courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Swartland
17 Desember 2014
Bergrivier
swartland en weskus
dié
1
Uitgawe 302
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
•ALTERNATIEWE KRAG OP KOERS
Sonplaas kry eers uitstel
Fun in the sun The December holiday has finally arrived and the beaches are packed with holiday goers escaping from the hustle and bustle of the city life. Yzerfontein is no exception with the laughter of children filling the air. Emma Ross (4) and her sister Zoe (6) from Brackenfell enjoyed playing on the Yzerfontein beach yesterday.
Die Departement van Omgewingsake het pas twee jaar uitstel verleen aan die voorgestelde 8.5mw sonkragfasiliteit by Riebeek-Kasteel. Die aansoeker, Mark Bleloch, het gevra vir drie jaar se uitstel, maar net twee se verlenging is toegestaan. Volgens die amendement moet aktiwiteite teen 6 Maart 2017 begin. Indien nie, sal die magtiging verval en ‘n nuweaansoek ingedien moet word. Bleloch se maatskappy, Sunspot, gaan ses plase vir die Departement van Energie ontwikkel.Die ander is in Bonnievale, McGregor, Wolseley, Eendekuil en die Hex Riviervallei. Bleloch het vandeesweek aan dié courant gesê die projek is by die regering se Hernubare Energieprogram vir Onafhanklike Kragvoorsieners (Renewable Energy for Independent Power Producers) geregistreer. "Ons wag nou vir reaksie op Fase 1. Dit is 'n tydsame proses, maar ons is vol vertroue dat dit uiteindelik sal gebeur." Suid-Afrika het 'n hoë vlak van hernubare energiepotensiaal en die regering se mikpunt is in die omgewing van 10 000 GWu (gigawatt/uur). • Intussen het Anthony Corin van die SlimSun Swartland Solar Park aan dié courant gesê hulle hoop om vroeg aanstaande jaar te begin krag lewer aan Eskom. Dié kommersiële Solar-plaas is op die plaas Eenboom tussen Darling en Malmesbury. Die SlimSun Swartland Solar Park, met 'n kapitale waarde van R200 miljoen, se doel is om as onafhanklike kragprodusent Eskom se kragopwekking aan te vul en om SuidAfrika se koolstof-voetspoor te beperk. Die eienaars van die boutiek wynlandgoed Franki's Vineyards, Franco Afrique Technologies (FAT) op Eenboom, is een van die eerste 28 suksesvolle bieërs in Suid-Afrika aan wie dié tender toegestaan is, nadat 400 ontwikkelaars vanoor die wêreld tenders ingehandig het vir die bou van sonplase. Hierdie projek is geloods nadat die departement van Energiesake vir jare lank hieroor navorsing gedoen en belangstellendes genooi het om as bieërs aan hierdie proses deel te neem. Die evaluerings- en beoordelingsproses wat gevolg is, word allerweë beskou as een van die mees professionele en deursigtige prosesse van sy soort. Die SlimSun Swartland Solar Park sal groen energie opwek, genoeg om 'n dorp so groot soos Darling van krag te voorsien.
NUUS • NEWS
17 Desember 2014