a product message image
{' '} {' '}
Limited time offer
SAVE % on your upgrade

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

14 Oktober 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 342

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Wesbank Sekondêr Piketberg Hoërskool

Matrikulante van die Swartland sluit Vrydag hul skoolloopbaan af en die meerderheid is baie opgewonde oor die nuwe toekoms wat wink, maar eers moet hulle die finale eksamen aanpak en afhandel. Wilton September en Chantelle Pieters (Wesbank Sekondêr op Malmesbury se hoofmeisie en -seun) en E’Lmarco Visagie en Nina Cillié (Piketberg Hoërskool se hoofmeisie en -seun) is uitbundig van opgewondenheid.

KLAAR met skool! •R7 MILJoen VIR NUWE jo dolphin

‘Droom word waar’ Vandag is óns dag, het ‘n verheugde Jacques Swarts, een van Jo Dolphin Sorgsentrum se bestuurslede, aan dié courant gesê by die aanstelling van ‘n bouer vir hul nuwe gebou op Malmesbury. Die kontrak is aan Wim Smit Projekte toegeken en die bourekenaar is Neil Steyn. Die nuwe sentrum vir persone met gestremdhede beloop R7 miljoen en sal volgens beplanning binne agt maande voltooi wees. “Ons is dankbaar om te kan sê ons het borge wat die bedrag onderskryf, het pastoor Cecil Errens verduidelik Hulle planne is verlede jaar effens op die langebaan geskuif nadat beweerde bedrog by die sentrum aan die lig gekom het. Bewerings dat honderde duisende rand verduister is, het aanvanklik vrese laat ontstaan dat borge voortaan sku sal wees om die vereniging finansieel te ondersteun. Die bestuur het egter die bul by die horings gepak: ‘n Persverklaring het die omstandighede kaalvuis verduidelik en elke borg en ondersteuner is besoek om die saak eerstehands uit te klaar. “Baie mense het gedink dit is die einde van

Jo Dolphin,” het raadslid Maude Goliath, ‘n bestuurslid en onderburgemeester van Swartland, Maandag aan dié courant gesê. “Maar dit was nie God se plan nie en hier staan ons nou vandag. Alles waarvoor ons gewerk het, word nou waar." Die planne vir die nuwe sentrum maak voorsiening vir vyf klaskamers, 'n terapiekamer, 'n ruim kombuis en eetsaal, groot moderne badkamers en toiletgeriewe spesiaal vir gestremdes, asook 'n administrasiekantoor. Die perseel is langs die Gerfie-bewaarskool en grens aan St James, Koch- en Albaniestrate en sal vir 70 tot 75 kinders en volwassenes voorsiening maak. Die huidige sentrum maak net vir 20 kinders voorsiening en daar is reeds ‘n lang waglys. Die nuwe sentrum sal uit drie fases bestaan: daar sal eerstens vir die dagsorgsentrum voorsien word, dan volg werkwinkels vir mense bo 18 jaar en in die derde fase sal gekyk word na ‘n groephuisskema vir 24-uur versorging. Jo Dolphin is op 15 September 2010 as die 28ste tak van die Wes-Kaapse Assosiasie vir Persone met Gestremdhede ingelyf. Hulle was aanvanklik by die

Nagskuiling gehuisves. Daarna het die sentrum na ‘n woonhuis in Wesbank verskuif wat steeds vandag gebruik word, maar vir ‘n geruime tyd al te klein en beknop is om aan die behoeftes te voldoen. Daar is geen speelplek vir die kinders nie en ontwikkelingsprogramme kan nie na wense aangebied word nie. Die munisipaliteit het die perseel langs Gerfie teen ‘n drasties-verlaagde bedrag beskikbaar gestel, maar eers moes genoeg geld bekom word. Aan die einde van 2012 het hulle ‘n welkome meevallertjie van die Malmesbury Lions-tak ontvang. Die klub, wat reeds ‘n sterk verbintenis met Jo Dolphin gehad het, het ‘n tjek van R53 500 aan hulle oorhandig vir die aankoop van die perseel. Errens, het ook sy visie herbevestig: “Ek wil graag help om ‘n gemeenskap te skep waar die mense van die omgewing omgee vir mekaar en ons droom waar maak om ‘n volledige databasis te skep van alle Swartlanders wat saamleef met gestremdhede.” Hy het ook die gemeenskap geloof vir hul ondersteuning en hulp met donasies en fondsinsamelings.

NUUS • NEWS

14 Oktober 2015


NUUS • NEWS

2

• porterville onthou

14 Oktober 2015

“Onmoontlike verfilm” Bouplanne:

Bo word Jo Dolphin se kontrak geteken. Links is Jacques Swarts en pastoor Cecil Errens (bestuur) en regs is Neil Steyn (bourekenaar) en Wim Smit (boukontrakteur). Links staan pastoor Errens by 'n groep bestuurslede asook Wim Smit (derde van regs) en Neil Smit (naasregs). By hulle is Jaco van der Merwe, onderburgemeester Maude Goliath, raadslid Reggie van der Westhuizen, Jacques Swarts en Cari Theron. Regs: Hier staan Adam du Plooy, burgemeester Evert Manuel, raadslid Wayne Dirks, Sharon Penderis, Terry-Anne Wessels, Johan Botha, Lorraine Botha (parlementslid van Bergrivier en Cederberg) en Sherleque Willemse. Voor is Germaine Pietersen, Deon Bester en Kirsten Penderis.

Roeiers laat spaander Elke jaar staan die kinders ingepak op die oewer van die Bergrivier, gretig om die roeiers in die 'Berg' aan te moedig. Verlede week het 60 van hulle die kans gehad om self die water aan te durf in 'n kano. Die uitvoerende burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit, raadslid Evert Manuel, en die bestuurder van die Bergrivier Kanomarathon, Anthony Penderis, het die werkwinkel

Links: Die jongspan was gretig om die water aan te durf.

vir 60 voornemende kanovaarders van Piketberg, Goedverwacht, Wittewater en Porterville gereël. Kirsten en Sharon Penderis het deur middel van lesings en video's hulle ingelig omtrent die voor –en nadele van die sport, asook die toestande wat tydens kanovaart ondervind kan word. Daarna het Kirsten en Sharon met hulle span van Stellenbosch groepe leerders op die dam touwys gemaak met roeitegnieke.

Tonele uit die film wat die verhaal van Barend Liebenberg vertel. Die eerste fase van die verfilming van die ‘Crushed to Death but Lives to Tell!’-DVD is verby. Drie verfilmings en redigeringsfases lê nou nog voor. Dié DVD vertel die wonderbaarlike verhaal van Barend Liebenberg en hoe hy ter nouer nood aan die dood ontkom het. Mense van Porterville en distrik het onlangs saamgekom om Liebenberg, die seun wat almal 23 jaar terug voor gebid het, se storie te hoor. Almal is aangegryp deur die man wat in 1992 deur ‘n 7-ton trok omgery is en nog leef. “Miskien is dit die eenheid wat ‘n dorpseun se stryd na oorlewing bewerkstellig het,” het sy vrou, Liezl, in ‘n artikel geskryf. “Nou, met hierdie samekoms, herroep ons nie net die gebeure nie, maar ook dit wat ons geïnspireer het.” Die herskepping van die ongeluk, wat op die hoek van Voortrekker- en Porterstraat plaasgevind het, is onder leiding van Sword Productions se Visual Word en Imagenheart se regisseur, Desmond Denton, gedoen. Mense het van oral laat weet hoe hulle nog die gebeure onthou. Een skryf, “...my sus sê sy onthou daardie tyd moes hulle elke oggend in die klas by 24 Riviere Laerskool bid vir ‘die kinders agter die ystergordyn en vir Barend Liebenberg'. Mense het Barend voorgekeer orals waar hulle verfilm het. Ook die berig wat onlangs in dié courant verskyn het, het opslae gemaak. Een boer het op ‘n verlate plaaspad met Barend gesels, “...almal het daardie tyd vir jou gebid... só ‘n storie móét uitgaan!” ‘n Ander noem, “toe ek gister dié courant met jou berig sien, was ek in ekstase. Het so baie oor jou gewonder.” Die vlieënier van die kameraspan se robot-

vliegtuig (‘drone’) is ook onkant gevang tydens die verfilming. ‘n Verbygaande motor het naby die ongelukstoneel stilgehou en ‘n jongmeisie het na hom gehardloop om te hoor of alles onder beheer is en of hulle kan help. Dis toe dat die kameraspan besef het watter impak hierdie ongeluk van 23 jaar gelede, op 27 Maart 1992 om 14:00 die middag, nou weer op die gemeenskap maak. Die verskil is dat omstanders nou omdraai met ‘n geel getuienis-pamfletjie in hul hand wat die wonderwerk van 23 jaar gelede vir hulle ‘n groter werklikheid maak. Selfs die internasionale filmspan wat hulle by Sword Productions se Visual Word aangesluit het vir die produksie, se lewens is binne twee dae se tyd beïnvloed. Só skryf Mandy Kotzé, DIT (digital image technician) vir Imagenheart in ‘n artikel oor haar wedervaringe saam met Barend en die span: “’n Mens was half hartseer dat die ervaring tot ‘n einde moet kom. Ek is dankbaar vir my lewe en het nou meer waardering vir ander s’n.” Die volle artikel is beskikbaar op Imagenheart se webtuiste by die volgende skakel http://www. imagenheart.com/news/recreating-a-miracleon-film). Barend en sy vrou, Liezl, het die Porterville gemeenskap bedank vir hul samewerking. “Ons is ook dankbaar vir al die steun, vriendelikheid en borgskappe.” Barend beplan om Porterville weer te besoek vir kort onderhoude en uitreike. Enige mense wat ooggetuies van die ongeluk was, kan Barend kontak by barend@swordproductions.co.za. Hy is beskikbaar vir gebedsgroepe, selgroepe, skole, jeuggroepe, ens. Meer inligting kan bekom word op www.swordproductions.co.za, Facebook: Visual Word, of Posbus 1917, Mosselbaai, 6500.


NUUS • NEWS

3

14 Oktober 2015

Minister loof sportprestasies Die Wes-Kaapse Minister van Sport en Kultuur, Anroux Marais, het gister op Malmesbury gekuier saam met die sportpresteerders van die Hoërskool Swartland. Dié leerders is by Cherry Lane deur die minister onthaal. Hier is minister Marais in die middel van die groep en heel regs staan skoolhoof Dirk Marais.

Links: Die jeug van Chatsworth het die pretdag behoorlik geniet. Bo: Dogs Against Drugs het ‘n demonstrasie met snuffelhonde gehou. Bo is Joanne Visser met Tara, Estelle Gerber met Orka en Shelagh Perfect met Jabi.

•Chatsworth hou kinderdag

Jeug kraai koning Saterdag het die kinders en jeug koning gekraai op Chatsworth. Die plaaslike buurtwag het jeug van so ver as Riverlands aangery om dié pretdag te geniet. Hulle het gesmul aan al die eetgoed wat vir ontbyt en middagete voorgesit is. Verder was daar talle kompetisies met vet pryse en die SADhondevertoning het vir almal na hulle asems laat snak. Tussendeur het die SAPD ook oor ernstige

kwessies met die jongklomp gesels: dwelms en ander jeugprobleme is bespreek. Raadslid John van der Merwe, wat een van die organiseerders was, het aan dié courant gesê hulle is baie tevrede met die dag. “Die jongmense het dit geniet en dit is die belangrikste. "Hulle is die grootmense van môre en ons moet hulle bystaan en help om die regte besluite vandag reeds te neem.”


courant

dié

4

Wanneer die mat onder jou voete uitgeruk word Ons almal het al daardie dae ervaar wanneer dinge net te veel raak. Wanneer die lewe te veel druk en jy nie meer kan terugdruk nie. Vraag is net, wat doen jy dan? Gaan sit jy in sak en as daaroor, of staan jy op, styg jy uit en gaan aan met jou lewe? Om verantwoordelikheid te aanvaar vir die foute wat jy maak, is 'n aanduiding van jou integriteit, jou geloofwaardigheid. Kan jy vertrou word? Jo Dolphin se verhaal is een van sukses, trane, hartseer en geluk. Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe mens kan opstaan as die lewe jou platgeduik het. Hoe jy alle berge kan oorkom, alle probleme kan hanteer sodat dit in jou guns tel. Alhoewel hulle baie swaar tye gehad het, baie slapelose nagte ervaar het, soveel bekommernisse gehad het, het hulle opgestaan uit die as. Hulle het aangehou en uitgehou. Hulle het nie moed opgegee nie, maar eerder hul probleme vol in die gesig gekyk en besluit om pro-aktief op te tree. Vandag kan hulle die vrugte daarvan pluk. Vandag is hulle dag, kan hulle trots die nuwe toekoms inwag. 'n Toekoms waarvoor hulle hard gewerk het. Harde werk en deursettingsvermoë dra jou in tye wanneer dit swaar gaan.

NUUS • NEWS

Writer at museum’s AGM As part of its AGM, the Riebeek Valley Museum will be hosting a talk by Joyce Kotzè, acclaimed author of the book, ‘The Runaway Horses’. In her historical novel Joyce portrays an engrossing tale of the the personal cost to a family, during the 1899-1902 South African conflict. Two sets of cousins, Boer and British, find their destinies inexorably intertwined in the politics and mayhem of the conflict. From Transvaal to Victorian England, the cousins form strong bonds, which are tested on the battlefields of South Africa. Joyce Kotzè was inspired by tales of individuals in times of war, her forefathers having fought in the major conflicts of the 20th century, her grandfathers as

14 Oktober 2015

young men on opposite sides in the Boer War. She grew up in Namibia, studied in Cape Town, and worked as a radiographer on the conflict-torn borders of southern Africa. She has a passion for good literature, poetry and history, and divides her time between Namibia and the Riebeek Valley. Joyce’s talk will be on the subject ‘Keeping South African history alive in Fiction. English and Afrikaans’, and promises to be a stimulating topic. This is a chance to listen to Joyce before her second novel is published. The meeting is at the Riebeek Valley Museum, Church Street, Riebeek Kasteel, and will be held on Wednesday 21 October at 19:h00.

Duiwe sprei hul vlerke vir CPM Die Malmesbury Posduifvereniging, in samewerking met die Christelike Privaatskool, het onlangs ‘n baie geslaagde fondsinsameling gehou in die vorm van ‘n duiweveiling. Die veiling vind jaarliks plaas en die wedvlug, die `Frits en Benno Meintjes Gedenkwedvlug’, vind dan die daaropvolgende Saterdag plaas.

Vanjaar het die wedvlug van Britstown plaasgevind, waar die duiwe om 06:30 losgelaat is. Die wenduif van George Williams is dan ook om om 14:02 ingeklok. Die koper van die duif, Charles Gerber, het die eerste prys van R200 gewen. Só lyk die eerste agt plekke:

Wenner: Molly en Frits Meintjes saam met Wilna en Japie Groenewald, die wenner van verlede jaar se gedenkvlug.

Atlete ding mee in tweekamp Saterdag is daar ‘n Boland Tweekamp-byeenkoms op Malmesbury. Dit begin om 09:30 by Hoërskool Swartland met die vorige byeenkoms se prysuitdeling.

Die organiseerder, Ben Fourie, het aan dié courant gesê ‘n tweede byeenkoms sal op 23 Januarie plaasvind. ‘n Nasionale byeenkoms vir 2017 is ook in die pyplyn.

Wen met BZN

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Die hele Skrif is deur God ingegee Johannes skryf in die evangelie dat in die begin was die Woord, en die Woord was by God en die Woord was God. Verder skryf Johannes dat die Woord het vlees geword en het onder ons kom woon. Hier verwys hy na Jesus die Woord wat vlees geword het. Watter Woord was dit? Die Nuwe Testament gaan oor Jesus se koms na hierdie wêreld, Sy boodskap, Sy lyde, dood en opstanding uit die dood, Sy opvaar na die hemel vanwaar Hy weer sal kom, maar hierdie Testament was nog nie geskryf nie. Hier word na die Ou Testament verwys, God se Woord aan ons geopenbaar. Paulus skryf aan Timoteus dat die hele Skrif deur God gegee is, dat dit nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Ons het die hele Woord wat vandag nog relevant is om ons te lei om God en Sy Woord eerste te plaas en mens daarna, en nie omgekeerd nie.

Swartland: Produkte eie aan die Swartland is Saterdag by die Kirstenbosch-mark uitgestal. Bo is Anchen Ludick by die stalletjie van Swartland Toerisme.

Vir Anny Schilder en Jan Keizer, hoofsangers van die legendariese groep BZN, is hul opkomende Suid-Afrikaanse toer ’n “viering van die lewe”. Anny is verlede jaar met borskanker gediagnoseer en hulle moes noodgedwonge hul SuidAfrikaanse konserte kanselleer. BZN het in die tagtigerjare op die Suid-Afrikaanse trefferparade geboer met liedjies soos “Yeppa”, “Tonight”, “Wheels on Fire”, “Le Legionnaire”, en “Waltzing Maria”. Met hulle optrede op 31 Oktober by die LiquiFruit-amfiteater gaan hulle al die liedjies sing wat destyds van hulle ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het. Kaartjies is reeds beskikbaar by Computicket. In samewerking met Culitvaria, gee dié courant oor die volgende drie weke een dubbelkaartjie per week weg na die optrede in die Paarl. Sms BZN, jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 teen Maandag 19 Oktober om 15:00. Vraag: Noem een van BZN se bekendste liedjies.


NUUS • NEWS

5

14 Oktober 2015

Tomis-groep se ekspo 'n reuse-sukses Belê nou in die landbou

Ernst Janovsky Met die groei in die wêreld se bevolking moet daar in die volgende 35 jaar wêreldwyd soveel kos geproduseer word as die afgelope 500 jaar. “Vir hierdie rede, “ sê deurwinterde landbouekonoom Erns Janovsky, “is dit nou die regte tyd om ‘n belegging te doen in die landbou.” Janovsky, hoof van Absa se sentrum vir Uitne-

mendheid in Agribesigheid, was Vrydag een van die sprekers by die Tomis-groep se Ekspo buite Hermon. Die tema van die Tomis Ekspo 2015 was “die ineenskakeling van die voedselketting”. Janovsky het aan die nagenoeg 500 gaste uit die vleis- en verwante bedrywe, gesê daar is ‘n “groot geleentheid in die landbou - die enigste bedryf wat die afgelope 10 jaar gegroei het in Suid-Afrika. “Moenie skrik vir Malema nie, skrik eerder vir die knyptang van koste-effektiwiteit. “Die enigste nadeel van landbou is dat jy nie beheer het oor prys nie.” Janovsky het verduidelik dat pryse van verskillende produkte elkeen van iewers anders in die wêreld bepaal word. Hy het ook gesê die wisselkoers sal bly styg met gepaardgaande effek op pryse. Hy het ook gewys op die groot informele sektor wat baie sterk is en ‘n groot rol vertolk. Janovsky het oor die voedselketting gepraat en verduidelik dat daar altyd ‘n plek soos Tomis sal nodig wees om diere in vleis om te sit.

Laurie Terblanche

raak, sal die leier van die ketting belangrik raak en Tomis as so ‘n leier in die bedryf beskryf - ‘n leier wat verskillende besighede bymekaar bring en aan mekaar laat skakel. In die tyd waar die streek droogte ervaar en daar druk op die landbou en boerderybederywe

is, het Walsh uit die boek Fluisters van sy voorganger by Kaap Agri, wyle Corwyn Botha, aangehaal oor dankbaarheid. Botha het ‘n “e-pos gediggie” I am Thankful, waarvan hy nie die outeur geken het nie, in die boek ingesluit. (Te lank om hier te publiseer, neem dié courant die vrymoedigheid om dieselfde gediggie op ons facebookblad te plaas.) Slegs drie versies hier: I am thankful.. For my shadow that watches me work because it means I am out in the sunshine I am thankful... For a lawn that needs mowing, windows that need cleaning, and gutters that need fixing, because it means I have a home. I am thankful... For the alarm that goes off in die early morning hours because it means I am alive...

Passie kom hier eerste - Walsh Nog een van die sprekers, Sean Walsh (besturende direkteur van Kaap Agri), het Tommy Moolman, stigter-eienaar van die Tomis-groep beskryf as iemand wie se rede tot sy bestaan eerste kom voor winsgewendheid. Hy het dit beskryf in die woorde van Simon Sinek: “Working hard for something we don’t care about is called stress; working hard for something we love is called passion.” Walsh het gesê die tendens wêreldwyd is dat die kleinhandel meer en meer skakel met die produksie. Walsh het gesê as die ketting korter

'Put inspirasie uit die dag' Laurie Terblanche (besturende direkteur van die Tomis-groep) het aan die gaste by die spoggeleentheid gesê Tomis hoop elkeen sal toekomsinspirasie put uit dit wat hulle by die expo gesien en gehoor het. Terblanche het vertel van die mylpale en die verskillende afdelings waaruit die groep bestaan - Tomis Velddienste, Tomis Voerkraal, Tomis Skaapslagpale, Tomis Beesslagpale, Tomis Meatpackers, Tomis Country Butchery en Tomis Edelkompos. Hy het ook vertel van die streng keuringsprosesse wat gevolg is vir Tomis om suksesvol ISO 22000 Voedselveiligheid-status te verkry. Terblanche het al Tomis se vennote bedank vir hul belangrike rol in die groep se sukses.


NUUS • NEWS

6

14 Oktober 2015

Freddy Hirsch en Wicus van der Merwe

Marike Terblanche saam met Mega-boer Francis Visagie en Wicus van der Merwe.

Sean Walsh

Pieter Visser van Tiptrans by hul stalletjie.

Ernst Janovsky

Klasie Loubser en Hennie Rossouw

Koos Visser, Tomis se grootste verskaffer, en Dr. Gerhard Neethling (RPO Vrystaat).

Geordin Hill-Lewis

John Dürr (RPO Wes-Kaap) en Marike Terblanche.

Laurie Terblanche en Dean Jankielsohn


NUUS • NEWS

7

14 Oktober 2015

Isabelle en Tommy Moolman in gesprek met een van die gaste.

Ewan Louw en Erika Hanekom

Ben Deysel (AHI) en Chris Hunsinger (LP)

Sean Walsh, Geordin Hill-Lewis, Tommy Moolman, Laurie Terblance en Chris Hunsinger.

Tommy Moolman CEO of the Tomis Group.

Wicus van der Merwe en Nico Nel

Laurie Terblanche MD of the Tomis Group.

Andy Crocker


NUUS • NEWS

8

14 Oktober 2015

Dagboek • Calender

Boere moet Afrika ontgin

Die Demokratiese Alliansie se skaduminister van Handel en Nywerheid, Geordin Hill-Lewis, het by die Tomis Expo gesê hy is beïndruk met die Tomis-storie wat in 1994 “te midde van onsekere tye in die die land, voortgegaan het”. “Is dit nie ‘n wonderlike voorbeeld van die Suid-Afrikaanse gees nie.” Hy het uigebrei op die sukses van meer as twee dekades en die begin met agt mense en die personeelkorps wat tans meer as 300 mense insluit. “Tommy skryf sy sukses toe aan drie faktore: Uitstekende Kliëntediens, Geloofwaardigheid en Eerlikheid asook Goeie Waardes. Hill-Lewis het ook die boere gewys op die belangrike rol wat hul in die Wes-Kaap se ekonomie speel. “Sonder hierdie landbousektor, sou die Wes-Kaap nie naastenby so ‘n wonderlike provinsie wees nie,” het hy bygevoeg. Hy het gesê verskeie boere het ook reeds die geleenthede in die res van Afrika raakgesien en boere aangemoedig om die groot mark daar te ontgin.

Geordin Hill-Lewis

Presisie-boerdery is noodsaaklik Tydens sỳ toespraak het Andy Crocker (besturende direkteur van Meadow Voere) bely dat hy jare gelede as verkoopsman Tommy Moolman se visie om voerkrale te bou, onderskat en afgeskiet het as “nie volhoubaar nie”. Crocker sê hy is bly dat Tommy volhard het en dat die Tomis-groep Meadow (nou deel van die Astral-groep) as deel van hul ketting, waar hul talle vennote saamsnoer, behou het. Hy het ook klem gelê op die uitdaging om meer monde te voer sonder meer grond en water. Crocker het Moolman en die groep, deesdae onder besturende direkteur Laurie Terblanche, geloof vir hul etiese sakepraktyke. Ook die strewe om beste koste na te streef. Hy het presisieboerdery en die aanwend van tegnologie (massa beskikbare en meetbare data) in die bereiking van beter doelwitte uitgelig as belangrike faktore in die toekoms.

Aandskemering soek hulp met basaar Aanskemering tehuis vir Bejaardes op Malmesbury hou op 30 Oktiober basaar en benodig donasies in die vorm van poedings (klaargemaak of bestanddele) en enige gebak. Bydraes vir die naaldwerktafel is ook welkom. Kontak die tehuis by 022 482 1466 met navrae. Skrywersaand 14 Oktober - skrywer Rudie van Rensburg besoek Malmesbury Biblioteek om 19:00. Hy gaan gesels oor sy boeke en na die tyd is daar ‘n gesellige kuiertjie saam met hom. Besprekings is noodsaaklik en belangstellendes kan die biblioteek kontak by 022 487 9439. Prysuuitdeling 15 Oktober - Hoërskool Swartland se jaarlikse prysuitdeling om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Voet van Afrika-marathon 16-18 Oktober - Mega Sport Classic Voet van Afrika Marathon Sportnaweek; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller by 028 424 2890 of esther@agrimega.co.za. Boland Tweekamp 17 Oktober - Om 09:30 by Hoërskool Swartland, Malmesbury. West Coast Fossil Park 17 October Shark Workshop with Two Oceans 23 October Morning Talk: The Coelecanth – Kerry Sink Contact Wendy/ Nadia or Hildegard for more information, 022 766 1606 or e-mail Wendy: edu@fossilpark.org.za.

Andy Crocker

Malmesbury Aglow 17 October – The next Malmesbury Aglow meeting is on Saturday October 17th, starting at 15:00 (3pm). At the Rivers of Life Christian Fellowhip, Darling Rd (opposite Prima Bande). The speaker is Rita Manshon. Everyone is welcome. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. Boat Surveys 17 October – Boat surveys for club members will take place at Yzerfontein Boat Angling Club from 09.00 to 12:00 at the Fish Market in Yzerfontein. All members who would like to have their boats surveyed must please e-mail their previous certificate of fitness and buoyancy certificate to the safety officer at: kobus@ melkbosmarine.co.za. Darling Gymkhana 17 October - The 87th Darling Gymkhana will be held at the Darling Club. Nataniël sing vir Badisa 17 Oktober - Die bekende sanger en kunstenaar Nataniël en pianis Charl du Plessis tree op ten bate van Badisa RiebeekWes. Om 19:00 in die NGK-saal op Riebeek-Kasteel. Kaartjies is R200 pp (geen kinders o5). CD’s, boeke en produkte van die Kaalkop-reeks te koop. Kaartjies by Computicket. Hospice Colour Ride 17 October - Laguna Mall to 5'O Clock Sport & Comedy Club, Langebaan. Depart at 10:00. Riding for all patients and families affected by Cancer, TB. HIV/Aids. All proceeds to St Helena Sandveld Hospice. Tickets R100 pp. Enquiries: Nikita, 073 177 1072 or 022 713 3738. Volunteer Day 17 October - Dogs Deserve Better rehabilitation centre will have a volunteer day. They will have a clean-up, fixing of the premises and dog bathing and walking. WhatsApp or SMS Sandy at 072 268 3224 to confirm attendance.

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 18 Oktober - Sondagoggend 09:30 preek pastoor JPiet Smit oor `Die Woord is Onvernietigbaar'. Die aand iom 18:30 is daar 'n gesinsdiens: Mooiste Eposse. Navrae: 073 447 2902.

Dog Walk & Fun Day 18 October – Topiary Wine Estate, Wemmershoek Rd (between Paarl and Franschhoek), from 09:00 to 14:00. Different routes, treasure hunt, competitions & prizes. Riebeekvallei Museum Jaarvergadering 21 Oktober - Joyce Kotzé, bekroonde skrywer van Runaway Horses, 'n verhaal oor die Anglo Boere-oorlog, is die spreker by die jaarvergadering om 19:00 by die museum. DA Piekniekdans 23 Oktober - Wesbank-gemeenskapsaal, Malmesbury, van 19:00 tot laat. Met Mario Arnold One-Man Band. Bring XYZ. Toegang R50pp. Kontak Maude Goliath (082 643 1344), of Adam Leander (kantoor, 022 486 5198). Hengelkompetisie 24 Oktober - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Agri Cape Week 28-31 Oktober - Wyn-, Vrugte & Varsprodukte Ekspo; Kleinplasie, Worcester. Navrae: Anne-Marie le Roux by 021 863 0397/ annemarie@agrimega.co.za; Lize Kotzé by reinette@ agrimega.co.za. Visfabriek-toernooi 30-31 Oktober - Velddrif. 022 783 1821. Inspirerende Lentetee 31 Oktober – ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9, Riebeek-Kasteel. R100 (sluit ligte versnaperinge in). Die spesiale gas is Beau de Klerk wat in 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet van Kaapstad na Pretoria gestap het. Hy vertel ‘n verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Die ACVV mans en vroue kan uitsien na 'n inspirerende oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 / 084 291 5088. Market Day 31 Oktober - Animal Lighthouse hou 'n markdag van 09:00 tot 15:00 by die Plaasmol-padstal, op die R45, km buite Hopefield. Kontak Ronel, 078 347 8745. Vissermansgolfdag 31 October - Velddrif. 022 783 0535. Music Festival at Camphill Village 31 October - Camphill Village West Coast host their second annual music festival from 13:00 until 19:00. The line-up includes Beatenberg, Just Jinjer, Ottoman Slap, Bootleggers and Swallowers of Time. The Festival is a fundraising event to further support the Camphill Village community. Tickets R200 at www.webtickets.co.za . Free entrance for children under 4 years and R100 for children under 13. For more information, contact Janine on 021 571 8600 or visit www.camphill.org.za. Citrusdal Kersmark 6 & 7 November - NG-kerksaal Citrusdal: Vrydag 10:00 20:00 en Saterdag 09:00 - 13:00. Malmesbury2Sea 7 November – Ry fiets van Malmesbury tot Yzerfontein en slaap die aand in die karavaanpark. Beperkte slaapplek beskikbaar. Die roete is sowat 80km oor distrikspaaie, private grond en die klub het toestemming om twee enkelroetes te kombineer. Besoek www.malmesburyfietsryklub.co.za. Aan Oewer Straatmark 7 November – Velddrif: Aan Oewer Straatmark. Navrae: 022 783 0048.

PPK Bethesda Porterville 18 Oktober - Om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787.

PPK Bethesda Malmesbury 18 Oktober - om 10:00 diens en Sondagskool en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914.

Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent: 071 604 5387. Other enquiries: Rev John Beck, tel 022 482 3623.

Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za.

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.

Shofar 18 Oktober: Die diens is om 09:30 op die 1ste vloer, Clicksgebou, h/v Voortrekker- en Hillstraat, Malmesbury. Kontak hulle by 079 214 4578. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se volgende diens sal op 8 November om 10:00 by Mount Royal se konferensiefasiliteit wees. Vir meer inligting, kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae van 08:00 – 14:00). Navrae by telefoon 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).


NUUS • NEWS

9

14 Oktober 2015

‘Gummy’ trap diep spore in talle se lewens ‘n Voorbeeldige, standvastige en lewenslustige mens met ‘n besondere sterk wilskrag, maar tog ook ‘n baie nederige, lojale en pligsgetroue mens – dit is hoe mense Achmat Andrew van der Westhuizen (alombekend as Gummy) sal onthou. Van der Westhuizen is op 4 Oktober oorlede en is op 7 Oktober uit die AGS Die Wingerd, Malmesbury begrawe. Johan Smit het hierdie huldeblyk bymekaar gesit. “Die voorbeeld wat hy gestel het getuig van ‘n man wat plat op die aarde was Hy was altyd vriendelik en het sy medemens met respek behandel.” Hy op 14 April 1952 op Malmesbury gebore, 'n seun van wyle oom Pieter en tannie Tima van der Westhuizen. Hy kom uit ‘n gesin van 12 kinders (vyf seuns en sewe dogters) en ontvang sy skoolopleiding by St. Thomas Primêr en Schoonspruit Sekondêr. Op 16 jaar (standard 9) verlaat hy die skool en begin werk by sy pa. Hy bekwaam hom as loodgieter onder sy pa se bekwame leiding. Op 23-jarige ouderdom ontmoet hy sy vrou, tannie Susan. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Susan het by Huis Bergsig gewerk en Van der Westhuizen moes ‘n toiletpot daar gaan regmaak. “En die res is geskiedenis!” Uit die huwelik is twee seuns gebore, Elton John en Lezander Peter. Daar is ook ses kleinkinders, Elchanan, Zarah, Noah, Keane, Quade en Joel. “Hy was ontsettend lief vir sy kinders, maar veral vir sy kleinkinders. “Hy is deur sy familie en vriende gerespekteer vanweë sy simpatieke houding en belangstelling in sy medemens – en juis hierdie eienskap het hom baie geliefd gemaak.” As dit by sy werk kom, sê hierdie woorde alles: “Het jy ‘n loodgieter gesoek, dan was Gummy jou man.” Smit vertel dat hy geglo het dat jou voorkoms, etiese waardes, wedersydse respek en harde werk en determinasie bestanddele is vir sukses, en dat hierdie eienskappe slegs tot hul reg kom as die Here in beheer is. “Sy werksmense het geweet hulle rook nie by die werksplek nie; mans kom nie met ‘n oorring werk toe nie; en jy kom werk nie met ‘n broek wat `te swaar raak en dreig om af te val’ nie. “ Elton vertel dat sy pa baie kere waar hulle gewerk het, nie geskroom het om vir iemand daar te bid nie. Sy geloofslewe het hy elke dag uitgeleef. “Hy het geglo dat jy die Here se tiende eerste gee; God sorg vir die res. Hy het ook eers gesorg dat sy werkers besoldig is. “Alhoewel hy in die posisie was waar mense hom dien (vir hom gewerk het), was hy baie maal die een wat ander bedien het.“ Smit het sy eie herinneringe aangevul met dié van familie en vriende: “Elton vertel dat wanneer hy soggens by sy ouerhuis aanmeld vir werk, staan sy pa reeds reg met ‘n koppie koffie vir hom. “Lezander vertel met trots dat sy pa ook baie keer vir hulle gesê het: `Julle moet met julle oë steel, dis hoe jy leer’. En, `‘n mens is nooit te oud om nuwe ‘tricks’ aan te leer nie’, met verwysing na hul ambag (loodgieters).” Die Van der Westhuizens het op Langebaan gekamp. Daar was altyd plek vir familie en vriende wat kom inloer om oor te slaap.

“Broer Gummy was ‘n goeie man en pa. Selfs sy broers- en susterskinders het hom “Pappa” of “Mekkie” genoem. “Carmen, Elton se vrou, vertel dat haar skoonpa eintlik aan Masterchef moes deelgeneem het – hy kon lekker kos maak, veral afvalpotjie en gebakte harders. “Sy afvalpotte wat hy vir die kerk by die jaarlikse Kersliggiemark gemaak het, was altyd ‘n groot gunsteling en was altyd eerste uitverkoop. “Lezander het my vertel hoe hy altyd ‘n dag voor die Kersliggiemark die hout fyn moes kap – streng volgens sy pa se opdragte. “Ek verneem dat in Gummy se jonger dae, wanneer sy ma en pa na die aanddienste toe gegaan het, het hy by hul huis kerk gehou met sy broers en susters. “Onder meer moes Pedro getuig, Sharon moes hard voorsing en dan het Gummy gepreek en vir hulle hande opgelê en gebid.” Smit se Van der Westhuizen sal onthou word as ‘n ware Christen. “Hy was ‘n geloofsman. Hy het altyd getuig van hoe die Here hom van werk voorsien al het die ekonomie ook hoe swaar geknyp. “Hy was ‘n bidder en het altyd as volg begin

bid: `Onse Vader wat in die hemel is', en daarna het hy God altyd dankie gesê vir Sy seëninge oor die gemeente en sy familie. “Hy het baie vir ons gemeente (AGS Corpus Christi) beteken. "Hy was nie net die vise-voorsitter van die gemeente nie, maar het ook baie van sy tyd en selfs sy werksmense gebruik om sekere opknappingswerk by die kerk te voltooi.” Smit vertel dat Van der Westhuizen gedurende sy laaste paar weke baie rustiger geword het. “Selfs sy werkers wou net rondom hom wees. “Hy wou sy kinders langer by hom laat sit, asof hy geweet het dat sy uurglasie vinnig besig was om leeg te loop. “Gummy het sewe dagstukkies by sy werkstafel agtergelaat. "Volgens Lezander het sy pa elke dag gedurende sy laaste week een hiervan gelees." Hier is ‘n paar: - Die belangrikste is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. 1 Petrus 4 : 8 - Moenie daaroor bekommerd wees dat jou kinders nie na jou luister nie. Wees eerder bekommerd oor die feit dat hulle jou altyd dophou. - Elke pa moet onthou dat sy seun eendag sy

voorbeeld gaan volg en nie sy raad nie. - Hy wat opreg en eerlik leef, se kinders is gelukkig. Spreuke 20 : 7 - Elke kind se hart klop met die ritme van ‘n pa se liefde.


10

NUUS • NEWS

14 Oktober 2015

Marsjeer: Saterdag was Darling se Jeugbrigade

Bellville toe vir die Kaapland Substreek Dril- en Musiekkompetisie van die VGK SA Jeugbrigade. Hulle het twee spanne ingeskryf in die Tiny Tots-afdeling: ouderdom vyf tot tien jaar en die Junior B-afdeling. Die Junior B-afdeling het vierde plek gekry in die kategorie vir die beste drilspan.


NUUS • NEWS

11

14 Oktober 2015 Betrekking Vacancy EARNINGS OPPORTUNITY. Avon representatives needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510

In Memorium In Memoriam BERTHA THOMAS

#2209

------------------------ELEKTRISIËN GESOEK met sober gewoontes – goeie gesondheid en kennis – Fout opsporing – beligting – Alle fases krag – Ouderdom tot 45 jaar. Moet in Malmesbury woonagtig wees. Kontak 083 863 7701 – Faks : 022 433 2221

#2222

Dienste Services Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857

#2225

10-10-1945 tot 11-09-2015 Dit is jou eerste verjaarsdag in die hemel. Die verlange en die leemte is nog steeds daar – jy sal vir altyd in ons harte voortleef. Jou kinders – Wilma & Bernie en kleinkinders #2226

------------------------BERTHA THOMAS

#2098/13

------------------------UITHAAL en verwydering van bye asook heuning te koop. Kontak Kobus du Plessis – 022 482 2767 / 083 722 7787

#2069/1

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/20

------------------------HAKE “stokvis” Fillette te koop, asook Visvingers (R32/kg) en krummelvis (R45 p/kg). Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460

#2151/9

------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/16

#2167/3

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589

Te Koop For Sale Enkelbed met basis – R950,00; 2 x2 sitplek banke in Saunderson Linne – R1500 elk. 1 Teetrollie “Teak” hout vir R200. Skakel 083 453 3435

10-10-1945 tot 11-09-2015 Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Ons mis jou vreeslik baie. Jy sal altyd in ons harte bly. Die gemis is groot en die leemtes sal nooit gevul kan word nie Jou susters #2227

Voertuie Vehicles Enkelwoonstel vir een persoon beskikbaar vanaf 1 November 2015 (Malmesbury) – R2700,00 per maand. Kontak 082 801 6992 #2224

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 45m² . Beskikbaar vanaf 1 Desember 2015. Kontak 083 601 6480

#2218/1

------------------------Kantoor-/winkel spasie te huur. Middedorp. Rainierstraat. 083 991 7350 #2223

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 km2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2123/11

-------------------------

Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/5

------------------------TE KOOP – BMW 325 I – 2003 Model. Kontak 076 901 9173 #2228

-------------------------


courant

tel 022 487 3221

14 Oktober 2015

14 Oktober 2015

SA Gimnastiek:

Jana du Plessis, 12 jaar en ‘n graad 6-leerder by Laerskool Swartland, het onlangs aan die SA Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Daar het sy ‘n derde algehele posisie uit 78 deelnemers verwerf. Sy het aan vier apparate deelgeneem. Haar punte was: Spronge 9.35 uit 10, Brug 9.10 uit 10, Balk 9.15 uit 10 en Vloer 9.10 uit 10. Dit gee haar 36.70 uit 40. Die eerste plek het 36.95 gekry en die tweede plek 36.90. Jana is die enigste kind van Malmesbury wat aan artistiese gimnastiek deelneem en oefen elke middag in die Paarl by Wynland Gimnastiekklub onder Linda Nieuwoudt.

IGH-gholf:

“Ons is baie gelukkig. Dit was ons vierde jaar en ons het so 108 spelers gehad vir die dag – ‘n baie goeie opkoms,” het AD Spangenberg aan dié courant vertel van die IHH-gholfdag wat onlangs op Moorreesburg plaasgevind het. AD en sy broer, Koos, het in 2012 'n liefdadigheid, In God's Hands, gestig en met 'n gholfdag begin nadat hulle pa aan kanker oorlede is. “Ons het vanjaar ‘n steak-ete gehad met die prysuitdeling. Daar was ook ‘n klein veilingtjie wat regtig goed gedoen het. Ons het die vorige aand nag-gholf gespeel (foto bo) om sommer te kyk hoe dit lyk vir die toekoms. Daar was 24 spelers en seker nog 50 toeskouers. “Ons wil ons borge weer bedank: vanjaar se opbrengs gaan weer vir liefdadigheid.”

Hindernis-

Dié #HealthWorld-span van Malmesbury het Sondag aan die Jeep Warrior Uitdaag op Meerendal Wynplaas, Durbanville deelgeneem. Hulle is Morné Pereira, Schalk Eygelaar, Tiaan Steyn en Aldo van Zyl. Hulle het die 5km-hinderniswedloop in die vyfde plek voltooi.

• wil roses se dorings pluk

Maak of breek vir Wesbank Saterdag is ‘n rooiletterdag vir rugby. By die Wêreldbeker speel die Springbokke in die kwarteindronde en hier plaaslik is vier van ons spanne in halfeindwedstryde van die Boland Rugbyunie gewikkel. In die Grootuitdaag-kompetisie speel Wesbank teen Roses United. Dié wedstryd begin Saterdagmiddag om 14:00 op Esselenparkstadion op Worcester. Wesbank het sy plek in die halfeindstryd verseker nadat hy Ceres Saterdag met 49 teen 26 geklop het. Wesbank het reeds binne die eerste helfte met 15-3 voorgeloop en dit was uit die staanspoor duidelik dat hulle nie maklik gestuit gaan word nie. Hulle het halftyd met 20-6 voorgeloop – met ses drieë in hul puntesakkie. In die tweede helfte het Wesbank talle reserwes speelkans gegee en dit het Ceres onder nog meer druk geplaas. Wesbank druk drie pragdrieë in die tweede helfte en Ceres moes keer om nog punte te verhoed. Wesbank het sy ondersteuners gevra om Saterdag saam te gaan Worcester toe om hulle span aan te moedig. Die hekke open die oggend reeds om 07:00 en om 08:30 pak Young Turbo’s en Universals

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12

Sportuitslae Sports results Fietsry Malmesbury Fietsryklub West Coast Express Funride: 71km: Elfriede Wolfaardt - 2:01:53, vierde plek. Malmesbury Gholfklub Rola Sundowner Woensdag 07 Oktober Enkel Stableford 1. Appie Vd Merwe 21; 2. Frans Destroo 20; 3. Kobus Lambrechts 19; 4. Jacob Goosen 18; 5. Marius O'kennedy 17. Vrydag Sundowner 09 Oktober Enkel Stableford 1. Gerhard Spangenberg 22; 2. Kwas Du Toit 21; 3. Marlon Bocks 21; 4. George Prinsloo 19; 5. Jean Pieters 19. Saterdag 10 Oktober Beterbal Stableford 1. Marius van Wyk & Lionel Vice 49; 2. André Schillig & Lawrence Barlow 48; 3. Thys Esterhuizen & Gareth Stander 47; 4. A. Marais & D. Smit 46; 5. Wynand Van Niekerk & André Ackerman 46; 6. Sakkie Klasen & Johann Ackerman 45. Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Hopetown Ope 3 1 F. Meintjes & Seuns 1300.2072; 2 M. Hill 1298.5020; 3 G. Horn 1258.0076; 4 F. Meintjes & Seuns 1236.5705; 5 J. Steenkamp 1206.2067; 6 J. Steenkamp 1183.2125; 7 G .Horn 1182.8156; 8 E .Kotze 1177.9168; 9 E. Kotze 1164.6825; 10 J. Steenkamp 1161.8585.

Edwill Solomons van Wesbank met die bal. mekaar. Om 10:00 speel Pumas teen Greyton (Gemeenskapskild) en om 12:00 is dit McGregor teen Rawsonville (Streekuitdaag). Die ander Grootuitdaagbeker-wedstryd is om 16:00 tussen Worcester Villagers en Hawston. Toegang is R20 (kinders R10). Geen parkering rondom of op walle sal toegelaat word nie.

Neem kampstoele saam. Die ander ligawedstryde vind op die Smutssportterein op Velddrif plaas. Die eerste wedstryd begin om 12:00 tussen Rising Stars en Ocean United (Eersteliga). Om 14:00 pak Majestics en Koringberg mekaar in die Gemeenskapskild en om 16:00 speel Good Hopes teen Langebaan in die Streek Uitdaag.

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

1490

Nederburg Baronne 750ml

R

43

Olof Bergh Brandy 750ml

R

89

Hopetown Ope 4 1 G. Horn 1308.3577; 2 F. Meintjes & Seuns 1297.4939; 3 F. Meintjes & Seuns 1297.4516; 4 J. Steenkamp 1252.0225; 5 E. Kotze 1238.9592; 6 E. Kotze 1229.4311; 7 J. Steenkamp 1222.8153; 8 F. Meintjes & Seuns 1222.5894; 9 F. Meintjes & Seuns 1217.8002; 10 G. Horn 1191.0242. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Victoria West 5 – 10 October 1 Kenneth Edas 974.329; 2 Leukes Family 962.578; 3 Sheldon Bros 962.314; 4 Kenneth Edas 961.235; 5 Sheldon Bros 960.623; 6 Leukes Family 946.84; 7 Kenneth Edas 943.770; 8 S. Zimri 940.697; 9 Leukes Family 939.615; 10 Leukes Family 933.945.

Wellington VO Brandy 750ml

R

95

Gordon’s London Dry Gin 750ml

R

84

CHEERS TO THESE

R

76

Castle Lite Non-returnable Bottles 8 x 440ml

54

R

Savanna Cider Assorted 6 x 330ml

PRICES VALID 15 - 18 OCTOBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

1501201 _100 x 260

GREAT DEALS

Profile for DieCourant

Die courant 14 okt 2015 342  

Die courant 14 okt 2015 342  

Advertisement