Skip to main content

Die courant 13 apr 2016 365

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

swartland en weskus Swartland

dié

1

19.1%

13 April 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 365

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Pret op wiele met Funduro

Die sand en klip op Koringberg het die naweek behoorlik geskiet soos die bande van die motorfietse oor hulle jaag in die jaarlikse Funduro. Deelnemers het vanuit die hele Wes-Kaap hierheen gereis om aan dié ren deel te neem. Foto: Ghida Visser

•Perdebedryf monitor diere vir Afrika-siekte

Swartland nog skoon

Die Swartland is gelukkig. Die uitbreek van Afrika Perdesiekte is vasgevat voordat dit ons noemenswaardig kon raak. Só het 'n perdeteler aan dié courant verduidelik. Die Swartland Uithouritklub moes die naweek wel hul beoogde uithourit afstel, nadat ‘n perd verlede week op ‘n plaas naby Wellington aan die gevreesde siekte dood is. Radie Heyns het aan dié courant vertel dat hulle aanvanklik gedink het hul reëlings kon voortgaan. “Ons het ‘n paar dae vroeër ‘n e-pos ontvang dat ons wel kan voortgaan.” Vrydag het sake begin skeef loop. “Aanvanklik is die rit met ‘n halfuur vertraag, maar teen halfdrie het die perde weggespring. Kort daarna is ons ingelig dat ons moes terugkeer en onmiddellik ons perde verwyder, anders sou hulle onder kwarantyn geplaas word.” Die eerste verdagte geval van Afrika Perdesiekte is deur ‘n privaat veearts in die Paarl opgespoor. Bewegingsbeheer is in plek en geen

perde mag in die gebied beweeg word sonder ‘n permit van ‘n staatsveearts nie. “Ons doen ‘n beroep op eienaars om hul perde twee ure voor sononder en twee uur voor sonop op stal te hou om die risiko dat die draer van die siekte met die perde in aanraking kom, te verminder. Bykomend, doen ons ‘n beroep op eienaars om ‘n geregistreerde insekweerder te gebruik gedurende die draers se voedingperiode,” het dr Gininda Msiza, hoofdirekteur van Veeartsenydienste van die provinsie gevra. Die inperking-sone is soos volg: Die oostelike grens volg die grens van die Afrika Perdesiekte (APD) waarnemingsone van Gordonsbaai langs die Limietberge tot by die bergreeks by Gouda. Hiervandaan strek die grens weswaarts langs die R46 deur Hermon, Riebeek-Kasteel na Malmesbury. Die westelike grens van die sone volg die N7 tot waar dit by die N2 aansluit en die N2 dien as die suidelike grens tot by die oostelike grens by Gordonsbaai.

Rioolwerke op Riebeek 'n 'juweel'

Bome van skade gered

Paaie wat die grense van die sone opmaak, is nie by die bewegingsbeheer ingesluit nie en vervoer van perde op hierdie paaie word toegelaat. Perde wat die provinsie se beskermde sone binnekom, moet 14 dae in ‘n stop-kwarantyn fasiliteit deurbring. Perde van ‘n APS besmette son, moet binne die afgelope twee jaar en nie minder as 40 dae voor inkoms ingeënt wees. Enige eienaar binne die waarnemingsone wat simptome by perde opmerk, soos onverklaarbare koors, swelling van die kop en nek en moeilike asemhaling, moet die geval by ‘n staatsveearts aanmeld. Besoek www.elsenburg.com vir besonderhede van die betrokke staatsveearts. Permitaansoeke kan aan dr. Camilla Weyer by equineresearchcentre@gmail.com gerig word. • Minister Winde het gister die plaas waar die siekte voorgekom het, besoek. Een perd op die plaas is dood, maar geen ander perd op die plaas het positief getoets vir die siekte nie.

Doen dit self met DIY Depot

NUUS • NEWS

13 April 2016


NUUS • NEWS

2

Swartland sit beste voetjie voor by Wêreld Toerisme James Vos (links), die kiesafdelingshoof vir Witzenberg en ook die DA se skaduminister van Toerisme het die bekendstelling van die twee nuwe toerismeroetes vir die Weskus, die Scenic-roete en die Berg-roete, by die Wêreld Toerismeekspo (WTM) in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum behartig. Saam met hom is Tijmen van Essen (regs), die Swartland se uitvoerende burgemeester) en Shameelah Shamrock Kinnear (gesig/ambassadeur van West Coast Way).

Regs: Jolene Janse van Rensburg, Anchen Ludick, Ilse Loock en Micheal Diaber van die Swartland Toerisme by die uitstalling.

Waak teen dié foefie Boere wat deur die droogte geknel word, is gewaarsku teen 'n slenter wat staatsbefondsing vir ‘n fooi beloof. Alan Winde, die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, sê die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Seevissery het ‘n waarskuwing oor dié beweerde foefie uitgereik. “Die Departement het ons ingelig oor ‘n man wat boere vra om R20 000 te betaal ten einde R270 000 in droogtehulp te ontvang. Die staat sal onder geen omstandighede boere vra om te

betaal vir droogtehulp nie.” Minister Winde sê die Wes-Kaap het R34 miljoen vir droogtehulp beskikbaar gestel in die 2015/16-boekjaar. ‘n Versoek vir nóg R88 miljoen is nog onder oorweging. Intussen sê die Departement geen voorvalle van die gepoogde bedrog is nog in die Wes-Kaap aangemeld nie. Indien u weet van enige voorval, kontak Andre Roux, direkteur van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by 021 808 5010 of Carl Opperman byAgri Wes-Kaap by 021 860 3804.

• BEWAREA SPRING IN

13 April 2016

Bome van skade gered Willie Lowies, gereelde werker van die Bewarea (links) en Ben Tromp, voorsitter van die Bewarea, besig om water uit houers in emmers te tap waarmee melkhoutbome in die hawegebied te “lawe”.

Die huidige droogte het interessante gevolge. Onlangs het lede van die Yzerfontein Bewarea ingespring om die melkhoutbome wat twee jaar gelede in die hawegebied aangeplant is van groot skade te red. Die Bewarea se beleid is dat inheemse, droogtebestande plante gekies word waar dit vir verfraaiing op openbare terrein aangeplant word, maar die droogte hierdie somer noodsaak dat selfs dié plante vanjaar versorging nodig het. Dit is bekend dat melkhoute, soos die meeste ander boomsoorte, vir die eerste twee tot drie somers ná aanplanting besproei moet word aangesien die wortelstelsel nog nie sodanig ontwikkel is dat dit die bo-groei kan onderhou nie. Die ideaal is dat 40 tot 60 liter water per week

in die dammetjie om die stam gegooi sal word. In die hele Swartland-gebied is kraanwater buite die kwessie. Gelukkig het die plaaslike rolbalklub tot die Bewarea se redding gekom en toestemming gegee dat 600 liter water elke week uit hul boorgat onttrek mag word. Met dié water kan vyftien bome, wat in totaal ’n aardige bedraggie gekos het, vir die toekoms bewaar word. Die 15 mm reën wat 'n week of twee gelede op Yzerfontein geval het, is meer as welkom, maar mense wat dink dat dit verligting van die droogte gebring het, het dit mis. Om water spaarsaam te gebruik, en gryswater vir die tuine, sal nog vir geruime tyd alle Swartlanders se voorland wees.

Konferensie: Die Daniël-

konferensie is die naweek op Malmesbury aangebied. Links is ds George Prinsloo, Jannie de Villiers, Koot Claassen en Fanie Malherbe.

Kuns en stories smelt saam by Darling Collection Die Darling Collection is nog ‘n unieke projek van Wim Visser, die brein agter die Voorkamerfest, en die Fontys Universiteit in Nederland. Hierby beloof die kunsdirekteur, Jan Grolleman, Ian Rosant en ‘n span van toegewyde assistente, saam met die Darling gemeenskap, om ‘n diverse en interessante uitstalling van kuns aan te bied. Fontys Universiteit het nege studente afgevaardig om deel te neem aan die projek. Met die gebruik van hul verskillende mediums soos kuns, visuele kuns, musiek, dans en film sal hulle 41 voorwerpe gebruik om musiek te maak, kort produksies te vervaardig, liedjies te komponeer en vele meer. Een student sal alles op film vasvang en ‘n

kort video maak vir toekomstige gebruik. Die kunstenaars het reeds aan van die voorwerpe begin werk en is daar reeds indrukwekkende kunswerke in wording. Die inwoners van Darling was self baie opgewonde om die studente te ontmoet en saam met hulle te werk om hul stories saam met die studente se passies te laat smelt. Die uitstalling vind plaas in ‘n tent op die hoek van Durban- en Somersetstraat op Darling van 29 April tot 1 Mei. ‘n Dagpas beloop R15 en ‘n naweekpas R30 en kan op die dag gekoop of vooraf bespreek word. Vir meer inligting, kontak Angelique Rosant by 082 321 7542 of collection@voorkamerfest-darling.co.za.


NUUS • NEWS

3

13 April 2016

• R75 Miljoen vir aanleg

Rioolwerke op Riebeek ‘n ‘juweel’

MOORREESBURG

R499 000

MOORREESBURG

R627 000

CITRUSDAL

R849 000

Bo: Só het die nuwe rioolwerke buite Riebeek-Kasteel 'n jaar gelede gelys. Regs: Die nuwe inlaatwerke waar die riool ontvang word.

ALLEENMANDAAT

Die nuwe rioolwerke in die Riebeekvallei is in volle werking en alles dui daarop dat dit nog ‘n juweel in Swartland Munisipaliteit se string geslaagde projekte is. Die projek het sowat R75 miljoen beloop. Esmari Steenkamp (siviele ingenieur: handelsdienste) sê volgens die toetsuitslae wat reeds ontvang is, voldoen die afloop aan alle kwaliteitsvereistes soos deur wetgewing voorgeskryf. Die bouwerk aan die rioolwerke het in Oktober 2013 begin. Die siviele gedeelte is aan die begin van 2015 voltooi en in Augustus het dit in werking getree. Die vergroting van die rioolwerke is genoodsaak deur die geweldige uitbreiding op Riebeek-Wes en –Kasteel. Die nuwe werke bedien dié twee dorpe, asook Ongegund. “Die werke is ten volle geoutomatiseer en word deur 'n rekenaarstelsel beheer. Die belangrikste persoon daar is die proseskontroleur wat heeltyd die proses monitor en enige probleme regstel.”

Sy het die proses by die rioolwerke in leketaal verduidelik: “Die riool word by die inlaatwerke ontvang waar dit gesif word om anorganiese stowwe uit te keer. Dit maak die proses meer doeltreffend en beskerm ook die stelsel. “Daarna gaan die riool na die belugtingstenke waar suurstof bygevoeg word om die organismes wat die riool afbreek, te aktiveer. Dan volg die besink-tenke waar die water en vaste stowwe geskei word. Die water gaan uiteindelik terug in die natuur, terwyl die slyk na ‘n verteringsbak gaan. ‘n Meganiese ontwateringsproses sal die laaste water uit die slyk pers, waarna dit gelaat word om te stabiliseer. Dit kan dan vir landboudoeleindes gebruik word. Daar is ook ‘n chloor-kontaktenk waar afloop gedoseer en gesteriliseer word, alvorens dit die werke verlaat. “Die rioolwerke behoort ons vir die volgende 20 jaar te bedien. Dit is ook so ontwerp en uitgelê dat die behandelings kapasiteit verdubbel kan word deur toekomstige konstruksie. ”

Die vlak van die Voëlvleidam sak effens stadiger met die ietwat koeler weer wat ons vir ‘n paar dae gehad het, asook die laer ontrekking. Die inhoud is 19,1%, - 0,7% minder as ‘n week gelede. At Botha, direkteur: siviele ingenieursdienste by Swartland Munisipaliteit, sê berekeninge wat Departement Waterwese onlangs gedoen het, toon dat die watersituasie in die Swartland ietwat beter is as wat voorheen die geval was. "Waterwese stel dit duidelik dat hulle die eie-

naar van Voëlvleidam is en dat hulle die onderhoud, bedryf en regulering daarvan doen. Die verwydering van die rif binne die dam is deel van dié mediumtermyn–planne. Hy sê verder dat die inwoners bespaar beslis water: “Ons kan dit bereken en waarneem by die onderskeie rioolwerke waar die organiese lading in die werke in al die gevalle verhoog het." Inwoners is gemaan dat waterbeperkings nog in werking is en geruime tyd so sal bly.

GREENFIELDS

Slaapkamers 2 Badkamer 1 Motorhuis 1

WEB 386798

Pragtige grondvloer woonstel in sekuriteits kompleks naby skole en besighede. [K] 022 433 3444 ANJA 072 841 0727

MOORREESBURG

R899 000

ALLEENMANDAAT

GESINSWONING

Slaapkamers 4 Badkamers 2

Slaapkamers 3 Badkamer 1 Motorhuis 1

WEB 381593

Ruim 3 slaapkamer huis met lugreëling. Kombuis met opwaskamer. Groot erf. [K] 022 433 3444 ANJA 072 841 0727

MOORREESBURG R1 300 000

LIEFLIKE FAMILIE WONING

Slaapkamers 3 Badkamer 1 Motorhuis 1

WEB 385106

Hierdie ruim woning wag net vir die regte eienaar. Oopplan sit/eet kamer. Groot voor en agter stoep. Aparte woonstel. JANINE 082 229 5156

MALMESBURY

R1 450 000

ALLEENMANDAAT

WEB 365243

4 Slaapkamer woning, met ingeboude braai area. Twee slaapkamer woonstel, en buite stoorkamer. [K] 022 433 3444 ANJA 072 841 0727

MALMESBURY

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

GOLDEN OLDIE

R2 160 000

KLEINHOEWE

Slaapkamers 5 Badkamers 2

WEB 387064

Ontsnap die besige stad en kom vestig op hierdie 3 977m² kleinhoewe met uitsigte van naby geleë koringplase. [K] 022 433 3444 ANJA 072 841 0727

MALMESBURY

R3 240 000

NUWE VRYSTELLING

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuise 2

WEB 386293

Huis geleë in stil straat, ideaal vir eerste keer kopers of vir aftrede. Oopplan kombuis, sitkamer en braaikamer. [K] 022 487 3905 NASTASSJA 073 529 6506

CITRUSDAL

R3 300 000

Waterbeperkings geld steeds

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

GOEIE BELEGGINGSEIENDOM

GASTEHUIS IN GESOGTE AREA

VOORUITSTREWENDE BESIGHEID

Koop ‘n belegging in hierdie lewendige dorp! Hoof gebou is verhuur vir 5 jaar, 3 ander kamers (elk met kombuis en badkamer). [K] 022 487 3905 ILZE-MARIE 083 635 8536

Die hoofhuis het 5 slaapkamers en 4 badkamers. Afgesonderde huis met slaapplek vir 5 mense met eie kombuis en badkamer. [K] 022 487 3905 ILZE-MARIE 083 635 8536

Prys sluit in die perseel, besigheid en roerende bates, voorraad uitgesluit. Omset op aanvraag. JANINE 082 229 5156

WEB 386514

WEB 386512

WEB 376747


NUUS • NEWS

13 April 2016

courant

dié

4

In 'n oogwink verander alles

In 'n vlietende oomblik, 'n oogwink, kan iets gebeur en jou lewe op sy kop laat. 'n Ongeluk gebeur so vinnig. So onnodig. So onverklaarbaar. Die Swartland het in 24 uur tragedie en hartseer ervaar soos lanklaas. So graag wil ons die horlosie terugdraai en die dag weer voor begin en bietjie anders doen. Sal dit nie net soveel beter wees as ons weet wat die toekoms inhou nie? Of sal dit ons so beïnvloed dat ons nie die lewe in die oë kan kyk nie. Ons groet mekaar so in die verbygang. Ons stry in die huis oor onbenullighede, gaan kwaad uitmekaar, maar ons weet nie of ons mekaar ooit weer gaan sien nie. Die lewe is 'n onregverdige plek. Ons staan hoeveel keer met soveel onbeantwoorde vrae. Ons moet maar net vasklou aan die hoop en geloof waarmee ons grootgemaak is, maar ons vra die vrae. Ons soek verbete na antwoorde. Hoekom? So maklik sê ons: Dit gebeur met iemand anders. Onthou, ons is iemand anders se iemand anders. Tragedie en ongeluk kan net so maklik na ons kant toe kom. Ons kan nie die horlosie se arms terugdraai nie. Ons kan nie die pad van die lewe verander nie, maar ons kan wel voluit leef. Vir onsself en vir mekaar.

WKDM:

Die Weskus Toerisme was goed verteenwoordig by die Wêreld Toerisme-ekspo in Kaapstad. Bo is Kiewiet van Rooyen (Weskus Toerisme), Shaun Cloete (Weskus Toerisme), Rudolf Rieger ( Alternative Tourism - toeroperateur), Alan Winde (Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Aangeleenthede), Winston Fowler (Winston Tours – toeroperateur), Pamela Mudley (Alternative Tourism – toeroperateur) en Gurshell Abrahams (Weskus Toerisme).

Tennis:

Daniël Beukes van die Laerskool Swartland op Malmesbury het die vakansie die Boland A-span by die SA Skoleweek Interpro-tenniskampioenskap in Bloemfontein verteenwoordig. Dié span het ‘n vyfde plek uit die 16 deelnemende spanne behaal.

Sang: Die Laerskool Swartland op Mal-

mesbury se senior koor het saam met Emile Minnie by ‘n sangaand by die skool opgetree.

Leerderraad: Hier is

It’s Good News

dr. Marc Blackwell Snr

No joy? Walk with Him Have you ever withdrawn yourself for the Lord? Okay, well maybe not from Him but from “walking with Him”? Maybe that is where you are right now? John 6:66-69: As a result of this many of His disciples withdrew, and were not walking with Him anymore. (67) Jesus said therefore to the twelve, you do not want to go away also, do you? (68) Simon Peter answered Him, “Lord, to whom shall we go? You have words of eternal life. (69) And we have believed and have come to know that you are the Holy One of God.” The idea of “walking with” the Lord refers to many different things. Maybe you have just become to busy? Too busy to pray? Too busy to read the Bible? Too busy to attend church? Too busy to include others - even your children - in any meaningful discussions about eternal life? But if you have “believed and have come to know that you are the Holy One of God.” Then, “...to whom shall you go?” Now is the most reasonable time to return to Him - to your Lord. Why would you want to ‘walk’ through this world without Him? Surely, you can worship God without seeing Him and for those who wait until they “see Him” - they will miss the opportunity and command to believe in Him. Rather walk with Him now and “rejoice with joy” that you are not alone - HE IS WITH YOU! 1 Peter 1:8 “And though you have not seen Him, you love Him, and though you do not see Him now, but believe in Him, you greatly rejoice with joy inexpressible and full of glory.”

Schoonspruit Sekondêr se leerderraad vir die jaar. Agter van links: Abraham Haas, Keenan Erasmus, Samantha Lang, Zaraiah Williams (hoofmeisie), Ronaldo Roems, Stanton Jager, Cornwell Julies (hoofseun) en Siphenati Jentile (onderhoofseun). Middel: Nicole Williams (onderhoofmeisie), Duané Marune, Lucille Maarman, Kimlynn Adams, Leigh Rooms en Erin Cuttings. Voor is Gayleen Carelse, Romi Philander, Denay Larey en Elrisha Fransman. Afwesig: Donovan Sias, Suddam Hassan en AmberLee Solomons.

Proef: Studente aan CPUT

op Wellington wat gedurende die tweede kwartaal by Piketberg Hoërskool proef, is agter Carike Wiggins, Charlene Jooste, Tiaan van Deventer, Shimoné Conradie en Lylani van Lill. Voor is Berenice Everson, Anmari Claasen, Andrea Fourie, Charné Carstens en Marili Oosthuizen. Foto: Marietha Goosen

LSS kies nuwe beheer Die Laerskool Swartland op Malmesbury se beheerliggaamverkiesing vind môre om 18:00 in die skoolsaal plaas. Nominasievorms is by die skool beskikbaar.

Kontak ons by 022 487 3221 met jou nuuswenk!


NUUS • NEWS

5

13 April 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

100

R

WITH OUR LOW PRICES SAVE R15

10

95

19

90

Albany Superior Brown Bread 700g

Rama Original Margarine 500g Tub

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg

16

90

13

90

Danone NutriDay Low Fat Smooth Yoghurt Assorted 8 x 100g Family Pack Per Pack

Nola Mayonnaise Assorted 730-780g Each

PRICE PER NAPPY

2.97 3.37 3.91 4.45 4.45

R

30

BUY ANY10 FOR Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g

38

195

90

R

15

BUY ANY 2 FOR

18

90

90

SAVE R8

24

36

90

90

Dove Cream Bar 4 x 100g

PnP Super Maize Meal 5kg

FRESH

79

R

PnP Bulk Tenderised Steak Per kg

59

R

PnP Bulk Kameelhout Boerewors Per kg

39

22

12

90

90

Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre

Coca-Cola Regular 2 Litre

Danone Ultra Mel Flavoured Custard Assorted 1 Litre Each

PnP Potato Chips Assorted 125g

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre or Capsules 14s Each

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

SAVE 7.50

NO NAME 90 PnP Fresh Chicken

TM

Thighs and Drumsticks Per kg

FRESH

53

90

99

R Get Double Points

170

R

Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

90

R PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s Per kg

Firstwatch Canadian Whisky 750ml

Viceroy 5-Year-Old Brandy 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 14 - 17 APRIL 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Accounts OPEN16 April 2016

1503742_38 X 262

Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s


• NEWS DIY DEPOTNUUS • PROMOSIE

6

DIY Depot slaan die selfdoen-spyker op die kop

Doen dit self: Kom snuffel gerus deur alles wat DIY Depot op Riebee-Wes jou bied. Regs is die verfafdeling waar Petrus Geergeson reg staan om te help.

13 April 2016

Theresa en Luhann Meyer (agter) met hul twee assistente, Lu-Ann Oliphant en Petrus Geergeson.

Bo: Theresa beman ook die kasregister.

Hier is nou ‘n wenresep: Die liggroen muur van die DIY Depot op Riebeek-Wes kan ‘n mens net nie miskyk nie, voeg daarby die verbruikersvriendelike uitleg en jy is op pad wenpaal toe – maar die kersie op die koek is Luhann en Theresa Meyer, die nuwe eienaars. Hulle laat jou onmiddellik welkom voel. Hulle kuier soos wafferse Bolanders met almal wat inloer en ‘n mens kan skaars glo dat hulle maar ‘n paar maande gelede uit Natal hiernatoe verhuis het. Theresa vertel dat hulle naby Port Shepstone met macadamianeute geboer het. “Ons was lus vir ‘n verandering en het ook na ‘n veiliger omgewing gesoek – en hier is ons nou! Die visie van DIY Depot pas hulle soos ‘n

handskoen: “Om die beste en mees progressiewe kleinhandel bou-, hardeware – en verf-franchise in die Suid-Afrikaanse hardewarebedryf te wees." DIY Depot het ‘n wye verskeidenheid produkte vir kontrakteurs en almal wat daarvan hou om self iets by die huis te doen. Hulle het van sement, stene, sand, hout en ander boumateriaal tot swembadtoerusting, braaigereedskap en tuinprodukte. In hul verfafdeling kan hulle verf meng in ‘n groot palet van kleure. Daar is ook doen-dit-self produkte vir loodgieters, elektrisiëns en binnekort ook ‘n sleutelsny-afdeling. "Kom besoek ons gerus: Ons bied waarde vir jou geld, kwaliteit produkte en voortreflike diens."

Links: Sophia Fletcher en Rob de Vivan van Angie’s Coffee Shop is DIY Depot se bure oor die pad en was ook hul eerste klante.


NUUS • NEWS

7

13 April 2016

Dagboek • Calender

Alcoholics Anonymous Meeting 13 April - is your drinking becoming a problem? Visit the AA on Wednesdays at 20:00, Methodist Church Hall, St Thomas Street I Malmesbury. Pretspele vir bejaardes 14 April - Alle persone 60 en ouer word genooi om aan die ACVV Dienssentrum op Malmesbury se pretspele deel te neem. Dit is van 09:00 tot 12:00 op Laerskool Swartland se sportterrein. Inskrywing gratis. Navrae: ACVV DIenssentrum by 022 482 2245 . Moorreesburg Sakekamer 14 April - Moorreesburg Sakekamer se jaar- en ledevergadering vind op Donderdag 14 April om 18.30 by die Moorreesburg Gholfklub plaas. Radi van Zyl van die Moorreesburg Ontwikkelingstrust gesels oor die huidige ekonomiese omgewing. Toegang vir lede is R50 en nie-lede R60. Wyn en ligte verversing word aangebied. Navrae: Babsie Horn by 082 326 3693. Malmesbury Aglow 16 April - Malmesbury Aglow's next meeting is on Saturday April 16th, starting at 15:00. At the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Rd. Malmesbury. Letitia Frank will be speaking. Everyone is welcome. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. Veldskiet 16 April - SA Jagters Swartland; Harmonie-plaas buite Malmesbury. Inskrywings open 07:00; koste R300 per persoon, spitbraai met bykosse ingesluit; kontantkroeg besikbaar. Navrae: Riaan Muller, 082 057 4818. Swartland 4x4 16April - 2km buite Malmesbury op Klipheuwelpad, by rivier langs Nitrophoska - volg aanwysings. Toegang gratis; 10:00 tot 13:00. Kom geniet 'n ope dag saam met die 4x4-klub. Navrae: Francois Roux, 083 284 3309. Malmesbury Langsdiebosmark 16 April - Om 08:30 is daar weer 'n staproete vir troeteldiere en hul eienaars. Dr NJ Heyns is ook weer daar en dié keer loer hy na die diere se ore. Canine Intervention help met hondehantering. Koste: R10 per tweebeendeelnemer. Kontak: Marilizé Crafford 072 052 6280. Bingo-aand 20 April – Bingo-aand begin om 19:00 by Aandskemering. Kaartjies is te koop @ R100 en sluit ‘n ligte ete, asook vyf bingo-speelkaartjies in. Nog kaartjies kan gedurende die aand daar gekoop word. Talle pryse

Kerke • Churches

PPK Bethesda Malmesbury 10April - Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.

Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple 10 April - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. Shofar 10 April - De Waal Esterhuizen preek om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578.

Kontak ons by 022 487 3221 om hier te adverteer of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za

om te wen. Navrae: Marieta Jooste by 082 825 6993. Storievertel 20 April - Storievertel-aand met die Kaleidskoop-dramagroep om 18:30 by die Jan Danckaert museum op Porterville. Ter viering van Internasioanle Dag van Museum en Terreine. Bespreek voor of op 18 April by 022 931 3732. Beperkte sitplek beskikbaar. Ligte verversings ingesluit. CRC-bekendstelling 20 April – Kom kyk self waaroor alles gaan: die Christian Revival Church (CRC) is op Malmesbury. Van 19:00 tot 20:00 is daar ‘n bekendstelling in die stadsaal en daarna ‘n sosiale kuier. Vir navrae: pastoor William Jacobs (076 174 2977) en Stephan Borman (082 599 8476). New MTB & Trail Run 23 April – Patrysberg grand opening; Fun family day with friends on the farm. Join them at Patrysberg farm, on the St Helena Bay road 14km from Vredenburg. Starts at 08:00. R70 for MTB and R30 trail running/walking. Contact Contact Gert 082 940 5002; Email patrysbergmtb@gmail.com. Abbotsdale Community Forum 24 April - This forum will launch at 15:00 in the community hall. Everybody in the community of Abbotsdale welcome, as well as all community forums. Herzil Sedeman, 078 695 0297. Tien jaar bestaansdiens 30 April - Gethsemane Missions Abbotsdale vier sy 10-jarige bestaan om 15:00 in die kerksaal in Skoolstraat. Navrae: Herzil Sedeman, 078 695 0297. Jongduifskou Malmesbury 7 Mei- Dié skou is van 09:30 tot 15:00 in die Malmesbury stadsaal. Toegang is gratis. Navrae: Cassie Carstens (082 670 2228) of Marlene Carstens (082 952 9506), UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship 24 April - Om 10:00 by Mount Royal. Kontak hulle Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 10 April - Past. Piet Smit preek om 09:30 oor: Verbreek Jy Of Gee Jy Geboorte Aan Lewens? Om 18:30 is daar 'n gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae, 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past Ken Pattison, 083 498 2990.


NUUS • NEWS

8

13 April 2016

Potte prut

Potjiekos: Swartland Wines op Malmesbury het Saterdag hul jaarlikse potjiekoskompetisie by die kelder aangebied.

Opgradering:

De Bron-sentrum op Malmesbury is besig om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan. Fase 1 is amper voltooi. Fase 2 (nuwe dubbelvlak parkeerarea) is verlede week mee begin en behoort voltooi te wees teen einde Junie. Fase 3 behels die konstruksie van nuwe winkelspasie vir huurders soos “ToTal Sports” en “Exact” en sal teen einde Oktober klaar wees. Fase 4 behels die opgradering van die bestaande sentrum met nuwe vloerteëls, ligtoebehore, plafonne en meer. Dit behoort teen einde November 2016 voltooi te wees.

Langdiens: Swartland Munisipaliteit

het onlangs sertifikate van waardering aan agt werknemers oorhandig. Hier is munisipale bestuurder Joggie Scholtz (naaslinks) en burgemeester Tijmen van Essen by Delmarie Stellenberg (20 jaar diens), Julius September (20), Johan Dyason (20), Jakkie Welkom (30) en Nicolaas Adams (30), Drie amptenare kon weens werkverpligtinge nie daar wees nie: Hendrik Appollis (35), Koos Carolis (20) en Nicolet Smuts (35).

EDUCATION • OPVOEDING

Berei voor vir jou loopbaan en kies reg Kies die regte vakke: Dit is stap een van jou loopbaanbeplanning Loopbaanbeplanning begin veel vroeër as wat baie mense sal dink! Moenie die fout maak, soos baie doen, om te wag totdat jy in matriek is om te besluit oor 'n loopbaan nie. Jou loopbaanbeplanning begin reeds aan die einde van graad 9, wanneer jy jou vakkeuses vir graad 10 moet maak. Jou vakkeuses aan die einde van graad 9 speel ‘n belangrike rol in jou latere studie- en loopbaanopsies. Die regte vakke sal nie net verseker dat jy goed voorbereid is op jou loopbaan nie, dit kan ook bepaal of jy, as voornemende student, aan die toelatingsvereistes vir die graadprogram waarin jy belangstel, voldoen. So baie opsies om van te kies!

’n Paar woorde van advies. Voordat jy ’n besluit kan maak oor watter vakke om in graad 10 te neem: - Wees ingelig oor wat elke vak behels. - Weet wat die toelatingsvereistes van die program waarin jy belangstel, is. - Leer jouself ken: jou aanleg (vermoëns of natuurlike sterkpunte), belangstellings en persoonlikheidsvoorkeure is alles baie belangrik om in ag te neem. Jy behoort soveel as moontlik van hierdie aspekte deel te maak van jou toekomstige vaken loopbaankeuse, omdat dit sal verseker dat jy nie net gelukkig is nie, maar ook suksesvol in jou loopbaan is. Steeds onseker? Oorweeg om te gaan vir voorligting oor al die vakkeuses wat tot jou beskikking is.

Praat saam oor misdaad Die Gemeenskapspolisiërings-subforum op Koringberg beplan ‘n gemeenskap-imbizo vir Dinsdag 19 April. Dit sal by die kerk op Koringberg plaasvind en begin om 19:00. Die forum het die gemeenskap genooi om deel te wees van die vergadering. Die doel is om misdaad aan te spreek en te voorkom.

Kies só die regte skool Die twee belangrikste vrae waaroor ‘n ouer moet dink wanneer jy ‘n skool kies: Watter skool is die regte skool vir jou kind? Watter is die beste skool? Daar is natuurlik ook baie ander vrae en oorwegings om in ag te neem wanneer jy die besluit maak. Die regte skool help met jou kind se ontwikkeling. Dit is belangrik om te onthou dat ‘n skool met die hoogste akademiese rekord nie noodwendig die beste skool vir jou kind sal wees nie. As die skoolomgewing by jou kind se persoonlikheid pas en jou kind gelukkig is by die skool, sal die resultate altyd postitief wees. Dit is belangrik dat ‘n ouer sy kind ken: - Neem jou kind waar. - Ontdek waarvan hou hy en waarvan nie. - Vra familielede, vriende en onderwysers wat hulle dink en in watter gebiede hulle voel hy/sy die beste presteer. -Stel jou kind bloot aan verskillende aktiwiteite, byvoorbeeld sport, dans, kuns en musiek, en kyk hoe hy reageer en wat sy voorkeure is. -Monitor jou kind vir enige leerprobleme vir ingeval hy ekstra hulp nodig het. -Besoek moontlike skole en vra vrae. Voor jy jou kind by ‘n skool inskryf, is dit wys om ‘n assessering te reël vir jou kind by ‘n opvoedkundige- of kindersielkundige om sy akademiese sterkpunte en swakpunte beter te verstaan. Jou kind se karakter en emosies sal ‘n belangrike rol in jou besluit neem. Oorweeg kwessies soos vervoer, fooie, toegang en fasiliteite voordat jy ‘n skool kies. Dit sal ook help om uit te vind na watter skole jou kind se maatjies toe gaan, want sosiale kringe speel ‘n belangrike rol in jou kind se ontwikkeling. -Pearson Education South Africa.


NUUS • NEWS

9

13 April 2016

Gear up for DBE Challenge Entries are rolling in quickly for what has become one of the most anticipated events on the Cape West Coast and on the Western Cape mountain biking calendar. The Darling Brew Extreme (DBX) is taking place on Saturday 28 May for the third year running, and so far the response has been exceptionally positive - as it has been every year since the launch of the event - with entries exceeding expectations. According to Kevin and Philippa Wood, the owners of Darling Brew, which is the main sponsor for the Darling Brew Extreme, the first year that the event took place they had hoped for 250 entries but the numbers exceeded this by nearly 200%. The second year of the event saw 1400 entries and now for 2016 the event has been capped at 1500 entrants. “The success of the Darling Brew Extreme is something of which we are very proud,” says Kevin Wood. “We have a great team who pull this exciting race together and much thought, effort and planning goes into this annual mountain biking - it is very rewarding to see it being received so well by Western Cape mountain biking enthusiasts.”

Start and Finish at the Darling Brew Tasteroom & Brewery This year’s event sees a few developments taking place – amongst these are the introduction of some cash prizes, the involvement of several pro-riders, and excitingly, the venue for both the start and finish of the event has been moved to the newly opened, custom-built Darling Brew Tasteroom & Brewery, situated at 48 Caledon Street in Darling. An award winning microbrewery, the mustvisit Darling Brew Tasteroom & Brewery provides an all in one Darling Brew experience. In addition to a new state of the art brewery with increased capacity, the premises offers an interactive and fascinating beer tasting experience in the tasting room and bar which overlooks the working brewery, a restaurant that serves delicious meals made from fresh, organic, seasonal and locally sourced ingredients, and beautiful gardens with a play area for the kids – perfect for young families. There is also plenty of parking available. The routes As per previous years DBX 2016 offers three different routes. These are the 68km Bone Crusher which departs at 7am and costs R275

The Darling Brew forms part of the West Coast Way Culture Route. per entry; the 45km Long Claw which departs at 8am and cost R250 per entry; and the 25km Slow Beer route which departs at 9am and costs R150 per entry. “Every year the exact routes differ slightly depending on the rotation of the crops currently under cultivation on the farmlands through which DBX traverses,” explains Wood. “The routes also follow the natural paths made the resident wildlife and lucky cyclists may be fortunate enough to have a close encounter with one of the areas indigenous fauna.”

Bringing visitors to Darling In addition to the well-designed DBX routes which suite all fitness levels and the beautiful scenery that the routes wind their way through, other drawcards to the event is that Darling is within an hour’s drive of Cape Town and the town is well equipped for an influx of visitors with ample accommodation and entertainment on offer. For more information on Darling Brew Extreme 2016 or to book visit http://www.darlingbrew.co.za/mtb/mtb2016.html.

GESONDHEID • HEALTH

A tot Z van natuurlike rate teen skete en pyne A B B

nys: help teen hoes, kinkhoes, winderigheid, brandsiekte, jeuksiekte en luise. oegoe: Uitstekend vir ontsteking, die vrouedele en prostaatklier.

K

noffel: Dit word beskou as ‘n basiese voeding wat die liggaam se gesondheid in die algemeen sal verbeter. Eet elke dag drie huisies knoffel vir enige siekte.

K

orage (komkommerkruid): Dit sal die adrenalienkliere weer herstel na behandeling met kortisoon of steroïede.

ruisement: Help teen maagkrampe, slegte spysvertering, naarheid en breek galstene op, kan as saamtrekmiddel op vel gebruik word, senuwee skeelhoofpyne en stres.

omfrey (smeerwortel): Dit is n indrukwekkende wondgeneser en vir die genees van dundermswere, omdat dit die herstel van weefels so gou teweegbring.

aventel: Dit help teen hoofpyn, stres, depressie, om te slaap, en die senuweestelsel. Die olie word nie gedrink nie, maar aangesmeer en in badwater gebruik.

C

D D

ille: Dit is aromaties, anti-spasmodies en anti-inflammatories. uiwelsklou (Devil’s claw): Handige plant vir die behandeling van sommige soorte artritis waar daar inflammasie en pyn betrokke is. Dit help om die lewer en galblaas gesond te hou.

G H

inseng: Uitstekende tonikum en het 'n stimulerende uitwerking op die liggaam. awer (oats): Dit voed die senuwee- stelsel. Help teen epilepsie, stuiptrekkings, hoofpyn, angs en senuweeagtigheid. Pietersielie: Help die liggaam om van oortollige water ontslae te raak.

J

asmyn: Help met die oplos van slym en verkoue. Dit verlig ook ‘n seer keel en hoesspierspasmas, asook om wonde te heel. Dit is ook goed vir senuwee-uitputting, depressie en stresverwante druk. Dit gee ‘n gevoel van selfvertroue en lewenslus.

L

M

osterd: Word gebruik teen spierpyne, beenpyp, koorsigheid, verkoue en griep en stimuleer die bloedsomloop. Jy kan dit trek soos tee of ‘n pleister maak met water.

R

issie (cayenne-peper): Kan aangesmeer word vir lendejig en rumatiek, gegorrel word vir laringitis en gedrink word as jy swak en moeg voel, word ook gebruik vir koliek, griep, swakpolsslag, koors en aambeie.

S

alie (sage): Help vir mondsere, ontsteekte keel en mangels, is ook ‘n algemene mondspoel-

middel. Dit help ook vir koorsblare en help met die verteer van swaar maaltye en genees tandabsesse.

T

iemie: Dit is ook n antiseptiese middel verbeter lae bloeddruk en reinig die bloed en maak fungus dood vir aknee, kneusplekke, brandplekke, ekseem, insekbyte. Help ook teen stres en slaaploosheid.

V

inkel (fennel): Help met spysvertering, hardlywigheid, oplossing van nierstene, verbeter bloedsomloop en reinig die bloed. Kan gebruik word vir asma en brongitis. Waarskuwing: ‘n groot dosis kan ‘n bedwelmende effek gee.


10

NUUS • NEWS

13 April 2016


NUUS • NEWS

11

13 April 2016

Betrekking Vacancy

In Memorium In loving memory

AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/1

Gelukwensing Congratulations

LINEVE LATEGAN 7/04 - Geluk my dogter met jou geboortedag en mag jy altyd die spontane dogter bly ons is baie lief vi jou - Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah #2376 --------------------------------Geluk mag jy altyd die “mal” suster bly en bly by die voete van God - Baie lief vir jou van Admer, Aduwaan en Shaskia #2380 ---------------------------------

MERLTINE LATEGAN 13/04 Baie geluk mag jy ‘n geseënde lewensjaar met GOD hê en bly so “sweet” ons is baie lief vir jou Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah #2377 --------------------------------Geluk my suster mag jy ‘n wonderlike jaar hê al verstaan ons nie mekaar aldag nie bly ons lief vir mekaar baie lief vir jou – Van Admer, Aduwaan en Shaskia #2381 ---------------------------------

JAYOLIN (Olin) Gebore 17:04:1993 – Oorlede 13:03:2016 Vandag dink ons met hartseer en verlange na jou. Jou eerste verjaarsdag in die Hemel. Van Mammie, Lee-Ann, Francois, Ally, Megan, Margot, Jaymar, Mark en Mentie #2379 --------------------------------

KIRSTY MARY-ANN TITUS 18 Nov 1978 – 11 April 1997 Vandag 11 April is dit reeds 19 jaar wat jy ons verlaat het. Ons verlang en dink nog baie aan jou, maar ons weet jy is veilig by ons Hemelse Vader. Altyd lief vir jou!!! Pa, Mammie, André en Zeynab, Garth, Kim, Luke en Kieran #2383 --------------------------------KIRSTY TITUS – na 19 jaar bly jy steeds in ons gedagtes. Soms met ‘n lag en soms met ‘n traan. Jou liefdevolle nagedatenis bly voortleef in ons harte. Liefde – Sakkie, Rhenay, kinders en kleinkinders #2387

14 April U eerste verjaarsdag in die Hemel! Ons sal dit graag saam met u wou vier, maar God VERONICA ADAMS Baie geluk my kind met jou verjaardag op 14 April – Liefde: Mammie, susters en broer #2374 ---------------------------------

Happy Birthday to my loving husband on your 30th birthday. May you have a blessed day – from your loving wife Gillian and children Jay-Lee and AJ #2385

Gesoek Wanted WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/40 ____________

het anders besluit. Die gemis is groot en ons troosting is dat u beter af is!! Vrede en Liefde – u verlangende vrou Susan, Elton. Lezander, Carmen, Neomi en ses kleinkinders #2375 ---------------------------------

GEAHAN MARTINS Gebore 07/04/1998 Oorlede 29/11/2015 Jou eerste verjaardag weg van ons om jou 18de verjaardag saam met die engele te vier. Ons berus ons by God se planne al is ons hartseer nog baie vlak R.I.P – Ons sal altyd lief wees vi jou - Ciscus, Merle, Quwin, Lilah, Aduwaan en Shaskia #2382 --------------------------------Geahan, Vandag vier jy jou eerste verjaardag weg van ons in die Hemel. Ons mis en verlang jou vreeslik baie. Jy sal altyd in ons harte bly – Admer, Merltine en Lineve (jou niggies) #2384

Sterfgevalle Obituary

HENRY MENTOOR Met leedwese neem ons afskeid van ons geliefde Roudiens : Donderdag, 14 April 2016 om 7uur (19:00) – VGK (Malmesbury) Begrafnisdiens: Saterdag, 16 April 2016 om 9h30 te Kiepersolstraat 4 en om 11h00 by die VGK Kerk, Malmesbury #2386

ADAMS STEPHEN AUBREY Op 26 Maart 2016 na ‘n kort siekbed heengegaan. Sy heengaan was onverwags en was daar nie kans om behoorlik afskeid te neem nie. Ons bedank hiermee elk vir hul ondersteuning in hierdie moeilike tyd asook tydens die begrafnis. Dit word opreg waardeer- Ons gun Stephen sy ewige rus veilig by die Here – Adams Familie (Malmesbury) #2388

Fabrieksperseel te huur – 300vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/3 --------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/29

Te Koop For Sale Splinternuwe rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378 --------------------------------Filette (hake) –R55/ kg; Visvingers - R35/kg; Viskoekies - R45/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/26

Te Huur To Let

Voertuie Vehicles

Kantoorspasie ±47 vkm – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw- 083 234 6614 #2327/1 ---------------------------------

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/14 _______________


courant

tel 022 487 3221

Seisoen eindig bekerloos

Malmesbury se eerste mansrolbalspan moes die afgelope Saterdag die knie buig in ‘n titaniese eindstryd teen Somerset-Wes. Die manne het die stang goed vasgebyt en by tye met ongelooflike spel vorendag gekom, maar op die ou einde was daar een skoot te min. Die span van Terry Shimmin moes ook nog op die nippertjie vervang word, nadat Nicky van der Westhuizen gehospitaliseer is weens nierstene. Dus moes Terry, Dave Walker, Fred van Dongen en Pieter Willemse die stryd aandurf. Hulle het die eerste stel 4-10 verloor en die tweede stel 9-10. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Robin Deyzel en Martin Louw het in die eerste stel 0-6 agter geloop, maar hulle het verbete teruggeveg om uiteindelik 12-8 te wen. In die tweede stel bly sake gedurig gelykop, maar op die laaste skof gee hulle twee skote af om 6-7 te verloor. Roux Vermeulen, Louis Swart, Altus Myburgh en Martin van Heerden het ook sleg begin, maar met skitterspel het hulle 10-8 gewen. Die tweede stel was hulle deurentyd voor, maar is ongelukkig om op die laaste skof twee skote af te staan, nadat Roux ‘n bal van die opponente net-net in tel gebring het. Die eindtelling is 50-51, die puntetelling 7-8, en die beker nie Malmesbury s’n nie. Volgens die klubkaptein Roux, was dit ‘n baie suksesvolle seisoen in ag genome die groei in ledetal van 20 tot 39, en goeie blootstelling aan alle nuwe spelers.

NUUS • NEWS

13 April 2016

SPORT

dié

12

13 April 2016

Sportuitslae Sports results Fietsy Malmesbury Fietsryklub

Fine Breede MTB Challenge 60km: Johann Rabie 2:22:14 Kobus Drotchie 3:18:47 Marius de Kock 3:25:42 Kobus Duminy 3:37:26 Annemarie de Kock 3:57:37 Louis Jonker 4:28:34 30km: Reinhardt Visser 2:21:34.

Gholf Malmesbury Gholfklub

Woensdag 6 April - Enkel Stableford Frans Destroo 20; Nic Goosen 18; Gerhard Bester 18; Lothar Buhr 18. Vrydag Sundowner 8 April - Enkel Stableford Brendan Els 21; Frans Destroo 21; Jacobus Snyders 19; Paul Prinsloo 18; Ewald Liedeman 18. Enkel Stableford - 9 April Josef De Beer 38; Gerhard Spangenberg 38;Leon Carstens 37; Gert Van Tonder 37; Martin Lesch 36; Wynand van Niekerk 36.

Toerspan:

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se o.13A-rugbyspan het Maandag teen 'n toerspan van Cranmore Preparatory School, West Horsley, Surrey in Engeland gespeel. Swartland het met 33-05 gewen.

Rugby Klubrugby

Coronations se A-span klop Hopefield 76-8; die B-span wen 34-14 . Porterville A klop Bloues A 12-5; Porterville B wen 17-12 en die C-span 17-7.

Rugby:

Porseleinberg het Saterdag op Hermon gemaklik met Red Roses afgereken. Porseleinberg A wen 66-27 en die B-span met 18-7. Porseleinberg A is onoorwonne na drie ligawedstryde en beklee tans die top-posisie in die streekuitdaag Witzenberg.

Sportdagboek Sports diary

Liberty Winelands Encounter 15-17 April: Stellenbosch, Franschhoek, Paarl; http://www.capewinelands.capetown/overview.html Moorreesburg Golf Club 16 April - Opening Day, 4BBB. R300 includes halfway, great prizes & steak braai. Contact Yolanda for entries: moorreesburggolfclub@telkomsa.net or 022 433 1848.

• abbotsdale val vas teen kompetisie

Never Despair wen derbystryd

In ‘n tipiese derby-rugbystryd waar daar geen genade gevra of gegee is nie, het Never Despair vir Abbotsdale (Lillies) ore aangesit en die kragmeting 25-20 gewen. Die wedstryd het teen ‘n hoë tempo afgeskop met Abbotsdale wat al die aanvalwerk gedoen het. Hul vleuel, Gysman, het egter sy skopstewels tuis gelos en het met twee maklike strafskoppe vroeg in die eerste helfte misluk. Warwick Philander het duidelik sy skopstewels aangehad en slaag met ‘n strafskop om Never Despair 3-0 te laat voorloop. Na ‘n verwoede aanslag deur Abbotsdale het hul haker in die hoek oorgeval vir ‘n onverdoelde drie en loop 5-3 voor. Net hierna stuur Philander nog ‘n strafskop deur die pale en Despair loop voor 6-5. Gysman het uiteindelik met ‘n strafskop geslaag en Abbotsdale loop 8-6 voor. Ná slim

spel deur skrumskakel Dual Erasmus het vleuel Stallone Scott in die hoekie gedruk en Philander slaag met ‘n uitstekende doelskop vanaf die kantlyn om die telling 13-8 te staan te bring. Net voor halftyd het Philander met nog ‘n strafskop geslaag, Rustyd is Despair 16-8 voor. Ná rustyd het albei spanne verwoed aangeval en Abbotsdale se heelagter, Van Schalwyk, het oorgeval vir ‘n drie wat deur Gysman verdoel is. Telling 16-15. Hierna het Never Despair weer aangeval en die voorsprong met drie punte vergroot toe Lillies vir onkantspel gestraf is en Philander dit in punte omskep het. Telling is 19-15. Die skare van Abbotsdale het behoorlik gerieldans toe een van die voorspelers oor die doellyn is vir ‘n onverdoelde drie om die telling 20-19 in Abbotsdale se guns te swaai. Die Lillies het egter nie rekening gehou met die begeester-

Philadelphia MTB Funride 16 April: http://www.pedalpower.org.za/events/ pedal-power-association-75/

de span van Anno Jacobs nie en Despair het weer 'n aanval geloods en die geleerde skopvoet van Warwick Philander het met nog twee strafskoppe die eindtelling, tot groot vreugde van die Never Despair ondersteuners, op 25-20 in Never Despair se guns te staan gebring. Uitblinkers vir Never Despair was die immergroen Anno Jacobs, Doby Douman, David Wavini, Sherwin Dayson, Stallone Scott en Warwick Philander. Die B-span van Never Despair het hulle onoorwonne status behou deur Abbotsdale met 23-0 te oorrompel. Die C-span het ook sy onoorwonne status behou en het met 23-10 geseëvier. • Never Despair hou Maandagaand 18 April om 19:30 'n algemene vergadering by St Thomas Primêr.

HouwHoek MTB Tour 30 April - 1 May: Hermanus; http://www.mtb-adventures.

9250 CELEBRATE

MORE FOR LESS

Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

170

R

Olof Bergh Brandy 750ml

R

90

Viceroy 5-Year-Old Brandy 750ml

2950

R

99

1290

Coca-Cola Regular 2 Litre

R

134

1504771_100 x 260

PRICES VALID 14 - 17 APRIL 2016

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, STELLENBOSCH SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Two Oceans Wine Assorted 750ml Each

Firstwatch Canadian Whisky 750ml

Scottish Leader Original Scotch Whisky 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1504771_10X8 Vredenburg Liquor.indd 1

2016/04/08 11:12 AM


c urant

dié

13 April 2016

1ste keuse

Gratis • Free

swartland en weskus Bergrivier

NUUS • NEWS Weskus se

19.1%

13 April 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 365

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Registreer vir databasis Voornemende verskaffers van munisipale goedere en dienste aan die Bergrivier Munisipaliteit moet nou aansoek doen vir evaluering om akkreditasie. Alle verskaffers moet registreer om te kan handel dryf met die Bergrivier Munisipaliteit. Indien u nie geregistreer is nie, moet u ‘n aansoekvorm voltooi en inhandig om te kan registreer – registrasie sal gebruik word om te bepaal of ‘n toekenning aan ‘n verskaffer gemaak kan word. Die proses sal ingefaseer word met die aktivering van die databasis. Kontak Marina van Zyl vir enige navrae of bystand by 022 913 6000 of per e-pos: vzylm@bergmun.org.za.

Geskiedkundige gholf:

Piketberg Hoërskool se gholfspan het Maandag hul eerste wedstryd teen Porterville op Porterville gespeel. Hier is Harry Roux, Ferdie Jonker, Louwrens Laing, Dewald van Deventer, Van Wyk Saayman, Louis Bester en Meraldo Somers.

• Hierdie is ingevolge klousules 111 en 112 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, (Wet 56 van 2003), waarvolgens elke munisipaliteit ‘n Voorsieningskanaal Bestuursbeleid aanneem en implementeer wat uitvoering gee aan die voorskrifte van die Wet.

• dr Ivan Meyer praat op piketberg

Só werk begrotings

Die Wes-Kaapse Minister van Finansies, dr Ivan Meyer, is eerskomende Maandag, 18 April, op Piketberg. Dr Meyer praat die aand om 18:30 in Laerskool Steynville se nuwe saal oor die 2016/2017-begroting. “Bringing the Budget to the People” verduidelik finansiële doelwitte en begrotings aan Jan Alleman. Adv. Hanlie Linde, munisipale bestuurder vir die Bergrivier Munisipaliteit, het aan dié courant gesê toegang is net per uitnodigingskaartjie. Sektorale leiers wat die aand wil bywoon, kan haar kantoor kontak by 022 913 6011. Elke wyksraadslid van Bergrivier het ook vyf-

tig kaartjies ontvang wat hulle na goeddunke kan uitdeel. • Bergrivier se konsepbegroting vir die 2016/2017-boekjaar het onlangs voor die raad gedien en is in konsep deur die Raad goedgekeur. Dit word vandeesweek met die publiek gewerkswinkel in openbare vergaderings in elke wyk binne Bergrivier. Daarna het die publiek tot 29 April geleentheid om insette te lewer oor die begroting aan die Munisipaliteit. Insette moet in skrif wees en gerig wees aan die Munisipale Bestuurder by mm@bergmun. org.za.

Rioolwerke op Riebeek 'n 'juweel'

Bome van skade gered

Die begroting is beskikbaar in alle biblioteke en op die Munisipaliteit se webwerf by www. bergmun.org.za Die finale begroting sal op 26 Mei 2016 voor die raad dien. • Geen insette is van die publiek ontvang met betrekking tot die jaarverslag nie. Die Munisipaliteit het wel ‘n skrywe ontvang van Provinsie met betrekking tot die terugvoering van die jaarverslag en dit is aan die Burgemeesterskomitee voorgelê. Hulle het die jaarverslag as baie positief beskryf en bedank die Bestuurder: Strategiese Dienste en haar span vir die harde werk en goeie jaarverslag.

Doen dit self met DIY Depot

13


courant

dié

14

NUUS • NEWS

13 April 2016

bergrivier SPORT

tel 022 487 3221

13 April 2016

Sportuitslae Sports results Gholf Malmesbury Gholfklub

Woensdag Sundowner Enkel Stableford Koos Loubser 24; M. Conradie 19; Piet Basson 16; Gerhard Bester 16. Windhoek Lager International Pairs Qualifier Beterbal Stableford Rosco Liedeman & Evan Liedeman 45; Jaco Basson & Coenie Basson 44; Lindsay Meyer & William Matthysen 44;Charl du Plessis & Marius Kotze 43; Gerhard Bester & Lothar Buhr 43.

Vasvat:

Piketberg se Rhinos het Saterdag op Moorreesburg teen die span van Samoa te staan gekom. Samoa het die kroon gespan en die wedstryd met 25-21 gewen. Samoa se derdespan het 41-5 met Piketberg afgereken en die tweedespan met 18-8. Foto: Ghida Visser

Porterville seëvier Porterville rugbyklub se spanne het Saterdag op sy tuisveld korte mette gemaak met Malmesbury (Bloues)se spanne. Porterville se A-span het met 12-5 gewen, die B-span met 17-12 en die C-span met 17-7. Die wedstryd het redelik wipplank gery, maar uiteindelik kon die besoekers net nie hond haaraf maak nie. Die naweek het Porterville 'n loslootjie en die naweek daarna kom hulle teen Riebeek United te staan. • Piketberg moes die knie buig teen Moor-

reesburg (Samoa). Dit was 'n warm dag op Moorreesburg en die besoekers was nie opgewasse teen die kookwater-rugby van die gashere nie. Samoa A wen met 25-21, nadat die rustydtelling 15-14 was. Die B-span het ook koning gekraai met 18-8. Die spelers het goeie hardlooprugby gespeel, maar die hitte het gekou aan hulle. Die groot skare was telkens op hul voete van opwinding. Albei spanne het genoeg balle en spasie gekry om hul talente ten toon te stel.

Krieket deel bekers uit Die Piketberg Krieketklub hou Vrydagaand sy bekeruitdeling,. James Fortuin, Hoof Uitvoerende Beampte van Boland Krieket, is die spreker met DJ Saxy wat die gaste vir die res van die aand sal vermaak. Kaartjies is R60 per persoon en R100 per paar Kaartjies is by bestuurslede beskikbaar.

Sportdagboek Sports diary

Breede MTB 8 April – Fun night run – 17km, 30km & 60km. Potjiekos, music and cash bar while you wait for the lucky draw. www.BreedeMTB.co.za. Rugby 9 April - Riebeek United (Riebeek-Kasteel) speel Saterdag weg teen Voorberg, en Goodhopes (Riebeek-Wes) is gasheer vir Newtown van Wellington. Liberty Winelands Encounter 15-17 April: Stellenbosch, Franschhoek, Paarl; http://www.capewinelands.capetown/overview.html Moorreesburg Golf Club 16 April - Opening Day, 4BBB. R300 includes halfway, great prizes & steak braai. Contact Yolanda for entries: moorreesburggolfclub@telkomsa.net or 022 433 1848. Philadelphia MTB Funride 16 April: http://www.pedalpower.org.za/events/ pedal-power-association-75/ HouwHoek MTB Tour 30 April - 1 May: Hermanus http://www.mtb-adventures.co.za/mtb-events/houw-hoektour/#overview. Gravel & Grape MTB stage race 6-8 May: Breederkloof Valley; gravelandgrape.com

Gravel Travel 7 May: Wellington; http://www.graveltravel.co.za

Koes: Piketberg Hoërskool se o.13A rugbyspan het Sportdag: Die Hoërskool Piketberg se eerste rugbyspan het Saterdag na die afgelope naweek teen die spanne van Citrusdal te staan gekom. Foto: Ferdi Greeff

Bellville gereis vir dié skool se jaarlikse sportdag. Bo is Nicki van der Westhuizen en regs Chris Rheeder in aksie in hul wedstryd teen Jan Kriel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook