Skip to main content

Die courant 16 des 2015 351

Page 1

courant

Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

dié

1

16 Desember 2015

Uitgawe 351

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

•KYK NA SKAARS VAARDIGHEDE - WESBANK-HOOF

Kortjé groet ná 41jr

Onderwys was vir my wonderlik. Ek was nooit een dag spyt dat ek dit my loopbaan gemaak het nie. Dit is Reginald Kortjé van Malmesbury se getuigskrif ná 41 jaar voor die skoolbanke. Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat hy sy hele loopbaan by Wesbank Sekondêr deurgebring het. Hy het in 1974 daar begin skoolhou, toe dit nog ‘n middelbare skool was. Sy vakkegebied was wiskunde en biologie. Later het hy departementshoof en adjunkhoof geword en sedert 1999 dien hy as die skoolhoof. Onderwys is sy lewensbloed en daarom het hy ook ‘n insig in die onderwys wat nie baie beskore is nie: “Ons het ‘n behoefte aan sekere vaardighede in die land en die onderwyssisteem kan nie programme bied om hierdie gaping te vul nie. “Ons onderwysprogramme moet by die eise aanpas. Die vraag na sekere skaars vaardighede gaan net toeneem en dit is fataal vir Suid-Afrika as ons nie daaraan aandag gee nie.” Kortjé het grootgeword op Malmesbury waar sy pa, Henry, eers polisieman en later ‘n letterskilder was saam met Abie Miggel. Sy ma, Elizabeth, was 'n tuisteskepper. “Hulle was kosbare mense. Met my 50ste verjaardag het my pa vir my ‘n gedig geskryf,” en hy beduie na ‘n geraamde foto met die gedig daarby wat teen sy kantoormuur pryk. Kortjé het sy laerskoolloopbaan aan St Thomas voltooi. “Dit was vir my heerlik om vanjaar by hulle prestige-aand op te tree.” Daarna is hy Schoonspruit Sekondêr toe, voordat hy sy onderwysstudies by Hewitt Kollege in die Kaap voortgesit het. Later jare het hy ook sy BA en B.Ed aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi. Sy vrou, Gail, was vir 18 jaar ‘n radiografis in Atlantis en later by Swartland Hospitaal. “Dissipline was altyd baie belangrik in ons huis en Gail was die een na wie die seuns geluister het – die manne het geweet, as ma sê 18:00 is jy by die huis, dan is dit so. “As ek nou terugkyk besef ek sy het hiermee gehelp om my lewe rustiger te maak.” Intussen het Gail buitemuurs onderwys studeer en haar BA en B.Ed behaal. Sy gee die afgelope paar jaar Afrikaans by Wesbank Sekondêr. Hulle het twee seuns, Renaldo en Gershwin – albei mediese praktisyns. Kortjé kyk terug op ‘n lang en vrugtevolle loopbaan: “Die hoogtepunt vir my as skoolhoof is dat ek ‘n sinvolle bydrae tot op die einde kon maak – dit vul my met genoegdoening.” Dan is daar natuurlik die drie meriete-toekennings vir uitnemendheid in onderwys en die sportstrukture wat hy kon help skep. “Dit is goed om terug te dink aan uitstekende

Vakansie: Dis vakansietyd en die jongklomp vier reeds die uitspantyd op Yzerfon-

tein se strand. Hier spring 'n groep uitbundig van opgewondenheid, terwyl die son sak oor 'n bedrywige jaar.

Reginald Kortjé agter sy lessenaar akademiese prestasies deur studente aan sportprestasies tot op provinsiale vlak.” Hy het ook ses jaar lank die Wesbank rugbyklub afgerig. Sy seuns was so tien, elf jaar oud en heeltyd saam met pa. “Hulle het wedstrydontledings gedoen en die spanpraatjies bygewoon.” Kortjé het op sy dag provinsiale rugby vir die destydse WP-liga gespeel. Hy het as heelagter aan

die Sport Pienaar-kompetisie deelgeneem. Nou wag daar ‘n huisie by die see – by St Helenabaai. Gholf, visvang en skryf is op sy program. Maar met Gail wat nog skoolhou en ‘n klompie ander planne, is dit maar wag en sien. Hy is op die direksie van JB’s Nissan en is ook betrokke by Elkana en Jo Dolphin. Hy wil ook graag as mentor vir jong sakelui optree. Heel laaste aan die skool: “Bly getrou aan jul kernwaardes. Betoon mekaar die nodige respek en erkenning. Bly ontvanklik vir alle kinders, ongeag hul sosiale agtergrond.” Aan die kinders: “Die enigste weg om uit die armoedeketting te breek, is geleerdheid. Ongeag waar ons ons bevind - benut jou geleerdheid ten volle, maak ‘n sinvolle bydrae en maak ‘n verskil.” Kortjé glimlag effens en kry ‘n veraf uitdrukking in sy oë: “Ná 41 jaar bly ek positief. Geen probleem is onoorkomelik nie – Suid-Afrika het die kapasiteit en vaardigheid. Elkeen moet net nie dink hy is die enigste wat reg is nie.” • Intussen is bekend gemaak dat mnr. Hennie Klaase as prinsipaal sal waarneem. Hy is die afgelope 15 jaar reeds adjunkhoof. Die pos vir skoolhoof sal vroeg 2016 weer geadverteer word en die suksesvolle kandidaat sal in die tweede kwartaal begin.

NUUS • NEWS

16 Desember 2015


NUUS • NEWS

2

16 Desember 2015

Jo Dolphin: Die Jo Dolphin Sorgsentrum op Malmesbury het gister pakkies van Mariene en Ivan Gheysens ontvang. Hier is die opgewonde gesiggies met hul pakkies.

• PORTERVILLE PLAYGROUND

Paragliders galore The WInelands Paragliding championships are taking place at Porterville until Satuday 19 December. The Buitepos Club is the organiser of the event and there will be five take-off sites. Pampoenfontein is the most commonly used take-off in Porterville. It is the safer take-off in anything south of west. The other four are Groenberg, Koringberg, Piketberg and Dasklip. Times for the daily schedule are approximate and will vary depending on the weather and the selected take-off site for the day. The daily schedule starts at 08:30 with the site selection; 09:30 - Transport leaves for takeoff; 11:30 - Task briefing; 12:00 - Window opens; 12:30 - Race starts; 17:00 - Landing time; 20:00: Scoring closes Included in the registration fee are transportation to take-off, recovery, map with waypoints,

give-away, live tracking, paramedic and function/party. There are three to five pilots per team. A class is validated once three teams have entered that class, a teams'day score is the sum of the highest three individual member scores and a teams' overall score is the sum of the highest four day team scores. Pilot requirements: valid FAI Sporting License, valid SAHPA License. Foreign pilots can obtain a temporary license at registration which includes third party insurance and medical insurance. • The Kaapse Buitepos Club serves paragliding pilots outside of Cape Town in the Western Cape. The aim of the club is to secure, maintain and develop sites for paragliding outside of Cape Town, to promote paragliding as a sport as well as to support the local towns linked to Buitepos sites.


NUUS • NEWS

3

16 Desember 2015

• ‘waatlemoene praat met my’

Hamman ken van soete lekkerte

Dit is maklik om ‘n ryp waatlemoen uit te ken: “Hulle praat met my,” het Charles Hamman van Kalbaskraal te vertel. “Partykeer hou hulle hulself hardekoejawel en sê niks,” het hy met ‘n vonkel in die oog aan dié courant vertel. “Jy stap deur die lande en praat met hulle, maar niks gebeur nie. Dan, ‘n dag of twee later as jy daar kom, is hulle skielik almal ryp.” Met waatlemoen-tyd hier, het almal ‘n staaltjie te vertel oor hoe ‘n mens nou eintlik die lekkerste waatlemoen in die hoop moet kies. Hamman vertel ook die bekende een van klop of skiet teen die vrug – aan die “Tjing! Tjing!” kan jy dan hoor as dit ryp is. Dan is daar ook die klein krulletjie aan die eenkant van ‘n waatlemoen: As dit bruin is, is die vrug ryp. Hamman sê ‘n mens moet ook let op die waatlemoen se gewig. ‘n Ryp, soet waatlemoen se gewig is op sy swaarste. Daar is nog ‘n paar kunsies wat hy graag met ons deel: jy pluk ‘n waatlemoen vroegoggend as daar nog mis in die lug is. Dan is dit ook belangrik dat die vrugte nie op 'n sementvloer moet

courant

Ons kantore sluit vandag en open weer op 7 Januarie 2016. Aan al ons lesers, adverteerders en ondersteuners wens ons ‘n vreugdevolle feesgety toe saam met familie en geliefdes.

lê nie. “Plank, karton of strooi, net nie sement nie – dit is asof die vog uit die waatlemoen trek.” Hamman se oupa, ook Charles, was die eerste waatlemoenboer in die omgewing. Vir hom is dit eintlik net ‘n stokperdjie. “Ons gaan vir kwaliteit,” vertel hy trots en wys na die plakkertjie: 'Uitspan Boerdery - Charles Hamman', wat op sy produkte pryk. Vanjaar het hulle nie waatlemoene nie: “Ons plant op die oomblik droëland en die grondvog is net-net te min.” Waatlemoene hou van diep sand wat sy vog hou. Waatlemoen wil ook nie jaar na jaar op dieselfde grond groei nie. “Ons het nou op die geloof geplant en ons sien blommetjies, maar ek weet nie of ons gaan oes nie. Ons sorg vir die plante en die Vader vir die res.” Hamman het wel groot planne vorentoe: Daar is ‘n ondergrondse meer onder die plaas en hulle gaan binnekort begin boor. “Droëland-produksie het nou te duur per

Hooffoto: Alet en Charles Hamman by ‘n konfytwaatlemoen. Hulle het nie vanjaar ander waatlemoene op die land nie. Bo: Van Hamman se waatlemoene. Dit kan altyd uitgeken word aan die plakkertjie: "Uitspan Waatlemoene". hektaar geword. As ons water het, kan ons weer gesels.” Hamman sê hy is nie in kompetisie met enigeen nie: “Ek ding teen myself mee om die lekkerste, soetste waatlemoene te kweek.”

dié


NUUS • NEWS

courant

16 Desember 2015

dié

4

Feestyd, familie, liefde en die Kerskous

Die feesgety is hier. Oral speel Kersliedere en Rudolf se neus is al moeg van rooi wees. Die winkels is 'n miernes van bedrywighede soos daar rondgeskarrel word om die laaste inkopies af te handel, geskenkpapier te kry, kleeflint te koop en allerhande versierings om die pakkies op te tooi. Liggies wat flikker, Kersbome wat met sneeu gespuit word en die groeiende hoop geskenke onder dit. Op Kersdag word daar heerlik aan ma se kos gesmul tot die boonste knoop sukkel om die broek vas te hou. Maar, is dit waaroor dit gaan? Vertel ons nog vir ons kinders die ware verhaal van Kersfees? Hoekom dit gevier word? Die tyd saam met jou geliefdes is kosbaar, iets wat jou siel broodnodig het na 'n harde en bedrywige jaar. Net soos jou siel gevoed word, moet jou geloof ook in hierdie tyd gevoed word en groei. Onthou die ware rede waarom dit als gehou word. Hoekom ons al hierdie "tradisies" voortsit. Geniet die Feestyd, onthou waaroor dit werklik gaan. Verbly jou in die teenwoordigheid van jou geliefdes. Ontspan en herlaai jou batterye vir die komende jaar met al sy uitdagings en lekkertes. Die lewe is kort, moenie dat dit by jou verbygaan, sonder dat jy die klein dingetjies in die lewe geniet het nie. Gee. Gee van jouself en gee liefde. Dan sal jou nuwe jaar nie anders as voorspoedig kan wees nie.

It's Good News

Dr Marc Blackwell Sr

Gather your children or grandchildren Begin by singing several favourite Christmas carols. Read together Luke 2:1-20. The “worship leader” in your home may want to read it, or assign one of the children this responsibility. Help your child prepare in advance by practicing reading the passage orally. After reading Luke 2:1-20, your family should discuss these questions: Lets “take a trip” to Bethlehem… 1. Let's talk about some memories of long trips we've taken together. What was the greatest thing that happened? What was the worst thing that happened on a trip? 2. Why did Mary and Joseph take a long trip? (Luke 2:1-4) 3. Why was Bethlehem a famous town, even though it was a tiny town? (2:4) 4. Why was the trip especially difficult for Mary? (2:5) 5. Which Christmas carol most accurately describes the events of that night? 6. What was happening nearby? (2:8) 7. How did the shepherds respond when they saw the angels? (2:9) How would you have responded? What would you have thought if you saw tonight what they saw then? 8. What did the angels tell the shepherds? (2:10-12). 9 Who did the angels say this newborn baby was? (2:11) 10. What identifying sign did the angels give so the shepherds would know which baby was the special baby? (2:12). In what way do you know Jesus?

Kersgroete:

Sinethemba op Malmesbury spog met 'n nuwe tuiste in Roosstraat 4, Malmesbury. Hulle het hul ondersteuners, donateurs, kliënte, sommer almal met ‘n omgee-hart, ‘n geseënde Kerstyd en ‘n voorspoedige 2016 toegewens. “Ons is diep dankbaar vir elke individu, organisasie en besigheid wat hulle hand na ons uitgesteek het deur die jaar om ander se nood te help verlig."

St Michaels Primêr: Die leer-

ders van dié skool op Abbotsdale het die bejaardes van hul omgewing bederf met iets spesiaal vir die Feesseisoen. Bo oorhandig Carlin Sedeman pakkies aan Frances en Samuel Arendse. Die NG Noord-gemeente op Malmesbury hou reeds ‘n hele klompie jare maandeliks kinderkrans op die plaas Goedgedacht van Johan en Jeanette Slabber. Vanjaar het Malmesbury Superspar 'n reuse-bydrae gelewer om die geskenksakke te laat bult. Hier is Siebert Coetsee, Marie Brand, Benita Kitsby die kinders.

Bestes: Dié leerders van die CPM op Malmesbury is aange-

wys as die beste presteerders in hul grade. Hier is Luka le Roux (Graad 7), Micheal le Roux (Graad 6), Suzanne Smal (Graad 5) en Brock van der Westhuizen (Graad 4).

Tweeling dokters: Gys en Manya

Neethling van Malmesbury het pas as mediese dokters gekwalifiseer aan die Universiteit van Stellenbosch. Hul pa, Steyn Neethling, is ‘n mediese praktisyn op Malmesbury. Foto: Universiteit Stellenbosch

Swanesang van geliefdes Malmesbury moes die afgelope week van twee van sy groot seuns afskeid neem. Tommy Engelbrecht (69) en Hansie van der Merwe het diep spore in die onderwys, musiek en kerk getrap. Engelbrecht sal onthou word as ‘n fyn, sensitiewe mens, ‘n ware heer, met ‘n groot liefde vir Afrikaans. Hy is gebore op Malmesbury en het skool gegaan by St Thomas en Schoonspruit. Hy het sy onderwysloopbaan by Lückhoff Hoërskool op Stellenbosch begin. In 1969 begin hy by Schoonspruit, in 1977 word hy adjunk by Wesbank en later word hy bevorder tot skoolhoof. In 1984 word hy na Proteus Sekonder in Atlantis bevorder en tree in 1996 hier af. Hy het vir Afrikaans gelewe: gedigte geskryf en ook drie skoolliedere vir Schoonspruit Sekondêr, Kerria Primêr en Proteus Sekondêr. Hy het verskeie drama-opvoerings vir skole geskryf. onder die gewilde blyspel, “Soul on Fire”, vir Schoonspruit. Engelbrecht was ook deel van die taakspan wat Swartland fm op

die lug gebring het. Richard Langeveldt van die radiostasie beskryf hom só: “As gesinsman, gemeenskapsman, kerkman en Christen het hy die Calvynse kerk op verskeie terreine gedien – diaken, ouderling, lid van die sinodale kommissie en voorsitter van die Calvynse kerk se gebedskring. “Hy stam uit ‘n familie van godsdiensleiers, koorsangers en predikante • Hansie van der Merwe was ook ‘n afgetrede skoolhoof en ‘n operasanger van formaat wat onder meer saam met die Eon-groep opgetree het. Hy was onder andere koorleier, dirigent, dramaturg, kerkraadslid en prediker in die Calvynse Kerk, waar hy jare sy aan sy met ds. John Slingers gewerk het. Cynthia Slingers vertel: “Hy het ‘n groot rol in die grondeise van die Calvynse kerk en die aankoop van die antieke preekstoel van die kerk gespeel. “Hy stam uit die welbekende Van der Merwe-familie van opvoedkundiges, kerkleiers Tommy Engelbrecht en gemeenskapsleiers."


NUUS • NEWS

5

16 Desember 2015

Shop online at www.picknpay.co.za

We wish all our Customers a Blessed, Merry Christmas and a Prosperous New Year. Drive safely and arrive Alive!

Anne Pienaar: Hier-

die slimkoppe van dié skool het in hul verskeie grade presteer. Bo is Jimiana Goose (Graad 1), Chané Fikster (Graad 2), Ceache Oliver (Graad 3), Leigh-Jade Hendriks (Graad 4), Aswin Pieters (Graad 5), Adriaan Owies (Graad 6) en Letecia Alkaster (Graad 7).

FESTIVE LOW PRICES

Bakers Choice Assorted Biscuits1kg

6490

Slim:

Milandré Timotheus was Liebenberg Primêr se topleerder in Graad 5.

+

FREE

Salticrax 200g

Bakers Snacktime Assorted Crackers 800g

16

PnP Fresh Milk 2 Litre Each

Nola Mayonnaise Assorted 730g-780g Each

90

1690

5690

Danone Ultra Mel Flavoured Custard Assorted 1 Litre Each

1890

Coca-Cola Regular 2 Litre

1270

Checking other supermarkets’ prices.

Including specials.

1502884_39 x 4

Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more. PRICES VALID 17 - 20 DECEMBER 2015 AT PICK N PAY LANGEBAAN, MALMESBURY, WELLINGTON AND VREDENBURG ONLY Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

1502884_39x4 Vredenburg Christmas.indd 1

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015 2015/12/11 8:54 AM


NUUS • NEWS

6

16 Desember 2015 Promotion

The Sheep comes in for Riebeek

Above: Ryno Barnard, Koch Furstenburg, Llewellyn Lloyd, Cornelle Lloyd, Jolandi Cilliers, Jacques Badenhorst en Nettanie Badenhorst celebrated the opening. Above right: Owners John and Susanna Tecklenburg. Left: Susanna together with Pieter du Toit from Kloovenburg. Above:Susanna with her two daugters Alechandra and Lucinda.

Left: Alicia Filander, Jowene Willemse, Henrietta Apollis, Sandra September, Andrea Hendricks, Veronica Claassen and Stephanie Cupido. On Thursday night of 10 December last week, the all new Bar Bar Black Sheep Restaurant opened its doors to the public with a celebratory launch – or shall we rather say with a big bang! Many residents of Riebeek Kasteel will be all too familiar with the old Bar Bar Black Sheep Restaurant, and may not quite know just what a surprise they’re in for at the new one! Renowned owners (and Chefs) John and Susanna Tecklenburg of Oude Wellington Restaurant in Wellington, recently took the leap of faith and invested in a second restaurant. Asked why they chose to take over Bar Bar Black Sheep, Susanna says “It was a little gem in a quaint little

town, with so much potential, and simply begging for fame” Furthermore, she says, “If we take this somewhat risky opportunity and turn it into anything like The Oude Wellington, we and the town of Riebeek will have something wonderful!” Those who attended the launch will surely vouch for this motive being well in the making. The restaurant was packed with not only good friends, but some noteworthy business people of the town. The evening was a joyous celebration to those who already know the Tecklenburgs, and an impressive show of things to come to those who’ve met them for the first time. The new restaurant has moved from its original spot, and built from scratch, is now situated opposite the famous Royal Hotel in the Main road. The Bar Bar Black Sheep, or BBBS as many refer to it, is nothing short of an exciting old-worldly arty, yet tasteful venue. With various interesting areas within the restaurant, impressively decorated with art, quotes, and quirky furniture. For those who enjoy dining outside, the restaurant boasts two magnificent alfresco seating areas. One of which overlooks the beautiful Swartland valley, and the other a more private patio, lending itself to small groups for that intimate and personal touch! Furthermore, the town of Riebeek Kasteel can expect great things to come, because of this new little lamb. John and Susanna have a formidable reputation that well exceeds what people may know. The Oude Wellington, situated at the bottom of Bainskloof Pass has become a major icon in Wellington, and attracts thousands of patrons from near and far. These visitors have either heard or read about their reputation in a magnificent dining experience, or may simply have fallen in love the first time they visited. Clearly adding great value to the tourism industry in Wellington, this restaurant is an old favourite to locals as well as guesthouses alike who fre-


NUUS • NEWS

7

16 Desember 2015 Promotion

Kersfees: Die leerders van Goedehoop het Dinsdag vroeë Kersgeskenke

Kasteel quently recommend it to their guests. The same intention is planned for their new acquisition in Riebeek. The Viking Chef, as John is known, has a somewhat unique style in the kitchen – which may even leave you at a loss for words at times... Be that as it may, his humour and somewhat brazen style certainly compliments his magnificent culinary creations. Prepare yourself for a mouthwatering blackboard menu, dishes prepared to perfection, a sophisticated yet fun setting, and an all-round dining treat of note! The Bar Bar Black Sheep is open for lunch Wednesdays to Sundays, (will also offer dinners soon) and bookings for lunch over weekends is advisable. The Oude Wellington is open for lunch and dinner (different menu), 7 days a week. Contact No. 082 836 8924. The Freelance Journalist & Writer, Rene Reece

van Slim Sun ontvang. Tydens ‘n kompetisie “ Maak ‘n Kersfees wens” moes leerders aan Slim Sun skryf en verduidelik wat hulle gesinne se grootste behoefte hierdie Kersfees is. Leerders het nie op hulle laat wag nie en geesdriftig aan die kompetisie deelgeneem. Groot geskenke is deur verskeie leerders gewen onder meer yskaste, stowe, wasmasjiene, mikrogolfoonde en vele meer ander pryse. Een van die leerders Zaan de Kock in graad 3 se wens was om net ‘n kospakkie hierdie Kersfees te ontvang. Dit het Anthony Corren (Slim Sun), Erika Joubert en Jean Joubert (koördineerders) se harte week gemaak en daar is daar en dan besluit om aan alle leerders van die skool kospakkies te gee. Hierdie kospakkies is Dinsdag by die skool aan die leerders oorhandig. Die skoolgemeenskap van Goedehoop Primêr is Slim Sun innig dankbaar vir hierdie vroeë Kersgeskenke aan hulle leerders. Hier is Kim van der Westhuizen en van haar graad 1 en 2 leerders met van die kospakkies wat die leerders ontvang het.

Dagboek • Calender Malmesbury Krieketklub 16 Desember – Gesinsdag met ses-aan-‘n-kant-krieket. Toegang is R10 (kinders R5). Dit begin om 09:00 op die Dieprivier-terrein met ‘n braai en biertuin beskikbaar. Boat Expo 16-20 December - Boatyard, Club Mykonos, 10:00 to 22:00. Free entrance. Activities: jetski rides, rubberduck rides, sup rides, yacht trips, jeterator, fishing competition, yacht racing and jumping castles at the boatyard. Dril- & Orkeskompetisie 16 Desember: St Thomas Lads & Girls' Brigade by Rossina Paarwater Sportterrein in Bellville. Bus vertrek om 06:30 die oggend van Malmesbury. Prys vir private mense R70. Gee name by kaptein, oom Pietie, André Adams teen Vrydag. Paternoster Christmas Table Fair 16 December - Where: Gelukkie Venue & Accommodation, Paternoster. 022 752 2001 or 071 881 2831; www.gelukkie.co.za Kersmark 16-24 Desember – Saldanha, Marcus Konferensiesaal by die Protea Hotel; ten bate van Animal Lighthouse. Maandag tot Donderdag, 10:00 tot 18:00, Vrydag 10:00 tot 19:00, Saterdag en Sondag 10:00 tot 15:00. Kaartmasjien beskikbaar. West Coast Craft Market 16 & 20 December - Merchant Walk, Melkbos, Duynefonten; 10:00 to 17:00. Estelle, 084 500 3200, wccraftmarket@gmail.com, www.facebookcom/westcoastcraftmarket.

Leraar neem afskeid

Op Sondag 17 Januarie om 10:00 sal ds. Mervyn Adams sy afskeidspreek lewer in die Calvyn Protestantse Kerk Malmesbury. Dit volg ná ‘n bediening van sewe jaar en drie maande. Hy en sy vrou, René, is reeds 28 jaar getroud. Hulle het twee kinders en ’n pragtige kleindogter. Ds. Adams het in sy bedieningsjare hier op Malmesbury diep spore getrap. Hy moes ‘n gemeente bearbei wat kort tevore geskeur het en daarom was sy taak soveel moeiliker. Hy was ook ‘n gemeenskapsmens. Hy het gedien op die raad van Sinethemba, Vrolike Vinkies bewaarskool en Goue Vlokkies bewaarskool. Hy was ook betrokke by die Swartland-radiostasie en het as hoofopsiener tydens matriekeksamens by Schoonspruit Sekondêr opgetree. Ds. Adams kan beskryf word as ‘n mense mens plat op die aarde in wie se geselskap mense gemaklik kon voel. Op die vraag aan hom wat die hoogtepunt in sy bediening hier was: “As iemand my bel en erken dat die Here waarlik met hom/haar gepraat het. Wat sou hy wou oor doen: “Ek sou meer wou preek oor vergifnis, want dit skyn mense vergewe nie maklik nie, hulle hou boek van die kwaad.” Ds. Adams en sy vrou sal hul bediening voortsit op Bergsig, Springbok.

Mykanos Festival 18 December @ 14:00; 19 December @ 11:00. Club Mykonos Resort, Festival Green, Langebaan. R100 pp per day (child u.14 R50pp per day), R300pp per day for VIP pass. Contact: Club Mykonos at 022 707 7000, or email info@clubmykonos.co.za. Rangers hou gesinsdag 19 Desember - Die oud-Rangers rugby- en netbalklub op Malmesbury beplan ‘n gesinsdag in die vorm van ‘n bring en braai op die C-veld van Wesbank-sportterrein. Alle oud-bestuurslede, -spelers en –ondersteuners van die klub, asook die breë gemeenskap van Wesbank is welkom om op die dag saam te kuier. ‘n Uitnodiging gaan ook aan spesiale sprekers in die gemeenskap om die jeug te kom toespreek rondom hul rol in die gemeenskap asook hul betrokkenheid by plaaslike sportkodes. Elke piekniekganger sal self verantwoordelik wees vir braaitoerusting, gazebo, sambreel en strandstoele. Daar sal hope pret en plesier vir oud en jonk wees, soos springkastele en speletjies vir die kinders. Daar sal ook bondelsport, dominoes, veerpyltjies en kaartspeletjies vir die oueres. Daar sal ‘n afgebakende piekniekgebied onder die bome wees. Hier kan oud en jonk kuier en staaltjies oor destyds hoor. Port Owen Mark 19 Desember - Port Owen Yacht Club; Aandmark. Laaste geskenk-idees. Stalletjies beskikbaar: kontak Yvonne, 079 570 8394.

Kerke • Churches

Royal Impact Temple 20 December - Super Sundays at the Ilingelethu Thusong Centre, Malmesbury. From 09:30 - 11:30. Contact: 022 487 1224/ 060 395 1996. AGS Corpus Christi, Malmesbury 20 Desember - Om 09:30 preek Onverwacht. Geen aanddiens Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 20 Desember - om 10:00 oggenddiens en aanddiens om 18:30. Vir enige navrae, kontak pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Shofar 20 Desember - Diederik Niehaus preek om 09:30 by Voortrekkerstraat 48, Malmesbury. Kontak hulle by 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA - 2015 – St. Thomas St 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. Tuesday evening prayer meeting at the Church. Christmas Carol Service 20 December @ 19:00. Hall to rent tel. nr 071 604 5387; Any further Inquiries contact Mrs Ingrid Wells at Tel 0720217863 or 0727858111 House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail. com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se dienste sal op 17 Januarie om 10:00

Yzerfontein Annual Snoek Classic 19 & 20 December - Celebrating 10 years; 1st prize for heaviest Cape snoek: 16 foot ski boat. For more info: Theunis, 083 306 5510 or visit www. yzerboatclub.co.za to download entry form and competition rules. Vredenburg Kersmark 20 Desember - Vredenburg. Navrae: 060 711 2625, vbgardenmarket@webmail.co.za. Langebaan Markdag 23 Desember – Langebaan stadsaal, 09:00 tot 13:00. lifm@mailbox.co.za Draf & stap
 26 Desember – Strandfontein: Doringbaai Fryer's Cove Challenge: Pret draf & stap. Navrae by 083 627 7759 Boxing day Cricket Tournament 26 December - Riebeek Valley: Boxing Day Cricket Tournament. A valley tradition when the two villages compete on the cricket field the day after Christmas. A fun event for old and young and spectators most welcome! David Wickham, 083 898 9663 Mavos 7 Januarie - Malmesbury Onderrigsentrum se Vlak 4-uitslae is op 7 Januarie by die kantoor.beskikbaar. Alle nuwe inskrywings sal geskied by die volgende skole vir mense wat wil leer lees en skryf tot en met Vlak 4; Kalbaskraal (Ou skooltjie), Schoonspruit Sekondêr, Riebeek-Kasteel (Suiderkruis), Riebeek-Wes (POP-sentrum), Riverlands Primêr, Chatsworth Primêr, Abbotsdale ( Bambino’s Crèche) en Anne Pienaar Primêr. 2016 Langebaan Downwind Dash 16 January – The Downwind Dash is a challenge in Langebaan, over a week end during the window period 16 January to 31 January. Reputed to be the biggest kite and windsurver event in Africa. Over 300 entries are expected, including a large contingent of international participants. Check website for the notice of race – www/langebaandash.co.za. Relay for Life Die Kansa-kantoor op Malmesbury is reeds besig om hul vere reg te skud vir die Relay for Life wat op 27 en 28 Februarie 2016 op die terrein van Hoërskool Swartland plaasvind. Spanne van 10 tot 12 samel deur die jaar geld in en op die Relay-aand word deurnag om ’n sportveld gestap, simbolies van die lang stryd wat teen die siekte gevoer word. Spanne, besighede, kerkgroepe, families en sportspanne word genooi om nou reeds in te skryf om aan volgende jaar se Relay for Life deel te neem. Navrae kan by Hester Smit gedoen word: 022 482 1111 of e-pos hsmit@cansa.org.za. Kontak ook Herman Au¬camp (RFL voorsitter, 083 519 9575), Dolly Marais (083 809 1738) of Andries Burger (074 408 1055) om spanne in te skryf. Die volgende uitgawe van dié courant is op 13 Januarie. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op Maandag 11 Januarie na redaksie@diecourant.co.za gestuur word vir plasing. te Mount Royal se konferensiefasiliteit hervat. Hulle kantore sal gesluit wees vanaf 15 Desember en heropen weer op 4 Januarie. Kontak hulle Maandae tot Donderdae tussen 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci. org.za. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail. com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Vir navrae, kontak022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.


NUUS • NEWS

8

16 Desember 2015

Never Despair: Hierdie spe-

lers van die Never Despair Rugbyklub op Malmesbury het Saterdag as media-skakelbeamptes opgetree by die HSBC Kaapstad Sewestoernooi wat in Kaapstad gehou is. In die middel agter is Hilton Adonis van SA Rugby.

Porseleinberg: Al die

pryswenners van Porseleinberg Rugbyklubsaam met die voorsitter Jafta Maerman (agter heellinks) en hulpafrigter Michael Peceur (agter heelregs). Porseleinberg se laaste funksie vir 2015 is 'n dans by Stasie Ses op Wellington op 18 Desember 2015 en toegang is R10 per persoon. Die klub wens al sy spelers, ondersteuners en borge 'n geseënde Kerstyd toe en voorspoed vir 2016.

Afskeid: Die Sonskynklas van die Laerskool Swartland op Malmesbury het hul leerders bederf met ‘n “matriekafskeid”.


NUUS • NEWS

16 Desember 2015

9


NUUS • NEWS

10

16 Desember 2015

v

Know Your Workplace Rights

and Responsibilities What do the Labour Relations Act & Employment Equity Act amendments mean to you? Amendments to the Labour Relations Act & Employment Equity Act provide for more protection of all employees against discrimination and protection of temporary, fixed term and part-time workers earning below R205 433,30 per year. Unfair Discrimination

Safeguard your workplace against discrimination

• The Employment Equity Act prohibits unfair discrimination in the workplace on one or more grounds including race, gender, sex, pregnancy, marital status, family responsibility, ethnic or social origin, colour, sexual orientation, age, disability, religion, HIV status, conscience, belief, political opinion, culture, language, birth or any other arbitrary ground. • The Employment Equity Act Amendments provide for the CCMA to arbitrate discrimination disputes for lower paid employees without consent. • For those who earn above R205 433.30 per year both employee and employer must agree to CCMA arbitration. • All sexual harassment cases can be arbitrated by the CCMA, regardless of the applicant’s earnings.

• Set policies on how to report and deal with racial discrimination, sexual harassment, harassment and workplace bullying. • Ensure all workers are aware of the policies. • Provide training on sexual harassment, and discrimination in general. • Deal with all complaints of unfair discrimination or you may be held liable.

Equal Pay for Work of Equal Value When is a difference in wages or terms and conditions of employment fair? • The amendments provide for equal pay if employees perform the same or similar work, or if their work is of equal value when compared with another employee who works for the same employer. • A difference in wages or terms and conditions of employment can be fair if based on experience, skills, responsibilities and qualifications. • It is unfair discrimination to pay a worker less if the difference is on a prohibited ground, for example, race or on arbitrary ground. • For employers to pay workers equally for work of equal value, grading of jobs is essential.

Are you experiencing unfair discrimination at work? • An employee who has been discriminated against can claim compensation for loss of dignity. • The employee can also claim damages for actual loss like medical bills or loss of income. • The CCMA can also order the employer to take steps to prevent unfair discrimination in future.

DO NOT PAY FOR CCMA SERVICES THAT ARE FOR FREE

•

Labour laws amendments provisions for Temporary Employment Services aka Labour Broker employees/ fixed term or part-time employees • Temporary Employment Services aka Labour broker employees: The client is considered the employer after three months unless the employee is really temporary, for example replacing an employee who will return from maternity leave. • Fixed-term contracts: After three months the employee may become permanent. This does not apply to small employers and start-up businesses employing less than ten people. • Part-time employees: After three months, part-time employees must not be treated less favourably than their full-time counterparts. This does not apply to small employers and start-up businesses. Employers may justify different treatment on fair criteria such as seniority, experience or length of service.

Small-scale Retrenchment The amendments provide for cheaper, quicker and less formal arbitration for employers with less than 10 workers, through the CCMA rather than the Labour Court. The CCMA can now also arbitrate small - scale retrenchment disputes involving one employee no matter how many employees were consulted.

FOR MORE INFORMATION CONTACT THE CCMA

Call-Centre: 0861 16 16 16 Email: info@ccma.org.za Website: www.ccma.org.za

CCMA SENZ’UMEHLUKO – MAKING A DIFFERENCE


NUUS • NEWS

16 Desember 2015 Betrekkings -----------------------Vacancy ELKANA CHILDCARE FINANCIAL/PAYROLL CLERK Essential: Knowledge and skills 5 years + financial and salary administration experience Pastel to Trial Balance, VIP Payroll Excel/Word/ Outlook, SARS Easy file/Reconciliations Please email CV with covering letter to

finance@elkanachildcare.co.za

- Closing date 30 December 2015. Working hours 8-14:00 Monday to Friday - If we do not response within 2 weeks after closing date means that your application was unsuccessful.

#2283

-----------------------VISION SECURITY (Malmesbury) is opsoek na Junior Tegnikus. CV kan gestuur word na gjfirearm@ telkomsa.net of faks na 022 482 2223

#2281

Dienste Services Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/8

Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2016 aan al my huidige en voornemende kliënte – MÜLLER’S, Rainierstraat 8, Malmesbury, 079 413 2520 #2282

-----------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Sout- en soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheids- koeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www.melieta’skitchen.co.za.

#2058/16

-----------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/21

11 Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/27

Gelukwensing Congrats

Baie geluk Chinique met jou 13de verjaarsdag op Kersdag en uitstekende bevordering na Graad 8. Baie Liefde - Mammie en Skippers Familie #2285

Memorium Memoriam PAUL CROY

Gebore 18.12.1949 Oorlede 15.11.2015 Jou eerste verjaardag weg van ons. Jou baie liefde en mooi herinneringe sal ons ewig bybly. Die gemis en verlange is reeds baie groot. Van Anna (vrou) – Kinders : Lana, Cedric,

Angelique, Anemie, Uncle Red, Milla en Chris-Juan Hantam #2284

Te Huur To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/18

-----------------------Stoor te huur in Malmesbury - 700m² stoor met kantoor, instap kluis en kamer met badkamer vir sekuriteit te huur. Sluit ‘n 1000m² ‘yard’ in. Kontak Radie Brandt 082 564 5470 #2250/5

Te Koop For Sale Muller – 079 413 2520 Box freezer 269 liters – R1950 ; Defy Bar fridge – R995 ; Lazy Boy stoel – R450 ; Elektriese staan waaier – R200; 2 Hout bedkassies- R250 elk; 3 Bar stoele met ruglening – R150 elk; 2 Hout koffietafels – R350 elk; 2 Enkelbed basis met matras – R850 elk; 1 Hangkas – R850; “Chest of Drawers” (5 laaie) – R950; Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2280

-----------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewe-

ring in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/25

------------------------

ASSISTANT DIRECTOR: SAFETY AND SECURITY Directorate: Support Services: Free State Reference: 3/2/1/2015/736 Salary: R289 761 per annum (Level 9) Employment Equity Note: Coloured and Indian Males and Coloured, Indian and White Females and people with disabilities are encouraged to apply. Applicants must take note of the standard clause applicable to all advertisements available on the departments website: www. ruraldevelopment.gov.za Closing Date and Time: 24 December 2015 at 16h00

www.ursonline.co.za


courant

NUUS • NEWS

16 Desember 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

16 Desember 2015

Sportdagboek Sports diary Malmesbury Krieketklub 16 Desember – Gesinsdag met ses-aan-‘n-kantkrieket. Toegang is R10 (kinders R5). Dit begin om 09:00 op die Dieprivier-terrein met ‘n braai en biertuin beskikbaar. Rangers hou gesinsdag 19 Desember - Die oud-Rangers rugby- en netbalklub op Malmesbury beplan ‘n gesinsdag in die vorm van ‘n bring en braai op die C-veld van Wesbank-sportterrein. Alle oud-bestuurslede, -spelers en –ondersteuners van die klub, asook die breë gemeenskap van Wesbank is welkom om op die dag saam te kuier. Elke piekniekganger sal self verantwoordelik wees vir braaitoerusting, gazebo, sambreel en strandstoele. Daar sal hope pret vir oud en jonk wees, soos springkastele en speletjies vir die kinders. Daar sal ook bondelsport, dominoes, veerpyltjies en kaartspeletjies vir die oueres.

Atletiek:

By die onlangse jaareindfunksie van die Swartland Atletiekklub se prysuitdeling is Hannes Pieters en Wanda Carstens aangewys as die sportman en -vrou van die seisoen.

Lugsweef op Porterville: Die Wes-Kaap Ope van dié streek se lugsweef entoesiaste is onderweg buite Porterville. Die byeenkoms eindig Saterdag.

Sport:

Romi Philander en Jayden Jacobus is aangewys as Liebenberg Primêr se Sportmeisie en -seun van die Jaar. Jayden, wat vanjaar in talle sportsoorte uitgeblink het, sit sy skoolloopbaan volgende jaar by Hoërskool Durbanville voort.

Draf & stap
 26 Desember – Strandfontein: Doringbaai Fryer's Cove Challenge: Pret draf & stap. 083 627 7759. . Boxing day Cricket Tournament 26 December - Riebeek Valley: Boxing Day Cricket Tournament. A valley tradition when the two villages compete on the cricket field the day after Christmas. A fun event for old and young and spectators most welcome. Contact David Wickham, 083 898 9663. 2016 Langebaan Downwind Dash 16 January – The Downwind Dash is a one day challenge in Langebaan, over a week end during the window period 16 January to 31 January. Reputed to be the biggest kite and windsurver event in Africa. Over 300 entries are expected, including a large contingent of international participants. Check web site for the Notice of race – www/langebaandash.co.za.

Sewes-fees op die horison

Die jaarlikse Ok Mini Mark/ Castle 7’s toernooi, wat op 29 Januarie op die Wesbank Sportterrein plaavind, het reeds ‘n rekordgetal rugbyklubs gelok. Spanne van sover as die Overberg en die Atlantiese kus gaan die eerste keer deelneem vir die totale prysgeld van R28 000. Die naweek skop af met die Swartland Uitdaag-kompetisie wat reeds op Vrydagaand 29 Januarie plaasvind. Hier sal die plaaslike eersteliga, gemeenskapskild en streeksuitdaag-spanne meeding. Indien u meer inligting verlang, kontak Eduann Howburg van die Wesbank RRVK by 083 458 9313.

Yzerfontein Annual Snoek Classic 19 & 20 December - Celebrating 10 years; 1st prize for heaviest Cape snoek: 16 foot ski boat. For more info: Theunis, 083 306 5510 or visit www.yzerboatclub.co.za to download entry form and competition rules.

Boland Tweekamp 23 Januarie: Die volgende tweekamp-byeenkoms is op 23 Januarie op Malmesbury waartydens die Bolandspan vir die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn gekies sal word. Vooraf inskrywings is 'n vereiste.

Speelgoed:

Die Malmesbury Fietsryklub het vanjaar weer talle kinderhartjies bly gemaak met hulle speelgoedrit. Elishia Drotschie het aan dié courant gesê hulle is baie tevrede en dankbaar vir almal se ondersteuning. Die ryers het ongeveer 20km afgelê na Rustfontein en terug.

Biking in Malmesbury If you're in the Malmesbury area over a weekend remember to bring your bike along to ride the Malmesbury MTB route! There are some great single tracks and something for everyone on the route. You can buy your day permit for R35 at Engen Garage or Bike Addict in Malmesbury. Visit www.malmesburyfietsryklub.co.za for all the info.

Shop online at www.picknpay.co.za

GREAT PRICES ON ALL YOUR

FAVOURITES AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

89 109 89 109 119 159

R

Nature’s Own Marshmallow Pop Liqueur 750ml

R

Amarula Cream 750ml

R

Olof Bergh Brandy 750ml

R

Richelieu Brandy 750ml

R

Three Ships Select Whisky 750ml

R

Bell’s Scotch Whisky in Herringbone Tube 750ml

Carling Black Label Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml

Best Customer Loyalty Programme three years in a row

169

R

2013 2014 2015

Per Case

1502896 _100 x 260

PRICES VALID 17 - 20 DECEMBER 2015

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1502896_10x8_Vredenburg_Liquor.indd 1

2015/12/11 12:20 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant 16 des 2015 351 by DieCourant - Issuu