courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Bergrivier
dié
1
19 Augustus 2015
Uitgawe 334
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Beste Jongwyne aangewys Darling Cellars het vanjaar koning gekraai met hul Sauvignon Blanc/Semillon gehout by die Swartland Jongwynskou en die gesogte Absa Groot Kampioen-trofee hiermee ingeoes. Die Kobus Basson Kampioen Pinotage-trofee is aan Cloof toegeken. Riebeek Cellars het die CJP Chemicals Chenin Blanc-trofee gewen, terwyl Pulpit Rock die Gert Kotze Kampioen Shiraz-trofee huistoe geneem het. Die Kaap Agri Kampioen Natuurlike Soetwyn is aan Riebeek Cellars toegeken. Die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar is aan Pulpit Rock toegeken vir hul Petit Verdot gehout. Hulle het ook die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar vir hul Grenache Blanc ingepalm. Pulpit Rock se Petit Verdot gehout is vereer met die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn-beker. Darling Cellars het ook die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn-prys gewen. Hier is die trofeewenners: Riaan van der Spuy (Pulpit Rock), Haumann Brink (Pulpit Rock), Zakkie Bester (Riebeek Cellars), Van der Byl Brink (Pulpit Rock), Pieter-Niel Rossouw (Darling Cellars), Eric Saayman (Riebeek Cellars), Temba Msito (Riebeek Cellars). Voor is Francois Duckitt (Pulpit Rock), Jody Johannes (Cloof), Maggie Venter (Darling Cellars) en Wouter Loubser (Riebeek Cellars).
• kamer help mense om heel te word
‘Moenie stilbly’ “Die bedoeling is dat almal sonder vrees kan stap, kan leef. Ons het as ‘n nasie soveel bereik, ons is ‘n demokrasie,” het Andrew Anthony, die hoofbestuurder van BAC (Business Against Crime) by die bekendstelling van die opgeknapte Slagoffer Ondersteuningskamer op Malmesbury gesê. “Tog lyk dit soms of misdaad ‘n onkeerbare monster geword het wat ons gemeenskap opvreet. Dit was nooit die bedoeling nie.” BAC, in samewerking met die polisie en met Spar as hoofborg, is op die oomblik besig om slagofferprojekte in die Wes-Kaap te besoek en op te gradeer. Malmesbury was die 45ste projek wat besoek is. Anthony het verwys na die wêreldwye opslae in die media nadat Cecil die leeu geskiet is: “Is ‘n leeu van meer waarde as ‘n vrou? Ek sou graag wou sien dat die wêreld, en Suid-Afrika, hulle stemme laat hoor oor misdaad teen vroue en kinders. “Stilbly is ons grootste misdaad. Ons moet
die oortreders begin aanspreek. Praat, moenie bang wees nie, noem die oortreders by die naam.” Des Möller, mede-eienaar van Malmesbury Superspar, sê mishandeling breek mense in stukkies. “Mense breek soos ‘n legkaart, in duisende stukkies. Die slagofferkamer help om hierdie legkaart weer bymekaar te sit. “Dit is hartseer om in só ‘n projek terug te ploeg, maar terselfdertyd is dit lekker om die uiteinde te sien: ‘n mens wat weer kan aangaan met die lewe.” Generaal-majoor Thembisile Patikele, waarnemende polisie-kommissaris vir die Wes-Kaap, het beklemtoon dat dit belangrik is dat mense veilig voel. “Dit is nie moontlik sonder die hulp van die besigheidsektor en gemeenskap nie. “Ons moet gaan dink hoekom misdaad gepleeg word. Die mees algemene redes is as gevolg van die misbruik van dwelms en alkohol, asook die behoefte aan geld om dit te bekom.
“Dan is daar huishoudelike geweld en ook mishandeling van bejaardes. Genl Patikele het sy kommer oor ouer mense met die gehoor gedeel: “Dit is nou tyd dat ons na hulle moet kyk. Goeie ouerskap sal dit verseker.” Hy meen dat armoede nie ‘n rede vir misdaad is nie. “Ons moet ons kinders aanmoedig om vorentoe te gaan en nie in misdaad te verval nie. “Ons as mans moet met die oortreders praat,” het hy gesê en toe die mans in die gehoor gevra om op te staan en saam met hom te verklaar: “Ons as mans sal nie toelaat dat mishandeling plaasvind nie. “Laat ons in die gees van Ubuntu met die jong mans gaan praat: ‘n Mens is ‘n mens deur ander mense.” Cynthia Slingers, voorsitter van die Slagofferondersteuningsgroep, het die traumaberaders, SAPD en besighede bedank met ‘n aanhaling van Moeder Theresa: “’n Lewe wat aan ander gewy word, is ‘n lewe wat werd is om te leef.”
NUUS • NEWS
19 Augustus 2015
NUUS • NEWS
2
19 Augustus 2015
• STUDIEGROEPE BEKYK
‘Ons moet deel met mekaar’ Astro:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se astro-baanprojek vorder fluks en die siviele werke van die Swartland Munisipaliteit is nou amptelik afgehandel. Agter is Johan Venter (Swartland Munisipaliteit), Jacques Snyders (SKCM Engineers), Dirk Marais (skoolhoof) en George Sabbagha (oud-onderwyser en hokkie-afrigter). Voor is Herman de Jager (Wezan) en Freek Stander (Hoërskool Swartland).
Gesellig:
Graham Willers, Adi Badenhorst en Pieter Stoffberg. Landbouers moet erns maak met studiegroepe, het Koot Claassen, voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging verlede week by die jaarvergadering van die Wingerdstudiegroep gesê. “Dit gee boere die geleentheid om in te skakel in die bedryf waarmee hy hom elke dag besig hou. ‘n Studiegroep is suiwer daar om die betrokke bedryf na te vors, volhoubaar te maak. “Die doel is om u kennis te verbreed, sodat u ‘n leidende rol kan speel in die bedryf,” het hy gesê en bygevoeg: “Landbou is nie ‘n toeboekbesigheid nie. Ons moet deel met mekaar.” Hy het boere ook bemoedig: “Moet jou nie bekommer oor kwessies soos grondhervorming nie. Gaan voort. Met passie sal jy kán voortgaan. Die spreker was Adi Badenhorst, wynmaker en betrokke by Swartland Independent en Swartland Revolution. Hy het met nostalgie en passie vertel van Swartland Independent: ‘n groep kleiner Swartland kelders wat die storie van die Swartland en wyn wil vertel. “Kyk na Europa – hulle vertel die storie van wyn oor 1300 jaar. Dit sluit die mens en grond in,” verduidelik hy. “Hier fokus ons te veel op klimaat, ons skei die mens van die grond. Ek is oortuig daarvan
dat jy die mens in die wyne kan proe.” Hy het ook vertel van die Swartland Revolution, wat vyf jaar gelede begin is en verduidelik dat dit glad nie oor Swartland-wyne gaan nie. “Ons wou kyk na die beste wyne in die wêreld wat wynmakers inspireer.” Die gedagte was om so 400, 500 mense die geleentheid te gee om oor twee dae ongelooflike wyne te proe. Dit was in 2010. In 2011 was die kaartjies binne ses weke uitverkoop. “Vanjaar is alles binne twee minute uit en ons het 190 mense op ‘n waglys.” Badenhorst is duidelik trots en lief vir die Swartland: “Ek praat uit die oogpunt van iemand wat elke dag die Swartland bemark. Mense soek oorspronklikheid, hulle soek die storie agter die wyn – en waar beter as hier om dit te doen. “Ek bly positief oor ons land en die Swartland. Geen ander streek kry soveel publisiteit as die Swartland nie.” • Die nuwe bestuur van die studiegroep is: Pieter Stoffberg, Graham Willers, Thys Basson, Willem Bester, DB Rust, Tobie Basson, Henk Geyser, Liam Viljoen, Barry Dürr, Hennie Rossouw, Johan Kellerman, Jaco Basson, Gawie Lambrechts, Mike Bester en Konnie Bestbier.
VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL, MALMESBURY
TRADESMAN AID REMUNERATION: R78 156 PER ANNUM
SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate experience
in carrying out maintenance tasks. Inherent requirements of the job: Valid (Code B/EB) driver’s licence • Ability to handle workshop tools • Physically able to do hard manual labour • Willingness to work overtime and standby duties. Competencies (Knowledge/skills): Ability to read and write instructions • Good communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape. Duties (key result areas/outputs): General repairs and collect/deliver equipment/items • Assist with mechanical, electrical and plumbing duties • General maintenance and installation • Assist with carpentry duties • General cleaning duties • Provide general administration and provide support to the Supervisor.
Riebeek United klop Dorings
Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Enquiries: Mr CA Vermaak, tel. 022 487 9226 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS C JULIUS TO THE MANAGER: MEDICAL SERVICES, SWARTLAND HOSPITAL, PRIVATE BAG X2, MALMESBURY 7299. INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.
Trauma-kamer:
Die lint word geknip by die opgeknapte trauma-kamer by die Malmesbury SAPD. Van links staan senior superintendent Neels Nilsson (stasiekommissaris), Andrew Anthony (die hoofbestuurder van BAC, Business against Crime), Des Moller, mede-eienaar van Malmesbury Superspar en generaal-majoor Thembisile Patikele, waarnemende polisie-kommissaris vir die Wes-Kaap. Sien berig op bl 1.
Closing Date: 11 September 2015 124353 COURANT ayandambanga.co.za
Riebeek United het Saterdag op Malmesbury teen Die Dorings gespeel. Riebeek United het die wedstryd goed begin deur die bal te behou en met goeie samespel het Janquin Kriel ‘n goeie drie gedruk. Riebeek het baie geleendhede laat glip deur hanteerfoute, maar was nogtans 17-9 voor met rustyd. Indie tweede helfde het Riebeek aangehou storm, en soos ‘n eenheid begin speel. Reinhardt Lameyer het weer eens voor gevat en ‘n pragdrie gedruk. Riebeek United het die wedstryd met 43-15 gewen. Riebeek United se tweede span het ook geseëvier met 40-0.
NUUS • NEWS
3
19 Augustus 2015
Beste:
Die Malmesbury Veediefstal Eenheid is pas die vierde keer deurAgri Wes-Kaap as die beste eenheid in die Wes-Kaap aangewys. Die eenheid het die afgelope boekjaar 1561 sake ondersoek en vee ter waarde van 1,4 miljoen rand teruggevind. Hier is die span met die BKB-wisseltrofee. Voor hurk speursersant Jaco Roestof, s/sers Khotekile Ngoma en s/adjoff Abe Abrahams. Middel: Viro Williams (admin klerk), s/adj-off BD Adams, Bongiwe Seroto (skakelbord beampte) en die eenheidsbevelvoerder, speurkapt Theuns Carelse. Agter: s/adjoff Trompie Koegelenberg, s/adj-off Patrick Solomons, s/adj-off Rudie Lourens en s/adj-off Dirkie Coetzee.
• lewe is ‘n belofte in vervulling
Ouma Sanna vier 105 jaar
Viering: Ouma Sanna Springer (voor regs) saam met haar familie. By haar sit haar dogter, Pauline Stevens (65) en in die middel is haar agterkleindogter, Fabiola (5). Agter is haar kleinseun, Abraham, en haar twee skoondogters, Sophia en Patricia. Regs: Abraham en sy ouma by die pragtige koek wat hy vir haar verjaardag bestel het. God het my so oud gemaak. Só het mev Sanna Springer, of Ouma Sanna soos almal haar noem, op die vooraand van haar 105de verjaardag aan dié courant gesê. "Daar is nie ‘n spesiale resep nie, net dankbare aanvaarding." Ouma Sanna woon by haar kleinseun, Abraham Springer in Sonneblomstraat, Moorreesburg. Hier versorg haar skoondogter, Patricia, haar die afgelope 29 jaar. “Ek is net dankbaar vir die krag wat ek van Bo ontvang om dit te kan doen.” Mev Springer se gedagtes is nog helder, maar sy sien moeilik en haar bene is verswak. Abraham het vertel van die spesiale partytjie wat hy vir sy ouma beplan: “Dit is my voorreg om eer aan haar te bewys. "In die jare wat ek in die gevangenis was, het die Here my vry gemaak en ek het besef watter
voorreg ek het om haar nog by my te hê. Ek wil hê sy moet weet die Here is lief vir haar.” Hy beskryf haar hoë ouderdom as ‘n “genade-kans” en haal Efesiërs 6 aan: `Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam in die Here, want dit is wys. Eer jou vader en jou moeder – dit is die eerste gebod en ‘n belofte – sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde'. “Ouma se lewe is God se belofte in vervulling.” Ouma Sanna is op Moorreesburg gebore as ‘n nooi Stevens en hier het sy ook haar man, Hermanus, ontmoet. Hy het vir Tiger Oats gewerk en is reeds meer as 30 jaar oorlede. Ouma Sanna het jare as huishulp gewerk. ‘n Spesiale koek en vleisbraai was deel van die viering, asook ‘n biduur met ds Lysander Prins van haar geliefde NG-kerk.
NUUS • NEWS
courant
19 Augustus 2015
dié
4
Riebeek-Wes RiseUp presteer
Interskole laat die hart bons
Dis interskole-tyd in die Swartland en Bergrivier. Of jy nou 'n Zebra, 'n Bul, 'n Rockie of wat-ookal is, maar skree sal jy jou hees skree om jou span te ondersteun. Die uwe is self 'n oud-HSS'er en het ook in hierdie gange gewandel, sport beoefen en sommer stoutighede aangevang. Interskole is en was en sal altyd een van die hoogtepunte in enige skolier se skoolloopbaan wees. Dit het die leerders van Wesbank en Dirkie Uys hierdie naweek weer met hul interskole ervaar. Vir daardie week dink jy alles is wonderlik. Jy en jou skool is die beste en niemand is so goed soos julle nie. En dit hoort so. Ma's en pa's ondersteun ewe hard saam aan hul kinders se sportspanne en is saam langs die veld om ondersteuning te bied. Die dorpe is vol lof vir die spanne en skole en dit is 'n riem onder die hart om te sien hoe skolesport nog gemeenskappe kan bind. Op die groot dag loop die gemoedere hoog. Iemand van die ander skool moet tog nie eens in jou rigting kyk nie! Hy of sy is dit nie waardig nie! Op die veld is dit egter waar die dag gemaak of gebreek word. Nie net met die eindtelling nie, maar ook met die sportmangees en dissipline wat die spanne handhaaf. Jy kan wen, maar as jy vuil gespeel het, of jou swak gedra het, beteken daardie wen net mooi niks. Dit is waarvoor jy en jou span onthou sal word. Mag al die spanne wat hierdie naweek aan groot wedstryde deelneem, hul eie en hul skole se name hoog hou!
Trots: Die vroue van die RiseUp Bakkery op Riebeek-Wes is Karen Hendricks, Tella Baadjies, Thelmesia Engelbrecht en Alana Lebenberg. Reginald Patience was afwesig. Die Riebeek-Wes RiseUp Bakkery, wat aan die Vallei Co-Op behoort, het die Julie-kompetisie vir die beste produksie oor ‘n tydperk en vir die beste produksie vir een enkele dag oortuigend gewen. Die vyf lede van die Vallei CoOp, Alana Liebenberg, Karen Hendricks, Tella Baadjies, Thelmesia Engelbrecht en Reginald Patience, was baie opgewonde toe hulle die twee sertifikate en kontantpryse as beloning vir hulle harde en innoverende werk ontvang het. Hulle deel hierdie entoesiasme met al vyf die RiseUp Bakkerye in die Swartland: Malmesbury (die wen-
ner van die toekenning vir die beste vordering), Moorreesburg, Darling en Saron. Adriaan van Niekerk van RiseUp Holdings sê die RiseUp Bakkerye het hulle binne ‘n maand gevestig as ‘n welkome, maar noodsaaklike klein besigheid in die Swartland. Die lede kan nie uitgepraat raak oor die ondersteuning wat hulle uit al die gemeenskappe kry vir die “stone ground” wit- en bruinbrood nie. “Dit is ‘n goeie gevoel om te weet dat ons ‘n goeie en gesonde produk vir soveel meer bekostigbaar as soortgelyke produkte kan lewer.
"Op die koop toe het ons elke halfuur in elke bakkery stomende vars brood beskikbaar,” het Alana Liebenberg, voorsitter van die RiseUp Bakkery op Riebeek-Wes, gesê. Van Niekerk sê al die rolspelers is baie tevrede met die vestiging van fase een (die vyf bakkerye in die Swartland) en dat hulle reeds besig is met die volgende fase, wat 15 bakkerye in die Wes-Kaap behels. “Ons beoog om voor die einde van volgende jaar ten minste 50 bakkerye in die Wes-Kaap te vestig, met al die bestuursondersteuning wat nodig is. Dit is ten minste 255 nuwe volhoubare werkgeleenthede.”
Leerders skitter in dans-eisteddfod
Dis Goeie Nuus
deur Andrew Bosman
Die koninkryk van die hemel
Almal wil hemel toe gaan as hulle doodgaan. Interessant om van die doodsberigte in die koerante te lees om agter te kom hoe mense oor die dood en die hemel dink. Die Woord van God, die Bybel leer ons dat as ons in die hemel wil kom waar die Here Jesus vir ons plek gaan maak het, dan moet ons in ‘n verhouding met Hom staan. Johannes beskryf in die eerste hoofstuk dat Jesus na sy eie mense gekom het, maar dat hulle Hom nie aanvaar het nie, maar aan elkeen wat Hom aangeneem het het Hy die mag gegee om kinders van God te word, hulle wat in sy Naam glo. Die teendeel van hemel toe gaan, is ‘n plek wat vir die gevalle engele bedoel is en nie vir mense nie. Tog vind ons in die voorlaaste hoofstuk van die Woord ‘n waarskuwing, dat die wat bang en ontrou geword het, en die losbandiges, moordenaars, onsedelikes, afgodsdienaars, leuenaars en bedrieërs hulle deel is ‘n poel van vuur. Dieselfde hoofstuk in Openbaring gee wel die versekering dat elkeen wat volhard in die geloof in Jesus Christus sal kinders van God wees.
Die sameroepers van die Swartland Kultuurvereniging se nasionale dans-eisteddfod, Trish Worship en Andrid Burrows, is uitgeput maar tevrede: “Van Februarie tot begin Augustus is daar geoefen en geoefen, met goeie gevolge. “Ons wil skole bedank wat deelgeneem en uitstekend presteer het. Die oorgrote meerderheid het met goud en spesiale goud weggestap.” Die skole is Liebenberg Primêr, Morning Star, Barney’s Angles, Bloemendal, Welgemeend, OJ Erasmus, Vooruitsig en Steynville Sekondêr. Dansers van Vooruitsig, Liebenberg, Bloemendal, Welgemeend en Steynville sal Dinsdag in Kunstekaap dans as deel van die Kunstekaap skoleweek. “Swartland het uitstekend gevaar: 148 leerders van die 448 uit die Wes-Kaap, is plaaslik.” Die program begin om 19:00 en kaartjies is by Computicket beskikbaar.
Dans: Hierdie dansertjies van Vooruitsig Primêr het spesiale goud verdien.
Elegant: Steynvill het spesiale goud verwerf met Towelling Around.
Borg: Trio Events het ‘n 12 maande voertuigborgskap gekry by sowel Lazarus Ford Centurion as Malmesbury met die ondersteuning van Ford SA.
NUUS • NEWS
5
19 Augustus 2015
Nog interskole-nuus op bladsy 10 en 11.
Die skaak-span van die Hoërskool Swartland op Malmesbury wat teen die span van Hugenote sal meeding, is Ethan Stevens, Paul Janse van Rensburg, Dale Krein, Max Gordon-Turner en Jude Johnson. Voor is Luke Joshua, Jorine Bester en Ross van der Westhuizen.
Die debat- en vasvra-spanne is: Liza Eksteen, Ana Coetzee, Ané Spies, Anje Botha, Reinette Snyman. Voor is Tiana Strydom, Thomas Howard, Altea Eksteen en Lené Esterhuizen.
Die dirigente wat die gees aan die brand sal hou, is essie Bester, Tayme Philander, Tamryn Jacobs, Anya-Larissa Botha (rosette-meisie). Voor is Jhade Bredenkamp en Louise Nel.
NUUS • NEWS
6
CPM behaal gemengde welslae teen Topolino
19 Augustus 2015
Links: Kyler James met Mieke Voigt wat toekyk.
Regs: Tiaan le Roux keer die hokkiebal weg van sy opponent.
Heelregs: CPM se ouerspan trek tou. Ewert Syster, Jakobus Snyders, Jean Jordaan, Jacques Brits, Petri Goosen.
Links bo: Iaan Snyders oppad om ‘n drie te gaan druk. Skoolhoofde: Willie Taylor (CPM) en Berdine Smit (Topolino). Bo: Saskia Nortier konsentreer om die hokkiebal in haar besit te hou.
Links: CPM Gr 7’s doen hul “Haka”. Links: Danel Basson kyk waarheen sy die bal kan gooi. Bo: Michaela Domingo soek soek 'n gaping om aan te val.
Regs: Joseph-Barry Durr hardloop met die bal terwyl Lulo Seroto en Jayron Lottering reg is om hom te ondersteun.
NUUS • NEWS
7
19 Augustus 2015
Shop online at www.picknpay.co.za
Prices valid until Tuesday 25 August 2015
69
R
PnP Assorted Marinated Chicken Sosatie Per kg
FOR BUY BOTH PnP Potatoes and Onions 1st Grade 7kg
49
R
+
2790 PnP Spiced Chicken Leg Quarter Per kg
Selected products on this page have been styled for photography
65
PnP Silverside or Topside Beef Roast Per kg
44
69
R
R
FRESH
39
3575
90 PnP Bulk Stewing Beef
PnP Smoked Pork Sparerib Per kg
County Fair Fresh Chicken Braaipack 5s or 10s Per kg
Bone in C-Grade Per kg
9
30
PnP Spiced Pork Texan Steak Per kg
19
5
Rindless 95 PnP Streaky Bacon
22
Per 100g
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP White Sugar 2.5kg
2590
1190
PnP Mini French Loaves
7 90 39
Golden Bananas 90 PnP Per kg
7
Whole 90 PnP Cabbage
Dinu Rose 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre
Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.
BUY 3 FOR
All Gold Tomato Sauce 700ml
BUY ANY 2 FOR
Out of cash?
PnP Plain Doughnuts Each
1690
18
90
PnP Raisin Bread
58
90
Nescafé Classic 200g Dawn Jar
PRICES VALID 20 - 25 AUGUST 2015 AT PICK N PAY VREDENBURG, LANGEBAAN, WELLINGTON AND MALMESBURY ONLY
Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Stikeez™ © 2015 Zing. International patent Grani & Partners S.p.A. Excluding Liquor and Clothing stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Stikeez figurines are designed for children from the age of 3 years and older and adult supervision is advised for younger children since these figurines may pose a choking hazard.
Double the size. Now checking 2Terms 000 items. and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.
1194938_390x260
PnP French Polony Per 100g
7
Homemade 50 PnP Chicken Curry
200g
BUY 3 GET 1 FREE
195
PnP NO NAME™ Frozen Chicken Braaipack 1.8kg
99
Blue Ribbon White Toaster Bread 700g
R
37
R
For Info and Terms and Conditions visit www.picknpay.co.za/stikeez
NUUS • NEWS
8
19 Augustus 2015
Wesbank Sekondêre Skool
Links bo: Claudine Koppies, Christal Mpangisana, Liticia Aalbertus, Tania Morris, Juff Nutt, Nikita Klaase, Jody Geduld, Nikita Jones en Hazeldine Pietersen. Bo: Francois van Wyk neem ‘n sy-stappie. Regs: Peter Bezuidenhout (Proteus) en Sherman Farao (Wesbank) met die wen-beker. Links: Duwayn Wildskut storm voort.
Links onder: McNiel Hendricks, Peter Willmse, Reginald Kortje, Donovan Visser en Freddie Moses by die skool se gholfdag. Regs: Lianal Cicero, Lizette Lewis (Malmesbury Pick n Pay), Reginald Kortje, Wilhelm Makkink (Malmesbury Pick n Pay) en Yolaine Swanepoel (Malmesbury PnP).
Bo: Cheslin Thompson, Jean Cupido, Hilrico Dirks, Lingis Nelani, Ruaan Ras, Jandre Baronie, Graig Olivier. Austin Alexander, Duwayn Wildskut, Fernon Cloete. Voor: Conrad Arendse, Donovan Maloly, Shane Dawsen, Yolaine Swanepoel (Pick n Pay), Antony Abdol (Mnr Derby) Pick n Pay, Geogery April, Chadwin Collins, Marico Ochkhuis. Onder: Ruchelle Nero en Renay van Rhyn. Regs onder: Liticia Albertus, Hazeldene Pietersen, Jody Gedult.
Mnr en Mej Derby: Cheslin Thompson, Serenity Balie, Antony Abdol (Mnr derby), Maryna van Rooyen (Juff Derby), Monique Klaasen, Chadwin Collins.
Baie geluk aan al die Wesbank-spanne!
NUUS • NEWS
9
19 Augustus 2015
Tiere laat Jan van Riebeeck les opsê
Hokkie: Die eerste meisiespan na afloop van hul oorwinning van 2 - 0.
Damian Rayters (op grond) en Stefan Laubscher van Dirkie Uys se eerste rugbyspan. Bo: Dene Johnson, Anushka Odendaal, Arno Carolus, Jaclyn Engelbrecht, Marige Carstens en Chimell Fortuin. Links: Aljoe Beziek druk ‘n drie vir Dirkie Uys. Regs: Kayla Thiersen (1e hokkiespan) het ‘n doel geslaan. Heelregs: : Lenka de Waal en Jaclyn Engelbrecht (O.19A).
Heellinks: Stefan Laubscher gee die bal uit. Regs: Skoolhoof, Dawie Diedericks, oorhandig trofee aan Stefan Laubscher (kaptein). Links: Anja Bester (agter) en Anushka Odendaal. Hoërskool Dirkie Uys het behoorlik skoonskip gemaak teen Hoërskool Jan van Riebeeck. Al die O.19 A-spanne (hokkie, netbal, rugby, skaak, gholf en vasvra) het gewen.
M
et nederigheid en dankbaarheid teenoor ons hemelse Vader, spreek ek my dank teenoor elke leerder van Hoërskool Dirkie Uys uit vir ‘n suksesvolle Interskole. Dit was duidelik dat suksesvolle en onsuksesvolle mense nie in hul vermoëns verskil nie, maar in die drang om hulle volle potensiaal te bereik. Die feit dat elkeen bereid was om net die gewone dinge bui-
tengewoon goed te doen is ‘n bewys van die Tiere se uitnemendheid. Baie dankie en baie geluk aan ons matrikulante met julle laaste Interskole, mag die mooi herinneringe julle altyd bybly – julle het gewys dit is nie hoe mens begin nie, maar hoe jy eindig! ‘n Besondere woord van dank en gelukwensing aan al die afrigters en borge. U opoffering as afrigter om vir die duur van die seisoen die elemente te trotseer het beslis nie ongesiens verbygegaan nie.
As borg het u bydrae geleenthede tot deelname verseker en bygedra tot die optimale ontwikkeling van ons seuns en dogters. Henry Beets het gesê dat dankbaarheid die enigste en volkome daad is waartoe ‘n mens in staat is. Met dit in gedagte, kom my gelukwensing, dankbaarheid en dankie uit my hart.
Dawie Diederiks (hoof)
NUUS • NEWS
10
19 Augustus 2015
Hoërskool Swartland Netbal 2015
Louise Nel
Mekayla Barnard
Micke Smit
Kapteine:
Surine Cotter
Ester van der Merwe
Lebogang Masinga
Vuvu Nkqayi
Marchandt Sieberhagen, Anje Botha, Anika Kruger, Janka Conradie, Liza Eksteen, Gabi Rose, Karla Malan, Chloë Gouws, Taryn Meyer. Voor: Sisanda Mndayi, Micheala Timotheus, Alrisma Willemse, Louise Nel, Jessie Bester, Nicole Joseph.
Program BAAN A 08:30 14 A 09:10 18 A 10:15 16 A 10:55 17 A 11:35 15 A
BAAN B
BAAN C
BAAN D
08:30 16 B 10:00 16 C 10:40 14 C 11:20 14 B
08:30 18 C 10:00 17 C 10:40 18 B
08:30 15 C 10:00 17 B 10:40 15 B
JULLE MAAK ONS SO TROTS MEISIES! LEKKER SPEEL! ROCKIES BO!
Rugby 2015
PW Koegelenberg
Tomis Bester
Jarrod van der Merwe
Jan-Ernst Terblanche
Kapteine:
Johan Swanepoel, Daniel du Toit, Jaden du Plessis, Stehan Swanepoel, Wilbur Jasson, Graeme Watson Voor: Brad-Lee Siebrits, Charlie Gerber, Luke Linde
Reece Bocks
Paul Janse van Rensburg
Alex Kriel
Fabian November
Dylan Nel
Aiden Davids
Wihan Burger
Charlie Gerber
Program A-veld 08:30 14 A 09:30 15 A 10:40 16 A 11:55 19 B 13:10 Span Voorstelling 13:30 19 A
Antonio Muller
SJ Jacobs
Anton du Toit
B-veld 08:30 09:40
15 B 14 B
C-veld 08:30 09:40
16 B 19 C
NUUS • NEWS
11
19 Augustus 2015
Hoërskool Swartland Dogtershokkie 2015 Renelda Scholtz
Elouise Coetzee
Kristin Barnard
Anri Joubert
Lené Esterhuizen
Mieke Relihan
Elaine Steyn
Resé Neethling
Carla Symington
Emma Douglas
Annelize Steyn
Program A-VELD 08:30 19 C 09:20 14 A 10:10 14 B 11:00 16 B
B-VELD 08:30 19 A 09:20 16 A
C-VELD 10:10 o.19 B
KAPTEINS: Lelethu Ngwanya, Lené Voigt, Inalise du Plooy, Jana Relihan Voor: Heike du Plessis, Renelda Scholtz, Melissa Bergh
Hoërskool Swartland Seunshokkie 2015
Wynand Hofmeyer
Kobus la Grange
Regert van Staden
Geo Erasmus
Jacques van Zyl
KAPTEINS: JD Bester, Tiaan Britz Voor: Wynand Hofmeyr, Keenon Hendricks
Program B-VELD 10:10 19A Tienie Bester
Pierre Rossouw
Willy-John Kriel
Stefan Hamman
Gary-John Walsh
Beyers Strydom
Geniet die Interskole Rockies. Wys die Blackies hoe dit gedoen word!! H/v Rozenburgstraat en Voortrekkerweg, Malmesbury Tel: 022 482 1470
C-VELD 08:30 16 A 09:20 16 B 11:00 16 B
NUUS • NEWS
12
19 Augustus 2015
Links: Jody Johannes van Cloof met die Kobus Basson-trofee vir die Kampioen Pinotage.
Onder: Riaan van der Spuy (Wynmaker); Haumann Brink, Van der Byl Brink en Francois Duckitt (Assistent Wynmaker) - almal van Pulpit Rock.
Darling Cellars is die
Darling Cellars: Anthony Medunaa, Pieter-Niel Rossouw, Riaan de Waal, Maggie Venter, Carel Hugo en Abe Beukes.
Marius KotzĂŠ (wingerdboukundige by Org de Rac), Jurgen Siebritz (wynmaker by Org de Rac), Klaas Paulse, Swartland-streek se Kelderwerker van die Jaar en Jolene Janse van Rensburg (Santam Swartland Wyn- & Olyfroete).
NUUS • NEWS
13
19 Augustus 2015
Swartland Jongwyn-kampioen vir 2015
Links: Inalize & Stephan Basson (Babylon's Peak) en Kara van Zyl (Riebeek Cellar).
Onder: Eric Myango, Wouter Loubser, Alecia Hamman, Eric Saayman, Tharien Hansen, Thembile Ntloko, Temba Msito en Thukela Walaza van Riebeek Cellars met hul trofeë.
Darling Cellars het pas by die Swartland Jongwynskou triomfeer toe een van die kelder se wyne in tien kategorieë uitgeblink het en as Groot Kampioen aangewys is. Die wit versnit het ook die trofee as Kampioen Droë Wit verower, voor dit as algehele kampioen aangewys is. Dié streek-aankondiging gaan die finale uitslae van die nasionale geleentheid vooraf. Die nasionale uitslae word later vandeesweek by ’n gala-geleentheid op Upington bekend gemaak. “Darling Cellars se reuse prestasie getuig van die spanpoging deur elke individu wat tot die sukses van hierdie wyn bygedra het,” sê Darling Cellars se hoof wynmaker, Pieter-Niel Rossouw. “Die jaarlikse Jongwynskou is ’n platform waar alle produseerders hul jongwyne vertoon, om te wys waartoe hulle in staat is. Vanjaar het ’n groot kelder weer getoon dat dit moontlik is om ’n klein hoeveelheid spesialis-wyn van uitstaande gehalte te produseer.” Darling Cellars se wen-wyn is ’n versnit van Sauvignon Blanc en Semillon variëteite. Die wingerde waaruit die druiwe afkomstig is, is droëland bosstokke teen ’n steil helling, met ’n suidelike ligging. Die wingerdblokke se ouderdom wissel tussen vier en 10 jaar en die grond is goed-gedreineer en bestaan meestal uit verweerde graniet. “Die 2015-oes wat hierdie druiwe produseer het, was baie gematig,” sê Rossouw. “Die druiwe was oor die algemeen ryp toe ons wou oes. Ons het geen probleme met siektes ondervind nie en die vrugte was gesond. “Die geure in die witdruiwe kom mooi in die wyn na vore. Dis baie belangrik, want in ongeoefende hande kan groot geur verlore gaan as dit nie behoorlik versorg word nie. Die rooiwyne het ook van die begin af goeie kleur en geur gehad. Die tannienstrukture was goed en het goeie lengte in die wyne verseker,” sê Rossouw. Die kultivars wat in die versnit gebruik is, is apart geoes; het toe oornag dopkontak gehad en is die volgende dag oorgetap. Nadat die helder sap afgesak het, het fermentasie begin. ’n Gedeelte van die wyn het eerste fermentasie in vlekvrye staal tenks en die tweede helfte in 500-liter Franse eikehoutvate ondergaan. Ná
fermentasie is die wyn geroer. Die oorblywende deel van die wyn is in vlekvrye staal tenks gehou en albei komponente is in die versnit gebruik. Soos die Jongwynskou-beoordelaars getuig, is die resultaat ’n wyn van uitstaande gehalte. Dit het sweempies geure van aspersie en appelliefie en hout is op die neus te bespeur. Hierdie karaktereienskappe volg tot op die tong met goeie balans tussen die hout-tanniene en die wynstruktuur. Rossouw sê: “Dit het uitsonderlike lengte en sal goed vaar met tot twee jaar veroudering.” Die wyn is nog nie beskikbaar nie, maar sal deel vorm van die DC ultra premium-reeks. Hierdie jongste prestasie word by Darling Cellars se groeiende lys toekennings gevoeg. Die kelder het die voordeel van unieke terroir en is in 1996 as privaatkelder geopen. Die kelder se hooffokus is om wyne te produseer wat die karaktereienskappe van die area én die variëte reflekteer. Die wingerde floreer in die koel en gemagtigde Weskus-klimaat, wat ’n verskeidenheid mikro- en meso-klimaatsomstandighede insluit. Tesame met die wisselende grondtipes, word druiwe van uitmuntende gehalte produseer, wat unieke wyne tot gevolg het. Bykans 95% van al die wingerde word as droëland – sonder besproeiing – bestuur en as bosstokke gegroei – so ná as moontlik aan natuurlike omstandighede. Die wingerde se uitstaande karakter is kenmerkend van hul geboorteplek en onmiddellik in elke bottel herkenbaar. Darling Cellars produseer ’n verskeidenheid wynreekse wat landswyd beskikbaar is, wat die DC Premium, DC Reserve, DC Classic, Sweet Darling en verskeie beperkte vrystellings insluit. Darling Cellars is op die R315 by die Mamreweg-stasie geleë. Vir meer inligting, bel 022 492 2276, stuur e-pos na info@darlingcellars. co.za of besoek www.darlingcellars.co.za. Volg Darling Cellars op Twitter @DarlingCellars en Facebook. • Die Swartland Jongwynskou Kampioen Droë Wit-trofee word deur Malmesbury Toyota geborg en die Groot Kampioen-trofee deur ABSA.
NUUS โ ข NEWS
14
19 Augustus 2015
Malmesbury Skou 24 tot 26 September 2015
Malmesbury Skou 24 tot 26 September 2015
Hierdie blad is moontlik gemaak deur Spies & Genote
Mej Malmesbury Skou word gekroon
Links: Jacques Badenhorst van Johnsson Workwear by sy borgblok.
Skoukoningin Carla le Roux, 1ste prinses Ester van der Merwe, Mej Persoonlikheid-Mej. Boer Alrisma Willemse, en tweede prinses Anick Basson.
Cathy Steenkamp, Cornelle O'Kennedy, Madelein Viljoen en Christiana Blom.
Old Mutual was die hoofborg van die aand. Bo is Willem Relihan, Van Reenen Malan, Corlia Spies en Koos O'Kennedy.
Daar is gesellig om die tafels gekuier.
Bertus Bester van Allesverloren Function & Conference Venue, Martie Olivier van Martie Olivier Make-up Artist & Hair Stylist en John-Beattie Paterson van De Mozรกik-tydskrif was die beoordelaars van Mej Skou. Die geleentheid is by Janno Cafe Restaurant Bar in die De Bron-sentrum gehou.
NUUS • NEWS
15
19 Augustus 2015
Malmesbury Skou 24 tot 26 September 2015
Die 4x4-baan word vanjaar uitgebrei om meer aksie op te lewer.
Maak reg vir Malmesbury skou-makietie Dit is daardie tyd van die jaar. As die graanlande lowergroen en goudgeel om Malmesbury begin pryk, is dit tyd om die finale relings te begin tref vir die jaarlikse skou wat vanjaar van 24 tot 26 September plaasvind. Elke jaar bring nuwe uitdagings maar ook opwindende nuwe komponente en vermaak. 2015 is geen uitsondering nie en vanjaar is weer propvol vermaak vir die hele gesin. Die skou skop sommer op 'n hoogtepunt af
met die jaarlikse vroue-oggend wat nou reeds 'n instelling is op die kalender vir die skoner geslag. Vanjaar val dit op 24 September (Erfenisdag). Met die gewilde Emo Adams as gaskunstenaar is die kaartjies vir hierdie oggend geborg deur Pick n Pay reeds vroeg-vroeg opgeraap. Vir die laatslapers is daar dalk nog 'n enkele kaartjie of twee. Skakel Madelein Viljoen by 084 587 8322 met enige navrae.
NUUS • NEWS
16
19 Augustus 2015
Malmesbury Skou 24 tot 26 September 2015
GROOT vermaak... Malmesbury skou het verlede week reeds die vlamme in die dorp aangesteek in die aanloop tot die 2015 skou toe die skoukoningin en haar prinsesse aangewys is. Die skoukoningin vir 2015, Carla le Roux, is by die skou se eerste Presidentsaand by die skouterrein gekroon. Haar eerste prinses is Ester van der Merwe met Anick Basson as tweede prinses. Alrisma Willemse is aangewys as Mej Persoonlikheid/Mej Boer. Die presidentsaand, wat daarop gemik is om die gemeenskap in 'n groter mate by die skou te betrek, is geborg deur Old Mutual. Die skouprogram vir Vrydag 25 September ('n skoolvakansiedag) is weer propvol aanskoulike perdeklasse wat die hele dag skougangers sal vermaak. Met heelparty nuwe uitstallers binne en buite die skousale is dit die ideale plek met volop kindervermaak en heerlike kos om as gesin hierdie naweek en ook die skoolvakansiedag deur te bring. Die Vrydagaand is dit weer die steak-ete en dans wat ook nou al 'n jaarlikse instelling is op die dagboek. Die orkes Pluk sal die voetejeukmusiek maak en daar word weer gekuier tot laat. Pluk se optrede is moontlik gemaak deur Nulandis. Saterdagoggend is daar weer 'n heerlike kuier vir die vroue wanneer Suid-Afrika se eerste amptelike koekedoor, Mareli Visser, vir die bakgeesdriftiges haar slag gaan kom wys met die beslag
en hoe om die kersie op die koek te sit. Mareli gaan ook 'n paar koekinskrywings beoordeel. Vir meer besonderhede hieroor, hou ook gerus die Malmesbury Skou se facebook-blad dop. Die perdeklasse in die arena beloof ook weer volop swierige aksie met onder meer die waspanne van agt wat elke jaar die belangstelling gaande maak. Een van die spanne het reeds die afgelope Saterdag hulle draaie en swaaie geoefen vir diĂŠ uitdagende klas. Daar is weer heelparty kinderklasse wat vanjaar so ingedeel is dat kinders juis minder kompetisie van ouer deelnemers het. Die Saterdag is ook die groot 4x4-aksie wanneer die groot menere met hul X-treme-voertuie die nuut aangepaste baan gaan kom aandurf. Die baan word vanjaar met die hulp van Leonard van Wyk so aangepas en vergroot dat dit die amptelike liga-byeenkoms in die X-tremereeks kan aanbied. Dit bied die geleentheid vir deelnemers uit die groter Wes-Kaap en Suid-Kaap om hul slag te kom wys. Hierdie is die aksie wat jy nie moet misloop nie. Onder die ander bevestigde premierborge van die Malmesbury skou, is Lew Geffen Sotheby's, Vermeulen Tente en Elite Tente. Vir meer inligting oor die skou, besoek die facebook-blad van Malmesbury Skou of skakel die kantoor by 022 482 3180.
NUUS • NEWS
17
19 Augustus 2015
Malmesbury Skou 24 tot 26 September 2015
Malmesbury Skou 24 tot 26 September 2015
Oefen: Herman
Burger en sy span het Saterdagoggend hul 8-span Vlaamperde ingespan om te begin oefen vir deelname aan die skouklasse waaraan hulle binne die volgende maand of twee gaan deelneem.
Braai, koekbak en meer vir die smaak-sensasie! Donderdag 25 September is Erfenisdag en hierdie vakansiedag is propvol pret met die grootste braaikompetisie wat die streek nog gesien het. Iewers loop die 2015 Malmesbury Skou Braaimeester rond en hierdie beloof om te groei tot 'n gesogte jaarlikse kompetisie. Die Braaimeester sal wegstap met prysgeld van R5000 en die tweede en derde plekke kry R3000 en R1500 onderskeidelik. Inskrywings vir
die kompetisie, moontlik gemaak deur Kekkel en Kraai Henks Vleismark, sluit op 14 September. Skakel Kwas du Toit by Malnoplate by 083 601 6480. Naas die gebruiklike perdeklasse wat oudergewoonte die oggend in die arena begin en ook vanjaar aangepas is om meer kinders te laat deelneem, is daar die middag 'n groot jeugskou in die arena waar nagenoeg 90 kinders in die on-
derskeie afdelings gaan meeding. Die jeugskou is geborg deur Corba Vervoer. Nog is dit het einde niet. Vir die 4x4-geesdriftiges sal daar ook van die oggend af 'n familiedag plaasvind met die skou se nuwe 4x4-baan as basispunt. Die baan wat verlede jaar gebou is, word vanjaar vergroot vir die skounaweek. Hou gerus die skou se facebook-blad dop vir meer besonderhede oor die 4x4-aksie.
NUUS • NEWS
18
19 Augustus 2015
Dagboek • Calender
residents’ homes. Bookings: http://voorkamerfest.cramgo. net/programmaview.aspx or contact: Chanda: 082 321 7542/ bookings@voorkamerfest-darling.co.za Gospel Concert 5 September – Various artists will perform in the St Thomas School Hall, Malmesbury. Organised by the Voice of God Congregation. Time: 18:00. Admission: R20 adults, R10 children. Refreshments will be sold. Contact : Leraar Lowellen Williams 060 341 1873 or Geraldine 071 1138 634. Riebeek Valley Mountain Bike Race 5 September: Come and enjoy the natural beauty of the Riebeek Valley . The 35 km route will take you through vineyards, olive groves and up against the slopes of the Kasteelberg. And for the not-so-adventurous; take the 15 km route. Come and enjoy the beautiful valley and experience the annual Church Bazaar with lots of fun for the whole family. Jacobus Bruwer, 082 523 9804 or www.roag.co.za
Oudskoliere hokkie en netbal 21 Augustus – wedstryde vind op Laerskool Swartland sportterrein plaas: 16:30 netbal, 17:30 vrouehokkie, 18:30 manshokkie.
Bootsale/Markdag op Moorreesburg 29 Augustus – Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Navrae: Hermien of Renata by Moorreesburg/Koringberg Toerisme-kantoor, 022 433 1072.
Cowboy Dance 21 August – In aid of Organ Fund, St Michaels Church, Abbotsdale. Dance in Malmesbury Town Hall. Tickets are R60, from Organ Committee: Ewerd Syster (079 156 4992) or Mandy Vd Post (071 262 9461). Stories@Darling 21-23 August: Darling Stories@Darling. 022 492 3361; www.facebook.com/stories@darling Groeneweide 26 Augustus - Algemene jaarvergadering om 19:00 by Groeneweide. 27 Augustus – Veiling, ete en vertoning ten bate van Groenweide. Begin om 19:00 by Darling Golfklub. Kontak Nadine le Roux, 022 451 2202. Cape Floral Kingdom Ekspo 27-30 Augustus - Wêreld se grootste Fynbos Ekspo; 09:0017:00, Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Eunice Joubert by 082 808 1114 / eunicek@agrimega.co.za of Chris van Rhyn on 021 863 0397 / marketing@ capefloralkingdom.co.za Hopefield Fynbos Show 27-30 August: Hopefield Fynbos Show. 022 783 0856 / 022 723 1720, langriet@sandveld.net Clanwilliam Wild Flower Show 27 August - 5 September: Clanwilliam Wild Flower Show. 027 482 2024 Swartland Gospel Konsert 28 Augustus - konsert begin om 19:00 in de Bron-teater, Malmesbury. Kaartjies is R50 (R30 vir pensioentrekkers en kinders o.19). Beskikbaar by Cornelle (022 482 2411), Sonette (022 482 1407) of Johan (072 613 0855). Hantam Vleisfees 28 & 29 Augustus - Calvinia. Vir die vleiseters. Lizette 027 341 8219
New Mountain Bike Trails 29 August - Tulbagh Mountain Bike Club will be opening its new trails on Saturday. Deon Wilkins has spent two months crafting some excellent trails with some awesome single track (plenty of it). A celebration ride will start at 8:30 at Manleys Restaurant. Permit fee is R50. Kerk- en kinderbasaar 29 Augustus - van NG-moedergemeente, Malmesbury, 09:00. Gaan kuier saam. Koringberg NG Kerk Basaar 29 Augustus – Begin om 10:00 by die gemeenskapsaal. Koek, tert, brood, beskuit, pasteie, vleis, potjiekos, hamburgers, poeding, pannekoek, sop, koffie, tee en nog vele meer te koop. Navrae: Adele du Toit, 083 954 9524. Trio Esperanza 29 September - Bookings are open for this concert with Kerryn Wisniewski, Polina Burdukova and Liesl Stolz playing Carl Maria von Weber: Triop, op. 63 - Allegro moderato. Dutch Reformed Church, Darling @ 18:00. Cost: R90pp (R50 pensioners & scholars). Book: 022 492 2009.
Namaqua Mountain Bike Challenge 29 August: Vredendal - Namaqua Mountain Bike Challenge. 082 896 4661. Lentedans 29 Augustus – Hoërskool Piketberg se skoolsaal, 19:00 vir 19:30. Kaartjies met ete R100 pp, sonder ete R50. Kaartjies by die skool te koop. Lentedag Blommestap 1 September: Strandfontein Blommestap. 072 154 3887
Darling Voorkamerfest 4-6 September – Bookings are now open for the 12th Voorkamerfest in Darling, with 21 original performances staged in
Spring Festival & Half Marathon 5 September - Welcome Spring by participating in the Riebeek Valley Half Marathon, it promises to be fun for the whole family. Hettie Swanepoel 022 338 1388. Vleismark 19 September – Huis AJ Liebenberg op Piketberg hou mark
Kerke • Churches
AGS Corpus Christi, Malmesbury 23 Augustus- Sondagoggend 09:30: pastoor Piet Smit praat oor: Wat Maak Dat Jy Dit Maak?. Aanddiens 18:00 met Katrina Mouton: Wanneer God Stil Is. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 23 Augustus - Pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00. Aanddiens om 18:30. Sondagskool in kerktyd, om 10:00. Navrae: 083 722 7787. Shofar Malmesbury 23 Augustus - Kinderdiens om 09:30 in die Hoërskool Swartland-skoolsaal. Navrae by 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623. Dynamic Love Fellowship 23 Augustus - Om 17:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Dynamic Love Fellowship se volgende diens is op 6 September. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00). House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening
met verpakte rou vleis, afvalpotjie, skaapkoppe, braaivleis, poedings, pannekoeke, roosterkoeke, handgemaakte produkte, koekversier en vele meer. Vir navrae: Erika Gentle, 022 913 1228 of erikagentle.ajl@gmail.com. Ladies Day 19 September – Moorreesburg & Koringberg Tourism will have a Ladies Day at the Moorreesburg Golf Club. Contact Yolanda Dyason, 022 433 1848. Tip Trans Cederberg MTB Experience 5 September - Clanwilliam; Pre-entries close 30 August. www.roag.co.za Festival of Lights 6 September - Clanwilliam Arts Project: Festival of Lights. 021 448 3436. 3 Visspesie-kompetisie 9 September - Yzerfontein 3 Visspesie-kompetisie. Navrae by Neville Smith, 079 873 6860. Swartland Landbouskou 9 - 12 September: Moorreesburg - Swartlandskou is een van die grootste landbouskoue in Wes- en Suidkaap met 'n besoekers getal van 10 000 plus. Navrae: Ian Koch, 022 433 2461.
Kerke • Churches
Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. PPK Bethesda Porterville 09 Augustus- Br Gert Rossouw preek om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.
Harde bene gekou met nuwe bergfietsroete People were enthusiastic about the new trail, as can be seen on facebook: - Thank you to the organisers for a lovely morning! - Congratulations on a very well organised event. Super friendly people and vibe. - You guys rocked the launch. - Those who missed it missed out! - What an awesome trail! - Was a great launch, will come again!
NUUS • NEWS
19
19 Augustus 2015 Betrekking Vacancy
Avon Reps needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510
#2141
Dienste Services
DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras, bewerk van beddings asook verwydering van tuinvullis. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. #2002/1
------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2024/9
------------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761, 073 193 1457 #2074/6
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589 #2098/7
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/13
Sterfgevalle Deaths ABRAM LUCAS DAWSON – Vrydag 20/9/1946 tot Vrydag 14/08/2015. Sag en stil is jy weg Pappa en ons het nog soveel gehad om met mekaar te deel. Rus in vrede. Van jou vrou, kinders en kleinkinders. Roudiens Woensdagaand om 20:00. Begrafnisdiens, Saterdag om 09:00 – Getsamené Gemeente, Abbotsdale
#2161
Te Huur To Let “Bachelor “ woonstel in Malmesbury. Beskikbaar 1 Augustus 2015 – R2 150 per maand. Skakel 082 373 0347
#2142/2
------------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400m2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/5
------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200m2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/5
-------------------------
Kantoorspasie in middedorp, Rainierstraat. 2 x 65 m². As eenheid of apart. Kontak 083 991 7350
#2158
Te Koop For Sale
6 Weke oue Great Dane hondjies – 2 reuntjies en 5 tefies – R3500 elk . Malmesbury - Petro Swart 083 283 2018
#2160
------------------------Bicycle Stands – R40,00 each – Malmesbury. Contact Muller 079 413 2520
#2159
------------------------Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682
#2126/6
------------------------1 x KIC chest freezer R700; Silwer vrieskas/ yskas met water houer R1750; 1 Mixer kraan R90; 2 Cane gemakstoele R450 elk; 1xTub chair – R590, 1x Enkel matras – R650; 1.8 x 600 boekrak – R950; 1x Nuwe 4 draw chest of drawers – R1990; 1x koffietafel R450 – Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2162
------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering
in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/9
-------------------------
HAKE “stokvis” Fillette te koop – R40 p/kg – Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/2
-------------------------
B V
courant
tel 022 487 3221
Sportuitslae Sports results
Wesbank rek sy voorsprong Wesbank Rugbyklub het daarin geslaag om sy voorsprong in die Groot Uitdaagliga van Boland se Swartwes-afdeling te rek deur Mamre met 24-13 te klop. Wesbank, wat rustyd met 12-7 voor was, het gesukkel om die eerste helfte aan die gang te kom, maar is tog beloon met driëe deur Sidwell Diedricks en Vincent Fredricks. Ná rustyd het Mamre met nuwe vuur gespeel en ‘n skitterende drie onder die pale gaan druk wat die telling op 13-12 in Mamre se guns te staan gebring het. Wesbank moes hard werk vir die oorwining en twee skitterende drieë deur Ronnie Appollis en Devon Vaniekerk in die laaste 15 minute van die wedstryd
Fietsry Malmesbury Fietsryklub Trans Baviaans: 235km wat deelnemers in 24 ure moet voltooi. Span Akkedis (Malmesbury) het dit in 18:57 voltooi: Kevin Nicholas, Kobus Marais en Nadene Marais.
het Mamre se vuur geblus. Slegs een doelsdop was deur Theo Marinus loskakel verdoel. Wesbank sal harder moet werk want hul eerste plek is nie heeltemal verseker nie - daar lê nog harde wedstryde voor teen Abbotsdale, Never Despair, Saldanha, Vredenburg en Hopefield in die komende paar weke. Die span geniet tans ‘n goeie ruskansie voor die ligawedstryde weer begin. Wesbank is tans eerste met 76 punte, gevolg deur Saldanha (69) en sy buurklub, Never Despair, lê in die derde plek met 61 punte. Die uitspele begin reeds op 10 Oktober op Wellington.
Koringberg speel Saldanha van die veld af
Gewigoptel: Die Phillips-gesin van Malmesbury het weer eens geskit-
ter by die SA Gewigoptel-kampioenskappe. Saralize het goud verwerf met ‘n totaal van 70 in die 40kg-afdeling. Haar broer, Anrich, behaal goud in die 56kgafdeling met ‘n totaal van 110 en 130, 230 in totaal. By hulle is hulle pa en afrigter, ‘n trotse Willem Phillips.
R
GOOD 149
Castle Lager Non-returnable Bottles 24 x 340ml
R
182
PRICES VALID 20 - 23 AUGUST 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
J&B Rare Scotch Whisky 750ml
R
107
Richelieu Brandy 750ml
+
Hunter’s Dry or Gold Cider 6 x 440ml Per Pack
R
Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Hanover 1 Stan the Man 1121.171; Marlon and Brian 1114.855; Marlon and Brian 1097.180; Marlon and Brian 1097.012; Kenneth Edas 1093.719; Cross Border Lofts 1086.578; Kenneth Edas 1082.183; Marlon and Brian 1078.786; Stan the Man 1065.981; Z Zimri 1051.798.
Plus PnP Lemonade 2 Litre FREE
5950
REFRESHINGLY
PRICES
139
Moorreesburg Posduifklub Beaufort-Wes JO 2 1 Boetie & Baron Hokke 864.4944; 2 Steenekamp Lofts 852.1028; 3 Van der Vyver Hokke 839.8142; 4 Frikkie Bester 802.7765; 5 Hennie Bester & Johan 771.7052; 6 Frikkie Bester 771.6863; 7 Frans Jooste 747.5379; 8 KB & Seun 726.5987; 9 Frikkie Bester 708.3763; 10 HMO Smit & Seun 692.7263; 11 Boetie & Baron 665.3306; 12 KB & Seun 664.0161; 13 Frikkie Bester 659.4775; 14 HMO Smit & Seun 656.4992; 15 Frikkie Bester 650.9650; 16 Steenekamp Lofts 642.3747; 17 HMO Smit & Seun632.2694; 18 Hennie Bester & Johan 624.9672; 19 KB & Seun 614.7493; 20 Yt & Tuis 607.3866; 21 HMO Smit & Seun 600.1596; 22 Van der Vyver Hokke 588.4014. Beaufort Wes Ope 2 1 Hennie Bester & Johan 1 890.1306; 2 HMO Smit & Seun 835.7283; 3 Steenekamp Lofts 826.0867; 4 Van der Vyver Hokke 807.0559; 5 Yt & Tuis 776.7358 ; 6 Frikkie Bester 760.4110; 7 Frans Jooste 753.7536; 8 KB & Seun748.4450; 9 HMO Smit & Seun 732.2190; 10 Boetie & Baron Hokke 720.5182; 11 HMO Smit & Seun 688.0405; 12 HMO Smit & Seun 678.6947; 13 Frikkie Bester 656.0610; 14 Van der Vyver Hokke 655.6894; 15 Steenekamp Lofts 646.1828; 16 Yt & Tuis 626.9721; 17 Boetie & Baron Hokke 616.3283; 18 KB & Seun 609.6046; 19 Van der Vyver Hokke 598.4647; 20 Yt & Tuis 578.4649.
R Castle Lite Non-returnable Bottles 24 x 340ml
269
Johnnie Walker Black Label Whisky 750ml
Out of cash?
R
23
4th Street Sweet Red, White or Rosé 750ml Each Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App.
1194884 _100 x 260
Emo Adams sal eersdaags saam met die manne van Wesbank Rugbyklub die voete laat skoffel met 'n optrede op Malmesbury. Kaartjies vir dié optrede op 14 November is nou by bestuurslede beskikbaar. Kontak Brian September by 072 334 7845 met navrae.
Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - Enkel Stableford 1 Frans Destroo 20; 2 Gey Kriek 19; 3 Marcelle van Lill 18; 4 Tian van Lill 18; 5 Jacob Goosen 17. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford 1 Gerhard Bester 21; 2 George Prinsloo 20; 3 Marcelle Prinsloo 18; 4 Marias Erasmus 18; 5 Andre Uys 17. Saterdag 15 Augustus Enkel Stableford 1 André Ackerman 35; 2 Adraan Louw 34; 3 Ronnie Schwartz 33; 4 Wynand van Niekerk 31. Klubrugby Abbotsdale A klop Piketberg 25-22, Abbotsdale B verloor teen Piketberg 3-13, Abbotsdale C verloor teen Piketberg 0-17. Bloues A verloor 16-25 teen Young Blues, B-span verloor 29-36. Rowan Olivier van Dorings het twee kampstoele van Druiwetros Drankwinkel gewen vir sy raaiskoot van die telling verlede week tussen Bloues en Dorings. Coronations (Kalbaskraal) A wen Pella met 23-13. Die B-span wen 5-0. Koringberg A klop Saldanha 40-6. Die B-span wen 36-12. NeverDespair 1 verloor teen Saldanha 25-10; 2de span verloor 24-18; 3de span verloor 21-22. Spairs het hierdie Saterdag ‘n loslootjie. Riebeek United A klop Dorings 43-15; die B-span wen 40-0. Wesbank A klop Mamre met 24-13. Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Jaaroud: 1 G Horn 895.8377; 2 G Horn 892.0724; 3 G Williams 883.5475; 4 J Steenkamp 862.4391; 5 J Steenkamp 839.2050; 6 J Steenkamp 813.3631; 7 J Steenkamp 795.1680; 8 J Steenkamp 787.1689; 9 E Kotze 780.4572; 10 G Williams 772.9290. Ope : 1 F Meintjes & Seuns 971.6328; 2 F Meintjes & Seuns 942.9026; 3 F Meintjes & Seuns 938.0419; 4 G Horn 931.6669; 5 J Steenkamp 927.5459; 6 G Horn 920.0369; 7 G Horn 879.4092; 8 J Steenkamp 843.7138; 9 E Kotze 832.0254; 10 J Steenkamp 813.3631.
Saterdag het Koringberg RVK teen Saldanha geseëvier met ‘n eindtelling van 30- 6. Koringberg het die wedstryd oorheers en het vyf drieë in die tweede helfte ingeryg. Hierdie was Koringberg se belangrikste wedstryd, want dit het bepaal wie van Koringberg en Saldanha eerste eindig in die Swartwesstreek van die Gemeenskapskildliga van Boland. Die driedrukkers was Jandré de Wee, Jeremy Maarman, Christopher Pasens, Eugene Markus en Elzin Alexander. Winston-Lee van Wyk het met ‘n strafskop geslaag en “Seun” Swarts met ‘n doelskop. Koringberg se B-span het die seisoen kookwater-rugby gespeel en hulle is ongeveer 14 punte voor hul naaste teenstander. Saterdag het hulle 36-12 gewen.
Emo en Wesbank span saam
19 Augustus 2015
19 Augustus 2015
• Uitspele begin eerdaags
Rugby: Ronnie Appolis van Wesbank op pad pale toe.
NUUS • NEWS
SPORT
dié
20
Terms and conditions apply.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1194884_10x8_Vredenburg.indd 1
2015/08/17 2:07 PM