Skip to main content

Die courant 17 feb 2015 357

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

24.2%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

17 Februarie 2016

Bergrivier

swartland en weskus Swartland

dié

1

Uitgawe 357

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Piet, Piet, perde en Mej Wêreld

Rolene Strauss, voormalige Mej Wêreld, het 'n Swartlandse geurtjie aan haar troue gegee met die twee mans wat haar veilig tot by die kerk moes bring. Piet Serdyn (inlas) van Moorreesburg en Piet Lourens van Porterville het dié skoonheid vergesel op Lourensford. Links is van die eerste foto's wat deur die gaste op sosiale media gedeel is. Bo is Piet Lourens by sy perde. Inlas: Piet Serdyn by die Swartland Skou verlede jaar.

• droogtehulp ondersoek

Winde by boere

Die boere kry swaar en hulle moet hulp kry in die droogte, maar Minister Alan Winde, WesKaapse Minister van Ekonomiese Aangeleenthede, is ook bekommerd oor die ekonomieë van dorpe in die Weskus. Winde het gister van die droogtegeteisterde opkomende boere in die Weskus, wat hulp van die provinsiale department van landbou ontvang het, besoek. Die hulp is in Desember goedgekeur en onmiddellik toegeken. Die department het ‘n verdere R88 miljoen van die nasionale regering gevra vir droogtehulp. Dié versoek word nog oorweeg. Die Minister het gesê hy sal met sakekamers op die verskillende dorpe wil praat. "Die droogte tref die boere eerste, maar die meeste dorpe in dié streek is afhanklik van die landbou. Dit beteken dat as die landbou swaarkry, die

Buite-ekspo in beeld

dorpe ook een of ander tyd gaan swaarkry." Hy sê hulle sal daarna kyk om 'n gedeelte van die droogtehulp op die dorpe te bestee om druk te verlig. "My bekommernis nou is die opkomende boere. Ek het reeds met die banke gepraat en hulle sal groot boere met goeie rekords help. Ons moet na die res kyk." Hy het drie plase besoek: Klipdrift van Andries van der Poll, val onder Swartland Munisipaliteit. Dit is 'n gemengde boerdery. Die droogte het hulle geknou - hulle het amper die helfte van hul lammers verloor, maar Van der Poll is vol moed: "Boer is al wat ek ken. Ek het nog nooit op die dorp gebly nie." Hy is dankbaar oor die hulp, want sy boerdery staan nog in sy kinderskoene, "maar ons wil nie bakhand staan nie. Ons moet self vorentoe."

Tuinslange sorg vir boetes

Hierna het Winde Genadeshoop van Whernit Dirks en die Welbeloon Boerdery Trust van Willem Klaase besoek. Albei die plase is in die Piketberg-omgewing en bedryf gemengde boerderye op 'n kommunale grondslag. Die Minister was vergesel van verskeie amptenare van die Departement Grondsake se kantoor op Moorreesburg, wat kon help met agtergrondinligting en ander vrae. Winde het indringende vrae oor die boere se opleiding en agtergrond gevra, asook die hulp wat hulle reeds kry en nog nodig het. Hy het met aandag en begrip geluister na hulle drome en probleme. Dit is duidelik dat hier opgevolg sal word. Wat is belangrik vir die toekoms? Andries van der Poll se negejarige seun wat vra: "Watter vakke het ek nodig om 'n goeie boer te word?"

Jongspan help boom leef

NUUS • NEWS

17 Februarie 2016


NUUS • NEWS

2

RPC kry R50 000 om te help bou aan jeug Die visie van die Rugby Performance Centre is in lyn met dié van die Wes-Kaapse Departement van Sport, het Minister Anroux Marais gistermiddag op Riebeek-Wes gesê. Sy het ‘n tjek van R50 000 aan die sentrum oorhandig: “Hulle visie sluit aan by ons s’n van ‘n sosiaal-inklusiewe, kreatiewe, aktiewe en verbonde Wes-Kaap.” Sy sê RPC gebruik sport as ‘n konstruktiewe middel om onderwys-uitkomste en geleenthede vir jeugontwikkeling te verbeter, asook om maatskaplike euwels aan te spreek. “Dit sluit by die Wes-Kaapse regering se strategiese doelwitte aan. “Hierdie sentrum sal die volgende drie jaar dien as die primêre opleidingshoofkwartier van die Boland Rugby-unie en die Boland Kavaliers. Die RPC is ook die nuwe tuiste van die

Boland Rugby Instituut (Boland Rugby Akademie), asook die opleidingsfasiliteit vir verskillende ontwikkelingsprogram-me, insluitend afrigtingsklinieke, werkwinkels en rugbykampe.” Die Minister het afgesluit en die sentrum alle voorspoed vir die toekoms toegewens. “Die doel van de RPC is om ‘n professionele, gedissiplineerde en wetenskaplike instelling te wees wat jong, talentvolle rugbyspelers vir die professionele spel kan voorberei. "RPC se kampus beskik oor al die geriewe om ‘n professionele en wetenskaplike diens aan die Boland Rugby-unie te lewer. Sy het Nelson Mandela aangehaal, “Sport has the power to change the world,” en gesê sy glo RPC het die potensiaal om dieselfde te doen, veral onder die leiding van Alan Zondagh.

17 Februarie 2016

Swartland skoonheid met ‘n hart van goud ‘n Leerder van Hoërskool Swartland, Franselize Rossouw, gaan in April London en Disneyland Parys toe om aan die eindronde van die Face of the Globe-skoonheidskompetisie deel te neem. Franzeline woon op Hopefield. Die kompetisie vind van 2 tot 9 April plaas en die 16-jarige Franselize neem in die tienerafdeling deel. Die kompetisie word ten bate van die Rainbow Child Foundation aangebied. Dit is ‘n nie-winsgewende organisasie wat minderbevoorregte kinders oral in die wêreld op verskeie maniere help. Franselize sê sy het nie vir haar eie plesier aan die "Face of the Globe"-kompetisie deelgeneem nie, maar om geld in te samel vir die Rainbow Child Foundation. Die meisies word nie net op voorkoms beoordeel nie, maar ook op persoonlikheid – en hier sal Franselize ‘n sterk aanspraakmaker wees. Sy het op 10-jarige ouderdom as byspeler in rolprente begin speel en met die geld wat sy verdien het, het sy gebruik om noodsaaklikhede vir die inwoners van die ouetehuis te koop. Sy het ook geld ingesamel om T-hemde vir ‘n netbalspan te koop en ‘n herwinningsbesigheid begin om werk te skep. Franselize is ook ‘n talentvolle skrywer. Twee gedigte wat sy vir die GHA-gedigtekompetisie 2015 geskryf het, is gekies is om in die Wonder van Afrikaans 2 geplaas te word: `Ongenadig wreed’ en `Groot en pragtig’. Haar inskrywing vir die Kreatiewe Skryfkom-

petisie vir senior leerders word ook ingesluit in die Bloemlesing, Afrikaanse Ster. Franselize was ook die algehele wenner van die senior gedigte-afdeling en daarmee het sy ‘n lekker kontantprys losgeslaan wat sy by haar "Face of the Globe"-bedrag gevoeg het. Sy het al R66 500 ingesamel vir haar en haar ma en kort nog ‘n mooi rok en ongeveer R10 000. Franselize se ma, Fransie Rossouw kan gekontak word by 074 924 8478 of info@plaasmol. co.za. Rainbow Child Foundation se webblad is www.RainbowChildFoundation.co.uk.

Registreer om te stem

VOORKOM CERVICAL CANCER Beskerm jong meisies, die toekomstige vroue van Suid-Afrika

16 February - 11 March 2016 Onthou om jou ouers/versorger/voog te vra om die toestemmingsvorm vir inenting te onderteken en terug te stuur.

Beskerm jong meisies, die toekomstige vroue van Suid-Afrika

Vanjaar is weer tyd vir munisipale verkiesings en hoewel ‘n datum nog nie aangekondig is nie, behoort stemdag tussen 18 Mei en 16 Augustus te val. Om te kan registreer, moet jy ‘n Suid-Afrikaanse burger wees en ten minste 16 jaar oud, hoewel jy eers van 18 af kan stem. Jy moet ook ‘n groen strepiekode ID-boekie, slimkaart ID of ‘n geldige, tydelike ID-sertifkaat hê. Mense kan gedurende kantoorure by die plaaslike verkiesingskantoor registreer of op spesiale registrasiedae/naweke. Die beste is om eers te skakel om seker te maak dat daar ‘n amptenaar beskikbaar is. Die kantoor op Malmesbury is by Bokomostraat 20 en die telefoonnommer is 022 482 4179. Die eerste registrasienaweek word vir 5 en 6

Maart beplan. Volgens wet moet jy persoonlik gaan registreer. Geen aanlyn- of e-pos-registrasies is moontlik nie. Maak seker dat jy jou ID-besonderhede byderhand het. Geen bewys van verblyf is nodig nie. Met munisipale verkiesings en tussenverkiesings moet jy by die stemlokaal waar jy geregistreer is, stem. Jy moet dus registreer in die stemdistrik waar jy die meeste van die tyd woon. Indien jy reeds geregistreer is, maar onlangs verhuis het, moet jy ‘n vorm by die registrasiepunt gaan invul om jou besonderhede te verander. Mense wat wil weet of hulle geregistreer is, kan hul ID-nommers na 32810 teen R1 per SMS te stuur. Voornemende kiesers kan ook die webblad, www.elections.org.za, besoek en kyk of hulle geregistreer is en waar hulle moet stem.


NUUS • NEWS

3

17 Februarie 2016

Inentings beskerm meisies

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid herinner alle ouers en voogde met dogters wat in graad 4 en nege jaar oud is aan die inenting teen die menslike papiloomvirus (MPV) wat servikskanker kan veroorsaak wanneer sy ouer is. Ouers en voogde moet die toestemmingsvorm wat hulle van die skool sal kry, onderteken. Die inenting sal net toegedien word aan meisies wie se toestemmingsvorms onderteken is, wat al nege jaar oud is en by ’n staatskool of skool vir spesiale behoeftes skoolgaan. Die gesondheid-span is tot 11 Maart by skole vir die inenting en is gratis.

Red ‘n boom: Dié

leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het 'n plan beraam om 'n geelhoutboom, SuidAfrika se nasionale boom, wat in 1972 geplant is, te red. Hulle bring boorgatwater in bottels om die boom se dors te les.

• SM stel nuwe waterreëls vas

Tuinslange nou taboe Bêre jou tuinslang, waarsku die Swartland Munisipaliteit. Lê dit op jou grasperk en ‘n munisipale amptenaar sien dit, kan dit lei tot ‘n stywe boete. Dit is deel van die strenger waterbeperkings wat nou ingestel in ‘n poging om die krimpende beskikbare water te rek tot die Swartland se winterreëns begin. Die Weskus is nou amptelik tot rampgebied verklaar deur Wes-Kaap Rampbestuur. Saam hiermee het die Swartland Munisipaliteit die Vlak 2-waterbeperkings verskerp. Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het verduidelik: “Die feit dat ons nou ‘n rampgebied is, noop en magtig ons om sekere maatreëls te tref.” Die nuwe beperkings is in die koerante en op sosiale media geadverteer. Pamflette is ook by munisipale kantore en biblioteke beskikbaar, terwyl beskermingsdienste ook luidsprekers gebruik om mense op hul hoede te stel. Intussen is mense gevra om duidelik aan te dui as hulle eie bronne vir swembaddens of tuine gebruik. Hulle moet vrystelling van die munisipaliteit kry en dit op ‘n bord aandui.

Gryswater (bad- en waswater) kan vir tuine gebruik word, andersins boorgate. Nuwe swembaddens kan nog gebou word, maar dit mag nie gevul word nie. Selfs die munisipale swembad sal moet sluit as daar nie ‘n ander bron gebruik kan word nie. Mense is ook verseker dat die groen tenkwaens wat munisipale tuine natspuit, nie drinkwater gebruik nie. “Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om so gou moontlik so veel moontlik water te bespaar,” het burgemeester Tijmen van Essen gepleit. “Terselfdertyd wil ek almal bedank wat wel bespaar.” Die munisipaliteit het ‘n komitee aangestel om met groot watergebruikers te gesels en na moontlike besparings te kyk. Hieronder val kwekerye, waar daar selfs gekyk sal word om plante uit die gebied te neem totdat die beperkings opgehef is. Die konstruksiewerk op die N7 gaan voort met gryswater wat hulle by die rioolwerke trek. Hierdie water word ook vir sportvelde gebruik.

Buite-ekspo lok weer groot getal Die jaarlikse kykNET Buite-ekspo wat die afgelope naweek op die plaas Môreson by Malmesbury gehou is, het "volgens alle aanduidings meer besoekers gelok as in 2015". Só het organiseerder Marius Opperman gister aan dié courant gesê. Die uitstallings van woon- en kampwaens en 'n verskeidenheid buitelugtoerusting was gewild onder besoekers. Ook die twee- en vierwielmotorfietse se vertonings, die valskermspringers van Mother City Skydiving, optredes van Lollos, Heinz Winckler, die Broers, Hugo Nieuwoudt en Amore in die arena was onder die gunstelinge. Die Wes-Kaap se minister van finansies, dr. Ivan Meyer, het die ekspo Vrydag geopen en weer die waarde van dié tipe byeenkoms vir ekonomiese ontwikkeling uitgelug. Meyer het weer die saambindende aspekte soos die kindervriendelikheid, kulturele warmte, die kos, kamp, kuier en karre beklemtoon. Opperman het gister gesê "al is die amptelike besoekergetalle nog nie bekend nie, is die verwagte toename in besoekergetalle te danke aan die nuwe komponente wat weer by vanjaar se ekspo gevoeg is". Die nuwe toevoegings op die program het die Agrimark Lasherkompetisie, die Jimmy's Braai Pie-kompetisie en die Tagrugby-toernooi met Breyton Paulse ingesluit.

Winckler, Suid-Afrika se eerste Idol-wenner, was by toe Charl Bruwer en Langebaan-restauranteienaar Le Roux van Vuuren van Kokkedoor-faam die maak van 'n watertandhoenderdis op die kole en visbraai in koerantpapier gedemonstreer het. Hy het ook Sondag 'n biddiens vir reën gelei. Naas die bekende TV-aanbieders en gesoute 4x4-manne Andre de Villiers en Johan Badenhorst wat ook by die ekspo betrokke was, het die stof en klippe behoorlik gespat waar oud en jonk op ysterperde baljaar het. Borg en medebeoordelaar van die Braaipie-kompetisie, Jimmy Baptiste van Jimmy's braaisous het die deelnemers geloof vir hul innoverende idees en smaakkombinasies. Die spanne het bekendes soos Therese Benade, Marco Spamer, Deon Lotz en Gideon Lombard as lede ingesluit. Die wenner van die Lasherkompetisie was Franso Roux. Nog 'n nuutjie by die ekspo was die vertonings deur die valskermspringers van Mother City Skydiving buite Malmesbury, Waldo Prinsloo, Frederik Potgieter en Karen Potgieter. Prinsloo, die SA kampioen Vlerkpakvlieër, het Saterdag by die ekspo ala-Superman-styl met 'n vliegpak geduik voor hy die valskerm ontplooi het. Sien dié video op dié courant se Facebook-blad.


NUUS • NEWS

courant

17 Februarie 2016

dié

4

Gevang:

Selfdissipline geld oral

Selfdissipline is nou een van daardie dinge wat jy moet aanleer. Dit kom nie vanself nie. Selfdissipline begin immers met "self". Vir sommige is dit baie maklik om dit aan te leer, vir ander is dit 'n taak wat nie te maklik is nie. Dit is daardie klein dingetjie om nie 'n papier op die grond te gooi nie, om nie 'n sigaretstompie by jou venster uit te gooi nie, om nie 'n kraan onnodig lank te laat loop nie, om werklik by die stopstraat te stop en nie net oor te rol en te hoop niemand sien jou nie. Klein dingetjies wat uiteindelik 'n groot verskil maak. Dit mag nou na 'n simpele takie lyk, maar op die lange duur maak dit 'n reuse-impak. Om vir iemand te glimlag, om die telefoon vriendelik te antwoord, om te doen wat jou plig is en dit in plesier te omskep. Soms is daar dinge wat ons moet doen net omdat dit gedoen moet word. Dis dan wanneer daardie dissipline inskop. Dan wanneer jy iets uit plig doen. Sonder die plesier. Dit het dalk tyd geword dat almal van ons 'n bietjie dieper kyk. Nie na ander nie, want dit doen ons maklik. 'n Bietjie dieper na onsself kyk en gaan uitvind waar daar ruimte vir verbetering is, want daar is altyd. Niemand van ons is perfek nie, maar ons kan altyd daarna streef. Dit is nie lekker om die foute in onsself raak te sien nie, maar dit is nodig. Dit is soms nodig om daardie tong 'n ruskans te gee, om die jaloesie bietjie te begrawe, om plig voor plesier te stel. Dit is nie moeilik om bietjie ekstra te doen as wat daar van jou verwag word nie. Toets dit bietjie. Dalk word jy aangenaam verras.

Malmesbury se Kansa-kantoor het Vrydag ‘n paar “boewe” vasgetrek. Die "beskuldigdes" het in 'n openbare hof by die De Bron-sentrum verskyn vir oortredings van die Wet op onder meer Sonveiligheid en Gesonde Eetgewoontes. Die wet is deur Kansa geproklameer en die "boetegeld" is ook aan hulle oorbetaal. Volgende week is die jaarlikse Relay for Life op Malmesbury. Sien die Dagboek hieronder.

Carnegie House makes difference to childhood cancer Monday was International Childhood Cancer Awareness day and Carnegie House Independent School hosted its first ‘Childhood Cancer Awareness Walk’ at the Primary School in Riebeek Kasteel. In South Africa 800 to 1000 children under 15 years of age are diagnosed with cancer each year. With early treatment, the chances of survival are around 77%. Many of the children affected by this disease do not have the financial means to cope with such a horrific illness. These parents have to often spend hours away from work with no medical aid to assist them with treatment and recovery. Not only do these families not have the money to fight the disease, they often also have to comprehend having to put food on the table and to continue to cope with day to day existence and ongoing financial strain. `Little Fighters Cancer Trust’ is a local NPO who operate from the Paarl area. This trust has been assisting families with financial and moral support since 2010 where they are

Dagboek • Calender

Dis Goeie Nuus Dr Andrew Bosman

Stefanus

Die Griekssprekende Jode was ongelukkig omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. Die dissipels het manne aangestel met goeie getuienis, wat vol van die Heilige Gees en wysheid was om te help met die bogenoemde probleem. So is Stefanus aangestel, ‘n man wat vol van geloof en die Heilige Gees was. Hy het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Sommige van die sinagoge en inwoners van Alexandrië en Cirenië en mense van Asië en Silicië het met Stefanus gestry, maar kon die Gees en die wysheid waarmee hy gespreek het nie weerstaan nie. Hulle het hom vals beskuldig en voor die Joodse Raad gebring. Hulle het hul oë op hom gehou en gemerk dat sy gesig soos die van ‘n engel was. Die hoëpriester het hom uitgevra en hy het begin om die geskiedenis vanaf Abraham tot Jesus aan hulle te verduidelik. Hy het hulle beskuldig dat hulle Jesus, die Regverdige, laat kruisig het. Hierna het hulle hom buite die stad gesleep en gestenig, terwyl hy bid dat die Here hulle die sonde nie moes toereken nie.

now currently working with almost 800 families. All proceeds raised from ‘Carnegie House Childhood Cancer Awareness Walk’ will go directly to this trust.

Mnr. en Mej. PHS 18 Februarie - Piketberg Hoërskool en Plofstof bied die vierde Mnr. en Mej. PHS aan. Kaartjies beloop R50 per persoon by Sanet Ackermann. Kontak die skool by 022 913 1134 met navrae.

Abbotsdale Aandmark 26 Februarie – Mark begin om 18:00 in die Abbotsdale-gemeenskapsaal.Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti’s en kerriekos te kies en te keur. Navrae by Roland 073 155 7256.

Shavethons 19 Februarie - Shavethon vir Kansa tydens Hoërskool Swartland se pouse. Ook 27 Februarie by Yzerfontein-padstal, 5 Maart by De Bron-sentrum, Malmesbury, 11 & 12 Maart, by Laerskool Swartland se kermis en 17 Maart by CPM.

Relay for Life 27 & 28 Februarie - Kansa Malmesbury se Relay for Life word op die terrein van Hoërskool Swartland gehou. Spanne, besighede, kerkgroepe, families, kan inskryf. Navrae by Hester Smit: 022 482 1111 of e-pos hsmit@cansa.org.za.

Pietman die Skot 19 Februarie - Dié gewilde kunstenaar is by Die Boer-teater in Durbanville. Bespreek by 021 979 1911.

`Boot Sale' 27 Februarie - Van 09:00 tot 13:00 by Langsdiebos Mark, Malmesbury Voortrekkerterrein. Kontakpersoon: Anton, 084 732 2472.

Valentyn Piekniekdans 19 Februarie - Die St Thomas AWF hou 'n dans om 20:00 in die Wesbankgemeenskapsaal. R50 per persoon. Neem u eie piekniekmandjie en XYZ.

4x4 Pretrit 27 Februarie - Vertrek van indraai na Blombosch 4x4 op R315 na Yzerfontein. Eindig by Swartbergvlei. Ten bate van Huis Groeneweide, Darling. Vetrektyd is 13:00; R200 per voertuig; R50 per passasier. Navrae: Samaryn, 022 492 2534.

Malmesbury Aglow 20 February - Malmesbury Aglow are meeting at the River of Life Christian Fellowship, Daling Road (opposite Prima Bande). Charlotte Synders is speaking. Everyone welcome. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. Piketberg Somermark 20 Februarie - Op die Piketberg Museum-terrein in Kerkstraat, van 09:00 tot 14:00. Enige handgemaakte / tuisgemaakte /unieke produkte is welkom. Skakel 022 913 2003 of tourism@piketberg. com. Internasionale evangelis 21 Februarie - Gary Kieswetter tree om 09:00 by Lewende Woord Darling op. Kieswetter is ‘n internasionale evangelis en senior leier van Die Bronbediening. Die kerk is by Arcadiastraat 4. Vir meer inligting skakel die kerkkantoor, Maandag tot Vrydag tussen 08:30 en 13:00 by 022 492 3070.

Kuier onder die Sterre 4 Maart - NGK Piketberg FonteinFees van 17:00 tot 21:00, met Chris Else en DJ Saxie. Pretstap oor 2km en 5km, wegspring om 18:00. Iskrywings van 17:00; kinders R5, volwassenes R10. Gourmet burgers, kaasborde en ander eetgoed te koop. Navrae: Liza by 082 511 8227 Astro hokkiebaan open 5 Maart – Die amptelike opening van Hoërskool Swartland se astro hokkiebaan om 09:00 by die baan in Imhoffstraat, , Malmesbury. Gesinsdag 2016 5 Maart - Die Malmesbury Fietsryklub bied 'n pretdag aan.Inskrywings vir pretrit & XCO-uitdaag kan per e-pos gedoen word voor 4 Maart: info@ malmesburyfietsryklub.co.za, of kontak 084 723 8828.

Kerke • Churches

Royal Impact Temple 21, 28 February - Three Sundays of power and glory; Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre, Malmesbury. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. AGS Corpus Christi, Malmesbury 21Februarie - Pastoor Piet Smit praat om 09:30 oor Practise what You Preach. Om 18:30 is daar 'n gesinsdiens en DVD-vertoning. Navrae: 073 447 2902. Shofar 21Februarie - De Waal Esterhuizen preek om 09:30 by Voortrekkerstraat 48,

Malmesbury. Navrae: 079 214 4578.

Dynamic Love Fellowship Die volgende diens is op 28 Februarie om 10:00 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak hulle Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. Malmesbury Methodist Church of SA - 2015 – St. Thomas St 09:15 Sunday Worship Service ; 08:15 Sunday school. Tuesday evening prayer meeting at the Church. Any further enquiries, contact Rev. Anele Bonoyi at 083 633 7017.


NUUS • NEWS

5

17 Februarie 2016

Wenners

Shop online at www.picknpay.co.za

Maria Apollis van Riebeek-Wes met haar Cardelli’s geskenkbewys.

Also at HYPERMARKETS

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

Mari van Aarde van Moorreesburg met haar Khwa ttugeskenkbewys.

Franci de Koker van Moorreesburg het ‘n geskenkpak van die Malmesbury Kwekery losgeslaan.

Edwin Carelse van Abbotsdale met sy Debonairs geskenkbewys.

100

42 12 SAVE MORE THIS FEBRUARY

R

90

90

Omo Auto Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Each

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg

Selected products on this page have been styled for photography

FRESH

BUY 2 FOR

99

7

Beryl-Anne du Plessis van Piketberg het die geskenkbewys van die Mountain Creek Spur gewen. • Ander wenners: Samantha Burger (Malmesbury Superspar/Moments) • Surene Jan (Darling - Darling Sweets) • Gusswill Cleophas (Darling McDonalds) • Marlene Jordaan (Malmesbury Darling Brew)

R

PnP Bulk Lamb Braai Chops Per kg

PnP Fresh Chicken Thighs, Wings or Drumsticks Per kg

34

16

R

90

FREE

PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

Bonnita YogoFun Flavoured Low Fat Drinking Yoghurt Assorted 350g Each

Cordon Bleu Margarine 500g Brick

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

28

90

Parmalat Long Life Flavoured Custard Assorted 1 Litre

PnP NO NAMETM Corn Flakes 1kg

89

R

SAVE R6

17

19

80

BUY ANY 2 FOR

90

90

SAVE R8

90

PnP Bulk Oukraal Wors Per kg

+

BUY ANY 3 GET 1 FREE

49

48

R Beulah Noble van Malmesbury het ‘n geskenkpak van Druiwetros gewen.

SAVE R13

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

Get Double Points

SAVE R30

167

90

170

R

Smirnoff 1818 Vodka 750ml

Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 16 - 21 FEBRUARY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand street. Liquor not for sale on Sundays. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. 1502782_39x226

Accounts NOW OPEN


NUUS • NEWS

6

17 Februarie 2016

Anton de Klerk Boutekenaar is 25 jaar jonk Die stokmannetjie agter die tekenbord,wat as logo vir die praktyk dien en gereeld in dié courant en verskeie ander advertensies te sien is, is vanjaar 25 jaar oud. Anton het in 1983 by Swartland Bouhandelaars op Moorreesburg begin werk en in 1984 deeltyds aan die destydse Kaapse Technikon begin studeer. In 1986 het hy die Nasionale Diploma in Argitektuur verwerf en die tekenkantoor was toe onder sy beheer. In 1991 begin Anton sy eie praktyk op Moorreesburg en van daardie dag af het hy nog nooit teruggekyk nie. Anton is by SACAP (beheerliggam van die argitektuursprofessie) geregistreer as Senior Argitekstegnoloog. Registrasie by SACAP is verpligtend om in argitektuur te mag praktiseer en planne vir goedkeuring aan munisipaliteite voor te lê. Vandag is die praktyk goed gevestig en het sy seun, Tiaan, intussen in 2009 by hom aangesluit en sedertdien is pa en seun ‘n gedugte span.

Grootste onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Gesels met ons!

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za om jou onderneming se bestaansjaar te vier!

dié

courant

Anton en Tiaan is aan die stuur van sake. Die praktyk spesialiseer in die ontwerp en teken van woonhuise, groepsbehuising en woonstelle, asook kommersiële projekte soos staalstore en winkels. Daar word nou saamgewerk met munisipaliteite om op hoogte te bly met wette en regulasies rondom die goedkeuring van bouplanne en die praktyk is wel bekend en op ‘n goeie voet met alle munisipaliteite in die omgewing. Tiaan se toetrede het ‘n vars en nuwe benadering tot argitektuur na die praktyk gebring, want hoewel die stokmannetjie-logo nog steeds oral sigbaar is, is die tekenborde en potloodskerpmakers weggepak en moes uiteindelik plek maak vir rekenaars. Die gebruik van rekenaars was onafwendbaar in ‘n tegnologies-gedrewe wêreld en het die uitstuur van voorlopige sketse of finale planne in PDF/DWG-formaat na kliënte en ander partye baie vergemaklik. Die praktyk bly dus gedurig op hoogte met die nuutste tegnologie en is op die oomblik besig met die implimentering van die nuutste 3-D

tegnologie, wat van groot waarde sal wees vir kliënte om die finale produk beter te verstaan en te visualiseer. Kliënte-tevredenheid is nommer een in hierdie kantoor – soos ons altyd sê; "As die kliënt tevrede is, is ons tevrede”. Ons neem die kliënt deur die hele proses vanaf die ontwerp, deur die goedkeuringsproses by die munisipaliteit tot by die voltooiing van die projek. Ons het ook baie goeie en betroubare kontakte regoor die spektrum van die boubedryf oor die jare opgebou en stel dit graag aan ons kliënte beskikbaar. Anton bedank elke kliënt vir al die jare se getroue ondersteuning, veral diegene wat keer op keer terugkom vir verdere ontwikkelings en sodoende die kantoor se naam uitdra in die veld. Na nóg 25 jaar sal Anton seker soos die stokmannetjie lyk, maar Tiaan sien uit na ‘n lang, suksesvolle loopbaan in die argiteksbedryf en sal beslis eendag sy pa se skoene volwaardig volstaan. Kontak met vrymoedigheid vir Anton en Tiaan om jou droomhuis of enige bouprojek ‘n werklikheid te maak. Die area waarin hul werk, is wyd en het geen grense nie. Saam sien hulle daarna uit om nog baie “monumente”, soos Anton se vrou na hul werk verwys, te ontwerp en staan te maak.


NUUS • NEWS

7

17 Februarie 2016

Buite-ekspo groei steeds in gewildheid

HeliX het vir groot opwinding gesorg.

Bo: Heinz Winkler met die susterspublikasie van dié courant, de moZáik. Regs bo: Breyton Paulse met 'n groepie rugbyliefhebbers. Onder: Daar is lekker geskoffel om die ekspo se opening te vier. Koos en Marie Hoffman van Môreson-plaas het saam gekuier. Regs onder: Ilse Loock, saam met Minister Ivan Meyer en Marius Opperman.

Jimmy Baptista van Jimmy's Steakhouse Sauces help 'n deelnemer.

Bo: Franso Roux van Malmesbury is as die wenner in die Lasher-kompetisie aangewys.

Regs: Joggie Scholtz met Zani en Renelda Scholtz.

Peter Lindenberg en Marius Opperman


NUUS • NEWS

8

17 Februarie 2016

Darling Sweet - ‘n soete verleiding 10 Jaar

Darling Sweet se toffies laat ‘n mens na kleintyd se lekkerte verlang en nou het die onderneming die nostalgie verder gevoer – hulle het pas hervestig in die oorspronklike algemene handelaarswinkel op Darling, alombekend as `Retief se Winkel’, in Langstraat 7, Darling. Die pragtige Edwardiaanse gebou het lank leeg gestaan, nadat dit as ‘n kerk, kleuterskool, koffiewinkel, restaurant en klub diens gedoen het. In 1997 het dr Braam en Carla van der Merwe die huis gerestoureer en ook vergroot na ‘n dubbelverdieping. Carla se ouers, oom Ferdi en tannie Petro Nielsen, was die laaste mense wat daar gewoon het. Die winkel se proelokaal het ‘n outydse atmosfeer met 'n toonbank, glasrakke vol lekkers en ou lekkergoedblikkies. Die res is ruim en modern – ‘n lekkergoedfabriek agter glas waar mens kan watertand oor die voorbereiding van die toffies. Darling Sweet het in Julie 2014 ontstaan toe Frits van Ryneveld en Hentie van der Merwe ontmoet en in vennootskap gegaan het. Die toffies wat ontwikkel is, is uniek aan Darling en omgewing. Die fleur de sel en veldblomheuning vir die Heuning & Sout-toffies, asook van die ander bestanddele, is plaaslik. Die reeks bevat annie Evita se Klassieke Toffies: Lemoen & Granaat; Ormonde Wyne; Rooiwyn & Sjokolade; Liquorice en Suurvye. Besoek hulle weeksdae van 08:00 tot 17:00, Saterdae van 08:30 tot 14:00 en vakansiedae van 10:00 tot 14:00.

Frits van Ryneveld en sy ma, Annette (bo) en regs saam met sy vennoot, Hentie van der Merwe.

T Engelbrecht 10 jaar

R Titus 10 jaar

S Wells 10 jaar

V Booys 10 jaar

E Julius 10 jaar

C Lewies 10 jaar

C Boois 10 jaar

C King 10 jaar

B Jantjies 10 jaar

A Markus 10 jaar

A Lategan 10 jaar

S C Farao 10 jaar

B Carolus 10 jaar

S Green 10 jaar

G Mentoor 10 jaar

C Maarman 10 jaar


NUUS • NEWS

9

17 Februarie 2016

Swartland Groep Moorreesburg vereer personeel vir lang diens 25 Jaar

P Arendse 25 jaar

M Farao 25 jaar

J Maarman 25 jaar

S Johnson 20 jaar

M Valentyn 20 jaar

K A Fryer 20 jaar

15 Jaar

Een van Swartland Groep se grootste bates is sy lojale werknemerskorps. Wanneer mylpaal jare van toegewyde diens bereik word, wil die maatskappy graag van so ‘n geleentheid gebruik maak om ook sy dank en waardering uit te spreek vir die aantal toegewyde diensjare en daarom word daar jaarliks erkenning

gegee aan werknemers wie 10-, 15-, 20- en 25-jaar (en soms meer!) voltydse diensjare voltooi het. Tydens van die onlangse toekennings geleenthede het menere Hans Hanekom (Hoof Uitvoerende Beampte) en Hendrik van Niekerk (Direkteur) toekennings oorhandig aan die volgende werkers:

20 Jaar

H van Niekerk 20 jaar

J Adams 20 jaar

G Daniels 20 jaar

D Mentoor 20 jaar

M Snyman 20 jaar

C Adams 20 jaar

10 Jaar

E Franse 15 jaar

M Telly 15 jaar

G Toontjies 10 jaar

S van Staden 10 jaar

R Farao 10 jaar

L Alexander 10 jaar

M Prins 10 jaar

M Adams 10 jaar

S Isaacs 10 jaar

M Betana 10 jaar

K Frans 10 jaar

J Albertus 10 jaar

J Valentyn 10 jaar

H Alkaster 10 jaar

H Marais 10 jaar

H Swart 10 jaar


10

NUUS • NEWS

17 Februarie 2016


NUUS • NEWS

11

17 Februarie 2016 Betrekkings Vacancies JOIN AVON TODAY AND START EARNING MONEY - No Experience needed OR Want to BUY. Contact #2275/5 - 0795395510 --------------------------------Teach English in Thailand with Linda Hanekom mrshanekom@gmail. #2315 /2 com Dienste Services AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens kontak ons gerus vir gratis kwotasie – 079 502 7074 #2215/11 --------------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/10

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/ 084 794 7528 #2005/33

In Memorium In Memoriam LUKAS NELL

3 ph krag. Kontak Derek Kolbe @ 0836310255. #2311/03

Liefste Pa, die 15de sou jy 90jaar gewees het, maar Jesus het goed gedink om jou te kom haal – Ons mis Pa baie. Jou verlangende dogter – Sarah, Herman en Johnnic #2320 Te Huur To Let Middedorp kantore. 80 vkm of 60 vkm apart, of 140 vkm gesamentlik. Tuin aan agterkant. Kontak 083 991 7350 #2305/2

--------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/24

--------------------------------Werkswinkels/store te huur te Malmesbury, 420m² met 4m deur en

Te Koop For Sale Fillette (hake) - R50/ kg; Visvingers - R35/kg; Viskoekies - R45/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/19 --------------------------------Muller – 079 413 2520 KIC Fridge/Freezer – R950; Elektriese Wafel maker – R100; Stoompot – R150; Hout speelgoed kas – R150; Rekenaar Staander – R350; Hout Boekrak – R450; Enkelbed matras – R450; 3x Hout bar stoele – R250 elk; Outydse Umbia linnekis – R2300; Lang staan spieël – R650 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2321 Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/12


courant

tel 022 487 3221

Sportuitslae Sports results

Robbie nuwe SA-kampioen nooit in Durban nie,” het hy aan dié courant vertel. “Maar toe begin ek op Malmesbury werk,” glimlag hy. “En hier het ek van hitte en humiditeit geleer. Dit het vanjaar die verskil gemaak.” Hy vertel selfs by die provinsiale kampioenskappe twee weke gelede op Wellington, kon hy reeds die verskil sien. “Die temperatuur was 44 grade en die ryers het gesukkel. Maar dit het my nie gepla nie – hoe warmer dit geword het, hoe beter. Rodrigues het 'n interessante sportgeskiedenis: In 1989 op 17 en in matriek het hy die SA Skaatsplankkampioenskappe gewen. Sy oë blink: “Ek ry nou nog as ek kans kry.” “Maar ek is Portugees en dit beteken dat ek met ‘n sokkerbal gebore is!” Sy sokkerdrome het egter versplinter ná ‘n ernstige besering in 1995. Hy wys na sy regterknie en -been waar die nagevolge van sy ligament-besering nog duidelik sigbaar is. As deel van sy rehabilitasie het hy begin fietsry – en daar het die gogga hom gebyt. “Dit gaan nie vir my regtig oor die sportsoort nie. Wat belangrik is, is dat jy jou heel beste gee. As ek weet my mededingers oefen drie ure op ‘n dag, oefen ek vyf ure.” Hy vertel dat hy in Desember, toe hulle vir twee weke gesluit was, elke dag vyf ure fiets gery het. “Ek glo my voorbereiding en ondervinding het vanjaar die verskil in Durban gemaak. Ek het ook gesorg dat gehidreer bly,” vertel hy.

17 Februarie 2016

17 Februarie 2016

• vlieg oor die pad met geankerde voete Robby Rodrigues is die nuwe Suid-Afrikaanse padfietskampioen, maar hy is ook veel meer as dit: hy is op alle gebiede ‘n wenner. Hy mag oor die pad vlieg op sy fiets, maar sy voete is geanker in sy geloof en sy kop is vol lofprysing vir die Skepper wat hom die krag gee om te presteer. Robby se Swartland-verbintenis is Johann Rabe en Bike Addict, waar hy sedert September werk. Maar elke oggend, en meeste middae, trap hy 55km van en na sy huis in Tableview. Dit is hierdie harde pad wat hy glo vanjaar die verskil gemaak het by die kampioenskappe. Durban, veral die hitte en humiditeit, was al ses keer sy Nemesis. “Dit is die derde keer dat ek die kampioenskap wen, die ander kere was in 2004 en 2007 – maar

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12

Bo: Robby Rodrigues op die podium. Links onder jaag hy oor die eindstreep. Hy het 15 houers met water gebruik in die wedren: tien het hy oor hom uitgegooi en die res gedrink. En die pad vorentoe? Meer van dieselfde, want sê Rodrigues, “Ek leef my droom. Ek geniet dit om te oefen, miskien meer as die wedrenne, want dan is ek gespanne.” Dan bedink hy homself: “Nee, die wedren is vol stres, maar as ek eers weggespring het, is ek ‘n ander mens – dan is ek gemotiveer om klaar te maak.” Hy verklaar onomwonde: “My krag lê in God. Voor die kampioenskappe in Durban het ek die oggend vir ‘n uur gemediteer en geluister na “I Need You more” van Jesus Culture. “Hierdie liedjie het ek die heeltyd gesing terwyl ek gery het. “Voor elke wedren bid ek vir Sy beskerming: Dra my in U krag en ek sal U die glorie gee…”

Malmesbury Tennisklub Malmesbury A wen teen Hermanus A; 7 wedstryde teen 0. Dmitri Marais k C. Robinson 6-2, 6-4; Antoinette Snyman k Y. Hansen 1-6, 6-1, 11-9; Braaam Isaacs & David Isaacs k S. Hansen & H. Olivier 6-2, 6-3; Kim Titus & Lynette Miller k D. Gribb & K. Tindall 4-6, 6-1, 10-6; Dmitri Marais & Kim Titus k C.Robinson & Y.Hansen 6-4, 6-4; Braam Isaacs & Antoinette Snyman k S. Hansen & D. Gribb 6-1, 6-2; David Isaacs & Lynette Miller k H.Olivier & K. Tindall 6-3, 6-2. Malmesbury B verloor teen Maties B; 3 wedstryde teen 5. Divan Robertson & Dirk Lategan k Josh Palmer & Bradley Haasbroek 6-1, 6-2; Marais Liebenberg & Irwan Turner k Richard & Kieran 7-5, 3-6, 10-4; Marlene Hanekom & Lize-Marie Lategan v Sonet Stapelberg & Christine Graham 0-6, 1-6; Ziggi Sixt & Rachelle Tobias v Anri Schonees & Suzan Strauss 1-6, 1-6; Divan Robertson & Marlene Hanekom v Josh Palmer & Sonet Stapelberg 2-6, 3-6; Dirk Lategan & Lize-Marie Lategan v Bradley Haasbroek & Christine Graham 3-6, 6-1, 9-11; Marais Liebenberg & Ziggi Sixt v Richard & Anri Schonees 4-6, 5-7; Irwan Turner & Rachelle Tobias k Kieran & Suzan Strauss 6-4, 7-5. Malmesbury C wen teen Bottelary B; 6 wedstryde teen 0. Alec Viljoen & Jessie Liebenberg k Andries van As & Debbie Marais 7-5, 6-1; Sarel Steyn & Elzaan Steyn k Mike Sctocaffi & Margret van Haaster 6-4, 6-1; Darryl Blom & Alwyn Burger k L. de Kock & P. Bestbier 6-0, 6-2; Jessie Liebenberg & Elzaan Steyn k Debbie Marais & Magret van Haaster 6-4, 6-3; Alec Viljoen & Sarel Steyn k L. de Kock & P. Bestbier 6-2, 6-3; Darryl Blom & Alwyn Burger k Andries van As & Mike Sctocaffi 6-3, 6-4.

Sportdagboek Sports diary

Hoërskool Swartland Krieket 20 Februarie - 6-aan-‘n-kant krieket toernooi op HSS se A-veld. Dit bestaan uit tweeseuns spanne van HSS, 'n afrigterspan van die laerskool Swartland, 'n afrigterspan van HSS, 'n ouerspan van sowel die hoër- as laerskool en twee oud-leerderspanne van HSS. Hulle begin om 08:00 speel en dit behoort teen17:00 klaar te wees. Die prysuitdeling sal na afloop van die finaal wees. Wesbank Rugbyklub 20 Februarie – Wesbank speel ‘n vriendskaplike wedstryd weg teen Belhar.

Rolbal eindig tweede

Tjek:

Anroux Marais, Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport (middel), het gistermiddag ‘n tjek van R50 000 aan die Rugby Performance Centre op Riebeek-Wes oorhandig. By haar is (van links), Thabo Tutu (direkteur Sportpromosies), Ivan PeKeur (president Boland Rugby),raadsheer Tijmen van Essen (burgemeester van Swartland) en Alan Zondagh (direkteur van Boland Rugby Instituut). Sien berig op bl 2.

Net Malmesbury se tweede mansrolbalspan het Saterdag gespeel. Hulle het Oakdale se derde span tuis met 31-27 gewen en die wedstryd 8-3. Die span van Conrad Dippenaar, Gert Adams, André Halvorsen en Martin Louw speel uiteindelik gelykop 15 elk. Hulle verloor die eerste stel 6-11, maar wen die tweede 9-4. In die ander wedstryd het Ron Sheridan 9-4 in die eerste stel gewen, maar die tweede met 7-8 gewen. Dit was hierdie span, bekend as die ‘vis en chips’ span, se eerste oorwinning. Saterdag speel die eerste span weg teen Constantia D. Al die beseerde spelers is weer beskikbaar, en die span sal op volsterkte wees. Die tweede span speel tuis teen Helderberg en die vroue ontvang Strand C. Sondag het Kobus Marais en Nadene Scherman aan die WP Novice enkelspel kompetisies deelgeneem. Belangstellendes kan Altus Myburgh (076 667 4305) of Roux Vermeulen (083 478 9616) kontak.

Shop online at www.picknpay.co.za

R

Piketberg Rugbyklub 20 Februarie - Die klub speel tuis teen Saldanha en op 27 Februarie tuis teen Worcester Villagers. WCCF Golf Day 27 February - The West Coast Community Foundation is having a golf day at the Malmesbury Golf Club. It will be a 4 Ball Better Ball (4BBB) Stable ford at a cost of R1500 or R375.00 pp. A prize giving ceremony which includes dinner will follow at 19:00 and is free for all players. Enquiries: Magaret Tippens at 022 482 1993 or 079 739 9635. Entries close on 19 February at 16:00. Malmesbury Knortjorre 27 Februarie 16:00, 9de wedren. Dan weer 12 Maart; 19 Maart (Champ of Champs); 16 April; 30 April - Suidpunt Kampioenskappe in Bredasdorp aangebied deur Bredasdorp Motorklub; 7 Mei. Swartland Halfmarathon 5 Maart – Moorreesburg, sirkelroete: 10km padwedloop 07:15; 5km-pretloop 07:30. Boland Liga-wedloop 5 Maart – Moorreesburg; Aanlyn-inskrywings nou oop tot 29 Februarie. Kontak Hanlie Rossouw, 022 433 3346; 081 579 0222 of jhsp@telkomsa.net. CTCT MTB challenge 27 February - Le Bonheur Estate; www.pedalpower.org.za.

89

54

R

CELEBRATE

MORE FOR LESS

Smirnoff 1818 Vodka 750ml

1503824_100 x 260

PRICES VALID 18 - 21 FEBRUARY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES.

129

R

Hunter’s Dry or Gold 12 x 440ml Per Pack

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml

170

Drostdy Hof Extra Light, Stein Select or Premier Grand Cru 2 Litre Each

8990

R

89

R

209

R

Per Case

Olof Bergh Brandy 750ml

Viceroy Brandy 750ml

Bains Whisky 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1503824_10X8 Vredenburg Liquor.indd 1

2016/02/12 11:45 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook