courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
dié
1
15 April 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 316
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Stof spat!
Links: Lourens en Nina van Rensburg wys tande in die Malmesbury Toyota Swartland Rally wat die naweek op en buite Malmesbury gehou is. Bo: Die drywers van die twee- en vierwielaangedrewe voertuie het die heuwels en paaie van Koringberg aangedruf in vanjaar se Funduro.
• Openbare kommentaar nou ingewag
40 Turbines vir MRB Die Konsep Omgewingsimpakverslag vir die beoogde windplaas by Moorreesburg is tot 21 Mei beskikbaar vir openbare kommentaar. Volgens dié verslag is daar 'n groot moontlikheid dat tot soveel as 40 windlaaiers opgerig sal word. Die aanbevole alternatief is 25 laaiers op 3830 hektar landbougrond. Die krag wat hier opgewek word, sal aan Eskom verkoop word per MW. Hiervoor sal die laaiers gekoppel word aan die oorhoofse 132kVkraglyn. Op Woensdag 13 April is daar ‘n openbare vergadering in die sysaal van die Moorreesburgstadsaal om terugvoering aan die publiek te gee. Dit begin om 18:00. IE Moorreesburg Wind (Pty) Ltd is ‘n gesamentlike onderneming tussen INCA Energy en juwi Renewable Energies (Pty) Ltd) om ‘n kommersiële energie-fasiliteit en infrastruktuur op ‘n perseel sowat 4km suid-suidoos van Moorreesburg op te rig. Die Impakverslag kyk na die moontlike omgewingsimpak, wat ontwerp, konstruksie en be-
dryf, insluit. Die verslag het ten doel om omgewingsowerhede genoeg inligting te gee om ‘n ingeligte besluit oor die beoogde projek te neem. Die konsepverslag gee ook aan belanghebbendes die geleentheid om kwessies wat hulle reeds geopper het, op te volg. Die finale verslag sal alle kwessies en kommentaar insluit, waarna dit aan die Nasionale Departement van Omgewingsake voorgelê word. Tot 40 windturbines kan op die aanleg gebou word, afhangend van die alternatief waarop besluit word. Die spilpunt van die turbines kan tot 120m wees, met ‘n lem-deursnit van tot 132m. Die span wat die konsepverslag opgestel het, meen die geraasvlak wat voorspel word vir die konstruksie en bedryf van die fasiliteit en substasie kan beperk word tot ‘n aanvaarbare vlak, mits daar gehoor gegee word aan die verslag se aanbevelings. Hulle het ook aanbevelings gemaak vir spesialisstudies gedurende die finale ontwerp van die projek. Hieronder is:
- ‘n Voortgesette moniteringsprojek om enige uitheemse plantspesies wat as gevolg van die ontwikkeling daar kan opkom, te bestuur. - Voëls en vlermuise moniteringsprogramme moet ingestel word om die werklike impak van die voëls en vlermuise te bepaal. - Grond moet so min as moontlik versteur word en waar dit wel gebeur, so vinnig moontlik gerehabiliteer word. - Voldoende stormwater-bestuur moet in plek wees, aangesien die grond op die perseel neig na erosie. - Brandvoorkoming en beheerstrategieë is nodig om die risiko vir grondeienaars te verminder. Die verslag is ter insae by die kantore van die Weskus Distriksmunisipaliteit, die Moorreesburg-biblioteek, Moorreesburg koöperasie of op die webblad, wwwSavannahSa.com. Belangstellendes kan by Shawn Johnstone van Sustainable Futures SA, Posbus 749, Rondebosch, Kaapstad 7701 registreer. Die telefoonnommer is 083 325 9965 of e-pos swjohnston@ mweb.co.za.
NUUS • NEWS
15 April 2015