courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Swartland
dié
1
18 Maart 2015
Uitgawe 312
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Koes: By die Swartland Oval Karting se byeenkoms Saterdag op Malmesbury, was daar geen tekort aan aksie nie. Die knortjor van
Herman Calitz het teen die kant van die baan vasgejaag en is in die lug gelig op dieselfde oomblik wat Francois Geldenhuys moes koes om onderdeur te kon ry. Niemand is beseer nie en die ren het voortgegaan. Foto: Joanne Putter
• Nuwe blik op sosio-ekonomiese toestande
Swartland beplan vooruit Munisipale bestuur gaan lank reeds nie meer bloot oor die voorsiening van dienste soos water, krag en riolering nie: by Swartland Munisipaliteit word daar toenemend aandag gegee aan sosiale probleme en gemeenskapsontwikkeling. Hierdie benadering is onlangs weer benadruk toe die Wes-Kaapse regering aangekondig het dat Swartland een van net vyf munisipaliteite is om ‘n bedrag van R20 miljoen te ontvang vir ontwikkeling en spesiale projekte. “Dit vat harde werk van amptenare en raadslede om dié soort voorlegging voor te berei wat die regering, en in dié geval ook die Duitse Ontwikkelingsbank, te beïndruk,” het die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, aan die media gesê en bygevoeg: “maar ons weet daar is geen sukses sonder die bereidheid om op te offer nie.” Kyk ‘n mens na die paadjie wat hulle moes loop met die aansoek, is dit duidelik hoeveel beplanning en bloedsweet net in die aanvoorwerk
gegaan het. Die eerste bod vir die sogenaamde VPUU (Violence Prevention through Urban Upgrading) is reeds in 2013 gedoen. “Ons eie navorsing, asook dié van ander rolspelers hier en in die buiteland, toon al meer hoe omgewing sosiale misdaad aanhelp,” het burgemeester Tijmen van Essen gesê. “Deur aandag te gee aan die omgewing, skep ons 'n gesonder leefruimte, veral vir ons jeug.” In Januarie 2014 het premier Helen Zille die Swartland Munisipaliteit ingelig dat hulle gekeur is om aan die Streek Sosio-Ekonomiese Program (die sogenaamde Regional Socio-Economic Programme of RSEP) deel te neem. Hiervolgens word programme oor departemente heen beplan om sosio-ekonomiese ontwikkeling in teikengebiede uit te rol. Gesprekke met belangegroepe, rolspelers, diensverskaffers en opnames onder inwoners, het kwesbare gemeenskappe en gebiede in die Swartland uitgewys. “Ons het toe ‘n gedeelte
van Wesbank en IlingeLethu geïdentifiseer om eerste aandag te kry,” het Scholtz gesê. “Onderliggend aan die RSEP-program is die bemagtiging van gemeenskappe deurdat hulle inkoop in die proses en eienaarskap van hulle gebiede aanvaar. Die projekte behoort dus die gevolg van gemeenskapsbetrokkenheid te wees. Onder die eerste projekte is openbare toilette, inligtingsborde, ‘n ontspanningsklub ‘n afstand-polisiediens, parke, heinings, bome en vullisblikke. Ons wil ook aandag gee aan opleiding van kleinsakelui, toilette vir agterplaasbewoners, ‘n OTM, spoedwalle en straatligte.” Later sal daar aandag gegee word aan ‘n binnenshuise sportsentrum, winkeltjies, sypaadjies, sirkelroetes, sportontwikkeling en verfraaiing. Die R20 miljoen sal oor vier jaar aan die munisipaliteit oorbetaal word. “Ons is reg met ons planne – ons kan onmiddellik begin om uitvoering daaraan te gee,” Scholtz gesê. Die eerste projekte behoort binne vier maande te begin.
NUUS • NEWS
18 Maart 2015