courant swartland en weskus
tel: 022 487 3221
Uitgawe 235
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
14 Augustus 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Skolesportfees met Moorreesburg Wesbank nog Interskolestryde skud Skouvere reg in wedloop
Swartland Kampioenwyne
Nasionale wenners mĂŽre by Org de Rac bekend
WENNERS: Allesverloren, Riebeek Kelder, Babylons Peak, Pulpit Rock, Tulbagh Wynkelder (Porterville) en Swartland Wynkelder het almal gister geskitter met toekennings op die Swartland-streek se Jongwynskoutoekennings by Delsma. Dié toekennings was op die vooraand van die Nasionale Jongwynskou wat Donderdag by Org de Rac buite Piketberg plaasvind. Allesverloren het die groot kampioen Swartland-wyn opgelewer. Links is die wenners. Voor staan Inalize Basson (Babylons Peak), Eric Mnyango (Riebeek Kelder), Arman Lacomme (Allesverloren), Hennie Rossouw (Swartland) en Phumlani Madolo en Thembile Ntloko (Riebeek Kelder). Agter is Stephan en Kobus Basson (Babylons Peak), Eric Saayman, Zakkie Bester en Alicia Boshoff (Riebeek Kelder) en Riaan van der Spuy (Pulpit Rock). Sien nog berigte/fotos op bl 11-13.
âąreggae tot opera op porterville-fees
Dorp vier 150 jaar Die Porterville 150 Fees berus op vier bene, naamlik kuns en kultuur, vermaak, sport en landbou, het Jean Kotze, voorsitter van die fees, aan die courant gesĂȘ. Porterville vier sy 150ste bestaansjaar met ân tien dae lange fees van eerskomende Vrydag tot Sondag 25 Augustus. âOns het ân geweldige vol program. Die landbou word hanteer deur die skou. Dan het ons probeer om die kultuur in te skakel by die vermaak. Ons het van die rieldansers, boeremusiek tot rap, pop, gospel en Allan the Car guard.â âDie uniekheid van ons skou is dat ons een van die enigste skou is wat so ân wye verskeidenheid komponente kan aanbied. Daar is beeste, perde, skape, pluimvee, blomme en ân plaaswerf. âân Besliste hoogtepunt is die Big Walk for Madiba en dan kom Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister van sport en kultuur) aan die bergfietswedren deelneem,â het Kotze gesĂȘ. Die Gala-opening is die Vrydagaand, 16 Augustus, om 19:00 in die Feestent langs Porterville-kelder. Die Brigade-orkes en Korrektiewe Diensteorkes sal vir die musiek sorg, tesame met ân wyntuin, met die Pop Idols-wenner Jody Wil-
liams wat om 16:00 feesgangers sal trakteer, gevolg deur Arista om 18:00 en Christo en Cobus om 19:00. Saterdag is dit die jaarlikse interskole tussen Porterville en Piketberg. Buiten die sport sal daar kuns- en boekuitstallings in die biblioteke en Rendezvous aangebied word. In die Feestent sal kunstenaars feesgangers vermaak. Teen 11:00 begin Bernieâs Band, vanaf 12:00 DNL Projects, van 16:00 DJ Fano, vanaf 17:00 Viljoen Retief, 18:00 DNL Projects, 19:00 Anton le Roux, 20:00 Jody Williams en vanaf 20:00 tot 2:00 is dit tyd vir die Battle of the DJâs Biga/Conroy/Super Cat. Op Sondag 18 Augustus word die kuns- en boekuitstallings voortgesit en van 10:00 tot 15:00 gaan RastafariĂ«rs van 10:00 tot 15:00 reggae-musiek, kuns en handwerk op die markplein uitstal. Vanaf 16:00 tot 20:00 is Men Blessed, Dumisane Broers, Bella en die Voorberg Gospelkoor, asook skoolkore van Porterville, Voorberg, Willemsvallei en Riebeekvallei in aksie met ân gospelkonsert in die Feestent. James Temper sal die aankondigings doen.
Gedurende die week lyk die program sĂł: MaanÂÂdag om 9:00 begin ân historiese besigti gingstoer en weer die RastafiĂ«rs op die markplein, maar hierdie keer kompleet met ân kruiedokter en kruie. Dinsdag kom die Clanwilliam Rieldansers en Burger le Roux in die wyntuin aan die beurt, gevolg deur ân kultuuraand by die HoĂ«rskool. Donderdag word die geskiedenis met blomme uitgestal, gevolg deur plaasaktiwiteite en die Witzenbergrieldansers. In die NG Kerksaal is daar ân Damesoggend met Sarah Theron. Vrydag is daar ân bergfietsren vir skoliere en om 18:00 doen Wynand Windpomp sy ding, gevolg deur die Betjiesfontein Rieldansers, voordat Mej. Porterville-finaliste begin meeding om die kroon. Saterdag kry die Kaapse Klopse en Gumbootdansers ân kans en Mej. Porterville en haar prinsesse word op ân statige optog deur die dorp geneem. Sondagoggend is daar ân NG-kerkdiens om 10 :00, gevolg deur ân opera. Kontak Porterville se Toerismekantoor by 022 931 3732 ten einde ân navraag te rig. Die volledige program kan by www.portervilletourism.co.za besigtig word.