Skip to main content

die courant 15 Julie 2015 329

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

NUUS • NEWS

swartland en weskus

15 Julie 2015

Swartland

dié

1

15 Julie 2015

Uitgawe 329

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die Rugby Performance Centre buite Riebeek-Wes is 'n gewilde plek vir rugbyspanne om bietjie te slyp, finale afronding en spanboue te doen. Alan Zondagh, eienaar, het verlede week aan dié courant gesê hy gaan nog twee rugbyvelde byvoeg. Met ons besoek was die Pumas se Cravenweekspan, wat vandeesweek op Stellenbosch speel, asook die Sharks se o.21-span daar om te oefen. Hier is die jong Sharks saam met Zondagh (derde van links), die Swartlandse boorling Johan du Toit (middel) en Zondagh se seun AB (naaslinks), wat ook by die Sharks afrig. By hulle staan Retief Marais, Chris de Beer, Loftus Pretorius en Rowan Gouws.

Haaie oefen in Vallei

Vasbyt:

Links roei Gert Coetzee tydens verlede jaar se 'Berg' en onder geniet sy seun, Izak, die sonnetjie ná nog 'n skof.

• Span reg vir water-uitdaag

Pa en seun pak Berg Vir hulle gaan dit oor absolute uithouvermoë. Só vertel Hannaleen Coetzee van haar man, Gert, en seun, Izak, se deelname aan die `Berg’. Dan voeg sy by: “Hulle maak my sommer vies omdat hulle nie oefen nie. Gert is nie meer ‘n kind nie en dié marathon kos bloedsweet. Ek hoop hulle maak klaar.” Gert neem vanjaar aan sy 15de Bergrivierkanomarathon deel, Izak aan sy derde. Hulle boer buite Aurora. Maandagoggend het dié courant die lang pad aangedurf Aurora toe om dié pa en seun te gaan ontmoet. “Nee wat, hulle is op die lande, gee kunsmis,” verduidelik Hannaleen. Die 'Berg' begin mos eers Woensdag. Hannaleen en haar skoonsuster, Helena Acker, is die

ondersteuningspan vir dié avontuur. Izak is pas getoud. Monique, sy vrou, het ander verpligtinge en sal maar van die kantlyn die aksie moet volg. Hannaleen vertel van die koud, die nat en veral die wind wat kan lol op dag vier. Tog is die opwinding en avontuurlus duidelik in haar stem. “Ek het Gert kom kry met dié roeiery, maar toe die kinders klein was, het ek nie saamgegaan nie,” verduidelik sy. Gert het ook ná sy tiende 'Berg' ‘n ruk opgehou met deelneem. In 2011 het die gogga egter weer gebyt en die laaste drie jaar roei Izak saam. Hulle behoort aan die Simonstad-klub, maar plaaslike belangstelling neem elke jaar toe.

Vissery


NUUS • NEWS

2

15 Julie 2015

•oud-breier kry staande ovasie deur gevangenes

BC Wilson-beker op die spel Kano: Ontwikkelingsroeiers wat deelneem aan die jaarlikse Bergrivier-kanomarathon word geborg deur drie munisipaliteite - Drakenstein, Swartland en Bergrivier - asook Wesgro. Die munisipaliteite en Wesgro dra ook by tot ander uitgawes van die wedvaart. Die roeiers, wat ook vyf buitelanders insluit, het verlede week op Malmesbury gekuier. Hier staan (van links) raadslid Marlene van Zyl, Tijmen van Essen (Swartland burgemeester), Kirsten Penderis (Bergmarathon-sekretaresse), Anthony Penderis (bestuurder Bergriviermarathon), Wayne August (bestuurder internasionale span), Lambertus Dampies (busbestuurder), Jermaine Pieterse (riviergids: internasionale span), Banetsi Khoesa (KZN ontwikkelingsroeier), Joep van Bakel (Nederland), Thulani Mbanjwa (KZN ontwikkelingsroeier), Kiko Vega (Spanje), Jakub Adam (Tseggiese Republiek), Brendan Rice (Australië) en Keith Moule (Brittanje).

Toernooi: Bo staan area-kommissaris

Dit sal ‘n kwade dag wees as ons waarde bepaal word deur wen of verloor. Pieter de Villiers, oud-Springbokafrigter en deesdae onder meer ‘n motiveringspreker, het sy gehoor Maandag in die holte van sy hand gehad. Hy het op Porterville by die opening van die Wes-Kaapse Oortreder Rugby-toernooi gepraat. Spelers van tien bestuursareas uit die WesKaap het daar saamgetrek om mee te ding om die BC Wilson-beker. Die 15 man-toernooi duur tot Donderdag en die publiek is genooi om die wedstryde by te woon wat om 09:00 afskop. “As wen ‘n sukses van jou maak, dan maak verloor jou ‘n mislukking,” het De Villiers aan die skare gesê. “Eintlik gaan dit oor hóé jy speel, hoe jy jou ware self diep binne jou ontdek. “Ons wil hê elkeen van julle moet sy potensiaal ontdek en uitleef. Onthou, slegte besluite maak nie ‘n mens sleg nie, maar dit gee jou ‘n slegte reputasie en daaraan word jy later geken.”

BC Wilson by raadslid Evert Manuel, burgemeester van Bergrivier, en Pieter de Villiers. Links skop die burgemeester die eerste bal van die toernooi. Hy het die manne aangemoedig om hul rugbytruie met trots en waardigheid te dra. “Maar onthou die trui kan nooit jy word nie. Gebruik dit om jou geleenthede te verbeter en om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak.” De Villiers het vermaan dat die telbord nie die belangrikste is nie. Hy sê internasionaal word daar gespot oor Suid-Afrika wat nie kan verloor nie. “Oppas, want as jy nie kan verloor nie, het jy naderhand niks om te wen nie. “Ons almal het vreugde in ons lewens nodig. Dikwels is dit ander mense se vreugde wat ons gelukkig maak.” De Villiers sê die skool van die lewe se deure sal nooit sluit vir mense wat wil leer en luister na ander nie. “Jy sal floreer,” het hy gesê en die spelers uitgedaag: “Die week gaan baie geleenthede skep. Moenie hiernatoe kom net om die rugby te geniet nie, gebruik die rugby om die lewe te geniet.”


NUUS • NEWS

3

15 Julie 2015

• Hiasinte en min water

Roeiers spring by Hermon weg Vanoggend trek sowat 200 roeiers weg op die 54ste Bergrivier Kanomarathon wat oor 240km strek en drie dae later op Velddrif eindig. Vanjaar het die lae watervlak en die plaag van Hiasinte die organiseerders gedwing om veranderinge aan die program te maak. Vir die eerste keer in die bestaan van die `Berg’ is die wegspring nié by die Markstraat brug in die Paarl nie, maar wel op Hermon. Tradisioneel spring die roeiers op die Dinsdag weg, maar ook dit is nou met ‘n dag aangeskuif, terwyl ‘n groep genooide roeiers nou gister aan ‘n tydtoets deel geneem het. Vanoggend is die amptelike wegspring by die Hermon-brug en die skof gaan tot by Zonquasdrif. Die roete word môre herhaal, Donderdag roei die groep van Bridgetown tot Zoutkloof en die volgende dag tot op Velddrif. Nog ‘n nuutjie vanjaar is die groep perderuiters, onder aanvoering van Radie Heyns, wat luister aan die geleentheid sal verleen. Hulle sal die eerste skof op die wal meemaak en Heyns reken dit sal heelwat opwining vir toeskouers verskaf. Die ‘Berg’ is al ‘n jaarlikse instelling en trek altyd baie belangstelling by die publiek. Bergrivier Toerisme het vanjaar weer ‘n aantal brugsaamtrekke georganiseer om plaaslike gemeenskappe die geleentheid te bied om ook voordeel te trek uit dié bekende sportgebeurtenis. Onder leiding van Piketberg Toerisme, sal kinders van die Piketberg-, Wittewater- en Goedverwacht-gemeenskappe, twee brûe beman en sorg dat die roeiers en hulle ondersteuners Vrydag met styl in dié streek verwelkom word. Die twee brue is Die Brug (Ou Brug) in Piketberg en Moraviabrug naby Wittewater. In Piketberg gaan die Rema Superkidz sorg vir sang en vermaak as die roeiers vanaf 09:30 daar begin aankom. Die roeiers sal met hul aankoms by Piketberg reeds 130km afgelệ het. Org

de Rac bied ook aan alle ondersteuners ‘n gratis glasie port en lekker warm sop sal te koop wees. By Moraviabrug sal ‘n groep trompoppies van Wittewater en ‘n sanggroep van Goedverwacht die eerste roeiers teen ongeveer 10:30 verwelkom. Worsrolletjies sal te koop aangebied word om die kouwe te beveg. . Daar is nog ‘n rede om die brûe naby Piketberg te besoek: Piketberg Toerisme bied twee kontantpryse van R500 elk vir die beste amateurfoto van onderskeidelik Die Brug en Moraviabrug saamtrek. Raadpleeg www.piketbergtourism.co.zavir kompetisie besonderhede. Die Carinusbrug op Velddrif, is soos oudergewoonte, die eindpunt van die Berg op Saterdag, 18 Julie en die wenners word vanaf 12:30 daar verwag. Die Bergrivier Winterkarnaval begin reeds om 08:30 die oggend en beloof om vanjaar iets vir die hele gesin te bied: van tradisionele Weskusen Sandveld kos tot ‘n lang lys kinderaktwiteite. Brugsaamtrekke en uitkykpunte in Bergrivierstreek: 17 Julie Die Brug (09:50) Moravia (10:45); Laagwaterbrug (11:05); Klipheuwel (12:20) ; Zoutkloof (13:55). 18 Julie Zoutkloof (08:00; Bergrivierstasie (1uur) 32; Kersefontein (1uur 30min); Cloeteskraal (3uur 05min); Kliphoek (3 uur 30min); Velddrif bridge (4hrs 40min). Belangstellendes is gevra om asseblief slegs op die aangeduide areas te parkeer en veral by Piketberg, nie op die N7 te parkeer nie. Die volledige karnavalprogram is op Facebook beskikbaar by Bergrivier Winter Karnaval Velddrif. Vir nog navrae, skakel Yvette Odendaal, toerismebestuurder, Bergrivier Toerisme by tel 082 773 6118.

Rooi os: Die rooi os op die plein van Riebeek-Kasteel het verlede week besoekers ge-

bring uit Heidelberg wat nuwe plaatjies kom aanbring het. Die os is in 1938 deur Christoffel (Kuiken) Basson uit sement gemaak om die eeufees van die ossewatrek te herdenk. Basson, wat die Basson Garage bedryf het, het ook 'n sementmodel-ossewa gebou waarvan twee wiele nog by 'n huis in Roosstraat staan. Basson se kleinseun, De Viliers Collins, vier vandeesweek sy 80ste verjaarsdag en het saam met sy gesin die plaatjies kom aanbring. Hier is Collins in gesprek met die voorsitter van Swartland Toerisme, Henk Bruwer, van Riebeek-Kasteel. Agter staan Collins se seun, Deon. Regs is Collins by die rooi os saam met sy vrou, Sonia, en kleinseun Collin Raper.


courant

dié

4

Keuses, sportmangees en Snorre Ons lewe bestaan uit keuses. Jy kies hoe jy in die oggend gaan reageer as jy dalk jou toon teen die bed se poot stamp. Jy kies of daardie kloppende ou groottoon jou in 'n grombeer gaan verander vir die hele dag en of jy maar gaan stoei deur die seer en voortgaan met jou dagtake. Soms maak ons op die ingewing van die oomblik 'n swak keuse, 'n slegte een sommer en dit bepaal inderwaarheid baie van ons se lot, maar maak dit jou 'n slegte mens? Volgens die voormalige Bok-breier Pieter de Villiers... Nee. Soms is die omstandighede waarin ons 'n besluit neem en 'n keuse maak, baie bepalend en moet die prentjie as 'n geheel gesien word. Sportmangees is ook 'n keuse. Jy kan kies om op die veld te gaan met die vooropgestelde idee dat jy gaan wen, maar wat doen jy as jy dan lekker pak slae kry? Gooi jy 'n vloer-stuiptrekking soos 'n kind wie se lekkergoed afgeneem is, of buig jy grasieus die knie? Ons almal staan daagliks voor keuses. Jy weet wat is reg en verkeerd en jy weet wat daar van jou verwag word. Jy weet wat die uitkoms van sekere besluite gaan wees. Solank jy net 'n besluit neem, dit uitvoer en daarby hou. Soms is dit ook belangrik om te onthou dat jou besluite nie net jou raak nie, maar ook uitkring na ander. De Villiers was hierdie week baie bedrywig in die Swartland en het selfs hempde en 'n rugbybal aan 'n klub oorhandig, om dan net verder te gaan en saam met 'n burgemeester 'n bal te skop. Sy sportmangees was duidelik sigbaar waar hy trots en opgewonde aan al die verskillende geleenthede deelgeneem het.

NUUS • NEWS

15 Julie 2015

Tegnici werk hard aan toevoer ná ongeskeduleerde lasverligting Donderdag was Malmesbury in donker gehul toe die kragtoevoer na lasverligting nie korrek herstel is nie. Eskom het fase 1 beurtkrag afgekondig waarop Malmesbury geskeduleer was vir 18:00 tot 20:30. Nadat die elektrisiteitstoevoer teen ongeveer 20:10 aangeskakel is, het ‘n onbeplande onderbreking weer plaasgevind tot ongeveer 22:20. Laasgenoemde is veroorsaak deur tegniese probleme by die Eskom

Hoofsubstasie wat ontstaan het tydens die aanskakelingsproses na die geskeduleerde beurtkrag. Die tegniese foute het verhoed dat die tweede transformator weer met behulp van afstandbeheer deur Eskom aangeskakel kon word en ten einde oorbelasting te vermy, is die eerste transformator weer noodgedwonge deur Eskom afgeskakel. Die gepaardgaande beheertoerusting van Eskom het in die proses uitgebrand, was onherstelbaar

en kon nie dadelik vervang word nie. Ten spyte daarvan, is die kragvoorsiening vervolgens spoedige herstel deur middel van handbeheer en bedryfsprosesse. Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, bedank Eskom en die munisipale bystandpersoneel vir die insette wat bygedra het tot beperking van die tydsduur van die onbeplande onderbreking en veral vir die initiatief en vaardigheid van George Tarrant van Eskom.

Vakansie: 'n Program vir

skoolkinders is verlede week met geldelike hulp van Swartland Munisipaliteit aangebied. Vandeesweek is die program deur Goedgedacht Trust gereël. Die koördineerders is Elizabeth Daniels, Sophia Booysen, Sharon Wagenaar en Jaco Ndlovu. Die kinders wat deelgeneem het, is ook bedank vir die Kalbaskraalsportterrein wat hulle help skoonmaak het.

Sakekamer byeen oor veiligheid Die Malmesbury Sakekamer se volgende lede-vergadering word op 21 Julie om 19:00 vir 19:30 by die Laerskool Swartland se Sportsentrum gehou en die onderwerp handel oor die veiligheid van die sakekern en -lui. Sprekers van die plaaslike polisiekantoor, noodgevalle-

eenheid, Korrektiewe Dienste en munisipale verkeer sal die gehoor inlig oor hul daaglikse take, tekortkominge en hoe die sakelui en wetstoepassers saam kan werk vir 'n veiliger besigheidsarea. Besprekings is noodsaaklik by 022 48 21060.

Jeug: Weskys Onderwysdistrik

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Veilige Skole het vir drie dae 'n vakansieprogram in Wesbank aangebied met die hulp van Help to Care. Dié organisasie se leuse is "We help becauese we Care".Leerders vqan Schoonspruit, Wesbank, St Thomas, Liebenberg, Naphakade en Ilingelethu het dit bygewoon. Daar is onder meer aandag gegee aan tienerskwangerskappe, groepsdruk, besluitneming, s=eiewaarde, kultuur, kreatiwiteit, kunsvaardigheid en hoe om `nee' te sê.

Om vir ander ruimte te maak Paulus word deur die Jode in Jerusalem gevang, in die tempel. Hy was oppad na Jerusalem deur verskeie persone wat profetiese gawes het gewaarsku om nie na Jerusalem te gaan nie want daar wag verdrukking op hom. Hy het aan hulle gesê om nie sy hart week te maak nie, hy is selfs bereid om vir die evangelie van Christus te sterf. Paulus gaan steeds na die tempel dat as dit moontlik is ook van die Jode daar te oortuig dat Jesus die Messias of Gesalfde van God is. Hulle was bly toe hulle hoor dat daar duisende Jode was wat gelowig geword het. Ander Jode van Asië het egter hiervan gehoor en die skare oproerig gemaak en Paulus valslik beskuldig dat hy teen die wet is. Hy was bereid om vir hulle ruimte te maak, hy het later selfs die hele keiserlike lyfwag na die Here gelei.

Besoek: Hierdie lede van die Swart-

land Voorskoolse Ontwikkelings Forum het die wetgewer sekantore in Kaapstad gaan besoek waar die voorsitter, Miranda van der Westhuizen 'n voorlegging gemaak het. Hier is sy (middel) saam metJosephine Hector, Desire Theuns, Johanna van Vuuren en Lilian Lewis.


NUUS • NEWS

5

15 Julie 2015

Vakansiepret: Hierdie

jong klomp het groot pret gehad met die vakansieprogram op Kalbaskraal.

Promosie

Truie: John Arries, afrigter van Never

Despair se derde rugbyspan, ontvang ‘n trui van Moses Jacobus, onderhoudsbestuurder van Okin. Okin het oefentruie vir die derde span geborg.

Kuier saam met CHOC by Allesverloren Die kunstenaars wat aan die historiese 25ste CHOC-Bergrivierprojek deelneem en by vier konserte gaan optree, gaan die sanger Fredi Nest vereer by ‘n kransleggingseremonie wat die projek voorafgaan. Alan Hughes, Ghapi en Steyn Fourie gaan Woensdagoggend 22 Julie om 10:00 ‘n krans in die Bergrivier lê ter nagedagtenis aan Nest wat onlangs, ná ‘n kort siekbed, aan kanker oorlede is. By dieselfde geleentheid sal ‘n krans ook gelê word ter nagedagtenis aan die helikopter vliëenier Bees Marais, wat vroëer die jaar by Kaappunt in ‘n helikopterongeluk omgekom het. Die burgemeester van Drakenstein, adv Gesie van Deventer, sal die agt spanne by die Markstraatbrug in die Paarl afsit. Die lae watervlak wat voorspel word, gaan sake vir die 20 deelnemers moeilik maak wat met 50cc buiteboordenjins hul weg oor boomstompe en laaglêende rotse sal moet vind. Die eerste skof van 35 km is na Skooltjie buite Wellington waar hulle ingewag sal word deur leerders van die Bergrivier Primêre Skool. Oor die drie dae sal daar by twee ander plaasskole aangedoen. Opvoedkundige materiaal sal aan die leerders uitgedeel word. Die 20 deelnemers wat aan die projek deelneem, het hul mikpunt vir die jaar op ‘n uitda-

gende R300 000 gestel om daarmee die R4.5 miljoen merk verby te steek wat oor dié tydperk ingesamel is. Die Woensdag is daar ‘n funksie by Allesverloren, Riebeek-Wes waar gaste die projek kan ondersteun en daam met die deelnemers kuier. Dit begin om 18:30 en kaartjies is R130, wat die ete insluit, Bespreek by Bertus: 022-461 2253, 073 017 4402of e-pos functions@allesverloren-fcv.co.za. Die deelnemers se taak kry Donderdagaand 23 Julie ‘n reuse hupstoot by ‘n konsert en veiling wat by Die Hut Restaurant op Moorreesburg aangebied word. Nikkie Lategaan, ‘n plaaslike slagter, sal die veiling hanteer wanneer waarevolle items die aand onder die hamer kom. Afric Oil, ‘n Johannesburg-gebaseerde petroleum maatskappy wat in die Swartland en Wes-Kaap sake doen en onlangs van die projek verneem het, sal die aand ‘n tjek van R100 000 aan die projekspan oorhandig. Die projek eindig die Saterdagmiddag om 13h:00 voor die Riviera Hotel op Velddrif. Vir meer inligting kontak Attie Laubscher, die projekorganiseerder, by 083 427 2488 of stuur gerus vir hom ‘n epos na attie.bd@gmail.com. Lees meer oor CHOC by www.chog.org.za.

Borg: Carl Niehaus (handelaarshoof van Rola Volkswagen Malmesbury) saam met ds Johan O'Kennedy en Higo van Wyk (verkoopsbestuurder nuwe voertuie) en Siebert Coetzee.

Borg: Ds Johan O’Kennedy ontvang JB’s Nissan se borgskap van Francois Geldenhuys. By hulle is Radie Heyns, Siebert Coetzee, ds Jan Steyn en Daniël Prins.

Malmesbury-gemeentes reik uit na Transkei In ‘n gekombineerde aksie het die twee NGgemeentes op Malmesbury die vakansie ‘n uitreik na Canzibe in die Transkei geloods. Dit het geestelike ondersteuning behels, asook hulp met praktiese take soos die herstel en beveiliging van geboue, ontbossing en hulp met die onderrig van jong kinders en tieners. Om die 1200 km daarheen te kan aflê, het borge soos JB’s Nissan en VW Rola op Malmesbury kosbare bydraes gelewer deur voertuie

beskikbaar te stel waarmee die vrywilligers die rit kon aflê. Die uitreike na Canzibe volg op die betrokkenheid van ds Johan O’Kennedy, nadat sy pa hierdie sendingpos meer as 50 jaar gelede gestig het. Malmesbury se gemeentes ondersteun reeds vir jare die aktiwiteite en werksaamhede op Canzibe. Vanjaar was ds O’Kennedy se laaste amptelike uitreik, aangesien hy einde vanjaar uit diens tree.

Kookwater: Jonathan Davids, B-spanspeler van Porseleinberg, laat loop met die bal in Saterdag se wedstryd teen Young Westlyans. Porseleinberg het albei sy wedstryde verloor: die B-span met 3-10 en die A-span met 9-13.

Ou trekkers afgestof vir veterane-ploegdag Eersdaags hou die Swartland Veteraneklub weer sy jaarlikse ploegdag. Dan word die laaste ou trekker en ploeg reggeruk en keer hulle die Swartland se grond om. Trekkers soos ons ouers geken het – Vaaljapies, Farmals, Buldog Lanses en John Deeres – kom staan weer hul man. Van jaar ruk die veterane op na Môresonplaas, 10km buite Malmesbury op die N7. Die program begin om 09:00 op 25 Julie. Soos gewoonlik sal die reuk van diesel- en parafiendampe in die lug hand. Die Swartland se leemgrond val in blinksooie om en die manne gebruik weer woorde soos “rysterborde, knel skare, voorploeg, volvoor en misvoor”. By die tent kan die liggaam gevoed word met tradisionele lekkernye soos koeksisters, kerriekos en afval. By die natgat sal jy die manne kry wat kán

ploeg. Daar sal jy gesê word hoe goed of sleg jou trekker is en of jy nog ‘n paar perde kort vir daai ekstra skaar wat jy laat sak het. Daar sal selfs vir vroulief ook ‘n ietsie wees om na te kyk en om later met jou beursie te gaan verken. Ná ete sal die vroue en kinders ook ‘n kan kry om hul staal te wys op die land. Dan, ná die dag se wedywering, sal die pryse uitgedeel word. Daar sal gek geskeer word met elkeen, want die pryse sluit onder meer die vuilste trekker, sukkelaar van die dag, oudste ploewër vam doe dag, jongste, mooiste ensovoorts in. Daarna verkeer almal gesellig saam en die aand is daar ‘n outydse sokkie met rubbersaagsels op die vloer en als. Sondag sit jy natuurlik met pikswart voete in die kerk.


6

Dagboek • Calender Dagboek • Calender

Swartland Liquor Forum 16 July - Forum meeting thursday at 14:00, Bloues Rugby Club, Malmesbury. Registration 13:45. Western Cape Liquor Authority will be presenting training certificates to all members who attended the training session on 17 june. Members are to be personally present to receive their certificates. Bridge Gatherings 17 July - Piketberg: Bergrivier Cano Marathon Bridge Gatherings. Piketberg Tourism, 022 913 2063 or www.piketbergtourism.co.za. Snoei-demonstrasie 18 Julie - Gratis snoei-demonstrasie om 10:00 by Moorreesburg Kwekery. Navrae by 022 433 3232. Malmesbury Aglow 18 July - the next meeting of Malmesbury Aglow is on July 18th. At their new venue on Darling Rd, opposite Prima Bande. Starting at 15:00. The speaker is Levina Surtie. Everyone is welcome, Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636.

Darling Xmas in July 18-19 July - Xmas in July @ Evita se Perron. 022 492 3930 www.evita.co.za.

Bergrivier Winterkarnaval 19 Julie: Velddrif - Bergrivier Winterkarnaval. 022 783 1821 Malmesbury Sakekamer 21 Julie – Die Malmesbury sakekern en die beveiliging daarvan sal by die maandvergadering van die kamer bspreek word. Dit begin om 19:30 in die Laerskool Swartland se sportsentrum. Kaartjies is R100 (R140 vir nie-lede). Bespreek by 022 482 1060. Tip of Africa Perde Uithourit 24-25 Julie - Internasionale Perde Uithourit (160km, 120km, 80km, 60km, 40km - beginners); 07:00-16:00; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther MÜller by 028 424 2890 / esther@agrimega.co.za. Moorreesburg Bootsale/Markdag 25 Julie – Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Hermien of Renata by Moorreesburg/Koringberg Toerismekantoor vir enige navrae, 022 433 1072.

IMPORTANT NOTICE FORM 5

NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 [Reg. 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape /LTXRU $XWKRULW\ WKH $XWKRULW\ DQG ZLWK WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHUV DW WKH LQGLFDWHG 6RXWK $IULFDQ 3ROLFH 6HUYLFHV RI´FHV The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and IUHH RI FKDUJH EH LQVSHFWHG E\ DQ\ SHUVRQ DW WKH RI´FHV RI WKH $XWKRULW\ RU WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU OLVWHG hereunder. Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. 5HSUHVHQWDWLRQV PXVW EH ORGJHG LQ ZULWLQJ ZLWK WKH $XWKRULW\ DQG WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU LQ DFFRUGDQFH with section 39 of the Act.

VORM 5

KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 [Reg. 10(1)]

Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geĂŻnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. VertoĂŤ moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 5

ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO 2008 ISAZISO [Reg. 10(1)]

Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-oďŹ si ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-OďŹ si esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. Full name of applicant

Name under which business will be conducted

Address of the proposed premises

Kind of licence applied for

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged

Volle naam van aansoeker

Naam waaronder die besigheid bedryf sal word

Adres van voorgenome perseel

Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is

Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Idilesi yesakhiwo

Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

i-OďŹ si yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

1.

Welgemeen Pluimvee

Welgemeen Pluimvee

Morelig Farm, off Aprilskloof Road, Malmesbury

Micro-Manufacture Malmesbury On & Off consumption

2.

Moorreesburger (Pty) Ltd

Moorreesburger

Erf 528, Unit A, 8 Main Road, Moorreesburg

On & Offconsumption

3.

Moorreesburger (Pty) Ltd

Moorreesburg Brewery

Erf 528, Unit C, 8 Main Road, Moorreesburg

Micro-Manufacture Moorreesburg Off consumption

4.

Swartland Skou Genootskap Morreesburg

Swartland Skou Genootskap Moorreesburg

Erf 3979, Swartland Skou Genootskap Moorreesburg, Skougronde, 1 Kotze Street, Moorreesburg

On-consumption

No.

Moorreesburg

Moorreesburg

12421M/DIECOURANT

NUUS • NEWS

15 Julie 2015

Snoei-demonstrasie 25 Julie - Gratis snoei-demonstrasie om 10:00 by Malmesbury Kwekery. Navrae by 022 433 3232. Swartland Veterane Ploegdag 25 Julie – Die Swartland Veterane Trekkerklub hou hul jaarlikse ploegdag by die Môreson-plaas op die N7 buite Malmesbury. Kontak Johan Hugo by 082 357 3413.

Donkie Derby 25 Julie - Die Malmesbury VLV hou sy gewilde Donkie Derby om 18:30 in die Malmesbury stadsaal. Dames, met hoede op, en here, met ‘n das, is welkom om te gaan wed op hul gunsteling-donkie. Kaartjies is R75 per persoon. Neem kontant vir kosstalletjies en kroeg. Navrae en kaartjies by Jeanette Orchard (071 643 5805) of Eek (022 482 3967). Xmas in July 25-26 July: Darling - Xmas in July @ Evita se Perron. 022 492 3930; www.evita.co.za Hengelkompetisie 27 Julie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Flower Ministry 31 July – 2 August – The Darling Presbyterian Church’s annual Flower Ministry van be seen from 10:00 to daily. Theme: The Guiding Hand of God: flower displays with a message. Light refreshmentson al in the hall. Entrance free. Enquiries: Rev Rodney Brits (022 492 2060) or Rev Ian Bernhardi (084 441 309. Talk on Nguni cattle 31 July – Michael Duckitt will talk about what makes this unique cattle bree so special. At the Darling Museum, 18:30 for 19:00. Soup and sherry; tickets R80 (Friends R70). Book with Dianne, 022 492 3361. Winter Dance in the Barn 31 July - Join Darling College for a picnic & dance from 19:00 until late. Take your own picnic basket, they'll provide the music - a guest DJ from Cape Town. Don't take alcohol, cash bar available. Cost: R120 pp or R1000 table of 10. Book: pienaarjanine@gmail.com 10-Rand-50 Opskop 1 Augustus – Opskop in die Malmesbury Stadsaal. DJen Willie van Schoor "Live". R50 per persoon. Tafelbesprekings. Bring eie verversings. Gratis speelarea met toesig vir kinders. Navrae: 082 224 1142 of ecgroenewald@gmail.com. Oggendtee 8 Augustus - ACVV Riebeek Kasteel hou ‘n oggendtee om 10:00 met Lizette Janse van Rensburg wat geuienis lewer deur sang. Kaartjies R100 sluit tee/koffie en ligte verversings in Kontak Gloudine (022 4481715/084 2915088) PPC Riebeek Berg Marathon 1 August - PPC Riebeeck Bergmarathon: 42.2km marathon, 21.1km half-marathon, 10km run/ walk or a 5km fun run/walk. Riaan van Zyl, 022 482 2909. E-pos kalenderinskrywings voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant. co.za.

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 19 Julie - Pastoor Piet Smit preek om 09:30; Titel: Vlug of Veg of Vernag. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 12 Julie - pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18:30. Navrae: 083 722 7787.

PPK Bethesda Porterville 12 Julie - Pastoor Lizette Bezuidenhoudt preek om 10:00 in die sysaal van die NGK. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie 074 153 0519 email: info@vpci.org.za. Shofar Malmesbury Sondag preek De Waal Esterhuizen 09:30 by Hoerskool Swartland se skoolsaal. Kontak die kantoor by 022 482 4640. Dynamic Love Fellowship

Dynamic Love Fellowship se volgende diens is op 26 Julie om 17:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit wees. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).

House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297.


NUUS • NEWS 15 Julie 2015 Betrekking Vacancy

BAKKERY – Hardwerkende en positiewe dame word benodig om deel te word van ons produksie span. Faks CV na 0866499510 (Malmesbury) #2131

-----------------------Be your own Boss ! – Reps needed for AVON, Northern Suburbs, Swartland and Winelands. No Experience Needed – Full training available. Contact Johan 074 061 3593 / Etoschia 079 539 5510 #2088/6

-----------------------SPEEDY MALMESBURY. Exhaust fitter DRINGEND gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare. Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521 / 022 482 1373/4 #2096/1

-----------------------Verhuringsagent met ondervinding benodig. Sluitingsdatum vir aansoeke : 31 Julie 2015. E-pos CV aan : leani@ top-prop.co.za

#2128

-----------------------We need Data Entry Workers. No qualifications or experience needed. Step by step instructions. Own hours, Registered company. For full info send your email address or physical address to : opportunities@ rotagroup.co.za or 061 452 8044 #2118

-----------------------Wil u graag ‘n eenman deli bedryf in Malmesbury? Stuur

CV en motivering aan annas@leapsd.co.za voor 24 Julie 2015 #2129

Dienste Services

KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies – 083 321 9357 #2091/4

-----------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Sout- en soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheids- koeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www.melieta’skitchen. co.za. #2058/5

-----------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292/082 573 1589

#2098/4

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/10

Te Huur To Let TE HUUR / TO LET “Bachelor” woonstel in Moorreesburg – semi gemeubeleerd. Privaat ingang. Goeie buurt.

7 Onmiddellik beskikbaar – R1800,00 per maand. Skakel Riaan 060 625 8414 #2117/1

-----------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/1

-----------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

#2123/1

-----------------------THERESA’S EIENDOMME Baie netjiese nuutgeboude Bachelors woonstel te huur. Veilige parkering – geen diere. Krag en water asook DSTV ingesluit (Malmesbury) – Beskikbaar 1 Augustus 2015 – R3 600 per maand – Kontak 082 552 4848

Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682 #2126/1

------------------------

Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/sak. Gratis aflewering in Malmesbury, RiebeekWes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/7

Verlore Lost Bossie sleutels in swart houertjie verloor – Kontak 083 206 9877

#2132

------------------------

#2133

Te Koop For Sale 2 x 2 sitplek Crafton Everest Banke – Avo Groen – R2 500 elk, 1 x Elektriese Roto Deep Fryer – R300, 1 x Elektriese Braaipan – R150, 1 x ¾ (107 cm) Matrasse – R350, 1 xServer (3 Glas tops) – R350, 1 x Safeway RadioCD Player – R200, 1 x 16” BMX pienk fiets – R300 - En baie meer – Skakel vir Muller 079 413 2520 – Pleinstraat 3A #2132

-------------------------3 Slaapkamer huis met 3 badkamers, dubbel motorhuis, braaikamer ±50 vkm in Tafelzicht, Malmesbury – P.O.A. – Skakel 078 647 4800 #2130

------------------------

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Proseskontroleur (Klas III) Riebeek-Kasteel Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V10/15 • Salarisskaal: R112 548 – R146 064 p.j. (T7) Sluitingsdatum: 24 Julie 2015 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

123884

2015

Nasionale Onderwystoekennings Dit is vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) aangenaam om skoolgemeenskappe uit te nooi om toponderwysers en -prinsipale in die Wes-Kaap te identifiseer. Bykomend tot die ontvangs van die Wes-Kaap se toptoekennings, sal die WKOD wenners vir die Nasionale Onderwystoekennings nomineer. Die toekennings sal uitnemendheid erken in: Graad R-onderrig Laerskoolonderrig (Graad 1 – 7) Hoërskoolonderrig (Graad 8 – 12) Laerskoolleierskap Hoërskoolleierskap Spesiale Behoeftes en Inklusiewe Onderrig Tegnologie – Verrykte Onderrig- en Leertoekenning Wiskunde-onderrig (VOO) Natuurwetenskappe-onderrig (VOO) en die Lewensprestasietoekenning Pryse vir onderwysers wat wen en hulle skole sluit in kontanttoekennings en geskenkbewyse vir IKT-toerusting. Die sluitingsdatum vir nominasies is 31 Julie 2015. Nominasievorms is beskikbaar by skole (vanaf 20 Julie 2015) en op die WKOD se webtuiste: http://wced.school.za Vir meer inligting, kontak: Gavin de Bruyn of Jacqueline Titus 021 900 5062 / 5035


courant

tel 022 487 3221

Sportuitslae Sports results

Dashton op pad na Skotland

Gholf Malmesbury Gholfklub Vrydg Sundowner - Enkel Stableford Steven Adams 20; Tian van Lill 19; Damien Brennan 19; Marcell van Lill 18. 11 Julie Vierbal Stableford Samespel - Geel bal 1. A Katzeff, N Katzeff, M Martini, M de Bruin 157 pte; 2. J Potgieter, D Potgieter, S Neethling, M Neethling 152; 3. W Mathysen, W Mathysen, B Mathysen, F Theron 151; 4. P Hardcastle, P Larkin, J Ackerman, A Louw 149 pte

Storm voort: Never Despair se

tweede span het Saterdag hul wedstryd teen Mamre met 34-16 gewen (foto bo). Die eerste span wen 16-9 en die derde span met 36-10.

Wesbank wen Wesbank rugbyklub het sy tweede rondte verpligting die afgelope Saterdag afgeskop met ‘n naelskraapse oorwinning oor die span van Velddrif . Velddrif het die wedstryd met geesdrif afgeskop en binne vyf minute onder die doelpale gaan druk. Die doelskop was suksesvol wat die telling op 7-0 te staan gebring het. Rustyd is die telling 16-14 in Wesbank se guns. In die tweede helfte het albei spanne se verdediging die deurslag gegee, in so ‘n mate dat geen punte aangeteken word nie. Wesbank slaag egter vyf minute voor die einde met n goedgemikte skepskop pale toe en hulle wen 19-17. Wesbank se 3de span klop Velddrif 23/18

bied nie net vir hulle die geleentheid om oorsee te gaan speel nie, maar dit bied ook geleenthede om by die beste hotels tuis te gaan, te reis in die beste vlugtuie om wedstryde te gaan speel.” Hy het Dashton alle sukses toegewens in Skotland. Die Wesbank klub bied ‘n dinee aan op Saterdag 25 Julie om 20:00 in die Wesbank-gemeenskapsaal waar Dashton vereer sal word. Die opbrengs van die aand sal aan Dashton geskenk word om hom te help met sy ontkostes oorsee. Kaarjies vir die gala aand is R100 per persoon en persone of instansies is ook welkom om ‘n bydrae te maak vir Dashton die aand. Navrae kan gerig word aan

Draf uit: Justin James van Riebeek

United draf Saterdag uit in hul wedstryd teen Newtown Villagers van Wellington. Die A-span het met 24-17 gewen, terwyl die Bspan met 28-5 as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Vreugde:

Pieter de Villiers deel in die vreugde van Young Eagles van Riverlands se oorwinning. Die A-span klop Young Hearts met 29-13. De Villiers het 'n stel truie en twee rugbyballe aan die klub geskenk.

149

PRICES

119

R

The Famous Grouse Blended Scotch Whisky 750ml

39

Rugby Klubrugby-uitslae Coronation A (Kalbaskraal) wen 22-16 teen Zebras (Piketberg); Coronation B wen 19-0. Riebeek United t Newtown Villagerrs (Wellington) 28-5 (B-span); 24-17 (A-span). Abbotsdale t Darling 16-8; Moorreesburg t Vredenburg 16-16; Never Despair t Mamre 16-9; Wesbank t Velddrif 19-13; Saldanha t Piketberg 29-21. Bloues 2 verloor 9-12 teen Saron; Bloues 1 wedstryd afgestel - geen gekwalifiseerde skeidsregter beskikbaar nie, nadat aangestelde een nie opdaag nie. Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka Jaaroud uitslag Beaufort-Wes Jaaroud Uitslag 1 F Meintjes & Seuns 916.2252; 2 F Meintjes & Seuns 910.2958; 3 J Steenkamp 862.7636; 4 M Hill 855.9264; 5 J Steenkamp 833.4695; 6 G Williams 830.9695; 7 G Horn 805.0081; 8 E Kotze 788.6937; 9 J Steenkamp 782.6545; 10 G Horn 770.2994. Beaufort-Wes Ope Uitslag 1 G Horn 972.8704; 2 F Meintjes & Seuns 967.7368; 3 M Hill 957.1692; 4 M Hill 938.1658; 5 J Steenkamp 938.0966; 6 F Meintjes & Seuns 935.1723; 7 J Steenkamp 920.3966; 8 E Kotze 900.0824; 9 M Hill 869.2086; 10 G Horn 852.3650. Moorreesburg Posduifklub Beaufort-Wes Jo 1 1 Frikkie Bester 896.8697; 2 Frans Jooste 896.6213; 3 Van der Vyver Hokke 822.1735; 4 Steenekamp Lofts 820.3457; 5 Frikkie Bester 806.8970; 6 Frikkie Bester 730.2528; 7 Boetie & Baron Hokke 712.7239; 8 Hennie Bester & Johan 707.7951; 9 Hennie Bester & Johan 698.8493; 10 Steenekamp Lofts 687.1307. Beaufort-Wes Ope 1 1 Van der Vyver Hokke 926.7304; 2 Vd Vyver Hokke 881.7480; 3 Hennie Bester & Johan 871.0161; 4 KBEn Seun 851.4322; 5 HMO Smit & Seun 843.8376; 6 Frans Jooste 840.4832; 7 Boetie & Baron Hokke 822.6284; 8 HMO Smit & Seun 810.3446; 9 HMO Smit & Seun 807.2153; 10 Frans Jooste 805.0653. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Leeu Gamka 2 - 11 July 1 Marlin and Brian 945.518; 2 Stan the Man 940.3224; 3 Stan the Man 902.5129; 4 Zaid Allie 883.396; 5 Cross Border Lofts 856.1633; 6 Marlin and Brian 833.6357; 7 RC Liedeman 826.0874; 8 Sheldon Bros 823.0684; 9 Marlin and Brian 822.8575; 10 Leukes Family 821.2988.

Savanna Premium Cider Cans or Non-returnable Bottles Assorted 6 x 330ml Per Pack

54

R

50

Three Ships 5-Year-Old Whisky 750ml

R

89

Viceroy 5-Year-Old Brandy 750ml

PRICES VALID 16 - 19 JULY 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

R

Out of cash?

149

Castle Lager Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Pack

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App.

1194153_100 x 260

GOOD

Nederburg 56 Hundred Cabernet or Merlot 750ml Each

R

REFRESHINGLY

15 Julie 2015

15 Julie 2015

•Wesbank-speler in ruilprogram

Dashton Wellman, die ster-agterspeler van die plaaslike rugbyklub Wesbank, is deur SARU genomineer om SA Rugby vir ses maande in Skotland te gaan verteenwoordig. Hy is ná die 2015 Cell C- Gemeenskapsbeker aangewys. Dit is deel is deel van ‘n rugby-uitruilooreenkoms tussen SA Rugby en Selkirk RFC in Skotland waar talentvolle spelers jaarliks by die Gemeenskapsbeker-toernooi geïdentifiseer word deur keurders en op ‘n uitruil-ooreenkoms geplaas word. Wesbank het vanjaar uitstekend gevaar in die Cell C-toernooi deur vir die Top 8-fase van die toernooi op Rustenburg te kwalifiseer. Die naam Dashton Wellman het oor baie persone se lippe geloop met sy uitstekende vertoning en daarvandaan was dit ‘n kort treetjie tot waar die keurders besluit het hy is die aangewese kandidaat is om SA Rugby te gaan verteenwoordig. Dashton vertrek reeds in Augustus waar hy hom by die Selkirk RFC in Scotland gaan aansluit. Hy sal gedurende die Europese winter daar speel en keer in Februarie terrug. Volgens Duane Heath, projekbestuurder van die Gemeenskapsbeker van SA Rugby, is dit ‘n geleentheid vir Dashton wat hy met albei hande moet aangryp. Volgens Heath is Dashton slegs die tweede speler wat op hierdie program geplaas word. “Hy het geleentheid om as ambasadeur vir sy klub Wesbank, Boland Rugby en die Swartland te dien in Skotland.” Heath het verder genoem dat die Gemeenskapsbeker werklik geleenthede bied en dat talentvolle spelers die toernooi moet gebruik om hulle te bemark by klubs wat daarin speel. “Dit

NUUS • NEWS

SPORT

dié

8

Terms and conditions apply.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1194153_Vredenburg 10x8.indd 1

2015/07/09 12:05 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
die courant 15 Julie 2015 329 by DieCourant - Issuu