Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Uitgawe 156

die

swartland en weskus

18 Januarie 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Groengoud nou gepak

Parstyd in die Swartland Op die plaas Helderberg van Hennie Vlok is dit ‘n miernes van bedrywigheid. Daar word nou gepak aan die Regal Seedless vir die oorsese mark. Regs bo is Devon Cloete in die wingerde besig om te sny. Foto’s: Cor Cronjé REGS: Darling Kelder het vandeesweek begin om parsdruiwe te ontvang. Hier word Sauvignon Blanc van Wessel Rauch, Morningstar, afgelaai. Foto: Esmaré Bester

Swartland matrieks blink uit

Hoop vir Petrolene de Beer


courant

die

2

Wie hou jou terug?

Die nuwe jaar kom met talle nuwe uitdagings. Op facebook sirkuleer verlede week die volgende storietjie: By ‘n groterige onderneming kom die personeel terug by die werk en ‘n kennisgewing op die deur lui: “Die persoon wat jou die meeste verhinder het om te groei in die onderneming, is gister oorlede. Ons nooi jou uit na die roudiens en laaste eerbetoon wat in die gimnasium sal plaasvind, vanmiddag om 16:00.” Almal, erg geskok en wonder wie die oorledene is, word een vir een in ‘n ry by die oop kis voor in die diens verby geneem. Almal se gesigte geskok as hulle klaar gekyk het, want onder in die oop kis is net ‘n groot spieël, met die woorde: “Daar is slegs een persoon wat in staat is om beperkinge op jou groei te plaas: dit is JYSELF.” Jy is die enigste een wat in staat is om jou lewe te verander. Die enigste persoon wat kan bepaal hoe gelukkig jy vandag gaan wees of hoe suksesvol. Jy is die enigste persoon wat jouself kan help of jouself belemmer om te groei in 2012. Jou lewe verander nie as jou werkgewer verander, of jou vriende verander, of jou ouers verander, of jou lewensmaat verander of jou kinders verander nie. Jou lewe verander slegs wanneer JY verander, wanneer jy verder strek as wat jy dink jy in staat is om te strek. Wanneer jy glo dat jy tot alles in staat is, slegs dan eers sal jy werklik tot alles in staat wees.

Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur: Dr. Andrew Bosman

18 Januarie 2012

courant HAB

Kamera’s kliek vir eerste prys Die Swartland Fotografieklub het by hul Algemene Jaarfunksie die top-fotograwe van die afgelope jaar aangewys. Charlene van Vuuren is as die fotograaf van die jaar aangewys met Pauline Hardcastle as junior fotograaf van die jaar. Johanna van Wyk was die fotograaf met die bester vordering, gevolg deur Isabel Crous en Marietjie Visser. Die foto van die jaar is deur Peter Hardcastle opgeraap met Pauline Hardcastle in die tweede plek en Clifford Wyeth in die derde plek. ONDER: “Window to my soul” van Peter Hardcastle is as die Swartland Fotografieklub se aandwenner vir Desember 2011 aangewys. REGS: Die kategoriewenner van die aand was “Luzanne” van Peter Hardcastle.

REGS BO: By Donderdag se byeenkoms was Nico Degenaar se foto, “The Merc” die kategoriewenner. REGS: Degenaar se foto, “evening waltz” is as die aandwenner by Donderdag se byeenkoms aangewys.

Nuwe Voornemens Sommige maak jaarliks voornemens vir die nuwejaar. Ander voel dit is ‘n mors van tyd, want daar kom gewoonlik nie veel van nie. Ons is deur die Skepper geskep om Hom te verheerlik. Dit klink ook mooi, maar ons is nie in staat om ons eie idees deur te voer nie. Moontlik moet ons bid dat ons met die hulp van die Here ons doel bepaal en deur Sy instaatstelling ook kan uitleef. In die eerste hoofstuk van Spreuke skryf Salomo dat ons ons moet wend na God se teregwysing, dan laat Hy Sy Gees vir ons uitstroom, wil Hy Sy Woorde aan ons bekend maak. Daar was een Josef, een Moses en een Dawid en hulle het nie dieselfde rolle vertolk nie. God het elkeen uniek geskep vir ‘n bepaalde rol, sodat Hy Sy plan met hulle kon bereik. Mag u hierdie jaar binnegaan, bereid om die Here te vra wat Hy deur u wil doen. U is ook soos Moses, of Dawid of Josef uniek en vir ‘n bepaalde doel geskep.

Gereed vir voorkoming

Die lede van die misdaadvoorkomingseenheid van die Moorreesburg Polisiekantoor het ‘n groot slag geslaan toe hulle op ‘n perseel wat onwettig in drank handel, toegeslaan het. Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle in kennis te stel van oortreders sodat die skuldiges vasgetrek kan word. Kontak 022 433 8661, 022 433 8660 of 022 433 8687 met enige inligting.

Adjudante Weideman en Meyer van die Moorreesburg polisiediens het Huis Immanuel op Moorreesburg besoek as deel van ‘n projek wat daarop gemik is om met die gemeenskap in kontak te tree. Hulle het ook ‘n paar geskenkpakkies uitgedeel. Die adjudante het die gehoor ingelig oor algemene veiligheid en Sarie Erasmus en haar sanggroep het ‘n feestelike atmosfeer geskep.

SIZZLING HOT SPECIALS Shoulder Ribs -plain or spiced

22.99 p/kg

Cheese Viennas

26.99 p/kg

A Grade Sirloin Steak

79.99 p/kg

Albertinia Braaiwors

Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 18 January until Saturday 21 January 2012. While Stocks Last. E&OE

25.99 p/kg

1.5kg French Polony

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

16.99 each

Crumbed Hake Portions

32.99 p/kg


18 Januarie 2012

courant nuus

Hitte tref parstyd in die Swartland

By Leeuwenkuil/Swartland Wynkelder sê Claude Uren, wingerdboukundige, dat die afgelope drie dae se hitte fataal was vir die druiwe. “Ek was tot middel Desember baie opgewonde oor die vooruitsigte, maar nou lyk dit beroerd. “Ek het my hoop gevestig op die laat kultivars, maar nou het almal ‘n ‘knock’ gevat!” Volgens Uren kry die droëland-wingerde nou ook baie swaar. “Die enigste ouens wat nog hoop Op die plaas Helderberg van Hennie Vlok word daar hard het, is die manne wat gewerk aan hierdie seisoen se druiwe. besproei. Dit en opvolgkoelte sal hopelik nog Druiwekenners stem saam dat die huidige hithelp dat van die blokke herstel. Indien dit wel tegolf die aanvanklike goeie vooruitsigte tans gebeur, vestig ek my hoop op ‘n goeie caberbenadeel. net-jaar vir dié kelder.” Die parsseisoen vir die Darlingstreek het Uren sê dat wetenskaplike bestuursprakMaandag begin met die pars van druiwe vir tyke vroeër in die seisoen nou van kritiese bevonkelwyn en van gister af is die jong wingerdlang sal wees. “Dit sluit goeie lowerbestuur in, stokke se eerste wit druiwe afgelaai. soos snoei en suier, om ongewenste groei te Volgens die wynmaker van Darling Celverwyder en die loofmanipuleringsproses kunlars, Abé Beukes, was “dit ‘n fantastiese koel dig te bestuur.” somer vir druiwe tot dusver.” Hy reken dat die Die eerste parsdruiwe uit die Malmesburyrelatiewe droë omgewing (min diep reën dié omgewing word teen volgende week by dié somer) en min reserwewater ‘n negatiewe kelder verwag. reaksie kan veroorsaak, veral as die huidige hitOor tafeldruiwe sê Hennie Vlok van Heldertegolf langer voortduur. berg in Riebeek-Kasteel dat die suiker en sure “Weens die droë winter sal die oeste beslis baie goed lyk, maar die korrelgrootte “nie te kleiner wees,” sê Beukes. “As die hittegolf nie te groot is nie. Die hoeveelhede per hektaar lyk lank voortduur nie, kan die oeste nog suksesbaie goed - ons oes ongeveer 5 000 kartonne vol wees. Maar op dié oomblik begin ek reeds per hektaar.” brandskade aan die wingerde sien.” Vlok se druiwe word uitgevoer na Oosterse Beukes sê hy is baie tevrede met die geur lande, soos Singapoer en Maleisië. van die druiwe vir sauvignon blanc, maar die “Boerderybestuur speel ‘n baie groot rol eindresultaat sal afhang van die hitte. alles gaan vandag oor effektiewe bestuur en “As ek ‘n voorspelling moet maak, voorsien goeie beplanning!” ek goeie rooiwyn vir 2012.”

Om hier te adverteer of ons in te lig van nuus, kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant. co.za.

3


nuus courant

4

18 Januarie 2012

Skenker bring hoop vir De Beer-gesin Petrolene de Beer van Malmesbury glo sy sal binnekort nóg ‘n verjaardagdatum hê om te vier: Haar ‘nuwe’ geboorte, wanneer sy nuwe beenmurg kry by ‘n skenker wat verlede week in Kanada geïdentifiseer is. Leukemie is twee jaar gelede by Petrolene (oral bekend as Pietie) gediagnoseer. Omdat daar geen geskikte beenmurgskenkers gevind is nie, is haar eie beenmurg in Oktober 2010 aan haar toegedien. Hoewel die risiko groot was, het sy herstel en in 2011 weer begin werk. Net drie maande later moes sy hoor dat die kanker teruggekeer het, en ‘n nuwe skenker sou haar enigste hoop wees. Nêrens in SuidAfrika is ‘n geskikte skenker gevind nie en ‘n skenker van oorsee jaag die kostes onmiddellik

28-jarige vrou, wat tans finale mediese onder- sekerhede en nuwe inligting is! Elke poging baie hoog op – ‘n beraamde R500 000. Dadelik het die mense rondom Petrolene soeke ondergaan, waarna ‘n datum vasgestel het aanvanklik gevoel soos ‘n naald in ‘n hooigaan word vir die oes van die beenmurg. Dit mied. Maar soveel mense het ons ondersteun haar aktief begin ondersteun: ‘n Petrolene de Beer-beenmurgfonds is is ‘n proses waartydens die beenmurg met ‘n en daarom hoop ek die Petrolene de Beerdeur vriende gestig is om die reuse-bedrag in stamselmasjien bloed uit die arm trek, die ba- beenmurgfonds kan in die toekoms vir ander te samel. Haar kollegas in die stad het ‘n ‘high bastamselle skei en die oortollige bloed weer leukemie-pasiënte iets beteken.“ Ek besef daar is baie groot risiko’s en ek is tea’ gereël waar meer as R100 000 ingesamel is in die ander arm se are terugplaas. Geensins maar bang, maar ek wil graag en plaaslik het mense hande gevat om hierdie oorplanting kry ter in November ‘n konsert met Le Lue en wille van ‘n langer lewensvervriende aan te bied. Die konsert-wins wagting.” is gedeel tussen Petrolene en nog ’n “Die siekte het ons as ‘n oud-inwoner van Malmesbury, Stoebel gesin laat saamstaan en ek Geldenhuys. kon nie vir ‘n beter man gevra Die De Beer-gesin moes self ook al het nie.” groot opofferings maak ter wille van hul Oor die kostes wat voorlê geldsake en moes op ‘n stadium ‘n splinsê Kobie Koegelenberg, wat ternuwe motor inruil toe saam met haar man Trompie hulle hoor dat Petrolene se die beenmurgfonds gestig siekte hervat het. het: “Die beraamde faktuur “Jy moet altyd positief is op 12/01/2012 ontvang bly en nooit in sak en as vir R345 000, gebaseer op gaan sit nie,” is Petrolene se die inflasiekoers van daardie kenmerkende benadering. dag. Voordat die proses kan “Met só ‘n siekte verander voortgaan, moet ‘n deposito al jou waardes en raak van R55 000 oorbetaal word aardse goed skielik minder aan die SABMR waarna die belangrik.” “bestelling vir die beenmurg” Volgens Petrolene het uit Kanada geplaas word. Die mense wat sy nie eens oomblik dat die skenker aanken nie, ook al bygedra tot dui watter datum gaan pas haar kanse op herstel. vir die oes van die beenmurg “Dis wonderlik dat mense so omgee. Dit maak ‘n Kanadese skenker het groot hoop vir die De Beer-gesin gebring. moet ons die volle balans van R290 000 oorbetaal voordat my nederig as ek besef an- Bo is Petrolene en Andries (voor). Marzahn en Leandri is agter. die beenmurg ge-oes en oorder mense se geld gaan gevlieg kan word na Constanhelp om my aan die lewe gevaarlik vir die skenker nie, maar omdat hier- tiaberg Hospitaal. Intussen sal Petrolene sterk te hou.” Sy bedank almal wat haar en die prosedures in hoësorg-eenhede plaasvind, chemo-terapie moet ontvang ter voorbereiding van die oorplanting in Februarie. haar gesin ondersteun: ”Baie van jaag dit die kostes op. “Ons vra elkeen se voorbidding en dan veOor die 28-jarige skenker glimlag Petrolene: die mense ken ek nie eens nie.” ral Swartlanders se hulp om die ongeveer R150 Uit dankbaarheid sal sy graag, “Dalk is ek weer hups as ek hier gesond raak!” Intussen het een van haar getroue vriende ‘n 000 wat ons nog kort, betyds in te samel!! wanneer sy gesond is, weer iets Bydraes kan in die volgende Fonds by FNB doen om ander mense se lot te facebook-blad (Petrolene (Pietie) de Beer BONE Malmesbury Superspar het die jaar met ‘n wenverlig. Daarom sal alle geld wat MARROW FUND) geopen, waarin Petrolene se inbetaal word: Petrolene de Beer Beenmurgner afgeskop. Marzane Hattingh het in ‘n gelukfonds - Rek no: 62320931216; Takkode: 200507 oorbly in die Petrolene de Beer- vordering gevolg kan word. kige trekking van dié winkel, ‘n splinternuwe Vir enige ander navrae, skakel 084 603 9730 Oor die lang pad wat Petrolene reeds stap fonds, weer vir ander beenmurgbromponie gewen. By haar is Debbie Swart van om gesond te raak, sê sy: “Dit was aan die be- (Kobie) of 084 696 0518 (Trompie) of Tel: 022pasiënte beskikbaar wees. Malmesbury Superspar. Die skenker uit Kanada is ‘n gin baie ‘scary’ omdat daar so baie nuwe on- 487 2800 n/u of trompiek@telkomsa.

Bromponie-pret

D

ie koffiewinkel neem verskillende vorme aan om die verskillende behoeftes van Janno’s se kliënte te bevredig. Hier vind jy heerlike middagetes, koffies, drankies, toebroodjies en vele meer wat enige fynproewer se smaakkliere sal laat dans van lekkerkry. Volgens Janno Viljoen, eienaar van Janno’s, bied sy winkel iets ekstra met die “cocktail bar”

wat gedurende die aande oop is. “Janno’s is ‘n koffiewinkel bedags, maar ‘n restaurant en cocktail bar saans,” sê hy trots. Janno’s kan ook as ‘n fuksielokaal gebruik word en bied spyseniering van funksies tot 85 mense. Hulle was verlede jaar ook gasheer vir een van die Malmesbury Sakekamer se maandfunksies. “Ons bied verskillende spyskaart-opsies met verskillende temas. Ons kan ook die etes in ‘n buffet-styl opdien. Ons neem natuurlik die kliënt se begroting in ag en werk daarvolgens,” sê Janno. “Ons is baie bedrywig en as kliënte by ons instap, kry hulle die regte ‘coffee shoppe’ gevoel met dié dat hulle na die ander inkopiegangers in die sentrum in die verbygang kan kyk. Ons verskaf ontbyt, middag-ete en aandete, is ‘n skemerkelkie-kroeg en maak ook geregte vir gesinne wat nie

022 487 2091

altyd tyd het om self kos te maak nie. Ons hanteer spyseniering vir klein tot medium-grootte funksies,” sê Janno. Vir Janno is dit nou vir hom belangrik dat hy sy 1000 dag (drie jaar)-toets slaag en die restaurant glad laat verloop. Hy wil ook graag in die toekoms uitbrei en hou altyd sy oor op die grond. Kontak Janno’s by 022 487 2091 of besoek hulle in die De Bron-sentrum op Malmesbury.


nuus courant

18 Januarie 2012

Safari saam met Wingerstudiegroep Die Malmesbury Landbouvereniging se wingerdstudiegroep bied ‘n pret-dag vir die hele gesin aan met ‘n Wingerd Safari deur die Paardeberg buite die dorp op 21 Januarie. ‘n Raaiselrit word aan die deelnemers gebied en daar is groot pryse op die spel. Kostes beloop R100 per volwassene en R50 vir kinders tussen 6 en 16 jaar.

Voorskoolse kinders kan gratis deel wees van die pret. Die vertrek- en eindpunt is Nassau. Registrasie vind om 08:30 plaas en om 09:00 is dit vertrektyd. Die prysuitdeling volg om 12:30. Vir die kleinspan is daar ook baie om te doen met ‘n waterglybaan, springkastele en vele meer. Kontak 072 234 6646 met navrae.

Vakansie vaarwel geroep

LINKS BO: Mnr en Mej Yzerfontein 2011 is San-Maré Raubenheimer en JC van Reenen By hulle is die sanger Robbie Klay. BO: Die “doggy day” was ook ‘n sukses en hondeliefhebbers het hul viervoet-vriende bietjie bederf. LINKS ONDER: Die strand en see is behoorlik benut. Onder: Die Yzerfontein pretloop het groot aftrek geniet.

5


courant nuus

6

18 Januarie 2012

Karen Rabbets van die Deli in die Checkerssentrum op Malmesbury het hierdie week se smullekker resep voorberei. Besoek hulle gerus vir ‘n lekkerny of twee.

Franse Brood met vulsel Malmesbury Polisie fokus op skole Die lede van die Malmesbury Polisiekantoor het hierdie jaar onderneem om meer op skole en hul leerders te fokus. Die manne in blou het Woensdag met die opening van die skooljaar, Wesbank Sekondêr besoek. Hulle het die leerders aangemoedig om selfdissipline toe te pas en skouer aan die wiel te sit indien hulle ‘n suksesvolle loopbaan na skool wil hê.

Water spat in HSSswemgala

Bestanddele 1 Franse Brood 150g knoffelbotter 80ml cheddarkaas, gerasper 80g smeerkaas 3e soet chillie sous 2e varsgekapte pietersiele Metode Sny die brood in skywe, maar nie

deur nie. Meng die res van die bestanddele en smeer tussen die skywe. Rol toe in foelie met die blink kant binne. Bak by 200 grade vir 20 minute. Maak brood vooraf en vries of hou met bottermengsel in yskas vir wanneer nodig. Bedien en geniet.

BO: Zané Scholtz duik in die swembad om punte vir haar span in te samel. LINKS: Wynand Hofmeyr gly deur die water op pad na die eindstreep.

Groot planne met Duineveld

Duineveld Slaghuis op Malmesbury het op 12 Desember 2011 onder nuwe eienaarskap en bestuur gekom. Daar word groot veranderinge vir hierdie bekende slaghuis beplan. Die eindproduk van die beplanning is ‘n “plaasmark-slaghuis” waar vars groente en vleis te koop aangebied sal word. Die eienaars wil ook tafels en stoele op die perseel aanbring sodat kliënte wat wag vir vleis wat opgesaag moet word, ‘n vinnige happie kan nuttig en ‘n koeldrank kan drink. Duineveld Slaghuis is daarop gemik

om die ekstra myl vir kliënte te stap en hulle te help waar hulle kan. Hulle bedien ook baie kliënte buite die dorp en wil graag vir almal te hulp wees. Daar sal ook in die toekoms braaibenodigd- en -bykomstighede by die slaghuis verkoop word en tuisgemaakte slaaie sal ook beskikbaar wees. Duineveld Slaghuis se deure is weeksdae vanaf 08:00 tot 18:00 oop en op Saterdae tot 14:00. Aflewerings binne die dorp is graits. Kontak 081 502 3737 met navrae.


18 Januarie 2012

courant wat gebeur

7

Sudoku 156 Sudoku 155 antwoord

die courant

kalender

Januarie

Skog Voorsaaidag 9 Februarie - Skog voorsaaidag, Jan Basson-sentrum op Moorreesburg. Vir navrae, skakel 083 469 6311083 652 6615 - Gert Conradie

Perde-bewusmaking 28 Januarie 2012 - ‘n Perde-bewusmakingsdag word gehou by die Paardeboschwynlandgoed tussen Malmesbury en Paarl van 10:00 tot 17:00. Lesings oor perdevoeding, hoefversorging, die emosionele en fisiese behoeftes van perde en sale, veilings, wynproe en gelukkige trekkings word aangebied, asook ‘n aanbieding deur twee persone wat 7 000 km te perd rondom die grense van Suid-Afrika gery het om fondse in te samel vir AHS bewusmaking en -inentings. Volwassenes R100; Kinders R50. Besoek www.ridingforhorses.co.za of e.pos tamasine@leadchanges.co.za vir meer inligting. Wesbank Rugbyklub Algemene Jaarvergadering 18 Januarie - Die Wesbank RVK se Algemene Jaarvergadering vind om 19:30 in die Wesbank Sekondêre-skool op Malmesbury plaas. Alle nuwe en ou lede, asook toeskouers is welkom om dit by te woon. Die oefeninge vir die klub het reeds begin, maar nuwe spelers is steeds welkom. Oefeninge vind van Maandag tot Donderdag vanaf 19:00 tot 20:00 plaas op die Wesbank Sportgronde. Kontak 072 33 478 45 of 082 897 5189 met navrae. AGS Corpus Christi 22 Januarie - Die AGS Corpus Christi se oggenddiens vind om 09:30 plaas met die titel “In God se Transformasieproses”. Die aanddiens volg om 18:30 gelei deur Roderick Onverwacht. Kontak 073 447 2902 met navrae. Relay for Life bewusmaking 28 Januarie - ‘n Bewusmaking word by die De Bron-sentrum van 09:00 tot 14:00 gehou. Spanne kan ingeskryf word teen R400 per span. Die RFL komitee daag alle besighede uit om spanne in te skryf, wat kan bestaan uit tussen 10-15 lede. Familie en vriende spanne kan ook inskryf om hierdie unieke geleentheid by te woon. Lumenaria sakke sal te koop wees teen R10 per sak. Daar sal ook ‘n Shavathon gehou word. Spuitverf jou hare teen slegs

Porterville Christusfees 9-11 Maart - Die Porterville Christusfees word vanjaar in Maart gehou. Kunstenaars sluit in Elvis Blue, Heinz Winkler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele meer. Saterdagoggend geniet feesgangers ontbyt saam met Jannie de Beer en Jean Marais sluit Sondag die fees af. Toegang - Volwassenes: Vrydag R50, Saterdag R100, Sondag gratis en Naweekpakket R120. Kinders: Vrydag R30, Saterdag R60, Sondag gratis en Naweekpakket R70. Kontak Willie by 083 650 1640 of sien die program op www.christusfees.co.za. Kaartjies beskikbaar by Computicket. R10. Die RFL-komitee versoek die publiek om leë plastiek 2L koeldrank bottels te bring na die bewusmaking, wat gebruik sal word tydens die lumenaria-seremonie. Kontak 022 482 1111. ACVV Oggendmark 2 Februarie - Die ACVV-Dienssentrum op Malmesbury hou ‘n oggendmark by die NG Moederkerksaal van 09:00 – 12:00. Indien iemand ‘n tafel teen R25 wil bespreek vir uitstalling, kontak Natalia by 0224822245. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Belangstellendes kan die oggend saam met ons kom geniet. Darling Music Experience 3-12 Februarie - Die jaarlikse Darling Music Experience vind vanaf 3 tot 12 Februarie op Darling plaas. Kontak Chanda by 078 297 0221 of 022 492 3955 met navrae.

Relay for Life 17 en 18 Maart - Die Kansa Relay for Life se deurnag-byeenkoms vind op die Hoërskool Swartland op Malmesbury se A-rugbyveld plaas. Om Spanne in te skryf, kontak Herman Aucamp by 0835199575, Hester Smit (KANSA) by 073 509 9221 of die KANSA kantoor by 0224821111.

Organies vir jou gesondheid Merk nou reeds 28 Januarie in u dagboek, want dis die dag vir stalletjies met kos en organiese produkte, wynproe, musiek, kuns en sprekers oor gesondheidskwessies soos diabetes en kankervoorkoming. Dit alles op die gronde van die St Frances Des Salez Katolieke Kerk in St Francisstraat 27, (naby die Laerskool) op Malmesbury. Die mark duur van 9:00 tot 14:00. Mense wat stalletjies teen R200 wil aanbied, moet gou spring om teleurstelling te voorkom. Skakel Anneleen by 083 505 7914.


courant skolenuus

8

18 Januarie 2012

Matrikulante skitter in eindeksamen

Swartland-matrikulante van die klas van 2011 het goed presteer en verskeie leerders is in die top-10 in die Wes-Kaap in hul vakgebied. Op Moorreesburg spog Hoërskool Dirkie Uys met ‘n 100% slaagsyfer en ses A-gemiddeldes. Lise-Marie Laubscher van dié skool is die top-leerder met ‘n gemiddeld van 89.3%, gevolg deur Alewyn Kitshoff en Helena Conradie. Laubscher gaan vanjaar medies aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Op Malmesbury het die Hoërskool Swartland 17 leerders wat met ‘n A-gemiddeld geslaag het met 188 vak A-gemiddeldes. Die skool se top-presteerder was Zelda Truter met ‘n gemiddeld van 94%, gevolg deur Lize Spies en Heleen Malan. Vier van die leerders het met agt onderskeidings elk geslaag. Hulle is Zelda Truter,

Lize Spies, Heleen Malan en Heinrich Bruwer. Vyf van die skool se leerders het uitsonderlike prestasies behaal deur in verskeie vakke onder die top-10 van die Wes-Kaap te eindig. Zelda Truter het ‘n vierde plek in Verbruikerstudie behaal, ‘n eerste plek in Engels Eerste Addisionele Taal en ‘n sewende plek in Lewensoriëntering. Lize Spies spog met ‘n derde plek in Afrikaans Huistaal en ‘n 10de plek vir Engels Eerste Addisionele Taal. Hettie Mostert het ‘n tweede plek in Verbruikerstudie opgeraap. Andru Kirstein het in Siviele Tegnologie ‘n vyfde plek behaal en Simon van Blerk het ‘n 10de plek vir Landbouwetenskap behaal. Truter gaan volgende jaar Bsc Lewenswetenskappe met Sielkunde studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Die ander A-kandidate was Pieter Basson, Annuscha Brown, Alno Carstens, Wehan

Dreyer, Bennie Fourie, Michael Janse van Vuuren, Daniël Malan, Hettie Mostert, Dirkie Myburgh, Heinrich Myburgh, Andria Theron, Marco van Huyssteen en Johann Zwiegelaar. Hoërskool Piketberg se matrikulante het ses A-gemiddeldes opgelewer met Anja Venter in die eerste posisie met ‘n gemiddeld van 87.4%, gevolg deur Celia Brink en Charné Augustyn. Anja gaan vanjaar BRek LLB aan US studeer. Die skool het ook presteer in Wiskunde en Wetenskap en is as ‘n Dinaledi Fokusskool vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aangewys. Die klas van Porterville het twee A-kandidate opgelewer met 62 vak A-gemiddeldes. Die top-leerder was Lea-né van Zyl met ‘n gemiddeld van 93.42 gevolg deur Sugné Verwey en Margaux Louw. Lea-né gaan vanjaar BComm LLB aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en

hoop om daarna ‘n pos in Kaapstad te kry. Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury spog met Jerobiam Julies wat ‘n gemiddeld van 83% behaal het. Hy word gevolg deur Daniel Adams en Jamie Lategan. Jerobiam gaan hierdie jaar Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Die skool het ook 60 vak A-gemiddeldes behaal. Naphakade Sekondêr se Awethu Mdayi is die Swartland se top-leerder met ‘n gemiddeld van 88% en gaan Ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Hy het ook die merietelys van die Onderwys Departement gehaal. By Wesbank Sekondêr op Malmesbury het Marquin Fortuin die skool se eerste klasposisie behaal, gevolg deur Dumakazi Mndayi en Danielle Pietersen.

Zelda Truter is ‘n meisie met ‘n baie kreatiewe kop op haar skouers. Nie net het sy in haar matriekjaar oë laat rek met haar kreatiwiteit nie, sy spog ook met die top-posisie in matriek vir die Swartland met ‘n gemiddelde persentasie van 94%. Zelda, ‘n leerder aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury, het in al agt haar vakke onderskeidings behaal en ook vir drie vakke onder die 10 bestes in die Wes-Kaap geeïndig. Dié slimkop gaan hierdie jaar haar studies in Bsc Lewenswetenskappe met Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch begin. “Mense en hul denkwyse is beslis my pas-

sie in die lewe! “Ek glo dat jou eie gedagtes en sienswyses oor dinge een van die kragtigste wapens in elkeen se lewenstryd is. Om die liggaam en siel te skei is onmoontlik – min mense besef werklik watter impak jou denke op jou gesondheid kan hê. Dit is juis laasgenoemde rede wat my laat besluit het om ‘n B.Sc-graad te doen – ook omdat die werking van die menslike liggaam (fisiologie) my interesseer,” sê sy. Zelda glo dat jy vir jouself doelwitte moet stel en alles in jou mag moet doen om dit te bereik.

Awethu is heading Zelda tops met 94% for success

Awethu Mdayi, pupil of the Naphakade Secondary School in Malmesbury, is a force to be reckoned with. He passed matric with seven distinctions and scored 97% in Accounting. Awethu was born in the Eastern Cape and moved to Malmesbury in 2007 with his aunt after he lost both his parents at the young age of two years. “I worked very hard to achieve the marks I did. I had to make a lot of sacrifices. It didn’t come naturally,” says Awethu. According to him, he went to school each day, formed part of a small study group af-

ter school and studied in the evenings. “Grade 12 is not easy. You have to work hard. Listen to your teachers. They can help you a lot,” says Awethu. He plans to study Engineering at UCT and is very excited to start with the building blocks of his career. He will be called back to Naphakade in the future to motivate learners of the school to achieve the goals they set for themselves. He was also included in the merit list of the Department of Education for his achievements under difficult circumstances.


18 Januarie 2012

9

courant skolenuus

Top-matrieks van 2011

Hoërskool Dirkie Uys A-kandidate

Lise-Marié Laubscher 89.3%

Alewyn Kitshoff

Helena Conradie

Hoërskool Piketberg A-kandidate

Piketberg se top-matrikulante is agter Celia Brink, Anja Venter (top-leerder met ‘n gemiddeld van 87,4%), Charné Augustyn, Maritza Conradie en Estelle van der Merwe. Voor is adjunkhoof Charlie Mouton, Jacques Rossouw en skoolhoof Marius Scholtz.

Hoërskool Porterville A-kandidate LINKS: Lea-né van Zyl (93.42%) REGS: Sugné Verwey

LINKS: Die matrikulante van die Hoërskool Swartland ontvang hul uitslae. Hier kry Anuschka Brown en Daniël Pienaar hul uitslae van skoolhoof Dirk Marais.

Belinda Faasen

Elma Coetzee

Tomé Rossouw

Laat weet ons as jy ook ‘n A-gemiddeld gekry het ná jy jou vraestelle laat hermerk het. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur jou inligting en foto na admin@diecourant.co.za.


courant skolenuus

10

A-kandidate Schoon- Hoërskool spruit Swartland Sekondêr

18 Januarie 2012

Pieter Basson

Anuschka Brown

Heinrich Myburgh

Alno Carstens

Bennie Fourie

Michael Janse van Vuuren

Daniel Malan

Heleen Malan

Dirkie Myburgh

Heinrich Myburgh

Lize Spies

Zelda Truter

Marco van Huyssteen

Johann Zwiegelaar

Jerobiam Julies (83%) BO: Wihan Dreyer

REGS: Hettie Mostert

REGS: Andria Theron

Hettie Mostert, Crystal van Rensburg en Mercedes Mocke van die Hoërskool Swartland is baie in hul skik met hul uitslae.

Baie geluk,baie dankie Hoërskool Swartland

gen, is dit wat a a g d e dit go edjies anneer et die ou blo aar selde w e w d n u oonlik de n die n n word reek va as trotse w talentvol is, e l die toegewy b n a a a ie , o d g s n a Met kool e k gra ee. triek r wil e g wat pas ma ër- aan die s ers krediet geg a a lj o o k n s s li aan Ho nderwy n ‘n leer ns geouer va et, ‘n pluimpie et die uit- o ord in o stuur w e h g m f e y g te mod geskr d gee te. Dit het m jou kind we wartlan o o skool S matriekresulta p o l. a e meensk f ander “elite” sk e ll u stekend h behaal ak- na een o ewoon erders, v le 8 7 ” word g skool 8 s 2 r 1 1 e k ie n n d e li Uit uitb aslik at 8 ldes Hierdie“ eskou om pla rs meesemidde erders w b d 17 A-g iding met 4 le oorwaar ‘n u e o e V e as te go (al het hulle ondersk idings elk het. gaan leer). e vin- te hier gematriku ondersk prestasie! d r o w l e al pragtige of en persone me, maar t le o b h o r ie p D ir meer v nig bla

rd dat d gewo kool y t t e h dit ërs Ek dink ouers van Ho ghelp. g a r la le e s s e ja ‘n 100% innig die lo nd hierdie men skool verie n l o v ko la s As die s ie, word daar Sake- Swart niks met on uitstekend l. n r is o a t r a o e a v k ortsyfer h wys na ons s eenskap Da d nie en hulle l as sp e e w r m g e o e s e r g k e e g s ie , in d ie k v wat van ‘n lewe te maa r- op akadem s jou mense u m u o b . jy mis a -toe ied k is y na b t li r a e k e g n g w a n h a ie f a n a uis rs word e meer as dub t y weet anmiddag h n sy/ e J d in k e v s a ie tel va aar hull etaal w kind n vir jou kom ver egewyde dorpe w skoolfonds b l. kom, en nie! Aan die to le - baie beld die aslik sou betaa ns sko ar dag hulle pla ns ha erwysers van o et julle groot o m o ond arkte m vinnig an ook ole te verge- dankie en ster ersteun en wa d is e ll Hu ond rie sk et hierd deur hie k - ons skool m ns skool word vure af- taa julle. is deer lyk, en o se om braaivle n e m die . gekraak

Swartland ondersteuner


18 Januarie 2012

courant skolenuus

11

Met blink ogies, skoene en groot tasse vol drome skooltoe Juffrou Belinda Smit van Laerskool Dirkie Uys het sommer gou-gou vir haar graad eentjies gewys skool is nie net leer nie, maar speel ook. Blincley Moses van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg maak seker daar is darem iets lekker om te eet ook in plaas van net skoolboeke in sy tas.

Graad 1-leerders van Laurie Hugo Primêr Samantha Persens, Jevina Cloete, Casly Morris, Meriha Heyns. Rache Heyns heel regs het van haar sussie kom afskeid neem.

BO: Die klas van Liebenberg Primêr op Juffrou Mari Dürr troos Aurben Claasen op sy Malmesbury sit tjoepstil op die mat en eerste skooldag by die Laerskool Swartland. wag ywerig om met hul werk te begin.

LINKS: Ouers sit en wag geduldig by die Laerskool Swartland op Malmesbury dat die skool-klok vir die eerste dag van skool moet lui, terwyl ‘n Graad 1 wonder wat alles vir hom voorlê.

BO: Die Graad 1’s van St Thomas Primêr in netjiese skoolklere, reg vir die eerste skooljaar.

REGS: Anja Nel van die Laerskool Dirkie Uys staan reg vir haar eerste skoolfoto.


12

skolenuus courant

18 Januarie 2012

BO: Die nuwe Graad 1’s van die Christelike Privaatskool Malmesbury waai vir oulaas vir hul ouers. Agter is Debbie van Vuuren en Marilize de Kock.

BO: Die Graad R-leerders van Laerskool Riebeek-Kasteel wonder wat die volgende 13 jaar sal inhou.

Die Graad R-klas van Bianca Möller en Henriëtte Smit van die Christelike Privaatskool Malmesbury lyk gierig om te leer.

BO: Laerskool Riebeek-Kasteel se Graad 1’s is in hul noppies met hul nuwe juffrou.

Meer haasbekkies vanjaar in Graad 1 Die Graad 1’s van Hazel Hans by St Thomas Primêr het reeds met hul jaar se werk begin.

Darling Kollege se hoofleiers vir 2012 is Adriaan Basson en Carla Kirsten.

Honderde jong Swartlandertjies het verlede week aangemeld vir skool. die courant het Woensdag die graad 1- en R-leerders besoek en ‘n mengsel van versigtige optimisme en pure bang opgemerk. Op Moorreesbug het Laerskool Dirkie Uys vanjaar 37 graad R-leerders en 60 graad 1’s. Die graad 1’s is ‘n bietjie meer en die graad R’s heelwat minder as 2011. By Laurie Hugo Primêr (ook Moorreesburg) was die graad R’s verlede jaar 90, maar ‘n nuwe klas was nodig vir die 27 meer Graad R’s vanjaar. Die getal graad 1’s het ook gegroei: van 176 tot 220. By Riebeek-Wes Primêr is vanjaar se 60 Graad R-leerders 10 minder as verlede jaar se 70, en is hul graad 1-leerders 106, vergeleke met 2011 se 98. Laerskool Riebeek-Kasteel het vanjaar 30 graad R’s, nadat hulle verlede jaar slegs 16 gehad het.

Met 21 graad 1’s het dié skool twee graad 1’s minder as verlede jaar. Op Darling het Darling Kollege 10 nuwe graad 1’s, maar geen pre-primêre klas nie. Laerskool Darling spog met 30 graad R’s (26 in 2011) en 53 graad eens (72 in 2011). Op Malmesbury het Liebenberg Primêr 79 nuwe graad R’s, en 259 graad 1’s. Dié getalle is ongeveer dieselfde as 2011, sê die adjunkhoof, Stewart Liedeman. St Thomas Primêr se graad R’s vir vanjaar en 2011 is 120, terwyl hul graad 1’s vermeerder het van 227 tot 246. Hiervoor moes hulle ‘n sewende graad 1-klas inrig. By die Christelike Privaatskool het die getalle konstant gebly: graad R’s vir 2012: 26 (27 in 2011) en graad 1’s: 23 vir 2012 (24 vir 2011). By Laerskool Swartland is die graad R’s vir beide jare 30, terwyl die 143 graad 1’s ‘n redelike styging teenoor verlede jaar se getal toon.


18 Januarie 2012

courant sport

Ashleigh Pasio ready for action What was your biggest achievements in international cycling last year. My best achievements in 2011 were my 2nd place overall at Tour de l’Ardeche, an eight day tour in the South of France in September, and my win at the 94.7 race in Johannesburg in November. Which race(s) are you favourite and why? My favourite race in South Africa is the Pick n Pay Argus Cycle Tour. The vibe is wonderful and it is beautiful to ride around the Cape Peninsula. My favourite races in Europe are the Flèche Wallone World Cup, a one day race in Belgium in April. It finishes at the top of the Muur de Huy a very famous climb in Belgium. I love it because the route is tough and the finish suits my strengths. I am a climber, so there is nothing better than finishing a race on the top of a steep climb. The Giro d’Italia Femminile is my favourite tour in Europe. It is a 10 day tour taking place in and around the beautiful country of Italy. It is the toughest and most prestigious women’s tour and I love it because we often cy-

cle up some of the most beautiful and grueling mountains passes in Europe. What is your biggest goals for 2012? 2012 is a big year, it is an Olympic year and one of my biggest goals is to represent South Africa at the London Olympic games! The Olympics is not my only goal however, I also aim to finish in the top 10 at both the Flèche Wallone World Cup and the Giro d’Italia Femminile amongst others. The South African road cycling championships from 1-4 March in Mpumalanga is also one of my big goals for this year. Which races on your calendar are the first ones for this year? My first race of 2012 will be the Cape Cobra race starting in Cape Town this coming Sunday 22 January. It is a tough race including some big climbs in and around the Cape Peninsula. Do you have any worries with your health/injuries that worries you? I am blessed with great health and fitness this year, so no, I don’t have any injuries or health issues at this point in time and I hope it stays that way for a long time to come.

13

Grant McCarthy van Hoërskool Swartland het in Desember as lid van die Bolandspan deelgeneem aan Krieket SuidAfrika se o.17-toernooi in Vereeniging. Grant was op dag een die beste bouler vir die 20/20-kragmetings, met drie paaltjies vir net twee lopies en twee leë boulbeurte. Dit het hom in die toernooi-koerant die volgende titel besorg: “Die gans wat die goue eiers (vir Boland) lê ...” Hiervoor het hy ook die titel Bouler van die Dag” (Dag 1) gewen. Boland het op dag een met 10 paaltjies gewen teen Grens, en ook vir KEI (o.19) met ses lopies geklop.

Sokkervelde gesoek vir Riebeek-Vallei

David Wickham, organiseerder van die Steelband-orkeste in die Swartland en Wes-Kaap, is ernstig op soek na velde waar sokkerliefhebbers van die Riebeek-Vallei Sondagoggende kan sokker speel. Wicomb sê dat dié sokkerspelery op ‘n jong vriend van hulle se derde verjaardagpartytjie ontstaan het. “Die vriendjie is nou al 17 jaar oud, dus speel ons reeds 14 jaar gereeld Sondae sokker.

“Dié spel maak alle deelnemers gelyk. Ons het ‘n gemengde groep spelers, met jonges, oues, vroue en kinders. Maar op die sokkerveld ontmoet ons mekaar op gelyke voet - ons geniet dit en dit hou die jeug weg van die strate af,” sê Wicomb. Enigiemand wat ‘n voorstel het oor ‘n plek waar die groep kan sokker speel, kan die afrigter, Dirk Otten skakel by 072 827 2584 of vir David by 082 898 9663.

Robert Oosthuizen, Malmesbury se internasionale spiesgooi-held se mikpunte vir vanjaar wentel om die Olimpiese Spele wat vanaf Julie in Londen plaasvind. “My doel is om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele. Daarvoor sal ek plaaslik deelneem aan die SA-byeenkomste en van

Mei-maand af aan die Diamant-liga byeenkomste deelneem.” Robert het vanjaar ‘n bietjie later begin oefen en sal binnekort sy datums vir byeenkomste finaliseer. Intussen werk hy steeds aan sy graad in B.Comm Sakebestuur.

Robert mik spiese na Olimpiese Spele

Malmesbury se krieketspan het Saterdag op tuisbodem teen die span van die Oostelikes te staan gekom. Malmesbury het 76 lopies aangeteken. Oostelikes het die wenlopies in 24.6 boulbeurte geslaan.

landbou

Baie te leer op Skog-voorsaaidag

Die jaarlikse Skog-voorsaaidag word vanjaar weer op 9 Februarie op Moorreesburg in die Jan Basson-sentrum aangebied. Die program beloof om weer informatief en interessant te wees. Die voorlopige program van die dag is soos volg: 08:30- 09:00 Registrasie (Koste R100 pp, koffie, tee en beskuit) 09:00-09:10 Opening en verwelkoming Voorsitter (Annelene Swanepoel, DLWK) 09:10-9:55 Hoofspreker: Harald Pakendorf “Julius kan nie koring plant nie!” 09:55-10:05 Vrae aan hoofspreker 10:05-10:15 Hoofborg: Sensako 10:15-10:25 Hoofborg: Agricol 10:25-10:55 POUSE (Koffie,tee en toebroodjies) Informele besigtiging van stalletjies. (Agricol, Kynoch) 10:55-11:10 Die effek van grond-

bewerking op stikstof mineralisasie in koring-medic, koring-canola-koringlupien en koring monokultuurstelsels te Langgewens. Japie Wiese (DLWK) 11:10-11:25 Hoe bestuur ek canolakultivars in terme van die klimaat se impak in 2012? Piet Lombard (DLWK) 11:25-11:40 Nuutste koring kultivarevaluasieresultate vir die WesKaap. Driecus Lesch (Sensako) 11:40-11:55 Die effektiewe gebruik van triasien onkruiddoders op triasientolerante canolakultivars. Jan van Graan (MASA) 11:55-12:10 Vereistes vir canolapaspoort. Karin Naudé (SOIL) 12:10-12:25 Swartland Canola Kompetisie Sakkie Slabbert (DLWK) 12:25-12:35 Bedankings Voorsitter 12:35-13:00 POUSE Informele besigtiging van stalletjies. (Agricol, Kynoch)


14

nuus courant

18 Januarie 2012

Kontak ons by 022 487 3221 vir advertensies of stuur ‘n epos vir kwotasies na admin@ diecourant. co.za

The Municipality currently offers this vacancy to a suitably qualified and equipped person.

Department of the Director: Protection Services

Examiner of Driver’s Licences (Swartland) (V1/12) • Salary Scale: R92 136 – R119 592 per annum To be considered for this position you must be in possession of: • Grade 10 • Certificate as Examiner of Driver’s Licences Grade A • valid Code A and EC driver’s licences with a Public Driver’s Permit • good interpersonal skills • good communication skills in Afrikaans or English • the ability to function under pressure • physical health and mobility. Candidates should not have a criminal record. Recommendation: Registration as traffic officer. Commencement of duties: As soon as possible. For further details and the prescribed application forms, contact Mr D. Carolus on 022 487 9400 during office hours or visit our website at www.swartland.org.za. Completed application forms, clearly bearing the post reference number and including certified copies of qualifications, should reach us by no later than 12:00 on Friday 27 January 2012 and are to be forwarded to the Human Resources Section, Private Bag X52, Malmesbury 7299. Applications forwarded via fax or e-mail will not be accepted. No late or incomplete applications will be considered. Fraudulent qualifications or documentation will immediately disqualify an applicant. If an applicant has not received any feedback within six weeks of the closing date, it can be assumed that the application has been unsuccessful. Only short-listed candidates will be contacted. Council reserves the right not to make an appointment. Swartland Municipality is committed to Employment Equity and endorses the principles of Affirmative Action. People with disabilities are therefore encouraged to apply.

Municipality • Munisipaliteit • Umasipala www.ayandambanga.co.za

104273COURANT


die courant 18 Januarie 2012

Gesoek Wanted

4

• OPSOEK NA BEDIENDE - Eenkeer per week (Voldag) of 2keer per week (Halfdag). Kontak 083 662 0657 -------------------------• BENODIG DRINGEND HUISHULP - Vir Maandae. Kontak 082 950 8292

Te koop For sale

6

• PERDEMIS TE KOOP - R100 per bakkievrag. Kontak Theuns 083 455 1112 -------------------------• 4X4 ACCESSORIES - Custom built bullbars, tow bars for any 4x4 or normal bakkie at very reasonable prices. Also able to fit snorkels & extra pipes / points. Contact 083 656 4466 ------------------------• EXISTING SIGNAGE AND PRINTING COMPANY - In Malmesbury, for sale. Phone 083 779 7158 -------------------------• TYRES - New, road & off-road at excellent prices (Maxxis & Kumho) Contact 083 656 4466 ------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

Te Huur To Let

7

• BACHELOR WOONSTEL TE HUUR -Vanaf 1Feb. Veilige area met eie parkeerplek en afstandbeheer vir hek. R2500pm. Water en Krag ingesluit. Skakel 082 458 6515 -------------------------• 2SLAAPKAMERWONING -Op plaas naby dorp beskikbaar vanaf 1 Feb teen R2900pm. Koopkrag. Kontak 083 384 8170 -------------------------• BEKOSTIGBARE KANTOORSPASIE Te huur in Piketberg omgewing vir professionele persone, asook konferensie fasiliteit beskikbaar vanaf 1 Maart 2012. Vir navrae Kontak 084 407 4030 --------------------------

• REALTY 1, MALMESBURY R3503 - 3 Bedr, openplan kitchen/ lounge, fully bathr, single garage. Available Immediately. Contact Louise 084 702 4428 -------------------------• GEMEUBILEERDE EENVERTREK WOONSTEL - Vir enkel persoon. R2000. Kontak 083 414 6873 -------------------------• HUIS TE HUUR 2Slpkamer, badkamer, oopplan kombuis / leefarea. R3300pm onmiddelik beskikbaar. Kontak 074 221 3160 -------------------------• KAMERS IN HUIS - 2 x ongemeubeleerde kamers in huis te huur. 1 met aircon - R1500pm, 1 sonder aircon R1400pm. Albei het volle toegang tot alle geriewe en swembad, asook binne parkering. Krag is R250pm en water R50pm ekstra. Geen troeteldiere. R700 deposito vooraf betaalbaar. Skakel asb 083 659 1809 -------------------------• DU TOIT TRAILERS Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggy back”. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

Eiendomme

8

• ERF TE KOOP - R160 000. In veilige kompleks en oorkant Hoërskool Swartland. Loopafstand van skool en winkels.Kontak 0823730413

Dienste Services

12

• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abcpartytjies.weebly.com -------------------------• BLINDINGS - Verkoop en installeer van alle soorte blindings. 082 788 7210. --------------------------

• MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDSHEKKE Herstelwerk & verkope, asook “automations”. Derick 082 804 4550

Diere Animals

15

• AMERICAN PITBULL PUPPY 7weeks old. R800, brindle male. Call 078 138 4849

Betrekking beskikbaar

19

• WAITERS / KELNERS - Benodig by

Malmesbury Sabino Canyon Spur. Skakel 022 487 1511 -------------------------• TOESIGHOUER Betroubare toesighouer benodig vir wingerdboerdery - De Gift plaas, Riebeek-Wes. Kontak 082 872 0442.

Skakel ons gerus om hier te adverteer 022 487 3221 of besoek ons by Hugenotestraat 11, Malmesbury.

15

mini gigs

& dienste


courant agterblad

die

swartland en weskus

Vodacom-rugby kom na Malmesbury

SA Afrigters deel kennis by HSS Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag op hul tuisvelde die skool se jaarlikse atletiek afrigtingskliniek aangebied. Elke jaar word van die groot name in die atletiek-wêreld nadergetrek om hul kennis met die jong atlete te deel. Bo agter is Johan Oosthuizen (spiesgooi), Terence Brown (middelafstande), Piet Verster (naellope), Joepie Roots (verspring) en Elré Kotze (gewigstoot). In die middel is Eurice Kets (spiesgooi), De Wet Kotze (stap), Wium Mostert (diskus gooi), Charles Faasen (hamergooi), Llwellyn Wahl (hoogspring). Voor is Robert Oosthuizen (spiesgooi), Wimpie Buerger (hekkies), Elmarie Marais (naellope), Ryno Snyman (hoogspring) en Freek Stander (organiseerder).

Groot rugby met hope aksie word verwag wanneer die Boland Kavaliers en die Natalse Haaie mekaar op 14 April op Malmesbury pak. Dié wedstryd is deel van die Vodacom Beker en sal op die tuisveld van Bloues of Wesbank gehou word. Boland Rugby moet nog die besluit hieroor neem. Volgens Ivan Pekeur van Boland Rugby word dit van hulle vereis om elke jaar twee wedstryde buite die klub se kern, Welling-

Die rolbalspan van Malmesbury het Saterdag kragte gemeet teen die WP Krieketklub. Regs is Gert Adams in aksie.

BO: Die Swartlandse spiesgooi-atleet, Robert Oosthuizen, maak vir Joshua Menhnich van Laerskool Swartland bietjie touwys.

ton, te speel. Die een wedstryd word dus op 17 Maart teen die Cheetahs op Bredasdorp gespeel en die wedstryd teen die Haaie op Malmesbury op 14 April. Volgens Pekeur is die Unie verlede jaardeur Never Despair genader om die wedstryd tuis te speel, aangesien dié klub vanjaar hul 130ste bestaansjaar vier. Die afskoptyd en kaartjiepryse sal nader aan die datum bekend gemaak word.

die courant  

die courant

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you