courant
gratis
tel 022 487 3221
Uitgawe 141
die
swartland en weskus
14 September 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
Nuwe inspuiting vir Malmesbury SSK
Inwoners van Malmesbury kan uitsien na ‘n grootskaalse opgradering van dié sakeperseel tussen Voortrekker-, St Thomas en Tuinstraat van die dorp wat grens aan die Engen-motorhawe. Prima Verhuring Eiendoms Beperk, eienaar van dié geboue in die sakekern (SSK), beoog om so gou as moontlik te begin met die eerste fase - die vernuwing van die rybaan van Engen. Daarna volg ‘n ondergrondse parkeerterrein
met die huurders van besighede in dié kompleks oor die oorgangsfase, want ons wil nie dat enige huurder uit besigheid geplaas word nie, selfs nie vir ‘n kort termyn nie,” sê Fanie Malherbe, aandeelhouer van Prima Verhuring Eiendoms Beperk. Die eienaar van KFC het Maandag besluit om wel die opsie uit te oefen om na die regterhoek van die perseel, op die hoek van Voortrekkerweg en St Thomasstraat te verskuif. “Dit beteken dat
met plek vir 12 voertuie, hoofsaaklik vir gebruik deur die personeel (waar die motorwasdiens tot onlangs was) en uiteindelik die sloop van die huidige geboue wat die Sjinese winkel, Ming Kai, die Weskus Kollege en Swartland Verwe & Hardeware huisves en die heropbou van dié gedeeltes. Uiteindelik sal die hele perseel 55 nuwe parkeerplekke bied. Die huidige geboue agter die vulstasie sal ook opgeknap word. By Engen sal ook nuwe pompe en nuwe eilande aangebring word. “Ons onderhandel reeds vir ‘n geruime tyd
KFC met ongeveer 80 vierkante meter sal vergroot en sy deurry-diens sal terugkry. Dit beteken ook dat die bestaande planne, wat reeds goedgekeur was, weer aangepas moet word, met gevolglike vertraging. Slopingswerk aan die bestaande geboue behoort in Januarie te begin,” het Malherbe bygevoeg. Gey en Gwendoline Kriek, die eienaars van Engen en Quick Shop, onderhandel tans met Famous Brands om as franchise-houer ‘n Wimpy reg langs Quick Shop te open. “As die onderhandelinge suksesvol is, sal Wimpy op Quick Shop se
Geboue maak plek vir winkels, parkering
perseel kom, sodat dit naby aan die parkeerplekke kan wees. Quick Shop sal dan skuif na waar die KFC tans is.” Rondom die beplande KFC sal daar genoeg parkeerplek wees en geboue sal in ‘n L-vorm agter die nuwe KFC gebou word, met huurruimte vir nuwe besighede. Twee van die huidige huurders, Swartland Verwe & Hardeware en Ming Kai, sal steeds hiervandaan bedryf word. Volgens plan word ‘n deel van die gebou met ‘n eerste verdieping gebou. Malherbe kon gister nog nie sê wie die nuwe huurders sal wees nie, aangesien geen kontrakte nog amptelik gesluit is nie. Die hele projek beslaan ongeveer 1 800 vierkante meter verhuurbare area en sal die ontwikkelaars ‘n beoogde R13 miljoen uit die sak jaag. Na raming sal KFC teen die Paasnaweek vanuit sy nuwe perseel kan sake doen en die Wimpy ongeveer drie maande later. Sal dit die verkeer in Voortrekkerweg ontwrig? ‘n Kenner reken dat enige konstruksiewerk redelike ongerief kan veroorsaak, maar wys daarop dat dit tydelik van aard is. “Ons gaan vragmotors aan die Voortrekker-kant
Rdl Hunsinger gesels; Swartland Skou in beeld;
tot die minimum beperk, daarom het die uitgrawings aan die agterkant van die perseel reeds begin,” verseker Malherbe die publiek.
“Verder kyk ons saam met die plaaslike owerheid na die verkeersbeplanning, en veral oor waar die busse wat hier passasiers op- en aflaai, gehuisves kan word.” • Prima Verhurings Eiendomme Beperk het in 1974 ontstaan met die aankoop van Malmesbury Retreaders en die groeplede “is trots op Malmesbury as dorp. Ons sien hierdie ontwikkelings as ‘n regverdigbare opgradering van hierdie deel van die dorp, wat op die kort- en langtermyn baie nuwe werksmoontlikhede sal beteken. Plaaslike bouers sal ook geleentheid kry om tenders aan te bied.”
Fokus op gesondheid