courant swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
Hugenotestraat 24, Malmesbury
18 November 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 347
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Saak van troubreuk op die planke
Foto: Des Stegmann
Akte op die (Darling)vlakte
Twee Piketbergers, Cobis Wilson en Clare Menck, sing Saterdagaand op Darling saam met ‘n groep sangers uit Kaapstad in “Akte op die Vlakte”, wat die Afrikaanse weergawe van “Trial by Jury” deur Gilbert & Sullivan is. Die vertaling en regie is behartig deur Magriet Stemmet. Hierdie sogenaamde ‘dramatiese kantate in eenbedryf’ is eintlik ‘n operette en ‘n komedie en belowe om skreeusnaaks te wees. In ‘n neutedop handel dit oor ‘n troubreuk-hofsaak waarin twee vroue baklei oor die dieselfde man. Die regter, verweerder/aangeklaagde, klaagster, jurielede, toeskouers en strooimeisies sorg vir reuse-pret. Die soliste is Marius Steyn (regter), Charlene Martin (verdediging), Cobis Wilson (verweerder), Karen de Goede (klaagster) en Peter Kramer (bode van die hof). “Akte op die Vlakte” vind Saterdag plaas by Darling (Weskus) se NG Kerk om 19:00. Kaartjies is by die deur beskikbaar vanaf 18:00. Vir meer inligting, kontak 083 225 0059. Links is Cobis Wilson, Peter Kramer, Leslie Petric, Magriet Stemmet, Marius Steyn en Charlene Martin.
• voëlvleidam 95% vol in 2014; nou 41%
Spaar water - SM Die Swartland Munisipaliteit het vandeesweek 'n ernstige beroep op inwoners gedoen om water te bespaar. Al het die provinsie nog nie amptelik waterbeperkings afgekondig nie, het die munisipaliteit die belangrikheid van waterbesparing by inwoners beklemtoon. Weerstoestande in die Swartland het die afgelope weke gewissel van uitermatig warm tot koel en selfs koud met sterk wind. Die provinsiale departement van water en sanitasie is verantwoordelik vir die instel van amptelike waterbeperkings vir die verbruikers in die Wes-Kaap. Ná druk van plaaslike owerhede is ‘n vergadering Maandag in hierdie verband gehou. Die uitslag was teen druktyd nog nie bekend nie. At Botha, direkteur: siviele ingenieursdienste
van die Swartland Munisipaliteit, sê die persentasie-inhoud van die ses damme in die Swartlandse watervoorsieningstelsel, is die laagste in agt jaar en daar is dus genoeg rede om water spaarsamig te gebruik. “Daar kan slegs water bespaar word as daar water is om te bespaar - gesien teen die agtergrond dat ons hoofbron (Voëlvleidam) tans net 41% vol is teenoor 95% in 2014.” Botha het die volgende praktiese besparingswenke gegee: Doen gereeld ‘n water-oudit by die huis en slaan ag op die hoeveelheid water wat verbruik word. Herstel lekke op loodgieterstelsels en -toestelle. Monitor die watermeter gereeld vir hoë verbruik, want dit dui moontlik op ‘n lekkasie. Stort eerder as om in 'n bad vol water te week. Beperk die natlei van tuine tot voor 10:00 of na 16:00 in die middae.
Hanno van Schalkwyk, ‘n Vinpro-wingerdkonsultant, sê die droë toestande wat reeds sedert Augustus 2014 duur, het veroorsaak dat die groot opgaardamme, asook plaasdamme, se vlakke reeds teen einde September baie laag was. “Daar is ook gesien dat grondprofiele in areas in die kusstreek, wat tydens bot gewoonlik op veldkapasiteit is, droër as gewoonlik is. Klimaatsgewys kan daar nog baie gebeur tydens die seisoen om die situasie te verander, maar baie produsente begin reeds planne beraam om met beperkte waterhulpbronne oor die weg te probeer kom. "Waterbestuur en besproeiing skedulering is uiteraard baie area/streek spesifiek en gaan ook hand-aan-hand met die wyndoelwit en produksievlakke wat behaal moet word.“
NUUS • NEWS
18 November 2015
Swartland vaar goed in Salga-evaluasie
Die Swartland Munisipaliteit het ‘n goeie punt behaal in die jaarlikse Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (PEO) Gevorderdheids-evaluering (Maturity Assessment) van munisipaliteite in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse regering doen dié beoordeling, in samewerking met Salga WesKaap (SA Local Government Association). Swartland het ‘n punt tussen vier en vyf op ‘n vyfpunt-skaal behaal vir die vermoë om uitvoering te gee asook vir insig en strategie. Volgens die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz,
lê Swartland derde in die provinsie. ‘n Leemte wat uitgewys is, is die oorhoofse bestuur van PEO. Daar word aanbeveel dat ‘n struktuur op die been gebring word wat sleutel-besluitnemers binne die munisipaliteit, georganiseerde handel en ander PEO-vennote insluit. Organisasies of persone wat belangstel om by PEO betrokke te raak, kan ‘n e-pos stuur na swartlandmun@swartland.org.za – vir aandag 'strategiese bestuur'.
NUUS • NEWS
18 November 2015
Ouma en Oupa: Die Chris-
telike Privaatskool op Malmesbury (CPM) het gisteroggend die oumas en oupas van hul leerders bederf met ‘n spesiale program. Hier is Christine Marais saam met haar kleindogter Mia. Regs is Hanri Lesch saam met haar ouma Rala Lesch.
Toets jou motor gratis Die Swartland Munisipaliteit gaan weer vanjaar gratis padwaardigheidstoetse doen. Voertuie sal tussen 23 November en 11 Desember by die voertuig-toetsstasies op Malmesbury en Moorreesburg nagegaan word. Motoriste word aangemoedig om hul voertuie na een van die toetsstasies te neem, waar die ondersoeker gratis ‘n lys van defekte sal gee. Dit gee motoriste genoeg tyd om die voertuig te herstel voor daar met vakansie vertrek word.
Grootste onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Gesels met ons!
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za.
courant
dié
2
NUUS • NEWS
3
18 November 2015
• gedenkdiens vir LOMBARD
Riebeek onthou Niel steeds ná 40j Niel Lombard, 'n boorling en inwoner van Riebeek-Wes is ná 40 jaar steeds deel van die gemeenskap en hul gedagtes. Hy leef voort in die herinneringe van sy familie, vriende en tydgenote. Lombard is deel van die Ebo 4, saam met Keith Williamson, Eric Thompson en Daniël Taljaard. Hy het as lid van die Suid-Afrikaanse Weermag op 23 November 1975 vermis geraak en is nooit gevind nie. Lombard was deel van Operasie Savanna in Angola en die bestuurder van 'n gepantserde voertuig toe dit uitgeskiet is op die oewer van die Massabarivier. Lombard is nooit ge- Niel Lombard vind nie, maar volgens oorlewering is hy deur plaaslike inwoners naby die ongelukstoneel begrawe. Vandag huisves dié terrein 'n informele mark en geboue.
Genl-maj Gert Opperman, voorsitter van die Ebo Trust, het na maande se soeke en gesprekke met die Angolese-regering daarin geslaag om toestemming te verkry om die Ebo 4 huis toe te bring. In 2012 het dié soldate hul rus in die Suid-Afrikaanse grond gevind. Nie Lombard nie. Jaarliks word daar op die Sondag naaste aan die 23ste November 'n gedenkdiens en kranslegging vir Lombard op sy tuisdorp gehou. Vanjaar vind dié herdenking Sondag by die NG Kerk op Riebeek-Wes plaas met die diens om 09:30 gevolg deur die kranslegging. Onderaan die kennisgewing wat aan oud-lede uitgestuur is, staan dit duidelik: "Ons sal hom onthou". Lombard word oorleef deur sy ma (inwoner van die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury), twee broers en 'n suster.
Handelswette straks anders Konsep-verordeninge vir die informele handel en die aanbied van geleenthede, sal volgende week voor die Swartland Munisipale raad op Malmesbury dien. Die verordening insake informele handel kyk onder meer na die vryheid van handel, verbode gedrag, sindelikheid en gesondheid. Die verordening insake geleenthede (soos byvoorbeeld groot vergadeerings) se doel is om openbare byeenkomste in die munisipale gebied te reguleer. Daar kan ook sekere kriteria en voorwaardes opgelê word om te verseker dat daar aan alle reëls/wetgewing voldoen word, asook om die gesondheid, veiligheid en welsyn van die publiek te beskerm. Daar word ook uitvoerig aandag gegee aan
Polisieforums vergader
Die jaar staan einde se kant toe en vir baie organisasies beteken dit ook 'n jaarvergadering om die jaar se bedrywighede formeel saam te vat. Drie polisieforums in die streek se jaarvergaderings vind volgende week plaas: Die GPF op Riebeek-Wes se algemene jaarvergadering word eerskomende Maandag by die POP-sentrum op dié dorp gehou. Die vergadering begin om 19:00 en almal is welkom. Enige navrae kan gerig word aan 073 895 8866. Die volgende aand, Dinsdag 24 November, vergader Moorreesburg se forum. Dit begin om 18:30 in die Rosenhof-gemeenskapsaal. Navrae by 022 433 8680. Die Malmesbury Gemeenskap Polisieforum se algemene jaarvergadering vind op Donderdag 26 November plaas. Dit begin om 19:00 by die Malmesbury Polisiestasie.
plekke waar informele geleenthede toegelaat sal word. Sou ‘n informele handelaar versuim of weier om te voldoen aan ‘n skriftelike versoek, waarvan die inhoud aan hom/haar verduidelik is, om sy eiendom te verskuif of te verwyder, of daardie eiendom vir ‘n tydperk van meer as 24 uur sonder toesig laat, kan ‘n gemagtigde beampte die eiendom verwyder of skut. Indien die stadsraad die konsep-verordeninge volgende week in beginsel goedkeur, sal dit vir openbare kommentaar geadverteer word in die sosiale en ander media. Breër konsultasie met rolspelers betrokke by die reël van geleenthede sal ook plaasvind, vandaar die langer periode (tot 12 Februarie 2016) vir openbare deelname.
Prof praat op Malmesbury oor erfenis en ou geboue Die bekende kultuurhistorikus, prof. Matilda Burden, bied vanaand saam met Malmesbury Toerisme ‘n lesing op Malmesbury aan oor geboue en argitektuur. Burden sal in haar lesing ook kruisverwysings
na geboue op die roete inwerk. Die lesing begin om 19:00 by die Malmesbury Museum. Skakel die toerismekantoor by 022 487 1133 met navrae.
NUUS • NEWS
courant
18 November 2015
dié
4
Hoekom wag tot eendag ... as dit te laat is
Die mens het 'n mentaliteit van uitstel. Ek sal môre, of 'n bietjie later, of wanneer-ookal... So gaan die dae en weke en maande verby en bly daar altyd iets agter wat ons vergeet het, of iets wat ons nog wou gedoen het. Dan eendag besef ons dat die tyd verstreke is, dat ons nie meer iets aan die saak kan doen nie. Dat ons nie meer kan doen wat ons wou nie. Dan sit ons met die herinneringe, met die onthou, met die spyt wat spreekwoordelik altyd te laat kom. Ons onthou, ons vergeet nie. Ons herdenk as daar tydsverloop was. Selfs 40 jaar na 'n Swartland-seun sy lewe vir sy land gegee het, daar doer in die vreemde, onthou ons hom. Ons onthou almal wat vir volk en vaderland in die bresse getree het. Wat opgestaan het vir dit waarin hulle glo en dit wat hulle na aan die hart lê. Net so moet ons diegene wat al eeue heen stil die verloop van tyd dophou, herdenk en bewaar. Diegene met 'n lyf van klip, sement en bakstene. Diegene wat 'n tuiste was vir geslagte heen. Hulle het in stilte geskiedenis ervaar, dit saam geskryf. Hoe kan ons dan met 'n hamer daar invaar en dit afbreek? Om ons ou geboue te bewaar, om dit op te pas is ons plig teenoor ons nageslag. Ou karaktervolle gebou met soveel stories om te vertel moet met sagte watte-handskoene hanteer word, want dis broos en kosbaar.
VRL:
Die Laerskool Darling het hul nuwe hoofleiers vir 2016 verkies. Bo is Marisa Oosthuizen, Tyrone April, Zenita Marthinus, Sergio Mitchell en Dawie de Villiers (skoolhoof). In die middel is Kelly Maarman, Sergio Williams (hoofseun), Mozain Marthinus (hoofmeisie) en Leigchen Adams. Voor is Faith Beziek, Whitton April en Conrey Tango.
Skouspel: Die soet stemme van leer-
ders van die Maritza Sangskool het die Riebeekvallei gevul met die aanbied van hul jaarlikse skouspel.
Skryf nou in vir Kansa se Relay Vroeg volgende jaar is dit weer tyd vir die jaarlikse Relay for Life, Kansa se groot fondsinsamelingspoging. Die Kansa-kantoor op Malmesbury is reeds besig om hul vere reg te skud vir die geleentheid wat op 28 en 29 Maart op die terrein van Hoërskool Swartland plaasvind. Een van die ideale van Relay for Life is dat die hele gemeenskap daaraan moet deelneem juis omdat kanker geen grense het nie en nie geloof, taal of kultuur ontsien nie. Spanne van 10 tot 15 samel deur die jaar geld in en op die Relay-aand word deurnag om ’n sportveld gestap, simbolies van die lang stryd wat teen die siekte gevoer word. Spanne, besighede, kerkgroepe, families en sportspan-
ne word genooi om nou reeds in te skryf om aan die Relay for Life deel te neem. Navrae kan by Hester Smit gedoen word: 022 482 1111 of e-pos hsmit@cansa.org.za. Kontak ook Herman Aucamp (RFL voorsitter, 083 519 9575), Dolly Marais (083 809 1738) of Andries Burger (074 408 1055) om spanne in te skryf. Die eerste 10-span het ook reeds vir 2016 ingeskryf: BuildIt het besluit om vroeg in te skryf en daarmee saam ook ander ondernemings in die bedryf uit te daag om dieselfde te doen. dié courant sal lesers op hoogte hou van enige inskrywings en ook ander uitdagings.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Dankie:
Mensekind, ek stuur jou Die boek van Eségiël het baie gesigte (visions) in wat Eségiël, tydens die ballingskap gesien het Hy was in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier. Dit was op ‘n spesifieke tyd en plek wat hy die visie van die Here ontvang het. "Die volk van Israel, hulle is ‘n opstandige nasie wat teen My opgestaan het, hulle en hulle vaders het teen My oortree tot op hierdie selfde dag." Eségiël moes die woorde van die Here aan hulle gaan bring. Hy word reeds gewaarsku dat hulle hard van aangesig is, of hardkoppig is. "Hulle sal nie na jou luister nie, maar of hulle luister of nie jy moet My woorde aan hulle oordra." Hulle sal moet erken dat daar ‘n profeet in hulle midde was wat vir hulle die weg moes aanwys. Die Here sê aan Eségiël dat as hy na ‘n volk met ‘n onbekende taal gestuur was, sou hulle geluister het, maar hierdie volk van die Here, Israel is wederstrewig en het ‘n ongevoelige hart. Die Here Jesus sê self in Matheus hoofstuk tien, dat met die stede van Israel sekerlik nie klaar gekry (ge-evangeliseer) sal wees voor Sy wederkoms nie. Laat ons egter nie moeg word om die goeie nuus met ander te deel nie.
Die Laerskool Swartland op Malmesbury het by hul jaarlikse dankie-sêfunksie ouers van die skool vereer vir hul toegewyding. Links is Hilletje Bekker, Lize Snyman, Elsabe Minnaar, Lize-Mari Lategan, dr. Amanda Lategan en skoolhoof Kallie Rautenbach.
Kersvader kom kuier te fiets Malmesbury Fietsryklub gaan weer vanjaar kindergesiggies opvrolik met hulle Speelgoedrit. “Verlede jaar se poging was ‘n groot sukses,” het Elishia Drotschie aan dié courant gesê, “en ons wil graag voortbou op die oorweldigende reaksie wat ons van die gemeenskap gekry het.” “Ons vra almal wat dalk speelgoed het wat nie meer gebruik word nie of enige speelgoed wil skenk, om dit by Bike Addict op Malmesbury te gaan aflaai.” Daar is ‘n houer waarin die speelgoed gesit kan word.
Nie-bederfbare eetgoedjies of lekkers is ook welkom. Die deelnemers aan die pretrit sal op Woensdag 9 Desember om 17:30 by SAPD Malmesbury bymekaar kom. Hulle vertrek dan per fiets daarvandaan om die speelgoed aan die kinders uit te deel. Die roete gaan ongeveer 20km wees na Rustfontein en terug. Almal is welkom om deel te neem. “As jy nie ‘n fiets het nie, kan jy nog steeds speelgoed skenk en ons by Rustfontein kry om dit uit te deel.” Kontak Elishia vir navrae by 084 422 1361.
NUUS • NEWS
5
18 November 2015
Shop online at www.picknpay.co.za
Van bunker tot matriarg van haar eie teetuin
LANGEBAAN, MALMESBURY, WELLINGTON AND VREDENBURG Selected products on this page have been styled for photography
Gasvry Jean (voor) met haar seun, Don, en kleindogter, Natasha.
54
R
Bulk Farmstyle Boerewors
58
R
Per kg
PnP Bulk Pork Braai Chops Per kg
FESTIVE LOW PRICES FRESH
PnP NO NAME™ Fresh Chicken Braaipack 5s/16s Per kg
Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg
Nola Mayonnaise Assorted 730/780g Each
Bokomo Weet Bix 900g
PnP Canola Oil 2 Litre
35
90
Sasko Premium White Bread 700g
9 85
15 80
PnP Diced or Shoulder Bacon 200g Each
1690
16
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per pack
4990
31 90
Selati White Sugar 2.5kg
2550
2790
Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s
4890
90
Checking other supermarkets’ prices.
Including specials.
Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more. 1502241_39 x 8
Tyd wag vir niemand nie en oudword is nie vir sissies nie – sêgoed wat waar is maar van min hulp in ‘n steeds ouerwordende gemeenskap. Dit is nie die blote gedagte aan ouderdom wat mense bevrees maak nie, maar misdaad wat dikwels op seniors gerig is. Dit was die kopseer waarmee Jean Wilson van Malmesbury geworstel het Jean het ‘n lang en avontuurlike pad tot hier gehad. Sy is buite London in Shelly Croydon gebore en haar eerste sewe jaar, gedurende die Tweede Wêreldoorlog, in ‘n bomskuiling geleef. “Dit het sleg gegaan in Engeland ná die oorlog,” vertel sy. Haar oom het hom in Suid-Afrika kom vestig en toe haar en haar suster, Julie, gehelp om ook te kom. Hulle het by Ou Mutual in Pinelands gewerk en ook daar in ‘n hostel gebly. Later het hulle in Observatory by haar oom gebly. “Ons het begin bergklim en die natuur geniet.” Hulle ouers het ook geïmmigreer en ‘n hotel in Groenpunt oopgemaak. “Toe was ons naby die see. Dit was soos die paradys.” Sy is met Wally Beattie getroud en hulle het in die Tuine, Kampsbaai, Bakoven en Bellville gebly. Hulle het vier seuns: Michael, Don, Graham en Andrew. Wally is in 1993 oorlede en sy was stoksielalleen. Jare later ontmoet sy Len Wilson – die komediant van Malmesbury, soos sy hom beskryf. Hy was ook ‘n bekende rolbalspeler. Hulle is getroud en sy het na die huis in Dirkie Uysstraat (oorkant die hoërskool), waar sy nou nog woon, getrek. Drie jaar gelede is Wilson oorlede: “Dit was moeilik. ‘n Mens word ouer en dit is nie veilig om alleen te bly nie. “Don het toe met die voorstel gekom dat hy, sy vrou en een dogter, Natasha, by my kom bly en die teetuin begin.” Don en Natasha, is opgeleide chefs. “Don het ook in ‘n klooster leer brood bak. Ek is so gelukkig,” sê Jean. Dit is heerlik om nie alleen en bang te wees nie, om nie snags te lê en luister na vreemde geluide nie.” Die teetuin is weeksdae oop van 07:30 tot 16:00 en Saterdae van 07:30 tot 14:30. Daar is ‘n sandput om woelige kleingoed besig te hou. Die spyskaart bied ‘n interessante watertand-verskeidenheid wat bedien word met koffie, tee en allerlei koeldrank. “Kom sit hier in my tuin. Geniet die bome, die blomme en die voëls. Bring jou vriende of ‘n boek, kuier so lank jy wil.”
PRICES VALID 19 - 22 NOVEMBER 2015 AT PICK N PAY LANGEBAAN, MALMESBURY, WELLINGTON AND VREDENBURG ONLY Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
1502241_39x4 Vredenburg Christmas.indd 1
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015 2015/11/17 3:25 PM
NUUS • NEWS
6
18 November 2015
Beste diensverskaffers gekroon Die Malmesbury Sakekamer het Vrydagaand by hul jaarlikse gala-dinee die wenners van die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Vanjaar is daar sowat 70% meer stemme as verlede jaar ontvang.
Groot Besighede:
In dié afdeling is Malmesbury Superspar as die wenner aangewys, met AgriMark in die tweede plek en BuildIt derde. Bo is Des Möller (mede-eienaar Malmesbury Superspar), Jacques Schade (AgriMark) en Beaula Theunissen (BuildIt).
Staatsdienswerker van die Jaar: Wilhelm
Louw, ambulansdienste, is aangewys as die Staatsdienswerker van die Jaar. Nie net ontvang hy 'n wisseltrofee as die eerste wenner van dié kategorie nie, maar ook 'n kontantprys geborg deur Pioneer Malmesbury.
Medium Besighede: In
Malmesbury Persoonlikheid:
Emo: Die gewilde sanger Ema Adams
het Saterdag op Malmesbury gekuier saam met die Wesbank Rugbyklub as deel van 'n fondsinsameling ten bate van die klub. Bo is hy saam met Elna van Wyk, Michelle September en Hildegard Lategan.
dié afdeling is Geard Apteek as die wenner aangewys, met Henks Vleismark Kekkel en Kraai in die tweede plek en Land van Kabouters derde. Links is Thys van Wyk (Henks Vleismark/ Kekkel en Kraai), Marlene Ligthart (Land van Kabouters) en Keith Johnson (Geard Apteek).
Fanie Malherbe is vir sy onbaatsugtige diens aan die gemeenskap vereer met die toekenning as "Malmesbury Persoonlikheid". Die kontantprys wat hy ontvang het, geborg deur Pioneer Malmesbury, kan hy oorhandig aan die liefdadigheidsorganisasie van sy keuse.
Klein Besighede:
Swartland Apteek het in die afdeling met die louere weggestap. In die tweede plek was Die Herehuis gevolg deur Kontreispens in die derde plek. Regs is Sumyne du Preez (Die Herehuis), Linda Cotter (Swartland Apteek), Elsabe Minnaar (Kontreispens) en Adri Mostert (Kontreispens).
Kevin Leo:
Die Afrikaanse sanger Kevin Leo, bekend vir sy tenoorstem, sing op Dinsdag 8 Desember by die Kontreispens op Malmesbury. Kaartjie vir die vertoning van dié bekende lid van die trio Drie van die Bestes, asook sy meer onlangse vertonings saam met Jakkie Louw en die liedjie Voshaarnooi wat hulle afgestof het, is beperk. Bespreek jou plek vir die gesellige saamkuier met iets te drinke en versnaperinge uit die restaurant se kombuis @R180 per persoon by Kontreispens in Piet Retiefstraat.
NUUS • NEWS
18 November 2015
7
Checkin vier 32 jaar op MRB Vrydag vier Checkin Supermarkte op Moorreesburg 'n reuse-mylpaal: Hul 32ste verjaarsdag! Dié verjaarsdag is nie een wat sommer ligtelik opgeneem word nie en word daar groot pryse en feesvieringe beplan. Die verskillende takke kompeteer ook onder mekaar met hul verjaarsdagvieringe en ding hulle mee in afdelings soos tema, uitstallings binne en buite die winkel en vele meer. Dié verjaarsdagpromosie (sien advertensie onder) eindig op 1 Desember en word die algehele wenner van die R10 000-prys aangekondig. "Ons nooi die publiek uit om die dag saam met ons te kom geniet," sê eienaar Jaco Brand. Pryse ter waarde van R6000 word op die dag weggegee. Checkin spog met 21 ko-operatiewe winkels en ses konsessiewinkels in die groep.
Links is Tokkie (bakkery), Bobby en Foenie. Marie, Annalene, Wilna, Maggie, Jenny, Meitjie, Celestine, Stacey, Bruce, Pung, Maureen, Willem en Tokkie.
Links is Foenie, Stacey, Jan, Celina, Maggie, Jackey, Meitjie, Bobby en Jaco.
8
Dagboek • Calender
Hokkievergadering 19 November - Stigting van hokkieklub vir Malmesbury, om 19:00 in die Olok-saal, Hoërskool Swartland. Navrae: 082 441 7220.
Never Despair Jaarendfunksie 20 November - In die Wesbank Gemeenskapsaal. Die kaartjies is R80. Kaartjies Is by Monray January beskikbaar. Malmesbury krieketklub 21 November - Saterdag se wedstryde is soos volg: MKK2 teen Klapmuts (weg) en MKK1 tSpes Bona CC (tuis) op Dieprivier, Malmesbury. Wedstryde begin om 10:00.
Groot droom bewaarheid met
Huis Thea van Niekerk
‘n Groot droom het bewaarheid geword toe Huis Thea van Niekerk, Aandskemering se huis vir demensielyers, in Junie 2015 in gebruik geneem kon word. Die huis bied versorging vir persone met Demensie wat in ‘n stadium verkeer waarin nog kwaliteit tot hul bestaan toegevoeg, kan word deur middel van ‘n spesiale versorgingsprogram. Die oomblik wanneer Demensie oorgaan na die toestand van Alzheimer, die ernstigste fase van Demensie, is sodanige pasiënte nie langer vatbaar vir programme wat geskik is vir demensielyers, soos tans die geval is met inwoners van Huis Thea van Niekerk nie. Hierdie spesiale huis kon bekom word deurdat ‘n weldoener ‘n geldelike skenking gemaak het wat die koop van die huis moontlik gemaak het. ‘n Hele aantal strukturele veranderinge moes gemaak word om die huis op ‘n geskikte wyse in te rig vir die behoeftes van die demensiepasiënte. Die huis beskik oor 11 beddens waarvan 9 reeds beset is.
Die personeel wat die tehuis beman, werk op dieselfde basis as die personeel, Verpleeg en Huishoudelik, van Aandskemering: Met ander woorde die huis word 24 uur beman deur opgeleide personeel. Senior geregistreede personeel koördineer die dienste en hou voortdurend toesig. Met die keuse van personeel, moes selektief te werk gegaan word om ervare persone te kies wat oor spesiale vaardighede beskik om die versorging van demensielyers te doen. Dit is dan ook met groot omsigtigheid gedoen en van die begin van die huis verloop die interaksie tussen die pasiënte en personeel baie goed. Etes en wasdienste word vanuit Aandskemering gedoen. Dit moet in gedagte gehou word dat die algehele verloop van hierdie demensiehuis in ‘n baie groot mate verskillend is van die gewone algemene tehuis vir bejaardes. Sedert die opening van Huis Thea van Niekerk het verskeie persone donasies gemaak in die vorm van kontant, meubels, gordyne, breekware, linne, tuinbenodigdhede, e.a. Aan diegene dan bring ons opregte dank en waardering.
Geseënde Christusfees aan al ons ondersteuners. Sonder julle sou vanjaar nie moontlik gewees het nie. Voorspoed met 2016! Pleinstraat 6, Malmesbury, 7300 Telefoon : 022 482 1466 • Faks : 022 482 3039 • E-pos : aandskemering@cornergate.com
"Movember" 21 November - Aerobics vir Almal @ Langsdiebos Mark, Malmesbury aangebied deur Herbalife 24FitClub. Vir oud en jonk, fiks en onfiks, van 09:00-10:00. R5 per persoon. Op die Voortrekkerterrein agter HS Swartland se sportterrein.
NUUS • NEWS
18 November 2015 VGK Riverlands basaar 28 November - Die jaarlikse basaar begin om 09:00 en verskeie items en sport word aangebied. U kan ook u voertuig bring om te was en gestofsuig te word teen R40 en die dames kan ook aan hul hare aandag gee teen R40.Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees met lekker kos en snoeperye. Kersversierings vir Elkana 28 November - kompetisie @ Langsdiebos Mark. Eerste dag van uitstalling. Deelnemers kan vanaf 07:30 – 09:00 hul versierings na die mark bring. Om in te skryf, stuur slegs “Kersversierings”, jou naam, selnommer, e-posadres en kategorie waarvoor jy inskryf aan langsdiebosmark@gmail com of 072 052 6280. Riebeek West Funky Fresh Market 28 November - Last Saturday of every month. Alexi/ Willie: 084 601 3635/ 083 748 6328 / wrhino@ telkomsa.net
Malmesbury Aglow 21 November - Meeting at 15:00 at the Rivers of Life Christian Fellowship CHruch, Darling Rd (opposite Prima Bande). Everyone welcom. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636.
Piket-bo-Berg Farmers Market 28 November - Last Saturday of Every Month at the farm Kruistement, 09:00-12:00. Riette Bryant: 022 914 5652.
The Barn Market 22 November - At The Barn, Riebeek Kasteel from 10:00 to 16:00. Gifts, food, wine; kiddies corner with free jumping castle. Info: Hilde at 084 653 7118 or hildehenderson@gmail.com.
Hengelkompetisie 28 November - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044.
Cook- Off 27 November - Riebeek Valley . Cook- Off. 022 448 1110 info@kasteelberg.com. Christmas Light Market 27 November - Malmesbury Christmas Light Market. 022 487 1133 swartlandtourism@westc.co.za. Werfmark 27 November- Porterville Werfmark. 022 931 3484. Swartland Opkomende-Boeremarkdag 28 November - Moorreesburg by die smousterrein, vanaf 07:00 tot 16:00. Vars en ingelegte groente en vrugte, braaiborde ensovoorts sal te koop wees teen billike pryse. Vir navrae, kontak Nicolette Cupido by 071 960 7913. Bootsale/Markdag 28 November – Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Ilze by die Moorreesburg/Koringberg Toerisme kantoor vir enige navrae, 022 433 1072.
Kerke • Churches
Royal Impact Temple 22, 29 November, 6, 13 December - Four Super Sundays at te Ilingelethu Thusong Centre, Malmesbury: healing, deliverance, prophetic, miracles. From 09:30 - 1:30. Contact: 022 487 1224/ 060 395 1996.
Langarm Aand 28 November - Dans saam op De Hoop-plaas, 3km uit Malmesbury op Darling-pad. Hekke open 17:00 tpt 19:00 viringang, kuier tot ;aat. Toegang R90 per persoon, braaikos en slaaieingesluit. Bring eie drinkgoed. Navrae: e-pos kookkombuis@gmail.com of skakel 084 399 4513. Beperkte kaartjies, bespreek asb. Slegs 18 jaar en ouer. Xmas Light Festival 4 Desember- Porterville: Xmas Light Festival. 022 931 3732 Die Gelukkig Prins 5 Desember - Darling Kllege bied die opvoering aan van Die Gelukkige Prins deur Oscar Wilde; om 19:00 in NG-kerksaal, Darling. Kinders gratis, pensioentrekkers R20, volwassenes R30. Neem jou eie drinkgoed en verversings. Kaartjies by Darling Kollege: admin@darlingcollege.org.za, tel 022 492 3429. Wind Riders Rugbyklub 5 Desember - Prysuitdelingsfunksie, 17:00 in die Middel-Swartlandsaal, Ruststasie. Kaartjies R70 by die deur. Navrae by 072 896 9721.
Shofar 22 November - Markus Fourie praat oor hoe om jou verlede agter jou te los. Die diens begin 09:30 by Voortrekkerstraat 48, Malmesbury. Kontak hulle by 079 214 4578.
AGS Corpus Christi, Malmesbury 22 November - Om 09:30 is daar 'n sellediens. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902.
Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se laaste diens vir die jaar is 6 Desember om 10:00 te Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak hulle Maandae tot Donderdae tussen 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
PPK Bethesda Malmesbury 22 November- om 10:00 diens en Sondagskool en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787.
Malmesbury Methodist Church 22 November - 09:15 Sunday Worship - 08:15 Sunday school. Ccontact Mrs Ingrid Wells at 072 021 7863 or 072 785 8111.
NUUS • NEWS
9
18 November 2015
Wines2Whales:
Protea-hengel:
Chris van der Westhuizen van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is Protea o.16-hengelspan opgeneem en sal Suid-Afrika by die jaarlikse internasionale kushengel-kompetisie verteenwoordig. Dié kragmeting vind gedurende Desember teen die span van Namibié plaas.
In dié fietsren het talle Swartlanders hul slag gewys. Gawie Combrinck en Johan Rabie van Team EAI South Africa het algeheel tweede geëindig, met Adriaan Louw en Hendrik Kruger van Team Contego Pro MTB derde. Ashleigh Moolman-Pasio en Carl Pasio vanTeam Bigla was eerste in die gemengde spanafdeling met ‘n gesamentlike tyd van 10 ure 7 minute en 5 sekondes. Johan Stephan en Rickus Jooste van Piketberg, wat twee jaar gelede die sport opgeneem het, het ook goed presteer nadat hulle as span, ‘Spuds on the Run’ 35ste gekom het uit die sowat 589 spanne wat deelgeneem het. Die 2015 FNB W2W MTB het 3900 ryers gelok (1950 spanne van twee elk) in die drie wedrenne (Avontuur, Ry en Resies). Spanne het op die Lourensford Wynlandgoed buite SomersetWes weggespring en moes deur en oor 13 wynplase, 26 privaatplase, ses berge, historiese paaie en bergpasse en natuurgebiede ry om by Hermanus te eindig. Bo is Johan Stephan, Harry Orr en Rickus Jooste met die voltooiing van die rit.
Fondse: Leerders en personeel van
Anne Pienaar Gedenk Primêr het R1840 ingesamel ten bate van kankerlyers. Hier ontvang Cheryl Coetzee, Graad 3-opvoeder by Anne Pienaar Primêr se H.O.T.T.T. (Helping other through tough times)-span wat deel vorm van die Kansa-relay, die geld van Madelé van Papendorp, Graad R-opvoeder.
10
NUUS • NEWS
18 November 2015
NUUS • NEWS
11
18 November 2015 Betrekkings Vacancy BERGZICHT DIEREHOSPITAAL – Tweetalig, vriendelike, warm persoonlikheid, rekenaargeletterd, eie vervoer en bereid om Saterdae te werk, 'n paar vereistes om deel van ons span te word. Debiteureen Krediteure- ondervinding verkieslik. Begindatum - Jan 2016. CV na financialbah@ gmail.com #2263 ------------------------Betroubare huishulp vir besige plaashuishouding, 5dag-week, geen drinkers of rokers. Koskookvaardighede, verwysings NOODSAAKLIK. Eie vervoer 6km vanaf Moorreesburg of behuising op buurplaas. Salaris onderhandelbaar. 0834358651. #2216/4 ------------------------EARNINGS OPPORTUNITY. Avon representatives needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510 #2209/5
Dienste Services
AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens, kontak ons gerus vir 'n gratis kwotasie – 079 502 7074 #2215/4 ------------------------BESPROEIING – Vir al u besproeiing-doeleindes, kontak my gerus. Voorkom hoë waterrekeninge dié jaar. Kontak ons nou – 079 502 7074 #2214/4 ------------------------F.N.C: Cleaning of carpets and lounge suites @ R170 per room. Contact Neil 060 448 8802. #2015/3 ------------------------Fridge repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/5 ------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Souten soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke,
terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www.melieta’skitchen.co.za. #2058/14 ------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/18
Gelukwensing Congrats
18 NOVEMBER
Mag jy God se liefde en seëninge ontvang op hierdie spesiale dag. Veels geluk met jou 21ste verjaardag. Met baie liefde - Van: Pa, Ma en Charlton #2260
Gesoek Wanted
Klere, skoene, linne, komberse, onderklere, ou kussings, kombuisware, bakplate, potte en panne, ornamente, handsakke, matte, speelgoed, muurbehangsels, ligte elektriese ware in ‘n werkende toestand. Betaal kontant. Kontak mev Swart. Sel : 084 7023 196 #2263 ------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/24
Te Huur To Let
Enkelwoonstel onmiddellik beskikbaar vir slegs een persoon. R2700,00 per maand. Kontak 082 801 6992 (Malmesbury) #2252/1
------------------------Enkelkamerwoonstel (bachelor) te huur geleë in die middedorp (Malmesbury). Beskikbaar 1 Desember 2015 teen R2000,00 per maand. Kontak Monique Liedeman vir aansoekvorm by 022 - 482 1101 #2261 ------------------------Kantoorspasie te huur op Malmesbury – 200m2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/14 ------------------------Stoor te huur in Malmesbury - 700m² stoor met kantoor, instap kluis en kamer met badkamer vir sekuriteit te huur. Sluit 'n 1000m² 'yard' in. Kontak Radie Brandt 082 564 5470 #2250
Te Koop For Sale
6 Groot Koi visse plus pompe en filter. Kom kyk gerus en maak my ‘n aanbod. Kontak 072 114 9176 #2262 ------------------------GROENBONE te koop – Riebeek-Kasteel. R60 vir 6kg. Kontak 082 523 9804 #2259 ------------------------Muller – 079 413 2520 1xLG Mikrogolf (med) – R490 ; 1xLG Mikrogolf (grt) – R590 ; Indesit Front Loader Wasmasjien – R990; 1xElektriese twee plaat met oond – R450; 1xPine klein lessenaar – R450 ; Kombuistafel met yster pote – R400 ; Pine Enkelbed en matras – R750 ; 1xQueen Cloud Nine-basis en matras – R950 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2251 ------------------------Stokvis-filette – R45 p/ kg; Krummelvis – R40/ kg, Visvingers – R32/kg . Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/14 ------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes
& Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/21
Voertuie Vehicles
DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie-lopende bakkie & -motors welkom. #2006/10 -------------------------
Kontak ons by 022 487 3221 om van jou wit olifant ontslae te raak.
courant
tel 022 487 3221
18 November 2015
• YSTERS in meesters
Sportuitslae Sports results
Gesogte titel op die spel
Elke gholfspeler droom daarvan om ‘n Groen Meesters-baadjie te kan aantrek. Danksy die RSAM Malmesbury Meesters is dit nou vir Malmesbury se gholfspelers ook moontlik om as 'n Meesters Kampioen gekroon te word. Die RSAM Malmesbury Meesters word vanjaar die derde agtereenvolgende jaar aangebied en het hom vinnig as een van die hoogtepunte op die kalender van die Malmesbury Gholfklub gevestig. Vir spelers om te kan kwalifiseer om om die RSAM Malmesbury Meesters titel mee te kan ding, moes hulle in die voorafgaande 12 maande ‘n amptelike kompetisie van die klub gewen het. Die uiteindelike wenner kan homself dan met reg beskou as die “wenner van die wenners!” Amos Schreuder, 2014 se kampioen, gaan kyk of hy geskiedenis kan maak deur sy titel suksesvol te verdedig. Spelers wat nie kon kwalifiseer om deel van die RSAM Malmesbury Meesters te wees nie, kan steeds kom deel in die heerlike
NUUS • NEWS
18 November 2015
SPORT
dié
12
atmosfeer van die dag. Saam met die Meesters-kompetisie is daar ook 'n kompetisie vir die “Wenner van die Dag”. Enigeen kan aan dié kompetisie deelneem en sal die wenner outomaties kwalifiseer om in volgende jaar se RSAM Malmesbury Meesters te kan speel. Soos die voorafgaande jare is daar vanjaar weer ‘n voertuig op die spel vir ‘n volmaakte-gelukhou op die 15e gat. Vanjaar is dit ‘n Nissan NP200-bakkie, geborg deur JB’s Nissan, wat op die spel gaan wees. Die opgewondenheid sal groot wees indien iemand vanjaar met die sleutels kan wegstap! Die inskrywings vir dié dag vorder fluks en word daar ‘n veld van by die 120 spelers verwag. Inskrywingsfooie vir die spelers is R220. Dit sluit in hul spelersfooi, ‘n geskenkpakkie en aandete. Spelers is welkom om hul gades en kinders na die aand se prysuitdeling te bring. Etekaartjies kos R120 (kinders onder 12 sal ‘n gratis worsrolletjie kry). Kontak 022 487 1289 vir inskrywings.
Fietsry - Malmesbury Fietsryklub FNB Wines2Whales (W2W) - 8 Nov : Top 5 Results / Stage Three Men: 1 Gawie Combrinck and Johann Rabie / EAI South Africa 02:41:40; 2 Erik Kleinhans and James Reid / 02:42:39; 3 Adriaan Louw and Hendrik Kruger / Contego Pro MTB Team 02:49:52; 4 Konny Looser and Christoph Sauser / Investec Songo 02:49:53; 5 Matthew Beers and Stephan Senekal / Red-E 02:50:55. Women: 1 Robyn De Groot and Jennie Stenerhag / Ascendis Health 03:12:46; 2 Candice Neethling and Ariane Kleinhans / RECM Ladies 03:13:48; 3 Theresa Ralph and Samantha Sanders / Galileo Risk Valencia 03:20:22; 4 Janine Rawlinson and Carla Van Huyssteen / Time Freight E Team 03:36:24; 5 Michelle Lombardi and Hanlie Booyens / Tiletoria Ladies 03:44:06. Mixed: 1 Andreas Studer & Carmen Buchacher / Craft cycling 03:14:37; 2 Ashleigh Moolman & Carl Pasio / Bigla 03:14:40; 3 Kobus Barnard & Fienie Barnard / Kromco Barnards 03:17:10; 4 Yolandi Du Toit & Gordon Alan / Garmin Navworld 03:20:22; 5 James Lennard & Katherine Lennard / Team Lennard 03:24:47. Top 5 Results / GC: Stage One, Two and Three combined: Men: 1 Erik Kleinhans & James Reid / Team RECM 08:17:19; 2 Gawie Combrinck & Johann Rabie / EAI South Africa 08:27:37; 3 Adriaan Louw & Hendrik Kruger / Contego Pro MTB Team 08:34:03; 4 Konny Looser & Christoph Sauser / Investec Songo 08:35:07; 5 Matthew Beers & Stephan Senekal / Red-E 08:36:42. Women: Robyn De Groot & Jennie Stenerhag /Ascendis Health 09:46:19; Candice Neethling & Ariane Kleinhans /RECM Ladies 09:50:12; 3 Theresa Ralph & Samantha Sanders /Galileo Risk Valencia 10:19:43; Janine Rawlinson & Carla V Huyssteen/ Time Freight E Team 11:07:53; Michelle Lombardi & Hanlie Booyens / 11:21:01. Mixed: 1 Carl Pasio & Ashleigh Moolman / Bigla 10:07:05, 2 Andreas Studer & Carmen Buchacher / Craft cycling 10:12:07, 3 Yolandi Du Toit & Gordon Alan / Garmin Navworld 10:15:55, 4 Kobus Barnard & Fienie Barnard / Kromco Barnards 10:18:38, 5 James Lennard & Katherine Lennard / Team Lennard 10:36:18. 2-4 November Wines2Whales Ride (3 dag resies): Fietie Rocher: Dag 1 75km 5:07:33; Dag 2 68km 4:13:05; Dag 3 75km 4:38:22. 15 November: Langebaan LCE Mtb Challeange: 38Km: Marius de Kock 1:54:27; Elishia Drotschie 2:01:57; Annemarie de Kock 2:19:22.
Gholfdag:
Die NG Noord-gemeente op Malmesbury het in hul jaarlikse gholfdag weer stokke geswaai. Links is Alwyn Steyl, Ian Phillips, Sakkie Rumboll en Alwyn Zaayman.
Gholf: Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - 11 November: Enkel Stableford G. Bester 21; J. Snyders 19; Jannie Kemp 19; Piet Kemp 16. Rola Sundowner - 13 November: Enkel Stableford Marcelle van Lill 22; George Prinsloo 21; Reinier van Wyk 20; Jean Pieters 19; Marcelle Prinsloo 18. Stableford Samespel: Saterdag 14 November M. Cloete, P. de Leeuw, JC Geduld, W. Beukes 132; F. Pennels, R. de Leeuw, D. November, S. Conrad 129; M. van Wyk, L. Vice, J. Fouche, E. Fouche 118; K. Loubser, D. Coetzee, J. vd Merwe, R. v Wyk 117; P. Basson, A. Schreuder, P. Basson Jnr, F. Geldenhuys 117; W. Classen, M. Julies, E. Bouwers, H. Greybe 117.
êrens swem ‘n duur snoek
Kolhou:
Saterdag was ‘n geborgde dag op Malmesbury-gholfbaan. Donovan Visser (bo), Sakkie Claasen, Billy Howburg, Eben Lingeveld was die formaatspelers van die dag wat die samespel-kompetisie gespeel het. Visser slaan 'n kolhou op die derde putjie. ‘n Opwindende potjiespel tussen Claasen en Visser het geëindig met Visser wat deurgaan na die halfeindstryd.
Die gewilde Snoek Classic op Yzerfontein vier vanjaar sy tiende bestaansjaar. Op 19 en 20 Desember sal hengelaars meeding vir die groot prys: ‘n 16-voet ski-boot vir die swaarste Kaapse snoek. Die boot het twee 60-perdekrag Yamahaenjins en ‘n gegalvaniseerde sleepwa. Die totale waarde is R330 000. Pryse word ook gegee vir die tien grootste snoeke, die beste junior en vroue hengelaar. Daar is ook gelukkige trekkings. Die totale prysgeld is meer as R400 000. Inskrywings is vir ‘n volle span (skipper en vol bemanning). Die fooi is R400 per persoon, wat ‘n geskenkpak en braai insluit. Juniors betaal R150. Inskrywings is beperk. Vir meer inligting skakel Theunis, 083 306 5510 of die webblad www. yzerboatclub.co.za om die inskrywingsvorm en wedstrydreëls af te laai.
Shop online at www.picknpay.co.za
FESTIVE
LOW PRICES
BUY 2 FOR 4th Street White or Rose 5Litre
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, , DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
29
R Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml Per Pack
90 R49
R
Hunter’s Assorted 6 x 330ml Per Pack
85
109
R
R
Smirnoff 1818 Vodka 750ml
Richelieu Brandy 750ml
Autum Harvest Crackling White or Rose 1.5 Litre Each
85
R
Each
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
2590 Coca-Cola Regular 2 Litre
1502131 _100 x 260
PRICES VALID 19 - 22 NOVEMBER 2015
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1502131_10x8_Vredenburg_Liquor.indd 1
2015/11/11 2:27 PM