware. Besoekers sal selfs Egiptiese artefakte hiervind wat terugdateer tot so ver as 1375BC, in die tydperk van koning Akhenaten. Ontdek hoe Afrika en die Weste bymekaar gekom het en die bande met Engeland, Skotland, Frankryk en die Nederlande ontstaan het.
Wellington is een van die plekke waar die vryburgers uit die Nederlande en die die Hugenote vlugtelinge plase ontwikkel het. Hier kan jy ook meer uitvind oor pioniers soos Andrew Murray wat die Hugenote Seminarie begin het en Andrew Geddes Bain wat die eerste pad oor die Limietberge en ook Bainskloofpas gebou het. Die museum is Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00 oop, Van Maart tot September is hulle Saterdae met sfspraak oop, vir groepe meer as 25. Van Oktober tot Februarie is hulle van 09:00 tot 13:00 oop. Op openbare vakansiedae maak hulle oop op afspraak vir groepe groter as 25. Die toegangsure kan sonder enige voorafkennisgewing verander. Kontak hulle by 021 873 4710.
courant
dié
16
NUUS • NEWS
wellington SPORT
tel 022 487 3221
20 April 2016
20 April 2016
Blackies:
Hugenote Hoërskool se spanne het Saterdag in hul kragmetings teen Hermanus gemengde welslae behaal. Die tellings van die senior A-spanne was netbal: 30-27; seunshokkie: 0-0, rugby: 21-19 en meisiehokkie 0-1. Hier voer Hugenote se o.19A-skrumskakel, Marcello Perrang, die bal vir sy agterlyn.
Trui-oorhandiging deur Hawies Fourie (voormalige Boland Kavaliers afrigter) aan die Boland Kavaliers te DGB, Wellington, voor Boland se wedstryd teen die Oostelike Provinsie Kings.
•boland bo
Sege vir Kavaliers oor Kings Die Boland Kavaliers het Saterdag hul segetog voortgesit toe hulle die Oostelike Provinsie Kings met 37-18 kafgedraf het in die Boland Stadion opWellington, in ‘n Curriebeker-kragmeting. Dié sege het aan die Kavaliers hul tweede bonuspunt-oorwinning in twee Curriebeker-wedstryde verseker. Die oorwinning was oortuigend, maar dit was nie volmaak nie. Die Kavaliers het rustyd met 17-11 voorgeloop en lewe vir hulself moeilik gemaak deur die bal telkemale vanuit hul kwartgebied te probeer hardloop, in plaas daarvan om die kantlyn op te soek. Nietemin het die tuisspan steeds te veel skietgoed gehad vir die Kings om enige vorm van ‘n bedreiging te bied. Die slot, Ockie van Zyl, het Boland se eerste drie gedruk, waarna die haker, Chadley Wenn, die tweede drie in die eerste helfde gedruk het. Die heelagter, Nico Scheepers, het albei die drieë verdoel en ook ‘n strafdoel in dié helfte bygevoeg. Hierteenoor het Somila Jho vir die Kings ‘n vyfpunter behaal, met Courtney Winnaar wat in die kol was met twee strafdoele. Boland se onderkaptein, die agtsteman Zandré Jordaan, het die Kavaliers se eerste drie in die tweede helfte gaan druk. Scheepers het nóg ‘n strafdoel bygevoeg het om die telling na ‘n amper-gerieflike 25-11 vir Boland te strek. ‘n Verdoelde onderskepdrie deur die Kings se Winnaar, het die telling egter na 25-18 laat krimp en vir ‘n paar minute moes die Kavaliers hul keer ken. Boland het sterk teruggeslaan met twee drieë deur die veteraan vleuel, Danwell Demas, om sodoende ook die bonuspunt in te palm. • Eerskomende Vrydag 22 April kom die Kavaliers teen die Pumas te staan in Nelspruit, in wat beloof om ‘n taai tweestryd te wees. Dié wedstryd skop om 19:00 af.
Stuur jou klub se uitslae na susan@diecourant.co.za voor Maandag 17:00.